Langvrae Graad12 2022

You might also like

Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 2

Ayran Arendorff

LANGVRAAG 1.1 – BEDRYWIGHEDE


INLEIDING:
Die MHF bestaan uit ongeveer 6 aktiwiteite naamlik Werwing, Keuring, Induksie, Plasing,
Salarisbepaling en Byvoordele. Die MHF is in beheer van die werwing van nuwe werknemers asook
die oriëntering van daardie werknemers.

INHOUD:
VERSKILLE TUSSEN POSBESKRYWING EN POSSPESIFIKASIE
POSBESKRYWING:
Die posbeskrywing is ‘n geskrewe beskrywing van ‘n pos en die vereistes wat dit behels. Dit beskryf
ook die verantwoordelikhede en die sleutel prestasie area vir ‘n spesifieke pos.

POSSPESIFIKASIE:
Die posspesifikasie is ‘n geskrewe beskrywing van spesifieke kwalifikasies wat benodig word vir ‘n
pos. Dit beskryf ook die minimum aanvaarbare persoonlike kwaliteite en sleutel vereistes vir die
persoon wat die pos vul. Voorbeeld waar ‘n individu posspesifikasies sal sien is op die advertensie
van die pos. ‘n Onderneming sal bv. Sê hulle vereis dat die persoon ‘n geldige bestuurslisensie of ‘n
intreevlakrekenaar het.

WERWING:
Werwing is die proses wat ondernemings gebruik om vakatures in die onderneming te identifiseer
en geskikte kandidate daarvoor te vind. Die doel is om kandidate te vind wat oor die nodige
kwalifikasies beskik om die vakature te vul.

DIE IMPAK VAN EKSTERNE WERWING OP BESIGHEDE:


Eksterne werwing het beide ‘n positiewe en negatiewe impak op besighede.

POSITIEF:
Nuwe kandidate bring nuwe vaardighede en idees na die besigheid. Dit kan konflik voorkom tussen
huidige werknemers wat ook wil aansoek doen vir die pos. Dit gee ook die besigheid ‘n goeie kans
om die beter geskikte kandidaat te vind met die verlangde vaardighede wat nie opleiding benodig
nie wat koste kan verminder.

NEGATIEF:
Eksterne bronne van werwing kan baie duur wees. Baie ongeskikte aansoeke kan die keuringsproses
vertraag. Nuwe kandidate neem gewoonlik langer om by ‘n werksomgewing aan te pas.

Voorbeeld van eksterne werwing is wanneer daar ‘n pos oop gaan in ‘n onderneming dan adverteer
die onderneming daardie pos deur middel van gedrukte(Koerante)- of sosiale media(LinkedIn).
Ayran Arendorff

DIE ROL VAN DIE ONDERHOUDVOERDER EN KANDIDAAT


GEDURENDE DIE ONDERHOUD:
ONDERHOUDVOERDER:
Die onderhoudvoerder moet aan elke kandidaat dieselfde hoeveelheid tyd gee. Hy/Sy moet die lede
van die onderhoudspaneel aan elke kandidaat voorstel. Die onderhoudvoerder moet die kandidaat
om sy/haar gemak stel. Hy/Sy moet die doel van die onderhoud verduidelik aan die paneel en die
kandidaat.

KANDIDAAT:
Groet die onderhoudvoerder met ‘n ferm handdruk en ‘n vriendelike glimlag. Die kandidaat moet
aandagtig na die vrae luister voordat hy/sy dit beantwoord. Maak oogkontak en sorg vir ‘n goeie
postuur. Kandidaat moet selfversekerd wees met ‘n positiewe gesindheid. Indien kandidaat onseker
is oor vrae moet hy/sy vrae vra om duidelikheid te verkry.

GEVOLGTREKKING:
Die MHF is in beheer van die keuringsproses wat beteken hulle bepaal wie genooi mag word vir
onderhoude. Die MHF plaas ook die werknemers in areas waar hulle optimaal kan funksioneer deur
middel van die Plasingsprosedure.

You might also like