Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 28

2022 WERKBOEK | Graad LEWENSWETENSKAPPE

10

2022 VAKWERKBOEK
Graad 10

LEWENSWETENSKAPPE

‘n Gesamentlike inisiatief tussen die Wes-Kaapse Onderwysdepartement en die Universiteit Stellenbosch.


2022 WERKBOEK | Graad LEWENSWETENSKAPPE
10
UITSAAI-SESSIES

GRAAD 10 Lewenswetenskappe

GRAAD 12

Graad Datum Tyd Onderwerp

10 17/02/2022 16:00-17:00 Chemie van lewe

Ondersteuning en vervoer in
10 19/04/2022 16:00-17:00
plante

Geskiedenis van lewe op


10 12/10/2022 16:00-17:00
aarde

Bladsy
2
2022 WERKBOEK | Graad LEWENSWETENSKAPPE
10
SESSIE 1 | CHEMIE VAN LEWE

WAT U MOET WEET


Hersien die onderwerpe atome
en verbindings in grade 8 en 9
Natuurwetenskappe

Organiese molekule bestaan


uit koolstof(C), suurstof(O) en
waterstof (H) en sommige
bevat ander elemente soos
stikstof (N) en fosfor (P)

Selle bestaan uit proteïene,


koolhidrate, lipiede,
nukleïensure en vitamienes

Bladsy
3
2022 WERKBOEK | Graad LEWENSWETENSKAPPE
10
ANORGANIESE VERBINDINGS

Anorganiese verbindings bevat nie die element koolstof nie en word nie deur lewende organismes
vervaardig nie bv. water, gasse en minerale.

Water:
• Water is die belangrikste anorganiese verbinding wat noodsaaklik vir lewe is.
• Watermolekule bestaan uit een suurstof (1 O) gebind aan twee waterstofmolekule (2 H).
• Die formule vir water is H2O

Funksies van water:


• Water is ‘n oplosmiddel vir beide organiese en anorganiese verbindings.
• Dit is die medium waarin alle chemiese reaksies in lewende organismes plaasvind.
• Dit word benodig vir die vervoer van voedingstowwe en afvalstowwe in plante en diere.
• Water word benodig vir fotosintese.
• Dit help om die liggaamstemperatuur te reguleer aangesien die menslike liggaam water verloor
deur sweet.

Minerale:
• Minerale is anorganiese verbindings wat noodsaaklik is vir chemiese aktiwiteite in lewende
organismes.
• Plante absorbeer minerale uit die grond en mense en diere verkry minerale uit die voedsel wat
hulle eet.
• Minerale kan verdeel word in twee groepe nl. makro - elemente en mikro - elemente.
• Makro - elemente word in groot hoeveelhede benodig
• Mikro - elemente word in klein hoeveelhede benodig

• Nitrate en fosfate is minerale.


• Nitraatione is die hoofbron van die element stikstof (N) wat nodig is vir proteïensintese. Stikstof
word ook benodig vir die vorming van chlorofil in plante.
• By mense veroorsaak ‘n tekort aan stikstofbevattende proteïene ‘n gebreksiekte wat kwasjiorkor
(vertraagde groei) genoem word.
• In plante veroorsaak ‘n tekort aan nitraatione ‘n gebreksiekte wat chlorose genoem word.

Bladsy
4
2022 WERKBOEK | Graad LEWENSWETENSKAPPE
10
MINERALE

Makro- elemente

Element Funksie Gebreksiekte


Natrium ∙ Belangrik om waterbalans in die
(Na) liggaam te handhaaf
∙ Noodsaaklik vir funksionering van ∙ Spierkrampe in mense
senuwees en spiere

Kalium ∙ Swak hart en


(K) ∙ Noodsaaklik vir funksionering van spierfunksie in diere
senuwees en spiere ∙ Chlorose (blare word
∙ Nodig om plantensieme te aktiveer geel as gevolg van ‘n
tekort aan chlorofil) in
plante
Kalsium ∙ Nodig vir die vorming van bene en
(Ca) tande in diere
∙ Ragitis by mense
∙ Speel ‘n rol in bloedstolling
∙ Swak wortelgroei in
∙ Speel ‘n rol in die deurlantendheid
plante
van selmembrane

Fosfor ∙ Nodig vir die vorming van bene en


(P) tande in diere ∙ Ragitis by mense
∙ Komponent van selmembrane en ∙ Vertraagde groei in
nukleïensure plante

Mikro - elemente
Element Funksie Gebreksiekte
Yster ∙ Nodig vir die sintese van ∙ Anemie by mense
(Fe) hemoglobien ∙ Chlorose by plants
∙ Help met die vorming van chlorofil in
plante

Jodium ∙ Komponent van die hormoon ∙ Goiter (kropgeswel) by


(I) tiroksien, wat deur die tiroïedklier in mense
mense afgeskei word

Bladsy
5
2022 WERKBOEK | Graad LEWENSWETENSKAPPE
10
ORGANIESE VERBINDINGS

Organiese verbindings
• Koolhidrate is opgebou uit die elemente koolstof (C), waterstof (H) en suurstof (O).
• Die verhouding van waterstofatome tot suurstofatome is 2:1
• Koolhidrate is opgebou uit kleiner eenhede wat sakkariede genoem word.
• Koolhidrate word in drie groepe verdeel volgens die aantal sakkariede wat hulle besit:
• Monosakkariede (enkel suikers) bv. glukose, fruktose en galaktose
• Disakkariede (dubbel suikers) bv. maltose, sukrose en laktose. Disakkariede word gevorm wanneer
twee monosakkariede met mekaar verbind.
• Polisakkariede (veelvoudige suikers) bv. stysel, glikogeen en sellulose

Toets vir koolhidrate:


• Toets vir glukose: Benedict oplossing (‘n blou vloeistof) word gebruik om vir glukose te toets.

• Berei ‘n waterbad voor en verhit die water.


• Gooi 5cm3 Benedict-oplossing in ‘n proefbuis.
• Voeg ‘n paar druppels van die toetsoplossing bv. vrugtesap by die Benedict -oplosssing.
• Plaas die proefbuis in die waterbad en neem die kleurverandering waar na ‘n paar minute.
• ‘n Oranje-rooi kleurverandering in die proefbuis dui op ‘n hoë konsentrasie glukose teenwoordig

Bladsy
6
2022 WERKBOEK | Graad LEWENSWETENSKAPPE
10
ORGANIESE VERBINDINGS

• Toets vir stysel: Jodiumoplossing (‘n bruin vloeistof) word gebruik om te toets vir stysel.

• Plaas ‘n aartappel of stukkie brood in ‘n bakkie.


• Drup ‘n paar druppels jodiumoplossing op die geskilde aartappel.
• Die aartappel verkleur blou-swart in die aanwesigheid van jodiumoplossing.

Lipiede (vette en olies):


• Lipiede bevat koolstof (C), waterstof (H) en suurstof (O).
• Die verhouding van H tot O is groter as 2:1
• Voorbeelde van lipiede sluit in kookolies bv. sonneblomolie, botter en margarien.
• Een lipiedmolekuul bestaan uit een gliserol en drie vetsuurmolekule.

• Versadigde vette – het enkelbindings in die vetsuurketting en is hoofsaaklik van dierlike oorsprong.
Versadigde vette is hoofsaaklik vaste stowwe by kamertemperatuur bv. botter en kaas.
• Onversadigde vette – het een of meer dubbelbindings in die vetsuurketting en is hoofsaaklik van
plantaardige oorsprong. Onversadigde vette is vloeistowwe by kamertemperatuur bv. olyfolie,
canola-olie en sonneblomolie.

Bladsy
7
2022 WERKBOEK | Graad LEWENSWETENSKAPPE
10
ORGANIESE VERBINDINGS

Cholesterol en hartsiektes:
• Cholesterol is ‘n lipied en ‘n wit, wasagtige stof wat in die menslike liggaam aangetref word en deel
vorm van selmembrane.
• ‘n Oormatige inname van versadigde vette lei tot hoë cholesterolvlakke in die bloed.
• Hoë cholesterolvlakke veroorsaak vetaanpaksels in slagare, wat dit vernou.
• Dit meng in met die vervoer van bloed en kan tot ‘n hartaanval lei.

Toets vir vette:


• Maal die toetsmateriaal (bv. grondboontjies) fyn.
• Plaas ‘n klein hoeveelheid van die toetsmateriaal in ‘n proefbuis en voeg 5cm 3 eter of etanol by.
• Skud die proefbuis en laat dit staan vir ‘n paar minute.
• Filtreer die toetsoplossing en plaas ‘n paar druppels van die filtraat (vloeistof wat deur gefiltreer
het) op ‘n skoon filtreerpapier.
• Die eter of etanol sal verdamp en ‘n deurskynende vetkol sal op die filtreerpapier vorm.

Proteïene:
• Proteïene is groot molekule (polimere) en is opgebou uit die elemente koolstof(C), waterstof(H),
suurstof(O) en stikstof(N). Sommige proteïene bevat ook fosfor (P), swawel (S) en yster (Fe).
• Proteïene bestaan uit lang kettings aminosure wat die boustene (monomere) is van proteïene.
• Daar is omtrent 20 verskillende aminosure.
• Die volgorde en soort aminosure bepaal die tipe proteïen.
• Die binding wat tussen twee aminosure gevorm word, staan bekend as ‘n peptiedbinding.
• ‘n Dipeptied word gevorm wanneer twee aminosure verbind en ‘n tripeptied word gevorm as drie
aminosure verbind. ‘n Polipeptied is ‘n lang ketting aminosure wat met peptiedbindings verbind is.

• ‘n Proteïen bestaan uit ‘n ketting van ten minste 50 en meer aminosure.


• Proteïene is sensitief vir temperatuur en pH en sal denatureer (proteïen verloor sy vorm en kan nie
meer sy funksie verrig nie) by hoë temperature en uiterste pH- vlakke.

Bladsy
8
2022 WERKBOEK | Graad LEWENSWETENSKAPPE
10
ORGANIESE VERBINDINGS

Toets vir proteïene


• Toets vir proteïene: Die Biuret toets word gebruik om vir proteïene te toets.
• Maal die toetsmateriaal (boontjies) fyn en voeg ‘n bietjie water by.
• Kook die toetsmateriaal totdat dit ‘n dun sop vorm.
• Gooi ongeveer 5 cm3 van die sop in ‘n proefbuis en voeg ‘n paar druppels verdunde
kopersulfaatoplossing by die proefbuis
• Voeg 5 cm3 natriumhidroksiedoplossing by die mengsel.
• Skud die proefbuis en verhit die mengsel.
• ‘n Violet (pers) kleur dui op die aanwesigheid van proteïene.

Ensieme:
• Ensieme is proteïene.
• Ensieme is biologiese katalisators wat chemiese reaksies versnel sonder om self tydens die reaksie
opgebruik te word.
• Chemiese reaksies wat in lewende selle plaasvind staan bekend as metaboliese reaksies.
• Ensieme mag betrokke wees in twee tipes metaboliese reaksies nl. anaboliese en kataboliese
reaksies.
• Tydens ‘n anaboliese reaksie word komplekse molekule opgebou uit eenvoudige molekule.
• Tydens ‘n kataboliese reaksie word komplekse molekule afgebreek na eenvoudige molekule.
• Tydens die vertering van voedsel, word komplekse molekule afgebreek na eenvoudiger molekule.
Hierdie reaksies kan nie plaasvind sonder die hulp van ensieme nie.

Bladsy
9
2022 WERKBOEK | Graad LEWENSWETENSKAPPE
10
ORGANIESE VERBINDINGS

Slot-en-sleutelmodel van ensiemwerking:


• Die stof waarop die ensiem inwerk staan bekend as die substraat.
• Die stof wat tydens die reaksie gevorm word staan bekend as die produk.
• Ensieme is substraat-spesifiek nl. ‘n spesifieke ensiem kan slegs inwerk op ‘n spesifieke substraat
bv. die ensiem sukrase sal net op sukrose inwerk ens.
• Die substraat pas in op die aktiewe sentrum van die ensiem, soos ‘n sleutel in ‘n slot pas en ‘n
ensiem-substraat kompleks word gevorm.
• Die reaksie vind plaas en die substraat word die produk wat die ensiem verlaat.
• Die ensiem is nou vry om met ‘n volgende substraatmolekule te reageer.

Effek van temperatuur op ensiemaktiwiteit:


• Ensieme is sensitief vir veranderinge in temperatuur.
• Meeste ensieme is onaktief by lae temperature.
• Die temperatuur waarby ensieme die beste funksioneer word die optimumtemperatuur genoem
bv. 35 ºC - 40 ºC.
• ‘n Ensiem verloor sy vorm en funksie en denatureer by temperature bokant die
optimumtemperatuur.

Bladsy 10
2022 WERKBOEK | Graad LEWENSWETENSKAPPE
10
ORGANIESE VERBINDINGS

Effek van pH op ensiemaktiwiteit:


• Ensieme is sensitief vir veranderinge in pH.
• Elke ensiem het ‘n pH – grens waarbinne dit kan funksioneer. Dit staan bekend as die optimum pH.
• Ensieme denatureer by uiterste pH-vlakke.

Ensieme in die alledaagse lewe:


• Biologiese waspoeiers bevat ensieme bv. lipase en proteases wat vlekke kan opbreek.
• Die ensiem proteases breek proteïene af tot kleiner oplosbare molekule wat maklik deur reinigers
in waspoeier verwyder word.

Nukleïensure:
• Nukleïensure is opgebou uit die elemente koolstof(C), waterstof (H), suurstof (O), stikstof (N) en
fosfor (P).
• Daar is twee tipes nukleïensure nl. DNS/DNA (deoksiribonukleïensuur) en RNS/RNA
(ribonukleïensuur)
• DNS/DNA word in die selkern (nukleus) van ‘n sel aangetref en dra die erflikheidseienskappe.
• RNS/RNA word in die selkern (nukleus) en sitoplasma van ‘n sel aangetref en speel ‘n rol in
proteïensintese.

Vitamiene:
• Vitamiene is organiese verbindings en word in klein hoeveelhede deur diere benodig.
• Vitamiene is nodig vir normale metabolisme, groei en ontwikkeling van die menslike liggaam.

Bladsy 11
2022 WERKBOEK | Graad LEWENSWETENSKAPPE
10
SESSIE 2| ONDERSTEUNING EN VERVOER IN PLANTE

Hersien plantweefsels, blaarstruktuur en die bou van ‘n dikotiele wortel


en stingel in graad 10.

WAT U MOET WEET

Bladsy
12
2022 WERKBOEK | Graad LEWENSWETENSKAPPE
10
ONDERSTEUNING EN VERVOER IN PLANTE

Transpirasie:
• Transpirasie is die verlies van waterdamp deur die lugdele/bogrondse dele van die plant,
hoofsaaklik deur die huidmondjies/ stomata.

Verwantskap tussen waterverlies en die struktuur van ‘n blaar:


• Hoe kleiner die blare, hoe kleiner die oppervlakarea vir verdamping
• Dorings en hare op ‘n blaar beperk transpirasie
• Blare met huidmondjies/stomata hoofsaaklik aan die onderkant van die blaar of blare met
ingesinkte huidmondjies/stomata sal transpirasie beperk

Eksterne faktore wat transpirasie beïnvloed:


• Hoë temperature sal tot ‘n toename in die transpirasietempo lei
• Hoër ligintensiteit sal tot ‘n toename in die transpirasietempo lei
• Hoë humiditeit sal tot ‘n afname in die transpirasietempo lei
• Wind sal tot ‘n toename in die transpirasietempo lei.

Opname van water en mineraalsoute deur die wortel:


• Die waterpotensiaal van die grondwater is hoër (bevat minder opgeloste stowwe) as die
waterpotensiaal van die selsap in die vakuole van die wortelhare
• Watermolekules beweeg deur osmose deur die deurlaatbare selwand, deur die selektief
deurlaatbare selmembraan, sitoplasma en selektief deurlaatbare tonoplast tot binne in die vakuool
van die wortelhaar.
• Die vakuool swel en dit verhoog die druk binne-in die wortelhaar. Die druk wat binne die vakuool
opbou, word turgordruk genoem.

Bladsy 13
2022 WERKBOEK | Graad LEWENSWETENSKAPPE
10
ONDERSTEUNING EN VERVOER IN PLANTE

Beweging van water vanaf die wortelhaar tot by die xileem van die wortel:
• Die waterpotensiaal in die wortelhaar is nou hoër as dié in die aangrensende parenchiemselle in
die korteks van die wortel.
• Water beweeg nou op twee maniere na die xileem van die wortel:
• Die hoofroete van waterbeweging is van sel tot sel deur osmose -dit is ‘n stadige proses
• Water kan ook met die selwande en intersellulêre lugruimtes tussen die selle deur middel van
diffusie beweeg – dit is ‘n vinniger proses
• Wanneer water die endodermis met bande van Caspary bereik, word waterbeweging deur die
selwande van hierdie selle gestuit. Water kan nou slegs deur die deurlaatselle van die endodermis
deur die perisikel tot by die wortelxileem beweeg.

Opwaartse beweging van water deur die wortelxileem tot by die blare van die plant
• Hersien die dwarssnit van die blaar in les 1.
• Die drie kragte betrokke by die opwaartse beweging van water in ‘n plant is: kapillariteit,
worteldruk en die suigkrag van transpirasie. Die suigkrag van transpirasie is die hoofkrag
verantwoordelik vir die opwaartse beweging van water in ‘n plant.
• Die waterpotensiaal in die intersellulêre ruimtes van die mesofilselle neem af namate water as
waterdamp deur die stomata verlore gaan.
• Watermolekules diffundeer deur die selwande van die mesofilselle tot binne in die intersellulêre
ruimtes.
• Die waterpotensiaal van die mesofilselwande is nou laer as dié van die selsap in die mesofilselle.
• ‘n Waterpotensiaal-gradiënt ontstaan wat strek tot by die xileem van die blaar
• Druk bou op en ‘n suigkrag ontstaan bo by die xileem van die stingel en water word opwaarts
getrek vanaf die xileem van die wortel. Water beweeg opwaarts in die stingel as ‘n aaneenlopende
kolom.
• Sodoende, word die water wat deur transpirasie in die blare verlore gaan, vervang deur water wat
vanaf die grond deur die wortelhaar opgeneem word.

Die translokasie van vervaardigde voedsel vanuit die blare na ander dele van die plant:
• Translokasie verwys na die beweging van stowwe bv. suikers (sukrose) wat tydens fotosintese in
die blaar geproduseer word na ander dele van die plant. Hierdie organiese stowwe word deur die
floeëm, vanaf die blaar na die stingel en wortel vervoer.

Bladsy 14
2022 WERKBOEK | Graad LEWENSWETENSKAPPE
10
SESSIE 3| GESKIEDENIS VAN LEWE OP AARDE

Veranderinge in die samestelling van die atmosfeer:


• Met die ontstaan van die aarde was suurstofvlakke in die atmosfeer baie laag
• Fossielrekords toon dat die eerste lewende organismes nl. bakterieë (prokariote) anaërobies was
d.w.s. hulle het nie suurstof nodig gehad om te oorleef nie.
• Blougroen bakterieë het ontstaan wat koolstofdioksied in die atmosfeer gebuik en suurstof
vrygestel het, hulle kon dus hul eie voedsel deur fotosintese produseer.
• Die suurstofvlakke in die atmosfeer het begin toeneem en aërobiese organismes het ontstaan.
• Die toename in suurstofvlakke het tot ‘n toename in die verskeidenheid lewende organismes op
aarde gelei.

Verandering in die klimaat bv. ystydperke:


• ‘n Ystydperk is lang geologiese tydperke van drastiese temperatuurverlaging van die aardoppervlak
en atmosfeer
• Baie spesies het uitgesterf en sommige het migreer na warmer areas op aarde.
• As gevolg van ysvorming het die seevlak verlaag en meer land beskikbaar gemaak
• Ystydperke het dus lewe op aarde beïnvloed deur uitsterwing en herverspreiding van spesies.

Geologiese gebeurtenisse:
• Die teorie van kontinentale drywing stel voor dat die aarde se kontinente beweeg het en steeds
stadig beweeg.
• Omtrent 250 miljoen jaar gelede was al die kontinente versmelt om een reusekontinent nl.
Pangaea te vorm
• Pangaea het in twee superkontinente opgebreek nl. Laurasië in die noorde en Gondwanaland in
die suide
• Hierdie twee superkontinente het uiteindelik verder opgebreek tot die kontinente soos ons dit
vandag ken.
• Die klimaat en habitatte het ook verander as gevolg van kontinentale drywing.
• ‘n Groot aantal lewensvorme het uitgesterf.
• Deur biogeografie (die studie van die verspreiding van hedendaagse en uitgestorwe lewende
organismes) is bewyse gevind dat die kontinente voorheen versmelt was. Naverwante spesies wat
op verskillende kontinente voorkom, het waarskynlik ‘n gemeenskaplike voorouer gehad bv.
loopvoëls soos die volstruis en emoe.

Bladsy 15
2022 WERKBOEK | Graad LEWENSWETENSKAPPE
10
GESKIEDENIS VAN LEWE OP AARDE

Bestudeer die diagramme hieronder wat die beweging van die kontinente aantoon

Die geologiese tydskaal:


• Wetenskaplikes skat die aarde se ouderdom op ongeveer 4,6 biljoen jaar.
• Geoloë verdeel die geskiedenis van die aarde in geologiese tydperke.
• Die doel van ‘n geologiese tydskaal is om ‘n tydlyn van lewe op aarde , vanaf die ontstaan van die
aarde, voor te stel.
• Die geologiese tydskaal verdeel die aarde se geskiedenis in drie eras nl. Paleosoïkum, Mesosoïkum
en Senosoïkum eras.
• Elk van die drie eras word verdeel in periodes (jy hoef nie die name van die periodes te memoriseer
nie)
• Die typerk wat die Paleosoïkum era voorafgaan staan bekend as die Pre-Kambrium.

Bladsy 16
2022 WERKBOEK | Graad LEWENSWETENSKAPPE
10
GESKIEDENIS VAN LEWE OP AARDE

ERA PERIODE MILJOENE JARE GELEDE PLANTE EN DIERE


(mya)
Senosoïkum Kwaternêr 2 ∙ Moderne mense
∙ Moderne soogdierspesies
evolueer
∙ Uitsterwing van groot
soogdiere bv. mammoete
Tersiêr 65 ∙ Voëls, soogdiere en insekte
∙ Primate (ape)
Kryt 140-65 • Uitsterwing van dinosourusse
• Blomplante versprei

Juras 190-140 ∙ Dinosourusse dominant


Mesosoïkum ∙ Eerste voëls evolueer
Trias 250-190 ∙ Eerste dinosourusse
∙ Eerste soogdiere
∙ Gimnosperme is dominante
plante
Perm 280-250 ∙ Toename in reptiele
∙ Gimnosperme
Karboon 345-280 ∙ Toename in amfibieë
∙ Eerste reptiele
∙ Varings dominant
Devoon 400-345 ∙ Eerste insekte
∙ Eerste amfibieë
Paleosoïkum
Siluur 435-400 ∙ Eerste plante en diere op land
∙ Mosse
Ordovisium 515-435 ∙ Alge dominant
Kambrium 570-515 ∙ Ontploffing van meeste
plantgroepe
∙ Eerste gewerweldes
∙ Ongewerweldes
∙ Eukariote
Pre Kambrium 4600-570 ∙ Prokariote
∙ Eerste ongewerweldes

Kambriese ontploffing:
• Die vroeë vorme van die meeste diergroepe het in die Kambriese tydperk te voorskyn gekom.
• ‘Kambriese ontploffing’ verwys na die verskeidenheid van lewensvorme wat in ‘n relatiewe kort
tyd verskyn het.
Massa uitsterwings:
• ‘n Massa uitsterwing vind plaas wanneer ‘n groot aantal spesies in dieselfde typerk uitsterf.
• Daar het vyf massa uitsterwings plaasgevind deur die geskiedenis waarvan twee besonder
belangrik is nl. Die uitsterwing van 90% van alle lewe op aarde (250mjg) en die uitsterwing van baie
spesies insluitende die dinosourusse (65 mjg)
• Die huidige tydperk is al die sesde uitsterwing genoem as gevolg van die negatiewe impak van
mense op die omgewing.

Bladsy 17
2022 WERKBOEK | Graad LEWENSWETENSKAPPE
10
GESKIEDENIS VAN LEWE OP AARDE

Fossielvorming en metodes van datering:


• ‘n Fossiel is ‘n volledige organisme of oorblyfsels, afdrukke of spore van ‘n organisme wat
gewoonlik in gesteentes gepreserveer is.
• Fossiele kom gewoonlik in sedimentêre gesteentes voor.
• Sedimentêre gesteente word gevorm wanneer klei en sanddeeltjies deur wind of water van een
plek na ‘n ander vervoer word.
• Oor duisende jare hoop hierdie sediment op, verhard en vorm dan sedimentêre gesteente.
• Fossiele word ook gevind in hars, ys en vulkaniese lawa.

Ideale toestande vir fossielvorming (fossilering):


• Die organisme moet na sy dood vining begrawe word.
• Die toestande in die sediment moet suur wees en geen suurstof bevat nie.
• Die organisme moet harde dele besit bv. eksoskelet, skulp, tande ens.

Die vorming van fossiele in sedimentêre gesteentes:


• Die plant of dier sterf en word vining met sediment bedek
• Sagte weefsels ontbind deur middel van bakterieë en mikro-organismes.
• Harde liggaamsdele bly behoue en die organiese material verhard of word vervang met minerale.
• Meer sedimentlae bedek die dooie dier of plant.
• Sediment verhard en die lae word saamgepers en vorm sedimentêre gesteentes.
Datering van fossiele:
• Die ouderdom van fossiele kan bepaal word deur twee metodes nl. radiometriese datering en
relatiewe datering.
Radiometriese datering:
• Hierdie tipe datering gebruik verskillende instrumente om die radioaktiewe elemente bv. uraan,
koolstof ens. in fossiele of gesteentes te meet.
• Hoe meer die radioaktiewe element in ‘n fossiel verval (afgebreek) het, hoe ouer is die fossiel.
• Vir fossiele ouer as 50 000 jaar word die ouderdom van die gesteente waarin die fossiel voorkom,
bepaal.
• Koolstof 14 datering word gebruik om die ouderdom van fossiele wat jonger as 50 000 jaar is, te
bepaal.
Relatiewe datering:
• Soos sediment op mekaar neergelê word, sal die oudste gesteentes onder die boonste lae wees.
• Ouer fossiele sal diep onder in sedimentêre lae voorkom en jonger fossiele sal in lae nader na die
aardoppervlak voorkom.

Bladsy 18
2022 WERKBOEK | Graad LEWENSWETENSKAPPE
10
VRAE EN ANTWOORDE (CHEMIE VAN LEWE)

1.1 Die volgende inligting is verkry vanaf ‘n houer babapap . Gebruik die onderstaande
tabel
en beantwoord die vrae wat volg.
Voedingstof Per 450g Per porsie Aanbevole daaglike
(50g) hoeveelheid (RDA)

Vitamien C 144 mg 16 mg 36 mg
Vitamien B1 2,7 mg 0,3 mg 0,4 mg
Vitamien B2 1,44 mg 0,16 mg 0,8 mg
Niasien (vitamin B7) 19,8 mg 2,2 mg 10 mg
Kalsium 2160 mg 240mg 560 mg
Yster 27 mg 3 mg 12 mg
Energie 3150 kJ 350 kJ 3556 kJ

1.1.1 Gee die hoeveelheid porsies babapap wat ‘n baba moet eet om die aanbevole
daaglikse
hoeveelheid vitamien B2 (RDA) in te kry?
(1)

1.1.2 Noem die gebreksiekte wat veroorsaak word deur ‘n gebrek aan Vitamien C.
(1)
1.1.3 Bereken die totale hoeveelheid Vitamien B wat per dag ingeneem moet word. Toon al
jou berekeninge.
(2)

1.1.4 Verduidelik waarom ‘n 18-jarige seun twee keer meer yster nodig het in
vergelyking met ‘n baba.
(2)

Antwoorde:
1.1.1 5✔
1.1.2 Skeurbuik✔
1.1.3 0,4mg + 0,8mg + 10 mg ✔= 11,2mg✔
1.1.4 Yster is nodig vir die vorming van hemoglobien✔ om meer suurstof aan selle te
verskaf vir selrespirasie ✔

Bladsy 19
2022 WERKBOEK | Graad LEWENSWETENSKAPPE
10
VRAE EN ANTWOORDE (CHEMIE VAN LEWE)

1.2 Die grafiek hieronder toon die afbreek van voedsel deur ‘n ensiem by verskillende

temperature.

1.2.1 By watter temperatuur werk hierdie ensiem die beste?


(1)
1.2.2 Watter massa voedsel word by 25ºC afgebreek?
(1)
1.2.3 Verduidelik die vorm van die grafiek tussen 5ºC tot 35ºC.
(3)
1.2.4 Wat stel die inligting in die grafiek voor in verband met die hoeveelheid voedsel
wat afgebreek kan word by 65ºC? Verduidelik jou antwoord.
(3)

Antwoorde:

1.2.1 35ºC✔
1.2.2 15mg✔
1.2.3 Ensiemaktiwiteit is stadiger by laer temperatuur✔
As die temperatuur styg neem ensiemaktiwiteit ook toe✔
Maksimum ensiemaktiwiteit by optimum temperatuur✔/ 35º C
/liggaamstemperatuur
1.2.4 Geen voedsel word afgebreek nie ✔
Omdat ensieme denatureer✔ by hierdie temperatuur en kan dus nie funksioneer
nie✔

Bladsy 20
2022 WERKBOEK | Graad LEWENSWETENSKAPPE
10
VRAE EN ANTWOORDE (CHEMIE VAN LEWE)

1.3 Die diagram hieronder toon die apparat wat gebruik word in verskeie organiese

voedseltoetse.

1.3.1 Noem die voedingstowwe waarvoor getoets is in die volgende eksperimente:

(a) A
(1)
(b) B
(1)
(c) C
(1)
(d) D
(1)

1.3.2 Identifiseer die chemikalieë:


(a) 1
(1)
(b) 2
(1)
(c) 3
(1)

1.3.3 Noem die kleurverandering wat tydens ‘n positiewe reaksie in elk van die proefbuise in
die eksperimente hieronder genomer, gebruik is.
(a) B
(1)
(b) C
(1)
(c) D
(1)

Bladsy 21
1.3.4 Watter verbinding (A, B of C)…
2022 WERKBOEK | Graad LEWENSWETENSKAPPE
10
VRAE EN ANTWOORDE (CHEMIE VAN LEWE)

Antwoorde:
1.3.1 (a) Vette/lipiede✔
(b) Glukose✔
(c) Proteïene✔
(d) Stysel✔

1.3.2 (a) Etanol✔


(b) Kopersulfaat✔
(c) NaOH✔ (natriumhidroksied)

1.3.3 (a) oranjerooi✔


(b) Violet✔
(c) Blouswart✔

1.3.4 (a) B✔
(b) C✔

Bladsy 22
2022 WERKBOEK | Graad LEWENSWETENSKAPPE
10
VRAE EN ANTWOORDE (VERVOER IN PLANTE)

2.1 Die diagram hieronder toon die vloei van water deur ‘n water.

2.1.1 Gee die LETTER van die deel wat die endodermis verteenwoordig.
(1)
2.1.2 Noem DRIE kragte verantwoordelik vir die opwaartse beweging van water deur
die weefsel genommer D.
(3)

2.1.3 Noem TWEE strukturele aanpassings van die wortelhaar vir die funksie van
waterabsorpsie.
(2)

2.1.4 Gee DRIE strukturele aanpassings van die weefsel genommer D.


(3)

Antwoorde:
2.1.1 C✔
2.1.2 Kapillariteit✔, Worteldruk✔ Suigkrag van transpirasie✔.
2.1.3 Vingeragtige uitgroeisels van die epidermis✔
Dun selwand en selmembraan✔
Groot vakuool✔

2.1.4 Houtvate en trageïede is dooie verlengde selle ✔


Selwande is versterk met lignien✔/dik selwande
Selwande is geperforeer✔/baie stippels

Bladsy 23
2022 WERKBOEK | Graad LEWENSWETENSKAPPE
10
VRAE EN ANTWOORDE (VERVOER IN PLANTE)

2.2 ‘n Graad 10 leerder ondersoek die invloed van verskillende omgewingstoestande op


die
tempo van transpirasie.
Die diagramme hieronder illustreer die verskillende omgewingstoestande.

Die resultate van die ondersoek word in die onderstaande tabel getoon:
Diagram Waterverlies (ml/min/m2)
A 2,06
B 10,36
C 10,36

2.2.1 Identifiseer die omgewingstoestand wat deur die volgende geïllustreer word:
(a) Diagram A
(1)
(b) Diagram B
(1)
(c) Diagram C
(1)

2.2.2 Identifiseer die afhanklike veranderlike in hierdie ondersoek.


(1)
2.2.3 Identifiseer die onafhanklike veranderlike in hierdie ondersoek.
(1)
2.2.4 Verduidelik die resultate wat in diagram A en B verkry is.
(6)

Antwoorde:
2.2.1 (a) Hoë humiditeit✔
(b) Wind✔
(c) Ligintensiteit✔

2.2.2 Tempo van transpirasie✔


2.2.3 Omgewingstoestand✔
2.2.4 A – Hoë humiditeit veroorsaak dat die diffusiegradiënt tussen die intersellulêre
lugruimtes in die blaar en die atmosfeer minder steil word. ✔.
Diffusie vind stadiger plaas✔en die tempo van transpirasie neem af✔.

B – Beweging van lug (wind) verwyder die opgehoopte waterdamp buite die blaar✔.
Die diffusiegradiënt word steiler✔ en die transpirasietempo neem toe✔
Bladsy 24
2022 WERKBOEK | Graad LEWENSWETENSKAPPE
10
VRAE EN ANTWOORDE (VERVOER IN PLANTE)

2.3 Die tabel hieronder toon die tempo van waterabsorpsie deur wortels en die tempo
van
transpirasie deur blare.
Tyd A B
Tempo van wateraborpsie Tempo van transpirasie
(ml per uur) (ml per uur)
06:00 1,5 0,5
08:00 1,5 2,0
10:00 3,2 4,5
12:00 4,5 6,0
14:00 5,7 7,4
16:00 7,6 9,3
18:00 8,0 5,5

2.3.1 Teken TWEE lyngrafieke op dieselfde assestelsel om die resultate te illustreer.


(6)

2.3.2 Deur die inligting in die tabel te gebruik, dui die tyd aan wanneer die son opkom.
Gee ‘n rede vir jou antwoord.
(3)

06:00✔- Die tempo van transpirasie begin om 06h00 wat aandui dat die stomata oop
is✔
en dit gebeur in die aanwesigheid van lig✔

Bladsy 25
2022 WERKBOEK | Graad LEWENSWETENSKAPPE
10
VRAE EN ANTWOORDE (GESKIEDENIS VAN LEWE OP AARDE)

3.1 Die grafiek hieronder toon die hoof-uitwissingsgebeurtenisse.

3.1.1 Wanneer het die Senosoïkum – tydperk begin?


(2)
3.1.2 Watter massa-uitwissing het aan die einde van die Paleosoïkum-tydperk plaasgevind?
(1)
3.1.3 Ongeveer hoeveel families van spesies het aan die einde van die Paleosoïkum-tydperk
uitgesterf? Toon al jou berekeninge.
(2)
3.1.4 Verduidelik waarom die getal families van organismes na elke massa-uitwissing vinnig
toegeneem het.
(4)

Antwoorde:
3.1.1 55 -60 ✔ miljoen jaar gelede/mjg
3.1.2 Permiese ✔
3.1.3 400 – 200 ✔ = 200 ✔
3.1.4 Die uitsterwing van groot families het tot gevolg dat leë nisse ✔ beskikbaar is wat
gevul kan
word deur oorlewende spesies ✔. Hierdie spesies is die beste in staat om in die nuwe
nisse
te oorleef ✔ en vorm nuwe spesies ✔.

Bladsy 26
2022 WERKBOEK | Graad LEWENSWETENSKAPPE
10
VRAE EN ANTWOORDE (GESKIEDENIS VAN LEWE OP AARDE)

3.2 Die tabel hieronder toon die verval van koolstof-14 oor tyd.

VERVAL VAN KOOLSTOF -14

Jare (mjg) van


0 5730 11 460 17 190 22 920 X 34 380 40 110
nou af

Getal
halflewens wat 0 1 2 3 4 5 6 7
verval het

Persentasie van
oorspronklike
100 50 25 12,5 6,25 Z 1,56 0,78
koolstof-14 wat
oorbly

3.2.1 Noem TWEE tipes metodes wat gebruik word om die ouderdom van fossiele te bepaal.
(2)
3.2.2 Bereken die waarde van:
(a) X

(1)
(b) Z

(1)
3.2.3 Verduidelik waarom dit nie moontlik is om die ouderdom van ‘n fossiel wat 80 miljoen
jaar
gelede geleef het, te bepaal deur die gebruik van die verval koolstof-14 nie.
(2)

Antwoorde:
3.2.1 Radiometriese datering✔
Relatiewe datering✔

3.2.2 (a) X = 28 650 mjg✔


(b) Z = 3,13%✔
3.2.3 Na 60 miljoen jaar✔is daar nie meer koolstof-14 oor✔in die fossiel nie.

Bladsy 27
2022 WERKBOEK | Graad LEWENSWETENSKAPPE
10
SKAKEL EN QR-KODE

ONDERWERP SKAKEL QR-KODE

Geskiedenis van lewe op aarde https://youtu.be/4RGKQoHmHG0

Bladsy
28

You might also like