Professional Documents
Culture Documents
APPEL - Aansoek Om Verlof Tot Appel Senzo Khoza
APPEL - Aansoek Om Verlof Tot Appel Senzo Khoza
APPEL - Aansoek Om Verlof Tot Appel Senzo Khoza
SOMERSET WES
en
GELIEWE KENNIS TE NEEM dat die Applikant hiermee aansoek doen om verlof om te
appelleer na die Hooggeregshof van Suid-Afrika, Kaap die Goeie Hoop Provinsiale Afdeling,
teen die vonnis, waartoe Applikant gevonnis is tot veertien (14) jaar gevangenisstraf effektief,
opgele deur Streeklanddros M Canon op 18 Maart 2016 in die Streekhof vir die Streekafdeling
van die Wes Kaap gehou te Somerset Wes, onder saaknommer SWS 104 / 2015.
GELIEWE VERDER KENNIS TE NEEM dat daar by die aanhoor van hierdie aansoek
namens die Applikant aangevoer sal word dat daar redelike vooruitsigte op sukses is en aan die
vereistes voldoen is met betrekking tot hierdie aspek, soos uiteengesit in die saak van S v
Mbuyisa 2012 (1) SACR 571 (SCA). Die gronde vir die aansoek is as volg :
AD VONNIS :
1.
Dit is die respekvolle submissie dat die vonnis deur die Hof opgele, uitermate swaar is, gegewe
die omstandighede waaronder hierdie misdryf gepleeg is;
2.
Dit is die respekvolle submissie dat die Hof nie genoegsaam waarde geheg het aan die
persoonlike en sosio - ekonomiese omstandighede van die Applikant nie;
3.
Dit is die respekvolle submissie dat die Hof die vergeldingselement by strafoplegging in hierdie
geval oorbeklemtoon en die gebrek van die rehabilitatiewe effek van die langtermyn
gevangenisstraf op die Applikant buite rekening gelaat het;
4.
Dit is die respekvolle submissie dat 'n ander forum moontlik tot 'n alternatiewe/verskillende
gevolgtrekking mag kom.
------------------------------------
NOLETTE STEYN
Prokureur vir Applikant
Stellenbosch Justice Centre
Eikestad Sentrum
Stellenbosch
en
en