AFK1503 Study Guide

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 155

© 2018 Universiteit van Suid-Afrika

Alle regte voorbehou

Gedruk en gepubliseer deur die


Universiteit van Suid-Afrika,
Muckleneuk, Pretoria

AFK1503/1/2019–2021

70657807

Shutterstock.com beelde gebruik

Editor en Styler

PRTour_Styl
INHOUD
Voorwoord (v)
Leereenheid 0: Inleiding 1
Leereenheid 1: Wat is taal? 3
Leereenheid 2: Taalvariëteite 48
Leereenheid 3: Die aspekte van taal en taalstruktuur 77
Leereenheid 4: Taalgebruik 107

.........
AFK1503/1/2019–2021 (iii)
VOORWOORD
AFK1503 (Afrikaans Vandag: Taalkunde en Skriftelike Kommunikasie)
ondersoek taal in die algemeen, maar met ’n spesifieke fokus op
Afrikaans.
Hierdie module illustreer hoe interessant taal en taalgebruik is en
beklemtoon die belangrikheid van ’n positiewe gesindheid (positive
attitude) teenoor alle tale. Afrikaans word in detail bespreek om aan te
dui dat dié taal, met al sy variëteite, ook ’n plek in ’n multikulturele
(multicultural) en multitalige (multilingual) Suid-Afrika het.
Ons hoop dat jy na afloop van hierdie module met nuwe oë na Afrikaans
sal kyk en boonop sommer baie vaardighede sal aanleer en kennis sal
opbou, wat jy in die toekoms kan gebruik om jouself te bemagtig.

.........
(v) AFK1503/1
LE E RE E NH EI D 0

Inleiding

Leereenheid0

Beste Studente
Baie welkom by AFK1503. Alhoewel ons hard probeer om die module so
toeganklik (accessible) as moontlik vir ons Engelse studente te maak,
word die module in Afrikaans aangebied en moet alle opdragte en
eksamens steeds in Afrikaans voltooi word. Ons het egter in elke
leereenheid sekere Afrikaanse woorde in Engels vertaal (tussen ronde
hakies) en ook ’n glossarium (glossary) aan die einde van elke
leereenheid bygevoeg waar ons belangrike konsepte in Engels
verduidelik. Daar is ook verskeie aktiwiteite in elke leereenheid wat jy kan
voltooi. Hierdie aktiwiteite sal jou help om die inhoud van die leereenheid
te begryp (understand). Die antwoorde van die aktiwiteite is aan die
einde van elke leereenheid beskikbaar.
Kyk gou weer na die voorblad van hierdie gids. Is daar miskien woorde
wat jou interesseer? Is daar woorde wat jy nie geweet het bestaan nie?
In hierdie module verken ons taal, en spesifiek Afrikaans, met behulp van
vier leereenhede. Hierdie leereenhede gaan jou help om verskeie
aspekte van taal in die algemeen te begryp, maar gaan jou ook met nuwe
oë na Afrikaans laat kyk. Die leereenhede van die module lyk soos volg:

Leereenheid 1: Wat is taal?


Leereenheid 1 ondersoek die basiese kenmerke van taal asook enkele
filosofiese perspektiewe (philosophical perspectives) op taal. Aspekte
soos metafoor, nieverbale kommunikasie en die herkoms en huidige
karakter van Afrikaans word bespreek.

Leereenheid 2: Taalvariëteite
In hierdie leereenheid word die drie historiese variëteite (historical
varieties) van Afrikaans onderskei en bespreek. Die begrippe
“standaardtaal” en “Standaardafrikaans” word bepreek en daar word
verduidelik hoe ons tussen omgangsvariëteite en registervariëteite van
Afrikaans kan onderskei.

Leereenheid 3: Die aspekte van taal en taalstruktuur


Leereenheid 3 bespreek begrippe soos “teks”, “konteks”, “betekenis” en
“taalnorme”. Daar word verduidelik hoe ons tussen die denotasie en

.........
1 AFK1503/1
LEEREENHEID 0: INLEIDING

konnotasie van woorde onderskei en konsepte in die Afrikaanse


grammatika word ook ondersoek.

Leereenheid 4: Taalgebruik
In die laaste leereenheid verduidelik ons waarom lees en skryf die basis
van enige opleiding vorm. Ons ondersoek lees en skryf as aangeleerde
vaardighede en ons help jou om tussen verskillende soorte lees te
onderskei en verskillende leesstrategieë toe te pas. Ons help jou ook om
sinvol te kommunikeer deur jou skryfwerk en verduidelik hoe belangrik
korrekte interpunksie is.
Jy sal sien dat daar verskeie aktiwiteite by elke leereenheid ingesluit is.
Die antwoorde vir elke aktiwiteit verskyn aan die einde van die
leereenheid voor die glossarium. Voltooi gerus die aktiwiteite en gebruik
die antwoorde wat ons voorsien om jouself te toets. Ons hoop dat jy
hierdie module geniet. Kom ons begin!

.........
2
LE E RE E NH EI D 1

Wat is taal?
Leereenheid1

INHOUD

1.1 INLEIDING 4
1.2 KENMERKE VAN TAAL 5
1.2.1 Natuurlike taal 5
1.2.2 Aangeleer of ingebore? 10
1.2.3 Konvensie 11
1.2.4 Grammatika vs pragmatiek 13
1.2.5 Taalkontak 14
1.2.6 Nieverbale kommunikasie 16
1.2.7 Metafoor 18
1.3 DIE GRENSE VAN MY TAAL ... 20
1.3.1 Betekenis is in die struktuur opgesluit 22
1.3.2 Mag, kultuur en taal 25
1.3.3 ʼn Afrika-perspektief 26
1.4 ʼN KORT GESKIEDENIS VAN AFRIKAANS 29
1.5 DIE HUIDIGE STAND VAN AFRIKAANS 32
1.6 OM OP TE SOM 34

UITKOMSTE
Nadat jy deur hierdie leereenheid gewerk het, moet jy:
● ʼn breë oorsig van taal as verskynsel kan gee
● die kenmerke van taal kan beskryf, verduidelik en toelig met
voorbeelde (explain with examples). Dit sluit aspekte soos na-
tuurlike taal, grammatika en pragmatiek, konvensie, nieverbale
kommunikasie, taalkontak en metafoor in
● enkele aspekte binne die taalfilosofie kan verduidelik, asook
die herkoms van en invloede op Afrikaans kan weergee en
beskryf

.........
3 AFK1503/1
LEEREENHEID 1: WAT IS TAAL?

1.1 INLEIDING
Die mens is konstant besig om te kommunikeer en hierdie kommunikasie
vind in verskillende formate plaas. Kommunikasie geskied ook nie altyd
net tussen mense nie. Soms kommunikeer die mens met diere, plante,
sy/haar godheid, sy/haar rekenaar en dikwels met hom/haar self. Daar is
ʼn ewigdurende uitruil van inligting. Dink ʼn bietjie hieroor na.
As jy honde het, sal jy weet dat jou hond op verskeie maniere blaf en jy
kan gewoonlik aflei wat aangaan deur na die soort blaf te luister. Honde
se blaf klink anders wanneer vreemdelinge (strangers) verby die hek
loop as wanneer hulle met jou speel. Jy weet ook wanneer hulle iets by
jou bedel (beg) of wanneer hulle buite die deur staan en wil inkom.
Wat van jou wasmasjien, mikrogolfoond of motor? Dikwels gaan daar ʼn
alarm af wanneer ʼn bondel wasgoed klaar gewas is of wanneer jy in jou
motor begin ry en die veiligheidsgordel (seat belt) is nie vas nie. In
antieke China het soldate van rookseine gebruik gemaak om met mekaar
te kommunikeer. Dieselfde metode is deur inheemse Amerikaners
gebruik. In Europa het weermagte gewoonlik van ʼn aantal vlae (flags)
gebruik gemaak om bepaalde inligting te kommunikeer: een soort vlag
het boogskutters (archers) opdrag gegee om te mik en ʼn ander vlag het
opdrag gegee om hul pyle weg te skiet. ’n Voorbeeld van vlae wat deur
lewensredders in Brittanje gebruik word, is by figuur 1.1 op p. 4 ingesluit.

FIGUUR 1.1
Vlae wat deur lewensredders in Brittanje gebruik word.1

Het jy geweet dat bome met mekaar kommunikeer? Hulle stuur


chemiese inligting deur hul wortels en blare en dra só inligting aan ander
bome oor (Fleming, 2014; Salleh, 2015). Byvoorbeeld, wanneer diere
aan bome se blare begin eet, waarsku hulle mekaar dat daar indringers
(intruders) in die omgewing is en dat beskermingsmeganismes (safety
measures) toegepas moet word.

1. Erkenning: Owain Davies. Kopieregvry: https://creativecommons. org/licenses/by/3.0/


deed.en
.........
4
Leereenheid 1: Wat is taal?

Hoe pas taal nou juis hierby in? Taal is ook ʼn kommunikasiesisteem
(system of communication), net soos die rookseine, vlaggebruik en
chemiese boodskappe. Trouens, dit is een van die kompleksste en
fassinerendste (most fascinating) kommunikasiesisteme in die wêreld. In
hierdie kursus wil ons kyk hoe taal lyk, meer spesifiek Afrikaans. Hoe lyk
Afrikaans? Watter soorte Afrikaans kry ’n mens? En hoe gebruik ons
Afrikaans? Voordat ons op Afrikaans konsentreer, moet ons eers sin
maak van taal op sigself. Ons weet nou dat taal ʼn kommunikasiesisteem
is, maar wat beteken dit nou eintlik? Dit is die doel van hierdie
leereenheid, om kennis te maak met taal as verskynsel.
In hierdie leereenheid bestudeer ons:
● die basiese kenmerke van taal,
● enkele filosofiese perspektiewe op taal,
● aspekte soos metafoor en nieverbale kommunikasie, en
● die herkoms en huidige karakter van Afrikaans.
Kyk gou na die volgende oefening voordat jy verder lees:

A K T I W I T E I T 1.1
Ons het reeds na ʼn aantal kommunikasiesisteme verwys soos die
gebruik van rookseine, vlae en selfs biologiese prosesse. Daar
bestaan baie soorte kommunikasiesisteme. Sommige hou direk
met menslike taal verband, terwyl ander uniek is. Baie van hierdie
sisteme is tydens oorloë (wars) ontwikkel sodat troepemagte met
mekaar kon kommunikeer sonder dat die vyand verstaan. Watter
ander voorbeelde kan jy opnoem wat van die volgende sintuie
(senses) afhanklik is?
a) klank (hoorsintuig)
b) gevoel (tassintuig)
c) reuk (reuksintuig)
d) smaak (proesintuig)

1.2 KENMERKE VAN TAAL


Die woord “taal” kom van Germaans af en beteken “om te tel” of “vertel”.
Die Engelse woord “tale” (‘verhaal’) hou hiermee verband. Die Latynse
woord vir taal, lingua, wat aanleiding gegee het tot woorde soos
“language” en “linguis”, beteken “tong” (Engels: “tongue”). Kan jy sien dat
daar ʼn ooglopende verband tussen taal en kommunikasie as fisieke
(physical) daad is? Baie tale regoor die wêreld deel ʼn aantal kenmerke,
soos die gebruik van werkwoorde, die onderskeid tussen eerste, tweede
en derde sprekers, die gebruik van verkleinings en meervoude, en so
meer. Ons bespreek enkele van die tipiese taalkenmerke hier onder.

1.2.1 Natuurlike taal


Taal wat deur mens en dier gebruik word, word natuurlike taal (natural
language) genoem. Met ander woorde, dit het vanself oor ʼn tydperk
ontwikkel. ʼn Voorbeeld van kunsmatige taal (artificial language) is die

.........
5 AFK1503/1
LEEREENHEID 1: WAT IS TAAL?

syfers, kodes en algoritmes wat deur rekenaars gebruik word. ʼn


Rekenaar kommunikeer dus nie met jou omdat dit wíl nie, maar omdat
rekenaars daarvoor geprogrammeer is. Natuurlike tale kom in twee
vorme voor, naamlik praattaal (spoken language) en gebaretaal (sign
language).

Praattaal
Gesproke tale bestaan uit (consists of) ʼn fonologiese struktuur
(phonological structure). Dit wil sê, die taal bestaan uit klanke. Daardie
klanke word saamgevoeg om woorde, sinne en groter stukke gesproke
teks te vorm. ʼn Mens enkodeer (encode) dit wat jy hoor, sodat jy die
inligting kan verstaan. Die fonologiese struktuur verskil van taal tot taal
en sluit aspekte soos toon (tone) en aksent (accent) in. Wanneer
sprekers bepaalde idees wil beklemtoon, mag hulle geselekteerde
woorde aksentueer (accentuate) (harder of stadiger uitspreek). In
sommige tale verander die toon die betekenis van woorde.
Chinees is ʼn goeie voorbeeld hiervan. In Mandaryns is daar ten minste
vier tone: ʼn hoë toon, ʼn lae toon, ʼn toon wat styg en ʼn toon wat daal. Die
tone is nodig om woorde se betekenisse te onderskei. Kyk ʼn bietjie na
tabel 1.1.

TABEL 1.1: Vier tone in Chinees

Mandarynse woord Toon Betekenis



� hoë toon “moeder”


� styg van middel na hoog “om te pla”

mă daal eers en styg weer “perd”


� daal van hoë toon “om te berispe”

In Leereenheid 3 sal jy meer leer van die fonetiese en fonologiese


struktuur van Afrikaans. Maar voordat jy verder lees of na Leereenheid 3
blaai, doen eers vinnig die volgende oefening.

A K T I W I T E I T 1.2
1. Kan jy aan voorbeelde in Afrikaans dink waar die toon of ak-
sent die betekenis van woorde of sinne kan verander? Skryf
jou voorbeelde gou neer.
2. Kyk na die volgende sinne. Die onderstreepte woord word
telkens beklemtoon. Hoe verander die verskillende klemme
die betekenis van die sin?
a) Jan skop die bal pale toe.
b) Jan skop die bal pale toe.
c) Jan skop die bal pale toe.
d) Jan skop die bal pale toe.

.........
6
Leereenheid 1: Wat is taal?

Gebaretaal
Hoe funksioneer gebaretaal? Gebaretaal werk op dieselfde beginsel as
gesproke taal en besit daarom ook ʼn fonologiese struktuur. Die verskil is
egter dat die fonologie nie uit klanke bestaan nie, maar uit vinger- en
handbewegings. In gebaretaal is daar drie aspekte waaraan alle tekens
moet voldoen: posisie, handvorm en beweging (Baker et al, 2016;
Deumert, 2011). Kom ons kyk na figuur 1.2 (p. 8), waarin die teken vir die
woord “kultuur” in Suid-Afrikaanse gebaretaal (afgekort as SASL)
gedemonstreer word. Die letter A dui die teken- of gebaarruimte (sign
space) aan: min of meer vanaf die hoof tot die middellyf. Alle tekens moet
binne hierdie ruimte gekommunikeer word. Dit wil sê, dat jy nie tekens
agter jou rug of laer as jou bolyf maak nie. Dit is dieselfde in gesproke
taal. Jy draai tog nie jou kop na agter wanneer jy met iemand praat wat
voor jou sit of staan nie? Omdat gebaretaal ʼn visuele taal (visual
language) is, moet gespreksgenote (conversational partners) mekaar
kan sien.
Die letter B dui die eerste twee aspekte vir tekens aan (posisie en
handvorm). Sien jy dat al twee hande ʼn baie spesifieke posisie teenoor
die bors inneem? Beide hande neem ook ʼn baie bepaalde vorm aan. Die
regterhand is toe, terwyl die wysvinger regop staan. Die linkerhand is oop,
maar gekrom. Die linkerhand is verder besig om rondom die regterhand
se wysvinger te beweeg (letter C). Net soos wat die uitspreek van
verskillende klanke en aksente die betekenis van ʼn woord kan verander,
kan die beweging, handvorm en plasing (location) van die hand (e) die
betekenis van ʼn teken in gebaretaal verander. Met ander woorde, jy kan
nie tekens maak soos jy lus het nie; daar is ʼn baie spesifieke struktuur
wat gehandhaaf word.
Wat van toon of aksent? Dink jy so iets kan ook in gebaretaal voorkom?
Natuurlik! Wanneer iemand sagter praat, word die tekens taamlik in die
middel van die gebaarruimte gevorm, en wanneer iemand hard praat,
word groter gedeeltes van die gebaarruimte opgeneem (byna soos
wanneer jy ʼn e-pos IN HOOFLETTERS SKRYF). Dit is maar een manier
om aksent aan te dui.

.........
7 AFK1503/1
LEEREENHEID 1: WAT IS TAAL?

FIGUUR 1.2
SASL vir die woord “kultuur”

A K T I W I T E I T 1.3
1. Daar is ʼn wanopvatting (misconception) onder die meeste ho-
rende mense (hearing individuals) dat daar eintlik net een ge-
baretaal is en dat daardie taal regoor die wêreld verstaan
word. Stel dit op die proef! Soek die volgende woorde in te-
kenwoordeboeke op (ons gee vir jou die verskillende tale
tussen hakies). Skryf kort notas oor hoe hierdie tekens van
mekaar verskil en/of ooreenkom. Let veral op na posisie,
handvorm en beweging. Om hierdie taak uit te voer, het jy
die internet nodig.
NOTA: ASL (Amerikaanse gebaretaal), DGS (Duitse geba-
retaal), LSF (Franse gebaretaal), NGT (Nederlandse ge-
baretaal)

a) “koffie” (ASL, NGT, SASL)


b) “asseblief” (ASL, DGS, SASL)
c) “sport” (ASL, LSF, SASL)
d) “praat” (NGT, SASL, LSF)

.........
8
Leereenheid 1: Wat is taal?

Skryftaal
Die mens het vroeg reeds ʼn behoefte gehad om sy taal neer te skryf. Van
die vroegste en bekendste vorme van skryftaal is spykerskrif (cuneiform)
uit Soemerië en hiërogliewe (hieroglyphs) uit Egipte. Vandag bestaan
daar ʼn aantal geskrewe vorme (written forms). In die meeste Westerse
lande word variasies van Romeinse skrif gebruik, terwyl taalgroepe in
veral Asië uiteenlopende (diverse) skrifstelsels beoefen. Kyk na figuur
1.3 vir voorbeelde.
Sommige skryfstelsels maak gebruik van logogramme. ʼn Logogram is ʼn
karakter wat een woord of konsep verteenwoordig. Mandarynse skrif
bestaan uit logogramme. In Afrikaans en Engels geld die &, % en die @
as logogramme. ʼn Taal soos Japannees word in lettergrepe geskryf. Met
ander woorde, elke kanji-karakter in Japannees verteenwoordig een
lettergreep in ʼn woord.

FIGUUR 1.3
Skrifsoorte

Afrikaans en Engels gebruik ʼn alfabet om vokale (vowels) en konsonante


(consonants) voor te stel. Hierdie skryfstelsel word ʼn segmentale
(segmental) stelsel genoem, omdat ons woorde en sinne as
klanksegmente voorstel. Maar, soos jy reeds gesien het, kombineer ons
die alfabet met ander simbole soos logogramme (logograms) en syfers.
Skrif is natuurlik nie beperk tot mense wat kan sien nie. ʼn Unieke
skryfsisteem vir gesiggestremde (visually impaired) mense is deur die
Fransman Louis Braille ontwikkel. Dit is gebaseer op Charles Barbier se
militêre nagskrif (night writing), wat Napoleon se soldate in staat gestel
het om snags sonder lig of geluid te kommunikeer. Braille-karakters
bestaan uit vierkantige blokkies wat klein kolletjies bevat. Hierdie
blokkies word selle genoem en bestaan uit ses of agt kolletjies. Die
kolletjies is in spesifieke kombinasies gedruk om knoppies (bumps) te
vorm wat met die vingerpunte gevoel word. Kyk weer na die voorbeeld in
figuur 1.3. Braille onderskei verder tussen drie grade. By Graad 1
verteenwoordig elke Braille-karakter sy ekwivalent in ʼn bestaande alfabet.
Graad 2 verteenwoordig afkortings vir elke karakter, om spasie te
bespaar. Graad 3 verteenwoordig meestal persoonlike of onkon-
vensionele (unconventional) afkortings. Hoewel ʼn Standaardbraille-
alfabet gebruik word, het elke taal sy eie hantering van spesiale
karakters. Byvoorbeeld, ʼn “ê” in Afrikaans word voorgestel as . Die
afkortings, wat eie is aan elke taal, maak dit veral vir volwassenes
moeilik om Braille aan te leer.

.........
9 AFK1503/1
LEEREENHEID 1: WAT IS TAAL?

Die geskrewe vorm van taal het so belangrik geraak dat lees en skryf as
noodsaaklike vaardighede (skills) beskou word. Die sukses en
vooruitgang (progress) van ʼn land word dikwels aan sy geletterd-
heidsvlakke (literacy levels) gemeet. Suid-Afrika se geletterdheid word
bereken op meer as 90%, terwyl lande soos Suid-Soedan (30% en
minder) en Mosambiek (50% en minder) veel swakker vaar (Roser &
Ortiz-Ospina, 2016). Hoe meer mense in ʼn bevolking kan lees en skryf,
hoe beter vaar só ʼn land. Dit is egter nie waar vir alle lande nie. In
sommige lande is die geletterdheid baie hoog (soos in Argentinië,
Georgië en selfs Spanje), maar gaan dit ekonomies nie baie goed nie.
Wanneer mense nie kan lees of skryf nie, word hulle ingeperk (restricted).
Ongeletterde mense het beperkte toegang tot inligting. Stel jou voor, hoe
weet jy hoeveel ʼn brood kos of hoe laat die trein arriveer as jy nie kan
lees nie en daar niemand is vir wie jy kan vra nie? Dink ʼn bietjie hieroor
na. Hoe baie lees en skryf jy per dag? Hoeveel boodskappe stuur jy om
die uur aan mense?

A K T I W I T E I T 1.4
Kom ons doen ʼn eksperiment. Hou rekord van jou skryf- en
leesgewoontes vir een dag. Skryf neer elke keer wat jy iets lees en
elke keer wat jy iets skryf. Elke reaksie op ʼn teksboodskap (soos ʼn
SMS) word afsonderlik getel. Hou veral kop wanneer jy op sosiale
media klets (chat). Wanneer jy met ʼn geskrewe gesprek (live chat)
besig is, geld elke beurt as ʼn afsonderlike lees- en skryfaksie. Met
ander woorde, as jy 17 beurte gehad het om terug te skryf, tel dit
as 17 afsonderlike skryfaksies. As jou gespreksgenoot 18 skryf-
beurte gehad het, tel dit vir jou as 18 leesaksies.

Onthou verder dat jy gewoonlik die volgende in die loop van ʼn dag lees:
● opskrifte teen lamppale ● advertensies
● e-posse ● webblaaie
● artikels ● die inligting op klere (soos
● hoofstukke/paragrawe in boeke groottes, wasinstruksies, tekstiel)
● instruksies (byvoorbeeld op ʼn ● dagboekinskrywings (reminders)
pakkie noedels)
● jou horlosie
● Facebook, Twitter of Instagram

1.2.2 Aangeleer of ingebore?


Wat dink jy? Word ʼn mens gebore met ʼn natuurlike vermoë (natural
ability) om taal te verstaan, of is taal net nog een van die talryke
vaardighede (numerous skills) wat ʼn mens na geboorte moet aanleer
(aquire)? Hierdie vraag verdeel taalkundiges in twee kampe: diegene wat
glo taal is ingebore en dié wat dink taal word aangeleer. Dié wat sê dat
taal ʼn ingebore vermoë (innate ability) is, dink dat mense op natuurlike
wyse wéét hoe woorde gevorm en sinne gestruktureer word. Aan die
ander kant argumenteer taalkundiges dat mens taal aanleer deur

.........
10
Leereenheid 1: Wat is taal?

patrone, verhoudings en vorme raak te sien deur die taal van ander waar
te neem. Daardie waarnemings word dan deel van ʼn spreker se geheue.
Die woord “moedertaal” impliseer dat taal iets is wat jy by jou ma leer. Of,
ten minste, by iemand ouer as jy. In April 2017 is ʼn dogtertjie in die
noorde van Indië gevind waar sy vermoedelik tussen apies in ʼn woud
gewoon het (Fonrouge, 2017; Gupta & Brulliard, 2017). Hoewel
owerhede mettertyd besef het dat die kind waarskynlik kortstondig
(briefly) op haar eie was, was daar wel tekens van menslike taal
teenwoordig. Dit suggereer dat sy wel kontak met mense gehad het.
Haar taal was egter baie gebrekkig (broken). Wat kan ons hieruit aflei?
As die dogtertjie regtig deur apies grootgemaak is, sou sy verskillende
(betekenisvolle) geluide gemaak het soos die apies. Sy sou nie vanself,
sonder mense om haar, ʼn taal kon aanleer nie.
Die vermoë om taal aan te leer, plaas mense in ʼn goeie posisie, want ʼn
gemiddelde mens het die verstand om meer as een taal te praat.
Wanneer mense ander tale aanleer, leer hulle ook nuwe sosiale
konvensies (social conventions) aan. Elke taal word deur sy eie
konvensies geskep. Maar wat is sosiale konvensies?

1.2.3 Konvensie
Konvensies ontstaan wanneer iets reëlmatig plaasvind en daardie
gewoonte die norm begin word. Wanneer iets vir ʼn groep mense
algemeen aanvaarbaar (acceptable) raak, begin meer en meer mense
daardie gewoonte as reëls binne die samelewing aanneem. Mettertyd
begin die meeste mense daardie reëls volg en word daar ook van
nuwelinge verwag om daardie reëls te aanvaar (sien Kölbel, 2006). Kom
ons kyk na figuur 1.4 (p. 11) om konvensie te illustreer.
Ons is seker daarvan dat jy elkeen van hierdie stoptekens verstaan, selfs
al kan jy nie Frans, Chinees of Arabies praat nie. Jy sou sekerlik elke
teken verstaan het, selfs al het ons nie die verkeersteken van Suid-Afrika
ingesluit nie. Hoe weet ons dat só ʼn bord beteken “om stil te hou”? Is dit
weens die woord “stop”? Is dit weens die wit letters op ʼn rooi agtergrond?
Is dit weens die agt hoeke van die bord? Wie moet stilhou? Moet slegs
motoriste stop of moet voetgangers ook stop wanneer hulle hierdie teken
sien? En waarom lyk soveel van hierdie tekens dieselfde regoor die
wêreld? Konvensie!

FIGUUR 1.4
Stoptekens uit verskillende lande

In 1968 het die Verenigde Nasies riglyne opgestel waarvolgens lande hul
verkeerstekens kan ontwerp. Die dokument het onmiddellik ʼn konvensie

.........
11 AFK1503/1
LEEREENHEID 1: WAT IS TAAL?

geskep. Die agthoekige bord is deur Brittanje gebruik en het vinnig na


ander lande versprei. Geen land word verplig om hierdie stoptekens te
gebruik nie, maar omdat soveel mense die vorm en kleur van die
agthoekige stopteken ken, word daar ʼn verwagting geskep dat alle lande
sal konformeer (conform). ʼn Baie goeie voorbeeld hiervan is Japan.
Japannese gebruik ʼn driehoekige bord vir ʼn stopteken (kyk na figuur 1.5).

FIGUUR 1.5
Japannese stopteken

As jy dus hierdie teken sou teëkom, het jy heel waarskynlik nie verstaan
wat dit beteken nie, want dit is onkonvensioneel (unconventional). Japan
het ongeveer 1,7 miljoen van hierdie borde regoor die land. In 2016 het
Japan aangekondig dat hulle moontlik die huidige borde gaan vervang
met die agthoekige borde sodat besoekers vir die 2020 Olimpiese Spele
met groter gemak in Tokio kan rondbeweeg (The Japan Times, 2016;
Marshall, 2016).
Hoe sluit dit by taal aan? Taal werk presies dieselfde! Ons praat van ʼn
‘perd’ in Afrikaans, maar van ʼn “doki” in Hausa, ʼn “ihhashi” in Zoeloe en ʼn
“farasi” in Swahili omdat die sprekers van hierdie tale oor tyd heen op
hierdie uitsprake (pronunciations) en spellings besluit het. Hoewel
Afrikaans sy woordeskat en grammatika grotendeels van Nederlands
geërf het, het die Afrikaanse spraakgemeenskap besluit om woorde
anders te spel en om die meeste woorde anders uit te spreek.
Byvoorbeeld, die rede waarom Afrikaanssprekende inwoners van
Pretoria plat klanke oorrond (“ma” en “pa” as “mô” en “pô” ...), is weens
die sosiale konvensies in die stad. Enkele mense het begin om só te
praat en later het meer mense die uitspraak aanvaarbaar gevind. Vandag,
weens die invloed van televisie, begin Afrikaanssprekendes in die
Vrystaat en die Wes-Kaap ook plat klanke oorrond.
Konvensies is egter nie vaste reëls nie. Soos wat kulture en samelewings
verander, so verander konvensies ook. Wat vandag as onaanvaarbare
uitspraak geld, word môre oral aanvaar. Kulturele invloed is ʼn belangrike
faktor by die ontstaan en instandhouding van konvensies. In afdeling 1.3
praat ons oor arbitrêrheid (arbitrariness) en hoe dit by konvensie aansluit.

A K T I W I T E I T 1.5
Is jy bewus van die verskillende konvensies wat jy reëlmatig
toepas (apply routinely)?
Watter sosiale konvensies gebruik ons wanneer
● ons mekaar groet (as vriende, familie en kollegas)?

.........
12
Leereenheid 1: Wat is taal?

● ons ʼn straat moet oorsteek?


● ons met mekaar praat terwyl ons eet?
1. Die antwoorde by die eerste vraag is kultuursensitief en
stem nie noodwendig almal ooreen nie. Reflekteer ʼn bietjie
oor jou antwoorde by Vraag 1. Waar kom die gebruike wat
jy gelys het, vandaan? Wie dink jy het daaroor besluit?
2. Sommige sprekers van Afrikaans gebruik eerder die woord
“kanalla” as “asseblief”, of “dankie” as “trammakassie”, ter-
wyl ander woorde soos “awê” regoor die spraakgebied in
gewildheid toeneem.
a) Watter woord kom die meeste in jou omgewing voor?
{kanalla/asseblief}; {dankie/trammakassie}.
b) Wie gebruik hierdie woorde en waarom?
c) Stel ʼn bietjie ondersoek in na die uitspraakverskille
van hierdie vier woorde. Jy kan dit doen deur mense
waar te neem wanneer hulle die woorde onbewus ge-
bruik, of jy kan individue (wat die woorde goed ken)
vra om dit vir jou uit te spreek. Teken die verskil in uit-
spraak aan en onthou om aan te dui waar jou respon-
dent hom/haar bevind.

1.2.4 Grammatika vs pragmatiek


Ten spyte van konvensionele invloede is ʼn taal gebonde aan vaste
taalreëls, beter bekend as grammatika (grammar). Grammatika is ʼn
beskrywing van die struktuur van ʼn taal, en is geneig om voorskriftelik
(prescriptive) te wees in hoe ons ʼn bepaalde taal moet/mag gebruik
(Aarts, 2006). Wat word alles by grammatika bepaal?
● Die posisie van woorde in ʼn sin.
● Die manier waarop ons tyd uitdruk (teenwoordige, verlede en toeko-
mende tyd).
● Die kategorieë waarin woorde geklassifiseer word; met ander woorde,
woordsoorte (parts of speech).
● Die manier waarop ons hoofsinne en bysinne struktureer en by me-
kaar laat aansluit.
● Die manier waarop ons ontken (negate), spel en woorde uitspreek.
Grammatika verskil uiteraard van taal tot taal. Sommige tale ken ʼn
geslag aan elke selfstandige naamwoord toe (byvoorbeeld Duits, Frans,
Italiaans); daar is tale wat alle woorde in klasse verdeel (Sepedi), en daar
is tale waarin naamwoorde geen meervoud neem nie (Maleis). Hierdie
verskynsels word gewoonlik deur grammatika gereguleer. Afrikaans
verbuig byvoorbeeld nie selfstandige naamwoorde na aanleiding van
geslag, naamval of getal nie.
Mens loop egter nie met ʼn grammatikahandboek onder die arm rond nie.
Hoewel ons dikwels die reëls van ʼn taal ken, gebruik ons taal op unieke
maniere in uiteenlopende kontekste (contexts). Dit wil sê, ons pas
gereeld die reëls aan afhangende van die konteks. Wanneer ons op
taalgebruik fokus, verwys ons na pragmatiek (pragmatics). Pragmatiek
bestudeer die maniere waarop mense taal binne sosiale situasies
gebruik. Menslike kommunikasie het nie nodig om grammatika getrou te

.........
13 AFK1503/1
LEEREENHEID 1: WAT IS TAAL?

volg nie (Mey, 1994); dit is waar die kreatiwiteit en uniekheid van ʼn taal
lê: sprekers kan woorde en sinne skep wat vantevore nie bestaan het nie.
Die pragmatiek het ons ook geleer dat sprekers baiekeer een ding sê,
maar eintlik iets anders bedoel; soms verstaan hoorders (listeners)
presies wat gekommunikeer word, en ander kere ontstaan daar
misverstande (misunderstandings). Dit is ook hier waar die belang van
konteks die sterkste na vore tree. Sonder konteks kan ons meestal nie
sin maak van wat mense sê nie. Vir meer inligting oor konteks kan jy
Leereenheid 3 raadpleeg.

A K T I W I T E I T 1.6
1. Bepaal of die volgende sinne grammatikaal korrek is of nie.
Indien nie, verduidelik waar die grammatikafout lê.
a) “Dankie, maar nee.”
b) Ek gee vir André ʼn saamrygeleentheid werk toe, want sy
koets is by die dokter.
c) “Weet jy, people can’t think for themselves; ek’s so
moeg om ander se werk vir hulle te doen!”
d) Marvyn behoort nie Maandag by die werk te wees.
e) Wanneer mens op vakansie is, is daar ook maar stuff om
te doen.
2. Bestudeer die twee scenario’s wat ons hier onder gee. Wat
kommunikeer die spreker(s) alles? Hoeveel boodskappe is by
elke scenario betrokke?
Scenario 1 Scenario 2
Sannie is saam met haar Shamielah en Caroline deel
vriende by ʼn nagklub. Terwyl ʼn kantoor. Al twee is altyd
sy by die kroegtoonbank vroeg by die werk. Hierdie
staan en kuier, kom Koos Vrydag kom Shamielah egter
aangestap. Hy tik haar op 45 minute laat. Wanneer sy
die skouer en sê: by die deur instap, begin die
“Hi. Ek is Koos.” volgende gesprek:
Caroline: “Ek dag amper ek
moet die polisie bel!”
Shamielah: “Modderpote op
my Vrydagrok!”

1.2.5 Taalkontak
Baie mense verkeer onder ʼn erge wanindruk dat ʼn taal suiwer (pure) kan
wees. ʼn Mens sien dit gereeld onder Afrikaanssprekendes wat daarop
aandring dat jy iets in “suiwer Afrikaans” sê of skryf. Daar bestaan nie so
iets soos ʼn suiwer taal nie, want mense woon nie in isolasie nie. Daar is
kontak tussen mense en omdat daar kontak tussen mense is, is daar ook
kontak tussen tale. Taalkontak (language contact) is meestal sigbaar in
woordeskat en vind plaas deur middel van ontlening (borrowing). Die

.........
14
Leereenheid 1: Wat is taal?

woord “ontlening” beteken dat ʼn woord in een taal deur die sprekers van
ʼn ander taal oorgeneem word. Ontlening is nie beperk tot woordeskat nie
en kan ook grammatikale elemente en klanke insluit (Mesthrie & Leap,
2009). Soos Mesthrie en Leap (2009) tereg opmerk, is die term
“ontlening” nogal vreemd, want sodra ons ʼn woord uit ʼn ander taal leen,
is ons nie van plan om dit terug te gee nie!
Woorde word vir uiteenlopende redes geleen. Soms bestaan die konsep
in jou taal, maar ʼn gepaste woord ontbreek; soms beskryf die woorde in
ʼn ander taal ʼn konsep aansienlik beter. Dit gebeur ook dikwels dat
wetenskaplike en tegnologiese vooruitgang daartoe lei dat ons nuwe
produkte, prosesse of verskynsels moet benoem en dan leen ons maklik
by ander tale. Wanneer ʼn groep mense in ʼn nuwe omgewing beland,
soos die Nederlanders aan die Kaap, dan ontstaan daar uiteraard ook ʼn
behoefte om sake te benoem. Om woorde te ontleen is nie ʼn negatiewe
ding nie, maar ʼn taal kan verswak wanneer te veel woorde onnodig
ontleen word.
Ons sit vandag egter met vreeslik baie woorde wat ons van ander tale
geneem het, maar wat mense nie besef is “vreemde” woorde nie; hulle
vorm so ʼn integrale deel van ons eie taal en kultuur. Dit gebeur
gedeeltelik omdat ons die ontleende woord by ons eie fonologie en
grammatika aanpas, met ander woorde ons spreek die woord op ons eie
manier uit en verbuig die geleende woord soos al die ander woorde in
ons taal (Mesthrie & Leap, 2009). Die South African Concise Oxford
Dictionary, wat Suid-Afrikaanse Engels boekstaaf (chronicle), bevat
byvoorbeeld meer as ʼn duisend Afrikaanse woorde! Dit is onafwendbaar
(inevitable) dat Afrikaans ʼn invloed op inheemse tale in Suider-Afrika sou
hê. En wanneer ʼn mens na die woordeskat van Afrikaans kyk, is
omliggende invloede ewe sigbaar.
Die Afrikaanse woordeskat reflekteer sy kontak met inheemse volke soos
die Khoi, San, Zoeloe, Xhosa en Tswana, asook die slawegemeenskap
wat sowel Maleis as Portugees saamgebring het. Kyk ʼn bietjie na tabel
1.2 vir enkele voorbeelde.

TABEL 1.2: Ontleende woorde in Afrikaans

Khoi Nguni Portugees Maleis Tswana


eina khayalami mielie piesang lekgotla
abba gramadoelas nooi baie
aitsa donga kraal pondok
gogga indaba sambreel oorlams
Kan jy jou voorstel hoe arm Afrikaans sou wees sonder woorde soos
“baie” en “eina”? Hierdie woorde is só deel van Afrikaans dat ʼn mens
hulle glad nie beskou as geleende woorde nie.

.........
15 AFK1503/1
LEEREENHEID 1: WAT IS TAAL?

A K T I W I T E I T 1.7
1. Kan jy aan voorbeelde dink waar Afrikaanse woorde deur die
internasionale gemeenskap aanvaar en gebruik word? ʼn
Woord soos “meerkat”, byvoorbeeld.
2. Soek die herkoms van die volgende leenwoorde op:
a) mamparra
b) sambok
c) domkop
d) schlep
e) brandewyn
3. Die gebruik in Afrikaans om woorde te herhaal (soos gou-
gou, kort-kort, nou-nou), kom uit Maleis. Ons het hierdie ge-
woonte aan kontak met die slawe ontleen. Lees ʼn bietjie op
oor Maleis en probeer bepaal watter ander invloede dit op
die Afrikaanse grammatika gehad het. Dink aan dinge soos
geslag, die verbuiging van die werkwoord na aanleiding van
getal, ens.

1.2.6 Nieverbale kommunikasie


Ons gebruik nie net die gesproke woord (verbale kommunikasie)
wanneer ons met ander kommunikeer nie. Nee, daarbenewens gebruik
ons ook ander geluide, gebare en liggaamshoudings (body positions) om
gesproke woorde mee af te wissel, aan te vul of te vervang. Anderson
(2006) wys daarop dat verbale kommunikasie van klank en tempo
afhanklik is, terwyl nieverbale kommunikasie (non-verbal com-
munication) ander sintuie soos sig, reuk, smaak en tas gebruik. Deur al
ons sintuie te gebruik, kan ons baie omtrent ʼn persoon aflei (conclude);
sowel dit wat hy/sy doelbewus probeer kommunikeer as dit waarvan hy/
sy self nie bewus is nie.
Nieverbale taal wissel van fluit tot die parfuum wat ʼn persoon dra;
wanneer jy jou oë rol, jou tong klap of jou arms vou as jy na ʼn spreker
luister. Selfs die manier waarop jy lag, kan iets veelseggends
(meaningful) kommunikeer. Die mens kommunikeer baie van sy emosies
deur sy gesig (Anderson, 2006). Ons is só bewus van gesigsuitdrukkings
(facial expressions), dat ons vandag ikone soos emotikons (emojis) in
ons teksboodskappe gebruik om juis daardie emosionele inligting oor te
dra (kyk na tabel 1.3 op p. 16).

TABEL 1.3: Emotikons op Twitter

Lag met vreugde Verlief, begeer, Glimlag


verlekker
.........
16
Leereenheid 1: Wat is taal?

Wat doen baie mense as hulle iemand in die verte herken? Die een waai
vir die ander. Ons gebruik ʼn aantal nieverbale tekens om inligting oor te
dra. As jy byvoorbeeld vir iemand waai, trek jy nie net daardie persoon se
aandag nie, maar jy sê ook daardeur dat jy hom/haar ken en bereid is om
met hom/haar te gesels (tensy jy onopreg (insincere) is, natuurlik).
ʼn Baie bekende nieverbale kommunikasiesisteem waarmee alle Suid-
Afrikaners bekend is en wat baie van ons gebruik, is taxihandseine (taxi
hand signals). Kyk na die voorbeelde in figuur 1.6.

FIGUUR 1.6
Taxihandseine

Van die Johannes- Van Mame- Van die Na die


middestad burg na lodi na voorstede Tshwane
na die Sandton/ Mahube na die area toe
voorstede Tembisa middestad

Die groot behoefte aan publieke vervoer het die taxibedryf in die lewe
geroep en mense van regoor Suid-Afrika saamgebring. Daaruit het ʼn
behoefte tussen passasiers en taxibestuurders ontstaan om visueel met
mekaar te kommunikeer (Woolf, 2013). Taxigebruikers het verskillende
tekens begin gebruik om spesifieke bestemmings (destinations) aan te
dui. Enkele mense het begin om hul eie teken te gebruik en daarna het al
hoe meer mense dieselfde tekens toegepas (konvensie!). Teen die
1980’s was baie van die handseine reeds gevestig en bekend aan die
meerderheid taxigebruikers. Vandag, as jy ʼn minibustaxi wil gebruik,
moet jy een van die bestaande handseine aanwend, anders sal niemand
jou verstaan nie.
Nieverbale kommunikasie is gewoonlik kultuursensitief (culture sensitive).
Dink hier aan die algemene kenmerke soos lyftaal, oogkontak, nabyheid,
aanraking, reukaspekte en persoonlike artefakte (soos kleredrag) (Brown,
2000:262). Wat in een kultuur onskuldig is, is dalk afstootlik in ʼn ander
kultuur. Een van die grootste misverstande tussen Westerlinge en
Afrikane is die kwessie van oogkontak. In die Weste vereis sprekers te
alle tye oogkontak, terwyl ons in Afrika mense uit respek nie in die oë sal
kyk nie. Hierdie misverstande lei dan reëlmatig tot wankommunikasie
(miscommunication) tussen mense.
Wat belangrik is, is om te besef dat kommunikasie meer vereis as praat-
en luistervaardighede (Larkins, 2010:13). Dit vereis ook dat jy jou
gespreksgenoot waarneem en na verskeie leidrade oplet.

.........
17 AFK1503/1
LEEREENHEID 1: WAT IS TAAL?

A K T I W I T E I T 1.8
1. Gee voorbeelde van die volgende tipes nieverbale
kommunikasie:
a) lyftaal
b) persoonlike artefakte
c) reukaspekte
2. Watter tipiese nieverbale gedrag kom in die volgende plekke
of scenario’s voor?
a) teater
b) hospitaal
c) vergadering met jou dosent/dominee/baas
d) ʼn strategiespel, soos verfbal (paintball)
3. Wat dink jy kan die volgende nieverbale gedrag moontlik al-
les beteken?
a) Wanneer iemand harder praat.
b) Wanneer iemand tong uitsteek.
c) Wanneer iemand bitter naby aan jou staan.
d) Wanneer iemand sy bene kruis.
e) Wanneer iemand sy arms vou.
f) Wanneer iemand oogkontak vermy.
g) Wanneer iemand begin lag terwyl hy/sy berispe word
deur ʼn senior.
h) Wanneer iemand parfuum dra.

1.2.7 Metafoor
Ten minste een of twee keer per jaar word die brandstofprys aangepas.
Wat sê ons wanneer die prys aangepas word? Die pryse styg of dit daal.
Ons praat van ʼn hoë of lae brandstofprys, nie waar nie? As ons van die
ekonomie praat, dan gebruik ons woorde soos “groei”. Wanneer
bepaalde sisteme nie werk nie, verwys ons daarna as “siek”. Ons gebruik
dikwels woorde of idees uit ander velde (areas) om ʼn saak mee te
beskryf.
Dit bring ons by die onderskeid tussen letterlike en figuurlike taal. ’n
Metafoor word tradisioneel as die belangrikste vorm van figuurlike taal
gesien, en word met noukeurigheid (precision) in die letterkunde
bestudeer (Saeed, 2009). Metafoor is egter iets wat ons daagliks gebruik
en teëkom. Hoewel dit grotendeels met ’n vergelyking (simile)
ooreenstem, stel die metafoor ons in staat om die kwaliteite en
karaktereienskappe van een saak op ʼn ander oor te dra (Arseneault,
2006). Byvoorbeeld, as ons sê dat ʼn ekonomie “groei”, dra ons die
kenmerke van ʼn plant oor op ʼn anorganiese entiteit (inorganic entity)
(soos ʼn ekonomie) om aan te dui of daar vooruitgang is.
Metafore stel ons in staat om een ding te verstaan deur ons kennis van ʼn
ander ding te gebruik (Saeed, 2009). Baie mense het al varke gesien en
geruik. Ons beskou hulle dikwels as morsige (messy), stink diere. Hulle
is ook gewoonlik vet en ons dink hulle hou baie van eet. As ons daarom
.........
18
Leereenheid 1: Wat is taal?

na iemand anders verwys as ’n vark, dan sê ons eintlik dat daardie


persoon onnetjies is of sleg ruik. Ons sê dalk ook dat die persoon ʼn vraat
is en oorgewig. Ons gebruik die kenmerke (characteristics) van ’n vark
om ’n persoon mee te beskryf.
Vir verdere toeligting bring ons kortliks die volgende drie soorte metafore
onder jou aandag: konseptuele, ruimtelike en versteende metafore.
ʼn Mens vind metafore nie net op woordvlak nie; dit kom in frases, sinne
en groter konsepte voor (Nuessel, 2006). Kyk ʼn bietjie na die volgende
sinne. Kan jy ʼn konseptuele metafoor (conceptual metaphor) identifiseer
wat hierdie sinne deel?
1. Jan is ʼn vark.
2. Jan is doodhonger en vreet sy bord skoon.
3. Wanneer Jan en Koos saam is, kwetter hulle die ganse dag lank.
4. Tussen vreemde mense kruip Jan maklik in sy dop.
Merk jy op dat die woorde in skuinsdruk gewoonlik met diere geassosieer
word? Wat kan ons hieruit aflei? Ons gebruik dikwels metafore in ons
daaglikse taal wat ons maklik in kategorieë kan groepeer. Wanneer ons
metafore kategoriseer, dan belig (illustrate) ons spesifieke konsepte. Die
kategorie vir die bostaande vier sinne is “MENSE IS DIERE” (Nuessel,
2006). Mark Johnson en George Lakoff het in hul navorsing baie sulke
metafore uitgewys. Hier volg nog ʼn paar ter illustrasie. Probeer egter
eers self bepaal watter konseptuele metafore deur die sinne in die twee
onderskeie groepe geïmpliseer word.

Groep 1 Groep 2
1. Gee dit vir Koos om te doen, 1. Skenk jou tyd vir
hy loop mos op water. liefdadigheid.
2. Aitsa, jy’s ʼn regte 2. Jy skuld my ʼn kuier!
wonderwerker! 3. Jou versoek om verlof is nie
3. Sannie is die Moeder Teresa geldig nie.
van ons kantoor.

Groep 1 maak gebruik van verwysings wat ʼn mens met religieuse figure
(religious figures) assosieer en dit skep die konseptuele metafoor MENS
AS GOD, terwyl Groep 2 geld en tyd kombineer in die metafoor TYD IS
GELD.
Ons is ook geneig om ons ten opsigte van ruimte uit te druk. Aan die
begin van hierdie subafdeling het ons gepraat van hoë of lae
brandstofpryse. Baie metafore word met die kategorie BO-ONDER
geassosieer (Saeed, 2009). Iemand is onder narkose. ʼn Persoon se
gemoed is op en af. Arrogante mense kom soms tot ʼn val. Ambisieuse
mense mik vir hoër poste. Dink aan die ruimtelike kategorieë DIEP-VLAK
en VÊR-NABY. Jy kruip diep in iemand se hart in. Die geselskap is
oppervlakkig. Jy is vêr van klaar af. Jy is na aan trane.
Dit gebeur dikwels dat metafore versteen (fossilise) (Saeed, 2009). Dit
wil sê dat ons oor tyd heen nie meer die oorsprong van bepaalde
metafore kan onthou nie; slegs die betekenis. Dink aan die Afrikaanse
woord “ontplooi”. As ons sê dat soldate ontplooi word, beteken dit dat

.........
19 AFK1503/1
LEEREENHEID 1: WAT IS TAAL?

troepe na ʼn spesifieke gebied gestuur word. Die oorspronklike betekenis


hou egter met materiaal verband: jy stryk die plooie uit ʼn lap uit. Met
ander woorde, die lap word breër soos wat dit plat gestryk word. Net só
versprei die soldate oor ʼn area en neem hulle meer en meer plek in
beslag.

A K T I W I T E I T 1.9
1. In die volgende voorbeeldsinne gebruik ons metafore om se-
kere karaktereienskappe te beklemtoon. Wat is die oorsprong
van hierdie karaktereienskappe?
a) Jan verander in ʼn buffel wanneer hy bestuur.
b) Op Maandae moet almal na die soutmyne terugkeer.
c) Die aankondiging van rommelstatus gaan ons ekono-
mie nog dooddruk.
d) Jaco lyk ʼn bietjie af vandag.
2. Kan jy die oorsprong van die versteende metafore opspoor?
a) Mense pendel daagliks tussen huis en werk.
b) Die skool se rugbyspan het die regte gees.
3. Wat dink jy is die konseptuele metafore wat in die onder-
staande twee groepe uitgedruk word?
Groep 1 Groep 2
1. Die eerste minister se ge- 1. As jy mooi mik, sal jy jou
drag maak my naar. doelwitte bereik.
2. Jou gebrek aan toewy- 2. My voorstel is tydens die
ding laat my koud. vergadering afgeskiet.
3. “My eksman gee my ʼn 3. Toe Koos sy mond oop-
pyn!” maak, bars die bom!

1.3 DIE GRENSE VAN MY TAAL ...


Dit wat ons vandag omtrent taal weet, het nie noodwendig uit die
tradisionele taalwetenskap ontwikkel nie. Ander dissiplines, soos die
Sielkunde en Antropologie, het reusebydraes gelewer tot die manier
waarop ons taal en sprekers verstaan. Nóg ʼn veld wat ons diep oor taal
laat nadink, is die Filosofie. Die meeste filosowe (in die Weste, Ooste en
in Afrika) het oor die rol en betekenis van taal gereflekteer. Vir talle
filosowe is taal die sleutel tot ʼn beter begrip van die mens se bestaan en
sy dade. In hierdie afdeling belig ons maar enkele sake om jou ʼn idee te
gee van die invloed van taal op die samelewing en die individu.
Jy sal ook opmerk dat ons filosowe se name foneties transkribeer. Soms
lyk die name ʼn bietjie snaaks en weet ons nie altyd hoe om hulle uit te
spreek nie, derhalwe die transkripsies. Gebruik jou kennis van
Leereenheid 3 om jou met die name te help!

.........
20
Leereenheid 1: Wat is taal?

Kom ons spring weg met die Duitse filosoof, Wilhelm von Humboldt [fɔn
ɦumbɔlt]. Hy het byvoorbeeld gesê dat ʼn mens se taal in sy gees is en
sy gees in sy taal (Trask & Mayblin, 2012:12). Met ander woorde, jou
gees en jou taal kan nie geskei word nie. Jy gebruik taal om dit wat
binne-in jou is, te verwoord. Dink ʼn bietjie hieroor na. As jy godsdienstig
of spiritueel is, sal jy weet dat taal ʼn integrale deel van jou geloofslewe
uitmaak. Of mens bid, sing of ʼn heilige geskrif lees, dit geskied alles deur
taal. Wat gebeur wanneer jy hartseer of gefrustreerd is? Jy praat daaroor.
Ongeag of jy jou in ʼn dagboek uitdruk of met ʼn sielkundige praat; taal is
die instrument waarmee jy werk.
Von Humboldt verwys nie net na die mens se geestelike of emosionele
ervaring nie. ʼn Nasie se siel word ook in sy taal vervat. Hoe praat mense
van mekaar? Hoeveel keer sê jy teenoor mense dat jy nie ʼn rassis is nie,
maar tog reflekteer jou woorde iets anders? Sal mense dink jy het ʼn
gasvrye en vredeliewende (peace-loving) kultuur deur na jou taal en
taalgebruik te luister? Miskien dink mense onmiddellik jy behoort tot ʼn
groep met ʼn kreatiewe siel weens die idiosinkratiese (idiosyncratic)
manier waarop jy bestaande woorde nuut gebruik? Wat sê jou taal van
jou?
In sy bekendste werk, Waarheid en Metode, argumenteer Hans-Georg
Gadamer [ga:damɐ] dat die wêreld en taal van mekaar afhanklik is en dat
niks in ons wêreld afsonderlik van taal kan funksioneer nie (Barthold,
2017). Dit is deur taal wat ons met mekaar oor (en in) ons wêreld
kommunikeer. Dit wil sê, ons kan niks van taal losmaak nie. Die manier
waarop ons die wêreld ervaar word deur taal gekommunikeer. Wanneer
ons ongelukkig is, wanneer ons dink iets is mooi of lelik, wanneer ons
tevrede is, wanneer ons prys of kritiseer, gebruik ons taal. Ons sê,
beskryf, bevraagteken en besing wat ons voel, dink en ervaar. Gadamer
impliseer verder dat elke taal ʼn eie uitkyk op die wêreld het. Wat sê dit
vir jou? Dit beteken dat ons die wêreld beskou deur middel van ons taal.
Byvoorbeeld, op die eiland Papoea-Nieu-Guinee woon daar ʼn stam wat
nie tussen kleure onderskei nie. Hulle onderskei slegs tussen lig en
helder, donker en koel (Rosch, 1973). Dit het ʼn direkte invloed op die
manier waarop hulle talle dinge in hul wêreld sien. Ons verbind baie
konsepte met kleur: ons praat van ʼn “swartmark” en “grys areas”; babas
se geslag word (ongelukkig) met blou en pienk geassosieer, die liefde/
gevaar met rooi en jaloesie met groen. Dit beteken dat nie een van
hierdie assosiasies op dieselfde manier in Papoea-Nieu-Guinee bestaan
nie.
Daar is ook ʼn implikasie dat wanneer ons ander tale aanleer, ons
terselfdertyd ander perspektiewe op die wêreld aanleer. Mense sien die
wêreld nie op dieselfde manier nie. Ons blik op ons wêreld word deur
faktore soos ons ras, kultuur en godsdiens beïnvloed. Watter
gevolgtrekking kan ʼn mens dan maak? Hoe meer tale jy ken, hoe meer
wêreldbeelde het jy. Die implikasie is ook dat jóú kultuur- en taalgroep se
perspektief nie die enigste aanvaarbare uitkyk op die lewe is nie. Daar
was ʼn paar jaar gelede ʼn T-hemp te koop met die woorde “PRAAT
AFRIKAANS OF HOU JOU BEK”. Baie Afrikaanssprekendes het gedink
dit is snaaks en selfs iets wat jy met trots kan dra. Maar wat daardie
leuse eintlik doen, is om ander tale (maw, ander perspektiewe op die
wêreld) te negeer (negate).
.........
21 AFK1503/1
LEEREENHEID 1: WAT IS TAAL?

Die gedagte dat ʼn mens se wêreld deur taal ingeperk kan word, word
deur Ludwig Wittgenstein [vit gǝnʃtain] geopper wanneer hy sê die
grense van my taal is die grense van my wêreld (Biletzki & Matar,
2014). Soos Gadamer, het Wittgenstein taal nie as ʼn beperking gesien
nie, maar bedoel dat ʼn mens afhanklik van taal is om aan die wêreld
uiting te gee. Dit wil sê, as jy iets kan bedink, dan kan jy ook daaraan
uitdrukking gee; en dit waaraan jy nie kan dink en waaroor jy nie kan
praat nie, kan nie deel van jou wêreld vorm nie. Vir iets om potensieel te
bestaan, moet dit iets wees wat ons in ons gedagtes kan oproep en
visualiseer en uiteindelik kan beskryf. Wat verstaan jy daaronder? Taal is
nie bloot iets wat jy gebruik om met die persoon langs jou te
kommunikeer nie; dit is iets wat jou bestaan definieer. Is jou wêreld klein/
groot as gevolg van jou taal of is jou taal klein/groot as gevolg van jou
wêreld?

A K T I W I T E I T 1.10
Reflekteer ʼn bietjie oor die volgende vrae. Probeer hierdie vrae in
ʼn kort opstel te beredeneer (argue).
1. Is jou taal ʼn refleksie van jou persoonlikheid?
2. Is jou persoonlikheid ʼn uitvloeisel van jou taal?
3. In hoeverre (to what extent) word jou wêreld (jou kennis, jou
lewensuitkyk, jou beeld van ander en van jouself) deur taal
geaffekteer?
4. Watter soort mens sou jy moontlik kon wees as jou taal jou
tot meer in staat gestel het?

Wittgenstein het verder klem geplaas op betekenis as gebruik (Biletzki


& Matar, 2014). Wat hy daarmee bedoel het, is dat woorde slegs
betekenis kry in hul gebruik. Vir ʼn Moslem het die woord “Allah” ʼn baie
daadwerklike (real) en duidelike betekenis (omdat hy/sy die woord
gebruik), terwyl die woord “Aum” vir daardie selfde Moslem moontlik niks
sê nie. Omdat betekenis aan gebruik gekoppel is, dui dit daarop dat
elkeen se betekenis nie noodwendig dieselfde is nie. Hier is ʼn vraag: Is
jou betekenis die enigste waarheid? Wat dink jy?
Een ding wat filosofie ons wel telkens geleer het, is dat niks ooit so
eenvoudig of ooglopend is nie, en dat wêreldgebeure en menslike
ervaring ʼn ewigdurende (everlasting) invloed op die mens en sy taal het.
In die volgende afdeling kyk ons hoe vroeë taalwetenskaplike insigte ons
begrip van taal beïnvloed het.

1.3.1 Betekenis is in die struktuur opgesluit


Die persoon wat seker die sterkste invloed op moderne taalkunde gehad
het, was die Switserse linguis, Ferdinand de Saussure [sɔ sʊər]. Hy het
baie insigte tot ons kennis van taal bygedra, maar ons wil slegs enkele
aspekte uitlig:
● taal as tekensisteem
● arbitrêrheid

.........
22
Leereenheid 1: Wat is taal?

Saussure het taal beskou as ʼn struktuur. Die woorde binne hierdie


struktuur beskou hy as tekens. Die tekens staan egter nie in isolasie nie,
maar in verhouding teenoor mekaar en daardie verhouding help om
betekenis te skep. Saussure gebruik die terme betekenaar (signifier) en
betekende (signified). Wat het hy daarmee bedoel? Kom ons kyk na
figuur 1.7 om hierdie punt te verstaan.

FIGUUR 1.7
Waarskuwingsteken in Singapoer

Hierdie plakker is teen ʼn deurtjie van ʼn lamppaal in Singapoer


aangebring. Dit waarsku voetgangers (en tegnici) in Engels, Mandaryns,
Tamil en Maleis om versigtig te wees. Volgens Saussure se insigte is
hierdie waarskuwingsteken die “betekenaar”. Met ander woorde, dit is die
ding wat die boodskap oordra. Maar die teken in figuur 1.7 is self nie die
boodskap nie. Dit is net ʼn draer van die boodskap. Die boodskap (“wees
versigtig”) staan apart en is beter bekend as die “betekende”. Daar is
geen logiese verband tussen die plakker teen die straatpaal en die
boodskap nie. As daar ʼn verband was, sou die Engelse en die Maleisiese
woord vir “gevaar” dieselfde gewees het. Maar dit is nie; dit is onder-
skeidelik “danger” en “bahaya”. Die verhouding tussen die teken en die
boodskap is arbitrêr (arbitrary).
Die woord “arbitrêr” dui daarop dat daar geen logiese verband tussen
twee sake bestaan nie. Hierdie stelling lei tot twee vrae:
1. Wat bepaal dan die verband tussen twee sake, soos ʼn teken en sy
betekenis (met ander woorde, tussen die betekenaar en die
betekende)?
2. Hoe herlei (deduce) ons dit terug na taal?
In afdeling 1.2.3 het ons verduidelik wat “konvensie” behels. Onthou, dit
is daardie stel reëls en gebruike wat mettertyd deur die meeste mense
aanvaar word en dan as die standaard beskou word. Omdat daar geen
logiese verband tussen ʼn teken en sy betekenis is nie, word daardie
verband deur konvensie bepaal. Die woorde op die plakker in figuur 1.7
is in wit ink op ʼn rooi agtergrond geskryf. In baie kulture regoor die wêreld
word rooi met gevaar geassosieer. Die gebruik van rooi in waar-
skuwingstekens is ook konvensioneel. Kom ons doen ʼn kort oefening om
arbitrêrheid en konvensie verder te illustreer.

.........
23 AFK1503/1
LEEREENHEID 1: WAT IS TAAL?

A K T I W I T E I T 1.11
1. Wat assosieer jy met die kleure “wit” en “swart” in jou
kultuur?
2. Wat beteken dit byvoorbeeld wanneer ʼn vrou een van die
volgende rokke dra?
a) wit trourok
b) swart begrafnisrok
3. Watter kleure word tradisioneel binne jou kultuur vir troues
en begrafnisse gebruik? Is dit vandag nog steeds die norm?

Het jy geweet dat Japannese vroue ook tradisioneel wit dra wanneer
hulle trou? Dit simboliseer nie net reinheid nie, maar dien ook as ʼn skoon
doek waarop die bruid se nuwe familie hul tradisies en gewoontes kan
afdruk. Die gedagte agter ʼn wit trourok is dus vir Westerse vroue anders
as vir talle Japannese vroue. Wat vandag as tradisie in die onderskeie
gebiede beskou word, is deur konvensie vasgestel.
Wat taal betref, besluit elke spraakgemeenskap self watter woord hulle
wil gebruik om die konsep “gevaar” uit te druk, soos in figuur 1.7. Soms
gebeur dit dat ons bepaalde woorde oorerf (inherit); byvoorbeeld, die
woord “hond” het ons in Afrikaans van Nederlands geërf. Maar die
Afrikaanse spraakgemeenskap het self besluit om die woord “rekenaar”
te gebruik, terwyl Nederlanders van ʼn “computer” praat. Daar is egter
geen logiese verband tussen die woorde “rekenaar” en “computer” aan
die een kant en die masjien waarna die woorde verwys nie. Die
verhouding tussen die woord “rekenaar” en die masjien is arbitrêr. Sien
byvoorbeeld figuur 1.8 hier onder.

FIGUUR 1.8
Ekwivalente vir “rekenaar”2
Betekenaar Betekende
Ikhompyutha (Zoeloe)
Mpikajy (Malgassies)
Ordinateur (Frans)
Computer (Engels, Nederlands)
Reekner (Platduits)
Máy tính (Viëtnamees)
Dator (Sweeds)
Nosukaay (Wolof)

Saussure se idees rondom taal as struktuur het ʼn baie groot invloed op


ander filosowe gehad. Skielik het hulle struktuurelemente in ander dele

2. Erkenning: Marcelo Silva. Kopieregvry: https://commons.wikimedia.org/wiki/File:Compu-


ter_n_screen.svg en http://www.everaldo.com/
.........
24
Leereenheid 1: Wat is taal?

van ons daaglikse bestaan raakgesien. Dink ʼn bietjie aan die strukture
binne ʼn skool. Die manier waarop lesse aangebied word, waarop kinders
klasse wissel, wanneer kinders vir pouses wegbreek en terugkeer klas
toe, die manier waarop mense by ʼn skool in hiërargieë funksioneer (eers
die hoof, dan die onderwysers, dan die leerlingraad, dan die res van die
kinders volgens graad), en die feit dat sport- en kultuuraktiwiteite
gewoonlik ná die akademiese aanbod plaasvind; dit getuig alles van ʼn
vaste struktuur. Binne daardie struktuur is mag gesetel (rooted).

1.3.2 Mag, kultuur en taal


Die Italiaanse politikus en filosoof, Antonio Gramsci [gramʃi], het ʼn
belangrike bydrae gemaak tot die wyse waarop ons taal, kultuur en mag
beskou. Die standaarde waaraan ons almal moet voldoen en die reëls
wat ons moet gehoorsaam, word meestal deur een kultuur- en/of
politieke groep bepaal en afgedwing. Dit staan beter bekend as
hegemonie (hegemony) en dui op die dominasie van een groep oor ʼn
ander (Castle, 2007). Dit wil sê, ander groepe se lewensuitkyk en se
manier van dinge doen word geïgnoreer of onderdruk. Die doel van die
dominante groep is om sy ideologie (waardes, beginsels, idees) uit te
brei na al die sektore van ʼn samelewing. Sektore van ʼn samelewing word
meestal institusioneel gestruktureer (institutionally structured). Met ander
woorde, ʼn samelewing word gestruktureer volgens plekke van opleiding
(skole), plekke van aanbidding (kerke, moskees), plekke van wetgewing
(parlement, hof), plekke van gesondheid (hospitale, spreekkamers),
plekke van veiligheid (polisiestasies), plekke wat inligting versprei (TV-
en radiostasies, koerante), ensovoorts. Die dominante groep probeer sy
gesag by al hierdie plekke afdwing.
Afrikaans en Afrikaanssprekendes is ʼn baie goeie voorbeeld van
Gramsci se hegemonie. Weens ons historiese en politieke verlede, het
Oosgrensafrikaans, wat meestal met wit sprekers geassosieer word,
uitgestyg om die standaardtaal te vorm (sien Leereenheid 2). Deur
middel van instansies soos die skoolsisteem, die kerk en moskee, die
weermag en polisie, die media, kuns en kultuur en regerings-
bedrywighede is dié vorm van Afrikaans versprei en genormaliseer
(normalised). Dit beteken dat ander vorme van Afrikaans skielik as
minderwaardig beskou is; daarmee saam ook die sprekers van daardie
variëteite, sowel bruin as wit. Dis ironies dat hierdie invloede nog steeds
voortbestaan ten spyte daarvan dat bruin sprekers die meerderheid van
Afrikaanssprekendes uitmaak (Webb & Meyer, 2012; Prince, 2013;
SAIRR, 2016). Waarom dink jy het daar nog nie ʼn verskuiwing (shift)
plaasgevind nie?
Terwyl ons hierdie studiegids skryf, is daar ʼn versekeringsmaatskappy
met die naam Virseker. Hul leuse is “Jou versekering, jou mense, jou
taal”. Die TV-advertensies verteenwoordig egter slegs wit
Afrikaanssprekendes. Dit laat mens wonder: het bruin Afrikaans-
sprekendes nie ook versekering nodig nie? Dink ʼn bietjie hieroor na deur
die volgende aktiwiteit te doen.

.........
25 AFK1503/1
LEEREENHEID 1: WAT IS TAAL?

A K T I W I T E I T 1.12
1. As dit oor representasie (representation) handel, wie gebruik
(use) meestal Afrikaans op die TV en oor die radio?
2. Let ʼn bietjie op na produkte wat in Afrikaans geadverteer
word, soos dié van Virseker. Hoe lyk dit vir jou? Op wie is dit
gemik? (tydskrifte, koerante, CD’s, flieks en kunstefeeste,
byvoorbeeld)
3. Watter soort Afrikaans word gebruik (used) by instansies soos
plekke van aanbidding of by skole? Stem dit ooreen met die
Afrikaans van jou buurt waar hierdie instansies juis voorkom?

In die volgende subafdeling neem ons die saak van representasie en


magsverhoudinge ʼn bietjie verder.

1.3.3 ʼn Afrika-perspektief
Gramsci het geargumenteer dat ʼn mens teenbewegings (counter-
movements) moet skep om die hegemonie te beveg (Castle, 2007).
Mense soos Frantz Fanon [fanɔ] en Steve Biko [biku] het juis dit gedoen.
Fanon en Biko het veral kritiek gelewer op die koloniale magte se
vereiste om te konformeer (conform) en het gevra wie die norm voorskryf
en of daar plek vir die onderdrukte is om hulself uit te leef. Biko se
gedagtes het aanleiding gegee tot die Black Consciousness Movement
wat juis daarop gemik was om swart wees uit te leef.
Fanon en Biko se idees het ook betrekking op dinge soos standaardtaal
en taalvariëteite: Waarom oorheers die standaardvorm as die enigste
aanvaarbare vorm of as die enigste vorm wat oral sigbaar en hoorbaar
is? Waarom klink alternatiewe stemme vir Afrikaans byvoorbeeld nie op
nie?
In ʼn opiniestuk vertel die joernalis Eusebius McKaiser [mək kaizər]
(2016) van sy ongemak om Afrikaans by amptelike/professionele
geleenthede te gebruik. Nie omdat hy nie Afrikaans kan praat nie, maar
omdat hy sy vorm van Afrikaans as substandaard beskou; as ongeskik
vir sogenaamde hoër funksies. Hy vra daarom dat Afrikaans
gedekoloniseer word, dat daar weggedoen word met die idee dat
Standaardafrikaans die enigste aanvaarbare vorm van dié taal is. Hy
maak verder ʼn belangrike punt, naamlik dat bruin mense hul stem moet
laat geld met betrekking tot Afrikaans. Dieselfde word deur dr Danny
Titus bepleit: “Bruin Afrikaanssprekendes het ’n beduidende bydrae in
die toekoms van Afrikaans. Op die oomblik lyk dit net asof ons die getalle
opstoot, tog is ons leefwêreld, ons daaglikse menswees of ons
herkomste heeltemal onbekend aan baie van ons Afrikaanse land-
genote” (Prince, 2013). Tans word Afrikaans nog deur die meeste mense
binne en buite die grense van Suid-Afrika gesien as ʼn wit taal. Uiteraard
is apartheid grootliks hiervoor te blameer.
McKaiser (2016) sê die volgende belangrike ding:
My reluctance to speak Afrikaans on radio and television is simply
because we always, as coloured people, assumed that the Afrikaans
spoken by white Afrikaans people is the gold standard of Afrikaans.
.........
26
Leereenheid 1: Wat is taal?

But that is obviously political rubbish. Rubbish that reflects how the
economic and social power of white Afrikaans people still inform, to
this day, who the custodians of Afrikaans are. And given that colou-
red people have very little economic power, Afrikaans music, thea-
tre, festivals, newspapers, magazines, books, television and
cinematic productions, are dominated by white Afrikaans speakers.
Hoe sluit dit aan by wat Gramsci en Fanon gesê het? En beteken dit
noodwendig dat die Afrikaans wat deur wit mense gepraat word, boos en
verkeerd is? Het die Standaardtaal wat soveel wit mense besig, skielik
nie meer ʼn plek in die spraakgemeenskap nie? Nee, natuurlik nie. Maar
drie vrae is hier van kardinale belang:

1) Waarom neem die taalgebruik van die minderheid vandag nog


steeds in soveel terreine soveel plek op? Hoekom vorm dit nog
steeds die “goue standaard”?
2) Waarom word daar nie meer gedoen om die ryk verskeidenheid
van Afrikaans ten toon te stel en aanvaarbaar te maak nie?
3) Wie se rol is dit om perspektiewe op Afrikaans te verander?

Nathan Trantraal [trantra: l] verteenwoordig – opsetlik of onopsetlik – ʼn


Kaapse stem en pak soos McKaiser juis die probleem van representasie
aan. Waarom sien ʼn mens nie Kaapse Afrikaans meer gereeld in die
media nie? Waarom hoor ons dit nie reëlmatig oor die radio of TV nie?
Kaaps word dan deur byna die helfte van Afrikaanssprekendes gepraat.
Nathan Trantraal (2016) skryf in sy rubriek:
Ek sê vi die cat, ek skryf inne African taal. Afrikaans isse African taal,
alle tale het mixed roots. En nie net dai nie, maa ek skryf in Kaaps,
my hystaal. Ek skryf in Kaaps in Rapport, ’n koerant wat 99,9% Afri-
kaans is. Ek kan sien die cat se oë glaze oo as ek praat van Kaaps,
hy gie nie om oo Kaaps’ie, ’it interest hom’ie. Maa ek sê, skryf inne
koerant wat iemand elke twiede wiek ’n brief skryf dat ekkie regte
Afrikaans skryf ’ie. Ek skryf ’it nog altyd, al wiet ek ek is biesag om
myself inne gat in te skryf, dat daa nie much possibilities is vi iemand
wie se language soe region specific issie.
Trantraal verwys na briewe in die koerant wat sy taal kritiseer. Daar is
ewe veel wit as bruin briefskrywers wat kla oor sy voorstelling van
Afrikaans. Dit laat mens wonder: van al die berigte in die koerant wat aan
Standaardafrikaans voldoen, is daar net een artikeltjie wat Kaaps
verteenwoordig. Hoekom raak mense so opgewen daaroor?
Gramsci, Fanon en Biko se kritiek kan egter van verskillende
perspektiewe aanskou word. Aan die een kant praat ons van Kaaps en
hoe dit nie ʼn regverdige verteenwoordiging (representation) geniet nie.
Aan die ander kant geniet Kaaps die meeste aansien wanneer dit by
niestandaardvariëteite kom. Wanneer Afrikaanssprekendes aan
alternatiewe vorme van Afrikaans dink, dink hulle eerste aan Kaaps. Dit
is die variëteit wat die beste verteenwoordig is. Hoeveel kuns word
byvoorbeeld in Namakwalands of Griekwa-Afrikaans geskep? Trouens,
dié twee vorme word dikwels vir Kaaps aangesien. Waarom? Omdat
Kaaps naas Standaardafrikaans die prominentste vorm (most prominent
form) van Afrikaans is en dit – op beperkte wyse – meer aandag as die
.........
27 AFK1503/1
LEEREENHEID 1: WAT IS TAAL?

ander variëteite van Afrikaans geniet. Dit skep self ʼn dilemma. McKaiser
(2016) merk oor hierdie kwessie op:
Even parts of our vocabulary are specific to the communities in
which we live. And I am not referring here exclusively to “Afrikaaps”,
which has received some attention over the past few years, referring
to the Afrikaans spoken on the Cape Flats by coloured communities
there. It irritates me when we assume homogeneity across coloured
communities in the country. When it comes to Afrikaans, coloured
communities nationwide might share the commonality of not spea-
king Radio Sonder GrenseAfrikaans but, beyond that, there are inte-
resting and important differences in dialect, accent, vocabulary, and
so on, between coloured people from different geographies. These
differences aren’t teased out when we reduce coloured identity to
some grand narrative about the Cape Flats. There is a wilful refusal
to recognise a multiplicity of coloured experiences, evidenced by the
fact that coloured communities tend not to be treated with complexity
in popular discourse.
Afrikaans moet in baie opsigte gedekoloniseer word. Dit is nodig om weg
te beweeg van die gedagte dat Afrikaans ʼn wit taal is. Dit is nodig om
weg te beweeg van die gedagte dat alle bruin mense dieselfde soort
Afrikaans praat. En dit is nodig om Afrikaans van sy standaardvorm te
bevry en ander vorme toe te laat. Daarvoor is baie meer interaksie
tussen Afrikaanssprekendes nodig. Maar hoe doen ons dit?

A K T I W I T E I T 1.13
1. Biko se Black Consciousness Movement (BCM) het onder
meer ten doel gehad om onderdrukte swart mense te inspi-
reer om hul swart wees te vier en uit te leef. Dit het daartoe
gelei dat mense hul etnisiteit op intellektuele vlak en deur
middel van die kunste vier, veral as teenbeweging tot die on-
derdrukkende norm. Jy het egter nie nodig om swart te wees
om die Black Consciousness Movement aan te hang of toe te
pas nie.
a) Doen self ʼn bietjie navorsing en som die kernbeginsels
van die BCM op.
b) Kan jy spesifieke voorbeelde noem waar Afrikaansspre-
kendes reeds die beginsels van die BCM inkorporeer?
c) Hoe dink jy kan Afrikaans en die beginsels van die BCM
nog gekombineer word? Dink hier veral aan Afrikaans
se plek en rol in Afrika.
2. Hoe kan ʼn mens verskillende vorme van Afrikaans bevorder?
Kies een bepaalde variëteit en stel ʼn vyfpuntplan op waarin
jy kortliks jou werkswyse uitlê. Jy mag uiteraard nie Stan-
daardafrikaans kies nie.
3. Hoe kan ʼn mens Afrikaans dekoloniseer? Stel ten minste twee
moontlikhede voor waardeur ʼn mens Afrikaans bevry. Noem
ook die instansies waardeur jou voorstelle moet realiseer.

.........
28
Leereenheid 1: Wat is taal?

4. Hoe bevorder ʼn mens interaksie tussen Afrikaanse gemeen-


skappe? Wat kan mens doen om groepe deur middel van taal
te versoen?

Onthou, in Leereenheid 2 kyk ons in meer besonderhede na die


variëteite van Afrikaans.

1.4 ʼN KORT GESKIEDENIS VAN AFRIKAANS


Teen hierdie tyd behoort jy al die basiese beginsels van taal te verstaan.
Jy weet dat elke taal volgens ʼn stel reëls gestruktureer is (grammatika),
dat kontak tussen tale en sprekers aanleiding gee tot ontlening, en dat
taal deur konvensie gevorm word. Dit behoort ook teen hierdie tyd voor
die hand liggend te wees dat Afrikaans nie ʼn uitsondering is nie.
Afrikaans is een van die jongste tale ter wêreld en daarom is mense
geneig om te dink dat dit ʼn klein taaltjie is. In vergelyking met Chinees of
Swahili is Afrikaans baie klein, maar Afrikaans het nogtans meer
sprekers as Deens. Afrikaans is ʼn Afrikataal met Europese wortels. Hoe
is so iets moontlik? Wel, jy weet seker reeds dat Afrikaans uit Nederlands
ontwikkel het. Afrikaans is deel van die Indo-Europese taalfamilie wat in
verskillende taalgroepe vertak. Kyk na figuur 1.9. Die Europese tale
bestaan uit ʼn aantal vertakkings waarvan die Romaanse, Slawiese en
Germaanse takke die grootste is. Afrikaans hoort by die Germaanse tale
tuis. Dit wil sê, Engels, Duits, Sweeds, Noors, Deens, Yslands, Jiddisj en
Nederlands is almal familie van Afrikaans. (Afrikaans is eintlik maar die
laatlammetjie van die groep.) Die vervorming van Nederlands tot
Afrikaans het egter hier in Afrika plaasgevind, waar taalkontak tussen
Europese afstammelinge, inheemse volke en Oosterse slawe ʼn
bepalende invloed uitgeoefen het (Conradie & Groenewald 2014).

FIGUUR 1.9
Taalbome

.........
29 AFK1503/1
LEEREENHEID 1: WAT IS TAAL?

Hou in gedagte dat die Europeërs aan die Kaap gewone mense was wat
verskillende variëteite van Nederlands gepraat het, en dat Duitsers en
Franse gou by gekom het. Die Nederlands wat aan die Kaap gepraat is,
was nie dié van Jan van Riebeeck nie, maar eerder ’n omgangstaal
(Conradie & Groenewald, 2014).
Die Khoi-Khoin het ʼn groot invloed op die vorming van Afrikaans
uitgeoefen. Hulle was tydens die Nederlandse heerskappy verreweg die
grootste groep mense in die Kaapse Skiereiland en omstreke. Kontak
met die Nederlanders het daartoe gelei dat sommige Khoisprekendes
mettertyd die Kaapse Nederlands probeer aanleer het. Toe die slawe na
die Kaap gebring is, het hulle en die Europeërs in noue kontak met die
Khoi-Khoin geleef (Conradie & Groenewald, 2014). Die omstandighede
aan die Kaap het gelei tot verskillende variëteite van Kontaknederlands.
Die Khoi-Khoin en die slawe se weergawe van Nederlands is uiteraard
sterk deur hul eie tale asook Maleis en Portugees beïnvloed. Die vorm
van Nederlands wat hoofsaaklik deur die Khoi-Khoin gepraat is, is in
bepaalde opsigte deur die slawe en die trekboere oorgeneem (Conradie
& Groenewald, 2014) en later deur middel van die Groot Trek die
binneland ingeneem. Kyk na Teks 1 hier onder vir ʼn voorbeeld van Khoi-
Afrikaans wat in 1671 opgeteken is.

Teks 1:
Mashy doot icke strack na onse grootte kapiteyn toe die man my soon
witte boeba geme.
Maak jy my dood, stryk ek aan na ons groot kaptein. Die man sal my
mooi wit beeste gee.
(Van Rensburg, 1997)

Die variëteite van Nederlands het ontwikkel tot vorme van Afrikaans,
eers as ʼn pidgin en later as ʼn kreool. ʼn Pidgin ontstaan wanneer sprekers
van twee of meer tale kontak het en met mekaar moet kommunikeer.
Sprekers neem dan woorde uit elke taal om hulself uit te druk. ʼn Pidgin
bevat ook die basiese elemente van ʼn grammatika; net genoeg om die
gekose (chosen) woorde te gebruik. ʼn Kreool ontwikkel gewoonlik onder
die kinders van pidginsprekers en kan as ʼn taal in eie reg beskou word,
met ʼn eie grammatika en woordeskat. Sommige kreole ondergaan nie
verdere ontwikkeling nie, soos die variëteite op die eilande Mauritius en
Réunion. Maar, soos met Afrikaans, kan ʼn kreool ontwikkel tot ʼn meer
gesofistikeerde (sophisticated) taal. In die negentiende eeu het die
ontwikkeling van Afrikaans momentum gekry. Die Moslems onderrig
reeds hulle kinders in Afrikaans, wat beteken dat Kaapse Maleiers die
eerste gemeenskap was wat Afrikaans as onderrigtaal gebruik het. Hulle
produseer ook geskrifte waarvan sommige in Arabiese skrif geskryf is.
Die meeste verskyn in die tweede helfte van die negentiende eeu. Die
skrifgeleerde Abu Bakr Effendi is een van die bekendste skrywers hier. In
Teks 2 wat volg, sien jy ʼn voorbeeld uit sy vertaling van die Bayaan-ud-
diyn. Waarskynlik weens die sosiale stand en godsdiens van die Kaapse
Maleiers word hulle Afrikaanse tekste gedurende die taalbewegings
geïgnoreer.

.........
30
Leereenheid 1: Wat is taal?

Teks 2:
... an terek die fingars dijoer die baart ghalaaik ghasiegh waas es sun-
nat an terek die fingars dijoer die fingars ghalaaik handie was es sunnat
...
... en (om te) trek die vingers deur die baard tegelyk met die gesig was,
is gebruik; en (om te) trek die vingers deur die vingers tegelyk met die
hande was, is gebruik ...
(Van Rensburg, 1997)

Kort voor lank het daar Afrikaanse koerante ontstaan. Om Afrikaans as


skryftaal te bevorder, het die Genootskap van Regte Afrikaners hulle in
die Paarl beywer om geskrewe Afrikaans te publiseer. Só ontstaan
byvoorbeeld die publikasies Di Patriot en Ons Klyntji. Figure soos CP
Hoogenhout, Arnoldus Pannevis en SJ du Toit tree in hierdie tyd as
skrywers na vore. Laasgenoemde se historiese roman heet Di Koningin
fan Skeba. Teks 3 hier onder bevat ʼn uittreksel daaruit. Kyk hoe na aan
Standaardafrikaans is die taal reeds.
Teks 3:
Ek was in mymering ferdiip, terwyl ek daar by di graf fan Majoor Wilson
en syn dertigtal helde sit, wat same met hom gestry het en gesneuwel
is. Ek had enige frase wilde blomme gepluk en ingefleg in die blom-
krans wat daar reeds ferwelk leg op die eensame graf tussen di boufal-
le fan Simbabwe.
(Du Toit, 1898)

In die twintigste eeu het meer mense toegetree tot die ontwikkeling – en
daarmee saam die standaardisering – van Afrikaans. Die vertaling van
die bybel, die skep van ʼn woordeboek, die verskyning van ʼn woordelys
en spelreëls, en die totstandkoming van die Akademie vir Wetenskap en
Kuns is enkele van die momente ná die Suid-Afrikaanse oorlog. Nadat
Afrikaans in 1925 amptelike status gekry het, is die taal met behulp van
die finansiële ondersteuning en gesag van die nasionalistiese regering
uitgebrei om in hoër funksies gebruik te word. Standaardafrikaans word
onder meer uitgebrei vir gebruik in die hof, die hospitaal, die universiteit,
die weermag en polisie, en die kerk. Dit is ongelukkig die vergulding (to
make something look more impressive) van Standaardafrikaans en die
toeëiening (appropriation) deur Afrikanernasionaliste wat gedeeltelik tot
die vervreemding van ander Afrikaanse taalgemeenskappe gelei het
(Conradie & Groenewald, 2014). Die afdwing van Afrikaans, wat later tot
die Soweto-opstande van 1976 gelei het, sou onberekenbare skade aan
die taal en talle van sy sprekers aanrig.
Hoewel die bevrydingstryd bygedra het om ook Afrikaans te bevry, lê
daar nog baie werk voor om Afrikaanse gemeenskappe te versoen en
vooropgestelde idees omtrent Afrikaans te verander.

.........
31 AFK1503/1
LEEREENHEID 1: WAT IS TAAL?

A K T I W I T E I T 1.14
1. Jy weet nou dat die Afrikaanse taal en kultuur (in die breë)
baie sterk deur die slawe en die mense en omstandighede
op die Afrika-vasteland gevorm is. Let op, wanneer ons hier
van “Afrikaans” praat, verwys ons na al die sprekers en hul
gewoontes.
a) Watter invloede kan jy in Afrikaanse kos uitken? (Vermy
geykte (stereotyped) voorbeelde soos bobotie en
koesisters.)
b) Watter invloede kan jy in Afrikaanse musiek uitken?
c) Hoe word Afrikaans nog deur Afrika beïnvloed? Dink by-
voorbeeld aan ons benadering tot tyd.
2. Hoewel Afrikaans (die taal en kultuur in die breë) sterk deur
die slawe en die inheemse volke van Afrika gevorm is, het
Afrikaanssprekendes ook ʼn onherroeplike invloed in Suideli-
ke Afrika uitgeoefen. Die oom-/tannie-aanspreekvorme en
die dubbele ontkenning is maar twee taalverskynsels wat
deur sommige Afrikatale oorgeneem is.
a) Kan jy nog voorbeelde noem waar Afrikaans ʼn invloed
op ons ander Suider-Afrikaanse tale uitgeoefen het?
Moenie van Namibië vergeet nie!
b) Watter kulinêre invloede het ons aan ons mede-Suid-
Afrikaners oorgedra?
3. Afrikaans het nou wel Europese wortels, maar dit het in Afri-
ka tot stand gekom. As dit nie vir die Khoi-Khoin en die slawe
was nie, het die afstammelinge van die vryburgers waarskyn-
lik nog steeds ʼn herkenbare weergawe van Nederlands ge-
praat. Stem jy hiermee saam? Is Afrikaans ʼn Afrikataal of ʼn
Europese taal? Motiveer jou antwoord.

1.5 DIE HUIDIGE STAND VAN AFRIKAANS


Sedert 1994 het baie Afrikaanssprekendes permanent na die buiteland
uitgewyk. Die uitgewekenes (expatriates) woon in Australië, Nieu-
Seeland, Nederland, Kanada, die VSA, die VK en die Verenigde
Arabiese Emirate. Baie woon ook in buurstate soos Swaziland en
Botswana. Weens assimilering is dit onwaarskynlik dat die Afrikaanse
uitgewekenes Afrikaanssprekend sal bly. Op eie bodem word Afrikaans
sterk deur anglisering uitgedaag.
Daar is ʼn afname in die getal Afrikaanse skole en Afrikaans as
onderrigtaal aan tersiêre instellings verloor drasties veld. Die taal verloor
ook sy status as hoëfunksietaal in ander sektore, soos die regswêreld, en
word telkens vir Engels verruil.
Ten spyte daarvan lyk dit of Afrikaans op ander terreine van krag tot krag
gaan. Met ʼn toename in kuns en kultuur, publikasies, films, televisie en
musiek, lyk dit of Afrikaans sy formele rol opgee en ʼn groter kulturele rol
begin vertolk. Dit beteken dat ons voortaan Engels in publieke
.........
32
Leereenheid 1: Wat is taal?

omgewings gaan gebruik terwyl ons Afrikaans in private en sosiale sfere


gaan gebruik. Dit kan óf daartoe lei dat Afrikaans geïsoleerd raak en
gevolglik gaan stagneer (stagnate), óf dit gaan juis die behoud van
Afrikaans verseker.
Die taal is boonop aan die groei. Terwyl wit Afrikaanssprekendes se
getalle afneem, bereken die SAIRR (2016) dat bruin Afri-
kaanssprekendes se getalle gaan toeneem. Met ander woorde,
Afrikaans se sprekergetalle sal op dié wyse styg, terwyl ander inheemse
tale soos Zoeloe en Xhosa gaan krimp (ten gunste van Engels). Dit is
nog te vroeg om met sekerheid te sê hoe Afrikaans oor 50 jaar gaan lyk,
maar die taal se karakter behoort wel te verander namate die demografie
van die spraakgemeenskap verander. Ons merk byvoorbeeld reeds op
hoe die migrasie van Noord-Kapenaars na Bloemfontein ʼn invloed op die
Afrikaans daar het.
In die volgende leereenheid kyk ons in meer besonderhede hoe die
verskillende variëteite van Afrikaans tans daar uitsien. Teen hierdie tyd
behoort jy te weet dat ʼn gesonde taal iets is wat ontwikkel. As mens
terugkyk op die pad wat Afrikaans gestap het, is dit voor die hand liggend
dat nie een van die huidige variëteite dieselfde gaan bly nie. Soos die
taal groei en die behoeftes van sy sprekers bevredig, só gaan die taal
ook verander.

A K T I W I T E I T 1.15
1. Wat is jou opinie oor Afrikaans as onderrigtaal by
universiteite?
a) Dink jy dit behoort as onderrigtaal behou te word?
b) Dink jy dit sluit talle mense uit en word as middel van
diskriminasie gebruik?
c) Dink jy dat daar ʼn verskil in die kwaliteit van onderrig is
tussen diegene wat Afrikaanse en Engelse lesings
neem?
d) Dink jy Afrikaans sal jou net verder inperk en isoleer?
2. As jy ʼn voorspelling wil waag, hoe dink jy gaan Afrikaans oor
50 jaar van nou lyk? Veral as jy die SAIRR se skatting in ge-
dagte hou?
3. Voor die Groot Trek het baie Afrikaanssprekendes die hou-
ding gehad dat Afrikaans vir homself sal sorg en nie ʼn kon-
stante intervensie nodig het nie. Ons het wel gesien dat
Afrikaans deur verskillende intervensies bygestaan is (die
twee taalbewegings en die nasionalistiese regering, byvoor-
beeld). Hierdie intervensies het Afrikaans help vorder tot
waar dit nou is, maar het terselfdertyd waarskynlik die ga-
ping (gap) tussen verskillende soorte Afrikaans veroorsaak.
a) Dink jy Afrikaans het nog ʼn intervensie nodig? En wat
moet só ʼn intervensie bereik?
b) Dink jy die ou Kapenaars was reg dat Afrikaans vir hom-
self sal sorg? Wat dink jy gaan dan gebeur?

.........
33 AFK1503/1
LEEREENHEID 1: WAT IS TAAL?

1.6 OM OP TE SOM
In hierdie leereenheid het ons by ʼn aantal sake stilgestaan om taal as
verskynsel beter te verstaan. Ons het aangedui dat taal ʼn
kommunikasiesisteem is wat uit tekens bestaan. Kenmerkend van só ʼn
kommunikasiesisteem is dat dit deur skrif en klank of gebare vergestalt
word. Ons weet ook dat ʼn taal deur vaste reëls in die vorm van ʼn
grammatika gestruktureer word, maar dat sosiale reëls self ʼn invloed op
betekenis en kommunikasie uitoefen (pragmatiek). Ons weet dat die
verband tussen woorde (oftewel tekens) en dit waarna hulle verwys
arbitrêr is en dat konvensie juis daardie verbande bepaal. Nieverbale
kommunikasie maak ʼn belangrike deel van pragmatiek uit en word ook
deur konvensie vasgelê. Verder het ons beredeneer of taal aangeleer
word en of mense ʼn ingebore gawe het wat taal outomaties moontlik
maak. Nóg ʼn verskynsel van taal is die gebruik van metafore, oftewel die
gewoonte om een saak uit te druk deur middel van ʼn ander. Verder weet
ons dat sprekers van verskillende tale met mekaar kontak het en dat
daardie kontak ons onderskeie tale wedersyds beïnvloed. Afrikaans het
juis sy ontstaan grotendeels aan taalkontak te danke.
In hierdie leereenheid het ons lig gewerp op enkele filosofiese sienings
van taal en besef dat die mens nie sonder taal kan funksioneer nie. Nie
net beskryf ons ons wêreld met taal nie, maar ons uitkyk op die lewe
word ook deur ons taal bepaal. Die filosofie wys verder dat taal mense
soms gevange kan hou. Daarom is dit belangrik om tale te bevry en moet
ʼn taal soos Afrikaans gedekoloniseer word. Ten slotte het ons na die
geskiedenis van Afrikaans gekyk en oor die toekoms gespekuleer.

.........
34
AKTIWITEITANTWOORDE:
Leereenheid 1

Aktiwiteit 1.1
Die volgende kommunikasiesisteme word onder meer met die
geïdentifiseerde sintuie geassosieer. Daar is wel meer as die voorbeelde
hier onder.
a) Klank: morsekode, die geluide by verkeersligte wat aandui of jy
mag loop of nie, mense wat dieregeluide naboots om ander te
waarsku.
b) Gevoel: braille.
c) Reuk: noodhulpsituasies waartydens mense moet oplet na die reuk
van rook, gas, of ander soorte chemiese stowwe wat moontlik kan
lek. Brandweermanne kan dikwels aflei wat die oorsaak van ʼn
brand was (hetsy chemies, elektries, brandstof) deur na die reuke
op te let.
d) Smaak: soos reuke, is smake in voedselbereiding en wynmakery/
bierbrouery uiters belangrik.

Aktiwiteit 1.2
Die volgende antwoorde dui op aksent/toon.
1. Die woord “voorkom” is ʼn goeie voorbeeld. As die klem op “voor”
geplaas word, beteken dit dat iets verskyn of aangetref word. As
die klem egter op “kom” val, beteken dit dat iets verhoed word.
2. a) die klem is op “skop”; dit wil sê Jan gee die bal nie uit nie of
gooi nie die bal in nie.
b) die klem is op “bal”; dit wil sê Jan skop nie ʼn skoen of ʼn em-
mer pale toe nie.
c) die klem is op “Jan”; dit wil sê Koos of Pieter skop nie pale toe
nie.
d) die klem is op “pale”; dit wil sê Jan skop nie kantlyn toe nie.

Aktiwiteit 1.3
Jou notas verskil waarskynlik van ons sʼn omdat elke gebaretaal sy eie
variëteite en woordeskat bevat. Ons probeer na die beste van ons
vermoë om van die gebare te beskryf. Die beste is uiteraard om ʼn
visuele voorstelling van die gebaar te bestudeer.
a) “Koffie” word in baie van die tale uitgebeeld met twee hande wat
in vuiste op mekaar wring, asof jy koffiebone maal.
b) “Asseblief” in ASL is ʼn sirkelhandbeweging onder die linkerskouer.
In DGS word die hande saamgeslaan en voor die bors gehou asof
jy bid. In SASL word ʼn plathand onder die mond gehou en vinnig
na onder beweeg.

.........
35 AFK1503/1
LEEREENHEID 1: WAT IS TAAL?

c) In ASL vorm jy twee vuiste met die duime wat uitsteek, dan bring
jy die vuiste saam asof jy bid, en beweeg die vuiste in teenoorge-
stelde rigtings (twee of drie keer). In LSF plaas jy jou wysvinger en
duim op mekaar en trek dan ʼn boog van jou linkerskouer tot by
die vou van jou arm. SASL blyk dieselfde teken vir “sport” te ge-
bruik as ASL.
d) Vir die teken “praat” in NGT plaas jy jou regterhand langs jou
mond en maak die hand oop en toe asof jy deur jou hand praat.
Vir LSF word die wysvinger horisontaal onder die lip geplaas en
twee tot drie keer in ʼn tipe sirkelbeweging na bo beweeg. SASL se
gebaar is soortgelyk aan dié van NGT, maar die hand is nie langs
die mond nie, eerder voor die mond.

Aktiwiteit 1.4
In hierdie oefening moet jy boek hou van die aantal kere wat jy iets
skryf of lees. Dit gaan uiteraard verskil van persoon tot persoon en ook
na aanleiding van die dag wat jy gehad het. As jy by die werk was, sal
jou statistiek uiteraard hoër wees as dié van ʼn persoon wat by die huis
op die bank gelê het. Ek het vandag tussen 08:00 en 11:00 altesame 30
Whatsapp-boodskappe en 31 e-posse gelees. Ek het ook gedurende
hierdie tyd vier tekste van verskillende lengtes gelees; sommige was 27
bladsye lank en ander effens korter. Daarbenewens het ek notas op ʼn
witbord gelees asook na die 101-studiebrief gekyk. Ek het 15 webblaaie
besoek om inligting in te win. Dit sluit die plakkate op straatlampe en
plakkers op karre uit wat ek gelees het terwyl ek kantoor toe gery het.
Die aantal tekste wat ek tussen 08:00 en 11:00 geskryf het, is minder,
hoewel een van die tekste waaraan ek gewerk het ʼn hele paar bladsye
beslaan het. Die getal raak groter soos wat die dag verloop.

Aktiwiteit 1.5
1. Ons gebruik die volgende sosiale konvensies:
● Ons skud hand met vriende, soengroet hulle, gee hulle ’n klop
op die skouer of ʼn drukkie, maar met kollegas skud ons waar-
skynlik net hand.
● Ons kyk links en regs voordat ons die straat oorsteek.
● Ons moet eers klaar kou voordat ons met iemand praat, anders
stik ons of spoeg ons kos in die ander persoon se gesig.
2. Die gebruike in die bostaande lysie is almal Westerse gebruike wat
deur die skool, die kerk en deur familietradisie oorgedra is. Dit hou
baie met Victoriaanse kultuurpraktyke verband wat deur die Britte
na Suid-Afrika gebring is.
3. a) Die woorde “asseblief” en “dankie” word die meeste hier by
UNISA gebruik, hoewel sommige kollegas wel die woord
“awê” gebruik.
b) “Kanalla” en “trammakassie” is Kaaps-Maleise woorde wat on-
bekend onder baie mense in Pretoria is. Weens die geogra-
fiese verskil tussen die Kaap en talle voorstede in Pretoria,

.........
36
Leereenheid 1: Wat is taal?

hoor ʼn mens meestal “asseblief” en “dankie”; of slengvarië-


teite soos “fanks”.
c) In die Pretoria-omgewing spreek sommige mense die woord
“dankie” as “donkie” uit; hier is oorronding duidelik hoorbaar.

Aktiwiteit 1.6
1. Hier moet ons bepaal of sinne grammatikaal is of nie.
a) ʼn Beter formulering sou “nee dankie” gewees het. Die ge-
gewe voorbeeld is informeel, maar grammatikaal korrek.
b) Hierdie sin is ook grammatikaal korrek, hoewel daar voor-
beelde van idiosinkratiese taal voorkom in die aanwending
van “koets” (kar) en “dokter” (motorwerktuigkundige).
c) Hierdie sin is ook grammatikaal korrek, hoewel die taal ver-
meng word met Engels. Hoewel dit informeel is, word die kor-
rekte sinstruktuur en leestekens gebruik.
d) Hierdie sin kort ʼn tweede “nie” aan die einde van die sin en is
daarom ongrammatikaal.
e) Daar is effense taalvermenging, maar dit maak die sin nie on-
grammatikaal nie. Daar is wel ʼn verkeerde voorsetsel dit moet
wees “met vakansie” en nie “op vakansie” nie.
2. By scenario 1 lewer Koos se praatbeurt twee moontlike boodskap-
pe. Met die eerste boodskap sê Koos wie hy is deur homself voor
te stel. Die tweede boodskap is indirek en daardeur vra hy vir San-
nie wat haar naam is. Hy impliseer verder dat hy graag met haar
wil gesels. As sy dus terugpraat, gee sy te kenne dat sy bereid is
om met hom te gesels. In scenario 2 sê Caroline dat Shamielah
baie laat is, in so ’n mate dat sy bekommerd is. In Shamielah se
eerste boodskap gee sy die rede waarom sy laat is – die hond het
haar klere vuil gesmeer. Maar as Shamielah boonop ʼn Moslemvrou
is, beteken dit dat sy waarskynlik Vrydae moskee toe gaan, en nie
met ʼn vuil rok daar wil opdaag nie.

Aktiwiteit 1.7
1. Buiten plaaslike woorde soos “braai”, “biltong” en “pap”, kom
woorde soos “wildebees”, “veld” en “stoep” ook internasionaal
voor.
2. Die volgende woorde word ontleen uit:
a) Zoeloe
b) Zoeloe
c) Duits
d) Jiddisj
e) Nederlands
3. Die slawe was nie almal sprekers van Maleis nie; ook nie dié wat
uit Indonesië gekom het nie. Maar baie van dié slawe het wel ʼn
soort kontakkennis van Maleis gehad. In Maleis het selfstandige
naamwoorde nie geslag of meervoudsvorme nie. In Afrikaans ge-
bruik ons een vorm van die werkwoord, ongeag of die

.........
37 AFK1503/1
LEEREENHEID 1: WAT IS TAAL?

voornaamwoord eerste, tweede of derde persoon is (met ander


woorde, ongeag of die onderwerp “ek”, “jy” of “ons” is). Ons ver-
buig ook nie werkwoorde as die onderwerp enkelvoudig of meer-
voudig is nie. In ʼn taal soos Nederlands het selfstandige
naamwoorde ʼn geslag. Die geslag van die Nederlandse naam-
woord “station” (stasie) is neutraal en kry daarom die lidwoord
“het”: “het station”. In die meervoud verander die lidwoord om
met die meervoudsvorm ooreen te stem: “de stations”. In Neder-
lands verbuig werkwoorde na aanleiding van die voornaamwoord:
“ik loop, jij loopt, zij loopt, wij lopen”.

Aktiwiteit 1.8
1. ʼn Paar voorbeelde van tipiese nieverbale kommunikasie:
a) Arms vou, bene kruis, oë rol, hand op heup, vingers klap,
hande klap, met die hande wegwuif, iemand naderwink, sug,
tong klap, keel skoon maak, ens.
b) Kleredrag, juwele, bykomstighede. Dit vertel alles iets van jou.
As jy in die supermark rondloop met ʼn handdoek oor jou
skouer, sê dit jy gaan swem of gim toe.
c) Parfuum. Liggaamsreuke. Jy kan immers ruik as iemand fisie-
ke arbeid gedoen het of heeldag in die son gestaan het. Ie-
mand wat by ʼn vuurherd werk, ruik na rook en iemand wat in
ʼn restaurant se kombuis werk, ruik waarskynlik na vet.
2. ʼn Paar voorbeelde van tipiese nieverbale gedrag:
a) Mense klap hande in ʼn teater, staan tydens ʼn encore en bly
tjoepstil tydens ʼn opvoering. Ten minste binne ’n Westerse
konteks. Binne ’n Indiese konteks is dit doodnormaal vir men-
se om tydens ʼn opvoering in ʼn teater te gesels.
b) Mens moet stil bly by ʼn hospitaal of fluister.
c) In ʼn Westerse situasie moet jy jou gespreksgenoot in die oë
kyk en hom of haar verkieslik nie in die rede val nie. Probeer
om nie jou oë te rol, jou arms te vou of jou tong te klap nie.
Dit kan ook onaanvaarbaar wees om te snuif. In Japan mag jy
byvoorbeeld snuif, maar nie voor ander jou neus blaas nie.
d) Met iets soos verfbal (paintball), kan mens verwag dat deelne-
mers rondhardloop, wegkruip en ook handseine gebruik om
met spanlede te kommunikeer.
3. Wat volg is enkele voorbeelde van moontlike betekenisse. Daar is
uiteraard nog:
a) As iemand sy of haar stem verhef, kan dit beteken dat sy of
hy kwaad is en iemand berispe. Dit kan ook beteken dat sy/
haar gespreksgenoot nie mooi hoor nie.
b) As ʼn volwassene sy/haar tong uitsteek, is dit waarskynlik om
die spot te dryf en iemand te laat lag; dalk om iemand te terg.
As ʼn kind dit doen, terg hy/sy waarskynlik iemand anders.
c) Iemand wat baie naby jou staan, wil dalk ʼn geheim met jou
deel, skinder of veiliger voel. Dit kan ook kultureel wees; só ʼn

.........
38
Leereenheid 1: Wat is taal?

persoon se persoonlike ruimte is nie naastenby so wyd soos


joune nie.
d) ʼn Persoon wat sy of haar bene kruis, is dikwels gemaklik.
e) Baie mense kruis hul arms omdat hulle kwaad of geslote is.
f) Wanneer ʼn persoon oogkontak vermy, probeer hy/sy iemand
ontwyk en so ook die noodsaaklikheid om die waarheid te
praat. Of dit kan uit respek wees dat jy nie jou senior in die
oë mag/wil kyk nie.
g) Dikwels begin mense lag of giggel wanneer hulle senu-
weeagtig is of skaam kry. Dit kan uiteraard ook gebeur dat
die persoon dink dat die ganse situasie absurd en snaaks is.
h) Iemand wat parfuum dra, probeer sy/haar liggaamsreuke ver-
bloem. Die persoon kan dit doen om sy/haar reputasie in
stand te hou. Lekker parfuum kan ook aangewend word om
ʼn goeie indruk by ander mense te maak.

Aktiwiteit 1.9
1. Die volgende karaktereienskappe kan onder andere raakgesien
word:
a) ʼn Buffel is ʼn groot en onverfynde dier wat op jou kan afstorm.
Iemand wat soos ʼn buffel bestuur, storm figuurlik gesproke
op ander motoriste af en stamp hulle uit die pad. Hy/sy is ook
ongeskik of humeurig.
b) Die woord “salaris” is van die Latynse woord vir “sout” afgelei.
Mense is in sout betaal, omdat dit so waardevol was. ʼn Sout-
myn is dus die plek waar jy jou geld verdien. Maar dit is ook ʼn
plek van harde en verbeeldinglose arbeid.
c) Die woord “dooddruk” dui op iets soos ʼn luislang wat jou vas-
gryp en stadig doodwurg. Jy is dus van die luislang bewus en
kan niks doen om te ontsnap nie.
d) Die woord “af” dui op ʼn ruimtelike aspek, soos bo, onder,
langsaan, naby, vêr, ens. Dinge wat na onder beweeg, word
gewoonlik as negatief beskou.
2. Die versteende metafore het die volgende oorspronge:
a) “Pendel” verwys na ʼn pendulum; ʼn bal wat aan ʼn ketting of
staaf gebind is en wat heen en weer tussen twee punte swaai.
Wanneer mense pendel, beweeg hulle ook heen en weer tus-
sen twee punte.
b) “Gees” verwys hier na “siel” en nie “spook” nie. Wanneer ie-
mand meer “siel” het, beteken dit hulle is ʼn bietjie meer ge-
motiveerd, energiek; begeesterd. Daar is ʼn ooglopende
godsdienstige verbintenis: die siel is aangeraak en verkwik.
3. Die konseptuele metafore is ten minste die volgende:
a) Groep 1: LIGGAAMLIKE ONGEMAK OM AFKEUR UIT TE DRUK.
Dit is telkens negatiewe assosiasies van liggaamlike ongemak
wat gebruik word om aan te dui dat een persoon ontevrede
is met iemand anders (naar, koud, pyn).

.........
39 AFK1503/1
LEEREENHEID 1: WAT IS TAAL?

b) Groep 2: OORLOG EN UITKOMS. Bepaalde kenmerke binne mi-


litêre optredes/terrein word hier gebruik om die uitkoms van
doelwitte te beskryf (mik, afgeskiet, bom wat bars).

Aktiwiteit 1.10
Ons beredeneer kortliks elke punt:
1. Elke persoon se taal is op een of ander manier ʼn kenmerk van
hom/haar. Net soos stemtoon en handskrif redelik uniek is, só ook
die res van ʼn persoon se taalgebruik. Sommige mense se taal is
dalk baie meer idiosinkraties, maar oor die algemeen gebruik elk-
een woorde op sekere maniere; elkeen formuleer sinne op ʼn unie-
ke wyse. En belangriker nog, elke individu praat oor dinge wat vir
hom/haar belangrik en interessant is. Selfs wanneer ʼn persoon
stug, ontwykend of skugter is, sal dit in die taal reflekteer.
2. Omdat taal gewoonlik aan kultuur gekoppel is, is ʼn mens se per-
soonlikheid tot ʼn sekere mate ʼn uitvloeisel van sy/haar taal. ʼn Per-
soon se persoonlikheid reflekteer sy/haar kultuur, oortuigings en
perspektief op die lewe en dit kom dan ook in sy/haar taal voor.
Deur fyn na iemand se taalgebruik te luister, kan ons afleidings
maak oor die taalgroep en die kultuur waartoe die individu be-
hoort. Let wel, dit is nie noodwendig maklik nie.
3. Mense wat meertalig is, gedra hulle dikwels anders wat betref hul-
le taalgebruik. Wanneer iemand ʼn tweede of derde taal goed ken,
ken hy/sy gewoonlik ook die kultuurmerkers wat deur middel van
die taal gehandhaaf moet word. As sodanig pas die spreker hom/
haar by die taal en die ooreenstemmende gehoor aan. Nóg ʼn be-
langrike aspek: dit is byna onmoontlik om ʼn addisionele taal aan te
leer sonder om gelyktydig ook die kultuur aan te leer. Kennis van
die nuwe kultuur gee die spreker insig in die wyse waarop daardie
taalgroep dink en na die wêreld kyk. Dus, hoe meer tale ʼn persoon
kan praat, hoe meer perspektiewe en beelde neem hy/sy van ken-
nis. Hoe meer tale ʼn persoon praat, hoe groter is daardie individu
se beskouing van die wêreld.
4. Dit is ʼn baie persoonlike vraag en hang van elke individu af. Dit is
nie te sê dat mense wat taalvaardiger as ander is, beter vaar en
meer bereik nie. Maar mense wat meertalig is, is geneig om toe-
gang tot meer inligting en kennis te hê. Meertalige mense is beter
bemagtig as diegene wat slegs een of twee tale praat. En mense
wat ook gereeld in ander tale léés (met ander woorde, wat meerta-
ligheid nie bloot in gesproke situasies gebruik nie) is selfs nóg be-
ter geposisioneer.

Aktiwiteit 1.11
1. In my kultuur assosieer ons wit met reinheid, goedheid en suiwer-
heid, terwyl swart met dood, donkerte of wetteloosheid geassosie-
er word. In ander kulture word wit of pers met die dood verbind.
2. In my kultuur word ʼn wit trourok gesien as ʼn teken van reinheid of
maagdelikheid, terwyl ʼn swart begrafnisrok beskou word as ʼn te-
ken van rou.
.........
40
Leereenheid 1: Wat is taal?

3. Hier mag mense se antwoorde verskil. Binne my kultuur behou


baie mense die wittrouroktradisie hoewel die gebruik van ander
kleure besig is om momentum te kry, veral wat betref die bruide-
gom, strooijonkers en strooimeisies se drag. By gay troues sien
mens bruidegomme wat byvoorbeeld al twee kortbroeke en kruis-
bande dra, of bruide wat rooi rokke dra.

Aktiwiteit 1.12
1. Radio Sonder Grense meer inklusief begin raak en gebruik aanbie-
ders en inhoud wat die spraakgemeenskap reflekteer. En hoewel ʼn
mens toenemend meer bruin Afrikaanssprekendes op televisie, die
verhoog en die silwerdoek sien en oor die radio hoor, is dit mees-
tal wit Afrikaanssprekendes wat verteenwoordig word.
2. Die teikenmark is nog oorwegend wit Afrikaanssprekendes, ten
minste nasionaal gesproke. In kontreie mag sake dalk anders lyk.
3. Die register by kerke is steeds taamlik formeel. Soms is daar ʼn
jeugdiens waar kamstige Tienerafrikaans (of iets ewe simpel) deur
ouer mense gebruik word om die jong geslag te bereik en te be-
dien. Dit is meestal oneffektief. Navorsing het onlangs gewys dat
die gebruik van informele taal (soos tienertaal) dikwels deur bruin
Afrikaanssprekendes in formele situasies verwelkom word, terwyl
wit Afrikaanssprekendes juis die teenoorgestelde verkies.

Aktiwiteit 1.13
1. Steve Biko se Black Conciousness Movement is hier van
toepassing:
a) Die BCM het onder apartheid begin as ’n politieke teenvoeter
vir wit norme. Dit het aanleiding gegee tot ’n “swart” of “Afri-
ka”-bewussyn en ’n intellektuele herwaardering van dit wat
Afrika waardevol maak. Dit hou verband met ’n bewussyn en
’n bevryding van idees en identiteite.
b) ʼn Mens kan dit veral in Afrikaanse musiek sien. Kunstenaars
en groepe soos Johannes Kerkorrel (en die Voëlvrybeweging),
Koos Kombuis, Karen Zoid en Fokofpolisiekar/Fancois van Co-
ke is enkele voorbeelde wat deur middel van musiek teen die
establishment en politiek van die dag in opstand kom. ʼn
Mens sien dit verder in drama- en prosatekste asook poësie.
Hier hoef ʼn mens maar Adam Small, Taliep Petersen en André
Brink se name te noem. Deur die kunste is intellektueel om-
gegaan met die probleme wat deur die hegemonie geskep
word; die kunste bied ʼn teenwoord en alternatief tot die
norm. Dit is maar een voorbeeld. Die feit dat iemand soos Na-
than Trantraal die establishment in ʼn nasionale koerant deur
middel van Kaaps kan kritiseer, val binne die oogmerke van
Biko se BCM.
c) Hier sal elkeen ʼn eie perspektief hê. Dit is baie belangrik vir
die behoud van Afrikaans om oor die taal se plek en rol in so-
wel Suider-Afrika as die res van Afrika te besin. Die

.........
41 AFK1503/1
LEEREENHEID 1: WAT IS TAAL?

belangrikste is dat Afrikaans daarin slaag om al sy sprekers te


bemagtig en te versoen.
2. Elkeen se vyfpuntplan behoort te verskil. Vir illustrasiedoeleindes
kies ons Namakwa-Afrikaans. Ons wil hê dat gemeenskapsradiosta-
sies aangewend word om plaaslike gemeenskappe beter te dien.
Dit is ons eerste punt: ʼn plaaslike radiostasie vir Namakwa-Afri-
kaans. Die radiostasie moet ʼn bydrae lewer tot punt 2: die onderrig
van Afrikaans op skool. In plaas daarvan dat Standaardafrikaans op
skool onderrig word, moet Namakwa-Afrikaans voorkeur kry. Dit
laat wel ʼn probleem ontstaan by die matriekeksamen, veral by die
taalkundevraestel. Punt 3: die omgewing moet die taalvariëteit re-
flekteer. Dit wil sê, Namakwa-Afrikaans moet op straatborde, mu-
nisipale kennisgewings, ensovoorts aangebring word in stede van
Standaardafrikaans. Punt 4: beurse moet beskikbaar gestel word
vir mense in die kontreie om Afrikaans op tersiêre vlak te bestu-
deer, maar ook om hul variëteit so vêr moontlik op te teken en na
te vors. Die laaste punt is om alle sprekers van Namakwa-Afrikaans
by mekaar uit te bring deur ʼn kultuurdag te reël. Daarvoor is die
gemeenskapsradiostasie weer eens van belang.
3. Afrikaans kan moontlik die maklikste bevry word deur die media
te gebruik en die akademie in te span. Televisie en radio is ge-
woonlik baie effektief en kan ingespan word om mense te versoen
en om die verskillende vorme van Afrikaans te belig en in stories
en programme in te werk. Dieselfde geld vir publikasies wat aan-
sien en reikwydte het. Mense sal al hoe minder dink dat een soort
Afrikaans snaaks of minderwaardig is hoe meer blootstelling daar
aan daardie soort Afrikaans en groep sprekers is. Dink aan tyd-
skrifte soos Sarie, Rooi Rose en Huisgenoot, Weg en Tuis. Dink aan
radiostasies soos Jakaranda FM en O FM. Produksies soos Noem
my Skollie en Ghoema moet meer gereeld die lig sien en beter be-
mark word. Wat die akademie betref, kan – soos in hierdie module
– die variëteite van Afrikaans beter in Afrikaanse kursusse belig en
die plek van Standaardafrikaans bevraagteken word. Dit is dus die
media en tersiêre instellings wat ʼn rol kan speel in die bevryding
van Afrikaans.
4. Dit bly ʼn groot uitdaging om mense wat vir jare uitmekaar gehou
is, bymekaar te bring. Siende dat die taal (en in baie opsigte kul-
tuur) ʼn gemeenskaplike erfenis is, sou ʼn mens dalk juis daar moet
begin. ʼn Taal- en kultuurfees mag dalk ʼn goeie plek wees om te
begin.

Aktiwiteit 1.14
1. Invloede op Afrikaans:
a) Daar is baie ooreenkomste tussen sogenaamde Afrikaanse
disse en dié van ons medeburgers. Soos die manier waarop
ons vleis kook of braai, die groentes wat ons eet en hoe ons
dit voorberei (spinasie en aartappel, fyngedrukte pampoen,
aartappelslaai), die souse wat ons by kosse eet (tamatiesmoor
vir mieliepap of kapokaartappel), ens.
.........
42
Leereenheid 1: Wat is taal?

b) Dit is vir ons moeilik om spesifieke Afrika- en Oosterse in-


vloede in Afrikaanse musiek uit te ken, maar ʼn mens hoor wel
by sommige kunstenaars, soos Laurinda Hofmeyr en Chris
Chameleon, ʼn trom of kitaar wat met Suider-Afrika geassosie-
er word.
c) Ons uitkyk op die wêreld is baie anders as dié in ander wê-
relddele. Ons is aansienlik sensitiewer oor inklusiwiteit en dis-
kriminasie as die inwoners van ander lande. Boonop het die
weer ook ʼn groot invloed op ons benadering tot die lewe.
Suid-Afrikaners spandeer meer tyd buite as binne. Navorsers
vermoed ons lees minder as mense in ander lande want ons
spandeer soveel tyd buite. En ja, ons is geneig om laat te
wees vir afsprake.
2. Afrikaans se invloed:
a) Wel, daar is woorde wat Suid-Afrikaanse Engels, Namibiese
Duits en Sepedi aan Afrikaans ontleen het.
b) Kulinêre invloede sluit Kaaps-Maleise en boeregeregte in; van
bobotie en kerrievis tot braaivleis, potjie en stokbrood. Die In-
diese nagereg gulab jamun is baie sterk deur die Kaapse koe-
sister beïnvloed en lyk daarom anders op plaaslike bodem as
in Indië. Tradisioneel het baie Afrika-kulture nie soet nage-
regte nie; dit wil sê dat dinge soos melktert en malvapoeding
unieke bydraes is. Dit is maar enkele voorbeelde.
3. Hierdie vraag vereis ʼn persoonlike opinie, dus sal die antwoord
van mens tot mens verskil. Wat ons wel hier kan sê, is dat Afrikaans
miskien Europese wortels het, maar dat die taal in Afrika deur die
mense hier gevorm is. Dink só daaraan: mielies en tamaties is twee
produkte wat oorspronklik in Meksiko verbou is. Nie een van die
twee is endemies aan Suid-Afrika nie. Tog is mieliepap en chakala-
ka twee kosse wat uniek is aan Suid-Afrika. Trouens, tamaties en
mielies vorm vandag deel van die Suid-Afrikaanse stapelvoedsel.
Ons beskou tog nie pap en sous as iets Noord-Amerikaans nie? Dis
eg Suid-Afrikaans! Mielies en tamaties is hier verander om pap en
sous te vorm.

Aktiwiteit 1.15
1. Afrikaans as onderrigtaal by universiteite:
a) Mense moet die geleentheid kry om tersiêre onderrig in hul
moedertaal te ontvang. Dit is veronderstel om vir elkeen van
ons moontlik te wees. Taal mag onder geen omstandighede
gebruik word om mense uit te sluit nie.
b) In sommige gevalle word taal gebruik om ander mense uit te
hou. In ander gevalle gebeur dit op ʼn natuurlike wyse, veral
as ʼn taal buite die klas tot een groep behoort. Dit kan ook tot
natuurlike assimilasie lei. Talle Engelssprekende studente was
bereid om in Afrikaans klas te loop en het in die verlede aan
Stellenbosch of UP gestudeer.

.........
43 AFK1503/1
LEEREENHEID 1: WAT IS TAAL?

c) Sommige politieke partye beweer dat Afrikaanse klasse by


kontakuniversiteite soms minder studente bevat wat beteken
dat die studente meer aandag van hul dosent ontvang. Daar
word ook beweer dat Afrikaanssprekende dosente beter op-
gelei is en die kwaliteit van die onderrig wat Afrikaanse stu-
dente kry, daarom beter is. Na my mening is dit ʼn sinnelose
argument aangesien Afrikaanssprekende dosente hulle le-
sings onveranderd in Engels moet herhaal. Die kwaliteit lê
eerder in die inhoud van die kursus en in die oordrag van in-
ligting, nie soseer in die taal nie.
d) Daar is ʼn wanopvatting dat indien jy jou studies alles in En-
gels voltooi, jy beter geskik is om internasionaal mee te ding.
In die verlede het Afrikaanssprekendes wat slegs in Afrikaans
studeer het, ewe goed gevaar in Engelse terreine, net soos
Duitsers en Chinese en Brasiliane wat ten spyte daarvan dat
hulle in hulle moedertaal gestudeer het, suksesvol internasio-
naal funksioneer. ʼn Taal kan jou net inperk en isoleer as jy wil
hê dit moet.
2. Dit is nogal moeilik om ʼn skatting te waag. Statistiek is nie altyd
betroubaar nie, en enige faktor kan daartoe lei dat dinge volkome
verander. Vermoedelik gaan dinge baie lyk soos dit vandag lyk
met betrekking tot Afrikaans. Selfs al verander die demografie aan-
sienlik baie, sal die meeste mense waarskynlik steeds Standaard-
afrikaans hoog ag. Wat vermoedelik wel sal gebeur, is dat
uitspraakverskille gaan intree soos wat wit en bruin sprekers meer
vermeng. Daarmee saam gaan Omgangafrikaans waarskynlik meer
Kaapse Afrikaans insluit. Maar dit is alles net voorspellings op
grond van wat ons tans waarneem.
3. ʼn Intervensie vir Afrikaans:
a) Afrikaans het waarskynlik ʼn intervensie nodig om bevry te
word. Mense sal aan nuwe idees moet dink om groepe byme-
kaar uit te bring en só die vooruitgang van Afrikaans te verse-
ker as die taal van al sy sprekers.
b) As Afrikaans aan sy lot oorgelaat word, gaan dit waarskynlik
ontwikkel tot iets anders, dalk meer van ʼn praattaal as ʼn taal
van hoër funksies. Maar ons weet dit ook nie met sekerheid
nie. Aan die ander kant het Afrikaans reeds so ver gevorder
dat dit moontlik sonder enige verdere soort ingryping onver-
anderd kan voortleef. Ons dink wel die gaping tussen spre-
kers sal groter word.

.........
44
G L O S S A R I U M:
Leereenheid 1
Arbitrêr (arbitrary): Something is rather based on chance than a reason.
Ontlening (borrowing): When one language uses words from another
language.
Konvensie (convention): A way in which something is usually done and
which is considered acceptable; an agreement between people or
parties.
Dekoloniseer (decolonise): To free yourself from an opressive system (in-
tellectually, culturally, institutionally) influenced by foreign ideas and to
start using local knowledge systems instead.
Hegemonie (hegemony): An influence or authority over others; usually
social, economic, cultural, ideological, etc.
Natuurlike taal (natural language): Language produced by and accessi-
ble to humans and animals.
Nieverbale kommunikasie (nonverbal communication): Communication
expressed without talking or writing. This includes body language,
sounds and the use of artefacts. This excludes sign language.
Fonologie (phonology): The sounds of a language; their position and
structure and well as their delevopment. In sign language this refers to
hand shape, hand movement and hand location.
Betekende (signified): A concept or meaning which is represented by a
sign. A word also qualifies as a sign.
Betekenaar (signifier): The sign that represents a concept or a meaning.
A word can also qualify as a sign.

.........
45 AFK1503/1
BRONNELYS
Arseneault, M. 2006. Metaphor: philosophical theories, in Encyclopedia
of Language and Linguistics, edited by K Brown. Amsterdam: Elsevier.
Aarts, B. 2006. Grammar, in Encyclopedia of Language and Linguistics,
edited by K Brown. Amsterdam: Elsevier.
Anderson, M. 2006. Nonverbal communication, in Encyclopedia of Lang-
uage and Linguistics, edited by K Brown. Amsterdam: Elsevier.
Baker, A, Van Bogaerde, B, Pfau, R & Schermer, T. 2016. The linguistics
of sign language: An introduction. Amsterdam: John Benjamins Publis-
hing Company.
Barthold, LS. 2017. Hans-Georg Gadamer (1900–2002). Internet Ecyclo-
pedia of Philosophy. Available at: http://www. iep. utm. edu/gadamer/
#SH3c (accessed on 15 April 2017).
Biletzki, A & Matar, A. 2014. Ludwig Wittgenstein. Stanford Ecyclopedia
of Philosophy. Available at: https://plato. stanford. edu/entries/wittgen-
stein/ (accessed on 15 April 2017).
Brown, D. 2000. Principles of language learning and teaching. New York:
Addison Wesley Longman.
Castle, G. 2007. The Blackwell guide to literary theory. Oxford: Blackwell
Publishing.
Conradie, J & Groenewald, G. 2014. Die ontstaan en vestiging van Afri-
kaans, in Kontemporêre Afrikaanse Taalkunde, onder redaksie van
WAM Carstens & N Bosman. Pretoria: Van Schaik Uitgewers.
Deumert, A. 2011. The sociolinguistics of sign language, in Introducing
sociolinguistics, edited by Raj Mesthrie. Edinburgh: Edinburgh Univer-
sity Press:407–440.
Du Toit, SJ. 1898. Di koningin fan Skeba. Paarl: DF du Toit en Kie.
Fleming, N. 2014. Plants talk to each other using an internet of fungus.
BBC earth. Available at: http://www. bbc. com/earth/story/20141111-
plants-have-a-hidden-internet (accessed on 12 April 2017).
Fonrouge, G. 2017. Meet the 8-year old girl raised by monkeys. New York
Post. Available at: http://nypost. com/2017/04/06/meet-the-8-year-old-
girl-raised-by-monkeys/ (accessed on 12 April 2017).
Gupta, S & Brulliard, K. 2017. Indian girl was abandoned and not raised
by monkeys, officials say. The Washington Post. Available at: https://
www. washingtonpost. com/news/animalia/wp/2017/04/08/indian-girl-
may-not-have-been-raised-by-monkeys-new-reports-suggest/? utm_
term=.562df781f159 (accessed on 12 April 2017).
Kölbel, M. 2006. Conventions in language, in Encyclopedia of Language
and Linguistics, edited by K Brown. Amsterdam: Elsevier.
Larkins, H. 2010. Afrikaans vandag. Taalkunde en skriftelike kommunika-
sie: Enigste studiegids vir AFK1503. Pretoria: Universiteit van Suid-
Afrika.
Marschall, A. 2016. Japan: Defying world fashion in traffic signs. The At-
lantic. Available at: https://www. theatlantic. com/international/archive/
2016/01/japan-road-signs/426957/ (accessed on 19 April 2017).
McKaiser, E. 2016. It’s time to decolonise Arikaans. IOL. Available at:
http://www. iol. co. za/news/itstimetodecoloniseafrikaans2033764 (ac-
cessed on 15 April 2017).

.........
46
BRONNELYS

Mey, J. 1994. Pragmatics. An introduction. Oxford: Blackwell.


Mesthrie, R & Leap, WL. 2009. Language contact 1: maintenance, shift
and death, in Introducing Sociolinguistics, edited by R Mesthrie, J
Swann, A Deumert & WL Leap. Edinburgh: Edinburgh University
Press:242–270.
Nuessel, F. 2006. Figurative language: semiotics, in Encyclopedia of
Language and Linguistics, edited by K Brown. Amsterdam: Elsevier.
Prince, L. 2013. Afrikaans se môre is bruin. Rapport. Beskikbaar by:
https://web.archive.org/web/20140501095350/http://www.rapport.co.
za/Suid-Afrika/Nuus/Afrikaans-se-more-is-bruin-20130323 (soos op
9 Mei 2017).
Rosch, E. 1973. Natural categories. Cognitive Psychology 4:328–350.
Roser, M & Ortiz-Ospina, E. 2016. Literacy. OurWorldInData. Available
at: https://ourworldindata.org/literacy/ (accessed on 19 April 2017).
Saeed, J. 2009. Semantics. Oxford: Wiley-Blackwell Publishers.
Salleh, A. 2015. Do trees communicate with each other? ABC Science.
Available at: http://www. abc. net. au/science/articles/2015/05/20/
4236600.htm (accessed on 12 April 2017).
South African Institute for Race Relations (SAIRR). 2016. South Africa
Survey Online 2016: Demographics. Available at: http://irr. org. za/re-
ports-and-publications/south-africa-survey/south-africa-survey-2016/
downloads/demographics [skakel nie meer beskikbaar nie] (accessed
on 9 May 2017).
The Japan Times. 2016. Design of Japanese stop signs might change
ahead of Olympic tourism surge. Available at: http://www. japantimes.
co. jp/news/2016/01/21/national/japanese-stop-signs-might-replaced-
ahead-olympic-tourism-surge/#. WPd9SfmGPIU (accessed on 19 April
2017).
Trantraal, N. 2016. Afrikaans isse African taal, sê ek vi die cat. Rapport.
Beskikbaar by: https://www.netwerk24.com/Stemme/Menings/nathan-
trantraal-afrikaans-isse-african-taal-se-ek-vi-die-cat-20160710 (soos
op 15 April 2017).
Trask, RL & Mayblin, B. 2012. Introducing linguistics. A graphic guide.
London: Icon Books.
Van Rensburg, C. 1997. Afrikaans in Afrika. Pretoria: Van Schaik
Uitgewers.
Webb, V & Meyer, N. 2012. Sensus 2011: Taallandskap en taalpolitieke
karakter. LitNet Seminaar. Beskikbaar by: http://www. litnet. co. za/sen-
sus-2011-taallandskap-en-taalpolitieke-karakter/ (soos op 9 Mei 2017).
Woolf, SE. 2013. South African taxi hand signs. Documenting the history
and significance of taxi hand signs through anthropology and art, inclu-
ding the invention of a tactile shape-language for blind people. DPhil
thesis. Johannesburg: University of the Witwatersrand.

.........
47 AFK1503/1
LE E RE E NH EI D 2

Taalvariëteite
Leereenheid2

INHOUD

2.1 Inleiding 49
2.2 DIE VARIËTEITE VAN AFRIKAANS 50
2.2.1 Standaardtaal en Standaardafrikaans 51
2.2.2 Niestandaardafrikaans 53
2.2.3 Kaapse Afrikaans 54
2.2.4 Oosgrensafrikaans (Eastern border Afrikaans) 56
2.2.5 Oranjerivierafrikaans 60
2.2.6 Hantering van die variëteite van Afrikaans in die
onderrigsituasie 62
2.3 LUISTERVAARDIGHEDE (LISTENING SKILLS) 63
2.3.1 Verskillende soorte luister 64
2.3.2 Hoe kan ek my luistervaardighede ontwikkel? 65
2.3.3 Die onderrig van luistervaardighede 66
2.4 OM OP TE SOM 68

UITKOMSTE
Aan die einde van hierdie leereenheid behoort jy in staat te wees
om:
● die drie historiese variëteite van Afrikaans te kan onderskei
● die begrippe “standaardtaal” en “Standaardafrikaans” te
begryp
● te onderskei tussen omgangsvariëteite en registervariëteite
van Afrikaans
● kennis te dra van die oorsprong en die kenmerke van Kaapse
Afrikaans, Oosgrensafrikaans en Oranjerivierafrikaans
● die verskillende variëteite van Afrikaans te kan hanteer in die
onderrigsituasie
● die verskillende luistervaardighede te begryp

.........
48
Leereenheid 2: Taalvariëteite

● luistervaardighede effektief in die onderrigsituasie te kan


hanteer

2.1 INLEIDING
In Leereenheid 1 is die vraag “Wat is taal?” beantwoord. Daar is onder
andere op die geskiedenis van Afrikaans en taal as kommu-
nikasiesisteem gefokus. In hierdie leereenheid val die klem op stan-
daardtaal, Standaardafrikaans, die verskillende variëteite van Afrikaans
en ten slotte luistervaardighede.

Ons gaan saam die volgende begrippe van naderby beskou:


● die konsepte standaardtaal en Standaardafrikaans
● taalverskeidenheid en variëteite van Afrikaans
● omgangsvariëteite en registervariëteite
● Kaapse Afrikaans
● Oosgrensafrikaans
● Oranjerivierafrikaans
● luistervaardighede
Al hierdie begrippe mag dalk oorweldigend klink, maar onthou dat jy nie
alleen op hierdie reis is nie. Ons gaan saam ontdek en verken.

Afrika-gesegde
As jy haastig is, reis alleen. As jy ver moet reis, vat eerder iemand
saam.
(If you want to go quickly, go alone. If you want to go far, go
together.)

.........
49 AFK1503/1
LEEREENHEID 2: TAALVARIËTEITE

2.2 DIE VARIËTEITE VAN AFRIKAANS


Afrikaans is ʼn lewende taal en enige lewende taal word gekenmerk deur
grammatikale variasie. Kom ons kyk na ʼn paar voorbeelde van variëteite
van Afrikaans:

Die eerste spraakborrel (speech bubble) is ʼn voorbeeld van dié variëteit


van Afrikaans wat vir die hoë funksies (formele gesprekke of skryftaal)
gebruik word, naamlik Standaardafrikaans. Ons kom later terug na
hierdie begrip.
In die tweede spraakborrel word daar in Kaapse Afrikaans gesels. Jy kan
meer hieroor lees in paragraaf 2.2.3 van hierdie leereenheid.
Die derde spraakborrel is ʼn voorbeeld van Tsotsitaal – ʼn mengtaal (mixed
language) wat deur jong swart stedelinge gepraat word om te wys dat
hulle aan ʼn sekere groep behoort. Jy verstaan moontlik nie al die woorde
in hierdie spraakborrel nie. In Standaardafrikaans sal hierdie gesprek
soos volg verloop: Hallo meisie. Luister hier! Ek wil met jou praat, want jy
is my nommereenliefling.
Met die lees van hierdie drie spraakborrels kan mens reeds agterkom dat
Standaardafrikaans belangrik is as vaste punt (fixed point) waaraan
variasie gemeet kan word en dat dit die basis van taalgebruik vorm –
veral waar dialekte (geografiese variëteite) of sosiolekte (sosiale
variëteite) grootliks verskil.
Dit is belangrik dat jy uit die staanspoor (right from the start) daarop let
dat alle variëteite van Afrikaans gelykwaardige kommuniekasiekodes
(equivalent communication codes) is, en as gelykes beskou moet word.
Hoewel sekere variëteite vroeër as minderwaardige of verkeerde vorme
van Afrikaans beskou is, word daar vandag aanvaar dat alle variëteite
van ’n taal gelykwaardig (equivalent) is (Webb, 1989:412).

A K T I W I T E I T 2.1
2.1.1 Lees die volgende aanhaling van Pienaar (2014):
... (t)aal is baie dieper in ons wese en identiteit in-
geweef as wat meeste van ons besef. Ons leer nie net
taal van mekaar nie, ons leer ook sekere denkpatrone
daarmee saam. Ons taal wat ons praat, is dus veel
meer as net ’n instrument van klank en kommunikasie.
Ons taal is deel van hoe ons onsself beleef en sien, hoe
ons onsself uitdruk en verstaan.

.........
50
Leereenheid 2: Taalvariëteite

(... language is much deeper intertwined with our essence


and identity than most of us realise. We do not only
learn language, we also learn certain patterns of thought.
Our language is part of how we experience and see
ourselves, how we express and understand ourselves.)
(My eie, vrye vertaling)
Stem jy met hierdie skrywer saam? Het jy al ooit gewonder
hoe taal jou identiteit raak? Skryf ’n paragraaf waarin jy dit
duidelik maak of jy met die skrywer saamstem of nie.
Gebruik twee gepaste argumente in jou bespreking.
2.1.2 Luister in die omgewing waar jy woon of werk na die ver-
skillende variëteite van Afrikaans wat gepraat word. Skryf
ongeveer 10 voorbeelde neer van interessante woorde of
idiomatiese uitdrukkings wat anders klink as die Afrikaans
wat jy gebruik.

Afrika-gesegde
Wysheid is soos ’n kremetartboom; mens kan dit nie omarm nie.
(Wisdom is like a boabab tree; no one individual can embrace it.)

2.2.1 Standaardtaal en Standaardafrikaans


Die ontstaan en ontwikkeling van Afrikaans as ʼn selfstandige taal hang
ten nouste saam met ʼn verskeidenheid bevolkingsgroepe en tale in
Suider-Afrika. Behalwe Jan van Riebeeck se Nederlands; die Khoi,
Maleis en Portugees wat in die 18de eeu aan die Kaap gehoor is; en
vandag se Standaardafrikaans en hoofdialekte, is daar talle taalvorme
wat ʼn invloed gehad het op die vorming van Afrikaans. Jy kan meer
hieroor lees in Leereenheid 1.
Wat is Standaardafrikaans dan? Standaardafrikaans is die
gestandaardiseerde skryf- en spreektaalvorm van Afrikaans wat in die
loop van die 20ste eeu sterk ontwikkel het (Carstens & Bosman,
2017:45). Standaardafrikaans is die basis of vaste punt waaraan variasie
gemeet kan word. Combrink (1997:9) beklemtoon dat die hoogste norm
waaraan die sukses van taalgebruik gemeet kan word, 100%
kommunikasie in alle situasies is. Hy skryf soos volg oor
Standaardafrikaans:
Die bestaan van Standaardafrikaans word ... dikwels foutief geïnter-
preteer en foutief toegepas ... Baie mense beskou Standaardafri-
kaans as die enigste korrekte manier van praat en skryf. Hulle sien
dit só dat álle mense orals en altyd Standaardafrikaans behoort te
gebruik. Sekere selfaangestelde mense (self-appointed people) kor-
rigeer byvoorbeeld mense wat ander soorte Afrikaans gebruik. Baie
leke (lay persons) beskou die soort Afrikaans wat deur die jeug ge-
bruik word, as ʼn voorbeeld van hoe die taal “agteruitgaan”. Die
meeste onderwysers het ook ʼn negatiewe houding jeens (towards)
alles wat nie standaardtaal is nie. Standaardafrikaans is ongetwyfeld
belangrik. Maar as ʼn mens Standaardafrikaans orals en altyd

.........
51 AFK1503/1
LEEREENHEID 2: TAALVARIËTEITE

gebruik, het dit dikwels kommunikasiebreuke tot gevolg. Net so min


as wat mens in jou kisklere (smart clothes or fomal wear) werklik kan
deelneem aan ʼn opskop (party or dance), so min kan mens in forme-
le Standaardafrikaans “djôl laddie byle hyl” (to party till you drop).
Die hoogste norm moenie wees om te alle tye en onder alle omstan-
dighede Standaardafrikaans te praat of te skryf nie, maar om in alle
situasies 100% te kommunikeer, die eerste keer. (My eie vertalings
ingevoeg)
Die begrip “standaardtaal” impliseer nie dat dit ʼn beter of meer korrekte
weergawe van die taal is nie. Dit is wel in formele gesproke of geskrewe
situasies die sosiaal mees gepaste (the socially most appropriate form)
vorm van Afrikaans. Ons kan dus sê dat daar nie iets soos korrekte,
goeie, beter of verkeerde Afrikaans is nie. Daar is net gepaste
(appropriate) Afrikaans (Carstens, 2011:283).
Hoe belangrik is dit dan dat daar wel ʼn standaardtaal is? Die belangrikste
waarde van ʼn standaardtaal is dat dit:
− ʼn gemeenskaplike taalbasis vir die gebruiker bied (provides a com-
mon language base for the user).
− algemene en effektiewe kommunikasie moontlik maak.
Engelbrecht (1980:12) skryf oor die belangrikheid dat daar ʼn
standaardtaal vir taalgebruik moet wees:
... sekere norme waarvolgens ʼn mens kan werk. Dit behels niks wat
die taal se vrye groei as uitdrukkingsmiddel aan bande lê nie, maar
is eerder ʼn riglyn waarvolgens vorme wat die taal in sy kern aantas,
geweer kan word (rather a guideline according to which forms that
affect the language at its core can be rifled) – sodat hy gesond ont-
wikkel en ʼn doeltreffende middel tot sinryke kommunikasie (mea-
ningful communication) bly. Dié standaard lê ook nie die
beroepskommunikator aan bande in sy inisiatief nie. Dit ondersteun
hom eerder en dui ʼn groter beweegruimte vir oorspronklikheid (grea-
ter mobility for originality) aan. Want sonder ʼn standaard, sonder
norme, heers daar net verwarring en chaos. (My eie vertalings
ingevoeg)
Ons kan dus tot die gevolgtrekking kom dat die standaardtaal as ʼn
kompromie tussen die verskillende dialekte dien. Le Cordeur (2011)
beskryf die funksie van ’n standaardtaal treffend soos volg: “Dit verseker
dat ons almal van dieselfde bladsy af sing.”

A K T I W I T E I T 2.2
Die instruksies op ’n vraestel lui soos volg:
LET WEL: 1. Alle vrae is verpligtend.
2. Tydsduur: 2 uur
3. Begin asseblief elke vraag bo-aan ʼn skoon bladsy.
4. Hierdie vraestel is die eiendom van die universiteit.
Handig dit asseblief saam met jou antwoordstel in.

.........
52
Leereenheid 2: Taalvariëteite

2.2.1 Hoekom word die instruksies op die vraestel in Standaard-


afrikaans gegee? Sou dit ’n verskil gemaak het indien die
instruksies in enige ander variëteit van Afrikaans gegee
was?
2.2.2 Beskryf in jou eie woorde wat jy onder die volgende be-
grippe verstaan:
– Standaardtaal
– Standaardafrikaans
2.2.3 “Standaardafrikaans is ʼn meer korrekte vorm van Afrikaans”.
Verduidelik waarom jy met hierdie stelling saamstem of
daarvan verskil.

Afrika-gesegde
Geduld is die moeder van ʼn pragtige kind.
(Patience is the mother of a beautiful child.)

2.2.2 Niestandaardafrikaans
Niestandaardvorme in Afrikaans impliseer nie dat hierdie vorme
minderwaardig is nie. Dit dui op die beperkte gebruik van sekere
taalvorme. Carstens (2011:285) wys daarop dat dié vorme niestandaard
is omdat hulle:
− nie algemeen oor die hele spraakgebied voorkom nie
− nie onder alle taalgebruikers voorkom nie
− beperk is in hulle gebruik tot byvoorbeeld ʼn sekere geografiese gebied
(streektale) of tot ʼn spesifieke groep mense (groeptale)
Die volgende twee hoofsoorte (main types) niestandaardvorme word
deur De Villiers (1985) onderskei:
Omgangsvariëteite (colloquial varieties) is die taalvorme waarin mense
hul die natuurlikste uitdruk. Dit gee vir ons ʼn aanduiding uit watter streek
die spreker kom asook watter sosiale groepering die spreker
verteenwoordig, soos Kaapse Afrikaans en Swart Afrikaans. Ander
omgangsvariëteite sluit dié van die Boland, Swartland, Namakwaland,
Karoo, die Bosveld, die Laeveld en die Riemland in.
Registervariëteite (register varieties) staan ook as groeptaal bekend.
Registervariëteite is die variëteite waarin mense in groepsverband hulle
belangstelling of aktiwiteite uitleef. Registervariëteite sluit beroepsgroepe,
godsdiensgroepe, stokperdjiegroepe, geheimgroepe en sleng in. Voor-
beelde van registervariëteite is bendetaal, tronktaal, rugbytaal en die taal
van daggarokers. Hierdie groepe praat ʼn taal wat sy eie kenmerkende
woordeskat (jargon) het.
Dit bring ons nou by die vraag: Hoe het Afrikaans ontstaan? Drie
hooftaalgroepe het oorsprong gegee aan Afrikaans: die Europese
nedersetters, die Khoi en San, en die slawe wat ʼn eie dialek gepraat het
(Van Oort, 2008:22). Die drie historiese variëteite van Afrikaans is:
● Kaapse Afrikaans (wat oorspronklik deur die slawe gepraat is)
.........
53 AFK1503/1
LEEREENHEID 2: TAALVARIËTEITE

● Oosgrensafrikaans (wat oorspronklik deur die veeboere in die binne-


land gepraat is)
● Oranjerivierafrikaans (wat oorspronklik deur die Khoi gepraat is)
Kom ons beskou elk van hierdie variëteite van naderby.

2.2.3 Kaapse Afrikaans


Reeds in 1962 beklemtoon Adam Small in die voorwoord van sy bundel,
Kitaar my kruis, die status en belangrikheid van Kaaps:
Kaaps is ’n taal, ’n taal in die sin dat dit die volle lot en noodlot van
die mense wat dit praat, dra; die volle lot, hulle volle lewe met alles
wat daarin is; ’n taal in die sin dat die mense wat dit praat, die eerste
skreeu in die lewe skreeu in hierdie taal, al die transaksies van hul
lewens beklink in hierdie taal, en hul doodsroggel roggel in hierdie
taal.
Kaapse Afrikaans is ʼn dinamiese taal wat vandag oral in Suid-Afrika
(veral in die Wes-Kaap en die Bo-Kaap) gehoor word. Oorspronklik het
veral slawe Kaapse Afrikaans gepraat en dit het daarom heelwat
Moesliem en Arabiese invloede bevat. Slawe wat Nederlands leer praat
het, kon hul vryheid terugkoop. Dit het tot gevolg gehad dat daar teen die
einde van die 18de eeu ʼn groot gemeenskap vryslawe was. Die meeste
slawe kon ook ʼn vorm van Portugees, naamlik Maleis-Portugees, praat.
Woorde uit Maleis-Portugees wat in Afrikaans behoue gebly het, is onder
andere: bredie, katel, kierang, kraal, nooi, sambok en tamaai (Hugo,
2009:17). Die invloed van Maleis kan duidelik gehoor word in die
uitspraak van j- as dj- in jy en julle wat as djy en djulle uitgespreek word.
Oosterse woorde wat in Afrikaans bly voortleef het, is woorde soos atjar,
baadjie, blatjang, koejawel, piering, piesang, ramkie en sambreel (Raidt,
1991:47).
Eiesoortige woorde en idiome (waarvan baie hulle oorsprong in
Moesliemafrikaans het) is kenmerkend van Kaapse Afrikaans. Bestudeer
die volgende tabel:

KAAPSE AFRIKAANS
– ʼn erkende en gelykwaardige vorm van Afrikaans –

trammakassie dankie
Kwailappie! Mooi so!
Sy is ougat/poenankies. Sy is oulik.
Jy is baing laai-laai. Jy is baie skerp met die tong.
Waar slaap jy as dit reent? Waar kom jy vandaan?
Ek het lag-lag gewen. Ek het maklik gewen.
Hulle is ʼn laa-die-daa- Hulle is ʼn gesiene/middelklas
familie. (reputable/middle-class) familie.

.........
54
Leereenheid 2: Taalvariëteite

Dit bring ons by enkele kenmerke waarmee Kaapse Afrikaans geïden-


tifiseer kan word:

TABEL 2.1: Enkele kenmerke van Kaapse Afrikaans (Davids, 2011;


Hendricks, 1996; Saal, 2017)
Kenmerk Voorbeelde
Die ontronding van klinkers – lyster (luister); hys (huis)
Die kodewisseling (code swit- – Ek check jou later.
ching) tussen Afrikaans en struggle; game; lunch; sale;
Engels rent; happen; cousin
Die gebruik van ge- saam met – ge-phone; ge-strike; ge-
Engelse woorde change; ge-guide
Die weglating (omission) van – vi (vir); see (seer); ma (maar);
konsonante aan die einde van klom (klomp)
woorde
Assimilasie word dikwels – ammal (almal); kinners (kin-
gebruik ders); anners (anders)
/o/-verhoging: die lang “o” in – oek (ook); doef (doof)
woorde word “oe”
/e/-verhoging: die lang “e” in – wiet (weet); biesaggeit (besig-
woorde word “ie” heid); vergiet (vergeet)
Eiesoortige gebruik van woorde – goose vir meisie
(Distinctive use of words) jintoe vir prostituut
gangsters vir bendes
smaak my vir lyk my
houtpak vir doodskis
kaart skiet vir lieg
tjol vir dans
diener vir polisieman
forbidden fruit vir verbode
vrugte
leerling het brood in die oond
vir die leerling is swanger
nog pienk agter die ore iemand
wat nog jonk/onervare is
Die verkorting van klinkers – lat (laat); gat (gaan)
Die gebruik van die voornaam- – onse mense; onse familie;
woord (pronoun) onse in plaas onse land; onse taal
van ons

.........
55 AFK1503/1
LEEREENHEID 2: TAALVARIËTEITE

Kenmerk Voorbeelde
Die gebruik van daai – Daai’s nie my concern nie.
(Dit is nie my bekommernis
nie.)
Daai’s kwaai.
(Dis mooi.)

A K T I W I T E I T 2.3
Kom ons kyk of jy ʼn paar interessante woorde wat in Kaapse
Afrikaans voorkom, kan gebruik. Raadpleeg die Afrikaanse
woordelys en spelreëls om die volgende woorde op te soek. Skryf
eers die woord en daarna die betekenis neer. Gebruik nou elke
woord in ʼn sin sodat die betekenis duidelik blyk.

Betekenis Sin
tatta
hak-en-tak
aspris
twiegevriet
staanvastig

Afrika-gesegde
Kennis sonder wysheid is soos water in sand.
(Knowledge without wisdom is like water in the sand.)

2.2.4 Oosgrensafrikaans (Eastern border Afrikaans)


Oosgrensafrikaans is gepraat deur die trek- en veeboere wat na die
oosgrens van die Kolonie getrek het. Hulle het later ook na die binneland
getrek om die Boererepublieke te stig. Hierdie groep trek- en veeboere
het ’n ander soort Afrikaans gepraat as die Aanleerdernederlands van
die Kaapse slawe en die Khoi. Oosgrensafrikaans is sedert 1836 met die
Groot Trek na die Vrystaat en Transvaal geneem. Volgens Grebe (2002)
is Oosgrensafrikaans dié variëteit waaruit Standaardafrikaans ontwikkel
het. Hierdie taalvorm word algemeen gebruik vir hoër funksies,
byvoorbeeld literatuur, regswese, onderwys, wetenskap en media.
Oosgrensafrikaans word hoofsaaklik in die volgende gebiede gepraat:
Gauteng, die Vrystaat, Natal, die Oos-Kaap, die Kaapse binneland en die
Karoo (Van Rensburg, 1997).

.........
56
Leereenheid 2: Taalvariëteite

Die kaart hier onder dui aan waar die historiese variëteite van Afrikaans
ontstaan het.

FIGUUR 2.1
Die ontstaan van die historiese variëteite van Afrikaans

Talle van die kenmerke van Oosgrensafrikaans kom vandag oor feitlik die
hele Afrikaanse taalgebied voor. Die volgende voorbeelde is slegs enkele
van die kenmerke waarmee Oosgrensafrikaans geïdentifiseer kan word:

TABEL 2.2: Enkele kenmerke van Oosgrensafrikaans

Kenmerk Voorbeelde
Die aan- of afwesigheid van intervoka- – over (oor)
liese konsonante vroeger (vroeër)
Die gebruik van voornaamwoorde, – deze
soos ...
Verskeie lidwoorde kom voor, soos ... – het, de en die
Die voorkoms van slot -t – pligt (plig)
gaat (gaan)

.........
57 AFK1503/1
LEEREENHEID 2: TAALVARIËTEITE

Kenmerk Voorbeelde
Die afwisseling van -e- en -a-; -i- en -e-; – perd – paard
-oo- en -eu- dink – denk
deur – door
Die ronding van die -ee- klank – seuwe (sewe)
speul (speel)
Die gebruik van vir voor persoonlike – Ek sien vir jou.
voorwerpe
Die verwisselbaarheid van die woorde – Sy ken net lag./Oom kan
kan en ken mos vir my.
Die nasalering van vokale – [mε͂:s] vir mens

Die meeste van hierdie uitspraakvorme het in die twintigste eeu verdwyn.
Ons gebruik egter vandag nog die vokaalnasalering wat die norm van
Standaardafrikaans geword het.

Tsotsitaal
Tsotsitaal is ’n mengtaal wat in Suid-Afrika in die swart stedelike gebiede
ontstaan het. Sophiatown, die township wat in die apartheidstyd ontruim
en vervang is met die blanke werkersklasbuurt Triomf, word as die
geboorteplek van Tsotsitaal beskou. Hierdie kreatiewe taal is in die
apartheidsjare as ’n geheime taal gebruik sodat die owerheid en ander
mense nie kon verstaan wat die sprekers daarvan sê nie. Tsotsitaal is
dus gebruik om die ingeligtes in te sluit en die oningeligtes uit te sluit (to
include the informed and to exclude the uninformed). Dit was en is ook
die taal van misdadigers. “Tsotsi” verwys na ʼn jong, swart misdadiger en
Tsotsitaal is hoofsaaklik ʼn mannetaal wat in tronke gepraat word. Dit
word vandag nog in en om Johannesburg en ook elders in die land
gepraat deur mense met verskillende moedertale en etniese agtergronde
wat wil kommunikeer en sosialiseer.
Sommige taalkundiges beskou Afrikaans as die basis van Tsotsitaal.
Hierdie mengtaal bevat ook woorde uit Suid-Afrika se 10 ander amptelike
tale. Die volgende is enkele voorbeelde van Tsotsitaal:
weedie vir praat
klevaas vir slimmes
moegoes vir dom mense
flaai/fly vir straatwys (streetwise)
drata vir R100-note
vuile water vir alkoholiese drank
laaitie vir seuntjie
hoezit? vir hoe gaan dit?
cherrie vir meisie
bra vir vriend
haba vir niks

Tsotsitaal staan ook as Flaaitaal bekend. Hierdie taal het nie vaste
taalreëls nie en dit verander en ontwikkel die hele tyd. Dít is dan ook die

.........
58
Leereenheid 2: Taalvariëteite

rede hoekom daar dikwels soveel sinonieme vir dieselfde woord of


begrip is. Kom ons kyk byvoorbeeld na die woord “geld”. Die volgende
woorde beteken almal “geld”: bucks, chien, miereng, mint, sjelt,
smackers, tsika, tsang en zak. As ʼn spesifieke woord te algemeen
bekend word, beskou die sprekers van Tsotsitaal dit nie meer as
eksklusief nie, en ʼn nuwe woord word dan geskep om te verseker dat dit
ʼn geheimtaal (secret language) bly (Hugo, 2009:162; Schuring, 1983).
Die samesteller van die Tsotsitaalwoordeboek, Louis Molamu, beskryf
Tsotsitaal as ʼn hartstogtelike taal (a language of passion) (Molamu,
2003). Daar is ook gedigte geskryf in Tsotsitaal, byvoorbeeld Sipho
Sepamla se “Come Duze Baby” (Sepamla, 1975). Lees die volgende
greep uit hierdie gedig en gebruik die woordverklarings tussen hakies om
dit beter te verstaan:
Ek praat die real ding (Ek is opreg)
Moenie dink
Ek wala-wala net stof (Ek praat net onsin/nonsens)
Ek wil jou cover (Ek wil jou beskerm)
Ek wil jou smekana (Ek wil geld aan jou bestee)
Jy ken mos
Die movie-star ding.
Jy’s my number one mbuzana (Jy’s my nommereenliefling)
Die neneweet (Die Here weet)
Jy’s my eie ding
Met my ma!
Baby come duze!
Come duze baby! (Kom nader liefie!)

A K T I W I T E I T 2.4
Die volgende sin is ’n voorbeeld van Tsotsitaal. Die sin bestaan uit
woorde uit Afrikaans, Engels en Tswana:
Ke tsamaya le palone boy vandag; sepokothedi, tang ya mannete.
2.4.1 Probeer om hierdie sin in Standaardafrikaans oor te skryf.
Dit sal moontlik nodig wees om iemand wat Tswana kan
praat, te vra om jou te help.
2.4.2 Waar dink jy kom die uitdrukking palone boy vandaan en
wat beteken dit?
2.4.3 Athol Fugard se roman Tsotsi (1983) is in 2005 verfilm en is
met ’n Oscar vir die beste buitelandse film bekroon. Kyk na
die film of lees meer daaroor op die internet. Skryf ’n paar
voorbeelde van Tsotsitaal neer wat in die film gebruik
word.
2.4.4 Bestudeer die tabelle met Kaapse Afrikaans (kyk paragraaf
2.2.3) en Oranjerivierafrikaans (paragraaf 2.2.5) as erkende

.........
59 AFK1503/1
LEEREENHEID 2: TAALVARIËTEITE

en gelykwaardige vorme van Afrikaans. Skep nou jou eie ta-


bel met die volgende titel:

Gee vyf voorbeelde in jou tabel van woorde of uitdrukkings in


Oosgrensafrikaans in die eerste kolom en die verklaring vir elk in die
tweede kolom.

Afrika-gesegde
Om ’n goeie gesprek te hê, is soos om rykdom te hê.
(Having a good discussion is like having riches.)

2.2.5 Oranjerivierafrikaans
Die groot invloed wat die Khoi op die vorming van Afrikaans gehad het, is
in Leereenheid 1 bespreek. Oranjerivierafrikaans is deur die Khoi en
hulle afstammelinge gepraat.
Die Nederlanders het nie vir die aanleer van die Khoi-tale kans gesien
nie. Die Khoi het ná 1652 noodgedwonge Nederlands begin aanleer en
’n vereenvoudigde variant (simplified variety) daarvan begin praat. Teen
die agtiende eeu het die Khoi-sprekers begin om hul eie moedertaal te
verleer (forget/unlearn). Voordat dit gebeur het, het hulle ’n groot invloed
gehad op die variant van Afrikaans wat as Oranjerivierafrikaans bekend
staan.
Jy mag dalk wonder hoe dit gebeur het dat Oranjerivierafrikaans by die
Oranjerivier ontstaan het. Die Khoi-veeboere het vanaf 1713 uit die Kaap
na die Oranjerivier getrek en die taal saam met hulle geneem. Die
sendelinge het ook ’n aandeel gehad om die taal verder uit te bou.
Voorbeelde van Khoiwoorde wat vandag nog in Afrikaans gebruik word,
is:
dagga, karos, kierie, kamma, hoeka, kwagga, aitsa!, eina! Ma-goed,
Ma-hulle, bietjie-bietjie, nou-nou, netnou (Van Rensburg, 1989).
Oranjerivierafrikaans word langs die weskus van Suid-Afrika tot min of
meer 200 km noord van Kaapstad gepraat, asook in Namakwaland, die
Richtersveld en die suidelike deel van Namibië. Hierdie variëteit van
Afrikaans word hoofsaaklik in die Noord-Kaap gepraat en vorm die basis
van Namakwalands en Griekwa-Afrikaans (Van Rensburg, 1997:9).

.........
60
Leereenheid 2: Taalvariëteite

Sommige kenmerke van Oranjerivierafrikaans:

TABEL 2.3: Enkele kenmerke van Oranjerivierafrikaans

Die verkorting van lang vokale – lop (ipv loop); dot (ipv dood); sam
(ipv saam)
Die verlenging van kort vokale – aantwoord (ipv antwoord); nie-
maand (ipv niemand); slaang (ipv
slang)
Vokaalwysiging (changing of – gaseeg (ipv gesig); neeks (ipv
vocals) niks); seet (ipv sit); huus (ipv
huis); tuun (ipv tuin)
Konsonantwysiging (changing – gjeld (ipv geld); kjerk (ipv kerk);
of consonants) kjind (ipv kind)
Unieke meervoudsvorming – ouerse (ipv ouers); vroues (ipv
vroue); woordes (ipv woorde)
Die gebruik van saam ... met – Sy maak tee saam met
kookwater.
Die gebruik van se saam met ʼn – hulle se huis; onse kinders; hy se
besitlike voornaamwoord naam; julle se mense
Die meervoudsvorm -goed – Ma-goed; meneergoed
Die verskillende vorme van -se – ons se pa
om besit aan te dui
Kom ons kyk na ʼn paar interessante woorde/uitdrukkings in Oran-
jerivierafrikaans:

ORANJERIVIERAFRIKAANS
– ʼn erkende en gelykwaardige vorm van Afrikaans –

hakke-triep pootjie (to trip someone)


naand naderhand/later
verongeluk seermaak (to injure someone)
kokaai (Die kos is kokaai.) sleg/onsmaaklik
doendinge oortredings (wrongdoings)
onbruikbaar stout/onbeskof (naughty/rude)
moraak aanrand/slaan

In die Noord-Kaap staan Khoi-Afrikaans as Griekwa-Afrikaans bekend.


Griekwa-Afrikaans is ’n subvariëteit of dialek (’n taalvariant) van die
geolek Oranjerivierafrikaans. Dit het saam met ʼn vrygestelde slaaf Adam
op die plek wat later Griekwastad genoem is, aangekom. Die Griekwas
het onder kaptein Andries Waterboer by Griekwastad en kaptein Adam
Kok III by Philippolis hulle eie demokratiese stelsel met ’n volksraad en
regstelsel gehad. Griekwa-Afrikaans is in amptelike dokumente gebruik.
.........
61 AFK1503/1
LEEREENHEID 2: TAALVARIËTEITE

Hierdie geolek het lank goed bewaar gebly, maar met die koms van die
moderne media het dit begin uitsterf (Hugo, 2009; Van Rensburg, 1997).
Hans du Plessis is die skrywer van die eerste drama in Griekwa-
Afrikaans, Broerse. Hierdie skrywer en digter is beter bekend vir sy
Griekwa-psalms. Die volgende gedig – “Mooierder assie son” – kom uit
die bundel Boegoe vannie liefde (2002).
Kois, jy’s bitterlik mooi,
mooierder assie eerste son
wat smoors orie dyne kom,
jy’sie strale oppe springbokooi,
ennie dou sit krale om jou se nek.
Agtermirrag assie son wil watertrek,
is jy ’n gemsbok wat tenie dyne stryk,
ennie oudag isse kettankie koper
wat jy oor jou se skouerse hang.
Ek raak virrie son meerderder lief
as jou se oge sos kwartels oor my vlieg.
Die volgende aktiwiteit behoort jou help om hierdie gedig met tipiese
kenmerke van Griekwa-Afrikaans beter te verstaan.

A K T I W I T E I T 2.5
Lees die bostaande gedig van Hans du Plessis en beantwoord dan
die volgende vraag:
Skryf die gedig oor in Standaardafrikaans. Skryf die gedig in ’n
tabel met twee blokke. Skryf die Griekwa-weergawe in die eerste
blok en die Standaardafrikaans-weergawe in die tweede blok.
Skryf dit reël vir reël neer en probeer om te verstaan wat die
betekenis is.
Dit mag jou moontlik help om hierdie aktiwiteit saam met iemand
te doen wie se moedertaal Afrikaans is.

2.2.6 Hantering van die variëteite van Afrikaans in die


onderrigsituasie
Soos ons reeds bespreek het, is dit noodsaaklik dat onderwysers
(teachers) van Afrikaans ʼn paar kopskuiwe (mind shifts) oor die
verskillende variëteite van Afrikaans moet maak. Die volgende wenke
kan dien as riglyne in hierdie verband:
● Wees self positief en toegeeflik teenoor die verskillende variëteite van
Afrikaans en beskou hulle as gelykwaardige variëteite van die taal.
● Laat leerders toe om hulle uit te druk in die taal wat hulle praat sonder
om hulle te penaliseer.
● Moedig die gebruik van die verskillende variëteite in die onderrigsitua-
sie aan. Leerders kan byvoorbeeld die geleentheid kry om hul eie va-
riëteit in mondelingperiodes te gebruik.

.........
62
Leereenheid 2: Taalvariëteite

● Poog om ʼn positiewe gesindheid by leerders of studente teenoor die


variëteite te kweek.
● Wend ʼn doelbewuste poging aan om die variëteite in onderrig te inkor-
poreer. Praktiese voorbeelde is die gebruik van voorgeskrewe boeke,
gedigte, liedjies en onderwerpe vir navorsingstake wat die variëteite
van Afrikaans weerspieël.
● Begin ’n ʼn-woord-ʼn-week-projek waarin leerders aangemoedig word
om ʼn sinoniem uit ʼn ander variëteit te gebruik, byvoorbeeld tramakas-
sie in plaas van dankie.
● Skep ʼn groter verteenwoordigende ruimte waar die standaard in ʼn
meer buigsame vorm gegiet word (is cast in a more flexable form).
Heg byvoorbeeld gelyke waarde aan die gebruik van “tramakassie” en
“dankie”.
● Verduidelik waarom standaardtaal tog belangrik is vir formele ge-
sprekke of skryftaal. Dit vorm die basis van taalgebruik – veral waar
variëteite grootliks verskil.
● Plaas doelbewus klem (Place deliberate emphasis) op variasie en
wys hoe taalpurisme daardeur gerelativeer (language purity is being
relativised) word. Gee erkenning aan die voorheen gemarginaliseerde
(marginalised) groepe van die Afrikaanse spraakgemeenskap
(speech community) en gun hulle hul regmatige plek (recognition and
a rightful place) (Pheiffer, 1992; Webb, 1992).

A K T I W I T E I T 2.6
Leerders en onderwysers moet lewenslank bly leer en ontdek. Vir
hierdie aktiwiteit moet jy luister na hoe mense in jou familie,
vriendekring en werksomgewing praat. Identifiseer 10 voorbeelde
van idiome, woorde of sinonieme wat variëteite van Afrikaans
verteenwoordig. Gebruik ʼn tabel met twee kolomme. Gee die
idiome of woorde in kolom A en die betekenis in kolom B.

Afrika-gesegde
Hou ’n ware vriend met beide hande vas.
(Hold a true friend with both hands.)

2.3 LUISTERVAARDIGHEDE (LISTENING SKILLS)


Ons het in die voorafgaande gedeelte van hierdie leereenheid gefokus
op die verskillende variëteite van Afrikaans. Taal, standaardtaal en die
verskillende variëteite van ’n taal gaan alles oor kommunikasie, en
kommunikasie is sowel luister as praat.
Luister is waar taal begin. ’n Baba hoor eers klanke (luister) en begin dan
om die klanke te oefen en uit te spreek. Luister en hoor word dikwels as
sinonieme gebruik, maar daar is ’n groot verskil tussen hierdie twee
begrippe.

.........
63 AFK1503/1
LEEREENHEID 2: TAALVARIËTEITE

Hoor is ’n aangebore vaardigheid. ’n Persoon kan passief inlig-


ting ontvang sonder om betekenis daaraan te heg.

Luister is ’n kognitiewe aktiwiteit wat doelbewus ontwikkel moet


word (a cognitive activity that has to be deliberately developed).
Daar word dus gedink as daar geluister word en klank word in
die brein tot idees en begrippe verwerk. Luister vereis aktiewe
deelname aan ’n gesprek.

’n Persoon wat goed kan hoor, is nie noodwendig ’n goeie luisteraar nie.
Stem jy saam dat baie mense wat wel goed kan hoor, nie noodwendig
goeie luisteraars is nie?
Het jy geweet dat mens ongeveer sewe uit elke 10 minute wat jy wakker
is aan die een of ander vorm van kommunikasie deelneem? Leerders
bestee in hul daaglikse kommunikasie ongeveer 45% tyd aan luister,
30% aan praat, 15% aan lees en net 10% aan skryf. Dit is kommer-
wekkend dat daar in onderrig weinig aandag aan luistervaardighede
gegee word, en dat min mense moeite doen om hulle luistervaardighede
te verbeter (Beukes, 2007:6).
Volgens Snijder (1991) het mense dikwels die volgende wanpersepsies
(misunderstandings) oor luister:
a. Luistervaardighede kan nie geëvalueer (evaluate) word nie.
b. Luister is ’n passiewe vaardigheid.
c. Leesvaardigheid verbeter ’n mens se luistervaardigheid.
d. Mondelinge kommunikasie se sukses hang van die spreker af.
e. ’n Luisteraar wat nie saamstem met ’n spreker nie, het nie geluister
nie.
Dit is belangrik dat elke persoon besef dat daar altyd ruimte vir
verbetering van sy/haar luistervaardighede is.
Effektiewe luister het baie voordele, soos byvoorbeeld die volgende:
− Dit kan lei tot beter produktiwiteit.
− Dit kan leer vinniger laat plaasvind.
− Dit kan menseverhoudings verbeter.

2.3.1 Verskillende soorte luister


Daar bestaan verskeie soorte luister. By al die verskillende soorte luister
gaan dit oor die boodskap wat ontvang word en die betekenis wat aan
die boodskap geheg word. Beukes (2007:15–19) en Kline (1982) onder-
skei tussen die volgende nege tipes luister:
Informatiewe luister (Informative listening): Die ontvanger van ’n
boodskap se hoofdoel is om die boodskap te verstaan. Effektiewe
informatiewe luister behels dus dat die persoon uitsluitlik op die
boodskap fokus. Drie aspekte wat ’n persoon kan help om sy/haar
informatiewe luistervaardighede te verbeter, is woordeskat, konsentrasie
en geheue.

.........
64
Leereenheid 2: Taalvariëteite

Aktiewe luister (Active listening): Aktiewe luistervaardighede se


hooffokus is om wedersydse begrip (mutual understanding) deur middel
van luister te bewerkstellig. Aktiewe luister verminder misverstande, want
die ontvanger moet die boodskap in sy/haar eie woorde kan herhaal.
Waarderende luister (Appreciative listening): Die luisteraar fokus op die
estetiese komponent as hoofdoel, byvoorbeeld, wanneer daar na musiek
of poësie geluister word. Dit gaan hoofsaaklik oor die reaksie van die
ontvanger.
Verhoudingsluister (Relationship listening): Die hoofdoel van ver-
houdingsluister is om die verhouding tussen mense te verbeter.
Effektiewe verhoudingsluister behels dat die ontvanger werklik na die
ander persoon luister, die persoon ondersteun, en empatie met die
spreker toon.
Kritiese luister (Critical listening): Kritiese luister is ’n spesifieke tipe
luister waar dit hoofsaaklik gaan oor die spreker se geloofwaardigheid
(credibility), logiese argumentasie en die emosies van die spreker. Die
luisteraar moet besluit of die spreker ’n geloofwaardige (reliable) bron is
wat vertrou kan word; of die argumente logies is; of die stellings wat die
spreker maak, waar is en akkuraat voorgestel word; en of die spreker
manipulerend of bloot oortuigend is. Hierdie kriteria word gebruik om die
spreker en die spreker se boodskap te evalueer.
Diskriminatiewe luister (Discriminative listening): Effektiewe diskrimi-
natiewe luister behels dat die luisteraar eerstens goed moet kan hoor;
tweedens moet die luisteraar goeie kennis van die taal hê; derdens moet
die luisteraar ingestel wees op nieverbale leidrade wat kan help om die
boodskap van die sender beter te verstaan. Die manier waarop iemand
iets sê, is soms belangriker as dit wat hy/sy met woorde sê.
Selektiewe luister (Selective listening): Die luisteraar luister na ’n
langerige boodskap met die spesifieke doel om inligting te kan weergee
soos die naam van ’n adverteerder of die kontaknommer of adres van ’n
besigheid.
Ekstensiewe luister (Extensive listening): Die luisteraar luister na groot
hoeveelhede teks met die hoofdoel om ’n globale beeld (general
impression) te probeer kry. Ekstensiewe luister is byvoorbeeld wanneer
’n luisteraar na gesprekke luister en die onderwerp van die gesprekke
verstaan of wanneer die luisteraar na ’n lesing luister en die hoof-
gedagtes (main ideas) van die lesing identifiseer. Hierdie tipe luister
vereis ’n hoë mate van begrip.
Intensiewe luister (Intensive listening): Waar ekstensiewe luister behels
dat die luisteraar hoofgedagtes kan identifiseer en onderwerpe van
luistertekste kan bepaal, behels intensiewe luister dat die luisteraar baie
spesifieke inligting na ’n luistersessie kan weergee.

2.3.2 Hoe kan ek my luistervaardighede ontwikkel?


Die volgende praktiese wenke kan jou help om jou luistervaardighede te
verbeter:
● Luister met ’n positiewe houding.

.........
65 AFK1503/1
LEEREENHEID 2: TAALVARIËTEITE

● Sit of staan naby die spreker sodat jy makliker kan hoor.


● Fokus op die spreker en die boodskap.
● Hersien vorige aantekeninge en tekste om ’n beter begrip van die in-
houd te ontwikkel voordat jy na nuwe inligting in ’n opvolggesprek (fol-
low-up conversation) gaan luister.
● Maak aantekeninge en fokus op die kernpunte van die gesprek.
● Neem deel aan die gesprek en maak seker dat jy die inhoud van die
gesprek verstaan.
● Moet nie huiwer om vrae te vra as jy iets nie verstaan nie.
● Fokus op die inhoud of boodskap van die gesprek, nie op die manier
waarop dit gesê of oorgedra word nie.
● Luister na die kernboodskap en probeer moontlike eksamenvrae
identifiseer.
● Maak oogkontak met die spreker.
● Waak teen ’n negatiewe liggaamshouding (byvoorbeeld om kort-kort
op jou horlosie te kyk; met iets anders besig te wees of aan iets an-
ders te dink).
● Brei jou woordeskat uit terwyl jy luister.
● Wees bewus van die verskillende tipes luister en gebruik sekere luis-
tertipes in sekere luistersituasies.

2.3.3 Die onderrig van luistervaardighede


Die hoofdoel van die onderrig van luistervaardighede moet nie wees om
leerders te leer om meer te luister nie, maar eerder om hulle te leer om
beter luisteraars te wees. Die volgende is enkele riglyne wat gebruik kan
word vir die effektiewe onderrig van luistervaardighede:
ʼn bepaalde doel: Luisteraktiwiteite in die klas moet altyd ’n bepaalde
doel hê, soos byvoorbeeld om:
● die hoofgedagtes in ’n luisterteks te identifiseer
● tussen feite en menings te onderskei
● die geldigheid van ’n argument te bepaal
● uitdrukkings en woordbetekenisse te verklaar
● opsommings te maak
(Lawrence et al, 2014:109)
tipes vrae: Die vrae vir luisterevaluering mag nie net oor die oproep van
feite of geheue gaan nie. Die luistertoets moet verskillende tipes vrae
soos die volgende insluit:
● geheuevrae
● begripsvrae
● insigvrae
● verstaanbare interpretasie (understandable interpretation)
soorte luister: Leerders moet bewus wees van die verskillende soorte
luister (soos bespreek in paragraaf 2.3.1) en die verskillende tipes luister
kan gebruik en toepas.
oordrag: Wat in die luistertoets gesê word, is belangrik, maar hoe dit
gesê word is net so belangrik. Die onderwyser moet seker maak dat sy/
haar stem nie irriterend, te hard of te sag, te vinnig of te stadig is nie.

.........
66
Leereenheid 2: Taalvariëteite

Luistertekste moet gelees word met die regte tempo, pouses en die
nodige beklemtonings of intonasie (Niemann et al, 2004).
notas: Wanneer notas of luisteraantekeninge tydens ʼn luisteraktiwiteit
geneem word, leer die leerders reeds om opsommend en selektief te
luister (Cloete & Engelbrecht, 2013). Luistertekste behoort meer as een
maal gelees, vertel, voorgedra of -gespeel te word. Indien ʼn luisterteks
voorgespeel word, is dit belangrik dat die klankkwaliteit (sound quality)
goed is.
luistermateriaal:Luistermateriaal moet interessant wees en die leerders
moet hulle daarmee kan identifiseer. Dit moet nie te lank wees nie, en
tegnologie moet soveel as moontlik deel gemaak word van die
luisterervaring (Lawrence et al, 2014:110).

A K T I W I T E I T 2.7
2.7.1 Lees die volgende twee stellings. Skryf ’n paragraaf oor elke
stelling waarin jy dit duidelik stel of jy saamstem met die
stelling of nie. Verduidelik telkens (each time) en verskaf re-
des waarom jy saamstem of nie saamstem met die stelling
nie.
a. “Luister verbeter saam met die ouderdom.”
b. “Slim mense is beter luisteraars.”
2.7.2 Maak ʼn lysie van die luisteraktiwiteite wat jy die afgelope
twee dae gehad het. Skryf langs elke luisteraktiwiteit neer
wat die doel van die spesifieke luisteraktiwiteit was, by-
voorbeeld om spesifieke inligting te kry; om iets te probeer
verstaan; om ʼn verhouding in stand te hou of te bou; om ʼn
besluit te neem; vir ontspanning of vir genot.
2.7.3 Werk ʼn modelles (a model lesson) vir die ontwikkeling van
luistervaardighede met die klem op die verskil tussen luis-
ter en hoor. Skenk aandag aan die volgende belangrike
aspekte:

LUISTERVAARDIGHEDE
1. ’n Gepaste luisterteks vir die graad
2. ’n Aktiwiteit waarin klank geïllustreer word
3. Die verskil tussen hoor en luister
4. Verskillende tipes vrae, byvoorbeeld geheue-, insig- en
begripsvrae
5. Tegnologie om jou les interessant te maak
6. Die belangrikheid en voordeel van goeie luistervaar-
dighede

.........
67 AFK1503/1
LEEREENHEID 2: TAALVARIËTEITE

Luister vorm nie alleen die kern van ons omgang met ander nie, dit
is ook die kern van onderrig en leer
(Listening is not only the heart of human interaction,
but also the heart of teaching and learning.)
(Lundsteen, 1990:121)

2.4 OM OP TE SOM
In hierdie leereenheid het ons die variëteite van Afrikaans bestudeer.
Ons het die begrippe “standaardtaal” en “Standaardafrikaans” belig,
waarna ons op Kaapse Afrikaans, Oranjerivierafrikaans en
Oosgrensafrikaans gefokus het. Ons het ontdek hoe taalvariëteite
effektief in die onderrigsituasie hanteer kan word. Laastens is die
belangrikheid van luister ondersoek en die verskillende
luistervaardighede en kommuni-kasiedoelwitte bespreek. Ons het saam
in hierdie leereenheid ontdek dat Afrikaans dinamies en sonder grense is.
Die volgende leereenheid (Leereenheid 3) fokus op die verskeie aspekte
van die taalstruktuur in Afrikaans.

Afrika-gesegde
Steek die rivier oor in ’n groep en die krokodil sal jou nie eet nie.
(Cross the river in a crowd and the crocodile won’t eat you.)

.........
68
AKTIWITEITANTWOORDE:
Leereenheid 2

Aktiwiteit 2.1
2.1.1 Aanhaling van Pienaar (2014):
... (t)aal is baie dieper in ons wese en identiteit ingeweef as wat
meeste van ons besef. Ons leer nie net taal van mekaar nie, ons
leer ook sekere denkpatrone daarmee saam. Ons taal wat ons
praat, is dus veel meer as net ’n instrument van klank en
kommunikasie. Ons taal is deel van hoe ons onsself beleef en
sien, hoe ons onsself uitdruk en verstaan.
Jy moet sê of jy met die skrywer saamstem of nie. Jy moet twee
gepaste argumente vir of teen die stelling gee.
2.1.2 Jou eie 10 voorbeelde van interessante woorde of idiomatiese
uitdrukkings wat gebruik word in die omgewing waar jy woon of
werk.

Aktiwiteit 2.2
2.2.1 Hoekom word die instruksies op die vraestel in Standaardafri-
kaans gegee?
Die instruksies word in Standaardafrikaans op die vraestel gegee
om seker te maak dat almal dit verstaan. Indien dit in enige
ander variëteit van Afrikaans gegee word, is dit moontlik dat
sommige studente nie van die woorde of uitdrukkings sal ver-
staan nie. Dit is dus gepaste Afrikaans vir ’n spesifieke situasie –
in hierdie geval die onderrigsituasie.
2.2.2 Beskryf in jou eie woorde wat jy onder die volgende begrippe
verstaan:
− Standaardtaal
Standaardtaal bied ’n taalbasis vir die gebruiker en maak
algemene en effektiewe kommunikasie moontlik. Dit stel
norme en ’n algemene standaard waarsonder daar chaos en
verwarring sal wees. Dit bied egter ook ruimte vir die taal se
vrye groei en vir oorspronklikheid. ’n Standaardtaal is ’n
kompromie tussen die verskillende dialekte.
− Standaardafrikaans
Standaardafrikaans is die gestandaardiseerde skryf-en-spreek-
taalvorm van Afrikaans wat in die loop van die 20ste eeu sterk
ontwikkel het. Standaardafrikaans is wel die basis of vaste
punt waaraan variasie gemeet kan word. Dit is in formele
gesproke of geskrewe situasies die sosiaal mees gepaste vorm
van Afrikaans.

.........
69 AFK1503/1
LEEREENHEID 2: TAALVARIËTEITE

2.2.3 “Standaardafrikaans is ʼn meer korrekte vorm van Afrikaans”. Ver-


duidelik waarom jy met hierdie stelling saamstem of nie saam-
stem nie.
Die begrip “standaardtaal” impliseer nie dat dit ʼn beter of meer
korrekte weergawe van die taal is nie. Daar is nie iets soos
korrekte of goeie Afrikaans nie. Daar is eerder iets soos gepaste
Afrikaans.

Aktiwiteit 2.3
Betekenis Sin
tatta (oupa) My tatta speel ʼn belangrike rol in ons
familie.
hak-en-tak (stry) Die kinders hak-en-tak weer vandag
sonder ophou.
aspris (opsetlik) Hy het my aspris seer gemaak.
twiegevriet (tweegat- Sy is ʼn regte twiegevriet wat altyd pro-
jakkals) beer voordeel trek uit enige situasie.
staanvastig (gelowig) Die man is staanvastig en weet presies
wat hy glo.

Aktiwiteit 2.4
Die volgende sin is ’n voorbeeld van Tsotsitaal. Die sin bestaan uit
woorde uit Afrikaans, Engelse en Tswana:
Ke tsamaya le palone boy vandag; sepokothedi, tang ya mannete.
2.4.1 Probeer om hierdie sin in Standaardafrikaans oor te skryf. Dit sal
moontlik nodig wees om ’n moedertaalspreker van Tswana te
vra om jou te help.
Ek word vandag vergesel deur ’n ryk man, iemand wat regtig
baie geld het.
(I am accompanied by a rich boy today; someone who really has
money.)
2.4.2 Waar dink jy kom die uitdrukking palone boy vandaan en wat be-
teken dit?
Palone boy of cheese boy verwys na ’n jong man uit ’n
bevoorregte familie wat polonie of kaas kan bekostig in
teenstelling met families van ’n laer sosio-ekonomiese klas wat
net brood en botter of grondboontjiebotter vir ontbyt kan
bekostig.
2.4.3 Athol Fugard se roman Tsotsi is in 1983 verfilm en met ’n Oscar
as die beste buitelandse film bekroon. Kyk na die film of lees
meer daaroor op die internet. Skryf ’n paar voorbeelde van Tsot-
sitaal neer wat in die film gebruik word.
* Student se eie voorbeelde.

.........
70
Leereenheid 2: Taalvariëteite

2.4.4 Kyk na die tabelle: Kaapse Afrikaans (kyk paragraaf 2.2.3) en


Oranjerivierafrikaans (paragraaf 2.2.5) as erkende en gelykwaardi-
ge vorme van Afrikaans. Skep nou jou eie tabel met die volgende
titel:
Oosgrensafrikaans
– erkende en gelykwaardige vorm van Afrikaans –

Gee in jou tabel vyf voorbeelde van woorde of uitdrukkings in


Oosgrensafrikaans in die eerste kolom en ’n verklaring daarvan
in die tweede kolom.

OOSGRENSAFRIKAANS
– ʼn erkende en gelykwaardige vorm van Afrikaans –

● Student se eie voorbeelde – vergelyk paragraaf 2.2.4 waar


voorbeelde van Oosgrensafrikaans gegee word.
● Voorbeelde van Tsotsitaal mag ingesluit word.

Aktiwiteit 2.5
Griekwa-Afrikaans Moontlike
Standaardafrikaansweergawe
Kois, jy’s bitterlik mooi, Vrou/vroumens, jy is baie mooi
mooierder assie eerste son mooier as die eerste son
wat smoors orie dyne kom, wat soggens oor die duine kom,
jy’sie strale oppe springbokooi, jy is die strale op die
ennie dou sit krale om jou se nek. springbokooi,
Agtermirrag assie son wil en die dou sit krale om jou nek.
watertrek, Agtermiddag as die son wil
is jy ’n gemsbok wat tenie dyne watertrek,
stryk, is jy ʼn gemsbok wat teen die dui-
ennie oudag isse kettankie koper ne stryk,
wat jy oor jou se skouerse hang. en die oudag is ʼn kettinkie koper
Ek raak virrie son meerderder lief wat jy oor jou skouers hang.
as jou se oge sos kwartels oor my Ek raak vir die son nog liewer
vlieg. as jou oë soos kwartels oor my
vlieg.

Aktiwiteit 2.6
Leerders maar ook onderriggewers moet lewenslank bly leer en ontdek.
Vir hierdie aktiwiteit moet jy luister na hoe mense in jou familie,
vriendekring en werksomgewing praat. Identifiseer 10 voorbeelde van
idiome of woorde of sinonieme wat variëteite van Afrikaans
verteenwoordig. Gebruik ʼn tabel met twee kolomme. Gee die idiome of
woorde in kolom A en gee hulle betekenis in kolom B.

.........
71 AFK1503/1
LEEREENHEID 2: TAALVARIËTEITE

* Student se eie voorbeelde in kolomweergawe, byvoorbeeld:

1. nog nat agter die ore – nog jonk en onervare


2. allie – al die
3. onse – ons
4. daai – daardie
5. Ek het worries. – Ek het probleme/bekommernisse.

Let wel dat 10 voorbeelde gevra is.

Aktiwiteit 2.7
2.7.1 Lees die volgende twee stellings. Skryf ’n paragraaf oor elke stel-
ling waarin jy sê of jy met die stelling saamstem of nie. Verskaf
redes waarom jy met die stelling saamstem of nie.
a. “Luister verbeter saam met die ouderdom.”
Moontlike antwoord: Ek stem nie met hierdie stelling saam
nie. Dit is ’n wanpersepsie dat luister saam met die
ouderdom verbeter. Die vermoë om te luister en betekenis
aan boodskappe te heg, verbeter wel met ouderdom en
ervaring, maar dit is ook waar dat luistervaardighede op die
een of ander stadium afneem omdat swak luister-
gewoontes aangeleer word.
b) “Slim mense is beter luisteraars.”
Moontlike antwoord: Ek stem nie met hierdie stelling saam
nie. Dit is ’n wanpersepsie dat slim mense beter luisteraars
is. Intelligensie speel tog ’n rol, maar daar is nie genoeg
bewyse dat hierdie stelling waar is nie. Intelligente mense
mag moontlik té selfversekerd of selfgesentreerd wees en
so besig wees met hulle eie gedagtes dat hulle nie regtig
luister nie. Dit mag ook wees dat hulle net hoor wat hulle
wil hoor en nie met aandag luister nie omdat hulle reeds
besig is om te dink wat hulle gaan sê sodra hulle kans kry
om te praat.
2.7.2 Maak ʼn lysie van die luisteraktiwiteite wat jy die afgelope twee
dae gehad het. Skryf langs elke luisteraktiwiteit neer wat die doel
van die spesifieke luisteraktiwiteit was, byvoorbeeld, om inligting
te kry; om iets te probeer verstaan; om ʼn verhouding in stand te
hou of te bou; om ʼn besluit te neem; vir ontspanning of vir
genot.
Voorbeeld:
Luister na die nuus: Om inligting te kry
Luister na radio: Om te ontspan en vir genot
Luister na ʼn vriendin: Om ʼn verhouding te bou

.........
72
Leereenheid 2: Taalvariëteite

Luister na Unisa-radio Om vakinhoud te probeer


verstaan
Luister na ʼn verkoopsman: Om ʼn besluit te neem

2.7.3 * Student se eie lesvoorbeeld oor luistervaardighede.

.........
73 AFK1503/1
GLOSSARIUM:
Leereenheid 2
Dialek (dialect): A geographical variety of a language.
Kaapse Afrikaans (Cape Afrikaans): Kaapse Afrikaans is a dynamic lang-
uage that is heard today throughout South Africa – especially in the
Western Cape and the Upper Cape. Originally, mainly slaves spoke
Kaapse Afrikaans and it underwent many Muslim and Arab influences.
Kaapse Afrikaans is also characterised by a great deal of code-swit-
ching between English and Afrikaans. The strongest feature of Kaapse
Afrikaans is the pronunciation of /j/ as /dz/, for example, jy in Afrikaans
is pronounced as dzy.
Oranjerivierafrikaans: The term Oranjerivierafrikaans (Afrikaans of the
Orange River) is used for the regional peculiarities of standard Afri-
kaans spoken in the Orange River/Upington wine district of South Afri-
ca. Some of the characteristics of Oranjerivierafrikaans are the plural
form -goed (Ma-goed), variant pronunciation such as gjeld (money)
and kjerk (church), and the ending -se, which indicates possession
(onse goed).
Omgangsvariëteite van Afrikaans (Colloquial varieties of Afrikaans): It gi-
ves us an indication of the region from which the speaker comes, as
well as the social grouping that the speaker represents.
Oosgrensafrikaans (Afrikaans of the eastern border of the Cape): Oos-
grensafrikaans originated because of the isolation of the language
community on the eastern border of the Cape colony. It was spoken by
the migratory and cattle farmers who moved to the eastern border of
the Colony. They later went to the interior to establish the Boer
republics.
Taalvariëteite (Language varieties): language variety is a term used in so-
ciolinguistics to refer to a specific form of a language or a linguistic ex-
pression. This umbrella term may include languages, dialects,
registers, styles or other forms of language, as well as a standard varie-
ty of the language.
Registervariëteite (Register varieties): Register varieties are also known
as group languages. Register varieties are the varieties of language in
which groups of people express their interests or activities. Register va-
rieties include, amongst others, occupational groups, religious groups,
hobby groups, jail language and rugby language. These different
groups speak a language that has its own typical vocabulary (jargon).
Sosiolek (Sociolect): A sosiolect is a variety of language associated with
a social group such as a socioeconomic class, an ethnic group or an
age group.
Standaardafrikaans (Standard Afrikaans): Standard Afrikaans is the stan-
dardised form of writing and speaking of Afrikaans that developed in
the course of the 20th century. It is the appropriate form of Afrikaans for
formal communication.

.........
74
BRONNELYS
Beukes, V. 2007. Die evaluering van ’n nuutgeskepte luisterprogram vir
postbeginnerstudente. Ongepubliseerde MPhil-tesis. Stellenbosch:
Universiteit Stellenbosch.
Carstens, WAM. 2011. Norme vir Afrikaans. Enkele riglyne by die gebruik
van Afrikaans. 5de uitgawe. Pretoria: Van Schaik.
Carstens, WAM & Bosman, N (reds). 2017. Kontemporêre Afrikaanse
Taalkunde. Pretoria: Van Schaik.
Cloete, DJ & Engelbrecht, A. 2013. Vuvuzela-Afrikaans – Taalonderrig
wat nie geïgnoreer mag word nie. 2de uitgawe. Centurion: Mediakor.
Combrink, JGH. 1997. Tempora en Oom Gert vertel waar werkwoord in
Afrikaanse sinne staan. “Taalskatkis”, Beeld, 6 Januarie 1997:9.
Davids, A. 2011. The Afrikaans of the Cape Muslims from 1815 to 1915,
edited by H Willemse & SE Dangor. Pretoria: Protea Book House.
De Villiers, A. 1985. Standaardafrikaans en omgangsafrikaans in Preto-
ria. Ongepubliseerde MA-verhandeling, Universiteit van Pretoria.
Du Plessis, H. 2002. Boegoe vannie liefde. Pretoria: LAPA Uitgewers.
Engelbrecht, H. 1980. Nuwe Afrikaanse taalgids. Pretoria: Oranje-
Uitgewers.
Grebe, HP. 2002. Standaardafrikaans: Daar’s ʼn vlieg in die salf. Southern
African Linguistics and Applied Language Studies, 20(1–2):37–46.
Grebe, H., 2010. Die Oosgrenshipotese as geografiese en teoretiese
konstruk. Litnet Akademies: ’n Joernaal vir die Geesteswetenskappe,
Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe, 7 (3):195–
211.
Hendricks, FS. 1996. Kaaps: afwisseling met Engels is spontaan. Afri-
kaans Vandag, September 1996:8–9.
Hugo, D (red). 2009. Halala Afrikaans. Pretoria: Protea Boekhuis.
Kline, JA. 1982. Listening effectively. Available at: http://www. au. af. mil/
au/awc/awcgate/kline-listen/b10ch4.htm (accessed on 20 July 2017).
Le Cordeur, M. 2011. Die variëteite van Afrikaans as draers van identiteit:
’n sosiokulturele perspektief: navorsings- en oorsigartikel. Tydskrif vir
Geesteswetenskappe, 51(4):758–777.
Lawrence, D, Le Cordeur, M, Van der Merwe, L, Van der Vyver, C & Van
Oort, R. 2014. Afrikaans deur ’n nuwe bril. Kaapstad: Oxford University
Press.
Lundsteen, RJ. 1990. A taxonomy for teaching second language liste-
ning. Foreign Language Annals, 23(2):7–11.
Molamu, L. 2003. Tsotsitaal – A dictionary of the Language of Sophia-
town. Pretoria: University of South Africa.
Niemann, MM, Swanepoel, JI & Venter, E. 2004. Die onderrig van tale.
Studiegids vir SDLANGT, LADLANA, DLL301Q en LLL301E. Departe-
ment Onderwysersopleiding: Unisa. Pretoria: Unisa.
Pienaar, A. 2014. Kop en hart: Taal van my hart. Rapport. 18 April: 9. Be-
skikbaar by: http://m. news24. com/rapport/Opinie/Blogs/Kop-Hart-Die-
taal-van-my-hart-20140418 [skakel nie meer beskikbaar nie] (soos op
15 Augustus 2017).

.........
75 AFK1503/1
BRONNELYS

Pheiffer, F. 1992. A new Afrikaans school textbook suitable for teaching


university students of Afrikaans. Southern African Journal of Applied
Language Studies, 1(1):83–8.
Raidt, EH. 1991. Afrikaans en sy Europese verlede. 3de uitgawe. Kaap-
stad: Nasou.
Saal, E. 2017. ʼn Verkenning van taalvariasie in die Afrikaanse poniekoe-
rante Son en Sondag. LitNet Akademies, 14(1) ISSN 1995–5928.
Schuring, GK. 1983. “Flaaitaal”, in Taalverskeidenheid – ʼn Blik op die
spektrum van taalvariasie in Afrikaans, redakteurs GN Claassen en
MCJ van Rensburg. Pretoria: Academica.
Sepamla, SS. 1975. Hurry up to it! Johannesburg: Ad. Donker.
Snijder, J. 1991. Analise en implimentering van luister as geïntegreerde
komponente vir Afrikaansonderrig in die primêre skoolfase. Ongepubli-
seerde MA-verhandeling. Pretoria: Unisa.
Small, Adam. 1962. Kitaar my kruis. 2de hersiene uitgawe. Kaapstad,
Pretoria: Hollandsch Afrikaansche Uitgevers Maatschappij.
Van Rensburg, MCJ. 1989. Soorte Afrikaans, in Inleiding tot die Afri-
kaanse taalkunde, 2de hersiene uitgawe, redakteur TJR Botha. Kaap-
stad: Academica:436–467.
Van Rensburg, MCJ. 1997. Die eerste vyftig jaar van Afrikaans in die
Kaap, in Afrikaans in Afrika, redakteur MCJ van Rensburg. Pretoria:
Van Schaik:7–9.
Van Oort, R. 2008. Die ontwikkelingsgeskiedenis van Afrikaans: ’n inklu-
siewe perspektief en implementering in ’n lesreeks. Ongepubliseerde
PhD-proefskrif. Potchefstroom: Noordwes-Universiteit.
Webb, VN. 1989. Die Afrikaanse variasietaalkunde, in Inleiding tot die
Afrikaanse taalkunde, 2de hersiene uitgawe, redakteur TJR Botha.
Kaapstad: Academica:412–435.
Webb, VN. 1992. Afrikaans na apartheid. Pretoria: Van Schaik.

.........
76
LE E RE E NH EI D 3

Die aspekte van taal en taalstruktuur

Leereenheid3

INHOUD

3.1 INLEIDING 77
3.2 WAT IS “TEKS”? 78
3.3 DENOTASIE EN KONNOTASIE 80
3.4 KONTEKS, BETEKENIS EN KOMMUNIKASIE 82
3.5 AFRIKAANSE GRAMMATIKA 87
3.5.1 Fonetiek 87
3.5.2 Morfologie 92
3.5.3 Sintaksis 96
3.6 OM OP TE SOM 100

UITKOMSTE
Na aanleiding van hierdie leereenheid behoort jy:
● ’n deeglike begrip van die konsep “teks” te hê
● te weet hoe om tussen denotasie en konnotasie te onderskei
● die konsepte “konteks” en “betekenis” te kan verduidelik
● te weet wat “taalnorme” is en ’n basiese begrip te hê van kon-
septe in die Afrikaanse grammatika

3.1 INLEIDING
In Leereenheid 1 het ons die vraag “Wat is taal?” beantwoord. In
Leereenheid 2 het ons variëteite van Afrikaans van nader bekyk. Nou is
dit tyd om die verskeie aspekte van die taalstruktuur in Afrikaans te
verken.
Het jy al ooit gewonder hoe ons taal verstaan? Is ’n brief en ’n
televisieprogram albei tekste? Hoe onderskei ons tussen die letterlike en
figuurlike betekenis van woorde? Dit is net enkele van die vrae wat ons in
hierdie leereenheid gaan beantwoord.

.........
77 AFK1503/1
LEEREENHEID 3: DIE ASPEKTE VAN TAAL EN TAALSTRUKTUUR

Kom ons begin verken!

3.2 WAT IS “TEKS”?


Wat dink jy is teks? Is teks net iets wat geskryf is? Volgens Beer et al
(2004) en Larkins et al (2010) is tekste veel meer as net geskrewe
werke. Teks kan enige van die volgende insluit: koerantberigte,
onderhoude (interviews), gedigte, artikels, opskrifte, kaarte, vraelyste
(questionnaires), liedjies, foto’s, rolprente (films) en grappies (jokes).
Volgens Larkins et al (2010) kan ons selfs die innerlike dialoog (internal
dialogue) wat ons met onsself voer, as teks beskou.
Dit is duidelik dat teks veel meer is as net dit wat ons op papier skryf, of
op ons rekenaar of selfoon tik. Dink weer aan die stelling deur Larkins et
al (2010). As teks so ’n wye begrip is, beteken dit dat ons elke dag
konstant besig is met teks. Dit beteken dat wat ons dink en sê, ook teks
is. En dit beteken ook dat dit wat ons nie sê nie (nieverbale
kommunikasie), ook as teks beskou kan word. Ons kan argumenteer dat
ons elke dag besig is om die “teks” van ons lewens te skryf!
Kom ons fokus vir nou op die meer konkrete begrip (concrete concept)
van teks. Soos ons gesien het, is daar verskillende tekstipes en elke
tekstipe behoort tot ’n sekere genre. Genre word volgens Casano (2017)
gebruik om kuns of die literatuur te groepeer volgens kenmerke
(features) en verwagtinge (expectations). Sy verduidelik dit soos volg:
So, if you go into a bookstore and buy a fantasy novel, you’ll be ex-
pecting to read about an imaginary place with fairy tale elements
such as wizards with supernatural powers and magic and not a non-
fiction account of the Vietnam War.
Larkins et al (2010) noem ook dat sommige tekstipes, soos ’n CV of ’n
formele brief, vaste vorme het waarvan mens nie sommer afwyk nie
terwyl daar by ander tekstipes, soos literêre tekste en advertensies,
groter vloeibaarheid (fluidity) is. Dit beteken dat mens meer kreatief kan
wees wanneer jy in hierdie genres werk. Wanneer ons kennis het van
teksgenres, weet ons wat ons van die inhoud (content) van tekste kan
verwag (expect). In die onderwys kan mens maklik bepaal watter tekste
in die klaskamer gebruik kan word.

A K T I W I T E I T 3.1
Kies ’n genre in kolom B wat pas by die beskrywing van ʼn tekstipe
in kolom A.
Jy kan slegs die nommer en die letter neerskryf, byvoorbeeld: 1. A.

KOLOM A KOLOM B
1. ’n Film oor sprokieskarakters A. Komedie
2. ’n Boek waarin die hoofka- B. Fantasie/Sprokie
2. rakter ’n moord probeer
2. oplos

.........
78
Leereenheid 3: Die aspekte van taal en taalstruktuur

KOLOM A KOLOM B
3. ’n Film vol grappies en pret C. Wetenskapfiksie (Science
C. fiction)
4. ’n Verhaal waarin die ge- D. Spanningsrolprent (Thriller)
4. beure op ’n ander planeet
4. afspeel
5. ’n Film waarin die hoofkarak- E. Wilde Weste-prent
5. ters uit die kloue van ’n
5. reeksmoordenaar (serial
5. killer) probeer ontsnap
5. (escape).
6. ’n Boek met min woorde F. Misdaad-/Speurverhaal
6. maar baie illustrasies
7. ’n Film wat afspeel in die ou G. ’n Prenteboek
7. Amerikaanse Weste

Goed, ons het nou verduidelik wat teks en genre is en ons het ook na
verskillende tipes tekste verwys. Nou kan ons ondersoek instel na hoe
ons sin maak van tekste.
Sommige tekste maak staat op ons kennis van ander tekste en die
wêreld om ons om betekenis oor te dra. Dit beteken dat indien ons nie
verstaan waarna die teks verwys nie, ons nie die volle betekenis
(meaning) van die teks sal kan begryp nie. Kom ons kyk na ’n paar
voorbeelde:
1. In ’n boek word iemand beskryf as “magtiger as Zeus.”
2. Verbeel jou jy ry op die hoofweg (highway) en jy sien ’n advertensie-
bord van Pepsi. Hierop is ’n prent van ’n blikkie Pepsi met die
woorde: Pepsi: the best refreshment available. So ’n paar dae later
ry jy dieselfde pad en sien jy in die plek daarvan ’n ander adverten-
siebord van Coca-Cola. Op hierdie bord is ’n prent van ’n blikkie Co-
ca-Cola met die woorde: Coca-Cola: better than the best
refreshment available.
Goed, in die eerste voorbeeld is die woorde “magtiger as Zeus” van
belang. Wat dink jy beteken hierdie verwysing? Wel, indien jy weet wie
Zeus is, behoort dit maklik te wees om te verstaan wat die persoon in die
boek bedoel. Zeus is die god van lug en weerlig (lightning) in die Griekse
mitologie. Hy was ook die koning van die gode. Jy kan hieruit aflei dat
Zeus baie mag gehad het. As iemand dan beskryf word as “magtiger as
Zeus”, kan ons (op grond van ons kennis oor Zeus) aflei dat hierdie
persoon baie mag het en dat mens vir hom/haar moet luister of selfs vir
hom/haar bang moet wees.
In die tweede voorbeeld word ons interpretasie (interpretation) van die
tweede teks (die Coca-Cola-advertensie) bepaal deur die woorde “better
than the best …”. Kan jy sien dat Coca-Cola met hul bewoording
(wording) te kenne gee dat hulle beter as Pepsi is? As jy egter net die
Coca-Cola-advertensie gesien het, sou jy nie noodwendig weet dat hulle
beweer Coke is beter as Pepsi nie. Maar omdat jy eers die Pepsi-

.........
79 AFK1503/1
LEEREENHEID 3: DIE ASPEKTE VAN TAAL EN TAALSTRUKTUUR

advertensie gelees het, weet jy dat die Coca-Cola-advertensie na die


Pepsi-advertensie verwys.
In hierdie twee voorbeelde het ons te make met intertekstualiteit.
Intertekstualiteit is die manier waarop verskillende tekste na mekaar
verwys (refer to each other). Dit beteken dat daar soms in tekste
woorde of aanhalings is wat na ander tekste verwys (soos ons twee
voorbeelde). Volgens Abrams (2005:325) kan intertekstualiteit gede-
finieer word as “the multiple ways any one literary text is in fact made up
of other texts.” Dit beteken dat ’n enkele teks uit verwysings en
aanhalings van verskeie ander tekste kan bestaan.
Hierdie aanhalings of verwysings wat in verskillende tekste voorkom, kan
uit geskiedenisbronne, mitologiese verhale, literêre tekste of selfs die
Bybel of die Koran kom. Of dit kan uit ander tekste, soos musiek, films of
advertensies, kom (Larkins et al, 2010). Byna enige tekste kan as
intertekstuele verwysings in ander tekste gebruik word.

A K T I W I T E I T 3.2
Kan jy agterkom waar die volgende intertekstuele verwysings
vandaan kom? Die intertekstuele verwysings is onderstreep. Kyk
of jy die oorsprong of geskiedenis van die verwysing kan opspoor
deur van die internet of jou eie kennis gebruik te maak.
1. Ek skakel die lig aan. Sy sit op die bed. Stil. Hare (hair) soos
dié van Medusa.
2. Hy het geglimlag. “I’ll be back” sê hy in ’n diep stem.
3. Op ’n advertensiebord staan “Make Africa great again” met ’n
foto van iemand wat soos Donald Trump aangetrek is.

Verwysings is egter nie altyd net intertekstueel nie. Verwysings kan ook
intratekstueel wees. Wat is die verskil? Wel, ’n intertekstuele verwysing
is ’n verwysing tussen tekste (soos die voorbeelde wat ons reeds
bespreek het) terwyl intratekstuele verwysings binne ’n enkele teks is.
Verbeel jou jy lees ’n boek en een karakter sê altyd “willer as die
wildtuin!” (wilder than the game park). As ’n ander karakter in die boek
ook hierdie woorde gebruik, is dit ’n intratekstuele verwysing na die
karakter wat bekend is vir hierdie woorde.
Noudat ons weet wat alles tekste kan wees, dat tekste in genres verdeel
word, en dat verskillende tekste deur middel van intertekstualiteit en
intratekstualiteit met mekaar “praat”, kan ons die konsepte denotasie en
konnotasie verken.

3.3 DENOTASIE EN KONNOTASIE


Het jy al agtergekom dat jy sekere woorde met sekere gevoelens, mense,
situasies of selfs kleure assosieer (associate)? Dit is omdat sekere
woorde wat ons in tekste hoor of lees, twee vlakke van betekenis het.
Die eerste vlak van betekenis van ’n woord word die denotasie van die
woord genoem. Dit word ook die “woordeboekbetekenis” (dictionary

.........
80
Leereenheid 3: Die aspekte van taal en taalstruktuur

meaning) van die woord genoem. Dit beteken dat die betekenis van ’n
woord wat ons in die woordeboek kry, die denotasie (letterlike/feitelike
betekenis) van die woord is (Larkins et al, 2010). Die konnotasie van ’n
woord verwys na die persoonlike of emosionele betekenis wat elke
individuele persoon aan ’n woord heg. Dit is die figuurlike betekenis
van woorde. Die New World Encyclopaedia (2013) definieer die verskil
tussen denotasie en konnotasie soos volg:
The terms, denotation and connotation, are used to convey and
distinguish between two different kinds of meanings or extensions of
a word. A denotation is the strict, literal, definition of a word, devoid
of any emotion, attitude, or color. The connotation of a word or term
adds elements of emotion, attitude, or color.
Kom ons kyk na voorbeelde van denotasie en konnotasie by die
volgende woorde:
1. Maandag
Denotasie: Die tweede dag van die week (as Sondag vir jou die
eerste dag van die week is).
Konnotasie: “Blou Maandag” – alles loop verkeerd op Maandae
(negatiewe konnotasie) of dalk is dit die dag waarop jou
gunstelingprogram op televisie wys, en daarom hou jy van
Maandae (positiewe konnotasie).
2. Groen
Denotasie: ’n Kleur of iets wat nog nie ryp is nie.
Konnotasie: Miskien assosieer jy dit met iets wat vars of nuut is
(positiewe konnotasie) of dalk assosieer jy dit met siek wees
(negatiewe konnotasie).

Wat merk jy op wanneer jy na die moontlike konnotasies van die woorde


kyk? Sien jy dat woorde positiewe of negatiewe konnotasies kan hê?
Onthou ook dat die konnotasies wat aan woorde geheg word, van
persoon tot persoon en van kultuur tot kultuur verskil. Dit beteken dat
elke persoon sy of haar eie konnotasies aan woorde heg. Maar baie
konnotasies is ook konvensioneel (lees weer Leereenheid 1 vir meer
inligting oor konvensie).
Volgens Larkins et al (2010) moet ons bewus wees van die denotasies
en konnotasies van woorde, anders lei dit tot kommunikasiegapings
(communication gaps) en dan kan die luisteraar of leser nie die spreker
of skrywer se boodskap korrek interpreteer nie.

A K T I W I T E I T 3.3
1. Skryf die denotasie en jou persoonlike konnotasie (positief of
negatief) van die volgende woorde neer:
● Hollywood
● winter
● rooi
● vuur

.........
81 AFK1503/1
LEEREENHEID 3: DIE ASPEKTE VAN TAAL EN TAALSTRUKTUUR

2. Beantwoord die volgende vrae oor denotasie en konnotasie:


2.1 Waarna verwys denotasie?
a) figuurlike betekenis
b) simpleks
c) letterlike betekenis
d) nieverbale betekenis
2.2 As ons die woord “pienk” gebruik om rou vleis (raw
meat) te beskryf, verwys ons na die denotasie of kon-
notasie van die woord?
2.3 Waarna verwys konnotasie?
a) figuurlike betekenis
b) simpleks
c) letterlike betekenis
d) nieverbale betekenis
2.4 Wat is die denotasie van die woord “skool”?
a) dissipline
b) plek waar onderwys op primêre en sekondêre
vlak gegee word
c) ’n groep leeus (lions)
d) vroeg opstaan

Jy sal onthou dat ons reeds genoem het dat konnotasies van persoon tot
persoon verskil. Soms word konnotasies binne ’n bepaalde konteks
(context) gevorm. In die volgende gedeelte van hierdie leereenheid leer
ons meer van konteks en hoe dit ons help om sin te maak van al die
tekste wat ons elke dag aantref. Ons gaan ook ondersoek hoe konteks
ons help om effektief te kommunikeer.

3.4 KONTEKS, BETEKENIS EN KOMMUNIKASIE


In hierdie deel van die leereenheid beweeg ons na ’n wyer perspektief op
teks. Ons het reeds bespreek hoe ons die woorde en betekenisse binne
tekste kan verstaan (denotasie en konnotasie), maar nou moet ons ook
bespreek hoe ons tekste in konteks verstaan. Larkins et al (2010:6)
verwys na Mey (1994) wanneer hulle konteks omskryf as “die
omgewing of omstandighede wat die deelnemers (participants) aan
die kommunikasieproses (communication proses) tot interaksie in
staat stel.” Eenvoudiger gestel, is konteks die omstandighede waarin
die gesproke of geskrewe teks geskryf, gepraat en verstaan word. Die
volgende voorbeeld sal die begrip vir jou duideliker maak:
Twee vriende (Ben en Piet) is by die dieretuin (zoo). Hulle is besig om na
apies (monkeys) te kyk toe Ben sê: “Ek verlang na my broer.”
In hierdie geval is die konteks waarin Ben se woorde verstaan moet word,
die plek waar hy en Piet hulle bevind en die aktiwiteit waarmee hulle
besig is. As Ben dan sê dat hy na sy broer verlang wanneer hy in die
dieretuin is en na apies kyk, kan dit dalk die volgende beteken:

.........
82
Leereenheid 3: Die aspekte van taal en taalstruktuur

1. Ben verlang na sy broer want sy broer hou ook daarvan om diere-


tuin toe te gaan.
2. Ben verlang na sy broer want die apies laat hom aan sy broer dink
(dalk is of was sy broer baie stout).
Piet, wat saam met Ben is, sal dalk beter weet wat hy bedoel omdat hy
Ben en dalk ook Ben se broer ken. Piet sal met ander woorde weet of
Ben se broer ook van die dieretuin hou en of hy net baie stout is.
Daar is verskillende aspekte wat deel uitmaak van die konteks van
kommunikasie wanneer mense met mekaar praat. Hierdie aspekte is:
● Die tyd en plek van die gesprek.
● Die onderwerp van die gesprek.
● Die boodskap van die gesprek. Dit bestaan uit enige verwysings (in-
tertekstualiteit) of woorde wat die spreker beklemtoon.
● Die spreker/luisteraar se bedoeling (intent/aim).
● Die spreker/luisteraar se houding (attitude) tydens die gesprek (nie-
verbale kommunikasie).
● Die luisteraar se belangstelling in die gesprek.
● Die agtergrondinligting (background information) oor die onderwerp.
● Die spreker/luisteraar se begrip van wat reeds in die gesprek gesê is.
Met ander woorde, die spreker/luisteraar moet die gesprek kan volg.
● Die spreker/luisteraar se persepsie van die algehele raamwerk (fra-
mework) van die gesprek.
(Beer et al, 2004:10; Larkins et al, 2010:6).
Hierdie aspekte kan ook op geskrewe kommunikasie toegepas word,
behalwe die aspek van nieverbale kommunikasie wat ons nie in tekste
kan sien nie (maar ons kan dalk die leser se houding aflei deur die
manier waarop hy/sy skryf).
Dit is belangrik om te onthou dat die konteks verskil afhangende van die
tipe kommunikasiesituasie (communication situation) waarin ons is. Dit
beteken dat wanneer ons in ’n sekere situasie is, die konteks van die
kommunikasie dalk meer formeel is as in ander situasies. Dit sal
byvoorbeeld onvanpas wees om ’n grap op iemand se begrafnis te vertel;
dit sal wel gepas wees om dit op iemand se troue te doen. Onthou ook
dat daar gepaste Afrikaans is vir elke situasie. Jy kan weer Leereenheid
2 raadpleeg om meer hieroor uit te vind.
Volgens McGaan (2003) is dit belangrik om te weet watter boodskappe in
sekere situasies gepas is en in ander nie, en om te kan voorspel (predict)
hoe mense jou boodskap gaan interpreteer (interpret). Om dit te kan
doen, moet jy konteks verstaan. Daar is ses tipes kontekste wat in elke
kommunikasiesituasie teenwoordig is, maar nie almal is ewe belangrik
nie. In sommige situasies sal sekere tipes kontekste belangriker wees as
in ander. Hierdie ses tipes kontekste is volgens McGaan (2003) die
volgende:
1. Fisiese konteks (physical context): dit verwys na die materiële ob-
jekte (material objects) in die omgewing en enige ander aspekte
van die natuurlike omgewing, byvoorbeeld: die grootte van die ver-
trek waarin die kommunikasie plaasvind, die kleure wat teenwoordig
is, die temperatuur, ens.

.........
83 AFK1503/1
LEEREENHEID 3: DIE ASPEKTE VAN TAAL EN TAALSTRUKTUUR

2. Innerlike konteks (inner context): dit verwys na enige gevoelens,


emosies of gedagtes van die ontvanger van die boodskap wat kan
beïnvloed hoe hy/sy ’n boodskap interpreteer. Dit kan gevoelens
wees soos woede en hartseer of gewaarwordinge soos moegheid
en honger.
3. Simboliese konteks (symbolic context): dit verwys na enige woorde
of boodskappe wat voor die kommunikasiesituasie oorgedra is, en
wat beïnvloed hoe die ontvanger die huidige (current) boodskap
interpreteer.
4. Verhoudingskonteks (relationship context): dit verwys na die ver-
houding tussen die persoon wat die boodskap oordra en die per-
soon wat die boodskap ontvang. Die konteks van die kommunikasie
sal verskil tussen pa en seun, man en vrou, ouma en kleinkind,
vriende, juffrou en leerder.
5. Situasie van konteks (situational context): die kommunikasie sal
verskil afhangende van (depending on) die situasie. Mense sal an-
ders met mekaar praat op ’n departementele vergadering (depart-
mental meeting) as by ’n braai.
6. Kulturele konteks (cultural context): kommunikasie verskil tussen
mense van verskillende kulture. Daar is sekere dinge wat nie aan-
vaarbaar is in sekere kulture nie.
Soos jy kan sien, is konteks komplekser as wat ons dink. Gelukkig kan
ons gewoonlik die konteks van ’n situasie korrek interpreteer sonder om
eers bewustelik (consciously) daaraan te dink!

A K T I W I T E I T 3.4
Beantwoord die volgende vrae oor konteks en betekenis.
1. Lees die volgende scenario’s en beantwoord die vrae. Jy kan
die aspekte van kommunikasie wat deur Beer et al (2004) en
Larkins et al (2010) geïdentifiseer is, asook die ses tipes kon-
teks wat McGaan (2003) noem, gebruik om die vrae te
beantwoord.
1.1 Susan is ’n juffrou en is besig om haar leerders te help
met voorbereiding vir die skoolkonsert. Sy vra almal
om in die posisies te staan wat hulle verlede week ge-
oefen het. Jerry is ’n nuwe leerder en vandag is sy
eerste dag by die skool. Hy staan eenkant en weet nie
wat om te doen nie.
Watter tipe konteks is hier belangrik, en watter as-
pek(te) van die konteks veroorsaak dat Jerry nie weet
wat om te doen nie?
1.2 Pieter en Jan gesels. Jan vra vir Pieter of hy asseblief
weer sy fiets kan leen want syne se wiel is al weer pap.
Pieter sug en vou sy arms oor sy bors sonder om Jan te
antwoord.
Watter aspek (te) van konteks is hier belangrik vir Jan
om die reaksie van Pieter korrek te interpreteer?

.........
84
Leereenheid 3: Die aspekte van taal en taalstruktuur

1.3 Die skoolhoof roep ’n kind na die kantoor. Toe die kind
die skoolhoof groet sê hy: “Howzit?” Die skoolhoof is
baie kwaad.
Watter aspek (te) van konteks of tipe konteks het die
kind oortree?
1.4 Die juffrou probeer nuwe werk aan haar klas verduide-
lik. Dit is die laaste periode op ’n Vrydagmiddag. Dit
lyk nie vir die juffrou of die leerders vir haar luister nie.
Party lê op hulle arms en ander staar by die venster uit.
Wat is aspek (te) van die konteks of die tipe konteks
wat die leerders se gedrag beïnvloed?

Dit behoort uit die bespreking en aktiwiteit duidelik te wees dat konteks
bepaal hoe ons die betekenis van ’n teks of gesprek verstaan. Betekenis
word in die HAT (2010) gedefinieer as “waarde wat deur die taal
uitgedruk word” (value expressed through language), “begrip geheg
aan ’n stuk taalgebruik” (concepts attached to language use) en
“bedoeling” (meaning/implication). In die taalkunde kan ons “betekenis”
eenvoudig definieer as die konsepte wat een persoon aan ’n ander
persoon wil oordra tydens kommunikasie.
“Semantiek” en “pragmatiek” is die twee kategorieë van die linguistiek
(linguistics) waar betekenis ondersoek word. In die semantiek en
pragmatiek ondersoek navorsers hoe woorde betekenis kry en hoe die
moedertaalsprekers (native language users) van ’n bepaalde taal sinne
interpreteer en verstaan (Finch, 2000). Wankommunikasie (miscom-
munication) ontstaan gewoonlik wanneer daar probleme ondervind word
met die betekenis van ’n boodskap tussen twee of meer individue. Dit
gebeur omdat woorde soms meer as een betekenis kan oordra. Finch
(2000) meen daarom dat ons nie net die denotasies van woorde moet
ken nie, maar ook ’n sekere hoeveelheid “encyclopaedic knowledge”
moet hê. Dit beteken dat ons die algemene kennis wat ons van die
wêreld opgebou het, moet gebruik wanneer ons tydens kommunikasie
woorde of sinne interpreteer. En natuurlik is die konteks van die
kommunikasie ook belangrik!
Kom ons kyk na ’n voorbeeld om die kompleksiteit (complexity) van
betekenis te verduidelik:
Susan en Chris sit op die bank. Die televisie is aan. Chris speel op sy
selfoon. Susan vra: “Kyk jy hierna?”
Ons kan verskillende afleidings maak na aanleiding van wat Susan vra.
Sy vra of Chris die program kyk omdat sy iets anders wil kyk of die
televisie wil afskakel. Ons sal nie die werklike betekenis van Susan se
woorde kan bepaal as ons nie die presiese konteks van die gesprek en
inligting oor die deelnemers aan die gesprek het nie.
Ons kan hieruit aflei dat betekenis op drie vlakke geïnterpreteer word:
● Leksikale vlak (lexical level)
● Sintaktiese vlak (sentence level)
● Kontekstuele vlak (contextual level)

.........
85 AFK1503/1
LEEREENHEID 3: DIE ASPEKTE VAN TAAL EN TAALSTRUKTUUR

Ons algemene kennis help ons ook om die betekenis in kommunikasie te


begryp.
Nog ’n konsep wat inskakel by konteks en betekenis is “taalnorme”.
Volgens Carstens (2003) kan die begrip “norm” verskillende betekenisse
hê. Norme kan verwys na ’n riglyn (guideline), wet of reël (rule). Dit
kan ook verwys na ’n standaard (standard), voorskrif (directive) of
patroon (pattern). Taalnorme omvat (encompasses) konteks en
betekenis. Dit is taalnorme wat ons help om besluite te neem oor die
gepaste taalvorme, sinstrukture en register in die verskeidenheid
kontekste waarin ons elke dag kommunikeer (Larkins et al, 2010).
Elke dag gebruik ons taalnorme om besluite te neem oor wat ons in ’n
spesifieke situasie kan sê of skryf. Dit beteken dat wanneer ons bewus is
van die taalnorme in ’n spesifiek taal, ons in elke kommunikasiesituasie
’n waardeoordeel (value judgement) kan uitspreek en kan besluit wat in
daardie situasie gepas sou wees. As gevolg van taalnorme weet ons hoe
om ons in formele en informele situasies te gedra. Taalnorme help ons
dus om te besluit wat die konteks van die situasie is en watter betekenis
ons graag aan iemand anders wil oordra (Larkins et al, 2010). Jy moet
onthou dat taalnorme deur die individu se standaardtaal bepaal word en
met die standaardtaal verband hou (Lunde et al, 2011). Vir meer inligting
oor standaardtaal kan jy weer deur Leereenheid 2 lees.
In die meeste lande is daar organisasies wat verantwoordelik is vir die
implementering (implementation) en instandhouding (preservation) van
die spesifieke taal se taalnorme. Gewoonlik word taalonderrig ook
gebruik om te verseker dat taalnorme gehandhaaf word (Lunde et al,
2011). Kauhanen (2006) definieer norme as sosiaal aanvaarbare
konsepte van gepaste (appropriate) en verwagte (expected) gedrag wat
deur ’n bepaalde gemeenskap gedeel word. Kauhanen verduidelik dat
basiese norme, soos taalnorme, reeds vroeg in die kinderjare ontwikkel.
Taalnorme is daarom iets wat ons natuurlik gebruik sonder om
noodwendig altyd bewustelik te besluit watter taalnorme binne ’n
bepaalde situasie pas. Kauhanen (2006:34) verduidelik taalnorme soos
volg:
[…] they are numerous, acquired early in life and mastered by all na-
tive speakers.
Om op te som, kan ons dan sê dat taalnorme iets is wat ons in ons
kinderjare aanleer soos ons ons moedertaal aanleer – die twee konsepte
hou verband met mekaar. Taalnorme help ons om te besluit watter
taalgebruik in sekere kontekste gepas is. Daarom help dit ons om te
kommunikeer omdat ons, met ons kennis van taalnorme, die korrekte
betekenis van ons boodskappe aan mense kan oordra deur gesproke,
geskrewe en selfs nieverbale kommunikasie.
Taalnorme sluit egter veel meer in as die reëls vir konteks en betekenis.
Soos reeds genoem, funksioneer betekenis op verskeie vlakke; een
daarvan is die leksikale vlak (die woorde) van die taal. Woorde dra
betekenis oor as hulle saamgevoeg word tot sinne, maar woorde bevat
ook elkeen ’n individuele betekenis. In die volgende afdeling, gaan ons
die grammatika van Afrikaans op inleidende vlak bespreek deur baie
kortliks na aspekte soos die fonetiek, morfologie en sintaksis te verwys.
Al drie hierdie vlakke van die taalkunde help ons verder om daagliks sin

.........
86
Leereenheid 3: Die aspekte van taal en taalstruktuur

te maak van dit wat ons lees, skryf en hoor. Sonder die grammatika van
’n taal sou ons nie die betekenis van boodskappe kon verstaan nie.

3.5 AFRIKAANSE GRAMMATIKA


3.5.1 Fonetiek
Ons gaan heel eerste die fonetiek van Afrikaans ondersoek. Fonetiek
kan omskryf word as die studie van die fisiese eienskappe (physical
characteristics) van klank (Finch, 2000). Klank is immers die grondslag
van ’n taal. Taal begin by klanke voordat woorde of sinne gebou kan
word. Beer et al (2004:174) skryf die volgende oor klanke en betekenis:
Wanneer ons praat, maak ons geluide wat die hoorder se oor-
tromme tref. Al wat deur die lug trek is klankgolwe; die betekenis trek
nie deur die lug van die spreker na die hoorder toe nie. Die hoorder
hoor klanke, hy/sy orden hierdie klanke in taaleenhede (morfeme,
woorde ens.) en ken aan hierdie geordende eenhede betekenis toe.
Die betekenis lê dus nie in die klanke nie; ons gee aan klanke ’n be-
tekenisinhoud. Die betekenis van die woordvorm lê dus in die ge-
bruik wat die sprekers daarvan maak. Woorde beteken wat die
taalgemeenskap wil hê dit moet beteken.
In Afrikaans word spraakklanke op grond van hul kenmerke
(characteristics) in drie groepe verdeel: vokale (vowels), konsonante
(consonants) en diftonge (diphthongs) (Lawrence et al, 2014). Die
volgende tabel behoort die drie verskillende groepe vir jou duideliker te
maak:
Vokale In Afrikaans het ons vyf vokale: a, e, i, o, u. Al hierdie
vokale is stemhebbend (voiced).
Konsonante Konsonante verwys na al die klanke wat nie vokale of
diftonge is nie. Konsonante kan stemhebbend of
stemloos (not voiced) wees.
Diftonge Diftonge word ook “tweeklanke” genoem. Dit verwys
na die proses waar die vorming van een vokaal oor-
gaan (transition) na ’n ander vokaal en dan as een
spraakklank uitgespreek word. Met ander woorde,
twee klanke word een klank. Voorbeelde van diftonge
is: ei (lei), eeu (leeu), oei (koei), ens.

Sekere klanke is stemhebbend en ander is stemloos. Stemhebbende


klanke verwys na klanke wat die stembande laat tril of vibreer wanneer
die woord uitgespreek word. As daar geen trilling of vibrasie is nie, dan
noem ons die klanke stemloos. Jy kan ’n oefening doen om dit te toets.
Plaas jou vingers op jou keel en spreek die vokale uit. Kan jy voel dat jou
stembande vibreer? Doen dieselfde en spreek die volgende klanke uit: p,
t, k, s. Kan jy voel dat jou stembande nie vibreer nie?
Soos jy seker al opgelet het, word die klanke in Afrikaans nie in elke
woord dieselfde uitgespreek nie. Kom ons kyk na die woord “vertrek”.
Kan jy hoor dat wanneer jy die woord sê, die eerste “e” anders klink as
die laaste een? Omdat ons soms een letter verskillend uitspreek, is dit
nodig om ’n spesiale fonetiese alfabet te hê waarmee ons hierdie
.........
87 AFK1503/1
LEEREENHEID 3: DIE ASPEKTE VAN TAAL EN TAALSTRUKTUUR

verskillende klanke kan onderskei. Hier is ’n weergawe van die fonetiese


alfabet in Afrikaans:
Konsonante
Woord Fonetiese Notas
transkripsie
botter, band [b]
dak, dief [d]
fiets, offer, vra, [f]
vyf
berge, gholf, [g] *Hierdie <g>-klank word nie heel ag-
ter in jou keel uitgespreek nie. Dit
klink meer soos ’n <gh>-klank as ’n
growwe <g>-klank.
gentleman, *Die eerste woord word presies die-
jellie selfde as die Engelse woord (met
dieselfde spelling) uitgespreek. Die
klank kom ook voor in die woord
“jellie”.
gaaf, chaos, [x] *Hierdie klank word agter in die keel
grond gevorm – as jy die klank uitspreek,
voel jy hoe jou stembande vibreer.
gee, geld, [ç] *Die klank word min of meer in die
gieter middel van jou mond gevorm – dit is
nie agter in jou keel soos die <g> in
“grond” nie. Jou stembande vibreer
ook nie as jy hierdie klank uitspreek
nie.
hand, hoed, [ɦ]
geleentheid
julle, jas, [j] *Die <i>-klank in “boeie” word as [j]
boeie, jaar uitgespreek.
koop, kas, [k]
takke
kies, stoeltjie, [c] Hierdie klank word nie so ver agter
handjie in die keel gevorm soos die [k]-klank
nie. Die vorm van jou mond is ook
platter as jy hierdie klank uitspreek.
lemoen, loop, [l]
lam
man, mot, mat [m]
nag, man, [n]
henne
bank, bang [ŋ] *Die <n> en die <g> word saam uit-
gespreek. Die klank is “nasaal” –

.........
88
Leereenheid 3: Die aspekte van taal en taalstruktuur

Konsonante
maw, dit word in jou nasale resonan-
sieruimte gevorm.
handjie, band- [ɲ] *Hier word die <n> soortgelyk aan
jie, endjie die [ŋ] uitgespreek, maar die klank
word op ’n ander plek gevorm. Sê
die woorde “bank” en “bang” vir jou-
self. Sê daarna die woord “bandjie”.
Jy sal voel en hoor dat die twee
klanke op verskillende maniere en
plekke gevorm word.
pos, palm, [p]
paal
roos, rand, rys [r]
Die <r> in roos, [R] *Wanneer iemand die <r>-klank bry,
rand, rys wan- tril sy/haar kleintongetjie en nie die
neer iemand tongpunt nie. Veral die Bolanders is
bry. bekend vir hulle bry-r.
sap, stad, son, [s]
dasse
tak, taal, toe, [t]
hand
tjek, tjommie, [tʃ] Dié tipe konsonante kom meer in
Engels en Duits voor.
Tzaneen, [ts]
tsetse
water, wolk, [v]
weer
Die <w> in [w] *Hierdie klank vorm wanneer ’n “t”
twak, twee, en “w” of “d” en “w” saam uitge-
dwaal, spreek word.
zebra, Zoeloe [z]
Vokale
kan, sal, tak [a] *Hierdie is ’n kort vokaal.
vra, raak, [a:] *Hierdie is ’n lang vokaal.
smaak, take
eet, wrede, [e] *Alhoewel die woord “eet” ’n dubbel-
predikant vokaal het, word die klank nie so
lank uitgespreek soos die dubbelvo-
kaal in, byvoorbeeld, “weet” nie.
weet, skeer, [e:]
leer
vet, het, pret [ε]

.........
89 AFK1503/1
LEEREENHEID 3: DIE ASPEKTE VAN TAAL EN TAALSTRUKTUUR

Vokale
sê, hê, skêr, [ε:]
pers
ek [ε]/[ӕ] *Die <e>-klank in die woord “ek” kan
op twee maniere uitgespreek word:
1. Met ’n [ε] soos in die woord “het”.
2. Met ’n [ӕ] – hierdie klank is soort-
gelyk aan die <a>-klank in die En-
gelse woord “bat”.
familie, lied, [i]
fiets diens
mier, dier [i:]
versier
geut, beneuk, [ø]
neus, deur
neurie [ø:]
oes, woes, [u]
voet, hoed
boer, vloer, [u:]
sloer
oom, olik, oos [o] *Alhoewel die woord “oom” en “oos”
’n dubbelvokaal het, word die klank
nie so lank uitgespreek soos die
dubbel-vokaal in byvoorbeeld “hoor”
nie.
boor, verloor, [o:]
hoor
* is, pit, se, wit, [ə] *Hierdie klank klink dieselfde in al
begaan die woorde wat gelys is. Die klank
kom veral voor by die uitspraak van
“i” en “e” in woorde waar hierdie vo-
kale verswak het. Hierdie klank is
dieselfde as die klank wat jy hoor
wanneer jy die lidwoord “ ’n” in Afri-
kaans uitspreek.
gons, dons [õ:] *Hierdie fonetiese transkripsie kry ’n
tilde op die <o>. Mens spreek nie
werklik die [n] in hierdie woorde uit
nie, en daarom word die tilde bo die
vokaal voor die [n] gevoeg. Die [n]
sal dan ook nie getranskribeer word
nie: gons = [xõ:s].
otter, kos, of

môre, bors,
dors

.........
90
Leereenheid 3: Die aspekte van taal en taalstruktuur

Vokale
put, stut, skud, [œ]
rug
brûe, rûe [œ:] *Die <u>-klank in hierdie woorde is
nie dubbelvokale nie, maar die klank
word as ’n lang klank uitgespreek en
daarom word die dubbelpunt agter
die klank bygevoeg in ’n transkripsie.
u, nuut, [y] *Alhoewel die woord “nuut” en “mi-
minuut nuut” ’n dubbelvokaal het, word die
klank nie so lank uitgespreek soos
die dubbel-vokaal in, byvoorbeeld,
“huur” nie. Vokale voor die klank [r]
is altyd lang vokale.
uur, huur, [y:]
mure
Diftonge (Tweeklanke)
aista, baie, [ai] *Die <a> in die woord “handjie”
handjie word ook as ’n <ai> uitgespreek.
raaisel, draai, [a:i]
waai
lied, fiets, [i]
diens
oud, koud, ou, [ou]/[œu]
blou, vrou
ui, suip, kruip, [œy]/[œi]
lui, duif
rooi, mooi, [oi] *Hierdie klank is soortgelyk aan dié
gooi in woorde soos “draai” en “waai”,
maar die klank word nie lank uitge-
spreek nie. Daarom word geen dub-
belpunt by hierdie transkripsie
gevoeg nie.
moeite, roei, [ui]
broei, koei
eeu, meeu, [eu]/[iu]
leeu, sneeu
otjie, toilet,
toiing
ys, eis, kyk, lei, [əi]
by

.........
91 AFK1503/1
LEEREENHEID 3: DIE ASPEKTE VAN TAAL EN TAALSTRUKTUUR

Daar is reëls wat geld wanneer ons fonetiese transkripsies doen (met
ander woorde, wanneer ons woorde of sinne in hulle fonetiese vorm
skryf). Hierdie reëls is belangrik omdat fonetiese transkripsies op ’n baie
spesifieke manier gedoen moet word.
● Fonetiese transkripsies word altyd met behulp van vierkantige
hakies [ ] geskryf. Dit geld vir klanke: e = [e] of woorde: kyk = [kəik].
Wanneer ons sinne transkribeer, word die hakies voor en na die hele
sin geplaas: Die man eet ’n appel = [di man e:t ə apəl//]. Dieselfde reël
geld ook vir paragrawe en langer tekste. Vierkantige hakies word voor
en na die hele teks geplaas, nie na elke woord of sin nie.
● ʼn Enkelskuinsstreep (/) word gebruik om ’n komma aan te dui.
● ʼn Dubbelskuinsstreep (//) word gebruik om ’n punt aan te dui.
● Hoofletters word nie getranskribeer nie, behalwe by die bry-r [R].
Met ander woorde, die begin van ’n transkripsie van ’n sin begin nie
met ’n hoofletter nie.
● Ons transkribeer net die klanke wat ons hoor en nie al die letters
wat ons sien nie. Byvoorbeeld: verskillende = [fərskələndə]. Net een
“l” is getranskribeer.
● Lang klanke (gewoonlik dubbelvokale) word altyd met ’n dubbelpunt
(:) aangedui in fonetiese transkripsies. Die dubbelpunt moet op die
klank volg – dit kan nie voor die klank staan nie. Byvoorbeeld: weet
= [ve:t] MAAR weet ≠ [v:et].
● By <aai> klanke word die dubbelpunt (:) ná die lang klank geplaas:
[a:i].

A K T I W I T E I T 3.5
Beantwoord die volgende vrae oor die fonetiese alfabet en
fonetiese transkripsies.
6.1 Skryf die korrekte fonetiese tekens vir die volgende klanke
neer:
6.1.1 Die fonetiese teken vir die <g>-klank in grawe.
6.1.2 Die fonetiese teken vir die <n>-klank in bang.
6.1.3 Die fonetiese teken vir die <o>-klank in loop.
6.1.4 Die fonetiese klank vir die <eeu>-klank in skreeu
6.2 Watter foute is gemaak by die volgende fonetiese
transkripsies?
6.2.1 [Di kәnt әs da:r//]
6.2.2 (mәi man le:r afrika:ns//)
6.2.3 [hәi v:et//]
6.3 Transkribeer die volgende sinne foneties:
6.3.1 Hannes koop die kos.
6.3.2 Die man bou ’n brug.

3.5.2 Morfologie
Fonetiek verteenwoordig die eerste “baksteen” waarop taal gebou word.
Die volgende vlak is die morfologie. Morfologie is die wetenskap van
.........
92
Leereenheid 3: Die aspekte van taal en taalstruktuur

woordvormingsprosesse (word formation processes) (Lawrence et


al, 2014). Dit beteken dat ons met behulp van die morfologie woorde bou.
’n Morfeem is die kleinste eenheid (unit) in taal wat betekenis dra en
die kleinste grammaties waardevolle bousel van ’n woord (Larkins et
al, 2010).
Woorde kan simplekse of komplekse wees. Simplekse (of ongelede
woorde) is woorde wat nie in kleiner betekenisvolle eenhede
(meaningful units) verdeel kan word nie. Komplekse (of gelede
woorde) is woorde wat wel in kleiner betekenisvolle eenhede verdeel
kan word (Beer et al, 2004; Larkins et al, 2010). Hier volg ’n paar
voorbeelde van simplekse en komplekse:

SIMPLEKSE KOMPLEKSE
vakansie klaskamer (classroom)
klas + kamer

luiperd (leopard) appelboom


lui + perd ?? appel + boom

nagmerrie (nightmare) spookagtig (ghostly)


nag + merrie ?? spook + agtig

tafel tafelpoot
tafel + poot

Soms lyk dit of ’n woord soos luiperd ’n kompleks is. Maar wanneer jy die
woord morfologies begin ontleed, besef jy dat dit eintlik ’n simpleks is.
Hoekom? Kom ons vra onsself af: Wat is ’n luiperd? Wel, ’n luiperd is een
van die groot katspesies wat mens in die natuur of soms in die dieretuin
of ’n nasionale park sal sien. As ons die woord opbreek in “lui” en “perd”
dan het ons twee woorde met twee verskillende betekenisse wat niks
met die woord luiperd te doen het nie. “Lui” (lazy) en “perd” (horse) kan
mos nie vir ons ’n luiperd gee nie!
Lui + perd ≠ luiperd

.........
93 AFK1503/1
LEEREENHEID 3: DIE ASPEKTE VAN TAAL EN TAALSTRUKTUUR

Maar kom ons kyk na ’n woord soos appelboom. Dit is ’n boom waaraan
appels groei. Ons kan die woord opbreek in “appel” en “boom”. “Appel” is
’n vrug en “boom” verwys na ’n plant met ’n dik stam en blare. Kan jy sien
dat die woorde appel en boom vir mens op ’n sinvolle manier (in a
meaningful way) die woord appelboom gee wanneer dit saamgevoeg
word?
Appel + boom = appelboom

Die goue reël in die geval van ’n kompleks is: die betekenisse van die
woorddele dra tot die betekenis van die hele woord by.
Maar wat van ’n woord soos spookagtig of hereksamen? Hierdie woorde
lyk snaaks omdat hulle uit ’n stam en ’n affiks bestaan. Jy het reeds
kennis gemaak met stamme. Al die woorde wat ons tot dusver bespreek
het, het uit stamme bestaan. Wat belangrik by stamme is, is dat hulle
selfstandige betekenis (independent meaning) dra. Dit beteken dat jy
een stam kan verstaan sonder die hulp van ander stamme, soos
byvoorbeeld: kamer, stoel, man, eet en werk. Affikse bestaan uit
voorvoegsels (prefikse) of agtervoegsels (suffikse) en word gebruik
om bestaande woorde te verander. Voorvoegsels staan voor die stam,
byvoorbeeld: oerwoud. Agtervoegsels staan agter die stam, byvoor-
beeld: verstaanbaar.
Dit mag dalk lyk of affikse nie betekenis het nie en daarom nie komplekse
kan vorm nie, maar affikse het eintlik baie spesifieke betekenisse wat dit
vir ons moontlik maak om die betekenis van woorde te verander. As ons
weer na die twee woorde spookagtig en hereksamen kyk, sien ons dat
die woorde soos volg opgebreek kan word:
spookagtig = spook + agtig
Die agtervoegsel “-agtig” beteken “soos”. Met ander woorde, die woord
“spookagtig” beteken iets is “soos ’n spook” of “grillerig”. As ons die
woord in ’n sin gebruik, is die betekenis duidelik.
Die woud was stil. Elke nou en dan het iets in die bome beweeg. Mis het
deur die woud gewaai en ’n spookagtige atmosfeer geskep.
hereksamen = her + eksamen
Die voorvoegsel “her-” beteken “weer”. In die konteks van hierdie woord,
beteken dit dat jy “weer eksamen moet skryf.” Hierdie voorvoegsel het
dieselfde betekenis in die woorde herskryf en hersien.
Soos jy kan sien, dra affikse betekenis, maar affikse moet aan ander
woorde verbind en kan nie alleen in ’n sin gebruik word nie.
Die volgende aktiwiteite sal jou help om jou kennis van die morfologie te
toets en self woorde te ontleed.

A K T I W I T E I T 3.6
1. Dui aan of die volgende woorde simplekse of komplekse is
deur die woord in die korrekte kolom te plaas.

.........
94
Leereenheid 3: Die aspekte van taal en taalstruktuur

klaskamer, perdestal, kinderagtig, werker, dosent, leerders,


olifant, pilaar, bakkery, bemarking, verstaan.
Simplekse Komplekse

2. Onderstreep die stam of stamme in die volgende woorde en


dui langs die woord aan hoeveel stamme die woord het. Jy
mag ’n woordeboek raadpleeg om die betekenis van die
woorde op te soek.
2.1 behuising
2.2 boekrak
2.3 grafsteen
2.4 bakkery
3. Onderstreep die affikse in die volgende woorde.
3.1 afgrond
3.2 blaarloos
3.3 ongeluk
3.4 moeilikheid
4. Gee die volgende affikse hulle korrekte betekenis. Jy mag ’n
woordeboek gebruik om jou te help. Skryf slegs die nommer
in kolom A en die korrekte betekenis in kolom B neer, by-
voorbeeld: 1. A

A B
1. “-er”: werker, bakker, A. Verkeerd of gebrekkig
bouer
2. “oer-”: oermens, oer- B. Toestand van … wees
woud, oertyd
3. “wan-” wanbegrip, C. Iemand wat …
wanbestuur
4. “-heid”: heiligheid, D. Sonder
moeilikheid
5. “on-”: onafhanklik, E. Nie
onbegrip
6. “-loos”: kinderloos, F. Baie oud/oorspronklike
vreesloos

.........
95 AFK1503/1
LEEREENHEID 3: DIE ASPEKTE VAN TAAL EN TAALSTRUKTUUR

3.5.3 Sintaksis
Die laaste aspek van die grammatika wat ons in hierdie module gaan
bespreek, is sintaksis. In sintaksis bestudeer ons die reëls wat bepaal
hoe woorde gebruik kan word om sinne te vorm. Met ander woorde,
sintaksis help ons om vas te stel hoe ons betekenisvolle sinne kan bou.
Lees die volgende sinne:
1. Leslie en Nico koop kos by die winkel.
2. * Kos winkel en koop Nico die Leslie
Hoekom dink jy is dit moeilik om die tweede sin te verstaan? Wel,
Afrikaans en baie ander tale het ’n bepaalde sinstruktuur. Ons mag nie
hiervan afwyk (deviate) nie, anders dra die sin nie meer betekenis oor nie.
In Afrikaans lyk basiese stelsinne soos volg:
● Jan hou van rugby.
● Die man swem.
● Susan slaap.
● Die kind skop die bal.
Afrikaans het ’n SVO-struktuur. Dit beteken dat, wanneer ons stelsinne
maak, ons eers die onderwerp (subject), dan die werkwoord (verb) en
dan die voorwerp (object) skryf. Kyk na die volgende voorbeeld: Jan
(onderwerp) hou (werkwoord) van rugby (voorwerp). Party sinne het nie
’n voorwerp nie, byvoorbeeld: Susan (onderwerp) slaap (werkwoord).
Maar geen sin kan sonder ’n werkwoord gevorm word nie – ons moet
altyd ’n werkwoord in ’n sin hê. Jy kan nie sê “*Jan van rugby” nie.
Wanneer ons die volgorde van die woorde in sinne verander, kan ons
vraagsinne (questions) vorm. Ons doen dit deur die werkwoord in die sin
na die begin van die sin te skuif, byvoorbeeld:
● Hou Jan van rugby?
● Swem die man?
● Slaap Susan?
● Skop die kind die bal?
Dis ook ’n goeie manier om die onderwerp van ’n sin te bepaal. As jy ooit
twyfel oor die onderwerp van ’n sin, moet jy die sin in ’n vraagsin
verander. Die woord wat dan langs die werkwoord staan, is die
onderwerp. Kom ons kyk na voorbeelde:
● Hierdie naweek speel die Bulls teen die Lions.
� Speel die Bulls teen die Lions hierdie naweek?
● ’n Pragtige bos blomme staan op die tafel.
� Staan ’n pragtige bos blomme op die tafel?
Jy mag dalk wonder waarom “ ’n pragtige” nie in die laaste voorbeeld
onderstreep is nie. Wel, die woord “pragtige” beskryf die bos blomme en
dit noem ons ’n byvoeglike bepaling (modifier [adjective]). Byvoeglike
bepalings word gebruik om die onderwerp van die sin uit te brei (of te
beskryf). Ons kry ook bywoordelik bepalings (modifier [adverbial]) wat
die werkwoord van die sin uitbrei. Kyk na die volgende voorbeelde:
● Die beeldskone vrou het opgedaag. (Byvoeglike bepaling)
● Die mans werk baie hard aan die motor. (Bywoordelike bepaling)

.........
96
Leereenheid 3: Die aspekte van taal en taalstruktuur

● Martin het ’n reuse vis gevang. (Byvoeglike bepaling)


● Die kinders het gister die gras gesny. (Bywoordelike bepaling)
’n Tweede manier waarop ons sinne kan aanpas, is om sinne na die
ontkennende vorm (negative) te verander. Wanneer ons dit doen, voeg
ons woorde by die sin by, maar ons verander nie die struktuur van die sin
nie:
● Die beeldskone vrou het nie opgedaag nie.
● Die mans werk nie baie hard aan die motor nie.
In sommige gevalle kan ons sekere woorde in die sin verander om die sin
in die negatiewe vorm te stel:
● Ben werk altyd = Ben werk nooit nie
● Iemand weet = Niemand weet nie
● Kobus het iets vir Piet gegee = Kobus het niks vir Piet gegee nie.
Hierdie sinne kry met ander woorde nie die dubbele “nie” nie, omdat een
van die woorde reeds die “nie” verteenwoordig.
Aan watter ander tipe sinne kan jy dink? Ons het reeds stelsinne,
vraagsinne en ontkennende sinne genoem. Wat van bevelsinne?
Bevelsinne kan met of sonder ’n uitroepteken (exclamation mark) aan-
gedui word en begin met ’n werkwoord wat aandui wat die spreker wil hê
die hoorder moet doen:
● Bring asseblief vir my die boek.
● Gee die hond kos.
● Hou op om so te huil!
In bevelsinne word ’n bevel (order) aan iemand gegee, maar dit hoef nie
kwaai te klink nie. As jy iemand mooi vra om iets te doen (deur woorde
soos “asseblief”, “moontlik” of “dalk” te gebruik), is dit steeds ’n bevel –
dit word net op ’n beleefde/vriendelike (polite/friendly) manier gevra.
En wat van die verlede tyd? Natuurlik kan ons sinne in Afrikaans aanpas
om aan te dui dat iets reeds plaasgevind het. Hoe doen ons dit?
Bestudeer die volgende sinne en kyk of jy kan sien hoe die sinne ver-
ander het:
● Ek studeer vir die eksamen.
� Ek het vir die eksamen studeer.
● Sarel swem in die dam.
� Sarel het in die dam geswem.
● Ek hou daarvan om te draf.
� Ek het daarvan gehou om te draf.
Wat let jy op? Kan jy sien dat ons in die meeste gevalle ’n “het” byvoeg
en ’n “ge-” aan die werkwoord geheg het? Nie alle werkwoorde kry ’n
“ge-” in die verlede tyd nie. In sommige gevalle kan jy kies of jy die “ge-”
wil gebruik of nie. Tweelettergrepige werkwoorde met die hoofklem op
die tweede lettergreep kan in die verlede tyd met of sonder die “ge-”
geskryf word (Carstens, 2003). Woorde soos studeer, makeer, probeer
en loseer kan met of sonder “ge-” in die verlede tyd geskryf word. Nog ’n
tipe werkwoord wat ons kry is werkwoorde wat “meerlettergrepig” is. Dit

.........
97 AFK1503/1
LEEREENHEID 3: DIE ASPEKTE VAN TAAL EN TAALSTRUKTUUR

beteken dat die werkwoord uit drie of meer lettergrepe bestaan,


byvoorbeeld: argumenteer = ar/gu/men/teer of diskwalifiseer = dis/kwa/li/
fi/seer. Hierdie werkwoorde kry gewoonlik ’n “ge-” in die verlede tyd,
byvoorbeeld: het + geargumenteer en het + gediskwalifiseer.
Werkwoorde wat op be-, er-, ge- her-, mis-, ont-, ver- en weer- begin, kry
in die verlede tyd ook nie ’n “ge-” nie (Carstens, 2003). Byvoorbeeld:
● Hy het gister begin werk.
● Ons het baie dinge ervaar.
● Dit het gister gebeur.
● Ons het onsself misgis.
● Hulle het vroeg vertrek.
Goed, as ons nou weet hoe om die verlede tyd aan te dui, moet ons ook
weet hoe om die toekomende tyd aan te dui. Soos die naam aandui,
word die toekomende tyd gebruik om aan te dui wat ons of iemand
anders in die toekoms gaan doen. Dit verwys ook na iets wat dalk in die
toekoms gaan gebeur. Wanneer ons die toekoms wil aandui, moet ons
sekere woorde by ons sinne voeg. Lees die volgende sinne en let op die
woorde wat onderstreep is:
● Ek sal volgende week die gras sny.
● Janine sal die konsert bywoon.
● Marie gaan nie van die geskenk hou nie.
Die onderstreepte woorde in die sinne dui vir ons die toekomende tyd
aan. In Afrikaans word veral die modale werkwoord “sal” en die
werkwoord “gaan” gebruik om die toekomende tyd aan te dui. Ons kan
egter ook tydwoorde of ander tydaanduidings gebruik om na die toe-
komende tyd te verwys, byvoorbeeld:
● Môre speel ons krieket.
● Ons vertrek volgende Maandag.
● Die pakkie word later afgelewer.
Voltooi aktiwiteit 3.7 om te sien of jy sintaksis tot dusver verstaan.

A K T I W I T E I T 3.7
1. Benoem die volgende sinne. Jou opsies is: stelsin, vraagsin,
bevelsin, ontkennende sin, verlede tyd en toekomende tyd.
1.1 Maak die deur oop.
1.2 Wie het die roomys geëet?
1.3 Nelia speel graag hokkie.
1.4 Die man sal die motor later regmaak.
1.5 Jaco wil nie in die aand bestuur nie.
1.6 Die kind het die sjokolade geëet.
1.7 Ons sal volgende week al die kruideniersware koop.
2. Verander die volgende sinne in vraagsinne.
2.1 Die hond grou ’n gat in die tuin.
2.2 Henry het die kar gekoop.
2.3 Maggie gaan laat wees.

.........
98
Leereenheid 3: Die aspekte van taal en taalstruktuur

3. Verander die volgende sinne in die negatief (ontkenning).


3.1 Iemand weet wie die dief is.
3.2 Danie het vir hom middagete gekoop.
3.3 Daar is altyd mense by die winkelsentrum.
4. Skryf neer of die stellings oor sinne in die verlede tyd waar
of onwaar is.
4.1 Die “ge-” in die verlede tyd word aan die werkwoord in
die sin geheg.
4.2 Sommige werkwoorde wat eindig op -eer kry nie ’n
“ge-” in die verlede tyd nie.
4.3 Werkwoorde wat met ont- begin, kry ’n “ge-” in die
verlede tyd.
4.4 Die volgende sin is korrek: Herman en Gert het oor die
antwoord geargumenteer.

Nog ’n manier om sinne te verander is om sinne in die aktief/


bedrywende vorm (active voice) of passief/lydende vorm (passive
voice) te skryf. Die verskil tussen hierdie twee sinne is eenvoudig – die
onderwerp en voorwerp ruil posisies in die sin (Lawrence et al, 2014).
Ek (onderwerp) koop (werkwoord) die huis (voorwerp) = aktief/
bedrywende vorm

Die huis (voorwerp) word [deur my (onderwerp)] gekoop = passief/


lydende vorm

Onthou dat jy nie weer die onderwerp by die lydende sin hoef in te
sluit nie, tensy dit belangrik is om aan te dui wie die aksie uitvoer.
’n Laaste tipe sin wat ons in hierdie leereenheid gaan bestudeer, is sinne
wat in die direkte rede of indirekte rede geskryf is. Direkte rede verwys
na die skryf van iemand se eie woorde (hulle direkte woorde) en dit word
deur aanhalingstekens aangedui, byvoorbeeld:
● Koos sê: “Ek weet waar die pen is.”
Die indirekte rede verwys indirek na iemand se woorde, dit wil sê ’n
persoon se woorde word deur iemand anders weergegee (reproduced).
Byvoorbeeld:
● Koos het gesê dat hy weet waar die pen is.
Jy kan aktiwiteit 3.8 gebruik om jou kennis te toets.

A K T I W I T E I T 3.8
1. Skryf die volgende sinne in die passief/lydende vorm.
1.1 Die onderwyser het die toets opgestel.
1.2 Die kinders eet die koek.
1.3 Kobus en Sannie koop baie klere.

.........
99 AFK1503/1
LEEREENHEID 3: DIE ASPEKTE VAN TAAL EN TAALSTRUKTUUR

2. Skryf die volgende sinne in die aktief/bedrywende vorm


2.1 Die kar word deur Johan bestuur.
2.2 Die dief is deur die polisie gevang.
2.3 Oor Desember word baie geskenke gekoop deur
mense.
3. Skryf hierdie sinne in die indirekte rede.
3.1 Sarel sê: “Ek gaan nie die hele dag studeer nie.”
3.2 “Jy moet die vloere was, Angie,” sê Kevin.
3.3 Frikkie sê: “Koos het belowe om die boek terug te
bring.”

3.6 OM OP TE SOM
Jy het die einde van Leereenheid 3 bereik! Ons hoop jy het hierdie
leereenheid geniet. In hierdie leereenheid het ons “taalstruktuur” as ’n
breë konsep ondersoek. Ons het ook van nuwe konsepte soos
“denotasie”, “konnotasie” en “taalnorme” geleer. Hierdie kennis sal jou
help om te verstaan hoe mense met mekaar kommunikeer en hoe jy self
boodskappe in kommunikasie verstaan. By die inleiding tot die gram-
matika van Afrikaans het ons die taalstruktuur in meer detail ondersoek.
Na aanleiding van hierdie inligting behoort jy nou makliker woorde en
sinne in Afrikaans te begryp en selfs sinne en woorde te kan bou. Al die
kennis wat jy tot dusver opgebou het, kan jy nou in die laaste leereenheid
(Leereenheid 4) toepas.

.........
100
AKTIWITEITANTWOORDE:
Leereenheid 3

Aktiwiteit 3.1
1. B
2. F
3. A
4. C
5. D
6. G
7. E

Aktiwiteit 3.2
1. Medusa is ’n monster uit die Griekse mitologie met slange in plaas
van hare. Die verwysing kan beteken dat die vrou se hare vreeslik
deurmekaar is.
2. “I’ll be back” verwys na die woorde wat Arnold Schwarzenegger se
karakter in die film The Terminator gesê het.
3. Die woorde “Make Africa great again” sinspeel op die woorde van
die Amerikaanse president Donald Trump “Make America great
again”.

Aktiwiteit 3.3
1. By hierdie antwoord kan jy jou eie menings/antwoorde skryf. Die
antwoorde wat hier gelys word, is net voorbeelde van ’n positiewe
of negatiewe konnotasie by elk.
● Hollywood: ’n Woonbuurt in Los Angeles in die VSA (denota-
sie)/Tuiste van bekende rolprentsterre (celebrities) (positiewe
konnotasie)
● Winter: Koue jaargety wat op herfs volg (denotasie)/Warm sjo-
kolade (positiewe konnotasie)
● Rooi: ’n Kleur op die kleurwiel of kleurspektrum (denotasie)/
bloed (negatiewe konnotasie)
● Vuur: Verbranding met vlamme (denotasie)/pyn en verwoesting
(negatiewe konnotasie)
2.
2.1 (c) Letterlike betekenis
2.2 Konnotasie
2.3 (a) Figuurlike betekenis
2.4 (b) Plek waar onderwys op primêre en sekondêre vlak gegee
word.

.........
101 AFK1503/1
LEEREENHEID 3: DIE ASPEKTE VAN TAAL EN TAALSTRUKTUUR

Aktiwiteit 3.4
1.1 Die simboliese konteks is hier belangrik. Jerry het nie die agter-
grondinligting van die situasie nie, en weet daarom nie wat om
te doen nie.
1.2 Pieter se houding (nieverbale kommunikasie) is negatief. Om dit
korrek te interpreteer, moet Jan die agtergrondinligting van die
situasie verstaan. Hy moet besef dat hy al ’n hele paar keer Pieter
se fiets geleen het, en dat dit Pieter nou begin irriteer.
1.3 Die kind het die verhoudingskonteks en die situasie van die kon-
teks van die gesprek oortree deur die skoolhoof te groet asof hy
een van sy vriende is.
1.4 Die leerders stel nie belang in die gesprek nie. Dit kan wees om-
dat hulle nie agtergrondinligting oor die onderwerp het nie, of
dit kan wees dat hulle innerlike konteks (hulle is moeg, honger of
verveeld) veroorsaak dat hulle nie in die boodskap belangstel nie.
Dalk speel die fisiese konteks ook ’n rol – dit is dalk baie warm, en
dit maak die leerders lui.

Aktiwiteit 3.5
1.
1.1 [x]
1.2 [ŋ]
1.3 [o:]
1.4 [eu]/[iu]
2.
2.1 Die transkripsie is met ’n hoofletter begin.
2.2 Ronde hakies in plaas van vierkantige hakies is gebruik.
2.3 Die dubbelpunt is vóór die lang vokaal en nie ná die lang
vokaal nie.
3.
3.1 Hannes koop die kos

3.2 Die man bou ’n brug.


[di man bou ә brœx//] of [di man bœu ә brœx//]

Aktiwiteit 3.6
1.
Simplekse Komplekse
dosent klaskamer
olifant perdestal
pilaar kinderagtig
verstaan werker

.........
102
Leereenheid 3: Die aspekte van taal en taalstruktuur

Simplekse Komplekse
leerders
bakkery
bemarking

1.
2.1 behuising (1 stam)
2.2 boek/rak(2 stamme)
2.3 graf/steen (2 stamme)
2.4 bakkery (1 stam)
2.
3.1 afgrond
3.2 blaarloos
3.3 ongeluk
3.4 moeilikheid
3.
1. C
2. F
3. A
4. B
5. E
6. D

Aktiwiteit 3.7
1.
1.1 Bevelsin
1.2 Vraagsin
1.3 Stelsin
1.4 Toekomende tyd
1.5 Ontkennende sin
1.6 Verlede tyd
1.7 Toekomende tyd
2.
2.1 Grou die hond ’n gat in die tuin?
2.2 Het Henry die kar gekoop?
2.3 Gaan Maggie laat wees?
3.
3.1 Niemand weet wie die dief is nie.
3.2 Danie het nie vir hom middagete gekoop nie.
3.3 Daar is nie altyd mense by die winkelsentrum nie/Daar is
nooit mense by die winkelsentrum nie.

.........
103 AFK1503/1
LEEREENHEID 3: DIE ASPEKTE VAN TAAL EN TAALSTRUKTUUR

4.
4.1 Waar
4.2 Waar
4.3 Onwaar
4.4 Waar

Aktiwiteit 3.8
1.
1.1 Die toets is opgestel/Die toets is deur die onderwyser
opgestel.
1.2 Die koek word geëet/Die koek word deur die kinders geëet.
1.3 Baie klere word gekoop/Baie klere word deur Kobus en San-
nie gekoop.
2.
2.1 Johan bestuur die kar.
2.2 Die polisie het die dief gevang.
2.3 Mense koop baie geskenke oor Desember.
3.
3.1 Sarel het gesê dat hy nie die hele dag gaan studeer nie.
3.2 Kevin het gesê dat Angie die vloere moet was.
3.3 Frikkie het gesê dat Koos belowe het om die boek terug te
bring.

.........
104
GLOSSARIUM:
Leereenheid 3
Betekenis (meaning): “Meaning” is a complex concept and refers to the
supposition that we are able to understand communication because we
know what words refer to and we are able to interpret all the definitions
of words in sentences. Understanding is therefore based on both mea-
ning and context.
Denotasie (denotation): Denotation represents the explicit or referential
meaning of a sign. Denotation refers to the literal meaning of a word, in
other words, the “dictionary definition”. (https://www. csun. edu/~bash-
forth/098_PDF/06Sep15Connotation_Denotation.pdf).
Genre (genre): Genre is a term used to refer to the categorisation of art
or literature based on specific characteristics or features.
Intertekstualiteit (intertextuality): Intertextuality is the way in which texts
refer to each other by the inclusion of references to other texts. There-
fore, if I write a text and include a reference to a line from a film, it would
be an intertextual reference.
Konnotasie (connotation): Connotation represents the various social
overtones, cultural implications or emotional meanings associated with
a sign. (https://www. csun.edu/~bashforth/098_PDF/06Sep15Connota-
tion_Denotation.pdf).
Konteks (context): Context refers to the situation in which communication
takes place. Context consists of different types. Certain aspects of a
written or spoken message are linked to this concept. The context of a
situation helps us to determine how to communicate appropriately.
Teks (text): The concept of text refers to both written and spoken texts
and also include other texts that one can “read” and understand: maps,
songs, CVs, photos, movies, etc.
Taalnorme (language norms): Language norms are something we deve-
lop naturally as we learn to speak our mother tongue. We become
aware of certain aspects of language such as context and meaning in
contexts, that assist us in communicating with others.

.........
105 AFK1503/1
BRONNELYS
Abrams, MH. 2005. A glossary of literary terms. USA: Thomson Higher
Education.
Beer, L, Jacobs, L, Larkins, H, Lombard, E, Broodryk, F & Landman, K.
2004. Afrikaans Vandag: Taalkunde en skriftelike kommunikasie. Pre-
toria: Universiteit van Suid-Afrika.
Carstens, WAM. 2003. Norme vir Afrikaans: Enkele riglyne by die gebruik
van Afrikaans. 4de uitgawe. Pretoria: Van Schaik.
Casano, A. 2017. What is genre? Definitions and types. Available at:
http://study. com/academy/lesson/what-is-genre-definition-types-quiz.
html (accessed on 21 April 2017).
Connotation and Denotation. 2015. Connotation and Denotation: Hand-
out. Available at: https://www.csun.edu/~bashforth/098_PDF/06Sep15-
Connotation_Denotation.pdf (Accessed on 1 May 2017).
Finch, G. 2000. Linguistic terms and concepts. London: Macmillan Press.
HAT. 2010.
Kauhanen, I. 2006. Norms and Sociolinguistic description. Draft paper.
Available at: http://www. linguistics. fi/julkaisut/SKY2006_1/1FK60.1.4.
KAUHANEN.pdf (accessed on 7 May 2017).
Lawrence, D, Le Cordeur, M, Van der Merwe, L, Van der Vyver, C & Van
Oort, R. 2014. Afrikaans deur ’n nuwe bril. Kaapstad: Oxford University
Press.
Larkins, H, Broodryk, F, Carney, T & Lombard, E. 2010. Afrikaans Van-
dag: Taalkunde en skriftelike kommunikasie. Pretoria: Universiteit van
Suid-Afrika.
Lunde, I, Chiquito, AB, Quesada-Pacheco, MA, Paulsen, M & Berdi-
chevsky, A. 2011. PhD-Research course: Norms and Language. Avai-
lable at: http://www. uib. no/filearchive/bsrs-2011-kurs-5. pdf (accessed
on 6 May 2017).
Mey, J. 1994. Pragmatics: An introduction. Oxford: Blackwell Publishing.
McGaan, L. 2003. Understanding communication settings: the six kinds
of context. Available at: http://department.monm.edu/cata/saved_files/
Handouts/CONTEXTS.FSC.html (accessed on 6 May 2017).
New World Encyclopaedia. 2013. Denotation and Connotation. Available
at: http://www. newworldencyclopedia. org/entry/Denotation_and_con-
notation (accessed on 1 May 2017).
Odendal, FF & Gouws, RH (reds). 2010. Handwoordeboek van die Afri-
kaanse Taal. 5de uitgawe. Pinelands: Pearson.

.........
106
LE E RE E NH EI D 4

Taalgebruik

Leereenheid4

INHOUD

4.1 INLEIDING 108


4.2 LEESVAARDIGHEID (READING) 108
4.2.1 Is lees ʼn passiewe aktiwiteit? 109
4.2.2 Leesstrategieë en die leesproses (Reading: strategies
and process) 110
4.3 SKRYFVAARDIGHEID (WRITING) 115
4.3.1 Die skryfproses 116
4.3.2 Die paragraaf (The paragraph) 120
4.3.2.1 Die skakeling van paragrawe 121
4.3.3 Styl en register 123
4.3.3.1 Styl 123
4.3.3.2 Register 125
4.4 DIE BETOGENDE OPSTEL 127
4.5 LEESTEKENS (PUNCTUATION MARKS) 129
4.5.1 Leestekens teenoor skryftekens 130
4.5.2 Die punt (Full stop) 132
4.5.3 Die komma (Comma) 132
4.5.4 Die dubbelpunt (Colon) 134
4.5.5 Die kommapunt (Semicolon) 135
4.5.6 Uitroepteken (Exclamation mark) 136
4.5.7 Vraagteken (Question mark) 137
4.6 OM OP TE SOM 138

UITKOMSTE
Na afloop van hierdie leereenheid behoort jy:
● te begryp dat lees (en skryf) die basis van enige opleiding (edu-
cation/training) vorm

.........
107 AFK1503/1
LEEREENHEID 4: TAALGEBRUIK

● te leer dat lees en skryf aangeleerde vaardighede is (acquired


abilities), en dat hierdie vaardighede deur oefening verfyn kan
word
● tussen verskeie soorte lees te kan onderskei, en verskillende
leesstrategieë (reading strategies) te kan toepas
● te leer hoe om deur jou skryfwerk sinvol en funksioneel te
kommunikeer (communicate)
● te leer hoe belangrik korrekte interpunksie is

Nou is jy gereed om hierdie leereenheid aan te pak.

4.1 INLEIDING
Het jy al opgelet hoe baie ʼn mens op ʼn dag lees? Dink ʼn bietjie na. Jy
lees byvoorbeeld daagliks honderde selfoonboodskappe. In die
supermark lees jy etikette, as mens ry, lees jy padtekens, en wanneer jy
ʼn nuwe resep probeer, lees mens die instruksies. Wat van sosiale-
mediaplatforms soos Facebook en Instagram? Dáár lees jy weer waar
jou vriende hulle bevind en waarmee hulle besig is. Of jy volg dalk die
jongste nuusgebeure op Twitter. Miskien lees jy die onderskrifte om só
een van jou gunsteling- Suid-Afrikaanse sepies op televisie te volg. Of
dalk is jy een van dié wat glad nie aan die slaap kan raak sonder ʼn lekker
boek nie. Dis maar ʼn paar voorbeelde van hoe gereeld jy elke dag lees.
Aangesien ʼn mens so baie lees, meestal sonder dat jy dit besef, is dit
belangrik om dit goed te kan doen. En dit is eerstens wat ons jou in
hierdie leereenheid gaan leer.
Voordat jy met hierdie leereenheid begin het, het jy reeds drie ander
deurgewerk: in Leereenheid 1 het jy gekyk na wat taal is; in Leereenheid
2 het jy die variëteite van Afrikaans van nader bekyk; en in Leereenheid 3
het jy verskeie aspekte van die taalstruktuur in Afrikaans bestudeer. In
elk van hierdie leereenhede moes jy aktiwiteite doen en vrae beantwoord.
Nie net moes jy lees nie, jy moes ook skryf. Skryf is nie altyd so maklik
nie, veral nie as jy eers jou gedagtes moet orden, en meer akademies
moet skryf nie. In hierdie leereenheid gaan ons dus ook op skryf-
vaardighede (writing ability) fokus. Jy gaan leer hoe om oor ʼn saak na te
dink en te redeneer (reason). Hoe om standpunt (point of view/opinion) in
te neem, en hoe om jou standpunt in geskrewe vorm weer te gee. Jy
gaan ook leer wat styl (style) en register is, en hoe goeie styl en ʼn
gepaste register jou skryfwerk kan verbeter.
Laastens gaan ons aan die hand van die Afrikaanse woordelys en
spelreëls (2017) na leestekengebruik (punctuation) kyk. Maar eers moet
ons vasstel watter uitkomste (outcomes) jy in hierdie leereenheid moet
bereik.

4.2 LEESVAARDIGHEID (READING)


Jy wonder seker waarom jy al weer tyd aan leesvaardigheid (reading
ability) moet afstaan. Jy lees mos al van Graad 1 af, en jy het immers
matriek geslaag. Universiteit moet tog sekerlik iets meer as lees bied?

.........
108
Leereenheid 4: Taalgebruik

Dit is júis die rede waarom jy jou leesvaardighede moet opskerp


(sharpen). Jou studiejare is seker dié tyd in jou lewe wat jy die meeste
lees. In Afrikaans sê ons jy studeer vir ’n graad, maar in Engels you read
for a degree. Jy “lees” vir Sielkunde, Onderwys of Wetenskap. As jy soos
die Engelse daaraan dink, hoe beter jou leesvaardigheid, hoe makliker
jou studies.
Kom ons kyk na nog ʼn paar redes in die volgende aktiwiteit.

A K T I W I T E I T 4.1
Rangskik (arrange) die volgende redes waarom mens jou
leesvaardighede moet opknap volgens hulle belangrikheid:
Jy kan:
● jou wêreld vergroot deur meer te lees
● met groter vrymoedigheid (confidence) op ander se opinies
reageer
● die nodige inligting uit enige materiaal put – ook uit hierdie
studiegids – as jy met insig kan lees
● jou geheue verbeter

Kan jy aan nog ʼn paar redes dink? ʼn Ander belangrike rede waarom lees
goed is vir jou, is die feit dat lees jou leer hoe om te redeneer. Kom ons
vind ʼn bietjie meer hieroor uit.

4.2.1 Is lees ʼn passiewe aktiwiteit?


Die antwoord op hierdie vraag is nee, beslis nie. Tog sien baie mense dit
as ʼn passiewe aktiwiteit (passive activity). Want lees is iets wat ʼn mens
alleen doen en meestal in stilte. Lees is nie ʼn spansport (team sport) nie.
Waar het jy al ooit gehoor van iemand wat sy vriende op ʼn Vrydagaand
nooi om saam met hom of haar te kom lees? Dit gebeur nie! Daarom is
dit maklik om te dink dat lees ʼn passiewe aktiwiteit is. Maar die waarheid
is dat daar soveel meer tydens die leesproses plaasvind.
Lees en begrip (reading and comprehension) gaan hand aan hand.
Hayes (1991) is van mening dat lees veronderstel dat die outeur (author)
se teks deur die leser geïnterpreteer word, waarna die leser ʼn
selfstandige respons (independent response) oor die inhoud vorm. Met
ander woorde, die leser raak by die teks betrokke. By die lees van ʼn
literêre teks (literary texts) identifiseer die leser hom of haar met die
karakters en die gebeure. Die leser maak selfs voorspellings oor wat in
die res van die verhaal gaan gebeur. By die lees van informatiewe tekste
(informative texts) of tekste van ʼn akademiese aard (academic texts)
skep die leser betekenis en ontwikkel hy/sy ʼn standpunt.
Hieruit is dit duidelik dat lees geensins ʼn passiewe aktiwiteit is nie.
Ervaar jy dit ook so? Gee jou mening en neem standpunt in oor lees as ʼn
aktiwiteit deur die volgende aktiwiteit te voltooi.

.........
109 AFK1503/1
LEEREENHEID 4: TAALGEBRUIK

A K T I W I T E I T 4.2
i. Lees die volgende berig (op p. 110) aandagtig deur en neem
’n standpunt in (take a stand/give your opinion): Het die per-
soneel by binnelandse sake volgens jou reg opgetree? Voel
jy gids-/dienshonde behoort in openbare plekke toegelaat te
word? Dink jy staatsamptenare ontvang genoegsame oplei-
ding oor hoe om mense met gestremdhede te behandel of
teenoor hulle op te tree? Skryf ʼn kort paragraaf waarin jy jou
standpunt duidelik stel en met argumente steun.

Teks 1: Gidshond staatskantoor belet (Kruger, 2017:5)


Hoe het jy te werk gegaan om ’n standpunt in te neem? Hoe het jy die
berig gelees? Sommer so vlugtig (quickly)? Of het jy met aandag gelees
(with attention)? Wanneer ʼn mens ʼn standpunt oor ʼn saak moet inneem,
is dit belangrik dat jy van al die feite bewus moet wees. Om hierdie rede
sal jy die teks met soveel aandag en begrip as moontlik lees. Hierdie
leesstrategie staan as begriplees (reading with comprehension) bekend.
Dit is maar een van ʼn paar leesstrategieë. In die volgende gedeelte gaan
ons enkele leesstrategieë van nader bekyk.

4.2.2 Leesstrategieë en die leesproses (Reading: strategies and


process)
Elke keer wanneer ʼn mens lees, lees jy met ʼn spesifieke doel. Soms lees
jy vir ontspanning, partymaal om inligting in te samel, en ander kere lees
jy net vinnig om iets na te gaan. Wanneer jy weet waarom jy ʼn teks lees,
sal jy ook weet van watter leesstrategie jy gebruik moet maak. Hier volg
kort beskrywings volgens Lawrence et al (2014:138–139) van enkele
leesstrategieë:
Vluglees (skimming)
ʼn Mens lees die inleiding of inhoudsopgawe van ʼn boek of tydskrif om die
inhoud daarvan te bepaal. Die eerste en laaste paragrawe van elke hoof-

.........
110
Leereenheid 4: Taalgebruik

stuk word ook gelees terwyl die oë vinnig oor die res van die inhoud
beweeg om oorsigtelik vas te stel waaroor die teks handel.

Soeklees (scanning)
Hierdie strategie word gebruik wanneer ʼn mens na iets spesifieks op
soek is. Byvoorbeeld na iemand se telefoonnommer, of ʼn bestanddeel in
ʼn resep. Soms word soeklees gebruik om onderwerpe in ʼn
inhoudsopgawe na te slaan.

Deurblaai (paging)
Hierdie leesstrategie word gewoonlik vir ontspanning gebruik. ʼn Mens
blaai dan deur tydskrifte, koerante en boeke. Daar word slegs na die
hoofpunte gekyk. Die detail word geïgnoreer.

Gedetailleerde lees (Intensive reading)


Hier word elke woord gelees. Die betekenis van onbekende woorde word
selfs in woordeboeke nageslaan. Die leser maak ook aantekeninge om
die belangrikste aspekte te onthou.

Begripslees (reading with comprehension)


Hier word die teks aandagtig deurgelees om seker te maak dat die
essensie (essence) van die teks begryp word. Die leser moet die inhoud
in sy eie woorde kan weergee, en ook oor die onderwerp kan standpunt
inneem.

Kritiese lees (reading critically)


Hier moet ʼn mens die standpunte en argumente van outeurs
bevraagteken (question). Jy moet jou eie insig oor die inhoud op kritiese
wyse skriftelik of mondeling kan weergee. Hierdie leesstrategie kan
gebruik word om ʼn eie standpunt met ondersteunende argumente
(supporting arguments) te ontwikkel.

Aanlyn lees (online reading)


Tydens hierdie soort lees moet ʼn mens in staat wees om relevante
inligting (relevant information) uit te soek, afleidings te maak en tot ʼn
gevolgtrekking te kom. In die aanlyn omgewing gaan dit dus oor soek,
navigeer en evalueer (evaluate). Die vermoë om te evalueer is belangrik
aangesien enigeen inligting op die web kan laai, en nie alle inligting dus
betroubaar is nie.

Aktiewe lees (active reading)


Hierdie leesstrategie is noodsaaklik vir studeer. Hierdie soort lees verg
konsentrasie en fokus. Daarom is dit belangrik om aantekeninge te maak.
Belangrike dele kan ook onderstreep word, sleutelwoorde kan omkring
word, en opsommings kan gemaak word. Hier is dit belangrik om aktief
met die inhoud om te gaan sodat daar op ʼn selfstandige wyse rekenskap
van die inhoud gegee kan word.

.........
111 AFK1503/1
LEEREENHEID 4: TAALGEBRUIK

Kan jy hierdie leesstrategieë herken? Kom ons kyk.

A K T I W I T E I T 4.3
Kies ʼn beskrywing in kolom B wat pas by ʼn leesstrategie in kolom
A. Skryf slegs die korrekte letter in kolom B langs die gepaste
Romeinse syfer uit kolom A, byvoorbeeld: ii. e.

Kolom A Kolom B
i. Aktiewe lees a. Jy gebruik hierdie leesstrategie wanneer
jy na iets spesifieks op soek is.
ii. Begriplees b. Hierdie soort lees verg konsentrasie en
is noodsaaklik vir studeer.
iii. Soeklees c. Hierdie strategie word gewoonlik vir ont-
spanning gebruik
iv. Kritiese lees d. Outeurs se standpunte en argumente
word volgens hierdie leesstrategie
bevraagteken.
v. Deurblaai e. Die teks word aandagtig deurgelees om
die essensie daarvan te verstaan.

Jy het seker agtergekom dat elk van die voorafgaande agt leesstrategieë
meer geskik (more appropriate) is vir die lees van ʼn spesifieke tekstipe
(text type). Die rede waarom jy lees, speel natuurlik ook ʼn rol. Die
leesproses, aan die ander kant, is onafhanklik van die tekstipe – dit wil sê,
dit maak nie saak watter tipe teks jy lees nie, die leesproses bly dieselfde.
Volgens Grellet (1981:7) kan jy die volgende stappe tydens die
leesproses volg:

FIGUUR 4.1
Die leesproses volgens Grellet (1981:7)

.........
112
Leereenheid 4: Taalgebruik

Noudat jy weet hoe die leesproses werk, en met agt leesstrategieë


kennis gemaak het, is dit tyd om te kyk of jy hierdie kennis in die
volgende aktiwiteit kan toepas. Daarna verskuif die fokus na
skryfvaardigheid.

A K T I W I T E I T 4.4
Lees Teks 2 en Teks 3 hier onder en beantwoord die vrae wat volg.
i. Identifiseer die twee tekstipes hieronder.

Teks 2: Aardklop (2017:12)

.........
113 AFK1503/1
LEEREENHEID 4: TAALGEBRUIK

Teks 3: Klasaksie vir Moslems – ‘Wettig ook dié huwelike’


(Breytenbach, 2017:5)
ii. Beantwoord die volgende vrae oor Teks 2:
a. Watter kunstefees word in hierdie advertensie gead-
verteer?
b. Van watter leesstrategie het jy gebruik gemaak om op ʼn
antwoord te besluit?
c. Waarom het jy van hierdie strategie gebruik gemaak?
d. Van watter leesstrategie sou jy gebruik maak as jy wou
uitvind hoeveel die kaartjies vir die vertonings by hierdie
kunstefees kos?
e. Verduidelik die betekenis van die woord “saal” in hierdie
advertensie.
f. Stem jy saam dat jy van die begripleesstrategie moes ge-
bruik maak om vraag/(e) te beantwoord? Waarom sê jy
so?

.........
114
Leereenheid 4: Taalgebruik

iii. Beantwoord die volgende vrae oor Teks 3:


a. Lees die artikel deur en maak ʼn opsomming daarvan in
jou eie woorde. Jou opsomming mag nie langer as 100
woorde wees nie.
b. Watter leesstrategie het jy toegepas om (a) te kon
beantwoord?
c. Dink jy alle vroue in Suid-Afrika behoort dieselfde regte
te hê? Waarom sê jy so?
iv. Verduidelik die leesproses volgens Grellet (1981:7) in jou eie
woorde.

4.3 SKRYFVAARDIGHEID (WRITING)


Luister- en praatvaardighede (sien Leereenheid 2) is iets wat ʼn mens
verwerf (acquire) wanneer jy jou moedertaal as baba hoor. Skryf-
vaardighede word nie verwerf nie. Dit is iets wat ʼn mens aanleer (learnt).
Omdat hierdie vaardighede (skills) aangeleer kan word, beteken dit
noodwendig dat ʼn mens kan leer om beter te skryf.
Hoe voel jy oor jou skryfvermoë? Miskien skryf jy graag gedigte of dalk
was jy al lid van ʼn band en moes jy lirieke skryf. Of sukkel jy om te skryf?
Is jy iemand wat niks moeiliker as ʼn kruidenierswarelysie (grocery list) sal
opstel nie? Wel, in hierdie gedeelte gaan jy oefen om te skryf en ook om
te dink. Hoe meer jy oefen, hoe beter sal jou skryfwerk raak.
Jy kan sommer dadelik begin oefen deur die volgende aktiwiteit aan te
pak.

A K T I W I T E I T 4.5
Lees die volgende stellings en skryf dan jou opinie daaroor neer.
Gee ook redes om jou opinie te staaf.
i. Dit is baie beter om aan ʼn afstandonderrig-instelling (distan-
ce learning institution) te studeer as aan ʼn tradisionele resi-
densiële instelling (residential institution).
ii. Honde is beter troeteldiere as katte.
iii. Speltoetsers maak dat ʼn mens nie meer self goed hoef te kan
skryf nie.

Jy kon jou skryfvaardighede nou al ʼn bietjie slyp (hone). Dit is belangrik


dat jy goed moet kan skryf (en daarom moet jy oefen), want skryf maak ʼn
groot deel van ons daaglikse kommunikasie (communication) uit. Suk-
sesvolle kommunikasie is dus een rede waarom ons skryf, maar daar is
ook ander redes. Lawrence et al (2014:158) noem die volgende:
● om die begeerte om skoonheid deur middel van woorde te skep, uit te
leef;
● om funksioneel (functional – writing in such a way that your message
gets across) en korrek te kommunikeer, aangesien dit, net soos jou
kleredrag, ʼn boodskap oor jou in die samelewing uitstuur.

.........
115 AFK1503/1
LEEREENHEID 4: TAALGEBRUIK

● Optekening (keeping record) of dokumentering (documenting) is nog


ʼn belangrike rede waarom ons skryf.
Om funksioneel te kan kommunikeer, is dit belangrik om die skryfproses
te verstaan.

4.3.1 Die skryfproses


Die skryfproses verwys na die proses waartydens ʼn mens ʼn skryfstuk
ontwikkel. Die skryfproses bestaan uit: die beplanningsfase (planning
phase), die skryffase (writing phase) en die herskryffase (rewriting
phase).
FIGUUR 4.2
Fases tydens die skryfproses

Ons gaan vlugtig na al drie hierdie fases kyk.

Die beplanningsfase
Om te beplan is die vertrekpunt (starting point) van enige skryfstuk. ʼn
Mens val nooit dadelik weg en skryf nie. Jy moet eers beplan en oor die
onderwerp (topic) nadink. Geen wonder hierdie fase staan ook as die
dinkfase bekend nie.
Hoe beplan ʼn mens? vra jy dalk. ʼn Breinkaart is een van die maklikste
beginpunte. ʼn Breinkaart (ook spinnekop of mind map genoem) help jou
om al die gedagtes wat jy oor ʼn spesifieke onderwerp het, noukeurig
uiteen te sit. So kan jy sien wat belangrik is, waaroor jy graag wil skryf, en
in watter volgorde jy gaan skryf. Die volgende visuele voorstelling
behoort dit vir jou duideliker te maak:

FIGUUR 4.3
Voorbeeld van ʼn breinkaart

.........
116
Leereenheid 4: Taalgebruik

Figuur 4.3 bied ʼn voorbeeld van ʼn breinkaart. ʼn Breinkaart help ʼn mens


met die beplanning van jou skryfstuk. In fig. 4.3 is Afstandonderrig
(distance education) die onderwerp van die skryfstuk. Volgens die
breinkaart dink die skrywer dat afstandonderrig ʼn student toelaat om teen
sy/haar eie tempo te studeer. Daar word ook genoem dat
afstandonderrig ʼn mens toelaat om te werk terwyl jy studeer en dat
afstandonderrig meer bekostigbaar as tradisionele onderrig is. Die drie
buitenste borrels verteenwoordig aparte paragrawe (paragraphs) wat die
skrywer se gedagtes uitbrei en ondersteun.
Deur ʼn breinkaart te gebruik, weet die skrywer presies waaroor hy of sy
gaan skryf, hoeveel paragrawe daar gaan wees, en waaroor elke
paragraaf sal gaan. Jy weet dus hoe jou skryfstuk gaan lyk nog voor jy
begin skryf.
ʼn Ander beplanningshulpmiddel kan ʼn beplanningstabel (planning table)
wees waarin die volgende vrae beantwoord word:
● Wat weet ek van die onderwerp?
● Wat is die doel (aim) met die skryfstuk?
● Wat wil ek oor die onderwerp uitvind, navors (research)?
● Watter woordeskat (vocabulary), trant (tone), styl (style) kan ek
gebruik?
● Wat kan ek doen wat sal uitstaan – uitdrukkings, klanknabootsing,
vrae, uitroepe, figuurlike taal?
In tabelvorm sal die beplanning só lyk:

TABEL 4.1: Voorbeeld van beplanning in tabelvorm

Onderwerp: Afstandonderrig
Wat weet ek Wat is die Wat wil ek Watter Watter inte-
van die doel met die oor die on- woorde- ressante teg-
onderwerp? skryfstuk? derwerp uit- skat, trant, nieke kan ek
vind of styl kan ek toepas – uit-
navors? gebruik? drukkings,
aanhalings?
Unisa is ʼn af- Om meer inlig- Presies wat Meer forme- Gee ʼn aanha-
standonderrig- ting oor af- die prysverskil le styl. ling van ʼn be-
instelling. standonderrig tussen af- kende per-
Studeer van aan die leser stand- en tra- soon wat
die huis af. bekend te disionele on- suksesvol
maak. derrig is. deur afstand-
Tegnologie is onderrig stu-
Watter kur-
betrokke. deer het.
susse ʼn mens
deur afstand-
onderrig kan
voltooi.
Watter be-
kende mense
deur afstand-
onderrig stu-
deer het.

.........
117 AFK1503/1
LEEREENHEID 4: TAALGEBRUIK

Tabel 4.1 bied ʼn voorstelling van die tabelbeplanningsmetode. Dié


beplanningsmetode werk dieselfde as die breinkaartmetode en help
mens om jou gedagtes te orden sodat jy uiteindelik ʼn goeie skryfstuk
lewer.
ʼn Klein bietjie beplanning gee jou die nodige selfvertroue (self-
confidence) om met die skryf van enige skryfstuk te begin. Oefen nou jou
breinkaartvaardighede deur Aktiwiteit 4.6 aan te pak.

A K T I W I T E I T 4.6
i. Bestudeer die onderstaande onderwerpe en maak ʼn brein-
kaart vir elke onderwerp asof jy iets daaroor gaan skryf.
ii. Ná die breinkaart moet jy jou beplanning in tabelvorm pro-
beer. Gebruik dieselfde opskrifte vir jou tabel as dié in tabel
4.1.
a. Sitrusvrugte
b. My gunstelingvakansiebestemming
c. Sport bewerkstellig nasiebou
d. Liewer dood as uit die mode
e. Die prys van selfoondata in Suid-Afrika

Die skryffase
Volgens Du Toit en Smith (2015:22) was die skryfproduk (product of
writing), die teks self, vir ʼn lang tyd die fokus van skryfvaar-
digheidsopvoeding (the teaching of writing). Die fokus het egter oor die
afgelope paar jare na die skryfproses (writing process) verskuif. Die
skryfproses verwys na die proses waardeur die skrywer sy/haar teks
skep. Die skryffase vorm ʼn belangrike deel van hierdie proses.
Dit is belangrik om die beplanningsfase suksesvol af te handel voordat jy
met die skryffase begin. As jy goed beplan het, behoort die skryffase vir
jou baie makliker te wees. Beplanning kan die skryfproses aanvanklik
vertraag, maar later weer versnel omdat jy dan minder hoef te herskryf
en te herstruktureer – deur deeglike beplanning weet jy mos reeds van
die begin af waaroor jy gaan skryf, en min of meer hoe die struktuur van
jou skryfstuk gaan lyk.
Tydens hierdie fase word die gedagtes en idees wat jy tydens die
beplanningsfase gegenereer het, tot ʼn sinvolle eenheid (meaningful unit)
georden. Du Toit en Smith (2015:23) meen dat ʼn mens nie tydens die
skryf van die eerste weergawe (first version) moet probeer om jou teks af
te rond nie. Dit kan die skryfproses onnodig laat stilstaan, en dit kan
veroorsaak dat ʼn mens die hoofgedagtegang (main line of thought)
verloor. Du Toit en Smith (2015:23) stel voor dat ʼn mens die teks tydens
die herskryffase afrond (of afwerk). Tydens hierdie fase kan jy die hele
teks noukeurig deurgaan en verander en herskryf waar dit nodig is.
In Aktiwiteit 4.6 het jy aan jou beplanningsvaardighede geslyp. Trek weer
daardie breinkaarte nader en beantwoord dan die volgende aktiwiteit.

.........
118
Leereenheid 4: Taalgebruik

A K T I W I T E I T 4.7
Gebruik die breinkaarte (of beplanningstabelle) wat jy in Ak-
tiwiteit 4.6 gemaak het, en skryf dan drie paragrawe oor elk van
die volgende onderwerpe (dieselfde as in Aktiwiteit 4.6). Probeer
om ’n standpunt in te neem by onderwerpe waar dit nodig is, en
staaf jou mening met die nodige bewyse.
a. Sitrusvrugte
b. My gunstelingvakansiebestemming
c. Sport bewerkstellig nasiebou
d. Liewer dood as uit die mode
e. Die prys van selfoondata in Suid-Afrika

Die herskryffase
“Die ruggraat van die skryfproses”, dit is hoe Lawrence et al (2014:161)
na die herskryffase verwys. Die herskryffase bestaan uit hersiening
(revision), redigering (editing) en proeflees (proof reading).
Eers moes jy jou onderwerp deur beplanning ontwikkel (beplan-
ningsfase). Daarna kon jy jou gedagtes en idees orden om paragrawe te
vorm, en saam moes die paragrawe ʼn geheel vorm (skryffase). Nadat jy
die eerste weergawe tydens die skryffase voltooi het, kan daar
oorgegaan word na die herskryffase. Tydens hierdie fase word daar na
die eerste weergawe gekyk met die doel om regstellings (corrections) te
maak. Die drie prosesse in hierdie fase word soos volg deur Lawrence et
al (2014:161) uiteengesit en verklaar:

FIGUUR 4.4
Prosesse tydens die herskryffase

Wanneer jy jou teks klaar geproeflees het, kan jy die teks ʼn laaste keer
deurlees om seker te maak dat alle foute gekorrigeer (corrected) is, en
dat die teks vlot lees. As alles in orde is, sit jy nou met die eindproduk – ʼn

.........
119 AFK1503/1
LEEREENHEID 4: TAALGEBRUIK

weldeurdagte (well thought out), afgeronde, foutlose skryfstuk – in die


hand. Reg om in te dien of selfs om gepubliseer te word.
Voordat ons egter met die deur in die huis laat val, is dit belangrik dat jy
die basiese bousteen van enige skryfstuk moet bemeester – die
paragraaf. In die gedeelte wat volg, gaan jy meer oor die paragraaf
uitvind: hoe ʼn paragraaf saamgestel is, en hoe om een te skryf.

4.3.2 Die paragraaf (The paragraph)


Paragrafering is ʼn belangrike aspek van die bou van ʼn teks. By lang
tekste is die indeling in afdelings (sections) en hoofstukke (chapters) net
so belangrik. Hierdie manier van ordening is noodsaaklik omdat dit die
skrywer help om sy gedagtes en idees op ʼn logiese manier aan lesers
oor te dra. Om hierdie rede is dit krities belangrik dat jy ʼn goed-
gestruktureerde (well structured), samehangende (coherent) paragraaf
moet kan skryf.
Dit is ook belangrik om te weet dat die meeste skryfstukke uit ten minste
drie paragrawe bestaan: ʼn inleiding (introduction), inhoud (content) en ʼn
slot (conclusion). Gewoonlik sal jou skryfstukke uit meer as drie para-
grawe bestaan sodat jy meer inligting daarin kan weergee.
Die volgende skematiese voorstelling werp meer lig op die inleiding,
inhoud en slot:

FIGUUR 4.5
Meer oor die inleiding, inhoud en slot

Jy weet nou dat dit belangrik is om goeie paragrawe te skryf. Maar hoe
lyk ʼn goeie paragraaf? ʼn Goeie paragraaf bestaan uit ongeveer 100
woorde. Dit is slegs ʼn riglyn, want ʼn paragraaf kan uit een kort sin
bestaan of selfs ʼn bladsy lank wees.
Lang, onafgebroke stukke teks skrik lesers af. Enige lang teks sonder wit
spasies lyk vervelig en moeilik verteerbaar, en daarom sal geen leser ooit
.........
120
Leereenheid 4: Taalgebruik

aan so ʼn teks begin lees nie. Een van die redes waarom ons tekste in pa-
ragrawe verdeel, is om lesers aan te moedig om te begin lees, en om
enduit te lees. Nog ʼn rede is dat dit makliker is om ʼn geheel te verstaan
wanneer dit in kleiner dele opgedeel is.
Hier volg nog ʼn paar wenke vir die skryf van paragrawe:

Wenke
● Taalgebruik (language use) skep atmosfeer (atmosphere) wat help
om die boodskap oor te dra. Skenk dus aandag aan jou taalgebruik.
● Jou paragrawe moet in lengte wissel. Party kan kort en ander weer
heel-wat langer wees.
● Dit is belangrik om leestekens (punctuation marks) doeltreffend te ge-
bruik.
● Beeldspraak kan ook effektief gebruik word. Waak egter daarteen om
te veel van beeldspraak gebruik te maak.
● Die slotparagraaf is belangrik. ʼn Weldeurdagte verrassingselement
(element of surprise) in die slotparagraaf is gewoonlik ʼn goeie idee.
ʼn Goedgestruktureerde paragraaf maak die leesproses nóg makliker.
Gewoonlik bestaan enige stuk wat jy skryf, uit meer as een paragraaf.
Onthou dat dit belangrik is dat die paragrawe in ʼn skryfstuk by mekaar
aansluit en logies op mekaar volg. Vervolgens kyk ons na hierdie
belangrike aspek.

4.3.2.1 Die skakeling van paragrawe


Elke paragraaf wat jy skryf, moet anders wees as die een wat dit
voorafgaan en die een wat daarop volg. Elke paragraaf moet dus uniek
wees. Jy kan nie paragraaf na paragraaf volgens dieselfde patroon skryf
nie. Opeenvolgende paragrawe moet ook eerder nie dieselfde aantal
reëls beslaan, of selfs uit dieselfde aantal woorde saamgestel wees nie.
Lesers vind dit steurend en dit laat jou teks onnatuurlik voorkom. Amper
asof ʼn robot (of ʼn rekenaar) die teks saamgestel het. Dit klink dalk
moeilik en ingewikkeld om so iets te verhoed, maar eintlik gebeur dit heel
natuurlik. Kyk na die paragrawe hier onder wat ek oor veiligheid op
sosiale media geskryf het. Sien jy hoe die paragrawe wissel en verskil?

Die wêreld waarin ons leef lyk heeltemal anders as dié van vorige ge-
nerasies. Een van die grootste verskille is die feit dat sosiale media
deel van ons daaglikse lewe geword het. Die gebruik van sosiale media
(soos Facebook, Twitter en Instagram) het in die afgelope dekade dras-
ties toegeneem. Net so het die gevare wat met die gebruik van sosiale
media gepaardgaan, toegeneem.
Een van die grootste gevare by die gebruik van sosiale media is dat ʼn
mens te veel inligting oor jouself in die publiek beskikbaarstel. Dinge
soos jou woonadres, waar jy werk, hoe jy lyk (deur die foto’s wat jy
plaas), en wanneer jy met vakansie gaan, kan jou in gevaar stel sou
dié inligting in die verkeerde hande beland.

.........
121 AFK1503/1
LEEREENHEID 4: TAALGEBRUIK

‘Die verkeerde hande’ kan baie makliker as wat jy dink toegang tot jou
inligting kry. Jy voel dalk veilig omdat jy gespesifiseer het dat slegs die
mense op jou vriendelys jou boodskappe mag sien, maar jy het geen
beheer oor wat hulle met jou boodskappe doen nie. Dis veiliger om al-
les wat jy op sosiale media plaas, as openbare besit te beskou.
Om moontlike probleme te voorkom, moet jy seker maak dat jy vertroud
is met die privaatheidsinstellings van die sosialemediaplatforms waar-
van jy gebruik maak. Jy moet ook slegs boodskappe en foto’s aan men-
se stuur wat jy goed ken en vertrou. So sal jou privaatheid
gerespekteer word, en sal jy veilig bly.

Behalwe dat jou paragrawe, wat lengte (length) en vorm (form) betref,
van mekaar moet verskil, moet hulle vlot lees en inhoudelik by mekaar
aansluit. Die maklikste manier om dit te doen, is om die laaste sin van die
eerste paragraaf by die eerste sin van die volgende paragraaf te laat
aansluit. Dit moet op so ʼn manier gedoen word dat die lesers onbewus is
van ʼn gaping tussen die gedagtes in die twee paragrawe. Een van die
maklikste maniere om dit te doen, is om van diskoersmerkers gebruik te
maak. Diskoersmerkers is woorde soos: maar; hoewel; nieteenstaande;
net so; en ofskoon. Hierdie woorde is die ‘gom’ wat ʼn teks bymekaar hou.
Sonder hierdie woorde sal ʼn teks onlogies en onverstaanbaar wees. Die
sinne en paragrawe sal nie by mekaar aansluit nie. Kyk hoe sluit die
laaste sin van paragraaf 1 en die eerste sin van paragraaf 2 hier onder by
mekaar aan. Let op die woorde in vetdruk:

Die wêreld waarin ons leef lyk heeltemal anders as dié van vorige ge-
nerasies. Een van die grootste verskille is die feit dat sosiale media
deel van ons daaglikse lewe geword het. Die gebruik van sosiale media
(soos Facebook, Twitter en Instagram) het in die afgelope dekade dras-
ties toegeneem. Net so het die gevare wat met die gebruik van sosia-
le media gepaardgaan, toegeneem.
Een van die grootste gevare by die gebruik van sosiale media is dat
ʼn mens te veel inligting oor jouself in die publiek beskikbaarstel. Dinge
soos jou woonadres, waar jy werk, hoe jy lyk (deur die foto’s wat jy
plaas), en wanneer jy met vakansie gaan, kan jou in gevaar stel sou
dié inligting in die verkeerde hande beland.

Paragrawe sluit op dieselfde manier by mekaar aan as wat die sinne in ʼn


paragraaf by mekaar aansluit. Om by mekaar aan te sluit, moet die
inhoud van paragrawe relevant moet wees. As jy van die punt afdwaal en
oor iets anders skryf, gaan jou paragrawe nie by mekaar aansluit nie –
hulle gaan nie ʼn eenheid vorm nie. As jy eers oor iets anders wil skryf,
moet jy dit met ʼn nuwe opskrif aandui.
Noudat jy die skryf van paragrawe onder die knie het, moet jy meer oor
styl (style) leer voordat jy jou hand aan skryfwerk waag (before you try to
write). Maar eers moet jy Aktiwiteit 4.8 aanpak.

.........
122
Leereenheid 4: Taalgebruik

A K T I W I T E I T 4.8
i. Kyk na die volgende uittreksel uit die roerende toespraak
wat oudpresident Thabo Mbeki op 8 Mei 1996 oor die Grond-
wet-wetsontwerp in die Parlement gelewer het. Onderstreep
die woorde of sinsdele in elke paragraaf wat die paragrawe
met mekaar laat skakel en by mekaar laat aansluit.

Ek is ʼn Afrikaan
Ek is geskep uit die immigrante wat Europa verlaat het om in
ons land ʼn nuwe tuiste te vind. Ongeag wat hulle gedoen het,
is hulle steeds ʼn deel van my.
In my are vloei die bloed van die Maleierslawe wat van die
Ooste gekom het. Hul trotse waardigheid beïnvloed my
houding, hul kultuur is deel van my wese ...
Ek is die kleinkind van die krygermanne en -vroue met
Hintsa as hul hoof, die patriotte wat Cetshwayo en Mphephu
na die slagveld geneem het, die soldate wat by Moshoeshoe
en Ngungunyane geleer het om die saak van vryheid nooit
te onteer nie ...
Ek is die kleinkind wat vars blomme op die Boeregrafte op
St. Helena en die Bahamas lê, wat in sy gedagtes die lyding
van eenvoudige kleinboere ervaar: sterftes, konsentra-
siekampe, afgebrande opstalle, ʼn droom aan skerwe.
Ek is die kind van Nongqawuse. Ek is hy wat dit moontlik
gemaak het om diamante en goud in die wêreld se markte te
verhandel ...
Ek kom van dié wat van Indië en China vervoer is, wie se
wese bloot daaruit bestaan het dat hulle fisieke arbeid kon
verrig ...
Omdat ek deel van al dié mense is, en al weet ek dat
sommige dié bewering betwis, sê ek, ek is ʼn Afrikaan.
(Giliomee & Mbenga, 2007:410)

4.3.3 Styl en register


4.3.3.1 Styl
Du Toit en Smith (2015:30) meen styl (style) gaan oor konvensies
(gebruike, modes, kenmerke, opvattings) wat oor ʼn lang tyd gevestig
geraak het en wat onder ʼn groter groep mense ongeveer dieselfde
betekenis het. Verwys ʼn mens byvoorbeeld na die Impressionisme, sal
kenners weet na watter soort styl en watter periode in die skilderkuns
daar verwys word.
Op ander gebiede word daar ook van styl gepraat. In die letterkunde kan
verskillende skrywers op grond van hulle style uitgeken word. Daar word
byvoorbeeld baie van Karel Schoeman se liriese styl gepraat, terwyl

.........
123 AFK1503/1
LEEREENHEID 4: TAALGEBRUIK

Breyten Breytenbach altyd probeer om bekende woorde op ʼn nuwe


manier aan te wend. Wanneer dit by koerante, tydskrifte en
uitgewershuise kom, verwys styl weer na hul eie stylbeleid of konvensies
(conventions). Dit word ook “huisreëls” genoem. Hierdie reëls of kon-
vensies dien as riglyne vir die joernaliste en subs. So word
eenvormigheid bewerkstellig.
Uit die bogenoemde blyk dit dat styl ʼn keuse (choice) is. En dit is ook so.
Maar die keuse word deur taalkundige sisteme soos sintaksis (syntax),
fonologie (phonology) en semantiek (semantics) begrens (restrict). Dit
beteken dat jy nie self kan kies hoe om woorde te spel of hoe om sinne
aanmekaar te sit nie. Daar is reëls wat bepaal hoe hierdie dinge gedoen
moet word. Gaan kyk weer na Leereenheid 1, veral na die gedeelte oor
Konvensie (1.2.3 op p. 11); dit sluit nóú by die konsep styl aan. Styl
verwys dus na die keuses wat jy maak tussen die variasies (variations)
wat die taalsisteem toelaat.
Aangesien styl oor keuses gaan, is daar enkele faktore wat hierdie
keuses beïnvloed (influence) en rig. Hierdie faktore is: die skrywer
(writer); die leser (reader); en die teks (text). Die verhouding tussen
hierdie drie kan deur ʼn driehoek voorgestel word:

FIGUUR 4.6
Uitbeelding van die skrywer-leser-teksverhouding

Skrywer
Du Toit en Smith (2015:40) verduidelik dat skrywers hulle altyd in ʼn
spesifieke lewens- en taalsituasie bevind en dat hulle hul teks vanuit
daardie agtergrond skep. Dit beteken dat die omstandighede (situation)
waarbinne jy skryf, bepaal hoe die teks lyk. Skryf jy byvoorbeeld ʼn
akademiese artikel, sal jou teks na alle waarskynlikheid baie formeel
(formal) geskryf wees. ʼn Verjaarsdagkaartjie aan jou beste vriendin sal
weer heeltemal informeel wees, terwyl ʼn afwesigheidsbriefie aan jou kind
se onderwyser meer neutraal kan wees.

.........
124
Leereenheid 4: Taalgebruik

Lesers
Wanneer dit by die beplanning en skryf van enige teks kom, is die
belangrikste vraag volgens Du Toit en Smith (2015:41): “Wie is my
lesers?”. Met ander woorde, vir wie word die teks geskryf? Wie is die
teikengehoor? Dit is met hierdie mense wat die skrywer in gesprek tree.
Die lesers is die verbruikers. Hulle bepaal die skrywer se woordkeuses
en sinslengtes. Skryf jy byvoorbeeld ʼn kinderverhaal, sal jy kort sinne en
maklike woorde gebruik. Die teks sal ook redelik kort wees. Is jy ʼn
prokureur en skryf jy ʼn e-pos aan ʼn kollega, sal die e-pos waarskynlik
heelwat regsjargon en vaktaal bevat, frases wat die gewone mens nie
sonder toeligting (without explanation) sal begryp nie. ʼn Brief aan ʼn
dagblad sal weer meer algemene woorde bevat wat maklik verstaanbaar
is.

Teks
Die teks is die ontmoetingsplek (meeting place) van die skrywer en die
leser. Daar moet egter in gedagte gehou word dat die teks nie ʼn
outonome entiteit (autonomous entity) is nie. Ook die teks staan binne
allerlei agtergronde. Elke teks maak ook deel uit van ʼn tradisie – een
roman herinner aan ʼn magdom ander wat hom voorafgegaan het. Die
genre bepaal ook hoe ʼn mens ʼn teks moet skryf. Skryf jy byvoorbeeld ʼn
koerantartikel, moet jy slegs die feite weergee, en nie jou eie opinie nie.
Skryf jy ʼn resensie, is jou opinie weer baie belangrik.
Oor die verhouding tussen die skrywer, die leser en die teks, skryf Du Toit
en Smith (2015:46) soos volg:
Opsommend kan ons oor die driehoek skrywer, leser en teks sê: Die
graad van formaliteit wat die skrywer vir ʼn teks kies, word bepaal
deur die doel van die teks, die onderwerp, die tekssoort en die af-
stand tussen die skrywer en die leser.
Daar is dus verskeie faktore wat ʼn invloed op die styl van ʼn teks uitoefen.
Register is ʼn ander aspek wat by styl aansluit. Ons kyk vlugtig na register.

4.3.3.2 Register
Register is ʼn aspek van styl en dra tot die (on)aanvaarbaarheid ((un)ac-
ceptability) van ʼn teks by. Register kan gedefinieer word as die stilisties
uitgedrukte houding (stylistically expressed attitude) van ʼn skrywer.

.........
125 AFK1503/1
LEEREENHEID 4: TAALGEBRUIK

ʼn Skrywer kan gewoonlik in een van vier registers skryf:

FIGUUR 4.7
Vier moontlike registers

Formele registers moet vir formele situasies gebruik word, en in tekste


wat akademies van aard is of wat vir amptelike doeleindes gebruik word.
Jy gebruik ʼn informele register wanneer jy aan ʼn goeie vriend skryf, of dit
nou ʼn brief of ʼn WhatsApp-boodskap is. ʼn Neutrale register word gebruik
in situasies wat nie ʼn formele of informele register vereis nie. ʼn
Voorbeeld hiervan is kommunikasie met ʼn bestuurder by jou werk. ʼn
Formele register sal te plegstatig wees, terwyl ʼn informele register weer
te familiêr sal wees. Jy sal so ʼn persoon nie as “Geagte Meneer” in die
aanhef aanspreek nie, en ook nie as “Lekker Frik!” nie. “Kollega” of
“Beste Kollega” is die neutrale middeweg. ʼn Vulgêre register kan as grof
en plat beleef word. Só ʼn register word dikwels deur taboewoorde (soos
vloekwoorde (swear words) ) gekenmerk. Dié register word gewoonlik
gebruik wanneer iemand alkohol of dwelms gebruik het, of iemand
anders wil slegsê. ʼn Vulgêre register moet liefs vermy word.
Bestudeer die volgende voorbeelde ter illustrasie:
Neutrale register: ’n Persoon wie se eggenoot oorlede is, kan by die
WVF aansoek doen om ’n uitbetaling.
Formele register: ’n Besoldigde werknemer wat die tydelike met die
ewige verwissel het, se gade kan ’n uitkeringsaansoek aan die WVF
voorlê.
Informele register: ’n Oulady wie se outoppie die emmer geskop het,
kan by die goewerment ching vra om vir haar en haar aanhangsels chow
te koop.
.........
126
Leereenheid 4: Taalgebruik

Jy het nou heelwat oor die skryfproses geleer. Jy weet hoe ʼn paragraaf
moet lyk en hoe om een te skryf. Jy weet wat styl is en dat jy in
verskillende situasies van verskillende registers gebruik moet maak. Dit
is belangrik dat jy hierdie vaardighede (skills) in ʼn lang skryfstuk moet
kan toepas. Om hierdie rede behandel ons volgende die betogende
opstel. Kyk egter eers na Aktiwiteit 4.9.

A K T I W I T E I T 4.9
i. Kyk na die volgende televisieprogramme en maak aanteke-
ninge oor die styl en register wat in elk gebruik word:
a. die nuus
b. ʼn sepie
c. ʼn drama
d. ʼn sportwedstryd
e. ʼn kinderprogram
ii. Hoe dink jy verskil die styl en register van ʼn gewone dagblad
(daily paper) van dié van ʼn poniekoerant (tabloid)?
iii. Trek ʼn paar ou tydskrifte, koerante en selfs vaktydskrifte na-
der en sny voorbeelde uit van:
a) ʼn neutrale register
b) ʼn informele register
c) ʼn formele register

4.4 DIE BETOGENDE OPSTEL


In ʼn betogende opstel (essay) word daar van jou verwag om jou
persoonlike opvatting en mening (opinion) oor ʼn spesifieke saak of
vraagstuk uit te spreek. Hierdie tipe opstel verg meer as net
skryfvaardigheid, dit verg ook kennis (knowledge) en dinkwerk (some
thinking). In ʼn betogende opstel moet jy standpunt kan inneem, logies
kan redeneer, en die leser van jou standpunt kan oortuig (convince).
In hierdie soort opstel moet jy ook bewus wees van die standpunte van
ander mense wat van jou verskil. Jy moet hierdie standpunte kan
aanhaal. Jou redenasies moet jou standpunt staaf. Jy moet die leser
oortuig dat jou standpunt korrek is, en teen die einde van jou opstel moet
jy tot ʼn gevolgtrekking kom wat jou standpunt staaf.
Om ʼn betogende opstel te kan skryf, moet jy oor die onderwerp waaroor
jy gaan skryf, nalees. Jy moet met ander woorde daaroor navorsing
(research) doen. As jy byvoorbeeld ʼn opstel oor afstandonderrig moet
skryf en moet motiveer of dit meer of minder doeltreffend as
klaskameronderrig is, moet jy inligting oor die verskillende onderrigvorme
inwin. Wanneer jy genoeg inligting ingesamel het, kan jy begin skryf. Jy
begin deur ’n standpunt in te neem. Doen dit sommer in die heel eerste
sin. Daarna redeneer jy om jou standpunt te staaf. Jy moet oortuigende
argumente gebruik om die leser van jou standpunt te oortuig. Ten slotte
kom jy tot ʼn gevolgtrekking wat jou standpunt ondersteun.

.........
127 AFK1503/1
LEEREENHEID 4: TAALGEBRUIK

Kyk na die volgende kenmerke en wenke vir die skryf van ʼn betogende
opstel:

Kenmerke van ʼn betogende opstel


● Jy stel jou standpunt oor ʼn bepaalde saak.
● Jy kies kant en gee jou eie mening. Die opstel kan dus subjektief
wees.
● Jy konsentreer op argumente vir of teen ʼn saak. Jy gee nie ʼn gebalan-
seerde opsomming van beide kante van die saak nie.
● Jy voer ʼn betoog waarin jy die leser van jou standpunt moet oortuig.
Jy moet jou argumente duidelik stel en oortuigende bewyse gee. Jy
moet die betoog logies aanbied en tot ʼn oortuigende gevolgtrekking
kom.
● Dit is noodsaaklik om navorsing oor die onderwerp te doen.

Wenke vir die skryf van ʼn betogende opstel

FIGUUR 4.8
Voorgestelde struktuur van ʼn betogende opstel

● Beplanning voor jy begin skryf is uiters belangrik.


● ʼn Opstel bestaan uit ten minste drie paragrawe: ʼn inleiding, inhoud en
slot. Daar is geen beperking op die aantal paragrawe nie.
● In die eerste paragraaf stel jy die saak waaroor die opstel handel en
jou standpunt.
● In die volgende paragrawe brei jy uit oor die standpunt wat jy in die
eerste paragraaf gestel het. Hierdie deel van jou betoog kan ongeveer
drie paragrawe beslaan en moet verskillende aspekte van jou stand-
punt beredeneer en bewyse gee om dit te staaf – feite, statistiek, voor-
beelde en aanhalings van kenners.
● Die slotparagraaf bevat jou gevolgtrekking. Dit moet aansluit by jou in-
leidende paragraaf sodat jou betoog ʼn afgeronde geheel vorm. ʼn Tref-
fende slot is net so belangrik as ʼn treffende inleiding.

Pas nou hierdie wenke toe deur Aktiwiteit 4.10 te beantwoord.

.........
128
Leereenheid 4: Taalgebruik

A K T I W I T E I T 4.10
i. Wat is jou standpunt oor die volgende sake? Motiveer jou
standpunt.
a. Afstandonderrig is die beste opsie. So kan studente vol-
gens hulle eie pas studeer.
b. Onderrig aan hoëronderwysinstellings in Suid-Afrika
moet vir almal gratis wees.
c. Korrupsie is glad nie ʼn probleem in Suid-Afrika nie.
ii. Skryf ʼn betogende opstel. Onthou om jou beplanning vooraf
te doen – gebruik ʼn breinkaart of die tabelmetode. Maak se-
ker dat jy jou standpunt stel en oortuigend beredeneer.
a. Tradisionele eksamens moet afgeskaf (abolished) word.
b. In Suid-Afrika is werkloosheid nie ʼn probleem nie.
c. ʼn Mediese fonds behoort ʼn reg te wees.

Ons het nou reeds na lees- en skryfvaardighede gekyk. Al wat oorbly, is


leestekengebruik. In die volgende gedeelte kyk ons dus na leestekens.

4.5 LEESTEKENS (PUNCTUATION MARKS)


Leestekens, ook bekend as punktuasie of interpunksietekens, maak dit
makliker om ʼn teks te lees en te begryp. Dit is nie net belangrik om van
leestekens gebruik te maak nie, dit is veral belangrik om leestekens
korrek te gebruik op plekke waar dit gevestig geraak het. Die volgende
bekende voorbeeld illustreer wat kan gebeur as ʼn mens ʼn leesteken op
die verkeerde plek gebruik.
Na die afsterwe van haar geliefde man, het die vrou besluit om ʼn
grafsteen vir sy graf te laat maak. Sy het die boodskap wat op die
grafsteen moes verskyn, telefonies aan die grafsteenmaker oorgedra.
Deur die verkeerde plasing van ʼn enkele komma maak die
grafsteenmaker toe ʼn groot fout:
Hier lê my man Jan. In die hemel is hy nie, in die hel, dit weet ek wel.
Die grafskrif moes eintlik só gelui het:
Hier lê my man Jan. In die hemel is hy, nie in die hel, dit weet ek wel.

A K T I W I T E I T 4.11
i. Kan jy aan ʼn voorbeeld dink waar die verkeerde plasing van
ʼn leesteken die betekenis van ʼn sin verander? Dink ʼn bietjie
daaroor na en skryf dan die voorbeeld neer.
ii. Gaan soek op die internet na voorbeelde van gevalle waar
die verkeerde plasing van ʼn leesteken die betekenis van ʼn sin
verander het. Jy kan na sulke voorbeelde in ander tale ook
soek.

.........
129 AFK1503/1
LEEREENHEID 4: TAALGEBRUIK

iii. Let op na leestekengebruik wanneer jy in openbare ruimtes


beweeg. Fynkam (inspect) byvoorbeeld ʼn spyskaart in ʼn res-
taurant; advertensieborde langs die snelweg of by die halte
waar jy daagliks op ʼn taxi wag. In koerante en tydskrifte, of
selfs in onderskrifte van internasionale films. Maak ʼn lysie van
die voorbeelde wat jy teëkom.

Jy besef nou dat dit belangrik is om leestekens te gebruik, en belangriker


om hulle op die regte plekke te geruik. Jy moet egter daarteen waak om
te veel leestekens te gebruik, want te veel leestekens kan net so
steurend wees soos verkeerde leestekengebruik of die weglaat van
noodsaaklike leestekens.
In hierdie afdeling gaan ons na die volgende leestekens kyk:

komma; punt; kommapunt; dubbelpunt;


uitroepteken; vraagteken; aanhalingstekens

Maar eers is dit nodig om vas te stel wat die verskil tussen lees- en
skryftekens is.

4.5.1 Leestekens teenoor skryftekens


Leestekens (waaronder punte, kommas, aanhalingstekens, dubbelpunte;
kommapunte) verhoog die leesbaarheid (readability) van ʼn teks indien
hierdie tekens oordeelkundig aangewend word. Skryftekens, aan die
ander kant, soos diakritiese tekens (waaronder die deelteken, kappie,
akuut- en gravisteken, die koppelteken en die afkappingsteken) behoort
tot die korrekte spelling (ortografie) van woorde. Leestekens gaan dus
oor leesbaarheid, en skryftekens oor spelling.
Hier volg ʼn vinnige oorsig van leestekengebruik om jou te help om dit wat
jy reeds van leestekengebruik weet, te onthou:

TABEL 4.2: Leestekengebruik – ʼn oorsig

Leesteken Gebruik Voorbeeld


punt ● aan die einde van ʼn ● Dit is amper weer
sin eksamentyd.
● by afkortings ● Hy studeer BEd aan
Unisa.
komma ● tussen twee ● Toe ek in Amsterdam
werkwoorde was, is ek beroof.
● voor “want” en ● Ek was van plan om te
“maar” leer, maar toe het ek
gaan fliek.
● voor en na ● Athol Willemse, die on-
bystellings; derskeidingskandidaat,
het ʼn doktersbrief
ingedien.

.........
130
Leereenheid 4: Taalgebruik

Leesteken Gebruik Voorbeeld


● voor of na die naam ● Kom Sandra, let nou op.
van die
aangesprokene
kommapunt ● voor derhalwe, daar- ● Hy het sy graad met lof
om, dus, nogtans, geslaag; daarom het hy
nietemin, gevolglik, maklik keuring vir sy MA
inteendeel ... gekry.
dubbelpunt ● voor ʼn reeks items ● Hy het baie op sy ver-
jaarsdag geëet: koek,
tert, sjokolade, lekkers
en roomys.
uitroepteken ● by ʼn uitroep ● Help!/Wat doen jy daar!
● om emosie uit te ● Dit is gaaf van jou!
druk
vraagteken ● aan die einde van ʼn ● Wat studeer jy?
vraagsin
aanhalingste- ● om die direkte rede ● “Mmm, dit ruik heerlik.
kens aan te dui Wat eet ons vanaand?”
vra sy toe sy by die kom-
buis instap.
● voor en na aanha- ● Henriëtte Loubser dink
lings uit ander Derick van der Walt se
bronne jeugboeke is “treffers”.
● by ʼn aanhaling binne ● “As jy nou weer ‘ama-
ʼn aanhaling zing’ sê, gaan ek iets
oorkom.”
ellips ● wanneer ʼn aanhaling ● “Ons as onderwysers
onvoltooid is moet ook heeldag ...”
● om ʼn pouse aan te ● Die jagter bekruip sy
dui prooi geluidloos ... Skie-
lik is die leeu voor hom.
● om tydsduur aan te ● Hy hou aan en aan ...
dui
aandagstreep ● om die aandag op ● Ek was moeg – dood-
iets te vestig moeg – na die
eksamensessie.
● voor en na ʼn ● Hy kom – soos ons gis-
omskrywing ter bespreek het – môre
om 11:00.
Noudat jou geheue deur die tabel hierbo verfris is, kan jy in meer detail
na van die mees gebruiklike leestekens kyk. Wanneer ʼn mens meer oor
die gebruik van leestekens (en selfs oor skryftekens) te wete wil kom, is
dit die beste om ʼn gesaghebbende bron soos die Afrikaanse woordelys
en spelreëls (2017) te raadpleeg. Hierdie bron bied nie net reëls nie,
maar verskaf ook voorbeelde om te verseker dat jy weet hoe om die
betrokke reël toe te pas. Dit is goed dat jy in jou eerste jaar al kennis
maak met hierdie bron. Dit kan jou nog goed te pas kom. In hierdie

.........
131 AFK1503/1
LEEREENHEID 4: TAALGEBRUIK

leereenheid kyk ons slegs na leestekengebruik, en maak ons van die


jongste Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) as riglyn gebruik. Ons
begin met die bekendste leesteken, die een wat jy die meeste gebruik:
die punt.

4.5.2 Die punt (Full stop)


Die punt (.) word hoofsaaklik gebruik om stelsinne mee af te sluit. Aan
die einde van ʼn stelsin word die punt teenaan die laaste woord geskryf,
gevolg deur ʼn spasie. Die Afrikaanse woordelys en spelreëls (voortaan
AWS) gee die volgende riglyne by die gebruik van die punt:

Reël 13.47 Die punt sluit ʼn stelsin af (AWS, 2017:132).


Byvoorbeeld:
Dit is klaar weer Augustus.
Hy het die kampioenskap gewen, nie omdat hy noodwendig die bes-
te atleet is nie, maar omdat hy die hardste geoefen het.

Reël 13.48 Die punt sluit indirekte vrae af (AWS, 2017:132).


Byvoorbeeld:
Die seuntjie het gevra of sy maatjie kan kom kuier.
Die student het gevra waaroor die eksamen handel.
Ek wonder of ons nie tog maar oor Desember moet weggaan nie.

Reël 13.49 Die punt wat deel is van ʼn afkorting aan die einde van ʼn sin,
vervang die punt aan sinseinde (AWS, 2017:133).
Byvoorbeeld:
Elias speel graag rugby, krieket, tennis, ens.
Sy studeer BEd.

4.5.3 Die komma (Comma)


Die komma (,) word hoofsaaklik gebruik om die leesbaarheid van ʼn teks
te verhoog deur die grense tussen bepaalde sinsdele aan te dui, of deur
die leser bewus te maak van ʼn kort pouse wat sinne in betekenisvolle
dele verdeel. Die komma word teenaan die voorafgaande woord geskryf
met ʼn spasie daarna.
Volgens die AWS (2017:118) is die komma die moeilikste leesteken om
te bereël (to set concrete rules):
[a]angesien kommagebruik nog nooit omvattend in Afrikaans bereël
is nie, is daar verskillende tradisies by verskillende uitgewers en me-
diahuise. Subjektiewe oordeel lei ook dikwels tot variasie [...] die een
persoon hoor ʼn pouse hier, die ander ene ʼn pouse daar, wat vir die
een leser een ding beteken, beteken vir die ander leser iets anders.
Dit is dus nie so eenvoudig om te bepaal presies waar ʼn mens ʼn komma
moet gebruik nie. Daar is egter enkele reëls wat jou kan help wanneer jy
twyfel. Waar dit byvoorbeeld oor sinsdele gaan, word die komma gebruik

.........
132
Leereenheid 4: Taalgebruik

om sinsdele wat nie in die res van die sin geïntegreer is nie, van die res
van die sin te skei. Sulke sinsdele sluit onder andere die volgende in:
● aanspreekvorme
● tussenwerpsels
● uitbreidende woorde, frases, of bysinne
● direkte rede
● bywoorde, of bywoordelike frases van uitbreiding

Reël 13.30 Die komma skei ʼn aanspreekvorm van die res van die sin
(AWS, 2017:120).
Byvoorbeeld:
Professor, wanneer moet ek die opdrag indien?
Dit was jy, jou skelm, nou gee jy my die skuld.
Kom saam, Thandi.

Reël 13.31 ʼn Komma of kommas skei tussenwerpsels van die res van
die sin (AWS, 2017:120).
Byvoorbeeld:
Ek is nie honger nie, dankie.
Jammer, ek kan jou nie help nie.
Ag, blikskottel, daar ry ek in die paaltjie vas.

Reël 13.33 ʼn Komma of kommas skei ʼn uitbreidende woord, frase of


bysin wat nie in die sin geïntegreer is nie, van die res van die sin. Indien
so ʼn woord, frase of bysin uit die sin weggelaat word, moet die
oorblywende sin grammatikaal korrek wees (AWS, 2017:121).
Byvoorbeeld:
Die kompetisie vind plaas in Middelburg, Oos-Kaap.
Die professor, wat goed geweet het dat haar lewensverhaal nie van
toepassing is nie, het veroorsaak dat die vergadering ʼn uur langer
aangehou het.
Ek gaan gou biblioteek toe, net ingeval iemand my soek.
Chiefs bly die beste span, hoe jy ook al daarna kyk.

Reël 13.34 ʼn Komma of kommas skei die teks in die direkte rede van
daaropvolgende teks in die indirekte rede (AWS, 2017:123).
Byvoorbeeld:
“Die opdrag moet oor ʼn week ingedien word,” sê die dosent.
“Ek is moeg,” sê hy, “na die lang vlug Amerika toe.”

Reël 13.37 ʼn Komma skei inligting wat ingelei word met ʼn bywoord of
bywoordelike frase van skakeling (of die afkorting daarvan) van die res
van die sin (AWS, 2017:125).
Byvoorbeeld:
Daar is soms stil tye, bv. Juliemaand.

.........
133 AFK1503/1
LEEREENHEID 4: TAALGEBRUIK

Drie studente uit ons afdeling kry vanaand graad, naamlik Louisa
Tsabango, Kagiso Sibiya en Tracey Groenewald.

Reël 13.38 ʼn Komma word voor ʼn bywoord of bywoordelike frase van


uitbreiding (of die afkorting daarvan) geplaas wanneer dit ʼn reeks items
afsluit (AWS, 2017:123).
Byvoorbeeld:
Die skool bied verskeie sportsoorte soos hokkie, netbal, atletiek,
rugby, jukskei, ensovoorts aan.
Die weer is baie onvoorspelbaar. Pak maar iets van alles in: lang-
broeke, baadjies, truie, kortbroeke, kortmouhemde, e.d.m.
Kommas word ook gebruik om te help met nadruk (beklemtoning). In
hierdie verband gee die AWS (2017) slegs een reël:

Reël 13.43 Die komma kan vir nadruk gebruik word om woorde of frases
van die res van die sin te skei (AWS, 2017:129).
Byvoorbeeld:
Dit is myns insiens nie belangrik nie. teenoor Dit is, myns insiens,
nie belangrik nie.
Die laaste reël oor die komma waarna ons gaan kyk, handel oor die
gebruik van die komma by die aanhef en groet in geskrewe
kommunikasie. Hierdie reël lui soos volg:

Reël 13.44 Die komma word nie ná die aanhef en groet in ʼn brief of e-
pos gebruik nie. Indien die aanhef of die groet egter op dieselfde reël as
die res van die boodskap geplaas word, word dit met ʼn komma van die
res van die res van die teks geskei (AWS, 2017:130).
Geagte mnr Van Schalkwyk
Beste Sarel
Die uwe
Met vriendelike groete
Hallo Thandeka, laat weet my asseblief waar jy daardie lêer gesit
het. Ek kry hom nêrens nie.

4.5.4 Die dubbelpunt (Colon)


Die dubbelpunt (:) word gebruik om die leser se aandag daarop te vestig
dat die inligting wat ná die teken volg, verduidelikend, verklarend of
uitbreidend is, of dat daar ʼn bepaalde betekenisverhouding bestaan
tussen die voorafgaande teks, en die teks wat op die dubbelpunt volg
(AWS, 2017:110).
Die AWS (2017) gee die volgende reëls by die gebruik van die
dubbelpunt:

Reël 13.14 Die dubbelpunt word voor ʼn reeks items geplaas (AWS,
2017:110).

.........
134
Leereenheid 4: Taalgebruik

Byvoorbeeld:
Jy kan die volgende modules neem: AFK1503; AFK1501; AFK1502;
TEX1501 en THL1502.
Ons moet ʼn hele paar goed by die winkel koop: brood, melk, pie-
sangs, tamaties, komkommer, hoenderborsies, pasta en olyfolie.

Reël 13.15 Die dubbelpunt word geplaas na ʼn frase of sin wat ʼn


uitbreidende woord, frase of sin inlei (AWS, 2017:110).
Byvoorbeeld:
Dis al wat my studieleier die hele tyd sê: brei uit.
Dit was duidelik: daar sou ek nie regkom nie.

Reël 13.16 Die dubbelpunt volg op woorde soos let wel, onthou, kortom,
neem kennis, en wees gewaarsku indien dit gevolg word deur ʼn volsin, of
indien die intonasie, pousering of nadruk dit toelaat (AWS, 2017:111).
Byvoorbeeld:
Onthou: Die eksamen is om die draai.
Let wel: Alle kompetisie-inskrywings moet ons teen 15 April bereik.
Die dubbelpunt word ook by die direkte rede en aanhalings gebruik:

Reël 13.17 Die dubbelpunt volg na ʼn woord, frase of sin wat ʼn woord,
frase of sin in die direkte rede of ʼn aanhaling inlei wat in die sin
geïntegreer is (AWS, 2017:111).
Byvoorbeeld:
Keith: “Ek sien Johan was hier. Wat wou hy nou weer hê?”
Nicky: “Ag, hy praat sommer oor more se wedstryd.”
Sy skree kliphard: “Pasop vir die kar!”

4.5.5 Die kommapunt (Semicolon)


Die kommapunt (;) word in reekse en lyste gebruik. Dit kan die leser ook
bedag maak op ʼn pouse wat langer is as die pouse wat deur ʼn komma
aangedui word. ʼn Kommapunt kan ook aandui dat ʼn voegwoord uit ʼn sin
weggelaat is. ʼn Sin kan nooit deur ʼn kommapunt afgesluit word nie (AWS,
2017:130).
Die AWS (2017) bied slegs die volgende twee reëls by die gebruik van
die kommapunt:

Reël 13.45 Die kommapunt kan neweskikkend tussen twee onafhanklike


hoofsinne gebruik word, dikwels in die plek van ʼn neweskikkende
voegwoord (AWS, 2017:130).
Byvoorbeeld:
Hy was laat; hy het nie parkeerplek gekry nie.
Stuur vir Bettina na die departementshoof toe; haar afwesigheid
moet end kry.

.........
135 AFK1503/1
LEEREENHEID 4: TAALGEBRUIK

Reël 13.46 Die kommapunt word gebruik in reekse waar die gebruik van
die komma tot verwarring kan lei. Die kommapunt word in so ʼn geval ook
voor die onderskeidende voegwoord (byvoorbeeld en en of) geplaas
(AWS, 2017:131).
Byvoorbeeld:
Op die gastelys is mev Nita Abrahams, resensent; dr Alan Verhoef,
outeur; prof Mandla Mbokane, rektor; Shamina Singh, uitgewer; en
mev Melissa Meiring, studieleier.

4.5.6 Uitroepteken (Exclamation mark)


Die uitroepteken (!) word hoofsaaklik na uitroepe en bevele geplaas. Dit
word ook geplaas aan die einde van sinne wat emosie (affek) soos
woede of verbasing uitdruk, en sinne wat hard uitgespreek word.

Belangrik!
ʼn Mens maak van slegs een uitroepteken
gebruik!
Dit is onnodig om van twee of meer uitroepte-
kens gebruik te maak!!!!

Die klem word nie vermeerder deur die gebruik van meer uitroeptekens
nie.

Reël 13.59 Die uitroepteken word gebruik na enige woord, frase of sin in
die direkte rede wat hard en skielik uitgespreek moet word (AWS,
2017:137).
Byvoorbeeld:
“Ek het dit gemaak!” skree Harry toe hy sy eksamenuitslae ontvang.
“Uit!” roep Susan toe sy vir Jasper die labrador in die kombuis
betrap.

Reël 13.60 Die uitroepteken wat na ʼn woord frase of sin geplaas word,
dui affek soos verbasing, ongeloof, blydskap of sarkasme aan (AWS,
2017:137).
Byvoorbeeld:
Eina!
Jy praat alweer nonsens!
Net nie dit nie!
More gaan ons see toe!

Reël 13.61 Bevele en waarskuwings word in die reël met ʼn uitroepteken


afgesluit (AWS, 2017:138).
Byvoorbeeld:
Moenie!
Hou op!
Kom nóú hier!
.........
136
Leereenheid 4: Taalgebruik

4.5.7 Vraagteken (Question mark)


Die vraagteken (?) word meestal gebruik om ʼn vraag of versoek af te sluit.
Dit word soos volg in die AWS (2017) omskryf:

Reël 13.63 ʼn Vraagteken sluit ʼn direkte vraag, retoriese vraag,


einddeelvraag (wat eindig op nè, hè, of frases soos nie waar nie) of ’n
intonasievraag af (AWS, 2017:138).
Byvoorbeeld:
Waar kom jy vandaan?
Wat studeer jy?
Wat is die doel daarvan nou eintlik?
Waar sal my hulp vandaan kom?
Jy was al oorsee, nè?
Miskien werk die drukkers more, wie weet?
Jy behoort nou te weet hoe en waar om van leestekens gebruik te maak.
Jy kan selfs die gepaste reëls in die jongste Afrikaanse woordelys en
spelreëls (2017) naslaan. Om uit te vind hoeveel van hierdie inligting jy
werklik ingeneem en baasgeraak het, moet jy die volgende aktiwiteit
aanpak.

A K T I W I T E I T 4.12
i. Hoe verskil lees- en skryftekens van mekaar? Illustreer jou
antwoord met voorbeelde.
ii. Bestudeer die onderstaande sinne/paragrawe en verskaf die
ontbrekende leestekens:
a. Een van die baie interessante vakgebiede is die Sosio-
linguistiek Hierdie vakgebied kyk na hoekom ons die
dinge sê wat ons sê. Die Engelse sê bv Make hay while
the sun shines”, en Afrikaanssprekendes sê “Moenie war-
rie nie More skyn die son weer Hieruit kan ons aflei dat
die son baie meer in Suid-Afrika skyn as in Engeland.
b. Die Suid-Afrikaanse Oorlog van 1899– 1902 is een geval
waar die tradisionele vertolking – dat dit ʼn “witmansoor-
log” was ingrypend hersien is Dit word steeds as ʼn ver-
skriklike oorlog beskou. Daar was die dood van swart
hulpsoldate die baie duisende Afrikanervroue en -kinders
wat in die troostelose konsentrasiekampe gely of gesterf
het, die Boereplase wat deur die Britse soldate afgebrand
is (Giliomee & Mbenga, 2007:X).
c. Met die dat daar nou vir net mooi alles ʼn dag is het ek
geïnspireer deur die WAT se immer ondernemende re-
dakteur, dr Willem Botha – Taaldag op 14 Augustus ge-
vier deur ʼn Afrikaanse boek te koop ʼn Afrikaanse fliek te
gaan kyk en met almal vriendelik in Afrikaans om te gaan
(Van Wyk, 2017:8).

.........
137 AFK1503/1
LEEREENHEID 4: TAALGEBRUIK

d. Jy het die volgende bestanddele vir die heerlikste aarbei-


nagereg nodig 1 blikkie ingedampte melk 1 blikkie kon-
densmelk 5 ml suurlemoensap 2 pakkies aarbeijellie 1 t
gelatien en 500 g vars aarbeie
iii. Die volgende stellings het betrekking op die reëls oor punk-
tuasie uit die AWS (2017) wat jy vroeër bestudeer het. Bestu-
deer hierdie stellings en besluit of hulle waar of onwaar is.
a. Bevele en waarskuwings word nooit met ʼn uitroepteken
afgesluit nie.
b. Emosie (affek) soos verbasing en ongeloof kan met be-
hulp van ʼn uitroepteken aangedui word.
c. Retoriese vrae word nie met ʼn vraagteken afgesluit nie.
d. Werkwoorde mag nooit deur ʼn komma geskei word nie.
e. ʼn Kommapunt kan op ʼn langerige pouse dui.

4.6 OM OP TE SOM
In hierdie leereenheid het jy eerstens uitgevind hoe gereeld jy lees.
Omdat ʼn mens so gereeld en aanhoudend lees, is dit belangrik om goed
te lees. Hierdie leereenheid het jou met die nodige leesstrategieë
toegerus sodat jy enige teks sonder skroom (without hesitation) kan
aanpak.
Maar lees is nie al wat ʼn mens so gereeld doen nie; ʼn mens skryf meer
gereeld as wat jy dink. Hierdie leereenheid het jou die nodige
vaardighede gebied om oor ʼn onderwerp te kan nadink, ʼn opinie te kan
vorm, navorsing oor ʼn onderwerp te kan doen, ʼn teks te kan beplan, en
die teks dan te kan skryf – met keurige (well-written) paragrawe. Daar is
ook op die belang van styl en register gefokus.
Om goed te kan skryf, moet jy die gebruik van leestekens ook onder die
knie hê. Daarom het hierdie leereenheid ook op die gebruik van
leestekens gefokus. Die jongste uitgawe van die Afrikaanse woordelys
en spelreëls (2017) is gebruik om van die belangrikste reëls by die
gebruik van leestekens uit te lig.
Ná hierdie leereenheid behoort jy met heelwat meer gemak en
selfvertroue te kan lees en skryf. Ons hoop dat jy hierdie leereenheid
geniet het!

.........
138
AKTIWITEITANTWOORDE:
Leereenheid 4

Aktiwiteit 4.1
Hier sal elke student se antwoord verskil volgens wat hy/sy as die
belangrikste beskou. Een manier waarop die redes gerangskik kan word,
is:
● die nodige inligting uit enige materiaal put – ook uit hierdie studie-
gids – as jy met insig kan lees
● jou wêreld vergroot deur meer te lees
● met groter vrymoedigheid op ander se opinies reageer
● jou geheue verbeter

Studente kan nog redes gee van waarom hulle dink dit nodig is om
hulle leesvaardighede te verbeter. Dat kan enigiets insluit, byvoorbeeld:
● Dit sal my help om vinniger en deegliker vir ʼn eksamen voor te
berei.
● Dit sal my werklading by my werkplek verlig.
● Dit sal my tyd gee om ʼn nuwe stokperdjie te beoefen.

Aktiwiteit 4.2
Volgens my het die personeel van binnelandse sake verkeerd opgetree
deur Amanda Bester se gidshond die deur te wys. Dit is baie belangrik
dat gids-/dienshonde in openbare plekke soos winkelsentrums,
restaurante en op openbare vervoer toegelaat word, aangesien dit vir
sommige mense die enigste manier is hoe hulle oor die weg kan kom,
hoe hulle inkopies kan doen, en hoe hulle van punt A tot by punt B kan
kom. Die feit dat hierdie vrou en haar gidshond die deur gewys is, is
genoegsame bewys dat staatsamptenare nie die nodige opleiding
ontvang het om mense met gestremdhede te kan hanteer nie. Dit is
gelukkig iets wat maklik reggestel kan word.

Aktiwiteit 4.3
i. b.
ii. e.
iii. a.
iv. d.
v. c.

Aktiwiteit 4.4
i. Teks 2 is ʼn advertensie en Teks 1 is ʼn koerantberig.
ii. a. Aardklop
b. Soeklees
.........
139 AFK1503/1
LEEREENHEID 4: TAALGEBRUIK

c. Omdat soeklees gebruik word wanneer ʼn mens na iets spesi-


fieks op soek is. In hierdie geval die naam van die kunstefees.
d. Soeklees en aanlyn lees. Soeklees omdat jy na die prys soek,
en aanlyn lees omdat die kaartjieverkope aanlyn deur Com-
puticket plaasvind.
e. Die woord “saal” is dubbelsinnig. Dit verwys na die saal van ʼn
perd waarop ʼn regte cowboy sal sit, en ook na die saal waar-
binne ʼn uitvoering tydens die kunstefees plaasvind.
f. Ja. Jy moet kan begryp dat saal dubbelsinnig gebruik word
en dat dit die rede is waarom daar van ʼn “kunstecowboy” ge-
praat word.
iii. a. ʼn Klasaksie om Moslemhuwelike te wettig is in die Hoogge-
regshof in Kaapstad begin. Die saak probeer die onreg van
die verlede regstel. Bawa wil hê dat die president erken dat
hy sy plig versuim en nie na dié geloof se huwelikswette om-
gesien het nie, en dat hy die wet moet verander. Soos sake
nou staan, het Moslemvroue nie dieselfde regte as ander
Suid-Afrikaanse vroue nie.
b. Begriplees. Hier word die teks aandagtig deurgelees om seker
te maak dat die essensie (essence) van die teks begryp word.
Die leser moet die inhoud in sy eie woorde kan weergee, en
ook oor die onderwerp kan standpunt inneem.
c. Hier kan die student sy/haar eie opinie gee.
iv. Die student gebruik sy eie woorde om die volgende proses te ver-
duidelik of uit te lê:
FIGUUR 4.9
Die leesproses volgens Grellet (1981:7)

.........
140
Leereenheid 4: Taalgebruik

Aktiwiteit 4.5
Hier sal elke antwoord ander wees. Die voorbeelde hier onder skets
maar een moontlikheid.
i. Ek stem saam dat dit baie beter is om aan ʼn afstandonderrig-instel-
ling te studeer as aan ʼn tradisionele residensiële instelling. Afstand-
onderrig laat ʼn mens toe om te studeer wanneer dit jou pas. Jy het
nie nodig om klas te loop nie. Jou tyd is jou eie. Jy kan dus werk ter-
wyl jy studeer.
ii. Volgens my is honde nie beter troeteldiere as katte nie. Honde verg
baie meer aandag as katte. Katte kan hulself besig hou. Of dit nou ʼn
blaartjie in die tuin of ʼn balletjie in die huis is, ʼn kat kan op sy eie
aangaan. ʼn Hond verkies dat jy elke oomblik van die dag saam met
hom moet deurbring: jy moet vir hom die bal gooi; jy moet hom bad
en uitkam; jy moet sy maag kielie; en jy moet sy bolle optel. Katte is
baie minder moeite; daarom dink ek dat hulle beter troeteldiere as
honde is.
iii. Na my mening veroorsaak speltoetsers nie dat ʼn mens minder goed
hoef te skryf nie. ʼn Speltoetser verseker dat daar geen spelfoute in
jou skryfstuk is nie, maar dit kan niks aan jou styl verander nie. As jy
dus ʼn swak stuk geskryf het, gaan die speltoetser jou nie veel help
nie. Dit is steeds nodig om hard te werk.

Aktiwiteit 4.6
i. Hier plaas ons slegs twee voorbeelde van breinkaarte. Dit is om jou
meer kreatiwiteit te gun in die skepping van jou eie breinkaarte.
a. Sitrusvrugte

b. My gunstelingvakansiebestemming

.........
141 AFK1503/1
LEEREENHEID 4: TAALGEBRUIK

i. Hier plaas ons slegs twee voorbeelde van beplanning in tabelvorm.


Dit is om jou meer kreatiwiteit te gun in die skepping van jou eie
beplanningstabelle.
d. Liewer dood as uit die mode
Onderwerp: Liewer dood as uit die mode
Wat weet Wat is die Wat wil ek Watter Watter inte-
ek van die doel met oor die on- woorde- ressante teg-
onder- die derwerp skat, trant nieke kan ek
werp? skryfstuk? uitvind of en styl toepas – uit-
navors? kan ek drukkings,
gebruik? aanhalings?
Dit is beter Om ʼn opi- Of ander Informeel ʼn Foto van ʼn
om, wat jou nie oor die saamstem en ont- modeslaaf se
kleredrag en onderwerp dat dit be- spanne. kleredrag kan
besittings te gee. langrik is gepas wees.
betref, in die om in die
mode te mode te
wees. wees.
Om in die
mode te
wees ver-
hoog jou
aansien en
status.

e. Die prys van selfoondata in Suid-Afrika


Onderwerp: Die prys van selfoondata in Suid-Afrika
Wat weet Wat is die Wat wil ek Watter Watter inte-
ek van die doel met oor die on- woorde- ressante teg-
onder- die derwerp skat, trant nieke kan ek
werp? skryfstuk? uitvind of en styl toepas – uit-
navors? kan ek drukkings,
gebruik? aanhalings?
Selfoondata Om mense Word data- Formeel, Kan ʼn tabel of
in SA is te in te lig dat pryse in SA informatief. statistiek oor
duur. selfoondata vasgestel? die prys van
Duurder as ontsettend (Price data by ver-
in ander duur is in fixing?) skeie netwer-
lande. SA. ke plaas.

Aktiwiteit 4.7
Hier gaan elke student se paragrawe volgens sy skryfstyl en sy opinie of
idees verskil. Hier volg twee voorbeelde:
a. Sitrusvrugte
Sitrusvrugte sluit vrugte soos lemoene, nartjies en pomelo’s in. Dit
is van die lekkerste vrugte wat ʼn mens kry, en ongelukkig kom
hierdie vrugte net in die winter voor.
Eintlik is dit ʼn goeie ding dat hierdie vrugte in die winter voorkom,
want dit is juis dan dat mens verkoue opdoen. Sitrusvrugte beskerm
jou teen verkoue en griep, aangesien hulle propvol vitamien C is.

.........
142
Leereenheid 4: Taalgebruik

Vitamien C is baie goed vir ʼn mens, en daarom is dit goed om


sitrusvrugte te eet.
b. Die prys van selfoondata in Suid-Afrika
Die prys van selfoondata in Suid-Afrika is gans te hoog. Wanneer ʼn
mens na ander lande reis, besef jy dat dit werklik so is, aangesien
data in ander lande beslis meer bekostigbaar is as in Suid-Afrika.
Die feit dat die prys van data min of meer oor al die Suid-Afrikaanse
selfoonnetwerke heen dieselfde is, kan daarop dui dat die prys van
data vasgestel word. Verbruikers is ontevrede, en daarom word
hierdie saak tans ondersoek.
Dit is hoog tyd dat daar iets aan hierdie saak gedoen word.

Aktiwiteit 4.8
Die woorde of sinsdele in elke paragraaf wat die paragrawe met mekaar
laat skakel en by mekaar laat aansluit, is onderstreep.
Ek is ʼn Afrikaan
Ek is geskep uit die immigrante wat Europa verlaat het om in ons
land ʼn nuwe tuiste te vind. Ongeag wat hulle gedoen het, is hulle
steeds ʼn deel van my.
In my are vloei die bloed van die Maleierslawe wat van die Ooste
gekom het. Hul trotse waardigheid beïnvloed my houding, hul kultuur
is deel van my wese ...
Ek is die kleinkind van die krygermanne en -vroue met Hintsa as
hul hoof, die patriotte wat Cetshwayo en Mphephu na die slagveld
geneem het, die soldate wat by Mosheshoe en Ngungunyane geleer
het om die saak van vryheid nooit te onteer nie ...
Ek is die kleinkind wat vars blomme op die Boeregrafte op St. He-
lena en die Bahamas lê, wat in sy gedagtes die lyding van eenvoudi-
ge kleinboere ervaar: sterftes, konsentrasiekampe, afgebrande
opstalle, ʼn droom aan skerwe.
Ek is die kind van Nongqawuse. Ek is hy wat dit moontlik gemaak
het om diamante en goud in die wêreld se markte te verhandel ...
Ek kom van dié wat van Indië en China vervoer is, wie se wese
bloot daaruit bestaan het dat hulle fisieke arbeid kon verrig ...
Omdat ek deel van al dié mense is, en al weet ek dat sommige dié
bewering betwis, sê ek, ek is ʼn Afrikaan.
(Giliomee & Mbenga, 2007:410).
Dit is die benoeming van al hierdie verskillende mense wat die teks as ʼn
eenheid bind.

Aktiwiteit 4.9
i. Studente kan die styl en register van elk van die volgende pro-
gramme dalk verskillend ervaar, maar dit sal hoofsaaklik so daaruit
sien:
a. Die nuus: Op die televisie is dit formeel; oor die radio kan dit
meer neutraal wees, en soms selfs informeel.

.........
143 AFK1503/1
LEEREENHEID 4: TAALGEBRUIK

b. ʼn Sepie: Informeel.
c. ʼn Drama: Elke drama is anders en kan verskeie registers, van
informeel tot vulgêr, insluit.
d. ʼn Sportwedstryd: Sportkommentaar op televisie sal informeel
wees; onderhoude ná die wedstryd kan formeel wees; kommen-
taar deur toeskouers tydens die wedstryd kan selfs vulgêr
wees.
e. ʼn Kinderprogram: Informeel.
ii. Die taalgebruik in ʼn gewone dagblad is neutraal en berigte word ge-
woonlik in die standaardvariëteit geskryf. ʼn Poniekoerant (tabloid)
sal in ʼn informele register geskryf word. Die register sal baiekeer
ook die taal van die streek waarin die koerant verskyn, weerspieël
(streektaal).
iii. Bestudeer die gedeelte oor styl en register in die studiegids, en soek
dan voorbeelde in tydskrifte, koerante en akademiese joernale van
ʼn neutrale, informele en formele register. Almal sal verskillende
voorbeelde vind.

Aktiwiteit 4.10
i. Hier word jy gevra om jou standpunt oor enkele sake te stel en te
motiveer. Hier gee ons slegs een voorbeeld. Jou antwoord en stand-
punt kan natuurlik heeltemal anders lyk.
a. Afstandonderrig is die beste opsie. So kan studente volgens
hulle eie pas studeer.
Ek stem glad nie saam dat afstandonderrig die beste opsie is
nie. Volgens my is dit juis nie die beste opsie nie. Nie almal kan
op hulle eie studeer nie. Nie almal kan hulself motiveer nie. Vir
hierdie studente is afstandonderrig ʼn gevaarlike opsie, want dit
is juis wat afstandonderrig van studente verwag – om op jou eie
te studeer. As jy dus weet dat jou pas ʼn slakkepas is, is
afstandonderrig nie vir jou ʼn goeie opsie nie.
ii. Hier word daar van jou verwag om betogende opstelle te skryf. Ons
gee slegs een voorbeeld. Vergelyk dit met jou eie opstel.
a. Tradisionele eksamens moet afgeskaf word.
Verskeie maniere om kennis te toets
Ek voel dat tradisionele eksamens afgeskaf moet word.
Tradisionele eksamens verwys na geskrewe eksamens – ʼn
verouderde manier om leerders se kennis te toets.
In alle ander aspekte van die lewe word verandering met ope
arms aanvaar en aangemoedig. Dink maar aan die gebruik van
die internet teenoor outydse biblioteke, selfone teenoor
morsekode, en vliegtuie in plaas van passasierskepe om
oseane oor te steek. Die geskiedenis het al bewys dat
verouderde metodes altyd deur beter metodes vervang sal
word. So moet dit ook vir tradisionele eksamens wees.
Volgens my is dit nie meer nodig om alles uit jou kop te leer nie.
Daarvoor is die aanlyn soekenjin, Google, ontwikkel. As jy iets
nie weet nie, dan google jy dit eenvoudig. In die verlede was dit
nie ʼn opsie nie. Daarom moes jy baie meer feite ken, feite wat jy

.........
144
Leereenheid 4: Taalgebruik

moes geleer het. Die tegnologie veroorsaak dus dat tradisionele


eksamens nie meer nodig is nie.
Uit bogenoemde is dit duidelik dat tradisionele eksamens
verouderd is en daarom afgeskaf moet word.

Aktiwiteit 4.11
i. “Kom ons eet Oupa.” vs. “Kom ons eet, Oupa.”
In die eerste sin wil dit lyk of die oupa geëet gaan word omdat daar
geen komma voor “Oupa” is nie. Wanneer die komma egter
ingevoeg word, soos in die tweede sin, sien ʼn mens dat die oupa
geroep word om saam te kom eet.
ii. Hier volg ʼn voorbeeld in Engels waar die plasing van leestekens die
betekenis van die teks totaal verander:
Original Punctuation in different
places
Dear John, Dear John,
I want a man who knows what I want a man who knows what
love is all about. You are gene- love is. All about you are gene-
rous, kind, thoughtful. People rous, kind thoughtful people,
who are not like you admit to who are not like you. Admit to
being useless and inferior. being useless and inferior.
You have ruined me for other You have ruined me. For other
men. I yearn for you. I have no men, I yearn. For you, I have no
feelings whatsoever when we’re feelings whatsoever.
apart.
When we’re apart, I can be fore-
I can be forever happy. Will you ver happy. Will you let me be?
let me be yours?
Yours,
Gloria Gloria
iii. Studente verskaf hulle eie voorbeelde.

Aktiwiteit 4.12
i. Leestekens lei ʼn mens in die lees van ʼn teks, terwyl skyftekens met
spelling en uitspraak verband hou. Vergelyk onderstaande
voorbeeld:
Leestekens Skryftekens
“Kom ons eet Renée.” vs “Kom “Renee” vs “Renée”
ons eet, Renée.”

ii. Bestudeer die onderstaande sinne/paragrawe en verskaf die ont-


brekende leestekens:
a. Een van die baie interessant vakgebiede is die Sosiolinguistiek.
(punt) Hierdie vakgebied kyk na hoekom ons die dinge sê wat
ons sê. Die Engelse sê bv. (punt) (aanhalingsteken) “Make
hay while the sun shines”, en Afrikaanssprekendes sê: (dub-
belpunt) “Moenie ‘warrie’ (aanhalingstekens) nie, (komma)
more skyn die son weer.” (punt; aanhalingsteken) Hieruit kan

.........
145 AFK1503/1
LEEREENHEID 4: TAALGEBRUIK

ons aflei dat die son baie meer in Suid-Afrika skyn as in


Engeland.
b. Die Suid-Afrikaanse Oorlog van 1899-1902 is een geval waar
die tradisionele vertolking – dat dit ʼn “witmansoorlog” was –
(aandagstreep) ingrypend hersien is. (punt) Dit word steeds as
ʼn verskriklike oorlog beskou. Daar was die dood van swart hulp-
soldate, (komma) die baie duisende Afrikanervroue en -kinders
wat in die troostelose konsentrasiekampe gely of gesterf het,
die Boereplase wat deur die Britse soldate afgebrand is ... (el-
lips) (Giliomee & Mbenga, 2007:X).
c. Met die dat daar nou vir net mooi alles ʼn dag is, (komma) het
ek – (aandagstreep) geïnspireer deur die WAT se immer onder-
nemende redakteur, dr. (punt) Willem Botha – Taaldag op 14
Augustus gevier deur ʼn Afrikaanse boek te koop, (komma) ʼn
Afrikaanse fliek te gaan kyk en met almal vriendelik in Afrikaans
om te gaan (Van Wyk, 2017:8).
d. Jy het die volgende bestanddele vir die heerlikste aarbeinage-
reg nodig: (dubbelpunt) 1 blikkie ingedampte melk; (komma-
punt) 1 blikkie kondensmelk; (kommapunt) 5 ml suurlemoen-
sap; (kommapunt) 2 pakkies aarbeijellie; (kommapunt) 1 t ge-
latien en 500 g vars aarbeie. (punt)
iii. Waar of Onwaar:
a. Bevele en waarskuwings word nooit met ʼn uitroepteken afge-
sluit nie. Onwaar.
b. Emosie (affek) soos verbasing en ongeloof kan met behulp van
ʼn uitroepteken aangedui word. Waar.
c. Retoriese vrae word nie met ʼn vraagteken afgesluit nie. On-
waar.
d. Werkwoorde mag nooit deur ʼn komma geskei word nie. On-
waar.
e. ʼn Kommapunt kan op ʼn langerige pouse dui. Waar.

.........
146
GLOSSARIUM:
Leereenheid 4
Kommunikasie (Communication): Communication refers to an exchange
of information through writing, reading or speaking. Reading and writing
skills are discussed in this learning unit.
Leesstrategieë (Reading strategies): Reading strategies refer to different
ways of reading in order to reach a specific goal. Eight reading strate-
gies are discussed in this learning unit.
Leestekens (Punctuation mark): The appropriate use of punctuation
marks makes it easier to read and understand a text. The following
punctuation marks are discussed in this learning unit: full stop, comma,
colon, semicolon, exclamation mark, question mark, quotation marks.
Leesvaardigheid (Reading skills): Reading skills refers to the ability to re-
ad different types of texts and to understand and comprehend what you
are reading.
Register (Register): Register is an aspect of style (see style below). It
can be defined as the stylistically expressed attitude of an author.
Skryfvaardighede (Writing skills): Writing skills refer to your ability to
write. Writing is a learnt ability. This makes it something you can im-
prove on by practicing it. In this learning unit, the focus is on the diffe-
rent phases of the writing process (planning phase, writing phase and
rewriting phase). You are also taught how to write a paragraph and an
essay.
Styl (Style): Style is about conventions accepted by a group of people
over a period of time. It is about what is acceptable, and what not. Style
also refers to the language choices made by an author.

.........
147 AFK1503/1
BRONNELYS
Aardklop. 2017. Beeld, 29 Augustus:12.
Afrikaanse woordelys en spelreëls. 2017. Kaapstad. Tafelberg.
Breytenbach, J. 2017. Klasaksie vir Moslems – ‘Wettig ook dié huwelike’.
Beeld, 29 Augustus:5.
Du Toit, P & Smith, W. 2015. Stylboek: riglyne vir paslik skryf. Pretoria:
Protea Boekhuis.
Giliomee, H & Mbenga, B. 2007. Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika.
Kaapstad: Tafelberg.
Grellet, F. 1981. Developing reading skills. A practical guide to reading
comprehension exercises. Cambridge: Cambridge University Press.
Hayes, BI. 1991. Effective strategies for teaching reading. Boston, Mass:
Allyn & Bacon.
Kruger, J. 2017. Gidshond staatskantoor belet. Beeld, 29 Augustus:5.
Lawrence, D, Le Cordeur, M, Van der Merwe, L, Van der Vyfer, C & Van
Oort, R. 2014. Afrikaansmetodiek deur ʼn nuwe bril. Kaapstad: Oxford
University Press.
Van Wyk, J. 2017. Mymerend oor Afrikaans se oorlewingskans. Beeld,
18 Augustus:8.

.........
148
SLOTWOORD
Jy het die einde van die studiegids bereik. Ons hoop dat die inhoud van
hierdie gids jou inspireer om met ander oë na taal, en spesifiek Afrikaans,
te kyk. Taal is wie en wat ons is. Dit is waarin ons dink en droom. Afri-
kaans is ’n mooi taal – ’n taal in Afrika gebore. Dit is ’n taal met woorde
soos “dikgevreet” en “opgeëet” – dit proe lekker in die mond! Ons wens is
dat die kennis wat jy verwerf het, grense sal afbreek en sal toelaat dat jy
Afrikaans beskou as ’n heerlike, vriendelike, pragtige taal.

.........
149 AFK1503/1

You might also like