Betowerende Avonture

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 14

1

NAAM EN VAN: ___________________________________

HOËRSKOOL KEMPTON PARK


ONDERWYSER: ME. J. VAN STADEN
EKSAMINATOR: ME. T ENGELBRECHT GR 11 ONTWERP PAT 1
INTERNE MODERATOR: ME. C Buys KWARTAAL 1 2023
EKSTERNE MODERATOR: ME. J. van Staden “BETOWERENDE AVONTURE”
DATUM UITGEDEEL: 16 JANUARIE 2023 INHANDIGINGSDATUM: 16 MAART 2023

“Betowerende Avonture"
OPDRAG:
Exclusive Books het jou gevra om ’n reeks poskaarte en verpakking te ontwerp met die tema “Betowerende
Avonture”. In die tyd waarin ons leef, is dit moeilik om betowerende en magiese avonture te hê. Ons almal het ’n
nostalgiese verlange na ’n kleurvolle reistog. Hierdie PAT opdrag beoog om jou uitleg vermoëns te verbeter. Ondersoek
hierdie tema deur met kreatiewe oplossings vorendag te kom. Kyk na die onderstaande konsepte vir inspirasie:

• ’n Reistog deur jou drome


• Avonture in ’n fantasiewêreld
• Ontsnap na jou eie betowerende avontuur
• Magiese en spesiale oomblikke
• Fantasiewêrelde
• Padkaarte, reistog, avontuurlustig, ontsnapping, herinneringe van eenvoudiger dae,
verlange, nostalgie, stories, verhale, mites, dagdroom

ONTWERP | GRAAD 11 | PAT 1 2023


2

BENODIGHEDE VIR PAT 1: AFDELING A: VISUELE BRONBOEK (50%)


• 1 x A3 visuele Bronboek
Die tema vir jou visuele bronboek is “Find me in the Tropics". Gebruik
• Gouache hierdie tema op ‘n UNIEKE en INTERESSANTE manier regdeur jou
• Kwaste (sagte kwassies 3, 6, 8, 10, 0, 000) visuele bronboek. Onthou om die uitleg en komposisie van jou
• Grafiet tekenpotlode (2H-6B) en kleurpotlode inhoudsopgawe, opskrifte, sub-opskrifte, bladsynommers en die
INVOEGING VAN JOU OPDRAG IN ‘N SAKKIE in ag te hou. Al die kuns
• Monteer gereedskap elemente op jou bladsye moet in harmonie met mekaar wees om ‘n
• 300g Fabriano papier eenheid te vorm. Onthou dat die kuns– en ontwerpbeginsels toegepas
moet word in die uitleg van jou bronboek. MOENIE ‘WINDOW-DRESS’
• A3 Trace papier
OF ‘SCRAPBOOK’ NIE ASB! Jy KAN en MAG jou eie visuele bronboek
• Koki-pen OF copic markers SELF maak en bind. Geniet dit!

BLY ASB. WEG VAN DIE VOLGENDE IN JOU BRONBOEK:


•“Scrapbooking”
(geen hout/linte/plakkers/gekoopde raampies nie asb.)
•Tekenprente soos Cartoons
•Feetjies, dwergies en drake
•Vlinders
•Musieknote
•Die aardbol (veral waar twee hande dit vashou)
•Dwelms en alkohol
•Landsvlae
•Vreeslik baie teks

ONTWERP | GRAAD 11 | PAT 1 2023


3

DOEN ASB. DIE VOLGENDE IN JOU BRONBOEK: JOU A3 BRONBOEK BOEK MOET UIT DIE VOLGENDE BESTAAN:

1. Voorblad met ’n kleurpotlood skets wat jou “Betowerende Avonture”


• SKETSE SKETSE SKETSE! uitbeeld. Saam met die skets moet KWARTAAL 1 en “Pat 1” skryf. Die
• Naaldwerk tema moet ook op die voorblad verskyn. MOENIE FABRIANO
GEBRUIK NIE!
• “Cut -outs” 2. Pat sakkie: Plaas jou PAT opdrag in die sakkie.
• Pop-ups 3. Inhoudsopgawe
• Stensels PAT Sakie met Inhoudsopgawe
Naam, van, graad opdrag
• Mooi tipografie wat jy self geteken/”trace” het Pat 2

• Interessante komposisies
• ENIGE IETS WAT KREATIEF EN BUITE DIE BOKS IS!

4. INSPIRASIE SKETSE (1 X A3)


Versamel variasie van verf kleurkaarte(Builders warehouse). Jy
kan enige kleure gebruik maar diet moet “Betowerende
Avonture” uitbeeld. Kies 3 of 5 kleurkaarte. Jy gaan in elke
blokkie op die kleurkaarte die volgende met Gouache verf:

• Verskillende dierlike balonne in verskillende kleure (Jess


Koons)
• Karretjies in verskillende kleure. Gebruik minibus, volksie en
vespa asook italiaanse voertuie as inspirasie.
• Verskillende gekleurde sampioene

• Plak die kleuraarte op ‘n A3 bladsy in jou bronboek

ONTWERP | GRAAD 11 | PAT 1 2023


4

5. MOOD BOARD (1 X A3):

'n Mood board is 'n visuele hulpmiddel wat ons TEKSTUUR FONT
konsepte en visuele idees kommunikeer. Dit is 'n
goed deurdagte en beplande rangskikking van
beelde, materiale, teks en ontwerpe wat bedoel is
om 'n spesifieke styl of konsep uit te beeld.
PATROON TEKSTUUR
Aan die regterkant is ’n templaat wat jy spesifiek moet
volg wat jou mood board (A3) van “Betowerende
Avonture” gaan uitbeeld. Jy is welkom om die
moodboard digitaal te doen MAAR jy moet die volgende
met die hand doen:
KLEURE
• Kleure (gouache)
• Geillustreerde elemente (koki-pen en fine liner) GEïLLUSTREER
• Patrone (x 2 in gouache en fine liner) LOGO
DE ELEMENTE

SLOGAN PATROON

Geïllustreerde elemente

ONTWERP | GRAAD 11 | PAT 1 2023


5
6. NAVORSING. (1 X A3 Fabriano papier / goeie tekenpapier)

Catherine Campbell is ‘’n bekende Austriliaanse ontwerper wat bekend is vir haar unieke
illustrasies van vrouens. Gaan kyk na haar werk op http://www.catherinecampbell.net. Of
http://instagram.com/catherine _campbell.

Lees die onderhoud met haar op


http://thefinderskeepers.com?blog/2009/05/featured-artist-catherine-campbell/
Vind ook meer uit van haar op die internet. Sluit die volgende in jou
navorsing in:

• Waar woon sy?


• Watter mediums gebruik sy?
• Beskryf haar style n tergniek.
• Hou jy van haar werk? Motiveer.

Kies een van haar ontwerpe. KOPIEER nou hierdie illustrasie van haar. Analiseer hierdie illustrasie deur na die volgende te
verwys: Kleur, Lyn, vorm, patroon, fokuspunt, inspirasie, balans en ritme.

7. STROKIESPRENT SELFIE (1 x A4 Fabriano papier / goeie tekenpapier)

Neem twee interessante portret selfies. Speel met lekker interessante gesigsuitdrukkings. Die twee
toeps, Voila Al Artist en Toon Me. Werk baie goed. Kies enige twee kreatiewe foto’s en print dit uit.
Gebruik die volgende twee mediums om ‘’n kopie van jou strokiesprent-selfie te skep:

• Gouache (1 x A5)
• Grys potlood (1 x A5)
• Plak die foto’s langs elke van jou geferfde illustrasie en skets.
ONTWERP | GRAAD 11 | PAT 1 2023
6
8. MY HUIS IS WAAR MY HART IS (1 x A5 Fabriano papier / goeie
tekenpapier)

Skep ‘’n denkbeeldige droomskets van jou huis. Kyk na die voorbeelde regs.
Hierdie skets moet die uitbeelding van jou ideale huis uitbeeld. Jy moet ‘’n huis
kombineer met plante en illustratiewe elemente. Hierdie skeisie moet in
gouache geverf word op fabriano papier

9. GROEI JOU EIE VERBEELDE WêRELD (1 x A4 Fabiano Papier)

Skep jou eie verbeelde en kreatiewe terrarium. ‘’n Terrarium is ‘’n


glaskas waarin plante of klein diertjies (skook skilpaaie) gehou word.
Onthou die elemente wat jy vir jou terrarium gebruik, moet aansluit by
die tema van jou PAT. Jy gaan jou terrarium in gouache op Fabriano
papier verf.

10. EKSPERIMENT (1 x A4)

Gerbruik jou terrarium skets as inspirasie en skep ’n gekleurde papier


terrarium. Gebruik verskillende kleur papier; getekstureerde tekstuur
papier en papier met mooi patrone op. Wees kreatief. Gebruik ‘’n fyn
matmessie om verskillende vorms ui papier te sny.

ONTWERP | GRAAD 11 | PAT 1 2023


7
11. BEPLANNING EN UITLEG (1 x A3 Fabriano papier / goeie tekenpapier)

Jy gaan 3 poskaarte moet ontwerp en verpakking daarvan. Kyk na die interssante uitlegte regs vir inspirasie. Jy gaan die
voor en-agterkant van die poskaart ontwerp. Sjets 3 verskillende uitlegte (voorkant) in pen. Saam met jou uitlegte moet
jy ook die volgende byvoeg:

• Die kleure wat jy mootnlik wil gebruik (verwys terug na jou kleurkaarte) in
gouache
• Die moontlike fonts / tipografie (fineliner en gouache)
• Die moontlike illustratiewe elemente (Patrone, vorms, fatsoene in gouache)

Jou AS Bladsy in jou bronboek moet soos volg ontwerp word:

ONTWERP | GRAAD 11 | PAT 1 2023


8
7. VERPAKKING IDEES (1 x A3 FABRIANO papier / goeie tekenpapier):

Ondersoek verskillende oorspronklike verpakkingsidees vir jou poskaarte.


Speel met die volgende idees; cut-outs met jou poskaarte wat deurskyn, lap
koevert met borduurwerk op, ’n leer omhulsel waarop jy verf, ’n unieke
oopvou boksie, ’n klein lap sakkie of ’n karton sakkie. Daar is duisende
idees! Gaan doen navorsing op Pinterest en kies ’n verpakkingsomhulsel
wat by JOU "Betowerende Avontuur" pas.

Skets 3 verskillende verpakkingsomhulsels vir jou poskaarte in fine


liner. Voeg kleure met gouache by. Skryf jou inspirasie en konsep agter
die verpakking ook langsaan jou ontwerpe neer.

8. TONALE SKETS (1 X A4): (Maak seker jou skets het ‘n 1cm raampie)

Kies een van jou gunsteling beplanningsidees vir jou poskaarte. Ontwikkel dit verder (voeg objekte
by/vat weg/verander die komposisie). Skets hierdie idee in grys potlood op ’n A3 papier en
monteer die skets in swart karton.

14. INTENSIE EN REFLEKSIE: (1 x A3)

Hierdie is ’n geskrewe stukkie in jou visuele Bronboek waar jy moet


reflekteer oor die proses wat jy afgehandel het in jou bronboek.
Beantwoord die volgende vrae:

• Wat beteken “Betowerende Avonture” vir jou?


• Wat was vir jou uitdagend van hierdie projek?
• Hou jy van bladsy uitleg? Motiveer.
• Wat het jy geleer?
• Hoe sal jy die projek anders benader het?

ONTWERP | GRAAD 11 | PAT 1 2023


9

Voltooi ’n volle A4 bladsy deur die bogenoemde vrae te beantwoord.

TYDSBESTUUR is ONGELOOFLIK belangrik wanneer jy ’n praktiese vak soos Ontwerp neem. Jy het ELKE
dag huiswerk en moet ELKE dag aan jou sketse werk anders gaan jy nie klaarkry nie en ook nie verbeter nie.
Stel vir jouself ’n rooster op waarvolgens jy werk. Kom praat met jou vakonderwyseres as jy vasbrand!

AFDELING B: FINALE ONTWERP (50%)

Ontwerp 3 verskillende poskaarte (voor en -agterkant) asook ’n


kreatiewe verpakking vir die poskaarte wat die tema “Betowerende
Avonture” uitbeeld. Hier is jou riglyne:

• Die poskaarte moet ’n 14.8 cm x 10.5 cm wees. Jy kan ENIGE formaat


ontwerp; horisontaal, vertikaal of ’n ronde poskaart. Jy kan ook jou
poskaart in ’n spesifieke vorm sny! Wees kreatief!
• Ontwerp die verpakking waarin jou poskaarte gebêre gaan word. Jy
moet die elemente en tipografie opn die verpakking verf met gouache,
koki en filt pen.
• Hou jou ontwerpelemente en -beginsels in ag wanneer jy die verpakking
ontwerp.
• Jou verpakking MOET uiters NETJIES aangebied word.
• Gebruik ’n matmessie om jou verpakking netjies te sny.

ONTWERP | GRAAD 11 | PAT 1 2023


10

GEDOEN
INHANDIGINGSDATUMS EN CHECKLIST

1. Voorblad, inhoudsopgawe, PAT sakkie 3 x A3 24 JANUARIE

2. Inspirasie skeste 1 x A3 27 JANUARIE

3. Navorsing 1 x A3 2 FEBRUARIE

1 x A5
4. Strokiesprent selfie 6 FEBRUARIE
1 x A5

5. My huis is waar my hart is 1 x A5 10 FEBRUARIE

6. Groei jou eie verbeelde wêreld 1 x A4 16 FEBRUARIE

7. Eksperiment 1 1 x A4 21 FEBRUARIE

8. Beplanning en uitleg 1 x A3 24 FEBRUARIE

9. Verpakking idees 1 x A3 28 FEBRUARIE

10. Tonale Skets 1 x A3 3 MAART

16 MAART
11. Intensie en Refleksie 1 x A3
HANDIG OOK BRONBOEK IN

Eie keuse maar moet


12. Finale Ontwerp: Poskaarte en
ongeveer 14.8 cm x 16 MAART
verpakking
10.5 wees

ONTWERP | GRAAD 11 | PAT 1 2023


11

VERKLARING VAN OORSPRONKLIKHEID


Die Visuele Kuns en Ontwerpkuns Departement van die Hoërskool Kempton Park lê sterk klem op integriteit en etiese gedrag in die voorbereiding van alle visuele
en/of geskrewe werk wat vir akademiese evaluering ingedien word.

Akademiese personeel leer u hoe om verwysingstegnieke te gebruik om plagiaat te vermy, maar u het ook ’n verantwoordelikheid in hierdie verband. Indien u in enige
stadium onseker is oor wat van u verwag word, is dit u verantwoordelikheid om u onderwyseres te raadpleeg voordat u enige visuele en/of geskrewe werk indien.

U is skuldig aan plagiaat wanneer u iets uit ’n ander kunstenaar of outeur se werk (bv. ’n boek, artikel of webtuiste) kopieer sonder om erkenning aan die bron te gee
en dit as u eie werk aanbied. U is in werklikheid besig om iets wat aan iemand anders behoort, te steel. Dit geld nie net slegs wanneer u werk woordeliks kopieer nie,
maar ook wanneer u iemand anders se werk in ’n effense gewysigde formaat (geparafraseer) aanbied of ’n argument gebruik sonder om erkenning daaraan te gee. U
mag nie werk indien wat voorheen deur ’n ander leerder geskep is nie. U mag ook niemand toelaat om u werk te kopieer met die bedoeling om dit as sy/haar eie werk
aan te bied nie.

Leerders wat hulself skuldig maak aan plagiaat, sal geen krediet vir die geplagieerde werk ontvang nie. Die aangeleentheid kan ook na die Komitee vir Dissipline verwys
word vir ’n beslissing. Plagiaat word as ’n ernstige oortreding van die skoolreëls beskou en kan tot skorsing uit die skool lei.

Alle visuele of geskrewe werk wat u indien terwyl u ’n leerder aan die Hoërskool Kempton Park is, moet die volgende verklaring bevat. Geen portefeulje werk sal
aanvaar word indien die verklaring nie voltooi en aangeheg is nie.

Volle name en van: _________________________________________________

Graad: _________________________________________________

VERKLARING

• Ek verstaan wat plagiaat is en is bewus van die skool se beleid in hierdie verband.

• Ek verklaar dat hierdie portefeulje/geskrewe werk my eie, oorspronklike werk is. Indien ander mense se werk gebruik is (hetsy uit ’n gedrukte bron, die Internet of
enige ander bron), is dit behoorlik erken en is daarna verwys in ooreenstemming met die skool vereistes.

• Ek het nie werk wat voorheen deur ’n ander dogter of enige ander persoon geskep is, gebruik om dit as my eie in te dien nie.

• Ek het nie en sal nie toelaat dat enigiemand my werk kopieer met die bedoeling om dit as haar eie werk aan te bied nie.

HANDTEKENING: ______________________________________________

ONTWERP | GRAAD 11 | PAT 1 2023


12
PAT OPDRAG: VERSUIM OM OPDRAGTE (SKETSE) BETYDS IN TE HANDIG

• Ek onderneem om my werk op die gegewe inhandigingsdatums in te dien.


• As my werk nie op die gegewe datum ingedien word nie, sal dar -1 punt per dag afgetrek word totdat die werk ingehandig word.
• Slegs ’n geldige doktersbrief/brief van my ouers sal aanvaar word vir werk wat laat ingedien is.

Ek, _________________________________ verklaar hiermee dat ek nie op die gegewe datum, soos hierbo aangedui, my opdrag ingehandig het nie. Ek
neem kennis dat ek met punte gepenaliseer kan word en na ‘n sekere tyd ‘n 0 vir die opdrag kan ontvang. Ek neem ook kennis dat my ouers in
hierdie verband gekontak sal word, een week na die oorspronklike inhandigingsdatum.

_____________________________________ ____________________________________
HANDTEKENING VAN LEERDER DATUM

_____________________________________
HANDTEKENING VAN OUER/VOOG

ONTWERP | GRAAD 11 | PAT 1 2023


13

HOËRSKOOL KEMPTON PARK

GR 11 ONTWERP

PRAKTIESE ASSESERINGSRUBRIEK

FINALE ONTWERP (50%)

0 1-2 3-4 5-6 7-8 9-10

Nie gedoen Onder- Bo- TOTAAL


Elementêr Gemiddeld Uitstaande
nie gemiddeld gemiddeld

1. KREATIWITEIT: Oorspronklikheid, idee en benadering tot projek. 20

2. ONTWERP BETROKKENHEID: Ontwerpelemente en beginsels. 20

3. TEGNIEK: Vaardighede en metodes in die gebruik van gouache. Die 20


volgende word in ag geneem: lyn, proporsie en tonale waardes.

4. ONTWERPOPLOSSING: Tydsbestuur. Die ontwerp is in die gegewe tydsduur


20
voltooi.

5. AANBIEDING: Finale ontwerp is netjies gemonteer en werk word 20


professioneel aangebied.

TOTAAL /100

KOMMENTAAR:

HANDTEKENING VAN ONDERWYSERES:

ONTWERP | GRAAD 11 | PAT 1 2023


14

HOËRSKOOL KEMPTON PARK


GR 11 ONTWERP
PRAKTIESE ASSESERINGSRUBRIEK

VISUELE BRONBOEK (50%)


0 1-2 3-4 5-6 7-8 9-10
TOTAAL
Nie gedoen Elementêr Onder-gemiddeld Gemiddeld Bo-gemiddeld Uitstaande

1.VISUELE BRONBOEK ORGANISERING: Naam en van voor op boek, opdrag is in ‘n


5
sakke met ‘n kreatiewe visuele bronboek voorblad & inhoudsopgawe.

2. INSPIRASIE SKETSE: Kreatiewe sketse van dierlike balonne, karre en sampioene


10
op kleurkaarte

3. NAVORSING: Goeie navorsing oor die ontwerper. ’n Goeie kopieering van een
10
van haar ontwerpe en analise van die spesifieke ontwerp voltooi.

4. STROKIESPRENT SELFIES: Kreatiewe foto’s geneem. Goeie tekenvaardighede en


10
illustrasietegnieke getoon.

5. MY HUIS IS WAAR MY HART IS: Kreatiewe benadering tot die skets. Goeie
10
tekenvaardighede en skildertegnieke getoon in die sketse.

6. GROEIE JOU EIE VERBEELDE WêRELD: Kreatiewe benadering tot die skets.
10
Goeie tekenvaardighede en illustrasie-werk getoon.

7. EKSPERIMENT 1: Kreatiewe benadering tot die papierskets. Netjies uitgesny. 10

8. BEPLANNING EN UITLEG:Goeie bladuitleg. Kreatiewe benadering tot die


10
poskaart idees, kleurgebruik, quotes, patrone en geïlustreetde elemente.

6. VERPAKKING IDEES: Kreatiewe en oorspronklike verpakkingsidees wat


10
doelgerig pas by die funksie van poskaarte.

INTENSIE EN REFLEKSIE: Volledig voltooi 5

5. TONALE SKETS: Goeie tekenvaardighede en netjiese montering. 10

TOTAAL /100

KOMMENTAAR:

ONTWERP | GRAAD 11 | PAT 1 2023


HANDTEKENING VAN ONDERWYSERES:

You might also like