9 Woordelys

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 3

KWARTAAL 1:

LEEF EN LEEFWYSE

Woordelys
Woord/term Verduideliking
Aanhangselskelet Sleutelbeen, skouer en arms, bene, pelvis
Absorpsie Voedingstowwe word in die bloedstroom
opgeneem.
Are Bloedvate wat suurstofarme bloed van die
liggaam na die hart vervoer.
Assimilasie Geabsorbeerde nutriënte word gebruik in
lewensprosesse.
Asskelet Skedel, borsbeen, ribbebene en werwelkolom
Bevrugting Die versmelting van ’n sperm- en eiersel.
Bloedplaatjies Bestanddeel van bloed wat help om bloed te
laat stol.
Bloedplasma Bestanddeel van bloed verantwoordelik vir die
vervoer van nutriënte, afvalstowwe en gasse.
Bolus Gekoude voedsel wat in ’n balletjie gerol is.
Chemiese Chemiese proses waartydens voedsel in die
vertering kleinste deeltjies opgebreek word.
Diffusie Die proses waar molekules beweeg van ’n
gebied met ’n hoë konsentrasie na ’n gebied
met ’n lae konsentrasie.
Digestie Voedsel word afgebreek en geabsorbeer.
Egestie Afvalstowwe word uitgeskei.
Ejakulasie Semen word uit die penis uitgespuit.
Endoskelet Skelet binne die liggaam.
Eksoskelet Skelet aan die buitekant van die liggaam.
Gebalanseerde Voldoende hoeveelheid voedsel word ingeneem
dieet in die regte verhouding.
Hemoglobien ’n Pigment in rooibloedselle waarmee suurstof
bind.
Ingestie Die inname van voedsel

120 NATUURWETENSKAPPE hand- en werkboek - Graad 9 Doc Scientia


KWARTAAL 1:
LEEF EN LEEFWYSE

Woordelys
Woord/term Verduideliking
Interneuron Verbind sensoriese neurone en motoriese
neurone.
Kopulasie Die verstyfde penis word in die vagina geplaas.
Kraakbeen Tipe bindweefsel wat bene bedek in die
gewrigte.
Ligament Bene in gewrigte word bymekaargehou deur
ligamente.
Mastikasie Die kou van voedsel.
Meganiese Fisiese proses waar voedsel in kleiner dele
vertering opgebreek word.
Motoriese neuron Gelei impulse van die brein en rugmurg na
ander organe.
Nutriënte Voedingstowwe
Oksihemoglobien Suurstof verbind met hemoglobien.
Ondervoeding Daar word te min voedingstowwe ingeneem.
Ongebalanseerde Voldoende hoeveelheid voedsel word ingeneem,
dieet maar in die verkeerde verhouding.
Oorvoeding Daar word te veel voedingstowwe ingeneem.
Orgaan ’n Klomp weefsels wat saam funksioneer.
Organisme ’n Klomp stelsels wat saam funksioneer.
Osmoregulasie Dit is die fisiologiese prosesse wat ’n organisme
gebruik om waterbalans te handhaaf.
Ovulasie Die maandelikse vrystelling van ’n ovum deur
die ovariums.
Peristalse Die onwillekeurige spiersametrekkings
waartydens die bolus/spysbry na die volgende
verteringsorgaan beweeg.

Doc Scientia NATUURWETENSKAPPE hand- en werkboek - Graad 9 121


KWARTAAL 1:
LEEF EN LEEFWYSE

Woordelys
Woord/term Verduideliking
Rooibloed- Selle wat suurstof regoor die liggaam vervoer.
liggaampies
Senings Heg spiere aan bene vas.
Sensoriese Gelei impulse vanaf sintuigorgane na die brein
neuron en rugmurg.
Senuweeselle Selle wat elektriese impulse d.m.v. die senuwee of
die rugmurg vervoer.
Slagare Bloedvate wat suurstofryke bloed vervoer van
die hart na die liggaam.
Spierselle Hierdie selle trek saam en ontspan en maak
beweging moontlik.
Spysbry Die mengsel van voedsel en maagsappe
Stamselle Ongedifferensieerde selle wat oor die
vermoë beskik om te verdeel en in ’n groot
verskeidenheid selle te ontwikkel.
Stelsel ’n Klomp organe wat saam funksioneer.
Villi Haaragtige uitgroeisels in die dunderm wat help
met absorpsie.
Voeding Die proses waar lewende organismes energie
verkry deur die inname van voedsel om
lewensprosesse te laat plaasvind.
Wanvoeding Die tekort aan een voedingstof, maar die
oormaat inname van ’n ander voedingstof.
Weefsel ’n Klomp selle wat saam funksioneer vir ’n
spesifieke doel.
Witbloedselle Selle in bloed wat beskerming bied teen siektes
en infeksie beveg.

122 NATUURWETENSKAPPE hand- en werkboek - Graad 9 Doc Scientia

You might also like