Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 10

06/2023 10 Februarie 2023

Ons skoolhoof, mnr TN Kotzé is met siekverlof en mnr F Parker (Adjunkhoof) neem in sy
afwesigheid waar. Die Oosies stuur beterskapwense en wens meneer ʼn spoedige herstel
toe.

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte ouers
“Sukses is die somtotaal van al jou klein pogings bymekaar getel”
Graag bied ons ʼn nuwe insetsel wat deel van die Oosie-nuusbrief gaan vorm. In my rol as
waarnemende hoof wil ons u uit die kantoor inlig hoe dit met die skool se aktiwiteite gaan. Ons is
midde in die atletiekseisoen en die Oosies is hard aan die oefen vir die interhoër wat deur Oos-
Moot aangebied gaan word op 23 Februarie. Die krieketsomerliga is in volle swang en die spelers
werk hard. Sommige ander sportsoorte is reeds besig om momentum op te bou na hul seisoen
wat voorlê.
Ons kultuur is aan die brand, met debat en redenaar opleiding wat reeds plaasgevind het. Die
oudisies vir die musiekblyspel, “Joseph and his amazing technicolour dreamcoat” is verby en die
rolverdeling is suksesvol afgehandel. Leerders is nou aan die oefen en ons sien uit na ‘n puik
produksie later in die jaar. Verskeie ander kultuuraktiwiteite is ook reeds aan die gang en ons sal u
op hoogte van hul vordering hou.
Mnr. Kotzé is met siekverlof en ons glo dat hy spoedig sal herstel om weer die leisels op te neem.
Elke Oosie wens hom as hoof sterkte toe en glo dat hy sy verjaarsdag op Sondag, 12 Februarie
terdeë sal geniet. Mag dit ‘n baie geseënde jaar vir hom wees. Die skool vier sy verjaarsdag op
Maandag, 13 Februarie en die inligting is reeds op die klasgroepe gedeel.
As waarnemende hoof sal ek poog om die Oosie skip op koers te hou en die gees van die skool
positief te hou. Saam met die bekwame bestuurspan wil ons die ouers gerusstel dat ons die beste
sal doen om die leerders na hoër hoogtes te laat streef. Die Blou golf rol voort!
Oosie-groete
Fraser Parker
WAARNEMENDE HOOF
BELANGRIKE DATUMS

Die volgende belangrike datums vir ons leerders en ouers:


11 Februarie : Atletiekbyeenkoms vir PRIVAATSKOLE
13 Februarie : Rugby ouervergadering vanaf 18:30 tot 19:00 in die skoolkafeteria.
16 Februarie : Musiekblyspel ouervergadering om 19:00 in die skoolsaal.
20 Februarie : Beheerliggaamtussenverkiesing 2023.

AKADEMIE
WISKUNDESENTRUM
Wiskunde bly nog steeds ʼn vak waarmee heelwat leerders sukkel. Die grootste probleem wat
leerders ondervind, is dat agtergrondkennis van die vorige grade nie behoorlik vasgelê is nie. Dit
is ook waar leerders die meeste van hul punte in die eksamen verloor. Onderwysers kan nie altyd
in skoolure daaraan aandag gee nie, aangesien die sillabus vir die betrokke graad afgehandel
moet word.

Die Wiskunde-departement bestuur reeds vanaf 2016 die Wiskundesentrum. Die sentrum is
tydens Maandagmiddae vanaf 14:00 – 15:00 oop. Klasse word gratis aangebied en leerders meld
aan by hul vakonderwysers tensy ander reëlings getref word.
Die onderskeie grade word soos volg ingedeel:
Graad 8 - Mnr R de Villiers T1
Graad 9 - Me C Hoek K47
Graad 10 - Me S van de Wetering K15
Graad11 - Mnr D Snyman K14
Graad 12 - Mnr J Pretorius K71

ʼn Skrywe met volledige inligting en ʼn skeurstrokie is op 26 Januarie, elektronies aan ouers


uitgestuur. Inligting is ook op die Wiskundesentrum webbladsy beskikbaar.
GRAAD 8-BETROKKENHEID 2023
Ons verwys na die skrywe aangaande bogenoemde wat op 3 Februarie aan leerders uitgegee en
elektronies na die ouers gestuur is. Die voltooide vorms moet asseblief so gou moontlik by die
voogonderwyser ingehandig word.

AFWESIGHEDE
Ons verwys na die Oosie-gedrag in praktyk (skoolreëls) ten opsigte van leerders se afwesigheid
en wil graag die volgende onder ouers se aandag bring:
Wanneer ʼn leerder afwesig is, versoek ons dat die ouer(s) op die dag van die leerders se
afwesigheid sy graadhoof voor 08:00 per e-pos in kennis sal stel by die volgende
e-posadresse:

Graadvoog van die spesifieke graad:


 Gr 8: L Steyn (l.steyn@oos-moot.co.za)
 Gr 9: M du Preez (m.dupreez@oos-moot.co.za)
 Gr 10: S van der Merwe (vdmerwes@oos-moot.co.za)
 Gr 11: N Pfeil (n.pfeil@oos-moot.co.za)
 Gr 12: M Haasbroek (c.haasbroek@oos-moot.co.za)

Asseblief geen oproepe na die ontvangskantoor nie.

GESONDHEIDSRISIKO’S
Verskeie leerders en personeel het bepaalde gesondheidsprobleme (asma/sinus, hooikoors en
ander longverwante kwessies). Hierdie probleme word aangevuur deur veral die gebruik van
reukweerders binne die klaskamer. Volgens die skool se gedragskode vir Akademie moet
leerders se optrede nie klasmaats die geleentheid ontneem om ten volle te baat by die onderrig of
leerproses nie.
Hierdie aangeleentheid sal streng aangespreek word deur die onderwysers in die klasse. Ons
doen dus ‘n ernstige beroep op ons leerders om ten alle tye ander binne die klaskamers te
respekteer.

FAMILY SCRABBLE DAY


Departement Engels bied aan: “Family Scrabble Day”.
Are you a word genius? Do you eat vocabulary for breakfast, dinner and lunch?
Join us the English Departement of Oos-Moot, for a fun round of scrabble.

Learners and their families as well as previous learners of Oos-Moot are welcome.
Date: 18 February 2023
Time: 08:00
Place: School cafeteria
Entrance fee: R20 per player
Optional: Dress-up and show the competition your fun side.

RSVP before or on 15 February


stolpt@oos-moot.co.za

PAUL KRUGER KINDERHUIS LIEFDADIGHEIDSPROJEK


Die kinderhuise se staatsubsidies is gedurende die afgelope jare baie wisselvallig en hul benodig
hulp uit die gemeenskap. Ons wil graag ‘n versoek rig aan elkeen wat kan bydra om ons te help
om ook hier ‘n verskil te maak.
‘n Behoeftebepaling is gedoen en die volgende items is as BROODNODIGE items geïdentifiseer.

Bederfbare produkte Nie-bederfbare produkte (vir kosblikke)


Boerewors Botteltjies water (500ml)
Weense worsies Boksies vrugtesap
Kouevleis
Toebroodjiesmere

Skenkings
 Skenkings kan direk by Paul Kruger Kinderhuis (728 31ste laan, Villieria, Pretoria, 0186)
afgelewer word.
 Die kontakpersoon is Alex Botha (012 332 1366/7).

Donasies

 Daar is ‘n behoefte aan klere vir die kinders en donasies word in dié geval verkies.
 Die skool het ‘n rekening oopgemaak waar kontantdonasies hiervoor gemaak kan word.
 Gebruik asseblief die volgende verwysing indien u ‘n donasie wil maak:
 U naam of naam van die onderneming + 237
 Anoniem237 in die geval waar u ‘n anonieme skenking wil maak.

Die projek eindig 28 Februarie 2023.


Navrae kan ook gerig word aan me L Bouwer by kultuur@oos-moot.co.za.

IDENTITEITSKAARTE

Die meerderheid van ons graad 11-leerders wat kwalifiseer vir ʼn ID-kaart, het nog nie een nie.
Identiteitskaarte is baie belangrik vir die leerders se graad 12-eksamens. Kan enige ouer/voog
wat ʼn kontak by Binnelandse Sake het dit asseblief met ons deel. Die kontakbesonderhede kan
aan me N Pfeil (graadvoog graad 11) gestuur word n.pfeil@oos-moot.co.za.
KENNISGEWING VAN BEHEERLIGGAAMTUSSEN-
VERKIESING 2023

Kennis geskied hiermee dat ʼn vergadering vir die nominasie van kandidate vir die verkiesing van
een (1) ouerlid vir die beheerliggaam van bovermelde skool op 20 Februarie 2023 vanaf 18:30 in
Hoërskool Oos-Moot se skoolsaal gehou sal word. Ouers van leerders wat amptelik by die skool
ingeskryf is en nie by die skool in diens is nie, mag as kandidate genomineer word.

Indien ʼn kworum nie bereik of meer ouerlede genomineer is, as wat verkies moet word nie, sal ʼn
tweede verkiesing op 6 Maart 2023 om 18:30 by Hoërskool Oos-Moot in die skoolsaal gehou
word. Nominasievorms is in hardekopie by die skool beskikbaar of elektronies op die skool se
webwerf.

KULTUUR

RASIELEIERS
Oudisies
Datum : 15 Februarie
Tyd : 15:15 tot 17:00
Plek : LO-saal

MUSIEKBLYSPEL
Ouervergadering
Datum : 16 Februarie
Tyd : 19:00
Plek : Skoolsaal

Navrae ten opsigte van kultuur kan gerig word aan kultuur@oos-moot.co.za.
SPORT

Die sportsoorte se inligting vir die seisoen word, sodra beskikbaar, op die onderskeie webbladsye
uiteengesit. In die nuusbrief sal slegs veranderinge en belangrike inligting ten opsigte van ʼn
sportsoort uitgelig word. Besoek asseblief die skool se webwerf gereeld om op hoogte te bly van
wedstryde/programme/uitslae, ensovoorts. Ons wens al ons leerders in die onderskeie
sportsoorte STERKTE toe waar hul deelneem.

ATLETIEK
 10 Februarie : Afgestel weens reën

 15 Februarie : UJ Goue liga (weg)


Program is beskikbaar op die webwerf.
Uitslae vir hierdie byeenkoms sal op whatsappskakels
gepubliseer word. Skakels op die webwerf beskikbaar.
Atlete vertrek om ongeveer 11:00, per bus, vanaf die skool.

 17 Februarie Zwartkopbyeenkoms
Atlete vertrek per bus vanaf die skool en sal geleentheid kry om
voor die byeenkoms te verklee in hul atletiekdrag.
Navrae kan gerig word aan atletiek@oos-moot.co.za

SWEM
15 Februarie : C-Bond Interhoër te Hillcrest swembad (Hatfield).
Die gala begin om 12:00 en swemmers vertrek per bus vanaf die skool.
Program is beskikbaar op die webwerf.
Navrae kan gerig word aan t.ferreira@oos-moot.co.za.
NETBAL
Proewe
 24 Februarie : 0/14, 0/15 en 0/16 (14:00)
 25 Februarie : 0/17 en 0/18 (08:00)

KRIEKET
Die aangepaste wedstrydbepalings en uitslae (soos ontvang) is op die webwerf beskikbaar.
Navrae kan gerig word aan j.redelinghuys@oos-moot.co.za.

OOSIE JUNIOR HOKKIE – GRATIS BEKENDSTELLINGSDAG


Die klub bied top gehalte afrigting deur kundige afrigters, basiese hokkievaardighede word geleer
en spelers word tegnies en takties ontwikkel.

Ons nooi alle 0/5 tot 0/14-leerders uit na ʼn gratis bekendstellingsdag by Oos-Moot se Astro.
Datum : Vrydag, 17 Februarie 2023
Tyd : 16:00 – 17:30
Plek : Hoërskool Oos-Moot Astro
Dit is GRATIS en gaan GROOT PRET wees!
Geen hokkiestok word vir die bekenstellingsdag benodig nie.
Registreer nou by: https://forms.gle/tJ39J5H6B8rGir3e8
Navrae kan gerig word aan astro@oos-moot.co.za

PRESTASIES
Baie geluk aan al ons leerders, atlete, spelers en deelnemers wat uitstaande prestasies lewer. Jul
opoffering, harde werk en deursettingsvermoë word in jul prestasies gereflekteer. Oosies is
ongelooflik trots op almal. Prestasies word geplaas soos ontvang.
AKADEMIESE PRYSUITDELING
Die akademiese prysuitdeling vir 2022 se akademiese prestasies is op 9 Februarie gehou en die
volgende uitstaande prestasies is behaal:

TAO-Toekenning
Hierdie toekenning word gegee aan die kind(ers) wat die meeste deursettingsvermoë (leefwyse en
volharding) getoon het. Die volgende leerders het hierdie toekenning ontvang:
Rudi Cornelius (Gr 9), Selene de Bruin (Gr 10) en Anzell le Roux (Gr11)
Akademiese toekennings
Die volgende leerders is aangewys as die Dux-leerder (topleerder) in hul graad vir 2022.

Leerder Graad Gemiddeld (%)


Jean Goodey 11 95.29
Emma Webb 10 90.19
Lune Coetzee 9 93.95
Tindall van der Merwe 8 94.13

BORGE

Ons bedank graag ons borge vir hul ondersteuning.

ADVERTERING IN DIE NUUSBRIEF

Belangstellendes kan me M Senekal kontak by webblad@oos-moot.co.za.


https://wenwetenskap.co.za

You might also like