Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 1

Monoloog 2

KIND BESIG OM KAMER ANGSTIG NETJIES TE MAAK.

Het jy al ooit ‘n warrelwind gesien het, soos jy Bloem toe ry? Daai warrelwind, maal vyftig… duisend.
Dis hoe my ma lyk as sy kwaad is.

En dis presies wat vandag gaan gebeur. Want ek het belowe my kamer sal netjies wees voor die
mense vanaand kom kuier. En ek het onthou, maar toe kyk ek bietjie TV en raak aan die slaap. En toe
ek weer sien, toe staan die mense se kar buite ons hek.

Nou gooi ek maar alles onder my bed, of prop dit in die kas. Nie dat dit gaan werk nie, want die
warrelwind gaan net hier inkom en alles uitwaai.

[HOOR SY/HAAR MA ROEP]

Ja, Mamma, ek’s hier!

[LUISTER, GROOTOOG]

Nee! Ek kom sommer soontoe.

[SIEN LAASTE KOUS, DRUK SOMMER IN BROEKSAK]

Vergeet warrelwind… daardie is ‘n MArrelwind.

[VINNIG UIT]

You might also like