Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 11

03/2023 20 Januarie 2023

MATRIEKS 2022 .....

Dit is vandag nie net ʼn GROOT DAG vir ons matrikulante nie maar ook vir die skool. Dit is met
trots en opgewondenheid wat ons elke matrikulant se uitslae met hul deel. Na ʼn vyf jaar
hoërskoolloopbaan weet ons beide die leerders en onderwysers wat by hul betrokke was, staan
vandag met ʼn glimlag op hul gesig en ʼn gevoel van tevredenheid in hul hart met dit wat elkeen
bereik het.

Ons het aan die begin van 2022 gesê dat ons werk vir ʼn 100% slaagsyfer en sê dankie aan almal
wat ons dit laat verwesenlik het. Dankie en geluk aan elkeen wat hulle doelwitte bereik het, die
vakonderwysers wat saam met julle hard gewerk het en almal wat elke matrikulant die afgelope
jaar ondersteun het.

Mag elkeen suksesvol


wees in wat hy of sy ook al
aanpak. Onthou, eenmaal
ʼn Oosie altyd ʼn Oosie.
Ons is baie trots op elkeen
van julle.
BELANGRIKE DATUMS

Die volgende belangrike datums vir ons leerders en ouers:


20 Januarie : Inhandiging van dokumentasie by die klasvoog:
Algemene voorwaardes en toelatingsbeleid
Skoolfondsbetalingsooreenkoms
POPI-Wet toestemmingsbrief (leerders)
Gedragskode (Positiewe en Negatiewe vermeldings)
Vrywaringsvorm (moet ongesertifiseerde afskrif van ID of
geboortesertifikaat aanheg)
1 Februarie : Graad 8: Gereedheidstoets – ‘n brief vir toestemming is op
16 Januarie 2023 uitgedeel en die skeurbriefie moet voor 1 Februarie
by die voog ingehandig word.

KALENDERVERANDERINGS

Die volgende veranderings op die skoolkalender vir ouers en leerders se aandag:


 30 Januarie : Hokkie ouervergadering vir alle ouderdomme (nie net 0/14)
 8 Februarie : Die Akademiese Prysuitdeling skuif na 9 Februarie
 4 Mei : Die Musiekfees skuif as gevolg van die PUK-reeks na 13 Mei.

TOETSROOSTER

Die toetsrooster vir kwartaal 1 is in harde kopie aan die leerders uitgegee en beskikbaar op die
skool se webwerf.
AKADEMIE

GRAAD 8-GEREEDHEIDSTOETSE
Dié toetsing help leerders en ouers in die besluitnemingsproses rondom gepaste vakkeuses in
graad 9. Dit word by die skool aangebied vir alle graad 8-leerders en wil ons alle leerders
aanmoedig om die toetsing te doen. Daar is GEEN koste verbonde aan die toetsing nie en
leerders ontvang ‘n formele skrywe in dié verband.

Belangrik: Alle graad 8’s kom op hierdie dag skool toe.

Datum: 1 Februarie 2023


Tyd: Skoolure
Die hele proses word deur Human Progress Management gekoördineer, in samewerking met
die skool en ʼn paneel van sielkundiges en psigometriste. Alle navrae in verband met die
toetsing en proses moet asseblief direk aan Human Progress Management gerig word. Hul
kontakbesonderhede is vervat in die skrywe wat leerders sal ontvang. Die skrywe is ook
beskikbaar op die webwerf.

DOKUMENTASIE
Ons verwys na die ondergenoemde dokumente wat op 16 Januarie 2023 vir voltooiing aan
leerders uitgegee is en herinner ouers aan die afsnydatum, 20 Januarie, vir die inhandiging van
die voltooide vorms by die voogonderwysers.
 Algemene voorwaardes en toelatingsbeleid
 Skoolfondsbetalingsooreenkoms
 POPI-Wet toestemmingsbrief (leerders)
 Gedragskode (Positiewe en Negatiewe vermeldings)
 Vrywaringsvorm (moet ongesertifiseerde afskrif van ID of geboortesertifikaat aanheg)
In die geval waar die vorms laat ingehandig word, moet u asseblief ʼn reëling tref met die
graadvoog en/of graadhoof.

SLUITKASTE (“LOCKER”)
Daar is nog enkele sluitkaste beskikbaar vir graad 8-leerders.

Die volgende sluitkaste is beskikbaar:


Gewone sluitkaste : R150 per sluitkas (vir handboeke, skrifte ens.)

Bespreking
 ʼn EFT betaling word gedoen met die volgende verwysing: Leerder se naam en van, graad.
Leerders wat met ʼn kaart of kontant wil betaal moet dit by die finansieskantoor doen.
 Leerder bespreek volgens graad, op die datum hieronder genoem, die spesifieke sluitkas by
die personeellid aangedui.
 Bespreking word gedoen met die bewys van betaling.
Graad Datum Personeellid en klaskamernommer
8 20 Januarie Me W Kalp (K17)

KLEREBANK
Die klerebank is die skool se TWEEDEHANDSE skoolklerewinkel, in die skoolgebou geleë en
word ná skoolure deur ʼn personeellid hanteer.

Hierdie diens bied die volgende vir ons leerders:

• Skoolklere (soos beskikbaar) vir ons mindergegoede leerders.


• Skoolklere (soos beskikbaar) kan ook teen billike pryse aangekoop word.
• Betalings: Geen kontantfasiliteite vir betaling is beskikbaar by die finansieskantoor.
Afsprake om die klerebank te besoek, moet asseblief VROEGTYDIG, per e-pos by
klerebank@oos-moot.co.za gereël word.

Belangrik: Daar is tans GEEN SPORTKLERE beskikbaar nie.


SKOOLFONDS - VRYSTELLINGS
Ons verwys na die Skoolfondsbetalingsooreenkoms wat ouers op 16 Januarie 2023 ontvang het
en wil dit graag onder u aandag bring dat hoewel u op hierdie vorm kan aandui dat u vir vrystelling
gaan aansoek doen, u STEEDS ʼn aansoekvorm om vrystelling moet voltooi. Die vorm is by die
skool se finansieskantoor of op die skool se webwerf beskikbaar. Die vorm moet voor einde
Februarie 2023 ingehandig word by die skool se finansieskantoor.

GRAAD 8-GROENTJIEKONSERT 2023


Die Groentjiekonsertoptredes is soos volg geskeduleer:
25 Januarie : Graad 8-groentjiekonsertoptrede vir leerders
26 Januarie : Graad 8-groentjiekonsertoptrede vir ouers
Kaartjies : Verkope open op Maandag, 23 Januarie, gedurende pouse in
me C Bezuidenhout (K65) se klas.
R20 per kaartjie (kontant).

VALENTYNSBAL
Die eerste sosiale geleentheid vir ons leerders is die Valentynsbal.
Datum : 11 Februarie 2023
Tyd : 18:00
Plek : Skoolsaal
Drag : Semi-formeel
Kaartjies : R100 per kaartjie
Tema : Phantom of the Opera
Foto’s : R60 per gedrukte A5-foto. Dadelik beskikbaar op die aand van die bal.
Betaling
• Betaal verkieslik elektronies (EFT).
• Kaartfasiliteite is ook beskikbaar in die finansieskantoor.
• Gebruik asseblief die verwysing GB170 met betaling.
• Bring jou betalingsbewys of strokie na die finansieskantoor om jou kaartjie(s) te ontvang.

JAARBLAAIE VAN VORIGE JARE

Die skool het ‘n aantal jaarblaaie vir die jare 2016 tot 2022 beskikbaar indien enige persoon sou
belangstel om een aan te koop. Koste is R40 per jaarblad. Kontakpersoon: me M Koelman
(koelmanm@oos-moot.co.za).

KULTUUR

OOSIE-ACAPPELLA
Die Oosie-Acappella is weer aan die sing en nooi jou, Oosie om te kom inskryf vir die oudisies.
Oudisievorms beskikbaar by me M du Preez (K100).

Oudisies:
Datum : 23 Januarie 2023
Tyd : 14:30
Plek : Restaurant
Kontakpersoon : Me M du Preez (m.dupreez@oos-moot.co.za)

TIENERTONEEL
Die ATKV-tienertoneel is ‘n unieke ervaring vir Oosie-leerders. Dit laat die leerders toe om hul
talente op die planke uit te leef, bied aan hulle positiewe blootstelling aan die teater en opbouende
kritiek vanaf gesoute akteurs en aktrises, dit laat hulle toe om hulself te meet teen ander skole
tydens gesonde kompetisie, dit skep ‘n onbreekbare spangees tussen die leerders en dit bevorder
hul selfvertroue.
Oudisies
Datum : 25 Maart 2023
Tyd : 15:00
Plek : LO-saal
Leerders : Graad 9 tot 12

MUSIEKBLYSPEL
Die musiekblyspel is ‘n ongelooflike skouspel van musiek, dans, drama en sang.
Oudisies
Datum s : 24 Januarie 2023
31 Januarie 2023
Tyd : 17:15 tot 21:00
Leerders kan by me L Bouwer in die Kultuurkantoor (atletiekhuis) ‘n
spesifieke tydgleuf bespreek.
Plek : Skoolsaal

Enige navrae ten opsigte van kultuuraangeleenthede kan gerig word aan me L Bouwer by
kultuur@oos-moot.co.za

AKTIWITEITSFOTOGRAWE
SKOOL SE ONTVANGS

Ons wil vriendelik versoek dat ouers asseblief nie onnodige pakkies vir leerders (klere, boeke,
kospakkies, tasse, kontant, geskenke, blomme, selfone, ensovoorts) by die ontvangs sal inhandig
nie. Die skool en ontvangs neem geen verantwoordelikheid vir enige pakkies nie. Slegs medikasie
kan in noodgevalle by die ontvangs afgegee word.

SPORT

Die sportsoorte se inligting vir die seisoen word, sodra beskikbaar, op die onderskeie webbladsye
uiteengesit. In die nuusbrief sal slegs veranderinge en belangrike inligting ten opsigte van ʼn
sportsoort uitgelig word. Besoek asseblief die skool se webwerf gereeld om op hoogte te bly van
wedstryde/programme/uitslae, ensovoorts. Ons wens al ons leerders in die onderskeie
sportsoorte STERKTE toe waar hul deelneem.

ATLETIEK
Byeenkomsdatums
27 Januarie : Abrie van Staden byeenkoms (Garsfontein)

Reëlings:
* Atlete vertrek per bus vanaf die skool.
* Leerders kom met hul skooldrag skool toe en sal geleentheid kry om te verklee voor die
byeenkoms.
* Leerders wat nie atletiekdrag het nie, kan deelneem in die skool se Oosie-drag.
* Die atletiekprogram vir hierdie byeenkoms, sal sodra beskikbaar, op die skool se webwerf
geplaas word.
SWEM
Byeenkomsdatums

Reëlings:
* Swemmers vertrek per bus vanaf die skool.
* Leerders kom met hul skooldrag skool toe en sal geleentheid kry om voor die byeenkoms in
hul swemklere te verklee.
* 'n Program (indien beskikbaar) sal op die skool se webwerf geplaas word, sodra ons dit ontvang.

Sportnavrae kan gerig word aan: sport@oos-moot.co.za

PRESTASIES

Baie geluk aan al ons atlete, spelers en deelnemers wat uitstaande prestasies lewer. Jul
opoffering, harde werk en deursettingsvermoë word in jul prestasies gereflekteer. Oosies is
ongelooflik trots op almal. Prestasies word geplaas soos ontvang

ATLETIEK
Interhuis – 17 Januarie 2023
Die AMPTENARE klop die Burgers en Heemrade met 1000 punte.

Die Victor en Victrix Ludorum is hierdie jaar gekies op grond van ‘n atleet se beste 5 uitslae
(gesamentlike ASA punte). Die beste baan- en veldprestasie is gemaak op die enkele beste
poging van enige item in die baan of veld (hoogste ASA-punte).

VICTRIX LUDORUM
Junior dogter Telana Breytenbach 3519
Senior dogter Aretha de Beer 3498
VICTOR LUDORUM
Junior seun Arno Badenhorst 2622
Senior seun Nick Venter 2505

BESTE UITSLAE
Beste junior baanatleet (dogter) Liné Botha 821
Beste junior baanatleet (seun) Leandro Delport 735
Beste senior baanatleet (dogter) Micyla Botha 833
Beste senior baanatleet (seun) Matthew Burnett 824
Beste junior veldatleet (dogter) Lian Viljoen 783
Beste junior veldatleet (seun) Leandro Delport 874
Beste senior veldatleet (dogter) Monique Geldenhuys 855
Beste senior veldatleet (seun) Jeaques Barnard 695

SAGTEBAL
Ons gelukwense aan mej T Ferreira (assistent onderwyseres), lid van die TSA Red Sox team, is
gekies om as distrikbestuurder die Tshwane Sagtebalvereniging te verteenwoordig by die jaarlikse
Gordon Monk toernooi van Sagtebal Suid-Afrika. Die toernooi vind vanaf 27 tot 29 Januarie 2023
in Kempton Park plaas.

ADVERTERING IN DIE NUUSBRIEF

You might also like