GR 11-12 Gedigte PDF

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 43

Graad 11/12

Gedigte

2023

Naam:

1
Hierdie boek is saamgestel vir die seuns van Clifton College.
Inhoudsopgawe
Gedigte:

1. Die wêreld het so klein geword – Alta Marincowitz 6

2. Aandeelhouer – Alta Marincowitz 10

3. Sterrekyker – Franci Greyling 14

4. Klein geloof – Tanja Joubert 18

5. Staan op! – Fanie Viljoen 22

6. Daarom – Ilna Stander 26

7. Strelizia – Annie Klopper 30

8. Touloper – Fanie Viljoen 35


.
9. ? – Tanja Joubert 40

10. Taylor Swift – Kobus Grobler 45

11. Sondagaande – Fanie Viljoen 51

12. “Mamma” kan ek nie sê nie – Jelleke Wierenga 57

2
Hierdie boek is saamgestel vir die seuns van Clifton College.
Literêre Woordelys

Alliterasie : Herhaling van konsonante na mekaar


Anafora: Herhaling van woorde
Apostroof: iemand word aangespreek, tog is die persoon nie daar nie.
Assonansie: Herhaling van vokale na mekaar
Denotasie (denotatiewe): letterlike betekenis
Ellips/Beletselteken: … Laat die leser besef wat gaan gebeur
Herhaling: Woorde/ verse herhaal om idee te beklemtoon
Inkeping: Spasie aan begin van vers
Inversie: Woordorde verskil/ verkeerd- vir beklemtoning
Ironie: Onverwagte idee
Klanknabootsing: Woord klink soos die aksie
Koeplet: Strofe van 2 versrëels
Konnotasie (konnotatiewe): dieper betekenis/ figuurlike betekenis
Kontras: Verskil in inhoud
Kruisrym: Rym in strofe in elke tweede versrëel (a b a b)
Kwartryn: Strofe van 4 versrëels
Metafoor: Vergekyking van twee dinge sonder ‘soos’
Metonimia: assosiasie met iets wat in die gedig voorkom
Metapoësie / Interteks: Een gedig/skryfwerk op ‘n ander gebaseer
Omarmende rym: Eerste en laaste versrëel rym (a b b a)
Paarrym: Twee reëls na mekaar rym (a a b b)
Personifikasie: Objek/ voorwerp kry menslike eienskap
Retoriese vrae: Vraag het nie ‘n antwoord nodig nie.
Tipografie: Gedig se voorkoms op papier/ vorm van die gedig
Vergelyking: Twee dinge vergelyk met ‘soos’
Vrye vers: Gebroke rym, gebrek aan hoofletters en leestekens / geen vaste rympatroon
Wending: Verandering – gewoonlik ‘maar’
Woordspeling: Woorde kan verander word met ‘n ander betekenis

3
Hierdie boek is saamgestel vir die seuns van Clifton College.
Verstegnieke: Voorbeelde:
Alliterasie • klankloos klets en kuier
• stiptelik sewe-uur
• voetjie vir voetjie skuif ….vorentoe
Alleenplasing • r 24 (Die wêreld het so klein geword)
• r 16 (Staan op)
• r 14 (Daarom)
• r 7-8,12-14 (Strelitzia)
• r 22 -?
Anafora • Ek….. (3 x in Sterrekyker)
• Staan op! As jy …. (10 x in Staan op)
• My… (4 x in Daarom)
Apostroof •
Assonansie • lees boeke in hul soeke na kennis
Denotasie (denotatiewe/ letterlike betekenis) • Staan op!
• Daarom – titel is letterlik bedoel
Dubbelpunt • Realisme, Feite, Wetenskap:
• Tussen meisies: die groot krater
Ellips / beletselteken • r 7… (Staan Op)
Enjambement • invest my tyd en energy in
sport
• Daarom antwoord ek nie met my deurslaan
stem nie
Eufisme • ‘iets aan jouself te doen”
Herhaling • los my pa, laat my gaan (3x)
• te vet/ te maer/ te lelik…. (4x)
• Daarom (2x)
Inversie • jou naam draai ek uit elke appelstingel
Ironie • my vel ‘n dermatoloog se droom
Klanknabootsing •
Konnatasie (konnotatiewe / figuurlike betekenis) • Staan op!
Metafoor • spieëlskrikker
• uithangborde / screensaver / tatoeëermerk
Metonimia • Ek is deel van ‘n boek waar mense hul
gesigte gedeeltelik ontsluier
• sou sy dalk ten minste redes kon kop
Neologisme • melkskommelweg
• spieëlskrikker
Oordrywing / hiperbool • ‘n duisend briewe saai
Opnoeming (enumersaie) • my bene….my arms…my bolip
Parentese • (ononderhandelbaar)
• - en wonder jy?-
Personifikasie •
Retoriese vraag • r 16 (Staan op!)
Tipografie • Die wêreld het so klein geword
Tussenwerpsel • No ways (Aandeelhouer)
Vergelyking • en dra dit soos kraletjies om my nek
Vrye vers •
Wending • maar waarom slaap ek met my lig nog aan

4
Hierdie boek is saamgestel vir die seuns van Clifton College.
1. Die wêreld het so klein geword
Alta Marincowitz

1. Toe my ouma 'n kind was, speel hulle op die wye vlakte,
2. deel granate in die boord,
3. lees boeke in hulle soeke na kennis
4. en klets met maats as die foun twee kortes en drie langes lui.

5. As kind bly my ma op 'n ruim erf


6. met 'n grasperk en twee bome,
7. sit sy vasgenael voor die kassie –
8. vol drome om eendag oor die wye wêreld te swerf.
9. Sy ken mense wat al oorsee was!
10. Haar niggies in die stad gaan naweke fliek
11. en voor matriek sien sy hoe die eerste selfone lyk.

12. Ek klik met 'n muis die wêreld tot in my huis,


13. die web is my werf en Gumtree my boom.
14. Ek is deel van 'n boek waar mense hul gesigte
15. gedeeltelik ontsluier en klankloos klets en kuier.
16. Ek kan kennis onmiddellik op aanvraag verkry
17. en met 'n ieder en elk in verbinding bly.
18. Die moontlikhede is duiselingwek-
19. kend GROOT en die wêreld het so
20. klein geword dit pas in die
21. twaalf vierkante
22. meter van my 23. kamer
24. in.

5
Hierdie boek is saamgestel vir die seuns van Clifton College.
Vrae:

1. Verduidelik wat jy verstaan met die woorde wye vlakte.

2. Wat is die betekenis van die woord boord?

3. Wat het die ouma gedoen om kennis te verkry?

4. Gee die korrekte Afrikaans woord vir foun.

5. Watter twee items het in die verteller se kinderjare hul verskyning gemaak?

6. Verduidelik in jou eie woorde wat die verteller se ma se droom was.

7. Haal vyf agtereenvolgende woorde aan wat ons laat dink dat die ma in die
platteland gewoon het.

8. Hoe het die ouma en die ma onderskeidelik hulself as kinders vermaak?

9. Hoe kom die wêreld in die verteller se huis?

10. Vergelyk die idee van ‘n boom in al drie generasies.

11. Watter boek gebruik die verteller?

12. Haal ‘n voorbeeld van alliterasie in strofe 3 aan.

13. Wat bedoel die verteller in versreël 16?

14. Vervang die uitdrukking ‘n ieder en ‘n elk met een woord.

15. Hoe is die woord GROOT ironies?

6
Hierdie boek is saamgestel vir die seuns van Clifton College.
16. Hoe weerspieël die tipografie van die gedig die inhoud?

17. Hoe verskil die kommunikasie in die drie generasies?

18. Watter beeldspraak kom in reël 14 voor?

19. Haal ‘n voorbeeld van binnerym aan.

20. Gee twee redes waarom ons kan sê die gedig is ‘n voorbeeld van vrye vers.

7
Hierdie boek is saamgestel vir die seuns van Clifton College.
2. Aandeelhouer
Alta Marincowitz

1. En die jongeheer?

2. Gaan hy ook eendag in sy pa se voetspore volg?

3. No ways Meneer my

4. interest is nie in finance nie

5. rate nie baie hoog woorde

6. soos inflasie resessie aandele die

7. beurs dra ek in my sak ek

8. invest my tyd en energy in

9. sport my muscles is my

10. bates dit het

11. effekte op die girls laat

12. hulle bloeddruk opwaards neig

13. my risiko’s is matig vir stewige

14. lopies kyk ek krieket

15. en anyway who cares wat die

16. prys

17. is van koring mielies en

18. sonneblomme

8
Hierdie boek is saamgestel vir die seuns van Clifton College.
Vrae:

1. Wie is die verteller hier en met wie praat hy?

2. Verduidelik wat bedoel word met “ in sy pa se voetspore”.

3. Watter twee agtereenvolgende woorde dui aan dat die persoon beslis nie in
finansies belangstel nie?

4. Haal vier finasiële terme aan.

5. Skryf die volgende woorde in goeie Afrikaans:


rate
invest
interest
6. Hoe “invest” die seun sy tyd?

7. Hoekom is die meisies so mal oor hom?

8. Wat gebeur fisies met die meisies as hulle hom sien?

9. Haal drie agtereenvolgende woorde aan wat wys die persoon dink die wêreld van
finansies is onbelangrik?

10. Hoe is die seun ‘n aandeelhouer?

11. Wat is die boodskap van die gedig?

9
Hierdie boek is saamgestel vir die seuns van Clifton College.
12. Noem die beroep wat die pa sou beoefen?

13. Wat vertel ons die seun is nie ernstig oor sy keuse van beroep nie?

14. Bespreek die taalgebruik in die gedig.

15. “die beurs dra ek in my sak ”. Wat bedoel die seun hiermee?

16. Enjambement kom in die gedig voor. Wat is die funksie hiervan?

10
Hierdie boek is saamgestel vir die seuns van Clifton College.
3. Sterrekyker
Franci Greyling

1. Ek skryf brief aan die man op die maan-

2. bladsye en bladsye vol.

3. Ek rol dit in `n koker op,

4. bind dit aan `n pyl

5. en skiet dit met `n wilgerboog

6. dat dit hoog die lug inseil.

7. Ek sien hoe dit deur die sterre trek

8. en om die maan gaan draai

9. en al verder deur die donker lug

10. `n duisend briewe saai.

11. Nou wonder ek

12. - en wonder jy? –

13. het hy ooit sy pos gekry,

14. of sou daar iemand anders wees

15. wat al diè briewe dalk nou lees

11
Hierdie boek is saamgestel vir die seuns van Clifton College.
Vrae:

1. Wie is die sterrekyker in die gedig?

2. Wat is die funksie van die aandagstreep aan die einde van reël 1?

3. Wat dui die feit dat die brief se bladsye lank is vir ons aan?

4. Waarna verwys die ‘dit’ in….


reël 3:
reël 4:
reël 5:
5. Wat word gewoonlik in ‘n koker gedra?

6. Wat dui die woord ‘rol’ aan?

7. Waarom plaas sy die brief in ‘n koker?

8. Waarom ‘n wilgerboom en nie ‘n ander tipe boom nie? Gee twee redes.

9. Watter woord in die gedig dui aan dat die pyl ver beweeg?

10. Watter beeldspraak vind ons in reël 10? Verduidelik die beeldspraak.

12
Hierdie boek is saamgestel vir die seuns van Clifton College.
11. Wat is die konnotatiewe betekenis van “saai”?

12. Wat is die denotatiewe betekenis van “saai”?

13. Na wie verwys die....


ek:
jy:
hy:
14. Gee twee betekenisse vir die woord ‘wonder’.

15. Wat is die funksie van die parentese in reël 12?

16. Watter woord in die gedig dui die spreker se onsekerheid aan?

17. Gee ‘n voorbeeld van ‘n hiperbool in die gedig?

18. Na wie verwys “iemand anders”?

19. Dink jy sy gee om wie die brief lees? Gee ‘n rede vir jou antwoord.

20. Watter elemente bewys dat dit vrye vers is?

13
Hierdie boek is saamgestel vir die seuns van Clifton College.
4. klein geloof
Tanja Joubert

1. die kabouter is uit my tuin gesteel

2. en kersvader kom nooit meer op sy slee

3. die tandemuis was net my ma

4. en paddaprinse is amfibieë `

5. Armstrong was die man op die maan

6. en my melkskommelweg het versuur

7. drake is dinosourusse

8. lugkastele is argitektuur

9. ek het ál my sprokies brand gesteek


10. Realisme, Feite, Wetenskap:
11. EK KAN BEWYS!

12. maar waarom slaap ek met my lig nog aan

13. stoei met die monsters onder my bed

14. en waarom bid ek elke dag

15. dat die Prins op die donkie my moet red?

14
Hierdie boek is saamgestel vir die seuns van Clifton College.
Vrae:

1. Verduidelik die titel van die gedig.

2. Watter harde werklikheid (reality) van ons samelewing is hier ter sprake?

3. Hoe het die spreker ontdek dat die tandemuis nie regtig bestaan nie?

4.1 In watter bekende sprokie het die spreker kleintyd geglo?

4.2 Hoekom glo sy nie meer in dié sprokie nie?

5. Hoe voel die spreker in strofe 1? Kies die regte antwoord:


• opgewonde
• woedend
• ontnugter
• geïrriteerd

6. Skryf een woord uit strofe 2 wat wys dat die spreker in drome geglo het.

7.1 Skryf die reël waarin daar ‘n metafoor voorkom?

7.2 Verduidelik die metafoor.

15
Hierdie boek is saamgestel vir die seuns van Clifton College.
7.3 Wat sal jy doen as jou ‘melkskommel’ ‘versuur’ het?

7.4 Wat is ironies omtrent hierdie reël?

8.1 Wat is ‘n ‘lugkasteel’?

8.2 Wat bedoel die spreker met ‘lugkastele is argitektuur’?

9.1 Wat het die spreker as tiener met die sprokies gedoen wat sy kleintyd gelees het?

9.2 Dink jy sy bedoel dit letterlik of figuurlik? Verduidelik jou antwoord.

10. Hoekom, dink jy, begin die woorde in reël 10 met hoofletters en is reël 11 met
hoofletters en ‘n uitroepteken geskryf?

11. In jou eie woorde skryf drie irrasionele dinge neer wat die spreker doen. Skryf dit in
drie afsonderlike sinne.

12. Na wie verwys die ‘Prins op die donkie’ (reël 15) waarskynlik (probably)? Gee ‘n
rede vir jou antwoord.

13. Hoekom, dink jy, is die eerste drie strofes stellings (statements) en die laaste strofe
‘n vraag (question)?

16
Hierdie boek is saamgestel vir die seuns van Clifton College.
14. Kies die regte antwoord: Die boodskap (message / theme) van die gedig, volgens
strofe 4, is …
• ‘n Mens moet in iets glo, al kan jy dit nie bewys nie.
• ‘n Mens kan nie in iets glo wat jy nie kan bewys nie.
• Volgens die wetenskap kan ‘n mens alles bewys.
• Die meeste mense bid omdat hulle bang is vir die donker.

17
Hierdie boek is saamgestel vir die seuns van Clifton College.
5. Staan op!
Fanie Viljoen

1. Staan op! As jy al ooit alleen was.

2. Staan op! As jy al ooit gespot is omdat jy gesê het

3. hoe jy werklik voel.

4. Staan op! As jy al ooit daaraan gedink het dat

5. niemand van jou sal hou as hulle jou werklik ken nie.

6. Staan op! As jy al ooit verwerp gevoel het omdat

7. jy te vet / te maer/ te lelik/ te ...was.

8. Staan op! As jy al ooit daaraan gedink het om

9. ”iets aan jouself te doen”.

10. Staan op! As jy dink daar is net donker in die toekoms.

11. Staan op! As jy partykeer nie antwoorde het op jou vrae nie.

12. Staan op! As jy al ooit jou pyn vir ander mense moes wegsteek.

13. Staan op! As jy dink jy is nie aanvaarbaar nes jy is nie.

14. Staan op! As jy al ooit gehuil het omdat jy jouself

15. nie kan verander nie.

16. En kyk – hoeveel mense sit nog om jou?

18
Hierdie boek is saamgestel vir die seuns van Clifton College.
Vrae:

1. Verduidelik die volgende betekenisse van die titel:


1.1 denotatiewe betekenis:

1.2 konnotatiewe betekenis:

2. Wat is ‘n tussenwerpsel? Gee ‘n voorbeeld van een uit die gedig.

3. Die frase Staan op! word aan die begin van elke sin herhaal.
3.1 Wat word hierdie stylfiguur genoem?

3.2 Waarom word dit aan die begin van elke sin in Strofe 1 herhaal?

4. Die woord werklik kom twee keer voor. Gee ‘n rede hiervoor.

5. Wie is die “jy” wat aangespreek word?

6. Gee ‘n sinoniem uit die gedig vir eensaam.

7. Hoe moet ‘n mens lyk om aanvaarbaar te wees?

8. Wat sal met jou gebeur as jy nie aan ander mense se verwagtinge voldoen nie?

19
Hierdie boek is saamgestel vir die seuns van Clifton College.
9. Waarom sou iemand wegsteek wie hy/sy werklik is?

10. Wat dui die woord “te” aan?

11. Wat beteken die skuinsstreep “/”? Wat is die funksie hiervan?

12. Watter stylfiguur kom in reël 9 voor?

13. Gee TWEE redes vir die gebruik van die aanhalingstekens in reël 9.

14. Watter soort toekoms is ‘net donker’? Verduidelik.

15. Watter woord suggereer dat ‘n mens soms wel antwoorde op vrae het?

16. Van watter soort vrae en antwoorde word gepraat in reël 11?

17. Watter woord in reël 12 wys dat ‘n mens verplig word om iets te doen?

18. Waarom huil die persoon aan die einde? (reël 14)

19. Hoe word strofe 2 uitgehef?

20. Wat is die funksie van die retoriese vraag?


_
21. Watter lewensles kan uit hierdie gedig geleer word?

20
Hierdie boek is saamgestel vir die seuns van Clifton College.
6. Daarom
Ilna Stander

1. My profiel

2. is ‘n spieëlskrikker,

3. my vel ‘n dermatoloog se droom,

4. my arms en bene misliklank in die pad,

5. my bolip se dons bleek.

6. Tussen meisies: die groot krater.

7. Daarom antwoord ek nie

8. met my deurslaanstem nie,

9. kruip ek eerder onder my kuif

10. (ononderhandelbaar) weg

11. en oefen ek agteraf

12. my afsakbroek-stap.

13. Daarom bid ek die tyd om.

14. Intussen donder ek deure toe.

21
Hierdie boek is saamgestel vir die seuns van Clifton College.
Vrae:

1. Waarom sien die seun sy profiel as ‘n spieëlskrikker? Hoe is hierdie verwysing nogal
hartseer?

2. Wat is ‘n dermatoloog ?

3. Waarom is sy vel ‘n dermatoloog se droom ?

4. Watter ander dele van sy lyf is vir die seun onaantreklik?

5. Wat is die dons waarna die verteller verwys?

6. Waarom voel hy soos ‘n groot krater tussen die meisies?

7. Gee twee funksies van die dubbelpunt in versreël 6?

8. Noem twee letterlike bewyse dat die seun nog nie ‘n volwassene is nie.

9. Waarom is sy kuif so belangrik vir hom?

10. Waarom verskyn die woord (ononderhandelbaar) tussen hakies?

22
Hierdie boek is saamgestel vir die seuns van Clifton College.
11. Die seun oefen sy afsakbroek-stap agteraf.
11.1 Wat is ‘n afsakbroek-stap?

11.2 Waarom oefen hy agteraf?

11.3 Bespreek die ironie in versreëls 11-12.

12. Waarvoor bid hy?

13. Die seun donder deure toe.


13.1 Watter emosie wys die seun hier?

13.2 Wat beteken die woord donder hier en gee ‘n rede vir die gebruik hiervan.

14. Hoe word strofe 3 uitgehef?

15. Wat is die boodskap in hierdie gedig?

16. Wat sê die woord Intussen vir ons?

23
Hierdie boek is saamgestel vir die seuns van Clifton College.
7. Strelitzia
Annie Klopper

1. dit was reeds te laat vir verskonings maak

2. toe mevrou Susan van Breda – enkele sekondes

3. nadat sy die oggend om stiptelik sewe-uur

4. met ’n lang sigaret

5. tussen gladde naels agter die stuur

6. van haar luukse sedan ingeskuif het –

7. skielik

8. geskok

9. na die linkerkant van haar simmetries

10. geplaveide siersteenoprit staar

11. dit was reeds te laat vir verskonings maak,

12. ja,

13. maar

14. dalk

15. indien sy nie so besig was om

16. (met die staar saam)

17. aan verskonings te dínk nie

18. sou sy dalk ten minste redes kon kop

19. waarom haar seun haar strelitzia

20. stukkend sou wou skop

24
Hierdie boek is saamgestel vir die seuns van Clifton College.
Vrae:

1. Watter karaktertrekke van Susan van Breda kom in die gedig voor?

2. Wat dui die hoofletters van die vrou se naam aan?

3. Watter aanduiding is daar dat hulle ‘n welgestelde gesin is?

4. Aan watter verskonings (noem twee) is die vrou besig om te dink?

5. Wat sou sy besef as sy nie so besig was om verskonings uit te dink nie?

6. Wat dui die feit dat sy rook aan?

7. Wat is die funksie van die parentese in…

7.1 aandagstrepe in strofe 1

7.2 kommas in strofe 2

7.3 hakies in strofe 2

25
Hierdie boek is saamgestel vir die seuns van Clifton College.
8. Noem twee funksies van die alleenplasing in reël 7-8.

9. Bespreek twee verstegnieke wat in die frase kon kop voorkom.

10. Hierdie is ‘n voorbeeld van ‘n satiriese gedig. Haal uit die gedig aan om dit te

staaf.

11. Waarom is mevrou van Breda eintlik so geskok?

12. Hoe word haar skok in die gedig uitgebeeld?

13. Gee ‘n ander naam vir ‘n strelitzia.

14. Die digteres maak gebruik van die uitsteltegniek. Hoe doen sy dit en om watter
rede?

15. Strelitzia kan gesien word as ‘n simbool van die ma en die seun se verhouding.
Verduidelik:

26
Hierdie boek is saamgestel vir die seuns van Clifton College.
8. touloper
Fanie Viljoen

1. die storms woed weer in ons huis vandag

2. maar vol durf klim ek op die tou

3. voetjie vir voetjie skuifel ek vorentoe

4. verby die verwyt-winde van

5. het jy al weer

6. ek het mos gesê

7. wat het jy gedoen

8. gekwelde oë kyk vir my van doer onder

9. ver verwyder van my kollig-balanseertruuk

10. my tou web tussen

11. mure en deurhandvatsels

12. familiefoto's en almanakke

13. blitsende tv-beelde en internetkonneksies

14. tot by die tuinhek

15. ek is hoog bo die grond

16. weg van alles behalwe die wind

17. maar ek dink nie daaraan nie

18. ek hou my oog op die tou

19. ek balanseer my lewe

20. en voet vir voet skuif ek vorentoe

21. deur die storm

27
Hierdie boek is saamgestel vir die seuns van Clifton College.
Vrae:

1. Wie is die spreker in die gedig?

2. Wat vertel die woord weer in reël 1 vir ons?

3. Verduidelik die konnotatiewe betekenis van die woord storms.

4. Watter beeldspraak tref ons in versreël 2 aan?

5. Watter twee agtereenvolgende woord dui aan die spreker is dapper?

6. Watter woord wys dat die spreker versigtig loop?

7. Waarom is die woorde in versreëls 5-7 in skuinsdruk?

8. Hoe voel ‘n mens wat gekwelde oë het?

9. Haal vier agtereenvolgende woorde aan wat bewys dat die spreker verwyderd
is van die probleme in die huis.

10. Die woord kollig-balanseertruuk is ‘n treffende metafoor. Wat sê die woord


kollig vir ons?

28
Hierdie boek is saamgestel vir die seuns van Clifton College.
11. Wat sê die woord web vir ons van die situasie?

12. Versreëls 11-14 kan as ironies gesien word? Hoe so?

13. Watter enkele woord verwys na die spreker se ontsnappingspunt?

14. Watter een probleem ervaar die spreker op die tou?

15. Watter versreël wys hoe goed die spreker konsentreer?

16. Verduidelik die progressie in die gedig.

17. Bespreek die boodskap van die gedig.

18. Noem drie bewyse hoekom die gedig as vrye vers gesien word.

19. In die laaste twee versreëls vind ons inversie. Wat dink jy is die doel hiervan?

20. Dink jy die eerstepersoonsperspektief is funksioneel hier? Bespreek.

29
Hierdie boek is saamgestel vir die seuns van Clifton College.
9. ?
Tanja Joubert

1. Jou naam draai ek uit elke appelstingel


2. pak dit in spoelklippies op die strand.
3. Ek vinger jou naam op vuil motorvensters,
4. toegewasemde spieëls en oor die palm van my hand.

5. Ek braille dit in my passerblik,


6. doodle dit in my tuiswerkboek, op my tas.
7. Jou naam pen ek oor ‘n swartbord
8. sodat niemand dit ooit weer af kan was.

9. Ek ryg dit regs aan my naam vas


10. en dra dit soos kraletjies om my nek,
11. graffiti dit op elke straathoek
12. soos ‘n hond wat sy been lig om te sê: “Dis mý plek!”

13. Want jý is ál my uithangborde,


14. die screensaver van my brein,
15. die tatoeëermerk oor my hart
16. en, wie weet, dalk nog die T-hemp van my pyn.

17. Miskien het jy mý naam al uitgevee. Uitgetippex!


18. Of dalk versier jy dit met smiley faces ( ) en ‘n soentjie-x.
19. Ek sal verstaan as jy my nog nie kan spel nie,
20. nie eens met leestekens kan vertel nie.

21. Net jammer jóú naam, is nog net ‘n


22.?

30
Hierdie boek is saamgestel vir die seuns van Clifton College.
Vrae:

1. Met wie praat die spreker hier?

2. Noem al die plekke in die eerste 6 versreëls waar die spreker die naam skryf.

3. Wat het hierdie plekke in gemeen?

4. Noem twee plekke waar die naam nie afgewas kan word nie.

5. Watter woorde dui dat sy nog op skool is?

6. Gee 5 naamwoorde wat as werkwoorde gebruik word.

7. In Strofe 3 kry ons 2 vergelykings:


7.1 Watter twee dinge word in reëls 9-10 met mekaar vergelyk? Hoe is hulle dieselfde?

7.2 Watter twee dinge word in reëls 11-12 met mekaar vergelyk?

8. Watter vak, dink jy is een van haar gunsteling?

31
Hierdie boek is saamgestel vir die seuns van Clifton College.
9. Waarom is die passerblik ‘n goeie oppervlak vir braille?

10. Watter woord sê vir ons dat sy nie heeltyd in die lesse konsentreer nie?

11. Watter beeldspraak kom in strofe 4 voor?

12. Haal al die dinge waarmee die geliefde metafories in strofe 4 vergelyk word en
gee ‘n rede vir elkeen.

13. Wat is die funksie van die woord Miskien?

14. Wat verstaan die spreker in strofe 5?

15. Hoe kan ons sien dat sy ook realisties oor die liefdeslewe is?

16. Watter verstegniek kom in die laaste strofe voor? Verduidelik die rede hiervoor.

17. Dink jy die spreker is definitief ‘n meisie? Gee redes.

18. Hoeveel keer word verwys na die spreker se naam?

19. Hoeveel keer word verwys na die geliefde se naam?

20. Wat is die betekenis van die vraagteken aan die einde van die gedig? Hoekom is
dit funksioneel hier?

32
Hierdie boek is saamgestel vir die seuns van Clifton College.
10. Taylor Swift
Kobus Grobler
vir Liebet

1 jy herhaal
2 haar woorde van melancholie
3 vir die hoeveelste keer

4 weer

5 en nou ná heeldag lank


6 se periodes skoolwerk
7 en pouses
8 alleen
9 se draal in die liedjie
10 val jy met skooluniform taai van skool
11 skoene uitgeskop
12 op die bed neer
13 sing jy die woorde
14 van haar nuutste CD
15 gelaai in MP3
16 snik
17 huil
18 grens
19 jy

20 want vir die eerste keer


21 in die spieël
22 met jou pa se oë vol trane
23 verstaan jy
24 weet jy
25 hoekom bome hulle blare verloor

33
Hierdie boek is saamgestel vir die seuns van Clifton College.
Vrae:

1. Aan wie is die gedig opgedra?

2. Om watter moontlike rede sou die digter hierdie gedig aan haar opgedra het?

3. Strofe 1 bestaan uit 3 versreëls. Wat word hierdie soort strofe genoem?

4. Na wie verwys “jy” in versreël 1?

5. Na wie verwys “haar” in versreël 2?

6. Na watter “woorde” word in versreël 2 verwys?

7. Haal ʼn enkele woord uit die gedig aan as bewys dat die musiek van Taylor Swift
die spreker baie hartseer laat voel.

8. Watter woorde word NIE met “melancholie” geassosieer nie?


A swaarmoedigheid
B hartseer
C blydskap
D droefgeestigheid

9. Haal ‘n versreël aan wat beteken dat iemand iets onophoudelik doen.

10. Haal drie opeenvolgende woorde uit strofe 1 aan wat sê dat die leerder die
liedjie se woorde baie herhaal

11. Hoekom word die woord “weer” alleen in reël 4 geplaas?

12. Waar was die persoon die hele dag?

34
Hierdie boek is saamgestel vir die seuns van Clifton College.
13. Watter een woord verwys na die einde van die skooldag / dat die skooldag
verby is?

14. Watter tyd kry ons gewoonlik tussen periodes op skool wat as ʼn rustyd vir
leerders dien?

15. Hoekom sou die meisie nie uitsien na pouses by die skool nie?

16. Watter verstegniek word gebruik om die meisie se eensaamheid by die skool te
beklemtoon?

17. Watter een woord beteken dat die lirieke baie deur die meisie se gedagtes
maal?

18. Hoe weet ons dat die meisie baie moeg is as sy na skool huis toe kom?

19. Wat doen die leerder as sy na skool by die huis aankom? Noem drie dinge.

20. Hoekom word die meisie se skooluniform as “taai van skool” beskryf?

21. Wat sien die meisie as sy in die spieël kyk?

22. Verduidelik reël 25 van die gedig.

23. Watter eienskappe van vrye vers kry ons in hierdie gedig?

24. Waar kry ons wending in hierdie gedig?

25. Wat gebeur met hierdie wending of keerpunt?

35
Hierdie boek is saamgestel vir die seuns van Clifton College.
26. Watter ooreenkomste is daar tussen Taylor Swift se omstandighede (volgens
die liedjie) en die meisie in die gedig?

27. Wat is die groot verskil tussen Taylor Swift en die meisie in die gedig se
omstandighede?

Gebruik die woorde in die woordwolk om die sinne korrek te voltooi.

Die tienermeisie se pa is die

in

hierdie gedig. Die woord

dui aan dat die

meisie die liedjie se woorde baie herhaal. Die liedjie

het 'n toon van en die meisie kan met Taylor Swift

, want sy is ook eensaam. Die meisie het niemand wat

gedurende by haar sit nie en by die huis is sy ook

wanneer sy op haar bed gaan lê. In die

verloor bome hul en die meisie kan dit nou vir

die eerste keer verstaan. Dinge in die lewe is ook en kan nie vir altyd

duur nie. Die meisie in die gedig se naam is moontlik .

36
Hierdie boek is saamgestel vir die seuns van Clifton College.
10. Sondagaande
Fanie Viljoen

1 die aand stuur sy roofvoëls uit in die taai donker

2 hulle draai eers rond

3 hoog bo die stad se woonsteldakke

4 maar mettertyd sirkel hulle laer, al laer

5 en sink neer op die krom lamppale

6 vanwaar hulle met skerp oë by vensters kan intuur

7 na die prooi wat elke week sielalleen voor Sondagaande staan

37
Hierdie boek is saamgestel vir die seuns van Clifton College.
Vrae:

1. Haal ‘n voorbeeld van personifikasie in hierdie gedig aan.

2. Watter soort gedig is hierdie?

3. Watter eienskappe hiervan kry ons hierdie gedig?

4. Watter woord impliseer dat hulle nie uit die atmosfeer van ‘n Sondagaand kan
wegkom nie?

5. Hoekom voel die spreker dat Sondagaande vyandig teenoor hom is?

6. Watter drie opeenvolgende woorde dui aan dat die roofvoëls nie onmiddellik op
hul prooi toeslaan nie?

7. Watter een woord impliseer dat die roofvoëls stadig grondwaarts beweeg?

8. Wat is die ruimte van hierdie gedig?

9. Waarvan beroof die roofvoëls mense?

10. Wat impliseer die “skerp oë” van die voëls?


A roofvoëls sien alles
B roofvoels kan net in die aande sien
C hulle oë is vreesaanwekkend
D roofvoels kan net swart en wit sien

11. Wat is die funksie van ‘n lamppaal?

12. Watter ander funksie het die lamppaal in hierdie gedig?

38
Hierdie boek is saamgestel vir die seuns van Clifton College.
13. In hierdie gedig is die roofvoels simbolies van…
A woonsteldakke
B lamppale
C Sondagaande
D die taai donker

14. Watter een woord uit die gedig beteken om baie goed en akkuraat te sien?

15. Watter een woord uit die gedig beteken om lank en aanhoudend na iets te kyk?

16. Watter een woord (intensiewe vorm) uit die gedig beklemtoon die feit dat die
prooi van die roofvoëls niks of niemand het om hulle te help nie?

17. Wat is die korrekte vorm van die intensiewe vorm van jou antwoord in vraag
14?

18. Gee drie voorbeelde van alliterasie uit die gedig en onderstreep die
allitererende woorde.

19. Watter een woord dui aan dat die spreker nie die enigste persoon is wat
dopgehou word?

20. Watter een woord dui aan dat wat hier gebeur, gebeur meer as net een keer?

21. Skryf jou eie kort opsomming van die ontwikkeling in die gedig.

22. Daar is n opvallende (striking / prominent) metafoor in die gedig. Wat word
vergelyk?

39
Hierdie boek is saamgestel vir die seuns van Clifton College.
23. Wat veroorsaak dat die mens die prooi word?

24. Dwarsdeur die gedig is die s-klank teenwoordig. Wat kan dit beteken?

Gebruik die woorde heelonder om die sinne korrek te voltooi.


Van alle dae in die week is 'n moontlik die eensaamste dag,
veral die . In hierdie gedig is die mense dan in hul
terwyl hoog in die lug rondvlieg. Stadig
hulle grond toe en gaan sit dan op die
buite die mense se vanwaar hulle kan
na wat elkeen doen. Die voëls is die rowers en die mense is die
. "Skerp oë" dui aan dat die voëls is en
niks miskyk nie.

40
Hierdie boek is saamgestel vir die seuns van Clifton College.
12. “Mamma” kan ek nie sê nie
Jelleke Wierenga

1 Ek onthou die engel


2 het my van die rand
3 van wik en weeg

4 afgeskop in jou in

5 onmoontlik sê hulle

6 om te weet van

7 voor tyd se tyd

8 maar ek het geweet


9 wat ek nou weet:

10 as jy na my kyk

11 is ek nie

12 in jou oë nie.

41
Hierdie boek is saamgestel vir die seuns van Clifton College.
Vrae:

1. Waarom is daar aanhalingstekens in die titel?

2. Wat doen die spreker in die titel van die gedig?


A Sy vra haar ma vir iets
B Sy sê sy kan nie praat nie
C Sy probeer die leser ook oortuig om haar ma te haat
D Sy verduidelik haar optrede

3. Wat noem ons die omgekeerde woordorde in die titel?

4. Wat is die rede hiervoor?

5. Waarom sou ‘n kind die woord “Mamma” gebruik en nie net die woord “Ma”
nie?

6. Gee drie voorbeelde van alliterasie uit die gedig en onderstreep die
allitererende woorde.

7. Watter uitdrukking verwys na onsekerheid voordat jy iets doen / jy iets goed


nadink?

8. Watter een woord laat ons dink dat die engel die besluit vir die ma geneem het
en nie die ma self nie?

9. Hoe weet jy sy was ‘n onwelkome baba, dat sy half toevallig ontstaan het?

10. Waarom kies die digter die woord “afgeskop”?

11. Wie is die “hulle” in reël 5?

42
Hierdie boek is saamgestel vir die seuns van Clifton College.
12. Wat is volgens “hulle” onmoontlik?

13. Herskryf strofe 3 en maak gebruik van korrekte punktuasie. Begin met
Hulle

14. Na watter tyd verwys “voor tyd se tyd” in reël 7?

15. Wat onthou die spreker van “voor tyd se tyd”?

16. Wat het die spreker in reëls 8 en 9 geweet?

17. Hoe seker is die spreker van haar wete?

18. Verduidelik die dubbelpunt aan die einde van reël 9.

19. Verduidelik die laaste twee reëls van hierdie gedig.

20. Hoekom is die slotstrofe so vreeslik hartseer? Verduidelik die metafoor.

Gebruik die woorde in die woordwolk om die sinne korrek te voltooi.

"Wik en weeg" dui die ma se aan of sy


moes raak of nie. Die kind het reeds
voor sy/haar geweet dat hy/sy 'n
baba sou wees. is 'n
liefdesterm wat die spreker dus nie kan sê nie. Die spreker
hou die indirek hiervoor verantwoordelik.
Die titel is 'n voorbeeld van , want dit is
nie die wat 'n mens gewoonlik sal
gebruik nie. Die aan die einde van die
vierde dui aan dat die spreker hierna
gaan sê wat hy/sy nou weet.

43
Hierdie boek is saamgestel vir die seuns van Clifton College.

You might also like