Bedrywighede Langvraag

You might also like

Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 1

Langvraag- Bedrywighede

Menslike Hulpbronne

Inleiding:
Die Menslike Hulpbronne funksie is die afdeling ‘n onderneming wat gefokus is op aktiwiteite wat
verband hou met die werknemer.

Keuring:
Is die proses wat plaasvind na die werwing proses. Die keuring in kort is die seleksie proses.
Gedurende die keuring proses word die dokumentasie(CV’s) wat ontvang gesorteer volgens die
kriteria van werk. Daarna word die CV’s geëvalueer. Die CV’s gaan deur ‘n siftingsproses waar
kandidate wat aan die minimum vereistes voldoen uitgehaal en ‘n volledige agtergrondkontrole
word gedoen. Ná al die agtergrondkontrole gedoen is word ‘n kortlys van name opgestel.

Induksie:
Induksie is die proses waar nuwe werknemers bekendgestel word aan die besigheid. ‘n Ander naam
wat vir die induksie proses gegee kan word is oriëntering. Die doel van induksie is om nuwe
werknemers in te lig oor die prosedures van die besigheid. Die nuwe werknemers word ook aan die
personeel en aan die fisiese werksruimtes voorgestel. Voorbeeld van induksie is wanneer ‘n
onderwyser aangestel word by ‘n skool, word sy/hy bekendgestel aan die personeel, ‘n oorsig van
die Data Stelsel bv soos SA-SAMS word gedoen, die onderwyser word ook bloodgestel aan die
omgewing van die skool ens.

Doel van onderhoud


Die doel van onderhoude is om werkgewers te help om goeie ingeligte besluite te neem oor die
aanstelling van moontlike werknemer. Die kandidaat se geskiktheid vir die werk word bepaal deur
die onderhoud. Die onderhoudvoerder/werkgewer kan ook evaluasie doen oor die kandidaat se
vaardighede en persoonlike eienskappe. Die hoofdoel van ‘n onderhoud is om kandidate se sterk en
swakpunte te openbaar.

Wet op Basiese Diensvoorwaardes


Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes beskerm werknemers teen onregverdige arbeidspraktyke. Die
wet bepaal die minimum voorwaardes vir indiensneming en watter implikasies dit vir die Menslike
Hulpbronne funksie het. Die wet fokus onderandere op aantal ure wat ‘n persoon moet werk.
Werkers wat 9/8 uur per dag moet slegs 5/6 dae in ‘n week werk. Dit dui ook aan dat oortyd nie
meer as 10 uur moet wees nie, en dat werkers vir ‘n 1 uur moet breek ná 5 ure se werk. Die wet
onderteken ook dat kinders onder die ouderdom van 16 mag nie in diens geneem word nie.

Gevolgtrekking
Die MHF is verantwoordelik vir die werwing, keuring, aanstelling en oriëntering van werknemers in
‘n organisasie. Die MHF is ook verantwoordelik vir vergoeding van werknemers, die opleiding en
ontwikkeling van werknemers asook die voorsiening van belonings en voordele van werknemers.

You might also like