Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 1

Groepsdruk is erger as ooit tevore

Daar is niks lekkerder as om deel van n goeie vriendekring te wees nie en niks
slegter as om altyd soos n buitestaander te voel nie.
Groepsdruk word gedefineer as die manipulasie deur ander mense , veral jou
maats , om jou iets te laat doen wat jy self nie noodwendig wil doen nie.

Groepsdruk is is erger vandag as ooit tevore. Daar is ‘n onskuldige gedeelte van


groepsdruk waar ‘n mens probeer om koel of gewild te wees deur na dieselfde
musiek te luister, dieselfde klere aan te trek of selfs dieselfde haarstyl as die
gewilde mense by die skool te dra. Hierdie is oppervlakkige dinge wat nie jou
persoonlikke waardes affekteer nie. Sosiale media dra by tot die druk wat
tieners voel, omdat dit hulle konstant in verbinding hou met die persone wie
hulle navolg.

Dan kry jy die negetiewe vorm van groepsdruk. Om jou vriende te probeer
beindruk deur alkohol of dwelms te gebruik of selfs misdaad te pleeg, kan jy
jou toekoms in ‘n oogwenk vernietig.
Elke person weet in hulle hart wat reg of verkeerd is, en deur die verkeerde
besluite te neem om ander te beindruk, verraai jy jou eie waardesisteem.
Dit is hoekom dit belangrik is om goeie vriende te maak wie jou respekteer en
jou aanvaar vir wie jy is.

Groepsdruk kan tog ook ‘n goeie ding wees omdat dit jou kan dryf om iets te
doen wat jou uit jou gemaksone neem, byvoorbeeld, om n berg te klim of om
te gaan duik.
My raad vir julle is dat as julle nie gemaklik voel met iets of iets wat jou lewe
negetief sal impak, se net nee. As jou vriende dit nie aanvaar nie, is dit nie die
moeite werd om met hulle vriende te wees nie.

You might also like