Bye Handleiding

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 10

Die werking van ’n byekolonie

Die gevare wat bye bedreig

Kommunikasie tussen bye Produsente in die groentesaad- en vrugtebedryf is uiters


afhanklik van die bestuiwingsrol wat bye speel.
Bestuiwing & Byekorwe Menige groentesaadkwekers het al frustrasie ervaar wan-
neer die noodsaaklike afrondingswerk, bestuiwing, op ’n
saadaanplanting moet plaasvind en die bye om een of
ander rede swak of glad nie werk nie.
Die teenoorgestelde is egter ook waar.
Dit is sekerlik die beste deel van die saadkweeksiklus om
in bestuiwingstyd in aanplantings te stap waar bye goed
werk.
Dan weet jy dat saadopbrengste ook goed gaan wees.
Om die rol van heuningbye as bestuiwers te verstaan
is dit belangrik om ook te weet hoe ’n swerm bye funk-
sioneer en wat werklik in die korf plaasvind.
In hierdie handleiding word ’n oorsig gegee oor die be-
langrikste aspekte wat saadkwekers kan help om die won-
derwêreld van bye te verstaan, hoe om hierdie besondere
insekte te benut om saadgewasse meer winsgewend te
maak, en ook om te help om hierdie uiters belangrike
natuurlike hulpbron te beskerm.

KLEIN KAROO
SAADPRODUKSIE (EDMS) BPK
Posbus 241
Oudtshoorn
6620
Tel: 044 203 5259
e-pos: pburger@kleinkaroo.com
www.seedproduction.co.za

Teks: Pieter Burger, Bedryfsbestuurder,


KLEIN KAROO SAADPRODUKSIE (Edms) Bpk
Kopiereg van teks voorbehou
Ontwerp en uitleg: Karen du Plessis
enige ander jong koninginne dood. Die
koningin is uiters effektief as dit kom
by eiers lê. ’n Korf bestaan uit tussen 10
000 tot 60 000 bye en die ouer bye wat
afsterf moet deurlopend met jonger bye
vervang word.
In ’n korf van sowat 28 000 bye sal
ongeveer 7 800 veldbye wees. Dit is bye
wat nektar, stuifmeel, water en propolis
(byegom) versamel.
te voed totdat dit ’n papie raak. Die Die koningin lê twee soorte eiers. Haar
volwasse koningingby broei op die bevrugte eiers lewer koninginne en
sestiende dag uit. Sy bring die eerste werkers op en haar onbevrugte eiers
paar dae in die korf deur. Sy sal op die bring hommels te voorskyn. Die koning-
tweede of derde dag naby die korf ’n ing lê ongeveer 2 000 eiers per dag.
paar draaie vlieg.
Die jong koninging is gereed vir Die Hommels
paring tussen die vyfde en negende Die selle waarin die hommels uitbroei
dag. Paring vind op die warmste tyd is groter as die ander selle en kom ge-
van die dag plaas. Op haar paringsvlug woonlik aan die onderkant van die raam
Die Koningin word die koningin agtervolg deur die voor. Andersins as die koningin broei
Die familielewe in die korf van heuning- hommels. Die sterkste hommel kry die die hommels eers op die 24ste dag uit.
bye sentreer rondom die belangrikste geleentheid om te paar, maar weens Hulle bring die eerste vyf tot ses dae in
lid, die koningin. Die eier wat bestem sy voortvarendheid sterf hy dadelik ná die korf deur waarna hulle op oriënta-
is om ’n koningin te word, word in ’n paring. Die koningin paar meestal meer sievlugte gaan.
spesiale sel gelê. Hierdie sel word kuns- as een keer op hierdie vlug; dus kry die Hommels is seksueel volwasse vanaf
tig gebou en lyk by voltooiing soos ‘n tweede en moontlik die derde sterkste 12 tot 14 dae nadat hulle uitgebroei
grondboontjiedop. hommel ook ’n kans. het. Die hommels word deur die werk-
Dié spesiale eier neem drie dae om Ná hierdie enkele paringsvlug keer die ers bederf, maar hul enigste funksie is
uit te broei. Die larwe word tot op die koningin na die nes terug. Nou is sy in paring. Hommels het buitengewone
agtste dag met ’n proteïenryke voed- staat om etlike duisende eiers oor ‘n tyd- groot oë en lang voelhorings wat hulle
ing gevoer. Daarna word die sel geseël perk van twee tot drie jaar te lê. Sy word gedurende paringsvlugte gebruik om
met genoeg kos binne-in om die larwe die nuwe koningin van die nes en maak die koningin op te spoor.
Onder: ’n Cerana-koningin omring deur werkerbye

Saamgestel deur KLEIN KAROO SAADPRODUKSIE (Edms) Bpk, Oudtshoorn. Tel: 044 203 5259 Bladsy 1
Hommels is korter as die koningin, maar
swaarder gebou. Hulle het nie angels
nie en is nie permanente lede van die
korf nie. Dié wat nie ‘gelukkig’ genoeg is
om met die koningin te paar en dood te
gaan nie, word nie noodwendig verder
versorg nie, behalwe as daar genoeg
kos in die korf is. Indien daar egter nie
genoeg kos beskikbaar is nie, word die
hommels nie verder versorg nie en vrek
dus van die honger.

Die Werkers
Die werkers is wyfies, soos die koningin,
maar hulle is steriel omdat hulle anders
grootgemaak word. Die selle waarin hul
eiers gelê word, word anders voorberei
en hul voeding verskil van dié van die
koningin s’n.
Werkers doen feitlik al die werk wat vir
die voortbestaan van die byekorf nodig
Bo: Die eier wat bestem is om ’n koningin te word, word in ’n spesiale sel gelê. Die konin-
is en is morfologies goed aangepas vir
ginsel word kunstig gebou en lyk by voltooiing soos ‘n grondboontjiedop.
hierdie take. Die werkerby het ’n lang
tong en heuningmaag om nektar te Stuifmeel af te koel en om die heuning te verdun.
versamel en na die korf te vervoer. Hulle Dit is die bron van die proteïenstowwe
het harige lyfies waaraan stuifmeel wat nodig is vir bye se ontwikkeling Byegom (Propolis)
vassit, stuifmeelkammetjies om dit op gedurende hul onvolwasse stadiums. Dit is die klewerige stof wat bye gebruik
te gaar, en stuifmeelmandjies om die vir hulle verskillende huisbou en op-
stuifmeel na die korf terug te dra. Hulle Nektar knapwerksaamhede.
het ook waskliere om selle mee te bou. Die versameling van nektar is vir die
Verder beskik die werkerby oor ’n giftige heuningby ‘n instinkmatige en lewens-
angel waarmee sy haarself verdedig. belangrike taak. Nektar is die bron wat
Die werkerby broei ná 19 dae uit en voorsien in die energiebehoeftes van
Europese werkerbye ná 21dae. die korf. Die by se omsetting van nektar
in heuning is een van die maatstawwe
wat die mens gebruik om die waarde Heuning
van die by te bepaal. Die ander belang- Heuning is die primêre produk wat
rike maatstaf is bestuiwing. binne die korf vervaardig word. Die
heuningby gebruik haar lang tong om
Water nektar te versamel wat sy in ’n heuning-
Water is lewensbelangrik vir die kolonie sakkie aan die voorpunt van die agterlyf
en word vir verskillende doeleindes geberg word. Wanneer die werkerby
Dit is die werkerbye se taak om vir ses
versamel. Bye gebruik water om die korf na die korf terugkeer word die nektar
dae nadat hulle uitgebroei het, die selle
skoon te maak.
Vanaf dag 6 tot 13 moet hulle die jong
larwes voer. Hulle ontwikkel melksap-
kliere wat die ryk voedsel vervaardig
wat die larwes benodig. Nadat hulle
hierdie fase voltooi het, onderneem hulle
hul eerste oriënteringsvlugte.
Bye van 13 tot 17 dae oud maak die korf
skoon. Hulle verwyder dooie bye en an-
der afval, laai stuifmeel in die selle, maak
nektar ryp en bou heuningkoekselle.
Wanneer hulle 18 tot 20 dae oud is,
is dit hul taak om die korf se ingang
te bewaak en die nes te ventileer deur
hulle vlerke as waaiers te gebruik.
Op ongeveer 21 dae ouderdom begin
die werkerbye met veldwerksaamhede
wat die versameling van nektar, stuif-
meel, water en byegom behels.
Die lewensduur van die werkers tydens
veldwerk is sowat 30 tot 35 dae.

Regs: Die term ‘broed’ verwys na die eier,


die larwe en die papie-stadiums in die
lewensiklus van die by.
Saamgestel deur KLEIN KAROO SAADPRODUKSIE (Edms) Bpk, Oudtshoorn. Tel: 044 203 5259 Bladsy 2
opgebring en oorgedra na die bye in die vir bye en word ook in medisyne, voed-
bouerstadium wat dit in heuning omskep. sel en kosmetiese produkte gebruik.
Twee prosesse is hierby betrokke: ’n Stuifmeel vir bestuiwing is van die
Fisiese proses waartydens die vogin- uiterste belang.
houd van die nektar verminder word, en Byeswerms word in die lente of vroeë
’n chemiese proses waartydens verskil- somer gevorm na ‘n tyd van oorvloed
lende ensiemes die suikers in die nektar kos waarin die bevolking van die
tot heuningsuikers verander. byekorf so toegeneem het dat ‘n deel
Die bye wat nektar ontvang het, gaan van hulle moet wegtrek om oorbe-
na ’n deel van die byekorf waar daar ’n volking te voorkom. ’n Swerm wat trek
lugstroom is. Hulle bring die nektar op bestaan uit die ou koningin en om-
tot op die punt van hul tong en stel dit trent sestig persent van al die werkers
aan die lug bloot. Hulle sluk dit weer en hommels. Die nuwe ontluikende
in en bring dan ’n volgende druppel te koninginne bly in die ou byekorf agter.
voorskyn. Verkenningsbye gaan soek ‘n geskikte
Hulle herhaal die proses totdat die ’n Stuifmeelkorrel van die plek waar hulle ‘n nuwe nes kan vestig.
water verdamp en die nek- Sidalcea malvaeflora-plant
tar se voginhoud vanaf
60 – 80% na 16 – 20%
verminder. Indien dit
nie gedoen word nie
sal die nektar fer-
menteer en verrot.
Die bye deponeer
dan die nektar in ’n
bêresel. Die ven-
tileerders sirkuleer droë lug in die korf
en verdamping vind verder plaas.
Onverwerkte nektar bestaan uit drie
soorte suikers: sukrose, glukose en
Stuifmeel sit aan die by se harige lyfie
fruktose.
vas en sy maak haar stuifmeelsakkies vol
Namate die heuningmakery einde se
voordat sy terugkeer na die korf.
kant toe staan, word die selle gevul en
met ’n lagie was bedek. Sodoende word Was
die heuning vir ’n lang tyd bewaar. Was is afkomstig van uitskeidings van
jong werkerbye. Die jong werkerby skei
Buiten heuning word verskeie ander by- wasvlokkies af. Die wasvlokkies word
produkte deur bye vervaardig wat ook deur die bye gekou, gevorm en gebruik
vir menslike gebruik aangewend word. om koeke meet te bou.
Vars was is wit maar verdonker namate
dit met heuning, stuifmeel en propolis
in kontak kom.
Die byewas word vir kerse, metaalgiet-
ing, kosmetiese produkte, voedsel pros-
sessering, tekstiel, politoer en medisyne
gebruik.

Propolis
Propolis, of byegom, is die stof waar-
mee bye hul nes beskerm teen siektes,
plae en omgewingsfaktore. Bye verkry
propolis van harsryke blomknoppe van
bome. Propolis bevat antibiotiese eien-
skappe en word gebruik vir die vervaar-
Byewas gevorm tot volmaakte seshoekige
diging van medisinale produkte.
selle waarin bye hul heuning stoor.
Stuifmeel Byegif
Stuifmeel is die manlike reproduksie Die by gebruik sy gif om homself te
eenhede van plante. Dit word deur die beskerm. Die gif word geproduseer deur
werkerbye versamel, in die korf in selle bye wat tussen drie dae en 21 dae oud
gestoor, en met heuning gemeng vir is. Dit bevat medisinale waarde veral vir
preservering. Stuifmeel dien as voeding rumatiek.

Saamgestel deur KLEIN KAROO SAADPRODUKSIE (Edms) Bpk, Oudtshoorn. Tel: 044 203 5259 Bladsy 3
Verskeie siektes kom voor waarvan die
ondergenoemde twee die belangrikste is.

Varroa Jacobsoni
Varroa Jacobsoni het vir die eerste
keer gedurende 1996/97 in Suid Afrika
voorgekom. Varroa is ’n eksterne para-
site wat op die bloed van heuningbye
voed. Die volwasse Varroa-wyfie gaan ’n
broedsel binne net voordat dit geseël
word. Sy leef dan op die voeding in die
sel en op die onvolwasse by en begin
Foto: Byevanger (Banded Bee Pirate) eiers lê. Wanneer volwasse bye uitbroei
voed die Varroa-myt op hulle. Varro kan
slegs ’n paar dae oorleef sonder bye
om op te voed. Varroa word hoofsaaklik
deur volwasse bye versprei.

Gevolge van Varroa Jacobsoni


• Kolonies word fisies swak en min
broed oorleef.
• Bye werk swak.
• Bye se lewensiklus is korter.
effens kleiner is, het ‘n swart agterlyf met • Gewigsverlies kom voor.
fyn wit of gelerige strepe. Die wyfies sit • Vlerke en ledemate is misvorm.
gewoonlik naby die ingang van die korf • Swak siekteweerstand kom voor.
en wag vir ‘n geleentheid om ’n vlieënde • Die kolonies word mettertyd so ver-
by te gryp om hom van sy nektar te roof swak dat dit heeltemal uitsterf.
en te dood. As daar baie byevangers in die
omgewing is sal die bye ophou werk en in Metodes van beheer
die korf bly. Byevangers kom hoofsaaklik Verskeie chemiese middels is
in droë sanderige areas voor. Die Yellow beskikbaar. Middels moet versigtig
Bee Pirate is groter as die Banded Bee aangewend word om kontaminasie van
Pirate. Dit het ‘n helder geel agterlyf. Dit heuning te minimeer.
Volwasse bye word deur ‘n groot aantal
vang bye wat besig is om op die blomme
plae geteister waarvan die belangrikste, Amerikaanse Jongbysiekte (AFB)
te wei en is nie so ‘n groot probleem nie.
met betrekking tot bestuiwing, die bye- Hierdie byesiekte genaamd American
vangers is. Twee soorte byevangers kom Foulbrood Disease, of AFB, is aan die
Metodes van beheer
voor: Die Banded Bee Pirate (foto bo) en begin van 2009 in die Wes-Kaap gediag-
Byevangers is baie moeilik beheerbaar,
die Yellow Bee Pirate (onder). noseer. Hierdie siekte val die jongby (die
maar jy kan die volgende doen:
Die gestreepte byevanger (Banded Bee papies en larwes) van die byekolonie aan
• Sit bakke met water voor die korwe.
Pirate) is een van die mees verwoesten- en veroorsaak ’n gaping in die herplas-
• Alternatiewelik kan ‘n persoon die bye-
de van alle predatore van heuningbye, ing van die werkerbye in ’n kolonie. Die
vangers met ’n vlieëplak doodslaan.
veral in die warmer dele van die land. werkerbye se getalle neem af en dit gee
• Vermy sanderige gronde waar insekte
Die wyfie het ’n geel agterlyf met swart aanleiding daartoe dat die bye se uithou-
voorheen opgemerk is.
strepe, en die mannetjie wat gewoonlik en oorlewingsvermoë op ’n gegewe
• Plaas korwe in die skaduwee - bye-
vangers is minder aktief in die skadu. stadium ten gronde gaan weens die
oorweldigende hoeveelhied siek jongby.

Foto onder: Die parasiet, Varroa Jacobsoni (inlas), is ook duidelik sigbaar in die broed.

Saamgestel deur KLEIN KAROO SAADPRODUKSIE (Edms) Bpk, Oudtshoorn. Tel: 044 203 5259 Bladsy 4
Die foto’s bo links en in die middel toon Amerikaanse Jongbysiekte (AFB). Regs bo: Só lyk ’n gesonde heuningkoek.

(Vervolg vanaf bladsy 4)


Bye is nie altyd korfgetrou nie, dit is, andersins moet dit vermy word. hulle nie noodwendig daarvan sal vrek
beteken dat hulle sal wegdryf na ander Dit is onrusbarend om te sien dat daar nie.
korwe in die omgewing en dit kan die steeds saadkwekers is wat ’n paar dae • Sekere piretroïedes en gechlorineerde
siekte na ander korwe laat versprei. voordat bye met bestuiwing moet begin, koolwaterstowwe het ’n kontakdoden-
Streng beheer word toegepas om die of tydens bestuiwing, ’n chemiese middel de effek. Slegs die werkerbye word
verspreiding van AFB te voorkom. spuit wat bye kan afskrik. Hou gerus in hierdeur gedood en nie die bye in die
Bye wat vir heuningsproduksie of vir gedagte dat veral uie nie baie aanvaar- korf nie. Groot getalle dooie bye sal in
die lewering van bestuiwingsdienste vir baar is vir bye nie en indien enigiets die landerye of onder die bome in die
vrugte en saadproduksie aangewend verder bydra om hul af te skrik, hulle nie boord sigbaar wees.
word moet natuurlik optimaal gesond op ’n saadland sal werk nie. Die effek van • Sekere organofosfate en karbonate
wees. bye wat nie werk nie en moontlik afsterf is uiters giftig vir bye. Hierdie produkte
weens onoordeelkundige gebruik van dood die bye nie altyd onmiddellik nie,
spuitmiddels, hou baie groter nagevolge maar word oorgedra in die korf deur
vir die saadkweker as vir die byeboer in. middel van nektar en stuifmeel. Al die
volwasse bye, sowel as die broed in die
Alle chemiese middels is in ’n meerdere Gevolge van die onoordeelkundige korf, kan hierdeur gedood word. Die
of mindere mate skadelik vir bye. Che- gebruik van chemiese middels effek van hierdie produkte word
miese middels word slegs in bestuiwings- • Bye word afgeskrik deur die reuk van gekenmerk deur massas dooie bye
tyd aanbeveel as daar ’n baie groot krisis sekere chemiese middels, alhoewel vóór en in die korf.

Bye is in staat om mekaar te vertel rigting aan waar die kos gekry sal word.
presies waar en hoe vêr van die As die by boontoe hardloop beteken dit
byekorf die voedselbron geleë is. dat die kosvoorraad in die rigting van
As die kos binne sowat 100 m van die die son geleë is.
nes is, voer die by ‘n sirkelvormige As sy ondertoe hardloop, sê dit dat die
danspas uit. Elke af en toe stop sy en kos in die teenoorgestelde rigting as
bring ’n druppel nektar op - só leer ken die son geleë is. Die hoek wat die dans
die bye die reuk van die voedselbron. vorm ten opsigte van die posisie van
As die voedselbron verder as sowat die son, dui aan in watter rigting haar
100 m van die korf is, voer die by ’n medewerkers moet vlieg.
soort wikkeldans uit en beweeg min of
meer in die vorm van ’n agt terwyl sy
haar lyf skud.
Die by beweeg ’n entjie reguit voren-
toe, terwyl sy haar agterlyf wikkel.
Sy hou op met wikkel en maak dan
’n halwe sirkel wat haar terugbring
na waar sy was. Sy herhaal dan die
wikkelbeweging in ’n reguit lyn, maar
maak die halwe sirkel aan die teenoor-
gestelde kant.
Haar wikkeldans dui die presiese
afstand na die voedselbron aan.
Die reguit lyn in die beweging dui die

Saamgestel deur KLEIN KAROO SAADPRODUKSIE (Edms) Bpk, Oudtshoorn. Tel: 044 203 5259 Bladsy 5
• Verkieslik ’n jong aktief-lêende.
koningin.
• Oortollige stuifmeel en heuning moet
verwyder word.
• Siektes in korwe moet onder beheer
wees.

Standaard broeikas met tien rame.

bye besig is om minder te raak.


Daar is egter ‘n nadeel aan natuurlike
bye of korwe wat permanent op plase
staan. Dit is omdat die korwe nie in ’n Minstens drie rame met 50% selle gevul
opboufase gebring word soos wat met met eiers en jongby in verskillende stadia
bestuiwingskorwe gedoen word nie. van ontwikkeling.
Daar is twee soorte bestuiwing wat kan Dit is belangrik dat die opboufase ’n
plaasvind: selfbestuiwing en kruisbes- aanvang neem ongeveer 40 dae voordat
tuiwing. bestuiwing begin.
Stuifmeel is ’n belangrike voedings- Daar moet in ag geneem word dat bye
bron vir bye. Dit bevat proteïene asook nie noodwendig stuifmeel en/of nektar
van die B-klompleks-vitamiene. sal versamel indien hulle dit nie benodig
Stuifmeel word sowel doelbewus as nie. Bye het voortdurend verkenners wat
toevallig versamel. Die by vee die stuif- opsoek is na beter weivelde. Indien hulle
meelkorrels wat aan haar harige lyf bly ’n nuwe voedselbron vind wat meer aan-
kleef tot op haar agterpote waar dit vaarbaar is as hul huidige voedselbron,
versamel in lang verstrengelde haartjies sal hulle binne ’n paar uur van voedsel-
wat die stuifmeelsakkies vorm. Wanneer bron verander. Hierdie gedrag van bye Standaard bestuiwingeenheid
sy terug in die korf is, pak die bye wat beklemtoon net weereens die feit dat
in die bouerstadium is die stuifmeel in bestuiwingsbestuur krities is.
selle. Dan sit hulle heuning, wat ’n goeie
perserveermiddel is, bo-op en verseël Die byekas
dan die sel met was. ’n Byekas bevat tien rame. Die kas wat
bo-op die onderste kas geplaas word,
Die heuningby as bestuiwer word ’n ‘super’ genoem. In die ‘super’-
Die heuningby is ongetwyfeld die kas word hoofsaaklik heuning geprodu-
belangrikste insekbestuiwer. Hul groot seer. Hierdie kas is gewoonlik die helfte
getalle en die feit dat hulle tot ’n mate van die diepte van die gewone kas en
gemanipuleer kan word, maak hulle bevat ook 10 rame. Tussen die gewone
onmisbaar in gewasse soos vrugte, son- kas en die ‘super’ is daar gewoonlik ’n
neblom en groentesaad. koninginuitsluiter wat verhoed dat die
Die bydrae van byebestuiwing is van koningin eiers in die boonste kas kan lê.
onskatbare waarde vir bevrugting en
saadvorming. In die geval van appels is Vereistes vir bestuiwingskaste
die byefaktor 95%. In die geval van wor- • Agt rame vol bye - minimum ses rame.
telsaad (± 80%) en uiesaad (85 – 95%). • Vier rame met minstens 50% vol broed
Slegs enkele saadkwekers kan nog staat- - minimum van drie rame vol broed
maak op natuurlike bye vir bestuiwing. van alle stadiums. ’n Korf in opboufase. Byekolonie word met
Dis is ongelukkig ’n feit dat natuurlike • Korwe moet in ’n opboufase wees. stroop gevoer vir hoër jongbyproduksie.

Saamgestel deur KLEIN KAROO SAADPRODUKSIE (Edms) Bpk, Oudtshoorn. Tel: 044 203 5259 Bladsy 6
Oorsake van swak bestuiwing
• Swak weersomstandighede: Tempera-
tuur onder 15 ºC en bo 40 ºC. Sterk
wind.
• Korwe wat nie aan die vereistes vol-
doen nie.
• Verkeerde chemiese middels wat net
vóór of gedurende bestuiwing gespuit
word.
• Smaak van nektar. Kan verskil weens
die invloed van sekere bemesting-
stowwe en tussen verskillende
variëteite.
• Ander gewasse of onkruide soos
wildemostert en ramnas.
• Tydsberekening van inbring van korwe.
• Invloed van swak kwaliteit water met
oorhoofse besproeiing.
• Te min water – konsistensie van nektar
is taai.
• Stuifmeel is nat van reën of oorhoofse
besproeiing.

Die inbring van korwe


Korwe moet op die regte tyd ingebring
word. Indien te veel korwe te vroeg
ingebring word is daar nie genoeg Bestuiwing van lenteuie vind oor ’n tydperk van drie tot vier maande plaas. Wanneer
voeding vir die bye nie en sal hul alter- blomme te veel raak vir natuurlike bye word eerste korwe ingebring.
natiewe voedingstowwe soek en nie • Neem rigting van rye in ag - bye werk • Buitelandse navorsing sowel as plaaslike
weer terugkeer na gewasse soos uie wat eerder in rye as dwars oor rye. waarnemings het getoon dat korwe
minder smaaklik is nie. Indien korwe te • Neem algemene windrigting in ag, nie binne-in ’n aanplanting geplaas
laat ingebring word sal ‘n groot aantal veral in die geval van uie wat ‘n skerp moet word nie.
blommetjies nie meer vatbaar wees vir reuk het.
bestuiwing nie. • Die bye handhaaf ’n konstante tempe- Beskikbaarheid en koste van korwe
ratuur van 34 °C binne die korf. Wanneer Byeboere is oor die algemeen nie so
Hier volg ’n paar riglyne. dit baie warm is word meer bye benodig gretig om bestuiwing te doen nie.
BASTER UIE: Bring korwe in wanneer om die korf te verkoel. In baie warm Faktore wat bestuiwing onekonomies
eerste mannetjies begin blom. Vir gebiede kan insolasie soos gras of strooi maak in vergelyking met heuning is die
basters word 10 korwe/ha aanbeveel. bo-op die korf geplaas word. volgende:
Bring korwe in twee tot drie fases in. • Aangesien bye geneig is om na die • Vervoer oor lang afstande
eindpunte van ’n ry korwe te werk, • Verliese aan heuning
OOPBESTUIFDE UIE: Tydens 5 - 10% moet korwe nie in ’n reguit ry langs • Beskadiging van korwe
blomstadium word eerste korwe inge- mekaar geplaas word nie. Bye laat wel • Verliese aan bye weens onoordeelkun-
bring. Beveel agt korwe wat in twee bye van ’n ander korf in hul korf toe dige bespuitings
fases ingebring word aan. maar slegs as hulle nektar of stuifmeel
draend is, andersins word hul doodge- Inspeksie van korwe
LENTEUIE: Gewoonlik is bestuiwing op maak. Indien daar ’n probleem bespeur word
lenteuie nie ’n probleem nie. Bestuiwing met bestuiwingskorwe, moet die
vind oor ’n tydperk van drie tot vier verskaffer so gou moontlik in kennis
maande plaas. Die eerste blomme word gestel word. Die byeboer kan nie verant-
gewoonlik deur natuurlike bye bestuif. woordelik gehou word as die saadkweker
Wanneer blomme te veel raak vir natuur- eers na vyf weke sou agterkom dat kaste
like bye word eerste korwe ingebring. nie meer op standaard is nie.
Vier tot vyf korwe per hektaar word Nóg ’n metode om vas te stel of ’n kas
aanbeveel. Indien moontlik moet korwe op standaard is, is om die bye wat die
na ses weke vervang word. kas om ongeveer 10:00 verlaat, wanneer
die temperatuur ongeveer 25 ºC is, te
WORTELS: Die inbring van korwe by tel. As die bestuiwingskorf op standaard
wortels nie so krities as vir uie nie aan- is, sal daar sowat 70 bye per minuut die
gesien natuurlike bye en ander insekte kas verlaat. Hierdie metode is egter nie
makliker op wortels werk. Aanbeveling: altyd prakties moontlik nie.
Op 10% blomstadium, bring vier tot vyf
korwe per hektaar in. Lokmiddels
Daar is geen lokmiddels wat help vir bye
Plasing van korwe wat swak werk nie. Dit is wel waar dat
• Nie meer as 30 m vanaf die aanplanting. daar al middels in die verlede gespuit is
• Plaas korwe op ’n droë plek – op stene, wat beslis meer bye na ‘n land gelok het.
motorbande of staanders. (Blaai om)
Saamgestel deur KLEIN KAROO SAADPRODUKSIE (Edms) Bpk, Oudtshoorn. Tel: 044 203 5259 Bladsy 7
(Lokmiddels: Vervolg vanaf bladsy 7)

Wanneer lokmiddels gebruik word werk


bye egter nie noodwendig op die blom-
koppe nie, maar lek die betrokke middel
van die blare en blomstele af. Navorsing
het bewys dat die genoegsame besproei-
ing uieblomme wel meer aantreklik vir
bye kan maak.
Daar is ook aanduidings dat swael uie
meer aanvaarbaar vir bye maak.

Pligte van die saadkweker • Bye is aktief by temperature hoër as


• Bespreek korwe vroegtydig. 16 °C. ’n Konstante temperatuur van
• Berei toeganklike staanplekke vir 34°C word in die korf gehandhaaf.
korwe voor. • Stuifmeelvrugbaarheid wissel volgens
• Identifiseer moontlike probleme soos temperature en word erg benadeel
miere, bobbejane of diefstal. wanneer temperature hoër as 40 °C is.
• Bepaal vroegtydig wat die mees kor- • Saadkoppe word geoes wanneer 25
rekte stadium is om korwe in te bring - tot 30% koppe swart sade begin wys.
nie té vroeg of té laat nie. Indien ’n land ongelyk blom of ’n groot
• Beperk die komptetisie van ander persentasie sekondêre koppe het, moet
nektar- of stuifmeelproduserende dit verkieslik twee keer geoes word. Só
plante in die omgewing, byvoorbeeld skakel die produsent die moontlikheid
wildemosterd. van onvolwasse sade uit en word hoër
• Voldoende skoon water moet binne opbrengste en ontkieming verseker.
250 meter vanaf die korf beskikbaar • ’n Bespuiting met ’n geskikte swam-
wees. doder ná bestuiwing kan die kwaliteit
• Die spuit van chemiese middels wat van saad verhoog.
skadelik vir bye is moet betyds gestaak • Die gewig van ’n duisend sade van
Bestuiwingsdienste word. goeie kwaliteit is ongeveer 3.8 g.
Bestuiwingsbyeboere moet besef dat • Bestuiwing is van uiterste belang by
betaalde bestuiwing ‘n diens is wat Enkele opmerkings oor die saadproduksie en die saadkweker
hulle aan die saadkweker verkoop. bestuiwing van uiesaad moet verseker dat die bye en bestuiw-
Bestuiwing word deel van die boer se • Die tydperk waarin individuele blom ingskorwe, waarvoor hy betaal, aan die
produksiekoste net soos kunsmis en metjies vatbaar is vir bestuiwing neergelegde standaarde voldoen.
spuitmiddels. wissel van 10 dae by 18°C tot 5 dae of Vir verdere navrae, kontak Pieter Burger by
Bestuiwingskostes is ongeveer 5% van korter by 30°C. KLEIN KAROO Saadproduksie.
totale produksiekoste vir uiesaad. • Lewenskragtigheid van stuifmeel op
Korwe moet dus aan standaarde vol- bye se lyfhaartjies verdwyn binne ’n
doen indien daarvoor betaal word. paar uur.
• Elke blommetjie kan ses sade produ-
Pligte van die byeboer seer, maar drie tot vier sade is meer
• Verskaf stewige en netjiese korwe. algemeen.
• Korwe moet vroegtydig opgebou • Daar is tussen 500 en 3 000 blomme-
word om aan die vereiste maatreëls te tjies per saadkop, maar ’n gemiddelde
voldoen - begin bye voer 40 dae van 500 tot 1 500 is meer algemeen.
voordat bestuiwing begin. • Smaak en reuk van nektar verskil
• Korwe moet op die regte tyd inge- van variëteit tot variëteit.
bring word. • Ná bestuiwing word bevrugting binne
• Plasing van korwe moet reg wees. drie tot vier dae voltooi. Die inkrimp-
• Korwe moet deur byeboer gediens ing en kleurverandering wat onbevrug-
word om veral miere te beheer, ander- te sade ondergaan is egter eers drie
sins moet beheermaatreëls aan saad- weke later sigbaar. Dit maak dit moei-
kwekers verskaf word. lik om vroeë bevrugting vas te stel.
• Oormatige heuning en stuifmeel moet • Ongeveer 17 dae ná bestuiwing ont-
uit die korf verwyder word. wikkel selwande om die sade en op
• Indien probleme voorkom moet die ongeveer 24 dae is sade reeds in die
byeboer bereid wees om moontlike deegstadium en begin wande swart
probleme te identifiseer. verkleur.
• Korwe moet vir die volle tydperk van • Op 30 dae ná bestuiwing het sade hul
bestuiwing beskikbaar wees. maksimum natgewig.
• ’n Kontrak moet tussen die byeboer en • Op 44 dae het sade hul maksimum
die saadkweker geteken word. droëgewig bereik en begin saadhuis-
ies oopbars.

Saamgestel deur KLEIN KAROO SAADPRODUKSIE (Edms) Bpk, Oudtshoorn. Tel: 044 203 5259 Bladsy 8

You might also like