Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 2

Sien jou weer

ʼn Eksentrieke miljardêr met botterblonde hare en fletsblou oë se ruimtetuig het sonder voorval

presies 07:05 in ʼn digte bui suurreën vanaf ʼn verlate aanloopbaan in die Sonoran-woestyn in

Meksiko opgestyg. Knus in die bagasieruim was ʼn besending geneties-gemanipuleerde sigote en ʼn

vroedmeester onder vriesverdowing, gereed om op #B-aarde te hipostaseer.

Weens die verwoesting wat die Foxtrot-Cov-Vari-CoVIV en aardverhitting op Aarde gesaai het, moes

belangstellendes die tuig se lansering aanlyn volg. Vorige uitreikpogings om die voortbestaan van die

mens te verseker deur Sjina, Rusland en NASA in samewerking met lugvaartmaatskappye in

privaatbesit het klaaglik misluk; die melkweg ná #B-aarde is met ruimterommel en dorings besaai, ʼn

sterrestelsel weg, en op die oog af oënskynlik onbereikbaar ver.

Die toevallige ontdekking van #B-aarde (die paradys waarna die mens nog altyd smag) is deur talle

kenners as ʼn wonderwerk beskou, niks toevallig daaraan nie ‒ eerder sinkronisties met Siener van

Rensburg se profesie.

Presies volgens skedule het Pegasus VI die eksosfeer om 07:27:47 binnegedring. Die eksentrieke

miljardêr met sy grys bokbaardjie (ʼn Suid-Afrikaner van geboorte) se lewensmaat het

hartverskeurend in ʼn huilbui op digitale skerms wêreldwyd uitgebars en desperaat geroep: “Ek sal

die sekondes aftel tot ons mekaar weer sien!” Op die agtergrond in die slim-apartement hoog bo

New York se straatverkeer het Rammstein se Ohne Dich droewig en woedend deur die ruite

opgeklink. Op ʼn glastafelblad het twee halfvol glase Macallan Fine and Rare gestaan met die

suggestie van ʼn skaduwee buite beeld.

1
Oor en uit. Sien jou weer.

Dit sou egter fisies onmoontlik wees om mekaar weer te sien, só saam te wees, het Ryk Buys terdeë

besef ‒ tensy radioverbinding ná landing op #B-aarde bewerkstellig kon word. Buys, skielik

oorrompel deur die dringende besef dat daar nog baie was wat gedoen moes word om die gekose

genepoel te laat voortleef, het vasbeslote in sy slimkapsule geklim en die outomaat beveel om die

nodige te doen vir ʼn veilige landing iewers op ʼn hoogte met ʼn uitkykpunt naby water.

“Hef aan lê nog voor,” was Ryk se bevrore gedagtegang toe Pegasus VI later deur #B-aarde se

atmosfeer tuimel en met die genade alleen in een stuk teen ʼn berghang bo ʼn woud neffens ʼn

asemrowende waterval te lande kom. Suurstof het outomaties begin sirkuleer, die broeikamer is

met ʼn gezoem geaktiveer en Enya se Only Time het gerusstellend oor die klankstelsel begin speel.

Ryk Buys het met ʼn erge lyfpyn ontwaak, maar van die vroedmeester was ʼn verrinneweerde skelet al

oorblyfsel.

Radiostilte. Ryk het die ergste vermoed ...

Goddank het sewentien van die ses-en-twintig kinders suksesvol uitgebroei, maar is die laaste

kilowatt elektrisiteit daarvoor gebruik. Ryk het sy hande vol gehad met die spul kaalgat kinders. Die

grootste twee het hy Adam en Eva en die woud sommer Paradys gedoop. Saans, om die

rusteloosheid te besweer, het hy uit sy Bybel voorgelees en soms as hy alleen gaan stap het, kon hy

hom maklik verbeel die wind fluister saggies in sy oor: Ons sal altyd saam wees.

You might also like