Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 7

AKTIWITEIT 1: DEMOKRASIE EN MENSEREGTE: SOSIALE MEDIA PLATFORMS

(A)INLEIDING
1. Definieer die volgende terme:
1.1 Sosiale mediaplatform – Dit is ‘n mobiele of internetgebaseerde
platform waar interaktiewe tegnologie gebruik word wat die skep en
deel van informasie, idees, loopbaan belangstellings en ander vorms
van uitdrukking plaasvind deur virtuele kommunikasie en netwerke.
1.2 Kuberboelie - Dit is ‘n persoon wat tegnologie gebruik soos verskeie
sosiale mediaplatforms om doelbewus iemand anders te teister en
emosionele skade aan te rig.

(B) INHOUD
1.3 Staaf 6 voorbeelde van kuberboelie:
• Kuber agtervolging
• “Outing” of “Doxing”
• Teistering
• Nabootsing
• “Trolling” 2

• “Flaming”

1.4 Verskaf 5 tekens van kuberboelie:


 Die persoon doen nie meer so goed by die skool soos in die
verlede nie en sukkel skielik om aan te pas.
 Skielik is die persoon geheimsinnig oor wat hulle aanlyn of op
hulle selfoon doen. Deel dit nie graag met ander persone nie.
 Skielik is daar ‘n duidelike afname in die tyd wat op sosiale
media en die internet spandeer word.
 Die slagoffer kry skielik ‘n nuwe email adres of selfoon
nommer.
 Die slagoffer is dikwels kwaad, omgekrap en afgetrokke nadat
hy/sy die internet gebruik het.

1.5 Verduidelik 6 tipe of vorms van kuberboelie:


 Kuber agtervolging – Elektroniese kommunikasie word gebruik
om iemand te teister. Dreigende e-posse kan gestuur word.
 “Outing” of “Doxing” – Verwys na die daad van die
openbaarmaking van sensitiewe of persoonlike inligting oor
iemand sonder hul toestemming om hulle in die verleentheid
te stel of te verneder.
 Teistering – Beledigende en onbeskofte boodskappe word aan
‘n persoon gestuur.
 Nabootsing – Boodskappe word aangestuur deur vals profiele
te skep op sosiale media. Dit beïnvloed ‘n persoon se reputasie
asook sy/haar verhouding met vriende en familie.
 “Trolling” – Dit gebeur wanneer ‘n persoon in ‘n aanlyn sosiale
gemeenskap probeer om doelbewys konflik of argumente aan
te moedig.
 “Flaming” – Gewoonlik word elektroniese boodskappe gestuur
wat uit kwaai, vulgêre en Godslasterike taal bestaan. Hierdie
tipe boelie gedrag is baie direk op die persoon gemik.
1.6 Verduidelik enige 3 emosionele effekte/uitwerkings van
kuberboelie:
 Isolasie – Dit is ‘n emosionele effek van kuberboelie. Die
slagoffer ontrek hom/haarself
2 al hoe meer van die samelewing
en aktiwiteite. Hulle voel as gevolg daarvan al hoe meer alleen
en verstote.
 Vernedering - Omdat kuberafknouery in die kuberruimte
voorkom, voel aanlyn afknouery permanent. Die slagoffer
weet dat is dit eers daar is, is dit altyd daar. Hulle kan
blootgestel, verleë en oorweldig voel. Wanneer
kuberafknouery voorkom, kan die nare berigte, boodskappe of
tekste met menigte mense gedeel word. Die groot
hoeveelheid mense wat van die afknouery weet, kan lei tot
intense gevoelens van vernedering
 Magteloosheid - Slagoffers van kuberafknouery vind dit
dikwels moeilik om veilig te voel. Hulle voel moontlik weerloos
en magteloos. Gewoonlik kom hierdie gevoelens na vore
omdat aanlyn-afknouery hul huis op enige tyd van die dag
deur 'n rekenaar of selfoon kan binnedring. Hulle het nie meer
'n plek waarheen hulle kan ontsnap nie.
1.7 Bespreek 4 strategieë wat jou veiligheid op sosiale media kan
verseker en ook hoe jy kuberboelie kan vermy:
 Wees veilig deur nie elke uitnodiging wat jy op sosiale media
ontvang te aanvaar nie. Jy kan veilig wees deur nie onbekende
uitnodigings te aanvaar nie. Soms doen mense hulle voor as
iemand anders en dit kan gevaarlik wees.
 Wees versigtig met die inligting wat jy deel. Moet ook nie op
onbekende skakels ingaan nie. Dit kan gevaarlik wees deurdat
dit misleidend kan wees en jou onnodig kan blootstel. Probeer
ook eerder om van jou inligting en aktiwiteite privaat te hou.
 Verandering van wagwoorde wat gereeld gedoen word kan
verseker dat jy toegang tot jou inligting kan beperk en jou
privaatheid kan verseker.
 Privaatheidstellings kan jou privaatheid asook jou veiligheid
verseker. Dit kan gedoen word om te verseker dat net vriende
jou plasings en foto’s kan sien. Onbekende persone sal nie op
jou plasings kan kommentaar lewer of na jou plasings kan kyk
nie. Dit sal jou ook beskerm teen kuberboelies.
2
1.8 Assesseer watter effek dit sal hê as die aanstuur of plasing van ‘n
vernedering of onvanpaste en aanstootlike materiaal, sal hê op die
persoon wat die plasing maak:
Ons moet altyd onthou dat die persoon wat die plasings maak ook
daardeur geaffekteer sal word op meer as een manier. Die eerste
manier waarop die persoon geaffekteer sal word is deurdat die
persoon regsaanspreeklik gehou kan word vir die aanstuur van die
onvanpaste materiaal. Dit kan verrykende gevolge vir die persoon
inhou. Die persoon kan met ‘n kriminele rekord gelaat word wat ‘n
invloed op die res van sy/haar lewe kan hê.
Die persoon wat die plasing gemaak het, probeer dikwels deur hulle
gedrag hulle eie probleme wegsteek. Hulle probeer daardeur om
hulle eie negatiewe selfbeeld weg te steek of om dit te hanteer.
Deur hulle optrede voel die persoon dat dit hulle ‘n tipe van mag gee
en dat hulle inpas by hulle portuurgroep en ‘n tipe van aansien
ervaar. Die persoon wat hierdie plasings maak sukkel gewoonlik om
reëls na te volg en derhalwe hanteer hulle ook nie hulle emosies baie
goed nie. Dit kan aanleiding gee tot depressie. Die boelie ervaar mag
teenoor die slagoffer en dit gee aan hom/haar ekstra moed omrede
hy/sy dink dat hulle nie maklik gevang sal word nie.
Deurgaans is daar ‘n tipe van ‘n goedvoel effek. Dit veroorsaak deur
die feit dat alles aanlyn plaasvind en dat die boelie nooit nodig het
om die slagoffer in die oë te kyk nie.

AKTIWITEIT 2: DEMOKRASIE EN MENSEREGTE: ASSESSERING EN EVALUASIE


VAN VELDTOGTE WAT GEWELD EN SKENDING VAN MENSEREGTE AANSPREEK

NAVORSINGSVERSLAG (DATA-INSAMELING DEUR ONDERHOUDSVOERING)

2. Skryf jou navorsingsverslag aan die hand van die volgende:


2.1 Bespreek 5 moontlike redes hoekom sekere mense in jou
gemeenskap nie aan jou veldtog deelneem nie.
Tydens die onderhoudsvoering het van die mense aangetoon dat hulle
2
van mening is dat daar eintlik te min sulke veldtogte gehou word. Soms
is die mense ook nie bewus van die veldtogte wat gehou word,
aangesien dit nie goed genoeg geadverteer word nie. Die mense in die
gemeenskap het ook aangetoon dat hulle skedules baie besig is en dat
hulle voel hulle nie genoegsame tyd tot hulle beskikking het om hierdie
veldtogte by te woon nie. Van die mense wat aan die veldtog
deelgeneem het, het aangetoon dat hulle nie voel dat die probleem
groot genoeg is om regtig daaroor bekommerd te wees nie. Die
deelnemers aan die veldtog voel ook dat veldtogte nie regtig help om die
probleem op te los nie en dit word as ‘n groot rede aangedui waarom
hulle dit nie bywoon nie. Baie ouers voel dat hulself genoeg doen om
hulle kinders te onderrig in veilige sosial media praktyke en dus
sodoende hulle veiligheid verseker. Hulle probeer om gereeld met hulle
kinders oor die gevare te praat en dit uit te lig. Baie ouers maak ook van
“Apps” gebruik wat toegang tot hulle kinders se fone kan beperk vanaf
die ouer se foon. Hulle voel dat dit genoegsaam is om die kinders te
beskerm.
2.2 Beveel 5 strategieë aan hoe skole kan optree teen kuberboelies
2.3 Is jy van mening dat ‘n verslawing aan sosiale media, ‘n negatiewe
uitwerking of invloed kan hê op jong mense se sosiale vaardighede?
Verduidelik jou antwoord breedvoerig deur standpunt in te neem.
Die verslawing aan sosiale media kan verseker ‘n negatiewe uitwerking
of invloed hê op mense se sosiale vaardighede. Indien sosiale media te
veel gebuik word, word dit al hoe moeiliker om met mense te
identifiseer. Hulle sukkel ook om die emosie te identifiseer wat
uitgespreek word deur die mense met wie hulle praat. Sosiale media
verslawing beïnvloed ons verhoudings en verminder die kwaliteit van
interpersoonlike kommunikasie. Dit is verseker besig om ons persoonlike
kommunikasie oor te neem. Dit kan sosiale vaardighede beïnvloed
deurdat gevoelens van ontoereikendheid en ‘n lae selfbeeld ervaar kan
word. Wanneer ons van aangesig tot aangesig kommunikeer, word
sosiale inligting oorgedra deur vokale en visuele aanwysings in die
konteks van die situasie. Nie-verbale kommunikasie is 'n belangrike deel
van kommunikasie en sluit gesigsuitdrukkings, oogkontak en houding in.
Verslawing aan sosiale media het2‘n negatiewe uitwerking op sosiale
vaardighede aangesien dit moeiliker is om emosionele leidrade te
verwerk. Gewoonlik het kinders wat emosionele leidrade in sosiale
omgewings verstaan beter sosiale vaardighede en meer positiewe
portuurverhoudings. Dit is dus duidelik dat kinders wat aan sosiale
media verslawing ly en dus digitale kommunikasie op groot skaal gebruik
se persoonlike ervarings wat hulle nodig het om sosiale vaardighede te
ontwikkel, daardeur beperk word. Dit gaan op die langduur ‘n baie groot
invloed op hulle hê.

AKTIWITEIT 3: BEPLAN ‘N BEWUSMAKINGSVELDTOG VIR KUBERBOELIE AS ‘N


SKENDING VAN MENSEREGTE
3.1 Gee 5 maniere hoe jy as die organiseerder van jou
bewusmakingsveldtog oor kuberboelie die gemeenskap gaan motiveer om
deel te neem aan jou veldtog.
 Ek sal dit duidelik maak dat onderwysers, leerders en ouers se kennis
i.v.m. kuberboelies deur die veldtog uitgebrei sal word.
 Dit sal duidelik gemaak word in die advertering van die veldtog dat
alle aspekte aangespreek sal word, maar veral die aspek van
kubelboelies en ons reg. Die mense moet voel dat dit nie verniet sal
wees nie. Daar sal hulp en raad wees.
 Daar sal veral klem gelê word dat mense moet verantwoordelikheid
neem vir kuberboelie gedrag en dat hulpmiddels en hulplyne vir die
bekamping daarvan tydens die veldtog bespreek sal word.
 Interessante speletjies kan aangebied word om kinders sover te kry
om oor kuberboeliegedrag te praat.
 Dit sal ook ‘n goeie idee wees om mense toe te laat om probleme wat
hulle ervaar met deskundiges te bespreek en verseker te wees van
die feit dat dit met groot vertroulikheid hanteer sal word.
3.2 Noem kortliks 5 redes hoekom jy eerder jou bewusmakingsveldtog op
sosiale media sal wil adverteer, soos byvoorbeeld op Facebook, Twitter,
Instagram, Whatsup en You Tube.
 Interessante advertensies kan gebruik word om dit te adverteer op
sosiale media.
 Dit is gratis. Geen onkoste hoef
2 aangegaan te word nie.
 Dit kan baie mense bereik.
 Die advertensies kan so gemaak word dat mense dit kan “Share” en
sodoende sal dit wyd versprei word.
 Op sosiale media is dit baie keer ‘n goeie idee om advertering saam
met een of ander kompetisie aan te bied. Sodoende word die veldtog
ook beter bemark.
(C) GEVOLGTREKKING
3.3 Gee 4 doelwitte vir jou bewusmakingsveldtog oor kuberboelie
 Om onderwysers, ouers en leerders se kennis te verbreed.
 Die gevolge van kuberboelie vir die slafoffer sowel as die oortreder
uit te lig.
 Metodes om te reageer en waar om hulp te soek in gevalle van
afknouery aan te spreek.
 Om die verband tussen kuberboelie en die wet uit te lig.

Bronnelys:
www.verywellfamily.com
www.wikipedia.com
www.investopedia.com
www.quizlet.com
www.nscpa.org.uk

You might also like