Wetsuitleg - Eksamen

You might also like

Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 6

regsuitleg

Eksamen
4 November
2021
19:00- 22:00
Kontaksessie 1
Leereenheid 1.1 algemene inleading en die begrip van wetgewing
1. Wetgewing as bron van die reg
a. Wat is wetgewing en waaruit bestaan dit?
i. Tipes en kategorieë wetgewing
ii. Strukturele komponente
iii. “Kodes”
b. ‘n Reg (right) v Die reg (law) v ‘n Wet(Art 36 Grondwet: Algemeen geldende
regsvoorskrif)
c. Ander bronne van die reg?
i. Inheemse reg
ii. Gemenereg
iii. Regspraak
Artikel 36 – Grondwet – Algmeene geldende regsvoorskrif:
Die beginsel is dat enige fundamentele regte kan slegs deur ‘n algmeen geldende
regsvoorskrif gewysig word, sluit in wetgewing, inheemse reg, gemenereg en regspraak in mag
moontlik ;n fundamentele reg beperk.

2. Wat is wetsuitleg?
a. Om sin te maak
b. Van die totale wetgewende skema
c. Toepassing op die betrokke situasie.
d. Kyk ook na die konteks.
e. Voorbeeld: Art 4(1) van die Insolvensiewet 24 van 1936:
 Kennisgewing van boedeloorgawe:
 “moet gepubliseer word nie meer as dertig dae en nie minder as veertien dae nie
voor die dag in die kennisgewing van boedeloorgawe vermeld as die dag waarop in
die hof gedaan sal word om aanname van die oorgawe van die boedel van die
skuldenaar”
Taalvaardighede, kennis van die reg en navorsingsvaardighede maar ook:
f. Oppermagtige Grondwet.- alle wetgewing moet geinterpreteer word in lig van die
grondwet.
g. Impak van ander wetgewing. – neem kennis van die impak van ander wetgewing bv die
verbruikerswet wat ‘n bepaling bevat wat se as daar ‘n botsing is met ‘n ander bepaling van
die wetgewing sal die VB-Wet voorkeur geniet.
h. Is wetgewing nog van krag? – Is dit nie dalk herroep of gewysig nie?
i. Res van die Wet, bv Regulasies/Bylaes
j. Konteks- Gaan kyk na die doel van die wetgewing
k. Eksterne faktore- bv woordeboek en betekenisse, regskomissie verslae.
l. Swak wetsopstelling, botsende bepalings
 Voorbeeld:
 Art. 21(13) van die Insolvensiewet 24 van 1936 – definisie van “eggenoot”:
 “nie alleen eggenote of eggenoot in die wettige sin nie maar ook ‘n eggenote of
eggenoot kragtens ‘n huwelik volgens enige regstelsel of gebruik en ook ‘n vrou
wat met ‘n man as sy eggenote leef of ‘n man wat met ‘n vrou as haar eggenoot
leef, hoewel hulle nie met mekaar getroud is nie.”
m. Uitdagings?
 Wettiese koeterwaals (legalese)
i. Latynse terminologie
ii. Hoogdrawende taal
 Bedoeling van die wetgewer?
i. Groot aantal persone wat aan wetgewende proses deelneem
ii. Bedoeling van die “meerderheid”
iii. Wetsopstellers
3. Die nuwe grondwetlike bedeling
a. Oppermagtige Grondwet – lex fundamentalis – vervang parlementêre
soewereiniteit
i. Wetgewing mag nie in stryd met die Grondwet wees nie
ii. Ons howe ook aan Grondwet onderhewig
b. Grondwetlike waardes en sekere bepalings van Grondwet het wetuitleg
onherroeplik verander:
i. Artikel 1: Funderende klousule
ii. Artikel 2: Oppermagklousule
iii. Artikel 7: Verpligtingsklousule
iv. Artikel 36: Beperkingsklousule
v. Artikel 39: Uitlegklousule
4. Die begrip “wetgewing”
a. Uitlegreëls is slegs op Wetgewing van toepassing
b. Definisie:
uitgevaardigde regsteks
i. Geskrewe reg (teks wat regtens afdwingbaar is)
ii. Uitgevaardig (aangeneem/uitgereik/gepubliseer), slegs na uitvaardiging
iii. Deur liggaam/persoon wat deur Grondwet/ander wetgewing gemagtig is
c. Terminologie:
i. Statuut (gewoonlik wet van parlement maar ook ondergeskikte wetgewing
bv. statuut van universiteit)
ii. Kennisgewings (kan ondergeskikte wetgewing wees)
d. Interpretasiewet en Grondwet:
i. Enige wet, proklamasie, ordonnansie, wet van die Parlement, verordeninge,
reëls, regulasies en orders
ii. Enige maatreël wat die krag van wet het
iii. Nasionale en provinsiale wetgewing
iv. Ondergeskikte wetgewing
v. Toegesegde (assigned) wetgewing- Onderskeid moet getref kan word tussen
ondergeskikte wetgewing en toegesegde wetgewing.
vi. Ou-bedeling wetgewing (voor 1994)- steeds van toepassing tensy dit
uitdruklike herroep is
vii. Wetgewing – nuwe grondwetlike bedeling (na 1994)
viii. Munisipale wetgewing
e. Onderskei:
i. Geografiese gebiede: Nasionale, provinsiale en munisipale wetgewing
ii. Tydlyn: Ou-bedeling en Nuwe-bedeling wetgewing.
iii. Hiërargiese bevoegdheid: Parlementswetgewing teenoor ondergeskikte
wetgewing
5. Kategorieë wetgewing
a. Chronologiese (historiese) indeling
Bv placaaten van provinsie Holland
Wetgewing
voor 1806 Deel van Gemenereg

Voor-Unie wetgewing (1806-1910)


Oubedeling-
wetgewing Na-Unie wetgewing (1910-1994)

nuwe grondwetlike bedeling sedert 1994


Wetgewing

b. Hiërargiese indeling Status van wetgewing

Die
Gro Hoogste reg
nd Wetgewing wat strydig is, is ongeldig
Howe het toetsingbevoegdheid tov alle wetgewing en owerheidsoptrede
wet
van
199 Demokraties verkose wetgewende liggame

6 Wetgewende bevoegdheid in Grondwet gesetel en soos volg afgelei


Regstreeks: Parlement, provinsiale wetgewers en munisipaliteite
Oorspronklike Onregstreeks: Parlement en provinsiale wetgewers mag wetgewende
bevoegdheid toesê (assign) aan wetgewende liggaam in regering of
wetgewing munisipale raad

Onverkose persone verkry wetgewende


bevoegdheid – bv Minister (sien Handboek
voorbeelde bl 27-28)
Ondergeskikte (gedelegeerde Dit is baie duur en onprakties om wetgewing
tereendty te wysig dis hoekom ministers dan die
of sekondêre) wetgewing bevoegdh het om regulasies te vervaardig.

Oorspronklike wetgewing:

 Parlementswette (sedert 1910)


• Nasionale Vergadering en Nasionale Raad van Provinsies (Parlement).
• Wetgewende bevoegdheid: Regstreeks uit Grondwet.
• Hoogste wetgewende liggaam – wetgewing oor enige aangeleentheid.
• Sekere wetgewing het hoër status: “konstitusionele Wette” bv. PAJA.
• Sommige wette geniet voorrang.
Nuwe provinsiale wette (1994-)
• Regstreekse oorspronklike wetgewende bevoegdheid – aangeleenthede in Bylaes 4 en 5
Grondwet
• Bykomende bevoegdheid deur ander wette van Parlement
• Premier, Limpopo Province v Speaker of the Limpopo Provincial Government.
• Provinsiale ordonnansies (1961-1986)
• Wet op Provinsiale Bestuur
• Wetgewing: Voormalige tuislande en TBVC-state
• Nuwe munisipale wetgewing
Ondergeskikte wetgewing
• Vereistes
• Moet nie ultra vires wees nie.
• Bestaan afhanklik van magtigende oorspronklike wetgewing.
• Parlement mag nie gedelegeerde wetgewer magtig om Parlementswet te
wysig/herroep.
• Ondergeskikte wetgewing moet met magtigende wet saamgelees en uitgelê word,
maar kan nie betekenis daarvan beïnvloed nie.
6. Wat is nie wetgewing nie?
a. Uitgevaardigde regsteks vs ander (regs)teks:
i. Gemenereg, Inheemse reg en Regspraak
ii. Beleidsdokumente bv. Groen- en Witskrifte, verklarende memorandums,
beleidsbesluite (kan egter in proses van wetsuitleg gebruik word).
iii. Beleidsriglyne en direktiewe – onderskei van ondergeskikte wetgewing.
b.
7. Struktuur en “kodes” van wetgewing
a. Lys van Wysigings
b. Voorrede (preamble): skets omstandighede, agtergrond en redes vir wetgewing;
integrale deel van wetgewing
c. Lang titel: opsomming van kwessies in wet aangeraak – deel van wet
d. Uitvoerende bepaling: erken bevoegdheid van liggaam wat wetgewing uitvaardig
e. Inhoudsopgawe: Padkaart van Wet
f. Definisies: Woordomskrywings
g. Doel en uitleg: oogmerk van wet en hoe uitgelê moet word
h. Regulasies en ministeriële bevoegdhede
i. Herroeping/wysiging: Gewoonlik in Bylae
j. Kort titel en inwerkingtreding
k. Bylaes: Tegniese detail
l. Nommering: bv art 65, 65A en 66
m. Algemene Verduidelikende Nota: Gedeeltes verwyder/ingevoeg
n. Wetgewende “kodes” : Dien as historiese roetekaart m.b.t vorige weergawes van die
Wet
8. Die verhouding tussen wetgewing en die gemenereg
a. Grondwet is hoogste reg en troef gemenereg (en wetgewing) – Pharmaceutical
Manufacturers Association of SA-saak.
b. Gemenereg word uitdruklik deur wetgewing getroef, maar nie herroep nie – Rand
Bank Ltd v De Jager.
c. Soms bepaal wetgewing dat wetgewing met gemenereg saamgelees moet word – art.
2(10) Verbruikerswet.
d. Gemeenregtelike reëls (uitlegvermoedens) word gebruik om wetgewing uit te lê.

You might also like