Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 3

Belastingaftrekbare-inligting - Wikimedia Foundation 12/3/21, 7(22 PM

Skenk nou

English Deutsch Español Français Italiano 日本語

Belastingaftrekbare-inligting

Verenigde Staten
Wikimedia Foundation is ʼn niewinsgewende
liefdadigheidsorganisasie (belasting-ID-nommer 20-
0049703) wat in die Verenigde State gestig is onder die
Amerikaanse IRS-kode-afdeling 501(c)(3), en om daardie
rede kan skenkings van persone of entiteite wat in die
Verenigde State geleë is, voordeel trek uit
belastingaftrekbare status. Dit sluit skenkings in wat aan
die Wikimedia Foundation gemaak is ten bate van die
Wikimedia Endowment.

Skandering van 501(c)(3)-statusbrief

Kanada
As gevolg van die Wikimedia Foundation se 501(c)3-
status in die Verenigde State, sal Kanada se
belastingkode oor die algemeen slegs aftrekbaarheid van
skenkings aan die WMF van die skenker se Amerikaanse
belasbare inkomste toelaat. ʼn Nuttige verwysing is
moontlik Artikel XXI, paragraaf 6 van die VS-Kanada-
belastingooreenkoms (https://www.canada.ca/en/departm
ent-finance/programs/tax-policy/tax-treaties/country/unit

https://donate.wikimedia.org/wiki/Tax_deductibility/af Page 1 of 3
Belastingaftrekbare-inligting - Wikimedia Foundation 12/3/21, 7(22 PM

Verenigde Staten ed-states-america-convention-consolidated-1980-1983-


1984-1995-1997-2007.html). Kontak asseblief ʼn
Kanada belastingkundige vir die besonderhede oor die aftrekking
van sodanige skenking.
Frankryk

Nederland
Frankryk
Ander lande
Skenkings aan die Wikimedia Foundation is nie
belastingaftrekbaar in Frankryk nie.

Nederland
Nederlandse belastingowerhede het bevestig dat,
kragtens Nederlandse wetgewing, die Wikimedia
Foundation as ʼn “openbare welsynsinstelling” (in
Nederlands, “algemeen nut beogende instelling” of
“ANBI”) kwalifiseer. Hierdie klassifikasie beteken dat, as jy
ʼn Nederlandse inwoner is, enige skenkings wat aan die
Wikimedia Foundation gemaak is, aftrekbaar is van jou
inkomstebelasting onderhewig aan die normale
belastingreëls oor die skenkingsaftrekking onder
Nederlandse belastingwetgewing. Dit is belangrik dat die
Wikimedia Foundation nie skenkings van persone of
entiteite in enige jurisdiksie soek wat
fondsinsamelingsaktiwiteite deur internasionale
liefdadigheidsorganisasies verbied of beperk of
geskenkbelasting toepas op skenkings wat aan sulke
internasionale liefdadigheidsorganisasies gemaak word
nie. Die Wikimedia Foundation is ʼn niewinsgewende
liefdadigheidsorganisasie wat in die Verenigde State
gevestig is onder die Amerikaanse IRS-kode Artikel 501(c)
(3).

https://donate.wikimedia.org/wiki/Tax_deductibility/af Page 2 of 3
Belastingaftrekbare-inligting - Wikimedia Foundation 12/3/21, 7(22 PM

Ander lande
Wikimedia Foundation is ʼn niewinsgewende
liefdadigheidsorganisasie wat in die Verenigde State
gevestig is onder die VS IRS-kode, afdeling 501(c)(3), en
om daardie rede kan skenkings van persone of entiteite
wat in die Verenigde State geleë is, baat by
belastingaftrekbare status. Skenkings van persone of
entiteite wat buite die Verenigde State geleë is, kan
moontlik nie vir belastingaftrekkings in die Verenigde
State en elders in aanmerking kom nie; in sulke gevalle
moet skenkers plaaslike belastingadvies inwin. Dit is
belangrik dat Wikimedia nie skenkings van persone of
entiteite in enige jurisdiksie soek wat
fondsinsamelingsaktiwiteite deur internasionale
liefdadigheidsorganisasies soos Wikimedia verbied of
beperk of geskenkbelasting toepas op skenkings wat aan
sulke internasionale liefdadigheidsorganisasies gemaak
word nie. Die Wikimedia Foundation ondersteun plaaslike
onafhanklike afdelings regoor die wêreld. Kom meer te
wete oor afdelings en hul werk.

The Wikimedia Foundation is the nonprofit organization


that supports Wikipedia, the other Wikimedia free
knowledge projects, and our mission of free knowledge
for every single person.

Retrieved from "https://donate.wikimedia.org/w/index.php?title=Tax_deductibility/af&oldid=36728"

https://donate.wikimedia.org/wiki/Tax_deductibility/af Page 3 of 3

You might also like