Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 40

Inleiding tot Dramatiese Kunste

 In Dramatiese Kunste bestudeer jy hoe menslike ervarings vir ‘n gehoor voorgestel


en opgevoer word.
 In hierdie inleiding rig jy ‘n fundamentele vraag aan jouself: “Wat is drama?”.
 Jy sal ‘n paar basiese vaardighede van dramatiese kommunikasie leer, jy sal oor die
liggaam en stem van die akteur as primêre instrumente vir kommunikasie leer, en jy
sal begin om van die basiese woordeskat te gebruik wat met drama- en
teaterpraktyk verband hou.
 Talle van die vaardighede wat jy in Dramatiese Kunste nodig het, kan deur middel
van speletjies aangeleer word.
 Tydens die proses van speletjies speel, leer jy konsentreer; spanwerk; om meer
doeltreffend te kommunikeer; om vinnig te dink en probleme op te los; en om
selfvertroue te bou.
 Dit is belangrik dat jy nie jou liggaam, denke, emosies en stem as afsonderlike
entiteite beskou nie. Dit word alles saam gebruik om met die gehoor te
kommunikeer en die storie te vertel.
 Die speletjies en aktiwiteite van hierdie reis kan as basis vir al die praktiese
dramawerk dien, of dit beweging, stem, toneelspel of die bou van ‘n produksie is.
 Blaai deur hierdie reis elke keer as jy voor ‘n klas of repetisie moet opwarm.
Wat is drama?

 Drama stel ons in staat om deur


verbeeldingryke spel en improvisasie
 Drama is ‘n Griekse woord wat (spontane vertolking van situasies
‘aksie’ beteken en wat ontstaan het sonder voorbereiding) situasies te
uit die Griekse werkwoord draein, ervaar wat ons nie op ‘n ander
‘om te doen’. manier sou teëkom nie.
 Ons speel in drama situasies uit deur  Drama is waarskynlik een van die
‘te doen’ en ons liggame en algemeenste maniere waarop
stemme te gebruik om met mekaar kinders natuurlik speel; oor alle
te kommunikeer om die ‘aksie’ kulture heen maak kinders of hulle in
duidelik te maak. situasies is en speel rolle wat hulle in
 Ons gebruik aksie en interaksie met die lewe waarneem – hulle toets
ander om allerhande menslike idees en leer deur dramatiese spel.
ervarings te verken.  Een van die basiese instrumente in
drama is empatie, die vermoë om
saam met iemand anders te voel,
om in iemand anders se skoene te
staan.
Aktiwiteit 1
Drama vs. die
lewe
In klein groepies, skryf soveel
verskille as moontlik tussen die
werklike lewe en drama neer. Hoe
verskil die spel van kinders as
‘dokter en verpleegster’ van ‘n
werklike dokter en verpleegster
wat hul werk doen? Dink nou na
oor soveel ooreenkomste tussen
die twee as moontlik. Wat het jy
oor die ooreen-komste en verskille
tussen drama en die werklike lewe
geleer?
 Daar is talle soorte drama, en teater is een van
hierdie vorms.
Verskillende  Teater is die term vir drama wat voor ‘n lewendige
gehoor uitgespeel word.
soorte drama  In teater ervaar die gehoor die aksie van die
drama deur wat hulle hoor en sien, deur die
woorde en optrede van die akteurs, in werklike
tyd.
Drama kan gebruik word om mense
 Dit is ‘n ontmoeting in lewende lywe waar die
dinge deur rolspel te leer. Talle aanwesigheid van die gehoor ‘n impak op die
maatskappye gebruik byvoorbeeld akteurs het, anders as met film of televisie.
drama-instrumente om hulle
verkoopspersoneel op te lei. Party  Teater is ‘n kollektiewe kunsvorm, en talle mense is
vorms van sielkunde en terapie by die skep van die finale produk betrokke.
gebruik drama om mense te help  Skrywers, regisseurs, akteurs, ontwerpers,
om ander se standpunte wat van kostuumvervaardigers, tegnici, bemarkers, mense
hulle s’n verskil te verstaan. In wat agter die skerms werk en talle ander speel ‘n
huweliksberading kan egpare gevra rol om te verseker dat die teaterstuk met die
word om ‘n argument wat hulle beoogde gehoor kommunikeer.
gehad het weer uit te speel, maar
 Dramas wat ander media as lewendige
nou die rol van die ander persoon opvoering gebruik, word in films, televisie, radio
aan te neem. en, meer onlangs, aanlyn of op selfone aangetref.
Aktiwiteit 2
Lewendige vs.
opgeneemde drama

In klein groepies, skryf soveel


verskille moontlik tussen die
lewendige en opgeneemde
drama-opvoerings neer. Gebruik
enige voorbeelde wat julle van
lewendige drama of opgeneemde
drama gesien het om julle
standpunte te stel. Gee aan die
klas terugvoer oor jul bevindings.
Die toneelteks
‘n Geskrewe drama het ‘n baie spesifieke formaat. Die rede
hiervoor is dat ‘n drama aan die leser die dinge wat gehoor
sowel as die dinge wat gesien word, moet beskryf. Die
draaiboek of skriftelike weergawe van ‘n toneelstuk bestaan uit
verhoogaanwysings (opdragte aan die akteurs en die regisseur
oor wat op die verhoog moet gebeur, of wat gesien moet
word) en dialoog (die spesifieke woorde wat deur die karakter
in die drama gesê word).
Aktiwiteit 3 Skryf ‘n
kort toneelteks
Dink aan een kort insident wat jy
vandag of baie onlangs tussen twee
mense ervaar het. Stel jou voor dat
hierdie insident opgevoer gaan word
deur mense wat nie daar was toe dit
gebeur het nie. Gebruik
verhoogaanwysings om die toneel te
beskryf en beskryf die aksie en die
dialoog met die woorde wat werklik
deur mense gesê word – skryf die
insident as ‘n toneelteks neer. Jou kort
drama moenie langer as ‘n bladsy
wees nie.
Kom ons speel!

Ons moet sekere basiese vaardighede en vermoëns aanleer as ons


doeltreffend aan dramawerk wil deelneem. Baie hiervan kan aangeleer word
deur speletjies te speel. Speletjies kan ook help om kreatiwiteit te ontwikkel.
Die begin van ‘n jaar kan beteken dat daar veranderings in die samestelling
van jou dramaklas is. Die begin van ‘n repetisieproses bring ook ‘n groep vir
die eerste keer bymekaar. In albei hierdie gevalle kan die speel van speletjies
‘n natuurlike manier wees om mekaar beter te leer ken, en om ‘n proses van
kommunikasie en vertroue te begin wat jou sal help om jou doelwitte vir
Dramatiese Kunste te bereik.
OM SPELETJIES TE SPEEL HELP
ONS OM DIE BEWEGING VAN
ONS LIGGAME MET BETREKKING
TOT RUIMTE TE VERSTAAN EN

Dramafeit
SKEP SODOENDE GROTER FISIESE
VRYHEID EN BEHEER, ONTWIKKEL
KOÖRDINASIE EN GEE AAN ONS
‘N GROTER WOORDESKAT VAN
BEWEGING. DIT HELP ONS OOK
OM MEER KREATIEF TE WORD EN
GOED MET MEKAAR IN GROEPE
SAAM TE WERK.
Aktiwiteit 4 Leer
jou ken
Beskrywende name: Staan in
‘n kring. Maak beurte en sê
elkeen julle naam op ‘n
interessante manier met ‘n
groot, uitdrukkingsvolle
beweging wat daarby pas.
Dan moet almal direk daarna
jou naam en die beweging
herhaal.
Aktiwiteit 4
Leer jou ken
Ritme-naamspeletjie: Staan in ‘n
kring en begin ‘n ritme met twee
vingerklappe, eers met die
regterhand, dan die linkerhand,
gevolg deur twee handklappe.
Op die klappe, sê jou naam en
dan die naam van iemand
anders in die kring. Op die
volgende stel klappe sê die
leerder wie se naam jy gesê het,
sy of haar naam en dan die
naam van iemand anders. Hou
die ritme vol.
Aktiwiteit 5 Raak fisies betrokke

Lyf-klop: Staan in ‘n kring en klop


vier keer op jou eie kop, dan jou
skouers, jou borskas, jou voete.
Kry hierdie ritme aan die gang.
Strek dan jou arms sywaarts uit en
klop die koppe van dié langs jou
vier keer, dan hulle skouers, dan
hulle rûe, dan hulle voete. Dit is
belangrik om die ritme te behou.
Moenie te hard klop nie.
Vermeerder julle spoed as groep
as julle kan.
Aktiwiteit 5 Raak
fisies betrokke
Vrugteslaai: Sit in ‘n kring op stoele en
werk in die rondte en noem jouself om
die beurt ‘n “piesang”, “appel”, of
“lemoen”. Daar moet ‘n gelyke getal
van elke vrug in die kring wees. Een
leerder staan in die middel van die
kring en roep die naam van ‘n vrug
uit. Die leerders wat daardie vrug is,
staan op en beweeg na ‘n ander
stoel, terwyl die leerder in die middel
ook op ‘n stoel probeer sit. Een leerder
wat oorbly, is nou in die middel “aan”.
As “vrugteslaai” uitgeroep word, moet
al die spelers elkeen op ‘n ander stoel
gaan sit – nie op hulle eie of die een
direk langs hulle nie.
Aktiwiteit 5 Raak fisies betrokke

Vinnige groeperings: Stap in die vertrek rond, vul die


hele ruimte en moenie ‘n patroon volg nie. ‘n Getal
word uitgeroep – vorm groepe van daardie getal.
Enigeen wat oorbly, is uit die speletjie uit. Enige
groepe met die verkeerde aantal leerders is ook
almal “uit”. Nog ‘n weergawe van hierdie speletjie is
om ‘n getal en ‘n vorm uit te roep. Julle moet in stilte
groepe maak met daardie aantal leerders en in
daardie vorm.
Aktiwiteit 5 Raak fisies betrokke

Jakkals en konyn: Staan by ‘n maat en hou hande vas om ‘n “konyngat” te


vorm. Die hele groep doen dit behalwe twee leerders, een wat die “jakkals” is
en nog een wat die “konyn” is. Die jakkals jaag die konyn. Die konyn ontsnap
deur in ‘n konyngat te verdwyn (duik onder die arms van ‘n paar leerders in).
Die oomblik wanneer die konyn in die gat is, neem hulle die plek in van een
van die maats wat nou die jakkals word – die persoon wat die jakkals was,
moet onmiddellik die konyn word en weghardloop om nie gevang te word
nie!
Aktiwiteit 5 Raak fisies
betrokke
Die kaptein kom: Hierdie speletjie word gespeel asof julle almal
aan boord ‘n skip is. Daar is vier rigtings: “Voor” (na die voorkant
van die vertrek); “Agter” (na die agterkant van die vertrek);
“Bakboord” (na die spelers se linkerkant); “Stuurboord” (na die
spelers se regterkant). Die groep moet so vinnig moontlik in
hierdie rigtings beweeg wanneer dit deur die persoon wat “aan”
is, uitgeroep word. Die persoon wat laaste die korrekte
beweging maak, moet uitsit. Hierdie speletjie kan gespeel word
totdat die laaste persoon wat oorbly as die wenner aangewys
word. Hierdie rigtings word met die volgende opdragte
gekombineer:
“Man oorboord” – een persoon spring in die arms van ‘n ander
persoon.
“Haaie!” – almal lê plat op hul mae op die vloer met een been in
die lug soos ‘n vin.
“Land ahooi!” – almal bespied die horison met ‘n hand oor die
oë.
“Seerowers” – haak jou arms in by die persoon langs jou en
dreunsing; yo ho en ‘n bottel rum!
“Kaptein kom” – almal salueer en sê “reg so, Kaptein”.
Aktiwiteit 5 Raak fisies betrokke

Leerresies: Die klas of groot groep word in twee gelyke spanne


verdeel. Elke leerder moet met iemand van die ander span ‘n paar
vorm. Die maats sit teen mekaar op die vloer en vorm twee reguit
rye. Hulle strek hulle bene voor hulle uit met voete wat aan mekaar
raak om die “sporte” van die “leer” te vorm. Elke paar word
genommer en wanneer die nommer uitgeroep word, moet daardie
paar opstaan en aan die buitekant van die leer na die punt toe
omhardloop, dan oor die sporte klim totdat hulle hul oorspronklike
plek bereik het. Die speler wat eerste op sy of haar plek gaan sit,
verdien ‘n punt vir dié se span.
Aktiwiteit 6 Bou ‘n
ensemble
Hou die bal in die lug: Die groep het een bal
tussen hulle. Dit is die verantwoordelikheid van
die groep as geheel om die bal in die lug te hou
deur dit opwaarts te slaan. Die bal mag nie die
grond raak nie, en niemand mag dit tweekeer
na mekaar raak nie. Die groep moet tel hoeveel
keer na mekaar die bal geslaan word en
probeer om hulle vorige telling te oortref.
Aktiwiteit 6 Bou ‘n ensemble

Groepgroet: Die groep begin deur


hand te skud. Voordat hulle iemand se
hand laat los, moet hulle reeds iemand
anders se hand skud. Hulle moet die
hele tyd met ten minste een persoon in
kontak wees; as jy nie ten minste een
ander persoon se hand vashou nie, is jy
“dood” en moet jy uitsit. Probeer
oogkontak te behou met die mense
wie se hande jy vashou.
Aktiwiteit 6 Bou
‘n ensemble
Ritme-oorlogspeletjie: Verdeel in twee ewe groot
spanne en staan in twee rye wat na mekaar kyk.
Sonder om te bespreek wie gaan begin, begin
iemand in die span ‘n ritmiese klank en beweging
maak wat hulle hele span onmiddellik naboots.
Terwyl hulle dit doen, moet hulle na die ander span
toe beweeg en die span na die teenoorgestelde
muur druk. Na ongeveer agt tellings, kap iemand in
die opponerende span terug deur ‘n nuwe klank en
beweging te begin. Al daardie spanlede boots
onmiddellik die nuwe ritme na en druk die eerste
span terug. Dit hou aan met elke span wat weer ‘n
nuwe ritme begin. As niemand in ‘n span begin
wanneer dit hulle beur is nie, “sterf” die hele span.
Aktiwiteit 7 Vertrouspeletjies

Fisiese kontak: Een leerder roep die opdragte uit. Die res van die groep voer dit
so vinnig as moontlik uit. Die opdragte kan byvoorbeeld wees “kop teen
elmboog”, “vinger teen knie” of “elmboog teen rug”. Elke leerder moet seker
maak dat hy of sy met die ander leerder in die vertrek kontak maak deur
hierdie kontakpunte te gebruik. Die speletjie kan uitgebrei word deurdat almal
in die ruimte rondbeweeg sodra die aanvanklike kontak gemaak is terwyl hulle
al die kontakpunte wat reeds gemaak is, behou.
Aktiwiteit 7
Vertrouspeletjies
Val en vang: Een leerder staan tussen twee
ander. Die leerder in die middel staan stofstyf en
val agteroor en laat een leerder toe om hom of
haar te vang. Dan val hy of sy vooroor en laat
die ander leerder hom of haar vang. Hierdie
wiegery gaan voort totdat die leerder in die
middel gemaklik is en vertrou dat die ander
twee hom of haar sal vang. Dit kan ook in ‘n
klein groep gedoen word waar die leerders
naby mekaar staan en die leerder wat val, in
enige rigting kan val en daar altyd iemand in
die kring is om hom of haar te vang.
Aktiwiteit 7
Vertrouspeletjies
Tel op en dra: In ‘n groep
van sewe of nege gaan lê
die een leerder op die vloer
en hou sy of haar liggaam
styf. Die res van die groep
staan om die leerder en tel
die een wat lê, versigtig op.
Wanneer hulle stewig staan,
tel die groeplede die stywe
leerders bokant hulle koppe
op en dra hom of haar op
hulle skouers in die vertrek
rond en sit hom of haar
saggies op ‘n ander plek
neer.
Aktiwiteit 8
Konsentrasiespeletjies
Omgekeerde opdragte: Een
leerder roep die opdragte uit. Dit is
“stop” (vries), “gaan”, “hardloop”,
“kruip”, “sit”, “staan”. Nadat julle vir
‘n paar minute gespeel het, keer
die betekenis van die opdragte
om: “stop” beteken “gaan”,
“gaan” beteken “stop”, “hardloop”
beteken “kruip”, “kruip” beteken
“hardloop”, “staan” beteken “sit”,
en “sit” beteken “ignoreer my en
doen watookal die laaste opdrag
was”. As jy die verkeerde aksie
uitvoer op die opdrag wat gegee
word, moet jy uitsit.
Aktiwiteit 8 Konsentrasiespeletjies

Groepfokus: Die hele klas sprei uit en gaan


staan stil in die ruimte. Een leerder kruis eerste
die ruimte en staan dan stil, dan kruis enige
twee ander leerders die ruimte en staan stil
(gelyktydig), dan drie, dan vier, dan 3-2-1. Die
patroon word die hele tyd herhaal. Leerders
wat saam beweeg, moet saam stilstaan. As
daar enige foute is met die aantal mense wat
op dieselfde tyd beweeg, moet dit
raakgesien en reggemaak word, sonder dat
daar verbale kommunikasie in die groep is.
Aktiwiteit 8
Konsentrasiespeletjies
Colombiaanse hipnose: In pare hou
een maat die palm van hulle hand uit.
Die tweede maat moet hulle gesig in
lyn met die palm hou asof hulle
daardeur gehipnotiseer word. Die
“gehipnotiseerde” maat moet
konsentreer en die palm volg
waarheen dit ookal beweeg, en die
res van die liggaam moet toegelaat
word om te volg. Die
“gehipnotiseerde” maat sal vind dat
namate die oefening voortgaan,
spiere gebruik word waarvan hulle nie
voorheen bewus was nie. Moenie
bang wees om verskillende vlakke te
gebruik wanneer hierdie speletjie
gespeel word nie.
Drama-etiket

 Toe jy die speletjies in die vorige paar bladsye gespeel het, sou jy
opgelet het dat dit belangrik is dat almal in die vertrek gefokus bly,
ongeag die speletjie wat gespeel word.
 Jy moes ook almal respekteer wat by die aktiwiteite betrokke was,
en hierdie respek is getoon deurdat jy aandagtig geluister het, fisies
vir mekaar gesorg het en die reëls van die speletjie gehoorsaam
het.
 Hierdie aspekte van samewerking is alles deel van wat ons “drama-
etiket” noem, met ander woorde die reëls wat aanvaarbare gedrag
rig terwyl drama-aktiwiteite uitgevoer word.
Aktiwiteit 9 Vestiging
van drama-etiket
In klein groepies, stel ‘n stel reëls
(hoogstens ses) op oor hoe julle jul in
die klas gaan gedra wanneer
drama-aktiwiteite uitgevoer word.
Deel hierdie stel reëls met die klas,
en stel vas met watter reëls julle
almal saamstem. Skryf hierdie reëls
dan neer en plak dit op ‘n
prominente plek in die klas op.
Verbind julleself tot hierdie reëls, en
hou mekaar daarvoor
verantwoordelik. As julle dit doen, sal
julle vind dat Dramatiese Kunste vir
julle baie meer pret en produktief sal
wees.
Teateretiket

 Wanneer jy na ‘n opvoering gaan kyk, sal sekere reëls vir die gedrag van die
gehoor geld.
 Hierdie reëls kan verskil, afhangend van die soort opvoering waarna jy kyk.
 Aangesien drama ‘n lewendige ervaring is, kan dit maklik ontwrig word, daarom
is dit baie belangrik dat gehore diegene wat optree en ook mekaar respekteer
sodat almal die meeste uit die opvoering kan put.
 Soms word deelname van die gehoor by die drama aangemoedig.
 Dit is gewoonlik belangrik dat gehore stil is en luister na wat die akteurs sê.
 ‘n Teater sal dikwels ‘n standaardaankondiging aan die begin van ‘n optrede
hê wat die basiese etiket beskryf wat verlang word, byvoorbeeld “Skakel
asseblief alle selfone af en moenie voedsel of drank in die teater inbring nie”.
 Wanneer jy ‘n lewendige opvoering bywoon, hetsy dit in die klas of in ‘n
professionele teatergebou is, maak seker dat jy gepasde etiket wat vereis word,
verstaan en nakom.
Aktiwiteit 10 Stel teateretiket vas

Dink na oor drie of vier voorbeelde van gedrag wat vir


teateropvoerings ontwrigtend sal wees óf deurdat dit die akteurs wat
optree, beïnvloed, óf deurdat ander mense in die gehoor beïnvloed
word en dat die opvoering vir hulle bederf word. Kies een en
demonstreer dit vir jou maat. Wys dan vir hulle die teenoorgestelde
daarvan (die gepaste gedrag.) Bespreek waarom sulke gedrag gepas
of onvanpas sal wees wanneer ‘n opvoering bygewoon word.
In die lewe en in drama gebruik jy jou stem om jou gedagtes en
emosies oor te dra. Jy bedoel om sommige gedagtes en emosies oor te
dra, maar daar is ook gedagtes en emosies wat jy oordra sonder dat jy
dit bewustelik doen. As jy byvoorbeeld dink ‘Ek is regtig bang vir hierdie
mense’ terwyl jy jouself aan die groep voorstel, kan die woorde wat jy
sê dalk vol selfvertroue klink, maar dit kan weerspreek word deur die
manier waarop jy dit sê, of deur ander aspekte soos hoe jy asemhaal of
deur die gebare wat jy maak.

Die akteur Wanneer jy toneelspeel, wil jy graag duidelik met jou gehoor
kommunikeer en hulle laat deel in jou gedagtes en gevoelens sodat

se hulle die storie wat jy vertel, kan volg of hulle kan inleef in die karakter
wat jy uitbeeld. Om dit te kan doen, moet jy jou stem en liggaam
effektief gebruik. Jy moet regdeur die opvoering in beheer van albei

gereedskap wees. Aangesien dit angswekkend asook opwindend kan wees om


voor ‘n gehoor op te tree, is dit baie belangrik om van verhoogvrees
ontslae te raak en ontspanne te wees sodat jy op die belangrike
elemente van die opvoering kan konsentreer. As jy drama in
Skeppende Kunste gedoen het, sou jy fisiese en
stemopwarmingsoefeninge gedoen het. Deur dramawerk met
ontspannings- en asemhalingsoefeninge te begin, is ‘n doeltreffende
manier om jouself te anker en te verseker dat jy gereed is om produktief
te werk.
Aktiwiteit 11 Ontspanning en opwarmings-
oefeninge
Gesig en spraakorgane
Lippe Wange Oë
Strek jou lippe deur so wyd Blaas jou wange so groot Trek jou oë op skrefies asof
as moontlik te glimlag. moontlik uit. Blaas jou jy ’n helder lig wil vermy.
Maak nou jou lippe toe in wange af en suig hulle Maak nou jou oë so wyd
die vorm van ’n klein binnetoe. Herhaal die moontlik oop. Herhaal die
sirkeltjie. Herhaal die oefening. oefening.
oefening. Pers jou lippe so
styf moontlik op mekaar.
Ontspan nou die lippe deur
hulle op mekaar te hou en
kragtig uit te asem sodat
die lippe saam flap (dink
aan hoe ’n perd dit sou
doen).
Aktiwiteit 11 Ontspanning en opwarmings-
oefeninge
Gesig en spraakorgane
Voorkop Tong Lippe en wange
Frons so kwaai as moontlik Steek jou tong so ver Kou ’n verbeelde stukkie
en beweeg die wenkbroue moontlik uit. Trek dit terug. kougom so vinnig en so
so na moontlik aan Punt jou tong na links. oordrewe moontlik. Kou nou
mekaar. Ontspan die frons so stadig moontlik. Oordryf
Punt nou jou tong na regs. weer die beweging. Verbeel
en maak jou gesig oop jou nou dat die stukkie
Steek dit uit en roteer dit in
deur ’n verraste uitdrukking, kougom groter en groter
sirkels (eers kloksgewys en
met geligte wenkbroue, word soos jy kou. Verbeel jou
dan antikloksgewys).
aan te neem. Herhaal die dat dit moeiliker en moeiliker
oefening. word om te kou totdat jy
uiteindelik genoodsaak is
om oopmond te kou om die
grootte daarvan te kan
hanteer.
Aktiwiteit 11 Ontspanning en
opwarmingsoefeninge
Liggaam
 Neem die korrekte liggaamshouding in deur die volgende stappe te volg:
 Staan met albei voete stewig op die grond en effens uitmekaar.
 Moenie met jou voete té ver of te na aan mekaar staan nie. Dit moet voel asof jou
gewig eweredig tussen jou twee voete en oor die sole van elke voet versprei is.
 Hou jou rug reguit met jou kop op en kyk vorentoe. Moenie jou skouers terugtrek of
vorentoe laat hang nie, maar laat hulle natuurlik in plek val.
 Ontsluit die knieë.
 Span al die spiere in jou liggaam saam en hou hulle gespanne. Hou jou hele liggaam
vir ’n paar oomblikke gespanne en ontspan dan deur jou te verbeel dat al die
spanning uit jou liggaam tot op die vloer vloei.
 Buig jou knieë effens en laat jou kaak sak soos wat jy ontspan. Hou die ontspanne
gevoel vir ’n oomblik voordat jy weer jou spiere saamtrek.
 Herhaal die saamtrek-en-ontspanoefening ’n paar keer.
 Hierdie oefening kan ook op die vloer gedoen word, ons noem dit
vloerwerkoefening.
 Begin deur jou hande flink en vinnig te skud –
verbeel jou dat die spanning uit jou
vingerpunte vlieg.
 Laat nou die geskud na jou arms, skouers, kop,
lyf en bene versprei.
Aktiwiteit 11
Ontspanning en  Spring op een been terwyl jy die ander een
opwarmingsoefeninge skud.
Skudoefeninge  Ruil dan bene om.
 Nadat jy jou hele liggaam vir ongeveer ’n
minuut geskud het, ontspan in die korrekte
staande posisie.
 Gaan jou liggaamshouding na.
 Staan met die voete effens uitmekaar en strek die arms
reguit na bo.
 Maak nou ’n boog deur jou hele lyf en arms na links te
laat oorbuig. Aktiwiteit 11 Ontspanning
en opwarmingsoefeninge
 Moet egter nie jou middel vooroorbuig nie – hou jou lyf en
Strekoefeninge
gesig na voor gedraai en vorm die boog sywaarts na links.
 Herhaal die beweging deur nou stadig sywaarts na regs te
buig.
 Kom weer orent en buig nou van die middel af vorentoe
terwyl jy jou rug en arms beweeg tot dit parallel met die
vloer is.
 Jou rug en arms moet nou ’n tafelblad vorm. Behou
hierdie posisie vir ’n paar minute – voel hoe jou beenspiere
strek.
 Kom weer orent en buig jou rug nou versigtig agteroor
sodat jy jou maagspiere voel werk: Wees versigtig om nie
te ver agtertoe te buig nie – net tot waar jy jou
maagspiere voel werk.
 Behou hierdie posisie vir ’n paar oomblikke.
 Kom weer orent en herhaal die hele oefening.
Aktiwiteit 11 Ontspanning en
opwarmingsoefeninge
Staanoefeninge

➢ Staan stadig op en maak seker dat jy saggies met jou ruggraat werk en jou kop heel laaste regop bring.
➢ Staan en voel ontspanne, met jou gewig bo-oor jou voete gesentreer.
➢ Verskuif die gewig vorentoe na jou tone.
➢ Verskuif die gewig terug na jou hakke toe.
➢ Wieg liggies tussen hierdie twee posisies.
➢ Wanneer dit maklik voel, maak die beweging kleiner en kleiner, totdat jy eindelik weer gesentreer is.
➢ Haal die hele tyd rustig asem.
➢ Asem deur jou neus in wanneer jy op jou tone begin staan en strek jou arms bokant jou kop uit. Asem deur jou mond uit
wanneer jy vorentoe val en laat jou kop die beweging lei, totdat jy van die basis van jou ruggraat hang.
➢ Jou hakke moet stewig op die grond geplant wees en jou knieë moet sag voel.
➢ Rol saggies deur die ruggraat op wanneer jy inasem dan uit wanneer jy weer regop staan.
➢ Herhaal ‘n paar keer.
Lê op die vloer en strek na alle kante toe uit. Strek van jou vingers tot
by jou tone deur die hele lengte van jou ligaam. Bring nou jou knieë Aktiwiteit 11
op om ‘n 90 grade hoek te vorm en bring jou arms langs die sye. Strek
nou slegs langs die regterkant van jou liggaam af en dan langs die Ontspanning en
linkerkant van jou liggaam af. Maak nou die arms en bene in ‘n X-
vorm oop, en strek vanaf die regtervingerpunte na die linkertone opwarmingsoefeninge
(diagonaal deur die liggaam). Ruil om en strek van die
linkervingerpunte na die regtertone. Ontspan en smelt in die vloer in.
Vloerwerk
Isoleer nou om die beurt verskillende dele van jou liggaam. Trek die
kuite saam, dan die laer rug, die bo-arms, die dye, ens. Terwyl jy dit
doen, hou jou asem op. Nadat jy ‘n paar oomblikke die spanning in
daardie liggaamsdeel gehou het, ontspan daardie deel van die
liggaam terwyl jy met ‘n oop keel uitasem. Werk deur so groot ‘n deel
van die liggaam as wat jy kan. Neem jou tyd met elke sametrekking
en ontspanning. Lê met jou voete plat op die grond en jou knieë
gebuig. Plaas jou een hand op jou maag net onder jou naeltjie en
raak van jou asemhaling bewus. Voel hoe jou maag liggies na die
plafon oplig wanneer jy inasem. Voel hoe dit saggies plat word
wanneer jy uitasem. Hierdie beweging is die gevolg van die
diafragmaspier wat met elke asemteug afwaarts beweeg. Let op dat
jou ribbes uitsit elke keer as jy inasem en saamtrek wanneer jy uitasem.
Geniet die gevoel van ontspanning wat die bewustheid van jou
asemhaling gee.
Die diafragma is ‘n spier wat aan die
onderkant van jou ribbes vasgeheg is en
die bodem van die borskasholte vorm. Dit is
Dramafeit soos die bokant van ‘n sambreel gevorm,
maar wanneer dit saamtrek, raak dit plat
en beweeg afwaarts en druk die sagte
organe onder dit uit die pad.
 Bedoeling – Wat jy probeer bereik; jou doelwit.
 Bemarker – Die persoon wat die opvoering aan ‘n
gehoor bemark of verkoop.
 Ensemble – ‘n Groep akteurs wat saamwerk.
 Etiket – Die reëls wat aanvaarbare gedrag bepaal.
 Mense agter die skerms – Die mense wat agter die
skerms werk om die produksie glad te laat verloop.
Ontwerper – Die persoon/ mense wat vir die visuele en
Woordelys

/of klankelemente van die drama-opvoering
verantwoordelik is.
 Regisseur – Die persoon wat daarvoor verantwoordelik
is om die opvoering aanmekaar te sit, al die elemente
van ‘n produksie te koördineer om ‘n geheel voor te
stel.
 Toneelteks – Ook die draaiboek genoem, die skriftelike
rekord van ‘n drama wat gebruik word as die basis
waaruit die opvoering geskep word.

You might also like