Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 40

Strafprosesreg toets 1

Leereenheid 1

Die plek van die Strafprosesreg in die regsisteem


Onderskei tussen misdaadbeheer- en prosessuele
geregtigheidstelsel
Noodsaak om waardes te balanseer
 Die strafprosesreg bestaan uit ʼn reeks kompromieë.
 Daar is ʼn konstante noodsaak om ʼn ewewig te handhaaf tussen die
belang van die gemeenskap en die effektiewe afdwinging van die
materiële strafreg.
 Die belang van die gemeenskap in die beskerming van die regte
vryheid van individue wat onder die verdenking is dat hulle ʼn misdaad
gepleeg het, of vir ʼn beweerde misdaad gearresteer is, of aangekla, of
veroordeel en gevonnis is.
 Die gemeenskap het ʼn behoefte aan ʼn betroubare en billike stelsel
waarvolgens skuldiges en onskuldiges geskei kan word.
 Die strafproses is ʼn sisteem wat poog om sekere fundamentele waardes te
inkorporeer en te balanseer.
 Die prosessuele geregtigheidsmodel ontken nie die belang van effektiewe
misdaadbeheer nie, maar vind sy swaartepunt in die volgende uitgangspunte:
 Die primêre funksie of oogmerk van die strafregspleging is nie net om
ʼn skuldigbevinding en vonnis te bekom nie, maar om hierdie resultate
te bereik aan die hand van reëls wat behoorlike erkenning verleen aan
die regte van individue in elke kritieke stadium van die proses.
 Hierdie prosessuele geregtigheidbenadering verkry aansienlik
momentum wanneer dit betrag word in die lig van ʼn Handves van
Regte, wat nie net fundamentele Regte beklemtoon een waarborg nie,
maar ook belangrike beperkings op owerheidsgesag stel ten einde
fundamentele regte en vryheid te beskerm.
 Die misdaadbeheermodel en die prosessuele geregtigheidsmodel is nie
noodwendig kompeterende modelle nie.
 Beide modelle wil die oogmerke van die materiale strafreg verwesentlik
of bevredig, maar hulle volg verskillende roetes.
 Beide modelle verteenwoordig waardes.
 Geen bestaande strafprosesstelsel pas absoluut netjies by een van die
modelle in die.
 Dit gaan oor om die handhawing van ʼn gepaste balans te bevorder.
Die interne spannings
Daar is sekere interne spannings wat oorweeg moet word:
1. ʼn Mens kan nie streng strafprosesreëls skep uit hoofde van die aanname dat
hierdie reël slegs op misdadigers van toepassing sal wees nie.
 Die sisteem moet ruimte laat vir die feit dat onskuldige persone ook
betrek kan word.
2. ‘The liberty of an innocent individual should not be sacrificed in order to
increase the effiency of crime control’
3. Indien die staatsmag absoluut sou wees, sal daar stellig ʼn beduidende
afname in misdadigers wees.
 Dan sal die gemeenskap egter in tirannie leef.
 As die regte van die individue absoluut sou wees, sal die staat
magteloos wees om die materiële strafreg af te dwing.
4. Strafprosesreëls moet staatsmag op sowel ʼn positiewe as negatiewe wyse
reguleer.
 Daar moet reëls wees wat die polisie magtig om op te tree.
 Daar moet reëls wees wat die polisie se bevoegdheid om op te tree,
beperk.
5. Die konflik tussen die regte van die beskuldigde en die regte van die slagoffer
is ʼn deurlopende tema in die strafproses.
6. Daar is ʼn spanningsveld wat normaalweg slegs op verhoorvlak ter sprake
kom, maar wat belangrike implikasies vir die voorverhoorondersoekproses
het.

Prosessuele geregtigheid en die noodsaak om owerheidsgesag


te beperk.
 Daar word soms aangevoer dat moderne strafprosesstelsels geneig is om een
of meer van die spanningsvelde ten gunste van die prosessuele
geregtigheidsmodel te ontlaai.
 Dat hierdie stelsel onvoldoende aandag skenk aan die regte van
misdaadslagoffers en wetsgehoorsame individue.
 Dat hierdie stelsels nie daarin slaag om werklike skuldige persone aan die
man te bring nie.
 ʼn Stelsel wat sy swaartepunt in die prosessuele geregtigheidsmodel vind of
plaas, ignoreer nie die regte van die misdaadslagoffer.
 Die stelsel poog bloot om te verseker dat die vindikasie van regte van
die misdaadslagoffer nie verdere onregtighede sal aktiveer nie.
 Die prosessuele geregtigheidmodel vereis dat daar praktiese beperkings moet
wees op die staat se gesag om misdaad op te spoor, te ondersoek, te vervolg
en te bestraf
Die posisie van die slagoffer in die Strafproses
 Strafregtelike vervolging is ‘n stryd tussen die staat en beskuldigde.
- Die rol van die slagoffer is in beginsel beperk tot die van ʼn gewone
getuie wat opgeroep word om te getuig oor die geskil aangaande skuld
of onskuld, en indien daar ʼn skuldigbevinding is, te getuig oor vonnis.
 Die stelsel is oortreder-georiënteerd ten koste van die regte en belange van
die slagoffer\getuie.
 Daar word beweer die stelsel bied ‘n gebrekkige ondersteuningsdiens aan
slagoffers, byvoorbeeld:
- Die gebrek aan beskerming van slagoffers teen sekondere trauma,
herhaalde en onbehoorlike voor-,post- en verhoorondervraging veral by
seksmisdaadslagoffers.
 Daar word ook aangevoer dat die huidige slagofferondersteuningsmaatreëls,
wat die voorverhoor-,verhoor-,postverhoorfas behoort te dek, onvoldoende is
en, en waar hierdie maatreëls wel ontstaan, is hulle ongekoordimeerd en
beperk en word hulle onderbenut.
 Huidige maatreels betreffende slagoffersdeelname en
slagoffersbeskerming word as ongenoegsaam beskou om die regte en
belange van die slagoffers wesenlik te bevorder.
 Dikwels word betoog dat slagoffers voel hulle staan vervreemd van die
stelsel- ‘n ervaring wat vererger word deur faktore soos herhalende uitstelle
van ‘n saak deur die hof op versoek van die verdediging of vervolging of
beide; gebrekkige kommunikasie met die slagoffer in die verhoorstadium;
werklike of beweerde swak ondersoek en aanbieding van die saak deur
oorwerkte amptenare en, verder, die afwesigheid van ‘n omvattende
slagofferdvergoedingsfonds vir sekere slagoffers.
Slagofferdeelname:

 Daar is sekere statutêre bepalings wat slagofferdeelname aan die proses


bevorder.
- Artikel 105(A) - Handel oor die aanklaer se konsultasie met die klaer of
klaagster aangaande die moontlike inhoud van ‘n pleit- en vonnisooreenkoms
met die verdediging.
- Artikel 300 - Indien die slagoffer daartoe aansoek doen, kan die hof die
misdadiger beveel om die slagoffer skadevergoeding te betaal; gevolglik is dit
‘n siviele eis teen die misdadiger en moet die hof dit ook as ‘n siviele saak
hanteer.
- In die geval van seksmisdade is die ondersoekbeampte verplig om ʼn ‘impak
verklaring’ van ʼn slagoffer te bekom voordat laasgenoemde in die hof getuig.
- Hierdie tipe verklaring behels ʼn beskrywing van die effek wat die misdaad op
die lewe van die slagoffer gehad het.
- Artikel 179(5)(d) van die Grondwet - Hierdie artikel bepaal dat daar ‘n enkele
nasionale vervolgingsgesag bestaan wat vervolging namens die staat mag
instel.
- Artikel 75(4) van die Wet op Korrektiewe Dienste - Hierdie artikel verleen
aan die slagoffer, of naasbestaandes van die slagoffer (in geval van dood),
die reg om vertoë te rig teen die misdadiger se parool, dagparool of
korrektiewe toesig.
Slagofferbeskerming:
 Artikel 144(3):
- Waar ‘n beskuldigde vir ‘n summiere verhoor in die Hoë Hof
teregstaan, moet die akte van beskuldiging vergesel wees van, oa, ‘n
lys met die name en adresse van voorgenome staatsgetuienis, tensy
die DOV van oordeel is dat daar met getuienis gepeuter kan word of
dat hulle geïntimideer kan word.
 Artikel 153(2):
- Indien dit aan die hof blyk dat dit waarskynlik is dat ‘n getuie leed aan
gedoen kan word, mag die hof gelas dat die betrokke getuie agter
geslote deure getuig en dat sy identiteit nie geopenbaar mag word nie
vir ‘n tydperk soos deur die hof bepaal.
 Artikel 158(3)(e):
- “n hof kan on sekere omstandighede gelas dat ‘n getuie dmv
geslotekringtelevisie kan getuig indien dit vir die hof sou blyk ‘dat om
Aldus te doen ….’ Die waarskynlikheid dat benadeling of skade ‘n
persoon sou kan tref, voorkom sal word.
 Artikel 170(A) -
- As dit vir die hof lyk dat ‘n persoon van 18 jaar en jonger sou ly aan
geestesspanning as hy/sy sou getuig, kan die hof ‘n tussenganger
aanstel om in die plek van sodanige persoon/getuie te getuig.
 Artikel 191 A:
- Die minister kan regulasies uitvaardig mbt die bystand van, en
ondersteuning aan, getuies by howe, die instelling van ontvangslokale
vir getuies by howe en verder die berading van getuies.
 Die Wet op Getuiebeskerming, 112 van 1998 – Enige persoon wat rede het
om te vermoed dat hy/sy skade aangedoen kan word deur ‘n persoon of groep
persone omdat hy/sy ‘n getuie is, kan aansoek doen onder die Wet op
Getuiebeskerming, 112 van 1998, dat hy/sy beskerm moet word.
Grondwetlike Strafproses:
Inleidende opmerkings:
 Dit is moontlik om gemeenregterlike reëls en wetgewing wat met die
Grondwet en die Handves van Regte tersyde gestel te kry op grond van die
ongrondwetlike strekking daarvan.
 Die Handves van Regte is soos ‘n beskermde sambreel uitgesprei oor alle
gebiede van die reg en staatsbedrywighede.
 Artikel 2 meld uitdruklik dat die Grondwet die hoogste reg van die Republiek
is en dat enige regsvoorskrif of optrede wat daarmee onverstaanbaar is,
ongeldig is, en die verpligtinge daardeur opgelê, nagekom moet word.
 Die Handves van Regte is van toepassing op die totale reg en bind die
wetgewende, die uitvoerende en die regsprekende gesag en alle
staatsorgane-a 8(1).
 Grondwette of Handveste van Regte is nie selfuitvoerend of selfverduidelikend
nie; hulle moet gesaghebbend uitgelê word-beginsels van beregbaarheid.
 Gerapporteerde beslissings oor ‘konstitusionele strafprosesreg’ moet gevolglik
deeglik bestudeer word.
 ‘Zuma 1995 (2) SA 642 (KH) beklemtoon dit dat die Grondwet so vertolk moet
word dat die waardes wat dit wil bevorder, duidelik sal uitdruk.
 Die uitleg van die grondwet gaan oor die uitleg van ‘n geskrewe dokument.
 Behoorlike aandag moet gegee word aan die uitdruklike woorde wat daarin
gebesig word, aangesien ‘n minder noukeurige benadering die gevaar kan
inhou dat mense kan reken dat die Grondwet beteken wat ook al enigeen wil
hè dit moet beteken.
 Belangrike Punte:
1. Eerstens, die Handves van Menseregte het die strafprosessuele bepalings
gewoonlik ‘n ‘vertikale’ verwerking; hulle reël nie verhoudings tussen
gelyke persone nie, maar wel as die staat as gesagsdraer en die
onderdaan, of beter gestel, tussen die gemeenskapsbelang in staatsgesag
en die gemeenskapsbelang in individuele regte en vryhede. Die Grondwet
maak ook voorsiening vir die ‘horisontale’ werking van die Handves van
Regte: ’Die bepaling van die Handves van Regte bind ‘n natuurlike of ‘n
regspersoon indien, en in die mate waarin, dit toepasbaar is met
inagneming van die aard van die reg en die aard van enige plig deur die
reg opgelê.
2. Tweedens, strafprosessuele bepalings word gewoonlik negatief gestel, dit
wil sê, hulle is beperkings op staatsgesag, wat staatsaantasting van
bepaalde fundamentele regte belet. Aldus is hierdie bepalings dan ook
beperkings op demokrasie; indien ‘n Handves van Regte byvoorbeeld
marteling verbied, sal marteling onwettig wees al sou ‘n oorgrote
meerderheid van die bevolking marteling wou invoer en selfs al sou die
Parlement ‘n wet maak wat voorgee om marteling te wettig. Suid-Afrika
het nie ‘n ongebreidelde demokrasie nie, maar een wat beperk is, onder
andere deur die Handves van Regte.
3. Derdens erken die Handves van Regte dat die meeste regte nie absoluut is
nie en onder bepaalde omstandighede begrens of beperk mag word.
4. Laastens, sonder die beregbaarheidsbeginsel sou ‘n Handves van Regte
nutteloos wees; hierdie beginsel vereis ‘n sterk en onafhanklike regsbank.
Soms sal die uitleg van die Grondwet teen die openbare sentiment
uitspraak moet gee.

ʼn Oorsig van die inhoud van die Handves van Regte


 Lees bladsye 17 – 18 vir die verskillende artikels

Artikel 35 van die Grondwet, 108 van 1996:


 Hierdie artikel bevat bepalings wat van groot belang is vir die Strafprosesreg
en wat handel oor sekere van die basiese beginsels en prosessuele regte.

Die vermoede van onskuld


 Verdagte
- Verwys gewoonlik na ʼn persoon wat nog nie aangekla is nie.
 Beskuldigde
- Verwys na iemand wat aangekla is.

Die vermoede van onskuld en juridiese skuld


 Weens die vermoede van onskuld word iedereen geag onskuldig te wees totdat
hy behoorlik deur ʼn geregshof skuldig bevind is
 Die vereiste van behoorlikheid, sluit onder andere, die nakoming van die reëls
van die bewysreg en strafprosesreg in.
 ‘n Skuldigbevinding is ‘n objektiewe en onpartydige amptelike verklaring dat
iemand as regtens skuldig deur die Staat bewys is in ‘n behoorlik-gevoerde
verhoor, ooreenkomstig die legaliteitsbeginsel – dit wil sê in ‘n verhoor waar die
staat die reëls van die strafreg, strafprosesreg en bewysreg geëerbiedig het.
Die vermoede van onskuld as stelling dat die staat die bewyslas
dra
 Ten einde ʼn skuldigbevinding te verkry, moet die vervolging die beskuldigde se
skuld bo redelike twyfel berus.
 Die onus of bewyslas rus op die vervolging.
 Dit beteken dat `n beskuldigde nie hoef te bewys dat hy onskuldig is nie.
 Die vervolging moet elke materiële element van die misdaad, soos deur die
materiele strafreg gedefinieer en wat die beskuldigde in die klagstaat/akye van
beskuldiging ten laste gele word, deur konkrete en toelaatbare getuies dek, om
prima facie te bewys dat die beskuldigde skuldig is
 Wanneer ʼn enkele element nie bo redelike twyfel deur die vervolging bewys word
nie, kan die beskuldigde glad nie skuldig bevind word nie en kan selfs aan die
einde van die Staat se saak ontslaan wokrd, sonder dat daar eens van hom
geverg word om met die saakvir die verdedinging voort te gaan.:
 Om ‘n prima facie-saak te bewys en die beskuldigde niks doen om daardie saak
te ontsenu nie, kan die prima facie-bewys verstewig tot bewys bo redelike twyfel
en kan die beskuldigde skuldig bevind word, omdat daar niks is wat rederliker
wys twyfel by die hof wek aangaande die skuld van die beskuldigde tot opsigte
van elke besondere element van die beweerde misdaad.
 Aan die ander kant indien die beskuldigde daarin slaag om die hof redelik te laat
twyfel of indien een of meer van die vereiste elemente nie bewys nie, moet hy
onskuldig bevind word.
 Die beskuldigde kan ʼn redelike twyfel wek deur die kruisondervraging van ʼn
Staatgetuie, deur ʼn suksesvolle beswaar teen die toelaatbaarheid van bepaalde
getuienis te opper, deur sy eie getuie(s) te bring, of deur self getuienis af te lê.
 Terwyl die bewysmaatstaaf in ʼn strafsaak ‘bo redelike twyfel’ is, is dit in siviele
sake ‘op ʼn oorwig van waarskynlikhede‘, wat ʼn aansienlike kleiner kwantum van
bewys is.
 Die kleiner kwantum in ʼn siviele saak beteken dat indien die hof aan die einde
van ʼn skadevergoedingsgeding in twyfel verkeer, dit die waarskynlikhede sal
opweeg.
- Indien die weergawe van die eiser in die lig van menslike ervaring
en ander faktore meer waarskynlik is as die van die verweerder,
sal die eiser slaag.
 Dieselfde geld nie vir ʼn strafsaak nie.
- Selfs wanneer die weergawe van die Staat meer waarskynlik is as
die beskuldigde, sal die beskuldigde onskuldig bevind word indien
daar ʼn redelike moontlikheid bestaan dat sy weergawe die
waarheid kan wees.
 Indien daar redelike twyfel oor die bewesenheid van enigeen van die elemente
van die nmisdaad bestaan, kry die beskuldigde die voordeel daarvan.
 Dit is nie eers vir die hof nodig om die beskuldigde te glo nie.

Die vermoede van onskuld en die aard van die beweerde misdryf
 Die feit dat ʼn besondere misdaad gereeld voorkom of die feit dat die
beweerde misdaad besonders gruwelik is, beteken nie dat daar aan die
vermoede van onskuld getorring mag word nie.

Die reg om te swyg:


 Verwant aan die vermoede van onskuld is die reël dat ʼn beskuldigde nooit
verplig kan word om getuienis af te lê nie; hy het swygreg.
 ʼn Beskuldigde kan swyg selfs waar sy antwoorde hom nie sal inkrimineer nie.
 Hierdie reg is nie slegs op die voorfase van toepassing nie, maar ook op die
voorverhoorstadium asook die vonnisstadium.
 Art 35(1)(a)  Die grondwet waarborg: elke gearresteerde se reg om te
swyg.
 Art 35(1) (c)  En om nie verplig te word om `n betekenis of erkenning te
doen wat as getuienis teen hom of haar gebruik sou kon word nie.
 Art 35(3)(h)  Elke beskuldigde se reg om onskuldig geag te word, te swyg
en nie gedurende die verrigtinge te getuig nie.
 Art 35(3)(j)  En om nie verplig te word om self-inkriminerende getuienis af
te lê nie.
 Die samehang van die vermoede van onskuld en die swygreg is in Zuma
1995 (2) SA (KH) ondersoek, in welke beslissing die omgekeerde bewyslas
in die toenmalige artikel (1)(b)(ii) van die Strafproseswet onkonstitusioneel
verklaar is; die bewyslas in strafsake rus altyd op die Staat.
 Die beskuldigde is `n volle regssubjek nie bloot die objek van ondersoek.

 Die beskuldigde het die reg om:


- Aan sy verhoor deel te neem.
- Om deur ‘n regverteenwoordiger bygestaan te word.
- Hy moet in staat wees om sinvol en na eie keuse aan die strafproses
deel te neem.
 As hy nie regsverteenwoordiging het nie, moet hy by alle besluitnemings- of
keuse uitoefeningsmomente in die proses van sy regte en keuses, sowel as
die implikasies daarvan verwittig word.
 Die strafproses impliseer dat ‘n persoon nie verhoor kan word indien hy
weens geestesongesteldheid nie instaat is om genoeg te verstaan om sinvol
deel te neem en met sy regsverteenwoordigers te kommunikeer nie.
 Daar kan geen afleidings gemaak word as ‘n persoon swyg nie en daar is
twee redes naamlik:
- Afleidings kan nie gemaak word nie, omdat daar baie redes mag wees
waarom hy nie wil getuig nie.
- Geen afleidings kan logiesgewys gemaak word om leemtes in die staat
se saak aan te vul nie wanneer ‘n element van misdaad nie deur ‘n
prima facie-bewys gedek is nie.

Die vernaamste bronne van die strafprosesreg:


Die Grondwet
 Die Grondwet bevat bepalings wat die strafprosesreg direk of indirek beheer.
- As gevolg van die oppergesag van die Grondwet, is hierdie bepalings
die belangrikste bron van die strafprosesreg.
 Die Grondwet ontken nie die bestaan van statutêre en gemeenregtelike reëls
wat met die Handves van Regte bestaanbaar is nie.
 Lees artikel 39(3) van die Grondwet bladsy 25

Strafproseswet 51 van 1977


 Bovermelde Wet bevat gedetailleerde strafprosesregterlike reëls.
 Die Wet reguleer nie alleen die daaglikse werking van die sisteem nie, maar
bevat ook belangrike bepalings wat verdere praktiese betekenis en effek
verleen aan regte soos vervat in die Handves van Menseregte.
 Die Wet is egter nie die uitsluitlike bron van die strafprosesregreëls nie.
- Dit is ʼn hoofbron aangevul deur ander bronne.

Child Justice Act 75 of 2008


 Ingevolge a 1 van die Child Justice Act beteken ‘kind’ enige persoon onder die
ouderdom van 18 jaar en, in sekere omstandighede, ook ‘n persoon van
18jaar of ouer maar onder 21jaar en wie daar ooreenkomstig a 4(2) van
dieselfde Wet gehandel moet word.
 Artikel 1 ‘n ‘kindergeregtigheidshof’ as enige hof wat ingevolge die
Strafproseswet 51 van 1977 ‘n kind se borgaansoek, pleit, verhoor of vonnis
moet behartig.
 Waar ‘n kind en ‘n volwassene aan die hand van die bepalings van a 155,156
en 157 van die Strafproseswet, gesamentlik in die verhoor aangekla word,
moet die hof die bepalings van die Child Justice Act op die kind toepas en die
bepalings van die Strafproseswet op die volwassene.
 Artikel 4 van die Child Justice Act bepaal dat die Strafproseswet van
toepassing is op kinders, behalwe in soverre as wat die Child Justice Act vir
gewysigde, addisionele of verskillende prosedures voorsiening maak.

Ander wetgewing
 Daar is bepalings in verskeie ander wette wat aspekte van Strafprosesreg
reguleer:
- Wet op Landdroshowe 32 van 1944
- Wet op die Hooggeregshof 59 van 1959 (beide handel en jurisdiksionele
aangeleenthede bespreek)
- Wet op Nasionale Vervolgingsgesag 22 van 1969
- Wet op Uitlewering 67 van 1962
- Wet op die Suid-Afrikaanse Polisiediens 68 van 1995
- Wet op Dwelmmiddels en Dwelmsmokkelary 140 van 1992
- Wet op die aanpassing van boetes 101 van 1991
 Gemene reg.
REMEDIES
 Afgesien van nuwe beskermmaatreëls ingevolge die handves van regte, word
die regte van die verdagte gehandhaaf en beskerm, en regmatige optrede
deur owerheidsaptenare word aangemoedig deur informele sosiale sanksies
tot formele juridiese sanksies.

Interdictum de libero homine in exihibendo: (die habeas corpus


bevelskrif)
 Om regterlike hersiening van polisie optrede te kry en beskerm teen
onregmatige vryheidsberowing
 Aangehoudene moet voor hof gebring word op ‘n sekere datum en tyd
 Respondent gee redes hoekom nie vrygelaat moet word = nisi
 Aansoeker moet prima facie gronde aanvoer indien glo dat die aanhouding
onregmatig is
 Word soms deur een regter aangehoor in ‘n siviele hof en kry voorkeur op die
rol

Siviele aksie vir skadevergoeding:


 Is ‘n voorbeeld van deliktuele aanspreeklikheid wat in die strafproses kan
ontstaan wat verdagte kan gebruik as ‘n regsmiddel om te vergoed op grond
van onregmatige arrestasie of aanhouding, fisiese besering ens.

Interdik:
 Hofbevel wat persoon verbied om op ʼn sekere wyse op te tree; doel is om
behandeling of skade te beperk of voorkom dus hoef gevaar nie klaar
plaasgevind het nie maar kan slegs dreigend wees = negatiewe bevel = moet
iets nie doen nie

Mandamus:
 Omgekeerde van interdik = Positiewe bevel = verplig om plig uit te voer

Uitsluitingsreël- Art 35(5) Grondwet (handves van regte):


 Uitsluiting is nie outomaties nie, maar afhanklik van ‘n bevinding dat toelating
die verhoor onbillik sal maak of nadelig is vir regspleging
 Uitsluitings reël
 Howe gebruik diskresie om getuienis toe te laat of uit te sluit

Informele remedies:
 ‘n Informele wyse waarop verligting verkry kan word, is verset teen
onregmatige arrestasie of ontsnapping uit onregmatige aanhouding = die is ‘n
RISIKO

Grondwetlike meganismes:
 In die grondwet is daar verskeie meganismes om die handhawing van
menseregte en legaliteit teenoor staatsoptrede te bevorder. Artikel 38, bepaal
wie ‘n bevoegde hof mag nader om aan te voer dat daar op die Handves van
regte inbreuk gemaak is of inbreukmaking dreig.
Leereenheid 2

Strafhowe:
 Die volgende diagram dui die hofstruktuur van die strafhowe aan. Name tussen
hakies dui die naam van die spesifieke hof aan voor die inwerkingtreding van die
Grondwet:
Hofstruktuur
 Regsprekende gesag berus op howe = onafhanklik en onderworpe slegs aan
die grondwet en die reg, wat hulle onpartydig en sonder vrees, begunstiging
of vooroordeel moet toepas.

Wat is Jurisdiksie?
 Dit dui die regsbevoegheid van ‘n hof om enige aangeleentheid of ‘n
spesifieke saak te verhoor en te beslis.

Konstitusionele Hof
Samestelling
 Johannesburg,is die hoogste hof in die Republiek en bestaan uit ‘n
hoofregter, adjunkhoofregter en 9 ander regters.
 Aangeleenthede wat voor die Konstitusionele Hof dien, moet deur minstens 8
regters verhoor word.

Jurisduksie
 Die hof het jurisdiksie as die hof van finale instansie oor alle grondwetlike
aangeleenthede;
- Die hof kan oor grondwetlike kwessies beslis en ook oor enige feitlike
of regskwessies, slegs indien die Konstitusionele Hof verlof tot appel
verleen op grond daarvan dat deur die aangeleentheid ‘n
argumenteerbare regspunt geopper word wat van algemene openbare
belang is en wat deur die Konstitusionele Hof aangehoor moet word-a
167(3)(a).
 ‘n Grondwetlike aangeleentheid sluit kwessies in waarby die uitleg,
beskerming of afdwinging van die grondwet betrokke is. Slegs konstitusionele
hof kan beslis oor geskille tussen:
- Geskille tussen staatsorgane in die nasionale of provinsiale sfeer
betreffende die grondwetlike status, bevoegdhede of funksies van
enige van daardie staatsorgane.
- Grondwetlikheid van Parlementêre\Provinsiale wetsontwerp
- Die grondwetlikheid van die wysiging van die Grondwet
- Die vraag of die parlement\President grondwetlike verpligtinge nakom
- Geen bevel is kragtig as dit nie deur die konstitusionele hof bevestig is
nie.
Appèljurisdiksie van die Konstitusionele Hof:
 Die Hof het appèljurisdiksie en mag ingevolge a 167 (3)(b)(ii) van die
Grondwet verlof tot appel verleen om ‘n appel aan te hoor, wat van algemene
openbare belang vir die reg is.

Die Hoogste Hof van Appel


Samestelling
 Die hof is in Bloemfontein gesetel maar mag, indien geriefliker of in belang
van geregtigheid, sy setel verskuif-a 5(b) van Wet 10 van 2013.
 Die Hof bestaan uit die President en die Adjunk-president van die Hoogste
Hof van Appèl en soveel regters as wat deur die President van die Hoogste
Hof van Appèl goedgekeur word.
 Die Hof bestaan gewoonlik uit 5 regters vir alle strafsake maar die president
mag besluit dat die appel voor drie regters aangehoor word.
 Die President mag indien dit volgens die opinie van die President nodig is in
die lig van de belangrikheid van die aangeleentheid, meer regters aanwys
om ‘n appel aan te hoor – a13(1)(a) van Wet 10 van 2013.
Jurisdiksie
 Die Hof mag enige aangeleenthede op appel aanhoor en mag die
grondwetlikheid van enige wetgewing of enige optrede van die President
ondersoek en daaroor beslis-a 170 van die Grondwet.
 Die Hof mag dus ‘n bevel maak oor die grondwetlikheid van enige
Parlementswet of Provinsiale wet of enige optrede van die President, maar
so ‘n bevel moet deur die Konstitusionele Hof bekragtig word-a 172 van die
Grondwet.
 Die Hoogste Hof van Appel het die bevoegdheid om die gemene reg te
ontwikkel-a 173 van die Grondwet.
Appeljurisdiksie
 Die Hoogste Hof van Appel mag oor die volgende beslis:
- Appèlle
- Aangeleenthede wat verband hou met appèlle
- Enig aangeleenthede wat na hierdie hof verwys is ingevolge ‘n wet van die
Parlement-a 168(3) van die Grondwet.
Die Hoe Hof van Suid-Afrika
Samestelling
 Die naam van die Hooggeregshof van Suid-Afrika is aanvanklik verander na
die Hoe Howe van Suid-Afrika, maar met behoud van die name van die
destydse ‘provinsiale’ en ‘plaaslike’ afdelings van die Hoë Hof.
 Hoër howe = ‘n provinsiale of plaaslike afdeling van die hoë hof, dit sluit nie
die hoogste hof van appèl in nie.
 Nuwe benaming vir die Hoe Howe is deur die Wet op die Herbenaming van
die Hoe Howe 30 van 2008.
 Die Hoe Hof van Suid-Afrika sluit die volgende in(Provinsiale Afdeling):
- Noordwes Afdeling, Mafikeng
- Wes-Kaap, Kaapstad
- Oos-Kaap Afdeling, Grahamstad
- Noord-Kaap Afdeling, Kimberley
- KwaZulu-Natal Afdeling, Pietermaritzburg
- Vrystaat Afdeling, Bloemfontein
- Gauteng Afdeling, Pretoria
- Limpopo Afdeling, Polokwane
- Mpumalanga Afdeling, Nelspruit
 Die Hoe Hof van Suid-Afrika sluit die volgende in (Plaaslike Afdeling):
- Oos-Kaap Afdeling, PE
- Oos-Kaap Afdeling, Bisho
- Oos-Kaap Afdeling, Mthatha
- Limpopo Afdeling, Thohoyandou
- Gauteng Afdeling, Johannesburg
- KwaZulu-Natal Plaaslike Afdeling, Durban
 Die Hof bestaan uit ‘n Regter-president en een of meer Adjunk-regter-
presidente soos bepaal deur die president, elk met sitting binne daardie
afdeling se jurisdiksiegebied en soveel regters as wat voorgeskryf is deur die
president
 Enkele regter hoor ‘n saak aan tensy ‘n volbank van 3 regters ‘n saak aanhoor
 ‘n Appel word deur 2 of 3 regters aangehoor.
 Bestaan uit ses provinsiale afdelings en drie plaaslike afdelings.
Jurisdiksie
 Hierdie Hof het jurisdiksie om die grondwetlikheid van enige wetgewing of
optrede van die President van die Republiek te beslis-a 169 van die Grondwet
 Dit mag die Gemene Reg ontwikkel-a 173 van die Grondwet

Appèljurisdiksie
 Die afdeling van die Hoe Hof het appel- en hersieningsjurisdiksie ten opsigte
van strafsake vanaf laer howe.
 Daarbenewens is alle afdelings en die Suid-Gauteng Afdeling, Johannesburg,
wanneer dit as ‘n ‘volle hof’(te wete, met regters) sit.
 Ook ‘n ‘n Hof van Appel wat appèlsake verhoor wat deur ‘n enkele regter
verhoor is, indien die regs- of feite vrae en ander oorwegings wat by die appel
betrokke is, nie van so ‘n aard is dat die appel die aandag van die Hoogste
Hof van Appel verg nie.

Rondgaande howe van ‘n afdeling:


 Die Regter-president van ‘n afdeling van die Hoe hof mag ‘n rondgaande hof
vir daardie afdeling aanstel om siviele en strafsake aan te hoor.
 ‘n Regter is die voorsittende beampte van so ‘n hof.
 Die rondgaande hof moet ten minste 2 maal jaar sit op sodanige plekke en tye
soos bepaal deur die Regter-president – a 7 van Wet 10 van 2013
Laer Howe
Landdroshowe
Samestelling
 Die laer howe sluit volgens die woordomskrywingsartikel a1 van die
Strafproseswet howe wat kragtens die Wet op Landdroshowe 32 van 1944
ingestel is in.
 Dit sluit in die landdroshof met gewone jurisdiksie en die streekhof-a2 van die
Wet op Landdroshowe.
 Die Wet op Landdroshowe maak in a 2(1)(j) ook voorsiening vir die instelling van
periodieke Howe.
 Die Landdroshof vir die distrik, en ‘n hof vir die streeksafdelings is ingestel
ingevolge a 2 van die Wet op Landdroshowe.
 Periodieke howe is landdroshowe wat met gereelde tussenpose op ander plekke
as die setel van die permanente distrikshof sit. Periodieke howe speel in groot en
yl bevolkte gebiede dieselfde rol as rondgaande howe in die geval van die
Hooggeregshof.
 Die jurisdiksie van ‘n periodieke hof is presies dieselfde as ‘n distrikshof, behalwe
dat daar enkele beperkings is aangaande die territoriale jurisdiksie.
 Niemand kan egter sonder sy toestemming verplig word om as beskuldigde voor
‘n periodieke hof te verskyn nie, tensy hy nader aan die plek woon waar die
periodieke hof vestiging hou as die plek waar die landdrossetel van die distrik
gevestig is-a 91(1)(b) van Wet op Landdroshowe

Jurisdiksie
 Laer howe het geen jurisdiksie oor die grondwetlikheid van enige wetgewing
of optrede van die President te beslis nie-a 170 van die Grondwet.
 Laerhowe het geen jurisdiksie om enige saak op appel of hersiening aan te
hoor nie.

Ander laer howe:


 Wanneer die tradisionele howe as deel van ‘n tradisionele strafregstelsel
ingestel sou word ingevolge die “Traditional leadership and Governance
Frameword Act”(wet 41 van 2003) gelees met die wetsontwerp op ‘Traditional
Courts’ sal die howe sekere oortredings wat binne die regsgebied van ‘n
tradisionele hof gepleeg is kan verhoor ooreenkomstig inheemse reg en
gewoontes.
Regsbevoegdheid (jurisdiksie van Strafhowe)
 Ten aansien van die jurisdiksie van die strafhowe van die Republiek kan
onderskei word tussen jurisdiksie ten aansien van misdade, gebied, strawwe
en die geldigheid van wetsvoorskrifte.

Jurisdiksie ten aansien van misdade


Afdeling van die Hoe Hof van Suid-Afrika
 Die Afdelings van die Hoe Hof van Suid-Afrika het oorspronklike jurisdiksie
ten aansien van alle misdade.
Distrikshof
 ’n Distrikshof het jurisdiksie oor alle misdade behalwe moord, hoogverraad,
verkragting en gedwonge verkragting. ʼn Distrikshof kan dus selfs sommige
ernstige misdade teenoor die staat verhoor.
Streekshof
 ’n Streekshof kan alle misdade verhoor behalwe hoogverraad-a 89 van
Wet 32 van 1944.
 ’n Streekshof kan dus moord en verkragting verhoor.

Jurisdiksie en uitgebreide jurisdiksie teen aansien van misdade


op Suid-Afrikaanse grondgebied gepleeg

Die Hoe Hof van Suid-Afrika


 Die Hoe Hof van Suid-Afrika met sy afdelings is beklee met oorspronklike
jurisdiksie ten aansien van alle misdade gepleeg binne hulle onderskeie
gebied soos omskryf in Wet 10 van 2013.
 (Die reël dat al die afdelings jurisdiksie uitoefen ten aansien van misdade
gepleeg binne hulle onderskeie gebiede uitgebrei kyk na die gebiede in J.J
Joubert op bladsy 38-39)

Streekshowe en Distrikshowe
Hier word onderskei tussen summiere verhoor en voorlopige ondersoeke.
• Summiere Verhoor word bedoel ’n verhoor waarin die beskuldigde voor die
landdros- of streekshof aangekla word en die landdroshof self oordeel of hy
skuldig is al dan nie.
• Voorlopige ondersoek word bedoel ’n verhoor waarin die beskuldigde nie
verhoor word nie en die landdroshof nie oordeel of die beskuldigde skuldig of
onskuldig is nie, maar waarin die landdros slegs getuienis aanhoor wat later
aan die direkteur van openbare vervolgings voorgelê word, sodat die beampte
kan besluit of hy wil vervolg al dan nie en in welke hof.
(Die bg. Kan verder deur gelees word in J.J Joubert op bladsye 39-42)
Jurisdiksie ten aansien van misdade op Suid-Afrikaanse
grondgebied gepleeg:

Die Hoogste Hof van appèl:


 In terme van artikel 21 van Wet 59 van 1959, het die Hoogste Hof van Appèl
die regsbevoegheid om ‘n appèl teen enige beslissing van ‘n hoër hof te
verhoor en te beslis.

Provinsiale afdeling van die Hoë Hof:


 Die provinsiale afdelings is, in terme van die Wet op die Hoë Hof, beklee met
oorspronklike jurisdiksie ten aansien van alle misdade gepleeg binne hul
onderskeie gebiede.
 Hierdie reël is geleë in die volgende 4 afdelings:
- Die Hoë Hof het jurisdiksie om ‘n opgeskorte vonnis opgelê deur
‘n ander afdeling of ‘n landdroshof, in werking te stel.
- Spesifieke misdade word vir die doeleindes van jurisdiksie geag
dat die misdaad gepleeg is op enige plek waar die beskuldigde
hom bevind, byvoorbeeld, in die geval van diefstal.
- ’n Hoë Hof het ook jurisdiksie oor aangeleenthede waar
misdade wat geskep word deur wetgewing slegs verwys na
jurisdiksie van laer howe.
- Art 111 van die Strafproseswet verleen aan die Nasionale
Direkteur van Openbare Vervolging die bevoegdheid om ‘n
hofgeding te gelas in ‘n distrik van ‘n Direkteur van Openbare
Vervolging, ongeag of die misdaad in die gebied van ‘n ander
Direkteur van Openbare Vervolging gepleeg is, al dan nie.

Plaaslike afdelings van die Hoë Hof:


 Die provinsiale afdeling het jurisdiksie oor alle plaaslike afdelings se
jurisdiksie.
 Dit beteken dat ‘n vervolging in ‘n plaaslike afdeling, ingestel kan word in óf
die provinsiale afdeling óf die plaaslike afdeling.
Streekhowe en distrikshowe (NB) – Afhangende van die vraag,
kan jy net hierdie gedeelte van die antwoord verskaf oor die 4
km reël en diefstal:
 In die geval van huisbraak (“House braking”) - Wanneer iemand beskuldig
word van ‘n misdryf gepleeg binne die afstand van 4 km oor die grens van die
distrik of van die streekafdeling, is dit die jurisdiksie van daardie betrokke
distrik of afdeling.
 Wanneer dit onseker is in welke van verskeie regsgebiede ‘n misdryf gepleeg
is, kan ons ‘n misdryf in enigeen van daardie regsgebiede verhoor.
 Diefstal kan ook verhoor word deur die hof van enige distrik of enige
streekafdeling, na gelang van die geval, waarin hy enige gedeeltes van die
goed in sy besit het of gehad het.
 Kaapstad het jurisdiksie oor Antarktika.
 Byvoorbeeld:
- ‘n BMW word in Potch gesteel. Die dief ry na Klerksdorp toe, daarna na
Roodepoort, daarna na Carletonville en uiteindelik na Kaapstad, waar hy
gearresteer word.
- Al die gebiede het jurisdiksie oor die saak, omdat die dief gesteelde
goedere (voertuig) in sy BESIT gehad het in elk van hierdie afdelings.
- Dit sal egter baie meer prakties wees as die verhoor in Potch gehou word,
omdat die motor in elk geval terug besorg moet word aan die eienaar in
Potch, en omdat die eienaar in Potch is en dit gevolglik baie meer gerieflik
is om die verhoor in Potch te hou.

Jurisdiksie betreffende misdade gepleeg buite die Republiek


 Die algemene reël is dat die howe jurisdiksie uitoefen net ten aansien van
misdade gepleeg op die Republiek se grondgebied-Makhula 1968 (2) SA 768
(O), Mathabula 1969 (3) SA 265 (N), Maseki 1981 (4) SA 374 (T).
 Op hierdie reël is daar egter ’n aantal belangrike uitsonderings(bl 42 van
J.J Joubert):
Misdade gepleeg buite die Republiek:
 Die algemene reël is dat ons howe jurisdiksie uitoefen net ten aansien van
misdade gepleeg op die Republiek se grondgebied.
 Daar is egter ‘n belangrike klomp uitsonderings:
- Hoogverraad: Gebeur baie in die buiteland, byvoorbeeld, ‘n Suid-Afrikaanse
burger wat tydens oorlog in ‘n ander land is en homself dan by daardie land
se vyandelike leër aansluit.
- Aanklag van diefstal: ‘n Suid-Afrikaanse hof het jurisdiksie oor ‘n saak van
voortdurende diefstal (rampokkery) wat in ‘n ander land gepleeg is en die dief
hier te lande gekom het.
- Misdade gepleeg op skepe: Misdade op die oop see op Suid-Afrikaanse
skepe; asook misdade gepleeg deur Suid-Afrikaanse burgers op ander skepe,
gee Suid-Afrika die bevoegdheid/jurisdiksie om die saak te verhoor.
- Misdade gepleeg op vliegtuie: Misdade op Suid-Afrikaanse vliegtuie,
waarookal hulle in die wêreld is, asook misdade gepleeg op ander vliegtuie,
waarby laasgenoemde:
 Die vliegtuig in die Republiek land met die oortreder nog aan boord.
 Die hoof sakeplek van die huurder in die Republiek is.
 Die oortreder hom in die Republiek bevind,
het jurisdiksie oor die saak.
- Misdade gepleeg in Antarktika: Misdade deur Suid-Afrikaanse burgers
gepleeg in Antarktika, gee Kaapstad die jurisdiksie.
- Misdade gepleeg op ‘n gebied wat deur die Republiek geannekseer
word: Sodra ‘n gebied deur die Republiek geannekseer word, verkry die
Republiek jurisdiksie oor daardie geannekseerde gebied. Alle misdrywe en
ander aktiwiteite wat voor die anneksering plaasgevind het, kan nie volgens
die Republiek se voorskrifte oor hoe straf moet plaasvind, geskied nie, omdat
die betrokke wetgewings nog nie bestaan het ten tye van sodanige misdryf
nie. Enige persoon wat hom gevolglik skuldig maak aan ‘n misdryf in
sodanige gebied, kan ingevolge Suid-Afrikaanse wetgewing, vervolg word.
- Waar die beskuldiging hom bevind: Voorbeeld: Waar opleiding ontvang
word buite die Republiek (aan Suid-Afrikaanse burgers) wat skadelik vir die
Republiek kan wees/is.
Jurisdiksie ten aansien van strawwe
Algemeen
 Alhoewel die verskillende howe wat hieronder genoem word jurisdiksie het
om die onderskeie strawwe op te lê wat telkens hieronder genoem word, kan
hulle dit nie na willekeur doen nie.
 Die Strafproseswet lê besondere reëls neer met betrekking tot die misdade en
persone ten aansien waarvan en die omstandighede waaronder sommige van
hierdie strawwe opgelê kan word, al dan nie.
 Afgesien hiervan bevat verskeie Parlementswette, ordonnansies en
regulasies bepalings wat die minimum- en maksimum strawwe wat vir
bepaalde misdade opgelê kan word, voorskryf.
 Hierbenewens is daar ook ’n betekenisvolle corpus gewysdereg wat deur die
jare deur die howe opgebou is en waarin riglyne verskaf word aangaande die
wyse waarop ’n hof sy diskresie om die gepaste vonnis op te lê behoort uit te
oefen.

Die Afdelings van die Hoe Hof van Suid-Afrika


 Die Hoe Hof van Suid-Afrika mag die volgende straf soorte as hof van eerste
instansie oplê:
- Gevangenisstraf, met inbegrip van lewenslange gevangenisstraf
- Periodieke gevangenisstraf
- Verklaring tot gewoontemisdadiger
- Verwysing na ’n behandelingsentrum
- ’n Boete
- Korrektiewe toesig
- Gevangenisstraf waaruit die persoon onder korrektiewe toesig geplaas word

Streekhowe
 ’n Streekshoof mag die volgende straf soorte oplê:
 Gevangenisstraf wat nie ’n tydperk van 15 jaar mag oorskry nie
- Periodieke gevangenisstraf
- Verklaring tot gewoontemisdadiger
- Verwysing na ’n behandelingsentrum
 ’n Boete wat nie die bedrag wat die Minister van tyd tot tyd by wyse van ’n
afkondiging in die Staatskoerant vasstel, mag oorskry nie
- Korrektiewe toesig
- Gevangenisstraf waaruit die persoon onder korrektiewe toesig geplaas word-a
276 van die Strafproseswet
Distrikshowe
 ’n Distrikshof mag die volgende straf soorte oplê en geen ander nie:
 Gevangenisstraf wat nie ’n tydperk van 3 jaar mag oorskry nie
- Periodieke gevangenisstraf
- Verklaring tot gewoontemisdadiger
- Verwysing na ’n behandelingsentrum
 ’n Boete wat nie die bedrag wat die Minister van tyd tot tyd by wyse van ’n
afkondiging in die Staatskoerant vasstel, mag oorskry nie
- Korrektiewe toesig
- Gevangenisstraf waaruit die persoon onder korrektiewe toesig geplaas word-a
276 van die Strafproseswet

Jurisdiksie ten aansien van geldigheid van wette of optrede van die
President:
 Ingevolge a 170 van die Grondwet is alle howe met status van hoer hof
bevoeg om ‘n oordeel uit te spreek oor die grondwetlikheid van enige wet of
optrede van die President
 Indien dit by enige verrigtinge voor ‘n laer hof beweer word dat enige wet of
enige optrede van die President ongeldig is op grond van die
onbestaanbaarheid daarvan met ‘n bepaling van die Grondwet, of dit dat
enige wet ongeldig is op ‘n grond anders as die grondwetlikheid daarvan,
beslis die hof die aangeleentheid in die veronderstelling dat sodanige wet op
optrede geldig is.
 ‘n Party wat beweer dat ‘n wet of optrede van die President ongeldig is, kan
egter getuienis aangaande die ongeldigheid van die betrokke wet of optrede
aanvoer
 Waar ‘n beskuldigde in ‘n laer hof onskuldig pleit en ‘n grond van sy
verdediging die beweerde ongeldigheid van ‘n ordonnansie of ‘n proklamasie
van die President, moet die hof die beskuldigde vir ‘n summiere verhoor
verwys na die bevoegde hoer hof – a 117 van die SPW.
Leereenheid 3

Publieke en private vervolgings:


 Wanneer die individu wat die slagoffer van die misdaad was kan gegrief voel
indien die staat besluit om nie te vervolg en omdat die individu nie meer eie
reg mag uitoefen nie kan ‘n onwenslike dooie punt bestaan.
 Om dan die mees primitiewe gedrang tot eie reg van die mens te
onderdruk/akkommodeer het sommige state hul publieke vervolgings
aangevul met private vervolgings. Meeste vervolgings is egter publiek

Private vervolging?
 Is ‘n stelsel ingevolge waarvan die gegriefde individu in sy persoonlike
hoedanigheid die beweerde oortreder kan vervolg in ‘n poging om
laasgenoemde se skuld bo redelike twyfel in geregshof te bewys en deur die
hof te laat straf.
 Geskied nog steeds volgens regmatige prosedures geskep deur die staat.
 Lees verder paragraaf 5 bladsy 86
Openbare vervolgings:
Grondwetlike en statutere raamwerke:
Artikel 179 vervolgingsgesag:

(1) Daar is ‘n Enkele Nasionale Vervolgingsgesag in Republiek wat volgens


parlementswet saamgestel is en bestaan uit:
(a) Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging is hoof van
vervolgingsgesag en aangestel deur president as hoof van die nasionale
uitvoerende gesag
(b) Direkteur van Openbare Vervolging en aanklaers soos deur
parlementswet bepaal
(2) Vervolgingsgesag het die bevoegdhede om strafregtelike verrigtinge namens
staat in te stel en om enige funksies te verrig in verband met die instel van
strafregtelike verrigtinge nodig is
(3) Nasionale wetgewing verseker dat die Direkteur van Openbare Vervolging:
a. Paslik gekwalifiseer is
b. Verantwoordelik is vir vervolgings in spesifieke jurisdiksies behoudens
subartikel(5)
(4) Nasionale wetgewing moet verseker dat die vervolgingsgesag sy funksies
sonder vrees, begunstiging of vooroordeel verrig
(5) Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging -
a) Moet met die instemming van die Kabinetslid wat vir die regspleging
verantwoordelik is en na oorleg met die Direkteure van Openbare
Vervolgings die vervolgingsbeleid bepaal wat in die vervolgingsproses
nagekom moet word
b) Moet beleidsvoorskrifte uitreik wat in die vervolgingsproses nagekom
moet word
c) Kan in die vervolgingsproses ingryp wanneer beleidsvoorskrifte nie
nagekom word nie; en
d) Kan ‘n besluit neem om te vervolg of nie te vervolg nie, hersien na
oorleg met die betrokke Direkteure van Openbare Vervolgings bepaal,
van vertoë van die volgende:
i. Die beskuldigde
ii. Die klaer
iii. Enige ander persoon of party wat deur die Nasionale Direkteur
as betrokke beskou word
(6) Die kabinetslid wat vir die regspleging verantwoordelik is, oefen die finale
verantwoordelikheid oor die vervolgingsgesag uit.
(7) Alle ander aangeleenthede betreffende die vervolgingsgesag moet deur die
nasionale wetgewing bepaal word.
Art 179 verskaf die grondwetlike raamwerk waarbinne openbare vervolging
gereguleer word: wetgewing of gemeenregtelike reëls wat met die raamwerk is
ongrondwetlik
Beheer oor die plaaslike aanklaers:
 Plaaslike aanklaers word in reël toegelaat om hul eie diskresie uit te oefen oor
die vraag of hulle moet vervolg of nie, omdat dit net onmoontlik is vir die DOV
om kennis te neem van iedere strafsaak in sy eie regsgebied.
Daar is egter formele en informele wyses waarop die DOV beheer kan uitoefen
oor die besluite van plaaslike staatsaanklaers:
1) DOV stuur interne omsendskrywes aan sy aanklaers en hierin stel hy riglyne aan
sy aanklaers met betrekking tot die uitoefening van hul diskresie tov bepaalde
strafsake of sekere strafsake.
2) DOV gee ook dmv die omsendskrywes aan sy aanklaers opdrag gee om nie
sonder sy vooraf goedkeuring ‘n vervolging in te stel tov sekere misdrywe.
- Ook al voorgestel dat vervolging ingestel in stryd met opdrag van hierdie
aard – nietig beskou moet word.
- Alle vervolgings moet geskied ooreenkomstig vervolgingsbeleide en
voorskrifte van die NDOV – a 21 (1)
- Ingevolge a 22 (2) (b) kan NDOV vervolgingsproses inmeng indien die
beleids-voorskrifte nie nagekom is nie – blyk of NDOV vervolging kan
staak.
- Ingevolge para 1(f) van Deel 8 van die NDOV se beleidsvoorskrifte mag
geen vervolging teen landdroste en regters ingestel word nie ‘without the
written authorisation or instruction of the DPP(director of public
Prosecution).
3) Soms bepaal ‘n statuut dat geen vervolging vir sekere statutêre oortredings
ingestel mag word sonder die skriftelike matiging van die betrokke DOV nie.
In S v Molefe 2012 (2) SASV 574 (GNP) was ‘n vrou aangekla van verberging
van geboorte dws oortreding van a 113(1) van die Algemene Regswysgingswet
46 van 1935. Daar is beslis dat ‘n vervolging van die aard slegs op die
skriftelike magtiging van die DOV soos vereis deur a 113(3) van die wet kan
geskied en dat mondellinge matiging onvoldoende is.
4) Besware wat die lede van die publiek opper teen besluite van die plaaslike
aanklaer mag moontlik die DOV se aandag op die bepaalde geval vestig.
- Hy kan die polisiedossier versoek om redes aan te voer vir sy beslissing.
- DOV oorweeg weer opnuut die aangeleentheid en oefen diskresie uit.
- Hy kan sy aanklaer se beslissing handhaaf of verwerp
- As saak deur aanklaer teruggetrek is kan die DOV herinstelling van die
vervolging gelas
- DOV kan ook ‘n vervolging staak as die beskuldigde reeds gepleit het
maar nog nie skuldig bevind is nie - a 6(b) van Wet 51 van 1977.
5) Moeilike en sensitiewe sake of sake was as grensgevalle beskryf word behoort
deur aanklaers op eie inisiatief aan hul DOV’s voorgelê te word en word in
praktyk gedoen. Die tipes voorleggings stel die aanklaer sy eie standpunt met die
versoek dat die DOV die finale besluit nee.
6) Slegs aanklaers wat skriftelik daartoe gematig is deur die NDOV mag pleit en
vonnisooreenkomste soos bedoel in a 105A van die wet aangaan.
Diskresie om te vervolg

Uitoefening van die diskresie

 Suid-Afrika volg in beginsel nie ʼn stelsel van verpligte vervolging nie.


 ʼn Aanklaer het wel ʼn plig om te vervolg as daar ʼn prima facie-saak is en as
daar dwingende rede is om te weier om te vervolg nie.
 In hierdie konteks beteken ʼn ‘prima facie’-saak die volgende:
- Die bewerings, soos ondersteun deur verklarings en reële en
dokumentêre getuienis wat tot die vervolging se beskikking is, is van
so ʼn aard dat indien dit deur middel van toelaatbare getuienis bewys
kan word, ʼn skuldigbevinding sal volg.
 Die aanklaer hoef nie vas te stel of daar ʼn verweer is nie, maar wel of daar ʼn
redelike en waarskynlike basis vir vervolging is.
 Die vervolging sal egter by die verhoor bewys bo redelike twyfel moet lewer.
 Die individu se reg om nie geteister te word met ʼn vervolging ten opsigte
waarvan daar geen redelike vooruitsigte op sukses is nie, moet deur die
aanklaer in die uitoefening van sy vervolgingsdiskresie eerbiedig word.
 Die feit dat die aanklaer twyfel oor die sterkte van die Staat se saak, is geen
goeie gronde vir die vasstelling van ʼn skuldrekeningsboete in ʼn dagvaarding
nie in die hoop dat dit betaal sal word en die Staat dus nie ʼn hof sy saak bo
redelike twyfel sal hoef te bewys nie.
 Hierdie aspek is belangrik aangesien sommige beskuldigdes ʼn skuldrekening
betaal ‘in order to be rid of the worry, inconvenience and expense attached to
fighting a petty criminal charge and not because they are in fact guilty’
 Dit is voorts ook onbehoorlik vir ʼn aanklaer om langs hierdie weg ʼn
‘suksesvolle vervolging’ te probeer bewerkstellig aangesien betaling van ʼn
skuldrekeningsboete vir kriminele rekorddoeleindes as ʼn vorige veroordeling
beskou word.
 In uitsonderlike omstandighede mag daar goeie gronde wees om te weier om
te vervolg ten spyte van die feit dat ʼn prima facie-saak bestaan.
- Voorbeelde van sulke gronde is die nietigheid van die oortreding.
 Gemeenregtelike beginsels en statutêre reëls wat die vervolgingsdiskresie ten
opsigte van kinders word op bladsy 75 van die handboek bespreek.
 Die fundamentele strafregsplegingsbeginsel beheer die diskresie om te
vervolg. Daar is twee beginsels:
1. Die polisie en vervolgingsgesag moet nie bewustelik toelaat dat ʼn
oortredingspatroon ten opsigte van ʼn bepaalde misdryf ontwikkel en
dan onverwags oortreders arresteer en vervolg nie.
2. Diskresionêre het geen magtiging vir diskriminerende vervolging nie.
 Die blote feit dat sekere gedrag mag neerkom op ʼn gemeenregtelike sowel as
ʼn statutêre misdaad, beteken nie dat die vervolging verplig is om ingevolge
die statutêre misdaad aan te kla nie.
 Daar is ʼn praktyksreël ingevolge waarvan ʼn beskuldigde self, of deur sy
regsverteenwoordiger, skriftelike vertoë om nie te vervolg nie aan die DOV of
plaaslike aanklaer mag rig
Verjaring
 Volgens Artikel 18 van Wet 51 van 1977 is die reg om ʼn vervolging in te stel
vir ʼn misdryf wat verval by verstryking van ʼn tydperk van 20 jaar vanaf die
tyd wat die misdryf gepleeg is tensy ʼn ander tydperk uitdruklik bepaal word.
 Volgens hierdie Artikel is daar geen verjaringstermyn ten opsigte van die
volgende misdade nie:
 Moord
 Hoogverraad gepleeg wanneer die Republiek in oorlog verkeer.
 Roof, indien verswarende omstandighede aanwesig is.
 Menseroof
 Kinderdiefstal
 Voor 27 April 1994 kon geen halsmisdaad verjaar nie. Dit is toe Artikel 18
ingetree het.
 Met die afskaffing van die doodstraf was dit nodig om artikel 18 aan te pas
 Die misdaad volksmoord, misdade teen die mensdom en oorlogsmisdade het
ook geen verjaringstydperk.
 Die volgende statutêre misdade, geskep deur die Wysigingswet op die
Strafreg 32 van 2007, het ook geen verjaringstydperk nie:
 Verkragting
 Gedwonge verkragting
 Handeldryf in persone vir seksuele doeleindes
 Die gebruik van ʼn kind of verstandelik benadeelde vir pornografiese
doeleindes.
Afwending van die strafverhoor
 Daar is sekere prosedures of metodes waarvolgens ʼn strafsaak vermy kan
word.
 Voorbeelde van afwending is:
- Die omskepping van ʼn verhoor in ʼn ondersoek met die oog op
verwysing na ʼn rehabilitasiesentrum.
- ʼn Ondersoek na geestesongesteldheid.
 Die ‘Child Justice Act’ van 2008 skep uitgebreide en gedetailleerde
afwendingsprosedures en -opsies ten opsigte van kinders.
 In hierdie konteks is een van die hoofoogmerke van afwending om, in
gepaste gevalle, ʼn kind te kan hanteer sonder om hom of haar binne die
formele strafregspleging te betrek. – Artikel 51(a) van Wet 75 van 2008.
 Hoofstuk 6 van hierdie Wet maak voorsiening vir afwending deur die
vervolging in die geval van geringe oortredings.
 Daar moet aan verskeie vereistes voldoen word en die afwendingsproses
moet omgesit word in ʼn hofbevel.
 Hierdie vervolgingsafwending kan slegs geskied voordat ʼn voorlopige
ondersoek ooreenkomstig Hoofstuk 7 plaasgevind het.
 Wanneer sodanige ondersoek gehou is, kan die landdros sekere bevele
maak, insluitende afwendinsgbevele waarvoor Hoofstuk 8 van die Wet
voorsiening maak.
 Hierdie hoofstuk gee ʼn uiteensetting van, onder andere:
- Die oogmerke van afwending
- Die oorweging van afwending
- Die verskeie afwendingsopsies
- Die minimum standaarde wat op afwending van toepassing is.
Die vervolging se afwending in geval van mindere misdrywe (Hoofstuk 6
van die ‘Child Justice Act’ 75 van 2008
 Vir doeleindes van bovermelde Wet beteken ‘afwending’ die ‘diversion of a
matter involving a child away from the formal court procedure in a
criminal matter by means of the procedures established by Chapter 6 and
8’
 ʼn Aanklaer kan in sekere omstandighede die inisiatief neem – en ook ʼn
aktiewe rol speel – in die implementering van die afwendingsmoontlikhede
waarvoor Wet 75 van 2008 voorsiening maak.
 Artikel 41 van Wet 75 van 2008 maak voorsiening virafwending deur die
aanklaer ten opsigte van misdrywe in Bylae 1 by Wet 75 van 2008, welke
afwending selfs voor die hou van ʼn voorlopige ondersoek ingevolge
Hoofstuk 7 kan plaasvind
 Lees artikel 41(1), (2) en 3 in handboek bl 80-81
 Die aanklaer kan op artikel 41 steun slegs indien hy tevrede is dat, onder
andere:
- Die kind aanspreeklikheid aanvaar sonder dat hy onbehoorlik
daartoe beïnvloed is.
- Dat daar ʼn prima facie-saak teen die kind is.
- Dat die kind en, waar beskikbaar, sy ouers instem tot afwending.
 Paragraaf G6 van die NDOV se voorskrifte bepaal dat ʼn aanklaer se besluit
om ʼn saak af te wend voordat ʼn voorlopige ondersoek gehou is waar die
volgende omstandighede bestaan nie.
- Lees omstandighede op bl 81 van die handboek.
 Daar word oorweging gegee dat die kind se regsverteenwoordiger ʼn plig
het om toe te sien dat ʼn aanklaer in die uitoefening van sy diskresie
behoorlik kennis neem van die inhoud van paragraaf G6 van die NDOV se
voorskrifte.
 Dit mag wees dat die aanklaer die kind beskou as ʼn kind wat sorg en
beskerming benodig ooreenkomstig artikel 150 van die ‘Child Justive Act’
38 van 2005.
 In so geval mag die aanklaer nie op afwending besluit nie en hy is verplig
om die aangeleentheid vir ʼn voorlopige ondersoek te verwys sodat
verdere verwysing na ʼn kinderhof kan plaasvind.
 ʼn Aanklaer is onder ʼn verpligting om ʼn kind se rekord van vorige
afwendings in ag te neem by die besluit of aanwending ten opsigte van ʼn
bepaalde geval moet plaasvind.
 ʼn Aanklaer se besluit om op artikel 41 te steun om ʼn bepaalde
aangeleentheid af te wend, kan slegs aanleiding gee tot enige
sogenaamde ‘level one diversion option’ soos geidentifiseer in artikel
53(3), of enige kombinasie van hierdie ‘vlak een opsies’
 Die opsies in artikel 53(3) sluit die volgende in:
- Lees bl 82 vir die opsies
 Wanneer ʼn aanklaer besluit dat daar geen afwending ingevolge artikel 41
sal wees nie, moet hy onmiddellik reël dat die betrokke kind by ʼn
voorlopige ondersoek ooreenkomstig Hoofstuk 7 van Wet 75 van 2008
moet verskyn.
Afwending deur vervolging ingevolge Hoofstuk 8 van die ‘ Child Justice
Act’
 Die bovermelde hoofstuk verskaf ʼn uiteensetting van die oogmerke van
afwending en maak ook voorsiening vir afwending na ʼn voorlopige
ondersoek of ʼn verhoor.
 Lees artikel 52 in handboek bl 82-38
 Afwenteling ingevolge artikel 52(1) kan in enige stadium van die verhoor
plaasvind, selfs na skuldigbevinding.
 Artikel 53 van in Hoofstuk 8 van Wet 75 van 2008 gee ʼn uiteensetting van
die verskillende afwendingsbevele en onderskei tussen vlak een- en twee-
afwendingsbevele.
 Vlak een-afwendingsbevele is van toepassing op oortredings vermeld in
Bylae 1, terwyl vlak twee-afwendingbevele van toepassing is op alle
oortredings vermeld in Bylaes 2 en 3 – ernstige misdrywe.
 Ingevolge artikel 54(1) moet die volgende faktore oorweeg word wanneer
op ʼn bepaalde afwendingsopsie besluit word:
- Die afwendingsopsie moet op die toepaslike vlak wees.
- Die kulturele, godsdienstige en linguistiese agtergrond van die kind.
- Die kind se opvoedkundige vlak, kognitiewe vermoë en huislike
omgewingstoestande.
- Die proporsionaliteit tussen die voorgenome afwendingsopsie.
- Die omstandighede van die kind, aard van die oortreding en die
belange van die gemeenskap.
- Die kind se ouderdom en ontwikkelingsbehoeftes.
 Artikel 54(3) skep ʼn afwendingsopsie wat addisioneel tot die opsies in
artikel 53 geld:
- ʼn Aanklaer wat ingevolge artikel 41(1) optree mag – waar toepaslik
en na oorweging van alle beskikbare inligting – ʼn individuele
afwendingsopsie ontwikkel wat klop met die afwendingsoogmerke
in artikel 51 en die minimum standaarde gestel in artikel 55.
 Lees artikel 55 in handboek op bladsy 84
 Die oorblywende artikels in Hoofstuk 8 van Wet 75 van 2008 het op die
volgende betrekking:
- Die akkreditering en voorsiening van afwendingsprogramme en
afwendingsdiensverskaffers.
- Monitering van die nakoming van afwendingsbevele.
- Die versuim om ʼn afwendingsbevel te gehoorsaam.
- Die regsgevolge van afwending.
- Die register van kinders ten opsigte van wie afwendingsbevele
gemaak is.
- Familie se byeenkoms as ʼn groep.
- Slagoffer-oortreder bemiddeling.
Die ‘Child Justice Act’ 75 van 2008: Afwending van gevalle van Bylae 3-
misdade en die bevoegdhede en pligte van ʼn DOV
 Artikel 52(3)(a) van bovermelde Wet bepaal dat in die geval van ʼn Bylae 3-
oortreding, mag ʼn DOV wat jurisdiksie het, skriftelik aandui dat die
aangeleentheid afgewend word indien buitengewone omstandighede bestaan
ooreenkomstig die NDOV se instruksies uitgereik ooreenkomstig artikel 97(4)
(a)(iii) van Wet 75 van 2008.
 Lees die omstandighede op bladsy 84-85.
 ʼn DOV se afwending van ʼn geval ooreenkomstig artikel 52(3)(a), kan slegs
plaasvind nadat hy die ondersoekbeampte konsulteer het en ook ag geslaan
het op die beskouinge van die slagoffer of ʼn persoon met ʼn direkte belang in
die slagoffer.
 Afwending van Bylae 3-gevalle mag slegs plaasvind met die skriftelike
magtiging van die betrokke DOV.
 Geen delegering mag plaasvind nie.
Die strafregtelike toerekeningsvatbaarheid van kinders: die besluit om
kinders te vervolg en die bepalings van die ‘Child Justice Act’ van 2008
 Die gemeenregtelike reëls betreffende die toerekeningsvatbaarheid van
kinders wat ten tye van die pleeg van die misdaad nog nie hul veertiende
lewensjaar voltooi het nie, is met ingang 1 April 2010 deur Artikel 7 van die
‘Child Justice Act’ 75 van 2008 gewysig.
 Gemeenregtelik gesproke is ʼn infans doli en culpae incapax.
- Dit wil sê, ontoerekeningsvatbaar en immuun teen vervolging.
 Die huidige posisie word gereguleer deur artikel 7(1) van die ‘Child Justice
Act’ 75 van 2008 wat bepaal dat ʼn kind wat nog nie sy tiende lewensjaar
voltooi het nie ontoerekeningsvatbaar en dus immuun teen vervolging is.
 Artikel 9 van Wet 75 van 2008 bepaal die wyse waarop so ʼn kind dan buite
die konteks van die strafregspleging hanteer moet word.
 Ingevolge die gemenereg word impubes geag ontoerekeningsvatbaar te wees
tensy die vervolging toerekeningsvatbaarheid kan bewys.
 Ooreenkomstig artikel 7(2) van Wet 75 van 2008 is die huidige posisie egter
soos volg:
- Die kind wat ʼn misdaad pleeg en ten tye daarvan ouer as tien is maar
nog nie sy veertiende lewensjaar voltooi het nie, word vermoed
ontoerekeningsvatbaar te wees tensy die vervolging
toerekeningsvatbaarheid soos omskryf en vereis in artikel 11 van Wet
75 van 2008 kan bewys.
 Ingevolge artikel 11(1) van hierdie Wet sal toerekeningsvatbaarheid aanwesig
wees as die vervolging bo redelike twyfel bewys dat die betrokke kind ten tye
van die pleeg van die misdryf die vermoë gehad het om tussen reg en
verkeerd te onderskei, en voorts, ooreenkoms hierdie besef kon optree.
 Waar ʼn aanklaer dit noodsaaklik vind om die toerekeningsvatbaarheid van ʼn
kind te laat assesseer, kan hy die hof versoek om te beveel dat dit gedoen
word deur die persone wat val binne ʼn kategorie van persone soos deur die
Minister geïdentifiseer.
 Daar is ʼn vervolgingsvoorskrif tot die effek dat waar dit onwaarskynlik is dat
toerekeningsvatbaarheid bewys kan word, moet aanklaers toesien dat die
betrokke kind na ʼn proefbeampte verwys word en dat die kind dan verder
hanteer woord soos ʼn kind in die kategorie van kinders onder tien jaar – soos
voorsien in artikel 9 van Wet 75 van 2008.
 Waar die aanklaer van mening is dat die betrokke kind se
toerekeningsvatbaarheid wel bewys kan word, kan hy op afwending ingevolge
Hoofstuk 6 van Wet 75 van 2008 besluit indien die kind se beweerde
oortreding binne die oortredings soos geïdentifiseer in Bylae 1 by Wet 75 van
2008 val.
 Die alternatief is om die aangeleentheid te verwys vir ʼn voorlopige ondersoek
ooreenkomstig Hoofstuk 7 van Wet 75 van 2008.
Die besluit om ʼn kind te vervolg wat ouer is as tien maar onder veertien
is.

 ʼn Aanklaer wat moet besluit of hy ʼn kind in die bogenoemde


ouderdomskategorie gaan vervolg of nie, is ingevolge artikel 10(1) van die
‘Child Justice Act’ 75 van 2008 onder ʼn verpligting om verskeie faktore te
oorweeg.
 Artikel 10(1)(a) vereis dat die volgende persoonlike faktore oorweeg word:
- Die kind se opvoedkundige vlak.
- Kognitiewe vermoë
- Huislike en omgewingsomstandighede.
- Ouderdom
- Graad van volwassenheid.
 Die volgende moet ook oorweeg word:
- Die aard en erns van die beweerde misdryf.
- Die impak van die beweerde misdryf op die slagoffer.
- Die belange van die gemeenskap.
 Die inhoud van ʼn proefbeampteverslag soos voorsien in Hoofstuk 5 van Wet
75 van 2008 moet ook oorweeg word.
 Die aanklaer is ook onder ʼn verpligting om te oorweeg of daar ʼn vooruitsig is
dat toerekeningsvatbaarheid vasgestel kan word indien die aangeleentheid
verwys sou word vir ʼn voorlopige ondersoek ooreenkomstig Hoofstuk 7 van
Wet 75 van 2008.
 Hierbenewens moet die toepaslikheid van afwending asook enige ander
relevante faktore oorweeg word.
 Die verwysing in artikel 10(1)(h) na enige ander relevante, maak dit duidelik
dat gemeenregtelike beginsels en riglyne vervat in die Prosecution Policy ook
relevante oorwegings is.

Terugtrekking van sake teen kinders


 Paragraaf C van die NDOV se voorskrifte, soos uitgereik ingevolge 97(4) van
die ‘Child Justice Act’ 75 van 2008, vereis dat aanklaers versigtig moet wees
om nie ʼn saak teen ʼn kind terug te trek in omstandighede waar die beste
belang van die kind tussenkoms verg nie.
 Hierdie voorskrif klop met die grondwetlike vereiste wat vervat is in artikel
28(2) van die Handves, naamlik dat ʼn kind se ‘beste belang ... van
deurslaggewende belang [is] in elke aangeleentheid wat die kind raak ’
-
Leereenheid 4

Die reg tot regsbystand van ‘n kind in die voorverhoorstadium


van die strafproses

Algemeen
 Wanneer kinders met die gereg bots, maak die Child Justice Act voorsiening vir
besondere maatreëls om te verseker dat die beste belange van die kind
behoorlike erkenning in die strafproses geniet.
 Gedurende die voorverhoorstadium van die strafproses, maak die wet
voorsiening dat kinders slegs in beperkte omstandighede gearresteer en
aangehou mag word.
- Ongeag of ‘n kind gearresteer of aangehou word, bepaal die wet dat die kind
deur ‘n proefbeampte gearresteer moet word en dat ‘n voorlopige ondersoek
in die hof gehou moet word om te bepaal of die aangeleentheid afgewend
moet word en of die kind in ‘n hof vir strafregpleging ten opsigte van kinders
van die misdryf, wat hy na bewering gepleeg het, aangekla moet word.
Assessering
‘n Proefbeampte moet ‘n kind assesseer voordat ‘n voorlopige ondersoek gehou kan
word-a 34(2) (tensy die aanklaer of landdros wat die voorlopige ondersoek
waarneem daarvan afstand doen-a 41(3) en 47 (5)) van die Child Justice Act.
 Die doel van assessering is om:
- Te bepaal of ‘n kind sorg en beskerming nodig het, sodat die kind, ingevolge
a50 of 64, na ‘n kinderhof verwys kan word
- Die ouderdom van die kind te skat indien die ouderdom onseker is
- Inligting in verband met enige vorige veroordeling, vorige afwending of
hangende klagte tot opsigte van die kind in te samel
- Aanbevelings oor die vrylating of aanhouding en plasing van kind te formuleer
- Waar toepaslike, die vooruitsig van afwending van aangeleentheid vas te stel
- In geval dat die kind onder die ouderdom van 10 jaar is, waarna in a 10(2)(b)
verwys word(‘n kind tussen die ouderdomme van 10 en 14 wat waarskynlik
nie toerekeningsvatbaar is nie), te bepaal watter maatreëls in gevolge artikel 9
(bv verwys na die kinderhof, berading) getref moet word.
- In geval van kind 10 jaar en ouer, maar jonger as 14 jaar, ‘n mening gee of
deskundige getuienis waarna in a 11(3)(toerekeningsvatbaarheid van kinders)
verwys word, nodig sal wees
- Of volwassene kind misbruik het om die misdaad te pleeg
- Enige ander toepaslike inligting oor die kind te verskaf, na die mening van die
proefbeamptes, in die beste belang van die kind sal wees of wat enige
oogmerk wat die wet beoog, kan bevorder-a35
 Proefbeampte moet die doel van die assessering aan die kind verduidelik, die
kind inlig van sy regte, aan die kind die onmiddellike prosedures wat gevolg sal
word, verduidelik en van kind verneem of hy beplan om aanspreeklikheid vir die
betrokke misdryf te aanvaar-a 39(1)
 Proefbeampte kan enige persoon wie se teenwoordigheid nodig of wesenlik is vir
die assessering, toelaat om assessering by te woon-a 38 (3)(c)
 Proefbeampte kan op enige stadium gedurende die assessering met enige
persoon konsulteer wat inligting kan verskaf wat nodig is vir die assessering-
a39(2)
 Inligting verkry in die assessering is vertroulik en kan net gebruik vir die doel wat
deur die Wet gemagtig word-36(1)(a)
 Sodanige inligting is ontoelaatbaar as getuienis gedurende enige aansoek om
borgtog, pleitverrigtinge, die verhoor van die kind of verrigtinge betreffende die
oorwegings van ‘n geskikte vonnis, waarby die kind betrokke is-a 36(1)(b)
Voorlopige Ondersoek
 ‘n Voorlopige ondersoek ten opsigte van ‘n kind is ‘n informele
voorverhoorverrigting wat inkwisitories van aar is en in ‘n hof of enige ander
geskikte plek gehou kan word-a 43(1) van die Child Justice Act.
 Ingevolge a81 van die Wet verhinder niks in die wet ‘n kind om by ‘n voorlopige
ondersoek deur ‘n regsverteenwoordiger verteenwoordig te word nie
 Die doel van ‘n voorlopige ondersoek is:
- Die proefbeampte se assesserings verslag te oorweeg met besonderse
verwysing na-
 Skatting van die ouderdom van die kind, indien dit onseker is
 Of verdere en meer gedetailleerde assessering van die kind nodig is-a
40(1)(g)
 Meting van proefbeampte tot opsigte van die toerekeningsvatbaarheid van
die kind, indien kind 10jaar of ouer is, maar onder ouderdom van 14jaar is
en besluit of die evaluasie van die kind se toerekeningsvatbaarheid van
die kind deur gepaste gekwalifiseerde persoon, waarin a11 (3) verwys
word,
nodig is
- Bepaal of die aangeleentheid voor pleit afgewend kan word
- ‘n geskikte afwendings keuse te identifiseer, waar toepaslik
- Bepaal of die aangeleentheid ingevolge a 50 na ‘n kinderhof verwys moet
word
- Te verseker dat alle beskikbare inligting van toepassing op die kind, sy
omstandighede en die misdryf oorweeg word om ‘n besluit oor afwending en
plasing van die kind te neem
- Te verseker dat die standpunte van alle persone wat teenwoordig is, oorweeg
word voordat ‘n besluit geneem word
- Die deelname van die kind en sy ouer, geskikte volwassene of ‘n voog in
besluite rondom die kind aan te moedig
- Die vrylating of plasing van ‘n kind te bepaal, hangende-
 Die afsluiting van die voorlopige ondersoek
 Verskyning van die kind in ‘n hof vir strafregpleging tot opsigte van kinders
 Verwysing van die aangeleentheid na ‘n kinderhof, waar toepaslik-a 43(2)

You might also like