Gr9 Elektrisiteit Deel 2

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 22

Graad 9

Elektrisiteit
Deel 2
Elektriese Stroom
➢ Elektriese stroom is die beweging (vloei) van elektriese
lading. Ons verwys na die tempo van vloei van lading.

➢ Stroom bestaan uit negatief gelaaide deeltjies wat


elektrone genoem word. ʼn Elektronstroom is die
beweging van elektrone deur die stroombaan (metaal)
van negatief na positief.

➢ Ons gaan egter elektriese stroom beskou as die


beweging van positiewe lading vanaf die positiewe
pool na die negatiewe pool van ʼn sel. Hierdie
beweging staan bekend as konvensionele stroom.
Meting van Stroom
➢ Die simbool vir stroom is I.
➢ Stroom (stroomsterkte) word gemeet in ampère (A).
➢ Stroom word gemeet met ʼn ammeter.
o ʼn Ammeter word altyd in serie in ʼn stroombaan
geskakel.
o ʼn Ammeter het ʼn lae weerstand en bied min of geen
weerstand teen die vloei van stroom nie.
Potensiaalverskil
➢ Spanning of potensiaalverskil is die verskil in elektriese
potensiële energie per coulomb lading tussen twee
verskillende punte in ʼn elektriese stroombaan.

➢ Die ladings verkry energie wanneer hulle deur die sel


of battery beweeg:
chemiese energie → elektriese energie.
Die ladings verloor energie omdat hulle dit aan die
resistors oordra in die vorm van warmte, lig of klank,
bv. elektriese energie → lig energie.
Meting van Potensiaalverskil
➢ Die simbool vir potensiaalverskil is V.
➢ Potensiaalverskil (spanning) word gemeet in volt (V).
➢ Potensiaalverskil word gemeet met ʼn voltmeter.
o ʼn Voltmeter word altyd parallel aan enige komponent
geskakel.
o ʼn Voltmeter het ʼn hoë weerstand en bied ʼn groot
weerstand teen die vloei van stroom.
➢ Skakeling van voltmeters en ammeters in ʼn
stroombaan:
Weerstand
➢ Weerstand word in ohm gemeet (Ω).
➢ Resistors kan verskillende waardes vir weerstand hê.
➢ Resistors kan in serie of parallel geskakel word.
➢ Resistors waarvan die weerstand verander kan word, is
reostate – ʼn reostaat is dus ʼn verstelbare weerstand.
Selle in Serie en Parallel
Selle in Serie en Parallel
➢ Wanneer selle in serie geskakel word, sal die totale
potensiaalverskil die som van die potensiaalverskille
van die individuele selle wees.
Bv: 1,5 V + 1,5 V = 3,0 V
➢ Selle wat in serie geskakel is, kan ʼn groter stroom
lewer.

➢ Wanneer selle in parallel geskakel word, sal die


potensiaalverskil oor hulle dieselfde wees as net vir
een sel.
➢ Selle in parallel lewer dieselfde stroom as een sel,
maar kan die stroom vir ʼn langer tyd volhou.
Seriestroombane:
Seriestroombane:
Die stroom deur al die komponente is
Stroom dieselfde.
A1 = A2 = A3 = A4
Die totale potensiaalverskil oor al die
resistors saam en oor die battery is
Potensiaal- dieselfde as die som van die
verskil individuele potensiaalverskille.
V1 = V5 = V2 + V3 + V4
As meer resistors in serie geskakel
word, neem die totale weerstand toe
Weerstand
(som van die individuele weerstande).
Parallelstroombane:
Parallelstroombane:
Die stroom verdeel tussen die
parallelle takke. Die hoofstroom is
Stroom dieselfde as die som van die strome
deur die resistors in die takke.
A1 = A2 = A3 + A4
Die potensiaalverskil oor elke parallel
geskakelde resistor en oor die
Potensiaal-
parallelle kombinasie is dieselfde as
verskil
oor die battery.
V1 = V2 = V3 = V4
As meer resistors in parallel geskakel
Weerstand word, neem die totale weerstand af.
Seriestroombane - Voorbeeld:
➢ Elke sel = 2 V
A1 = 3 A
Resistors is identies.

✓ A1 = A2 = A3 = A4 = 3 A

✓ V1 = 6 V (2V + 2V + 2V)
✓ V2 + V3 + V4 = 6 V (elke resistor = 6/3 = 2 V)
✓ V5 = 6 V

✓ Rtotaal = R1 + R2 + R3 (weerstand neem toe).


Parallelstroombane - Voorbeeld:
➢ Elke sel = 2 V
A1 = 4 A
Resistors is identies.

✓ A1 = A2 = A3 + A4 = 4 A

✓ V1 = 6 V (2V + 2V + 2V)
✓ V2 = V3 = V4 = 6 V

✓ Rtotaal < enigeen van die resistors (weerstand neem af).


Weerstand in stroombane:
➢ Weerstande in serie is potensiaalverdelers, want die
energie (spanning of potensiaalverskil) verdeel tussen
die resistors.
➢ Die resistor met die hoogste weerstand sal die grootste
voltmeterlesing hê.

➢ Weerstande in parallel is stroomverdelers, want die


stroom in die hoofstroombaan verdeel tussen die
parallelle skakelings (of takke).
➢ Die grootste deel van die vertakte stroom vloei deur die
resistortak met die laagste weerstand.
➢ Indien een komponent (bv.
gloeilamp) wat in serie
geskakel is breek, sal geen
stroom in die stroombaan
vloei nie en sal die res van die
komponente nie meer werk
nie.

➢ Indien een komponent (bv.


gloeilamp) wat in parallel
geskakel is breek, sal daar
nogsteeds stroom in die
hoofstroombaan vloei en sal
die komponente in die ander
vertakkings steeds werk.
➢ Wanneer meer gloeilampies in serie verbind word, sal
elke gloeilampie dowwer brand.

➢ Wanneer meer of minder gloeilampies in parallel


geskakel word, bly die helderheid van die gloeilampies
dieselfde.
Verband tussen V, I en R
➢ V - potensiaalverskil - volt (V)
I - stroom - ampère (A)
R - weerstand - ohm (Ω)

𝐕
➢𝐑 =
𝐈

Voorbeeld:
V
R=
Bereken die weerstand van ʼn gloeilampie I
as dit gekoppel word aan ʼn 1,5 V sel en 1,5
die stroom daardeur 3 A is. R=
3
= 0,5 Ω
Huiswerk
➢ Bl. 218
Nos. 2, 3, 5, 6, 7, 10, 11, 12, 13, 16, 17,
18 (stroombaan 1 en 2), 22, 23, 24, 25

You might also like