Professional Documents
Culture Documents
Afrikaans Huistaal Graad 12 Taak 5: Kwartaaltoets 1 Totaal: 35 Afdeling A: Begripslees
Afrikaans Huistaal Graad 12 Taak 5: Kwartaaltoets 1 Totaal: 35 Afdeling A: Begripslees
AFRIKAANS HUISTAAL
GRAAD 12
TAAK 5: KWARTAALTOETS 1
MEMORANDUM
TOTAAL: 35
AFDELING A: BEGRIPSLEES
NASIENRIGLYNE
• Spel- en taalfoute in eenwoordantwoorde word gepenaliseer en die antwoord is nie korrek
nie, al is die betekenis duidelik, bv. gras groen (×) i.p.v. grasgroen ().
• Spel- en taalfoute in langer antwoorde word nie gepenaliseer nie omdat die klem op begrip
lê.
• Indien die leerder woorde uit ’n ander taal gebruik as die taal waarin die vraestel verskyn,
word die vreemde woorde geïgnoreer. Indien die antwoord sonder die vreemde woorde
sinvol is, word die leerder nie gepenaliseer nie. Indien die vreemde woord in die antwoord
vereis word, word dit aanvaar.
• Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE / EK STEM SAAM/EK STEM NIE SAAM
NIE / WAAR/ONWAAR / FEIT/MENING / LUG JOU MENING nie. Die rede/motivering moet
oorweeg word.
• Vrae wat aanhalings uit die leesstuk verg, word nie gepenaliseer indien die aanha-
lingstekens ontbreek nie.
• Waar eenwoordantwoorde gevra word en die leerder ’n volsin gee, is dit korrek mits die
korrekte antwoord onderstreep word of op een of ander wyse uitgelig word.
• Wanneer twee of drie feite/punte vereis word en die leerder gee ’n hele reeks, word slegs
die eerste twee of drie feite/punte nagesien.
• Aanvaar dialektiese variasies.
• Vir meervoudigekeusevrae word SOWEL die letter as die korrekte antwoord wat ten volle
uitgeskryf is aanvaar.
VRAAG 1
1.1 Die woord “bytende” pas by die inhoud van die artikel, want ’n mens gebruik jou
(kuns-)tande om te byt. (1)
1.3 Daar is rekords by tandartse van mense wat kunstande ontvang het.
[Aanvaar soortgelyke sinvolle antwoord.] (1)
1.6 Konnotatief. Nie werklik tande met hare op nie, dit beteken net jy moet baie
deursettingsvermoë / drif hê. (Soortgelyk)
[Slegs motivering verdien die punt.] (1)
1.8 Kunstande wat van ivoor gemaak is, veroorsaak ’n slegte asem.
[Moet in die kandidaat se eie woorde wees. Aanvaar soortgelyke korrekte verduideliking.](1)
TOTAAL AFDELING A: 15
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2
Verspreiding van punte vir taal as die kandidaat nie woordeliks aangehaal het nie.
1 – 3 feite korrek: ken 1 punt toe.
4 – 5 feite korrek: ken 2 punte toe.
6 – 7 feite korrek: ken 3 punte toe.
Verspreiding van punte vir taal as die kandidaat woordeliks aangehaal het:
6 – 7 aanhalings: ken geen punt vir taal toe nie.
4 – 5 aanhalings: ken ’n maksimum van 1 punt vir taal toe.
2 – 3 aanhalings: ken ’n maksimum van 2 punte vir taal toe.
• Indien die formaat verkeerd aangebied word, moet die antwoord steeds nagesien word.
Die kandidaat verdien geen punt vir TAAL nie.
• Nasieners moet die woorde van die opsomming tel.
• Geen punte word afgetrek as die kandidaat nie die getal woorde aangedui het nie of as die
getal woorde wat gebruik is, verkeerd aangedui is.
• Indien die kandidaat die vereiste getal woorde oorskry het, word die sin, waarin die 90
aanbevole getal woorde bereik is, klaar gelees en die res van die opsomming word
geïgnoreer.
• ’n Korter opsomming wat die vereiste feite bevat, mag nie gepenaliseer word nie.
Vlakke 1 2 3 4 5
Punte 3 7 0 10
% 3 (30%) 7 (70%) 0 100%
Let wel: Die onderstaande riglyne word puntsgewys verskaf om die merk van die opsomming te
vergemaklik. Leerders moet egter hul antwoorde in PARAGRAAFVORM in hul EIE woorde en in
VOLSINNE verskaf.
PARAGRAAFVORM
Die poeierige tandepasta van voor 1850 is later verbeter deur seep by te voeg. Toe kryt in die
1850’s by tandepasta gevoeg is, het dit van ’n poeier na ’n room verander. Tandapasta in ’n buisie
maak in 1892 sy verskyning. Fluoried is in 1914 by tandepasta gevoeg. In 1975 word die eerste
kruietandepasta gemaak. Die eerste tandepasta wat geëet kan word, verskyn in 1987. Tandepasta
wat tande witter maak, het in 1989 verskyn. [74 woorde]
[10 ÷ 2] = [5]
TOTAAL AFDELING B: 5
Nasienriglyne
• Spelling:
o Eenwoordantwoorde word verkeerd gemerk as die spelling verkeerd is.
o In volsinantwoorde word verkeerde spelling net gepenaliseer indien die fout in die
taalstruktuur getoets word.
o Waar ’n afkorting getoets word, behoort die punte op die regte plekke te wees.
• Sinskonstruksies moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied word soos in die
instruksie aangedui.
• Waar direkte en indirekte rede en leestekengebruik getoets word, mag ½ punte toegeken
word.
VRAAG 3
3.2 Gedeeltelike kunsgebitte om sekere tande te vervang is al in 700 voor Christus deur die
Etruriërs van Toskane in Italië gemaak.
[Woordorde: werkwoord aan die einde.] (1)
3.3 Dis ’n weglatingskoppelteken / staan in die plek van die woord “ivoor” / dit moet lees
seekoei-ivoor en walrusivoor. (1)
3.5 Kunstande is darem ook gereeld / kortliks / baie in die poësie geprys.
[Bywoordelike bepaling: geen werkwoord, brei uit op geprys.] (1)
3.7 verkeerd
[Slegs EEN woord.] (1)
3.8 Dis woorde uit ’n Engelse gedig en literêre werk/gedigte/poësie kan nie sommer net
vertaal word nie / word gewoonlik net so in ’n ander teks gebruik. (2)
3.11 Die deelteken dui die begin van ‘n nuwe lettergreep aan. (1)
3.12 Die tandarts stel draadjies vir sy tande voor, MAAR die pasiënt het net een tand.
[Albei kante moet vir EEN punt genoem word.] (1)
TOTAAL AFDELING C: 15
GROOTTOTAAL: 35