GR 12 Afrikaanse Aktiwiteitsboek

You might also like

Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 17

LEWENSORIËNTERING

Graad12
Onderwysersgids
TWEEDE KWARTAAL
Week 1
Aktiwiteit
DIE SKENDING VAN MENSEREGTE IN SUID-AFRIKA

“Hulle het by ons huis ingebreek, my man met stokke geslaan en alles gevat”

[Aangepas uit www.theguardian.com. Toegang op 10 Oktober 2017 verkry]

Definieer die term skending van menseregte en verduidelik watter reg is in die
uittreksel hierbo geskend. (1+2) (3)
Definisie:
Menseregteskending beteken om iemand se regte skade aan te doen()/nie
respekteer nie()/daarteen op te tree.()

Enige van die volgende :


 Die reg op privaatheid(), inbreek skend die reg()
 Die reg op veiligheid(), die persoon is met stokke geslaan en was nie veilig
nie. ()
 Die reg op lewe(), die persoon is geslaan en dit kon sy dood veroorsaak. ()
 Die reg op eiendom(), hulle is besteel en het besittings verloor.( )
 Die reg op gelykheid(), hy was onmenslik behandel.( )
 Die reg op menswaardigheid(), hy is met stokke geslaan en dit is
onmenslik/vernederend()

Bespreek DRIE maniere hoe die gemeenskap slagoffers van


menseregteskending han help. (3x2) (6)
 Verskaf huisvesting/klere/kos aan die slagoffers() totdat hulle weer op hulle
voete is()
 Verskaf ondersteuningsnetwerke waar die slagoffers hulle evarings kan
deel() sodat hulle kan herstel ()
 Verskaf ‘n platform waar gemeenskapsleiers die slagoffers kan help () sodat
hulle weer selfvertroue kan opbou en leer om die situasie te hanteer ()
 Stel polisiëringsforums voor () sodat die slagoffers veilig kan voel in die
gemeenskap()
 Skep ‘n WhatsaApp groep vir die buurt() sodat sake van veiligheid daarop
deurgegee kan word/mense kan inbel. ()
 Gee mediese bystand aan die slagoffers() veral as enige beserings voorkom
()
 Help die slagoffers om dit by die polisie aan te meld() sodat reg kan
geskied()
 Wees fluitjieblasers en lig die polisie in() sodat oortreders gevang/vervolg
kan word()

Stel DRIE strategieë voor wat die Suid-Afrikaanse regering kan implementeer
om die probleem van menseregteskending op te los. (3x2) (6)
 Ondersteun veldtogte teen menseregteskendings() sodat dit mense sal
bewusmaak van die probleem ()
 Verseker onbevooroordeelde/onpartydige media() sodat gevalle
gerapporteer word / mense op te voed oor menseregteskendings ()
 Skep nuwe wette teen menseregteskendings() om die regte van burgers en
nie-burgers te beskerm()
 Lê swaarder strawwe op teen oortreders() en dit sal voornemende
oortreders waarsku()
 Moedig besprekings oor menseregteskendings aan()om bewusmaking te
skep en vir enige debattering()
 Skep meer werk vir mense() om kriminele optredings/aktiwiteite in ons land
te verminder()
 uBuntu moet in skole geleer word() sodat empatie vir mekaar kan
ontstaan()
 gemeenskappe moet gemeenskapspolisiëringsforums begin() om die
inwoners se regte te beskerm()
Week 2
Aktiwiteit 2
VRYHEID VAN UITDRUKKING EN DIE MEDIA
Alhoewel die Muilbandwet (Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting)
nasionale veiligheid beskerm, kan dit ons vryheid van uitdrukking beperk. Fluitjie
blasers en ondersoekende joernaliste kan soos misdadigers hanteer word omdat
hulle hulle werk doen.Oral in die wêreld, selfs in lande wat as van die mees
demokratiese lande beskou word, word nasionale veiligheid as ‘n verskoning
gebruik om inligting wat van uiterste belang vir die publiek is, geheim gehou.

[Aangepas uit Challenges To Media Freedom In South Afrika. Toegang op 22 April 2017 verkry.]

Gee DRIE grondwetlike beperkings op die reg tot vryheid van uitdrukking.
(3)
Mootlike antwoorde:
 Propaganda vir oorlog()
 Opruiing/aanblasing/aanhitsing van dreigende geweld()
 Opstook/aanblaas van haat wat op ras, etnisiteit, geslag of geloof gegrond is
()
 Opruiing/aanblasing/aanhitsing om skade te veroorsaak.()
Bespreek DRIE rolle van die media en bespreek die negatiewe uitwerking van
die beperkings van ELK van hierdie rolle in ‘n demokratiese samelewing.
(3x2) (6)
Sou die media beperk word om:
 menseregteskendings te ontbloot, () dan sal slagoffers van die
menseregteskendings nie gehelp word nie.( )
 te rapporteer op onwettige aktiwiteite en hofsake(), dan sal die publiek nie
bewus wees van wat aangaaan op ‘n wetlike vlak in die land nie()
 korrupsie of wanbestuur te ontbloot(), dan sal die skuldiges met enige
misdaad kan wegkom en die ekonomie van die land sal daaronder ly.
 mense op te voed/te kommunikeer met inligting, ) dan sal die publiek nie
ingeligte besluite kan neem nie. ()
 politieke inligting aan lesers te gee, () dan kan die publiek nie ingeligte
besluite oor verkiesings neem nie.()
 probleme in ons land en gemeenskappe te identifiseer, ( ) dan kan daar nie
opgetree word om probleme op te los nie.( )

Stel DRIE verantwoordelike stappe voor wat die media kan neem om burgers
te betrek om die media se reg tot vryheid van uitdrukking te beskerm. (3x2) (6)
Die media kan burgers betrokke kry deur:
 hulle aan te moedig om ‘n petisie aan die staat te rig() teen die skending van
die reg tot vryheid van uitdrukking.()
 fluitjieblasers aan te moedig() om die skending van regte/aksies van
korrupsie teen joernaliste te ontbloot()
 protesoptogte te organiseer () om die publiek vir ondersteuning te betrek()
 bewuswordingsveldtogte/projekte/gebeurtenisse te reëll() om die publiek op
te lei oor die kwessies van vryheid van spraak/uitdrukking.()
 kort berigte/nuusflitse in koerante of TV/radio programme te plaas() om hulle
pleidooi ter ondersteuning van die publiek te beklemtoon.()
 deel te neem aan aanlynbesprekings en -forums met die publiek() om
bewustheid te kweek rondom skending van hulle regte.()

Week 3
Aktiwiteit 3
VELDTOG OM MIDDELMISBRUIK UIT TE ROEI
Die Naionale Departement van Maatskaplike Ontwikkeling onderneem ‘n
teenmiddelmisbruikveldtog in ‘n poging om hierdie probleem in gemeenskappe
uit te roei.

[Aangepas uit SANews.gov.za. Toegang op 26 April 2019 verkry]


Definieer die term veldtog en noem TWEE voordele vir die jeug wat aan
teenmiddelmisbruikveldtogte deelneem. (1+2) (3)
Definisie:
 ‘n reeks aksies vir of teen situasies met die doel om positiewe verandering
teweeg te bring()
 aktiwiteite/georganiseerde aksies in ‘n gemeenskap wat ten doel het om
spesifieke doelwitte in die samelewing te bereik ()
 beplande geleenthede waar mense oor ‘n tydperk betrek word om ‘n
spesifieke uitkoms te bereik()

Voordele:
 Hul ervarings/idees vir of teen situasies met die doel om positiewe
verandering teweeg te bring ()
 Bewus te word van die negatiewe gevolge van middelmisbruik ()
 As getuie te dien van die skadelike effek wat middelmisbruik mag hê op ‘n
persoon.()
 Die impak van middelmisbruik te verstaan vanuit hul portuur se
seining/perspektief.()
 ‘n platvorm vir ander jongmense te skep om oor hul kwessies te
praat/kwessies te hanteer wat moeilik is om met hul ouers/familie/voogde te
bespreek.()
 ‘n lewende getuie te wees dat dit moontlik is om ‘n mens se lewe te verander.
()
Bespreek DRIE bydraende faktore wat kan lei tot ‘n verhoogde getal leerders
wat middele in skole misbruik. (3x2) (6)

Moontlike antwoorde:
 Middele mag maklik bekombaar wees vir leerders in skole/dwelmbase mag
handelaars binne die skole hê () wat tot die versoeking mag lei om
dwelmgebruik te wil aanvaar.()
 Nie genoegsame/oneffektiewe monitering deur gesagsfigure op die
skoolterrein nie() magd it maklik maak vir leerders om toegang te hê en
hierdie onwettige middele te begin gebruik. ()
 Die meeste skole het nie voorkomende maatreëls in plek nie () wat dit
makliker maak vir handelaars om kwesbare leerders te bereik.()
 ‘n Tekort aan opvoeding oor die gevare van middelmisbruik in sommige
skole() mag daartoe lei dat leerders nie bewus is van die feite oor die saak
nie()
 Akademiese/portuurdruk/persoonlike probleme (lae selfbeeld/mishandeling)
() mag die leerders dryf om middele te misbruik as ‘n hanteringsmeganisme.
()
 Sommige skole faal daarin om effektiewe gedragskodes te implimenteer()
en hierdie mag leerders die vryheid gee om te eksperimenteer met onwettige
middels()
 Leerders wat dagga van die huis bring omdat dit maklik bekombaar is vanaf
hulle huis/omgewing() wat kan veroorsaak dat meer leerders aan
middelmisbruik blootgestel word.()
 Onderwysers/afrigters wat self middele gebruik/misbruik() kan leerders ook
aanmoedig om dit te begin gebruik aangesien hulle dit as aanvaarbaar mag
beskou()

Beveel TWEE praktiese strategie aan wat deur die Nasionale Departement van
Maatskaplike Ontwikkeling geïmplimenteer kan word om te verseker dat die
veldtog doeltreffend is. Vir ELKE antwoord dui ook aan hoe ELKE strategie tot
die sukses van die veldtog kan bydra. (2x3) (6)
Die Nasionale Departement van Maatskaplike Ontwikkeling kan:
 Plaaslike koerante/pamflette/reklameborde/televisie/sosiale media
platvorms gebruik om die publiek in te lig/bewus te maak van veldtogte
wat gehou gaan word in hul onmiddellike omgewing() om te verseker dat
die boodskap versprei word() en op die manier kan die voornemende
teikengroep bereik word. ()
 Behoorlike navorsing doen in die areas wat die veldtogte die meeste nodig
het() om sodoende die mees gepaste programme te ontwikkel vir hierdie
inisiatief in die spesifieke gemeenskap() en mag op die manier verseker
dat die planne in die behoefte van die spesifieke gemeenskap voldoen()
 Ouers/familie/vriende om die vergaderings vir ondersteuningsgroepe by te
woon() en gevolglik gemeenskapsbetrokkenheid uitbrei() wat kan lei tot
‘n groter ondersteuningsbasis vir slagoffers en daardeur die sukses van
die veldtog verseker()
 Wys maatskaplike werkers toe aan skole/universiteite/in spesifieke areas
in die gemeenskap() om sodoende aandag te skenk aan die
leerders/studente/jongmense/mense wat berading/advies nodig het terwyl
die veldtog aan die gang is() en op die manier enige moontlike faktore
wat teen hulle mag werk, uitskakel/elimineer en sodoende die sukses van
die program verseker()
 Die jeug mobiliiseer om deel te wees van die beplanningsproses van die
veldtog() wat weer hulle portuur mag beïnvloed om dieselfde te doen ()
en op die manier mag die jeug as teikengroep meer bertrokke raak by die
veldtog()
 Al die nodige inligting(datum/tyd/plek/doel) rakende die veldtog aan
gemeenskappe verskaf() om sodoende te verseker dat almal die
korrekte inligting ontvang() en op die manier diegene wat geraak
word,/die relevante mense teiken om deel te neem aann/wees van die
veldtog()
 Bewusmaking van die veldtog skep by kerke/plekke van aanbidding/
gemeenskapsgebaseerde organisasies deur pamflette/brosjures/gratis
koerante/praatjies() sodat groter groepe mense maklik bereik kan word
() en op die manier kan meer mense betrokke raak om op te staan teen
middelmisbruik in hul gemeenskappe/te beveg()
 Programme wat teen middelmisbruik gemik is in opvoedkundige instellings
uitrol() wat kan help om leerders/studente wat verslaaf is, te identifiseer
en in rehabilitasieprogramme te plaas () en kan die veldtog suksesvol
wees aangesien vroeë ontdekking en intervensie gedoen word()

Week 4
Aktiwiteit 4
Definieer die term wêreldbeskouing en verduidelik hoe kultuur die deelname
aan sport kan beïnvloed (1+2) (3)
Definisie:
 Die wyse waarop mense die wêreld sien en interpreteer/mense se gedeelde
sieninge oor die lewe/die wyse waarop mense wêreld rakende sake soos
geloof, politiek en filosofie sien. ()
Die kulture se invloed op sport:
 In sommige kulture word vrouens verbied om aan sport deel te neem, want
hulle verantwoordelikheid word beperk tot huistake en om na die gesin om te
sien. ()
 Deelname aan sport word steeds deur mans oorheers weens die feit dat
mense glo mans is meer aggressief en kompeterend( )

Week 5
Aktiwiteit 5
MUNISIPALITEITE TREE TEEN ONWETTIGE STORTING OP

Die Langeni-minisipaliteit het ‘n onwettigestorting-bewustheidsprojek bekend


gestel. Hierdie projek volg nadat die gemeenskapslede ‘n hele klomp vullis in
die strate en markterreine gestort het

Sommige ouers het aan die munisipaliteit gerapporteer dat hulle gesien het
hoe hulle kinders met vuil naalde, gebruikte verbande en medisynebottels,
waarvan die inhoud verval het, gespeel het. Dit is buite die gesondheidskliniek
gestort.

[Aangepas uit www.thenewage.co.za. Toegang op 14 Februarie 2017 verkry]

Noem DRIE moontlike faktore wat tot die probleem van afvalstorting, soos
hierbo beskryf, kon gelei het. (3)
Moontlike antwoorde:
 Die gemeenskap is dalk onbewus/dra nie kennis van die gevare van
rommelstorting nie. 
 Dalk is daar ‘n tekort aan/onvoldoende asblikke/asdromme/vullisdromme in
stortingstortingsterreine()
 Gee munisipale dienste()
 Asblikke/asdromme/vullisdromme kan dalk te vol wees en nie op ‘n gereelde
basis gekollekteer en skoongemaak word nie.( )
 Tekort aan verantwoordbaarheid, bestuur en supervisie van die
minisipaliteit()
 Dit mag die resultaat wees van ‘n staking wat tot rommelstorting in die straat
gelei het()
 Dit mag dalk wees omdat gemeenskapslede dit gerieflik vind/lui is/’n tekort
aan verantwoordelikheid het en daarom rommel stort()

Bespreek DRIE gevole van afvalstorting in die gemeenskap. (3x2) (6)


Moontlike antwoorde:
 Kinders wat met verbande en inspuitings speel wat deur die kliniek gestort is
() kan beserings/infeksies opdoen en selfs doodgaan()
 Kinders wat uit weggegooide/gebreekte medisynebottels drink wat deur die
kliniek gestort is() kan daardeur beseer/vergiftig word()
 Vee en ander diere/voëls kan verstik() as hulle plastiek eet()
 Gebreekte bottels mag beserings veroorsaak of as wapen gebruik word() en
daarom ander seermaak()
 Mense wat verrotte kos eet () mag voedselvergiftiging opdoen()
 Rommelstorting veroorsaak besoedeling () en maak dit
onaantreklik/onbewoonbaar/affekteer toerisme negatief()
 Die uitbroei van insekte/bakterieë wat die uitbreek van siektes/afsterwe van
waterlewe kan veroorsaak()
 Die sterk reuk van verrotte kos en rommel() veroorsaak lugbesoedeling()
 Gasse van die verrotte kos/rommel() kan lei tot
asemhalingsprobleme/asma()

Stel DRIE strategieë voor wat die munisipaliteit kan gebruik om te verseker dat
die onwettigestorting-bewustheidsprojek suksesvol is. (3x2) (6)
Die munisipaliteit kan:
 die area opruim() en borde opsit wat mense waarsku teen onwettige
storting()
 borde wat gevolge van oortredings stel() vir die wat aanhou om rommel
onwettig te stort()
 gemeenskapslede bewus maak van () die finansiële implikasie van
onwettige storting op belastingbetalers/munisipale begrotings/devaluasie van
eiendom/huise het()
 genoeg asblikke/vullisdromme/asdromme verskaf() waarin die gemeenskap
rommel kan plaas()
 verskaf herwinningsasblikke() sodat gevaarlike materiale op ‘n
verantwoordelike wyse hanteer kan word ()
 gemeenskapspolisiëringsforums betrokke kry() om samewerking te
verseker()
 plakkate by gesondheidsfasiliteite plaas() oor die gepaste wyse om van
mediese rommel ontslae te raak()
 pamflette oor verordeninge versprei() oor publieke gesondheid en veiligheid
in publieke plekke()
 die dept van gesondheid betrokke kry() om skoolkinders bewus te maak van
die gesondheidsrisiko’s wat ontstaan a.g.v rommelstorting()
 gebruik maak van die plaaslike media bronne soos
radio/televisie/tydskrifte/koerante/sosiale media() om bewustheid van die
projek in stand te hou()
 konsekwent wees in hulle optrede teen storting() sodat mense ontmoedig
word om rommel te stort()
 moedig gemeenskape aan om inheemse kennis te gebruik() om van rommel
ontslae te raak()
Week 6
Aktiwiteit 6
DIE KRAG VAN

D
O
VISIE
L
W
MISSIE
T
T
E
[Bron: Google beelde. Toegang op 17 April 2019 verkry]

Definieer die term persoonlike missiestelling en verduidelik waarom dit


belangrik is om jou waardes in te sluit wanneer jy jou missiestelling formuleer.
(1+2) (3)

Definisie:
 ‘n Persoonlike missieverklaring is ‘n verklaring van jou doelwitte/oogmerke
wat jy wil bereik in die lewe()
Moontlike antwoorde:
 Dit is persoonlike oortuigings wat jou rig in die manier waarop jy lewe( )
 Dit is jou standaarde van aanvaarbare en onaanvaarbare gedrag( )
 Dit is aspekte wat vir jou belangrik of waardevol is en dit hou vir jou betekenis
in en help jou om jou doelwitte te bereik()
Jou emosionele welsyn het ‘n impak op jou gedrag in die lewe. Beskryf TWEE
aksies wat jy kan neem om emosioneel gesond te bly terwyl jy jou missie
voortsit. (2x2) (4)
Moontlike antwoorde:
 Word bewus/probeer om eie emosies en die van ander te verstaan/beeld
emosies konstruktief uit(), want dit sal makliker wees om
stres/stressors/konflik te hanteer sodat dit nie in jou pad staan om jou
doelwitte te bereik nie()
 Wees goed vir jouself deur positief oor jouself te praat/positiewe gedagtes te
hê() en dit sal jou help dat jy nie deur negatiewe ervarings beïnvloed word
en jou fokus verloor nie()
 Gee aandag aan jou emosionele behoeftes() deur tyd saam mense wat
belangrik is in jou lewe te spandeer/maak tyd vir pret.lag/ontspan/vertroetel
jouself()
 Identifiseer stressors vooraf() ten einde maniere te vind om elke stressor te
hanteer sodat jy gefokus bly()

Evalueer hoe jou visie jou kan inspireer om positief by te dra tot jou
onmiddellike gemeenskap. (2x2) (4)
Om ‘n visie te hê is om…
 ‘n beeld/prent/droom te hê van wat en hoe jou gemeenskap moet wees() en
dit lei jou om die regte planne/aksies te neem om die droom te bewaarheid()
 dit gaan jou motiveer/inspireer om te volhard() veral wanneer jy begin
twyfel/daar uitdagings is vir jou droom/visie vir die gemeenskap()
 dit maak jou toegewyd om ‘n verskil in jou gemeenskap te maak() en dit
laat jou hard werk sodat dit tot voordeel van die gemeenskap kan wees.()

Week 7
Aktiwiteit 7
TRADISIONELE SPELETJIES
In vandag se samelewing word mans en vroue in tradisionele speletjies gelyk
behandel? Baie van ons aanvaar dat geslagsongelykheid voorkom

Tradisionale spletejies het tog bewys dat geykheid van die geslagte wel voorkom
en tradisionele speletjies bevorder ook fisiese deelname. Tradisionele speletjies
bevorder nie die idees van kompeterende sporte nie

[Aangepas uit the Feminist Majority. Toegang op 31 Mei 2019 verkry]

Noem drie voorbeede van hoe deelname aan tradisionele speletjies jou
fiksheidsdoelwitte kan bevorder (3x1) (3)
 dit bevorder langtermyn deelname aan fisiese aktiwiteite()
 jy verkeer saam ander wat op diesefde fikheidsvlak is()
 dit maak dit makliker om toegewyd te wees om jou doelwitte te bereik()
 jy kan jou fiksheid se uitslae/resutate met ander bespreek/deel()
 ander mense help jou deur uitdagings wat jy mag ervaar()
 moedig jou aan om nie op te gee as resultate nie dadelik waargeneem kan
word nie()
 dit is ‘n aangenamer manier om fiks te word()
 ander kan raad gee oor hoe jy jou fiksheidstrategieë kan aanpas en
verbeter()
 jy oefen meer effektief om jou fiksheidsdoelwitte te bereik()
 jy kry ondersteuning van meer ervare mense om jou doelwitte te bereik()
 dit is ‘n goedkoper manier as om te gim/ jy het nie apparate nodig om jou
doelwitte te bereik nie()
 dit kan aangepas word om jou fiksheidsdoelwitte te pas()
Bespreek DRIE voordele van die jeus se deelname aan tradisionele speletjies
wat die waardes van die samelewing kan versterk. (3x2) (6)
 dit help jongmense om hul kultuur se tradisies te verstaan () en dit kan die
waardes van die kultuur versterk()
 dit stel hulle bloot aan tradisionele spele/sportvaardighede () sodat
lewensvaardighede wat hulle hierdeur aanleer nie verlore gaan nie()
 leer hulle die kultuur se seining van manlikheid/vroulikheid binne hul
kultuur() en so word die waardesisteem aangewakker ()
 hulle word geleer om reëls na te kom() wat hulle kan herinner aan respek vir
jou meerdere/ouers wat verlore was()

Stel TWEE manière voor hoe geslagsgelykheid in tradisionele spele bevorder


kan word. In ELKE voorstelling stel ook voor hoe dit geslagsgelykheid in
kompeterende sportsoorte kan bevorder. (2x3) (6)
 Gebruik vroulike/manlike afrigters/skeidsregters in vroulik/manlik-
oorheersende sporte() vaardighede en kennis aan te leer om in
manlike/vroulike velde in te kom() sodoende word bewys dat leierseienskap
nie op geslag gebaseer moet word nie()
 Dit moedig vroulike deelnemers aan om deel te neem aan sportsoorte oor
spierkrag() om sodoende nie geintemideerd te wees nie () en dit moedig
hulle aan om aan sportsoorte deel te neem wat as meer manlike sportsoorte
beskou word()
 Verander die deelname van tradisionele spele sodat gemenge geslagte in
spanne kan deelneem() sodoense word deelname van alle geslagte
aangemoedig() en dit moedig geslagte aan om gemengde spanne in
kompeterende sportsoorte/sporte wat oorheersend gefokus is op
manlike/vroulike deenemers in te skryf/deel te neem()
 Rituele/prosedures van sekere speletjies kan aangepas word om by
vandag/moderne situasies te pas() en dit maak dit meer aanloklik vir alae
geslagte om deel te neem() en sodoende sal alle geslagte aan verskillende
kompeterende sporte deelneem()

Week 8
Hersien eksamenskryfvaardighede

Week 9
FORMELE ASSESSERINGSTAAK: JUNIE EKSAMEN
LEWENSORIËNTERING

Graad12
Informele aktiwiteite

TWEEDE KWARTAAL
Week 1
Aktiwiteit
DIE SKENDING VAN MENSEREGTE IN SUID-AFRIKA

“Hulle het by ons huis ingebreek, my man met stokke geslaan en alles gevat”

[Aangepas uit www.theguardian.com. Toegang op 10 Oktober 2017 verkry]

 Definieer die term skending van menseregte en verduidelik watter reg is in die
uittreksel hierbo geskend. (1+2) (3)

 Bespreek DRIE maniere hoe die gemeenskap slagoffers van


menseregteskending han help. (3x2) (6)

 Stel DRIE strategieë voor wat die Suid-Afrikaanse regering kan implementeer
om die probleem van menseregteskending op te los. (3x2) (6)

Week 2
Aktiwiteit 2
VRYHEID VAN UITDRUKKING EN DIE MEDIA

Alhoewel die Muilbandwet (Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting)


nasionale veiligheid beskerm, kan dit ons vryheid van uitdrukking beperk. Fluitjie
blasers en ondersoekende joernaliste kan soos misdadigers hanteer word omdat
hulle hulle werk doen.Oral in die wêreld, selfs in lande wat as van die mees
demokratiese lande beskou word, word nasionale veiligheid as ‘n verskoning
gebruik om inligting wat van uiterste belang vir die publiek is, geheim gehou.

[Aangepas uit Challenges To Media Freedom In South Afrika. Toegand op 22 April 2017 verkry.]

 Gee DRIE grondwetlike beperkings op die reg tot vryheid van uitdrukking. (3)

 Bespreek DRIE rolle van die media en bespreek die negatiewe uitwerking van
die beperkings van ELK van hierdie rolle in ‘n demokratiese samelewing.
(3x2) (6)
 Stel DRIE verantwoordelike stappe voor wat die media kan neem om burgers
te betrek om die media se reg tot vryheid van uitdrukking te beskerm.
(3x2) (6)

Week 3
Aktiwiteit 3
VELDTOG OM MIDDELMISBRUIK UIT TE ROEI
Die Naionale Departement van Maatskaplike Ontwikkeling onderneem ‘n
teenmiddelmisbruikveldtog in ‘n poging om hierdie probleem in gemeenskappe
uit te roei.

[Aangepas uit SANews.gov.za. Toegang op 26 April 2019 verkry]

 Definieer die term veldtog en noem TWEE voordele vir die jeug wat aan
teenmiddelmisbruikveldtogte deelneem. (1+2) (3)

Bespreek DRIE bydraende faktore wat kan lei tot ‘n verhoogde getal leerders
wat middele in skole misbruik. (3x2) (6)

 Beveel TWEE praktiese strategieë aan wat deur die Nasionale Departement
van Maatskaplike Ontwikkeling geïmplimenteer kan word om te verseker dat
die veldtog doeltreffend is. Vir ELKE antwoord dui ook aan hoe ELKE
strategie tot die sukses van die veldtog kan bydra. (2x3) (6)

Week 4
Aktiwiteit 4
 Definieer die term wêreldbeskouing en verduidelik hoe kultuur die deelname
aan sport kan beïnvloed (1+2) (3)

Week 5
Aktiwiteit 5
MUNISIPALITEITE TREE TEEN ONWETTIGE STORTING OP

Die Langeni-minisipaliteit het ‘n onwettigestorting-bewustheidsprojek bekend


gestel. Hierdie projek volg nadat die gemeenskapslede ‘n hele klomp vullis in
die strate en markterreine gestort het

Sommige ouers het aan die munisipaliteit gerapporteer dat hulle gesien het
hoe hulle kinders met vuil naalde, gebruikte verbande en medisynebottels,
waarvan die inhoud verval het, gespeel het. Dit is buite die gesondheidskliniek
gestort.

[Aangepas uit www.thenewage.co.za. Toegang op 14 Februarie 2017 verkry]

 Noem DRIE moontlike faktore wat tot die probleem van afvalstorting, soos
hierbo beskryf, kon gelei het. (3)

 Bespreek DRIE gevolge van afvalstorting in die gemeenskap. (3x2) (6)


 Stel DRIE strategieë voor wat die munisipaliteit kan gebruik om te verseker
dat die onwettigestorting-bewustheidsprojek suksesvol is. (3x2) (6)

Week 6
Aktiwiteit 6
DIE KRAG VAN

D
O
VISIE
L
W
MISSIE
T
T
E
[Bron: Google beelde. Toegang op 17 April 2019 verkry]

 Definieer die term persoonlike missiestelling en verduidelik waarom dit


belangrik is om jou waardes in te sluit wanneer jy jou missiestelling formuleer.
(1+2) (3)
 Jou emosionele welsyn het ‘n impak op jou gedrag in die lewe. Beskryf TWEE
aksies wat jy kan neem om emosioneel gesond te bly terwyl jy jou missie
voortsit. (2x2) (4)

 Evalueer hoe jou visie jou kan inspireer om positief by te dra tot jou
onmiddellike gemeenskap. (2x2) (4)

Week 7
Aktiwiteit 7
TRADISIONELE SPELE
In vandag se samelewing word mans en vroue in tradisionele speletjies gelyk
behandel? Baie van ons aanvaar dat geslagsongelykheid voorkom

Tradisionale spletejies het tog bewys dat geykheid van die geslagte wel voorkom
en tradiseonele speletjies bevorder ook fisiese deelname. Tradisionele speletjies
bevorder nie die idees van kompeterende sporte nie

[Aangepas uit the Feminist Majority. Toegang verkry op 31 Mei 2019]

 Noem drie voorbeede van hoe deelname aan tradisionele speletjies jou
fiksheidsdoelwitte kan bevorder (3x1) (3)

 Bespreek DRIE voordele van die jeus se deelname aan tradisionele speletjies
wat die waardes van die samelewing kan versterk. (3x2) (6)

 Stel TWEE maniere voor hoe geslagsgelykheid in tradisionele spele bevorder


kan word. In ELKE antwoord stel ook voor hoe dit geslagsgelykheid in
kompeterende sportsoorte kan bevorder. (2x3) (6)

Week 8
Hersien eksamenskryfvaardighede

Week 9
FORMELE ASSESSERINGSTAAK: JUNIE EKSAMEN

You might also like