Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 2

Mamma hoekom is daar nie meer lekkers in die kas nie, ek is lus

vir iets soet en daar is niks wat ek van hou nie…….


Waarom moet ons gesond eet? Mmmmmmmmm of waarom wil
ons net lekker eet?
Hoekom is daar advertensies van lekkers en soetgoed as ons moet
gesond eet?
Wel ek voel dit is baie belangrik om gesond te eet oor die volgende
redes.
Ons moet gesond eet om genoeg energie te he om alles te kan
doen wat van ons verwag word.
Jou brein het gesonde kos nodig om helder te kan dink.
Ontbyd is die belangrikste ete van die dag…. Maar wat moet ons
eet vir ontbyd?
Almal verkies reënboog pap of OATIES of Milo pap, maar dit is
meer suiker as gesond.
Gesonde ontbyd bestaan uit: Graankosse of mieliepap ‘n eiertjie
en roosterbroodjie, as jy laat is kan jogurt en ‘n vrug ook werk.
Drink baie water, sonder water kan jy nie genoeg suurstof na jou
brein stuur nie wat dit moeilik maak om te konsentreer. Probeer
om eerder water te drink as koeldrank of suikervrye koeldrank te
kies.
Sorg dat jy nie een ete mis nie.
Jy moet genoeg suiwel in jou liggaam kry om sterk bene en tande
te hê.
Probeer om vars kos te eet soos baie groente en vrugte wat siektes
beveg en jou gesond hou.
Vermy kitskosse, wat maklik en vinnig is maar geen
voedingswaarde het nie.
Moet nie te laat in die aand eet nie dan werwerk jou liggaam nie
die kos vinnig genoeg nie en sit om in vet.
Eet eerder klein porsies meer keer deur die dag as groot swaar
porsies.
As jy lus is om te peusel maak ‘n gesonde keuse soos vars groente
en vrugte wat baie vitamines bevat.
Ons kan nie net gesond eet nie maar moet ook oefen om gesond te
wees.
Ek verkies om gesond te eet en gesond te lewe.

You might also like