Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 9

1. VERDUIDELIK DIE TERM “DWELMMISBRUIK”.

Dwelm- en alkoholmisbruik is wanneer jy verskillende middels, soos dwelms of alkohol, gebruik


om beter te voel, of vir die lekker, en as jy dit nie gebruik nie, voel jy kwaad, geïrriteerd of
angstig.
Middelmisbruik is die voortdurende misbruik van alkohol en/of dwelms ten spyte van negatiewe
gevolge in een of meer areas van die individu se lewe (Fisher & Harrison, 2000:16).
Meer as 11% van alle Suid-Afrikaners ly tans aan een of ander verslawing. Alkohol en dagga is
die gewildste dwelmmiddels in ons land.
Alkoholmisbruik is die algemeenste vorm van substansmisbruik in Suid-Afrika. • Dit dra jaarliks
direk by tot bykans die helfte van alle motorongelukke. Alkoholmisbruik raak na beraming 17,5
miljoen Suid-Afrikaners.
Die gebruik van dagga het in die afgelope twee jaar met 20% toegeneem. Daar is bevind dat die
geld wat Suid-Afrikaners aan dagga spandeer jaarliks in die omgewing van R3,5 biljoen verloop.
2. BESPREEK HOE DIE GEMEENSKAP EN NUUSMEDIA BYDRA TOT
DWELMMISBRUIK
Ons bly in ‘n samelewing waar beide wettige en onwettige dwelms maklik bekombaar is. Wettige
dwelms soos alkohol, sigarette en sekere medisynes kan skadelik wees en die risiko verhoog dat
mense met onwettige dwelms begin eksperimenteer.
Dwelmgebruikers kom uit alle vlakke van die samelewing en uit alle dele van die land. Die
dwelmprobleem raak almal en glad nie net deur jeugdiges uit "swak" huise in die onderste lae van
die samelewing nie.
Dit lyk of daar veral drie redes is waarom mense dwelms gebruik:
Gemeenskap Nuusmedia Ander sosiale of emosionele
faktore
1. Invloed van anti-sosiale of 1. Dit kan dalk vir 1. Veral tieners sal omtrent alles
kriminele elemente in die mense lyk asof doen om tog net ’n deel van hul
gemeenskap waar hulle woon dwelms in die media portuurgroep te wees—al
bv. Bendes. verheerlik word, of beteken dit ook om dwelms te
deur musikante, beproef:
2. Baie mense trap in die strik om filmsterre en • Om pret te hê of bloot om iets
medisyne uit gewoonte te sportsterre wat geen anders te doen.
gebruik. Medisyne word geheim daarvan •Nuuskierigheid en
gesluk by die geringste teken maak dat hulle eksperimentering.
van pyn, verkoue, moegheid, dwelms gebruik. • Toeganglikheid.
hoofpyn, hardlywigheid of wat 2. Karakters op TV en • Behoefte aan aanvaarding van die
ook al. Mense wat so maklik films drink, rook en portuurgroep.
medisyne sluk of dit vir hul gebruik dwelms – • Lae selfbeeld.
kinders gee, stel ’n gevaarlike laat dit “cool” lyk • Tekort aan selfvertroue.
voorbeeld. OF asof dit lekker is. • Neerlslagtigheid.
3. Advertensies van • Emosionele pyn.
3. Maklike beskikbaarheid van alkohol laat dit lyk • Angstigheid.
wettige middels: asof ‘n partytjie / • Stress.
kuier nie so lekker is • Verveeldheid.
sonder alkohol nie. •Die voorbeeld wat belangrike
rolmodelle stel, insluitend ouers.

2. Mense wat van die werklikheid,


hul omstandigeded of hul
verantwoordelikhede wil
Mense wend hulself tot sosiaal wegkom, kan aan dwelms
aanvaarbare middele soos verslaaf raak.
kalmeermiddels, eetlusdempers,
hoesmiddels, pynstillers, alkohol, 3. Onkunde bly ook ’n kwessie.
kafe¨ıen en nikotien, omdat hulle Baie mense weet nie werklik hoe
nie die vaardigheid het om dwelms lyk en wat dit doen nie,
daaglikse stressors te hanteer nie. en baiemaal verkies hulle om nie
Bv. huweliksprobleme, moeilike te weet nie. Tog is ’n ingeligte
persoonlike verhoudings,min gemeenskap een van die beste
selfvertroue, slapeloosheid en/of wapens.
siekte tot ’n algemene angs en
stres
2.1. HULPSENTRUMS IN GEVAL VAN DWELMMISBRUIK
1. Alkoholiste Anoniem (AA) – AA is ʼn groep mans en vroue wat hulle ervarings,
sterkpunte en wense met mekaar deel sodat hulle hul gedeelde uitdagings te bowe kan kom
en ander kan help om van alkoholafhanklikheid te genees. Die enigste vereiste vir
lidmaatskap is die begeerte om om te hou drink.
Tel: 0861 435 722
Webwerf: www.aanonymous.org.za

2. Narcotics Anonymous (NA) – NA is ʼn groep mans en vroue wat hulle ervarings,


sterkpunte en wense met mekaar deel sodat hulle hul gedeelde uitdagings te bowe kan kom
en ander kan help om van dwelmafhanklikheid te genees.
Tel.: 083 900 6962
Webwerf: www.na.org.za
3. Die Suid-Afrikaanse Raad teen Alkohol- en Dwelmafhanklikheid (Sanca) – Sanca se
hoofdoelwitte is die voorkoming en behandeling van alkohol- en dwelmafhanklikheid.
Tel.: 011 781 6410
Webwerf: www.sancanational.org.za

3. STAPPE OM NIE ‘N SLAGOFFER VAN DWELMMISBRUIK TE WORD NIE


 Moenie net nee sê vir dwelms nie – ken die redes waarom jy moet wegbly daarvan. Al is
die gevare welbekend, hou mense aan om dwelms te misbruik, en dit vernietig nog steeds
lewens. Quintin van Kerken van die Anti Drug Alliance-stigting in Suid-Afrika, raai
mense aan om hulself te bemagtig met feite van verslawing, hoe verslaafdes optree en hoe
die hele proses werk. Jongmense beland dikwels onskuldig in situasies waar hulle
afhanklik raak, grotendeels uit onkunde oor gewoontevormende middels en die gevaarlike
gevolge daarvan. Kennis oor die gevare en effek van dwelms mag iemand wie jy ken of
liefhet se lewe dalk net red.
 Hou jouself besig met betekenisvolle aktiwiteite, soos sport, kerkprogramme, of ander
groepe.
 Kies jou vriende. Om vriende te hê wat sigarette, alkohol en dwelms vermy, mag jou beste
beskerming teen middelemisbruik wees.

4. “DWELMMISBRUIK LEI TOT DIE VERSPREIDING VAN MIV EN VIGS”


Risikogedrag is gedrag wat jou blootstel aan gevare wat ’n slegte gevolge kan hê. Byvoorbeeld
rook, wat jou aan die gevaar blootstel om kanker te kry. Indien jy die wet oortree, kan jy moontlik
in die tronk beland, ensovoorts. Dwelms laat jou dinge doen wat jy nooit sou gedoen het as jy
nugter was nie.
Dwelms en alkohol word aan baie gevalle van MIV gekoppel. Mense wat onder die invloed is van
drank of dwelms vergeet om kondome te gebruik of is so desperaat vir geld dat hulle net nie
omgee om veilige seks te beoefen nie. Verslaafdes maak dikwels gebruik van seks om geld te
maak om weer dwelms te kan koop, met of sonder ‘n kondoom. Party dwelms soos heroïen word
deur middel van ‘n inspuiting geneem. MIV word versprei deurdat dwelmverslaafdes spuitnaalde
en spuite met mekaar deel.
Verslaafdes deel dwelmnaalde wat via ’n aarinspuiting toegedien word, en dit raak baie maklik ’n
gemeenskaplike broeiplek vir MIV en Hepatitis B. Verslaafdes verloor hul inhibisies onder die
invloed van dwelms en tree dan seksueel losbandig op, of gebruik seks om geld te verdien om hul
dwelms te kan koop. Dit laat jou die gevaar loop om MIV/vigs en seksueel oordraagbare siektes
op te doen, of swanger te raak.

5. BESTUURSPLAN VIR MENSE MET MIV EN VIGS


Baie meer mense loop die gevaar om deur MIV/VIGS geïnfekteer te raak. Die meeste mense met
MIV is gesond en sal gesond bly voel vir ‘n hele aantal jare nadat hulle geïnfekteerd geraak het.
Gedurende hierdie tydperk kan volwassenes en kinders met MIV aktiewe en produktiewe lewens
op die skool, by die werk en by die huis lei-. MAAR die geheim tot ‘n suksesvolle MIV/VIGS-
lewe is om verantwoordelikheid vir jou eie gesondheid te aanvaar. Jy moet die virus en die
siekteproses verstaan, hoe dit oorgedra word, hoe dit jou as mens beïnvloed en hoe om jou
medikasie reg te gebruik en om te besluit om ‘n gesonde leefstyl te handhaaf.
MEDIKASIE:
As iets ongewoon of vreemd met ons liggame gebeur, dan ontwikkel ons simptome. Simptome
sluit die volgende in: koors, naarheid, braking, diaree, moegheid, pyn, veluitslag, hoesbuie,
swaar/moeilike asemhaling, depressie en vele meer. Mense wat met MIV/VIGS saamleef is
geneig om vele van die bogenoemde simptome te ervaar en dit moet dan hanteer word.
Die simptome wat MIV/Vigs pasiente ervaar kan:
 ‘n newe-effek wees van die medisyne wat hul neem,
 simptome wees van MIV-geassosieerde infeksies bv. Longontsteking, en
 simptome a.g.v. die MIV self wees bv. Vel-sere.
Dit kan wissel van iets wat hul veilig by die huis kan hanteer tot iets waarvoor hul eerder kliniek
toe voor moet gaan. ‘n Goeie riglyn is:
Ernstig - Is die simptome erger as enige iets wat jy vantevore ervaar het?
Simptome kom en gaan maar as dit baie erger is as vantevore moet jy daarna laat kyk.
Tipies - Is hierdie simptome gewoon/nie jou tipiese simptome nie?
Enige iets wat totaal en al nuut is, iets wat jy nog nooit vantevore gehad het nie, moet
liewer met die dokter of ‘n suster bespreek word.
Medikasie kan bestaan uit n kombinasie van o.a:
 ARV’s – Anti-RetroVirale medikasie vir die MIV-infeksie. Die medikasie gaan niedie
MIV/Vigs genees nie, maar sorg dat die person so ‘n gesonde lewe kan voer soos ander
mense.
 Anti-biotika – vir enige ander infeksies wat mag ontwikkel bv. longontsteking
 Pyn medikasie
 Anti-depressante of kalmeermiddels of slaappille
 Vel produkte - gordelroos, waterpokkies, ‘n bakteriële infeksie, vratte, fungusinfeksie of ‘n
veluitslag is algemeen vir MIV/VIGS
 En dan moontlik medikasie wat ons almal maar gebruik vir bv. suikersiekte, hoe
bloeddruk, cholesterol ens.
Belangrike punte oor die medikasie:
1. Dit is belangrik dat jy jou medikasie getrou moet drink en soos voorgeskryf.
2. Moenie wag vir die pyn om ondraaglik te wees voordat jy jou pynpille drink nie.
3. Selfs al voel jy nie meer so siek of pyn nie; moet jy jou medikasie getrou drink.
4. As jou medisyne jou nie beter laat voel nie, of erge newe-effekte veroorsaak moet jy
teruggaan dokter of suster toe – jy het dalk ander medisyne nodig, of jou medisyne moet
net aangepas word.

GESONDE, GEBALANSEERDE DIEET:


Gesonde eetgewoontes is belangrik vir almal. Om goed te eet help jou om gesond te bly en as jy
siek is, met MIV óf enige ander siekte, is ‘n gebalanseerde dieet belangrik om jou beter te laat
voel. Behandeling is meer as net om jou anti-retrovirale medisyne te drink; MAAR ook om
gebalanseerd te eet. As jy MIV+ is, verbrand jou liggaam meer energie as iemand wat nie die
virus het nie. Die virus maak dat jou liggaam 10% meer energie verbruik as jy goed voel, en
tussen 20% en 30% meer energie gebruik as jy sleg voel of siek is. Dit beteken dat jy meer moet
eet net om jou gewig dieselfde te hou. Gewigsverlies is een van die algemeenste simptome van
mense met MIV. Mense met MIV verloor meestal spiermassa, wat hulle maerder en swakker
maak.
Wat moet ek eet? Ons liggame het energie nodig sodat ons al ons daaglikse take kan verrig. Die
MIV-virus gebruik jou liggaam-energie wat in jou spiere gestoor word – proteïen energie. Dit
beteken jy sal spiermassa verloor en nie vet nie, ons noem dit wegkwyning. As jy gereeld kos eet
wat saamgestelde suikers bevat (stysel – energiegewende kosse), kan jy hierdie proses keer. As jy
alreeds gewig verloor het a.g.v. die virus, dan moet jy kos eet met proteïene (vleis, eiers, vis) om
jou spiere te help om te herstel. Een van die belangrikste stappe om gesond te eet is om gereeld
kleiner maaltye of peuselhappies deur die dag te eet sodat ons seker maak dat ons nie sonder
energie gaan wees nie.
‘n Gebalanseerde eetplan sluit twee porsies stysel + een porsie groente + een porsie vrugte + een
porsie proteïene per ete in.
Stysel (ook bekend as koolhidrate of saamgestelde suikers)
“Lae GI” kossoorte bevat koolhidrate wat ons vir ‘n lang tydperk energie gee, terwyl “hoë GI”
kossoorte se energie net ‘n kort rukkie duur. Beide hiervan is belangrik vir mense wat met MIV
saamleef. – Bv. Brood-Aartappels-Pasta-Rys-Soetpatats-Samp-Mielies-Sorghum-Pap-
Ontbytgraankosse
Vrugte en Groente
Vrugte en groente verskaf vitamiene en minerale wat belangrik is om die immuunstelsel te
ondersteun en sterk te hou. – Bv. Spinasie-Morogo-Pampoen-Groenrissies-Blaarslaai-Groenbone-
Botterskorsie-Wortels-Tamaties Perskes-Appelkose-Lemoene-Naartjies-Avokado’s-Papaja-
Mango-Guava-Waatlemoen
Proteïne
Mense wat MIV+ is moet elke dag proteïene inneem. Dit belangrik vir spiere en om gewigsverlies
te voorkom. Bv - Beesvleis-Varkvleis-Hoender-Vis-Skaapvleis-Lamsvleis-Eiers-Melkprodukte-
Bone-Grane-Neute
Vette en olies
Vette en olies is ‘n belangrike deel van ‘n gesonde dieet. Hierdie kossoort verskaf energie. Hierdie
tipe kosse kan gebruik word om jou te help om gewig op te tel as jy siek was of infeksie gehad het
en gewig verloor het. Bv - Botter-Varkvet-Margarien-Kookolie-Room-Mayonnaise

PROBLEME:
 “Ek is nie honger nie” / “Kos smaak nie meer so lekker nie” / “Kos maak my naar”
Maak seker dat jy goed eet op dae wat jy wel wil eet. Probeer kleiner maaltye, meer
gereeld eet. Hou klein peuselhappies byderhand. Kos met baie speserye of vette en kos of
drankies met kaffeïene kan jou maag irriteer en jou laat siek voel. Sout en droë kos kan
hiermee help (brood of soutkoekies).
 “Ek het diaree”
Diaree kan deur die virus, medisyne, stres of ander infeksies veroorsaak word. Wanneer jy
diaree het, kry jou liggaam nie die voedingstowwe wat jy nodig het nie. Maak seker dat jy
genoeg vloeistowwe inneem sodat jy nie dehidreer nie.
 “My mond is droog / Ek het sere in my mond / kou en sluk maak seer ”
‘n Droë mond kan ‘n newe-effek van die medisyne wees. Sere en pyn in die mond kan
wees as gevolg van infeksies. Kos wat fyngemaak is of sop sal makliker afsluk. Probeer
om nie kos te eet wat baie speserye bevat nie. Koue kosse soos roomys of suig ‘n
ysblokkie om jou mond te verdoof. As jou mond baie seer is, probeer om deur ‘n strooitjie
te drink.

GESONDE LEEFSTYL:
Oefening is ‘n baie belangrike manier om gesond te bly. Is dit veilig om te oefen as jy ‘n siekte
soos MIV/VIGS het? Navorsing het bewys dat dit wel veilig is vir mense met MIV/VIGS om te
oefen. Dit is nie net veilig nie, maar stimuleer ook die immuunstelsel, verbeter uithouvermoë,
verminder moegheid, versterk jou liggaam en verminder jou totale liggaamsvet. Ons weet dat
mense wat gereeld oefen minder verkoue kry en minder afwesig is by die werk. Ons weet ook dat
een van die grootste voordele van oefening is dat dit jou meer in beheer van jou lewe laat voel, en
stress beter hanteer.
Wetenskaplike navorsing het bewys dat oefening talle voordele vir ons liggame inhou soos:
 Gemoedstoestand – laat jou beter en gelukkiger voel
 Versterk jou liggam en spiere
 Slaappatrone – beter slaap = uitgeruste liggaam en herstel vind tydens slaap plaas
 Konsentrasie en geheue verbeter, en hou jou kop besig
 Hart en longe versterk
 Vermindering van jou liggaamsvet persentasie
 Verbeterde vertering en dan absorpsie van voedingstowwe
 Selfvertroue om jou chroniese siekte self te hanteer.
– al hierdie voordele is baie belangrik vir n MIV pasient wie se liggaam (en gemoed) reeds onder
druk is.
Alhoewel oefening goed en veilig is vir iemand met MIV/VIGS, gaan jou liggaam soms vir jou
tekens gee dat jy jou oefensessie moet uitstel. Indien jy koors het, duiselig voel, braak of diaree
het, of as jou gewrigte skielik swel óf jy het ‘n onverklaarbare pyn, is dit beter om jou sessie uit te
stel totdat jy met ‘n dokter of ‘n verpleegster kon gesels. Dit beteken nie jy moet nooit weer oefen
nie, maar jy moet seker maak dat jy nie besig is om siek te raak nie.

6. WeRELD VIGSDAG

6.1. DATUM: 01 Desember

6.2. BELANGRIKHEID:

Wêreldvigsdag vind elke jaar op 1 Desember plaas. Die doel van die dag is om mense
regoor die wêreld teen die MIV virus te verenig, om ook steun te gee aan mense wat met
MIV leef en om persone wat aan ’n VIGS-verwante siekte gesterf het, te gedenk.

Wêreldvigsdag is in 1988 gestig en was die eerste wêreldwye gesondheidsdag. Die dag is
baie belangrik omdat ongeveer 36,7 miljoen mense die virus het en ten spyte van die feit
dat hierdie dodelike virus eers in 1984 geïdentifiseer is, het meer as sowat 35 miljoen
mense al aan MIV en vigs gesterf.

Nie almal weet hoe om hulself teen die virus te beskerm nie en die stigma teen MIV en
vigs bly nog steeds ’n realiteit vir baie mense wat met die virus leef. Die dag is ook
belangrik omdat dit almal herinner dat MIV steeds in ons alle daaglikse samelewing is.
Daar is ook altyd ’n behoefte om geld in te samel, die bewustheid hiervan te verhoog en
om die opleiding oor die MIV-virus te verbeter.

Op Wêreldvigsdag word vigs-leiers ondersteun en meeste mense dra ’n rooi lint om die
dag te herdenk. HIV is vandag 'n bedreiging vir baie mans, vrouens en kinders regoor die
wêreld. Hierdie is 'n dag wat mense herinner dat VIGS steeds 'n werklikheid is en dat daar
nog baie daaraan gedoen moet word.

6.3. ROOI LINT:


Die rooi lint word wêreldwyd gebruik as die simbool van die solidariteit met mense wat 'n
MIV-besmetting opgedoen het.

6.4. WYS DAT JY OMGEE:


Hou n fondsinsameling deur leerders te vra om R1 te skenk en om op die dag 'n rooi lint te
dra. Hierdie geld kan dan aan n weeshuis of versorgings inrigting geskenk word om hul
MIV-pasiente te help.

7. EIE ONTWERP TOT STEUN VAN WeRELDVIGSDAG


8. BIBLIOGRAFIE
 www.enterprises.up.ac.za/wp-content/uploads/2015/12/Tieners-en-dwelms.pdf
 https://helpendehand.co.za/wp.../HOOFSTUK-2-ALKOHOL.pdf
 http://www.mieliestronk.com/dwelms.html
 https://www.news24.com/SouthAfrica: Kinders al hoe meer verstrengel in dwelmhel, maar
ken jy die gevolge? advertensie-artikel || dwelmmisbruik
 https://www.scribd.com/doc/100356232/Lewensorientering-dwelms-en-alkohol
 https://welstand.solidariteit.co.za › Ondersteuningsgroepe
 Living Well with HIV & AIDS; Gifford A.L.; Lorig K; Laurent D; Gonzalez V (3rd
edition) Bull Publishing Company, Boulder Colorado 2005
 Nasionale Beleid oor HIV/VIGS vir Leerders en Opvoeders in Openbare Skole, en
Studente en Opvoeders in Verdere Onderwys- en Opleidingsinrigtings van die
Departement van Onderwys, gepubliseer in die Staatskoerant van 10 Augustus 1999,
Goewermentskennisgewing No 20372.

You might also like