Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 2

Die jeug glo sterk in die uitleef van waardes.

Jy mag nie byt nie. Jy mag nie slaan nie. Maak skoon waar jy gemors het.
Huisreëls. Dis die rigsnoer vir wet en orde in ’n gesinsopset. Maar moet die
gesin nie eerder volgens ’n interne kompas funksioneer nie? Waardes, met
ander woorde, in plaas van ’n stel reëls?

Goeie dag my mede klasmaats en juffrou. Die bekende Romeinse staatsman en


filosoof, Cicero, het eeue gelede reeds verklaar: “Die staat se welsyn is geleë in
die karakter van sy burgers.” Later het die befaamde Emily Hobhouse gesê: “’n
Edele karakter vorm ’n groot nasie.”

Hierdie soort omvattende wyshede kan op ’n gesin van toepassing gemaak


word. ’n Gesonde en gelukkige gesin bestaan uit ouers en kinders wat empatie
kan betoon, wat mekaar in ag neem, vir mekaar omgee en vir mekaar sorg, en
dit alles sonder dat dié gedrag telkens in ’n stel huisreëls uitgespel hoef te word.

Wat is waardes?
Jou waardes bepaal in n groot mate hoe jy na die wereld kyk, jou karakter, jou
geloof, jou optrede en leefwyse. Wat jou motiveer om sekere dinge te doen of
nie te doen nii word bepaal deur die waarde wat jy daaraan heg. Jou waardes.

Interne waardes lê dieper as reëls. Kernwaardes is daardie diep oortuigings wat


vir ons kosbaar is, en van die grootste belang is. Hierdie waardes word ’n
leefwyse. Jou waardes word onder meer bepaal deur die waarde wat jy op
jouself plaas. Hoe hoër dié waarde, hoe groter is die kans dat jy goeie keuses sal
maak, want jy het baie om te verloor as jy die verkeerd een kies.
Om eties op te tree is nie altyd maklik nie. Vra jouself af, Wat sal die gevolge
van my optrede of besluit wees? En as ek die teenoorgestelde doen of besluit?
Vra dan as riglyn die volgende 3 vrae: Is dit vir my goed? Is dit vir ander of die
omgewing goed? Is dit op sigself goed of reg?

Om vir kinders waardes te leer, vra van ouers om duidelikhied oor hul eie
waardes en optrede te kry. Ouers moet weet wat die verskil tussen waardes en
wette of reel is: Hoewel daar duidelike ooreenkomste is, is daar ook belangrike
verskille.

Kinders rebelleer selder teen waardes , maar Meestal teen reels. Dis belangrik
dat sterk waardes en geloof reeds vroeg aangeleer moet word. Dis is krities
belangrik vanneer moelike besluite , veral onder groepsdruk, geneem moet
word. Dan het kinders die selfvertroue om op te tree volgens hul waardes ,
geloof en gewete en nie volgens wat maar die maklikste is nie. So daarom glo
die jeug baie sterk daaraan om jou waardes uit te leef.

Ek sluit af met die volgende slagspreek: Values are like fingerprints nobody’s
are the same but you leave them all over everything you do. Dankie.

You might also like