Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 6

Leereenheid 1: Die klaskamer

Christelike begronding van klaskamerbestuur


Dis belangrik dat die onderwyser 'n gelowige kind van die Here sal wees met Christelike
waardes en norme, anders sal hy/sy nie suksesvol die klas kan bestuur nie en ook nie
suksesvol in hul beroep wees nie.
Die Christen-onderwyser se waardes word gegrond op die Bybel as die onfeilbare Woord
van God.

Mattheus 18:6

"Maar elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is vir hom beter dat
'n meulsteen aan sy nek gehang word en hy wegsink in die diepte van die see."

Die suksesvolle onderwyser


Liefde: Is ek lief vir mense?
Vreugde: Straal ek onblusbare vreugde uit, ongeag omstandighede?
Geduld: Is ek lankmoedig wanneer ek leerders ontwikkel of vir 'n doelwit
werk?
Vriendelikheid: Is ek sorgsaam en vol begrip teenoor almal wat my pad kruis?
Goedhartigheid: Dra ek ander mense en leerders se beste belange op die
hart?
Getrouheid: Hou ek by my verbintenisse teenoor die onderwyser, die skool
en leerders.
Nederigheid: Moet ek altyd my mag laat geld, of kan ek streng sowel as sag
wees?
Selfbeheersing: Lê ek die nodige dissipline aan die dag om te kan vordering
maak met my doelstellings?
Die rasionaal van klaskamerbestuur
Jy as onderwysers moet 'n bepaalde toestand skep sodat doeltreffende
onderrig van leer kan plaasvind.
Dit is belangrik dat jy toegerus word met kennis en vaardighede rondom
klaskamerbestuur sodat effektiewe en gehalte onderrig in jou klas kan
plaasvind.
Jy moet besef dat jou klas as ruimte moet funksioneer waar God gedien
moet word.
Jy moet ontwikke tot 'n suksesvolle klaskamerbestuurder wat sal weet hoe
om jou kla doeltreffend te bestuur.
Die mens is as bestuurder van God se skepping aangestel en die klas is deel
van hierdie skepping en daarom moet dit behoorlik bestuur word as God se
skepping.
Die onderwyser is as gesagsdraer verantwoordelik vir die suksesvolle en
ordelike verloop van die onderrig en leerhandelinge in die klaskamer.
Hoërskool en laerskool onderrig verskil van mekaar maar tog bly
sekere beginsels om suksesvol te wees dieselfde.

Vereistes aan jou as onderwyser gestel


Daar moet ‘n vertrouensverhouding tussen onderwyser
en leerders wees.
Die onderwyser moet oor sekere persoonlikheidskenmerke beskik soos: regte
leierskapstyl; lojaliteit; regverdig wees; positiewe gesindheid teenoor die
lewe; eerlikheid; vriendelikheid;
Ken u vak en bied die vak goed aan.
Ken jou leerders. Weet wat is hulle potensiaal en tekortkominge.
Skep ‘n klimaat in jou klas wat onderrig en leer bevorder.
Onderwyser moet kennis hê van klaskamerbestuur en dit effektief kan
toepas.
Faktore wat onderrig situasie beinvloed
Eksterne faktore: (buite die skool)

• Aard van die gemeenskap waarin skool is;

• onderwyswetgewing;

• professionele organisasies waaraan onderwysers behoort stel

gedragskodes vir onderwysers voor;

• die skool se organisasiestruktuur bv. Skoolklimaat of die hoof se

bestuurstyl.

Interne faktore: (binne die klaskamersituasie)

• Verhouding tussen onderwyser en klasgroep.

• Persoonlikheid van onderwyser.

• Aard van leerders.

• Vakinhoud van die les.


Die komponente van die klaskamer
Waar hierdie vyf komponente gelyktydig aanwesig is, ontstaan daar ‘n
opvoedkundige situasie waar leerstof oorgedra word aan leerders, en vir hulle
ontsluit word deur die onderwyser terwyl die leerders op hulle beurt die
leerinhoud opneem en in die proses gevorm, toegerus en bekwaam raak word
met die oog op die bereiking van ‘n suksesvolle volwassene wat sy / haar plek in
die samelewing kan volstaan en ‘n verantwoordelike landsburger word wat ‘n
positiewe rol in die samelewing vertolk.

LEERDOEL:

• Altyd op doel of eindpunt gerig; wat kind moet leer; die resultaat waarna
gestrewe word.

LEERINHOUD:

• Dit is die kennisfeite wat aan die leerder oorgedra moet word ten einde die
leerdoel te bereik .

ONDERWYSER: (Belangrikste komponent)

• Dit is die persoon wat moet opvoed en onderrig en die aktiwiteite wat hiermee
gepaard gaan moet nou ook bestuur word.

LEERDER/LEERLING:

• Kind oppad na volwassenheid en onderwyser se rol in kind se lewe. Dit is die


persoon wat moet leer.

ONDERRIG-LEERHANDELINGE:

• Dit is aktiwiteite wat deur die onderwyser en leerder uitgevoer word om die
leerdoel te bereik.

Hoe skep ek 'n positiewe klaskameratmosfeer


Glimlag soveel as jy kan.
Beweeg deur jou klaskamer.
Dink aan jou liggaamshouding.
Luister wat jou leerders sê.
Vertel ‘n soortlyke persoonlike storie oor
jouself.
Sê elke dag iets moois vir ‘n leerder.
Help hulle om konflikte te kan oplos.
Noem die leerders op hul name.

Hoe lyk die suksesvolle klaskamersituasie


Leerders reageer op dit wat jy klas toe bring. Is jy op tyd? Is jy passievol?

Is die leerders lief vir jou? ens.

• Klaskamer moet veilig wees vir leerder.

• Klaskamer moet aantreklik wees vir leerders en moet hulle motiveer om te leer.

• Klaskamer moet kind vriendelik wees.

• Klaskamer moet goed georganiseerd wees.

• Klaskamer moet skoon en netjies wees.

• Leerders moet tuis en welkom voel in my klas.

• Klas moet kleurvol en vir leerders interessant wees.

You might also like