Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 44

21/10/22, 12:57 Tweede Wêreldoorlog - Wikipedia

Tweede Wêreldoorlog
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Die Tweede Wêreldoorlog was 'n wêreldwye militêre


konflik wat van 1939 tot 1945 geduur het, alhoewel verwante Tweede Wêreldoorlog
konflikte al vroeër begin het. Die oorlog was 'n samesmelting
van twee konflikte: een wat in Asië begin het as die Tweede
Chinees-Japannese Oorlog en die ander wat in Europa begin
het met die Inval van Pole. Dit was die mees wydverspreide
oorlog in die geskiedenis, en het direkte betrekking gehad op
meer as 100 miljoen mense uit meer as 30 lande.

Die oorlog is veroorsaak deur die onbevredigende besleg van


die Eerste Wêreldoorlog en die ekspansionistiese ambisies
van die drie hoof spilmoondhede (Duitsland, Italië en
Japan), maar ook die Sowjetunie se strategiese belange in
Finland, Bulgarye en die Europese see-engtes. Vanweë die
geskille met Josef Stalin en sy minister van buitelandse sake,
Molotof, oor die afbakening van die Sowjetunie se
belangesfere in Europa, wat 'n voorvereiste vir die Sowjet-
toetrede tot die Anti-Britse koalisie van Duitsland, Italië en Kloksgewys van bo: Troepe van die Gemenebes in die
woestyn; Sjinese burgers word lewendig begrawe deur
Japan was, het Adolf Hitler uiteindelik die besluit geneem
Japannese soldate; Die stadsentrum van Stalingrad ná
om die Sowjetryk met 'n verrassende aanval uit te skakel.[1] die bevryding; Japannese vliegtuie maak gereed vir
opstyging; Sowjetse troepe veg in Berlyn; 'n Duitse
Hierdie globale konflik het die meeste van die wêreld se duikboot word aangeval.
nasies in twee kampe verdeel: die Geallieerdes en die
Datum 1 September 1939 – 2 September 1945
Spilmoondhede. As gevolg van die groot skaal waarop die
oorlog plaasgevind het, het meer as 60 miljoen mense Ligging Europa, Stille Oseaan, Atlantiese
omgekom, wat beteken dat dié konflik ook die dodelikste in Oseaan, Suidoos-Asië, China, Midde-
Ooste, Middellandse See, Afrika, en
die aangetekende geskiedenis van die mens is.[2] Die oorlog
kortliks die kuste van Noord- en Suid-
was tot dusver ook die enigste waartydens sowel kernwapens
Amerika.
(deur die Verenigde State in Japan) asook biologiese en
chemiese wapens (deur Japan in China) gebruik is. Resultaat Oorwinning deur die Geallieerdes.

Oplossing van Nazi-Duitsland, die


Die Tweede Wêreldoorlog was dan ook die verreikendste
Koninkryk van Italië en die
oorlog in die geskiedenis en die betrokke lande het saam
Keiserryk van Japan.
meer as 100 miljoen militêre personeel gehad wat aan die
oorlog deelgeneem het. Totale oorlog het die onderskeiding Skepping van die Verenigde
tussen burgerlike en militêre hulpmiddels tot niet gemaak en Nasies.
was ook die toneel vir een nasie se mobilisering van sy Opkoms van die Verenigde State
ekonomiese, industriële en wetenskaplike vermoëns tot en Sowjetunie as wêreldmagte.
inspanning van die oorlog. Amper twee derdes van die Begin van die Koue Oorlog. (lees
gestorwenes was siviele burgers. Die Holocaust, wat meer...)
grotendeels in Oos-Europa plaasgevind het, was
Gebieds-
Sien Nasleep
verantwoordelik vir die stelselmatige uitmoor van ongeveer
veranderinge
ses miljoen Jode en ander sosiale en politieke minderhede
(Sinti en Roma, Kommuniste, ens.) deur die Spilmoondhede. Strydende partye
Geallieerdes
Spilmoondhede

https://af.wikipedia.org/wiki/Tweede_Wêreldoorlog 1/44
21/10/22, 12:57 Tweede Wêreldoorlog - Wikipedia

Die konflik het geëindig met 'n oorwinning deur die  Sowjetunie (1941–  Nazi-Duitsland

Geallieerdes. In die nasleep daarvan het die Verenigde State 1945)


  Japan (1937–
en die Sowjetunie ontwaak as die twee voorste   Verenigde State 1945)

wêreldmoondhede. Selfbeskikking het tot dekolonisasie- en (1941–1945)

onafhanklikheidsbewegings in Afrika en Asië gelei, terwyl   Verenigde  Italië (1940–1943)

Europa self die pad na integrasie begin loop het. Koninkryk

  Hongarye (1940–
 China (1937–1945)

1945)

Inhoud   Roemenië (1941–


 Frankryk
1944)

Agtergrond  Pole

Oorsaak van die oorlog in Europa  Kanada


 Bulgarye (1941–
Oorsaak van die oorlog in Asië  Australië
1944)
 Griekeland (1940–
Verloop van die oorlog 1945)

Oorlog breek uit in Europa Co-oorlogvoering:

  Nederland (1940–
  Finland (1941–
Inval van Wes-Europa en aanval op Amerika 1945)

1944)

Slag van die Atlantiese Oseaan   België (1940–


  Thailand (1942–
Oorlogstoneel in Afrika 1945)
1945)

Veldtogte in die Balkan- en Middellandse See   Joego-Slawië


(1941–1945)
 Irak (1941)
Duitsland val die Sowjetunie in
 Suid-Afrika

Die Sowjetunie veg terug


 Nieu-Seeland

Hergroepering   Noorweë (1940– Satellietstate:

Duitsland se kwesbare punt 1945)


  Kroasië (1941–
Inval van Europa  Tsjeggo-Slowakye
1945)

  Keiserryk van  Slowakye

Sowjetse teenaanval en die verowering van Duitsland


Ethiopië (1942–1945)   Albanië (1939–
Opmars na Berlyn 1944)

Einde van die oorlog in Europa   Brasilië (1942–


1945)
  Montenegro
Oorlog breek uit in Asië (1941–1944)

  Denemarke
Chinese en Suid-Asiatiese veldtogte (1940–1945)

Slag van die Stille Oseaan  Serwië (1941–1944)


  Luxemburg
Einde van die oorlog in Asië (1940–1945)

Satellietstate van
Nasleep  Meksiko (1942– Japan se Groot Oos-
Sterfgevalle, burgerlike impak en gruweldade 1945) Asiese welstandsfeer:

Verdelgingskampe en slawerny  Mantsjoekwo

Chemiese en bakteriologiese wapens   China-Nanjing


Satellietstate:

Bombarderings   Filippyne (1941– (1940–1945)

Oorlogsverhore 1945)
 Mengjiang

 Indië
  Filippyne (1944–
Notas 1945)

 Mongolië (1945)

Verwysings  Newfoundland   Burma (1943–


1945)

Bronnelys
 Azad Hind (1943–
Eksterne skakels en verdere leesstof 1945)

Aanvoerders
Agtergrond Geallieerdes
Spilmoondhede

Die onmiddellike oorsaak van die Tweede Wêreldoorlog   Josef Stalin  Adolf Hitler (†)

word algemeen beskou as die Nazi-Duitse inval van Pole en (1941–1945)


 Hideki Tōjō

die Japannese aanvalle op China, die VSA en die Britse en  Franklin Roosevelt   Benito Mussolini
Nederlandse kolonies in Asië. In elkeen van die gevalle was
https://af.wikipedia.org/wiki/Tweede_Wêreldoorlog 2/44
21/10/22, 12:57 Tweede Wêreldoorlog - Wikipedia

die aanvalle die (1941–1945)


(†)

resultaat van   Harry Truman  Victor Emanuel III

besluite wat deur (1945)


  Miklós Horthy
outoritêre heersende  George VI
(1941–1944)

elites in Duitsland en   Neville   Ferenc Szálasi


Japan gemaak is. Die Chamberlain (1939– (1944–1945)

Tweede 1940)
 Michael I

Wêreldoorlog het   Winston Churchill   Boris III (1941–


begin nadat die (1940–1945)
1943)

aggressie met  Tsjiang Kai-sjek

amptelike  Mao Zedong


 Simeon II (1943–
oorlogsverklarings of  Charles de Gaulle
1944)
Duitsland ná die Eerste Wêreldoorlog. gewapende   Władysław
weerstand Raczkiewicz
Co-oorlogvoering:

teëgestaan is.  Mackenzie King


  Risto Ryti (1940–
 John Curtin
1944)

 George II
  Gustaf
 Wilhelmina
Mannerheim (1944–
 Leopold III
1945)

 Pieter II
 Ananda Mahidol

 Jan Smuts
  Plaek
  Michael Joseph Phibunsongkhram

Savage

 Peter Fraser
 Faisal II (1941)
 Haakon VII

Uitbreiding van Nazi-Duitsland vanaf  Edvard Beneš

1933. Satellietstate:

  Haile Selassie
(1942–1945)
  Shefqet Vërlaci
 Getúlio Vargas
(1939–1941)

  Mustafa Merlika-
 Christiaan X

Kruja (1941–1943)

 Charlotte

  Mehdi Frashëri
 Manuel Ávila (1943–1944)

Camacho  Tomislaf II

 Josef Tiso
Die koloniale gebiede in 1936.
 Michael

Satellietstate:

In Duitsland het die ekonomiese teëspoed wat gevolg het op   Manuel Quezon  Milan Nedić
die Eerste Wêreldoorlog, en die strawwe vredesmaatreëls (1941–1944)

waarmee dit gepaardgegaan het, dit vir die Nazi-party   Sergio Osmeña
Satellietstate van
moontlik gemaak om aan die bewind te kom en 'n (1944–1945)

Japan se Groot Oos-


nasionalistiese en ekspansionistiese beleid in plek te stel wat   Victor Hope
Asiese welstandsfeer:

sou lei tot die inval van Pole en die uitbreek van die Tweede (1939–1943)

 Puyi

Wêreldoorlog.   Archibald Wavell


 Wang Jingwei

(1943–1945)

 Demchugdongrub

Japan is in die 1930's grootliks deur 'n militaristiese kliek   Gonchigiin


  José P. Laurel
van Leër en Vloot leiers regeer wat daarop ingestel was om Bumtsend

(1944–1945)

Japan tot 'n koloniale mag te ontwikkel. Hulle doelwit was   Humphrey
  Ba Maw (1943–
onder andere om die land se afhanklikheid van die invoer Walwyn
1945)

van basiese grondstowwe en olie weens 'n gebrek aan


  Subhas Chandra
natuurlike hulpbronne te verminder deur direkte beheer oor
Bose (1943–1945)
sodanige hulpbronne elders te verkry.

Japan het Mantsjoerye in 1931 ingeval en China in 1937. Die Ongevalle en verliese
VSA en die Verenigde Koninkryk het gereageer met lenings Militêre sterfgetal:
Militêre sterfgetal:

en koverte militêre hulpverlening aan China asook die instel


https://af.wikipedia.org/wiki/Tweede_Wêreldoorlog 3/44
21/10/22, 12:57 Tweede Wêreldoorlog - Wikipedia

van sanksies teen Japan. Die maatreëls sou Japan moontlik Meer as 16 000 000
Meer as 8 000 000

tot die onderhandelingstafel gedwing het, maar die


Japannese leierskap was oortuig dat die Franse, Nederlandse Burgerlike Burgerlike
en Britse regerings meer begaan was oor die oorlog in sterfgetal:
sterfgetal:

Europa terwyl die Sowjetunie Japan nie ekonomies of militêr Meer as 45 000 000
Meer as 4 000 000

bedreig het nie. Totaal:


Totaal:

Meer as 61 000 000 Meer as 12 000 000


Die leierskap het gevolglik besluit om die Nederlands-Indië,
Maleisië en die Filippyne in te val wat bekend sou staan as
die "Groot Oos-Asiëoorlog in die Stille Oseaan".

Oorsaak van die oorlog in Europa

Duitsland en Frankryk het reeds vir 80 jaar om oorheersing oor


kontinentale Europa geworstel en het twee vroeëre oorloë geveg: die
Frans-Duitse Oorlog en die Eerste Wêreldoorlog. Intussen het die mag
van die Sowjetunie gegroei en gedreig om dié van Duitsland en
Frankryk te oorskry soos die nywerheid ook na dié land toe uitgebrei
Die strydende partye in die Tweede het.
Wêreldoorlog.
Alhoewel Duitsland die Russe oorspronklik in 1914 oorwin het, het die
oorlog in geheel vir Duitsland in besonder rampspoedig geëindig, met
miljoene dood, die verlies van gebiede en ekonomiese ontberings. Van die meer omstrede bepalings van die
Vrede van Versailles was dat Duitsland en sy bondgenote algehele skuld vir die Eerste Wêreldoorlog moes
aanvaar, dat dit aansienlike gebiedstoegewings sou moes maak en skadevergoeding aan die Geallieerdes moes
maak.

Die verdrag is reeds so vroeg as 1922 ondermyn en teen die middel-dertigs openlik verontagsaam.

In die ses jaar voor die Tweede Wêreldoorlog het Adolf Hitler, die leier
van die Nazi-party, die mag in Duitsland oorgeneem na hy die
demokratiese regering, die Weimar Republiek, uitgeskakel het. In Mein
Kampf, 'n outobiografiese boek geskryf deur Hitler toe hy in die tronk
was, noem hy dat hy bedoel het om die lande om Duitsland in te val en
te verower en hulle sodoende Duits te maak.

Hy het teen die Kommuniste en etniese minderhede, soos Jode,


uitgevaar. Ná hy aan bewind gekom het, het hy Duitsland met 'n
grootskaalse program van bewapening voorberei vir nog 'n oorlog.
Tydens die Groot Depressie het baie sakeondernemings bankrot
gespeel en selfmoordsyfers het gestyg. Hitler en die Italiaanse Benito
Mussolini het 'n ekonomiese verbetering belowe, iets wat baie
ondersteuners gelok het.
Europa tussen 1935 en 1939.
Tydens die Spaanse Burgeroorlog van 1936 tot 1939 is die Spaanse
demokratiese regering, wat grotendeels deur die Sowjetunie en ander
lede van die Volkebond ondersteun is, omvergegooi deur 'n fascistiese politieke party onder leiding van
Francisco Franco, 'n Nazi-ondersteuner.

In die laat 1930's het Hitler die Verdrag van Versailles verbreek: dié verdrag was verantwoordelik vir die vrede
na die Eerste Wêreldoorlog en het vereis dat Duitsland, onder andere, die land sal ontwapen en sy leër beperk
tot 100 000 man. Hitler het egter die Rynland hermilitariseer en die Duitse leër, die vloot en die lugmag groter
gemaak.

https://af.wikipedia.org/wiki/Tweede_Wêreldoorlog 4/44
21/10/22, 12:57 Tweede Wêreldoorlog - Wikipedia

Die Britse en Franse regerings het 'n paaibeleid gevolg in die hoop om 'n
nuwe Europese oorlog te vermy: hul bevolkings was steeds vermoeid na
die reuse sterfgetalle van die Eerste Wêreldoorlog. Dié beleid het sy
klimaks bereik in die München-ooreenkoms in 1938, waardeur die
skynbaar onvermydelike uitbreek van die oorlog voorkom is toe die
Verenigde Koninkryk en Frankryk ingestem het tot Duitsland se
anneksering en onmiddellike besetting van die Duits-sprekende streke
van Tsjeggo-Slowakye.

In ruil hiervoor het Hitler sy woord gegee dat Duitsland geen verdere
aansprake op gebiede in Europa sou maak nie.[3][4] Neville Chamberlain
het verklaar dat die ooreenkoms "vrede vir ons tyd" teenwoordig het. In
Maart 1939 het Duitsland egter die res van Tsjeggo-Slowakye ingeval en
'n effektiewe einde aan enige pogings van versoening gemaak.

Die mislukking van die


München-ooreenkoms het bewys
dat Hitler nie betroubaar was wat
Kloksgewys van links-bo: Adolf Hitler, onderhandelings betref nie en
Josef Stalin, Franklin D. Roosevelt en dat sy aspirasies vir oorheersing
Winston Churchill. van Europa verder gestrek het as
wat die Verenigde Koninkryk en
Frankryk kon duld. Pole en Frankryk het op 19 Mei 1939 amptelik
belowe om mekaar van militêre ondersteuning te voorsien, sou een van
die lande aangeval word. Die Britte het reeds in Maart van dié jaar hul
ondersteuning aan Pole aangebied.

Op 23 Augustus 1939 het Duitsland en die Sowjetunie die Molotof-


Ribbentrop-verdrag onderteken. Die verdrag het 'n geheime protokol
ingesluit wat Sentraal-Europa in Duitse en Sowjetse areas van
belangstelling ingedeel het, insluitende 'n voorwaarde wat Pole
opgedeel het. Elke land het die ander beloof dat hy vry sou wees om sy
dele te regeer soos hy dit goeddink, selfs al het dit militêre besetting Wjatsjeslaf Molotof onderteken die
ingesluit. Molotof-Ribbentrop-verdrag in Moskou.

Die ooreenkoms het voorsiening gemaak vir die verkoop van olie en kos
deur die Sowjetunie aan Duitsland; dít het die gevaar van 'n Britse blokkade verminder (so 'n blokkade het
veroorsaak dat Duitsland amper uitgehonger het tydens die Eerste Wêreldoorlog). Hitler was bereid om oorlog
teen Pole te verklaar en ook teen die Verenigde Koninkryk en Frankryk, indien nodig. Hy het beweer dat daar
Duitse griewe was rakende die kwessies omtrent die vrye stad Danzig en die Poolse korridor. In werklikheid
was hy egter van plan om alle Poolse gebiede te verower en dit deel van die "Deutsches Reich" te maak.[n 1] Die
ondertekening van 'n nuwe alliansie tussen die Verenigde Koninkryk en Pole op 25 Augustus het nie sy planne
aansienlik verander nie.

Op 1 September 1939 het Duitsland Pole binnegeval, wat veroorsaak het dat Frankryk en die Verenigde
Koninkryk oorlog teen Duitsland verklaar het. Die Verenigde Koninkryk het saam met hom die reuse Britse
Ryk gebring en die meeste lede van die Britse Statebond het kort daarna by hulle aangesluit.

Oorsaak van die oorlog in Asië

Westerse lande het, volgens die beleid van die Verdrag van Versailles, begin om Japan as 'n koloniale
moondheid te erken en sommige politieke en militêre leiers het daarop aangedring dat Japan daarop geregtig
was om, onder die heerskappy van Keiser Hirohito, Asië te verower en te herenig.

https://af.wikipedia.org/wiki/Tweede_Wêreldoorlog 5/44
21/10/22, 12:57 Tweede Wêreldoorlog - Wikipedia

Japan het Mantsjoerye in 1931 ingeval en China in 1937 om sodoende


die land se karige stapels natuurlike bronne te vermeerder: Japan het
gely aan oorbevolking en wou die land se koloniale ryk uitbrei. Die
Japannese het aanvanklike aantogte gemaak, maar was vertraag en
tydelik teëgesit in die Slag van Sjanghai. Die stad is egter in Desember
1937 deur die Japannese verower, saam met die destydse hoofstad
Nanking (ook gespel "Nanjing").

As gevolg hiervan het die Chinese Nasionaliste-regering hul setel


verskuif na Wuhan en daarna na Chongqing tot aan die einde van die
oorlog. Verowerde gebiede van China is blootgestel aan wreedaardige
besettings, met baie wreedaardige dade teen die Chinese burgers, Japannese troepe marsjeer Shenyang
waaronder die Bloedbad van Nanjing en wydverspreide gebruik van binne tydens die Mukden-insident 1931.
chemiese wapens. Japan en China het nooit amptelik oorlog verklaar
nie: beide het gevrees dat 'n oorlogsverklaring Europa en die Verenigde
State sou vervreem.

In die lente van 1939 het die Sowjetse en Japannese magte in Mongolië
gebots. Die groeiende Japannese teenwoordigheid in die Verre Ooste is
as 'n groot strategiese bedreiging deur die Sowjetunie gesien en die
Sowjetse vrees vir 'n oorlog wat op twee verskillende geografiese plekke
geveg moes word, was die primêre rede vir die Molotof-Ribbentrop-
verdrag met die Duitse Ryk, alhoewel sommige geskiedkundiges glo dat
die München-ooreenkoms die primêre oorsaak van die verdrag was.

Die Japannese inval van Mongolië het gefaal, aangesien hul magte deur
die Sowjetse eenhede, onder leiding van Generaal Georgi Zjoekof,
afgeslaan is. Na dié mislukte inval het daar vrede tussen die Sowjetunie
Die Stille Oseaan in 1939. en Japan geheers tot en met 1945. Japan het daarin belanggestel om sy
ryk uit te brei, wat tot konflik gelei het met die Verenigde State oor die
Filippyne en die beheer van die seeroetes na die Nederlandse Oos-
Indië. Die Sowjetunie het op die weste gekonsentreer en het slegs die minimum troepe agtergelaat om die grens
teen Japan te bewaak.

Japannese magte het die Franse kolonie Frans-Indo-China op 22


September 1940 binnegeval. Die Verenigde State van Amerika (na hulle
die V.S.-Japannese handelsverdrag van 1911 opgesê het), die Verenigde
Koninkryk, Australië en Nederland (wat die olie van die Nederlandse
Oos-Indië beheer het) het in 1941 gereageer deur boikotte in te stel op
die uitvoer van natuurlike hulpbronne na Japan. Die westerse magte
het ook begin om lenings aan China te voorsien, saam met geheime
militêre ondersteuning, bekend as die Flying Tigers ("Vlieënde Tiere").

Japan moes kies tussen sy onttrekking uit China en Indo-China, die


onderhandeling van 'n middeweg, om hulpbronne elders te koop of om Vliegtuie van die Flying Tigers met hul
opmerklike haai-agtige versierings.
oorlog te verklaar en lande te verower wat beskik het oor olie, ystererts,
bauxiet en ander grondstowwe. Japan se leiers het geglo dat die
Geallieerdes te besig was met die oorlog teen Duitsland en Italië, om
hul aan Japan te steur.

Verder, dat die Verenigde State steeds nie gereed was vir oorlog nie en eerder 'n middeweg sou wou vind, as om
'n volskaalse oorlog te voer. Japan het dus voortgegaan met hul planne vir 'n oorlog in die Stille Oseaan, deur
byna-gelyktydige aanvalle te loods teen Maleisië, Thailand, Hongkong, Hawaii, die Filippyne en Wake-eiland.

https://af.wikipedia.org/wiki/Tweede_Wêreldoorlog 6/44
21/10/22, 12:57 Tweede Wêreldoorlog - Wikipedia

Vir propaganda-doeleindes het Japan se leiers verklaar dat die doel van hul militêre veldtogte die skepping van
'n "Groot Oos-Asiese welstandsfeer" is. Dié sfeer, het hulle beweer, sou 'n samewerkende genootskap van
Asiatiese nasies wees, wat deur Japan van Europese koloniale oorheersing bevry is en dus selfstandig en
selfgedetermineerd sou kon bestaan. In die praktyk was besette lande en hul bevolkings egter geheel en al
ondergeskik aan Japannese gesag.

Verloop van die oorlog


Sien ook: Tydlyn van die Tweede Wêreldoorlog

Die Tweede Wêreldoorlog was 'n ses jaar-lange oorlog gevul met
slagvelde en militêre konflik, met die Spilmoondhede as die dominante
magte vir die eerste paar jaar. Kontinentale Europa is vinnig deur
Duitsland oorgeneem en Groot-Brittanje het alleen gestaan tot die
Duitse inval van die Sowjetunie in 1941.

Die Verenigde State, wat Groot-Brittanje voorsien het van hulpmiddels,


het in 1941 tot die oorlog toegetree en saam met hulle hulle kapasiteit
vir vervaardiging en mannekrag gebring, wat gehelp het om Duitsland
en Japan te oorweldig. 1942 was veelbeduidend: Duitsland en Italië het
nederlae gely in die Sowjetunie en Noord-Afrika waarvan hulle nooit
werklik herstel het nie.

Met die Geallieerde inval in Italië in 1943 en Frankryk (sien die Slag
van Normandië) in 1944, is die finale fases van die oorlog in beweging Die Tweede Wêreldoorlog in Europa.
gesit. Sowjetse troepe het tegelykertyd deur Oos-Europa gemars en het Rooi lande is lede van die Geallieerdes
'n klimaks bereik in die Slag van Berlyn en die vernietiging van die of word deur die Geallieerde beheer.
Derde Ryk. Blou lande is deel van die
Spilmoondhede of word deur die
Op die Asiatiese oorlogstoneel het Japan dele van China vir ses jaar Spilmoondhede beheer. Die Sowjetunie
beset voor veldslae en gevegte in 1937 op 'n groot skaal uitgebreek het is groen (hulle het eers in 1941 by die
as gevolg van die Marco Polo-brug-insident. Geallieerdes aangesluit).

Chinese magte was teen 1941 in staat om die Japannese vooruitgang te


stuit, maar geeneen van die nasies kon die oorhand kry nie: Japan het wel die digbevolkste en ekonomies
produktiewe dele van die land beheer, maar Sjina was in beheer van die enorme binneland.

Op die 7de en 8ste Desember 1941 het Japan tegelykertyd aanvalle op Hongkong, Sjanghai, die Filippyne,
Thailand en Hawaiï geloods en in 'n kort periode hulle ryk van die sentrale Stille Oseaan tot by Nieu-Guinee en
verder tot by Mianmar uitgebrei. As 'n gevolg is die "American-British-Dutch-Australian Command" (in
Afrikaans: "Amerikaanse-Britse-Nederlandse-Australiese Kommando") gevorm (ook genoem die "ABDACOM"
of slegs die "ABDA").

Dié vereniging was die voorloper van die Verenigde Nasies. Die vorming het gelei tot die deurslaggewende Slag
van die Koraalsee, Slag van Guadalcanal en die Slag van Midway in Junie 1942. Matige sukses deur beide kante
het die konflik uitgerek tot 1944, toe die Geallieerdes die oorhand gekry het in die Slag van Saipan in die
Filippyne. Hulle het daarna ook begin met bombarderings van die Japannese tuiseilande wat 'n klimaks behaal
het met die werp van twee atoombomme en die oorgawe van Japan.

Oorlog breek uit in Europa

Op 1 September 1939 het Duitsland Pole ingeval, onder die valse voorwendsel van 'n "Poolse aanval" op 'n
Duitse grenspos. Die Verenigde Koninkryk en Frankryk het Duitsland twee dae gegee om van Pole te onttrek.
Op die derde dag, 3 September 1939, het die Verenigde Koninkryk, Australië en Nieu-Seeland oorlog teen

https://af.wikipedia.org/wiki/Tweede_Wêreldoorlog 7/44
21/10/22, 12:57 Tweede Wêreldoorlog - Wikipedia

Duitsland verklaar. Hul voorbeeld is gou gevolg deur Frankryk, Suid-


Afrika, Kanada en Nepal. Brittanje het onmiddellik begin om Duitse
skepe gevange te neem en 'n blokkade op te rig.

Ondanks die Franse en Britse verdragsverpligtinge teen Pole, was beide


Frankryk en Groot-Brittanje polities onwillig om 'n landinval in
Duitsland te loods. Die Franse se bewapeningsproses het traag verloop
en het slegs 'n klein offensiewe aanval in die Saarland geloods. Nóg die Ontwikkeling van die Tweede
Franse, nóg die Britte het betyds landmagte gestuur om Pole te Wêreldoorlog.
ondersteun. Intussen het die Duitsers Warskou bereik, ná hulle deur
die Poolse verdedigingsmagte gesny het.

Op 17 September het die Sowjetunie, in ooreenkoms met hulle geheime ooreenkoms met Duitsland, Pole uit die
ooste ingeval. Die Poolse verdediging het in chaos verval, siende dat hulle skielik van twee kante af aangeval is.
'n Dag later het die Poolse president en opperbevelvoerder na Roemenië gevlug. Op 1 Oktober 1939 het die
vyandige magte, na 'n maand-lange aanval op Warskou, die stad ingevaar.

Die laaste Poolse eenhede het op 6 Oktober, tydens die Slag van Kock, oorgegee. Pole het self egter nooit
amptelik teen die Duitsers oorgegee nie en sommige troepe het dit reggekry om na buurlande te ontsnap. In die
nasleep van die inval het 'n besette Pole dit reggekry om 'n magtige Poolse Geheime Staat te skep as
versetbeweging en het steeds ondersteuning aan die Geallieerdes gelewer vir die duur van die oorlog.[5]

Na die val van Pole het Duitsland verdere aanvalle gestaak om te


hergroepeer tydens die winter van 1939–1940 tot April 1940, terwyl die
Britse en Franse troepe op die verdediging gebly het. Daar is ook deur
joernaliste na hierdie periode verwys as die "Skemeroorlog" of
"Sitzkrieg", omdat so min werklike gevegsaksie plaasgevind het. Tydens
hierdie periode het die Sowjetunie Finland op 30 November 1939
aangeval, wat die begin van die Winteroorlog aangedui het. Ten spyte
van die feit dat die Sowjetse troepe vier teen een in die meerderheid was,
het die Rooi Leër die aanval beskaamd moeilik gevind en die Finse
verdediging het 'n volskaalse inval verhoed. Die Sowjetse troepe het 'n Finse troep met 'n masjiengeweer
egter volgehou en in die einde het die Vredesverdrag van Moskou tussen tydens die Winteroorlog.
die Sowjetunie en Finland veroorsaak dat Finland strategies belangrike
grensgebiede naby Leningrad aan die Sowjetunie moes oordra.

Duitsland het Denemarke en Noorweë op 9 April 1940 ingeval (sien Operasie Weserübung). Denemarke het die
inval nie teëgesit nie, maar Noorweë het wel teenaanvalle geloods. Die Noorweegse verdediging is egter
ondermyn deur President Vidkun Quisling, wat sy land bedrieg het deur met die Sowjetunie saam te werk. Die
Verenigde Koninkryk het troepe gehad wat gereed was om Noorweë te ondersteun en dié het in die noorde van
die land geland.[6] Teen laat Junie is die Geallieerdes verslaan en het hulle onttrek, Duitsland het die grootste
deel van Noorweë beheer en die Noorweegse leër het oorgegee, terwyl die Noorweegse Koninklike Familie na
Londen ontsnap het. Duitsland het Noorweë gebruik as 'n basis vir lug- en see-aanvalle op Arktiese konvooie
wat op pad na die Sowjetunie was. Noorweegse guerillastryders sou egter regdeur die oorlog teen die Duitse
besetting aanhou veg.

Inval van Wes-Europa en aanval op Amerika

Die Duitsers het die Skemeroorlog op 10 Mei 1940 beëindig toe hulle Luxemburg, België, Nederland en
Frankryk ingeval het. Die Nederlanders is gou oorweldig en die Nederlandse stad, Rotterdam, is vernietig
tydens 'n bomaanval. Die British Expeditionary Force (BEF) en die Franse Leër het Vlaandere bereik en het
beplan om 'n voortdurend bewegende oorlog in die noorde te veg, terwyl hulle 'n voortdurend stilstaande front
langs die Maginotlinie verder suid instand sou hou. Die Geallieerdes se planne is egter gou tot niet gemaak
deur die mees klassieke voorbeeld in die geskiedenis van die Blitzkrieg.

https://af.wikipedia.org/wiki/Tweede_Wêreldoorlog 8/44
21/10/22, 12:57 Tweede Wêreldoorlog - Wikipedia

In die eerste fase van die inval, Fall Gelb, het die Wehrmacht se
Panzergruppe von Kleist deur die Ardenne gejaag; die Ardenne is 'n
swaar beboste streek en die Geallieerdes het geglo dat dit onmoontlik
vir 'n moderne, gemeganiseerde leër sou wees om deur hierdie gebied
te beweeg. Die Duitsers het deur die Franse verdedigingslyn by Sedan,
wat uit reserwetroepe bestaan het, gebreek en het verder wes beweeg
deur Noord-Frankryk tot by die Engelse Kanaal, wat die Geallieerdes in
twee gedeel het.

Die BEF en die Franse magte is in die noorde omsingel en is tydens


Operasie Dynamo uit Duinkerken, Frankryk, ontruim. Die operasie was
een van die grootste militêre ontruimings in die geskiedenis, siende dat Die ontwikkeling van die Duitsers se Fall
338  000 Britse en Franse troepe oor die Engelse Kanaal vervoer is in Gelb, die inval van die Lae Lande,
kloksgewys van regs-bo.
oorlogskepe en siviele bote.

Op 10 Junie het Italië by die


oorlog aangesluit en Frankryk in die suide aangeval. Duitse magte het
aangehou met hul verowering van Frankryk met Fall Rot ("geval
rooi"). Frankryk het 'n wapenstilstandsverdrag met Duitsland
onderteken, met die gevolg dat Duitsland Parys en twee derdes van
Frankryk beset het, asook die stigting van 'n Duitse vasalstaat wat
bekendgestaan het as Vichy-Frankryk. Die setel van die staat was dan
ook in die stad, Vichy, geleë.

Duitsland het in die somer van 1940 begin met voorbereidings vir die
Duitse offisiere ry langs die verlate Avenue
inval van die Verenigde Koninkryk tydens Operasie Seeleeu
Foch, in Parys in Junie 1940. (Unternehmen Seelöwe in Duits). Meeste van die Britse Leër se swaar
wapens en voorraad het verlore gegaan in Duinkerken. Die Duitsers
sou nie daarin slaag om die Royal Navy ("Koninklike Britse Vloot") te
verslaan nie, maar het gedink dat hulle wel sukses met die inval sou kon behaal indien hulle die oorhand oor
die lugweë kon verkry.

Ten einde dit reg te kry moes hulle eers die Royal Air Force (RAF, "Koninklike Britse Lugmag") verslaan. Die
volgende kragmeting tussen die twee lugmagte in die laat-somer van 1940 sou later bekendstaan as die Slag
van Brittanje (ook soms die "Slag van Engeland" genoem).

Die Luftwaffe het aanvanklik die RAF Fighter Command se vliegvelde en radarstasies geteiken. Die RAF het
gereageer deur bomaanvalle teen Berlyn te loods. 'n Woedende Hitler het sy aandag na die bombardering van
Londen verskuif, in 'n operasie wat bekend staan as Die Blitz. Die Luftwaffe se aanslag is uiteindelik deur die
Hawker Hurricane- en Supermarine Spitfire-vegvliegtuie afgeweer, terwyl die Royal Navy in beheer van die
Engelse Kanaal gebly het. Die Duitsers se planne om Brittanje in te val is daarna vir 'n onbepaalde periode
uitgestel.

Ná die val van Frankryk in 1940 was die Verenigde Koninkryk in 'n
finansiële krisis. Franklin D. Roosevelt het die Amerikaanse Kongres
oorreed om die Lend-Lease-akte op 11 Maart 1941 goed te keur, wat die
Verenigde Koninkryk en 37 ander lande van $50,1  miljard in militêre
toerusting en ander voorraad voorsien het. $31,4 miljard daarvan het
na die Verenigde Koninkryk en die Statebond gegaan. Kanada het 'n
soortgelyke dog kleiner program opgestel, wat $4,7 miljard in voorraad
na die Verenigde Koninkryk gestuur het.

Buiten Italië, het Wes-Europa bitter min werklike gevegte gesien tussen
September 1940 tot Junie 1944. Britse en Kanadese magte het op 19 Die Japannese aanval op Pearl Harbor.
Augustus 1942 'n klein aanval op die besette Franse hawe in Dieppe
geloods. Die doel van die aanval was die toets en invordering van

https://af.wikipedia.org/wiki/Tweede_Wêreldoorlog 9/44
21/10/22, 12:57 Tweede Wêreldoorlog - Wikipedia

inligting vir 'n inval van Europa wat later in die oorlog sou plaasvind. Die aanval was 'n totale mislukking, maar
het Brittanje en Kanada van noodsaaklike inligting rakende amfibiese taktiek voorsien: die inligting sou later
van nut wees tydens Operasie Torch en die Slag van Normandië (kodenaam "Operasie Overlord").

Na die Japannese aanval op Pearl Harbor op 7 Desember 1941, het die


Verenigde State ook by die oorlog aangesluit en het Winston Churchill
en Franklin D. Roosevelt mekaar ontmoet by die Arcadia-konferensie,
waartydens hulle besluit het dat die verslaan van Duitsland aandag
moet geniet bo die verslaan van Japan.

Om die druk wat deur die Duitsers op die Sowjetunie uitgeoefen is, te
verlig, het die Verenigde State in 1942 'n inval van (besette) Frankryk
voorgestel, wat van oor die kanaal sou plaasvind. Die Britte was
hierteen gekant en het voorgestel dat 'n klein inval vanuit Noorweë of
landings in die Franse kolonies in Noord-Afrika 'n beter strategie sou
wees. Die Verklaring van Verenigde Nasies is uitgereik en die Westerse
Geallieerdes het Noord-Afrika eerste ingeval.

Met die intrede van die


Verenigde State tot die oorlog
het die lugoorlog teen laat 1942
tot die Geallieerdes se voordeel
gedraai. Die Amerikaanse
lugmag het begin met die eerste
Vlae van die Geallieerdes wat die
dagbombarderings van Verenigde Nasies tydens die Tweede
Duitsland, wat toegelaat het dat Wêreldoorlog in 1943 gevorm het.
die aanvallers hul teikens beter
kon sien, maar dit het ook die
aanvallers aan meer gevare blootgestel as die waaraan hulle tydens
Die oorblyfsels van die Duitse dorp nagbombarderings blootgestel sou wees.
Wesel na die intensiewe Geallieerde
bombarderings in die area 97% van al die
Die poging is georganiseer deur die lugopperhoofmaarskalk, Arthur
geboue vernietig het. Travers Harris, wat later bekend sou staan as "Bommer Harris".
Winston Churchill het ook "terreuraanvalle" beveel wat hele stede in
een klap sou uitvee, deur middel van brandbomme wat vuurstorms sou
veroorsaak en sodoende die Duitse werkers van hulle huise sou ontneem.

Massa-aanvalle, insluitende meer as 500 tot 1000 van die grootste bomwerpers, is op 'n slag geloods teen
vliegvelde, nywerheidsentrums, U-bootbasisse, spoorrangeerterreine, oliereservoirs en, in latere stadiums van
die oorlog, op lanseerplatforms vir wapens soos die V-1 vuurpyl, die V-2 vuurpyl en 'n spuitenjinvliegtuig, die
Messerschmitt Me 262. Die Luftwaffe is oorweldig en teen 1945 was al die grootste Duitse stede uitgebrande
ruïnes.

Die Geallieerdes het ook begin met sabotasiesendings teen Duitsland, soos Operasie Anthropoid, waartydens 'n
sluipmoord op Reinhard Heydrich, die argitek van die Finale Oplossing, in Mei 1942 deur Tsjeggiese
versettingsagente gepleeg is. Die agente is in Kanada opgelei en ingevlieg vanaf die Verenigde Koninkryk.

As vergelding het Hitler brutale vergeldingsmaatreëls op die nabygeleë Tsjeggo-Slowaakse dorpie, Lidice,
toegepas. Die Geallieerdes het egter nooit opgehou om hulle magte in die Verenigde Koninkryk op te bou en uit
te brei nie en het 'n uiteindelike inval van Wes-Europa in die laat lente of vroeë somer van 1944 beplan.

Slag van die Atlantiese Oseaan

https://af.wikipedia.org/wiki/Tweede_Wêreldoorlog 10/44
21/10/22, 12:57 Tweede Wêreldoorlog - Wikipedia

In die Noord-Atlantiese Oseaan het Duitse duikbote, bekend as "U-


bote", gepoog om toevoer van voorraad na die Verenigde Koninkryk af
te sny deur handelskepe te sink. In die eerste vier maande van die
oorlog het hulle meer as 110 vaartuie gesink. Die U-bote het ook af en
toe Britse en Kanadese oorlogskepe aangeval. Een duikboot het die
Britse vliegdekskip, HMS Courageous, gesink terwyl 'n ander een dit
reggekry het om die slagskip, HMS Royal Oak, te sink terwyl sy
geanker was by Scapa Flow.

Die Duitsers het ook slagskepe gehad wat 'n bedreiging vir die
'n Duitse U-boot in die Birkenhead-hawe,
Geallieerde skeepvaart ingehou het. In die Suid-Atlantiese Oseaan het
in Merseyside, Engeland.
die Duitse slagskip, Admiral Graf Spee, nege Britse koopvaardyskepe
gesink.

Die slagskip is egter langs die kus van Suid-Amerika opgespoor en deur die kruisers HMS Ajax, HMS Exeter en
HMNZS Achilles aangeval tydens die Slag van die Rio de la Plata. Die kruisers het begin om die Duitse slagskip
binne-in die hawe van Montevideo in te dwing. Die kaptein van die Duitse skip, Hans Langsdorff, het egter sy
skip weg van die hawe af gestuur en dit daar in die diep water self laat sink, eerder as om gevangene geneem te
word.

Op 21 Mei 1941 het die Duitse slagskip, Bismarck, die hawe van Bergen verlaat en via die Straat van
Denemarke gedreig om ongesiens die Atlantiese Oseaan in te vaar. Die skip het die HMS Hood, een van die
beste slagkruisers van die Britse Vloot, gesink op 24 Mei 1941. 'n Massiewe jagtog het uitgebreek, waartydens
die Britte agt slagskepe en slagkruisers, twee vliegdekskepe, 11 kruisers, 21 torpedojaers en ses duikbote in
aksie gestel het om die Duitse slagskip op te spoor.

Ná 'n agtervolging van 2  700  km is die Bismarck gesink: Fairey Swordfish-torpedobomwerpers van die
vliegdekskip HMS Ark Royal het die Bismark getref en haar roer beskadig, wat die eskaders van die Britse
Vloot toegelaat het om haar te sink.

In die somer van 1941 het die Sowjetunie by die oorlog aangesluit en hulle aan die Geallieerdes se kant geskaar.
Die Sowjetunie het wel enorme reserwes met betrekking tot mannekrag gehad, maar het baie van hul
toerusting en vervaardigingsbasisse verloor in die eerste weke na die inval deur Duitsland.

Die Westerse Geallieerdes het probeer om hulle te help deur Arktiese konvooie te stuur, wat van die Verenigde
Koninkryk en die Sowjetunie na die noordelike dele van die Sowjetunie, Archangelsk en Moermansk, gevaar
het. Die verraderlike roete om die Noord-Kaap (Noorweë) was die ligging van baie gevegte, siende dat die
Duitsers aanhoudend probeer het om die konvooie se roetes deur middel van U-bote, bomwerpers en ander
slagskepe te onderskep.

Ná die Verenigde State in Desember 1941 tot die oorlog toegetree het, het die U-bote ook die skeepvaart langs
die ooskus van die Verenigde State, Kanada en die water rondom Newfoundland, die Karibiese See en die Golf
van Meksiko aangeval en meerdere skepe gesink. Hulle was aanvanklik uiters suksesvol, maar later het die
instelling van verdonkerings en 'n gekonnekteerde konvooistelsel 'n daling in die aantal aanvalle tot gevolg
gehad en het die U-bote hul fokus terug na die middel van die Atlantiese Oseaan verskuif.

Op 9 Mei 1942 het die torpedojaer, HMS Bulldog, 'n U-boot gevange geneem en 'n ongeskonde Enigma-
masjien, 'n versleutelings- of ontsyferingsapparaat, van die Duitse boot afgeneem. Die masjien is na Bletchley
Park in Engeland geneem, waar dit gebruik is om die Duitse geheime kodestel te ontsyfer. Die Geallieerdes het
daarna die voordeel gehad dat hulle van die Duitse radiokommunikasies wat hulle onderskep het, kon verstaan
en sodoende skeepsmagte kon stuur na plekke waar hulle die effektiefste sou wees.

Die keerpunt van die Slag van die Atlantiese Oseaan het plaasgevind vroeg in 1943 soos die Geallieerdes hulle
skeepstaktieke verfyn het en effektiewe gebruik gemaak het van nuwe tegnologie om teenaanvalle teen die U-
bote te loods.

https://af.wikipedia.org/wiki/Tweede_Wêreldoorlog 11/44
21/10/22, 12:57 Tweede Wêreldoorlog - Wikipedia

Die Geallieerdes het ook begin om skepe vinniger te vervaardig as wat


die oues gesink is en het naderhand minder skepe verloor nadat hulle die
konvooistelsel in gebruik geneem het. Verbeterde "anti-duikboot"-
oorlogvoering het beteken dat die lewensverwagting van 'n tipiese U-
bootbemanning in maande gereken kon word. Die enorm verbeterde
Tipe 12 U-boot het verskyn soos die oorlog ten einde geloop het, maar
was te laat om die uitkoms te beïnvloed.

In Desember 1943 het die laaste groot seeslag tussen die Britse Vloot en
die Kriegsmarine (die Duitse oorlogsvloot) plaasgevind. In die Slag van
Noord-Kaap is Duitsland se laaste slagkruiser, die Scharnhorst, gesink
deur die HMS Duke of York, die HMS Belfast en 'n aantal ander
torpedojaers.

Oorlogstoneel in Afrika

Beheer van Suid-Europa, die


'n Enigma-masjien. Die Duitsers het
Middellandse See en Noord-Afrika
sulke masjiene gebruik om hulle
was belangrik omdat die Britse Ryk
radiokommunikasies te kodeer en
afhanklik was van die
dekodeer.
skeepshandelweg deur die
Suezkanaal. Indien die kanaal in
die Spilmoondhede se hande sou
val, of indien die Royal Navy die beheer van die Middellandse See sou
verloor, sou vervoer na die Verenigde Koninkryk, Indië en Australië om
die Kaap die Goeie Hoop moes gaan, wat 'n roete van duisende kilometers
langer sou beteken het.
Die Suez-kanaal was 'n belangrike
Na die oorgawe van die Franse, het die Britte die Franse Vloot in Julie skeepshandelweg vir die Britse Ryk.
1940 aangeval, terwyl dit in Noord-Afrika by Mers-el-Kebir geanker was. Die verlies van die kanaal sou 'n
Die aanval is geloods omdat die Britte gevrees het dat die vloot in die ompad van duisende kilometers
Duitsers se hande sou val, maar het die verhouding tussen Brittanje en beteken.
Frankryk vir die volgende paar jaar versuur. Nadat hulle die Franse vloot
vernietig het, het die Royal Navy teen die Italiaanse vloot geveg om
heerskappy van die Middellandse See, vanaf hulle sterk basisse by Gibraltar, Malta en Alexandrië in Egipte.

Italiaanse troepe het Egipte vanaf Libië binnegedring om die Britse basisse wat daar geleë was in September
1940 aan te val. Dit het die begin van die Noord-Afrika-veldtog aangedui, waartydens beide kante gepoog het
om heerskappy oor die Suez-kanaal te kry. Die Britse, Indiese en Australiese magte het teenaanvalle geloods in
Operasie Compass, maar die operasie is stopgesit in 1941 na vele Australiese en Nieu-Seelandse troepe na
Griekeland verplaas is om die land teen Duitse aanvalle te beskerm. Die Duitse magte (wat later as Das Afrika
Korps bekend sou staan), onder leiding van Generaal Erwin Rommel, het in Februarie 1941 in Libië geland en
die aanval op Egipte hernu.

Rommel se troepe het spoedig na die Ooste vooruitgegaan en het die belangrike hawe van Tobroek beleër. Die
Geallieerdes het twee pogings aangewend om Tobroek te bevry, maar hulle is altwee keer verslaan. 'n Groter
offensief aan die einde van daardie jaar (Operation Crusader) het egter daarin geslaag om Rommel se magte
na 'n hewige geveg te verdring.

In April en Mei 1941 was daar ook 'n kort oorlog in Irak wat geëindig het in die hernuwing van Britse besetting
in Irak. In Junie het die Geallieerde magte Sirië en Libanon ingeval en op 17 Junie het hulle Damaskus
ingeneem. Later daardie jaar, in Augustus, het Britse troepe, en troepe van die Rooi Leër neutrale Iran beset en
die land se olie, sowel as 'n suidelike voorraadweg na die Sowjetunie, beveilig.

https://af.wikipedia.org/wiki/Tweede_Wêreldoorlog 12/44
21/10/22, 12:57 Tweede Wêreldoorlog - Wikipedia

Aan die begin van 1942 is die Geallieerde magte in Noord-Afrika


verswak as gevolg van troepe wat na die Verre-Ooste verplaas is.
Rommel het weereens daarin geslaag om Benghazi in te neem. Sy
troepe het daarna ook daarin geslaag om die Geallieerdes in die Slag
van Gazala te verslaan en het Tobroek ingeneem saam met duisende
gevangenes en het groot aantalle voorraad in beslag geneem, voor hy
dieper in Egipte in gevaar het.

Die Eerste Slag van El Alamein het in Julie


1942 plaasgevind. Die Geallieerde magte het
teruggetrek na die laaste verdedigbare punt
voor Alexandrië en die Suez-kanaal.

Die Afrika Korps het egter teen hierdie tyd al


'n Britse Crusader-tenk ry verby 'n hulle voorraad opgebruik en die verdedigers
brandende Duitse Pzkw Mk IV-tenk het hulle teenaanvalle gestaak. Die Tweede
tydens die bevryding van Tobroek Slag van El Alamein het tussen 23 Oktober en
(Operasie Crusader). 3 November plaasgevind. Luitenantgeneraal
Bernard Montgomery was in bevel van die
Geallieerde magte wat as die Britse 8ste Leër Veldmaarskalk Bernard
bekend gestaan het. Law Montgomery, die
bevelvoerder van die
Die Geallieerdes het die offensief geneem en, ten spyte van aanvanklik sterk Duitse Britse 8ste Leër.
opposisie, het hulle uiteindelik geseëvier. Na die Duitse nederlaag by El Alamein het
die Spilmoondhede se troepe suksesvol na Tunisië teruggetrek.

Die Verenigde State, Brittanje en die Vrye Franse troepe het op 8 November 1942 Operasie Torch geloods, met
die hoop om beheer oor Noord-Afrika te verkry deur gelyktydige landings in Casablanca, Oran en Algiers uit te
voer, met 'n landing in Bône, die ingang tot Tunisië, 'n paar dae later. Die plaaslike magte van Vichy-Frankryk
het slegs geringe weerstand gebied voor hulle aan die Vrye Franse magte en die gesag van Generaal Henri
Giraud oorgegee het.

Ter wedervergelding het Hitler Vichy-Frankryk ingeval en beset. Die Duitse en Italiaanse troepe in Tunisië het
die Geallieerdes op hul hakke gehad vanuit Algerië in die weste en Libië in die ooste. Rommel se taktiese
oorwinning oor die onervare Amerikaanse troepe in die Slag van Kasserinepas het slegs die uiteindelike
oorgawe van die Spilmoondhede in Noord-Afrika uitgestel tot Mei 1943.

Italië het beheer oor Eritrea en Italiaans-Somaliland tydens die


koloniale Wedloop om Afrika verower en het Ethiopië ingeneem voor
die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog tydens die Tweede Italiaans-
Abessiniese Oorlog (1935–1936). Hierdie drie kolonies is herorganiseer
in die domein van Italiaans Oos-Afrika. Tydens die oorlog het hulle
teen Britse magte geveg van Brits-Somaliland, Kenia en Soedan.[7][8]
Na Italië se aanvanklike sukses het die Geallieerdes egter die oorhand
gekry en die Italianers het naderhand 'n guerrilla-oorlog in Ethiopië
gevoer tot hul oorgawe in September 1943, waarna hulle by die
Geallieerdes aangesluit het.

Die Geallieerde magte het in September gepoog om die hoofstad van


Senegal te bevry van die Vichy-Franse troepe wat die stad verdedig het:
hulle het egter misluk en Frans-Wes-Afrika het onder die beheer van
Lede van die 9de Australiese Infanterie
Vichy-Frankryk gebly tot en met die landings van Operasie Torch in
Afdeling poseer vir 'n foto tydens die
Noord-Afrika in November 1942. Die Geallieerdes was egter suksesvol
Tweede Slagveld van El Alamein.
in die Slag van Gaboen en kon hulle beheer oor Frans-Ekwatoriaal-
Afrika vir die Vrye Franse Magte verseker.

https://af.wikipedia.org/wiki/Tweede_Wêreldoorlog 13/44
21/10/22, 12:57 Tweede Wêreldoorlog - Wikipedia

Na die skepping van die marionetteregering, Vichy-Frankryk,


deur die Duitsers, het die Britte ook Madagaskar, 'n Franse
kolonie, as 'n vyandelike gebied beskou. Daar is ook deur die
Duitsers voorgestel dat Europese Jode na Madagaskar
gedeporteer sou word, aldus die "Madagaskar-plan". Terwyl die
Britte steeds in beheer van Egipte en die Suez-kanaal was, was
sulke deporteringsplanne egter onmoontlik en is die plan later
laat vaar ten gunste van 'n volksmoordveldtog, die "Finale
Oplossing". Met Japan se toetrede tot die oorlog in Desember
1941 en die oorgawe van Singapoer in Februarie 1942, was die
Geallieerdes bekommerd dat die Spilmoondhede ook beheer
van Madagaskar sou verkry en het hulle 'n inval in Mei 1942
geloods. Die geveg teen die Vichy-Franse verdedigers het
aangehou tot November, met 'n aantal Japannese duikbote wat
die Vichy-Franse ondersteun het. In Desember het die Britte
ook Frans-Somaliland ingeneem.

Na die landings van Operasie Torch het die oorblywende Vichy-


gebiedsdele in Afrika onder die beheer van die Geallieerdes
geval. Aangesien die suidelike deel van die kontinent oor die
algemeen sekuur was, buiten die Italiaanse opstandigheid in
Amerikaanse troepe van Operasie Torch land op
Ethiopië, het die Geallieerdes hulle aandag na ander
die strande by Algiers in April 1944.
oorlogstonele verskuif.

Veldtogte in die Balkan- en Middellandse See

Italië het Griekeland op 28 Oktober 1940 vanaf 'n Italiaans-besette Albanië aangeval, maar is gou afgeslaan.
Teen die middel van Desember het die Griekse leër tot in Suid-Albanië beweeg en het hulle 530 000 Italiaanse
troepe vasgetrek. Brittanje het hulle waarborg aan Griekeland nagekom en die Royal Navy het die Italiaanse
vloot op 11 November 1940 aangeval in die Slag van Taranto.

Torpedojaers van die Britse vliegdekskepe het die Italiaanse vloot aangeval in die suidelike hawe van Taranto.
Een slagskip is gesink en 'n aantal ander skepe is tydelik buite aksie geplaas. Daar is met belangstelling na die
sukses van die lugtorpedo's opgelet deur Japan se vloot-opperhoof, Yamamoto, wat maniere oorweeg het
waarop hy die Verenigde State se vloot in die Stille Oseaan kon neutraliseer.

Die Griekse vasteland het egter uiteindelik in die hande van die Duitsers geval na 'n Duitse inval uit die Ooste,
vanuit Bulgarye.

Duitsland het ook Kreta op 20 Mei 1941 binnegeval, 'n inval wat
opmerklik is vanweë die grootskaalse gebruik van Duitse
valskermtroepe. Kreta is verdedig deur ongeveer 11 000 Griekse troepe
en 28  000 Australiese en Nieu-Seelandse troepe, wat nouliks uit
Griekeland ontsnap het sonder hulle artillerie of voertuie. Die Duitsers
het die drie hoof vliegvelde op die eilande Maleme, Rethimnon en
Iraklion aangeval.

Na een dag se geveg het die Duitsers geen van hul doelstellings bereik
Duitse valskermtroepe spring uit vliegtuie
nie en het hulle reeds verbysterende verliese gely. Die Duitsers se
in die lug bo Kreta. planne was in wanorde en hulle bevelvoerder, Generaal Kurt Student,
het dit oorweeg om selfmoord te pleeg. Tydens die volgende dag het die
Duitsers egter Maleme-vliegveld in Wes-Kreta kon inneem, danksy
wankommunikasie en die Geallieerde bevelvoerders se onvermoë om die situasie te begryp.

https://af.wikipedia.org/wiki/Tweede_Wêreldoorlog 14/44
21/10/22, 12:57 Tweede Wêreldoorlog - Wikipedia

Die Duitsers se verowering van die vliegveld het hulle in staat gestel om versterkings in te vlieg en om die
Geallieerde magte op die eiland te oorweldig. As gevolg van die reeds hoë verliese van die valskermtroepe het
Hitler enige verdere luglandingsoperasies verbied.

Die oorlog tussen die Geallieerde en Italiaanse vlote het op 29 Maart


1941 tot die voordeel van die Geallieerdes gedraai, toe Admiraal
Cunningham se skepe die hoof-Italiaanse vloot ontmoet het, suid van
Kaap Matapan, by die mees suidelike punt van die Griekse vasteland.
Alhoewel hulle self 'n aantal vliegtuie verloor het, het die Geallieerdes
daarin geslaag om vyf Italiaanse kruisers en drie torpedojaers te sink,
asook om die moderne slagskip, Vittorio Veneto, te beskadig. Die
Italiaanse Vloot, die Regia Marina, het hul gevegsvermoë verloor en die
Geallieerdes se taak – om troepe oor die Middelandse See na Griekland
te vervoer – is vergemaklik.

Op 6 April 1941 het Duitse, Italiaanse, Hongaarse en Bulgaarse magte


Joego-Slawië binnegeval, wat die oorgawe van die Joegoe-Slawiese leër
op 17 April tot gevolg gehad het, as ook die skepping van ondergeskikte
state in Kroasië en Serwië. Duitsland het op dieselfde dag ook Die Italiaanse koloniale ryk in sy grootste
Griekeland vanuit Bulgarye ingeval. uitbreiding in 1941.

Die Griekse leër wat die Metaxas-linie verdedig het was in die
minderheid en ook in lokke geval wat deur die snelbewegende Duitse troepe gestel is en is gou verslaan. Athene
het op 27 April in die Duitsers se hande geval, maar die Verenigde Koninkryk het wel daarin geslag om meer as
50 000 troepe te ontruim.

Verset het in Joego-Slawië in die middel van 1941 uitgebreek en twee versettingbewegings het deelgeneem aan
wat effektiewelik 'n burgeroorlog was. Die bewegings was die Kommunisties-geleide Partisane, onder bevel van
Tito, en die koningsgesinde Tsjetniks, onder bevel van Draža Mihailovic. Die twee paramilitêre groepe het vir 'n
kort tydeperk in 1941 saamgewerk, maar het gou 'n uitval gehad en die Tsjetniks het 'n dubbelsinnige rol
aangeneem en dikwels saam met die besettende magte teen die kommuniste gestaan.

Daar was sewe groot anti-Partisaanse offensiewe wat daarop gemik was om alle Partisane in Joego-Slawië te
verwyder, asook talle kleiner offensiewe. Die groot offensiewe was tipies gekombineerde pogings deur die
Duitse Wehrmacht, Die Duitse SS, die Italianers, die Ustaše, die Kroatiese tuisleër, die Serwiese
vrywilligerskorps, die Serwiese staatsleër, die Bulgare en die Hongare. Met tye het die Tsjetniks ingestem om
teen die partisane te veg.

Die groter offensiewe het twee belangrike pogings ingesluit: Fall Weiss ("geval wit") en Operasie Schwarz. In
Joego-Slawië staan dit bekend as die 4de Offensief (Slag van Neretva) en die 5de Offensief (Slag van Sutjeska).

Duitsland val die Sowjetunie in


Ons hoef slegs die deur in te skop, dan sal die hele verrotte struktuur neerstort.

— Adolf Hitler[9]

Die Slag van Griekeland en die Inval van Joego-Slawië het die Duitse inval van die Sowjetunie met ses kritieke
weke uitgestel.

Die inval is op 22 Junie 1941 uitgevoer deur 4,3 miljoen man: 3,3 miljoen was van die 3 eenhede van die Duitse
leër afkomstig en 1 miljoen was van verskeie ander Spilmoondhede se militêre eenhede.

Die inval staan bekend as Operasie Barbarossa. Die een Duitse eenheid, Heeresgruppe Nord is vanuit Oos-
Pruise gestuur. Die eenheid se hoofdoelwitte was om die Baltiese state te beveilig en Leningrad in te neem.
Teenoor dié eenheid was twee Sowjetse leërmagte. Die Duitsers het hulle 600 tenks na die knooppunt van die
twee Sowjetse leërmagte gestuur.
https://af.wikipedia.org/wiki/Tweede_Wêreldoorlog 15/44
21/10/22, 12:57 Tweede Wêreldoorlog - Wikipedia

Die 4te Panzerarmee ("vierde gepantserde leër"), wat deel was van
die Heeresgruppe Nord, se doel was om die Nemunas-rivier en die
Dwina-rivier oor te steek: dié twee riviere was die twee grootste
hindernisse onderweg na Leningrad. Op die eerste dag het die
eenheid se tenks die Nemunas oorgesteek en sowat 80  km
gevorder. Naby Raseiniai het die eenheid se 300 gepantserde tenks
("Panzers" in Duits) 'n teenaanval teen die 300 Sowjetse tenks
afgeweer. Dit het die Duitsers vier dae geneem om die Sowjetse
tenks te omsingel en te vernietig.

Die Duitse weermag het die Dwina-rivier hierna oorgesteek en


Leningrad genader.
Die oosterse front tydens die inval van die
Die tweede Duitse eenheid, Heeresgruppe Mitte, het vanuit Pole Sowjetunie:
aangeval. Hulle doelwit was om Moskou in te neem, maar moes ██ Aanvanklike verspreiding van die Wehrmacht
eers deur vier Sowjetse leërsmagte deurdring. Die Sowjetse magte – tot 9 Julie 1941
het 'n uitgekeepte frontlinie gehad, wat binne-in Duitse gebied ██ Opvolgende verspreidings – tot 1 September
ingesteek het met die middelpunt by Bialystok. Naby Białystok was 1941
Minsk geleë, wat 'n belangrike spoorwegkruising en voog van die ██ Omsingeling en slag van Kiev – tot 9
hoofweg na Moskou was. September 1941
██ Finale Wehrmacht verspreiding – tot 5
Die 3de Panzerarmee het deur die verbinding van die twee Desember 1941
Sowjetse leërs in die Noorde en die ook die Neman-rivier
oorgesteek; die 2de Panzerarmee het die Bug-rivier van die suide
oorgesteek. Terwyl die Panzers aangeval het, het die infanterie die uitkeping in die frontlinie aangeval en die
Sowjetse troepe by Białystok omsingel. Die Panzers se doel was om by Minsk byeen te kom en die onttrekking
van enige Sowjetse eenhede te voorkom.

Op 27 Junie het die 2de en 3de Tenkeenhede by Minsk ontmoet na hulle ongeveer 320  km ver in Sowjetse
gebied gevorder het. In die groot gaping tussen Minsk en die Poolse grens is 32 Sowjetse infanterie en 8
tenkafdelings omsingel en verslaan. Ongeveer 290  000 Sowjetse soldate is gevange geneem, terwyl 250  000
daarin geslaag het om te ontsnap.

Heeresgruppe Süd was in Suid-Pole en Roemenië gestasioneer en het ook twee Roemeense leërmagte en
verskeie Italiaanse, Slowaakse en Hongaarse eenhede ingesluit. Die groep se doel was om die olievelde van die
Kaukasië te verower. In die suide het die Sowjetse bevelvoerder gou op die Duitse aanval gereageer; hulle was
in bevel van veel meer tenks as wat tot die Duitse groep beskikbaar was. Die Duitsers het teen drie Sowjetse
leërmagte te staan gekom en het hulle by hul knooppunt aangeval, maar een van die eenhede, die 1ste
Panzerarmee het deur die linie van die Sowjetse troepe gebreek met die hoop om die stad, Brodi, in te neem.

Op 26 Junie het vyf Sowjetse gemeganiseerde korpse met meer as 'n duisend tenks 'n massiewe teenaanval op
die 1ste Panzerarmee geloods. Die Slag van Brodi was een van die woeste aanvalle tydens die inval van die
Sowjetunie. Op die ou einde het die Duitsers geseëvier, maar die Sowjetse troepe het hulle swaar verliese laat
ly. Met die mislukking van die Sowjetunie se geharnaste offensief was daar nie meer 'n behoorlike Sowjetse
tenkeenheid in die suide beskikbaar nie.

Op 3 Julie het Hitler uiteindelik toestemming gegee dat die Panzers hul tog na die ooste mag hervat, na die
infanterie met hul opgevang het. Die volgende doel van die Heeresgruppe Mitte was die stad Smolensk, wat die
weg na Moskou beheer het. Die Duitsers se teenstanders in hierdie sending was 'n ou Russiese verdedigingslyn
waar daar 6 Sowjetse leërs geplaas is. Op 7 Julie het dié leërs 'n aanval teen die 3de Panzerarmee geloods met
700 tenks.

Die Duitsers het hul superioriteit oor die lugweë benut en die Sowjetse tenks vernietig. Die 2de Panzerarmee
het die Dnjepr-rivier oorgesteek en Smolensk van die suide benader, terwyl die 3de Panzerarmee, ná hulle die
Sowjetse tenks vernietig het, die stad uit die noorde benader het. Tussen hulle was drie Sowjetse leërs

https://af.wikipedia.org/wiki/Tweede_Wêreldoorlog 16/44
21/10/22, 12:57 Tweede Wêreldoorlog - Wikipedia

vasgekeer. Op 26 Julie het die twee Panzer-eenhede die gaping tussen hulle toegemaak tydens die Slag van
Molensk.

Die Duitsers het 300 000 Sowjetse soldate gevange geneem, maar 'n verdere 200 000 het daarin geslaag om te
ontsnap. Hitler het besluit dat die strategie van omsingeling vóór aanval nie meer voldoende was nie en wou
die Sowjetunie oorwin deur enorme ekonomiese skade aan die land en die bevolking aan te bring. Ten einde
die doel te behaal, sou die olievelde in die suide en Leningrad in die noorde ingeneem moes word. Tenks van
Heeresgruppe Mitte is omgelei en na Heeresgruppe Nord en Heeresgruppe Süd gestuur om hulle by te staan.

Hitler se generale was sterk hierteen gekant, siende dat Heeresgruppe Mitte slegs 320  km weg van Moskou
was, waar die grootste deel van die Rooi Leër gestasioneer was en 'n aanval daar was die Duitsers se enigste
hoop op 'n vinnige einde tot die oorlog. Hitler was egter beslis en die tenks van Heeresgruppe Mitte het by die
4de Panzerarmee aangesluit in die noorde. Hulle bystand het op 8 Augustus 'n deurbraak deur die Sowjetse
verdedigingslinies moontlik gemaak en teen die einde van Augustus was die troep slegs 50 km van Leningrad.
In die tussentyd het die Finse troepe na die suidooste marsjeer, aan beide kante van Ladogameer, en het hulle
die Finse-Sowjetse grensgebied bereik.

Teen die middel van Julie was die Duitse troepe in die suide slegs 'n paar kilometer vanaf Kiëf. Die 1ste
Panzerarmee het verder suid beweeg, terwyl die 17de Leër, wat op die suidelike flank van die 1ste Panzerarmee
was, oos beweeg het. Sodoende het hulle daarin geslaag om drie Sowjetse leërs naby Oeman vas te keer. Die
Duitsers het die Sowjetse soldate oorwin en die tenks het na die noorde gekeer en die Dnjepr-rivier oorgesteek.

Terselfdertyd het die 2de Panzerarmee, wat (op bevel van Hitler), van die Heeresgruppe Mitte geskei was, die
Desna-rivier oorgesteek saam met die Duitse Tweede Leër aan sy regterflank. Die twee Panzerarmee-eenhede
het nou vier Sowjetse leërs en twee gedeeltelike leërs vasgekeer gehad. Die omsingeling van die Sowjetse magte
in Kiëf is op 16 September voltooi. Die omsingelde Sowjetse magte het egter nie maklik oorgegee nie, 'n woeste
geveg het plaasgevind wat vir tien dae aangehou het. Na hierdie tien dae het die Duitsers meer as 600  000
Sowjetse soldate gevange geneem; Hitler het dit die grootste geveg in die geskiedenis genoem.

Na die Slag van Kiëf het die Duitse magte die meerderheid gevorm en het die Rooi Leër nie meer reserwes
gehad nie. Stalin het slegs 800  000 soldate oorgehad om Moskou te verdedig. Op 9 September het die
Heeresgruppe Nord 'n afstand van ongeveer 11  km vanaf Leningrad bereik, maar Hitler het beveel dat
Leningrad omsingel word. Die Sowjetse magte het 'n toenemende aantal aanvalle teen die Heeresgruppe Mitte
geloods, maar siende dat hulle nie die tenks gehad het waaroor die Duitsers beskik het nie, was hulle nie in 'n
posisie om tot aanval oor te gaan nie.

Hitler het van gedagte verander en het besluit dat die ander tenks ook na Heersgruppe Mitte teruggestuur sou
word vir 'n aanval op Moskou. Die beweging na Moskou het op 2 Oktober begin, wat ook die begin van Slag van
Moskou aangedui het. Heeresgruppe Mitte het 'n reeks uitgebreide verdedigingslinies by Moskou in die gesig
gestaar. Die Duitsers het maklik deur die eerste verdedigingslinie deurgedring. Tegelykertyd het die 2de
Panzerarmee van die suide teruggekeer en het die dorpie Orjol oorgeneem, wat ongeveer 120  km agter die
eerste Sowjetse verdedigingslinie was.

Die Duitsers het vorentoe gebeur en het 'n totaal van 663  000 Sowjetse soldate gevangene geneem. Die
Sowjetse magte het nou slegs 90 000 man en 150 tenks oorgehad om Moskou mee te verdedig.
Sedert byna die
begin van die Slag van Moskou het die weer stadigaan vererger en die Duitse vorderings na Moskou is tot so
min as 3 km per dag beperk, as gevolg van die baie koue weer. Op 31 Oktober het die Duitse bevelvoerder 'n
halt geroep, sodat die troepe herorganiseer kon word.

Die tussenpose het die Sowjetse magte tyd gegee om nuwe leërs op te bou en ander Sowjetse troepe vanuit die
Ooste te bring. Die Sowjets-Japannese Neutraliteitsverdrag, wat op 13 April 1941 deur die Sowjetunie en Japan
onderteken is, het Stalin verseker dat Japan nie meer 'n bedreiging vir die Sowjetunie ingehou het nie en dat sy
troepe elders benodig is.

Op 15 November het die Duitsers weereens begin om Moskou aan te val. Hulle is teëgesit deur ses Sowjetse
Leërs. Die Duitsers het beplan om die 3de en 4de Panzerarmees die Moskou-kanaal te laat oorsteek en Moskou
uit die noorde en die ooste aan te val. Die 2de Panzerarmee sou Toela aanval en daarna Moskou vanuit die
https://af.wikipedia.org/wiki/Tweede_Wêreldoorlog 17/44
21/10/22, 12:57 Tweede Wêreldoorlog - Wikipedia

suide binnedring en die 4de Panzerarmee sou in die middel deurbreek. Op 22 November het Sowjets-Siberiese
troepe die 2de Panzerarmee in die suide aangeval en die Duitsers het 'n skokkende nederlaag gely. Die 4de
Panzerarmee het dit reggekry om die Moskou-kanaal oor te steek en het 'n afstand van 24  km vanaf die
Kremlin bereik.

Teen hierdie tyd het die eerste blizzards van die winter egter reeds begin en die Duitse Wehrmacht was nie
uitgerus vir winterse oorlogvoering nie. Vriesbrand en siektes het meer slagoffers as die gevegte veroorsaak:
binne drie weke was daar 'n totaal van 155 000 soldate wat dood of buite aksie was.

Die afdelings het nou slegs 50% van hulle oorspronklike sterkte oorgehad en die bitter koue het ernstige
probleme vir hulle gewere en uitrusting veroorsaak. Die weersomstandighede het ook die Luftwaffe buite aksie
gestel. Hitler se planne het dus misluk nog voor die ergste winterweer getref het: hy was so seker van 'n blitsige
oorwinning dat hy nooit voorberei het vir selfs die moontlikheid van winterse oorlogvoering in die Sowjetunie
nie.

Sy oosterse troepe het meer as 734  000 ongevalle gehad in die eerste vyf maande: ongeveer 23% van die
afgeronde totaal van 3  200  000 soldate. Op 27 November 1941 het Generaal Eduard Wagner gerapporteer:
"Ons is aan die einde van ons personeel- en materiële bronne. Ons gaan binnekort gekonfronteer word met die
gevare van diep winter.".[10]

Nuwe Sowjetse troepe het 'n totaal van meer as 500  000 man gehad en op 5 Desember het die Sowjetse
Maarskalk, Georgi Zjoekof, 'n massiewe teenaanval geloods wat die Duitsers meer as 320 km teruggedwing het,
alhoewel geen deurslaggewende deurbraak behaal is nie. Die inval van die Sowjetunie het die Duitsers tot op
die stadium 250 000 dood, 500 000 gewond en die meeste van hul tenks gekos.

Die Sowjetunie veg terug

Op 26 Januarie 1942 het Stalin, nou selfversekerd na sy eerste


oorwinning, 'n algemene teenoffensief beveel. Die aanvalle het
oorspronklik goeie vordering gemaak, soos die Sowjetse magte die
areas om Demjansk en Wjazma oorgeneem het en dreigende aanvalle is
in die rigting van Smolensk en Brjansk gemaak. Ten spyte van hulle
vroeë suksesse het die Sowjetse offensief stoom verloor.

Teen Maart 1942 het die Duitsers herstel van die aanval en hulle linie
gestabiliseer. Hulle het ook daarin geslaag om die toegang tot die
omgewing om Wjazma te verseker. Dit was slegs naby Demjansk wat
die oorwinning deur Sowjetse magte werklik 'n bedreiging was. Hier Operasie Blau: Duitse vordering van 7
het die Sowjetse magte daarin geslaag om 'n groot deel van die Duitse Mei 1942 tot 18 November 1942:
16de Leër te omsingel. ██ tot 7 Julie 1942
██ tot 22 Julie 1942
Hitler het nie 'n onttrekking beveel nie en die 92 000 soldate moes die ██ tot 1 Augustus 1942
gebied verdedig terwyl hulle deur middel van vliegtuie van die nodige ██ tot 18 November 1942
voorraad voorsien is. Die situasie het vir tien weke geduur, totdat die
Sowjetunie toegestem het dat 'n roete na die weste oopgemaak kon
word om voorraad aan die Duitse soldate te verskaf. Die Duitse magte het hul posisie by Demjansk gehou tot
hulle toegelaat is om te onttrek in Februarie 1943.

In Mei het die Sowjetunie gepoog om die stad Charkof, in Oos-Oekraïne, van die Duitsers oor te neem. Hulle
het met konsentriese aanvalle geopen aan weerskante van die stad en het aan beide kante dit reggekry om deur
die Duitse linies te breek: 'n ernstige bedreiging vir die Duitse behoud van die stad. Die Duitsers het gereageer
deur die planne vir hul eie offensief te versnel en het dit vyf dae later geloods.

https://af.wikipedia.org/wiki/Tweede_Wêreldoorlog 18/44
21/10/22, 12:57 Tweede Wêreldoorlog - Wikipedia

Die Duitse 6de Leër het by 'n inkeping van die vyand se terrein van die suide af ingeval en het daarin geslaag
om die hele Sowjetse leër te omsingel. In die laaste dae van Mei het die Duitsers die Sowjetse magte in die area
vernietig: van die Sowjetse magte in die omgewing is 70 000 dood, 200 000 gevange geneem en slegs 22 000
het dit reggekry om te ontsnap.

Hitler het teen hierdie tyd besef dat sy troepe te swak was om 'n offensief in al die dele van die Oosterse Front
uit te voer, maar as die Duitsers die olie en vrugbare gebiede van die Suidelike Sowjetunie in beslag kon neem,
sou dit hulle die nodige hupstoot kon gee om die oorlog voort te sit. Operasie Blau het gepoog om die suidelike
front van die Rooi Leër te vernietig, die dele van Oekraïne wes van die Wolga-rivier te sekuur en die olievelde
van Kaukasië in beslag te neem. Die Duitsers het Heeresgruppe Süd versterk deur afdelings van ander sektore
na hulle oor te plaas en ook nog troepe van die Spilmoondhede se geallieerdes te verkry. Teen die einde van
Junie het Hitler 72 afdelings gehad wat gereed was om tot die offensief oor te gaan: van hierdie 74 was 51
Duits.

Die Sowjetunie het nie geweet waar die Duitse hoofoffensief van
1942 vandaan sou kom nie. Stalin was oortuig dat die Duitsers
se doelstelling vir 1942 die inname van Moskou sou wees en het
50% van die Rooi Leër se troepe in die Moskou-omgewing
gestasioneer. Slegs 10% van die Sowjetse troepe is na die
suidelike deel van die Sowjetunie uitgestuur.

Die Duitse offensief het op 28 Junie 1942 begin. Oral het


Sowjetse magte teruggeval soos die Duitsers deur hul
verdedigings gesny het. Teen 5 Julie het die voorste dele van die
4de Panzerarmee die Don-rivier naby Woronezj bereik en
betrokke geraak in 'n bitter geveg vir beheer van die stad.
Aangesien die Sowjetse magte daarin geslaag het om die 4de
Panzerarmee vir 'n ruk besig te hou, het dit hulle kosbare tyd
gegee om hulle verdedigingslyne te versterk. Dit is ook die
eerste keer in die oorlog dat die Sowjette nie probeer het om Die van die Spilmoondhede beheerde gebied in
gebiede wat totaal en al blootgestel is te verdedig nie, maar dat Europa op die oomblik van sy maksimale
hulle op 'n georganiseerde manier teruggetrek het. Die uitbreiding (1941–1942).
vertragings het Hitler vererg en hy het die Heersgruppe Süd
geherorganiseer in twee kleiner groepe: Heeresgruppe A en
Heeresgruppe B. Die oorgrote meerderheid van die gepantserde magte is gekonsentreerd in Heeresgruppe A:
dié groep is beveel om aanvalle te loods soos hulle die olievelde van Kaukasië nader, terwyl Heeresgruppe B
beveel is om Stalingrad in te neem en te waak teen enige Sowjetse teenaanvalle.

Teen 23 Julie het die Duitse 6de Leër Rostof ingeneem, maar die Sowjetse troepe het 'n bedrywige
agterhoedegeveg geveg, wat die Duitsers by stedelike gevegte ingetrek het in hul poging om die stad in te neem.
Die Sowjetse troepe se taktiek het ook verhoed dat hulle formasies deur die Duitsers omsingel kon word.
Aangesien die Duitsers die kruispunt van die Don-rivier beveilig het, het Hitler die 4de Panzerarmee gestuur
om die 6de Leër se verswakte vooruitgang te versterk.

Teen die einde van Julie het die 6de Leër hulle offensief kon hervat en teen 10 Augustus het die 6de Leër enige
Sowjetse aanwesigheid aan die wesbank van die Don-rivier verwyder. Sowjetse troepe het egter in ander
gebiede uitgehou, wat die 6de Leër se mars na die ooste verder vertraag het. In kontras het die nuwe
Heeresgruppe A, ná hulle die Don-rivier op 25 Julie oorgesteek het, tot 'n wye frontlinie versprei.

Die Duitse 17de Leër het wes na die Swartsee uitgeswaai en die 1ste Panzerarmee het na die suide en ooste
aangeval en met min moeite deur gebiede beweeg wat grotendeels deur Sowjetse troepe verlaat is. Op 9
Augustus het die 1ste Panzerarmee die voetheuwels van die Kaukasiese gebergte bereik, 'n vooruitgang van
meer as 480 km.

https://af.wikipedia.org/wiki/Tweede_Wêreldoorlog 19/44
21/10/22, 12:57 Tweede Wêreldoorlog - Wikipedia

Om hulle magte in Kaukasië te beskerm, het die Duitsers gepoog om


Stalingrad op hulle noordoostelike flank in te neem deur die Don-
rivier te kruis en na die stad op te mars. Duitse bomwerpers het meer
as 40  000 dood gemaak en groot dele van die stad het in puin gelê.
Die Sowjetse leierskap het besef dat die Duitsers van plan was om die
olievelde te buit en het begin om 'n groot aantal troepe vanuit die
Moskou sektor te stuur om hulle troepe in die Suide te versterk.

Zjoekof, een van Stalin se vertroueling-generaals, het bevel van die


Stalingrad-front oorgeneem aan die begin van September en 'n reeks
aanvalle uit die Noorde van stapel gestuur wat die Duitse 6de Leër se Sowjetsoldate wat in die ruïnes van
poging om Stalingrad te buit verder belemmer het. Op 13 September Stalingrad veg, 1942.
het die Duitsers deur die suidelike voorstede gevorder en teen 23
September 1942 is die hooffabriekskompleks omsingel en was die
Duitse artillerie binne trefafstand van die rivierkaaie waaroor die Sowjette gewondes ontruim het en vars
versterking ingebring het.

Verwoede straatgevegte, die brutaalste soort hand-tot-hand konflik, het in die ruïnes van die stad gevolg.
Uitputting en blootstelling het geleidelik die manskappe se krag uitgeput. Hitler, wat 'n obsessie met die Slag
van Stalingrad ontwikkel het, het geweier om 'n terugval enigsins te oorweeg. Generaal Paulus het uit wanhoop
in die begin van November nog 'n geveg van stapel gestuur.

Teen hierdie tyd het die Duitsers daarin geslaag om 90% van die stad in te neem. Die Sowjetunie het egter
intussen reuse magte aan die flanke van Stalingrad opgebou. Die flanke is op die tydstip uit 'n Duitse oogpunt
sleg onderbeman, aangesien die meerderheid van die Duitse troepe se fokus op die stad as buit was, wat slegs
satelliet spiltroepe gelaat het om die flanke te beskerm. Die Sowjette het Operasie Uranus op 19 November
1942 geloods met gelyktydige aanvalle wat by die stad Kalatsj vir vier dae byeengekom het en die 6de Leër in
Stalingrad omsingel het.

Die Duitsers het toestemming gevra om 'n losbreek te poog, maar Hitler
het geweier en het die Duitse 6de Leër beveel om in Stalingrad te bly. Hy
het belowe dat hulle deur vliegtuie van die nodige voorsien sou word tot
en met hul ontsetting. Die Sowjette het op ongeveer dieselfde tyd
Operasie Mars in 'n spitshoek naby die omgewing van Moskou geloods.
Die doel van die operasie was om die Hereesgruppe Mitte besig te hou,
sodat hulle nie Heeresgruppe Süd by Stalingrad kon versterk nie.

In die tussentyd het Heeresgruppe A se aantog binne-in Kaukasië


vasgehaak: die Sowjetse troepe het al die olieproduksiefasiliteite
Die Oosterse front tydens Operasie
vernietig en dit sou 'n jaar se werk kos om hulle weer in 'n werkende
Uranus: toestand te kry. Die res van die olievelde het aan die suide van die
██ tot 12 Desember 1942 Kaukasiese gebergtes gelê. Deur Augustus en September het Duitse
██ tot 18 Februarie 1943 bergtroepe gepoog om 'n weg deur die berge te vind, maar teen die koms
██ tot Maart 1942 (slegs Sowjetse van winter in Oktober was hulle geensins nader aan hul doelwit nie. Met
vooruitgang) Duitse troepe omsingel in Stalingrad en die Sowjetse leërs wat hul
terugtrekkingslinies bedreig, het Heeresgruppe A begin om terug te val.

Teen Desember het veldmaarskalk Erich von Manstein haastig 'n Duitse aflossingsmag bymekaar gesit wat
bestaan het uit eenhede van Heeresgruppe A. Die mag se doelwit was om die vasgevange 6de Leër af te los. Die
aflossingsmag het nie versterkings vanaf Heeresgruppe Mitte kon kry nie en het slegs daarin geslaag om 'n
afstand van 50 km van hul doelwit af te bereik voor die Sowjette hulle gedwing het om terug te keer. Teen die
einde van 1942 was die 6de Leër in 'n wanhopige toestand, aangesien die Luftwaffe slegs 'n sesde van die
nodige voorraad kon verskaf.

https://af.wikipedia.org/wiki/Tweede_Wêreldoorlog 20/44
21/10/22, 12:57 Tweede Wêreldoorlog - Wikipedia

Kort voor hul oorgawe aan die Rooi Leër op 22 Februarie 1943, was
Friedrich Paulus tot Veldmaarskalk bevorder. Dit was 'n duidelike
boodskap van Hitler, aangesien geen Duitse Veldmaarskalk nog ooit sy
troepe oorgegee het of lewendig gevange geneem is nie.

Na die Slag van Stalingrad het slegs 91  000 van die 6de Leër se
300 000 soldate oorleef om gevange geneem te word. Die getal het 22
generaals ingesluit en slegs 5000 van dié gevangenes sou ooit weer ná
die oorlog na Duitsland terugkeer. Hierdie slag sou die grootste en
duurste (in terme van menselewens) slag in die geskiedenis wees.
Ongeveer 2 miljoen man het aan beide kante gesterf, waaronder ook Sowjetse soldate in Stalingrad (Januarie
siviele burgers. Die Spilmoondhede se ongevalle het ongeveer 850 000 1943)
beloop, terwyl die Sowjette 'n verlies van 750 000 man gely het.

Hergroepering

Na die oorgawe van die Duitse 6de Leër by Stalingrad op 2 Februarie 1943 het die Rooi Leër agt offensiewe
gedurende die winter geloods. Baie van die offensiewe was langs die Don-rivier gekonsentreer, in die nabyheid
van Stalingrad. Die aanvalle het aanvanklike inwinnings van gebied tot gevolg gehad, tot die Duitse magte
daarin geslaag het om die uitgebreide en verswakte toestand van die Rooi Leër uit te buit en 'n teenaanval te
loods om die stad van Charkof en die omliggende gebiede weer terug te wen. Dit sou die laaste groot strategiese
oorwinning vir Duitsers in die Tweede Wêreldoorlog wees.

Die reëns wat die lente gebring het, het effektiewe veldtogte in die Sowjetunie verhinder, maar beide kante het
die tussenpose gebruik om hul troepe te versterk met die oog op die onvermydelike veldslag wat in die somer
sou plaasvind. Die aanvangsdatum vir die offensief is verskeie kere uitgestel, soos vertragings in die
voorbereiding die Duitsers gedwing het om te wag voordat hulle kan aanval. Na die Wehrmacht uiteindelik
hulle grootste konsentrasie vuurkrag van die hele Tweede Wêreldoorlog versamel het, het hulle op 4 Julie 1943
hulle offensief teen die Sowjetunie by die Koersk-uitsprong geloods.

Die Sowjetunie het geweet wat die Duitsers beoog het en het in alle haas gejaag om die uitsprong te verdedig
met 'n enorme stelsel van walverdedigingspunte. Die Duitsers het van beide die noorde en die suide aangeval,
met die hoop om in die middel te ontmoet en sodoende die uitsprong af te sny en die 60 Sowjetse afdelings vas
te keer. Die Duitse offensief in die noordelike sektor was tot niet gemaak na bitter min vooruitgang deur die
Sowjetse verdedigings bereik is.

Daar was egter 'n bedreiging van 'n Duitse deurbraak in die suide en die Sowjetse troepe het hul reserwes
opgeroep om die Duitse aanslag in die suide te beteuel. Die daaropvolgende Slag van Koersk het die grootste
tenkgeveg van die oorlog geword. Die Duitsers het nie 'n groot aantal reserwe troepe gehad nie en hulle
gepantserde magte was uitgeput. Die Sowjetse teenoffensief het daarin geslaag om die Duitsers terug na hul
beginposisies te dwing.

Die Sowjetse oorwinning in die Slag van Koersk het ook beteken dat hulle die stad Koersk ingeneem het. Met
die dreigende herfsreën het Hitler ingestem dat die Duitsers in Augustus tot by die Dnjepr-lyn kon terugtrek.
Met die loop van die maande het die Duitsers dit naas onmoontlik gevind om die Dnjepr-lyn te bly verdedig,
aangesien die Sowjetse brughoofde gegroei het.

Belangrike dorpe langs die Dnjepr-lyn het in Sowjetse hande geval, met Saporisja as die eerste, gevolg deur
Dnipropetrowsk. Vroeg in November 1943 het die Sowjetse troepe uit hul brughoofde aan weerskante van Kiëf
uitgebreek en die Oekraïense hoofstad ingeneem. Die 1ste Oekraïense Front het Korosten op Oukersaand
aangeval en die Sowjetse vooruitgang het langs die spoorweë aangehou tot hulle die 1939 Sowjets-Poolse grens
bereik het.

Duitsland se kwesbare punt

https://af.wikipedia.org/wiki/Tweede_Wêreldoorlog 21/44
21/10/22, 12:57 Tweede Wêreldoorlog - Wikipedia

Die oorgawe van die Spilmoondhede se troepe in Tunisië op 13 Mei


1943 het 'n opbrengsste van ongeveer 250 000 gevangenes gehad. Die
oorlog in Noord-Afrika het rampspoedige gevolge vir Italië gehad en
toe die Geallieerdes Sisilië op 10 Julie ingeval het tydens Operasie
Husky (waartydens hulle die eiland binne net meer as 'n maand
ingeneem het), het die regime van Benito Mussolini ineengestort.

Op 25 Julie is hy deur die koning van Italië, Victor Emanuel III, van sy
amp ontneem en gearresteer met die instemming van Italië se Groot
Fascistiese Raad. 'n Nuwe regering, onder leiding van Pietro Badoglio,
het aan bewind gekom en verklaar dat Italië steeds aan die oorlog sou
deelneem. Badoglio het teen die tyd reeds geheime Sowjetse vooruitgang van Augustus 1943
vredesonderhandelings met die Geallieerdes begin. tot Desember 1944.
██ tot 1 Desember 1943
Na die Geallieerdes die Italiaanse vasteland op 3 September 1943 ██ tot 30 April 1944
ingeval het, het Italië binne vyf dae na dié inval oorgegee. Die ██ tot 19 Augustus 1944
koninklike familie en Badoglio en sy regering het na die suide onstnap, ██ tot 31 Desember 1944
wat die Italiaanse leër sonder bevelvoeder gelaat het. Die Duitsers het
die weerstand oorgeneem en die Geallieerdes tot stilstand gebring by
die sogenaamde Gustav-linie (wat deur die Spilmoondhede verdedig was) tydens die winter van 1943–1944 net
suid van Rome.

In die noorde het Mussolini, met ondersteuning van die Nazi's, 'n effektiewelike vasalstaat gestig: die Italiaanse
Sosiale Republiek. Die staat het informeel bekend gestaan as die Republiek van Salò; vernoem na die nuut
aangewese hoofstad, Salò, by die Gardameer.

In Mei en Junie van 1943 is die hoofmag van die Joego-Slawiese


Partisane omsingel en byna deur die Duitsers uitgewis in die Soetjeska-
offensief in die ooste van Bosnië. Die magte naby die stigter van die
Partisaanse beweging en toekomstige president van Joego-Slawië,
Josip Broz Tito, het egter daarin geslaag om deur die omsingelende
troepe te breek, wat aan die Partisane die nodige deurslag gegee het.

Na die voorwaardelike oorgawe van Italië het die guerrilla-vegters talle


eilande in die Adriatiese See ingeneem, waaronder ook Vis-eiland, wat
daarna 'n lugmagbasis vir die Geallieerde magte geword. Tydens die
Teheran-konferensie het die Geallieerdes die Partisane as die wettige
krygsmag van Joego-Slawië erken. Josef Stalin, Theodore Roosevelt en
Winston Churchill tydens die Konferensie
Na hulle mislukte poging om
van Teheran in 1943.
deur die Gustav-linie te breek,
het die Geallieerdes nog 'n
poging aangewend tydens die Slag van Monte Cassino.

Op 15 Februarie is die klooster van Monte Cassino, wat in 524 deur Sint
Benedictus gestig was, deur Amerikaanse bomwerpers vernietig. Duitse
valskermtroepe het na die area beweeg om die ruïnes van die klooster,
asook die nuwe opening in die Gustav-linie, teen die Geallieerdes te
verdedig.

Die area was tussen 12 Januarie en 18 Mei 1944 vier keer deur die
Geallieerdes aangeval, met 'n totale verlies van meer as 54  000
Geallieerde en 20 000 Duitse soldate.
Monte Cassino is vernietig na hewige
bombardering. Die Gustav-linie was na maande van aanvalle uiteindelik gebreek en die
Geallieerdes het na die noorde gemars. Op 4 Junie het die Geallieerdes
Rome bevry en het hulle Florence in Augustus bereik. Hulle is daarna
https://af.wikipedia.org/wiki/Tweede_Wêreldoorlog 22/44
21/10/22, 12:57 Tweede Wêreldoorlog - Wikipedia

by die Gotiese linie by die Toskaanse Appenyne-gebergtes tot stilstand


gebring.

Die Gotiese linie was die laaste groot verdedigingslinie, net suid van
Bologna en alhoewel die Geallieerdes die linie tydens die herfs van
1944 binnegedring het, het hulle eers in April 1945 'n beslissende
deurbraak gemaak. Winston Churchill het gehoop dat 'n deurbraak in
die herfs van 1944 'n weg sou oopmaak waardeur die Geallieerde magte
noord kon mars, vanaf Wene tot by Hongarye, om sodoende die
Sowjet-opmars na Oos-Europa te verhinder. Ironies genoeg was die
grootste impak van Duitse verdediging in die herfs en winter van 1944
die bevordering van die Sowjet-besetting van Oos-Europa. In die Duitse verdedigingslinies in Noord-Italië
winter en lente van 1944–1945 het uitgebreide partisaanse aktiwiteit in in 1944. (Kliek op die beeld vir 'n groter
Noord-Italië plaasgevind. weergawe.)

Die Geallieerdes se vordering deur die Italiaanse skiereiland in die


winter van 1944–1945 was baie stadig, aangesien die gebied baie
bergagtig was en sommige troepe na Frankryk gestuur is.

Op 9 April het die 15de Landmaggroep, wat uit Britse en Amerikaanse


soldate saamgestel was, daarin geslaag om deur die Gotiese lyn te breek
en het die hoof Duitse magte te omring. Milaan is teen die einde van
April ingeneem. Die Amerikaanse 5de Leër het voortdurend wes beweeg
en met by die Franse troepe aangesluit, terwyl die Britse troepe Triëst
binnegegaan het en by die Joego-Slawiese Partisane aangesluit het.

'n Paar dae voor die Duitse troepe in Italië oorgegee het, het Italiaanse
partisane daarin geslaag om Mussolini te vang tydens sy poging om na
Switserland te ontsnap. Hy is saam met sy minnares, Clara Petacci, om
die lewe gebring. Hulle liggame was na Milaan geneem en onderstebo
gehang waar die publiek hulle kon aanskou.
Kaart van die Brasiliaanse en
Generaal Heinrich von Vietinghoff, wat in beheer was van die bondgenootskapsaksies in Noord-Italië,
Spilmoondhede se magte in Italië, het die verklaring van oorgawe 1944–1945. Nasionale Argiewe van
namens die Duitse troepe in Italië onderteken. Die ondertekening het Brasilië.
op 2 Mei 1945 'n amptelike einde aan die geveg in Italië gebring.[11]

Inval van Europa


Julle is op pad om die Groot Kruistog aan te pak, waarna julle hierdie baie maande gestrewe
het. Die oë van die wêreld is op julle. Die hoop en die gebede van die liefhebbers van vryheid
oral oor mars saam met julle. Saam met ons dapper Geallieerdes en ons strydgenote by ander
Fronte, sal julle die vernietiging van die Duitse oorlogmasjien bewerkstellig, asook die
verwydering van die Nazi-tirannie oor die onderdrukte volke van Europa en die veiligheid vir
onsself in 'n vrye wêreld.

— Dwight D. Eisenhower[12]

Teen die lente van 1944 was die Geallieerdes se voorbereiding vir die inval van Frankryk en die aanvanklike
fases vir die bevryding van Europa (Operasie Overlord) voltooi. Hulle het ongeveer 120 Divisies met meer as 2
miljoen soldate bymekaargebring. Van dié 2 miljoen soldate was 1,3 miljoen Amerikaners, 600 000 Britte en
die res was Kanadese, Vrye Franse en Poolse eenhede.

Die inval, kodenaam Operasie Neptune, algemeen bekend as D-dag, was beplan vir 5 Junie 1944, maar slegte
weer het die inval tot 6 Junie uitgestel. Die oorgrote meerderheid van die Duitse troepe was by die Oosterse
Front ontplooi en slegs 'n gesamentlike totaal van 400 000 Duitse soldate vanuit die Duitse Sewende Leër en
die nuut-geskepte 5de Panzerarmee, was beskikbaar om die Geallieerde inval teen te sit.
https://af.wikipedia.org/wiki/Tweede_Wêreldoorlog 23/44
21/10/22, 12:57 Tweede Wêreldoorlog - Wikipedia

Die Duitsers het ook 'n ingewikkelde reeks versterkings langs die kus
gebou, wat bekend gestaan het as die Atlantiese Muur. Die "muur" was
bedoel om invalle te verhinder, maar daar was in sommige plekke
gapings. Die Geallieerde magte, onder die oppergesag van Dwight D.
Eisenhower, het 'n ingewikkelde misleidingsveldtog geloods, ten einde
die Duitsers te oortuig dat die inval in die area van Calais sou
plaasvind. Die veldtog was suksesvol en die Duitsers het groot dele van
hulle troepe na daardie sektor ontplooi, sodat daar slegs 50  000
Duitsers in die area van Normandië was tydens die aanvang van die
inval.

Die inval het begin met 17,000 Troepe van die Amerikaanse Leër se
lugtransporttroepe wat in Eerste Divisie word uit 'n
Normandië laat val is as landingsvaartuig ontplooi by Omaha-
skermtroepe, om sodoende die strand in Normandië op 6 Junie 1944.
Duitsers van die strande te
weerhou.

Vroeg die oggend het 'n massiewe flottielje gepoog om die Duitse
verdedigingstrukture op die strande te bombardeer, maar, as gevolg van 'n
gebrek aan sigbaarheid, het die meeste skote hul teikens gemis. Meeste
van die Geallieerde troepe se vervoerskepe (met personeel, trokke en
voorraad) was ook van koers af – sommige so veel as duisende meters
vanaf hul respektiewelike landingsones tussen die vyf kusgebiede (Utah,
'n Kaart van Normandië en die
Omaha, Sword, Juno en Gold).
Geallieerde Front. Die kaart dui ook
bocage-terrein aan: 'n mengsel van Die Amerikaners het in besonder swaar verliese gely op Omaha-strand, as
woude en weivelde, met martelende
gevolg van Duitse verdedigingstrukture wat ongeskonde gebly het. Teen
kantpaadjies en lanings wat aan
die einde van die dag het die Geallieerdes die meeste van hulle doelwitte
beide kante begrens was met walle
behaal, alhoewel Britse en Kanadese troepe nie daarin geslaag het om
waarop daar dik plantheinings was
Caen in te neem nie, soos oorspronklik beplan was. Hitler was oortuig
wat die gesigsveld beperk het.
daarvan dat die landings by Normandië 'n valstrik was en die Duitsers het
geen opmerklike teenaanval geloods nie. Slegs drie dae later het die Duitse
Opperbevel besef dat die slag by Normandië die werklike inval was, maar
teen daardie tyd het die Geallieerdes reeds hulle strandhowe versterk.

Die terrein van Normandië waar die Amerikaners geland het, was
ideaal vir grondse oorlogvoering: die area het bestaan uit 'n mengsel
van woude en weivelde, met martelende kantpaadjies en lanings wat
aan beide kante begrens was met walle waarop daar dik plantheinings
was wat die gesigsveld beperk het.

Die Amerikaners het stadig maar seker vooruitgang behaal en het op 26


Junie daarin geslaag om die hawestad, Cherbourg, in te neem, tydens
die Slag van Cherbourg. Dit was een van die primêre doelwitte van die
inval, maar die Duitsers het egter die water om die hawe vol seemyne
geplant en het die meeste van die hawe se fasiliteite vernietig voor hulle
oorgegee het. Dit sou nog 'n maand duur voor die hawe van beperkte 'n Lugfoto van die hawestad, Cherbourg,
nut kon wees. in 1944.

Die Britte het op 13 Junie nog 'n aanval geloods om die stad Caen in te
neem (sien die Slag van Villers-Bocage), maar was teruggehou nadat die Duitsers 'n groot aantal troepe na die
stad beweeg het om dit te verdedig. Die stad sou vir 'n verdere ses weke aan die Duitsers behoort, voor dit
uiteindelik op 9 Julie deur Britse en Kanadese magte ingeneem is.

https://af.wikipedia.org/wiki/Tweede_Wêreldoorlog 24/44
21/10/22, 12:57 Tweede Wêreldoorlog - Wikipedia

Die vuurkrag van die Geallieerdes, gepaard met hulle verbeterde taktieke en groot aantal troepe het uiteindelik
'n deurbraak vir die Geallieerdes besorg: Amerikaanse gemeganiseerde troepe het op 23 Julie uit die westerse
punt van die Normandiese weerstandskol gebreek tydens Operasie Cobra. Toe Hitler van hierdie deurbraak
geleer het, het hy die Duitse troepe in Normandië beveel om 'n onmiddellike teenoffensief te loods. Dit het
egter veroorsaak dat die Duitse magte nou maklike teikens vir Geallieerde lugvaartuie was: waar hulle vroeër in
gekamoefleerde skuilings weggekruip het, moes hulle nou deur die oop platteland beweeg om die Geallieerdes
te konfronteer.

Die Amerikaners het sterk formasies op hulle flanke geplaas wat die Duitse
teenoffensief afgeweer het en hulle het daarna begin om die Duitse 7de Leër
en groot dele van die Duitse 5de Panzerarmee in die weerstandskol van
Falaise te omsingel. Ongeveer 50  000 Duitsers is gevange geneem, maar
100 000 het daarin geslaag om uit die area te ontsnap. Die Britse en Kanadese
troepe het ook begin om deur die Duitse linies te breek: enige hoop wat die
Duitsers gekoester het om die Geallieerdes se ingang in Frankryk met behulp
van nuwe verdedigingslinies te keer, was tot niet. Die Geallieerdes het vinnig
deur Frankryk beweeg, in sommige gevalle met 'n vooruitgang van meer as
900 km in twee weke.[13] Die Duitse troepe het na Noord-Frankryk, België en
Nederland teruggetrek. Teen Augustus 1944 het die Geallieerde magte wat in
Korsika gevestig was Operasie Dragoon geloods en met die 6de
Landmaggroep, onder leiding van Luitenant-generaal Jacob Devers, het hulle
die Franse Riviera op 15 Augustus ingeval en by die troepe van Normandië
ingeskakel. Op 25 Augustus, om 07:00, beweeg die Franse 2de Gepantserde
Divisie Parys binne vanuit die Suidweste en die Amerikaanse 4de Divisie volg
hulle voorbeeld 'n halfuur later vanuit die Suide. Hitler het aan die Duitse
bevelvoerder in Parys, generaal Deitrich von Cholotitz, bevele gegee om die
'n Kaart wat die weerstandskol
publieke geboue, museums en brûe van Parys te bemyn. Generaal von
van Falaise uitlig.
Cholotitz wou egter nie die stad vernietig nie en het die bevele nie gehoorsaam
nie: in plaas van 'n uitgestrekte, hulpelose weerstand het hy teen 15:15 van
dieselfde dag aan generaal Le Clerc van die Franse Divisie oorgegee.

Die Duitsers het die wêreld se eerste kruismissiel, die V-1-missiel, gelanseer om teikens in Engeland en België
aan te val. Later sou hulle die V-2 vuurpyl gebruik: 'n ballistiese missiel wat van vloeibare brandstof gebruik
gemaak het. Hierdie wapens was uiters onakkuraat en kon slegs groot areas, soos stede, teiken. Die missiele het
nie werklik 'n militêre effek gehad nie, maar was eerder bedoel om die Geallieerde burgers te demoraliseer.

Soos die Geallieerdes oor Frankryk en die Lae Lande versprei het en
nader aan die Duitse grens beweeg het, het logistiese probleme begin om
hulle te teister. Hul voorsienings was steeds vanuit Normandië
afkomstig en hulle het kritiese tekortkominge gehad rakende brandstof
en ander voorsienings al langs die voorste front.

Die Geallieerdes het hul opmars verstadig en die beskikbare voorraad


aan 'n klein deel van die front gestuur wat dan teen die normale spoed
sou kon voortbeweeg. Geallieerde valskermsoldate en gepantserde
voertuie het gepoog om die nodige vordering deur Nederland en oor die
Ryn-rivier te maak tydens Operasie Market Garden in September van
Vlae van valskermsoldate land in
1944.
Nederland tydens Operasie Market
Die plan was om valskermsoldate naby die brûe van die Ryn-rivier te laat Garden in September 1944.
land, waar hulle die posisie sou hou, totdat die gepantserde tenks deur
die vyand se linies kon breuk en by die valskermsoldate kon inskakel en
dan saam na Duitsland beweeg. Die plan was bedink en gelei deur Britse Generaal Montgomery en het Britse,
Amerikaanse, Poolse en Kanadese magte ingesluit. Alhoewel die plan aanvanklike sukses gebring het, was baie

https://af.wikipedia.org/wiki/Tweede_Wêreldoorlog 25/44
21/10/22, 12:57 Tweede Wêreldoorlog - Wikipedia

van die brûe opgeblaas en die tenks se opmars was vertraag. Gevolglik was die Britse 1ste Airborne Division,
wat hul posisie by die laaste brug gehou het, byna uitgeroei. Die Duitsers het daarin geslaag om 'n
verdedigingslinie langs die hele front op te stel en die oorlog het deur die winter voortgeduur.

In 'n poging om die voorraadsituasie te verbeter, was die Kanadese Eerste Leër die taak gegee om die ingang na
die hawe van Antwerpen te bevry by die Schelde-monding. Die leër het die taak in November 1944 suksesvol
voltooi, met die gevolg dat Kanada die enigste land was om al hulle D-Dag-doelwitte suksesvol voltooi het. In
Oktober het die Amerikaanse troepe Aken ingeneem: dit was die eerste groot Duitse stad wat ingeneem was.

Hitler het al sedert die middel van September 1944 'n groot teenoffensief teen die Geallieerdes beplan. Die doel
van die aanval was om Antwerpen in te neem. Die inname of vernietiging van Antwerpen sou nie slegs die
verspreiding van voorraad aan die Geallieerdes verhoed nie, maar sou ook die Geallieerde magte in twee
verdeel. Hitler het gehoop dat so 'n verdeling die magte sou demoraliseer en hul leiers sou forseer om te
onderhandel.

Vir die aanval het Hitler 'n konsentrasie van die beste van sy oorblywende mage gebruik en die aanval vanaf die
Ardenne in die suide van België geloods: die area was bergagtig en in sommige plekke dig bebos; dit was ook
die plek waar Hitler in 1940 'n sege behaal het tydens Fall Gelb. Digte wolke het beteken dat die Amerikaners
nie hul verkenningsvliegtuie en vliegtuie wat grondteikens geteiken het kon gebruik nie.

Dele van die aanval het daarin geslaag om deur die dun Amerikaanse linies te breek en het voortgebeur in die
rigting van die Meuse-rivier. Die noordelike deel van die linie het egter behou gebly en die Duitsers se
vooruitgang was beperk tot 'n nou korridor.

Die Duitse opmarsing was ook vertraag by St. Vith, wat etlike dae deur die Amerikaners verdedig was. Bastogne
was die ligging van 'n belangrike padknooppunt en die Amerikaanse troepe het dit suksesvol verdedig tydens
die Slag van Bastogne (mid-Desember 1944 tot Januarie 1945). Hulle was egter steeds omsingel deur die
Duitsers en generaal George S. Patton se 3de Leër, wat oorspronklik suidwaarts gemars het, het 'n 90-grade
ommeswaai gemaak en die Duitsers se suidelike flank aangeval, wat die deurslag gegee het.

Teen hierdie tyd het die weer begin opklaar en die Geallieerdes se lugmagte is op die Duitsers ontketen en die
Duitse aanval is by Dinant stopgesit. In 'n poging om hulle offensief voort te sit, het die Duitse 'n massiewe
lugaanval geloods op die Geallieerdes se vliegvelde in die Lae Lande op 1 Januarie 1945, tydens Operasie
Bodenplatte. Die Duitsers het 465 Geallieerde vliegtuie vernietig, maar het self 277 van hulle eie vliegtuie
verloor. Alhoewel die Geallieerdes daarin geslaag het om hulle verliese in slegs dae te herwin, sou die Luftwaffe
nooit weer daartoe in staat wees om 'n groot lugaanval te loods nie.[14]

Geallieerde magte van die noorde en suide het by Houffalize ontmoet en teen die einde van Januarie het hulle
die Duitsers terug tot hulle beginposisies gedruk. Baie Duitsers was vasgevang in die weerstandskol wat deur
die uitbulting van die Geallieerde linies geskep is en was geforseer om hulself oor te gee of om sonder hulle
swaar toerusting te ontsnap. Maande van die Reich se oorlogproduksie het verlore gegaan en Duitse magte op
die Oosterse front was uitgehonger vir voorraad op dieselfde oomblik as wat die Rooi Leër sy grootskaalse
teenoffensief teen Duitsland voorberei het.

Die Geallieerdes se laaste hindernis was die Ryn-rivier: hulle het in Maart 1945 daarin geslaag om dié rivier oor
te steek, gedeelteliks te danke aan die inname van die Ludendroff-brug by Remagen. Tydens Operasie Varsity,
'n valskermaanval in laat-Maart, het die Geallieerdes ook 'n vastrapplek gekry aan die oostelike oewer van die
Ryn. Na die Geallieerdes die rivier oorgesteek het, het die Britse troepe na die noordooste uitgesprei in die
rigting van Hamburg, die Elbe-rivier oorgesteek en voortbeweeg na Denemarke en die Baltiese See.

Die Amerikaanse 9de Leër het suid beweeg en die Amerikaans 1ste Leër het noord beweeg in 'n poging om die
Duitse Heeresgruppe B te omsingel by die Ruhrgebied in Duitsland. Die Amerikaanse troepe was gelei deur
generaal Omar Bradley, wat meer as 1  300  000 soldate in sy beheer gehad het. Op 4 April 1945 was die
omsingeling voltooi en die Duitse magte, onder leiding van veldmaarskalk Walter Model was vasgevang in die
weerstandskol by die Ruhr.

https://af.wikipedia.org/wiki/Tweede_Wêreldoorlog 26/44
21/10/22, 12:57 Tweede Wêreldoorlog - Wikipedia

Ongeveer 300  000 Duitse soldate is as krygsgevangenes geneem. Die 1ste


en 9de Amerikaanse leërs het na die ooste gedraai. Hulle het by die Elbe-
rivier gehalt, waar hulle Sowjetse troepe in mid-April ontmoet het.

Sowjetse teenaanval en die verowering van Duitsland

Die Sowjette het hulle winteroffensief in Januarie 1944 in die Noordelike


sektor geloods en die brutale beleg van Leningrad afgelos. Die Duitsers het
'n ordelike terugval uit die Leningrad-gebied onderneem na 'n korter linie
gebaseer op die mere na die suide. Teen Maart het die Sowjette Roemenië
vanuit die Oekraïne aangeval. Die Sowjetse magte het die 1e Panzerarmee
noord van die Dnjestr-rivier omsingel.

Die Duitsers het in April daarin geslaag om uit die weerstandskol te


ontsnap en meeste van hulle manskappe te red, maar hulle swaar Generaal Omar Bradley het die
toerusting het in die proses verlore gegaan. Gedurende April het die Rooi opmars na Duitsland gelei.
Leër 'n reeks aanvalle naby die stad Iaşi, Roemenië, geloods, wat daarop
gemik was om dié strategies belangrike sektor te buit. Indien suksesvol sou
die area gebruik kon word as 'n basis om Roemenië in 'n someroffensief in te val. Na die Sowjetse magte die
aanval vanuit die woud Târgul Frumos geloods het, is hulle deur die Duitse en Roemeense magte teruggehou
en het die Spilmoondhede se magte daarin geslaag om die sektor dwars deur April te verdedig.

Soos wat Sowjetse troepe nader aan Hongarye beweeg het, het Duite magte Hongarye op 20 Maart beset. Hitler
het gemeen dat die Hongaarse leier, admiraal Miklós Horthy, moontlik nie meer 'n betroubare bondgenoot kon
wees nie. Finland, wat as deel van die Voortsettingsoorlog ook teen die Sowjetunie geveg het, het in Februarie
vrede met Stalin versoek, maar wou nie die aanvanklike voorwaardes wat aangebied is aanvaar nie. Op 9 Junie,
het die Sowjetunie die Vierde strategiese offensief op die Kareliese Landengte geloods, wat Finland na drie
maande gedwing het om 'n vredesverdrag te aanvaar.

Voor die Sowjetunie se someroffensief kon begin met 'n aanval op Belarus, moes hulle eers die Krimskiereiland
van die Spilmoondhede se troepe bevry. Die oorblywende dele van die Duitse Sewentiende Leër en die
Heeresgruppe Süd en sommige Roemeense magte was afgesny en op die skiereiland agtergelaat toe die
Duitsers uit Oekraïne onttrek het. Vroeg in Mei het die Rooi Leër se 3de Oekraïnse Front die Duitsers aangeval
en die daaropvolgende veldslag het geëindig in 'n totale oorwinning vir die Sowjetunie. Die Duitsers se poging
om oor die Swart See te ontsnap, het misluk.

Noudat die Krimskiereiland oop was, is die lang-verwagte Sowjetse


someroffensief op 22 Junie 1944 geloods. Die offensief, met die
kodenaam Operasie Bagration, het 2,5 miljoen man en 6  000 tenks
ingesluit. Die doel van die offensief was om die Duitse troepe uit
Belarus te verwyder en die Duitse Heeresgruppe Mitte, wat die sektor
verdedig het, te vernietig.

Dit was beplan dat die offensief terselfdertyd as die Geallieerde


landings in Normandië sou plaasvind, maar vertragings het veroorsaak
dat die offensief met 'n paar weke uitgestel is. Die daaropvolgende
veldslae het die vernietiging van die Heeresgruppe Mitte tot gevolg Die Geallieerde landings in Normandië,
gehad en het gelei tot 800 000 Duitse sterfgevalle. Dit was dan ook die Junie 1944.
grootste nederlaag vir die Duitse Wehrmacht gedurende die Tweede
Wêreldoorlog. Die Sowjetse magte het voorwaarts beweeg en die
buitewyke van Warskou op 31 Julie bereik.

Die nabyheid van die Rooi Leër het die Pole in Warskou laat glo dat hulle binnekort bevry sou word. Op 1
Augustus het inwoners van die stad in opstand gekom tydens die Warskou-opstand, wat deel gevorm het van
die groter Operasie Storm. Nagenoeg 40 000 versetstryders het beheer van die stad oorgeneem.

https://af.wikipedia.org/wiki/Tweede_Wêreldoorlog 27/44
21/10/22, 12:57 Tweede Wêreldoorlog - Wikipedia

Die Rooi Leër het egter gehalt met hul opmarsing.[15] Die enigste bystand wat aan die Pole verleen is, was
artillerievuur en Duitse troepe het na die stad beweeg op die opstand stop te sit. Die opstand het op 2 Oktober
geëindig en die Duitse magte het dit wat van die stad oorgebly het, vernietig.

In Joego-Slawië is die Partisane uiteindelik met sukses begroet. Op 16 Junie 1944 is die Verdrag van Vis deur
die Partisane en die Koninklike Regering onderteken: hierdie verdrag het die Partisane as die leër van Joego-
Slawië bevestig. Teen die einde van Augustus is Josep Tito aangestel as personeelshoof van die Tsjetniks,
alhoewel sy koningsgesinde teenstander, Draža Mihailovic, en ander Tsjetniks voortgehou het met hulle eie
versettingsbeweging. Dié aparte versettingsbeweging is egter uiteindelik verslaan tydens die Slag van Lijevca-
veld (30 Maart – 8 April) deur 'n Kroasiese alliansie.

Na die vernietiging van die Duitse Heeresgruppe Mitte het die Sowjetse magte die Duitsers in mid-Julie van
1944 in die Suide aangeval. Hulle het in 'n maand se tyd daarin geslaag om Oekraïne geheel en van die Duitsers
te bevry en die Duitse troepe het groot verliese gely. Daarna het die Sowjetse magte hulle op Roemenië gerig.
Die Rooi Leër se 2de en 3de Oekraïnse Fronte het die Duitse Heeresgruppe Südukraine (wat uit beide Duitse
en Roemeense troepe bestaan het) aangeval in 'n poging om Roemenië te beset en die Duitse oprigtings in die
sektor te vernietig.

Die uitslag van die Slag van Roemenië was 'n gehele oorwinning vir die Rooi Leër en 'n skuif vir Roemenië
vanaf die Spilmoondhede na die Geallieerdes. Bulgarye het in September aan die Rooi Leër oorgegee. Na die
Duitse onttrekking uit Roemenië, het Sowjetse troepe Hongarye in Oktober 1944 ingevaar, maar die Duitse
Sesde Leër het drie afdelings van maarskalk Rodion Jakowlewitsj Malinowski se Groep Plijef naby Debrecen
omsingel en vernietig. Die vinnige aanval wat die Sowjette gehoop het sou lei tot die inname van Budapest was
nou stopgesit en Hongarye sou Duitsland se geallieerde bly tot aan die einde van die oorlog in Europa. Hierdie
veldslag was die laaste Duitse oorwinning aan die Oostelike Front.

Soos die Rooi Leër hul opmars na die Balkan voorgesit het, het Duitse troepe op 12 Oktober uit Griekeland
onttrek. Terselfdertyd het die Joego-Slawiese Partisane hul operasies na Serwië verskuif en het hulle Belgrado
op 20 Oktober met hulp van die Sowjetunie bevry. Teen die einde van die jaar het die Partisane die oostelike
helfte van Joego-Slawië en die Dalmatiese kus beheer en was hulle teen laat Maart 1945 gereed vir 'n finale
weswaartse offensief.

Die Sowjetunie het van sy nederlaag in Debrecen herstel en naderende kolonne van die Rooi Leër het Belgrado
in laat-Desember bevry en Budapest op 29 Desember 1944 bereik. Hulle het die stad omsingel en sodoende
meer as 188,000 troepe van die Spilmoondhede vasgevang, insluitende baie Duitse Waffen-SS. Die troepe in
Budapest het tot 13 Februarie 1945 uitgehou en die daaropvolgende beleëring was een van die bloederigste
tydens die oorlog.

In die tussentyd het die Rooi Leër se 1ste, 2de en 3de Baltiese Fronte was in 'n geveg met die oorblyfsels van die
Duitse Heeresgruppe Mitte en die Heeresgruppe Nord om die Baltiese streek van die Duitsers in Oktober 1944
te ontneem. Die uitslag van die reeks veldslae was 'n permanente verlies van kontak tussen die Heeresgruppe
Nord en Mitte en die skepping van die Koerland-weerstandskol in Letland waar die Duitse 18de en 16de Leërs
(met saam meer as 250 000 man) vasgekeer was tot aan die einde van die oorlog.

Opmars na Berlyn

Siende dat die Balkan en die grootste deel van Hongarye teen laat Desember 1944 van Duitse troepe bevry was,
het die Sowjetunie 'n massa-ontplooiing in Pole begin om voor te berei vir die komende Winter-offensief.
Sowjetse voorbereidings was steeds besig toe Churchill aan Stalin gevra het om sy offensief so gou as moontlik
te loods, ten einde die Duitse druk in die weste te verlig. Stalin het ingestem en die begindatum vir die offensief
was vasgestel vir 12 Januarie 1945.

Die Sowjetse bevelvoerder, Iwan Konef, se troepe het die Duitsers in die suide van Pole aangeval en hulle
posisie het in omvang toegeneem vanaf hul brughoof by die Wisła-rivier naby Sandomierz. Op 14 Januarie het
Sowjetse bevelvoerder, Konstantin Rokossofski, se magte die Duiters vanaf die Narew-rivier noord van

https://af.wikipedia.org/wiki/Tweede_Wêreldoorlog 28/44
21/10/22, 12:57 Tweede Wêreldoorlog - Wikipedia

Warskou aangeval, terwyl bevelvoerder Georgi Sjukow se troepe in die middel vanaf hulle brughoof naby
Warskou aangeval het. Die gekombineerde Sowjetse offensief het deur die verdediging wat Oos-Pruise gedek
het, gebreek en het die Duitse front was in chaos gedompel.

Sjukow en sy troepe teen 17 Januarie ingeneem en teen 19 Januarie het sy tenks Lódz ook ingeneem. Ook op
die 19de het Konew se troepe die Duitse voor-oorlogse grens bereik. Aan die einde van die eerste week van die
offensie het die Sowjette 160  km diep in 'n front ingebeur wat 650  km wyd was. Die Sowjetse aanval het is
uiteindelik by die Oder-rivier aan die einde van Januarie gehalt, slegs 60 km van Berlyn.

Die Sowjetunie het gehoop om Berlyn teen die middel van Februarie in te
neem, maar dit het geblyk dat hulle te optimisties was. Die Duitse
versetting het, in plaas van om ineen te stort, aansienlik versterk tydens
die aanvang van die aanval. Die Sowjetse voorsieningslyne kon nie aan die
behoeftes van die troepe voldoen nie. Die dooiweer van die lente, die
gebrek aan lugversterking en die vrees vir omsingeling deur flankaanvalle
uit Oos-Pruise, Pommere en Silesië het die Sowjetse offensief stopgesit.

Die nuut geskepde Heeresgruppe Weichsel, onder die bevel van Heinrich
Himmler, het 'n teenaanvaal op die blootgestelde flank van die Sowjetse
Berlyn- en Praag-offensief op die Leër gepoog, maar het teen 24 Februarie misluk. Dit het dit aan Sjukow
Oosterse Front, 1945. duidelik gemaak dat die flank sekuur moes wees, voor enige aanval op
Berlyn geloods kon woord. Die Sowjette het hulle magte hergroepeer en na
die noorde aangeval en Duitse troepe in Pommere ontruim. Daarna van
hulle na die suide aan en ontruim hulle Duitse troepe uit Silesië.

In die suide het drie Duitse pogings om die omsingelde garnisoen in Boedapest te ontset, gefaal en die stad is
op 13 Februarie deur die Sowjetse magte ingeneem. Die Duitsers het weereens 'n teenaanval geloods: Hitler het
daarop aangedring om beheer oor die Donau te verkry. Die 16 Maart het die aanval gefaal en die Rooi Leër het
hulle teenaanval op dieselfde dag geloods. Op 30 Maart het Sowjetse troepe Oostenryk binne gegaan en Wene
is op 13 April ingeneem.

Hitler het geglo dat die Sowjetunie se hoofteiken vir hulle naderende offensief in die suide naby Praag sou wees
en nie Berlyn nie. Hy het dus sy laaste oorblywende Duitse reserwes gestuur om daardie sektor te verdedig. Die
Rooi Leër se doelwit was egter Berlyn en teen 16 April was die Sowjetunie gereed om hulle finale aanslag op
Berlyn te loods. Sjukow se magte het vanuit die middel aangeval en het die Oder-rivier gekruis, maar is daarna
deur sterk Duitse weerstand naby Seelow vasgekeer.

Na drie dae van swaar geveg en 33 000 dooie Sowjetse soldate[16] het die Sowjetse troepe deur die laaste
verdedigingslyne van Berlyn gebreek. Konew het die Oder-rivier vanuit die suide gekruis en was binne
slagwydte van Berlyn, maar Stalin het Konew beveel om die flanke van Sjukow se troepe te beskerm en nie
Berlyn self aan te val nie. Rokossowski se troepe het die Oder vanuit die noorde gekruis en het by Britse
veldmaarskalk Bernard Montgomery se magte in Noord-Duitsland aangesluit, terwyl Sjukow en Konew se
troepe Berlyn ingeneem het.

Teen 24 April 1945 het die Sowjetse leër die Duitse 9de Leër en 'n deel van die 4de Pantser Leër suid-oos van
Berlyn omsingel. Berlyn was ongeveer dieselfde tyd omsingel en, as 'n finale weerstandspoging, het Hitler die
stad se burgers, insluitende tieners en ou mens, opgeroep om in die Volkssturm-burgermag teen die naderende
Rooi Leër te veg.

Duitse troepe aan die stad se grense is versterk deur die oorblywende troepe wat teen die Sowjette naby Seelow
geveg het. Hitler het beveel dat die omsingelde Duitse 9de Leër, onder bevel van Generaal Theodor Busse, uit
moes breek an by die Duitse 12de Leër, onder bevel van Generaal Walther Wenck, moes aansluit. Na die leërs
bymekaar aangeluit het, het hulle gepoog om Berlyn van die Sowjetunie te bevry: 'n onmoontlike taak. Die
oorblywende eenhede van die 9de Leër is na die woude om Berlyn gedryf, naby die dorpie Halbe, waar hulle,

https://af.wikipedia.org/wiki/Tweede_Wêreldoorlog 29/44
21/10/22, 12:57 Tweede Wêreldoorlog - Wikipedia

tydens die Slag van Halbe, deur die Sowjetse linies probeer breek het om die Duitse 12de Leër te bereik. 'n
Klein aantal soldate het daarin geslaag om by die 12de Leër aan te sluit en het hul weg na die weste oopgeveg
waar hulle aan die Amerikaners oorgegee het.

In die tussentyd het die geveg in Berlyn voortgeduur. Die Duitsers het 'n groot aantal Panzerfausts tot hulle
beskikking gehad – 'n soort anti-tenk-handkanon – waarmee hulle 'n swaar tol van die Sowjetse geledere in die
strate van Berlyn geëis het. Die Sowjette het egter stedelike oorlogvoering in Stalingrad meegemaak en die
ervaring het bygedra tot hulle stadig maar sekere vooruitgang na die middel van die stad. Die Duitse weerstand
in die stad was volhoudend, maar die Sowjetunie het uiteindelik geseëvier. Die Sowjetunie het 360  000
sterfgetalle gehad en die Duitsers 450  000, waaronder ook siviele burgers en omtrent 170  000 Duitsers was
gevange geneem.

Hitler en sy personeel het na die Führerbunker verhuis: 'n Betonbunker onder die Reichs-kanseliersgebou in
Berlyn. Hitler het daar op 30 April 1945 saam met sy bruid, Eva Braun, selfmoord gepleeg. Hy het reeds die
vorige dag, 29 April 1945, Grootadmiraal Dönitz, as sy opvolger as staatshoof van Duitsland aangestel.

Einde van die oorlog in Europa

Franklin D. Roosevelt, Winston Churchill en Josef Stalin het reëlings getref


vir 'n na-oorlogse Europa by die Konferensie van Jalta in Februarie 1945.
Hulle ontmoeting het gelei tot baie belangrike besluite, soos die vorming
van die Verenigde Nasies, demokratiese verkiesings in Pole, die skuif van
Poolse grense na die weste (op Duitsland se onkoste), Sowjetse burgers sou
teruggevoer word en daar was ingestem dat die Sowjetunie Japan binne
drie maande van Duitsland se oorgawe sou inval.

Na Hitler se dood (op 30 April), het grootadmiraal Karl Dönitz die leier van
die Duitse regering geword en het hy die oorgawe van Duitsland beveel. Op Winston Churchill, Franklin D.
2 Mei 1945 gee Duitse troepe Berlyn oor aan die Sowjetse troepe daar. Roosevelt, en Joseph Stalin in Jalta
in 1945.
In 'n geïsoleerde insident het die Duitse troepe in Italië reeds hulle oorgawe
op 29 April belowe: by Caserta het Kolonel Schweinitz en sy adjudant,
Wenner (wat Generaal Vietinghoff verteenwoordig het), 'n dokument
onderteken wat die onvoorwaardelike oorgawe van alle Duitse troepe in
Italië vanaf 13:00 MGT (14:00 in Italië) op 2 Mei 1945 gewaarborg het. As
Dönitz se verteenwoordiger in Reims, Frankryk, beveel Kolonelgeneraal
Alfred Jodl die oorgawe van alle oorblywende troepe daar op 7 Mei. Na die
finale ondertekening van Duitse oorgawe in Berlyn op 8 Mei 1945 word
Oorwinningsdag vir die eerste keer deur Westerse Geallieerdes gevier. Te
wyte aan tydsverskille het die Sowjetunie hulle eie Oorwinningsdag op 9
Mei gevier: volgens die Sowjetse horlosie het die staking van Duitse militêre Montreal Daily Star: "Germany
aktiwiteit een minuut na middernag plaasgevind. Sommige oorblywende Quit", 7 Mei 1945
Duitse versettingstroepe was tot 11 Mei aktief (sien die Praag Offensief).[17]

Oorlog breek uit in Asië

Chinese en Suid-Asiatiese veldtogte

Op 3 Desember 1941 het die opperbevel van die Japannese militêre magte aan generaal Jasoesji Okamoera die
gesag gegee om die sanko sakusen of "drie alles"-beleid te implementeer.[18] Dié beleid was 'n verskroeide-
aarde-beleid en die "drie alles" beteken "maak alles dood", "verbrand alles" en "buit alles". Vier dae later is die
Groter Oos-Asiatiese Oorlog geloods (ook bekend as die Pasifiese Oorlog). Minder as 24 uur na die Aanval op
Pearl Harbor het Japan Hong Kong ingeval. Nie lank daarna nie was die Filippyne en die Britse kolonies

https://af.wikipedia.org/wiki/Tweede_Wêreldoorlog 30/44
21/10/22, 12:57 Tweede Wêreldoorlog - Wikipedia

Maleisië, Borneo en Mianmar aan die beurt: die Japannese was vasberade
om die olievelde van Nederlands-Oos-Indië in te neem. Ten spyte van
versetting deur die Filippynse, Australiese, Nieu-Seelandse, Britse,
Kanadese, Indiese en Amerikaanse troepe, het hierdie gebied binne enkele
maande in Japan se hande geval.

Op 15 Februarie 1942 teken Britse generaal Arthur Ernest Percival 'n


dokument wat die onmiddellike en onvoorwaardelike oorgawe van
Singapoer en die garnisoen daar aan generaal Tomojoeki Jamasjita belowe.
Ongeveer 70  000 Britse, Indiese en Australiese troepe word gevangene
geneem.[19]

Ná die aanval op Pearl Harbor het


Japan het 'n grootskaalse offensief in
China geloods. Die doel van die Die Japannese Ryk se gebied
offensief was om die strategies tydens die ryk se piek.
belangrike stad Chande in te neem; die
Japannese het reeds twee keer tevore
gefaal in hulle pogings om hierdie stad in te neem. Japan het 120  000
soldate in vier divisies byeengebring vir hierdie aanval. Die Sjinese het met
300  000 man geantwoord en die Japannese leër was gou omsingel en
Die Slag van Changde, wat ook die geforseer om terug te beweeg.
Stalingrad van die Ooste genoem is.
China en Japan het 'n Die Chinese Nasionalistiese Kwomintang-leër, onder bevel van Tsjiang Kai-
gekombineerde totaal van 100 000 sjek, en die Kommunistiese Chinese Leër, onder bevel van Mao Zedong, het
soldate in hierdie slag verloor. beide die Japannese besetting van China teëgesit, maar nooit werklik teen
die Japannese saamgewerk nie. Konflik tussen die Nasionalistiese en
Kommunistiese magte het lank voor die oorlog in aanvang geneem; dit het
ook ná, en tot 'n sekere mate ook tydens, die oorlog voortgeduur, alhoewel toe minder openlik.

Die Japannese het die oorgrote gedeelte van Birma ingeneem en die Birmaweg (wat die land met China
verbind) afgesny, met die gevolg dat die Westerse Geallieerdes die Chinese Nasionaliste nie meer van voorraad
kon voorsien nie. Hierdie verlies het die Geallieerdes forseer om 'n groot lugbrug tussen Indië en China te skep
en in stand te hou. Vlieëniers het na hierdie brug as "The Hump" verwys. Onder bevel van die Amerikaanse
Generaal, Joseph Stilwell, is die Chinese troepe in Indië opnuut opgelei en toegerus, terwyl voorbereidings
getref is om die Ledo-weg vanuit Indië te neem as 'n plaasvervanger vir die Birmaweg. Hierdie poging was
uiteindelik 'n enorme ingenieurstaak.

In April 1944 het die Japannese Operasie Ichi-Go geloods, met die doel om die
spoorwegroete tussen Peking en Nanking te beveilig en om alle Amerikaanse vliegvelde
onder die beheer van Generaal Chennault in die suidelike deel van Sjina in te neem.[20]
Die operasie was suksesvol: 'n aaneenlopende deurgang tussen Peking en Indo-Sjina is
geopen en die vliegvelde was geforseer om na die binneland te skuif. Die operasie het
egter gefaal om die leër van Tsjiang Kai-sjek te oorwin en die Amerikaners het beheer
van die Mariana-eilande in die Stille Oseaan gekry, waarvandaan hulle die Japannese
Tuiseilande kon bombardeer.
Netaji Subash
Terwyl die Amerikaners stadig maar seker die Ledo-weg van Indië na China gebou het,
Chandra Bose het
het die Japannese in Maart 1944 hulle eie offensief op Indië geloods, wat in die tyd nog
die Indiese
'n Britse kolonie was. Die "Mars na Delhi" was deur Nejati Subhas Chandra Bose in
Nasionale Leër teen
werking gestel:[21] Bose was die bevelvoerder van die Indiese Nasionale Leër, 'n mag wat die Geallieerdes
saamgestel is uit krygsgevangenes uit die Brits-Indiese Leër wat deur die Japannese gelei in Imphal en
gevangene geneem is. Chandra het 'n alliansie met die Nazi-party ('n geallieerde van Birma.
Japan) gesoek om ontslae te raak van die koloniale heersers van Indië en só die land se
onafhanklikheid te verkry.[22]

https://af.wikipedia.org/wiki/Tweede_Wêreldoorlog 31/44
21/10/22, 12:57 Tweede Wêreldoorlog - Wikipedia

Die Japannese het gepoog om die hoofmagte van die Britte en Indiërs by Imphal te vernietig. Terwyl die
Geallieerde troepe egter telkens deur lugvervoer versterk is en van voorraad voorsien is, het die Japannese
troepe se voorraad opgeraak (gedeeltelik te wyte aan stortreëns) en het hulle verhonger. Die oorblywende
troepe het mettertyd teruggetrek, ná 'n verlies van 85 000 soldate, een van die grootste Japannese nederlae van
die oorlog.

Tydens die moeson, wat van Augustus tot November 1944 geduur het, is die Japannese tot by die Chindwin-
rivier in Birma agtervolg. Met die aanvang van die droë seisoen in die begin van 1945 het die Amerikaanse en
Sjinese magte uiteindelik die Ledo-weg voltooi, alhoewel dit te laat was om enige beslissende effek te hê.
Terselfdertyd het die Britse Veertiende Leër, wat uit Indiërs, Britte en Afrikane bestaan het, 'n offensief op
Sentraal-Birma geloods. Die Japannese magte daar het 'n hewige nederlaag gely en die Geallieerdes het hulle
na die suide gevolg, waar hulle Rangoon op 2 Mei 1945 ingeneem het.

Slag van die Stille Oseaan

Hitler het sy plan om die Sowjetunie in te val nie met Japan gedeel nie. Die
Sowjetunie, wat 'n oorlog op twee verskillende fronte gevrees het, het
besluit om vrede met Japan te sluit. Op 13 April 1941 het die Sowjetunie en
Japan die Sowjets-Japannese Neutraliteitsverdrag onderteken, wat die
Japannese toegelaat het om hulle aandag op die komende oorlog in die
Asiatiese-Pasifiese streek te vestig.

In die somer van 1941 het die Verenigde State, die Verenigde Koninkryk en
Nederland 'n olie-embargo teen Japan geloods, wat gedreig het om dié land
van sy vermoë te ontneem om 'n grootskaalse oorlog op die see of in die lug Die Amerikaanse slagskepe West
te voer. Japannese magte het egter hulle opmars na China voortgesit. Japan Virginia en Tennessee word
het 'n aanval op Pearl Harbor beplan om die Amerikaanse Stille Oseaan- aangeval by Pearl Harbor.
vloot te verswak en dan die olievelde in Nederlands-Indië in beslag te
neem.

Op 7 Desember het Japan amper terselfdertyd drie verrassingsaanvalle op Pearl Harbor, Thailand en die Britse
gebiede van Maleia en Hongkong geloods. 'n Japannese vragvloot het die onverwagte aanval op Pearl Harbor
geloods. Die oorval het die meeste van die Amerikaanse vliegtuie daar vernietig en het die hoof Amerikaanse
slagvloot buite aksie gestel: drie slagskepe was gekelder en vyf ander was hewig beskadig. Die hoofdok,
voorraad- en werkswinkels is egter gou herstel. Die basis se brandstofvoorraadfasiliteite was onbeskadig gelaat,
ironies genoeg kon die verlies van hierdie fasiliteite die hele vloot in die Stille Oseaan belemmer. Die aanval het
die Amerikaanse publiek verenig in hul begeerte om wraak te neem op Japan. Die volgende dag, op 8
Desember, het die Verenigde State (en die Verenigde Koninkryk) oorlog teen Japan verklaar.

Tegelyk met die aanval op Hawaiï, het die Japannese ook Wake-eiland aangeval, 'n Amerikaanse gebied in die
Stille Oseaan. Die aanvanklike landingspoging was deur die Amerikaanse Vloot teruggedryf en die weerstand
het tot 23 Desember aangehou. Die Japannese het versterkings gestuur en die Amerikaanse garnisoen het
oorgegee toe dit duidelik word dat daar geen Amerikaanse aflossingstroepe onderwerg was nie.

Japan het ook die Filippyne, 'n Amerikaanse Gemenebes, op 8 Desember ingeval. Amerikaanse en Filippynse
magte, onder die bevel van generaal Douglas MacArthur, was geforseer om terug te trek na die Bataanse
Skiereiland. Volgehoue versetting het tot April aangehou, wat die Geallieerdes kosbare tyd besorg het. Na hulle
uiteindelike oorgawe, was die oorblywende Amerikaanse en Filippynse troepe op die Bataanse Dodemars gelei.
Geallieerde versetting het vir nóg 'n maand volgehou op die eilandvestiging, Corregidor, maar het ook
uiteindelik oorgegee. Generaal MacArthur, wat op bevel na Australië teruggetrek het, het gesweer "Ek sal
terugkeer".[23]

Die Britse vloot is swaar getref toe hulle op 10 Desember twee belangrike slagskepe, HMS Prince of Wales en
HMS Repulse, verloor het. Beide skepe is deur 85 Japannese bomwerpers en torpedovliegtuie aangeval; die
aanvallende vliegtuie was in Saigon gebaseer en 840 Britse matrose het omgekom. Winston Churchill het oor

https://af.wikipedia.org/wiki/Tweede_Wêreldoorlog 32/44
21/10/22, 12:57 Tweede Wêreldoorlog - Wikipedia

dié gebeurtenis gesê: "In die hele oorlog het ek nooit 'n meer direkte skok
gekry nie".[24]

Duitsland het op 11 Desember oorlog verklaar teen die Verenigde State,


alhoewel dit nie deur die Driesydige Verdrag vereis was nie. Hitler het
gehoop dat Japan Duitsland sou ondersteun deur die Sowjetunie aan te val.
Dit was egter nie die geval nie: Japan het 'n nie-aanvalsverdrag onderteken
en het verkies om op die uitbreiding van die Japannese Ryk na China,
Suidoos-Asië en die Stille Oseaan-gebied te fokus. In plaas daarvan dat
Duitsland se oorlogsverklaring 'n tweede front na die USSR geopen het, het
dit eerder daarin geslaag om enige opposisie in die Verenigde State oor húl
deelname aan die oorlog te stil.

Die Geallieerdes was amptelik op 1


Januarie 1942 gevorm in die
Verklaring deur Verenigde Nasies.
Admiraal Isoroku Yamamoto, die Die American-British-Dutch-
bevelvoerder van die Japannese Australian Command
Vloot, 1939–43. ("Amerikaanse-Britse-
Nederlandse-Australiese
Kommando") of ABDACOM was
gestig om die Geallieerde magte in Suidoos-Asië te verenig. Dit was die
eerste Geallieerde opperbevel van die oorlog. ABDACOM se vloot was
egter byna vernietig in die Slag in die Javasee: op daardie tydstip in die
oorlog was dit die grootste seeslag van die oorlog en het geduur vir
twee dae, vanaf 28 Februarie tot 1 Maart. Die gesamentlike bevel was
kort daarna opgeskort en vervang deur drie Geallieerde
Die Japannese koloniale ryk in sy
opperbevelvoerders in die suide van Asië en die Stille Oseaan-gebied.
grootste uitbreiding in 1942.
In April het die Doolittle-inval, die eerste Geallieerde lugaanval op
Tokio, die moraal in die Verenigde State 'n hupstoot gegee en
veroorsaak dat Japan sy hulpmiddels gebruik het om eerder op tuisverdediging te konsentreer. Die aanval self
het egter min fisiese skade berokken.

Vroeg in Mei het die Japannese Mo Sakusen (Operasie Mo)


geïmplementeer: 'n plan waarvolgens hulle Port Moresby in Nieu-
Guinee sou inneem. Die eerste fase van die plan was egter deur die
Verenigde State en Australië se vlote gekortwiek, tydens die Slag van
die Koraalsee. Hierdie slag was beide die eerste slag geveg deur
vliegdekskepe en die eerste slag waar die teenpartye nooit direkte
visuele kontak gemaak het nie. Die Amerikaanse vliegdekskip, USS
Lexington, was gekelder en die USS Yorktown was erg beskadig, terwyl
die Japannese hulle ligte vliegdekskip, Shoho, verloor het en hul groter
Shokaku matige skade gely het. Die Japannese vliegdekskip Zuikaku
het die helfte van haar vrag (vliegtuie) verloor en kon, saam met
Die Slag van Midway, Junie 1942. Shokaku, nie aan die naderende Slag van Midway in die Stille Oseaan
deelneem nie. Die slagveld was 'n taktiese oorwinning vir Japan,
aangesien hulle meer skade berokken het as wat hulle self ervaar het,
maar dit was weer 'n strategiese oorwinning vir Amerika, siende dat die beplande Japannese aanval op Port
Moresby voorkom is.

In die ses maande ná die aanval op Pearl Harbor het die Japannese byna al hulle skeepsdoelwitte bereik. Hulle
vloot van elf slagskepe, tien vliegdekskepe, agtien swaar en twintig ligte kruisers het relatief ongeskonde gebly.
Hulle het daarin geslaag om al die Amerikaanse slagskepe in die Stille Oseaan te kelder of erg te beskadig. Die

https://af.wikipedia.org/wiki/Tweede_Wêreldoorlog 33/44
21/10/22, 12:57 Tweede Wêreldoorlog - Wikipedia

Britse en Nederlands-Oosterse vlote was vernietig en die Koninklike Australiese Vloot was terug na die hawe
gedryf.[25] Die Japannese oorwinnings het berus by 'n verdedigende buitegrens van hul keuse, wat gestrek het
van die middel van die Stille Oseaan, tot by Nieu-Guinee en verder tot by Birma.

Die enigste gewigtige strategiese opposisie wat tot die Geallieerdes se


beskikking was, was die vlootbasis by Pearl Harbor, insluitende die
Amerikaanse Stille Oseaan-vloot se drie vliegdekskepe. Beide kante het
'n bepalende veldslag tussen vliegdekskepe as onvermydelik beskou en
die Japannese was vol vertroue dat hulle getallevoordeel, 10
vliegdekskepe in vergelyking met die Geallieerdes se 3, hulle die
deurslag sou gee.[26] Japan het ook die uitstekende vliegdekskip-
gebaseerde vegvliegtuig Mitsubishi A6M Zero tot hul beskikking gehad.
Hulle het 'n taakmag na Midway-atol gestuur, 'n losliggende deel van
die Hawaiïese Eilande, met die doel om die oorblywende Amerikaanse
vloot in 'n geveg te lok. Op 5 Junie het die Amerikaanse
Die Geallieerdes van die Asiese en Stille
duikbomwerpers (wat op die vliegdekskepe gebaseer was) die
Oseaan Teaters: Generalissimo Tsjiang
Japannese mag waargeneem en daarin geslaag om vier van Japan se
Kai-sjek, Franklin D. Roosevelt, en
beste vliegdekskepe te kelder tydens die Slag van Midway. In ruil het
Winston Churchill wat by die Kairo
hulle een vliegdekskip, Yorktown, verloor. Dit was 'n reuse oorwinning Konferensie ontmoet in 1943.
vir die Verenigde State en het 'n keerpunt in die oorlog in die Stille
Oseaan aangedui. Die spoed waarmee Amerikaners skepe en vliegtuie
vervaardig het, het die Japannese vermoëns oorskry en Japan het nie weer dieselfde getallevoordeel geniet nie.

In Julie het Japan weer Port Moresby in hul visier gehad, maar het die keer gepoog om die stad met landmagte
in te neem. Hulle het die Kokoda-pad geneem, 'n beboste voetpad waar soldate agter mekaar moes loop en wat
hulle deur die oerwoud en berge geneem het. 'n Australiese reserwe mag, onopgeleid, swak voorsien en in die
minderheid, het daar vir eenhede vanuit Noord-Afrika en die Amerikaanse leër gewag. Hulle het 'n vegtende
terugtrekking teen die 5000 Japannese gevoer.

Op 7 Augustus het die Amerikaanse Vloot die Slag van Guadalcanal begin. Vir die volgende ses maande het die
Amerikaanse magte die Japannese magte om beheer van die eiland geveg. In die tussentyd het hulle vlote
vurige ontmoetings in die nabye waters gehad, insluitende die Slag van Savo-eiland, die Slag van Cape
Esperance, die Seeslag van Guadalcanal en die Slag van Tassafaronga.

Laat Augustus en vroeg September, terwyl die slagvelde op die Kokoda-pad en Guadalcanal voortgewoed het, is
'n aanval deur die Japannese seesoldate by die oostelike punt van Nieu-Guinee deur Australiese magte
verslaan. Hierdie Slag van Milne Bay was die eerste nederlaag vir Japannese landmagte tydens die Pasifiese
Oorlog.

Op 22 Januarie, ná 'n strawwe slagveld by Bona en Guna, het Australiese en Amerikaanse magte die
belangrikste Japannese strandhowe in die ooste van Nieu-Guinee teruggeneem.

Amerikaanse gesagvoerders het Guadalcanal op 9 Februarie as beveilig verklaar. Magte uit Nieu-Seeland,
Australië en die Pasifiese Eilande het die verlengde taak onderneem om besette dele van die Solomon-eilande,
Nieu-Guinee en die Nederlands-Oos-Indië terug te neem, waartydens hulle van die sterkste versetting tydens
die oorlog ervaar het. Die res van die eilande was in 1943 ingeneem.

Op 30 Junie het die Geallieerdes Operasie Cartwheel geloods, 'n groot strategie vir die suide en suidweste van
die Stille Oseaan, wat daarop gemik was om die belangrike Japannese basis by Rabaul (in Nieu-Guinee) te
isoleer en van daar van eiland tot eiland te beweeg tot hulle Japan bereik. Drie hoofdoelwitte is geïdentifiseer:
herowering van Tulagi en die Santa Cruz-eilande; herowering van die noordkus van Nieu-Guinee en die
sentrale Solomon-eilande en die verswakking van die basis by Rabaul en ander verwante basisse.

Teen September het Australiese en Amerikaanse magte in Nieu-Guinee die belangrike Japannese basisse by
Salamaua en Lae ingeneem. Kort daarna het hulle die Huon Peninsula-veldtog geloods, asook die Finisterre
Range-, Bougainville- en New Britain-veldtogte. Al hierdie veldtogte het in die omgewing van Nieu-Guinee

https://af.wikipedia.org/wiki/Tweede_Wêreldoorlog 34/44
21/10/22, 12:57 Tweede Wêreldoorlog - Wikipedia

plaasgevind en was gemik teen Japannese magte.

In November het die Amerikaanse vloot die Slag van Tarawa gewen; dit was
die eerste amfibiese aanval op die Pasifiese oorlogstoneel. Die hoë aantal
sterfgevalle aan die Amerikaanse kant het hewige protes in die Verenigde
State uitgelok: dit was onverstaanbaar dat die groot verlies aan
menselewens nodig was vir so 'n klein en skynbaar onbelangrike eiland. Die
Geallieerdes het 'n nuwe beleid aanvaar en sonder meer Japannese
eilandvestigings verbygesteek: die Japannese troepe daar was afgesluit van
voorraadaanvulling en kon ook nie deur versterkingstroepe verlos word nie.

Die Geallieerde vooruitgang in die Stille Oseaan het aangehou met die
inname van die Marshall-eilande voor die einde van Februarie 1944. Sowat
42  000 Amerikaanse soldate en seesoldate het op 31 Januarie op die
Kwajalein-atol geland. Die Slag van Kwajalein het daar plaasgevind en die
eiland is op 6 Februarie ingeneem. Daarna het die Amerikaanse Vloot die
Japannese in die Slag van Eniwetok verslaan.

Die strategiese doelwit van die Verenigde State was om lugbasisse in te win
wat binne bombarderingsafstand was van die Boeing B-29 Superfortress- Die Amerikaanse lugmag het Japan
bomwerpers op die Mariana-eilande, veral Saipan, Tinian en Guam. Op 11 aangeval deur massiewe
Junie het die Amerikaanse vloot Saipan, wat deur 72 000 Japannese troepe brandbomme op Japannese stede
verdedig is, gebombardeer. 77 000 seesoldate het vanaf die 15de daar voet te laat val.
aan wal gesit en die eiland was teen 9 Julie beveilig. Japan het 'n groot deel
van sy verswakkende vloot in die Slag van die Filippynse See (19 – 20
Junie) gebruik, maar het hewige vliegtuig- en skeepsverliese gely. Ná hierdie slagveld was Japan se
vliegdekskipmag nie meer militêr effektief nie. Met die inname van Saipan was Japan ook uiteindelik binne
bereik van die B-29-bomwerpers.

Guam is op 21 Julie ingeval en op 10 Augustus ingeneem, maar die Japannese het verwoed teruggeveg:
opruimingsoperasies het lank na die amptelike einde van die veldslag voortgeduur. Tinian-eiland was op 24
Julie ingeval en op 1 Augustus ingeneem. Napalm is vir die eerste keer in die oorlog tydens hierdie operasie
gebruik.[27]

Generaal MacArthur se troepe het die Filippyne bevry, ná hulle op 20 Oktober op Leyte-eiland geland het. Die
Japannese het hulle voorberei vir 'n strawwe verdediging en het hulle laaste vlootmagte gebruik in 'n mislukte
poging om die invallende magte tydens die Slag van Leyte Golf te vernietig. Die seeslag het van 23 tot 26
Oktober 1944 geduur en word beskou as een van die grootste seeslagte in die geskiedenis. Dit was ook die
eerste slag wat Japannese kamikaze-aanvalle gesien het. Tydens die slag is die Japannese slagskip Musasji, een
van die twee grootste slagskepe wat ooit gebou is, deur 19 Amerikaanse torpedo's en 17 bomme gekelder.

Deur 1944 het Geallieerde duikbote en vliegtuie Japannese handelskepe aangeval. Die Japannese nywerheid
was skielik ontneem van dié grondstowwe wat hulle danksy die oorlog verkry het. Die hoofteiken was olie en
Japan het aan 'n tekort begin lei teen die einde van 1944. Deur die loop van 1944 het duikbote meer as twee
miljoen ton skeepsvragte gekelder,[28] waarvan die Japannese minder as een miljoen ton kon vervang.[29]
Tydens Januarie 1945 het die Verenigde State se Sesde Leër op Luzon, die hoofeiland in die Filippyne, geland.
Manila was teen Maart teruggeneem.

Die Amerikaners het die Japannese eiland Iwo Jima in Februarie ingeneem. Die eiland was psigologies
belangrik, siende dat dit 'n tradisionele Japannese gebied was wat onder administrasie van die Tokio-
prefektuur was. Die eiland was sterk verdedig met baie ondergrondse verskansings, maar was uiteindelik deur
die seesoldate ingeneem nadat hulle Suribatsji ingeneem het, 'n slapende vulkaan wat 'n hoeksteen van die
Japannese verdediging gevorm het. Die aanwins van Iwo Jima was van onskatbare waarde vir die Geallieerdes,
aangesien dit twee vliegvelde besit het wat gebruik is vir noodlandings deur die B-29-bomwerpers en omdat dit
naby genoeg was om vegtersbegeleiding te bied wat die Japannese Tuiseilande kon bereik.[30]

https://af.wikipedia.org/wiki/Tweede_Wêreldoorlog 35/44
21/10/22, 12:57 Tweede Wêreldoorlog - Wikipedia

Met die daaropvolgende inname van Okinawa-eiland, wat van April tot
Junie geduur het, is die Japannese tuisland nog meer binne bereik van
skeeps- en lugaanvalle gebring. Die Japannese het die eiland met
grondmagte en kamikaze-vlieëniers verdedig, asook die selfmoordmissie
van die slagskip Yamato, wat deur Amerikaanse duikbomwerpers gekelder
is. Die Amerikaners het 'n aantal stede, waaronder ook Tokio, met
brandbomme aangeval en in Tokio alleen het ongeveer 90  000 mense
omgekom in die aanvanklike aanval. Die digbevolktheid rondom
produksiesentrums en die houtkonstruksies van die wonings het bygedra
tot die groot verlies van menselewens. Die hawens en belangrike USS Franklin na sy swaar beskadig
watergange van Japan was tydens Operasie Uithongering met myne is deur Japannese lugaanvalle naby
bestook, wat die logistiek van hierdie eilandnasie ernstig ontwrig het. die Japannese kus op 19 Maart
1945.
Die laaste groot offensief in die suidwestelike gedeelte van die Stille Oseaan
was die Borneo-veldtog in die middel van 1945, wat daarop gemik was om
die oorblywende Japannese magte in Suidoos-Asië verder te isoleer en die bevryding van Geallieerde
krygsgevangenes te bewerkstellig.

Einde van die oorlog in Asië

Die laaste Geallieerde konferensie van die Tweede Wêreldoorlog was in die
voorstad Potsdam, net buite Berlyn, van 17 Julie tot 2 Augustus 1945 gehou.
Tydens die Konferensie van Potsdam was daar ooreenkomste tussen die
Geallieerdes getref oor beleide rakende 'n besette Duitsland. 'n Ultimatum
vir die onvoorwaardelike oorgawe van Japan is ook uitgereik.

Harry Truman, die president van die Verenigde State, het besluit om die
nuwe atomiese wapen te gebruik, ten einde 'n vroeër einde aan die oorlog te
bring. Die slagveld wat by Okinawa plaasgevind het, het gewys dat 'n inval
van die Japannese tuisland (wat vir November beplan was), tot 'n groot Clement Attlee, Harry Truman en
aantal Amerikaanse sterfgevalle sou lei. Die amptelike benadering wat aan Josef Stalin by die Potsdam-
die Minister van Oorlog gegee is, is 1,4 miljoen Geallieerde sterfgevalle, konferensie in Julie 1945.
alhoewel sommige geskiedkundiges dit nie eens is dat dit werklik die geval
sou wees nie. 'n Inval sou ook die dood van miljoene Japannese soldate
beteken het, asook burgers wat deel van die burgerlike verdedigingsmag gevorm het.

Op 6 Augustus 1945 het 'n B-29-bomwerper, die Enola Gay, 'n kernwapen genaamd Little Boy op Hirosjima
laat val, wat die stad geheel en al vernietig het. Drie dae later, op 9 Augustus, het 'n ander B-29-bomwerper,
genaamd Bockscar, 'n tweede kernwapen met die naam Fat Man op die hawestad Nagasaki laat val.

Op 8 Augustus, twee dae na die atoombom op Hirosjima laat val is, het die Sowjetunie, wat in April afstand
gedoen het van sy nie-aanvalsverdrag met Japan, die Japannese in Mantsjoerye aangeval. Die aanval was deur
die Sowjetse weermagsgroepe uitgevoer. In minder as twee weke is die Japannese leër in Mantsjoerye, wat uit
meer as 'n miljoen man bestaan het, deur die Sowjette vernietig. Die Rooi Leër het op 18 Augustus na Noord-
Korea beweeg; gevolglik is Korea by die 38ste breedetegraad in Sowjetse en Amerikaanse sones verdeel.

Die Amerikaanse ontplooiing van kernwapens teen Japan en die Sowjetse inval van Mantsjoerye het Keiser
Hirohito sover gebring dat hy die bestaande regering omseil het en tussenbeide getree het om 'n einde aan die
oorlog te bring. In sy radiotoespraak aan die nasie het hy geen melding van die Sowjetunie se intrede tot die
oorlog gemaak nie, maar in sy "Reskrip aan soldate en matrose" van 17 Augustus, waarin hy 'n vuurstaking
beveel asook die neerlê van wapens, het hy die verhouding tussen die Sowjetse toetreding tot die oorlog en sy
besluit om oor te gee beklemtoon, en geen melding gemaak van die kernwapens nie.

Japan het op 15 Augustus 1945 oorgegee en die geskrewe oorgawingsverdrag is op 2 September onderteken.
Japannese troepe in China het op 9 September 1945 aan die Chinese oorgegee.

https://af.wikipedia.org/wiki/Tweede_Wêreldoorlog 36/44
21/10/22, 12:57 Tweede Wêreldoorlog - Wikipedia

Nasleep
Die einde van die oorlog het die
afhanklikheid van baie Britse
kroonkolonies en Nederlandse gebiede
teweeg gebring, asook die vorming van
nuwe nasies en alliansies in Asië en
Afrika. Die Filippyne is in 1946
afhanklikheid toegestaan, soos vroeër
deur die Verenigde State belowe.
Frankryk het gepoog en gefaal om
beheer oor sy kolonies in Indo-China te
herwin. Besettingsones in Duitsland in 1946
na gebiedsanneksasies in die
Die paddastoelwolk afkomstig van Pole se grense is opnuut vasgestel om Ooste. Die Saarland (in die Franse
die kernwapen Fat Man styg 18 km dele van vooroorlogse Duitsland in te sone) word met strepe aangedui
bo Nagasaki, vanaf die sluit, waaronder Oos-Pruise en Opper- aangesien dit van Duitsland deur
kernontploffing se hiposentrum. Silesië, terwyl die land meeste van die Frankryk verwyder is deur 'n
gebiede wat deur die Sowjetunie protektoraat en eers in 1957 by die
geneem was in die Molotof-Ribbentrop- Federale Republiek van Duitsland
verdrag van 1939 aan die Sowjetunie ingelyf is.
afgegee is. Pole het dus as geheel
effektief na die weste geskuif. Duitsland
was in vier besettingsones verdeel en die drie sones onder die Westerse
Geallieerdes is as 'n grondwetlike monargie herstig. Die Sowjetunie se
Die koloniale gebiede in 1945. invloed het gegroei soos hulle, met die stilswyende goedkeuring van die
Weste, hul heerskappy oor die grootste dele van Oos-Europa gevestig het en
hul grense geskuif het om dele van Pole en Finland in te sluit. Hierdie
Westerse passiwiteit sou later in Sowjets-beheerde lande as die "Westerse verraad" bekend staan. Europa was
op informele wyse in Westerse en Sowjetse invloedsfere gedeel, wat die bestaande spanning tussen die twee
groepe verhoog het en aanleiding tot die Koue Oorlog gegee het.

Om toekomstige konflikte te vermy (of ten minste te minimaliseer), het die geallieerde nasies in 1945 in San
Francisco, onder leiding van die Verenigde State, die Verenigde Nasies gevorm. Een van die eerste dade van die
Verenigde Nasies was die skepping van die Israelse staat, deels in antwoord op die Sjoa.

In 1947 het die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, George Marshall die "Europese
Herstellingsprogram" ontwikkel, beter bekend as die Marshall-plan. Die plan was van 1948 tot 1952 in
uitvoering en het 13 miljard dollar vir die heropbouing van Wes-Europa toegestaan. Die Duitse besettingsones
was geko-ordineer deur die Geallieerde Kontroleraad en in 1949 het die Amerikaanse, Britse en Franse sones
saamgesmelt om die Federale Republiek van Duitsland te vorm; die Sowjetse sone het die Duitse Demokratiese
Republiek geword. In Duitsland het ekonomiese onderdrukking en "denazifisering" plaasgevind. Miljoene
Duitsers en Pole was uit hulle tuislande verdryf as 'n gevolg van gebiedsanneksasies in Oos-Europa soos
ooreengekom tydens die Konferensie van Jalta en die Konferensie van Potsdam. In die Weste is Elsas-
Lotharinge aan Frankryk terugbesorg en die Saar-area was van Duitsland geskei. Oostenryk is in vier
besettingsones gedeel, wat weer in 1955 herenig het om die Republiek van Oostenryk te vorm. Die Sowjetunie
het groot dele van die Balkan en Sentraal- en Oos-Europa beset. In alle lande wat deur hulle beset was, met die
uitsondering van Oostenryk, het die Sowjetunie Kommunistiese regimes daar gehelp om bewind te kry. Die
Sowjetunie het ook die Baltiese lande Estland, Letland en Litaue geannekseer.

In Asië is Japan deur die Verenigde State beset en deur troepe van die Statebond bygestaan, tot die
vredesverdrag in 1952 in werking getree het. Die Japannese regering was onder generaal Douglas MacArthur
ontbind en vervang deur 'n grondwetlike monargie met 'n keiser as skynhoof. Japan se nederlaag het ook gelei
tot die stigting van die Verre Oosterse kommissie, wat beleide vir Japan uiteengesit het wat vervul moes word
onder die terme van hul oorgawe. Ingevolge die ooreenkomste wat tydens die Konferensie van Jalta getref is,

https://af.wikipedia.org/wiki/Tweede_Wêreldoorlog 37/44
21/10/22, 12:57 Tweede Wêreldoorlog - Wikipedia

het die Sowjetunie Sachalin-eiland]en die Koeril-eilande beset en


daarna geannekseer. Die Japannese besetting van Korea is beëindig,
maar die skiereiland is tussen die Verenigde State en die Sowjetunie
langs die 38ste breedtegraad verdeel. In 'n verdeelde Korea sou Suid-
Korea (met die ondersteuning van die V.S.) later teen die
kommunistiese Noord-Korea veg in die Koreaanse Oorlog.

Die Tweede Wêreldoorlog was 'n beslissende oomblik in China se


geskiedenis. Voor die oorlog teen Japan is China byna 'n eeu lank
verneder deur verskeie imperialistiese magte en was dit telkens semi-
koloniale status verwys. Die oorlog het egter China se internasionale
status aansienlik verhoog. Die sentrale regering, onder Tsjiang Kai-
sjek, het daarin geslaag om meeste van die ongelyke verdrae wat China
in die laaste eeu onderteken het te herroep; daarna het China een van
die stigterslede van die Verenigde Nasies geword, asook 'n permanente
lid van die Veiligheidsraad. China het ook Mantsjoerye en Taiwan
teruggewin. Agt jaar se oorlog het egter die sentrale regering swaar
belas en baie van die nasiebouende maatreëls wat aangeneem is sedert
die begin van die regering se bewind in 1928 is deur die oorlog
omvergewerp. Kommunistiese aktiwiteite het ook wyd in besette dele
versprei, wat die naoorlogse administrasie van hierdie dele bemoeilik
het. Ontsaglike oorlogskade en die hiperinflasie daarna het die
bevolking ontmoedig, saam met die voortdurende Chinese
Post-oorlog territoriale veranderinge in Burgeroorlog tussen Kwomintang (die nasionalistiese party) en die
Oos-Europa en die vorming van die Oos- Kommuniste. Gedeeltelik te wyte aan die knou wat sy weermag en
blok. regering in die oorlog teen Japan gelei het, het die Kwomintang, saam
met die staatsmasjiene, in 1949 na Taiwan teruggetrek en in sy plek het
die Chinese kommuniste die Volksrepubliek China op die hoofland
gevestig.

Sterfgevalle, burgerlike impak en gruweldade


Benaderings vir die totaal stergevalle tydens die oorlog verskil, maar die
meeste stel voor dat sowat 60 miljoen mense gedurende die oorlog gesterf
het: ongeveer 20 miljoen soldate en 40 miljoen burgers.[31][32][33]

Baie burgers het gesterf as gevolg van siekte, verhongering, massamoorde


en volksmoorde. Van die totale sterftes tydens die Tweede Wêreldoorlog,
was 'n beraamde 85% aan die Geallieerdes se kant (meesal Sowjets en
Chinees) en 15% aan die kant van die Spilmoondhede. Een benadering is
dat 12 miljoen burgers in Duitse konsentrasie en verdelgingskampe gesterf
het (insluitende nie-Joodse slagoffers), 1,5 miljoen slagoffers deur 'n Duitse soldaat sterf vegtend naby
bomaanvalle gedood is en 7 en 7,5 miljoen in Europa en China, die einde van die oorlog in April
respektiewelik, as gevolg van ander oorsake.[34] Presiese syfers vir die 1945.
aantal sterfgevalle verskil aansienlik, siende dat die oorgrote meerderheid
van die sterftes nie aangeteken is nie.

Verdelgingskampe en slawerny

Die Sjoa (holocaust) was die uitmoring van ongeveer ses miljoen Europese Jode, asook 3 tot 5 miljoen ander
mense wat beskryf is "lewens wat nie lewe werd is nie".[35] Dit was deel van 'n doelbewuste uitwissingsprogram
wat beplan en uitgevoer is deur die Nasionale Sosialistiese regering in Duitsland onder leiding van Adolf Hitler.

https://af.wikipedia.org/wiki/Tweede_Wêreldoorlog 38/44
21/10/22, 12:57 Tweede Wêreldoorlog - Wikipedia

Naas die Nazi-konsentrasiekampe, het die Sowjetse Goelag, of


arbeidskampe, die dood van burgers van besette lande soos Pole,
Litaue, Letland en Estland tot gevolg gehad, asook Duitse
krygsgevangenes en selfs Sowjetse burgers wat ondersteuners (of
beweerde ondersteuners) van die Nazi-regering was. Japannese
gevangenekampe het ook hoë sterfgetalle gehad: baie was gebruik as
arbeidskampe en die verhongeringstoestande tussen Amerikaanse,
Britse, Australiese en ander gevangenes uit die Statebond was nie veel
beter as dié wat in Duitse kampe geheers het nie. Een benadering stel
voor dat 3,5 miljoen Sowjetse krygsgevangenes tydens die oorlog oorly
Mishandel en honger gevangenes in die het.[36] Die geskiedkundige Richard Overy gee 'n getal van 5,7 miljoen
Mauthausen kamp, Oostenryk, 1945. Sowjetse krygsgevangenes, waarvan 57% gesterf het of vermoor is.[37]

Volgens 'n gesamentlike studie deur geskiedkundiges, insluitende


Zhifen Ju, Mark Peattie, Toru Kubo en Mitsuyoshi Himeta, is meer as 10 miljoen Chinese deur die Japannese
leër gemobiliseer en as slawe gebruik in Mantsjoerye en Noord-China.[38] Volgens Mitsuyoshi Himeta het ten
minste 2,7 miljoen Sjinese gesterf as gevolg van generaal Jasoesji Okamoera se verskroeide aarde-beleid, die
Sanko sakusen.

Op 19 Februarie 1942 het Roosevelt die Uitvoerende Bevel 9066 onderteken, wat gelei het tot die internering
van ongeveer 150 000 Amerikaanse Japannese en 11 000 Amerikaanse Italianers en Duitsers, asook sommige
emigrante van Hawaiï wat gevlug het na die bombardering van Pearl Harbor.

Chemiese en bakteriologiese wapens

Ondanks die internasionale verdrae en 'n besluit geneem deur die Volkebond op 14 Mei 1938, wat die gebruik
van giftige gasse deur Japan sterk afgekeur het, het die Keiserlike Japannese Leër dikwels chemiese wapens
gebruik. Uit vrees vir vergelding vanaf die Weste, is die wapens slegs teen ander Asiatiese lande gebruik wat as
"ondergeskik" beskou was deur keiserlike propaganda. Volgens die geskiedkundiges Yoshiaki Yoshimi en Seiya
Matsuno, is die goedkeuring vir die gebruik van chemiese wapens deur spesifieke bevele van Hirohito self
gegee. Die keiser het byvoorbeeld die gebruik van giftige gasse op 375 verskeie geleenthede tydens die inval van
Wuhan (Augustus tot Oktober 1938) goedgekeur.

Baie eenhede wat deel van die Japannese leër was het met bakteriologiese wapens op mense geëksperimenteer,
insluitende die berugte Eenheid 731, wat in 1939 volgens keiserlike bevel by die Kwantoeng-leër ingelyf is.
Sulke wapens is hoofsaaklik in China gebruik en, volgens sommige Japannese oorlogsveterane, teen Mongoolse
en Sowjetse soldate in 1939 tydens die Slag van Halhin Gol( (1939).[39] Volgens sommige dokumente wat in
2004 in die Australiese nasionale argiewe deur Yoshiaki Yoshimi en Yuki Tanaka gevind is, is sianiedgas op
Australiese en Nederlandse gevangenes getoets op die Kai-eilande in November 1944.[40]

Bombarderings

Massiewe strategiese lugbombardering deur beide die Geallieerdes en die Spilmoondhede het die lewens van
honderde duisende burgers gekos. Anglo-Amerikaanse bombardering van Duitsland het tot 600  000
burgerlewens vernietig,[41] met die bombardering van Dresden wat tussen 24  000 and 40  000 lewens geëis
het. Die Engelse stad Londen het is ook deur die Duitse Luftwaffe gebombardeer tussen September 1940 en
Mei 1941, as deel van hul Blitz-aanval op Brittanje; tydens een strek is die stad vir 57 opeenvolgende aande
gebombardeer. Die Tweede Wêreldoorlog het ook die eerste en (tot sover) enigste gebruik van kernwapens
tydens stryd gesien: twee atomiese wapens is deur die Verenigde State van Amerika op die Japannese stede,
Hirosjima en Nagasaki, laat val. 'n Beraamde 200  000 mense het as gevolg van hierdie twee aanvalle
gesterf.[42]

https://af.wikipedia.org/wiki/Tweede_Wêreldoorlog 39/44
21/10/22, 12:57 Tweede Wêreldoorlog - Wikipedia

Oorlogsverhore

Sien ook: Japannese oorlogsmisdade

Van 1945 tot 1951 is Duitse en Japannese amptenare en personeel vir oorlogsmisdade aangekla. Aanklagtes het
misdade teen vrede, misdade teen die mensdom, die voer van aanvalsoorloë en ander misdade ingesluit. Die
mees senior Duitse amptenare was verhoor tydens die Neurenberg-verhore en baie Japannese amptenare by
die Oorlogsmisdaadverhoor van Tokio en ander verhore in die Asië-Pasifiese gebied. Baie minder-senior
amptenare was skuldig verklaar in kleiner verhore, insluitende opvolgende verhore deur die Nuremberg-
geregsbank, die Dachau-verhore en die Chabarowsk-verhore.

Notas
1. Die naam "Deutsches Reich" (in Afrikaans "Duitse Ryk") was die amptelike benaming van Duitsland van
1871 tot 1945 in die Duitse taal.

Verwysings
Hierdie artikel is grotendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia artikel, "World War II".

1. (de) Jacobsen, Dr. Hans-Adolf: 7. "Comando Supremo: Events of worldshistory.informbank.com


Der zweite Weltkrieg. In: Unser 1940" (http://www.comandosupr (http://worldshistory.informbank.
Jahrhundert im Bild. Gütersloh: emo.com/1940.html) (in com/articles/events/operation-b
Prisma 1985, bl. 501 Engels). Geargiveer (https://we arbarossa-military.htm.). Laaste
2. (en) "World War II: Combatants b.archive.org/web/20010813145 besoek op 23 Julie 2007.
and Casualties (1937–1945)" (h 712/http://www.comandosuprem 11. (en) Blaxland, bl. 277
ttps://web.archive.org/web/2010 o.com/1940.html) vanaf die 12. (en) CBC News Indepth: D-Day
1225004221/http://web.jjay.cun oorspronklike op 13 Augustus 1944 Front Page (https://web.ar
y.edu/~jobrien/reference/ob62.h 2001. Besoek op 27 Februarie chive.org/web/2004061221052
tml). Geargiveer vanaf die 2007. 4/http://www.cbc.ca/news/backg
oorspronklike (http://web.jjay.cu 8. "World War II in Africa Timeline: round/dday1944/).
ny.edu/~jobrien/reference/ob62. July 1940" (https://web.archive. Oorspronklike aanhaling: "You
html) op 25 Desember 2010. org/web/20150403163449/htt are about to embark upon the
Besoek op 20 April 2007. p://africanhistory.about.com/od/ Great Crusade, toward which
3. (en) Neville Chamberlain se wwiichronology/ss/WWIIJul40_ we have striven these many
radio-uitsending (http://www.st-a 3.htm) (in Engels). Geargiveer months. The eyes of the world
ndrews.ac.uk/~pv/munich/czdoc vanaf die oorspronklike (http://af are upon you. The hopes and
09.html), 27 September 1938 ricanhistory.about.com/od/wwiic prayers of liberty-loving people
hronology/ss/WWIIJul40_3.htm) everywhere march with you. In
4. (en) Churchill, Winston S. The
op 3 April 2015. Besoek op 27 company with our brave Allies
Second World War. (6
volumes). (1948–1953). ISBN Februarie 2007. and brothers-in-arms on other
978-0-395-41685-3 9. (en) Fronts, you will bring about the
http://ww2db.com/battle_spec.php? destruction of the German war
5. (en) The Polish Underground
battle_id=121 In die machine, the elimination of Nazi
State and Home Army (http://w
oorspronklik Duits: "Wir tyranny over the oppressed
ww.polishresistance-ak.org/2%2
brauchen nur die Tuer peoples of Europe, and security
0Article.htm) deur Marek Ney-
einzutreten (in Russland), und for ourselves in a free world."
Krwawicz. Laaste besoek op 29
Julie 2007. der ganze morsche Bau bricht 13. (en) Generaal Patton se troepe
zusammen", van het 600 myl (ongeveer 960 km)
6. (en) The Campaign in Norway (h http://www.koopiworld.de/pub/udssr41.htm. in twee weke gevorder: [1] (htt
ttp://www.ibiblio.org/hyperwar/U
p://www.generalpatton.com/biog
N/UK/UK-NWE-Norway/index.ht 10. (en) Die Engelse vertaling: "We
are at the end of our resources raphy.html) Geargiveer (https://
ml) deur T.K. Derry. Hoofstuk 4:
in both personnel and materiel. web.archive.org/web/20070302
British Countermeasures by
We are about to be confronted 115243/http://generalpatton.co
Sea and Air. Laaste besoek op m/biography.html) 2 Maart 2007
with the dangers of deep
29 Julie 2007. op Wayback Machine.
winter." Verkry vanaf
https://af.wikipedia.org/wiki/Tweede_Wêreldoorlog 40/44
21/10/22, 12:57 Tweede Wêreldoorlog - Wikipedia

14. (en) A World At Arms, bl. 769, have never received a more s://web.archive.org/web/200702
Gerhard Weinberg. direct shock.". 25173846/http://secondworldwa
15. (en) The Warsaw Rising: Its 25. (en) Keegan, John. The Second r.co.uk/casualty.html) 25
Causes, Course, and World War. 1989. bl. 267. Februarie 2007 op Wayback
Capitulation. (http://www.warsa Machine. Verkry op 2007-04-20.
26. (en) Keegan, John. The Second
wuprising.com/doc/okulicki1.ht World War. bl. 268. 34. (en) J. M. Winter, "Demography
m) deur Gen. Leopold Okulicki. of the War", in Dear and Foot,
27. (en) Foot, I.C.B. (2005). The
Laaste besoek op 6 September red., Oxford Companion to
Oxford Companion to World
2007. World War, bl. 290.
War II. Oxford University Press.
16. (de) http://www.gedenkstaette- bl. 118. 35. (en) Holocaust Glossary (http://h
seelower-hoehen.de/ istory1900s.about.com/library/h
28. (en) King, Admiral Earnest J.,
17. (en) Eastern Europe – 1945 (htt olocaust/aa081997.htm). Verkry
Naval Operations in the Pacific
p://www.wargamer.com/ww2tim op 8 Maart 2008.
from March 1944 to October
eline/1945eastern.asp) 1945 (http://www.shsu.edu/~his 36. (en) Soviet Prisoners of War:
Geargiveer (https://web.archive. _ncp/Compac45.html) Forgotten Nazi Victims of World
org/web/20071230180411/htt Geargiveer (https://web.archive. War II (http://www.historynet.co
p://www.wargamer.com/ww2tim org/web/20170714052054/htt m/wars_conflicts/world_war_2/3
eline/1945eastern.asp) 30 p://www.shsu.edu/~his_ncp/Co 037296.html) Geargiveer (http
Desember 2007 op Wayback mpac45.html) 14 Julie 2017 op s://web.archive.org/web/200803
Machine deur die World War 2 Wayback Machine. Sam 30210330/http://www.historynet.
Timeline van The Wargamer. 20 Houston State University. com/wars_conflicts/world_war_
Desember 2000. Verkry op 22 Verkry op 2006-07-26. 2/3037296.html) 30 Maart 2008
April 2007. 29. (en) Parshall, Jon Why Japan
op Wayback Machine. Verkry op
18. (en) Bix, Herbert. Hirohito and 8 Maart 2008.
Really Lost The War (http://ww
the Making of Modern Japan, w.combinedfleet.com/economic. 37. (en) Richard Overy: The
2000, p.366 htm). Imperial Japanese Navy Dictators Hitler's Germany,
19. (en) Cesare Salmaggi & Alfredo Page. Verkry op 2006-07-26. Stalin's Russia bl. 568–569.
Pallavisini (1977). 2194 Days of 30. (en) Yoder, Dan. The Fight for 38. (en) Zhifen Ju, "Japan's
War. Windward: Londen. Iwo Jima. In History of the atrocities of conscripting and
20. (en) Keegan, John. The Second Second World War. Sir Basil abusing north China draftees
World War. 1989. bl. 548. Hart (red). 1989. bl. 393. after the outbreak of the Pacific
war", 2002
21. (en) Peter Ward Fay, The 31. (en) accessdate=2007-04-20
Forgotten Army: India's Armed World War II: Combatants and 39. (en) Hal Gold, Unit 731
Struggle for Independence Casualties (1937–1945) (http:// testimony, bl. 64–65, 1996.
1941–1945. web.jjay.cuny.edu/~jobrien/refer 40. (en) Japan tested chemical
22. (en) Modern India deur Sumit ence/ob62.html) Geargiveer (htt weapon on Aussie POW: new
Sarkar. Macmillan. Bl 418-423. ps://web.archive.org/web/20101 evidence (https://archive.is/201
225004221/http://web.jjay.cuny. 20529003741/search.japantime
23. (en) MacArthur's Speeches: "I edu/~jobrien/reference/ob62.ht s.co.jp/member/nn20040727a9.
Shall Return." (http://www.pbs.o ml) 25 Desember 2010 op html). In die The Japan Times,
rg/wgbh/amex/macarthur/filmmo Wayback Machine. 2007-06-10. Verkry op 2007-07-
re/reference/primary/macspeec 27.
h02.html), besoek op 28 32. (en) Source List and Detailed
Februarie 2007. Death Tolls for the Twentieth 41. (en) Germany's forgotten victims
Century Hemoclysm (http://user (http://www.guardian.co.uk/else
24. (en) Sixty Years Ago: Reaction s.erols.com/mwhite28/warstat1. where/journalist/story/0,,106843
to the Attack on Pearl Harbor (h htm#Second). Verkry op 2007- 7,00.html) in The Guardian.
ttp://www.american-partisan.co 04-20.
m/cols/2002/ww2/qtr1/0111.htm). 42. (en) The Atomic Bombings of
Oorspronklike Engelse 33. (en) World War II Fatalities (htt Hiroshima and Nagasaki (http://
aanhaling: "In all of the war I p://www.secondworldwar.co.uk/ www.atomicarchive.com/Docs/
casualty.html) Geargiveer (http MED/med_chp10.shtml)

Bronnelys
(en) Arthur, Max. Forgotten Voices of the Second World War, Ebury Press (2005) ISBN 978-0-09-
189735-2

https://af.wikipedia.org/wiki/Tweede_Wêreldoorlog 41/44
21/10/22, 12:57 Tweede Wêreldoorlog - Wikipedia

(en) Bauer, E. Lt-Colonel. The History of World War II, Orbis (2000) General Editor: Brigadier Peter
Young; Consultants: Brigadier General James L. Collins Jr., Correli Barnet. (1 024 bladsye) ISBN 1-
85605-552-3
(en) Churchill, Winston S. The Second World War. (6 volumes). (1948–1953). ISBN 978-0-395-41685-3
(en) I.C.B. Dear en M.R.D. Foot, eds. The Oxford Companion to World War II (1995), 1300 page
encyclopedia covering all topics
(en) Ellis, John. Brute Force: Allied Strategy and Tactics in the Second World War (1999)
(en) Gilbert, Martin. Second World War (1995)
(en) Mark Harrison. "Resource Mobilization for World War II: The U.S.A., UK, U.S.S.R., and Germany,
1938–1945" in The Economic History Review, Vol. 41, No. 2. (May, 1988), bl. 171–192. in JSTOR (http://
links.jstor.org/sici?sici=0013-0117%28198805%292%3A41%3A2%3C171%3ARMFWWI%3E2.0.CO%3
B2-7)
(en) Keegan, John. The Second World War (1989)
(en) Jon Latimer. Burma: The Forgotten War, London: John Murray, (2004)
(en) Liddell Hart, Sir Basil. History of the Second World War (1970)
(en) Murray, Williamson en Millett, Allan R. A War to Be Won: Fighting the Second World War (2000)
(en) Overy, Richard. Why the Allies Won (1995)
(en) Shirer, William L. The Rise and Fall of the Third Reich, Simon & Schuster. (1959). ISBN 0-671-
62420-2.
(en) Smith, J. Douglas en Richard Jensen (2003). World War II on the Web: A Guide to the Very Best
Sites. ISBN 0-8420-5020-5.
(en) Weinberg, Gerhard L., A World at Arms: A Global History of World War II (2005) ISBN 0-521-44317-
2
(en) Cesare Salmaggi & Alfredo Pallavisini (1977). 2194 Days of War. Windward: Londen.

Eksterne skakels en verdere leesstof


Algemeen Wikimedia Commons
bevat media in verband
(en) Databasis van die Tweede Wêreldoorlog. (http://www.ww2db.com/) met Tweede
Geargiveer (https://web.archive.org/web/20090416083151/http://www.w Wêreldoorlog.
w2db.com/) 16 April 2009 op Wayback Machine
(de) Die Deutsche Welle se spesiale afdeling oor die Tweede Wêreldoorlog. (http://www6.dw-world.de/en/w
orldwarII.php) Geargiveer (https://web.archive.org/web/20050507150818/http://www6.dw-world.de/en/world
warII.php) 7 Mei 2005 op Wayback Machine
(en) Kanada en die Tweede Wêreldoorlog (http://www.wwii.ca/) Geargiveer (https://web.archive.org/web/20
090414134838/http://www.wwii.ca/) 14 April 2009 op Wayback Machine
(de) Die einde van die Tweede Wêreldoorlog in Duitsland (http://www.historisches-centrum.de/index.php?id
=427) – inligting oor die aanval by die Ruhr-verdedigingskol.
(en) Die Tweede Wêreldoorlog (http://www.history.com/encyclopedia.do?articleId=226140), by die webwerf
van history.com.

Media

(en) Foto's uit die Nasionale Argiewe van die V.S.A. (https://www.archives.gov/research/ww2/)
(en) Multimedia map of the war (http://english.pobediteli.ru/) — 'n Voorstelling wat die oorlog dek vanaf die
inval van die Sowjetunie tot die val van Berlyn.
(en) Duisende foto's en video-uitreksels van die Tweede Wêreldoorlog (http://warphotos.basnetworks.net/W
orld_War_Two/) Geargiveer (https://web.archive.org/web/20090519031627/http://warphotos.basnetworks.n
et/World_War_Two/) 19 Mei 2009 op Wayback Machine
(en) Die virtuele Museum of World War II (http://museumofworldwarii.com/) Geargiveer (https://web.archive.
org/web/20150415163837/http://museumofworldwarii.com/) 15 April 2015 op Wayback Machine — met
beelde en inligting
https://af.wikipedia.org/wiki/Tweede_Wêreldoorlog 42/44
21/10/22, 12:57 Tweede Wêreldoorlog - Wikipedia

(en) Plakkate uit die Tweede Wêreldoorlog (http://digital.library.unt.edu/search.tkl?type=collection&q=WWII)


Geargiveer (https://web.archive.org/web/20080415140517/http://digital.library.unt.edu/search.tkl?type=colle
ction&q=WWII) 15 April 2008 op Wayback Machine beskikbaar gestel deur die Universiteit van Texas se
digitale versameling (http://digital.library.unt.edu/).

Verhalende webwerwe

(en) Voices in the Dark (http://www.gurdjieff-legacy.org/70links/bk_voices2.htm) — Beskrywings van die


lewe in 'n Nazi-besette Parys.
(en) WW2 People's War (http://www.bbc.co.uk/dna/ww2/) — 'n Projek deur die BBC om die verhale van
gewone mense tydens die oorlog te vergader.
(en) Memories of Leutenant d.R. Wilhelm Radkovsky 1940–1945 (http://www.wilhelm-radkovsky.de/) –
Ervarings van 'n Duitse soldaat op die oosterse en westerse front.
(en) www.warsawuprising.com (http://www.warsawuprising.com/) – Die Warskou Opstand van 1944.

Dokumentêre programme

(en) The World at War (1974) is 'n 26-delige reeks deur Thames Television wat die meeste aspekte van die
Tweede Wêreldoorlog vanuit verskillende perspektiewe dek. Dit bevat onderhoude met baie sleutelfigure,
soos Karl Dönitz, Albert Speer, Anthony Eden, ens. (Imdb-skakel (https://www.imdb.com/title/tt0071075/))
(en) The Second World War in Colour (1999) is 'n dokumentêre reeks wat drie episodes beloop het en
unieke beeldmateriaal in kleur wys. (Imdb-skakel (https://www.imdb.com/title/tt0212694/))

l · b · w (https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Sjabloon:Geskiedenis_van_Europa&action=edit) [Vou toe]


Geskiedenis van Europa
Voorgeskiedenis Ou Steentydperk · Nuwe Steentydperk · Bronstydperk · Ystertydperk
Klassieke Griekeland · Romeinse Republiek · Hellenisme · Romeinse Ryk · Vroeë Christendom ·
Klassieke oudheid
Krisis van die derde eeu · Val van die Wes-Romeinse Ryk · Laat oudheid
Vroeë Middeleeue · Groot Volksverhuising · Kerstening · Frankiese Ryk · Bisantynse Ryk · Maritieme
Middeleeue Republieke · Vikingtydperk · Kiëf-Roes · Heilige Romeinse Ryk · Hoë Middeleeue · Feodalisme ·
Kruistogte · Mongoolse inval · Laat Middeleeue · Honderdjarige Oorlog · Kalmarunie · Renaissance
Reformasie · Teenhervorming · Ontdekkingstydperk · Barok · Dertigjarige Oorlog · Absolute
monargie · Ottomaanse Ryk · Portugese Ryk · Spaanse Ryk · Vroegmoderne Frankryk · Pools-
Vroegmoderne
Litause Gemenebes · Sweedse Ryk · Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande · Britse Ryk ·
Habsburgse monargie · Russiese Ryk · Verligting
Groot Divergensie · Industriële Revolusie · Franse Rewolusie · Napoleontiese Oorloë · Nasionalisme
Modern · Revolusies van 1848 · Eerste Wêreldoorlog · Russiese Rewolusie · Tussenoorlogse tydperk ·
Tweede Wêreldoorlog · Koue Oorlog · Europese integrasie
Westerse kuns · Genetiese geskiedenis van Europa · Geskiedenis van die Middellandse Seegebied ·
Sien ook Geskiedenis van die Europese Unie · Geskiedenis van Westerse beskawing · Maritieme geskiedenis
van Europa · Militêre geskiedenis van Europa

Normdata BNE: XX526764 (http://catalogo.bne.es/uhtbin/authoritybrowse.cgi?action=display&authority_id=XX52676


4) · BNF: cb11996115g (https://catalogue.bnf.fr/ark:/12148/cb11996115g) (data) (https://data.bnf.fr/ark:/12
148/cb11996115g) · GND: 4079167-1 (https://d-nb.info/gnd/4079167-1) · HDS: 008927 (https://hls-dhs-ds
s.ch/fr/articles/008927) · LCCN: sh85148273 (https://id.loc.gov/authorities/subjects/sh85148273) · LIR:
1129 (http://www.e-lir.ch/e-LIR___Lexicon.1129.450.0.html) · NARA: 10644634 (https://catalog.archives.g
ov/id/10644634) · NDL: 00570524 (https://id.ndl.go.jp/auth/ndlna/00570524) · NKC: ph117270 (https://ale
ph.nkp.cz/F/?func=find-c&local_base=aut&ccl_term=ica=ph117270&CON_LNG=ENG) · NLI: 000771537
(http://uli.nli.org.il/F/?func=direct&doc_number=000771537&local_base=nlx10) · The NLK id

https://af.wikipedia.org/wiki/Tweede_Wêreldoorlog 43/44
21/10/22, 12:57 Tweede Wêreldoorlog - Wikipedia

KSH1998001372 is not valid. · SELIBR: 139432 (https://libris.kb.se/auth/139432) · TDVİA: ikinci-dunya-


savasi (https://islamansiklopedisi.org.tr/ikinci-dunya-savasi)

Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Tweede_Wêreldoorlog&oldid=2524639"

Die bladsy is laas op 13 September 2022 om 05:38 bygewerk.

Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel. Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook
van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting.

https://af.wikipedia.org/wiki/Tweede_Wêreldoorlog 44/44

You might also like