Boedel Aanmelding

You might also like

Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 4

Eerste stappe wat geneem word wanneer ‘n boedel gerapporteer

moet word.

Volgende dokumente word benodig:


1. Oorspronklike en gesertifiseerde kopiee van die Doodsertifikaat
( As jul nog nie die Doodsertifikaat het nie, vat die getekende sertifikaat deur die dokter
na die Departement van Binnelandse Sake en registreer dit daar. Hul sal dan ‘n
Doodsertifikaat van Binnelandse Sake uitreik en hierdie sertifikaat van Binnelandse Sake
is die sertifikaat wat jul oral moet ingee.
As jul alreeds ‘n doodsertifikaat van Binnelandse sake het, maak ‘n hele klomp afdrukke
daarvan. Hoe meer, hoe beter. Laat alles sertifiseer by die Polisiestasie of enige
Kommissaris van Ede kan dit doen).

2. Oorspronklike en gesertifiseerde afdrukke/kopiee van die oorspronklike huwelik


sertifikaat.
Maak ook ‘n hele klomp afskrifte en laat dit sertifiseer)

3. ‘n Voltooide Doodskennisgewing
(Jul kan dit by die plaaslike landdroshof in Heidelberg kry of by die Meester se kantoor)

4. ‘n Voltooide naasbestaande affidavit (next of kin affidavit)


(Dit is ‘n vorm wat jul ook by die plaaslike hof kan kry of die Meester van die
Hooggeregshof se kantoor. Dit sal deur Pikkie ingevul moet word)

5. ‘n Voltooide inventaris van al die bates wat Sarel gehad het.


( Alle gelde, roerende eiendom ens – alle bates)

6. Lys van krediteure moet opgetrek word.

7. Oorspronklike nuutste/ laaste testament van Sarel.


(As hy ‘n testament het, moet gekyk word wie die eksekuteur in die boedel is. As hy
Pikkie as die Eksekuteur benoem het, of wie ookal, moet daar gesertifiseerde afskrifte
van die Eksekuteur van die boedel se ID document gemaak word. Afskrifte en moet dan
gesertifiseer word deur Polisie/kommissaris van ede)
8. Stefan se geboortesertifikaat
(Maak afdrukke daarvan – ‘n hele paar en laat dit sertifiseer)

AS DAAR N TESTAMENT IS, SAL DIE TESTAMENT SE WIE DIE EKSEKUTEUR IS.
AS DAAR NIE ‘N TESTAMENT IS NIE, IS DIT ‘N INTESTATE BOEDEL EN SAL DIE
MEESTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF ‘N EKSEKUTEUR AANSTEL!!

VOORDELE WAT SAREL GEHAD HET BY DIE WERK:

Vind uit by die werkgewer wat se voordele Sarel gehad het, bv sy pensioen, medies, enige verlof
wat nog uitstaande is en dies meer. Sy pensioenfonds sal deur sy werkgewer in kennis gestel
moet word en doodsertifikaat sal na hul geneem moet word. Die werkgewer is gewoonlik
behulpsaam daarmee. Die pensioen sal aan Pikkie uitbetaal synde hul binne gemeenskap van
goed getroud is. Die uitbetaling van die pensioen sal gedoen word in die boedelrekening wat
deur die Meester van die Hooggeregshof geskep sal word end it sal weldra aan Pikkie uitbetaal.
Al hierdie pension voordele sal aan die Meester in die affidavit van sy bates, gesit moet word.
Vind uit van sy pensieonfonds hoeveel sy pensioen is. Werkgewer sal daarmee kan help. As daar
enige gelde is wat aan hom moet uitbetaal word deur sy werkgewer, soos verlof of ‘n salaris of
enige ander geld of groepsversekering deur sy werk, vind uit daarvan. Jul sal moet ‘n lys kry van
die werkgewer se voordele aan hom.

Lys van polisse, versekerings ens sal gekry moet word:

Jul sal al sy polisse en polis houers in kennis moet stele n dan dokumentasie van hul verkry oor
sy finansiele stand van sy polisse en bedrae wat uitbetaal. Hul gee gewoonlik sertifikate daarvan
en jul sal dan dit ook in die lys van bates moet omskryf. Jul kan al die dokumentasie aanheg.
Onthou om van alles afskrifte te maak en alles te laat sertifiseer as kolpiee van die
oorspronklikes. Elke polishouer en versekeraar het sy eie wyses waarop mens die geld kan eis
en dit sal gedoen moet word deur die eksekuteur van die boedel.

MEDIESE FONDS:

Jul sal hul ook weer in kennis moet stele n uitvind of daar enige uitstaande bedrae is of as Sarel n
spaar opsie gehad het by sy mendiese fonds, of daar gelde is wat uitbetaal.
Begrafnispolis:

Vind uit of daar is en eis dan van hulle vir enige onkostes as jul ‘n roudiens gaan reel.

 Dis baie belangrik dat jul so gou as moontlik na die meester se kantoor in Johannesburg
gaan sodat jul die boedel kan registreer. Al registreer jul net die boedel en kry solank al
die vorms van hul om in te vul, is dit al klaar ‘n goeie stap. Die boedel moet gewoonlik
binne 14 dae van afsterwe geregistreer word maar jul kan verduidelik dat dit nie gedoen
kon word nie weens Covid isolasie tydperke. Jul moet die doodsertifikaat van
Binnelandse sake ook he om die boedel te registreer. Al die dokumentasie , veral die
testament, is belangrik en die ID afskrifte van Pikkie e nook Stefan en wie ookal die
eksekuteur is, moet saamgeneem word na die meester toe.
 Sal goed wees as jul alles een slag kan doen en afhandel by die Meester se kantoor maar
di twerk nie altyd nie, want mens moet dokumente teken ens. Die meester sal dan nadat
alle dokumentasie voltooi is en registrasie gedoen is , asook nadat die testament
ondersoek is om te bepaal of dit eg is, “letters of executorship” of “letters of authority”
uitreik. Dit sal ‘n paar dae neem maar hul sal met jul in kontak wees dan. Sodra jul
hierdie eksekuterusbrief of magtigingsbrief het, kan jul teruggaan bank toe en sal fondse
losgemaak kan word en eksekuteur, as dit Pikkie is, sal oorneem en reelings kan getref
word om n boedelrekening oop te maak waarin pensioen en lewensversekering ens
uitbetaal word. Die meester se kantore kan jul stap vir stap ook help en se wat om te
doen. Die banke ook. Al die rekenings moet egter op hierdie stadium gevries word en
daar mag geen geld uit enige van sy rekenings getrk word nie.
 Sy boedel sal meer as R250 000 wees en Meester van Hooggeregshof sal dan die boedel
registreer by hulle. As daar ‘n testament is, is dit baie beter. As daar nie n testament is
nie, sal die Meester n eksekuteur aanstel, sal moontlik Pikkie wees en dan sal alles met
haar gereel word.
 Die afhandeling van n boedel waar daar pensieon en lewensversekering is ens, sal n
tydjie vat. Veral nou met Covid want die meester se kantore werk nie op volle personeel
basis nie.
 Jul kan ‘n plaaslike prokureur ook gaan sien wat n boedelberedderaar is, soda thy die
boedel namens jul kan hanteer, maar die kostes en gedeelte wat hul van die boedel vat, is
groot. Baie groot! Hang af van of jul dit wil doen. Ek kan nie van die Kaap af die boedel
vir jul beredder nie want dit behels om die meester se kantore te besoek en ook die
werkgewer ens, maar ek sou so graag dit vir jul wou doen. Ek kan presies vir jul se wat
om te doen egter en die meester se kantoor kan jul ook deur alles lei. Vir die begin, is
alles wat ek hier genoem het, wat jul moet kry en na die meester toe gaan. As jul nie alles
wat ek hier gelys het, nou het nie, vat solank die doodsertifikaat, en afskrifte van ID’s,
huweliksertifikaat, geboorte sertifikaat van Stefan en al daardie goed,veral die testament.
Die meester se kantore het vorms oor next of kin affidavits en alles daar wat jul kan vat
en invul. Gaan egter solank.
As jul enige hulp nodig het, laat my asseblief weet!! Ek help graag!!

Baie sterkte jul kant en groetnis daar!!

Nolette

You might also like