AFRF 421 - N.Retief - 27196305 - 'N Holistiese Oorsig Van Outisme in Die Praktyk - 2019

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 11

Beskrywing.

Ons as groep het navorsing gaan doen oor 'n


leerhindernis met emosionele gevolge en
daarna 'n holistiese oorsig oor 'n leerhindernis in
die opvoedkundige praktyk geskryf in die vorm
van 'n opstel van sewe tot tien bladsye. Ons
opstel bestaan uit volledige definisies van al die
konsepte wat bespreek word asook die
identifikasie van leerders met die leerhindernis.
Uitdagings wat hierdie leerhindernis veroorsaak
word in diepte bespreek. Ons sluit ons opstel af
met hoe ons as grondslagfase-onderwysers
leerders hanteer en ondersteun in die
klaskamer deur aspekte soos intelligensie,
genetika, omgewing, ouers en onderwysers in
ag te neem ten opsigte van die leerhindernis.
Outeurs.

afrf 421
K.R. Eva: 26999846.

N.Z. Harris: 24379409.

L.M. Potgieter: 27101096.

N. Retief: 27196305.

A. Swanepoel: 27143120.
Opdrag 2: 'n Holistiese oorsig oor 'n
E.J. van der Westhuizen: 26267500.
leerhindernis in die opvoedkundige praktyk.
BE.d Grondslagfase (Gr R-3).

Dr Jeanette Brits.

Inhandigingsdatum: 17 September 2019 om


23:00.
Inhoudsopgawe.

'n Holistiese oorsig oor Outisme. ............................................................................................................ 2


Volledige definisies van alle konsepte wat bespreek gaan word. ...................................................... 2
Identifisering van leerders met outisme. ............................................................................................ 3
Uitdagings wat veroorsaak word as gevolg van outisme.................................................................... 4
Hoe sal ons as grondslagfase-onderwysers leerders met outisme hanteer en ondersteun deur die
volgende in ag te neem? ..................................................................................................................... 5
1. Intelligensie. ............................................................................................................................ 6
2. Genetika. ................................................................................................................................. 6
3. Omgewing. .............................................................................................................................. 7
4. Ouers. ...................................................................................................................................... 7
5. Onderwysers. .......................................................................................................................... 8
Bronnelys. ............................................................................................................................................... 9

1
'n Holistiese oorsig oor Outisme.
Volledige definisies van alle konsepte wat bespreek gaan word.
1. Outisme.
Outisme word deur die Nasionale Outisme Organisasie (2016) van die Verenigde
Koninkryk beskryf as ‘n lewenslange gestremdheid, wat die ontwikkeling van sosiale
vaardighede beїnvloed. Die gestremdheid verander die manier waarna persone met
outisme na die samelewing kyk, sowel as komminukeer. Persone met outisme sukkel dus
om te komminukeer en om aan te pas by die samelewing.

2. Identifikasie.
Die Cambridge woordeboek beskryf identifikasie as die daad om iets of iemand te herken
en ook te benoem.

3. Uitdaging.
‘n Uitdaging word beskryf as ‘n hindernis wat in jou pad staan om van punt A na punt B te
beweeg. Die Collins woordeboek verwys na ‘n uitdaging as iets wat jou taak bemoeilik.
Uitdagings wat gepaard gaan met outisme sluit ‘n tekort aan sosiale bewustheid,
verminderde motivering, ‘n gebrek aan komminukasie en sosiale wederkerigheid en
angstigheid wat ‘n neweeffek is van kognitiewe gedragsterapie wat nie funksioneel
toegepas is nie(Sze & Wood, 2007).

4. Intelligensie.
Burton (2018) brei intelligensie uit as die vaardigheid om te redeneer, eerder as om op
instink te reageer. Dus is dit die vermoё om kennis in te samel en te verstaan, asook die
kennis te verstaan en toe te pas.

5. Genetika.
Mandal (2019) verwys na genetika as die studie van oorerwing. Oorerwing is die biologiese
proses waar ouers van hul gene oordra aan hul kinders. Dus het kinders gene van beide
sy of haar biologiese ouers. Die gene dra by tot die kind se voorkoms, geaardheid of
afwykings en siektes.

2
6. Omgewing.
Die omgewing word beskryf as alle eksterne faktore wat ‘n person beїnvloed. Die
omgewing sluit dus fisiese, sosiale, kulturele en nog ander faktore in. Dus word daar
geredeneer dat die omgewing alle faktore insluit wat ‘n gasheer beїnvloed wat nie geneties
is nie (Smith, Corvalàn and Kjellström, 1999).

7. Ouers.
Ouers word gedefinieer as die persone wat as voog optree vir kinders, of biologiese ouers
waar twee persone se gene bymekaar kom en ‘n kind s’'n opmaak. Ouers is
verantwoordelik vir die opbrengs asook die beskerming van hul kinders.

8. Onderwyser.
‘n Onderwyser is ‘n persoon wat as beroep ‘n opvoeder is. Onderwysers leer kinders
sekere vaardighede aan om in die samelewing te kan funksioneer en floreer, sowel as om
leerders voor te berei vir die toekoms.

Identifisering van leerders met outisme.


Daar is verskeie moontlike eienskappe van outisme wat leerders as simptome kan toon en
word merkers in die outistiese spektrum genoem, eienskappe is as volg:
 Die leerder kan geen of min oogkontak met die onderwyser of met die mede klasmaats
toon.
 Die leerder kan in `n eentonige stemtoon praat sonder om verskillende frekwensies of
ritme te gebruik in hul stemtoon.
 Die leerder kan doof voorkom omdat die kinders soms nie reageer as jy met hulle praat
nie.
 Die ontwikkeling van die kind se spraak is baie swak en stadig.
 Outistiese kinders kan voorkom asof hulle in hul eie wêreld lewe en nie fokus wat
rondom hul gebeur en aangaan nie.
 Die leerder toon ook min tot geen gesigsuitdrukking.
 Leerders wat outisties is kan voorkom asof hulle verbeeldingloos is en toon herhaalde
gedragspatrone byvoorbeeld aanhoudende gestamp met voete of hande.
 Leerders wat met outisme gediagnoseer word hou ook nie vreemde roetines en rituele
nie en die gedrag van die kind/leerder kan dus vererger word in sulke omstandighede.
 Leerders wat outisties is, is baie sensitief kan vir sensoriese ervarings byvoorbeeld
snaakse reuke, kosse of snaakse teksture.

3
Johnson en Meyer (2007:1186) verduidelik daar is `n kriteria waaraan die leerder moet
voldoen om as outisties gediagnoseer te word: Die kriteria behels dat die leerder/kind geen
belangstelling toon om saam met ander leerders te speel nie. Verder sal die leerder nie lag
en die oomblik te geniet nie.
Die leerder het `n groot gebrek aan taalontwikkeling en is nie buigbaar vir vreemde roetines
en omstandighede nie en kan dus in sulke omstandighede as stout of ongemanierd voorkom.
Laastens sal die leerder nie spontaan voorkom teenoor ander leerders of mense nie. Die
bogenoemde kriteria is kortliks net voorbeelde van waaraan die leerders/ kind moet voldoen
om sodoende gediagnoseer te kan word met outsime.

Rogers et al. (2012: 21) verduidelik dat leerders wat outisties is ook fisiese en emosionele
gedrag toon wat van so aard “anders” of “vreemd” is vir meeste mense in ons samelewing.
Rogers et al. (2012: 21) verduidelik verder dat outisties leerders nie graag speelgoed deel en
met ander maatjies sosialiseer nie. Outistiese leerders kan ook gefasineer wees om net op `n
spesifieke manier met `n speeding te speel en nie daarvan hou wanneer ander leerders hom/
haar probeer reg help nie.

Rogers et al. (2012: 21) verduidelik dat wanneer leerders meeste van hierdie simptome toon,
dit van uiterse belang is om die leerder na `n gespesialiseerde terapeut toe te vat, soos 'n
Opvoedkundige Sielkundige of 'n Pediatriese Neurloog sodat daar verskillende toetse met die
kind gedoen kan word om vas te stel wat die diagnose is. Wanneer `n kind gediagnoseer word
met outisme is dit belangrik dat die ouers en onderwysers van die kind opgelei word om hierdie
kinders te stimuleer en sodoende by te staan in hul sosiale ontwikkeling.

Uitdagings wat veroorsaak word as gevolg van outisme.

Kinders wat met outisme of outisme spektrum versteuring (ASV) gediagnoseer word toon
verkillende gedrag en maniere wat vir hul ouers, onderwysers of versorgers uitdagend kan
wees.

'n Kind met outisme kan dade van aggressie en selfbesering toon, dit kan skadelik en
traumaties wees vir die kinders of maats onder hulle. Die outistiese kind sukkel ook om te
kommunikeer en sukkel dus om te redeneer vir die optrede wat hy of sy doen. Dit kan 'n
sosiale probleem veroorsaak. In terme van 'n sosiale probleem is dit die opmerking dat die
outistiese leerder dus nie goeie interaksies met ander kinders ervaar nie.

4
Die outistiese kind kan ook uitdagings toon in terme van herhalende gedrag en beperkte
belange. Dit kan obsessies veroorsaak wat verband hou met spesifieke konsepte of
'stimming', wat stereotipiese en herhalende gedrag kan voortbring wat soms selfs verband
hou met selfbesering.

Outistiese kinders is meer geneig om aan psigiatriese toestande te lei wat leer- en
gedragsuitdagings kan veroorsaak. Dit kan toestande wees wat verband hou met angs,
obsessies, depressie en ADHD.

Klaskameruitdagings en ander uitdagings wat met outisme verband hou, is wyd verspreid.
Veral as dit met kinders in 'n normkriteriumgerigte klas verband hou. Outistiese kinders kan
dalk die uitdagings van geraas in die gesig staar, soos raserige klaskamers wat algemeen
voorkom in die grondslagfase. Hulle kan ook van slaap ontneem word as gevolg van
slaapprobleme en die ontwikkeling van slaappatrone. Daar is ook daaglikse uitdagings wat
met outisme gepaard gaan en word sodoende as 'n deurdringende ontwikkelingsversteuring
beskou.

Hoe sal ons as grondslagfase-onderwysers leerders met outisme hanteer en

ondersteun deur die volgende in ag te neem?


Outisme in ons hedendaagse samelewing is nie 'n tragedie nie, maar onkunde met brekking
tot outisme is wel. Jan Joubert het tydens 'n onderhoud met Maroela Media gesê dat in die
eerste kwartaal van die finansiële jaar die werkloosheid syfer met 'n verdere 0,5% vermeerder
het en die werkloosheid syfer tans op 27,6% staan. Hierdie skokkende statistiek toon aan dat
die infrastruktuur en ekonomie van ons land Suid-Afrika onbekostigbaar duur is en dit ons as
grondslagfase-onderwyseresse se verantwoordelikheid is om outistiese leerders te hanteer
en ondersteun in die klaskamer.

Aanvanklik moet ons onthou dat dit van kardinale belang is om die leerder so normaal as
moontlik te hanteer in die klaskamer om die hindernes vir die leerder so lig as moontlik te
maak. Ons as onderwyseresse moet die nodige ondersteuning aan die leerder bied wat
hom/haar gaan help om 'n relatiewe normale lewe te kan lei met die hindernis. In hierdie
vraag sal daar gekyk word na die vraag hoe ons as grondslagfase-onderwyseresse leerders
met outisme in die klaskamer sal ondersteun en hanteer deur die volgende aspekte in ag te
neem: intelligensie, genetika, omgewing, ouers en onderwysers.

5
1. Intelligensie.
‘n Studie in 2011 het bevind dat die skakel tussen outisme en intelligensie nie so standvastig
is soos wat vroeë bevindings beweer nie. Leerders met outisme sukkel met sosiale en
kommunikasie vaardighede, asook sensoriese prosessering. Die struikelblokke kan 'n mens
verhoed om leerders se intelligensie vlak akkuraat te meet met standaard IK toetse (ABA.
s.a.). Die kognitiewe en intellektuele vermoë van outistiese leerders varieer op ‘n groot skaal,
dus kan ‘n individu wat outisme het se intellektuele vlak wissel van gestrem tot begaafdheid
(Luan & Ousley, 2017). Daar is sprake dat outisme dalk ‘n toename in sommige areas van
intelligensie vlakke behels en dan weer ‘n afname in ander areas van vermoë of intelligensie
toon. Dus sal die leerders nie ‘n lae IK hê nie maar eerder 'n groot gaping tussen hulle vermoë
vaardighede hê. Tussen vermoë en hindernisse sal daar ‘n ongebalanseerde variasie
voorkom (Crespi, 2016).

Statistieke bewys dat 44% van mense met outisme het ‘n gemiddeld tot bo gemiddeld IK, dus
‘n UK bo 85. En 25% van mense val op die grenslyn, dus het hulle ‘n UK van tussen 71-85.
Laaste is daar 31% wat val onder die vlak van intellektuele gestremdheid, dus ‘n UK onder 71
(AS, s.a.). Ander bronne is nou weer teenstrydig met die bogenoemde inligting. Dit stipuleer
dat outisme niks tot min te make het met IK (intelligensie) nie. Dit dring daarop aan dat
universele en standaard toetse nie akkuraat outistiese leerders se IK kan toets nie, omdat dit
meer en deels hulle swakpunte uitlig soos byvoorbeeld swak kommunikasie vaardighede en
motoriese vaardighede (Sicile-Kira, C. 2011).

2. Genetika.
Volgens Chaste en Leboyer (2012:281) is outisme ‘n komplekse sindroom, en word dit
beïnvloed deur beide die omgewing en genetika. Daar is sprake dat outisme baie beïnvloed
word deur onderliggende genetiese oorsake, dus die hoë oorerflikheid skattings moet in ag
geneem word (Chaste & Leboyer, 2012:281). ‘n Nuwe studie, wat onlangs navorsing gedoen
het, het gebruik gemaak van meer as twee miljoen mense, oor ‘n reeks van verskeie lande
en hulle bestudeer. Hulle het bevind dat soveel soos 80% van die risiko van outisme, is
afkomstig van genetika. Dus versterk dit die idee dat oorerflikheid ‘n groter rol speel as
omgewings faktore. Vir die eerste keer het navorsing besef-alhoewel hulle geweet het dat
genetika die risiko vir outisme beïnvloed- weet hulle nou dat dit ‘n groot aandeel daartoe het.

6
3. Omgewing.
Jan Joubert het tydens 'n onderhoud met Maroela Media gesê dat in die eerste kwartaal van
die finansiële jaar die werkloosheid syfer met 'n verdere 0,5% vermeerder het en die
werkloosheid syfer tans op 27,6% staan. Die rede waarom ek weer hierdie statistiek herhaal
is omdat behalwe vir die kostes in arm gebiede self die voorsiening van opvoedkunde vir die
outistiese kind uit 'n welaf huishouding in die klaskamer ook 'n belangrike kwessie is wat in ag
geneem moet word. Die manier hoe die kind floreer in die klas sê baie van die tipe onderrig
en die ander leerders wat dalk nie enige vorm van gestremdheid het nie. 'n Leerder met
outisme moet van die regte spasie, ruimte en omgewing voorsien word om te verseker dat
hy/sy in die klaskamer floreer. Daar is verskeie aspekte wat 'n kind met outisme kan affekteer
soos byvoorbeeld: 'n klaskamer langs 'n besige pad, te veel plakkate met baie skrywe en
kleure op die muur, asook die maats in die klas wat die outistiese kind moontlik anders kan
behandel. Die klaskamer omgewing is van uiterse belang omrede 'n klaskamer omgewing 'n
leerder met outisme kan angstig maak. Outistiese leerders sal dikwels verandering in gedrag
ervaar omrede roetines binne omgewings gereeld verander en daarom is roetine een van die
belangrikste elemente in die ontwikkeling van 'n leerder met outisme.

4. Ouers.
Mari Hudson het op Woensdag 18 April 2018 gedurende die program Gesondheid op RSG
met die hoof van die Departement van Kinderpsigiatrie aan die Universiteit van Kaapstap
Professor Petrus de Vries gepraat waar hy waardevolle wenke aan ouers gegee het met
outistiese kinders en aspekte wat hulle in ag moet neem:
 Roetine is een van die belangrikste elemente in die ontwikkeling van die outistiese kind
en daarom moet 'n vaste roetine rondom badtyd, etenstyd en die aantrek van klere
aandag geniet. Uit ervaring kan ek met 'n geruste hart sê dat 'n verwronge roetine 'n
kind se hele lewetjie omvergooi en sodoende skade berokken.
 'n Kind moet soms self leiding neem en daarom moet ouers nie sommer ongeduldig
raak en dadelik 'n oplossing vir 'n probleem bied nie. In hierdie opsig word die kind
vertroud daarmee om self 'n oplossing vir 'n probleem te vind.
 Ouers kan soms wag tot die kind self die versoek rig om 'n sekere aktiwiteit te doen dit
motiveer hulle om self te praat wat weer op sy beurt spraak ontwikkeling bevorder
 Dit is van kardinale belang dat ouers onthou dat die volwassene nie met die outistiese
kind in stilte moet speel nie omrede dit essensieel is dat taal en aksies integraal tot
mekaar moet staan omdat daar 'n belangrike koppeling is tussen beide. Daar moet vir

7
elke voorwerp 'n naam gegee word sodat die koppeling tussen die voorwerp en die
naam daarvan noodsaaklik is vir die ontwikkeling van taalgebruik.
Sommige mense, maatjies, personeel, vriende, kennisse en selfs familie is onsensitief en nie
ingelig oor leerders met outisme nie. Die samelewing voer 'n leke bestaan en onkunde is aan
die orde van die dag en daarom word daar dikwels nie tyd gemaak vir verandering nie.
Leerders wat bietjie meer aandag nodig sou hê trek aan die kortste end. Dit is belangrik dat
ons in berekening bring dat ons nie normale leerders met geen hindernisse as verkeerd
bestempel nie, omrede dit onetiese kwessies tot gevolg het, maar dat elke leerder verdien om
met nodige respek, aandag en grootste van alles liefde behandel te word en voorsien te word
van die korrekte professionele hulp en opvoeding. Dit is dus belangrik dat ouers hul kinders
se emosionele, geestelike en psigiese welstand in ag moet neem om seker te maak dat
outistiese leerders nie aan die korste end trek nie.

5. Onderwysers.
Onderwysers moet die outistiese leerder die spil maak waarom die klaskamer draai sonder
om hom of haar uit te sonder en die ander leerders te benadeel. Die perfekte belans moet
gevind word waar beide partye die nodige aandag en hulpverlening geniet. Daar is verskeie
punte wat 'n onderwyser in ag moet neem om sodoende die outistiese kind te kan ondersteun
en help:
 Verminder plakkate met baie kleure of geskrewe inhoud omdat dit sensoriese
oorlading kan veroorsaak.
 As daar 'n leerder met outisme merkers in 'n klaskamer is saam met ander leerders
sonder enige hindernisse sal dit effektief wees om vooraf met die ander leerders te
praat en te verduidelik dat hierdie maatjie ander behoeftes het sodat uitbarstings,
woedevertonings asook outistiese ineenstortings reg verstaan en hanteer kan word.
 Die klaskamer moet ten alle tye van 'n kind se lewe, veral in die grondslagfase 'n velige
hawe bied waar leerders veilig moet voel om na terug te keer as iets buite die
klaskamer hulle sou ontstel of ongemaklik maak.
 Die waarde van 'n roetine mag nie onderskat word nie, want 'n veilige leeromgewing
skep sekuriteit waar leerders veilig en geliefd voel.
 'n Laaste punt wat die onderwyser moet in ag neem is die feit dat die onderwyseres
rustig moet wees omrede jou rustigheid die leerders om jou rustig maak. 'n Mooi
gedagte wat hierdie rustigheid saamneem en die belangrikheid daarvan beklemtoon.
I.R Knost het op 'n tyd gesê: “When little people are overwhelmed by big emotions it’s
our job to share our calm, not join their chaos.”

8
Bronnelys.
ABA (Applied Behaviour Analysis). s.a. Is Autism associated with higher intelligence?
https://www.appliedbehavioranalysisedu.org/ Date of access: 15 Sep. 2019.

AS (Autism Speaks). s.a. Autism facts and figures. https://www.autismspeaks.org/autism-


facts-and-figures Date of access: 15 Sep. 2019.

Burton, M.B. 2018. What is intelligence and is it overrated? Psychology today.


https://www.psychologytoday.com/za/blog/hide-and-seek/201811/what-is-intelligence.
Datum van gebruik: 16 September 2019.

Cambridge Dictionary. 2019. https://dictionary.cambridge.org/dictionary/english/identification.


Datum van gebruik: 17 September 2019.

Chaste, P. & Leboyer, M. 2012. Autism risk factors: genes, environment, and gene-
environment interactions. Dialogues in clinical neuroscience, 14(3): 281-292.

Collins Dictionary. 2019. 13thEdition. https://www.collinsdictionary.com/dictionary/english.


Datum van gebruik: 16 September 2019.

Crespi, B. J. 2016. Autism as a disorder of high intelligence.


https://www.ncbi.nlm.nih.gov/pmc/issues/263741/ Date of access: 11 Sep. 2019.

Institute, K. K. (2019). interactive autism network . Retrieved from Linking the autism
community and researchers : https://iancommunity.org/challenging-behaviors

Johnson, C. P., & Myers, S. M. (2007). Identification and evaluation of children with autism
spectrum disorders. Pediatrics, 120(5), 1183-1215.

Luan, F & Ousley, O. 2017. IQ profiles and clinical symptoms of Chinese school-aged boys
with autism spectrum disorder. The European journal of psychiatry, 31(2):59-65.

9
Mandal, M.D. 2019. Medical News and Life Science. What is genetics?
https://www.newsmedical.net/life-sciences/What-is-Genetics.aspx. Datum van gebruik: 16
September 2019.

National Autistic Society. 2016. What is autism. https://www.autism.org.uk/about/what-


is.aspx. Datum van gebruik: 16 September 2019.

Pearson, C. 2019. Genetics by far the biggest factor in autism risk, study says.
https://www.huffpost.com/entry/autism-genetics-
risk_l_5d2f51aee4b0a873f645a519?guccounter=1 Date of access: 5 Sep. 2019.

Rogers, S. J., Dawson, G., & Vismara, L. A. (2012). An early start for your child with autism:
Using everyday activities to help kids connect, communicate, and learn. Guilford Press.

Sicile-Kira, C. 2011. What IQ tests really tel lus about children with autism.
https://www.psychologytoday.com/us/blog/the-autism-advocate/201103/what-iq-tests-really-
tell-us-about-children-autism Date of access: 12 Sep. 2019.

Smith, Corvalàn & Kjellström. 1999. What is the environment in the context of health?.
https://www.who.int/quantifying_ehimpacts/publications/preventingdisease2.pdf. Datum van
gebruik: 16 September 2019.

Sze KM and Wood JJ (2007) Cognitive behavioral treatment of comorbid anxiety disorders
and social difficulties in children with high-functioning autism: a case report. Journal of
Contemporary Psychotherapy37: 133–143.

10

You might also like