ECON 112 Chapter 6 (Afrikaans)

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 5

Hoofstuk 6: Elastisiteit

Vraag- en aanbodkrommes is van die nuttigste ontledingsinstrumente in die ekonomie.


Die redes hiervoor is die feit dat V+A gebruik kan word om:

Verskillende ekonomiese verskynsels te verklaar


Te voorspel wat sal gebeur indien n ekonomiese veranderlike verander
Die uitwerking va nbeleidsbesluite te ontleed

Wat is elastisiteit?

Is 'n maatstaaf van gevoeligheid of sensitiwiteit. Wanneer 2 veranderlikes met mekaar


verband hou, wil n mens dikwels weet hoe sensitief of gevoelig die afhanklike
veranderlike vir veranderings in die onafhanklike veranderlike is.
Die maatstaf vir sulke gevoeligheid of sensitiwiteit staan as elastisiteit bekend.
Elastisiteit kan formeel gedefinieer word as die persentasieverandering in 'n
afhanklike veranderlike in indien die betrokke onafhanklike veranderlike met een
persent verander.

4 Tipes elastisiteit:

Die pryselastisiteit van vraag


Die inkome-elastisiteit van vraag
Die kruiselastisiteit van vraag
Die pryselastisiteit van aanbod

Die pryselastisiteit van vraag

Die pryselastiesiteit van die vraag het betrekking op die gevoeligheid van die
hoeveelheid gevra en die prys van die produk
is die persentasieveranderling in die hoeveelheid gevra indien die prys van die
produk met een present verander.
Afhanklike veranderlike - hoeveelheid gevra
Onafhanklike veranderlike - prys van die produk

Dit meet met ander woorde die gevoeligheid van die gevraagde hoeveelheid vir n
verandering in prys.
Die gevoeligheid van die gevraagde hoeveelheid vir n verandering in dei prys word
geillustreer deur die helling van die vraagkromme.
Die pryselastisiteit van die vraag is baie belangrik vri sake-ondernemings. Indien hulle
bv:
Die prys van n produk of diens verlaag, weet hulle dat die gevraagde hoeveelheid
sal neig om toe te neem, in ooreenstemming met die wet op vraag.
Hulle wil egter weet met hoeveel die gevraagde hoeveelheid gaan styg. Indien
firmas rasioneel is, sla hulle wil masiemeer en die verandering in die hoeveelheid
wat gevra en verkoop word, sal n regstreekse impak op hul inkomste he en dus ook
op hulle winste.

Wat is elastisiteitkoeffisiente?

Die pryselasiteit va nvraag is die verhouding van die persentasieverandering in die


hoeveelheid gevra tot die persentasieverandering in prys.
Dit stel ons in stat om te vergelyk hoe verbruikers sal reageer op veranderings in die
pryse va nverskillende goedere en dienste.

Die pryselastisiteit van vraag en totale inkomste:

Word gerbuik om vas te stel met hoeveel dei totale besteding van verbruikers aan n
produk verander wanner die prys van die produk verander.
Die totale inkomste (TR) van die aanbieders van n goed of diens is gelyk aan die prys
(P) van die goed of diens vermeingvuldig met die hoeveelhied (Q) wat verkoop word.
(dws TR=PQ)
N prysverandering lei tot n vernandering in die hoeveelheid gevra wat in die
teenoorgestelde riging as die prydverandering is. Die uitwerking van nprysverandering
op die totale inkomste sal dus afhang van die relatiewe groottes van die
prysverandering en die verandering in die hoeveelheid gevra.
Solank die pryselastisiteit van vraag groter as een is, sal die totale inkomste TR
toeneem as die hoeveelheid verkoop Q toeneem.
TR bereik n maksimum war die pryselastisiteit van vraag gelyk is aan een
Wanneer die pryselastisiteit van vraag kleiner as een is, neem TR af soos die
hoeveelheid

Verskillende kategoriee van die pryselastisiteit van vraag:

Volmaak elastiese vraag


Onelastiese vraag
Eenheidselastisiteit
Elastiese vraag

Volmaak elastiese vraag:


Indien die vraag volmaak onelasties is, sal produsente hul inkomste kan verhoog deur
die prys van die produk te verhoog. Wanner P toeneem en Q dieselfde bly, sla TR styg.

Onelastiese vraag:

Wanner die hoeveelheid gevra op n prysverandering reageer, maar die


persentasieverandering in die hoeveelhied gevra kleiner as die
persentasieverandering in die prys is, word die vraag as onelasties bestempel.
As die prys van die produk styg, sal produsente se totale inkomste toeneem.
Om dieselfde rede sal daar vir produsente geen aansporing wees om di eprys te
verlaag nie, aangesien die toename in die hoeveelheid gevra proporsioneel kleiner as
die persentasiedaling in prys sal wees, dws hulle totale inkomste sal afneem.

Eenheidselastisiteit:

Word aangetref waar die persentasieverandering in die gevraagde hoeveelheid


presies gelyk is aan die persentasieverandering in die prys. Hulle kan nie hulle totale
inkomste verhoog deur die prys van die produk te verhoog/verlaag nie. in beide
gevalle sal die persentasie verandering in die prys presies geneutraliseer wee deur n
ooreenstemmende persentasie verandering die hoeveelheid gevra wat in die
teenoorgestelde rigting as die prysverandering is.
TR=P x Q sal dus onveranderd bly.

Elastiese vraag:

Indien produsent evoor n elastiese vraag vir hul produk te staan kom, kan hulle hul
totale inkomste verhoog deur die prys van die produk te verlaag. Wanner die prys van
die produk daal, sal daar n proporsioneel groter toename in die hoeveelheid gevra
wees. TR sal dus toeneem.
Wanner produsente voor n elastiese vraag te staan kom, sal hulle geen aansporing he
om hul pryse te verhoog nie, aangesien die daling in die hoeveelheid gevra
proporsioneel groter as die toenam ein ide prys van die produk wees, met die gevolg
da thulle totale inkomste daal.

Volmaak elastiese vraag:

Hierdie kromme dui aan dat verbruikers bereid is om enige hoeveelheid teen n
bepaalde prys te koop, maar as die prys net effens verhoog word, daal die gevraagde
hoeveelheid na nul.

Determinate van die pryselastisiteit:

Die vervangbaarheid van die produk


Die komplimentartiteitsgraad van die produk
Die soort behoefte wat deur die produk bevredig word
Die typerk onder beskouing
Die gedeelte van inkome wat aan die produk bestee word.
Ander moontlike determinate van die pryselastisiteit van vraag
Die gekombineerde uitwerking van die determinante

Inkome-elastisiteit:

Die hoeveelheid va n produk wat aangevra word, hang af van die inkome van die
verbruikers. As verbruikers se inkome toeneem, sal die gevraagde hoeveelheid
gewoonlik toeneem. Die vraag is met hoeveel dit relatief tot die verandering in inkome
sal verander. Die inkome-elastisiteit van die vraag meet die gevoeligheid van die
hoeveelheid gevra vir veranderings in inkome.

Positiewe inkome-elastisiteit - normale goedere

Dit beteken dat n styging in die inkome met n toename in dei hoeveelheid gevra van
die betrokke produk gepaardgaan

Negatiewe inkome-elastisiteit - minderwaardige goedere

Dit beteken dat daar n stying in die inkome tot n afname in die hoeveelheid gevra van
die betrokke produk lei

Wanneer die inkome-elastisiteit van vraag groter as een is word die produk n luukse
produk genoem.
Wanner die inkome-elastisiteit van vraag positief kleiner as een is word die produk n
noodsaaklike produk genoem.

Kruiselastisiteit:

Die hoeveelhied gevra van n bepaalde produk hang ook af van die pryse van verwante
produkte. Die kruiselastisiteit van vraag meet die gevoeligheidvan die hoeveelheid
gevra van n spesifieke produk vir veranderings in die prys van n verwante produk.

Substitute - is die vraag positief

Komplemente - is die vraag negatief


Die pryselastisiteit van aanbod:

Die pryselastisiteit van aanbod meet die gevoeligheid van die hoeveelheid aangebied
van n produk vir veranderings in prys van die produk.

Verskillende kategoriee aanbodelastisiteit:

Volmaak onelastiese aanbod


Onelastiese aanbod
Eenheidselastisiteit
Elastiese aanbod
Volmaak elastiese aanbod

Determinante van die pryselastisiteit:

Prysverwagtinge
Voorraadstapeling
Oormaatkapasiteit
Beskikbaarheid van insette

You might also like