Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis - Graad 7 Kwartaal 3

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 9

SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS | GRAAD 7

Kwartaal 3

Module 6: Kolonisasie van die Kaap gedurende die 17de en 18de eeu

Eenheid 1: Hersiening van Graad 5

Inheemse bewoners: Mense wat op plek woon waar hulle oorspronklik vandaan kom

Sjamane: Lede van sekere stamme wat tussen natuurlike en bonatuurlike wêreld beweeg,
genesers.

Beswyming: Om in droomagtige toestand te verkeer.

Inheemse inwoners van die Kaap in die 17de eeu

Die San-jagter-versamelaars

• Natuur gerespekteer – net gevat wat hulle nodig het.


• Alles wat hulle gebruik – van klip, vel en bene gemaak.
• Kennis van plante gebruik om medisyne te maak.
• Klein familie groepies van 15 tot 20 mense.
• Het in grotte en rotsskuilings gewoon.
• Al die volwassenes het saam besluite geneem en almal was gelyk.
• Uit rotskuns leer ons oor hul lewens en oortuigings.
• Hulle het vure gemaak om kos te kook en stories om die vuur vertel.
• Mans het pyl en boë gebruik om te jag.
• Nie gewasse geplant of trope diere aangehou nie.
• Verskillende tye van die jaar na verskillende plekke beweeg om kos te soek.
• Vroue en kinders het kos soos plantwortels, bessies, vrugte, voëleiers en heuning
bymekaar gemaak.

Die Khoi-veewagters

• Het beeskuddes en troppe skape aangehou.


• Hulle het nie gewasse geplant nie.
• Hulle het gejag, vis gevang en plantwortels en bessies bymekaar gemaak.
• Hulle het melk gedrink van diere wat hulle aanhou.
• Hutte gebou van pale en riete of dierevelle.
• Hulle het rondgetrek soos seisoene verander om weivelde vir diere te kry.
• In familiegroepe gewoon, wat stamme genoem is.
• Soms het stamme saamgesmelt en groter stamgroepe gevorm van tot 200 mense.
• Stamhoofde en kapteins het namens groep besluite geneem.
• Die San en Khoi het dikwels in selfde gebied gewoon.
• Soms het hulle by mekaar aangesluit. Die groep is dan die Khoisan genoem.

© All Rights Reserved wizeup.online


SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS | GRAAD 7
Kwartaal 3

Waar boere uit Afrika gaan woon het

• Sekere boere se voorouers het verder noord uit Afrika gekom.


• Het 2000 jaar gelede suidwaarts getrek – in Suidelike Afrika beweeg.
• Hulle het gewasse geplant. Dit het somerreën nodig gehad.
• Daarom het hulle nie in die Wes-Kaap, ʼn winterreënvalstreek gaan woon nie.
• Hulle het in oostelike en noordelike gebiede van suidelike Afrika gewoon.
• Hul voorouers het ongeveer 250 n.C. hier aangekom.
• Het gemengde boerderye gehad. Diere en gewasse soos manna, sorghum en mielies.
• Het hul eie kos geplant, nie nodig gehad om rond te trek soos Khoi en San nie.
• In gevestigde gemeenskappe (statte) gewoon.
• In stamgroepe gewoon, onder beheer van hoofman of kaptein.
• Groter stamgroepe het uit duisende bestaan.
• Hulle het beeste aangehou – vleis en melk gebruik vir kos, velle vir klere en skilde.
• Beeste as rykdom beskou.
• Hulle is soms Ystertydperk-boere genoem. Hulle het met yster gewerk.
• Hulle het yster ontgin en dan gereedskap gemaak om mee te jag en plaaswerk te
doen.
• Stamgroepe het met mekaar handel gedryf.
• Oral was handelsnetwerke. Ruilhandel het plaas gevind met artikels soos ysterware,
ivoor, erdewerk en beeste.
• Sommige stamgroepe het kralewerk en beeldhouwerk gedoen.
• Het hul eie kultuur en godsdiens beoefen.
• Het geglo dat geeste van voorvaders met die groot gees / skepper kontak maak.
• Daar was kontak tussen boere en Khoisan.
• Klikklanke in tale soos Xhosa en Zoeloe kom uit Khoisan-tale.
• Elke stad het uit hutte bestaan, in ʼn kring gebou.
• Graan in middel van stad gestoor. Beeste ook snags in middel oor hulle waardevol
was.

Eenheid 2: Nederlandse nedersetting

• Voor 16de eeu het Europa handelsware uit ooste gekry by Arabiese handelaars.
• Hierdie handelaars het handelsroete oor land beheer.
• Europese lande wou seeroete vind om self met Ooste handel te dryf.
• Roete moes om punt van Afrika gaan tot in Indiese Oseaan.
• Portugese het eerste die seeroete ontdek.
• Hollanders het dit ook later gebruik om met Spesery-eilande in Ooste handel te dryf.
• Speserye was kosbaar. Hollanders het beheer oor eilande geneem en dit Nederlands-
Indië genoem.

© All Rights Reserved wizeup.online


SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS | GRAAD 7
Kwartaal 3

• Seereis tussen Europa en Spesery-eiland lank en gevaarlik.


• Skepe beskadig in storms en matrose het siek geword.
• Hulle moes ʼn plek vind om vars kos en water te kry en hul skepe te herstel.
• Hollandse handel met Ooste is beheer deur maatskappy – Nederlandse Oos-Indiese
Kompanjie (NOIK) of VOC soos die Hollanders dit genoem het. (Vereenigde Oost-
Indiesche Comagnie)
• VOC het besluit Kaap is halfpad en goeie plek vir stasie.

*Bron A – Bladsy 104

Redes vir die VOC (NOIK) se permanente nedersetting aan die Kaap in 1652

• Hollandse setlaars het 1652 onder leiding van Jan van Riebeeck aan wal gegaan.
• Nedersetting is begin waar Kaapstad vandag is.
• Hulle het huise gebou, tuine aangelê, ʼn fort en hospitaal gebou.
• Hout om skepe reg te maak is uit die bosse op die berg gekry.
• Hulle het vleis by die Khoi gekoop wat reeds in die Kaap gebly het.
• Hulle was nie van plan om ʼn permanente nedersetting te stig nie.
• Hulle het na 5 jaar van plan verander omdat hulle moes plase aanlê om groente te
kweek, want hulle kon nie genoeg voorsien aan die matrose.

Gevolge van die Hollandse nedersetting

Slawe aan die Kaap

• Voor Hollanders, geen slawe in Suid-Afrika.


• In volgende 150 jaar van hulle aankoms het hulle meer as 30 000 slawe na die Kaap
gebring om in huise en op plase te werk.
• Dit was nie deel van Trans-Atlantiese slawehandel nie.
• Byna alle slawe in Kaap het van plekke gekom wat aan Indiese Oseaan grens.

Waarom slawe na die Kaap gebring is

• Hollanders het eie plase ontwikkel om genoeg kos te voorsien aan die skepe.
• Hulle het werkers vir plase nodig gehad.
• Khoi wou nie vir Hollanders werk nie, hulle wou onafhanklik (nie beheer deur
iemand) wees.
• Hollanders het reeds slawe in Asië gebruik. Het besluit om ook slawe na Kaap te
bring.

* Bron C – Bladsy 106

Waar slawe vandaan gekom het

• Eerste slawe van Angola en ander dele van Wes-Afrika.


© All Rights Reserved wizeup.online
SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS | GRAAD 7
Kwartaal 3

• Daarna meestal plekke wat Indiese Oseaan gegrens het. Hollanders het daar handel
gedryf en kolonies gehad.
• Slawe het baie verskillende tale gepraat en verskillende godsdiens en kultuur gehad.

Hoe slawe na die Kaap gebring is

• Slawe is tydens invalle of oorloë gevange geneem en verkoop aan slawehandelaars.


• Sommige heersers het hulle vir gewere verruil.
• VOC-amptenare van kolonies in Asië het slawe verkoop op pad terug Europa toe.
• In Nederland mag hulle nie slawe aanhou.
• Mense wat teen Hollanders in hul eie land geveg het, is as gevangenes na Kaap
geneem.

Hoe dit was om ʼn slaaf aan die Kaap te wees

• Slawe is veiling aan hoogste bier verkoop.


• Lede van een gesin dikwels aan verskillende eienaars verkoop.
• Slawe soms meer as een keer verkoop in hulle lewe en baie soorte werk gedoen.

Oorsake en gevolge van slawe se verset van die Kaap

Opsigter: Iemand dat kyk dat ander werk deeglik doen.

Loesing: Pak slae

Genade: Gaafheid wat bewys word deur persoon in magsposisie aan iemand anders

Verset: Om te probeer keer dat iets gebeur.

Opstande: Wanneer mense in ʼn land teen hul eie regering rebelleer.

• Slawe moes streng reëls gehoorsaam.


• Hulle het weerstand gebied deur die volgende te doen:
o Deur stadig te werk.
o Hulle het gemaak of hulle nie verstaan wat hulle moet doen nie.
o Gereedskap gebreek.
o Geboue aan die brand gesteek.
o Hulle het gemaak of hulle siek is of hulself beseer.
• Slawe het ontsnap en op Tafelberg gaan wegkruip.
• Groep slawe het ontsnap en in ʼn grot gebly by Hangklip tot hulle weer gevang is.
• Twee slaweopstande het in Kaap plaasgevind.
• Dit was moeilik om teen hul eienaars op te staan. Hulle het verskillende tale gepraat
en ver van mekaar gewoon.
• Die Tulbagh-kode van 1754 was ʼn wet wat bepaal het hoe slawe behandel moes
word. Voorskrifte:

© All Rights Reserved wizeup.online


SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS | GRAAD 7
Kwartaal 3

o Slawe moes na 10 saans binnenshuis wees.


o Slawe mag nie ʼn strate perd ry of wa bestuur.
o Mag nie saans sing, fluit of enige geluid maak.
o Mag nie in kroeë ontmoet, alkohol koop of op vakansiedae in groepe
bymekaar kom.
o Mag nie by ingang van kerk saamdrom tydens diens.
o Mag nie in straat stop om met ander slawe te praat.
o Slawe wat boer beledig mag loesing kry en vasgeketting word.
o Slawe wat eienaar slaan mag geen genade ontvang en moet dood gemaak
word.
o Slawe mag nie gewere by hulle hê nie.

Nalatenskap van die slawe aan die Kaap

Erfenis: Dit wat jy uit verlede of van jou voorouers erf.

Nalatenskap: Dit wat jy aand die mense wat na jou kom nalaat.

Verban: Weggestuur te word uit jou land as straf, gewoonlik omdat jy ander politieke
oortuigings het.

• Werk van slawe aan die Kaap het gehelp om Suid-Afrika te bou.
o Baie geboue gebou
o Vrugte-, graan- en wynplase uit te brei.
o Bygedra tot die ryk kulturele erfenis.
• Dit is die nalatenskap van die slawe.

Islam

• Godsdiens Islam is na Kaap gebring deur slawe en ook politieke leiers wat na die
Kaap verban is.
• Daarom is daar soveel moskees in Kaapstad.

Die ontwikkeling van die Afrikaanse taal

• Slawe het Hollandse taal van hul eienaars aangepas en woorde uit hul eie kultuur
bygevoeg.

Vryburgers

Vryburgers: Boere wat nie meer vir VOC werk nie (burger is lid van die land)

Vlugtelinge: Mense wat uit hul land moes vlug weens gevaar.

Verdeeldheid: Iets wat verdeeld is of in verskillende gedeeltes opgedeel is.

© All Rights Reserved wizeup.online


SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS | GRAAD 7
Kwartaal 3

Vervolg: Op ʼn wrede en onregverdige manier behandel te word, dikwels weens ras of


godsdiens.

• VOC het nie beplan om groot kolonie in Kaap tot stand te bring.
• Nedersetting het uitgebrei toe VOC aan mans wat vir hulle gewerk het toestemming
gee om privaat te boer.

Hollandse boere

• Eerste Hollandse boere, Vryburgers genoem. Werk nie meer vir VOC nie.
• Plase aan voet van Tafelberg langs Liesbeekriveir gekry.
• Groente en vrugte gekweek om aan Hollandse skepe te verkoop.
• VOC het nog Hollanders en Duitsers gestuur om hulle in die Kaap te vestig.
• Nedersetting het uitgebrei, nuwe dorpe soos Stellenbosch gestig.
• Hollandse boere het al meer grond ingeneem.

Franse Hugenote

• Franse vlugteling wat Hugenote genoem was, het in Kaap kom vestig.
• Christelike kerk was verdeeld tussen Protestante en Katolieke.
• Franse koning was Katoliek en Hugenote Protestant.
• Hugenote het uit Frankryk na Nederland gevlug.
• Hulle was vervolg in Frankryk vir hulle godsdienstige oortuigings.
• Sommige Hugenote was ervare boere. VOC het hulle na Kaap gestuur.
• VOC-amptenare het vir hulle plase naby Kaapstad gegee.
• Een van die gebiede het as Franschhoek bekend geword.
• Hugenote het baie van wynboerdery geweet.
• Hulle het gehelp om wynbedryf in Suid-Afrika te vestig.
• VOC het seker gemaak Hugenote word nie aparte Franssprekende gemeenskap nie.
• Daarom was hulle plase tussen die Hollandse boere.
• Hulle kinders moes Hollands en Frans leer praat.

Europese grense brei uit

Die beweging na die binneland deur trekboere met hul slawe en bediendes

• Eerste plase aan Kaap was wyn- en graanplase.


• Van 1700 af het meer setlaars na binneland getrek om met vee te boer.
• Hulle kon meer geld maak omdat die aanvraag na vars vleis so hoog was.
• Boere wou ook meer onafhanklik van VOC wees.
• Trekboere genoem omdat hulle dikwels noord getrek het.
• Het groot stukke grond gekry waarop troppe kan wei.

© All Rights Reserved wizeup.online


SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS | GRAAD 7
Kwartaal 3

• Hulle het nie gewasse geplant nie, maar verder getrek wanneer hulle meer grond of
beter weivelde gesoek het.
• Hulle was groot gesinne en elke seun wou sy eie plaas hê.
• Kolonie het al groter geword hoe verder hulle trek.
• Teen 1750 het hulle die Gariep in noorde bereik.
• Teen 1770 het hulle Visrivier in Ooste bereik.

Leefstyl en stories van trekboere

• Meeste trekboere arm, het eenvoudig geleef.


• Het meeste dinge self gemaak.
• Koffie, beskuit, tee, koffie, suiker, en katoenmateriaal by rondreisende handelaars
gekry.
• Hulle het dit geruil vir beeste, skape en diervelle.
• Ook gejag vir vleis en velle.

Grondonteiening en die gevolge daarvan vir die inheemse bevolking

• Khoi en San het reeds duisende jare voor daar gebly voor Hollanders in Kaap gekom
het.
• Toe kolonie uitbrei verloor hulle hul weivelde en jagvelde.
• Hulle moes hulle leefstyl verander.
• Vryburgers het heinings om plase gesit om besit te wys.
• Dit het tot oorlog gelei tussen Khoi en Hollanders.
• Hollanders het voordeel van gewere gehad.
• Hollanders het gewen. Khoi het na binneland getrek.
• Wat het Khoi gedoen?
o Sommige oorlog gemaak teen Hollanders.
o Ander het tot op grense van kolonie getrek waar hulle onafhanklik kon bly.
o Baie het plaaswerkers geword.
o Sommige na sendingstasies om kerk te stig.
• Vroeg in 1700 sterf duisende Khoi aan pokke.
• In sommige dele het 90% van hulle gesterf.

Genadendal: Die eerste sendingstasie in suidelike Afrika in 1738

• Eerste sendingstasie deur George Schmidt gestig in 1738, by Genadendal.


• Hollandse boere het plase uitgelê en Khoi het hulle grond verloor.
• Schmidt het Khoi van Christendom geleer en hulle leer lees en skryf.
• Boere het nie hiervan gehou nie en by owerhede gaan kla.
• Schmidt is gedwing om op te hou en terug te gaan Duitsland toe.

© All Rights Reserved wizeup.online


SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS | GRAAD 7
Kwartaal 3

• Vyftig jaar later het VOC Morawiese kerk toestemming gegee om sending stasie te
herbou.
• Baie Khoi -mense het op Genadendal gaan woon.
• Binne 15 jaar was dit naas Kaapstad grootste nedersetting.
• Genadendal was bekend vir goeie kwaliteit messe.
• Genadendal was ook leersentrum en goeie skool.
• Eerste Onderwyskollege van Suid-Afrika is in 1838 daar gestig.
• Trekboere het met San-jagter versamelaars in kontak gekom verder in die binneland
in.
• Boere het wilde diere geskiet. Dit was San se belangrikste voedselbron.
• San het boere se plase begin plunder.
• Boere het terug geveg en duisende San doodgemaak omdat hulle gewere gehad het.
• San het weggetrek na woestyngebiede verder noord.
• Meeste San-mense het met verloop van tyd uitgesterf.
• Werk van Lucy Lloyd en William Bleek het San geskiedenis bewaar.

Werk van William Bleek en Lucy Lloyd

• Bleek was Duitser wat tale bestudeer.


• Het na suidelike Afrika gekom om Zoeloe te leer.
• In 1855 het hy Kaapstad toe gegaan.
• Nuwe hawe (plek waar skepe anker gooi) was in aanbou in Kaapstad.
• Meeste werk deur gevangenes gedoen.
• Sommige was San-mans in die tronk vir skaapdiefstal.
• Bleek het met gevangenes gepraat om hul taal te leer.
• Lucy Loyd was Bleek se skoonsuster.
• Albei het /Xam (ʼn San-taal) aangeleer.
• Hulle het verhale oor hul lewens, gebruike en mondelinge tradisie neer geskryf.

Module 6: Hersiening

• Jagter-versamelaars, jagters en boere van Afrika het in suidelike Afrika geleef voor
Hollanders aangekom het.
• Hollanders het ʼn nedersetting gestig om verbygaande skepe van vars vrugte, groente
en vleis te verskaf.
• Nedersetting kon nie genoeg voedsel verbou om te verskaf, dus plase aan mense
toegeken om nog produkte te verskaf.
• Hollanders het slawe saamgebring Kaap toe om te help met boerdery en swaar werk.
• Slawe is van Wes-Afrika en lande wat aan Indiese Oseaan grens, na die Kaap gebring.
• Die slawe het hul gelowe, kulture en teale na die Kaap gebring, en dit het deel van
die Suid-Afrikaanse kultuur geword.

© All Rights Reserved wizeup.online


SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS | GRAAD 7
Kwartaal 3

• Die nedersetting aan die Kaap het uitgebrei toe vryburgers plase ontvang het om
produkte te verbou, die Hugenote het van Frankryk gekom en die trekboere het na
die binneland getrek om nuwe land vir plase te soek.
• Met die Hollandse boere en trekboere wat land vir hulself geneem het vir plase, het
die Khoihoi en die San minder land gehad om van te leef, en het uiteindelik vir die
boere begin werk.

© All Rights Reserved wizeup.online

You might also like