Angolese Oorlog Vir Onafhanklikheid

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 44

Angolese Oorlog vir

Onafhanklikheid

Die Angolese Oorlog vir Onafhanklikheid


(1961–1974) het begin met opstande teen
die gedwonge arbeid op katoenplase, en
ontaard in 'n stryd waar drie
nasionalistiese bewegings en een
seperatistegroep vir beheer oor Portugal
se "Oorsese Provinsie van Angola" geveg
het.[14] Die oorlog is beëindig toe 'n
linksgesinde militêre staatsgreep in April
1974 Portugal se Estado Novo-regime
omver gewerp het. Die nuwe militêre
bewind het onmiddellik alle militêre
optredes in sy Afrika-kolonies gestaak. Die
nuwe leiers het ook bekend gemaak dat
onafhanklikheid gou aan die kolonies
gegee gaan word.
Angolese Oorlog vir Onafhanklikheid

Deel van die Portugese koloniale oorlog

Portugese troepe op patrollie in Angola


Datum 4 Februarie 1961 – 25
April 1974
(skietstilstand)
11 November 1975
(onafhanklikheid)

Ligging Angola

Resultaat Portugese militêre


oorwinning;

skietstilstand en
onafhanklikheid na die
Carnation-rewolusie:
Ooreenkoms van Alvor;
Angolese
onafhanklikheid in
1975, begin van die
Angolese
Burgeroorlog.[1]
Gebieds- Angola word van
veranderinge Portugal onafhanklik

Strydende partye

MPLA  Portugal

FNLA
Ondersteun deur:
Unita
 Suid-Afrika[10][11]
FLEC

Ondersteun deur:
 Sowjetunie[2]
 Kuba[3][4]
 China[5][6][7]
 Verenigde State[8]
Zaïre[9]

Aanvoerders
Agostinho Neto Francisco da Costa
Gomes
José Eduardo dos
Santos
Lúcio Lara
Holden Roberto
Jonas Savimbi

Sterkte

90 000 65 000

Ongevalle en verliese

50 000+ 2 991 dood (1 526


gesneuweldes gesneuweldes &
1 465 nie-geveg
betrokke)[12]

4 684 met 'n


permanente tekort
(fisiese of
sielkundige)

30 000–50 000 burgerlikes gedood[13]

Dit was 'n uitgerekte guerilla-oorlog wat


deur die Portugese gewapende magte
teen gewapende insurgente in die yl
bevolkte, maar baie uitgestrekte landelike
gebied van Angola gevoer is.[15] Grusame
wandade is in dié vryheidstryd aan albei
kante gepleeg.

Met die beëindiging van die Portugese


oorlog het daar 'n bloedige konflik tussen
die verskillende bevrydingsbewegings
uitgebreek. Die oorlog het amptelik aan die
einde van Januarie 1975 tot 'n einde
gekom toe die Portugese regering met die
Nasionale Unie vir die Totale
Onafhanklikheid van Angola (UNITA), die
Volksbeweging vir die Bevryding van
Angola (MPLA), en die Nasionale
Bevrydingsfront van Angola (FNLA) die
Alvor-verdrag onderteken het.[16][17][18]

1960s
Portugese koloniale troepe op parade in Luanda

Op 3 Januarie 1961 staak die Angolese


plaaswerkers van Baixa de Cassanje op die
Cotonang-katoenplase waar hulle werk, en
eis beter lone en beter
werksomstandighede. Cotonang het aan
Portugese, Britse en Duitse aandeelhouers
behoort. Die werkers het hulle
identiteitsdokumente verbrand en die
Portugese handelaars aangeval. Die
voorval staan bekend as die Baixa de
Casanje-opstand. Die volgende dag het
Portugese troepe teruggeslaan en
omliggende dorpies gebombardeer, na
bewering met napalm. Tussen 400 en 7
000 Angolese is dood.[19][20]

Op 4 Februarie bestorm 50 militantes 'n


polisiekantoor en die São Paulo
gevangenis in Luanda en vermoor sewe
polisiemanne. Veertig van die MPLA-
aanvallers is dood en nie een van die
gevangenes het daarin geslaag om te
ontsnap nie. Die regering het 'n begrafnis
vir die vermoorde polisiemanne gehou
waartydens Portugese burgers die
plaaslike bevolking in Luanda se
plakkerskampe voor die voet aangeval
het.[21]
Op 15 Maart infiltreer tussen 4 000 tot 5
000 van die Volksunie van Angola (UPA),
onder die leierskap van Holden Roberto,
Angola vanuit hul basis in Zaïre. Die UPA
val plase en regeringsbuiteposte aan, en
vermoor staatsamptenare en burgerlikes.
Die meeste slagoffers was "Ovimbundu"
(kontrakwerkers).[22] Die aanvallers het
Noord-Angola binnegedring  en
voortgegaan met die slagting. Meer as 1
000 wittes en 6 000 swartes (vroue en
kinders ingesluit) is vermoor.[23] Dit was
die begin van die Portugese Koloniale
Oorlog.[24][25][26][27]
Die Portugese het hergroepeer en beheer
oor Pedra Verde, die UPA se basis in
Noord-Angola, oorgeneem. In die eerste
jaar van die oorlog is tussen 20 000 en 30
000 Angolese burgers deur die Portugese
magte doodgemaak, [28][29] en tussen 400
000 tot 500 000 mense het na Zaïre
gevlug. Die UPA militantes het by die pro-
onafhanklike vlugtelinge aangesluit en met
die oorgrensaanvalle in Angola
voortgegaan. Dit het meer vlugtelinge
gelok en groter vrees onder die plaaslike
gemeenskappe gesaai.[24][26] In wat later
bekend geword het as die "Ferreira-
voorval" het 'n UPA-patrollie op 9 Oktober
1961 21 lede van die MPLA gevang en
doodgemaak. Dit het wydverspreide
geweld tussen die twee groepe laat
losbars.[26] Dit het so erg geraak dat
die Verenigde Nasies se Veilgheidsraad 'n
resolusie aanvaar het dat die Portugese
regering hom moet weerhou van
onderdrukkende maatreëls teen die
Angolese bevolking.[30]

Roberto het in Maart 1962 sy UPA laat


saamsmelt met die Demokratiese Party
van Angola om die Nasionale Front vir die
Bevryding van Angola (FNLA) te vorm. 'n
Paar weke later stig hy die Rewolusionêre
Regering van Angola (GRAE) en stel Jonas
Savimbi aan in die posisie van minister
van buitelandse sake. Roberto het toe 'n
politieke alliansie met Mobutu Sese Seko
van Zaïre bewerkstellig deur sy eerste vrou
te skei en met 'n plaaslike vrou uit Mobutu
se vrou se familiedorpie te
trou.[31][32] Roberto het Israel besoek en
van 1963 tot 1969 hulp van dié regering
ontvang.[33][34]

Die MPLA het in 1962 'n partykongres in


Leopoldville (Kinshasa) gehou waar daar
besluit is dat Viriato daCruz as leier te
stadig, agterlosig en gekant teen
beplanning is. Hy is toe deur Agostino
Neto vervang. Tydens die verandering van
leierskap is die organisasie se beleid vir 'n
onafhanklike Angola aanvaar:[35]

Demokrasie
Veelrassigheid
Onverbondenheid
Nasionalisme
Nasionale bevryding van die hele land
Geen buitelandse militêre basisse

Savimbi breek weg van die FNLA in 1964


oor Roberto se onwilligheid om die oorlog
verder as die tradisionele Koningryk van
die Kongo uit te brei en stig
UNITA.[36] Neto beraadslaag met die
Marxistiese leier, Ché Guevara, in 1965 en
kort daarna begin die hulp van
Kuba, Duitse Demokratiese Republiek en
die Sowjetunie instroom.[37][26]

Op 25 Desember 1966 loods UNITA sy


eerste aanval en blok die treine op die
Benguela-spoorlyn by die stasie Texeira de
Sosa, op die grens met Zambië. UNITA het
ook die treinspoor in 1967 tweekeer
opgeblaas. Dit het die Zambiese regering
omgekrap aangesien al die land se
koperuitvoere op die Benguela-lyn na die
Angolese hawe vervoer is. Kenneth
Kaunda het teruggeslaan en 500 van
Savimbi se vegters uit die land
geskop.[35][37]
UNITA se hoofbasis was in die verafgeleë
suidoos-Angolese provinsies waar die
Portugese en die FNLA byna geen invloed
kon uitoefen. UNITA was van meet af baie
beter georganiseer en gedisiplineerd as
die MPLA en FNLA. Sy vegters het ook 'n
baie beter begrip van guerilla-
oorlogvoering gehad.

In die laat 1960's het die MPLA en die


FNLA ook teen mekaar geveg en die
MPLA-magte het die Portugese troepe
gehelp om die FNLA se stellings op te
spoor.[37]
1970–1975

1971–1972

Portugese soldate in die reënwoud van noord-Angola

In 1971 het die MPLA begin om sy magte


in eskadrons van 100 tot 145 man te
mobiliseer, en dié eenhede is met 60 mm
en 81 mm mortiere bewapen. In 1972 het
die Portugese met teeninsurgensie-
operasies teen die MPLA begin en verskeie
van hul kampe verwoes. Hierby het
die Suid-Afrikaanse Weermag die MPLA in
Februarie 1972 by Moxico aangeval en die
kommunistiese teenwoordigheid in die
gebied uitgewis. Die Portugese het 'n
suksesvolle veldtog geloods om die totale
Oosfront onder beheer te kry. Neto is
verslaan en hy en 800 van sy manne het na
die Republiek van die Kongo gevlug. Die
verskillende faksies binne die MPLA het
toe onder mekaar begin wedywer om
beheer totdat die Sowjetunie ingegryp en
kant gekies het met die Chipenda-faksie.
Op 17 Maart muit 1 000 FNLA-vegters in
Kinkuzu, maar die Zaïrse leër het die
opstand namens Roberto onderdruk.[38]
1973–1974

FNLA-soldate besig met opleiding in 'n kamp in Zaïre- 1973

In 1973 breek Chipenda en 1 500 man weg


van die MPLA en stig sy Oostelike
Opstand. Die Tanzaniese leier, president
Julius Nyerere, oortuig in 1973
die Volksrepubliek China, wat die MPLA
sedert 1970 befonds, om eerder die FNLA
in sy stryd teen die MPLA te ondersteun. In
1974 staak die Sowjetunie alle steun aan
die MPLA toe die Revolta Activa afstig van
die hoofstroom-
MPLA. Die Sowjetunie herstel sy steun
egter weer in November toe Neto sy
leierskap kon herbevestig.[26][37]

Die gesamentlike magte van die MPLA,


UNITA en die FNLA het nie die stryd gewen
omdat hulle goed gevaar het in die oorlog
nie, maar eerder omdat die Portugese
Movimento das Forças Armadas
(gewapende magtebeweging) 'n
staatsgreep in Portugal uitgevoer het. Die
MFA was 'n groep laerangse offisiere in die
Portugese Gewapende Magte wat op 25
April 1974 verantwoordelik was vir die
sogenaamde Angelier Rewolusie wat 'n
einde aan die Portugese Koloniale Oorlog
gebring het. Dit het regstreeks aanleiding
gegee tot die onafhanklikheid van die
Portugese oorsese gebiede.[15][39]

1975

Die drie partyleiers ontmoet op 5 Januarie


1975 in Mombassa, Kenia en kom ooreen
om die onderlinge gevegte te staak. Voorts
is die trant van die grondwetlike
onderhandelings met die Portugese
bespreek. Hulle vergader weer met
Portugese regeringsamptenare van 10 tot
15 Januarie in Alvor, Portugal, en op 15
Januarie onderteken die drie leiers die
Alvor-verdrag wat die weg baan vir
onafhanklikheid en die stig van 'n
oorgangsregering.[40][24][40][24][40][41][41]

Deel van die ooreenkoms bepaal dat die


drie militêre magte in een nuwe militêre
mag, die Angolese Verdedigingsmagte,
moet integreer. Dit sou bestaan uit 48 000
aktiewe personeel, waarvan 24 000
Portugese troepe en die res van 8 000
vegters uit die geledere van die drie partye
sou kom. Elke groep bly in hul eie kasernes
en buiteposte en elke militêre besluit moet
gesamentlik op hoofkwartier- en
gesamentlike militêre vlak geneem
word. Die Portugese magte het nie
behoorlike toerusting en die toewyding vir
die taak gehad nie, terwyl die Angolese
nasionaliste antagonisties teenoor mekaar
was en geen behoorlike opleiding gehad
het nie.[40][41] Die Front vir die Bevryding
van die Cabinda-enklave is nie by die
verdrag ingesluit nie, en die seperatiste
van die Cabindaprovinsie het nooit
ingestem dat dié eksklave as 'n
ononderhandelbare deel by Angola gevoeg
word nie. Die seperatiste het die verdrag
as 'n skending van Cabinda se regte tot
selfbeskikking beskou.[42]
Al drie partye het gou sterker
gevegsmagte as die Portugese opgebou.
Dit het die vrese laat ontstaan dat die
Portugese mag in Angola nie die vrede
tussen die groepe sal kan handhaaf nie.
Faksiegevegte het opgevlam en erger
geraak namate daar al hoe meer wapens
uit die buiteland na die drie strydende
faksies gestroom het. In Februarie
waarsku Kuba die Oosbloklande dat die
Alvor-verdrag nie gaan slaag nie. Kort
hierna het die African National Congress
(ANC) en die South West Africa People's
Organization (SWAPO) die Kubaanse
kommer beaam.[43][44]
In Julie breek gevegte uit en die MPLA
slaag daarin om die FNLA uit Luanda te
dryf. UNITA onttrek vrywilliglik uit die
Angolese hoofstad en keer terug na sy
vesting in die suide, waarvandaan Savimbi
die stryd voortsit. Teen Augustus het die
MPLA reeds 11 van die 15 provinisiale
hoofstede onder sy beheer, insluitende
Luanda en Cabinda.[45] Suid-Afrikaanse
gevegsmagte steek die grens op 23
Oktober 1975 uit Suidwes-Afrika (nou
Namibië) oor,[46] en tussen 1 500 en 2 000
troepe beweeg in die geheim in die suide
van Angola in. Die gesamentlike
gevegsmagte van Suid-Afrika, die FNLA en
UNITA verower binne drie weke vyf
provinsiale hoofstede, insluitende Novo
Redondo en Benguela. Op 10 November
gee die Portugese finaal pad uit hul
voormalige kolonie. Op 11 November
verklaar Neto die onafhanklikheid van die
Volksrepubliek van Angola.[40] Die FNLA en
UNITA verklaar op hul beurt 'n eie regering
in Huambo.[47] Die Suid-Afrikaanse
Weermag trek terug en, met die hulp van
die Kubaanse magte, slaag die Angolese
mag daarin om groot dele van die suide
onder die MPLA se beheer te kry.[35]

Die toestande in Angola het gou 'n bron


van kommer geword vir 'n aantal
buitelandse moondhede, veral vir Portugal
se militêre bondgenote in NAVO. Die VSA
was besorgd oor die moontlikheid van 'n
Marxistiese regering in Luanda. Dit was
die rede dat die Amerikaners begin het om
wapens aan die UPA te voorsien wat
intussen gegroei en met die Demokratiese
Party saamgesmelt het om die FNLA te
vorm.[48][49]

Rhodesië en Suid-Afrika

'n Kenteken ter herdenking aan die onafhanklikheidswording van Angola


Afgesien van die VSA, het twee ander
lande ook by die oorlog in Angola betrokke
geraak. Dit was Rhodesië (nou Zimbabwe)
en Suid-Afrika, wat albei wit
minderheidsregerings gehad het. Albei die
lande was bekommerd oor hul toekoms
indien die Portugese die stryd verloor.
Rhodesië en Suid-Afrika het aanvanklik hul
hulp tot die verskeping van wapens en
voorrade beperk, maar in 1968 het die
Suid-Afrikaners Alouette III helikopters en
bemanning aan die Portugese Lugmag
begin voorsien. Later is verskeie afdelings
infanteriesoldate van die Suid-Afrikaanse
Weermag in suid- en sentraal-Angola
ontplooi.[50]
Sowjetunie

Die Sowjetunie het in die laat 1960's ook


by die konflik in Angola betrokke geraak,
hoewel dit eksklusief net hulp aan die
MPLA was. Terwyl die FNLA beperkte hulp
van die VSA ontvang het, het UNITA baie
min buitelandse hulp gekry. Die MPLA baie
goeie betrekkinge met Moskou opgebou
en baie gou wapentuig en voorrade via
Tanzanië en Zambië gekry. In 1969 het die
MPLA 'n ooreenkoms gesluit dat, met
onafhanklikheidswording, die
Sowjetunie militêre basisse in die land
mag vestig.
Verwysings
1. (en) Crocker, Chester A.; Fen Osler
Hampson; Pamela R. Aall (2005).
Grasping The Nettle: Analyzing Cases
Of Intractable Conflict. p. 213.
2. (en) The Soviet Union and
Revolutionary Warfare: Principles,
Practices, and Regional Comparisons,
1988, bl. 117–118.
3. (en) Cuba: The International Dimension,
1990, bl. 155–157.
4. (en) Cuba in the World, 1979, bl. 95–96.
5. (en) Foreign Intervention in Africa:
From the Cold War to the War on
Terror, 2013, bl. 81.
6. (en) China and Africa: A Century of
Engagement, 2012, bl. 339.
7. (en) Armed Forces and Modern
Counter-insurgency, 1985, bl. 140.
8. (en) The Flawed Architect:Henry
Kissinger and American Foreign Policy,
2004, bl. 404.
9. (pt) FNLA – um movimento em
permanente letargia,
guerracolonial.org (http://www.guerrac
olonial.org/index.php?content=324)
10. (en) THE BORDER WAR (http://www.sa
airforce.co.za/the-airforce/history/saa
f/the-border-war)
11. (en) Regional Orders: Building Security
in a New World, 1997, bl. 306.
12. (en) Portugal Angola (http://www.photi
us.com/countries/portugal/national_s
ecurity/portugal_national_security_ang
ola.html)
13. (en) Tom Hartman, A World Atlas of
Military History 1945–1984.
14. John Marcum, The Angolan
Revolution, vol.
15. António Pires Nunes, Angola 1966–74
(http://petrinus.com.sapo.pt/leste.ht
m) Geargiveer (https://web.archive.or
g/web/20060827103251/http://petrin
us.com.sapo.pt/leste.htm) 27
Augustus 2006 op Wayback Machine
Verwysingfout: Invalid <ref> tag;
name "Angola 1966-74" defined
multiple times with different content
16. Palmer, Alan Warwick (1979). The
Facts on File Dictionary of 20th
Century History, 1900–1978. p. 15.
17. Dicken, Samuel Newton; Forrest Ralph
Pitts (1963). Introduction to Human
Geography. p. 359.
18. (ADP) Shadle, Robert; James Stuart
Olson (1991). Historical Dictionary of
European Imperialism. pp. 26–27.
19. "inapertwa: Angola" (http://inapertwa.b
logspot.com/2008/06/angola.html)
(in Engels). Geargiveer (https://web.ar
chive.org/web/20191208064744/htt
p://inapertwa.blogspot.com/2008/06/
angola.html) vanaf die oorspronklike
op 8 Desember 2019. Besoek op 7
Februarie 2009.
20. James Fearon and David Laitin.
"Portugal" (http://www.stanford.edu/gr
oup/ethnic/Random%20Narratives/Po
rtugalRN1.3.pdf) (PDF). Stanford
University. Besoek op 2009-02-07.
21. Wright, George (1997). The
Destruction of a Nation: United States'
Policy Towards Angola Since 1945.
pp. 5–6.
22. Angola discutida na Assembleia Geral
das Nações Unidas (http://www.guerra
colonial.org/index.php?content=10001
2) , a film of a Portuguese formal
protest in the United Nations (March
1961), and an anti-American riot at
Lisbon, guerracolonial.org
23. (Portuguese) (DADOS PARA A)
HISTÓRIA DA LÍNGUA PORTUGUESA
EM MOÇAMBIQUE (http://www.institut
o-camoes.pt/cvc/hlp/geografia/portug
uesmocambique.pdf) Geargiveer (htt
ps://web.archive.org/web/200802140
54221/http://www.instituto-camoes.p
t/cvc/hlp/geografia/portuguesmocam
bique.pdf) 14 Februarie 2008 op
Wayback Machine, Instituto Camões
24. Tvedten, Inge (1997). Angola: Struggle
for Peace and Reconstruction. pp. 29–
36.
25. Edgerton, Robert Breckenridge (2002).
Africa's Armies: From Honor to Infamy.
p. 72.
26. George, Edward (2005). The Cuban
Intervention In Angola, 1965–1991:
from Che Guevara to Cuito Cuanavale.
pp. 10, 46 and 289.
27. For a critical and well sourced account
of the 1961 events see Dalila Cabrita
Mateus & Álvaro Mateus, Angola 61:
Guerra Colonial, Causas e
Consequências.
28. Tom Hartman, A World Atlas of
Military History 1945–1984.
29. George Childs Kohn, Dictionary of
Wars (Facts on File, 1999).
30. Wellens, Karen; T.M.C. Asser Instituut
(1990). Resolutions and statements of
the United Nations Security Council
(1946–1989): a thematic guide. BRILL.
p. 58. ISBN 978-0-7923-0796-9.
31. Tvedten, Inge (1997). Angola: Struggle
for Peace and Reconstruction. p. 31.
32. Davis, John Aubrey (1966). Southern
Africa in Transition, American Society
of African Culture. p. 170.
33. Beit-Hallahmi, Benjamin (1988). The
Israeli Connection: Whom Israel Arms
and Why. p. 64.
34. Figueiredo, António de (1961).
Portugal and Its Empire: The Truth.
p. 130.
35. Wright, George (1997). The
Destruction of a Nation: United States
Policy Towards Angola Since 1945.
pp. 2, 8–11, and 57.
36. Walker, John Frederick (2004). A
Certain Curve of Horn: The Hundred-
Year Quest for the Giant Sable
Antelope of Angola. pp. 146–148.
37. Abbott, Peter; Manuel Ribeiro
Rodrigues (1988). Modern African
Wars: Angola and Mozambique, 1961–
1974. p. 10.
38. George, Edward (2005). The Cuban
Intervention in Angola, 1965–1991.
Routledge. p. 289. ISBN 0-415-35015-
8.
39. Laidi, Zaki.
40. Rothchild, Donald S. (1997). Managing
Ethnic Conflict in Africa: Pressures and
Incentives for Cooperation. pp. 115–
116.
41. Schneidman, Witney Wright (2004).
Engaging Africa: Washington and the
Fall of Portugal's Colonial Empire.
p. 200.
42. Ryan, J. Atticus (1998). Unrepresented
Nations and Peoples Organization
Yearbook. p. 58.
43. Westad, Odd Arne (2005). The Global
Cold War: Third World Interventions
and the Making of Our Times. p. 227.
44. McDannald, Alexander Hopkins
(1976). The Americana Annual: An
Encyclopedia of Current Events, 1877–
1976. p. 86.
45. Porter, Bruce D. (1986). The USSR in
Third World Conflicts: Soviet Arms and
Diplomacy in Local Wars, 1945–1980.
p. 149.
46. Stearns, Peter N.; William Leonard
Langer (2001). The Encyclopedia of
World History: Ancient, Medieval, and
Modern, Chronologically Arranged.
p. 1065.
47. Crocker, Chester A.; Fen Osler
Hampson; Pamela R. Aall (2005).
48. "Jonas Savimbi: Washington's
"Freedom Fighter," Africa's "Terrorist""
(http://www.fpif.org/fpiftxt/408)
Geargiveer (https://web.archive.org/w
eb/20090211105314/http://www.fpif.
org/fpiftxt/408) 11 Februarie 2009 op
Wayback Machine.
49. "Jonas Savimbi: Washington's
"Freedom Fighter," Africa's "Terrorist" "
(https://web.archive.org/web/2009091
0091700/http://www.fpif.org/fpiftxt/4
08) (in Engels). Geargiveer vanaf die
oorspronklike (http://www.fpif.org/fpif
txt/408) op 10 September 2009.
Besoek op 9 Februarie 2009.
50. "THE AIRFORCE – THE BORDER WAR"
(http://www.saairforce.co.za/the-airfor
ce/history/saaf/the-border-war) (in
Engels). Geargiveer (https://web.archiv
e.org/web/20191206121055/http://w
ww.saairforce.co.za/the-airforce/histo
ry/saaf/the-border-war) vanaf die
oorspronklike op 6 Desember 2019.
Besoek op 9 Februarie 2009.

Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?


title=Angolese_Oorlog_vir_Onafhanklikheid&oldid=
2466712"

Die bladsy is laas op 24 November 2021 om 10:45


bygewerk. •
Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 3.0 , tensy
anders vermeld.

You might also like