Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 2

D.

Matthysen
220148325
B.Ed GF 4D
EDU470S: Opvoedkunde 4

Aktiwiteit 6
Dr. H. J. Traut

2 Maart 2023
1. Wat is outentieke/morele leierskap?
Die optrede van die leier is gegrond op sy of haar persoonlike en professionele waardes.
Die rigting (visie en missie) wat die leier aandui, is gebaseer op sy of haar professionele
waardes (beginsels) en persoonlike waardes (geestelik).

2. Bespreek die hooffokus van outentieke leierskapstyl?


Die morele-leierskap-model veronderstel dat die kritieke fokus van leierskap op die
waardes, oortuigings en etiek van leiers self moet wees.

3. Wat is die voordele vir skole as die leierskapstyl outentiek is?


Die ondersteuning wat die leerders en onderwysers ontvang van leiers wat die ryke
potensiaal in ander raaksien en bereid is om dit vir gemeenskaplike voordeel te ontgin.
Die hoë vlakke van behoud van onderwysers kan ook toegeskryf word aan die harmonie
wat die onderwysers ervaar tussen hoe dinge tans gedoen (verwagte waarheid) en die
verwagte optrede (ideale waarheid). Die onderwysers ervaar hul skoolklimaat as een wat
goed versoenbaar is met die ideale.

4. Benoem die eienskappe van ʼn outentieke/morele leier?


‘n Skoolhoof moet vriendelik, ondersteunend en oop wees.Die skoolhoof moet sy
verwagtinge duidelik stel en sy standaarde identifiseer. Die skoolhoof moet die nodige
material voorsien en ’n geskikte atmosfeer vir opvoedkundige aktiwiteite skep.

5. Hoe tree die outentieke leier op?


Die skoolhoofde en onderwysers tree op as positiewe rolmodelle vir die leerders, is
mense van integriteit en weerspieël hoë morele waardes. Hierdie leiers tree op in ’n
manier wat in ooreenstemming is met ’n etiese stelsel en wat deurentyd konsekwent is.

You might also like