Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 42

KABV

Eenvoudig briljant!

• Briljante KABV-dekking (CAPS) en geskryf deur


kundige outeurs
• Briljante illustrasies en aktiwiteite sal uitslae verbeter en
leerders motiveer
• Briljante onderwyserondersteuning, o.a. fotokopieerbare
werkvelle maak voorbereiding vinnig en onderrig maklik
• Briljante gehalte = eksamensukses!
Natuurwetenskappe en Tegnologie

Graad 4

Werkboek vir remediëring


en verryking

MASKEW MILLER LONGMAN http://schools.pearson.co.za

9780636141834_plt_nst_g04_wb_afr_za_cvr.indd All Pages 2017/08/22 11:26 AM


KABV

Natuurwetenskappe en Tegnologie
Graad 4

Werkboek vir remediëring en verryking

MASKEW MILLER LONGMAN

Dit is onwettig om enige bladsye uit hierdie boek te


fotokopieer sonder skriftelike verlof van die kopiereghouer

9780636141834_plt_nst_g04_wb_afr_za.indb 1 2017/08/25 7:52 AM


Pearson South Africa (Edms.) Bpk.
4de vloer, Auto Atlantic gebou. Hoek van Hertzog Boulevard en Heerengracht Boulevard,
Kaapstad, 8001

Kantore in Johannesburg, Durban, Oos-Londen, Polokwane, Bloemfontein,


Rustenburg en Mbombela.

Webtuiste: za.pearson.com

© Pearson South Africa (Edms.) Bpk.

Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie publikasie mag sonder skriftelike verlof van die
kopiereghouer gereproduseer of in enige vorm of deur enige elektroniese of meganiese middel
weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, plaat- of bandopname, vermikrofilming of enige
ander stelsel vir inligtingsbewaring.

Die uitgewer het alle redelike pogings aangewend om die wettige kopiereghouers van materiaal
wat in hierdie boek gebruik word, op te spoor. Ons vra om verskoning vir enige kopieregskending
en versoek kopiereghouers om met ons in verbinding te tree ten einde die nodige regstellings te
doen.

Eerste uitgawe 2013


ISBN 978-0-636-14183-4

Boekontwerp deur Pearson Media Hub


Omslagontwerp deur Pearson Media Hub
Omslagkunswerk deur Pearson Media Hub
Setwerk deur Davidson Design Solutions
Gedruk deur
Erkennings:
AAI Fotostock: bl.10
Bigstock.com: bl. 1, 3, 18
Corbis/Greatstock: bl. 18
iStock.com: bl. 10, 18
Thomas Talkner: bl. 17, 26
Antoinette Cloete Nel
Tanza Crouch
Claudia Eckard
Dedre Fouquet
Rob Foote
Adrian Owen
Barend Potgieter
Robin Taylor
Lynda Ward

9780636141834_plt_nst_g04_wb_afr_za.indb 2 2017/08/25 7:52 AM


Onderwerp 1: Basiese Teikenwerkvel
1. Gebruik die korrekte woord uit die lys om byskrifte vir die prente hieronder te gee. (7)

groei voeding asemhaling beweging voortplanting uitskeiding aanvoeling

a. b. c.

d. e. f.

g.

2. a. Omkring die lewende dinge in die prente hieronder. (4)

b. Noem drie dinge wat dood lyk, maar lewend is. (3)

Totaal: 14

9780636141834_plt_nst_g04_wb_afr_za.indb 1 2017/08/25 7:52 AM


Onderwerp 1: Gevorderde Teikenwerkvel
1. Kies een van die drie antwoorde vir elke item op die lys. (10)

1. Metaalpot A. Lewend
B. Nie-lewend; vroeër deel van lewende ding
C. Nie-lewend; nooit deel van lewende ding nie
2. Katoenhemp A. Lewend
B. Nie-lewend; vroeër deel van lewende ding
C. Nie-lewend; nooit deel van lewende ding nie
3. Fossiel A. Lewend
B. Nie-lewend; vroeër deel van lewende ding
C. Nie-lewend; nooit deel van lewende ding nie
4. Vuur A. Lewend
B. Nie-lewend; vroeër deel van lewende ding
C. Nie-lewend; nooit deel van lewende ding nie
5. Saad A. Lewend
B. Nie-lewend; vroeër deel van lewende ding
C. Nie-lewend; nooit deel van lewende ding nie
6. Papier A. Lewend
B. Nie-lewend; vroeër deel van lewende ding
C. Nie-lewend; nooit deel van lewende ding nie
7. Erdwurm A. Lewend
B. Nie-lewend; vroeër deel van lewende ding
C. Nie-lewend; nooit deel van lewende ding nie
8. Leerskoene A. Lewend
B. Nie-lewend; vroeër deel van lewende ding
C. Nie-lewend; nooit deel van lewende ding nie
9. Voël A. Lewend
B. Nie-lewend; vroeër deel van lewende ding
C. Nie-lewend; nooit deel van lewende ding nie
10. Steenkool A. Lewend
B. Nie-lewend; vroeër deel van lewende ding
C. Nie-lewend; nooit deel van lewende ding nie

2. Sarah en Bongile het ondersoek ingestel oor hoe om sade te laat groei. Hulle het hul sade in ’n piering
gepak en dit met watte toegemaak. Sarah het haar sade in die yskas gepak. Bongile plaas haar sade
op die vensterbank.
a. Watter sade sal beter groei en hoekom? (3)
b. Noem die ander ding wat die sade nodig het om te groei. (1)
c. Is hierdie ding lewend of nie-lewend? (1)
Totaal: 15

9780636141834_plt_nst_g04_wb_afr_za.indb 2 2017/08/25 7:52 AM


Onderwerp 2: Basiese Teikenwerkvel
1. a. Gee byskrifte vir die verskillende dele van die plant in die prent. (4)

b. Noem twee ander dele wat plante ook kan hê. (2)
2. a. Gee byskrifte vir die verskillende dele van die dier in die prent. (8)

b. Watter soort liggaamsbedekking het die donkie? (1)


Totaal: 15

9780636141834_plt_nst_g04_wb_afr_za.indb 3 2017/08/25 7:52 AM


Onderwerp 2: Gevorderde Teikenwerkvel
1. Voltooi die Venn-diagram hieronder om die twee diere in die prente te vergelyk, deur hierdie vrae te
beantwoord:
a. Het dit ’n kop?
b. Het dit ’n liggaam?
c. Het dit ’n stert?
d. Watter sintuiglike organe het dit?
e. Watter soort ledemate het dit?
f. Watter soort liggaamsbedekking het dit?
g. Is die dier groot of klein?
Skryf die dele wat albei diere deel in die middel waar die twee sirkels oorvleuel.
Skryf die dele wat verskil in die sirkel van daardie betrokke dier. (14)

Kat: Albei: Duif:

2. Noem ’n dier sonder ledemate en waarvan die liggaam met skubbe bedek is. (1)
Totaal: 15

9780636141834_plt_nst_g04_wb_afr_za.indb 4 2017/08/25 7:52 AM


Onderwerp 3: Basiese Teikenwerkvel
1. a. Plante groei uit sade. Vul die byskrifte in op die tekeninge van ’n saadjie wat ontkiem. (5)

b. Noem een ander manier om plante te kweek. (1)


c. Noem die dele van die plant wat ons gebruik om plante op hierdie manier te kweek. (2)
2. Kyk na die prentjies van plant A en plant B hieronder.

A B

a. Watter plant kry genoeg water? (1)


b. Watter plant kry nie genoeg water nie? (1)
c. Hoekom het plante water nodig? (2)
d. Noem drie ander dinge wat plante nodig het om te groei. (3)
Totaal: 15

9780636141834_plt_nst_g04_wb_afr_za.indb 5 2017/08/25 7:52 AM


Onderwerp 3: Gevorderde Teikenwerkvel
1. Die prente hieronder toon die groei van ’n saailing.

a. Meet die lengte van die langste wortel en die langste loot in elke prent. Teken jou afmetings in ’n
tabel aan. (6)

Plant Lengte van Lengte van loot


wortel (cm) (cm)
1
2
3

b. Teken ’n staafgrafiek om die groei van die wortel en die loot van die saailing te vergelyk.
Gebruik die grafiekblokkies om jou te help.
Maak elke staaf twee blokkies breed.
Kleur die stawe wat die wortel en die loot se lengte aandui met verskillende kleure in. (6)
8

5
lengte (cm)

0
Stadium 1: Stadium 2: Stadium 3:
wortel loot wortel loot wortel loot

c. Watter deel het die meeste gegroei? (1)


d. Stel ’n ander manier voor om die saailing se groei te wys sonder om die lengte te meet. (2)
Totaal: 15

9780636141834_plt_nst_g04_wb_afr_za.indb 6 2017/08/25 7:52 AM


Onderwerp 4: Basiese Teikenwerkvel
1. Pas die naam van elke dier in die lys met die naam van sy habitat in die woordraampie. (8)
grasveld see woud rivier
a. seekoei
b. blouduiker
c. rooibok
d. visarend
e. sebra
f. haai
g. aap
h. seekat
2. Watter van die stellings oor habitatte is verkeerd? (2)
a. ’n Habitat is waar ’n dier woon.
b. Diere gaan na ander habitatte om kos en water te vind.
c. ’n Padda is by sy habitat aangepas omdat dit daar onder die grond kan wegkruip.
d. Baie diere se kleur help hulle om gevaar in hul habitat te ontvlug.
Totaal: 10

9780636141834_plt_nst_g04_wb_afr_za.indb 7 2017/08/25 7:52 AM


Onderwerp 4: Gevorderde Teikenwerkvel
1. Kies die regte beskrywing vir elke habitat in die tabel. Ons het as uitdaging vir jou ’n woestynhabitat
ingesluit.
Skryf die name van plante en diere asook die beskrywing van reënval of temperatuur onder die
korrekte opskrif van elke habitat in die tabel hieronder. (10)

Grasveld Woud Rivier See Woestyn


Plante en diere
Reënval en
temperatuur

Beskrywings

Aap, groenduif, geelhoutboom Padda, vis, waterlelies

Kameel, nagmuis, palmboom Walvis, seeskilpad, seegras Buffel, jagluiperd, akasiaboom

Soutwater, nie veel verandering in Min reën, uiters warm gedurende die dag, geweldig
temperatuur nie koud in die nag

Somerreën, warm somers, koue nagte Varswater, nie veel verandering in temperatuur nie

Reën dwarsdeur die jaar, nie veel verandering in temperatuur nie, skaduryk

2. Lees oor die tier se habitat en beantwoord die vrae.


Die tier woon in ’n woudhabitat in dele van Asië. Die tier het ’n gestreepte pels wat help om dit te laat
saamsmelt met die sonlig wat deur die boomtoppe op die woudvloer val. Die strepe help ook om die
tier se liggaamsvorm te breek, wat dit vir hul prooi moeilik maak om hulle te sien. Daar is nie baie lig
in die woud nie, maar die tier het ’n baie goeie gehoor en kan dus hoor as ander diere rondbeweeg.
a. In watter habitat woon die tier? (1)
b. Verduidelik hoe die tier se pels dit by sy habitat laat aanpas. (3)
c. Verduidelik een aanpassing wat die tier by sy habitat laat aanpas.
(1)
Totaal: 15

9780636141834_plt_nst_g04_wb_afr_za.indb 8 2017/08/25 7:52 AM


Onderwerp 5: Basiese Teikenwerkvel
1. Skryf “M” langs die mensgemaakte skuilings op die lys hieronder, (3) en “S” langs die skuilings wat
’n skulpstruktuur het. (3) (6)
a. haashok
b. vinknes
c. skilpad
d. houtnes vir ’n voël
e. omheinde kraal vir bokke
f. selletjies van ’n wespe se nes
2. Gebruik die bogenoemde habitatte as riglyn en voltooi die sinne.
a. Die ___ het materiaal uit die omgewing bymekaargemaak om ’n nes te bou.
b. Die nes vir ’n voël is van ___ gemaak.
c. Die skilpad se dop verskil van ander skuilings omdat ___.
d. Mense gebruik draadheinings en hout om beide die ___ en die ___ te maak. (4)
Totaal: 10

9780636141834_plt_nst_g04_wb_afr_za.indb 9 2017/08/25 7:52 AM


Onderwerp 5: Gevorderde Teikenwerkvel
1. Lees die artikel hieronder. Beantwoord dan die vrae.
Voëls en hulle neste
Voëls bou ’n verskeidenheid neste. Elke tipe voël bou ’n nes wat in sy eie spesiale behoeftes voorsien.
Sommige voëls soek materiale soos stokkies en grasse en maak ’n hopie. Arende en pelikane bou sulke
neste op ’n rots of op die grond.
Manlike vinke maak grasse bymekaar wat maklik buig. Hulle maak een punt van die eerste grassie
versigtig aan ’n tak vas en begin dan om die nes te weef.
Houtkappers gebruik hul skerp snawels om ’n holte in ’n boomstam uit te kerf. Hulle voer dit dan uit met
sagte vere en plante.
Swaeltjies bou ’n nes onder ’n struktuur wat dit sal beskerm. Hulle maak stukke modder bymekaar en
bou ’n nes, een stuk op ’n slag.

a. Gebruik die inligting in die artikel om die tabel te voltooi. Sommige blokkies is alreeds ingevul om
jou te help.

Waaruit is Watter vorm het dit? Hoe is dit gemaak?


dit gemaak
(materiale)?
Arend se nes Stokkies en takkies Geen duidelike vorm nie, Die arend maak takkies
dit is nogal deurmekaar en bymekaar en gooi dit op ’n
uitgesprei. hopie.
Vink se nes
Houtkapper se nes
Swaeltjie se nes

(9)
b. Waarom dink jy bou voëls neste? Wat is die belangrikste funksie van ’n voël se nes? (2)
2. Mense boer met voëls soos hoenders en volstruise. Hier is twee voorbeelde van skuilings wat mense
vir hierdie voëls gebou het.

Hoenderhok Volstruisskuiling
a. Skryf ’n sin om die grootte, vorm en materiale wat gebruik is vir elke skuiling te beskryf.
Die hoenderhok _____________________________________________________________ (3)
____________________________________________________________________________
Die volstruisskuiling___________________________________________________________ (3)
____________________________________________________________________________
b. Die hoenderhok en die volstruisskuiling is deur mense ontwerp. Hoe het hulle probeer om in
die voëls se behoeftes vir skuiling en veiligheid te voorsien in hierdie ontwerpe? (2)
c. In watter ander behoeftes dink jy wou die ontwerpers voorsien met hul ontwerpe? (1)
Totaal: 20

10

9780636141834_plt_nst_g04_wb_afr_za.indb 10 2017/08/25 7:52 AM


Onderwerp 6: Basiese Teikenwerkvel
1. Kyk na die prentjies hieronder en omkring al die dinge wat vaste stowwe is. (3)

2. Voltooi die sinne hieronder deur die woorde in die woordraampie te gebruik.
gasse vaste stowwe vloeistowwe
a. het ’n definitiewe vorm en is nie vloeibaar nie. (1)
b. het nie ’n definitiewe vorm nie en neem die vorm aan van die houer waarin hulle is. (1)
c. het nie ’n definitiewe vorm nie en vul die ruimte rondom hulle. (1)
3. Kyk na die prentjies hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
a. Hoe het die ys verander? (1)
b. Waarom het die ys verander? (1)
c. Wat noem ons hierdie soort verandering? (1)

Blok ys

Vurk

Leë glas

Water

4. Noem die toestandsverandering wat plaasvind in die watersiklus wanneer:


a. wolke vorm (1)
b. sneeu vorm (1)
5. Kyk na die tekeninge hieronder en teken die temperatuurlesings op elke termometer aan in die
spasie wat verskaf word. (3)

6. Verduidelik waarvoor ’n termometer gebruik word. (1)


Totaal: 15

11

9780636141834_plt_nst_g04_wb_afr_za.indb 11 2017/08/25 7:52 AM


Onderwerp 6: Gevorderde Teikenwerkvel
1. Kyk na die prentjies hieronder en voltooi die sinne deur die woorde in die woordraampie te gebruik.

gas vaste stof materie

a. A is ’n voorbeeld van ’n ______________. B is ’n voorbeeld van ’n _______. C is ’n voorbeeld van

’n __________________. Al bogenoemde is die verskillende toestande van _______________. (4)

b. Verduidelik wat sal met C gebeur as jy dit in ’n vierkantige plastiekboks plaas. (1)
2. Kyk na die prentjies hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Smeltende botter Vloeibare goud Smeltende ys Kokende water

0°C 35°C 100°C 1 064°C


a. Pas die korrekte smeltpunt of kookpunt by elke prentjie. (4)
b. Watter van die stowwe wat hierbo getoon word sal ’n vaste stof wees by ’n temperatuur van
50°C? Gee ’n rede vir jou antwoord. (2)
3. Noem die prosesse in die watersiklus waarby die volgende plaasvind:
a. water beweeg van die land na die lug (1)
b. wolke vorm (1)
c. hael vorm (1)
d. die water in sneeu gaan na die riviere (1)
Totaal: 15

12

9780636141834_plt_nst_g04_wb_afr_za.indb 12 2017/08/25 7:52 AM


Onderwerp 7: Basiese Teikenwerkvel
1. Pas die verwerkte produkte in die woordraampie by die volgende sinne.
verf ’n rol papierhanddoeke melk in ’n kartonhouer

’n leer handsak ’n glasbeker ’n plastiekbord 'n kleipot


a. Lys die stowwe wat van die onverwerkte materiale steenkool en olie gemaak word.
b. Noem ’n houer wat van houtvesels gemaak is.
c. Wat kan gebruik word om ’n muur te beskerm en te versier?
d. Wat sal hard voel en word van die onverwerkte materiaal sand gemaak?
e. Wat voel sag? Noem een.
f. Watter een kan vloeistof hou? Watter eienskap maak dit moontlik?
g. Watter een word van diervel gemaak?
h. Wat is absorberend? Noem een.
i. Watter is gebrand om hard te word? (10)
2. Kyk na die voorwerpe wat in die woordraampie gelys is en beantwoord die volgende vrae.
glasbottel plastieklepel houtlepel grasbesem

leergordel ’n vel papier ’n klein houer verf


(10)
a. Watter voorwerpe word gemaak van natuurlike onverwerkte stowwe wat van plante
afkomstig is? (3)
b. Watter voorwerpe word van verwerkte stowwe gemaak? (3)
c. Watter voorwerpe word van onverwerkte stowwe gemaak wat van diere afkomstig is? (1)
d. Watter voorwerp sal breek as dit val? (1)
e. Van watter onverwerkte stof word ’n plastieklepel gemaak? (1)
f. Van watter onverwerkte stof word ’n vel papier gemaak? (1)
Totaal: 20

13

9780636141834_plt_nst_g04_wb_afr_za.indb 13 2017/08/25 7:52 AM


Onderwerp 7: Gevorderde Teikenwerkvel
1. Pas die verwerkte produkte in die woordraampie by die volgende sinne.
keramiekvloerteël kleipot breiwol

plastiek-inkopiesak grasmandjie ’n leerstewel

a. ’n Buigbare, natuurlike, onverwerkte stof word gebruik om hierdie voorwerp te maak waarin jy
iets dra.
b. Jy dra jou inkopies in hierdie sak wat uit die onverwerkte stowwe olie en steenkool gemaak word.
c. ’n Garing wat gebruik kan word om ’n trui te brei.
d. Noem die voorwerp wat waterdig en buigbaar is.
e. Watter voorwerp word van diervel gemaak?
f. Watter van hierdie voorwerpe word gemaak van die onverwerkte stof klei?
g. Watter materiaal sal die ligste wees?
h. Watter materiaal is buigbaar en absorberend?
i. Noem een voorwerp wat nie kan duik nie. Verduidelik wat daarmee gedoen is om dit so hard te
maak. (10)
2. Kyk na die woorde in die woordraampie en beantwoord die volgende vrae.
houtkrat koerant sneesdoekieboks sneesdoekies

a. Van watter onverwerkte stof word hierdie produkte gemaak? (1)


b. Beskryf hoe die houtkrat en die sneesdoekies voel. (2)
c. Watter van die papierprodukte sal jy gebruik om om ’n klein kleipot te draai? (1) Verduidelik
waarom jy nie die ander twee sal kies nie. (2)
d. Watter een sal die sterkste wees? (1)
e. Is hierdie voorwerpe absorberend of waterdig? (1)
f. Verduidelik waarom melk in ’n kartonhouer verkoop kan word? (1)
g. Verduidelik hoe steenkool verbind kan word met die onverwerkte stof wat gebruik word om
hierdie voorwerpe te maak. (2)
Totaal: 20

14

9780636141834_plt_nst_g04_wb_afr_za.indb 14 2017/08/25 7:52 AM


Onderwerp 8: Basiese Teikenwerkvel
A B C

1. Jy mag in jou antwoorde op hierdie werkvel woorde uit hierdie lys gebruik:
buisvormige ronde hol pilaar vierkantige hol pilaar billike toets

driehoekige hol pilaar staafgrafiek

a. Jy sien stowwe op die prentjies wat verskillende vorms het. Benoem hierdie vorms en die
strukture op die prentjies. (3)
b. Gee ’n rede waarom hierdie vorms gebruik word. (1)
c. Wanneer hol pilare getoets word om hul sterkte te vergelyk, moet jy ’n ___ doen. (1)
d. Hoe kan jy hol pilare wat van papier gemaak word, maak en hulle sterkte vergelyk? (2)
e. Hoe kan jy jou resultate duidelik toon deur ’n vinnige kyk daarna? (1)
A B

2. a. Watter een van hulle sal die sterkste wees: A of B? (1)


b. Verduidelik hoe jy jou eksperiment sal opstel om jou antwoord te bewys. (2)
c. Watter faktore moet dieselfde gehou word om dit ’n billike toets te maak? Noem 2. (2)
3. Hoe kan jy stutte maak van papier? (2)
Totaal: 15

15

9780636141834_plt_nst_g04_wb_afr_za.indb 15 2017/08/25 7:52 AM


Onderwerp 8: Gevorderde Teikenwerkvel
1. Maak lyntekeninge om die volgende sterk dele wat jy in ’n struktuur kan gebruik, te illustreer.
Benoem jou tekeninge. Skryf ’n voorbeeld neer van waar sulke dele in ’n struktuur gebruik kan word:
(6 punte: 3 vir tekeninge, 3 vir korrekte byskrifte) (6)
a. vou
b. ronde hol pilare
c. stut
2. Beantwoord die vrae oor ’n billike toets.
a. Beskryf watter toets ’n billike toets genoem kan word. (2)
Verduidelik hoe jy ’n billike toets sal doen om uit te vind of ’n gevoude vel papier ’n swaarder
las as ’n plat vel papier kan dra.
b. Watter faktore sal dieselfde gehou word? (3)
c. Watter faktor sal verskillend wees in die eksperiment en die kontrole? (2)
d. Wat sal jou resultaat wees? (1)
e. Skryf ’n gevolgtrekking vir hierdie eksperiment. (2) (2)
3. Teken ’n staafgrafiek en gebruik die volgende toetsresultate van hoe sterk pilare is. (9)
’n Driehoekige hol pilaar kon 2 handboeke dra.
’n Vierkantige hol pilaar kon 3 handboeke dra.
’n Ronde hol pilaar kon 5 handboeke dra.
Totaal: 25

16

9780636141834_plt_nst_g04_wb_afr_za.indb 16 2017/08/25 7:52 AM


Onderwerp 9: Basiese Teikenwerkvel
1. Noem 3 sterk raamstrukture wat gebruik maak van driehoeke. Verduidelik waarom elk van hierdie
strukture sterk moet wees. (3 x 2 = 6) (6)

2. a. Kyk na die prentjies van hierdie twee strukture wat van stutte gemaak is. Wat is die vorm van
elkeen van hulle? (2)
b. Benoem hulle A en B in die diagramme. (1)
c. Watter een van hulle word gebruik in al die strukture in vraag 1? (1)
d. Waarom word hulle in hierdie strukture gebruik? (1)
e. Verduidelik wat sal met elkeen van A of B gebeur wanneer hulle van bo af gedruk word. (2)
f. Beskryf die stutte wat gebruik word om hierdie strukture te bou en sê waarom hulle so
gevorm is. (2)
3. Teken die vorms van ’n Zoeloehut, matjieshuis en ’n Xhosa-rondawel. Benoem hulle. (3)
Dink jy hierdie huise was sterk strukture? Verduidelik hoekom. (2)
Totaal: 20

17

9780636141834_plt_nst_g04_wb_afr_za.indb 17 2017/08/25 7:52 AM


Onderwerp 9: Gevorderde Teikenwerkvel
1. Teken ’n ontwerp vir ’n sterk struktuur wat ’n gaping oor ’n klein stroompie van een en ’n half
meter wyd in die tuin kan oorbrug. Jou ontwerp moet buisstutte en driehoeke insluit. Benoem jou
ontwerpkenmerke. (5)
2. Beskryf hoe jy die hoekverbindings van ’n vierkantige fotoraam sal versterk deur buisstutte te
gebruik.
a. Waarom is dit nodig om die hoekverbindings te versterk? (1)
b. Verduidelik jou plan deur benoemde tekeninge te gebruik. Die kante van jou tekening moet 5 cm
lank wees. Toon die vooraansig en agteraansig van die raam. (4) (5)

3. a. Beskryf waarom hyskrane sterk moet wees. (1)


b. Verduidelik hoe hulle versterk word en benoem die dele op die diagram. (4) (5)

4. a. Watter materiaal word gebruik om die raamwerk van elk van hierdie huise te bou? (3)
b. Wat is die vorm van die vloer van elke struktuur? (1)
c. Watter van hulle het nie ’n aparte dak nie? Verduidelik. (2)
d. Watter een het ’n aparte dakstruktuur? (1)
e. Wat is die vorm van die dak? (1)
f. Dink jy die rondawel was ’n sterk struktuur? Verduidelik waarom. (2) (10)
Totaal: 25

18

9780636141834_plt_nst_g04_wb_afr_za.indb 18 2017/08/25 7:52 AM


Onderwerp 10: Basiese Teikenwerkvel
1. Skryf vier aktiwiteite neer waarvoor jou liggaam energie nodig het. (4)
2. Kan ons lewe sonder energie? (1)
3. Wat gebruik jou liggaam om energie te kry? (1)
4. Watter tipe lewende dinge gebruik energie van die Son om voedsel te maak? (1)
5. Teken ’n energieketting vir die plante en diere op hierdie prentjies deur woorde en pyltjies te
gebruik. (4)

plant Son slak voël

6. Kan ’n saailing ’n gesonde plant word indien dit in ’n donker kas gehou word en water
gegee word? (4)
Skryf ’n sin om jou antwoord te verduidelik.
Totaal: 15

19

9780636141834_plt_nst_g04_wb_afr_za.indb 19 2017/08/25 7:52 AM


Onderwerp 10: Gevorderde Teikenwerkvel
1. Skryf drie dinge neer waarvoor baie energie nodig is. (3)
2. Identifiseer een ding waarvoor jou liggaam energie gebruik terwyl jy slaap. (1)
3. Wat is die bron van energie in ons kos? (1)
4. Voltooi die sinne om elke prentjie te beskryf. Kies woorde uit die woordraampie hieronder.
opgegaar lig Son voedsel groei energie

a. ’n Plant gebruik energie wat in sy saad ________ is vir ’n kiemwortel om te groei.

b. ’n Plant gebruik ___ energie van die ___ om sy ____ te maak. Die plant gebruik energie in
voedsel om te ___. Soos die plant groei, gaar dit ___ in sy liggaam op. (6)
5. Teken ’n energieketting om te toon hoe energie van die Son na ’n dier gaan wat ander diere eet.
Skryf die name neer van elke tipe plant of dier in jou ketting. (4)
Totaal: 15

20

9780636141834_plt_nst_g04_wb_afr_za.indb 20 2017/08/25 7:52 AM


Onderwerp 11: Basiese Teikenwerkvel
1. Watter tipe energie kan jy hoor? (1)
2. Watter tipe energie is nodig om te kan sien in die donker? (1)
3. Watter tipe energie het ’n bewegende sokkerbal? (1)
4. Noem twee soorte energie wat jy ken. (2)
5. Watter bron van energie het jou liggaam nodig? (1)
6. Kyk na die prentjie hieronder.

a. Watter toestelle of masjiene kan jy op die prentjie sien? (2)


b. Vul die ontbrekende woorde in die sinne in om elke toestel te beskryf. Kies woorde uit die woor-
draampie. (4)
lig gas warm elektrisiteit

Die lamp gebruik _____________ as ’n bron van energie. Die uitset van energie van die lamp wat
nuttig is vir ons is ______.
Die bron van energie vir die verwarmer is ___________. Die verwarmer word gebruik om die
vertrek __________ te maak.
7. Voltooi hierdie sinne. Kies woorde uit die woordraampie hieronder. (3)
plante Son diere gestoor Maan
Energie word in steenkool _____________. Die energie in steenkool kom van ____________ wat mil-
joene jare gelede gelewe het. Die energie in plante kom van die _____________.
Totaal: 15

21

9780636141834_plt_nst_g04_wb_afr_za.indb 21 2017/08/25 7:52 AM


Onderwerp 11: Gevorderde Teikenwerkvel
1. Voltooi hierdie sinne:
a. Wanneer ’n flits aangeskakel is, verander die gestoorde energie in die na
en . (2)
b. Die uitset van energie wat nuttig is vir ons is ___ . (2)
2. a. Wat is die bron van energie vir die toestel op hierdie prentjie? (1)

b. Teken ’n vloeidiagram om te toon hoe energie van die Son oorgedra word na
hoofstroomelektrisiteit. Die prentjies hierbo kan jou help. (4)

3. Kyk na die prentjie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

A B

a. Watter drie verskillende bronne van energie kan jy in die prentjie sien? (3)
b. Vir elke bron van energie, dink na oor hoe veilig dit gebruik word. Maak ’n lys van dinge
wat gedoen kan word om die risiko van ongelukke of gesondheidsprobleme in die kombuis
te verminder. Jy kan navorsing doen om inligting te kry om jou te help om hierdie vraag te
beantwoord. (3)
Totaal: 15

22

9780636141834_plt_nst_g04_wb_afr_za.indb 22 2017/08/25 7:52 AM


Onderwerp 12: Basiese Teikenwerkvel
1. Baie musiekinstrumente gebruik bewegingsinset-energie om hulle te laat werk. Kyk na die prentjies
van musiekinstrumente hieronder. Vul dan die tabel in.

Instrument Tipe bewegingsinset-energie


Driehoek Slaan met ’n stokkie

(5)
2. a. Teken jou gunsteling-musiekinstrument. Benoem die verskillende dele. (2)
b. Watter deel of dele van jou musiekinstrument kan beweeg (vibreer)? (1)
c. Wat is die hoofuitset-energie van jou musiekinstrument? (1)
d. Is jou musiekinstrument ’n perkussie-, blaas- of snaarinstrument? (1)

Totaal: 10

23

9780636141834_plt_nst_g04_wb_afr_za.indb 23 2017/08/25 7:52 AM


Onderwerp 12: Gevorderde Teikenwerkvel
1. Kyk na die prentjies van musiekinstrumente hieronder. Trek ’n kring om die deel of dele van elke
musiekinstrument wat kan vibreer. (7)

2. Klassifiseer die instrumente in perkussie-, blaas- en snaarinstrumente. Gebruik die tabel hieronder.
Perkussie-instrumente Blaasinstrumente Snaarinstrumente

(7)
3. Skryf ’n kort paragraaf oor jou gunsteling-musiekinstrument. Beskryf hoe dit lyk, watter tipe
bewegingsinset-energie dit nodig het om dit te laat werk en watter tipe klank dit maak.
Verduidelik ook waarom dit jou gunsteling-musiekinstrument is. (6)

Totaal: 20

24

9780636141834_plt_nst_g04_wb_afr_za.indb 24 2017/08/25 7:52 AM


Onderwerp 13: Basiese Teikenwerkvel

1. Lia roep haar vriende vir middagete.


a. Wie sal haar die maklikste hoor? (1)
b. Wie sal haar die moeilikste hoor? (1)
c. Hoe kan Lia seker maak dat al haar vriende haar hoor? (1)
klank uitwaarts vibreer sien
Klanke word gemaak wanneer voorwerpe ___________. Die klank beweeg altyd __________
vanaf die deel wat vibreer. Ons kan nie altyd vibrasies ________ nie, maar as daar nie vibrasies
is nie, sal daar geen ________ wees nie. (4)
3. Voltooi hierdie sinne:
a. Klank beweeg deur __________. (1)
b. Die toonhoogte van die klank is __________. (1)
c. Die volume van ’n klank is ___________. (1)

Totaal: 10

25

9780636141834_plt_nst_g04_wb_afr_za.indb 25 2017/08/25 7:52 AM


Onderwerp 13: Gevorderde Teikenwerkvel

Gebruik jou toutelefoon om met ’n vriend te praat

Jy benodig: twee leë, skoon, droë tinblikkies met gladde rande; ’n stuk tou van 4 m lank; ’n sterk spyker;
’n hamer; ’n skêr
1. Gebruik die hamer en ’n spyker om ’n klein gaatjie aan die onderkant van elke tinblikkie te
maak. (1)
2. Druk een punt van die stuk tou deur die gaatjie in een blikkie. (1)
3. Maak ’n knoop aan die punt van die tou wat in die blikkie is. (1)
4. Druk die ander punt van die tou deur die gaatjie in die ander blikkie en maak ’n knoop aan die
punt van die tou. (1)
5. Nou het jy ’n toutelefoon. Praat met jou maat. Maak seker dat die tou styf is. (1)
6. Hoe werk die toutelefoon? Praat met jou maat hieroor en skryf dan ’n paragraaf hieroor: Klank
beweeg deur vaste stowwe. (5)

Totaal: 10

26

9780636141834_plt_nst_g04_wb_afr_za.indb 26 2017/08/25 7:52 AM


Onderwerp 14: Basiese Teikenwerkvel
1. Gebruik die woorde in die raampie om hierdie sinne te voltooi:
Son rots sfeer planete Aarde
a. Die Aarde is in die vorm van ’n ___. (1)
b. Die Aarde is van ___ gemaak. (1)
c. Die Aarde beweeg om die ___. (1)
d. Die Aarde is een van agt ___ wat om die Son beweeg. (1)
e. Die Maan beweeg om die ___. (1)
2. a. Voltooi hierdie sin: Die Aarde word dikwels die Blou Planeet genoem omdat die grootste deel
daarvan met ___ bedek is wat ___ lyk uit die ruimte. (2)
b. Wat is die naam wat gegee word aan die sewe groot stukke land op Aarde? (1)
c. Wat is die naam van die groot stuk land waarop ons woon? (1)
d. Teken ’n prentjie om te toon dat jy weet wat ’n eiland is. Gebruik die woorde “land” en “see”
om jou tekening te benoem. (1)
3. a. Wat is nog reg rondom die Aarde behalwe vir die land en wateroppervlakke? (1)
b. Wat noem ons hierdie laag van die Aarde? (1)
c. Noem twee dinge wat hierdie laag van die Aarde aan plante en diere verskaf. (2)
d. Wat noem ons die spesiale tuistes wat die Aarde verskaf aan alles wat daarop woon? (1)
Totaal: 15

27

9780636141834_plt_nst_g04_wb_afr_za.indb 27 2017/08/25 7:52 AM


Onderwerp 14: Gevorderde Teikenwerkvel
1. Teken ’n prentjie wat die volgende toon:
a. Die Son, Aarde en Maan. (1½)
b. Benoem elk van hierdie drie voorwerpe in die ruimte. (1½)
c. Wys hoe die Aarde en die Maan rondom voorwerpe beweeg wat groter is as hulself. Gebruik
pyltjies om hierdie bewegings te toon. (2)
2. Hieronder is tien beskrywings. Teken drie kolomme met die opskrifte Son, Aarde en Maan. Skryf
elke beskrywing onder die korrekte opskrif.
• Ons kan dit nie sien wanneer die Son helder skyn nie.
• Dit is ’n baie groot helder ster wat aan ons hitte en lig gee.
• Dit is die kleinste van die drie liggame.
• Die Aarde is een van sy planete.
• Hierdie voorwerp in die ruimte is ons tuiste.
• Dit is gevaarlik om direk daarna te kyk.
• Meer as helfde van sy oppervlak is met water bedek.
• Dit is ’n planeet van die Son.
• Dit beweeg om die Aarde.
• Dit verskaf ’n habitat aan alle lewende dinge. (10)
Totaal: 15

28

9780636141834_plt_nst_g04_wb_afr_za.indb 28 2017/08/25 7:52 AM


Onderwerp 15: Basiese Teikenwerkvel
1. Die lys hieronder toon die name van die planete in volgorde vanaf die Son. Gebruik hierdie inligting
om die diagram hieronder te benoem met die name van elke planeet, benoem ook die Son.
Mercurius
Venus
Aarde
Mars
Jupiter
Saturnus
Uranus
Neptunus (1 x 9 = 9)

2. Watter voorwerp in jou lys is ’n ster? (1)


3. Wat is die naam van die stelsel wat in die diagram getoon word? (1)
4. Wat is die naam van die baan waarin planete rondom die Son beweeg? (1)
5. Wat is die naam van die beweging van die planete om die Son? (1)
6. Watter vorm van energie van die Son word deur plante gebruik om voedsel te maak? (1)
7. Watter vorm van energie van die Son is nodig vir die watersiklus? (1)
Totaal: 15

29

9780636141834_plt_nst_g04_wb_afr_za.indb 29 2017/08/25 7:52 AM


Onderwerp 15: Gevorderde Teikenwerkvel
Al die stellings hieronder is verkeerd. Skryf hulle oor sodat hulle korrek is. Skryf jou korrekte sinne in die
spasie onder die verkeerde een.
1. Die Son is die naaste planeet aan die Aarde.

2. Die Son is die kleinste voorwerp in die sonnestelsel.

3. Die Aarde is in die middel van die sonnestelsel.

4. Elke planeet beweeg in ’n baan wat ’n revolusie genoem word.

5. Die Aarde is die enigste planeet wat lig en hitte-energie van die Son af ontvang.

6. Mercurius is baie kouer as die Aarde.

7. Dag op Saturnus is baie helderder as op die Aarde.

8. Neptunus neem minder tyd om om die Son te beweeg as enige ander planeet.

9. Die Son se hitte help plante om hul eie voedsel te maak.

10. Die Son se hitte veroorsaak dat water kondenseer in die watersiklus.

11. Die Son lyk helderder as ander sterre omdat dit baie groter is as hulle.

12. Energie beweeg van diere na plante in ’n voedselketting.

13. Die Son sal lewe op die Aarde beter kan ondersteun indien die Aarde nader aan die Son was.

14. Enige water op Neptunus sal verdamp.

15. Die Son is so rond soos ’n bord.

(2 x 15 = 30)
Totaal: 30

30

9780636141834_plt_nst_g04_wb_afr_za.indb 30 2017/08/25 7:52 AM


Onderwerp 16: Basiese Teikenwerkvel
1. Kies die regte einde vir die onvoltooide sinne wat hieronder gegee word. Maak ’n regmerkie langsaan
jou keuse. (2 x 7 = 14) (14)
Die Maan is gemaak van Die naaste voorwerp aan die Aarde in die ruimte is:
A: grond A: ’n ster
B: rots B: die Son
C: stof C: een van die planete
D: vastelande D: die Maan

Op die Maan is daar geen Ons sien dieselfde fase van die Maan
A: rots A: een keer omtrent elke 29 dae
B: gevriesde water B: een keer ’n jaar
C: vloeibare water C: elke 45 dae
D: stof D: elke keer as die Son op die Maan skyn

Die Maan het nie enige Die Maan skyn omdat


A: berge A: dit ’n bol warm gas is
B: kraters B: dit sy eie lig afgee
C: riviere C: die son se lig daarop skyn
D: rotse D: die Aarde daarop skyn

Die Maan is
A: groter as die Aarde
B: kleiner as die Aarde
C: groter as die Son

2. Teken die ontbrekende fase van die Maan op die diagram hieronder. (2) (6)
3. Benoem die Nuwemaan en die Volmaan. (2 x 2 = 4)

Totaal: 20

31

9780636141834_plt_nst_g04_wb_afr_za.indb 31 2017/08/25 7:52 AM


Onderwerp 16: Gevorderde Teikenwerkvel
Die tekening op hierdie bladsy toon al die fases van die Maan – maar hulle is nie in die korrekte volgorde
nie.
1. Begin met die Nuwemaan as 1 en plaas die getalle 2–8 onder elk van die ander fases om die volgorde
waarin hulle na Nuwemaan sal verskyn, te toon. (2 x 8 = 16) (16)
2. Benoem die Volmaan. (2)
3. Hoeveel dae is daar tussen een Nuwemaan tot ’n volgende een? (2)

Totaal: 20

32

9780636141834_plt_nst_g04_wb_afr_za.indb 32 2017/08/25 7:52 AM


Onderwerp 17: Basiese Teikenwerkvel
1. Voltooi die diagram van ’n vuurpyl.
a. Trek ’n lyn na die brandstof in die vuurpyl en benoem dit. (1)
b. Teken die warm gasse wat uit die vuurpyl gestoot word wanneer die brandstof brand. (1)
c. Trek ’n groot pyl om te toon in watter rigting die gasse beweeg. Skryf daarby: Warm gasse
beweeg in hierdie rigting. (1)
d. Trek ’n groot pyl om te toon in watter rigting die vuurpyl beweeg. Skryf daarby: Die vuurpyl
beweeg in hierdie rigting. (1)
e. Watter pyl toon die uitset van energie van die vuurpylstelsel? Skryf “uitset van energie” langs
hierdie pyl. (1)

2. Trek ’n lyn om die woord by sy betekenis te pas.


vuurpyl om ’n ruimtetuig na die ruimte te stuur
lanseer die mense, toerusting of ander ruimtetuie wat
deur ’n vuurpyl gedra word
nutslas lang, hoë struktuur wat na die ruimte gestuur
kan word
aandryf ’n masjien wat gebruik word om mense of goed
van een plek na ’n ander te dra
voertuig om iets vorentoe te stoot of te beweeg
(5)
Totaal: 10

33

9780636141834_plt_nst_g04_wb_afr_za.indb 33 2017/08/25 7:52 AM


Ondewerp 17: Gevorderde Teikenwerkvel
Verbeel jou jy is ’n ruimtevaarder. Jy vertrek binnekort op jou eerste reis na die Maan. Jy reis in ’n klein
ruimtekapsule wat bo-op ’n vuurpyl gelanseer sal word. Jou familie is ’n bietjie bekommerd oor jou.
Hulle is nie seker of dit veilig is nie. Hulle het vuur en rook sien uitkom aan die onderkant van vuurpyle
wanneer hulle gelanseer word. Skryf ’n kort briefie aan een van jou familielede om te verduidelik hoe ’n
vuurpyl werk. Teken ’n prentjie en gebruik notas om hulle te help om te verstaan.

56 Enigeweg
Kleinville
7788

27 Augustus 2013
Beste __________________

Groete

Totaal: 10

34

9780636141834_plt_nst_g04_wb_afr_za.indb 34 2017/08/25 7:52 AM


Notas

35

9780636141834_plt_nst_g04_wb_afr_za.indb 35 2017/08/25 7:52 AM


Notas

36

9780636141834_plt_nst_g04_wb_afr_za.indb 36 2017/08/25 7:52 AM


Notas

37

9780636141834_plt_nst_g04_wb_afr_za.indb 37 2017/08/25 7:52 AM


Notas

38

9780636141834_plt_nst_g04_wb_afr_za.indb 38 2017/08/25 7:52 AM


KABV

Eenvoudig briljant!

• Briljante KABV-dekking (CAPS) en geskryf deur


kundige outeurs
• Briljante illustrasies en aktiwiteite sal uitslae verbeter en
leerders motiveer
• Briljante onderwyserondersteuning, o.a. fotokopieerbare
werkvelle maak voorbereiding vinnig en onderrig maklik
• Briljante gehalte = eksamensukses!
Natuurwetenskappe en Tegnologie

Graad 4

Werkboek vir remediëring


en verryking

MASKEW MILLER LONGMAN http://schools.pearson.co.za

9780636141834_plt_nst_g04_wb_afr_za_cvr.indd All Pages 2017/08/22 11:26 AM

You might also like