Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 3

NATUURWETENSKAPPE - GRAAD 8

Kwartaal 2: Materie en Materiale


Eenheid 1: Atome

DEELTJIES

Alles in en rondom ons is materie. Materie is alles wat ruimte beslaan of massa besit. Materie bestaan uit klein
deeltjies wat nie gesien kan word word nie, naamlik atome.

ATOME

Atome bestaan weer uit verskillende klein deeltjies wat subatomiese deeltjies genoem word. Mens kry drie
verskillende subatomiese deeltjies, naamlik neutrone, protone en elektrone.

Die middelste deel van die atoom word die kern genoem. Die kern gee massa aan die atoom.
Die kern bestaan uit:

 Protone wat ‘n positiewe lading het


 Neutrone wat elektries neutraal is

Elektrone het ‘n negatiewe lading en beweeg in die ruimte om die kern.

Elektrone het baie energie en


beweeg rondom die kern. Dit
word aangetrek deur die
positiewe protone wat in die kern
is. Elektrone is verantwoordelik
Hierdie atoom is neutraal
vir die volume van die atoom
omdat die getal van die
elektrone gelyk is aan die
getal protone. Daar is in Die neutrone plus protone staan
hierdie Litiumatoom 3 ook bekend as nukleone wat
protone en 3 elektrone wat verantwoordelik is vir die massa
die atoom dan neutraal van die atoom
maak.
Werkkaart – Atome

1. Gee die volgende definisies:

1.1 Atome:

1.2 Materie:

2. Gee een woord vir die volgende:

2.1 Deeltjies met ‘n negatiewe lading.

2.2 Deeltjies sonder ‘n lading wat in die kern aangetref word.

2.3 Deeltjies wat die volume van die atoom bepaal.

2.4 Deeltjies wat verantwoordelik is vir die massa van die atoom.

2.5 Die kern staan ook bekend as die…

3. Voltooi die tabel om al die deeltjies van ‘n atoom aan te dui.

DEELTJIE LADING WAAR KOM DIT VOOR?


Positief
Neutron
Buite die kern
4. Bestudeer die volgende skets en beantwoord die vrae wat volg:

4.1 Gee byskrifte vir die volgende skets van ‘n atoom

4.2 Hoeveel van die volgende deeltjies is daar in hierdie atoom:

4.2.1 Neutrone: _________________

4.2.2 Elektrone: _________________

4.2.3 Protone: __________________

5. Bestudeer die volgende skets en beantwoord die vrae wat volg:

5.1 Hoeveel van die volgende deeltjies is daar hierdie die atoom:

5.1.1 Neutrone: _________________

5.1.2 Elektrone: _________________

5.1.3 Protone: __________________

You might also like