Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 2

Inhoudsopsomming

STUDEER
Studiestrategieë: - is die manier waarop 'n persoon sy / haar
studies benader om dit effektief en doeltreffend uit te voer.
- Dit word beïnvloed deur sy/haar leerstyl.
- D.w.s. dit is die studieplanne wat jy in plek stel om jou doelwitte te bereik
Leerstyl / Studiestyl: 'n individu se voorkeurmanier om inligting te absorbeer, te verwerk, te begryp en
te onthou. Dit is die manier waarop 'n persoon die beste leer.
Vier style word onderskei: visueel, ouditief, lees/skryf en kinesteties.

VIER LEERSTYLE
Visueel: 'n Visueel-dominante leerder absorbeer en onthou inligting beter wanneer dit in prente,
diagramme en kaarte aangebied word.
Ouditief: 'n Ouditief-dominante leerder verkies om te luister na wat aangebied word. Hy of sy reageer
die beste op stemme; byvoorbeeld in 'n lesing of groepsbespreking.
Kinesteties: 'n Kinesteties-dominante leerder verkies 'n fisiese ervaring. Sy/ hy hou van 'n praktiese
benadering en reageer goed daarop om 'n voorwerp of konkrete onderrigmiddel aan te raak of te voel.
Lees/Skryf: 'n lees- of skryf-dominante leerder gebruik herhaling van woorde en skryfwerk. Dit is
duidelik dat daar 'n oorvleueling met visuele en ouditiewe style is, aangesien woorde en skryfwerk in
albei kategorieë pas. Gewoonlik onthou of organiseer iemand wat verkies om op hierdie manier te leer,
dinge die beste in hul gedagtes deur aantekeninge te maak.
Ons het die vasstelling van jou leerstyle in graad 8, Kwartaal 1, Wêreld van Werk gedek.
Doen die vraelys – Wil jy graag jou Leerstyl bepaal?
https://-learn.com/the--questionnaire/the--questionnaire-for-younger-people/

Tydsbestuur: is die proses om te organiseer en te beplan hoe jy jou tyd tussen verskillende aktiwiteite
kan verdeel.

Tydsbestuurvaardighede: Dit handel daaroor om jou take binne 'n gegewe tydraamwerk te kan bestuur
om jou tyd en werklading meer hanteerbaar te maak.

( Ons het Tydsbestuur in graad 9, Kwartaal 1, Wêreld van Werk gedek).

©2023 Teenactiv 1 www.teenactiv.co.za


In graad 10 het ons geleer van studievaardighede, -metodes, kritiese denke en die ontwikkeling van 'n
studieplan.

Sommige studiemetodes sluit die gebruik van die volgende in:


Flitskaarte - Klein kaarte waarop jy sleutelpunte kan skryf.
Breinkaarte - 'n Visuele voorstelling van kleiner, verwerkbare stukkies inligting.
Rympies – Gebruik van klank of ritme om inligting te onthou.
Opsommings - Geskrewe vereenvoudigde inligting; gewoonlik in die vorm van sleutelwoorde of kort
frases.
Tabelle - Inligting word visueel in 'n tabel gegroepeer om te vereenvoudig en te onthou.

'n Paar nuttige eksamenskryfvaardighede sluit in:


1. Werk ou vraestelle uit - dit sal jou help om te verstaan hoe jy 'n vraag moet benader, hoeveel tyd
jy moet toewys en watter inligting punte kry.
**NB!! Navorsing dui daarop dat dit die beste manier is om eksamenprestasie te verbeter.
2. Lees vrae aandagtig deur – om te verseker dat jy die regte keuses maak en nie onnodig tyd mors
nie.
3. Bestuur jou tyd by elke vraag.
4. Beplan en struktureer jou antwoord (veral vir opstelvrae).
5. Gaan jou antwoorde deeglik na – proeflees jou antwoorde om te kyk vir moontlike spelfoute.

'n Studieplan moet toets- en eksamendatums,inhandigingsdatums van take en enige ander belangrike
datums op 'n kalender aandui.

Deur die studieplan in maandelikse beplanners op te deel (bv. wat moet ek alles hierdie maand voltooi
en wat moet ek alles volgende maand voltooi? ens.) help om alle take op te deel in hanteerbare
daaglikse aktiwiteite.
Maak seker dat jou maandelikse beplanners gereeld aangepas word wanneer jy nuwe taakdatums,
toets- en eksamendatums ontvang.

©2023 Teenactiv 2 www.teenactiv.co.za

You might also like