Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 3

HIËROGLIEWE GR.

9 KWARTAAL 2

Die gebruik van simbole is ‘n univerele en antieke vorm van menslike kommunikasie. Alhoewel die ontwikkelikng van
tegnologie ons metodes verander het maak ons nogsteeds van simbole gebruik om in ‘n boodskap in ‘n visuele taal te
kommunikeer.

Simbole het die mag om kulturele grense te oorskry en as ‘n vorm van universele kommunikasie te funksioneer. Soos
ons menslike samelewing meer pendel en globaliseer, begin ons kulture meer en meer integreer en bloodgestel word
met mekaar. Daarom raak die rol van simbole al hoe grooter, omdat dit deur meeste mense verstaan kan word bv op
‘n internasionale lughawe gaan nie almal binne die struktuur die inheemse taal kan verstaan nie, maar meeste kulture
het begrip vir die simbole en kan dit gebruik om sin te maak van die instruksies.

Antieke samelewings so reeds so vroeg soos 3400 v.C. gebruik gemaak van basiese, letterlike en konseptionele simbole
wat deel gevorm het van komplekse stelsels wat hoogs ekspresief en beskrywend is. Die eerste grafiese beelde wat
gebruik is om spesifieke voorwerpe of konsepte voor te stel is pikotgramme. Die tweede stap van grafiese
kommunikasie is bekend as ideogramme en die derde as ‘n fonogram.

Jy het in jou klaswerk geleer hoe jy simbole kan ontwerp deur lyn, tekstuur en vorm te manipuleer. Al hierdie elemente
het individuele kwaliteite wat deur die kunstenaar bepaal word. Deur die kwaliteite van die verskillende elemente te
kombineer kan die simbool ‘n ekspressiewe betekenis aan neem.

Gebruik nou die vaardighede wat jy in die simbool oefening geleer het om die volgende opdrag te voltooi:

 Doen navorsing oor een antieke samelewing se visuele kommunikasie sisteem bv die Egiptinare se Hiërogliewe.
Bestudeer die betekenis van die simbole en die metodes wat die samelewing gebruik het. Bestudeer ook ten
minste 3 funksies waarvoor die spesifieke kultuur wat jy gekies het die simbole gebruik het.
 Kies nou ‘n moderne visuele komminukasie sisteem, bv handelsmerke, padtekkens of ‘n UI (“user interface”).
Doen navorsing oor wie die ontwerper is van die sisteem wat jy kies en die funksie van die sisteem. Maak ‘n
visuele vergelyking tussen die antieke en modern kommunikasie stelsels wat jy gekies het en bespreek die
verskille en oorkomste wat jy ontdek het deur jou navorsing.
 Maak ‘n mindmap van al die daaglikse aktiwiteite en die uniekhede wat vir jou uitstaan van die vakansie.
 Ontwikkel nou simbole wat elk van hierdie aktiwiteite en uniekhede uitbeeld en ontwerp sodoende jou eie
“simboliese” visuele taal.
 Gebruik nou jou nuwe simbole en maak ‘n verhalende kunswerk wat een van jou dae tydens vakansie uitbeeld.
Jou kunswerk moet ‘n duidelik tydlyn van jou dag voorstel. Benader hierdie stap soos ‘n finale kunswerk met
kleur, afronding is noodsaaklik.

INHADIGINGSDATUM: 09/05/2023
VOORBEELDE VAN ANTIEKE SKRYFSTELSELS

Antieke Egipte

Antieke Mesopotamiese skrif is die oudste bekende menslike skryfstelsel

Antieke Suid – Afrikaanse rotskuns

Antieke Chinese skrif Antieke Romeinse skrif


NASIEN KRITERIA VIR NAVORSINGS KOMPONENT
Navorsing van Antieke stelsel 5
Navorsing van Moderne stelsel 5
Navorsing van Moderne stelsel ontwerper 5
Vergelyking van skryfstelsels 5
Mindmap 5
TOTAAL 25

NASIEN KRITERIA VIR TEKEN KOMPONENT


Gebruik van materiale (hoe jy jou pen/potlood gebruik) 5
Gebruik van kleur 5
Kreatiwiteit en oorspronklikheid 5

Tegniese vaardighede 5
Effektiwiteit van simbolisme en verhaal 5
TOTAAL 25

You might also like