Manna Diabetes Afrikaans EBoek 2021

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 15

VRYWARING

Inligting en advies wat in hierdie e-Boek gepubliseer is, het ten doel om nuttig en handig te wees vir
diabete in die algemeen. Die skrywer en maatskappy diagnoseer nie enige gesondheidsprobleem nie en
vervang nie die gesondheidsorg-kundige se behandeling of advies nie.
Hierdie boek bevat beskrywende inligting oor die onderwerp van diabetes en ons gee gesonde en goeie
raad oor sinvolle lewenstylveranderinge om diabetes te bestuur.

Dit is bewys dat tipe 2 diabetes omkeerbaar is met ‘n gedissiplineerde gesonde lewenstyl, dieët &
oefening.
Dit is jou keuse om ‘n tweede opinie in te win indien jy ongemaklik is of indien jy enige onbeantwoorde
vrae het oor die aanbevole behandeling deur jou gesondheidsorgverskaffer.
Raadpleeg asseblief eers jou gesondheidsorg praktisyn voordat jy enige drastiese lewenstylveranderinge
aanbring.

INDEKS
1. Wat is Diabetes?
• Tipe 1 Diabetes
• Tipe 2 Diabetes
• Gestasionele Diabetes

2. Simptome van Diabetes

3. Oorsake van Diabetes


• Risikofaktore wat Diabetes kan veroorsaak

4. Kwale geassosieer met Diabetes

5. Wat moet Bloedglukosevlakke wees?

6. Diabetes Behandeling
• Dieët
• Oefening
• Medikasie
• Voetsorg en Diabetes
• Voedingsaanvullings

Manna Gesondheidsprodukte Diabetes e- Bladsy 2


boek
Wat is diabetes?
Diabetes is ‘n gesondheidsprobleem wat veroorsaak word deur probleme met die hormoon genaamd
insulien.
Wanneer die pankreas reg werk, stel dit insulien vry, wat die liggaam laat suiker en vette gebruik of stoor
soos wat dit nodig is. Die insulien sorg dan dat die bloedsuikervlakke in die liggaam stabiel bly.
Maar in die geval van tipe 2 diabetes skei die pankreas nie voldoende insulien af nie, of die insulien wat
wel afgeskei word kry nie die glukose in die bloed gestabiliseer nie.

Dus, Diabetes kom voor wanneer…


• Geen insulien geproduseer word nie
• Onvoldoende hoeveelhede insulien geproduseer word
• Die liggaam verkeerd reageer op die insulien, ‘n toestand wat bekend staan as “insulien
weerstand”
• Geskikte bestuur oor die siekte nodig is nadat ‘n individu met diabetes gediagnoseer is.

Daar word oor die algemeen na drie tipes diabetes verwys, naamlik:

Tipe 1 Diabetes:
Dit is wanneer die beta selle van die pankreas (Insulien-produserende selle) vernietig word
deur die liggaam se immuunstelsel. Asgevolg hiervan produseer die liggaam geen insulien
nie. Insulien moet dur per spuit toegedien word om die bloedsuikervlakke te reguleer.
Tipe 1 diabetes kan vanaf kindsbeen voorkom en maak ongeveer 10% uit van alle diabete
uit.

Tipe 2 Diabetes:
In geval van tipe 2 diabetes produseer die pankreas wel insulien, maar dit is óf nie genoeg
nie, óf die liggaam het ‘n weerstand daarteen. Albei hierdie gevalle lei daartoe dat glukose
nie in staat is om die liggaam se selle binne te dring nie. Tipe 2 diabetes komm meestal
voor by ouer persone (ouer as 40), en ook by mense wat oorgewig is. Daar is egter ‘n
kommerwekkende tendens dat al hoe meer kinders aan vetsug ly en sodoende tipe 2
diabetes ontwikkel.
Tipe 2 diabetes kan gewoonlik beheer word deur leefstylkeuses, soos ‘n gesonde dieet,
oefening, genoeg slaap en natuurlike dieet aanvullings. Soms word medikasie bykomend
tot ‘n gesonde leefstyl gebruik.
Pre-Diabetes is wanneer ‘n individu se bloedsuikervlakke hoër is as normaal, maar nog nie
so hoog dat die persoon as ‘n tipe 2 diabeet klassifiseer nie. Pre-diabetes kan lei tot tipe 2
diabetes, maar dit kan vermy word deur gesonde leefstyl keuses te maak.

Tipe 2 diabetes kan selfs heeltemal omgekeer word deur ‘n streng eetplan, gereelde
oefening, die regte gesondheidsaanvullings, stresbeheer, genoeg slaap en deur ‘genoeg
water te drink.

Tipe 2 diabetes maak 90% uit van alle diabetes pasiënte.

Manna Gesondheidsprodukte Diabetes e- Bladsy 3


boek
Swangerskap Diabetes:
Gedurende swangerskap word die effektiwiteit van insulien verswak weens hormonale
veranderinge. Swangesrkap diabetes kom voor by ongeveer 4% van alle swangerskappe.
Faktore wat die kans op swangerskap diabetes verhoog, is wanneer die vrou ouer as 25 is, meer
as die aanbevole liggaamsgewig te hê voor swangerskap, of wanneer daar ‘n familiegeskiedenis
van diabetes is.
‘n Siftingstoets kan gedurende swangerskap gedoen word vir swangerskap diabetes. As dit nie
behandel word nie, kan swangerskap diabetes ‘n verhoogde risiko vir komplikasies vir die ma
sowel as haar ongebore kind inhou.
Gewoonlik sal bloedsuikervlakke binne 6 weke na kraam terugkeer na normaal.
Vroue wat swangerskap diabetes ontwikkel het, het ‘n groter kans om later in hul lewe tipe 2
diabetes te ontwikkel.

Gewone diabetes medikasie kan nie gebruik word tydens swangerskap nie, so die beste oplossing
is ‘n goeie dieet saam met ‘n goeie natuurlike aanvulling soos Manna Blood Sugar Support.

Wat is die Simptome van Diabetes?


In meeste gevalle ontwikkel simptome geleidelik of is geen duidelike simptome nie. Alhoewel, in
sommige gevalle kan simptome vinning ontwikkel en is dit duidelik waarneembaar.

Simptome van diabetes sluit in:

• Gereelde Urinering
Diabetes veroorsaak dat glukose (suiker) in die bloedstroom opbou. As gevolg hiervan moet die
niere harder werk om die oormatige hoeveelheid glukose te filtreer en te absorbeer. As die niere
nie kan byhou om die glukose wat opbou te verwerk nie, word die oortollige glukose saam met
vloeistof uit die geskei deur die urine.

• Verhoogde Dors
Die bogenoemde proses lei daartoe dat die liggaam dehidreer, en dit veroorsaak ‘n konstante dors.
Wanneer meer vloeistowe ingeneem word om die dors te les, dra dit by tot meer urinering.

• Droë mond
Dit is ‘n simptoom van die dehidrasie hierbo genoem waar daar ‘n tekort is aan vog in die mond.

• Moegheid en uitputting
Moegheid is wanneer ‘n persoon energieloos en fisiek swak voel. Dit kan aan meer as een faktor
toegeskryf word. Faktore sluit konstante urinering en die gevolglike dehidrasie in, asook die
liggaam se onvermoë om te funksioneer soos dit moet, omdat dit nie die suiker behoorlik as ‘n
energie bron gebruik nie.

• Onverklaarbare gewigsverlies
Gewigsverlies vind plaas gedurende diabetes as gevolg van konstante urinering omdat glukose, en
dus kalorieë, verlore gaan gedurende die uitskeiding van uriene. Konstante honger kan ook ervaar
word omdat diabetes verhoed dat die glukose jou selle bereik.

Die gekombineerde effek is moontlik dramatiese gewigsverlies, wat veral die geval is by tipe 1
diabetes. Tipe 2 diabete is nie geneig om so baie gewig te verloor nie. Raadpleeg ‘n dokter as jy
gewig verloor sonder dat jou eetgewoontes verander het.

Manna Gesondheidsprodukte Diabetes e- Bladsy 4


boek
• Verswakte visie
Versteurde of verswakte visie (Blurred vision) is dikwels ‘n teken van diabetes. Dit is as gevolg van
langdurige dehidrasie waar hoë vlakke van bloedsuiker vog uit die lense van die oë trek. Ook
veroorsaak dit dat die senuwee agter die oog beskadig. As diabetes nie behandel word nie, kan die
retina beskadig word en tot ‘n verlies van sig lei of totale blindheid.

• Hoofpyne
Diabetes affekteer verskillende sisteme in die liggaam wat kan lei tot toestande wat hoofpyne
veroorsaak. Voorbeelde van sulke toestande is: oogprobleme, hoë bloeddrukvlakke, en neuropatie.

• “Vrugtige” Asem
Omdat suiker nie behoorlik in die selle geabsorbeer word as gevolg van die ondoeltreffendheid van
insulien nie, gebruik die liggaam eerder vet om energie te produseer. ‘n Spesifieke ketoon,
asetoon, veroorsaak dat die asem ‘n vrugtige geur het, amper soos dié van naellakverwyderaar.

• Konstante honger - (veral nadat jy geëet het)


Insulien help om die glukose na selle te vervoer. Wanneer die selle bestand teen insulien word,
kan glukose nie die selle bereik nie en dan word die selle ontneem van glukose. Dit veroorsaak
konstante honger, selfs direk na ‘n maaltyd.

• Sere, kneusings en snye wat stadig genees


Weens hoë bloedsuikervlakke wat senuwees beskadig en bloedsirkulasie vertraag, veral in die
voete en bene, kan seerplekke, snye en wonde baie langer neem om te genees en selfs lei tot
komplikasies.

• Infeksies
Diabetes kan baie infeksies veroorsaak, soos:
o gis infeksies
o velinfeksies
o urienweginfeksies
o of tandvleis- en mondinfeksies
Dit is omdat diabetes die bloedsomloop en senuweestelsels beskadig.

• Jeukerige vel
Hierdie jeukerigheid kom gewoonlik in die vaginale area of lies voor. Jeukerigheid moet by jou
dokter aangemeld word. Oorsake van jeuk kan die volgende wees:
o infeksie,
o droogheid
o of swak bloedsirkulasie
Dit is ongewoon om jeukerigheid by die bekken area te ervaar wanneer bloedsuikervlakke normaal
is. ‘n Beslisde teken van vroeë diabetes is jeukerigheid by die laer dele van die bene.

• Geïrriteerdheid (prikkelbaarheid)
Skommelinge in die bloedsuikervlakke kan lei tot buierigheid of geirriteerde gevoel.

• Gevoelloosheid of tinteling van ledemate


Hoë bloedsuikervlakke kan ‘n tintelende sensasie veroorsaak weens skade aan die senuweestelsel.
Dit staan bekend as neuropatie. Hierdie simptoom verskyn eers na ‘n paar jaar van konstante hoë
bloedsuikervlakke.

• Erektiele disfunksie of impotensie

Manna Gesondheidsprodukte Diabetes e- Bladsy 5


boek
Tipe 2 diabetes kan seksuele verwante probleme veroorsaak wat:
o Die seksdrang beïnvloed
o Erektiele disfunksie by mans veroorsaak
o En probleme, ongemak of pyn tydens seks vir vroue veroorsaak
Dit word veroorsaak deur beskadigde senuwee- of bloedsomloopstelsels wat belangrik is tydens
seksuele omgang.
• Velprobleme
Vel irritasies weens dehidrasie is baie algemeen. Bakteriële- en swaminfeksies is ‘n algemene
probleem by diabete, veral infeksie wat bekend staan as “acanthosis nigricans”. Simptome hiervan
is fluweelagtige, donker vel in liggaamsvoue soos die nek, geslagsdele en oksels.

Wat Veroorsaak Diabetes?


Tipe 1 diabetes is ‘n outo-immuun siekte. Daar word geglo dat ‘n kombinasie van genetiese
faktore en bykomende (nog onbekende) faktore veroorsaak dat die immuunstelsel insulien-
produserende selle in die pankreas vernietig.

Tipe 2 diabetes word hoofsaaklik veroorsaak deur insulien weerstandigheid as gevolg van leefstyl.
Dit beteken dat, ongeag hoe baie of hoe min insulien vervaardig word, die liggaam dit nie kan
gebruik soos dit veronderstel is nie.
Gevolglik kan glukose nie van die bloed na dei selle vervoer word nie. Die oortollige suiker vergiftig
mettertyd die pankreas, wat veroorsaak dat dit minder insulien vervaardig en dat dit selfs nog
moeiliker is om bloedsuikervlakke onder beheer te hou.
Vetsug is ‘n hoofoorsaak van insulien weerstandigheid – ten minste 80% van alle mense met tipe
2 diabetes is oorgewig. Genetiese faktore is ook geneig om tipe 2 diabetes te veroorsaak. ‘n
Familiegeskiedenis van die siekte kan ook die kanse om dit te kry, vergroot.

Ander risikofaktore vir die ontwikkeling van tipe 2 diabetes sluit in:

• Bo die ouderdom van 40 jaar te wees

• bloedvatsiekte (bv. skade aan bloedvate in die oë, senuwees, niere, hart, brein,

arms of bene)

• Om geboorte te skenk aan ‘n groot baba

• hoë bloeddruk

• hoë cholesterol

• ‘n geskiedenis van swangerskap diabetes

• MIV infeksie

• Geestesongesteldhede (bv. bipolêre versteuring, depressie of skisofrenie)

• obstruktiewe slaapapnee

• polisistiese eierstoksindroom

• pre-diabetes of verswakte vastende glukose

Manna Gesondheidsprodukte Diabetes e- Bladsy 6


boek
• gebruik van sekere medikasie (bv. kortikosteroïede soos prednisone, sekere

antipsigotiese medikasie, sekere antivirale medikasie vir MIV)

Gesondheids probleme wat veroorsaak word deur onbeheerde diabetes

▪ Oogprobleme: Katarakte, gloukoom, diabetiese retinopatie, en ander.

▪ Voetprobleme: Neuropatie, swere en diabetes kan selfs gangreen veroorsaak wat kan
lei tot amputasie.

▪ Velprobleme: Diabete is geneig tot velinfeksies en ander velprobleme.

▪ Hartprobleme: ‘n Algemene voorbeeld is iskemiese hartsiekte, wat beteken dat daar


‘n afname in die bloedtoevoer na die hart is.

▪ Hoë bloeddruk (Hipertensie): Iemand met diabetes sal baie keer hoë bloeddruk hê,
wat die kanse vergroot dat dit kan lei tot kwale soos oogprobleme en niersiekte.

▪ Geestesgesondheid: Wanneer diabetes nie behoorlik bestuur word nie, verhoog dit
die kanse om depressie, angstigheid en geestesversteurings te ontwikkel.

▪ Verlies van gehoor: Diabetes lei gereeld tot gehoorprobleme.

▪ Tandvleissiekte: Diabetes verhoog die moontlikheid daarvan om tandvleissiektes te


ontwikkel.

▪ Gastroparese: Dit is wanneer die spiere in die maag nie behoorlik werk nie.

▪ Ketoasidose: Wanneer ‘n kombinasie van ketose en asidose plaasvind. Dit beteken


daar is ‘n opbou van ketone en suurheid in die bloed.

▪ Diabetiese Neuropatie: Skade aan die senuwees veroorsaak deur die effek van
diabetes. Dit kan lei tot verskeie ander gesondheids probleme.

▪ Hiperosmolêre Hiperglukemiese Nie-ketoniese Sindroom (HHNS):


Bloedsuikervlakke styg dramaties hoog, en daar is nie ketone in die bloed of uriene
teenwoordig nie. Dit is ‘n noodtoestand.

▪ Nefropatie: Niersiekte weens die effek van diabetes op die liggaam.

▪ Perifere Slagaarsiekte: (PAD): Vernoude bloedvate beperk die bloedtoevoer na die


ledemate. Simptome sluit ongemak in die ledemate of tinteling in en soms veroorsaak
dit probleme om te stap.

▪ Beroerte: As diabetes nie reg bestuur word nie, verhoog die moontlik van beroerte.

▪ Erektiele disfunksie: Manlike seksuele impotensie.


▪ Infeksies: Diabetes kan lei tot verskeie infeksies as dit nie behoorlik beheer word nie.
▪ Genesing van wonde: Die genesingstyd van wonde is baie langer as normaal.

Manna Gesondheidsprodukte Diabetes e- Bladsy 7


boek
Wat moet Normale Bloedglukosevlakke wees?

Bloedglukosevlakke tydens Vas

Van 70 tot 99 mg/dL


Normale glukose vas vlakke
(3.9 tot 5.5 mmol/L)

Van 100 tot 125 mg/dL


Verswakte glukose vas vlakke (pre-diabetes)
(5.6 tot 6.9 mmol/L)

126 mg/dL (7.0 mmol/L) en hoër met meer as een glukose


vas toets. Diabetes

Mondelike Glukose Verdraagsaamheidstoets (MGVT)

[behalwe swangerskap]

(2 ure na ‘n 75-gram glukose drankie)

Laer as 140 mg/dL (7.8 mmol/L) Normale glukose toleransie

Van 140 tot 200 mg/dL (7.8 tot 11.1 mmol/L) Verswakte glukose toleransie (pre-diabetes)

Meer as 200 mg/dL (11.1 mmol/L) met meer as een toets Diabetes

Diabetes Behandeling
Die hoofdoel in die behandeling van diabetes is om hoë bloedsuikervlakke te verlaag, normale bloedsuiker
te bestuur en die liggaam se insulienvereiste te verminder, sonder dat die vlakke té laag daal.

▪ Tipe 1 diabetes word behandel met insulien, ‘n spesiale diabetiese dieët en die regte oefening.

▪ Tipe 2 diabetes word normaalweg behandel met orale medikasie, maar hierdie toestand kan
behandel en omgekeer word met oefening, dieet aanvullings en ‘n diabetiese dieët wat meestal ‘n
gewigsverliesplan insluit. Dit verhoog die liggaam se reaksie op insulien, wat dan help om die
bloedsuikervlakke te beheer.

Wat kan jy doen om jou bloedsuikervlakke te reguleer?

Dieet:
‘n Gesond dieet is altyd die eerste stap in die beheer van diabetes. Dit is nie slegs wat jy eet nie, maar ook
hoeveel en wanneer jy eet wat ‘n rol speel in die bestuur van bloedsuikervlakke.

Wat om te doen:
Maak gebruik van ‘n eetplan. Jou bloedsuikervlakke is op hul hoogste ‘n uur of twee nadat jy geëet
het, waarna dit begin val. Jy kan hierdie patroon tot jou voordeel gebruik.

Jy kan die skommelinge in bloedsuikervlakke beheer deur:


• Elke dag op dieselfde tyd te eet.

Manna Gesondheidsprodukte Diabetes e- Bladsy 8


boek
• Verskeie klein etes per dag te nuttig en/of gesonde peuselhappies tussen etes te eet.

• Eet ‘n goed-gebalanseerde dieët.

• Probeer om elke maaltyd te beplan om die regte kombinasie van stysels, vrugte, groente,

vette en proteïene in te sluit. Beperk koolhidrate tot nie meer as 10% van totale voedsel

inname per dag. Protein moet nie meers 25% van totale daaglikse ete uitmaak nie. Die

res, omtrent 65% kan bestaan uit gesonde vette soos Avokado, neute, ens. Kry jou

daaglikse energie uit die vette en olies inplaas van koolhidrate (suikers en stysels)

• Dit is baie belangrik om te verseker dat die hoeveelheid koolhidrate dieselfde is in al jou
etes omdat dit ‘n groot faktor is in die daling en styging van bloedsuikervlakke.

• Porsiegrootte moet ook goed beheer word. Gebruik maatkoppies of ‘n skaal om


konsekwente porsiegroottes te bepaal.

• Dit is maklik om jou eetplan te vereenvoudig deur die porsiegroottes van die tipe kos wat
jy gereeld eet, neer te skryf.

• Jou keuse van dieët kan help om tipe 2 diabetes te bestuur of om te keer.

Sinkroniseer jou etes met jou medikasie.


Té min kos relatief tot diabetes medikasie kan hipoglukemie veroorsaak – wanneer
bloedsuikervlakke te laag daal. Die omgekeerde vind plaas wanneer te veel kos tot hiperglukemie
lei, en die bloedsuikervlakke te veel styg.
Raadpleeg jou diabetes gesondheidsorg span om uit te vind presies hoe om jou dieët en medikasie
effektief te koördineer.

Oefening:
Om genoeg behoorlike oefening te kry is net so belangrik soos om die korrekte dieët te volg. Gedurende
oefening gebruik die spiere suiker vir energie. Gereelde oefening veroorsaak dat die liggaam beter op
insulien reageer en dit meer effektief gebruik.
Hoe meer intensief die oefensessie, hoe meer sal jy daarby baat.
Daaglikse aktiwiteite soos huishoudelike take, tuinwerk of enige iets wat fisieke inspanning vereis, kan ook
‘n persoon se bloedsuikervlak verlaag.
Wat om te doen:
• Kies enige tipe oefening wat jy regtig geniet en doen dit vir ten minste 30 minute per dag, 5
dae per week.

• As jy vir ‘n ruk nie oefening gedoen het nie, laat jou dokter ‘n gesondheidsassessering op jou
hart en voete doen om vas te stel watter vlak van oefening vir jou liggaam geskik is.

• Vra jou gesondheidsorgverskaffer om vir jou ‘n oefenplan uit te werk wat gekoördineer is met jou
etes en medikasie.

• Neem jou bloedsuikervlakke voor en onmiddellik na oefening. Dit is veral belangrik as jy


insulien of medikasie gebruik wat bloedsuikervlakke verlaag, want bloedsuikervlakke kan te

Manna Gesondheidsprodukte Diabetes e- Bladsy 9


boek
laag daal en dit kan jou bewerig, swak, deurmekaar, lighoofdig, buierig, angstig, moeg of
honger maak.

• Dit is belangrik om gehidreer te bly terwyl jy oefen omdat dehidrasie ‘n invloed op


bloedsuikervlakke kan hê. Drink water en nie energiedrankies nie, omdat die hoë suikerinhoud
in sport-energiedrankies bydra tot verhoogde bloedsuikervlakke.

• Hou altyd ‘n klein peuselhappie of glukosepil byderhand tydens oefening vir ingeval jou
bloedsuikervlakke te laag daal. Dra altyd ‘n mediese identifikasie armband wanneer jy oefen.

• Pas jou diabetes behandelingsplan aan indien nodig. Indien jy insulien neem, sal jy dalk jou
dosis insulien moet verander voordat jy oefen, of vir ‘n paar ure nadat jy insulien ingespuit het
moet wag voordat jy oefen.

Medikasie:
Wanneer oefening en die regte eetgewoontes nie genoeg is om diabetes te beheer nie, word medikasie
soos insulien gebruik om die bloedsuikervlakke te reguleer. Die effektiwiteit van hierdie tipe medikasie
hang af van die tydsberekening en grootte van die dosis. Medikasie wat vir ander redes as diabetes
gebruik word, kan ook ‘n effek op die bloedsuikervlakke hê.
Wat om te doen:
• Maak seker dat insulien behoorlik gestoor word. As dit nie gedoen word nie of as die insulien al
verval het, sal dit nie effektief wees nie.

• As jou diabetes medikasie veroorsaak dat jou bloedsuikervlakke te laag daal, sal die dosis of
tydsberekening aangepas moet word. Raadpleeg jou dokter indien daar sulke probleme is.
• Indien jy ‘n nuwe tipe medikasie gegee word, soos vir cholesterol of bloeddruk, vra jou dokter
of apteker of dit ‘n invloed op jou bloedsuikervlakke sal hê. Indien dit wel die geval is, gebruik
eerder ‘n ander tipe medikasie.

Faktore wat ‘n negatiewe impak op bloedsuikervlakke het

Siekte:
Wanneer jy siek is genereer jou liggaam hormone wat die siekte help beveg; maar dit kan egter die
bloedsuikervlakke laat styg. Jou bloedsuikervlakke kan ook beïnvloed word deur ongereelde oefening en
veranderde eetpatrone weens die siekte.

Wat om te doen:
Werk saam met jou gesondheidsorgspan om ‘n siekdag-plan uit te werk. Sluit die volgende in:

• instruksies oor watter medikasie om te gebruik


• hoe gereeld jou bloedsuiker en urine ketoonvlakke gemeet moet word
• hoe om jou medikasie dosisse af te wissel
• wanneer om jou dokter te kontak
• Hou aan om jou diabetes medikasie te gebruik. As jy weens naarheid of braking nie kan eet nie,
kontak jou dokter. Jy sal jou medikasie tydelik moet staak weens die gevaar van hipoglukemie (lae
bloedsuikervlakke).

Manna Gesondheidsprodukte Diabetes e- Bladsy 10


boek
Volg jou diabetes dieët roetine. Indien dit moontlik is, eet normaal om jou bloedsuikervlakke te help
beheer. Probeer om kosse te eet wat “sag” is vir jou maag, soos sop. Drink baie water of ‘n warm
alternatief soos tee sodat jy gehidreer bly.

Alkohol:
Die lewer skei gewoonlik gestoorde suikers uit om die daling in bloedsuikervlakke uit te balanseer. As die
lewer egter alkohol moet verwerk, kan die suikervlakke nie verbeter soos dit moet nie. Alkohol kan lae
bloedsuiker veroorsaak direk nadat jy ‘n drankie gedrink het en vir so lank soos 8 tot 12 ure daarna.

Wat om te doen:
• As jou dokter bevestig dat jou diabetes onder beheer is, is ‘n drankie nou en dan saam met ete
toelaatbaar. (vermy drankies met hoë suikerinhoud)

• Te veel alkohol kan dinge soos oogprobleme en senuweeskade vererger.

• Ligte bier en droë wyne het minder kalorieë en koolhidrate as ander alkoholiese drankies. As jy
gemengde drankies verkies, kies suikervrye opsies soos: dieët soda, dieët tonikum, klubsoda of
seltzer.
Sluit die kalorieë van die drankies in wanneer jy jou daaglikse kalorietelling uitwerk.

Menstruasie en menopouse: (vroue)


Veranderinge in hormoonvlakke die week voor en gedurende menstruasie kan merkbare skommelinge in
bloedsuikervlakke veroorsaak.
In die paar jaar voor en gedurende menopause kan hormoonveranderinge onvoorspelbare veranderinge in
bloedsuikervlakke veroorsaak wat diabetesbeheer kompliseer.

Wat om te doen:
• Hou maand tot maand streng boek van jou bloedsuikervlakke. Dan kan jy dalk veranderinge
verwant aan jou menstruasie siklus vooraf bepaal. Pas jou diabetes behandelingsplan
dienooreenkomstig aan.

Monitor bloedsuikervlakke meer gereeld.

Stres of spanning:
Indien jy gespanne is, is dit maklik om nie by jou gewone diabetes bestuursplan te hou nie. Die hormone
wat ‘n persoon se liggaam afskei in reaksie op langdurige stres kan ook verhoed dat insulien behoorlik
funksioneer.

Wat om te doen:
• Gradeer jou stresvlak op ‘n skaal van 1 tot 10 elke keer wanneer jy jou bloedsuikervlak
meet.

• ‘n Patroon sal gou vorm.

• Sodra jy weet watter effek stres op jou bloedsuikervlak het, kan jy iets aan die probleem
doen. Pas ontspanningsmetodes toe, prioritiseer jou verantwoordelikhede en stel grense.
Vermy algemene oorsake van stres waar moontlik.

• Leer nuwe maniere om stres te hanteer. Deur saam met ‘n sielkundige of kliniese
maatskaplike werker te werk kan help om stresfaktore te identifiseer, stresvolle uitdagings
op te los of nuwe hanteringstegnieke aan te leer.

Manna Gesondheidsprodukte Diabetes e- Bladsy 11


boek
• Gereelde oefening is ook ‘n baie goeie manier om stres te verminder.

Rook:
Rook is vir enige iemand ‘n gesondheidsrisiko, maar vir mense met diabetes of diegene wat ‘n hoë risiko
het om die siekte te ontwikkel, kan die rook van sigarette tot ernstige gesondheidskomplikasies bydra.

Diabete wat rook het hoër bloedsuikervlakke, en dit maak hul siekte moeiliker om te beheer en verhoog
die kanse dat hulle komplikasies soos blindheid, senuweeskade, nierversaking en hartprobleme kan
ontwikkel.

‘n Nuwe studie het bevind dat nikotien die vlakke van hemoglobien A1c (HbA1c) met soveel as 34%
verhoog het wanneer dit by menslike bloedmonsters gevoeg is.
Hemoglobien A1c — ‘n kombinasie van hemoglobien (wat suurstof vervoer) en glukose – is ‘n standaard
indikator van bloedsuikerinhoud in die liggaam.
Hierdie studie impliseer dat as jy ‘n roker is, en nie diabeties nie, is die kanse groter dat jy diabetes
ontwikkel.
Maar miskien nog belangriker is dat die resultate ook getoon het dat nikotien-vervangingsprodukte soos
plakkers en nikotien-bevattende elektroniese sigarette ook nie ‘n veilige opsie vir pasiënte is nie.
Omdat hulle steeds nikotien bevat, is hierdie produkte net so geneig om A1c vlakke op te stoot soos
sigarette.

Voetsorg & Diabetes:


Die hoofrede vir diabetiese voetkomplikasies is swak bloedsirkulasie. Die regte voetsorg is veral belangrik
vir diabete, omdat hulle geneig is om die volgende voetprobleme te ontwikkel:
• Gevoelloosheid in hul voete
• Onreëlmatighede in die vorm van hul voete
• Swere of sere op hul voete wat baie lank neem om gesond te word
• Daaglikse voetsorg kan groot probleme voorkom

10 maklike stappe om te volg vir daaglikse voetsorg is soos volg:

1. Beheer Jou Diabetes Behoorlik:


Maak gesonde leefstylbesluite om jou bloedsuikervlakke te reguleer. Raadpleeg jou
gesondheidsorg span om ‘n diabetes plan te ontwikkel wat by jou leefstyl pas.

2. Ondersoek Jou Voete Daagliks:


Jy kan voetprobleme ontwikkel waarvan jy nie bewus is nie. Ondersoek jou voete vir snye,
sere, rooi kolle, inflammasie, of besmette toonnaels. ‘n Voetondersoek moet by jou
daaglikse roetine ingesluit wees. As dit vir jou moeilik is om te buk om jou voete te
ondersoek, gebruik ‘n klein spieëltjie of vra iemand om jou te help.
Kontak dadelik jou dokter as ‘n sny, seerplek, blaas of kneusplek op jou voet nie na een
dag begin gesond word nie.

3. Was Jou Voete Daagliks:

Manna Gesondheidsprodukte Diabetes e- Bladsy 12


boek
• Was jou voete in warm water. Moenie jou voete week nie, want dit sal veroorsaak dat jou
vel uitdroog. Gebruik ‘n termometer of jou elmboog om die water se temperatuur te meet,
want dit moenie te warm wees nie.
• Droog jou voete goed af, veral tussen jou tone. Gebruik babapoeier om die vel tussen jou
tone droog te hou.

4. Hou die Vel Sag en Glad


Smeer ‘n klein hoeveelheid vogroom op jou hele voet. Moenie daarvan tussen jou tone
smeer nie, want dit kan infeksie veroorsaak.

5. Dra Skoene en Sokkies Te Alle Tye:


• Moenie kaalvoet loop nie, selfs nie in die huis nie. Jy kan dalk in iets trap wat jou voete
beskadig.
• Dra altyd sokkies, sykouse of kouse sonder some saam met jou skoene om te verhoed dat
jy blase en sere kry. Maak seker dat die materiaal help om die vog van die voete te
absorbeer sodat die voete droog kan bly.
• Maak altyd eers seker daar is niks binne die skoene, soos klippies, nie.
• Dra skoene wat goed pas en jou voete beskerm.

6. Beskerm Jou Voete Teen Hitte en Koue:


• Dra skoene wanneer jy op warm oppervlaktes soos ‘n sypaadjie of op die strand stap. As
die bokant van jou voete aan die son blootgestel is, beskerm hulle met sonskerm.
• Hou jou voete weg van verwarmers of oop vure. Moenie warmwatersakke of warm
kussings op jou voete sit nie.
• As jou voete koud kry, dra soomlose sokkies wanneer jy slaap. Uitgevoerde stewels help
om jou voete warm te hou gedurende die winter. Hou altyd jou voete warm gedurende die
koue weer.
• Moenie sokkies met some of ongelyk dele dra nie. Kies gestopte sokkies wat jou voete
beskerm en gemaklik is om mee te stap.

7. Behou die Bloedvloei na Jou Voete:


• Sit jou voete op ‘n voetstoeltjie wanneer jy sit.
• Wikkel jou tone vir ongeveer 5 minute, 2 of 3 keer per dag. Beweeg jou enkels in alle
rigtings om bloedvloei in jou voete en bene te verbeter.
• MOENIE jou bene vir lang tye kruis nie.
• MOENIE styfpassende kouse, rekke of kousbande dra nie.
• MOENIE beperkende skoene, voetprodukte, dra nie. Sulke produkte met rekke moenie
deur diabete gedra word nie, want dit verminder die bloedsirkulasie na die voete.
• MOENIE rook nie. Rook verminder die bloedsirkulasie na die voete. As jy aan hoë
bloeddruk of hoë cholesterol lei, raadpleeg jou gesondheidsorg span om dit onder beheer
te kry.

8. Wees Meer Aktief:


Vra jou dokter om ‘n oefenplan te ontwikkel wat geskik is vir jou. Stap, dans, swem en
fietsry is alles goeie vorme van oefening wat nie stremmend op die voete is nie.

Manna Gesondheidsprodukte Diabetes e- Bladsy 13


boek
Beperk alle oefeninge wat stremmend is op die voete, soos hardloop of spring. Sluit altyd
‘n kort opwarmingstyd - en afkoeltyd in.
Dra beskermende stap- of sportskoene wat goed pas en goeie ondersteuning bied.

9. Volg die Manna Dieet om bloedsuikervlakke te beheer.

10. Gebruik die Manna Blood Circulation Support kapsules om te help met beter bloedvloei.

Dieëtaanvullings:
‘n Dieëtaanvulling is presies wat die woord sê: (‘n aanvulling tot jou dieët)
Die voorgestelde aanvullings is egter geformuleer om die liggaam op ‘n holistiese manier te help om die dieët aan
te vul en sekere liggaamsfunksies te verbeter.

Manna Health Products kan help om die volgende diabetiese gesondheidsprobleme te ondersteun:

• Manna Blood Sugar Support


As jy sukkel om jou bloedsuikervlakke onder beheer te bring, kan jy die Manna Blood Sugar Support
aanvulling saam met elke ete neem om te help met die behher van die bloedsuikervlakke. Wanneer die
produk saam met voedsel geneem word, help dit om die glukemiese waarde van die voedsel met tot 43%
te verlaag. Jy kan die produk saam met jou huidige diabetiese medikasie neem, maar jy moet jou
bloedsuikervlakke versigtig monitor, want die vlakke kan te laag daal, wat beteken dat jy jou medikasie of
aanvulling inname moet verminder.

• Manna PH Balance
Meeste diabete sukkel met te hoë suur as gevolg van ‘n opbou van oortollige uriensuur in die liggaam.
Indien jy aan sukkel met hoë suurvlakke wat “gout” en arthritis kan veroorsaak, kan die Manna PH
Balance produk help om die oortollige uriensuur uit te skei vir langdureige verligting en voorkoming van
“gout” en arthritis. Dit is egter belangrik om jou dieët te verander deur meer alkaliese kosse en minder
suurwekende kosse te eet. (sien lys in die Manna Dieet e-boek)

• Manna GUT Support


Beskadigde of verswakte dermkanaal gesondheid kan die oorsaak van jou insulien weerstand en/of tipe 2
diabetes wees. Antibiotika, kroniese medikasie, kortisoon, stres en alkohol kan jou goeie bakterië en
verteringsensieme in die dermkanaal beskadig.
Wanneer jy sukkel om gewig te verloor, abnormale suikerdrange (cravings) het en geneig is tot
hardlywigheid of diarree, opgeblasenheid as jy iets eet of baie winderig is, is kanse groot dat die
dermkanaal se bakterië en ensiem balans beskadig is.

Hervestig gesonde bakterië en esensiele ensieme, asook jou vertering en immuunfunksie met behulp van
die Manna GUT Support aanvulling en ‘n dieët vry van suiker, suikerdrankies, verfynde styselryke kosse soos
brood, pasta, witrys en aartappels.

• Manna Candida Support


Een van die newe-effekte van beskadigde dermkanaal gesondheid is ‘n oormaat van die candida swam. Te
veel candida kan tot ernstige gesondheidsprobleme lei en die swam kan in die bloedstroom beland wat tot
‘n vroeë dood kan lei. Sien die Manna Candida e-book as jy meer oor hierdie onderwerp wil leer en wat
jy kan doen om die probleem om te keer.

• Manna Blood Circulations Support

Manna Gesondheidsprodukte Diabetes e- Bladsy 14


boek
Diabete het gewoonlik ‘n probleem met swak bloedvloei na die ledemate. Hierdie aanvulling kan bloedvloei
verbeter sonder enige newe effekte.

Tipe 2 Diabetes
Jy het net een liggaam, en watter skade ookal daaraan gedoen is, jy is steeds verantwoordelik daarvoor.
Jy kan nie jou verantwoordelikheid op ‘n dokter of gesondheidsorgkundige afskuif en hulle in beheer
daarvan plaas nie. Jy, en slegs jy, kan die besluit neem om beheer oor jou gesondheid te neem.

Diabetes Dieët:
Regte voeding is krities vir enige iemand met diabetes. Buiten om jou bloedsuikervlakke te beheer, kan ‘n
diabetiese dieët ook help dat jy ‘n gesonde liggaamsgewig bereik en onderhou. So ‘n dieët kan help om
hartsiekte en vaskulêre siekte, wat ‘n algemene probleem by diabete is, te voorkom.

Daar is geen voorgeskrewe dieëtplan vir diabete nie.


Eetplanne word aangepas by ‘n persoon se behoeftes, skedules, eetpatrone en geloof.
‘n Diabetes dieëtplan moet ook gekoördineer word met die inname van insulien en/of mondelikse (orale)
diabetes medikasie.
Die algemene beginsels van ‘n goeie diabetiese dieët is dieselfde vir alle mense, wat ‘n groot
verskeidenheid kosse insluit: heel grane, vrugte en groente, suiwelprodukte soos kaas en botter, bone en
vleis (of vegetariese plaasvervangers), pluimvee en vis word aanbeveel vir ‘n gesonde dieët. Die lae
koolhidraat, hoë vet dieet is sekerlik die dieet met die meeste sukses om diabetes om te draai. Maak net
baie seker jy doen die dieet korrek. Die grootste wanopvatting is dat dit ‘n hoë protein dieet is. Die
verhouding van die LCHF dieet is: 75% vette/olies, 25% protein en 5% koolhidrate in die vorm van
groente.

Neem Kennis:
As jy aanpassings maak tot jou leefstyl met ‘n gesonde dieët, oefening, dieet aanvullings, ens. en beheer
neem oor jou bloedsuikervlakke, sal jy jou medikasie moet aanpas; anders kan jou bloedsuikervlak te laag
daal.

Volg asseblief die Stap-vir-Stap Gids in die Manna Dieet e-book

Manna Gesondheidsprodukte Diabetes e- Bladsy 15


boek

You might also like