Download as doc, pdf, or txt
Download as doc, pdf, or txt
You are on page 1of 2

J KRIEK

Posbus 12748, DIE TREMLOODS, 0126 e-pos: jkriek@mweb.co.za


Selnr 083 625 7367 Telefoon: (012) 320 2310 (werk)
Faks: (012) 320 2309 Telefoon: (012) 361 6766

Datum: 10 Junie 2002

Die Senior Staatsaanklaer


WARMBAD

Per hand

Meneer

KENNISGEWING VAN VERSKYNING NOMMER:


50/048869/4812

Ek heg hierby aan ‘n afskrif van bogemelde kennisgewing.

Ek was op 4 deser vanaf Naboomspruit op pad na Pretoria. Soos u sal


merk uit die kennisgewing was ek toe die onwillige slagoffer van ‘n
verkeersbeampte wat op ‘n baie effektiewe wyse sy plig gedoen het.

Ek was nie haastig nie en het nie doelbewus die spoedgrens oorskry nie.
Indien ek die spoedgrens doelbewus oorskry het, sou ek nie so sleg
gevoel het oor hierdie boete wat my opgelê is nie. Voordat ek aan u
verduidelik waarom ek die spoedgrens oorskry het, is dit miskien nodig
dat ek u eers iets anders meedeel.

So ‘n paar aande gelede het ek en my eggenote saam met vriende na die


“Grafsteensangers” gaan luister. Ons het dit baie geniet en wil ek u tog
aanraai, om wanneer u die geleentheid kry, na hulle te gaan luister. Die
“Grafsteensangers” bestaan uit 14 sangers wat elk ‘n rol vertolk. So is
daar byvoorbeeld die weduwee, haar suster, haar skoonsuster, haar
broer, die begrafnisondernemer en onder andere haar tweelingdogters
“gebore tussen huwelike”.

Nou wonder u seker wat het dit met die spoedoortreding te doen? Die
antwoord daarop is absoluut niks! Maar laat my verduidelik. Terwyl ek
gery het, het ek kort-kort op my spoedmeter gekyk om seker te maak dat
ek nie te vinnig ry nie. Aangesien die N1 ‘n baie lekker pad is en dit op
2
daardie betrokke dag stil was, het ek op ‘n stadium te vinnig gery sonder
dat ek dit besef het. Toe ek die verkeersbeampte agter die bos sien
uitvlieg, het ek onmiddellik op my spoedmeter gekyk en gemerk dat ek
te vinning gery het. Soos wat die weduwee se tweeling “tussen
huwelike” gebore is, het ek per abuis die spoedgrens “tussen twee kyke”
oorskry.

Kortom, ek het onbewustelik die spoedgrens oorskry en was ek


ongelukkig dat daar op daardie spesifieke plek ‘n spoedlokval was.

In die lig van bogemelde sal ek dit op prys stel indien u so gaaf sal wees
om die boete ten bedrae van R200,00 te verminder of my ten volle kwyt
te skeld van die betaling daarvan. Ek kan u die versekering gee dat ek ‘n
persoon is wat poog om deurentyd te hou by die spoedgrens aangesien
padveiligheid vir my ‘n hoë prioriteit is.

Die uwe

JOHAN KRIEK

You might also like