Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 1

Monoloog 5

Monoloog 2:

Sien jy die vlek?

Hierdie vlek is al vir dae lank op my rokkie. Dis nie noodwendig groot of so dat
mense dit dadelik raaksien nie, maar vir my, vir my is dit al wat ek kan sien as ek na
hierdie rokkie kyk, want dit herhinner my aan hoe moeilik sulke klein dingetjies kan
wees...wanneer jy dit self moet doen.

My mamma was nog altyd die mooiste vrou op aarde. Lang donker hare, potblou oë
en hande, soos n engel s’n. My mamma het altyd alles met soveel geduld hanteer,
saggeaard en vroulik, maar een ding wat my ma met die eerste slag kon uitoorlê,
was vlekke. Tamatiesous, cutex. Jy noem dit, sy doen dit.

Maar hierdie vlek het gewen, want Mamma is nou nie meer die vrou wat sy altyd was
nie. Sy is nou stil, moeg, siek. Mamma lê in haar bed, haar donker hare nou fyn en
onversorg, haar oë moeg en vaal, en haar hande maer en stil.

En tog onthou ek nogsteeds die Mamma van nou-die-dag, die Mamma wat nooit
opgegee’t nie, en die Mamma wat die vlek vreesloos sou verower.

You might also like