Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 2

Social Sciences Grade 7 Term 2 Geography

Summary

Onderwerp 2 Vulkane, aardbewings en oorstromings


Eenheid1 Die struktuur van die Aarde

Hoe die kors beweeg: Inleiding tot tektoniese plate en plaatbeweging


Geoloë bestudeer die Aarde en sê vir ons dat die Aarde se oppervlak uit reusagtige blaaie of stukke
bestaan wat plate genoem word.
Hierdie plate kan duisende kilometer wyd wees met hele vastelande bo-op hulle.

1
Wat is die Aarde se “plate”?

Die Aarde se oppervlak bestaan uit baie verskillende plate wat in verskillende rigtings beweeg.

Hoe beweeg die Aarde se plate?

➢ Geoloë het die plekke bestudeer waar plate bymekaarkom en uitgevind dat hierdie plate
beweeg.

Wat sou kon veroorsaak dat hierdie massiewe, swaar plate van die Aarde beweeg?

➢ Die middelste kern van die Aarde is baie warm met rotstemperature van meer as 5 000°C.
Hierdie geweldige hitte veroorsaak konveksiestrome in die rots, wat dan deur die Aarde se
mantel beweeg en die energie verskaf wat veroorsaak dat die plate in die kors beweeg.
➢ Wetenskaplikes noem hierdie soort beweging plaattektoniek.

Soorte plaatbeweging

Voorbeeld 1

Sommige plate beweeg weg van mekaar af in verskillende rigtings, byvoorbeeld die Suid-
Amerikaanse plaat en die Afrika-plaat.

You might also like