Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 321

KABV

AFRIK A ANS
SONDER GRENSE
11 Eerste Addisionele Taal

Leerderboek

Mari Lätti • Sonia Gouws


Ronél Gouws • Marianne Peacock
Susannie Pretorius • Mari Smit
Karen Grobbelaar • Iolanthe Grobler

Dit is onwettig om enige bladsye uit hierdie boek te


fotokopieer sonder skriftelike verlof van die kopiereghouer.
Maskew Miller Longman (Edms.) Bpk., h.v. Forestrylaan en Loganweg, Pinelands, Kaapstad
Kantore in Johannesburg, Durban, King William’s Town, Polokwane, Bloemfontein, Mahikeng
en Nelspruit en maatskappye regdeur Suider- en Sentraal-Afrika.
webwerf: www.mml.co.za
© Maskew Miller Longman (Edms.) Bpk. 2012
Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag gereproduseer, in ’n inligtingstelsel bewaar,
of versend word in enige vorm of op enige manier, hetsy elektronies, meganies, deur fotokopiëring,
plaat- of bandopnames, of andersins, sonder vooraf skriftelike toestemming van die kopiereghouers nie.
Eerste uitgawe 2012, eerste druk 2012
Titel-ISBN 978 0 636 13509 3
Omslagillustrasie deur Alida Bothma
Illustrasies deur Alida Bothma, Chris Venter, Erika Gouws, Fereshteh Najafi, Johan Stapelberg, Louisa Gerryts, Philip du Plessis,
Rassie Erasmus, Rosalind Stockhall, Vian Oelofson, Zinelda McDonald, Johan Strauss, Rob Foote, Estelle Kenyon
Geredigeer deur Ulla Scheuler
Boekontwerp deur MML Studio
Omslagontwerp deur Chris Leo
Geset deur Charlene Bate
Reproduksie deur Robin van Graan
Gedruk deur

Erkennings
Die skrywers en uitgewer bedank die volgende persone en instansies vir die gebruik van kopieregmateriaal en foto’s:
Die Burger vir die spotprente deur Fred Mouton (bl. 8); (bl. 179); (bl. 206); (bl. 262); (bl. 266); Sarie vir die artikel “Waar het
Elvis Blue sy naam gekry?”, Oktober 2010 (bl. 6); www.republikein.com vir die artikel “Van waar kry die Oranje sy naam?”
(bl. 10); Human en Rousseau vir die verhaal “Klara Majola” uit Op die Toneel, geskryf deur Dana Snyman (bl. 12–15); vir
die drama “Vriende van Eggo”, geskryf deur Rena Schüler (bl. 195); vir die lirieke van “Lisa se klavier”, geskryf deur Koos
Kombuis, die bundel Koos se songs (bl. 196); vir die gedigte “Omdat” en “Want”, deur Antjie Krog, in die bundel Dogter van Jefta
(bl. 192); Shuter en Shooter vir die gedig “Wroeging van ’n tiener”, deur Sonja van der Nest, in die bundel Losvoor (bl. 28);
Jip, Beeld vir die artikels (bl. 36); (bl. 108); (bl. 158); (bl. 159); (bl. 161); (bl. 270); Jip, Die Burger vir die artikels “Jeugdag rede
vir fees” (bl. 172); “George se kinders help dorp opruim” (bl. 258); “Jong entrepreneurs wen silwermedalje” (bl. 155); Beeld en
Jip Beeld vir die artikels (bl. 40); (bl. 61); (bl. 267); (bl. 268); Beeld vir die inligting vir die verhaal (bl. 55–56); Out of Africa vir
die gedig “Roos van Soweto” uit die bundel Lees is ’n fees (bl. 62); www.koeksuster.com vir die lirieke vir “Ta’ Mossie se sakkie-
sakkie-boeredans” (bl. 67); LPR vir die lirieke van “My ou tante Koba” (bl. 74); Marita van Aswegen vir haar drama “Nuwe
vriende” (bl. 76); www.donkeytrail.com vir die inligting uit die artikel “Reisplan vir die Donkieroete vanaf Calitzdorp oor die
Swartberge na Die Hel in Gamkaskloof” (bl. 88); www.discoversutherland.com vir die inligting op die webtuiste (bl. 91);
I D du Plessis vir die verhaal uit Doederomandro en ander Kaapse stories (bl. 96–100); Poort vir die gedig “Kinders van Afrika”,
geskryf deur Andries de Beer (bl. 106) en vir die verhalende opstel “Agter glas”, geskryf deur Michiel Heyns (bl. 110) en vir
die gedig “Die land van my ouers” (bl. 163); LAPA vir die gedig “Sterrekyker”, deur Franci Greyling, in die bundel Toulopers
(bl. 127) en die gedig “Foto’s op my selfoon”, deur Fanie Viljoen, in die bundel Toulopers (bl. 207) en vir die kortverhaal “All
is fair in love and war”, deur Jan van Tonder, in die bundel Skreeu (bl. 240–243), vir die gebruik van die buiteblad van Bewaar
ons Planeet (bl. 261); www.woes.co.za vir die gedig “As jy hardloop …” (bl. 150); The Observer vir die onderhoud met Ashwin
Willemse, 1 Julie 2007 (bl. 152); Weg! vir die artikel “Vooruitgang”, verskyn November 2011 (bl. 208), vir die lesersbrief “Net
jakkalsspore …”, verskyn November 2011 (bl. 208), vir die wenbrief “Het iemand dalk ’n strepsil”, verskyn in November 2011
(bl. 209); Volksblad vir die artikel “Kyk vir die selfoonkamera en sê: ‘Lekker by die SEE!’”, verskyn 19 April 2010 (bl. 212);
www.News24.com vir die artikel “Noord-Kaapse tieners dans hul pad oop na Switserland” (bl. 80); Bakkies Grobbelaar vir die
gedig “Die fees van fiks wees” (bl. 226); Rapport vir die artikel “Van papier en e-boeke na jou foon”, verskyn 17 Oktober 2010
(bl. 238), vir die artikel oor Jaco Jacobs, verskyn 6 Februarie 2011 (bl. 244); Haum-Literêr vir die gedig “Sommerso”, geskryf
deur Hester Heese, verskyn in die versamelbundel Groen (bl. 265), vir die verhaal Die Kind, deur Jan van Tonder (bl. 167);
Beeld vir die artikel “Gode se moordwapen”, verskyn 17 Januarie 2011 (bl. 269); Koos du Plessis vir die lirieke van “Sprokie
vir ’n stadskind”, opgeneem in Skadu’s teen die muur (bl. 251)
Foto’s: Getty images (bl. 6) (bl. 10) (bl. 11) (bl. 51) (bl. 62) (bl. 107) (bl. 154) (bl. 204) (bl. 214) (bl. 218) (bl. 240); Graeme
Williams for the photograph (bl. 18); Jacques Marais (bl. 18) (bl. 33) (bl. 34) (bl. 84); Bigstock (bl. 34) (bl. 38) (bl. 39) (bl. 48)
(bl. 65) (bl. 69) (bl. 73) (bl. 114) (bl. 118) (bl. 126) (bl. 137) (bl. 180) (bl. 181) (bl. 204) (bl. 206) (bl. 218) (bl. 238); Istock
(bl. 34) (bl. 79) (bl. 116) (bl. 137) (bl. 180) (bl. 203) (bl. 204) (bl. 210); Fotostock (bl. 34) (bl. 40) (bl. 50) (bl. 68) (bl. 90)
(bl. 204) (bl. 218); Greatstock (bl. 34) (bl. 51) (bl. 54) (bl. 62) (bl. 91) (bl. 161) (bl. 204) (bl. 218); Mary Alexander/Media
Club South Africa (bl. 34); Chris Kirchhoff/Media Club South Africa (bl. 34); Aridane van Zandbergen (bl. 41); Stocksource
(bl. 50) (bl. 54) (bl. 66); Roger Shagham (bl. 34); Giordano Stolley/Independent Online (bl. 51); Neil Austen/Art Publishers
(bl. 117); Tribal Echo (bl. 147); Gary Lee (bl. 161); www.yoursport-southafrica.info (bl. 218); Campbell Fleming (bl. 218);
Die Kaapse Affodille (bl. 69); NB-uitgewers vir die voorblaaie (bl. 234 en 235)
Alle redelike pogings is aangewend om wettige kopiereghouers op te spoor. Die uitgewer verneem graag van kopiereghouers
indien enige regstellings of byvoegings gedoen moet word.
’n Woord vooraf
Welkom by Afrikaans sonder grense Eerste Addisionele Taal Graad 11. Ons wens
jou sukses toe en hoop jy sal ons reeks geniet! Die reeks is ontwikkel om aan
al die vereistes van die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV)
te voldoen.
Die kursus bestaan uit:
• Afrikaans sonder grense Graad 11: Leerderboek met 18 lesreekse, ’n vraestel
en omvattende taalafdeling
• Afrikaans sonder grense Graad 11: Onderwysersgids met teikenwerkvelle,
gratis Kontroletoetsboek en Vraagbron CD-ROM.
Daar is 18 temas in die boek, wat temas insluit soos: name, selfbeeld, aksie-
sport, helde, dansgroepe, interessante bestemmings, stories, die natuurskoon,
snuffel vir inligting, keuses, ons reënboogland, kleure, verhoudings, selfoon-
foto’s, fiksheid, skrywers, stad en platteland, en die omgewing. Die doel van
die lesreekse is om die leerders se taalvaardighede soos Luister en praat,
Lees en kyk: Begrip en Letterkunde, Skryf en aanbied, asook geïntegreerde
Taalstrukture en -konvensies te ontwikkel sodat die leerders in die
multikulturele opset in die land ook in Afrikaans kan kommunikeer.
Die lesreekse is rondom ’n verskeidenheid interessante leestekste soos
kortverhale, koerantberigte, advertensies, strokiesverhale, verslae, liedjies, gedigte,
dialoë, prente en foto’s opgebou sodat leerders se verbeelding voortdurend
geprikkel word. Aangesien Lees en kyk: Begrip en Letterkunde die meeste aandag
moet geniet, word sterk klem op begrips- en leesvaardighede gelê.
Die boek sluit af met ’n omvattende taalafdeling waar die klem op Taalstrukture
en -konvensies val. Die taalstrukture word telkens met geïntegreerde aktiwiteite
ingeskerp sodat taalstrukture in konteks toegepas kan word.
In Graad 11 is dit nodig om elke taalvaardigheid volgens die tydstoekenning per
tweeweeksiklus in die KABV te onderrig en die benadering in Afrikaans sonder
grense is uiters geskik hiervoor:

Luister en praat 1 uur 10%


Lees en kyk: Begrip en Letterkunde 4 uur 45%
Skryf en aanbied 3 uur 35%
Taalstrukture en -konvensies 1 uur 10%.

Groete sonder grense Die teikenwerkvelle


Die skrywers wat die onderwyser
vir jou sal uitdeel,
sal alle probleme
wat jy het, regstel.
Inhoudsopgawe

1 Wat is in ’n naam? ....................................................................... 1


Praat: ’n Klasbespreking oor name ...................................................... 2
Lees: Soeklees inligting: Waar name vandaan kom ................................. 4
Hoe goed verstaan jy die inligting? ...................................................... 5
Taal in konteks: Spelling, lettergrepe, klankgrepe ................................. 6
Luisterbegrip: Byname ....................................................................... 7
Praat: Bespreek vrae ........................................................................... 7
Taal in konteks: Sinsoorte ................................................................... 8
Skryf: ’n Informatiewe paragraaf ......................................................... 8
Taal in konteks: Selfstandige naamwoorde ........................................... 9
Lees: ’n Kortverhaal: Klara Majola ...................................................... 11
Hoe goed verstaan jy die verhaal? ........................................................ 15
Hoe goed ken jy literêre kenmerke? ..................................................... 16
Lees: Maak ’n opsomming .................................................................. 16
Skryf: ’n Verklaring ............................................................................. 16
Taal in konteks: Byvoeglike naamwoorde en lidwoorde ......................... 17
Hersiening ......................................................................................... 18

2 Straal jy of stres jy? ..................................................................... 19


Praat: Interpreteer die foto’s en byskrifte ............................................. 20
Hoe goed verstaan jy die woordeskat? .................................................. 22
Lees: Organiseer inligting in ’n tabel.................................................... 22
Taal in konteks: Woordvorming ........................................................... 22
Taal in konteks: Klank- en lettergrepe, lidwoorde, sinonieme ................ 23
Praat: Lees hardop: Harry los dwelms ................................................... 24
Hoe goed verstaan jy die artikel? ......................................................... 25
Taal in konteks: Gevoelstaal ................................................................ 25
Lees en skryf: Gebruik ’n woordeboek en maak ’n lys .......................... 26
Skryf: ’n Paragraaf .............................................................................. 26
Taal in konteks: Antonieme en trappe van vergelyking .......................... 27
Lees: ’n Gedig: Wroeging van ’n tiener .................................................. 28
Taal in konteks: Antonieme, alfabetiese volgorde en woordeskat ........... 29
Lees: ’n Inligtingstuk oor verkeersreëls: Moenie drink en bestuur nie ........ 30
Hoe goed verstaan jy die inligtingstuk? ................................................ 31
Hersiening .........................................................................................
32

3 Aksie! Adrenalien! ....................................................................... 33


Praat: ’n Klasgesprek oor buitelugaktiwiteite ........................................ 34
Praat: Voer ’n onderhoud .................................................................... 36
Taal in konteks: Spelling ..................................................................... 38
Luister: ’n Inligtingsteks ..................................................................... 39
Lees: ’n Artikel: Rekspring laat my bloed bruis ........................................ 40
Hoe goed verstaan jy die artikel? ......................................................... 41
Taal in konteks: Afkortings en akronieme............................................. 42

iv
Lees en kyk: ’n Advertensie ................................................................. 43
Hoe goed verstaan jy die advertensie? .................................................. 43
Lees: Maak ’n opsomming .................................................................. 44
Taal in konteks: Byvoeglike naamwoorde en sinsoorte .......................... 45
Taal in konteks: Skryftekens en leestekens ........................................... 46
Skryf: ’n Vriendskaplike brief: Formele assessering ........................... 47
Hersiening ......................................................................................... 48

4 Helde ........................................................................................... 49
Praat: Verskillende soorte helde ........................................................... 50
Skryf: Klassifiseer die helde................................................................. 51
Taal in konteks: Woordeboekgebruik, spelling, woordeskat .................... 52
Taal in konteks: Ontkennende vorm .................................................... 53
Praat: Speel Dis my geheim................................................................... 54
Taal in konteks: Stelsinne en vraagsinne .............................................. 54
Praat: Hardoplees: Grawe na veiligheid ................................................. 55
Hoe goed verstaan jy die ware verhaal? ................................................ 57
Taal in konteks: Direkte en indirekte rede ............................................ 59
Skryf: ’n Verhalende opstel: Formele assessering ............................... 60
Taal in konteks: Ontkennende vorm .................................................... 60
Skryf: ’n Lettervers of ’n naamvers ...................................................... 61
Taal in konteks: Spelling ..................................................................... 61
Lees: ’n Gedig: Roos van Soweto........................................................... 62
Taal in konteks: Afkortings .................................................................. 63
Hersiening ......................................................................................... 64

5 Balke toe! .................................................................................... 65


Kyk en praat: ’n Bespreking ................................................................ 66
Lees en bespreek: ’n Liedjie: Ta’ Mossie ................................................ 67
Luister: ’n Liedjie: Boerejol: Formele assessering ............................... 68
Taal in konteks: Spelling ..................................................................... 68
Taal in konteks: Figuurlike taal............................................................ 69
Skryf: Vul ’n tabel in ........................................................................... 69
Taal in konteks: Voornaamwoorde ....................................................... 70
Taal in konteks: Leestekens ................................................................. 71
Taal in konteks: Leenwoorde ............................................................... 72
Skryf: Ontwerp ’n strooibiljet .............................................................. 73
Luister en lees: ’n Liedjie: My ou tante Koba ........................................ 74
Hoe goed verstaan jy die liedjie? .......................................................... 75
Lees: ’n Drama: Nuwe vriende ............................................................. 75
Hoe goed verstaan jy die drama? ......................................................... 77
Lees: Vergelyk die liedjie en die drama ................................................. 78
Taal in konteks: Voegwoorde ............................................................... 79
Hersiening ......................................................................................... 80

6 Gordel vas! .................................................................................. 81


Kyk en praat: Bestudeer en bespreek ’n kaart ....................................... 82
Lees en kyk: ’n Kaart .......................................................................... 83

v
Taal in konteks: Voornaamwoorde ......................................................... 84
Lees: ’n Inligtingsteks: Die vrugtemandjie uit Kannaland .......................... 84
Hoe goed verstaan jy die inligtingsteks? ................................................. 86
Taal in konteks: Spelling en alfabetiese volgorde .................................... 86
Taal in konteks: Leenwoorde ................................................................ 87
Lees: ’n Reisplan: Die Donkieroete .......................................................... 88
Hoe goed verstaan jy die reisplan? ......................................................... 89
Skryf: Rigtingaanwysings ...................................................................... 90
Taal in konteks: Leestekens, woordvorming en direkte en indirekte rede ... 90
Skryf: ’n Dialoog .................................................................................. 92
Taal in konteks: Letterlike en figuurlike betekenis, nuutskeppinge ........... 93
Hersiening ........................................................................................... 94

7 Vertel vir my ’n storie ...................................................................... 95


Praat en luister: Lewensverhale ............................................................. 96
Kyk en praat: Voorspel die storie ........................................................... 97
Lees: ’n Volksverhaal: Gaïerodien ............................................................ 98
Hoe goed verstaan jy die woordeskat? .................................................... 101
Hoe goed verstaan jy die volksverhaal? Formele assessering ................ 102
Taal in konteks: Direkte en indirekte rede en voornaamwoorde............... 102
Skryf: Paragrawe ..................................................................................103
Taal in konteks: Die enkelvoudige sin, woordorde en
voornaamwoorde .................................................................................. 104
Lees: ’n Gedig: Kinders van Afrika ......................................................... 106
Lees: Doen navorsing ........................................................................... 107
Hoe goed verstaan jy die gedig? Formele assessering .......................... 107
Praat: ’n Nagevorsde toespraak: Formele assessering .......................... 108
Taal in konteks: Woordeskat .................................................................. 109
Lees: ’n Verhalende opstel: Agter glas ..................................................... 110
Skryf: ’n Verhalende opstel .................................................................... 111
Hersiening ........................................................................................... 112

8 Verwonder jou oor die natuur ........................................................ 113


Luister en praat: ’n Teks oor natuurwonders .......................................... 114
Lees en kyk: ’n Voorblad ....................................................................... 115
Praat: Bespreek vrae ............................................................................. 115
Taal in konteks: Skryftekens en spelling ................................................. 116
Lees: ’n Artikel oor ’n natuurwonder onder die see ................................ 118
Hoe goed verstaan jy die artikel? ........................................................... 120
Taal in konteks: Voegwoorde ................................................................. 120
Praat: Hou ’n vergadering ..................................................................... 121
Praat: Hou ’n vergadering (vervolg) ....................................................... 122
Skryf: ’n Agenda vir ’n vergadering ........................................................ 123
Skryf: Die notule van ’n vergadering...................................................... 124
Taal in konteks: Lydende en bedrywende vorm ...................................... 125
Lees en kyk: Uitgebreide leesprojek ....................................................... 126
Taal in konteks: Leestekens ................................................................... 126
Lees: ’n Gedig: Sterrekyker .................................................................... 127
Hersiening ........................................................................................... 128

vi
9 Snuffel vir inligting ...................................................................... 129
Lees en praat: ’n Webwerf ................................................................... 130
Skryf: Skep ’n advertensie ................................................................... 132
Praat: Voer ’n telefoongesprek ............................................................. 133
Praat: Voer nog telefoongesprekke ....................................................... 133
Skryf: ’n Dialoog ................................................................................ 133
Taal in konteks: Aksenttekens, koppeltekens, deeltekens, kappies .......... 134
’n Raaispeletjie: Wat is die woord? ....................................................... 135
Taal in konteks: Afkortings en voegwoorde .......................................... 135
Lees: ’n Advertensie ........................................................................... 136
Praat: Bespreek advertensies ............................................................... 136
Hoe goed verstaan jy die advertensie? .................................................. 137
Skryf: Jou eie selfoonadvertensie ......................................................... 137
Praat: Voer ’n debat ............................................................................ 138
Taal in konteks: Tye ............................................................................ 139
Lees: Soeklees vir inligting .................................................................. 140
Skryf: ’n Verhalende opstel .................................................................. 141
Taal in konteks: Tye ............................................................................ 141
Hersiening .........................................................................................
142

10 Keuses ......................................................................................... 143


Praat: Bespreek die illustrasies............................................................. 144
Vul ’n tabel in .................................................................................... 145
Luister: ’n Tydskrifartikel .................................................................... 146
Lees: Maak ’n opsomming .................................................................. 147
Taal in konteks: Homonieme, homofone, paronieme ............................ 148
Lees: ’n Gedig: As jy hardloop… ......................................................... 150
Hoe goed verstaan jy die gedig? ........................................................... 150
Skryf: ’n Reeks argumente .................................................................. 151
Hardoplees: ’n Onderhoud: Van bendelid tot rugbylegende ....................... 152
Taal in konteks: Woordorde en tye ....................................................... 153
Taal in konteks: Enkelvoudige en saamgestelde sinne ........................... 153
Taal in konteks: Spelreëls en spelpatrone ............................................. 154
Skryf: ’n Koerantberig ........................................................................ 155
Hersiening ......................................................................................... 156

11 Toptieners .................................................................................... 157


Lees en praat: Gesels oor merkwaardige tieners ................................... 158
Taal in konteks: Voegwoorde, woordorde, tye ....................................... 160
Lees: ’n Koerantartikel: Droom groot .................................................... 161
Hoe goed verstaan jy die artikel? ......................................................... 162
Taal in konteks: Homonieme, homofone, spelling ................................ 162
Lees: ’n Gedig: Die land van my ouers ................................................... 163
Hoe goed verstaan jy die gedig? ........................................................... 164
Praat: ’n Visbakbespreking oor ’n tema ................................................ 165
Taal in konteks: Woorde wat kan verwar ............................................... 165
Lees: Uittreksels uit ’n roman: Die kind ............................................... 166

vii
Hoe goed verstaan jy die uittreksels?.................................................... 169
Taal in konteks: Woorde wat kan verwar ............................................... 169
Skryf: ’n Beskrywende opstel .............................................................. 170
Hersiening ......................................................................................... 172

12 Die tale van kleure en geure ....................................................... 173


Kyk en praat: Bespreek advertensies .................................................... 174
Hoe goed verstaan jy die advertensies? ................................................ 176
Lees: Doen navorsing ......................................................................... 176
Skryf: Stel vrae op vir ’n luisterbegrip .................................................. 177
Luister: Toets mekaar se luisterbegrip .................................................. 177
Skryf: ’n Kennisgewing ....................................................................... 178
Woordeskat: Doen ’n blokkiesraaisel.................................................... 178
Taal in konteks: Direkte en indirekte rede ............................................ 179
Lees: Aandagtig lees vir begrip: Snuif-snuif deur die lewe ........................ 180
Hoe goed verstaan jy die inligtingsteks? ............................................... 182
Lees en skryf: Woordeboekgebruik....................................................... 182
Taal in konteks: Woordsoorte .............................................................. 183
Praat: ’n Formele toespraak ................................................................ 183
Taal in konteks: Spelling: meervoude, verkleining en geslag .................. 184
Taal in konteks: Doeblette .................................................................. 185
Skryf: ’n Formele brief........................................................................ 186
Hersiening ......................................................................................... 187

13 Jy en ander mense ...................................................................... 189


Luister: ’n Gesprek oor menseverhoudings .......................................... 190
Luister en praat: Bespreek vrae ........................................................... 192
Taal in konteks: Voegwoorde in ’n gedig: Omdat ................................... 192
Praat: Gee jou mening ........................................................................ 193
Taal in konteks: Voornaamwoorde in ’n gedig: Ek wil ............................ 193
Hardoplees: ’n Drama: Vriende van Eggo.............................................. 194
Hoe goed verstaan jy die drama? ......................................................... 194
Luister: ’n Liedjie: Lisa se klavier ......................................................... 196
Hoe goed verstaan jy die liedjie? .......................................................... 197
Taal in konteks: Getal, verkleining, geslag, verwarrende woorde ............ 198
Skryf: ’n Paragraaf oor ’n foto ............................................................. 199
Skryf: ’n Dagboekinskrywing: Formele assessering ........................... 199
Taal in konteks: Direkte en indirekte rede en idiomatiese taal ............... 200
Hersiening ......................................................................................... 202

14 Mik en druk op jou selfoon .......................................................... 203


Praat: ’n Klasgesprek oor selfoonfoto’s ................................................ 204
Praat: Bespreek vrae ........................................................................... 205
Lees: ’n Visuele teks: ’n Spotprent ....................................................... 206
Lees: Vergelyk gedigte ......................................................................... 207
Hoe goed verstaan jy die gedigte? ........................................................ 207
Hardoplees: Briewe aan die pers.......................................................... 208

viii
Hoe goed verstaan jy die briewe? ......................................................... 209
Skryf: ’n Brief aan die pers .................................................................. 210
Skryf: Jou eie brief aan die pers ........................................................... 211
Hardoplees: ’n Artikel: Formele assessering ..................................... 212
Hoe goed verstaan jy die artikel? ......................................................... 213
Taal in konteks: Idiome en geïmpliseerde betekenis .............................. 213
Luisterbegrip: ’n Inligtingsteks ............................................................ 214
Taal in konteks: Meervoude en woordeskat .......................................... 214
Taal in konteks: Geïmpliseerde betekenis ............................................. 215
Hersiening ......................................................................................... 215

15 Fiks = gesond ............................................................................... 217


Praat: ’n Klasgesprek .......................................................................... 218
Luister: ’n Artikel ............................................................................... 220
Praat: Voer ’n debat ............................................................................ 221
Lees: ’n Artikel ................................................................................... 222
Hoe goed verstaan jy die artikel? ......................................................... 223
Woordeskatspeletjie ............................................................................ 224
Taal in konteks: Sinonieme en antonieme ............................................ 224
Lees: ’n Gedig: Die fees van fiks wees .................................................... 226
Hoe goed verstaan jy die gedig? ........................................................... 227
Taal in konteks: Deelwoorde ............................................................... 227
Skryf: ’n Beredeneerde opstel .............................................................. 229
Taal in konteks: Ontkenning, lydende en bedrywende vorm,
letterlike en figuurlike betekenis, denotasie en konnotasie ..................... 230
Hersiening ......................................................................................... 232

16 Skrywers is koel … ..................................................................... 233


Praat: ’n Klasbespreking oor lees en boeke........................................... 234
Woordeskat: Toets jou kennis .............................................................. 235
Luister: ’n Luisterbegrip oor Carina Diedericks-Hugo ......................... 236
Taal in konteks: Woorde wat tyd aandui ............................................... 236
Skryf: Instruksies ................................................................................ 237
Lees en kyk: ’n Artikel oor e-boeke ...................................................... 238
Hoe goed verstaan jy die artikel? ......................................................... 239
Taal in konteks: Woordvorming ........................................................... 239
Lees: ’n Kortverhaal (deel 1): All is fair in love and war ......................... 240
Hoe goed verstaan jy die kortverhaal (deel 1)? ..................................... 241
Taal in konteks: Idiomatiese uitdrukkings ............................................ 241
Lees: ’n Kortverhaal (deel 2) ............................................................... 242
Hoe goed verstaan jy die kortverhaal (deel 2)? ..................................... 243
Taal in konteks: Sinonieme, los en vas skryf en skryftekens ................... 244
Taal in konteks: Sinne, woordorde, voorsetsels ..................................... 244
Taal in konteks: Voorsetsels ................................................................. 245
Hersiening ......................................................................................... 246

ix
17 ’n Brokkie son .............................................................................. 247
Praat: Vergelyk prente van stede .......................................................... 248
Luister: Sinne oor die prente ............................................................... 249
’n Klasprojek: Maak jou omgewing skoon ............................................ 249
Skryf: ’n Verslag .................................................................................. 250
Praat: ’n Debat ................................................................................... 250
Soeklees: ’n Liedjie: Sprokie vir ’n stadskind .......................................... 251
Lees hardop: Brei jou woordeskat uit ................................................... 252
Hoe goed verstaan jy die woordeskat? .................................................. 253
Taal in konteks: Spelling en woordsoorte ............................................. 253
Lees: Ontleed die inhoud van die liedjie: Sprokie vir ’n stadskind ........... 254
Lees: ’n Opsomming van die liedjie ..................................................... 255
Hoe goed verstaan jy die liedjie? .......................................................... 256
Lees hardop en luister: ’n Koerantberig ............................................... 258
Skryf: ’n Bedankingsbrief .................................................................... 258
Taal in konteks: Woordorde, deelwoorde, lydende en bedrywende vorm,
leestekens, hoofletters ......................................................................... 259
Hersiening ......................................................................................... 260

18 Dink groen ................................................................................... 261


Praat: Bespreek vrae ........................................................................... 261
Lees en kyk: ’n Spotprent ................................................................... 262
Lees: ’n Koerantberig ......................................................................... 263
Taal in konteks: Algemeen .................................................................. 264
Lees: ’n Gedig: Sommerso .................................................................... 265
Taal in konteks: Algemeen .................................................................. 266
Skryf: ’n Opstel .................................................................................. 266

19 Bylae ............................................................................................ 267


Vraestel 1: Taal in konteks .................................................................. 267
Taal ................................................................................................... 274
Spelling en skryfwyse ...................................................................... 274
Die los en vas skryf van woorde ....................................................... 276
Woordsoorte: Inleiding ................................................................... 278
Voornaamwoorde ........................................................................... 278
Voorsetsels ..................................................................................... 283
Trappe van vergelyking ................................................................... 285
Werkwoorde ................................................................................... 286
Bywoorde....................................................................................... 291
Voegwoorde ................................................................................... 293
Ontkenning .................................................................................... 297
Direkte en indirekte rede ................................................................ 298
Woordorde in sinne ........................................................................ 302
Foute in skryfwerk .......................................................................... 303
Hoe om letterkunde aan te pak ........................................................... 305
Indeks................................................................................................ 307

x
1 Wat is in ’n naam?
In hierdie lesreeks gaan jy:

Luister en praat • oor name praat


• na ’n teks luister en vrae daaroor beantwoord
• vrae bespreek
Lees en kyk: Begrip • brokkies inligting soeklees
• ’n informatiewe teks lees en vrae daaroor
beantwoord
• tussen feite en menings onderskei
• letterlike betekenis bespreek
• ’n kortverhaal lees en vrae daaroor beantwoord
Letterkunde • ’n opsomming van kernfeite in ’n verhaal maak
• afleidings uit ’n literêre teks maak
Skryf en aanbied • ’n informatiewe paragraaf skryf
• ’n verklaring skryf
Taalstrukture en • taal-in-konteks-oefeninge doen oor: spelling,
-konvensies lettergrepe en klankgrepe, sinsoorte, selfstandige
naamwoorde, byvoeglike naamwoorde, lidwoorde,
woordvorming
• jou woordeskat uitbrei

1. Wat is in ’n naam? 1
Praat: ’n Klasbespreking oor name
Lees wat die tieners oor hul name sê en bespreek dan die vrae op die volgende
bladsy met ’n maat.

Ek is Fatima.
My naam is van
Arabiese oorsprong.
Dit beteken “baba-
oppasser”.

Johan, my naam,
kom oorspronklik van
Hebreeus en beteken
“God is welwillend”.

My van is Ndlovu,
wat “olifant” beteken.
Ek is ’n sterk ou!

W oorsprong: origin; waar iets vandaan kom


regter: judge; iemand wat besluit wat reg en verkeerd is
verdediger: defender ; iemand wat veg teen gevaar
welwillend: gracious; vriendelik en goedgesind

2 Kwartaal 1
• Weet jy wat jou eie naam of van (surname) beteken?
• Hou jy van die naam of name wat jou ouers jou gegee het? Waarom sê jy so?
• Hou jy van jou van? Sal jy dit wil verander?
• As jy kon kies, watter naam of name sou jy graag wou hê?

My naam, Danny,
kom van Daniël,
wat “God is my
regter” beteken.

Julle sal dit nie glo nie,


maar my naam, Sasha,
kom oorspronklik van
Alexandra, wat “verdediger
van mense” beteken.

En my naam, Mariza,
kom van Maria, van
Latynse oorsprong,
wat “ster van die
see” beteken.

My naam is
Seekoei, maar
ek woon nie in
die see nie!
• Van watter name en vanne hou jy glad nie?
Hoekom nie?
• Weet jy van iemand wat hulle naam of van
wettiglik (legally) verander het? Waarom doen
mense dit?
• Dink jy dit is reg of nodig dat ’n getroude vrou
haar man se van aanneem? Hoekom dink jy so?

1. Wat is in ’n naam? 3
Lees: Soeklees inligting
Soek vinnig die antwoorde op die vrae in die inligtingsteks hieronder.

Onthou Wanneer jy soeklees, fokus jy net op die inligting wat jy wil hê


en ignoreer die res.

1. Watter kultuur beïnvloed die name van die meeste mense in ons land?
2. Wat beteken Dikeledi?
3. Uit watter taal kom die naam Jean?
4. Noem twee name wat van Arabiese oorsprong is.
5. Van watter drie antieke mitologieë kom baie name?
6. Hoeveel koppe het Briareus gehad?
7. Wie was Mars?
8. Waaroor handel hierdie inligtingsteks? Antwoord in een woord.

Waar name vandaan kom


1. Die meeste Suid-Afrikaners kry hul name uit die
kultuur van Afrika. In die Afrika-kultuur word daar
geglo dat die keuse van ’n naam die kind se hele lewe en
ook die familie kan beïnvloed. Afrika-name weerspieël
dikwels die dag van geboorte of die omgewing en
omstandighede waarin die kind gebore is. Die Xhosa-
naam Dikeledi beteken byvoorbeeld “trane” en Sipho
beteken “’n geskenk”.
2. Mense in Afrika se name is ook uit tale soos Frans,
Portugees, Hollands of Engels afkomstig. Hierdie name
is van Westerse oorsprong, byvoorbeeld Jean (Frans) en
Mary (Engels), João (Portugees), Inker (Hollands).
3. Godsdienstige gebruike speel ’n belangrike rol wanneer
name gekies word. Die Hebreeuse naam Rachel,
wat “skaapooi” beteken, verwys moontlik na ’n
offerande. Sommige name kom uit die Bybel,
die Koran of die Joodse heilige skrifte, soos
Jacob, Ismail en Maria. Moslem-name is
dikwels weer van Arabiese oorsprong, soos
Naeem en Shamila.
4. Baie van ons name kom uit die Germaanse, Griekse en
Romeinse mitologie. Sulke name verwys soms na die
Griekse en Romeinse gode van die antieke tyd,
byvoorbeeld Irene, die Griekse godin van vrede.
Sommige name verwys na ander mitologiese karakters,

4 Kwartaal 1
soos die naam Brian, afgelei van Briareus, volgens die Griekse mitologie ’n
monster met honderd arms en vyftig koppe.

5. Wat ’n mens se naam ook al beteken, jyself bepaal die beeld wat jy aan die
naam gee. As jou ouers jou byvoorbeeld die naam Eros (die Griekse god van
liefde) gegee het en jy tree eerder op soos Mars (die Romeinse god van
oorlog), moes jou naam eerder Markus gewees het!

Hoe goed verstaan jy die inligting?


Lees die inligtingsteks aandagtig en beantwoord die volgende vrae.
1. Waarom is die keuse van ’n naam belangrik in die Afrika-kultuur?
2. Kies die korrekte antwoord tussen hakies: Ouers wat hulle kind Sipho
noem, is (hartseer, gelukkig) oor hulle nuwe baba.
3. Dink jy die naam Sipho het ’n letterlike betekenis? Verduidelik.
4. Haal ’n sinsdeel aan wat verduidelik waar name soos Jean en Mary
vandaan kom.
5. Watter voorbeeld van ’n godsdienstige gebruik word in paragraaf 3
genoem?
6. Watter twee heilige boeke word in paragraaf 3 genoem?
7. Verduidelik in een sin waarom ’n mens kan sê die name Irene en Mars
het teenoorgestelde betekenisse.
8. Sou jy graag die naam Brian wou hê? Verduidelik.
9. Watter soort persoonlikheid, dink jy, sal by iemand met die naam
Markus pas?

W godsdienstige: religious; wat met godsdiens te doen het


mitologie: mythology; verhale wat van geslag tot geslag oorgedra word
offerande: sacrifice; iets, byvoorbeeld ’n dier, wat in ’n ritueel geoffer word
weerspieël: reflect; reflekteer, wys

1. Wat is in ’n naam? 5
Taal in konteks: Spelling, lettergrepe, klankgrepe
1. Lees die inligting oor spelling op bladsy 274 tot 277 en voer dan die
opdrag uit.
In die volgende teks is daar 32 spelfoute. Identifiseer die spelfoute en skryf
die woorde korrek neer.
 
Voorbeeld: Almal ken die deelneemers aan idols se name.
Antwoord: Almal ken die deelnemers aan Idols se name.

Waar het Elvis Blue sy naam gekry?


Elvis Blue, wenner van Idols 2010, het sy naam
gekry van Elvis Blaau, ’n 11 jaarige, MIV positieve
seentjie wat hy gereëld by die gemeenskap sentrum
op George besoek het. Vandag is die sanger ’n amba-
sadeur vir diè sentrum, waar klyn Elvis sy laste daë
deergebring het.
“As jy liefdadigheidswerk doen, dink jy altyd jy
verander mense se lewens. Dis waar, ya, maar ekt
Die Idols-wenner, Elvis Blue
besef die kiners verander ook my lewe elke keur as
ek daar is. Waneer ek saam met hulle lag, wiet ek my skedule is nie die belangrikste
dink in my lewe nie. As ek by die armes kyer, besef ek wat ek het en dan is ek dankbar.
Siek mense maak my bewus van my uie sterflikheid. Ek glo God gebryk ôns omgee vir
ander om ons te transformeer. ’n Mens moet waardeur wat jy het. Suid Afrikaners moet
mekaar hulp, of ons nou in die Klein Karoo, in Kwa Zulu Natal of in Johannesberg
woon. Ons is een naasie aan die suid punt van Africa.”
Lettergrepe is die
(Verwerk uit: www.sarie.com)
stukkies waarin jy woorde
2. Verdeel die volgende woorde uit die teks opbreek wanneer jy dit
hierbo in lettergrepe. skryf, bv. blom-me.
Voorbeeld: deelnemer
Antwoord: deel-ne-mer
a) sanger
b) verander
c) kinders
d) belangrikste Klankgrepe is die
e) sentrum stukkies waarin jy
f) transformeer woorde opbreek
g) armes wanneer jy dit sê,
h) mense
bv. blo-me.
i) Karoo
3. Hoe verskil die manier waarop ’n mens die woord wanneer sê en skryf?
Dit wil sê, hoe verskil die klankgrepe en die lettergrepe?

6 Kwartaal 1
Luisterbegrip: Byname
Byname (nicknames) word om verskillende redes gegee: om een mens van ’n
ander te onderskei (distinguish), as ’n troetelnaam, of om te spot of snaaks te
wees. Jy gaan nou na ’n artikel oor byname luister en vrae daaroor beantwoord.
Pre-luister
• Lees die vrae.
• Skryf die vraagnommers onder mekaar in jou werkboek neer.
Tydens luister
• Luister aandagtig na paragraaf 1. Besluit of die stellings by 1a) tot 1d) waar
of onwaar is.
• Luister na die res van die teks en maak aantekeninge (notes). Jy sal die teks
twee keer hoor.
Post-luister
Lees deur jou aantekeninge en finaliseer jou antwoorde. Skryf hulle neer.
1. Is die volgende stellings in paragraaf 1 van die teks waar of onwaar?
a) ’n Bynaam het nooit iets te doen met hoe ’n persoon lyk nie.
b) ’n Bynaam kan te doen hê met ’n tipiese kenmerk van ’n persoon.
c) In die teks gaan dit oor byname wat die skrywer uit sy skooljare onthou.
d) “Meerkat” was besonder sterk vir sy ouderdom.
2. Pyl van Zyl het sy bynaam gekry omdat hy ____ en ____ was.
3. Watter bynaam is by die skool aan ’n blonde meisie met ’n ligte vel gegee?
4. Watter bynaam verwys na ’n leerder se eetgewoontes?
5. Vul die ontbrekende woorde in: Die skool se a)____ het vir die leerders
soos ’n olifant gelyk. Die Aardrykskunde-onderwyser se bynaam was
b) ____ omdat hy so ’n dik c) ____ gehad het.
6. Waaraan het die klasmaat met die sproetgesig die leerders herinner?
7. Hoe het “Budgie” gelyk?
8. Kies die korrekte woord: Deesdae het mense (meer/minder) byname
as vroeër.

Praat: Bespreek vrae


1. In die teks het jy gehoor: “Ek moet
Het jy geweet? sê, byname was darem meer
’n Feit (fact) is iets wat regtig interessant as regte name.”
gebeur het of wat regtig so is. Is dit ’n feit of ’n mening?
’n Mening (opinion) is jou opinie Motiveer.
oor ’n saak; dis hoe jy daaroor 2. Stem jy saam met die skrywer
voel. van die luisterteks se gevoel
oor byname? Verduidelik jou
antwoord.

1. Wat is in ’n naam? 7
Taal in konteks: Sinsoorte
Daar is vier soorte sinne in Afrikaans:
• Stelsin: Die speler se bynaam is “Speknek”.
• Vraagsin: Is die speler se bynaam “Speknek”?
• Bevelsin: Hou op om die speler “Speknek” te noem!
• Uitroepsin: Ag nee, “Speknek” is darem nie ’n vleiende bynaam nie!
1. Verander die volgende stelsinne na vraagsinne.
Voorbeeld: Linda Roos se bynaam is Rosie.
Antwoord: Is Linda Roos se bynaam Rosie?
a) Leerders hou daarvan om hul onderwysers
byname te gee.
b) Die toeskouers skree die speler se bynaam.
c) Niemand weet waarom Fuad Fatar “Knoppies”
genoem word nie.
d) Julle weet hoekom Naledi se bynaam “Vink” is.
2. Pas elke sinsoort in kolom B by ’n sin in kolom A.

Kolom A Kolom B
“Ek haat dit as Ma my ‘Sus’ noem!” Stelsin
Jong kinders kry soms byname soos “Baby” of “Voëltjie”. Vraagsin
Is die naam wat jy gekies het dan nie goed genoeg nie? Bevelsin
Moenie jou bynaam in jou boek skryf nie! Uitroepsin

Skryf: ’n Informatiewe paragraaf


Skryf ’n paragraaf
van 80 tot 100 woorde
waarin jy inligting
gee oor mense se
interessante byname.
Dink byvoorbeeld aan
sportpersone: hulle het
baie dikwels byname,
soos dié waarmee op
die prent langsaan
gespot word. Gebruik
hierdie titel: Interessante
byname.

8 Kwartaal 1
Pre-skryf
• Beplan jou paragraaf met behulp van ’n kopkaart (mind map) of
aantekeninge.
• Onthou: ’n Goeie paragraaf bestaan uit een kernsin (topic sentence) en
’n paar ondersteunende (supporting) sinne.
• Die kernsin is gewoonlik die eerste sin, wat die onderwerp bekendstel,
byvoorbeeld: In my sportspan kies ons vir elke spanlid ’n interessante
bynaam.
• Die ondersteunende sinne gee voorbeelde van byname en verduidelik
hoekom dit by die verskillende mense pas.
Skryf jou paragraaf
• Skryf eers jou kernsin en laat jou ondersteunende sinne daarby aansluit.
• Laat al jou sinne logies op mekaar volg.
• Gebruik minstens twee verskillende sinsoorte in jou paragraaf.
• Die sinne moenie ewe lank wees nie.
• Jou laaste sin moet die paragraaf afsluit. Dit moet die inligting saamvat.
Hersien, redigeer, proeflees en aanbied
• Verbeter jou inhoud, woordorde en taal- en spelfoute, waar nodig.
• Skryf die finale weergawe netjies oor en proeflees dit.
• Tel hoeveel woorde jy gebruik het en skryf die getal woorde tussen hakies
onderaan jou paragraaf.

Taal in konteks: Selfstandige naamwoorde

Onthou • Selfstandige naamwoorde (s.nwe.) is die spesiale name van


mense, diere en lewelose voorwerpe.
• Die vetgedrukte woorde in die volgende sin is selfstandige
naamwoorde: Die naam van die provinsie Limpopo
beteken “water wat oor klippe spoel”.
• Die meeste selfstandige naamwoorde het ’n meervouds- en
verkleiningsvorm, en party selfstandige naamwoorde het ’n
manlike en vroulike vorm.

1. Herskryf die volgende sinne en skryf die eiename (proper nouns) met
hoofletters.
a) Baie name het met liefde te doen, soos lerato en amor, en die naam
kagiso beteken “vrede”.
b) Onlangs was daar in die huisgenoot en in die burger artikels oor name.
c) Seuns wie se van du plessis is, word dikwels “doep” of “doepies”
genoem.

1. Wat is in ’n naam? 9
2. Teken die tabel in jou boek oor en skryf die vetgedrukte woorde in die teks
hieronder in die linkerkolom. Vul dan elke woord se meervoud en
verkleinwoord in.
Woord Meervoud Verkleinwoord
a) rivier riviere riviertjie

Van waar kry die Oranje sy naam?


Die grootste (a. rivier) in ons (b. land), die Oranje, se naam het al baie verander.
Dit kronkel en vind sy (c. pad) regdeur die land tot by die grens van Namibië.
Die eerste (d. Europeër) wat die Oranjerivier in 1760 oorgesteek het, het dit die
Grootrivier gedoop. In die (e. taal) van die Namas was dit die Gariep.
Aan die einde van die 18de (f. eeu) het die Nederlandse ontdekkingsreisiger Jacob
Gordon dit die Oranje genoem. In 1777 het hy sy (g. vakansie) in die Nederlandse
Kaapkolonie deurgebring. Gordon was ’n geleerde (h. man), ’n (i. musikant) en ’n
(j. kunstenaar), en hy was ook bekend vir sy
aangename (k. persoonlikheid). In 1777 het hy
en ’n (l. groep) die boloop van die Grootrivier,
die Gariep, besoek. Hulle het tot by ’n
(m. sytak) gereis. As (n. ondersteuner) van
die Nederlandse Koninklike Huis van Oranje,
vernoem Gordon toe daardie (o. deel) van die
rivier waar die sytak en die (p. hoofstroom)
saamvloei, die Oranjerivier.
(Uit: http://www.republikein.com) Die Oranjerivier
3. Gee die teenoorgestelde geslag van die
woorde tussen hakies.
Die naam is: John
Johannes Jabu Julius,
Voorbeeld: My (broer) het drie name. of julle erf niks!
Antwoord: My suster het drie name.
Voordat ek gebore is, het my (a. oupagrootjie)
vir my (b. pa) gesê die nuwe baba, (c. sy) eerste
(d. agterkleindogter), se name moet John
Johannes Jabu Julius wees. Die name moes al die
stamlande van die baba weerspieël. Ek was nie ’n
(e. meisie) nie, maar ongelukkig het my (f. ouma)
toe daarop aangedring dat ek na (g. haar) vernoem
word. (h. Haar) name is ook John Johannes, maar ek is toe Joha gedoop. My
(i. neef) wat ’n jaar na my gebore is, se naam is Jojo. Mense vra (j. hom)
dikwels by watter sirkus (k. hy) werk. Sy het eenkeer ’n (l. kelner) wat dit vir
haar gevra het, soos ’n (m. katmannetjie) bespring, so woedend was sy! Jojo
het vir my (n. tannie) Patrick gesê sy gaan (o. sy) naam laat verander sodra sy
21 is, want met so ’n hansworsnaam kan (p. hy) nie leef nie.

10 Kwartaal 1
Lees: ’n Kortverhaal: Klara Majola
Dana Snyman, die skrywer van die volgende verhaal,
is op skool aangegryp deur die gedig oor ’n dogtertjie,
Klara Majola, wat in bittere koue na haar blinde pa
gaan soek het en verkluim het. Jare later het Dana
haar graf gaan soek. Na sy besoek het hy hierdie
verhaal geskryf.
Pre-lees
• Soek die gedig “Klara Majola” deur D.J. Opperman
op die internet of in ’n biblioteek en skryf dit neer.
• Lees die gedig saam met ’n maat en bespreek die Dana Snyman
inhoud en betekenis.

Onthou Die volgende elemente of kenmerke van ’n kortverhaal is


belangrik wanneer ’n mens dit ontleed:
• Tema: die kerngedagte in die verhaal
• Boodskap (message): wat die skrywer met die verhaal wil sê
• Karakters: die persone wat jy in die verhaal leer ken
• Intrige (plot): die storie en alles wat met die karakters
gebeur en wat hulle doen
• Ruimte (setting): die plek of agtergrond waarteen die
gebeure afspeel
• Tyd: wanneer die gebeure plaasvind, bv. tyd van die dag,
maand en/of jaar
• Verteller (narrator): die persoon uit wie se perspektief die
verhaal vertel word; dit kan ’n ek-verteller (eerstepersoons-
verteller) of ’n derdepersoonsverteller wees.

W begraafplaas: cemetery; plek waar dooie mense begrawe word


bynaam: not real name – a nick-name; nie regte naam nie
eenvoudig: simple; nie versier of mooi gemaak nie
moedig: courageous; dapper, nie bang nie
skietgee: to loosen/let go; om los te laat of los te maak
spruit: stream; klein riviertjie
uit ... verstand geken: knew by heart; uit kop geken
verkluim: die of cold/exposure; sterf as gevolg van uiterste koue
vetplantjie: succulent; ’n droogteplantjie wat met min water kan klaarkom
vreesaanjaend: terrifying; wat jou bang maak
werf: yard; stuk grond rondom ’n huis

1. Wat is in ’n naam? 11
Klara Majola
deur Dana Snyman

By die Engen-garage op Ceres skud Daantjie Fourie wat sy pa se Isuzu vol diesel kom
tap het, net sy kop. Nee, hy weet nie van Klara Majola nie.
Hy weet wel waar die plaas Die Eike is.
“Oom ry nou hiervanaf Hamlet toe, dan vat Oom die Gydopas bergop. Nes Oom op
die berg is, sal Oom die bordjie sien: Agter-Witzenberg. Daar draai Oom links.”
Ek ry in die rigting van die Gydopas, want ek wil op Die Eike kom – die plaas waar
Klara en haar mense gewoon het.
Sal daar ’n graf vir Klara
wees? Miskien. Miskien nie.
Dit was vir my vreemd dat
Daantjie Fourie nie van Klara
Majola geweet het nie. Behandel
die kinders dan nie meer
D.J. Opperman se bekende gedig
oor haar op skool nie?
Klara Majola was maar agt jaar oud toe sy een nag in Julie 1950 in hierdie omgewing
verkluim het, nadat sy haar blinde pa in die veld gaan soek het.
Ek het in standerd 9 met Klara Majola kennis gemaak. Ek hoor nog hoe juffrou Van
der Merwe daardie gedig vir ons voorgelees het. Dit het nogal ’n indruk op my gemaak,
al het ek meer van sport as van gedigte op skool gehou.

12 Kwartaal 1
Sowat 5 km buite Prince Alfred Hamlet begin die Gydopas. Dan, aan die bopunt, is
die bordjie: Agter-Witzenberg. ’n Entjie verder hou ek langs die pad stil. ’n Koue
windjie waai uit die noorde. Ek neem ’n foto van sneeu op ’n vetplantjie.
Miskien is dit een van die redes, besluit ek, hoekom Opperman se gedig oor Klara
Majola destyds so ’n indruk op my gemaak het. Oor die sneeu. Ek het nie met sneeu
grootgeword nie. Sneeu was nog altyd vir my bietjie onwerklik. Dat iemand in die sneeu
kon verkluim het, was vir ons vreesaanjaend. Langs my op die bakkie se sitplek lê ’n
afskrif van ’n berig wat op 31 Julie 1950 in Die Burger verskyn het – Klara Majola se
doodsberig wat Opperman geïnspireer het om die gedig te skryf. Volgens die berig het
sy op die plaas Die Eike gewoon. Nie haar pa, ma, broers of susters se name word
genoem nie. Niks word ook gesê van die begrafnis nie.
Ek hou stil by ’n ry huisies. ’n Jong man kom om die hoek. Jan Pieters.
“Nee, Meneer,” beduie hy. “Die Eike is nog verder aan.”
“Weet jy van Klara Majola?” vra ek.
“Of course, Meneer,” antwoord hy. “Haar suster, antie Nan, bly op Die Eike. Ry net
by die store verby. Haar huisie is die eerste een wat jy kry.”
Dis hoekom ek maar altyd sal reis. Ek het gedink ek sal net ’n graf kry, nou is ek op
pad na Klara Majola se suster toe.
Die Eike is ’n groot vrugteplaas. Ek ry stadig oor die werf, dan sien ek die
werkershuise onder ’n laning eikebome en hou by die eerste een stil. ’n Ou vrou maak
die huisie se deur oop. “Môre,” groet sy.
“Is u tannie Nan Majola?” vra ek.
“Ek is Nan Jansen,” sê sy.
“Is Tannie familie van Klara Majola?”
“Sy was my suster.” En dan help sy my reg: “Haar van
was Jansen.”
Tant Nan wys ek moet sit. “Ek het ’n boek
hier,” sê sy en stap by die vertrek langsaan
in. Na ’n rukkie kom sy terug met
dr. D.J. Kotze se boek Dapper
kinders van Suid-Afrika, waar
Klara Majola ook genoem
word.
Tant Nan gaan sit
voor die verwarmertjie.

1. Wat is in ’n naam? 13
“Ons was ses susters en een broer. Klara was net jonger as ek. My pa se naam was
Lemmie. Die boere het hom sommer Majola genoem. Dit was sy bynaam.”
Dan kyk sy stip na my. “Jy wil seker weet van hoe Klara verkluim het,” sê sy. “Ek sal
jou wys.”
Ons ry in my bakkie na die ander kant van die plaas, ek en tant Nan.
“Ek was so tien toe Klara geverkluim het. Sy was agt. Als is vaag in my kop.” Sy bly
’n rukkie stil. “Die vorige aand het ons koek geëet wat my ma gebak het.”
Dis duidelik waar die plaas sy naam kry: oral staan akkerbome. Tant Nan laat ons
onder ’n groot, ou eikeboom stilhou. “Hier het ons gebly toe Klara dood is,” sê sy.
“My pa het blind geraak hier op Die Eike. Hy kon nie meer werk nie. Smiddae het
hy in die veld gestap, want hy het al hierdie plekke uit sy verstand uit geken. Hy’t
houtjies opgetel.

“Daai middag het hy lank weggebly, my pa. Toe gaan soek Klara na hom. Toe begin
dit reën en sneeu en dis vriesig koud.
“My pa het teruggekom huis toe.”
Ons ry op ’n tweespoorpaadjie tot by ’n spruit en ’n bruggie. Naby die spruit gaan
ons staan en tant Nan wys na die grond. “Hier het hulle haar die volgende oggend
gekry. Sy het op haar maag gelê. Sy was dood. Hulle het haar opgetel en op ’n wit
bakkie gelaai.”
“Is dit al wat Tannie onthou?” vra ek.
“Ons het die vorige middag koek geëet wat my ma gebak het,” sê sy weer.
Tant Nan wil nog nie teruggaan huis toe nie.
Sy gaan wys vir my Klara se graf in die begraafplaas bokant haar huis. Dis ’n klein
plaasbegraafplaas vol armoedige grafte.

14 Kwartaal 1
Ek stap agter tant Nan by die hek in. Hoe lank gelede was dit toe ek die eerste keer
van Klara Majola daar in juffrou Van der Merwe se klas gehoor het? Nege en twintig
jaar. Toe was Klara Majola vir my iemand anders as wat sy nou is. Toe was sy net
woorde in my ou Senior Verseboek.
Dit is ’n eenvoudige graf met ’n sementsteen op. Klara Majola. Gebore 14.6.1942,
Gesterf: 26.7.1950.
Terug in tant Nan se warm kombuis, vra ek haar of sy nog enigiets van Klara het:
’n kledingstuk, speelding – enigiets.
“Nee,” sê sy. “Niks. Niks. Niks. Ons was buitendien te arm vir speelgoed.”
Buite skraap die wind die droë blare oor die werf. Die son skyn nou moedig, maar
die koue gaan nie sommer vandag skietgee nie.
“Weet Tannie van die gedig wat oor Klara geskryf is?” vra ek.
“Nee, gits,” antwoord tant Nan. “Watse gedig?”
(Uit: Op die Toneel, Human en Rousseau, 2009)

Hoe goed verstaan jy die verhaal?


1. Na watter plaas was die verteller op pad?
2. Waarom wou hy hierdie plaas besoek?
3. Waar het die verteller die eerste keer van Klara Majola gehoor?
4. Hoe het die digter D.J. Opperman van Klara se dood gehoor?
5. Waarom was die verteller verbaas om te hoor dat Klara se suster op
Die Eike woon?
6. Is die volgende stelling waar of onwaar? Gee ’n rede vir jou antwoord.
Die verteller is baie lief vir reis.
7. Verduidelik wie Nan Jansen is.
8. Wat was Klara se regte van?
9. Waarom het Nan die boek Dapper kinders van Suid-Afrika vir die verteller
gewys?
10. Verduidelik hoe dit gebeur het dat Klara dood is.
11. Wat was die belangrikste ding wat Nan oor die dag van Klara se dood
onthou?
12. Presies hoe oud was Klara toe sy dood is (jaar en maande)?
13. Waaroor is die verteller aan die einde van die storie verbaas?

1. Wat is in ’n naam? 15
Hoe goed ken jy literêre kenmerke?
1. Is die volgende ’n feit of ’n mening? Motiveer
jou antwoord. In hierdie verhaal is die skrywer Onthou
en die verteller dieselfde persoon. ’n Feit is iets wat regtig
2. Beskryf die agtergrond (ruimte) waarteen die gebeur het of wat waar is.
verhaal afspeel. ’n Mening is net jou
3. Beskryf Klara se karakter in een sin. opinie oor ’n saak.
4. Kies die korrekte woord: Dit is (ironies/
sarkasties) dat Nan nie van die gedig “Klara Majola” geweet het nie.
5. Wat is die tema van die verhaal, dink jy? Kies die mees gepaste antwoord.
a) Mense vergeet van helde.
b) Sneeu is gevaarlik.
c) Dis die bynaam van iemand wat ’n mens onthou.

Lees: Maak ’n opsomming


Tydens sy besoek aan Die Eike het Dana Snyman nuwe inligting oor Klara
Majola uitgevind. Wat het hy uitgevind? Som hierdie inligting in twee sinne op.

Skryf: ’n Verklaring
Verbeel jou jy is ’n polisieman of ’n polisievrou in die Ceres-polisiekantoor.
Mevrou Jansen kom rapporteer haar dogtertjie se dood. Jy moet die inligting
neerskryf. Voltooi die polisieverslag (police report) in jou skryfboek.

Polisieverslag van ’n sterfgeval


Inligting oor persoon wat dood is:
Naam: ___________________________________________________________
Geboortedatum: ___________________________________________________
Ouderdom: _______________________________________________________
Adres: ___________________________________________________________
Datum van dood: ___________________________________________________
Oorsaak (cause) van dood: __________________________________________

Inligting oor persoon wat sterfgeval aanmeld:


Naam: ___________________________________________________________
Adres: ___________________________________________________________
Datum van verklaring: _______________________________________________
Handtekening: _____________________________________________________

16 Kwartaal 1
Taal in konteks:
Byvoeglike naamwoorde en lidwoorde
1. Gee die korrekte vorm van die byvoeglike naamwoorde tussen hakies.

Waar die dae van die week hul name gekry het
In die (a. oud) dae het die mensdom bly soek na iets om te aanbid – iets
wat (b. groot) en (c. goed) as hulself in die groot, (d. onbegryplik) heelal
was. In die son, die maan, die
weerlig en die donder het hulle
gode gevind en elke dag is aan
’n (e. mitologie) god of godin
opgedra. Vir die (f. antiek)
beskawings was daar niks wat
(g. helder), (h. mooi) en (i. groot)
as die son was nie. Die son was (j. glorieryk)
as die mens en (k. hoog) in die lug as enigiets
anders. Vandaar die naam Sondag, die (l. een) dag van die week.
Ander dae van die week is na gode vernoem. Dinsdag is na Tyr, die
(m. Noor) god van oorlog vernoem. Hy was (n. dapper) as Ferris, die
(o. wreed) wolfgees. As hierdie twee geveg het, was Tyr altyd die (p. sterk).
Vrydag is vernoem na Frigga, die (q. bekend) van die Germaanse godinne.
Van die (r. vroeg) bewoners van Skandinawië wat Wodan, hul oppergod,
vernoem het, kry ons Woensdag, die (s. middel) dag van die week.
2. Gebruik die intensiewe vorm van die volgende woorde in kort sinne.
Voorbeeld: koud
Antwoord: Dit was yskoud toe Klara Majola dood is.
a) warm e) blind h) bekend
b) kwaad f) dood i) alleen
c) leeg g) snaaks j) vreemd
d) verlief
3. In elkeen van die volgende sinne is ’n lidwoord
(die of ’n) uitgelaat. Skryf die sinne korrek oor.
a) Meeste mense weet wat hul name beteken.
b) Klara Majola is in winter dood.
c) Mens kan navorsing doen oor wat jou
naam beteken.
d) My sussie is in bed en lees boek oor name.
4. Verbeter die fout in die volgende sin.
’N ou beskawing, soos dié van die Grieke,
het tempels vir hul gode gebou.

1. Wat is in ’n naam? 17
Hersiening
Voer die opdragte uit wat op die genommerde gedeeltes in die linkerkolom
gebaseer is.

Beskrywende plekname in die Noord-Kaap


Die Augrabies (1. Waterval, Watervalle) 1. Kies die korrekte woord.
Nasionale Park is ’n (2. bekende) bestemming 2. Gee die intensiewe vorm.
wat gewild is vir sy (3. uniek) natuurskoon en 3. Gee die korrekte vorm.
(4. waterval) waarvandaan die park sy naam 4. Verdeel in lettergrepe.
kry: die plek van groot geraas. In die park met
sy (5. ru), oeroue (6. rots) is ook baie soorte 5. Gee die korrekte vorm.
(7. wildsbok). 6. Gee die meervoud.
Tussen die (8. koppies van klip) van 7. Gee die meervoud.
Namakwaland lê ’n dierbare (9. klein dorp) met 8. Gee een woord.
wonderlike mense. Dit is die (10. interresante) 9. Gee een woord.
dorp Garies, vernoem na die kruipgras wat in 10. Verbeter die spelling.
die (11. omgewing) voorkom. Die (12. Alfabet- 11. Verdeel in lettergrepe.
klip) noord van die dorp word só genoem 12. Gee die meervoud.
omdat (13. vroeg) besoekers hul (14. naam) 13. Gee die korrekte vorm.
daarop uitgekrap het. Die dorp het ook 14. Gee die meervoud.
(15. graf) uit die tyd van die Anglo-Boere- 15. Gee die meervoud.
oorlog, onder andere die (16. graaf/graf) van 16. Kies die korrekte woord.
’n (17. Brittanje) offisier. 17. Gee die korrekte vorm.
Dit is geleë aan die (18. noordwes) kant van die 18. Gee die korrekte vorm.
Noord-Kaap-provinsie. Springbok is die
(19. baie) digbevolkte dorp in hierdie land- 19. Gee die korrekte vorm.
streek. Die (20. ekologie) waarde van die 20. Gee die korrekte vorm.
gebied is ook besig om tot sy reg te kom.
Totaal: 20

18 Kwartaal 1
2 Straal jy of stres jy?
In hierdie lesreeks gaan jy:

Luister en praat • foto’s en byskrifte bespreek


• ’n teks hardop lees
Lees en kyk: Begrip • inligting in ’n tabel organiseer
• vrae oor ’n artikel beantwoord
• ’n tekening vertolk
• ’n inligtingstuk lees en vrae daaroor beantwoord
Letterkunde • ’n gedig lees en vrae daaroor beantwoord
Skryf en aanbied • ’n lys maak
• ’n paragraaf skryf
Taalstrukture en • taal-in-konteks-oefeninge doen oor: vraagsinne,
-konvensies woordvorming, klank- en lettergrepe, lidwoorde,
sinonieme, gevoelstaal, antonieme, trappe van
vergelyking, alfabetiese volgorde, spelling,
meervoude, verwarrende woorde
• ’n woordeboek gebruik
• jou woordeskat toets en uitbrei

2. Straal jy of stres jy? 19


Praat: Interpreteer die foto’s en byskrifte
1. Verdeel in groepe van drie. Kyk na die foto’s op hierdie twee bladsye en lees
die byskrifte. Elke groep moet vyf vrae oor die foto’s opstel. Dit kan enige
vrae wees, soos: Hoekom lyk Peter en Anne so ongelukkig? Wat laat Jeffrey
straal? Vra die vyf vrae wat julle groep opgestel het, aan die res van die klas.
Let mooi op of dié tieners stres of straal. Dink kreatief en vra oorspronklike
vrae.

Onthou As jy straal, is jy gelukkig en vriendelik.


As jy stres, is jy ongelukkig en bekommer jy jou oor dinge.

Peter (18) en Anne (17) het


dwelms begin gebruik om
hulle probleme op te los en
hulle stres weg te neem.
Hulle het eers gedink dis
koel, maar nou is hulle
dwelmverslaafdes. Hulle
voel hulle is mislukkings en
niks werd nie. Hulle doen
nie hulle skoolwerk nie,
hulle neem nie aan sport
deel nie en hulle verbeter
nie hulle lewens nie.

John Adams (18) is versot


op rugby. Sport is sy
lewe. Hy speel vir die
Wes-Kaap-skole-
rugbyspan en daarby
vaar hy uitstekend in sy
skoolwerk. Hy het nie tyd
om te rook of om dwelms
te gebruik nie.

20 Kwartaal 1
Thabang Moreli (15) van
Hoërskool Linden speel
trompet in die skoolorkes.
Hy oefen elke dag. Voor ’n
kompetisie oefen hulle van
twee-uur in die middag tot
nege-uur in die aand. Hy
het beslis net tyd vir sy
skoolwerk en sy musiek.
Hy is op sy gelukkigste as
hy saam met sy maats in
die orkes kan speel.

Hierdie tienermeisie, Fay Philips (16),


straal wanneer sy dans. Sy stel nie in
alkohol en dwelms belang nie. Sy dans
elke Saterdag by die Musicactive-skool
in Johannesburg. Sy wil dit nooit
misloop nie. Hulle oefen hard vir ’n
groot konsert.

Odette Small (16) stres oor


haar skoolwerk wat baie
agteruitgegaan het. Sy kan nie
konsentreer nie. Sy dink net
aan haar ma en pa wat besig
is om te skei. Sy weet nie
wanneer sy ooit weer gelukkig
gaan wees nie.

2. Soos wie op die foto’s op hierdie twee bladsye wil jy wees? Gesels met ’n
maat daaroor.

2. Straal jy of stres jy? 21


Hoe goed verstaan jy die woordeskat?
Lees weer die byskrifte by die foto’s op bladsy 20 en 21 en voltooi dan die
sinne. Kies die regte woorde uit die lys hieronder.

W besig om te skei: getting divorced; besig om uit mekaar te gaan


dwelms: drugs; middels soos kokaïen waaraan ’n mens verslaaf kan raak
dwelmverslaafdes: drug addicts; mense wat nie sonder dwelms kan lewe nie
mislukking: failure; nie ’n sukses nie
oefen: practise; iets oor en oor doen om beter te word
skoolorkes: school band; groep leerders wat saam musiek maak
straal: beam; is gelukkig
uitstekend: excellent; baie goed
versot op: keen on; hou baie van

Anne en Peter is verslaaf aan 1. ____ daarom voel hulle


dat hul lewens nie ’n sukses is nie, maar ’n 2. ____.
Jeffrey Stevens is 3. ____ op rugby en vaar 4. ____ in sy
skoolwerk.
Thabang Moreli hou daarvan om in sy 5. ____ te speel.
Hy 6. ____ elke dag baie ure lank.
Fay voel gelukkig, daarom 7. ____ sy wanneer sy dans.
Odette Small voel ongelukkig, want haar ouers is besig om te 8. ____.

Lees: Organiseer inligting in ’n tabel


Teken die tabel in jou werkboek oor. Kyk of jy die inligting oor die tieners op
bladsy 20 en 21 in die tabel kan invul.
Naam Ouderdom Wat doen hy of sy? Voel hy of sy positief
of negatief?
Jeffrey Stevens 18 Hy speel rugby en vaar Hy voel positief oor sy
uitstekend op skool. lewe.

Taal in konteks: Woordvorming


Gee die regte vorm van die woorde tussen hakies.
1. Peter en Anne is (slaaf) aan dwelms.
2. Jeffrey is ’n (uitsteek) student.
3. Thabang het van twee-uur tot nege-uur (oefen).
4. Fay is ’n (dans) en oefen vir ’n groot konsert.
5. Odette kan nie (konsentrasie) nie, want sy is bekommerd.

22 Kwartaal 1
Taal in konteks: Klank- en lettergrepe,
lidwoorde, sinonieme
1. Spreek die vetgedrukte woorde in die sinne hieronder eers hardop uit en
verdeel dit dan in lettergrepe (mid-dag) en in klankgrepe (mi-dag).

Onthou Klankgrepe is die stukkies waarin jy woorde opbreek wanneer


jy dit sê.
Lettergrepe is die stukkies waarin jy woorde opbreek wanneer
jy dit skryf.

a) Peter en Anne het dwelms begin gebruik om hulle probleme op te los.


b) Jeffrey Adams speel goed rugby en hy vaar uitstekend in sy skoolwerk.
c) Thabang van Hoërskool Linden speel trompet in die skoolorkes.
d) Fay is ’n tienermeisie wat hard oefen vir ’n groot konsert.
e) Odette kan nie konsentreer nie en weet nie wanneer sy weer gelukkig
gaan wees nie.
2. In elkeen van die volgende sinne is die woordjie die weggelaat. Skryf die
sinne korrek oor.

Onthou Daar is twee lidwoorde in Afrikaans: die en ’n.

a) Fay se betrokkenheid by dans help haar om lewe te geniet.


b) Meeste kinders met geskeide ouers sal verstaan hoe Odette voel.
c) Almal by skool weet dat Thabang ’n goeie trompetspeler is.
d) Peter en Anne was al dikwels in moeilikheid.
e) In winter speel Jeffrey elke Saterdag ’n rugbywedstryd.
3. Kies sinonieme vir die vetgedrukte woorde uit die blokkie hieronder.
(Sinonieme is woorde wat min of meer dieselfde beteken.)

a) ’n Goeie danseres moet ook ’n goeie toneelspeler wees.


b) Mense wat straal, is gewoonlik geesdriftig oor die lewe.
c) Die meisie wie se ouers besig is om te skei, voel depressief.
d) Die hoogtepunt van die wedstryd was toe Jeffrey ’n drie gedruk het.
e) As jy aan dwelms verslaaf is, is die kwaliteit van jou lewe laag.
f) Na die konsert het elke danser ’n geskenk gekry.
g) Gelukkige mense het gewoonlik ook goeie maats.
h) Die orkeslede was woedend toe die konsert gekanselleer is.

2. Straal jy of stres jy? 23


Praat: Lees hardop
Verbeel jou jy is ’n radio-omroeper (announcer) en lees die volgende artikel oor
Harry Adams hardop.

Wenke • Maak seker dat jy die volgende letters reg uitspreek:


vir v (soos in verkeerd – nie soos in very nie), w (soos in weet
hardoplees – nie soos in sewing nie) g (soos in begin – nie soos in
beginning nie, j (soos in jong – nie soos in just nie).
• Sorg dat jy die volgende kombinasies letters korrek
uitspreek: uu (soos in uur), eu (soos in akteur), ei (soos in
eie), ui (soos in huis), oo (soos in skool), oe (soos in
doen) en ou (soos in ouers).
• Lees met gevoel – soms harder, soms sagter. Die belangrike
woorde kan effens harder gelees word.
• Moenie woord vir woord lees nie. Probeer vloeiend lees.

Harry los dwelms


Harry Adams (28) is ’n suksesvolle akteur van Mitchells Plain wat sy eie teatergroep
vir jongmense gestig het. Die naam van die teatergroep is Energy Theatre. Met dié
teater help hy jongmense om doelgerig besig te wees en nie dwelms te gebruik of
misdaad te pleeg nie.
Op skool het Harry al begin toneelspeel, maar sy ouers het niks daarvan gehou nie
en daarom het hy ’n rebel geword. “Ek het die skool verlaat en van die huis af
weggeloop. Ek het dagga gerook en later ander dwelms begin gebruik. Ek het slegte
dinge gedoen,” vertel Harry.
Sy ma het uitgevind dat hy met verkeerde dinge besig is. Sy het hom gebel en gesê:
“My seun, ek weet jy gebruik dwelms. Hou asseblief op!”
Hy het dit eers ontken en later erken dat dit waar is. Hy het reguit vir sy ma gesê:
“Ma, ek wil ’n akteur wees. Met my hele hart.” Sy ma het uiteindelik verstaan en gesê:
“Harry, as jy dan so graag wil toneelspeel, is dit reg. Maar hou asseblief op om dwelms
te gebruik. Dis baie sleg!”
Vandag gebruik Harry nie meer dwelms nie. Hy sê reguit: “As ’n mens dagga rook,
verander jy. Jy word sleg. Jy kan nie by die skool konsentreer nie. Jy glimlag net en dink
aan meisies. Mandrax is baie erg. Dit laat jou dink jy’s ’n reus. Jy dink jy is groot en
sterk en jy word dan gou kwaad en
aggressief. As ’n mens vandag dwelms
gebruik, het jy dit môre weer nodig.
En meer en méér. Dit hou net nie
op nie.”
W bendelid: gangster; iemand wat
deel van ’n bende is
erken: admit; sê dat iets waar is

24 Kwartaal 1
Hoe goed verstaan jy die artikel?
Lees weer die artikel oor Harry Adams en beantwoord dan die vrae hieronder.
1. Haal een woord aan wat sê dat Harry ’n toneelspeler is.
2. Watter een woord dui aan dat Harry die teatergroep self begin het?
3. Drie van die volgende antwoorde is korrek. Watter een is nie korrek nie?
Met die teater help Harry jongmense ...
a) om nie dwelms te gebruik nie.
b) om nie toneel te speel nie.
c) om doelgerig besig te wees.
d) om nie misdaad te pleeg nie.
4. Sê of die volgende stelling waar of onwaar is.
Gee ’n rede vir jou antwoord.
Harry se ouers het daarvan gehou dat hy toneelspeel.
5. Hoekom, dink jy, het Harry dwelms begin gebruik?
6. Met watter drie opeenvolgende woorde smeek Harry se ma hom om nie
meer dwelms te gebruik nie?
7. Haal twee afsonderlike woorde aan wat wys dat Harry eers nie vir sy ma
wou sê dat hy dwelms gebruik nie, maar tog later die waarheid gepraat het.
8. Noem ses dinge wat met ’n mens kan gebeur as jy dagga of Mandrax
gebruik.
9. Hoekom, dink jy, het Harry opgehou om dwelms te gebruik?

Taal in konteks: Gevoelstaal


1. Werk saam met ’n maat en maak beurte om die woorde in die praatborrels
met gevoel hardop te lees. Besluit dan watter woorde wys hoe elke spreker
voel.
My seun, ek weet jy gebruik
dwelms. Hou asseblief op!

Ma, ek wil ’n akteur


wees. Met my hele hart.

2. Watter woorde kan jy gebruik om die volgende sinne met meer gevoel te
sê? Kies een van die woorde hieronder om jou te help.

a) Ek hou van musiek.


b) Ons span het Saterdag sleg gespeel.
c) Die toneelstuk was ’n sukses.

2. Straal jy of stres jy? 25


Lees en skryf: Gebruik ’n woordeboek en
maak ’n lys
1. Die volgende woorde beskryf eienskappe (characteristics). Gebruik ’n
woordeboek en slaan die betekenis van die woorde na.
aanpasbaar, aggressief, bedagsaam, dominerend, fluks, geduldig, gelukkig,
hulpeloos, jaloers, kalm, lui, netjies, ongeduldig, ongelukkig, onseker,
onselfsugtig, onverantwoordelik, onvolwasse, onvriendelik, optimisties,
pessimisties, selfsugtig, slordig, trots, verantwoordelik, vol selfvertroue, volwasse,
vriendelik, vrolik

2. Verdeel die woorde in twee groepe: positiewe eienskappe en negatiewe


eienskappe.
3. Kies vyf woorde in die twee groepe wat jy dink jou die beste beskryf. Wees
eerlik, want ons het almal positiewe en negatiewe eienskappe. Gesels nou
met ’n maat oor julle goeie (positiewe) en slegte (negatiewe) eienskappe.

Skryf: ’n Paragraaf
’n Goeie paragraaf bestaan uit ’n kernsin (topic sentence) en ondersteunende
sinne (supporting sentences). In die volgende paragraaf is die kernsin
onderstreep en daar is vyf ondersteunende sinne. Die ondersteunende sinne
verduidelik en gee voorbeelde van die kernsin.

Ek
My naam is Samantha Parker en ek is sestien
jaar oud. As ek aan myself dink, is ek bewus
van my positiewe en negatiewe eienskappe.
My positiewe eienskappe is veral duidelik
wanneer ek saam met ander mense is. Ek
is bedagsaam, onselfsugtig en ’n goeie
luisteraar. My negatiewe eienskappe is ’n
baie persoonlike saak, want niemand anders
weet hoe dikwels ek onseker oor myself voel
en bang is oor wat mense van my dink nie.
Dit is dinge waaraan ek wil werk.

Skryf nou ’n paragraaf van 80 tot 100 woorde oor jouself en die dinge wat jy in
jouself en in jou lewe wil verander om dit positiewer te maak, byvoorbeeld:
Ek gaan probeer om nie so aggressief by die huis te wees nie. Ek gaan vriendeliker
teenoor my ma wees …

26 Kwartaal 1
Pre-skryf
• Beplan jou paragraaf sodat dit presies dieselfde struktuur as die voorbeeld op
bladsy 26 het: ’n kernsin en vyf ondersteunende sinne.
• Onthou, die kernsin is gewoonlik die eerste sin, wat die onderwerp
bekendstel, en die ondersteunende sinne brei daarop uit.
• Jy kan die woorde in die raam op bladsy 26 gebruik om jou te help.
Skryf jou paragraaf
• Skryf eers jou kernsin en laat jou ondersteunende sinne daarby aansluit.
Hersien, redigeer, proeflees en aanbied
• Lees goed deur jou paragraaf en maak seker dat dit uit ’n kernsin en
ondersteunende sinne bestaan.
• Maak seker dat jou woordorde reg is en verbeter enige spelfoute.
• Skryf jou paragraaf netjies oor voordat jy dit inlewer.

Taal in konteks: Antonieme en


trappe van vergelyking

Onthou Antonieme is woorde met teenoorgestelde betekenisse,


byvoorbeeld: mooi – lelik, klein – groot, stokoud – bloedjonk.

1. Voltooi die sinne met antonieme (teenoorgesteldes).


a) Party mense voel dikwels hartseer; ander is meestal ____.
b) Die probleem met tieners is dat hulle nie geduldig genoeg is nie; hulle
weet self nie hoekom hulle partykeer so ____ is nie.
c) Dis beter om fluks te wees en jou werk klaar te kry as om ____ te wees.
d) ’n Verantwoordelike mens sal nie sommer dwelms gebruik nie.
’n ____ mens stres oor sy lewe en gebruik soms dwelms.
e) Soms kan ’n mens kies of jy pessimisties of ____ wil wees.
f) Jy hoef nie ongelukkig te wees nie; jy kan self kies om ____ te wees.
g) Mense wat altyd gespanne is, raak makliker siek as mense wat ____ is.
h) Soms is dit maklik om positief te wees, maar partykeer is dit ____.
i) Party tieners dra duurder klere wat baie geld kos; ander dra ____ klere.
j) Skatryk tieners en ____ tieners moet leer om selfstandig te wees.
2. Gee elke keer die regte vorm van die woorde tussen hakies (trappe van
vergelyking).
a) Hoe (positief ) ’n mens is, hoe (gelukkig), (gewild) en (gesond) is jy.
b) Hoe (fiks) jy is, hoe (hard) werk jy en hoe (goed) hanteer jy stres.
c) Hoe (onfiks) en (moeg) jy voel, hoe (maklik) sien jy die donker kant
van die lewe.
d) Hoe (baie) jy aan positiewe dinge dink, hoe (min) sal jy toelaat dat
probleme jou onderkry.

2. Straal jy of stres jy? 27


Lees: ’n Gedig: Wroeging
van ’n tiener
’n Tienermeisie het ’n gedig oor ’n 15-jarige
seun geskryf wat nie gelukkig oor sy lewe is nie.
Lees eers die gedig en die opsomming en
beantwoord dan die vrae.

Die gedig Die opsomming


Wroeging van ’n tiener ’n Tiener se stres
Ek is vyftien, en ’n seun. Die spreker van die gedig is ’n seun wat
Met rankerige bene vyftien jaar oud is. Hy verbeel hom sy
en ’n pasteikors-vel. bene is baie lank en dun en hy voel
Wat misken is deur my ouers ongelukkig oor sy lelike vel vol puisies
wat vergeet het om my te verstaan. (pimples). Hy dink sy ouers waardeer
(appreciate) hom nie en dat hulle nie
probeer om hom te verstaan nie.
Wat moet stry teen die euwels Hy is ’n tiener wat hard moet baklei teen
van dagga en wyn, die verkeerde dinge: hy moet probeer om
groepdruk en seks. nie dagga of alkohol te gebruik nie en hom
Die eerste liefde bring pyn nie aan groepdruk (peer pressure) van
en ’n deurmekaar brein. verkeerde maats en seks oor te gee nie.
Hy ervaar hartseer en pyn met sy eerste
meisie. Hy is verward (confused ) en kan
nie helder dink nie.
Moet ek bly stry, Hy wonder of hy moet aanhou om teen
want die verkeerde dinge te veg, want hy voel
ek is net vyftien hy is net ’n jong seun van vyftien.
en ’n seun?

Sonja van der Nest (Aangepas uit: Losvoor, Shuter en Shooter, 1996)

1. Wie is die spreker in die gedig? (1)


2. Noem drie dinge waaroor die seun in strofe 1 ongelukkig voel. (3)
3. Kies die korrekte antwoord: Die beskrywing “pasteikors-vel”
(strofe 1) is ’n voorbeeld van ’n (vergelyking/personifikasie/
metafoor). (1)
4. Haal twee afsonderlike woorde uit strofe 1 aan wat die seun se ouers
se houding teenoor hom beskryf. (2)
5. Kyk na strofe 2. Wat is die euwels waarteen die seun moet stry? (4)
6. Hoe laat die seun se liefdesverhouding hom voel? (2)
7. Skryf twee woorde uit strofe 2 neer wat rym. (2)
8. Wat, dink jy, beteken die vraag “Moet ek bly stry?” in strofe 3? (1)
9. Dink jy die gedig se titel pas goed daarby? Verduidelik. (2)
10. Is dit ’n positiewe of ’n negatiewe gedig? Hoekom sê jy so? (2)
Totaal: 20
28 Kwartaal 1
Taal in konteks: Antonieme, alfabetiese
volgorde en woordeskat
1. ’n Uitdaging! Probeer die gedig positief maak. Kies woorde of sinne uit die
blokkie en skryf die gedig oor.

soos gesonde kos en vrugtesap onthou e


gladd
de aanvaa er
vreug r atletiese held veg vir die goeie dinge

Ek is vyftien, en ’n seun. Ek is vyftien, en ’n seun.


Met rankerige bene Met a) ____ bene
en ’n pasteikors-vel. en ’n b) ____ vel.
Wat misken is deur my ouers Wat c) ____ is deur my ouers
wat vergeet het om my te verstaan. wat d) ____ het om my te verstaan.
Wat moet stry teen die euwels Wat moet e) ____
van dagga en wyn, f) ____,
groepdruk en seks. goeie vriende en verhoudings.
Die eerste liefde bring pyn Die eerste liefde bring g) ____
en ’n deurmekaar brein. en ’n h) ____ brein.
Moet ek bly stry, Ja, ek moet aanhou baklei teen die
want verkeerde dinge,
ek is net vyftien want
en ’n seun? ek is net vyftien en ’n seun.

2. In ’n woordeboek word woorde alfabeties van a tot z gerangskik. Kyk of jy


die volgende woorde kan rangskik soos hulle in ’n woordeboek verskyn.

positief produktief pret potensiaal portuur


perfek pessimis praat probleem

3. Gebruik die leidrade in die regterkolom om die woorde links te voltooi.


a) st*kp*rdj** iets wat jy in jou vrye tyd beoefen
b) g*b*l*ns**rd die regte balans, nie te veel of te min nie
c) sk*d*l*k iets wat nie goed vir jou is nie
d) br*ndm**r nie spekvet nie, maar baie maer
e) m*sbr**k iets verkeerd gebruik, byvoorbeeld drank
f) **rd*s*s te veel van iets inkry, byvoorbeeld pille of dwelms
g) r*h*b*l*t**r regkom, leer om weer ’n gesonde, normale lewe te lei
h) m*d*s*n* wat siek mense drink om beter te voel
i) *m*s**s gevoelens
j) **f*n*ng wat jy doen om fiks te word

2. Straal jy of stres jy? 29


Lees: ’n Inligtingstuk oor verkeersreëls
Weet jy dat verreweg die meeste ongelukke op paaie veroorsaak word deur
mense wat alkohol drink en dan bestuur? Lees die inligtingstuk aandagtig deur
en beantwoord die vrae skriftelik.

Onthou Verkeersreëls is traffic rules in Engels. Die meervoud van pad


is paaie.

Moenie drink en bestuur nie


Laat September verlede jaar is Martin van Rensburg erg
beseer in ’n motorongeluk omdat hy onder die invloed Drink en
van alkohol bestuur het. Martin, ’n tiener van 18, het op bestuur is baie
’n partytjie gedrink en daarna self huis toe bestuur. Hy
het gedink dis veilig.
gevaarlik en
Martin onthou glad nie hoe die ongeluk gebeur het onwettig
nie. Die motor wat hy bestuur het, is ’n totale wrak.

Wat kan gebeur as jy drink en bestuur? Wenke: Kom veilig tuis


As jy drink en bestuur, kan: • Reël dat iemand in
• jy jou bestuurderslisensie verloor. jou groep nie drink
• jy ’n boete van R20 000 of meer kry. nie en dat hy of sy
• jy tronk toe gaan. huis toe bestuur.
• jou versekering weier om vir die skade te betaal. • Reël om oor te slaap
• jy ernstig beseer word of selfs sterf. by dieselfde plek
• jy ander mense se lewens verwoes. waar die partytjie
gehou word.
• Moenie as ’n
passasier in ’n motor
ry waarvan die
bestuurder gedrink
het nie.
• Kry ’n taxi om jou
huis toe te neem
indien jy gedrink het.
• Bel jou ouers om jou
te kom haal.

Onthou Jou lewe is te kosbaar om weg te gooi!

30 Kwartaal 1
Hoe goed verstaan jy die inligtingstuk?
1. Sê in jou eie woorde wat die boodskap van die leesstuk is.
2. Kan jy sien dat die volgende vyf sinne deurmekaar geskryf is? Skryf hulle in
die regte volgorde.
a) Daarna het hy self sy motor huis toe bestuur.
b) Hy is erg beseer en sy motor is ’n wrak.
c) Martin, ’n tiener van 18, het na ’n partytjie toe gegaan.
d) Hy het ’n ongeluk gemaak.
e) Daar het hy begin drink.
3. Haal ’n sinsdeel van vyf opeenvolgende woorde in paragraaf 1 aan wat
daarop dui dat Martin dronk was toe hy sy motor bestuur het.
4. Watter drie woorde in paragraaf 2 sê vir ons dat Martin alles van die aand
vergeet het?
5. Noem ses dinge wat met ’n mens kan gebeur as jy gevang word nadat jy
gedrink en bestuur het. Probeer dit in jou eie woorde sê.
6. Wat kon Martin daardie aand in September gedoen het om die risiko van ’n
motorongeluk te verminder? Verskaf ten minste drie moontlikhede.
7. Watter een pas nie?
Drink en bestuur ...
a) is nie veilig nie.
b) is toelaatbaar.
c) is teen die wet.
8. Soek woorde in die leesstuk wat dieselfde as die vetgedrukte woorde
hieronder beteken.
As jy gevang word dat jy drink en bestuur, kan jou a) rybewys van jou
weggeneem word en kan jou b) assuransie weier om vir die skade te
betaal. Kry ’n c) huurmotor om jou huis toe te neem. Jou lewe is te
d) waardevol om weg te gooi!
9. Soek woorde uit die leesstuk wat die teenoorgestelde as die volgende
beteken:
a) vergeet
b) veilig
c) wettig

2. Straal jy of stres jy? 31


Hersiening
1. Gee die regte vorm van die woorde tussen hakies.

Skaam tiener het nie maats nie


Ek is ’n teruggetrokke 17-jarige (a. tien) met ’n probleem. Ek word gou
skaam en het nie selfvertroue nie. Ek is ook baie stil en weet nooit wat
om vir mense te sê nie. Mense (b. skou) my as ’n (c. erns) persoon wat
nooit lag nie. Ek het al baie (d. boek) gelees oor selfvertroue en hoe om
(e. maat) te maak, maar dit (f. hulp) nie.

Kathy gee raad


Jongmense worstel met Stel elke dag vir jou ’n
die vraag (g. wat) soort doelwit: vandag gaan ek uit
mens hulle eintlik is. Jy my eie ’n vraag in die klas
weet reeds jy is ernstig (k. antwoord). Breek die
en (h. terugtrek), ys en vra vir jou maats
maar jy moet dit nie (l. vraag). As jy in
as ’n probleem beskou (m. gesprek) met aandag
nie. Dit is hoe jy is en luister wat ander mense sê
jy moet jouself leer en jy (n. belangstel) vrae
aanvaar. Daar is niks fout vra, sal jy vind ’n gesprek
met iemand wat skaam is nie. ontwikkel maklik. Die (o. baie)
As ’n stil, ernstige mens is dit nie mense hou daarvan om oor hulself
(i. nood) om die middelpunt van te praat en (p. welkom) ’n
elke geselsgroep te wees nie. Jy simpatieke (q. luister). Werk
moet leer om ’n bietjie sosiaal te daaraan en jy sal deur ander as ’n
wees, en dit kom met (j. oefen). (r. goed) maat aanvaar word. (18)

2. Skryf die sinne in die verlede tyd.


a) Ek word gou skaam en het nie selfvertroue nie.
b) Ek is ook baie stil en weet nooit wat om vir mense te sê nie. (4)
3. Gee antonieme vir die vetgedrukte woorde.
a) Jy moet leer om ’n bietjie sosiaal te wees.
b) ’n Gesprek ontwikkel soms baie maklik. (2)
4. Gee sinonieme vir die vetgedrukte woorde.
a) Het jy baie maats?
b) Dis ’n baie hartseer verhaal. (2)
5. Maak sinne met die volgende woorde om te wys hoe die betekenisse
verskil.
a) ken en weet
b) gesin en familie (4)
Totaal: 30

32 Kwartaal 1
3 Aksie! Adrenalien!
In hierdie lesreeks gaan jy:

Luister en praat • foto’s oor buitelugaktiwiteite bespreek


• ’n onderhoud voer
• na ’n teks luister en vrae daaroor beantwoord
Lees en kyk: Begrip • ’n artikel aandagtig lees
• ’n advertensie lees en vrae daaroor beantwoord
• ’n opsomming maak
• ’n inligtingsteks lees en vrae daaroor beantwoord
Skryf en aanbied • ’n vriendskaplike brief skryf
Taalstrukture en • taal-in-konteks-oefeninge doen oor: spelling,
-konvensies afkortings en akronieme, byvoeglike naamwoorde,
sinsoorte, skryftekens en leestekens
• jou woordeskat uitbrei

3. Aksie! Adrenalien! 33
Praat: ’n Klasgesprek oor buitelugaktiwiteite
Kyk na die foto’s van buitelugaktiwiteite (outdoor activities). Bespreek die vrae.
• Wat word elkeen genoem? Gebruik die woorde hieronder om jou te help.
• Wat behels (is involved in) elke aktiwiteit?
• Het jy al aan enige van die aktiwiteite deelgeneem? Het jy dit geniet of nie?
• Aan watter aktiwiteite sou jy graag wou deelneem? Waarom?
• Watter van die aktiwiteite kan gevaarlik wees? Hoekom?
branderplankry skaatsplankry bergfietsry valskermspring
pyl-en-boog-skiet touloop boomtopry laserspele
witwatervlotvaart skubaduik forelhengel seilplankry
warmlugballonry

1 2 3

4 5

6 7

34 Kwartaal 1
8 9 10

11 12

13

3. Aksie! Adrenalien! 35
Praat: Voer ’n onderhoud
Julle gaan nou in pare ’n onderhoud
(interview) voer. Leerder 1 voer die
onderhoud en stel vrae. Leerder 2
beantwoord die vrae.
Kyk saam na die onderhoud wat met
die rotsklimmer JD Marshall van
Hoërskool Westview gevoer is.
Jip het ’n onderhoud gevoer met die
spinnekopseun, JD Marshall, wat
sommer maklik soos
’n spinnekop
onderstebo van
’n rots kan afhang.

JD Marshall in aksie

Wanneer het jy begin rotsklim, JD?


Ek het amper twee jaar gelede saam met my pa begin rotsklim.

Hoekom hou jy van rotsklim?


Ek hou daarvan om letterlik uit te hang. Ek hang maklik soos ’n ratse spinnekop
onderstebo van rotse en mure en dis hoe ek dit verkies.

Het jy al aan kompetisies deelgeneem?


Twee weke gelede was my eerste kompetisie en ek het ’n tweede plek in die o.15-
afdeling verower.

Hoe berei jy jou voor vir ’n kompetisie?


Oor naweke reis ons rond en soek rotse om teen uit te klouter. Ons het ook ons eie
klimmuur in ons motorhuis ingerig.

Waaraan dink jy terwyl jy rotsklim?


Ek dink aan niks nie behalwe waaraan ek volgende gaan vashou.

Wat is jou motto of leuse vir die lewe?


Dis nie die val wat tel nie, maar die opstaan en weer probeer wat belangrik is.

Baie dankie, JD, ons wens jou alle voorspoed toe en hoop jy sal nog sommer baie
rotse mak maak!

(Verwerk uit: Jip, Beeld, 4 Oktober 2010)

36 Kwartaal 1
Beplanning, navorsing en organisering
• Besluit oor watter adrenalien-aktiwiteit julle ’n onderhoud gaan voer.
• Besluit wie die onderhoudvoerder (interviewer) en wie die ondervraagde
(interviewee) gaan wees.
• Besluit watter vrae julle gaan vra en wat die antwoorde gaan wees.
• Begin met algemene vrae en beweeg aan na spesifieke vrae.
• Beplan ’n inleiding en ’n slot vir die onderhoud.
• Doen navorsing oor julle aktiwiteit sodat julle weet waarvan julle praat.
Voorbereiding en aanbieding
• Die onderhoudvoerder (leerder 1) stel hom- of haarself aan die
ondervraagde (leerder 2) voor en verduidelik die doel van die onderhoud.
• Die onderhoudvoerder begin met
algemene vrae om ’n vertrouens-
verhouding (relationship of trust)
te bou en vra dan spesifieke vrae.
• Die onderhoudvoerder (leerder 1)
stel elke vraag duidelik.
• Leerder 2 beantwoord elke vraag
volledig en verduidelik of gee redes
vir sy of haar antwoorde.
• Leerder 1 luister na die antwoorde
en reageer gepas.
• Praat duidelik en behou oogkontak
met mekaar.
• Gebruik die gepaste register en
woordeskat.
• Aan die einde van die onderhoud
som die onderhoudvoerder die
gesprek kortliks op en bedank die
ondervraagde.

Leerders voer ’n onderhoud

W klimmuur: climbing wall; ’n muur met vashouplek waarteen jy kan opklim


klouter: climb; met hande en voete boontoe beweeg
letterlik: literally; presies soos dit gesê word
naweek: weekend; Vrydagmiddag tot Sondagaand
onderstebo: upside-down; met die onderste deel bo en die boonste deel
onder
ratse: agile; vinnige
rotsklim: rock climbing; om teen steil rotse uit te klim
spinnekop: spider; aragnied met agt pote

3. Aksie! Adrenalien! 37
Taal in konteks: Spelling
In die teks oor verfbal (paintball) is daar spelfoute. Spel die woorde korrek.

Kwes jou vyand met kleur


Verfbal is ’n interressante spelletjie vir avontuurlustige tieners wat ’n biekie pyn kan
vat. Dis op ’n mengsel van die ou “cowboys en crooks” en wegkruipertjie gebasseer.
Hierie is die naaste wat jy aan ’n geveg situasie kan kom sonder om die dood in die oe
te kyk.
Volgins Jacques Cloete van Gotcha Paintball in Pretoria Oos is daar min dinge wat
so lekker is as om agter ’n bossie te sit en op mense te skiet.
Die spel het in kanada begin waar mense jaare gelede die bomme wat hulle wou
af kap, met verfballe geskiet het om dit te merk. Die ouens het toe vir die pret op
mekaar begin skiet en vandag is verfbal die avontuursport wat die vinnigste grooi.
Daar is twee spane wat mekaar probeer uitoorle om ’n flag in die hande te kry of om
die leede van die ander span “dood te skiet”. Jy moet die oponente skiet as jy hulle sien.
Elke spanlit kry ’n verfbalgeweer en verfballe van verskilende kleure.
Aanvanklik het net seuns verfbal gespeel, maar dees dae speel muisies tog te lekker
saam. Volgens Hendrik Grobbelaar van Hoërskool Eldoraigne is dit nie lekker om teen
meisies te speel nie, want daar is altyt
’n kans dat hulle kan seer kry.
Pertykeer kom jy weer dood moeg by
die huis omdat die meisies te rof is.
Verfbal is veiliger as golf en
kegelbal omdat die speelers
beskermende baaikies dra. Daar is nie
regtig beseerings nie, net kneusplekke.
“Maar dis wat ek die res van my lewe
wil doen,” sê Hendrik, “die gogga het
my gebyt en sal my noit weer lat staan
nie.” Deelnemers aan verfbal-avontuur

Oefen jou spelling


elke dag! As jy
reg spel, gaan jy
W beskermende: protective; wat jou teen gevaar
beskerm van krag tot krag!
kegelbal: skittleball; speletjie waarin jy kegels
met ’n bal probeer raakgooi
kneusplekke: bruises; seerplekke
kwes: wound; maak seer, maar nie dood nie
wegkruipertjie: hide-and-seek; speletjie; kinders
kruip weg en iemand soek hulle

38 Kwartaal 1
Luister: ’n Inligtingsteks
Jy gaan nou na inligting oor padgly (street luge) luister en vrae daaroor
beantwoord.

Pre-luister
• Gesels met jou maat oor wat padgly moontlik kan wees. Wenk: Dit is ’n
ekstreme sportsoort.
• Lees deur die vrae hieronder sodat jy weet na watter inligting om te luister.
Tydens luister
• Maak aantekeninge van belangrike feite en skryf sleutelwoorde neer. Jy sal
die teks twee keer hoor.
Post-luister
• Beantwoord die vrae volledig.
1. Waarop lê ’n mens as jy padgly doen?
2. Waar is die eerste padgly-wedren gehou?
3. Hoe het die eerste ryers hulle beskerm?
4. Hoeveel kos die goedkoopste padglyslee?
5. Hoeveel ryers is daar in Suid-Afrika wat aan kompetisies deelneem?
6. Wie is die nommer een padglyer in Suid-Afrika?
7. Hoe ver gly mense dikwels wanneer hulle oefen?
8. Hoeveel kategorieë is daar in ’n kompetisie?
9. Hoekom is padgly so gevaarlik?
10. Gee ’n goeie opskrif vir die teks.

3. Aksie! Adrenalien! 39
Lees: ’n Artikel
Lees die artikel oor rekspring (bungee jumping) en beantwoord dan die vrae op
die volgende bladsy.

Rekspring laat my bloed bruis


Wil jy iets anders hê as doodgewone, vervelige
vakansies? Dan is rekspring net die ding vir jou. Dink
net ... Jy staan op die platform terwyl jy ’n laaste
keer voel of jou harnas stewig is. “Is jy reg?” vra die
instrukteur. Voor jy kan antwoord, stamp hy jou.
“3 … 2 … 1 … Bungeeeee!” En jy val, en val … Die
klowe flits vinnig verby en binne sekondes hang jy ’n
paar meter van die grond af.
Volgens Kobus Kruger, eienaar van Bungee Mogale
(Gauteng), is dit die perfekte sport vir mense wat van
avontuur hou. “Dit trek mense aan wat van adrenalien
hou en iets anders soek, want dit laat die bloed deur
jou are bruis.
“Sommige mense kom net een keer. Hulle doen dit
om oor hulle angs te kom. Ander kom weer en weer en
is heeltemal verslaaf aan dié adrenalien-inspuiting.”
Kobus sê hy het al heelwat spronge gedoen, maar hy raak steeds ’n bietjie
senuweeagtig. Dit gaan oor die onbekende. Voor elke sprong voel ’n mens bang, maar jy
raak ook darem gewoond daaraan.
Rekspring raak al hoe gewilder in Suid-Afrika omdat ons met die hoogste sprong –
by die Bloukransbrug in die Wes-Kaap – spog. Dis wêreldwyd baie gewild. Mense wil
altyd hoër, verder en dieper gaan. As jy van avontuur hou, wil ’n mens maar altyd
verder gaan.
Rekspring en valskermspring verskil baie van mekaar. As jy met ’n valskerm spring,
het jy baie meer beheer. As jy rekspring doen, moet jy op die toerusting en op ander
mense vertrou.
Rekspring is 100% veilig. Sommige mense dink dat jou oë skade kan opdoen, maar
dit sal net gebeur as jy sommer tien keer na mekaar spring. Jy hoef ook glad nie fiks te
wees nie, maar jy moenie gesondheidsprobleme hê nie.
Om te rekspring gaan jou glad nie lank vat nie. Die hele proses om jou harnas aan te
sit, bo te kom en te spring, vat sowat vyf minute – maar die adrenalien pomp nog ure
daarna.
Dit kan nie genoeg wees om net op die rusbank te sit in jou vervelige vakansie nie
– doen iets opwindends – soos rekspring. Onthou net, daar is geen omdraaikans as die
aftel eers begin het nie ... konfronteer jou vrees, dóén dit net en voel hoe die bloed deur
jou are bruis!
(Uit: Jip, Beeld, 21 Januarie 2008)

40 Kwartaal 1
Hoe goed verstaan jy die artikel?
1. Vul die ontbrekende woorde in: Rekspring is vir mense wat van ____ hou,
want dit laat die ____ deur jou are pomp.
2. Is die stellings waar of onwaar? Motiveer elke keer jou antwoord.
a) Mense spring uit hulle vrye wil (by choice) van die platform af.
b) Die sport is nie vir papbroeke (cowards) nie.
c) Dit vat nie baie lank om te rekspring nie.
3. Voltooi die sin: Elke keer wat Kobus spring, is hy senuweeagtig, want ...
4. Hoekom is rekspring so ’n gewilde sport in Suid-Afrika? Gee twee redes.
5. Wat is die verskil tussen rekspring en valskermspring?
6. Haal ’n sin aan wat bewys dat rekspring nie gevaarlik is nie.
7. Nie almal kan of wil rekspring doen nie. Noem twee redes waarom hulle
dit nie doen nie.
8. Watter woord in die laaste paragraaf het dieselfde betekenis as “terugdraai”
en wys dat jy nie kan stop as die aftel begin het nie.
9. Vul die ontbrekende woord in: Mense wat wil rekspring, moet eers hul
vrees ____.
10. Hoekom, dink jy, wil mense avontuurlustige sport doen?

Rekspring as avontuursport

W avontuur: adventure; gebeurtenis wat spannend is


gewild: popular; populêr
harnas: harness; toue of kabels wat jou veilig hou
omdraaikans: turning back; ’n kans om terug te draai
rekspring: bungee jumping; sportsoort waarin jy van hoë plekke afspring
met ’n elastiese tou aan jou enkels vasgemaak
senuweeagtig: nervous; baie bang
valskerm: parachute; sambreelagtige toestel waarmee jy uit ’n vliegtuig kan
spring
verslaaf aan: addicted to; kan nie sonder iets lewe nie

3. Aksie! Adrenalien! 41
Taal in konteks: Afkortings en akronieme
Afkortings (abbreviations) en akronieme (acronyms) word gebruik om woorde
en uitdrukkings korter te stel.

’n Akroniem:
• word as ’n woord uitgespreek, byvoorbeeld Eskom,
ABSA, Sasol, Unisa.
• word nie met punte geskryf nie.

’n Afkorting:
• se letters word afsonderlik uitgespreek, byvoorbeeld a.g.v.
(as gevolg van).
• word dikwels met punte geskryf, behalwe afkortings met
hoofletters (soos RSA) en metrieke eenhede (g, km, ml).

1. Waarvoor staan die afkortings in Gebruik ’n


die volgende paragraaf? woordeboek
Die skool se rotsklimspan vertrek as jy sukkel.
a) vlg. b) Vr., die eerste naweek in
c) Mrt., Kaap toe om Tafelberg te
gaan uitklim. Die klimmers hou pouse
’n d) verg. in die saal e) i.v.m. die
toer. Die skoolhoof, f) mnr. Pillay,
het die g) voors. van die rotsklim-
vereniging gevra dat almal in
h) gr. 11 i) asb. teenwoordig moet
wees sodat reëlings j) t.o.v. die toer gefinaliseer kan word.
Die vergadering begin om 11:30 k) vm. en sal om 12:30 l) nm.
klaar wees.
2. Skryf die afkortings vir die dae van die week in die regte volgorde.
3. Skryf die afkortings vir die maande van die jaar in die regte volgorde.
4. Gebruik die volgende afkortings en akronieme in duidelike sinne.
Skryf die afkortings in die sin uit.
a) str. i) UNISA
b) d.m.v. j) nr.
c) BTW k) vigs
d) v.C. l) m.a.w.
e) tel. m) ml
f) ID n) VSA
g) km/h o) TB
h) PIN p) ens.

42 Kwartaal 1
Lees en kyk: ’n Advertensie
Bestudeer die advertensie en bespreek dit met ’n maat.

Hoe goed verstaan jy die advertensie?


1. Wat word in hierdie advertensie geadverteer?
2. Kies die korrekte antwoord: Die vraag “Vet van te veel tyd op die net?”
word die advertensie se (kop/opskrif /titel) genoem.
3. Wie is die advertensie se teikengroep, met ander woorde, vir wie is dit
bedoel?
4. Watter twee woorde in paragraaf 3 is antonieme?
5. Waarom word “NetFiks” soveel keer in die advertensie gebruik?
6. Soek een woord in die advertensie vir iemand wat:
a) baie tyd voor die televisie deurbring
b) dol oor avontuur is.
7. Dink jy dis ’n goeie advertensie? Gee redes vir jou antwoord.

3. Aksie! Adrenalien! 43
Lees: Maak ’n opsomming
Lees wat die tieners sê oor die adrenalien-aktiwiteite. Skryf sewe dinge neer
wat hulle idee van avontuur is. Antwoord in 60 tot 70 woorde.
Let Wel:
• Skryf die opsomming in sewe volsinne.
• Skryf die sinne onder mekaar neer.
• Gebruik so ver moontlik jou eie woorde.
• Dui aan hoeveel woorde jy gebruik het. Met grotkruip (cave crawling)
verken jy die grotte sonder om
Ek wil oor ’n krans abseil. Jy glip by regop te loop. Jy kruip of seil
’n krans (cliff ) op Tafelberg af met ’n op jou maag deur nou tonnels
tou om jou lyf en ’n asemrowende uitsig na ’n grot. Gelukkig ly ek nie
– amper soos ’n spinnekop aan ’n draad. aan engtevrees nie.
Avontuur lê in die
Iets wat ek bitter nuwe “adrenalien-
graag wil doen, is om sprong” (adrenalin
valskerm (parachute) jump) sonder die tou.
te spring. Ek weet Jy word in ’n hyser
my adrenalien gaan opgehys en dan skuif
so pomp as ek uit ’n die vloer uit sodat jy
vliegtuig aarde toe val val. Dis soos om van ’n
dat ek alles om my twintigverdiepinggebou
gaan vergeet! af te spring. Die
gevoel wanneer jy val,
Ek is mal daaroor om is onvergeetlik.
op die sandduine op ’n
binneband (tyre tube) agter Ek wil langs ’n brekende Haai-hokduik
’n bakkie getrek te word. brander afgly. Die gevoel (shark cave
Ek het al ’n paar keer gerol om vir die perfekte diving) sal die
en ’n mond vol sand gehad, brander te wag en dan adrenalien-ding
maar ondervinding het my byna gewigloos op jou bord vir my doen. Dit
geleer om versigtig te wees. oor die water te gly, is help darem om
net te wonderlik! Ek dink te weet dat ’n
branderplankry (surfing) staalhok tussen
is fantasties! my en die haai is
as ek in sy klein
ogies vaskyk!
W engtevrees: claustrophobia; bang vir klein spasies
hyser: lift; toestel wat mense optel en laat sak
krans: cliff; baie steil rots
verdieping: floor; vlak/vloer in ’n hoë gebou

44 Kwartaal 1
Taal in konteks: Byvoeglike naamwoorde
en sinsoorte
1. Gee die korrekte vorm van die byvoeglike naamwoorde tussen hakies.
Voorbeeld: Die (moeg) bergklimmer rus onder die boom.
Antwoord: Die moeë bergklimmer rus onder die boom.
a) Dis heerlik om in die (vroeg) oggend te gaan bergklim.
b) Die rotsklimmer sit op ’n (hoog) krans.
c) Daar is (laag) heuwels om te verken.
d) Dis ’n te (koud) nag om buite te slaap.
e) Die (jonk) kinders swem in die rivier.
2. Voltooi die tabel met die korrekte vorm van die trappe van vergelyking.
Stellende trap Vergrotende trap (+ -er) Oortreffende trap (+ -ste)
Hy is bang vir Sy is (a. bang) as hy. Ben is die (b. bang) van
hokduik met haaie. almal.
Sy is opgewonde oor Hy is (c. opgewonde) Thabo is die (d. opge-
rekspring. as sy. wonde) van almal.
Hy is dapper om in Sy is (e. dapper) as hy. Die avonturier is die
die grot rond te kruip. (f. dapper) van almal.

3. Gee die intensiewe vorm van dié woorde.


Maak ’n sin met elkeen.
a) maer
b) vet Ek is doodbang
c) jonk vir die haai se
d) oud vlymskerp tande!
e) ryk
f) arm
g) mooi
h) lelik
i) sterk
j) swak
k) verlief
l) kwaad
4. Verander die stelsinne na vraagsinne. Kyk na die voorbeeld.
Wenk: Begin met die werkwoord.
Voorbeeld: Verfbal is ’n opwindende speletjie.
Antwoord: Is verfbal ’n opwindende speletjie?
a) Grotkruipers raak baie benoud in die nou tonnels.
b) Mense het al hulle knieë deurgeval met skaatsplankry.
c) Sy wil graag die naweek gaan rekspring.

3. Aksie! Adrenalien! 45
Taal in konteks: Skryftekens en leestekens
1. Kyk na die inligting oor skryftekens op
bladsy 274 tot 276.
Verbeter die spelling van die woorde wat met
’n kappie (^), deelteken (¨), koppelteken (-)
of afkappingsteken (’) geskryf moet word.
a) Die A span gaan die naweek op ’n
uitstappie.
b) Suid Afrika is een van die beste plekke
in die wereld vir rekspring.
c) Ons het baie lekker geeet toe ons gaan Ôôöë’éêû-éïó-óáèèèèïïï ...
bergklim het.
d) Watter soort stapskoene wil jy he?
e) Sy het vir my ’n e pos oor haar avontuur gestuur.
f) Die kinders het oor die bree rivier geswem.
g) Toe hulle gaan ski het, het sy ’n paar skis gehuur.
h) Die moee kinders speel lekker nadat hulle vyf dae lank weg was.
i) Van boop die berg het jy ’n pragtige uitsig.
j) Ons mas en pas moet ons na die uitstappie kom haal.
2. Skryf die volgende sinne oor met die nodige leestekens
en hoofletters.
Voorbeeld: die onderwyser sê kinders die bus
vertrek sewe-uur môreoggend
Antwoord: Die onderwyser sê: “Kinders, die
bus vertrek sewe-uur môreoggend.”
a) as jy fiks is sal jy die staproete kan doen
b) sy is baie fiks want sy gaan elke dag draf
c) mevrou van zyl vra wie wil leer hoe om te duik
d) johan sal jy my asseblief leer abseil
e) in my rugsak is daar ’n slaapsak klere my selfoon en ’n toiletsakkie
f) help ek gaan val skreeu ben
g) kom staan hier op die platform sê die instrukteur
h) jd marshall ’n rotsklimmer het die kompetisie gewen
i) die seun met die gebreekte been is na dokter jacobs geneem
j) daar is baie groot diep riviere in kwazulu-natal
3. In elkeen van die volgende sinne is ’n leesteken verkeerd gebruik of
weggelaat. Skryf die sinne korrek oor.
a) Ek sal jou laat weet wanneer ons, ons planne finaliseer.
b) “Hoe laat vertrek die bus see toe”
c) Ek wil leer rotsklim want, ek is lief vir bergklim.
d) Daar was drie haaie om die staalhok sê Zaida.
e) Danny sê, “Ek hou baie van skubaduik.”

46 Kwartaal 1
Skryf: ’n Vriendskaplike brief Formele assessering

Skryf ’n brief van 120 tot 150 woorde aan ’n maat wat in ’n ander dorp of stad
woon en vertel hom of haar van ’n fantastiese avontuur wat jy beleef het of
vertel van ’n avontuur wat jy graag sal wil beleef.
Pre-skryf
• Kyk goed na die vorm van die brief in die voorbeeld.
• Beplan jou brief met behulp van ’n kopkaart.
• Skryf ’n lys woorde neer wat jy kan gebruik.
Straatnaam kom voor huisnommer.

Avonmouthsingel 28
Somerstrand (Adres en die datum
6001 sonder leestekens)
Reël oop tussen adres 4 Julie 2012
en aanhef.
Aanhef – Liewe Martin
groetwoorde.
.......................................................... Inleidende paragraaf.
Laat ’n reël oop na
........................................................... elke paragraaf.
...........................................................
Inhoud van die
brief in volsinne, ...........................................................
in paragrawe ...........................................................
gerangskik.
............................................... . Slotparagraaf is net
een sin met ’n punt
................. aan die einde.
........ Jou naam – sonder
’n leesteken.

Skryf jou brief Hier’s pos!


• Maak seker jou brief het ten minste drie paragrawe:
’n begin, middel en einde.
• Gebruik ’n informele styl, want dit is ’n
vriendskaplike brief.
• Maak seker dat jy leestekens reg gebruik.
• Konsentreer daarop om stelsinne korrek te skryf.
Hersien, redigeer, proeflees en aanbied
• Lees jou brief deur en redigeer dit.
• Skryf jou brief netjies oor en proeflees dit.

3. Aksie! Adrenalien! 47
Kom ons kyk
Hersiening hoe jy vaar!

1. Gee die regte vorm van die woorde tussen hakies.


a) Dit is die (goed) avontuur wat ek ooit beleef het.
b) Ismail wil (graag) skubaduik as snorkel.
c) Pumi se bergfiets is (nuut) as Ben s’n.
d) Dis die heel (lekker) avontuur ter wêreld om met ’n motorfiets
in die sand rond te jaag.
e) Dis net die (fiks) mense wat die (ver) in staptogte kan uithou. (6)
2. Skryf die sin oor met die nodige leestekens en hoofletters.
my neef thabo nkosi het sy pa met ’n verfbal op die voet geskiet (3)
3. Verbeter die vier spelfoute in die sin.
Linda se sy het goeie fotos van haar oom hulle geneem toe hulle
Tafelberg vroeer uitgeklim het. (4)
4. Die vetgedrukte deel in die volgende sin
is die antwoord op ’n vraag. Skryf die
vraag neer.
Daniel gaan in ’n warm lugballon tot
by die Hartbeespoortdam ry. (2)
5. Gee die afkortings van die vetgedrukte
woorde.
Hugo gaan Maandag ski ten spyte
van die vreeslike koue. (2)
6. Kies die korrekte spelling van die
woorde tussen hakies.
a) Paul gaan (onmiddelik/onmiddellik) op sy skaatsplank ry.
b) Die berg is (laer/laër) as wat ek gedink het.
c) Die (seunsskoene/seunskoene) moet van goeie (materiaal/
material) gemaak word. (4)
7. Gee die intensiewe vorm van die vetgedrukte woorde.
a) Die kinders sit in die donker nag en kyk na die geel maan.
b) Hulle is moeg nadat hulle die beroemde berg geklim het. (4)
Totaal: 25

48 Kwartaal 1
4 Helde
In hierdie lesreeks gaan jy:

Luister en praat • foto’s en mense in groepe bespreek


• ’n speletjie speel
• ’n verhaal hardop lees
Lees en kyk: Letterkunde • ’n ware verhaal lees en vrae daaroor beantwoord
• ’n gedig lees en vrae daaroor beantwoord
Skryf en aanbied • inligting in ’n tabel klassifiseer
• ’n verhalende opstel skryf
• ’n lettervers of ’n naamvers skryf
Taalstrukture en • die volgende taalaspekte in konteks inskerp:
-konvensies woordeboekgebruik, spelling, ontkennende vorm,
sinsoorte, direkte en indirekte rede, afkortings,
leestekens, byvoeglike naamwoorde
• jou woordeskat in konteks uitbrei

4. Helde 49
Praat: Verskillende soorte helde
• Kyk na al die foto’s van mense op hierdie twee bladsye. Hoeveel van hulle
herken (recognise) jy? Wie is die mense wat jy herken en hoekom is hulle
beroemd (famous)?
• Vind uit wie die helde en heldinne is wat jy nie ken nie.
• Is een of meer van hierdie mense jou held of heldin? Hoekom? Indien nie, sê
wie jou held of heldin is en hoekom.

1 2 3

4 5 6

7 8 9

50 Kwartaal 1
10 11

12 13 14

Skryf: Klassifiseer die helde


1. Verdeel in groepies van drie. Trek ’n tabel soos die een hieronder in jou
boek. Skryf die name van die mense in die foto’s in die eerste kolom. Skryf
in die tweede kolom waarvoor hulle bekend is of watter soort held hulle is.
Skryf enige ander inligting oor die persoon in die derde kolom.

Naam Soort held Inligting oor die


persoon
William ’n Skrywer Hy het 37
’n Held (hero) is
Shakespeare dramas en baie
iemand wat deur mense
gedigte geskryf bewonder word, soos
en is in 1616 sportsterre, filmsterre,
dood. sangers, politici
(politicians), skrywers en
Blaai na bl. 64 vir die antwoorde vir die uitvinders (inventors).
eerste kolom.
2. Skryf ’n paragraaf oor jou eie held of heldin.

4. Helde 51
Taal in konteks: Woordeboekgebruik,
spelling, woordeskat
Lees die paragraaf oor Nelson Mandela en voer dan die opdragte uit.

Het jy geweet?
Nelson Mandela is ’n politieke held. Hy was ’n vegter vir
die vryheid van sy mense. Dit het hom lank in die tronk
laat beland, waar hy 27 jaar lank gebly het. Hy is in 1992
vrygelaat en het in 1994 die president van Suid-Afrika
geword. As president was dit sy ideaal om die mense in
ons land te verenig. Hy was van 1994 tot 1998 president.

1. Slaan eers die volgende woorde in die paragraaf hierbo in ’n woordeboek


na en maak dan jou eie sin met elke woord.
a) vegter d) ideaal
b) vryheid e) verenig
c) tronk
2. Skryf die vetgedrukte woorde (telwoorde of datums) in die volgende sinne
in woorde uit.
a) Mandela was 27 jaar lank in die tronk.
b) Hy was van 1994 tot 1998 president.
c) Die 1ste vrou met wie Mandela getroud is, was Evelyn Ntoko Mase, sy
2de vrou was Winnie Madikizela, en sy 3de vrou was Graça Machel.
d) Nelson Mandela het meer as 15 kleinkinders.
e) In 2011 het Mandela 93 jaar oud geword.
3. Trek die blokkiesraaisel in jou boek oor en vul dit in. Wenk: Die woord
held kom in elke woord voor.
1 Leidrade:
H
2
D Dwars
3
2. meer as een held
4. ’n klein held
4 5. ’n sinoniem vir dapper
D
Af
1. die daad van ’n held
D D
3. ’n vrou wat ’n held is
5
D H F

52 Kwartaal 1
Taal in konteks: Ontkennende vorm
1. Lees die wenke oor die gebruik van die ontkennende vorm hieronder en
beantwoord dan die vrae in die ontkenning.

Wenke Ons gebruik nie ... nie in Afrikaans.


Die volgende woorde verander:
êrens word nêrens ... nie
iemand word niemand ... nie
nog word nie meer ... nie
iets word niks ... nie
ooit word nog nooit … nie
al word nog nie ... nie
óf ... óf word nóg ... nóg

Voorbeeld: Was Diana ’n sangeres?


Antwoord: Nee, sy was nie ’n sangeres nie.
Sy was ’n prinses.

a) Was Mandela ’n uitvinder?


Nee, hy ... Hy was ’n politikus.
b) Het Hashim Amla iemand se lewe gered?
Nee, ... Hy is ’n krieketspeler.
c) Het William Shakespeare êrens in Suid-Afrika
gewoon?
Nee, ... Hy het in Engeland gewoon.
d) Is Mandela nog ’n president?
Nee, ... Hy het uitgetree.
e) Het Pretty Yende iets oor radio’s uitgevind?
Nee, sy ... Sy is ’n operasanger.
f) Het Johnny Depp al vir Shakespeare ontmoet?
Nee, hy ... Shakespeare is reeds in 1616 dood,
baie lank voor Johnny gebore is.
g) Het Zolani Mahola die trompet gespeel?
Nee, sy ... Sy is ’n sangeres.
h) Het Shakespeare iets van selfone geweet?
Nee, ... Selfone is eers lank na sy dood
uitgevind.
i) Was Shakespeare ooit in Suid-Afrika?
Nee, ... Hy het in Engeland gewoon.
j) Is óf Charlize Theron óf Mark Shuttleworth
’n sportster?
Nee, ... Sy is ’n filmster en hy is ’n wetenskaplike.

4. Helde 53
Praat: Speel Dis my geheim
Speel Dis my geheim met helde.
Dink aan ’n held. Jy mag vir niemand sê wie die held is aan wie jy dink nie.
Dis jou geheim. ’n Leerder kom staan voor in die klas. Die res van die klas
maak beurte om vrae te vra en uit te vind aan watter held die leerder dink.

Voorbeeld:
LEERDER 1: Ek dink aan ’n held. Dis my geheim.
LEERDER 2: Lewe jou held?
LEERDER 1: Ja, my held lewe.
LEERDER 3: Is jou held ’n man?
LEERDER 1: Nee, my held is nie
’n man nie.
LEERDER 4: Is jou heldin ’n
sportvrou?
LEERDER 1: Nee, my heldin is nie
’n sportvrou nie.
LEERDER 5: Is jou heldin
’n filmster?
LEERDER 1: Ja, sy is ’n filmster.

Onthou, julle mag net


vrae vra waarop ja of nee
geantwoord kan word. Speel

?
dié speletjie later in groepe.

Taal in konteks:
Stelsinne en vraagsinne
Verander die stelsinne na vraagsinne.
Voorbeeld: Jou held lewe nog.
Antwoord: Lewe jou held nog?
1. Nkhensani besit die handelsmerk
(brand name) Stoned Cherrie.
2. Stoned Cherrie is ’n uiters suksesvolle
leefstyl-handelsmerk.
3. Nkhensani word internasionaal gerespekteer.
4. Sy het al verskeie pryse en toekennings
ontvang.
5. Nkhensani tree gereeld as gasspreker op. Nkhensani Nkosi

54 Kwartaal 1
Praat: Hardoplees: Grawe na veiligheid
Kyk weer na die wenke op bladsy 24 en oefen om hierdie storie hardop
te lees. Dit is die ware verhaal van ’n mynwerker wat ’n held geword het.

Grawe na veiligheid
Dit is sewe-uur die oggend, Woensdag 17 Desember 1952. Drie-en-twintig mynwerkers
is hard aan die werk in die Nourse-seksie van die City Deep-goudmyn.
“Watse geraas is dit?” vra een van die werkers en kyk op. Groot rotse en tonne los
grond begin skielik in die tonnel afstort. Toe word dit stil.
Richard Simelane vee die stof uit sy oë uit. Sy lyf is seer, maar hy lewe! Hy kyk om
hom rond. In die lig van sy koplamp sien hy dat die tonnel agter hulle toegeval het. Hy
raak skielik bang toe hy besef dat hy en sy medewerkers diep in die aarde begrawe is.
“Waar is McKenzie?” vra hy. Niemand weet nie. Agter hulle, onder baie rotse, lê die
liggame van McKenzie en twee ander mynwerkers. Almal kyk na Richard. Hy is hulle
leier.
“Wat gaan van ons word?” vra een van die mans. “Gaan ons in hierdie donker gat bly
tot ons sterf?”

“Ons sal nie hier in die tonnel doodgaan nie!” roep Richard uit. “Ons gaan ons hier
uitgrawe en ons sal oorleef.”
Toe draai hy om en sê vir die mans: “Julle moet almal stil lê, want die kleinste
beweginkie kan die rotse weer laat inval. Ek gaan vir ons ’n pad deur die rotse grawe.”
Hy glimlag moedig vir die ander. “Dis goed dat ek so klein is. Ek sal net ’n nou
tonneltjie nodig hê om by die reddingswerkers uit te kom. Dan sal ons almal gered kan
word.”
Hy vra twee van die sterkste mynwerkers om hom te help. Hulle moet agter hom
wag en die rotse wat hy uitgrawe, aanvat.

4. Helde 55
Dit voel soos ure voordat Richard die eerste twee rotse verskuif kry. Daarna grawe
hy met sy vingers in die grond en tussen die skurwe rotse deur. Sy hande, sy vingers en
sy knieë bloei, maar hy hou aan met grawe. Sy tonnel is net 50 sentimeter breed: dit is so
nou dat hy nie kan omdraai nie. Hy gebruik sy voete om die rotse en die grond terug te
skuif.
Die lig van sy koplamp word dowwer en dowwer en gaan skielik dood. Dit is
pikdonker.
“Ons gaan almal soos rotte sterf!” sê een van die mismoedige mynwerkers agter
hom.
“Nee,” antwoord Richard, “dit maak nie saak of dit lig of donker is terwyl ek grawe
nie. Ek moet net aanhou!” Hy grawe soos ’n mol, verder en verder die donkerte in.

Niemand weet hoe lank Richard Simelane gegrawe het nie. Meteens hoor hy ’n sagte
kap-kap-geluid aan die ander kant van die rotse. Hy is uitgeput en sy hande is seer,
maar hy grawe met nuwe moed: hy glo die reddingswerkers is naby.
’n Rots kom skielik in sy hande los en vars lug stroom die tonnel binne. Hy hoor gille
van blydskap – voor hom in die sonlig en agter hom in die tonnel.
Sterk hande klem sy bebloede hande vas en trek hom uit.
Richard Simelane het ’n tonnel van 100 meter gegrawe en 19 van sy medewerkers na
veiligheid gebring. Daarvoor het hy die medalje vir dapperheid en deursettingsvermoë
van die Kamer van Mynwese ontvang.
(Verwerk uit Beeld, 9 September 2010)

56 Kwartaal 1
benoud: afraid; bangerig
W blydskap: happiness; vreugde
deursettingsvermoë: perseverance; die krag om aan te hou en deur te druk
grawe: dig; om ’n gat in die grond te maak
medalje vir dapperheid: medal for bravery; ’n prys wat iemand kry wat
dapper is
medewerkers: co-workers; mense wat saam met jou werk
mismoedig: discouraged; sonder moed, moedeloos
mynramp: mine disaster; ’n ongeluk in die myn
na veiligheid bring: bring to safety; red, na ’n plek bring waar mense veilig is
reddingswerkers: rescue workers; mense wat mense in nood help
skurwe rotse: rugged rocks; rotse wat skurf is, is grof en nie glad nie
tonnel: tunnel; ’n gang onder die grond
uitgeput: exhausted; baie moeg

Hoe goed verstaan jy die ware verhaal?


1. Wie was die held van hierdie verhaal? Gee sy naam en van.
2. Waar het die ramp gebeur? Noem die naam van die seksie en die myn.
3. Wanneer het dit gebeur? Noem die dag, maand en jaar.
4. Wat het gebeur dat die 23 mynwerkers in die myn vasgeval het? Kies die
regte antwoord:
a) ’n Bom het in die myn ontplof.
b) Daar was ’n rotsstorting in die myn en die tonnel het toegeval.
c) Die hysbak (lift) in die myn het gebreek.
5. Hoe het Richard ’n held geword? Kies die regte antwoord:
a) Hy het ’n gat gegrawe sodat hulle dieper in die myn kon afgaan.
b) Hy het ’n tonnel na veiligheid gegrawe en op dié manier die
mynwerkers se lewens gered.
c) Hy het saam met die mynwerkers onder in die myn gesit en wag totdat
die reddingswerkers hulle kom red het.
6. Hoekom, dink jy, was Richard Simelane se hande seer?
7. Wat het van McKenzie geword?
8. Hoeveel mense het die mynramp oorleef? Werk die som uit!
9. Watter prys het Richard vir sy heldedaad van die Kamer van Mynwese
ontvang?
10. Drie van die volgende antwoorde is korrek. Watter een is nie korrek nie?
Wat weet jy alles van Richard Simelane?
a) Hy is die leier van die span mynwerkers.
b) Hy is bang en lafhartig.
c) Hy het deursettingsvermoë, want hy gee nie moed op nie.
d) Hy is klein gebou.

4. Helde 57
11. Drie van die volgende antwoorde is korrek. Watter een is nie korrek nie?
Wat doen Richard alles?
a) Hy sê hy gaan sorg dat hulle oorleef.
b) Hy sê vir die ander mynwerkers om stil te lê.
c) Hy grawe ’n tonnel wat 100 meter lank is.
d) Hy vat die rotse aan wat die twee mynwerkers voor hom uitgrawe.
12. Lees die mense se woorde en sê wie dit gesê het.
a) “Ons gaan almal soos rotte sterf!”
b) “Ek gaan vir ons ’n pad deur die rotse grawe.”
13. Pas die woorde in kolom A by die regte sin in kolom B.

Kolom A Kolom B
a) Richard Simelane i) is ’n goudmyn.
b) McKenzie, die een ii) is die werkers wat die mense in die myn
mynwerker, probeer red.
c) Die Kamer van Mynwese iii) is die leier van die groep mynwerkers.
d) City Deep iv) gee aan Richard ’n medalje vir dapperheid.
e) Reddingswerkers v) is in die mynramp dood.

14. Kan jy die hoofmomente van die verhaal in die regte volgorde rangskik?
Begin so: d) Daar is ’n rotsstorting in die myn.
a) McKenzie en twee ander mynwerkers is oorlede.
b) Uiteindelik is daar vars lug en sonlig.
c) Die koplamp se lig gaan dood – dit is pikdonker in die tonnel.
d) Daar is ’n rotsstorting in die myn.
e) Twintig mynwerkers word gered.
f) Richard begin ’n tonnel grawe.
15. Kies die korrekte antwoord tussen hakies: In hierdie verhaal is daar ’n
(ek-verteller/derdepersoonsverteller).
16. Dink aan die soort mens wat Richard Simelane is.
a) Watter van die volgende woorde beskryf sy karakter?

b) Gebruik die woorde wat jy gekies het en beskryf Richard se karakter in


’n paragraaf. Motiveer elke stelling (statement) met bewyse uit die
verhaal. Skryf minstens vyf sinne.

58 Kwartaal 1
Taal in konteks: Direkte en indirekte rede
Lees die inligting oor die direkte en die indirekte rede op bladsy 298 tot 300
agterin die boek. Voer dan die opdragte hieronder uit.

Onthou Let op na die volgende as jy sinne van die direkte na die indirekte
rede en andersom verander:
• Gebruik dubbele aanhalingstekens in die direkte rede.
• Plaas ’n dubbelpunt voor die persoon se woorde in die direkte
rede.
• Voornaamwoorde verander (soos ek na sy/hy en ons na
hulle).
• Bywoorde van tyd en plek verander (soos hier na daar en
gister na die vorige dag).
• Die woordorde verander as jy dat in die indirekte rede gebruik.

1. Skryf in die indirekte rede.


Voorbeeld: Richard sê: “Hierdie rotsstorting het
my medewerkers vasgekeer.”
Antwoord: Richard sê dat daardie rotsstorting sy
medewerkers vasgekeer het. of Richard sê
daardie rotsstorting het sy medewerkers
vasgekeer.
a) “Watse geraas is dit?” vra een van die werkers.
b) Die man vra: “Wat gaan van ons word?”
c) “Ons sal nie hier in die tonnel doodgaan nie!” roep Richard uit.
d) Die mynwerker vra: “Gaan ons in hierdie donker gat bly tot ons sterf?”
e) Richard sê vir die mans: “Julle moet almal doodstil lê.”
f) Die nuusleser sê: “Ons bring vandag hulde aan Richard Simelane.”
g) “Gister het Richard Simelane 19 van sy medewerkers na veiligheid
gebring,” sê die nuusleser.
h) Die direkteur sê: “Richard gaan ’n medalje vir dapperheid ontvang.”
2. Skryf in die direkte rede.
Voorbeeld: Die mynwerker vra of hulle die volgende dag nog daar
gaan wees.
Antwoord: Die mynwerker vra: “Gaan ons môre nog hier wees?”
a) Richard sê sy lyf was seer, maar hy het geweet hy lewe.
b) Richard sê hy het toe besef dat hy en sy medewerkers begrawe is.
c) Hy vra waar McKenzie en die ander werkers is.
d) Richard het gesê hulle sal later daardie dag almal veilig wees.
e) Die werker vertel trots dat hy en sy medewerkers die vorige aand
medaljes vir dapperheid ontvang het.

4. Helde 59
Skryf: ’n Verhalende opstel Formele assessering

Skryf ’n verhalende (narrative) opstel van 200 tot 250 woorde oor enige
heldedaad (heroic deed). Onthou, ’n verhalende opstel moet soos ’n storie
vertel word. Dit word in die verlede tyd vertel omdat dit reeds gebeur het.
Jy kan ’n kopkaart maak om jou opstel te beplan. Dit sal jou help om jou
gedagtes te orden.

Gebruik nou jou kopkaart om jou opstel te beplan om te besluit wat jy in die
inleiding, middel en slot wil skryf. Onthou, ’n goeie opstel het ’n goeie
struktuur.

Onthou Kyk na die gebruik van die direkte rede in die verhaal Grawe
na veiligheid. Laat jou karakters met mekaar praat om jou opstel
oortuigend te maak.

Nadat jy die eerste weergawe van jou opstel geskryf het, moet jy dit redigeer
en die nodige veranderinge maak. Let veral op na jou gebruik van leestekens,
jou woordorde en jou gebruik van die direkte rede.
Maak seker dat die finale weergawe van jou opstel netjies en leesbaar is.

Taal in konteks: Ontkennende vorm


Beantwoord die vrae soos aangedui (dubbele ontkenning).
1. Het Richard Simelane in die tonnel doodgegaan? (Nee, ...)
2. Het Richard Simelane êrens ’n graaf gekry om mee te grawe? (Nee, ...)
3. Het Richard ooit vantevore ’n medalje gekry? (Nee, ...)
4. Het die mynwerkers voor die rotsstorting iets vermoed? (Nee, ...)
5. Het Richard iemand agtergelaat? (Nee, ...)

60 Kwartaal 1
Skryf: ’n Lettervers of ’n naamvers
Lees eers die twee letterverse oor die woord held. Skryf dan jou eie lettervers.
Jy kan ook die letters van ’n held se naam onder mekaar skryf en dan ’n
naamvers skryf.

Taal in konteks: Spelling


Kies die korrekte spelvorm tussen hakies.

Polisievrou van SA
gaan New York
toe vir prys
Henneman. – Die bekroonde (1. polisie-
vrou/polisie vrou) van Henneman wat
onlangs as (2. Suid-Afrika/Suid Afrika)
se heldin teen misdaad aangewys is, is
(3. oppad/op pad) New York toe.
Konstabel Tseleng Ngaka, (4. vat/wat)
in 2002 by die polisie aangesluit het, is
aangewys as (5. wenner/wener) van die
internasionale vereniging vir vroue-
polisiebeamptes.
Sy het gister (6. gese/gesê) sy is uit haar
Konstabel Tseleng Ngaka
(7. vel/fel) van blydskap.
“Ek het nie eens (8. geweet/gewet) ek is benoem nie. Ek is na die provinsiale
kommissaris se kantoor ontbied en het daar vir die eerste (9. kier/keer) gehoor wat
gebeur het. Dit is ongelooflik, ek het nie (10. woorde/worde) om dit te beskryf nie.”
(Verkort uit: Beeld, 10 Julie 2010)

4. Helde 61
Lees: ’n Gedig: Roos van Soweto
Die gedig Roos van Soweto is ’n pryslied vir ’n sportheld, Dingaan Thobela, met
die bynaam (nickname) “The Rose of Soweto”. “Thobela” is ook ’n naam wat
’n groetvorm is. Dit word gebruik om mense te eer (honour). Die wêreld-
beroemde Amerikaanse bokser Cassius Clay, ook bekend as Mohammed Ali, se
bekende woorde “I dance like a butterfly and sting like a bee” word ook in die
gedig gebruik.

Roos van Soweto


Thobela, ons groet jou, Dingaan,
Vlieg soos ’n vlinder
Steek soos ’n by
Roos van Soweto:
Ons Cassius Clay!
Bultende spiere
Wat glimmend gedy;
Dansende teiken
Wat koets en kasty.
Bloedswetende,
afwagtend –
Nog ’n rondte verby;
Jillende massas
Klokke wat lui
Vreugde en trane;
Dingaan, dit is jy!
W. J. Pretorius
(Uit: Lees is ’n fees, Out of Africa, 1994)

Mohammed Ali Dingaan Thobela

62 Kwartaal 1
W afwagtend: in anticipation; wag dat iets moet gebeur
bultende spiere: bulging muscles; sterk spiere
glimmend: shiny; blink
jillende: screaming; skreeuende, opgewonde
kasty: hurt; seermaak
koets: dodge, sidestep; koes, om uit ’n opponent se pad te probeer bly
teiken: target; iets wat jy wil tref
vlinder: butterfly; skoenlapper

1. Watter twee betekenisse het die woord “Thobela” in die gedig?


(Wenk: Lees weer die paragraaf net voor die gedig.)
2. Wie, dink jy, is die “ons” in versreël 1?
3. ’n Vergelyking (simile) vergelyk (compares) twee dinge.
a) Skryf twee vergelykings uit strofe 1 neer.
b) Verduidelik wat in elkeen vergelyk word.
4. Waarom word Dingaan Thobela “Ons Cassius Clay”
genoem?
5. Watter woorde in strofe 2 wys dat die bokser
sterk is?
6. Haal twee woorde uit strofe 2 aan wat
beskryf hoe die bokser beweeg.
7. Kies die korrekte antwoord: Die herhaling
van die k in “koets en kasty” (strofe 2)
word (alliterasie/assonansie) genoem.
8. Wat sê die woord “bloedswetend” (strofe 3)
van Thobela?
9. Waarvoor wag die skare (crowd) in strofe 3?
10. Wat hoor ’n mens alles in strofe 3?
11. Watter twee woorde in strofe 3 vorm ’n kontras?
12. Verduidelik die betekenis van die heel laaste versreël?
13. Wat is die doel (purpose) van hierdie gedig?
14. Kies die korrekte antwoord: Die titel van die gedig is
’n voorbeeld van (personifikasie/’n metafoor/’n vergelyking).

Taal in konteks: Afkortings


1. Waarvoor staan die afkortings in die volgende sinne?
a) Mnr. Thobela se boksgeveg het om 8 nm. begin.
b) Die laaste rondte het 1 min. en 30 sek. geduur.
c) Op 3 Feb. en 5 Mrt. is daar nog twee groot gevegte.
2. Skryf die afkortings vir die name van die dae van die week in volgorde
neer. Begin by Sondag.

4. Helde 63
Hersiening
1. John Ross is ’n seun wat baie jare gelede geleef het en nie vrees geken het
nie. Vind uit wat hy gedoen het deur die paragraaf te voltooi. Kies elke keer
die regte byvoeglike naamwoord.
In die herfs van 1827 het ’n (a. bloedjong/stokou) seun met die naam
John Ross ’n (b. bang/vreeslose) heldedaad verrig. Die rooikopseun was
16 jaar oud, (c. klein/vet) en skraal gebou, maar ’n (d. heldhaftige/bang)
mens. Hy was vir niks bang nie. Toe sy mense in Port Natal siek word en
hulle kos opraak, het die (e. avontuurlustige/vervelige) seun besluit om
medisyne en kos te gaan haal om sy vriende se lewe te red. Hy moes 1 000
kilometer deur (f. dun/digte) bosse en (g. breë/smal) riviere na
Delagoabaai reis. Die Zoeloekoning, Tsjaka, het ’n paar van sy (h. swakste/
beste) soldate gestuur om John op sy (i. gevaarlike/veilige) reis te
beskerm. Byna twee maande nadat John vertrek het, staan hy en die soldate
weer voor Tsjaka, met al die medisyne en kos vir John se vriende by hulle.
“Bayete!” het John die koning gegroet. “Ek het kom dankie sê. U (j. lui/
flukse) soldate het my beskerm.”
“Jy is die dapperste seun wat ek nog gesien het. Jy is ’n man met die
lyf van ’n seun!” het Tsjaka gesê. “Van nou af noem ek jou iQawu –
die held.” (10)
2. Skryf die sinne met die nodige leestekens oor.
a) Sy ma sê John jy moet ons help (2)
b) John vra Sal julle sonder my regkom Ma (2)
3. Skryf in die indirekte rede.
a) Sy ma sê: “Môre moet jy gaan hulp soek, John.” (2)
b) John sê vir die soldate: “Julle het my baie gehelp.” (2)
c) Die koning sê: “John, van nou af noem ek jou die held.” (2)
4. Skryf in die ontkennende vorm.
a) John se mense kon sonder medisyne klaarkom.
b) Die seun was vir iets bang.
c) Die mense het nog kos.
d) John was al voorheen in Delagoabaai.
e) Die seun het nog die koning se hulp nodig. (5)
Totaal: 25

Die helde op bl. 50 en 51 is:


1. Johnny Depp, 2. Nelson Mandela, 3. Charl Schwartzel, 4. Zolani
Mahola, 5. Hashim Amla, 6. Will Smith, 7. Maria Sharapova,
Dís my held!
8. Catherine, Hertogin van Cambridge, 9. Charlize Theron,
10. Siphiwe Tshabalala, 11. Pretty Yende, 12. Evita Bezuidenhout,
13. Mark Shuttleworth, 14. William Shakespeare

64
5 Balke toe!
In hierdie lesreeks gaan jy:

Luister en praat • foto’s vergelyk en bespreek


• ’n liedjie bespreek
• na ’n liedjie luister en vrae daaroor beantwoord
Lees en kyk: Begrip • ’n liedjie lees en vrae daaroor beantwoord
• twee liedjies vergelyk
• na ’n liedjie luister of dit lees en vrae daaroor
beantwoord
Letterkunde • ’n drama lees en bespreek
• ’n liedjie en ’n drama vergelyk
Skryf en aanbied • ’n vergelykende tabel invul
• ’n strooibiljet ontwerp
• voegwoorde in ’n paragraaf gebruik
Taalstrukture en • die volgende taalaspekte in konteks inskerp:
-konvensies spelling, figuurlike taal, voornaamwoorde,
leestekens, leenwoorde, voegwoorde
• jou woordeskat in konteks uitbrei

5. Balke toe! 65
Kyk en praat: ’n Bespreking
Kyk na die foto’s uit verskillende tye en bespreek die volgende vrae in groepe.
• Wat is eenders op die foto’s? Wat is verskillend?
• Watter soort musiek word in elkeen gespeel, dink jy?
• Van watter soort musiek hou jy die meeste?
• Hou jy en jou ouers van dieselfde soort musiek? Gee redes.
• Het jy al ooit outydse musiek soos boeremusiek gehoor en daarop gedans, of
dans jy net op moderne musiek?

’n Tradisionele boereorkes

’n Moderne boereorkes

66 Kwartaal 1
Lees en bespreek: ’n Liedjie: Ta’ Mossie Ta’ is tannie
Lees die liedjie en bespreek die vrae hieronder.
en sakkie-
sakkie is ’n ou
Ta’ Mossie se sakkie-sakkie-boeredans tradisionele dans.
Koor
Ken jy ta’ Mossie se sakkie-sakkie-boeredans
Ken jy die plaaspad se uitdraai by Waenhuiskrans
Ken jy ta’ Mossie se sakkie-sakkie-boeredans

Engelse konsertina speel ’n lekker vastrap


In die hoek op ’n sleepwa staan die braaivleis en pap
En die tannies en die omies skoffel deur ligdag toe
En die misvloer blink en ons skree BALKE TOE!
Koor
(Uit: www.koeksuster.com) Tydens ’n tradisionele
dans moes die dansers
1. Waar word die boeredans gehou? aan die balke vashou
2. Watter instrument speel die vastrapdans? terwyl die misvloer
3. Wat eet die gaste by die dans? natgegooi word om die
4. Noem die woorde in die liedjie wat na dans verwys. stof te laat lê. Balke toe
5. Sê in jou eie woorde tot hoe laat die dans aanhou. beteken “Kom ons dans!”
6. Waarom skree die mense “BALKE TOE!”?

5. Balke toe! 67
Luister: ’n Liedjie: Boerejol Formele assessering

Jy gaan nou na die liedjie “Boerejol” luister en vrae


daaroor beantwoord.
Pre-luister
• Dink aan wat die titel “Boerejol” dalk kan beteken.
• Lees die vrae noukeurig deur en maak seker jy
verstaan wat gevra word.
Tydens luister
• Wanneer jy die liedjie die eerste keer hoor, luister jy
Juanita du Plessis
net daarna en identifiseer waaroor dit handel.
• Lees weer die vrae sodat jy weet waarvoor jy moet luister.
• Wanneer jy weer na die liedjie luister, maak jy aantekeninge (notes) van die
belangrike inligting.
Post-luister
• Beantwoord die vrae.

1. Waarom is daar ’n dans op die plaas? (1)


2. Gee een woord wat sê hoe Mamma lyk. (1)
3. Wat is ’n wonderlike ding? (1)
4. Tot wanneer hou die boerejol aan? (1)
5. Voltooi die sin: Boetie stoot vir ____ op die ____ rond. (2)
6. Is die volgende stelling waar of onwaar? Gee ’n rede vir jou antwoord.
Ouma gooi haar kierie eenkant. (2)
7. Wat bedoel Oupa as hy sê: “Ek’s dalk buite oud, maar binne nog
nie koud.” (2)
Totaal: 10

Taal in konteks: Spelling


Kies die korrekte spelling vir die woorde tussen hakies.
’n (1. Sokie/Sokkie) is ’n (2. sosiale/sociale) dans wat met ’n (3. mat/
maat) gedans word. Dit is nie ’n (4. moeilike/moelike) dans nie en is
(5. veraal/veral) gewild (6. onder/onner) sommige (7. Suid-Afrikaners/
Suid-Afrikaaners). Die naam sê hoe mense (8. vroeer/vroeër) op hulle
kouse moes dans om die (9. houtvloere/hout vloere) in die (10. sale/
saale) waar hulle gedans het te beskerm.

68 Kwartaal 1
Taal in konteks: Figuurlike taal
Pas elke verklaring in kolom B by ’n idioom in kolom A.

Kolom A Kolom B
1. Balke toe! a) Alles doen wat iemand wil hê.
2. Die poppe gaan dans. b) Versigtig optree.
3. Na iemand se pype dans. c) Lekker dans.
4. Op eiers dans. d) Daar gaan moeilikheid wees.

Skryf: Vul ’n tabel in


Bestudeer die foto’s van die twee musiekgroepe en lees die byskrifte. Trek dan
’n tabel soos die een hieronder en vul vyf verskille tussen die twee groepe in.

Van Diens Af dans terwyl hulle Afrikaanse


punk speel. Die groep het so ’n bietjie rock
en metal in hul bloed.
(Uit: http://www.google.co.za/
imgres?q=van+diens+af&um)

Die Kaapse Affodille speel


tradisionele boeremusiek
met ’n moderne aanslag.
Elke lid is ’n kranige
musikant.
(Uit: http://www.google.
co.za/imgres?q=boere+
orkeste)

Van Diens Af Die Kaapse Affodille

5. Balke toe! 69
Taal in konteks: Voornaamwoorde
1. Kyk na die voorbeelde van voornaamwoorde in die tabel en kies dan die
korrekte woord tussen hakies in die titels van die liedjies.
Persoonlike voornaamwoorde Besitlike voornaamwoorde
Ek het ’n kitaar. Die kitaar is myne; dit is my kitaar.
Sy praat met my. Die kitaar is nou hare; dit is haar kitaar.
Ons kuier by hom en haar. Die instrumente is ons s’n; dit is ons eie.
Hy speel op die tromme. Die tromme is syne; dit is sy tromme.
Julle sal hulle vanaand sien. Hier is julle en hulle kaartjies; dit
is julle s’n en hulle s’n.
a) Dans met (myne/my), skat.
b) Kan ek met (jy/jou) dans?
c) (My/Ek) en (my/ek) meisie bly in ’n huisie.
d) My hart is nou (hare/haar s’n).
e) Gee (sy/haar) ’n roos.
2. Gee die regte vorm van die voornaamwoorde tussen hakies.
a) Het jy die woorde van sy liedjie op (jy) rekenaar?
b) Dit is (ek) CD-speler; die CD-speler is (ek).
c) Dit is my suster se klavier; die klavier is (sy).
d) Weet jy of hierdie kitaar (hy) is?
e) Ons het kaartjies vir die konsert gekoop; die kaartjies is (ons).
3. Kyk na die voorbeelde van betreklike voornaamwoorde in die tabel. Kies
dan die regte woorde tussen hakies in die sinne.
Mense Diere en dinge
Ek ken die meisie wat daar dans. Dit is ’n dansliedjie wat ek ken.
My dansinstrukteur is iemand op wie jy Die CD waarop die liedjie is, is hier.
kan staatmaak.
Die danser na wie ek kyk, is Die musiek waarna ek luister, is
uitstekend. uitstekend.
Die ballerina met wie ek praat, is Die toestel waarmee sy werk, is
bekend. splinternuut.
Die mense vir wie ons dans, geniet dit. Ek het die kaartjie waarvoor ek R200
betaal het, verloor.
a) Die meisie (met wie/waarmee) ek dans, is in my klas.
b) Die dans (na wie/waarna) ons gaan, is in die skoolsaal.
c) Die kitaarspeler (wat/wie) so goed speel, kom uit die Kaap.
d) Die kitaar (op wie/waarop) sy speel, is baie duur.
e) Die danser (vir wie/waarvoor) ons hande klap, is uitstekend.

70 Kwartaal 1
4. Verbind die sinne met betreklike voornaamwoorde.
Voorbeeld: Die liedjie is ’n treffer. Ons luister na die liedjie.
Antwoord: Die liedjie waarna ons luister, is ’n treffer.
a) Die liedjie klink oulik. Die Kaapse Affodille speel die liedjie.
b) Die danser is wêreldberoemd. Ons kyk na die danser.
c) Hulle is mal oor die liedjie. Hulle luister na die liedjie.
d) Ek hou van die sanger. Hy sing hierdie liedjie.
e) Die musikant het ’n interessante lewe. Ons gesels met die musikant.
5. Kies vraagwoorde uit die blokkie om die sinne te voltooi.
Watter Vir wie Wie se Waarvoor Waarin

a) ____ balletskoene is dit?


b) ____ word die geld gebruik?
c) ____ gaan jy ondersteun?
d) ____ dans hulle?
e) ____ soort musiek gaan hulle speel?
6. Kies jy of jou om saam met ’n mens te gebruik.
’n Mens + jy / jou
a) ’n Mens moet ____ reg aantrek as ____ na ’n dans gaan.
b) Waar kan ’n mens sit as ____’n kaartjie het?
c) ’n Mens moet ____ gesondheid oppas en versigtig wees wat ____ eet.
d) Waarheen moet ’n mens gaan as ____ ____ vir danslesse wil inskryf?

Taal in konteks: Leestekens


Skryf die volgende sinne met die nodige leestekens oor.

!
1. Die mense dans baie lekker want hulle geniet die musiek
2. As jy professioneel wil dans moet jy baie oefen ;
3. In die orkes is daar drie instrumente ’n kitaar ’n viool

?
en ’n saksofoon

,
4. Tien pare neem aan die kompetisie deel dws 20 mense

.
5. Die kompetisie begin oor tien minute dus is almal opgewonde
6. Die aankondiger sê Almal wat aan die kompetisie
deelneem moet vorentoe kom asseblief
7. Wie het die kompetisie gewen vra die seun

: “”
8. Jammer ek weet nie antwoord Sam
9. Danny skreeu Jippie ek het gewen
10. Die onderwyser vra Anna hoe het dit in die
danskompetisie gegaan

5. Balke toe! 71
Taal in konteks: Leenwoorde
Die woorde in die tabel is woorde wat Afrikaans by ander tale “geleen” het.
Kies uit hierdie leenwoorde om die blokkiesraaisel in te vul.
Taal waaruit Afrikaans woorde Leenwoorde
geleen het
Engels poeding, steak, tjops, sokker, SMS, tjek
Maleis basaar, piering, kerrie, bobotie, baie
Portugees atjar, tronk, baljaar, bredie, bottel
Italiaans ravioli, macaroni, spaghetti, pizza, pasta
Khoi kwagga, karos, Karoo, kierie, abba
Spaans sjerrie, kitaar, sigaar, tornado, tango
Afrikatale mamba, indaba, impi, lobola, donga

Leidrade
1
S R 2
AF
3
P 4
A 5
1. afkorting vir “short
6
L message service” (Engels)
2. ’n soort slang (Afrikatale)
7
V 3. iets soets om na ete te
8
R 9
geniet (Engels)
5. spinasie, kaas of vleis in
10
I
deeg (Italiaans)
7. vleis met uie en groente
11
I 12
A (Portugees)
9. iets wat mense rook
(Spaans)
13
K I 13. ’n kombers (Khoi)
14 15 16 14. ’n droë streek in Suid-
Afrika (Khoi)
17
A R 18
A O 15. deegmengsel in verskil-
lende vorms (Italiaans)
16. sloot as gevolg van erosie
19
O 20
E (Afrikatale)
18. jy kan daarmee betaal
(Engels)

DWARS
1. ’n sportsoort (Engels) 12. ’n Spaanse dans (Spaans)
4. ’n musiekinstrument (Spaans) 13. dit help jou om te loop (Khoi)
6. beeste wat vir ’n vrou betaal word 17. waar goed verkoop word (Maleis)
(Afrikatale) 18. ’n storm wat skade aanrig (Spaans)
8. gevangenis (Portugees) 19. gesnyde vleis van ’n skaap
10. ’n koppie staan daarop (Maleis) wat ’n mens braai (Engels)
11. ronde plat stuk deeg met kaas, 20. ’n dik stuk beesvleis (Engels)
tamatie, ens. daarop (Italiaans)

72 Kwartaal 1
Skryf: Ontwerp ’n strooibiljet
Jy gaan nou ’n strooibiljet (flyer) ontwerp oor iets wat jy wil adverteer, soos
dansklasse, of ’n DJ wat sy dienste wil aanbied vir partytjies. ’n Strooibiljet is
’n blaadjie met inligting wat by verkeersligte
uitgedeel of in posbusse gesit word. Die doel
is om mense te oorreed (persuade) om ’n
produk te koop of ’n diens te gebruik.
Hoe lyk ’n strooibiljet?
• ’n Strooibiljet trek dadelik die leser
se aandag met verskillende lettertipes
en -groottes.
• Net die nodigste inligting word gegee.
• Die inligting word duidelik uiteengesit.
• Kontakbesonderhede is duidelik sigbaar.

Baie mense wil goed kan dans. Jy gaan ’n


strooibiljet ontwerp vir ’n dansskool waar
’n mens verskillende soorte danse kan leer.
Gebruik 80 tot 100 woorde in jou strooibiljet
en sluit ’n illustrasie of foto in. Kyk na die
inligting wat jy moet verskaf. Deelnemers aan ’n danskompetisie

Wie? kan kom leer dans? ouderdom en geslag


Wat? kan jy alles daar leer? soorte danse
Hoekom? moet mense leer dans? rede vir klasse
Wanneer? vind die klasse plaas? tye van klasse
Waar? word die klasse aangebied? adres van dansskool
Hoe? kan jy kontak maak? telefoonnommer en e-posadres
Hoeveel? kos dit? prys per klas of per maand

Pre-skryf
• Besluit wat jy gaan adverteer.
• Besluit watter inligting jy wil insluit.
• Beplan die ontwerp van jou strooibiljet.
• Maak ’n eerste ontwerp.
Skryf jou strooibiljet
• Gee al die nodige inligting. (Moenie onnodige inligting insluit nie.)
• Gebruik oorredende (persuasive) taal.
• Slaan die spelling van woorde in ’n woordeboek na.
Hersien, redigeer, proeflees en aanbied
• Vra ’n maat om jou werk te redigeer.
• Skryf die finale weergawe van jou strooibiljet.

5. Balke toe! 73
Luister en lees: ’n Liedjie: My ou tante Koba
• Luister na ’n opname of voorlesing van die liedjie deur Chris Torr wat
Laurika Rauch sing terwyl jy die woorde lees.
• Werk saam met ’n maat en slaan die woorde na wat julle nie verstaan nie.

My ou tante Koba
My ou tante Koba klink effens kwaai
Wanneer kom maak ons by hulle weer ’n draai?
Maar waar bly tannie? Het ek gevra
Anderkant Noupoort duskant De Aar.
My ou tante Koba sê ek kan maar loer
Sy sal haar koffie met ’n lepel roer
Ry verby Laingsburg en Beaufort-Wes
Ma het ’n mandjie Pa het ’n fles.
Refrein
En my voete wil weer dans, en my lippe wil weer sing
Die vreugde wat jy gee, brei uit in ’n kring
’n Reis deur die verlede sal ook hartseer bring
Maar my voete wil nou dans en my lippe wil nou sing.
My ou tante Koba het soms gemeen
Die son sal weer skyn, maar dit moet eers reën
“Veral op Grasbult,” het sy gevra
– dis anderkant Colesberg duskant De Aar.
Sy’s besig om lusern, lusern te saai
Sy sê nie eens hallo nie (maar sy sê
ook nie good bye)
Sy skink sjampanje en gemmerbier
Die tafel’s gedek langs ’n rivier.
Refrein
Aan die einde het tant Koba
baie stil gelê
“Ek sien reeds vier perde,”
het ek haar hoor sê.
“Scatter my ashes,” het sy gevra
Anderkant Steynsburg duskant
De Aar.
Refrein
(Uit: My ou tante Koba, LPR, 2004)

74 Kwartaal 1
Hoe goed verstaan jy die liedjie?
1. Teken ’n kaart van Suid-Afrika en merk die plekke
wat in die liedjie genoem word daarop.
2. In watter provinsie woon tante Koba?
3. Watter soort werk doen tante Koba? Hoe weet jy dit?
4. Watter ander inligting oor tante Koba kry ons in die liedjie?
5. Wie is die spreker in die liedjie? Gee ’n rede vir jou antwoord.
6. Daar is ’n ou Afrikaanse liedjie met die volgende woorde:
Ou tante Koba, sy is so dom,
Sy roer haar koffie met haar groottoon om.
Haal die reël uit die liedjie aan wat na die ou liedjie verwys.
7. Wie gaan almal by tante Koba kuier?
8. Wat word in die laaste strofe beskryf?
9. Hoe laat die herinnering aan (memory of ) tante Koba die spreker voel?
Kies die korrekte antwoord. (Wenk: Soek jou antwoord in die refrein.)
a) vol hartseer en verlange
b) lus om te sing en te dans
10. Skryf ’n voorbeeld van alliterasie uit strofe 1 neer en onderstreep die letters
wat allitereer.
11. Watter woorde in strofe 2 rym met mekaar?
12. Watter boodskap wou die spreker met die liedjie oordra, dink jy?

Lees: ’n Drama: Nuwe vriende


In die drama Nuwe vriende wat jy nou gaan lees, speel hip-hop-musiek en -dans
’n belangrike rol.

Het jy geweet?
Hip-hop is ’n kulturele
dansbeweging. “Hip” verwys
na kennis en “hop” verwys
na beweging. Dié soort dans
is dus ’n intelligente
beweging en kan jou help om
krities te dink, probleme op
te los en leierskap aan te leer.

• Kyk vinnig na die formaat waarin die drama geskryf is. Hoe verskil dit van
die liedjie “My ou tante Koba”?
• Kyk na die titel van die drama. Waaroor gaan dit, dink jy?
• Lees die drama en kyk wat die dansers geleer het.

5. Balke toe! 75
Nuwe vriende
Marita van Aswegen
Karakters: Hip-hop-dansers met verskillende uitrustings en maskers aan,
onder andere:
• Tiffany: ’n plomperige meisie met los broek, T-hemp onder
’n los hemp, tekkies
• Virnisha: ’n nuwe meisie, skralerig,
met stywe jeans en toppie, tekkies
• Claire: Tiffany se vriendin, praat baie
• Brendon: hoof-hip-hop-danser met
spookmasker
• twee ekstra danseresse en vier ekstra
dansers
Miss Daisy: hip-hop-dansinstruktrise
Rekwisiete: Hemp wat uitgetrek word, kleurvolle
hoed, maskers, Hip-Hop-CD
Dekor: Ruimte waar gedans kan word.
Toneel: Nege dansers staan rond en bont
op die verhoog met mekaar en
gesels.

Tiffany: Brendon lyk snaaks met daai


masker, nè? Spook se moses.
Claire: Net so. (Sy wys met haar oë na
Virnisha wat eenkant alleen staan.)
Dink sy sy’s mooi? Meng nie met
ons nie. Seker te smart. Sy’s nou al
’n paar dae hier en het nog geen pel nie.
Tiffany: Hmmm. Sy lyk vir my bietjie skaam. (Sy maak of sy haar los hemp
wil uittrek.) Wil eintlik die hemp uittrek, maar ... ek wil my lyf
wegsteek. (Sy slaan met haar hande op haar heupe.)
(Hip-hop-musiek begin in die agtergrond speel.)
Miss Daisy: (Kleurvolle hoed in haar hand.) Okei, boys, girls. Ons maak of hier
’n gehoor vir ons sit en kyk. Ons gaan dit geniet. Hierdie hoed
moet op Brendon se kop kom. Die een wat die hoed vir hom kan
gee, sal saam met hom ’n solo dans. Boys, julle moet hom
beskerm. Hoek toe met jou, Brendon!
(Brendon gaan staan aan die kant verste van die meisies af.Vier seuns neem voor
hom stelling in. Miss Daisy gee die hoed vir Tiffany. Sy sit dit op haar kop. Die
musiek se volume neem toe. Almal begin dans. Die seuns bly naby Brendon om hom
te beskerm.)
Miss Daisy: Sterk dans, Tiffany! Jy wil hê die mense moet jou sien, nè?
(Tiffany gee die hoed vir een van die ander danseresse en beweeg nader
aan die seuns.)

76 Kwartaal 1
Miss Daisy: Groot dans, boys. Arms reguit. Doen alles voluit. Gebruik die
spasie op die verhoog!
(Die een met die hoed op gee dit vir Virnisha. Sy dans vorentoe om deur die lyn
wat die seuns vorm te kom.)
Miss Daisy: Mooi, mooi, Virnisha. Kyk op!
Bo-oor die mense se koppe!
Brendon, dans af grond toe. Toe,
nie net halfpad nie. Nou! Virnisha!
Spring so hoog soos jy kan!
(Virnisha spring. Daar is ’n geluid van iets wat
skeur. Sy stop in haar spore, gryp die agterkant van
haar broek vas. Die dansers kom tot stilstand, lag
en giggel.)
Miss Daisy: Hou aan dans! Julle kan nie
sommer net stop nie!
(Virnisha staan nog stil. Die dansers begin weer
dans. Tiffany knoop haar hemp los, trek dit uit en
bind dit om Virnisha se middel.)
Virnisha: Dankie! (Sy begin dans en gee die hoed
vir Tiffany. Hulle glimlag vir mekaar.)
Miss Daisy: Tiffany! Vinnig gedink. Mooi. Wys jou gevoelens!
Doen alles voluit!
(Tiffany dans vinnig verby die vier seuns tot by Brendon. Sy gee vir hom die hoed.
Die ander dansers beweeg na die kant van die verhoog sodat Tiffany en Brendon
alleen kan dans. Teen die einde van die snit verdwyn die hele groep een vir een van
die verhoog af.)
(Ongepubliseer )

Hoe goed verstaan jy die drama?


1. Die dramaturg vertel ons in die beskrywing van die karakters hoe Tiffany en
Virnisha lyk. Watter twee woorde dui op die verskil in hul kleredrag?
2. Aan die begin van die drama bespreek Tiffany en Claire vir Virnisha, die
nuwe meisie. Watter inligting oor Virnisha word gegee?
3. Wat het jy oor die karakters agtergekom? Pas die beskrywings in kolom B
by die karakters in kolom A.
Kolom A Kolom B
a) Miss Daisy is sensitief oor hoe haar lyf lyk.
b) Claire wil alles voluit en goed gedoen hê.
c) Tiffany is die hoofdanser.
d) Virnisha se broek skeur.
e) Brendon is uitgesproke.

5. Balke toe! 77
4. Waarom wil Miss Daisy hê Tiffany moet “sterk” dans?
5. Kies die korrekte woorde tussen hakies: Miss Daisy wil hê die seuns moet
met (krom/reguit) arms dans en (alles/al) die plek op die verhoog gebruik.
6. Wat is vir jou die hoogtepunt van die drama? Motiveer jou antwoord.
7. Hoe sal jy voel as jou broek gedurende ’n dans skeur?
8. Ons weet hip-hop help jou om krities te dink, probleme op te los en leierskap
aan te leer. Hoe word dit in die drama uitgebeeld?
9. Is jy aan die einde van die drama trots op Tiffany? Waarom sê jy so?
10. Op watter manier sê Virnisha vir Tiffany dankie?
11. Kies die korrekte antwoord:
Die toon van die drama is (ironies/neerhalend/
humoristies/skerp). Gee ’n rede vir
jou keuse.
12. Waarom, dink jy, het die dramaturg die
drama geskryf? Wat wil sy daarmee sê?
13. Dink jy “Nuwe vriende” is ’n goeie titel
vir die drama? Verduidelik.
14. Sou jy ’n ander einde vir die drama
gekies het as jy dit geskryf het?
Verduidelik.

Lees: Vergelyk die liedjie en die drama


1. Vul die tabel in.

My ou Tante Koba Nuwe vriende


a) Ruimte
b) Ouderdom van
karakters
c) Emosies
d) Tema
e) Styl
f) Boodskap

2. Hou jy die meeste van die liedjie of die drama? Gee ’n rede vir jou
antwoord.

78 Kwartaal 1
Taal in konteks: Voegwoorde
1. Kyk na die inligting oor voegwoorde op bladsy 293. Trek die tabel hieronder
in jou boek oor en pas die voegwoorde in die lys in die regte kolom.

dat, dus, gevolglik, aangesien, tensy (unless), toe (when), voordat, daarom,
nadat, want, tog, of (or ), óf ... óf (either ... or ), nóg ... nóg (neither ... nor ),
alhoewel, omdat, maar, totdat, nogtans, anders, sodat, sowel ... as (as well
as), al (although ), as (if ), indien, dan, mits (on condition that ), asof, of (if ), toe
(then ), nietemin, buitendien, sodra, sedert, terwyl, en

Groep 1 Groep 2 Groep 3

2. Kies die voegwoord tussen hakies wat in die sinne pas.


a) Ek dans baie, (want/omdat) ek geniet dit.
b) Ek dans baie (want/omdat) ek dit geniet.
c) Jy sal goed leer dans (mits/tensy) jy baie oefen.
c) Jy sal nie goed leer dans nie (mits/tensy) jy baie oefen.
e) Ons wil goed leer dans, (en/maar) het nie ’n onderwyser nie.
f) Ons wil goed leer dans (en/maar) doen alles wat ons onderwyser sê.
g) Sy wil weet (of/as) ons aan die kompetisie wil deelneem.
h) Ons sal goed vaar (of/as) ons aan die kompetisie deelneem.
i) Gaan trek eers jou dansklere aan, (toe/dan) kom jy na die saal.
j) Hy het eers sy dansklere aangetrek en (toe/dan) na die saal gekom.
3. Verbind die sinne uit die liedjie “Wil jy dans, Carina?” met die voegwoord
tussen hakies.
a) Dit is ’n studentejol. Die saal is lekker vol. (en)
b) Almal draai oor die vloer. Die meisie wil glad nie dans nie. (maar)
c) Sy kyk sonder ophou na die deur. Hy kom nie meer nie. (al)
d) Dis maklik om te leer. Ek vra jou nog ’n keer. (dus)
e) Gee jou hand, Carina. Alles is die moeite werd. (omdat)
f) Die aand is haas verby. Al die tyd sit sy. (nogtans)
g) Sy kan dit amper nie glo nie. Hy kom nie meer nie. (dat)
h) Sê nou sy sê ja. Ek vra haar. (as)
i) Sy wil opstaan en loop. Ek staan voor haar. (toe)
j) Gee net ’n kans, Carina. Jy wil dans. (mits)
5. Balke toe! 79
Hersiening
1. Kies die korrekte woord of sinsdeel tussen hakies.

Noord-Kaapse tieners dans hul pad oop na Switserland


Daar bestaan geen twyfel (a. dat/wat) dié twee tieners goed kan dans
én (b. somer/sommer) baie talent het nie.
Quintus Hendricks en Nadia Jacobs van Kimberley is die enigste
danspaar (c. wat/wie) gekies is om Suid-Afrika op 13 April by die
Wêreld-baldanskompetisie in (d. Switserland/Switzerland) te
verteenwoordig. Dié paar het eers (e. gelede/verlede) jaar begin saam
dans, (f. want/en) het sedertdien elke kompetisie gewen (g. waaraan/
aan wat) hulle deelgeneem het. Hulle is ook die huidige Noord-
Kaapse danskampioene.
Nadia is in graad 9 en Quintus is in graad 12. Albei beoog om, ná
(h. hul/hulle se) skoolopleiding, (i. oorsees/oorsee) te gaan om
professioneel te dans. Nadia het (j. dans lesse/danslesse) begin neem
toe sy maar vier (k. jaar/jare) oud was. Sy vertel dat (l. dit harde
werk kos/dit kos harde werk) om so goed te presteer. Maar sy is baie
(m. opwindend/opgewonde) om oorsee te gaan. “Partykeer voel ek ’n
bietjie bang vir die kompetisie, (n. want/maar) ’n mens moet
(o. pessimisties/optimisties) wees as (p. jy/hy) wil presteer,” meen
Nadia.
Quintus dans sedert hy vyf (q. jare/jaar) oud is. Sy (r. tante/tant) het
destyds ’n (s. dansskool/danskool) naby hul (t. tuis/huis) geopen en
mev. Hendricks het dadelik vir Quintus en sy ouer broer gaan inskryf.
Vandag, sê mev. Hendricks, is sy nie een oomblik spyt daaroor nie.
“Hulle is albei baie talentvol.”
(20)

2. Jy was gisteraand by julle skool se Valentynsbal of by ’n goeie maat se


verjaardagpartytjie. Skryf ’n paragraaf van 80 tot 100 woorde waarin
jy vertel waarom jy dit geniet het of waarom jy dit glad nie geniet het
nie. Gebruik ’n voegwoord in elke sin. Onderstreep al die voegwoorde
in jou paragraaf.
(10)
Totaal: 30

80 Kwartaal 1
6 Gordel vas!
In hierdie lesreeks gaan jy:

Luister en praat • na ’n kaart kyk en dit bespreek


• ’n brosjure bespreek
Lees en kyk: Begrip • rigtings na aanleiding van ’n kaart bepaal
• ’n inligtingsteks lees en vrae daaroor beantwoord
• ’n reisplan lees en bespreek
Skryf en aanbied • rigtingaanwysings skryf
• ’n dialoog skryf
Taalstrukture en • die volgende taalaspekte in konteks inskerp:
-konvensies voornaamwoorde, spelling, alfabetiese volgorde,
leenwoorde, leestekens, woordvorming, direkte
en indirekte rede, letterlike en figuurlike
betekenis, nuutskeppinge
• jou woordeskat in konteks uitbrei

6. Gordel vas! 81
Kyk en praat: Bestudeer en bespreek ’n kaart
Verdeel in groepe van drie of vier en kyk na die plekke wat op die kaart
aangedui is. Elkeen is bekend vir ’n spesifieke besienswaardigheid
(sight worth seeing).
Gesels oor waar elke besienswaardigheid is en waarom dit spesiaal is. Teken
dan die tabel op bladsy 83 in jou werkboek en vul die regte plekname in.

82 Kwartaal 2
Besienswaardigheid Plek
Vrouemonument
Addopark
Robbeneiland
Kangogrotte
Uniegebou
Tafelberg
Die Groot Vyf
Volstruisplaas
Riksjas
Gold Reef City
uShaka
Sterrewag (observatory)
Die Groot Gat
Oesterplase

Lees en kyk: ’n Kaart


Kyk weer na die kaart op bladsy 82. Gebruik die kompas en voltooi die tabel
met rigtings (directions). Die eerste een is reeds ingevul.

Bloemfontein lê suidoos van Kimberley en suidwes van Johannesburg


Kaapstad lê van Oudtshoorn van Pretoria
en
Die Addopark lê van Knysna en van Sutherland
Pretoria lê van die van Johannesburg
Krugerwildtuin en
Durban lê van Johannesburg van die Addopark
en
Knysna lê van Durban en van Bloemfontein

6. Gordel vas! 83
Taal in konteks: Voornaamwoorde
Herskryf die paragrawe met die korrekte voornaamwoorde.
Volgens wetgewing moet almal (1. wat/wie) in
’n voertuig ry ’n veiligheidsgordel dra. Die
bestuurder maak (2. hom/hy) aan manslag
skuldig as een van (3. sy/haar) passasiers in ’n
ongeluk sterf en nie vasgegordel was nie.
Navorsing het bewys dat 95% van die ernstige
beserings in motorbotsings veroorsaak word
deur insittendes (4. wie se/wat) nie vasgordel
nie. Dié beserings (5. wie/wat) voorkom, kan
ernstige hoofbeserings, verlamming, skeuring van organe, pelvis- en
beenfrakture en selfs die dood wees.
’n Veiligheidsgordel is so ontwerp dat dit (6. jou/jy) teen gevaarlike
beweging soos ’n botsing of skielike vermindering van spoed kan beskerm.
Dit help ook om te keer dat (7. ’n mens/hy) harde voorwerpe of ander
passasiers in die voertuig tref.
Waarom met (8. sy/jou) lewe speel? Die beste wapen teen ernstige
beserings in ’n motorongeluk is om dus altyd (9. jou/jou se) sitplekgordel
te dra. Sorg dat dit styf om (10. jou/joune) pas.

Lees: ’n Inligtingsteks
Lees die teks oor Calitzdorp aandagtig deur. Hou jou oog op die kaart sodat jy
kan sien waar die plekke is waarvan jy lees.

Die vrugtemandjie uit Kannaland


Calitzdorp is in die Klein-
Karoo en lê in die middel van
Roete 62 wat Kaapstad met
Port Elizabeth verbind. Roete
62 is die langste wynroete
in die wêreld (850 km). Jy
kan ook grondpaaie gebruik
om daar te kom: die pad oor
die Gamkaberge (“Gamka”
beteken “leeu” in Khoi)
van Vanwyksdorp via die
Swartbergpas of jy kan deur
die Seweweekspoort van
Laingsburg se kant kom.

84 Kwartaal 2
Die Khoi het die plekkie Kannaland genoem omdat dit ’n vallei sonder gras was. Jy
kan na hulle rotstekeninge gaan kyk. Later is die dorpie vernoem na die Calitz-broer
wat ’n kerk en skool laat bou het. Calitzdorp is 50 km noord van Ladysmith, 400 km van
Kaapstad, 50 km wes van Oudtshoorn, 105 km van George en 130 km van Mosselbaai.

Die dorpie word omring deur die Swartberge in die noorde, die Rooiberge in die
suide en die berge van die Huisrivierpas in die weste. Calitzdorp lê 233 m bo seespieël
en die bevolking is 8 400.
Hier ervaar jy uiterste temperature – dit word soms hoër as 40 grade in die somer en
in die winter sien jy sneeu op die berge. Dit is ideaal vir die kweek van druiwe en
vrugte.
Vars en gedroogte vrugte en vrugterolle, neute, konfyt en gedroogte vrugte is oral te
koop. ’n Mens kan ook die heerlikste portwyn daar koop.
’n Besoek aan die Gamkaberg-Natuurreservaat
waar die beskermde Kaapse bergkwaggas, luiperds,
klipspringers, dassies, koedoes, bobbejane en
roofvoëls te sien is, is ’n moet. Hier is ook
160 voëlspesies waaronder die grootste
konsentrasie bleeksingvalke in die Suidelike
Halfrond.
Maak Calitzdorp jou basis en verken die
omgewing. Dit het ’n spesiale bekoring wat
sal sorg dat dit nie jou laaste kuier is nie.

W bekoring: charm; iets wat jou aantrek


beskermde: endangered; wat bewaar word om te oorleef
halfrond: hemisphere; een helfte van die aarde
omring: surrounded; aan alle kante
rotstekeninge: rock paintings; sketse op rotse geverf
seespieël: sea level; dieselfde hoogte as die see
Suidelike Halfrond: Southern Hemisphere; die suidelike helfte van die
aarde onder die ewenaar
uiterste: extreme; baie hoog of laag

6. Gordel vas! 85
Hoe goed verstaan jy die inligtingsteks?
1. Watter roete moet jy volg om by Calitzdorp te kom?
2. Hoe ry ’n mens na Calitzdorp:
a) vanaf Laingsburg?
b) vanaf Vanwyksdorp?
3. As jy in Calitzdorp is, in watter rigting lê:
a) Laingsburg?
b) Oudtshoorn?
4. Watter plek wat in die teks genoem word, is die verste van Calitzdorp?
5. Lees die volgende stelling:
Mosselbaai is die naaste dorp aan Calitzdorp.
a) Is hierdie stelling waar of onwaar?
b) Waarom sê jy so?
6. Watter woord pas nie?
In Calitzdorp is volop (vrugte/neute/sneeu/portwyn).
7. Skryf die ontbrekende woorde neer:
Die berge van die Huisrivierpas is ____ van Calitzdorp, die Swartberge is
aan die ____ kant en die Rooiberge lê _____ van die dorp.
8. Watter hoë temperatuur word in die teks genoem?
9. Hoeveel mense woon volgens die teks in
Calitzdorp?
10. Watter beskermde soogdier (mammal) en watter
soort voël wat in groot getalle daar voorkom,
sal natuurliefhebbers na die Gamkaberg-
Natuurreservaat lok?

Taal in konteks: Spelling en alfabetiese volgorde


Kyk weer na die kaart op bladsy 84 om te sien waar Die Hel is.
1. Gebruik ’n woordeboek en kies die korrekte spelling van die woorde
tussen hakies.
(a. Vroeer/Vroeër) jare moes die mense wat in Die Hel gebly het, met
(b. voetpaadjies/voetpadjies) loop om hulle produkte na die mark te
bring en weer hul (c. voorraad/vooraad) huis toe te bring. Die roete was
teen (d. steil/styl) berghellings. Hulle het (e. donkies/donkeys) gebruik
om die (f. swaer/swaar) (g. vraag/vrag) oor die Swartberge tot by
Calitzdorp te dra. Eers in 1963 is ’n (h. pad/pat) gebou wat die
(i. verlaate/verlate) (j. valley/vallei) met die (k. buitewereld/
buitewêreld) verbind.
2. Rangskik jou antwoorde hierbo in die korrekte alfabetiese volgorde en
skryf dit onder mekaar neer.

86 Kwartaal 2
Taal in konteks: Leenwoorde
1. Lees die inligting hieronder en voer dan die opdrag oor leenwoorde uit.

Terwyl jy in Calitzdorp bly en jy nou vir al die goggas op die


donkieroete moes keer, kan jy gerus Ma Betty se Xhosa-kultuurdorpie
op Oudtshoorn besoek. Jy gaan nie piekniek onder ’n lapa hou nie!
Daar kan jy sien hoe sangomas geeste oproep en tradisionele
Xhosa-geregte soos stampmielies, sosaties, marog, vleis en pap
met sheba eet. Oppas vir chakalaka, dit brand nogal. Die kos is baie
smaaklik voorberei. Jy sal verseker nie ’n pizza of ’n hamburger
daar kan koop nie!

Onthou! Leenwoorde is
woorde wat by ander tale
“geleen” is, soos gogga
wat uit Khoi geleen is en
lapa uit Sotho.

2. Trek die tabel in jou boek oor.


3. Kies watter vetgedrukte woorde in die teks hierbo by die omskrywings in
kolom A pas. Skryf dit dan in kolom B neer.

Kolom A Kolom B
a) ronde broodrolletjie met ’n vleis-
of ander vulsel
b) sous met tamatie en uie
c) tradisionele genesers
d) stukkies vleis en groente op ’n
stokkie
e) wilde spinasie
f) ’n plat, ronde laag deeg met onder
andere kaas daarop
g) sous van tamatie, uie en
soetrissies met ’n skerp smaak
h) ’n plek naby die huis waar mense
vleis braai en kuier
i) ’n informele ete in die buitelug
j) insekte

6. Gordel vas! 87
Lees: ’n Reisplan
’n Reisplan gee kortliks inligting oor die roete en tyd van ’n reis. Kyk na die
formaat van die reisplan hieronder, lees die inligting noukeurig en beantwoord
die vrae.
Die Donkieroete
Op die plaas Living Waters naby Calitzdorp kan jy die unieke Donkieroete
beleef. Nee, jy ry nie op ’n donkie nie, jy stap. Jy volg die donkieroete van ouds.
Daar is donkies wat jou bagasie op die byna onbegaanbare paadjies dra. Die
toergidse is van die omgewing en vertel jou alles omtrent die plaaslike stories
en die geskiedenis van die plek.

(Verwerk en vertaal van: http://www.donkeytrail.com/)

88 Kwartaal 2
W bosluis: tick; insek wat bloed suig
wildrit: game drive; rit in ’n motor om na wilde diere te kyk
ystervark: porcupine; knaagdier met skerp swart en wit penne

Hoe goed verstaan jy die reisplan?


1. Watter inligting trek dadelik jou aandag as jy
vlugtig na die reisplan kyk? Verduidelik waarom.
2. Vergelyk dag 2, 3 en 4. Wat is elke dag dieselfde?
3. Kyk na die tye op dag 2, 3 en 4.
a) Noem die verskil tussen die aktiwiteite van elke dag.
b) Waarom is dit so, dink jy?
4. Is die volgende stelling waar of onwaar? Motiveer jou antwoord.
Tussen dag 2 en 3 klim jy 973 m.
5. Voltooi die sin: Op dag ____ stap jy die verste en slaap jy in ____.
6. Rangskik die gebeure in die korrekte volgorde.
a) Braai om ’n vuur.
b) Besoek Annatjie se winkeltjie.
c) Hou piekniek in die skaduwee.
7. Kies die korrekte antwoord om die sin te voltooi.
Op dag 3 slaap jy in gerestoureerde huisies (op Living Waters/op Wyenek/in
die natuurreservaat/in die Swartberge).
8. Pas die inligting in kolom B by die dae in kolom A.
Kolom A Kolom B
Dag 1 a) Ry deur die natuurreservaat.
Dag 2 b) Ontmoet die donkies en die gidse.
Dag 3 c) Klim die Swartberge.
Dag 4 d) Slaap jy nie in ’n geboude huis nie.

9. Kies die korrekte woorde tussen hakies.


Jy word gewaarsku teen (ongelooflike/gevaarlike) diere en word vertel
van die (fantastiese/onaangename) uitsig.
10. Gee ’n rede waarom die volgende stelling onwaar is.
As jy op die Donkieroete gaan, stap jy op al vier dae.
11. Dink jy dit is nodig om te weet hoe ver ’n mens elke dag stap? Motiveer jou
antwoord.
12. Is daar enige ander inligting wat jy graag op die reisplan sou wou hê?
13. Watter dag van die roete sou jy die meeste geniet? Waarom sê jy so?
14. Is daar iets op die roete wat jy nie sou geniet nie? Verduidelik.

6. Gordel vas! 89
Skryf: Rigtingaanwysings
’n Maat wil ’n paar gemaklike stapskoene koop en vra jou om neer te skryf hoe
om van die huis gemerk A by die skoenwinkel gemerk B op die kaart uit te
kom. Skryf rigtingaanwysings in 80 tot 100 woorde.

Hoofweg

Proteastraat Skool

Parkstraat
Vierde Laan

Vygiestraat
Tweede Laan

Mbekistraat
Vrugte-
winkel O
Kafee

Hoe skryf ’n mens rigtingaanwysings?


• Begin by plek A en gee sistematiese instruksies om by plek B uit te kom.
• Begin elke instruksie met ’n werkwoord. Onthou! Dis ’n bevelsin!
(Byvoorbeeld: Draai regs by die eerste verkeerslig; ry reguit tot by
die sirkel.) Dink aan
• Noem bakens langs die pad. (Byvoorbeeld: Kyk uit vir die skool kommas,
op linkerkant.) kommapunte,
punte, en ’n
Taal in konteks: Leestekens, woordvorming dubbelpunt.

en direkte en indirekte rede


1. Skryf die paragraaf oor met die korrekte leestekens.
Die volgende klein dorpie waar ons gaan afpak is
sinoniem met sterre stilte en snerpende koue.
Oorkant Matjiesfontein op die N1 draai jy regs
op die R365. Om op Sutherland te kom ry jy
110 km. Jy ry met die kronkelende bossiespad
deur Verlatenkloofpas. Mense sê Die pas is
presies wat die naam sê verlate want hier sal
jy nie sommer ’n ander voertuig teëkom nie.
Die enigste lewe is ’n troppie merino’s langs
’n eensame windpompdam hier is mens sowaar
ver van êrens af. By matjiesfontein kan jy die ou
lord milner hotel besigtig.

90 Kwartaal 2
2. Lees die inligting oor woordvorming hieronder.

Onthou Woordvorming
Woorde kan op verskillende maniere gevorm word:
• deur stamwoorde bymekaar te voeg (samestellings), bv.
af + pak = afpak, wind + pomp + dam = windpompdam,
bossie + pad = bossiespad
• deur voorvoegsels en/of agtervoegsels by ’n stamwoord te
voeg (afleidings), bv. volg – gevolg, volgende, gevolglik
• deur klanke in ’n woord te verander (klankverandering),
bv. ry – rit, drink – drank

Gee een woord vir die woorde tussen hakies of gee die korrekte vorm van die
woorde in die paragraaf.
Sutherland is 350 km van Kaapstad, en (a. oral + oor) bekend vir die helder
(b. ster + hemel) waarna ’n mens (c. in die nag)
deur (d. reus + teleskope) kan kyk. Hierdie Bo-
Karoodorpie bied ook goeie (e. ontspan), heerlike
(f. weg + breek + geleenthede) en ’n (g. uniek)
(h. ervaar) wat jou lank sal (i. by + bly). Besoek
ook die (j. tulp + plaas) wat op sy (k. mooi) in
September is. Op (l. begelei) (m. stap + roetes)
sien jy (n. besonder) plante soos die skaars
(o. olifant + voet) en (p. ster + boom.)
(Verwerk uit: www.discoversutherland.com) Teleskoop buite Sutherland
3. Lees wat die mense van Sutherland oor Middelfontein
se volmaan-nagmars sê en skryf dit oor in die indirekte
rede.
a) Jurgen sê: “Ons ontmoet vanmiddag om 17:00 by
die gastehuis.”
b) Hy sê: “Daarna beweeg julle na die plaas in die
rigting van Calvinia.”
c) Rita verduidelik: “Dit is ’n maklike staproete van
5 km.”
4. Skryf die volgende sinne oor in die direkte rede.
a) Jurgen sê dat hy stories van die omgewing rondom
die kampvuur vertel.
b) Hy sê dat hulle op die laaste skof langs die rivier
spoke sal sien.
c) Rita waarsku dat ’n mens vooraf moet bespreek
omdat dit so gewild is.

6. Gordel vas! 91
Skryf: ’n Dialoog
Jy gaan ’n dialoog van 120 tot 150 woorde oor een van die onderwerpe
hieronder skryf.

Onthou
• In ’n dialoog praat twee sprekers met mekaar.
• Die sprekers se name staan teen die kantlyn, gevolg deur ’n
dubbelpunt (:).
• Laat ’n reël oop na elke spreekbeurt.
• Gebruik leestekens soos uitroeptekens om gevoel oor te dra.
• Moenie aanhalingstekens gebruik nie.

1. ’n Afrikaanssprekende besoeker stop by jou skool en


wil by jou weet watter besienswaardighede (sights
worth seeing) hy of sy in jou dorp of stad kan besoek.
Jy gee aanwysings na die inligtingsentrum waar ’n
mens alles oor die omgewing kan uitvind.

2. ’n Benoude (anxious) vreemdeling klop hard aan


julle deur. Sy vrou is byna in kraam (about to give
birth) en hulle moet dringend by die naaste hospitaal
uitkom. Gee vinnig duidelike aanwysings vir die
paniekerige man.
Pre-skryf
• Beplan jou dialoog met behulp van ’n kopkaart en
deur sleutelwoorde neer te skryf.
Skryf jou dialoog
• Gebruik jou beplanning en die riglyne hierbo en skryf die eerste weergawe
van jou dialoog.
Hersien, redigeer, proeflees en aanbied
• Lees die dialoog noukeurig deur, gebruik ’n woordeboek vir moeilike
woorde.
• Redigeer jou skryfwerk deur dinge wat jy wil verander te verander en foute
reg te maak.
• Skryf jou dialoog netjies en sonder foute oor.
• Vra ’n maat om dit saam met jou as ’n rolspel aan die klas voor te lees.

92 Kwartaal 2
Bly liewer
uit sy pad!
Taal in konteks: Letterlike
en figuurlike betekenis,
nuutskeppinge

Onthou ’n Woord of sin se letterlike betekenis verwys na die gewone


betekenis, terwyl die figuurlike betekenis soos ’n metafoor is.
Byvoorbeeld:
Nadat ons verdwaal het, was ons verlig om weer op die regte
pad te wees. (letterlik)
As jy hierdie besluit oor jou toekoms neem, is jy op die regte
pad en sal sukses behaal. (figuurlik)

1. In al die idiome in kolom A word die woord “pad” figuurlik gebruik. Pas
’n verklaring uit kolom B by elke idioom.

Kolom A Kolom B
b) Uit jou pad gaan. Verkeerde dinge doen.
c) In iemand se pad staan. Op reis gaan.
d) In die pad val. Baie moeite doen.
e) Die verkeerde pad loop. Iemand dwarsboom (obstruct).
2. Kies woorde uit die lys om die Engelse woorde in die e-pos hieronder te
vervang (gepaste Afrikaanse woord).

yd toegang
lugt Haai Lewis
Ek wou jou lankal bel om te sê waarom ek nie by jou
partytjie kon wees nie, maar ek het nie (a. air time)
gehad nie. Jammer man, ek was op ’n skooltoer na
s
aflaai die Basoetoe-kultuurdorpie naby Qwaqwa. Ek hoop e-po
jy kry my (b. e-mail). Ek het tussen die berge
gesukkel om (c. access) tot die internet te kry. Ek sal
my foto’s (d. edit) en dit op ’n (e. flash drive) sit. Jy
uitve kan dan maar (f. browse) en kyk of jy dit wil rondb
e (g. delete) of (h. download). la ai
Ek hoop jy het jou verjaardag geniet.
Mooi bly
er Thomas es tokkie
redige geheu

6. Gordel vas! 93
Hersiening
Beantwoord die vrae in die regterkolom oor die genommerde gedeeltes in die
linkerkolom.

Die Vallei van ’n (1. 1 000) Heuwels 1. Skryf die getal in woorde.
kronkel deur die voue van die (2. berg) in 2. Gee die meervoud.
die (3. hartjie) van Zoeloeland. Die 3. Gebruik die woord letterlik in
gebied kry sy naam van die duisende ’n sin.
heuwels wat na die (4. mag) Umgenirivier 4. Gee die korrekte vorm
tuimel.
(5. Dit + is) digbegroei met donker groen 5. Vorm een woord.
woude. (6. Kenners sê: “Dié woude kan 6. Skryf in die indirekte rede.
groter as die Knysna-bos wees.”)
’n Mens ry deur statjies waar kinders
langs die (7. pad) breed vir (8. ___ ) 7. Gee die meervoud.
glimlag terwyl (9. julle/hulle) vir lekkers 8. Vul die ontbrekende woord in.
vra. Oral waai (10. vriendelik) 9. Kies die korrekte woord.
grootmense. 10. Gee die korrekte vorm.
(11. Hulle sê as jy deur die klowe ry, 11. Skryf in die direkte rede. (2)
troon die hange hemelhoog bo jou uit.)
Die (12. pragtig) uitsig in die wêreld wag 12. Gee die korrekte vorm.
vir jou om die (13. laas) draai. Die pad 13. Gee die korrekte vorm.
sak skielik (14. styl/steil) in ’n diep kloof 14. Kies die korrekte woord.
af na die kamp langs die (15. rivier 15. Verbeter die spelling.
mond.) Op die (16. oorkant) oewer is 16. Gee die korrekte vorm.
daar digte bosse. Die Tala- (17. wild + 17. Vorm een woord.
reservaat) in hierdie gebied is een van die
(18. baie) plekke wat iets vir almal bied. 18. Gee die antoniem.
Dit is 45 (19. km) van Durban en is die 19. Skryf die afkorting uit.
tuiste (20. van die volgende wildsoorte 20. Herskryf met die nodige
kameelperde renosters seekoeie en leestekens.
wildsbokke).
(21. Verskil) soorte (22. voël) en 21. Gee die korrekte vorm.
(23. sebra) is ook te siene. 22. Gee die meervoud.
(24. Eindelik/Eintlik) moet die gebied 23. Gee die meervoud.
die Heuwel van Duisend Valleie genoem 24. Kies die korrekte woord.
word. Min plekke kan so mooi wees. Totaal: 25

94 Kwartaal 2
7 Vertel vir my ’n storie
In hierdie lesreeks gaan jy:

Luister en praat • ’n storie vertel


• na mekaar se stories luister en dit oorvertel
• ’n storie voorspel
• ’n nagevorsde toespraak lewer
Lees en kyk: Letterkunde • ’n volksverhaal lees en vrae daaroor beantwoord
• ’n gedig lees en vrae daaroor beantwoord
• navorsing doen
• ’n verhalende opstel lees
Skryf en aanbied • paragrawe oor ’n volksverhaal skryf
• ’n verhalende opstel skryf
Taalstrukture en • taal-in-konteks-oefeninge doen oor: die direkte en
-konvensies indirekte rede, voornaamwoorde, die enkel-
voudige sin, woordorde
• jou woordeskat toets en uitbrei

Eendag lank,
lank gelede
was daar ...

7. Vertel vir my ’n storie 95


Praat en luister: Lewensverhale
Werk in pare en volg die stappe.
• Kyk na die illustrasie hieronder wat Stacey Lewis se lewensverhaal (life
story) uitbeeld. Watter fases is daar in haar lewe?
• Maak beurte en vertel jou lewensverhaal aan jou maat. Jou storie moet
amper soos ’n lekker skinderstorie klink. Noem die hoogtepunte,
laagtepunte, lekkerkry en swaarkry van jou lewe tot dusver. Fokus veral op
die interessantste dele. Voorspel (predict) ook wat in jou toekoms gaan
gebeur.
• Luister mooi na jou maat se lewensverhaal en vertel dit dan kortliks aan ’n
derde persoon.

96 Kwartaal 2
Kyk en praat: Voorspel die storie
• Werk in groepe van drie. Kyk aandagtig na die tekeninge in die onderstaande
strokiesverhaal.
• Gebruik jul verbeelding (imagination) en voorspel wat moontlik in hierdie
volksverhaal gebeur.
• Beplan jul storie oor dié sterk, dapper jong man.
• Gee jul storie ’n titel en vertel dit saam aan die klas.

7. Vertel vir my ’n storie 97


Lees: ’n Volksverhaal: Gaïerodien
Volg die volgende stappe en lees die volksverhaal wat deur die skrywer ID du
Plessis opgeteken is.
• Lees die storie eers net vlugtig en gesels met ’n maat daaroor.
• Hoe pas jou voorspelling van bladsy 97 by die regte storie?
• Lees die storie aandagtig deur en let op die agtergrond (background), die
hoofkarakter se karakter, die intrige (plot), die storie en die tema.
• Besluit wat die boodskap van dié volksverhaal is en watter invloed die
gebeurtenisse op die karakter het en wat gebeur het.

Wenke Kyk na wat die hoofkarakter doen en sê om uit te vind


watter soort mens hy is.
Die tema is die storie se sentrale gedagte.

Gaïerodien
’n Wazir (hoofman) het drie seuns gehad. Die oudste se naam
was Gaïerodien. Hý was vir geen mens of dier op aarde bang nie
en het vir niks geskrik nie.
Die wazir het besluit om sy seun te help. Hy het vir hom geld
gegee en gesê: “Gaan hiermee die wêreld in, maar sorg dat ek na
drie jaar weer van jou hoor.” vr e e sl o s
o
Gaïerodien het byna drie jaar lank rondgeswerf, maar hy kon
nêrens iets kry wat hom sou bang maak nie.
Kort voordat hy na sy land sou terugkeer, loop hy twee mans
raak. Hy vra of hulle weet van ’n plek waar iets hom sal bang
maak.
“Gaan hierlangs na ’n galg met twee lyke van twee mense wat vas
berade
al maande gelede opgehang is,” sê die een man.
Gaïerodien het by die galg gekom, die lyke
afgehaal en begrawe. Hy het dié nag daar geslaap.
Hy kry toe weer dieselfde mans wat hom vertel van
’n sultan se spookpaleis waarin niemand wil bly nie.
Die sultan het gesê dat Gaïerodien daar kan bly, hu
l p v a ar di g vr e e sl o s
maar gewaarsku dat niemand nog ooit meer as een o
nag daar uitgehou het nie.
“Ek swerf al byna drie jaar rond op soek na iets om my bang te
maak, maar dis pure verniet,” antwoord Gaïerodien.

k e rs

98 Kwartaal 2
“Nou goed, ek wil hê jy moet ’n paar dae in die paleis bly om dit skoon te maak. As
jy dit doen, mag jy met my jongste dogter trou,” sê die sultan.
Die eerste aand in die spookpaleis kom twee groot swart katte die kamer in.
Gaïerodien het geglo dat dit ’n geluksteken was. Hy het vir hulle van sy kerrie en roti
gegee. Dit lyk toe asof die katte waghou. In die kamer sien hy skielik iemand voor die
vuur staan. Die katte se hare staan orent en Gaïerodien sien dat die vuur dwarsdeur die
man se lyf skyn.
“Wil jy nie met my kaart speel nie?” vra die vreemdeling.
Nege keer het hulle gespeel en nege keer het Gaïerodien gewen. “Laat ons nog een
keer speel. Wen jy, dan gee ek jou alles wat ek besit; maar as jy verloor,
dan kos dit jou lewe!”
“Seker!” sê Gaïerodien, want dit het vir hom begin lyk of hierdie
man hom miskien sou bang maak.
Die vreemdeling deel die kaarte uit.
Gaïerodien verloor.
“Nou behoort jy aan my!” sê die vreemdeling en gryp vir d a pp e r
Gaïerodien.
Toe spring die katte teen die vreemdeling op, en met ’n vreeslike geskreeu krap hulle
hom, sodat hy vir Gaïerodien loslaat en soos mis verdwyn.
“Ag nee,” dink Gaïerodien. “Dit lyk vir my of ek hier ook nie die kans sal kry om
bang te wees nie.”
Die derde aand kom die vreemdeling sommer weer in.
“Wie is jy nou eintlik?” vra Gaïerodien.
“Ek is die Djin (bose gees) van hierdie paleis. Elkeen wat hier wil bly, moet sy lewe
aan my afstaan. Jy het jou lewe reeds met die kaarte verloor. Kom!”
Hy gryp Gaïerodien en neem hom na ’n kelder diep onder die paleis en sê hy moet
’n silwerhoefyster optel.

7. Vertel vir my ’n storie 99


Maar Gaïerodien het lont geruik.
“Tel dit self op, as jy dit wil hê.”
Die Djin het gebuk, maar net toe spring die twee swart
katte op sy skouer en skree: “Ons byt jou dood as jy nie
belowe om hier op te hou met jou spokery nie!”
Toe probeer die Djin verdwyn; maar hierdie keer klou die
katte hom so vas dat hy nie kan roer nie.
“Ek ken julle!” skree hy, “en ek weet julle is groter geeste as ek,
maar waarom moet julle nou juis vir hierdie kêrel help?”
“Omdat hy ons gehelp het,” antwoord die katte.
Toe dwing die katte die Djin om die sleutels van die paleis vir
Gaïerodien te gee; en hulle laat hom ook ’n belofte aflê om nooit
weer in dié paleis te spook nie.
hu
“Maar wanneer het ek julle gehelp?” vra Gaïerodien. l p v a ar di g
“Toe jy die twee lyke van die galg afgehaal het om hulle te
begrawe,” antwoord die katte. “Dit was óns liggame daardie. Jy het
ons bevry, en daarom het ons jou ook gehelp. Nou kan jy met die
sultan se dogter trou en baie gelukkig wees.”
“Ja,” sê Gaïerodien, “maar daar is nog een ding wat my hinder.”
“En wat is dit dan?”
vr e e sl o s
“Ek het nog nooit bang geword nie.” o
“Daarvoor sal ons sorg,” sê die katte.
Die sultan kom later na die paleis om Gaïerodien te bedank. Hy
het hom aan sy dogter voorgestel en kort daarna het hulle getrou.
Maar sy bruid kon sien dat daar nog iets was wat hom gehinder
het; en eendag verskyn die twee swart katte skielik voor haar.
“Gaïerodien is ongelukkig,” sê hulle. “Hy wil bang gemaak word.
Vanaand as jy langs hom aan tafel sit, moet jy maak of jy sy hand k e rs
met die kers wil brand.”
Daardie aand toe hulle aan tafel sit, gryp sy skielik die kers en
maak of sy Gaïerodien se hand wil brand.
Hy trek toe sy hand terug.
“Waarom trek jy jou hand dan terug?” vra sy.
“Omdat ek bang is jy sal my brand!” sê Gaïerodien. k e rs
“O so, dan is jy tog vir iets bang!” lag sy; en van daardie dag
af het Gaïerodien hom nie meer oor bangword gekwel nie.
(Verwerk en verkort uit: Doederomandro en ander
Kaapse stories, opgeteken en oorvertel deur
I D du Plessis)

100 Kwartaal 2
W belofte aflê: make a promise; belowe
begrawe: buried; onder die aarde weggesit
besit: possess/own; wat jou eie is
galg: gallows; waar mense opgehang word
gees: ghost/apparition; spook
gril: shudder; ’n bewing wat deur jou gaan omdat jy bang is
hoefyster: horseshoe; perdeskoen
kers: candle; ’n staaf van vet wat kan brand en lig gee
kwel: worry; bekommer
lewe: life; toestand van lewend wees
lont ruik: smell a rat; dink iets is verkeerd
lyk: corpse; dooie liggaam
paleis: palace; groot, deftige huis
pure verniet: in vain; vergeefs
rondswerf: wander; orals rondtrek
vreemdeling: stranger; iemand wat jy nie ken nie

Hoe goed verstaan jy die woordeskat?


Voltooi die opsomming van die verhaal “Gaïerodien” deur woorde uit die lys
hierbo te kies.

Gaïerodien kon vir niks 1. ____ nie, maar wou vir iets bang wees.
Gedurende sy reise van drie jaar om te probeer bang word, het hy verby ’n
2. ____ gery waaraan daar twee 3. ____ gehang het. Hy het dit afgehaal en
4. ____. Gaïerodien is daarna na ’n 5. ____ gestuur waar daar twee katte
was. Daar was ook ’n 6. ____ deur wie die lig geskyn het. Die Djin het met
Gaïerodien kaart gespeel en Gaïerodien het die tiende
rondte verloor; daarom moes Gaïerodien sy lewe aan
die bose gees gee. Toe die Djin hom wou vermoor, het
die katte sy 7. ____ gered en die Djin het nooit weer
daar gebly nie. Omdat Gaïerodien die paleis van die
bose gees skoongemaak het, het hy met die sultan se
dogter getrou, maar hy het nog nie geweet hoe dit
k e rs
voel om bang te wees nie. Die katte sê toe vir sy bruid
om hom bang te maak deur sy hand met ’n 8. ____ te brand. Daarna hoef
Gaïerodien hom nie meer te 9. ____ nie, want hy kon tog ook bang raak.

7. Vertel vir my ’n storie 101


Hoe goed verstaan jy die volksverhaal? Formele
assessering
1. Is die volgende stelling waar of onwaar? Gee ’n rede vir jou antwoord.
Gaïerodien was tot na sy troue nooit bang nie. (2)
2. Watter goeie daad (deed) het Gaïerodien gedoen? (2)
3. Verduidelik wie of wat die katte eintlik was. (2)
4. Hoe het die katte later vir Gaïerodien gehelp? (2)
5. Verduidelik wie die vreemdeling was. (2)
6. Was Gaïerodien ooit bang in die paleis? Motiveer jou antwoord. (2)
7. Hoe sorg Gaïerodien vir die twee katte in die paleis? (2)
8. Wat is ’n boodskap in die verhaal? (2)
9. Was Gaïerodien werklik vir niks op aarde bang nie? Verklaar jou
antwoord. (2)
10. Dink jy Gaïerodien was ’n vreemde jong man? Verduidelik. (2)
Totaal: 20

Taal in konteks: Direkte en indirekte


rede en voornaamwoorde
1. Skryf die sinne oor in die indirekte rede.
a) “Ek het nog nooit bang geword nie,” sê hy.
b) Die jongman sê aan die Djin: “Tel dit self op as jy dit wil hê.”
c) “Ag nee,” dink Gaïerodien. “Dit lyk of ek hier ook nie bang sal
word nie.”
d) Die katte sê: “Gaïerodien is ongelukkig,
want hy was nog nooit vir iets bang nie.”
e) Gaïerodien vra: “Wie is jy nou eintlik?”
f) Die vreemdeling sê: “Nou behoort
jy aan my.”
2. Skryf die sinne oor in die direkte rede.
a) Die katte sê dat hy hulle gehelp het.
b) Sy vrou vra waarom hy sy hand dan
terugtrek.
c) Gaïerodien sê vir sy vrou dat hy
bang is sy sal hom brand.
d) Die Djin beveel Gaïerodien om
die hoefyster op te tel.
e) Die vreemdeling sê elkeen wat daar wil
bly, moet sy lewe aan hom afstaan.
f) Die sultan het Gaïerodien vir sy
hulp bedank.

102 Kwartaal 2
Skryf: Paragrawe
Skryf ’n paragraaf van 80 tot 100 woorde oor elkeen van die volgende
onderwerpe.
Onthou om die verhaal “Gaïerodien” as bron van inligting te gebruik.
Jou paragraaf moet ’n kernsin bevat waarin jy ’n stelling (statement) maak
en dan moet jy in die ondersteunende (supporting) sinne die stelling
verduidelik en bewys. Die sinne moet logies op mekaar volg.

1. Beskryf Gaïerodien se karakter.


Gebruik die inligting oor sy karakter
in die verhaal en brei daarop uit.

2. Bespreek die tema van die


volksverhaal. Onthou, die tema is
’n baie algemene idee waaroor die
storie handel.

3. Beskryf die agtergrond waarteen


die verhaal afspeel.

Pre-skryf
• Beplan watter feite jy in elke paragraaf wil gebruik.
Skryf jou paragrawe
• Skryf die eerste weergawe van jou paragrawe.
• Maak seker dat elke paragraaf uit ’n kernsin en ondersteunende sinne
bestaan.
Hersien, redigeer, proeflees en aanbied
• Lees deur jou paragrawe en verander enigiets waarmee jy nie heeltemal
tevrede is nie.
• Herskryf jou paragrawe en lees weer daardeur om seker te maak dat jy
tevrede daarmee is.

7. Vertel vir my ’n storie 103


Taal in konteks: Die enkelvoudige sin,
woordorde en voornaamwoorde

Onthou • ’n Enkelvoudige sin bestaan uit ’n onderwerp (subject), ’n


gesegde (predicate) en dikwels ’n voorwerp (object),
byvoorbeeld:
onderwerp gesegde voorwerp

Die prinses sing ’n lied.

• Bywoorde en bywoordelike bepalings kom altyd in die volgorde


tyd  wyse  plek, byvoorbeeld:

tyd wyse plek

Die katte spring nou vinnig op die vreemdeling .

1. Kies woorde uit elke kolom in die tabel hieronder om sinne met die regte
woordorde te vorm. Kyk hoeveel sinne jy kan neerskryf.
Voorbeeld: Haastig ry die jongman die oggend na die paleis toe.
Begin met: Werkwoord Onderwerp Tyd Wyse Plek
bly op Wie/Wat? kom altyd kom altyd kom altyd
dieselfde voor na na tyd- en
plek plekwoorde tydwoorde plek-
en voor woorde
plekwoorde
Onderwerp die oggend vinnig na sy huis
Die jongman toe.
Tyd die haastig na die galg
Die aand jongman toe.
ry
Wyse die die middag na die
Haastig jongman paleis toe.
Plek die die aand stadig
Na die paleis jongman

104 Kwartaal 2
2. Skryf die sinne oor en begin met die vetgedrukte woorde.
Voorbeeld: Geeste het elke aand in die paleis gespook.
Antwoord: In die paleis het geeste elke aand gespook
a) Gaïerodien het vroeg die volgende oggend weer op reis gegaan.
b) Hy pluk die vreemdeling dadelik uit die stoel uit.
c) Die monsters sleep Gaïerodien se stoel dwarsdeur die paleis.
d) Die jongman het die vorige nag glad nie vir die Djin geskrik nie.
3. Skryf die woorde tussen hakies in die korrekte volgorde.
Voorbeeld: Die katte (op die vreemdeling) (vinnig) (spring) (toe).
Antwoord: Die katte spring toe vinnig op die vreemdeling.
a) Die wazir het (deur die wêreld) (sy seun) (drie jaar lank)
(laat reis).
b) Die katte (in die borde) (eet) (die roti en kerrie) (dadelik).
c) Die bruid (aan tafel) (sit) (moet) (vanaand) (langs hom).
d) Gister (die jong man) (word gebrand) (hy) (was) (bang).
4. Volg die instruksie tussen hakies by elke sin en skryf die sinne
oor.
Voorbeeld: Die twee katte het skielik voor die bruid verskyn.
(Begin met die woord wat tyd aandui.)
Antwoord: Skielik het die twee katte voor die bruid verskyn.
a) Die sultan het na die spookpaleis gery.
(Begin met die woorde wat plek aandui.)
b) Die sultan kom tevrede na die paleis om die jongman te
bedank.
(Begin die sin met die woord wat wyse aandui.)
c) Gaïerodien het hom van daardie dag af nie meer gekwel nie.
(Begin met die woorde wat tyd aandui.)
5. Gee die ontbrekende voornaamwoorde.
Voorbeeld: Die vrou maak asof ____ die jong man se hand wil
brand.
Antwoord: Die vrou maak asof sy die jong man se hand wil brand.
a) Die jong man trek vinnig ____ hand terug.
b) Die gees sê: “Jy het ____ lewe reeds verloor. Elkeen wat hier wil bly,
moet ____ lewe aan ____ gee.”
c) ’n Mens moet versigtig wees as ____ in daardie paleis ingaan.
d) As jy ____ lewe op die spel wil plaas, moet ____ na daardie paleis gaan.
6. Kies die korrekte woord tussen hakies.
a) Die prins sê dis die katte (wat/dat/wie) hom gehelp het.
b) Die bose gees sê elkeen (wat/dat/wie) hier is, moet gestraf word.
c) Dis ’n hoefyster (wat/waarop/dat) daar lê.

7. Vertel vir my ’n storie 105


Lees: ’n Gedig: Kinders van Afrika
Die gedig “Kinders van Afrika” is deur Andries de Beer geskryf toe hy in graad
11 was. In die gedig word daar na meer as ’n eeu se stories uit Suid-Afrika se
geskiedenis verwys.

Kinders van Afrika Verduideliking en woordeskat


Alliterasie verbind “vrede”
laat die kindertjies na My toe kom
en “velkleur”
gee hulle vrede van velkleur en haat
gee hulle liefde en geduld Teenstelling: “vrede” en
“haat”; vrede – peace;
sonder om ’n
velkleur – skin colour;
pasboek te vra
geduld – patience
laat Hector Peterson en Japie Greyling
Kinderhelde word
saam sop eet en hulle brood met mekaar deel
gelykgestel; deel – share
moet hulle nie verhinder nie Alliterasie
en
Herhaling beklemtoon en
moet hulle nie keer bind; verhinder – stop
gee hulle liefde,
Assonansie beklemtoon en
meer en weer bind
vergeet van Boipatong se bloedriviere Metafoor
vergeet van Mitchellsplein se konkavure konkavure – fire in a drum
en
laat die kindertjies kom
Hy maak sondaars God se kinders sondaars – sinners
Hertzog se armblankes, Leierfigure; armblankes
Mandela se vryheidsvegters – poor whites
Piet Retief se penkoppe, Gedig se boodskap
Dingaan se impi’s penkoppe – young warriors
almal dieselfde Spreker se houding – bly
Halleluja dat almal God se kinders is
Die vraagteken toon die
Amen? spreker is skepties oor
Andries de Beer Suid-Afrika se toekoms.
(Uit: Poort, 2000)

106 Kwartaal 2
Lees: Doen navorsing
Gaan lees in die biblioteek of op die internet oor die 12-jarige Hector Peterson
en 11-jarige Japie Greyling en vul dan die tabel in.

Hector Peterson Japie Greyling


a) Wanneer het hy gelewe?
b) Waarom onthou mense hom?
c) Hoe was die seuns eenders?
d) Hoe het hulle verskil?

Hoe goed verstaan jy die gedig? Formele assessering

1. Kies die korrekte antwoord.


Die kinders moet “vrede van velkleur”
kry, want
a) in die verlede het hulle weens hul
velkleur gely.
b) al die kinders is verskillende kleure.
c) mense het teen mekaar gediskrimineer. (1)
2. Skryf versreël 2 neer.
a) Onderstreep die alliterasie daarin.
b) Wat is die funksie daarvan? (2)
3. Watter twee woorde in versreël 1–5 vorm
’n kontras? (1)
4. Die spreker wil hê Hector Peterson en Japie Greyling moet “saam sop
eet en hulle brood met mekaar deel”.
a) Wat bedoel hy met dié woorde? (1)
b) Kies die regte woord.
Die twee seuns word in die gedig die (simbool/vergelyking/
personifikasie) van Suid-Afrikaanse kinders wat as gevolg van
grootmense gely het. (1)
5. Watter twee woorde in versreël 8–10 se eerste twee versreëls beteken
byna dieselfde? (1)
6. Wat is die belangrikste ding wat kinders nodig het, volgens versreël 8–16?
7. Kies die korrekte woord tussen hakies. (1)
By Boipatong en Mitchellsplein was daar in die verlede (geweld/liefde)
tussen mense. (1)
8. Haal die metafoor aan wat sê dat daar baie bloed by Boipatong
gevloei het. (1)

7. Vertel vir my ’n storie 107


9. Waarom word die woord “vergeet” in versreël 13 en 14 herhaal? (1)
10. Die uitroep “Halleluja” wys dat die spreker God prys. Is hy bly?
Motiveer jou antwoord. (2)
11. Die gedig sluit af met ’n amen en daarna ’n vraagteken. Waarom? (1)
12. Dink jy die gedig het ’n goeie titel? Waarom sê jy so? (1)
Totaal: 15

Praat: ’n Nagevorsde toespraak Formele assessering

1. Lees wat sê drie wensprekers oor toesprake. Hoe kan hulle woorde jou help
om met selfvertroue (confidence) voor mense te praat?

Elke stelling wat jy


maak, moet ’n bewys
hê om jou gehoor
te oorreed.

Die belangrikste
ding van redenaars Deur te skryf en te
is om jou standpunt redeneer kan ek iets
met die wêreld te vir die wêreld gee wat
deel en hulle te laat ek nie anders sou kon
glo jy is reg. gee nie.
Deelnemer aan die Mahlodi Kgatle van Lyttel- Stefan Olivier van Help-
ATKV-Redenaarsfees ton Manor High School, mekaar Kollege, wat tweede
’n Tweede Taal-nasionale in Suid-Afrika was
wenner

(Uit: Jip, Beeld, 22.8.2011, bl.3)

2. Jy gaan nou jou eie toespraak van drie


tot vyf minute voorberei. Die onderwerp
is: Stories ...
3. Besluit hoe jy die onderwerp wil gebruik,
byvoorbeeld: “Stories maak jou slim” of
“Stories is deel van ons kultuur”.
Gebruik die volgende wenke om jou te
help om navorsing te doen en jou Onthou, elke
toespraak te skryf en te lewer. toespraak wat jy
lewer, is soos ’n
kosbare diamant.
108 Kwartaal 2
Redenaarswenke

• Doen navorsing (research) in koerante en tydskrifte,


op die internet en raadpleeg kundiges (experts).
• Beplan jou toespraak, organiseer jou inligting
samehangend en gebruik ’n doeltreffende inleiding en slot.
• Kies en ontwikkel jou hoofidees en argumente
en ondersteun dit met voorbeelde en verduidelikings.
• Neem standpunt in en gebruik retoriese vrae, pouses
en herhaling om jou toespraak doeltreffend te maak.
• Gebruik die korrekte formaat, woordeskat, taal en konvensies.
• Wissel die tempo waarteen jy praat (praat soms vinniger en soms stadiger),
maak oogkontak met die gehoor en let op jou liggaamshouding en gebruik
van gebare.
• Gebruik die gepaste styl en register.
• Sluit gepaste visuele, oudio- en/of oudiovisuele hulpmiddels in.

Taal in konteks: Woordeskat


Hersien die woordeskat in die wenke hierbo deur die korrekte woorde in
te vul.
Dis belangrik dat jy genoeg (1. ____ ) in die (2. ____ ) en op die (3. ____ )
doen en so interessante inligting kry. Praat ook met (4. ____ ) sodat jy
bewyse en voorbeelde vir jou (5. ____ ) kan kry. Jy moet (6. ____ ) inneem
en jou gehoor van jou siening oortuig deur (7. ____ ) vrae, pouses en
herhaling te gebruik. Dit is belangrik om (8. ____ ) met die gehoor te maak
en (9. ____ ) reg te gebruik. ’n Mens moet altyd die gepaste (10. ____ )
en register gebruik.

7. Vertel vir my ’n storie 109


Lees: ’n Verhalende opstel: Agter glas
Voordat jy self ’n verhalende opstel skryf, gaan jy ’n kreatiewe opstel lees.
Die skrywer Michiel Heyns het hierdie opstel geskryf toe hy in graad 11 was.
• Lees die opstel saam met ’n maat.
• Hou die titel die hele tyd in gedagte terwyl jy die opstel lees.
• Bespreek wat die skrywer met die opstel wou sê.
• Kyk na die kommentaar en wenke regs om jou te help om die opstel goed
te verstaan en self ’n goeie opstel te skryf.

Agter glas Michiel Heyns


Kommentaar en wenke
“Aaaaaaaaaaagggghhhhhhhhhhhhhhhh!” Klanknabootsing trek aandag.
In die glaskas is daar amper niks plek om te
Kort beskrywings help die
beweeg nie. Daar is skaars plek om asem te
leser om ’n prentjie te vorm.
haal. Sy is hééltemal styf van die ongemaklike
posisie waarin sy moet sit. Haar nek pyn al
verskriklik omdat daar nie genoeg plek bo in die
glaskas is nie. Gebruik ’n duidelike
“Aaaaaaaaaaaaaaaaaggggghhhhhhhhhhhhhhhhhhh!” inleiding.
’n Traan biggel oor haar wang. “Ek wil uitkom! Die direkte rede maak die
Help my!” skreeu sy woedend en sy slaan en slaan opstel lewendig.
haar beweegbare hand teen die glas. Na ’n ruk drup
In ’n kort storie is daar min
die bloed saam met die trane op die bodem van die
karakters.
glaskas.
Die glas is klinies koud teen haar nat wang. Herhaling word vir effek
“Hoe lank nog, hoe lank nog, hoe lank nog? gebruik.
Maar diep binne-in wéét sy: nooit. Die bloederige ’n Kontrasterende gedagte
hand raak stil. na “maar”.
Die glas is so dik dat niemand haar kan hoor
nie. Sy kan skree tot sy blou is – niemand sal haar Die teenwoordige tyd word
hoor nie. Die hand wat sy net-net kan beweeg, hier gebruik, maar meestal
waaier oop agter die glas. “Ha-ha,” dink sy, “ek vertel jy ’n storie in die
waai! Ek kán waai! ... Hoekom waai ek? Is ek verlede tyd.
gek?”
En sy vou haar hand vinnig toe. Nou is die glas
nog vuil ook. Tussendeur die trane gaan haar oë
toe.
Die gids is saaklik en professioneel. “Hier is Gebruik jou verbeelding.
ons nou by item 28771 in ons versameling van Let op die kontras tussen
prehistoriese fossiele – ons Neanderdal-vrou. U sal die kliniese gids en die
opmerk dat sy geheel en al agter glas is. Hierdie vrou wat lewendig klink.
maatreël is vir haar eie beskerming en bewaring
getref. As ons haar laat uitkom uit die glas en

110 Kwartaal 2
blootstel aan die atmosferiese elemente sal dit Paragrawe volg logies en
net tot die verwering van haar skelet lei. Agter slim op mekaar.
die glas is sy beskerm.
Ons beweeg aan na die volgende uitstalling van Spanning bou op.
prehistoriese visse ...”
Teen die glas vorm daar ’n báie klein bietjie ’n Interessante slotparagraaf
wasem. trek altyd die aandag.
(Verkort uit: Poort, 2000)

Skryf: ’n Verhalende opstel


Kies een van die volgende onderwerpe
en skryf ’n verhalende opstel van 200
tot 250 woorde daaroor.
’n Verhalende opstel
1. My selfoon het my lekker laat lag.
is ’n opstel waarin ’n
2. Die dag toe my selfoon begin “lewe” het.
storie vertel word.
3. Só het my selfoon my lewe gered.
Pre-skryf
• Lees weer die opstel op bladsy 110 en dink aan
hoe jy sulke kreatiewe idees kan gebruik.
• Beplan jou opstel deur ’n kopkaart te gebruik.
• Skryf woorde neer wat jy kan gebruik.
• Rangskik jou idees in ’n logiese volgorde.
Skryf jou opstel
• Skryf minstens drie paragrawe wat logies opmekaar volg.
• Hou die hele tyd die onderwerp in gedagte.
• Gebruik ’n interessante inleiding en laat jou opstel soos ’n goeie kortverhaal
tot ’n hoogtepunt opbou.
• Skryf ’n verrassende slotsin.
• Skryf in die verlede tyd.
• Gebruik die korrekte woordorde, spelling en leestekens.
Hersien, redigeer, proeflees en aanbied
• Maak seker dat jy tevrede is met die inhoud van jou opstel.
• Gaan jou taalgebruik, spelling en leestekens na.
• Skryf jou opstel oor en lees dit noukeurig deur.

7. Vertel vir my ’n storie 111


Hersiening
Voer die opdragte uit wat op die genommerde sinne gebaseer is.
1. In ons huis het almal stories vertel.
2. My suster het gesê: “Ek het vandag ’n snaakse storie oor ’n wilde
eendjie in ons tuin vertel.”
3. Hulle broer vra: “Wanneer was daar ’n eend in ons tuin?”
4. My ma vra: “Het jy regtig ’n eend gesien?”
5. Kleinboet sê vies dat dit sommer ’n storie is.
6. My suster het die eend vroeg een oggend in die swembad sien swem.
7. Hy (in die swembad) (swem) (daagliks) (nou) (saam met ons).
8. My kleinboet vra of hy nog meer eendjies vir hom kan koop.
9. My pa (in sy spogtuin) (nie) (elke dag) (lus) (vir tientalle eendjies)
(is) (nie).
10. Ons gaan volgende week nog ’n eend insmokkel.
11. As jy nog so ’n eendjie in (a. SA) sien, moet jy my laat weet, want hy
is nie ’n tipiese (b. SA) eend nie.
12. So ’n onverwagte besoeker soos die eend a. ____ by ons opgedaag het,
bring baie verantwoordelikhede mee. ’n Mens moet leer om jou lewe
aan te pas sodat b. ____ gereeld vir c. ____ kos gee en jy van d. ____
hou.
13. Dis die (a. lewe/liewe) eend wat my (b. lewe/liewe) nou verryk. Die
tekening (c. wat/dat) ek nou teken, is nie te sleg nie. Dit (d. maak/
laat) my gelukkig voel om ’n eend te hê.

1. Skryf die sin oor en begin met die vetgedrukte woord. Almal … (1)
2. Skryf die sin oor in die indirekte rede. (3)
3. Skryf die sin in die indirekte rede. (2)
4. Skryf die sin in die indirekte rede. (2)
5. Skryf die sin in die direkte rede. (3)
6. Skryf die sin oor en begin met die vetgedrukte woorde. (2)
7. Rangskik die woorde tussen hakies in die korrekte woordorde. (2)
8. Skryf die sin in die direkte rede. (3)
9. Rangskik die woorde tussen hakies in die korrekte volgorde. (1)
10. Skryf die sin oor, maar begin met die woorde wat tyd aandui. (1)
11. Skryf die afkortings tussen hakies uit. (2)
12. Vul die ontbrekende voornaamwoorde in. (4)
13. Kies elke keer die korrekte woord. (4)
Totaal: 30

112 Kwartaal 2
8 Verwonder jou oor die natuur
In hierdie lesreeks gaan jy:

Luister en praat • na ’n teks oor natuurwonders luister en vrae


daaroor beantwoord
• vrae bespreek
• ’n vergadering hou
Lees en kyk: Begrip • die voorblad van ’n boek bestudeer
• ’n informatiewe teks lees en vrae daaroor
beantwoord
• uitgebreide leesaktiwiteite uitvoer
Letterkunde • ’n gedig lees en vrae daaroor beantwoord
Skryf en aanbied • die agenda en notule vir ’n vergadering skryf
Taalstrukture en • die volgende taalaspekte in konteks inskerp:
-konvensies skryftekens, spelling, woordeskat, voegwoorde,
lydende en bedrywende vorm, leestekens,
hoofletters
• jou woordeskat toets en uitbrei

8. Verwonder jou oor die natuur 113


Luister en praat: ’n Teks oor natuurwonders

Jy gaan nou luister na ’n kort teks oor natuurwonders wat voorgelees gaan
word. Jy sal die teks twee keer hoor.

Pre-luister
• Dink aan wat ’n natuurwonder is.
• Kry papier en kleurpotlode of -penne gereed sodat jy tekeninge kan maak.
Tydens luister
• Vorm in jou gedagtes ’n prent van alles wat jy hoor sodat jy dit later grafies
op papier kan uitbeeld en oor soortgelyke dinge kan praat.
• Jy kan tekeninge of aantekeninge maak van wat jy hoor.
Post-luister
• Maak op ’n skoon vel papier so goed soos wat jy kan ’n tekening van die
hoofgedagtes in die teks waarna jy geluister het. Gebruik verskillende kleure
en teken ’n raam rondom jou “kunswerk”.
• Noem en gesels oor ander voorbeelde van natuurwonders – soos die
voorbeelde in die teks – wat sommer so rondom ons is en wat ons soms nie
raaksien of waardeer nie.
• As jy dalk natuurfoto’s van landskappe, diere of voëls het, kan jy dit klas toe
bring, dit vir die klas wys en daarvan vertel.

114 Kwartaal 2
Lees en kyk: ’n Voorblad
Kyk na die voorblad van ’n boek met ’n
versameling stories waarin wonders van die
natuur met woorde en foto’s beskryf word.
1. Waarna, dink jy, verwys die beelde (images)
in die boek?
2. Hoe pas die illustrasie op die voorblad by die
boek se titel en inhoud (content)? Noem twee
dinge.
3. Vul die ontbrekende woord(e) in: As iets
immergroen is, is dit ____ groen.
4. Die titel van die boek het ’n letterlike en
’n figuurlike betekenis.
a) Wat is die letterlike betekenis van
die titel?
b) Watter figuurlike betekenis, dink jy, kan die woord oordra?

Probeer die boek


Immergroen in die hande
kry. Dit bevat 25 ongewone
stories oor plante, waarin
die skrywer ook terugdink
oor sy lewe.

Praat: Bespreek vrae


1. Tafelberg is in 2011 in ’n wêreldwye meningspeiling
(opinion poll) gekies as een van die sewe nuwe
natuurwonders van die wêreld.
Probeer uitvind watter ander wonders gekies is.
2. Waarom kan Tafelberg as ’n natuurwonder beskou word?

8. Verwonder jou oor die natuur 115


Taal in konteks: Skryftekens en spelling
1. Lees die voorbeelde van die gebruik van skryftekens hieronder en die
volledige verduideliking op bladsy 274 tot 276. Verbeter dan die spelfoute
in die drie brokkies inligting oor natuurwonders waarin skryftekens
weggelaat of verkeerd gebruik is.

Kappie: pêrel, lê, sê, môre, rûens, skêr, êrens, vêr (of ver)
Deelteken: treë, oë, reënboë, kroeë, reünie, vermoë, genoeë, vlieë,
spieël
Koppelteken:
• Suidoos-Europa, Victoria-Wes, Klein-Karoo, KwaZulu-Natal
• ANC-leier; C-klas, x-strale
• na-aap, see-eend, bo-oor
• Taliep-hulle; Sharon-hulle
• knip-en-plak-werk, bring-en-braai-funksie
• bus- en treinkaartjies, was- en strykgoed
Afkappingsteken:
• skadu’s, skadu’tjie, radio’s, radio’jie; bikini’s, bikini’tjie, pa’s, pa’tjie
• 5’s/5’e, 8’s, b’s, k’tjie
Aksenttekens:
• akuutteken: dié, móét, André, René
• gravisteken: dè, nè, appèl, crèche

’n Bootvaart in die Okavango

a) Die Okavango-delta in Botswana is een van Suider Afrika se groot


natuurwonders. Dit onstaan hoer op in Angola, waarvandaan dit suid
ooswaarts vloei en eers die noordelike grens van Namibie vorm. Die
delta bestaan uit eilande van droe grond, omring deur water. Reise
daarheen kan vanaf Maun gereel word. Besoekers geniet gewoonlik
bootvaarte op mokoros – kanos wat deur paalroeiers gestuur word.
(8 foute)

116 Kwartaal 2
b) Die Vredefort-koepel, ’n werelderfenisgebied wat naby die Vrystaatse
dorpie Vredefort gelee is, is die koepelvormige terrein wat oorgebly het
nadat ’n enorme asteroied meer as 2 miljoen jaar gelede hier met die
aardoppervlak gebots het. Hierdie reuserots uit die ruimte was groter as
Tafelberg. Die koepelgebied verskil drasties van die Noord Vrystaat en
Noordwes. Dit is buitengewoon ryk aan plant, wild- en voellewe en
geoloe het al belangrike inligting in die gebied gevind. (7 foute)
c) Kaappunt in die Tafelberg
Nasionale Park is een van die
plekke in die wereld waar twee
seëstrome, die warm Agulhas- en
die koue Benguelastroom, mekaar
ontmoet. ’n Mens kan egter nie ’n
definitiewe lyn in die water sien of
probeer om dit op fotos vas te le
nie. Die werklike plek waar die
strome ontmoet, is verder suid by
Agulhas, die mees suidelike punt
van Afrika. (4 foute)
2. Gebruik die leidrade om die Kaappunt
blokkiesraaisel in te vul.
1 2
w
3
v n

d 5
w a d r

6
o r r

7
d l 8
e

9
m k e
Leidrade
Dwars Af
3. dertien, veertien, ____, sestien 1. ____ beteken “dadelik”.
5. Ons moet die natuur ____. 2. Weet jy ____ die son sak?
6. Mense van ____ besoek SA. 3. In die natuur vind ’n mens ____.
7. Die twee diere lyk nie ___ nie. 4. Tafelberg is ____ as Kilimandjaro.
9. ____ beteken nie maklik nie. 8. ’n Piekniek is ’n ____ wat jy buite
geniet.

8. Verwonder jou oor die natuur 117


Lees: ’n Artikel oor ’n natuurwonder onder die see
Lees die volgende artikel aandagtig deur. Maak ’n lys van die woorde wat jy nie
verstaan nie. Slaan die woorde in ’n woordeboek na as dit nie in die woordeskat-
lys verduidelik word nie.

’n Pragwêreld onder die see


Daar is ’n hele wêreld onder die see en
baie mense beoefen deesdae diepseeduik
as ’n ontspanningsaktiwiteit of sport. Van
die gewildste duikervarings vir hulle is
om by tropiese koraalriwwe, een van die
skouspelagtigste ekosisteme van die wêreld,
te gaan duik.
’n Koraalrif is warm, skoon en vlak onder
die water waar daar voldoende lig is. Hierdie
riwwe word die reënwoude van die see genoem. Hulle vorm ’n habitat vir duisende
soorte diere en plante, onder andere visse wat bokant en in die koraal swem, diere
wat in die koraal leef, alge wat in die weefsel van die koraaldiertjie leef en natuurlik
die koraaldiertjies self wat die wonderriwwe bou deur die kalkagtige materiaal
(kalsiumkarbonaat, waaruit skulpe ook bestaan) waaruit hul skelet bestaan. Al lyk
koraalriwwe dus soos kleurryke onderwatertuine, bestaan hulle nie net uit plante nie.
Visse soos die helderkleurige vlindervisse eet die alge in die koraalriwwe en
hulle skuil ook in die gate en skeure tussen die koraal, onder andere tydens storms.
Soos die koraal nuwe poliepe (uitgroeisels) vorm, word dit gebreek deur die
branders, visse, en ander organismes. Die afgebreekte stukkies gaan sit vas aan die
ruimtes in die koraalrif en daarvandaan begin dit weer groei.
Die groot koraalriwwe van die wêreld word almal in die tropiese sone aangetref.
Hulle beslaan ongeveer 0,2% van die totale oseaanoppervlakte. Warm seestrome
brei egter hierdie koraalgordel uit tot buite tropiese breedtegrade. In Suid-Afrika is
die koraalriwwe beperk tot die tropiese ooskus, hoofsaaklik in die Isimangaliso-

118 Kwartaal 2
vleilandpark (’n wêrelderfenisgebied), by Sodwanabaai, die mees suidelike koraalrif
ter wêreld. Aan die tropiese weskus is nie koraalriwwe nie, want die water hier word
afgekoel deur die koue Benguela-seestroom en vir koraal om te kan leef, moet die
water ’n temperatuur van bo 20 °C hê.
Die Groot Koraalrif (Great Barrier Reef) is die grootste koraalrif ter wêreld. Dit
bestaan uit ongeveer 3 000 riwwe en 900 eilande, en dit strek oor 2 600 kilometer.
Hierdie rif is langs die kus van Queensland in Australië geleë. Dit is só groot dat dit
vanuit die buitenste ruimte gesien kan word! Soms word dit ook die sewende wonder
van die wêreld genoem.
Koraalriwwe word beskerm en bewaar, want sommige van hulle word bedreig, en
as hulle nie bewaar word nie, kan hulle dalk verlore gaan. Bote mag nie teen
koraalriwwe anker gooi nie en hulle moet ook versigtig wees om nie teen die riwwe
te stamp nie. Aangesien ’n koraalrif eintlik soos ’n lewende organisme is (wat heeltyd
groei), moet die toestande in die water waarin die koraalrif is, dieselfde gehou word.
Volgens die Verenigde Nasies is sowat twee-derdes van die wêreld se
koraalbronne onder druk weens natuurlike oorsake soos klimaatsveranderinge,
sowel as menslike bedrywighede, onder andere mariene besoedeling, skeeps-
ongelukke en die vang van te veel visse. Die gebruik van sleepnette het byvoorbeeld
’n nadelige invloed op hierdie besonderse natuurwonder onder die see.
Kusontwikkeling en toerisme kan ook skade aanrig.

W word bedreig: is threatened; is in gevaar


branders: breakers in the sea; seegolwe wat breek
breedtegraad: latitude; ’n plek se posisie op ’n lyn noord of suid van die
ewenaar
buitenste ruimte: outer space; die lugruim buite die aarde se atmosfeer
habitat: habitat; natuurlike woonplek of omgewing
oorsake: causes; redes waarom iets gebeur
rif: reef; ’n rots- of ander formasie naby die wateroppervlak
skouspelagtig: spectacular; wonderlik mooi

8. Verwonder jou oor die natuur 119


Hoe goed verstaan jy die artikel?
1. Skryf twee opeenvolgende woorde uit paragraaf 1 neer wat sê waarom
mense graag by koraalriwwe gaan duik.
2. Watter ooreenkoms (similarity) is daar tussen ’n reënwoud en ’n koraalrif?
3. Watter plante groei op koraal?
4. Noem twee redes waarom visse by koraalriwwe gevind word.
5. Kies die korrekte antwoord:
Vlindervisse (paragraaf 3) word
so genoem omdat dit lyk of hulle
soos (bye/naaldekokers/
skoenlappers) beweeg.
6. Hoe help die koraalriwwe visse gedurende storms?
7. Watter spesiale status het die
parkgebied waarin Sodwanabaai is?
8. Kies die korrekte woord: Die koraalrif by Sodwanabaai is die verste
(noord, suid, oos, wes) van alle koraalriwwe ter wêreld.
9. Hoekom word koraalriwwe hoofsaaklik in tropiese dele aangetref?
10. Hoe kan klimaatsverandering gevaar inhou vir koraalriwwe?
11. Noem drie dinge, behalwe natuurlike oorsake, wat koraalriwwe nadelig kan
beïnvloed.

Taal in konteks: Voegwoorde


1. Kies ’n voegwoord tussen hakies om die sinne te voltooi.
a) Daar is ’n hele wêreld onder die see (en/maar/want) baie mense
beoefen deesdae diepseeduik as ’n sport.
b) Hierdie riwwe word die reënwoude van die see genoem, (maar/want/
omdat) hulle vorm ’n habitat vir duisende soorte diere en plante.
c) (Alhoewel/Al/Omdat) lyk koraalriwwe soos onderwatertuine, bestaan
hulle nie net uit plante nie.
2. Verbind die sinne met die voegwoorde tussen hakies.
a) Stukkies koraal breek af. Ander organismes in die water stamp daarteen.
(omdat)
b) Koraal kan bly leef. Die watertemperatuur bly bo 20 °C. (mits)
c) Sommige koraalriwwe kan verlore gaan. Hulle beskerm en bewaar
word. (tensy)
d) ’n Mens verwag nie dat koraal buite ’n tropiese sone kan leef nie.
Koraalriwwe kom soms wel daar voor weens ’n warm seestroom. (tog)
e) Bote moenie teen koraalriwwe vasmeer nie. Dit kan die koraal beskadig.
(aangesien)
f) Die Groot Koraalrif is baie groot. Dit kan uit die buitenste ruim gesien
word. (gevolglik)

120 Kwartaal 2
Praat: Hou ’n vergadering
Hou ’n klasvergadering om ’n projek wat julle klas gaan onderneem
te bespreek en beplan. Kies een van die volgende onderwerpe:
1. Daar is ’n baie besondere plek met pragtige natuurskoon in jul omgewing
wat julle wil bemark sodat dit meer toeriste sal lok. Hou ’n vergadering
om te beplan hoe julle te werk kan gaan om dit te doen.
2. ’n Natuurwonder in jul omgewing word nie goed bewaar nie en gaan
agteruit weens besoedeling en weens natuurlike oorsake. Bespreek op ’n
vergadering wat julle as klas kan doen om hierdie situasie te verbeter en die
plek skoon en aantreklik te maak.
Beplanning en organisering van idees
• Kies die onderwerp waaroor julle ’n vergadering gaan hou.
• Dink na oor die onderwerp en praat met mekaar daaroor sodat julle
voorbereid is en iets kan sê.
• Besluit saam oor die besprekingspunte wat op die agenda moet wees, want
mense moet voor die vergadering weet wat dit sal wees.

Dit lyk baie sleg in ons


pragtige boskloof daar by die
waterval. Daar word glad nie
na die plek omgesien nie en
alles is verwaarloos.

Ja, ons kan Saterdae skofte


werk en heel eerste die omgewing
rondom die waterval skoonmaak. Die
voetslaanpad is ook onbegaanbaar.

Ons kan die munisipaliteit vra om vir


ons vullissakke te gee vir die rommel.
Van die rommel sal herwin moet word.

Ek dink ons moet briewe aan


sakeondernemings skryf en
donasies vra sodat ons banke
kan koop waarop mense kan
sit en toilette kan laat oprig.

8. Verwonder jou oor die natuur 121


Praat: Hou ’n vergadering (vervolg)

Beplanning (vervolg)
• Kies ’n voorsitter (chairperson) wat die vergadering moet lei.
• Kies ’n sekretaris of sekretaresse om die notule (minutes) te skryf. (Die
notule is ’n noukeurige opsomming of verslag van alles wat tydens die
vergadering gesê word.)
Voorbereiding en aanbieding
• ’n Vergadering word gewoonlik volgens ’n vaste prosedure gehou. Dit moet
ordelik en formeel verloop.
• Die voorsitter stel sprekers aan die woord. Niemand moet uit hul beurt praat
nie.
• Steek ’n hand op wanneer jy iets wil sê, praat duidelik en gee redes vir jou
mening of voorstel.
• Almal wat praat, moet hulle hou by die punt wat bespreek word. Dit moenie
’n doellose pratery wees nie.
• Wees altyd beleefd en
moenie aggressief
wees nie.
• Elke leerder moet by
hierdie vergadering
aantekeninge maak
van wat tydens die
vergadering gesê
word, want elkeen
gaan ’n notule skryf.
• Soveel leerders
moontlik moet tydens
die vergadering tot
die bespreking bydra.
• Aan die einde van die
vergadering sluit die
voorsitter die
vergadering af,
waarna dit verdaag
(adjourn).

122 Kwartaal 2
Skryf: ’n Agenda vir ’n vergadering
Jy gaan nou die agenda skryf vir die vergadering wat die klas gaan hou.
Kyk na die volgende voorbeeld.

Agenda
• Tyd van vergadering
• Plek
• Opening en verwelkoming deur die voorsitter
• Verskonings (van persone wat nie kon bywoon nie)
• Notule van vorige vergadering (nie by die eerste
vergadering nie, maar by alle daaropvolgende vergaderings)
• Sake voortspruitend uit die notule (nie by eerste vergadering
nie, maar alle daaropvolgende vergaderings)
• Nuwe sake:
1.
2.
3.
• Algemene sake (waarop nie vooraf besluit is nie en bygevoeg
word)
• Afsluiting
• Naam van die sekretaris/sekretaresse

Pre-skryf
• Beplan jou agenda met behulp van die voorbeeld hierbo, maar pas dit aan.
Skryf jou agenda
• Gebruik jou beplanning en skryf jou agenda.
• Sorg dat jou agenda volledig is en dat die volgorde van die punte daarop
korrek is.
• Konsentreer op jou spelling, punktuasie en taalgebruik.
Hersien, redigeer, proeflees en aanbied
• Redigeer die eerste weergawe van jou agenda deur die inhoud aan te pas en
deur spel- en leestekenfoute en omslagtige taal te verbeter sodat dit vlotter
lees.
• Dit help om die sinne hardop vir jouself te lees.
• Herskryf die eerste weergawe so netjies en so foutloos as wat jy kan, proeflees
dit deeglik en lewer dan die finale skryfstuk in.

8. Verwonder jou oor die natuur 123


Skryf: Die notule van ’n vergadering
Skryf die notule wat opsom wat by die klasvergadering gesê is.
Jou notule moet onder andere die volgende insluit:
• watter plek julle vir jul projek kies en die redes hoekom julle dit kies
• hoe julle te werk sal gaan om dit te bemark of skoon te maak
• watter leerders verantwoordelik sal wees vir die verskillende take
• watter ander instansies en persone betrek moet word.
Pre-skryf
• Kyk na die voorbeeld van ’n notule hieronder en pas dit aan.
• Beplan hoe jy jou aantekeninge wat jy tydens die vergadering gemaak het, in
jou notule gaan gebruik.

Notule van Gr. 11B-klasvergadering gehou op 8 Mei 2013 in


klaskamer 3 van St. Matthews-skool
1. Die voorsitter open die vergadering en verwelkom die aanwesiges.
2. Teenwoordig: John Prins (voorsitter), Alice Nel (sekretaresse), mnr.
Wessels en aanwesige Graad 11B-leerders.
3. Subkomitees word vir die verskillende take gekies.
4. Faldee Samsodien sê dat die plaaslike toeristekantoor genader kan
word vir moontlike bemarkingsidees en hulp.
5. Daar word besluit dat Shoprite en Woolworths genader kan word vir ’n
geldelike donasie.
6. Sally Marcus noem dat sy gewillig is om elektroniese reklamepamflette
te skep en vra vrywilligers om haar met die verspreiding daarvan te
help.
7. Abe Jancowitz stel voor dat Facebook en Twitter ingespan moet word
om die projek te bemark.
8. Die datum vir ’n volgende vergadering word bepaal, wanneer vordering
met die bemarkingsprojek bespreek sal word.
9. Die voorsitter bedank almal teenwoordig en verdaag die vergadering.

Voorsitter: ...................................
Datum: .......................................

Skryf jou notule


• Skryf in die teenwoordige tyd.
• Laat die meeste stappe in die notule met dié in die agenda ooreenstem.
Hersien, redigeer, proeflees en aanbied
• Redigeer jou eerste weergawe.
• Skryf die finale weergawe en proeflees dit.
• Wees ’n “tweede oog” en proeflees ’n maat se skryfstuk vir foute.

124 Kwartaal 2
Taal in konteks: Lydende en bedrywende vorm
• Kyk op bladsy 286 vir reëls oor die gebruik van die lydende en bedrywende
vorm (passief en aktief).
• Maak seker jy verstaan wanneer om word (teenwoordige tyd), is (verlede tyd)
en sal word (toekomende tyd) in die lydende vorm te gebruik, byvoorbeeld:
• Die Tafelberg Nasionale Park (TNP) word elke jaar deur duisende toeriste
besoek (teenwoordige tyd).
• Die TNP is in 2012 deur duisende toeriste besoek (verlede tyd).
• Die TNP sal volgende jaar deur duisende toeriste besoek word (toekomende
tyd).

Die Aurora Borealis


en Aurora Australis
is ’n verstommende
natuurverskynsel
wat dansende
ligstrepe bokant die
horison naby die
Noord- en Suidpool
optower.

1. Skryf hierdie sinne in die lydende vorm.


Voorbeeld: Die toeriste neem foto’s van die Aurora Borealis.
Antwoord: Foto’s van die Aurora Borealis word deur die toeriste geneem.
a) Die Aurora Borealis of Noorderligte tower ’n kleurryke skouspel op.
b) In 1621 het ’n Franse wetenskaplike die ligte in die noorde gesien.
c) Hy het dit na die Griekse godin van die dagbreek, Aurora, vernoem.
d) Toeriste kan die ligte by Fairbanks in Alaska sien.
e) Energiedeeltjies wat met die aarde se atmosfeer bots, veroorsaak die
ligte.
f) Niemand sal die ligte voor sononder waarneem nie.
2. Skryf in die bedrywende vorm.
Voorbeeld: ’n Griekse woord is deur die wetenskaplike gebruik.
Antwoord: Die wetenskaplike het ’n Griekse woord gebruik.
a) Die ligte is in die 17de eeu deur ’n Fransman gesien.
b) Die ligte sal op sekere tye deur mense naby albei pole gesien word.
c) Die woord “borealis” is deur ’n wetenskaplike uit Grieks geneem.
d) Die woord “borealis” word met “noordelike” deur taalkenners vertaal.
e) Waar word die ligte elke jaar deur mense gesien?

8. Verwonder jou oor die natuur 125


Lees en kyk: Uitgebreide leesprojek
• Kyk na natuurprogramme soos 50/50 op TV of op die National Geographic-
of Animal Planet-kanaal om jou oë oop te maak vir natuurwonders.
• Lees die gewilde buitelewetydskrif Weg waarin elke maand lewendige,
opwindende artikels en foto’s oor natuurverskynsels en natuurlewe verskyn.
Of gaan na hierdie tydskrif se webwerf waarop onder andere video’s gesien
kan word.
• As jy op die internet rondblaai, sal jy talle artikels oor natuurwonders en
natuurverskynsels vind, sommige met geanimeerde foto’s.
• In koerante soos Die Volksblad, Die Burger en Beeld, asook in streekkoerante,
verskyn gereeld natuur- of buitelewebylaes met interessante leesstof.

Taal in konteks: Leestekens


In die onderstaande paragraaf is geen
leestekens (punktuasie) of hoofletters
nie. Skryf die hele paragraaf oor en voeg
al die ontbrekende leestekens en
hoofletters in.
’n Sesde sintuig
om in ’n vreemde omgewing te verdwaal
is ’n menslike eienskap maar baie diere is
heeltemal anders want hulle kan vanself
koers hou diere weet ook dikwels vooraf
dat gevaar op pad is byvoorbeeld voor
natuurrampe soos aardbewings en brande
hoe hulle dit weet is nog nie duidelik nie
waarom gebeur dit in egipte het ’n farao
Trekvoëls vind hul pad met die wisseling
eenkeer uitgeroep katte weet alles daarom van die seisoene.
is hulle towenaars wat aanbid moet word.

126 Kwartaal 2
Lees: ’n Gedig: Sterrekyker
Lees die gedig en beantwoord die vrae.
Sterrekyker
Ek skryf ’n brief aan die man op die maan –
bladsye en bladsye vol.
Ek rol dit in ’n koker op,
bind dit aan ’n pyl
5 en skiet dit met ’n wilgerboog
dat dit hoog deur die lug inseil.
Ek sien hoe dit deur die sterre trek
en om die maan gaan draai
en al verder deur die donker lug
10 ’n duisend briewe saai.
Nou wonder ek
– en wonder jy? –
het hy ooit sy pos gekry,
of sou daar iemand anders wees
15 wat al dié briewe dalk nou lees?
Franci Greyling
(Uit: Toulopers, LAPA Uitgewers, 2011)

W koker: cylinder/quiver; rol of houer vir pyle


wilgeboog: willow bow; boog van wilgehout gemaak

1. Vir wie skryf die spreker ’n brief?


2. Wat sê die woorde “bladsye en bladsye vol” (versreël 2) oor die brief?
3. Wat doen die spreker met die brief?
4. Verduidelik wat met die brief gebeur nadat dit “gepos” is.
5. Kies die korrekte antwoord: Die brief wat “’n duisend briewe saai” herinner
’n mens aan ’n (meteoriet/komeet/verskietende ster).
6. Vul die ontbrekende woorde in oor die twee dele waaruit hierdie gedig
bestaan: In versreël 1 tot 10 ____ die spreker die brief en wat daarmee
gebeur, terwyl sy in versreël 11 tot 15 ____ wie die brief gelees het.
7. Haal drie opeenvolgende woorde aan waar die spreker met die leser praat.
8. Wie sou die “iemand anders” (versreël 14) moontlik kon wees, dink jy?
9. Dink aan een moontlike ding wat die spreker in die brief kon geskryf het.
10. Hou jy van die gedig se titel? Verduidelik.
11. Hoe verskil die maan van die ander natuurwonders wat in hierdie lesreeks
genoem is?

8. Verwonder jou oor die natuur 127


Hersiening
Voer die instruksies in die regterkantse kolom oor die genommerde gedeeltes in
die linkerkantste kolom uit.

Die asemrowende Grand Canyon


(1. Die Grand Canyon word nie 1. Skryf die sin in die bedrywende vorm.
verniet deur kundiges as een van die
natuurwonders van die wêreld beskou
nie.) (2. Nerens) anders is daar so ’n 2. Verbeter die spelling.
massiewe canyon (3. ___). 3. Skryf die ontbrekende woord neer.
(4. Die Coloradorivier het hier 4. Skryf die sin in die lydende vorm.
interessante rotsformasies uitgekerf.) (5. 5. Skryf die sin oor met die twee kommas
Die reusekloof een van die beroemdste wat ontbreek.
toeristebesienswaardighede op aarde is
ryk aan kleurskakerings.) (6. ’n Menigte 6. Verbind die twee sinne met die
rotse troon omhoog. Jy sien vorms soos voegwoord sodat.
kastele en skepe daarin.) (7. In die klip is 7. Skryf die sin oor met die ontbrekende
kleure soos rooi wit groen bruin en kommas.
swart.)
Die hart van hierdie natuurwonder in
(8. Noord Amerika) kan nie per voertuig 8. Verbeter die spelling.
bereik word nie en die eerste
(9. Europeers) wat die gebied besoek het, 9. Verbeter die spelling.
het verniet ’n pad na die canyon probeer
vind. (10. Die omgewing daar lyk nogal 10. Watter woord moet met ’n hoofletter
baie soos ons karoolandskap.) Dit blyk geskryf word?
uit (11. fotos) van die gebied. 11. Verbeter die spelling.
(12. Die streek is deur ’n 12. Skryf die sin in die bedrywende vorm.
ontdekkingsreisiger “nutteloos” genoem.)
(13. Hy het dit as “totaal waardeloos” 13. Verbind die twee sinne met die
beskryf. Dit was die tuiste van Indiane.) voegwoord tog.
’n Amerikaanse president het die
skoonheid van die canyon soos volg
(14. opgesom) “Die indrukwekkendste 14. Watter leesteken moet direk ná hierdie
natuurtoneel wat ek nog ooit gesien het.” woord kom?
(15. Miljoene besoekers stroom 15. Verbind die sinne met die voegwoord
jaarliks na die Grand Canyon. Hulle wil omdat.
hierdie asemrowende natuurtoneel met
hul eie oë sien.)

Totaal: 15

128 Kwartaal 2
9 Snuffel vir inligting
In hierdie lesreeks gaan jy:

Luister en praat • vrae oor advertensies op ’n webwerf beantwoord


• ’n telefoongesprek voer
• advertensies bespreek
• ’n debat voer
Lees en kyk: Begrip • ’n webwerf lees
• ’n advertensie lees en vrae daaroor beantwoord
• vir inligting in kleinadvertensies soeklees
Skryf en aanbied • ’n vorm invul
• ’n dialoog skryf
• ’n advertensie ontwerp
• ’n verhalende opstel skryf
Taalstrukture en • die volgende taalaspekte in konteks oefen:
-konvensies afkortings, aksenttekens, koppeltekens,
deeltekens, kappies, voegwoorde, tye, byvoeglike
naamwoorde, meervoudsvorme, spelling,
ontkenning
• jou woordeskat uitbrei

9. Snuffel vir inligting 129


Lees en praat: ’n Webwerf
Op die webwerf (website) Snuffel & Soek kan jy advertensies vir elke
moontlike ding soek en plaas. Kyk saam met ’n maat na die uittreksel uit
Snuffel & Soek en beantwoord dan die vrae.

Soek ’n advertensie Pos ’n advertensie Wenke en hulp


«

Te koop (For sale) Dienste (Services) Werk (Jobs)

• Algemene items te koop • Argitek • Algemeen


• Boeke • Belasting • Baba-oppassers
• CD’s en DVD’s • Bouer • Bouers
• Fietse • Ekstra klasse • Deeltyds
• Hoëtroustelle • Elektrisiën • Finansies
• Juweliersware • Fiksheid • Garagedeure
• Kameras • Fotografie • Gesondheidsorg
• Klere • Loodgieter • IT
• Konsertkaartjies • Motorhuur • Kelners
• Meubels • Reisagente • Kinderoppassers
• Musiekinstrumente • Rekenaar • Kombuispersoneel
• Radio’s • Spyseniering • Landbou
• Rekenaars • Taxi • Naweek
• Selfone • Toere • Onderwys
• Speelgoed • Troues • Rekeningkunde
• Sporttoerusting • Vermaak • Sekuriteit
• Sportwedstrydkaartjies • Versekering • Veearts
• TV’s • Vervoer na lughawe • Verpleging

Eiendom Gemeenskap Troeteldiere


(Property) (Community) (Pets)
• Huis om te deel • Aktiwiteite en • Diereoppassers
• Huise te huur stokperdjies • Honde
• Kamers te huur • Kunstenaars • Katte
• Kantoorruimte • Saamryklubs • Perde
• Kommersieel • Sportklubs • Troeteldierdienste
• Vakansiehuise • Taalkursusse • Troeteldierprodukte
• Woonstel om te deel • Vermis en gevind • Vermis en gevind
• Woonstelle te huur • Volwasse-onderrig • Voëls

130 Kwartaal 2
Het jy geweet?
• ’n Mens kan enigiets wat jy wil koop, verkoop, ruil of huur in advertensies
op die internet en in kleinadvertensies in koerante of tydskrifte adverteer.
• In kleinadvertensies (smalls) in koerante is daar onder meer ook
aankondigings (announcements) van geboortes (births), verlowings
(engagements), troues (weddings) en sterftes (deaths).
• Net die nodigste inligting word in sulke advertensies of aankondigings
gegee. Dit is gratis (free) of redelik goedkoop om so te adverteer.

1. In watter een van die ses breë kategorieë sal jy soek as jy:
a) werk soek?
b) ’n huis wil koop of huur?
c) iets wil koop?
d) in ’n hond of kat belangstel?
e) ’n elektrisiën of loodgieter benodig?
f) meer wil uitvind oor aktiwiteite en stokperdjies in die omgewing waar
jy woon?
2. Onder watter subkategorie sal jy soek as jy:
a) ’n fotograaf soek om foto’s by ’n troue te kom neem?
b) wil weet waar jy ’n nuwe taal kan leer?
c) ’n naweekwerk soek?
d) ’n selfoon wil koop?
e) wil uitvind waar jy ekstra wiskundelesse kan neem?
f) iemand soek om ’n gebarste waterpyp by die huis te kom regmaak?
g) ’n geleentheid (lift) na die lughawe nodig het?
h) iemand soek om jou troeteldiere te kom oppas terwyl julle weg is?
i) ’n verlore papegaai gekry het?
j) ’n huismaat soek?
k) joga wil doen?
l) ’n ring wil koop?
m) ’n platejoggie vir ’n partytjie soek? Speel toneel en snuffel
3. Waarvoor staan die volgende afkortings soos ’n hond.
in die uittreksel? Gee die Engels en
vertaal dit dan in Afrikaans.
a) CD’s
b) TV’s
c) IT

9. Snuffel vir inligting 131


Skryf: Skep ’n advertensie
As jy ’n advertensie op Snuffel & Soek op bladsy 130 wil “pos” of plaas, moet jy
vier stappe volg:
Stap 1: Kliek op “Pos ’n advertensie” op die hoofkieslys (main menu).
Stap 2: Kies ’n kategorie (byvoorbeeld “kameras” of “katte”).
Stap 3: Vul ’n vorm soos die een hieronder in.
Stap 4: Pos jou advertensie. Druk die stuurknoppie (send button) op die
rekenaar.

1. Dink aan ’n advertensie wat jy graag op Snuffel & Soek sal wil plaas – dit
kan wees vir iets wat jy wil verkoop of iets wat jy soek en wil koop. Gesels
met ’n maat oor moontlike dinge wat jy kan adverteer.
2. Trek die volgende vorm in jou boek oor en vul dit in.

Skep jou advertensie


Besonderhede

Soort advertensie:
Maak ’n regmerkie () by jou keuse.

Ek wil ’n item verkoop.  Ek wil ’n item koop. 

Prys: R __________

Titel: ______________________________________
(byvoorbeeld: Sokkerbal te koop)

Beskrywing: ________________________________

___________________________________________

___________________________________________

E-posadres: ________________________________

Telefoonnommer:____________________________

132 Kwartaal 2
Praat: Voer ’n telefoongesprek
Verbeel jou jy lees hierdie advertensie op die internet of in die koerant.

r),
P O N I E (scoote
BROM and,
e n de toest .
uits te k
e lm e t) ingesluit
(h 10.
valhelm
u re t 0 7 2 554 32
.A
Bel mev

Jy besluit om ’n bromponie te koop en bel dadelik vir mevrou Auret om


navraag oor die bromponie te doen.
Hoe sal die telefoongesprek verloop?
Verdeel in groepies van twee en maak asof julle mekaar bel. Leerder 1 is die
persoon wat die bromponie wil koop. Leerder 2 is mevrou Auret.

Die volgende sinsdele sal julle help:

Sinsdele wat Leerder 2 kan gebruik Sinsdele wat Leerder 1 kan gebruik
Middag, dis mevrou Auret wat praat. Goeiemiddag, my naam is ...
Goeiemiddag, ..., waarmee kan ek ... Ek het die advertensie gelees ...
Dis heeltemal reg ... Is daar nog ...
Ja, daar is nog ... Hoeveel kos ...
Die bromponie kos ... Wanneer kan ek kom kyk?
U kan enige tyd ... Waar woon u?
My adres is ... Ek sien u vanmiddag om ...
Ek sien uit daarna om ... Baie dankie.
Dis my plesier. Tot siens. Tot vanmiddag dan.
Tot siens.

Praat: Voer nog telefoongesprekke


Bly in dieselfde groepies. Kies enige kleinadvertensie in ’n koerant of op die
internet. Voer ’n telefoongesprek daaroor. Leerder 1 bel om meer inligting oor
die advertensie te kry. Leerder 2 gee die inligting.

Skryf: ’n Dialoog
Kies een van die telefoongesprekke wat jy hierbo gevoer het en skryf die
volledige dialoog van 120 tot 150 woorde in jou skryfboek.

9. Snuffel vir inligting 133


Taal in konteks: Aksenttekens, koppeltekens,
deeltekens, kappies
Daar is twee aksenttekens in Afrikaans.

Die akuutteken (´):


• word op ’n vokaal geplaas om te wys dat dit beklemtoon word:
Die bromponie in die advertensie is só mooi! Gee my dié een; daardie een is
te oud. Ek sal óf kontant betaal óf met ’n kredietkaart.
• word op vokale in sommige eiename geplaas, bv. René, André, Marié, Naudé
• kom soms in leenwoorde uit ander tale voor: cliché, olé, rosé.

Die gravisteken (`):


• word in die volgende vier Afrikaanse woorde gebruik: dè, nè, hè, appèl
• word op sommige eiename gebruik: Adèle, Eugène
• word op sommige leenwoorde uit ander tale gebruik: première, crèche.

1. Die persoon wat die volgende kennisgewings en advertensies geskryf het,


het geen aksenttekens gebruik nie. Skryf elkeen korrek oor.

KENNISGEWINGS KINDEROPPA
SSER
CRECHE soek
SAMPRAS/FOURIE senior leerde
om weeksmid rs
dae kinders te
Ole! Andre Sampras en Esme help oppas. S
kakel Jenny by
Fourie maak hul verlowing 0720893343.
aan familie en vriende bekend.
TE KOOP
d
Die FRANSE ATTACHE en SPANIËL-HONDJIES, gou
haar man woon Vrydagaand en swart. Vyf hondjie s of
die premiere van die opera goud of swart; twee goud en
Aïda by. drie swart. Skakel Rene du
Preez by 0832567793.

2. Maak jou eie sinne met die volgende woorde.


a) nóú b) hè c) ná d) dè
3. In die volgende paragraaf is daar woorde waarin die koppelteken (-),
deelteken ( ¨ ) of kappie (^) weggelaat is. Skryf die woorde korrek neer.
Oral in die wereld is daar tussen sewe uur en agtuur in die aand baie
advertensies voor, gedurende en na TV programme. Vroeer in die dag is
daar minder advertensies. Die adverteerders weet kykers word deur
advertensies beinvloed. Hulle se selfs miljoeners in Suid Afrika is
geinteresseerd en kyk na advertensies om te weet wat op die mark is.

134 Kwartaal 2
’n Raaispeletjie: Wat is die woord?
Lees die leidrade (clues) en vul die letters in om die woord te kry.
1.  Die eerste letter van ’n sinoniem vir die woord bel.
2.  Die derde letter van iets waarin ’n mens elke dag die nuus kan lees.
3.  Die derde letter van ’n sinoniem vir die woord beeldradio.
4.  Die eerste letter van iets met twee wiele waarop jy kan ry.
5.  Die sewende letter van ’n gesprek wat iemand met jou voer as jy om ’n
werk aansoek doen.
6.  Die laaste letter van iets waarna jy luister as jy stories, musiek en nuus
wil hoor.
7.  Die agtste letter van ’n woord wat dieselfde as informasie beteken.

Taal in konteks: Afkortings en voegwoorde


1. ’n Mens lees dikwels in advertensies afkortings soos Wo. vir Woensdag en
bv. vir byvoorbeeld. Hoekom, dink jy, word dit gedoen? Waarvoor staan die
volgende afkortings?
a) ID-nr. e) LW i) Ma. – So.
b) i.v.m. f) tel. j) km/h
c) mnr. g) BTW k) t.o.v.
d) bg. h) mev. l) cm
2. Verbind die sinne met die voegwoorde tussen hakies.
Voorbeeld: Ek hou van die advertensie. Dit is interessant. (want)
Antwoord: Ek hou van die advertensie, want dit is interessant.
a) Ek wil ’n tennisraket koop. Ek kyk na advertensies op die internet.
(daarom)
b) Ek kyk na advertensies op die internet. Maak seker
Ek wil ’n tennisraket koop. (omdat) dat jy die regte
c) Sy skryf die nommer neer. Sy kan die woordorde na die
adverteerder bel. (sodat) voegwoord gebruik!
d) Niemand sal die advertensie lees nie.
Dit is goed. (tensy)
e) Almal sal die advertensie lees. Dit is goed.
(mits)
f) Hy wil graag die sokkerbal koop. Dit is
te duur. (maar)
g) Die sokkerbal is te duur. Hy kan dit nie
bekostig nie. (begin met Aangesien)
h) Sy sê. Sy het ’n advertensie op Snuffel & Soek op die internet gepos. (dat)

9. Snuffel vir inligting 135


Lees: ’n Advertensie
Lees die advertensie oor Superola-selfone wat te koop is.

SOEK ’N SUPEROLA-SEL!
SUPEROLA SUPEROLA
S400 V118
GRATIS GRATIS
Beltyd op “Weekend Wonder” Beltyd op “Weekend Wonder”
Geïntegreerde Geïntegreerde
Kamera Kamera
Wanneer ’n 24 maande- Wanneer ’n 24 maande-
kontrak geteken word kontrak geteken word
7 DAE GELD-terug-WAARBORG 7 DAE GELD-terug-WAARBORG

S400 KENMERKE: V118 KENMERKE:


• Silverstreak • Stereoklank • • Silverstreak • Stereoklank
Geïntegreerde kamera • Wi-Fi • Raakskerm • Wi-Fi

Cellphonesdirect • www.cellphones.co.za

Het jy ’n kredietkaart of bankrekening? BEL 0861 115544

W bankrekening: bank account; rekening by die bank


geïntegreerde kamera: integrated camera; kamera is deel van die foon
geld-terug-waarborg: money back guarantee; jy kry jou geld terug as jy
ontevrede is met die produk
gratis: free; verniet

Praat: Bespreek advertensies SMS is die


afkorting vir
• Noem twee dinge wat eerste jou aandag
Short Message
getrek het toe jy na die advertensie gekyk het.
Service. Vertaal
Hoekom het die twee dinge jou aandag
dit in Afrikaans.
getrek?
• Hoe probeer die adverteerder mense
oorreed (pursuade) om die fone te koop?

136 Kwartaal 2
Hoe goed verstaan jy die advertensie?
1. Haal ’n opeenvolgende syfer (number) en woord aan wat sê dat die
selfoonkontrak vir twee jaar is.
2. Hoe lank is die “geld-terug-waarborg”? Skryf die syfers uit.
3. Gee een woord vir die woorde tussen hakies.
a) Die advertensie sê jou oproepe oor naweke is (jy hoef nie daarvoor te
betaal nie).
b) Die selfoon het ’n (wat geïntegreer is) kamera.
c) As jy ’n (rekening by die bank) of ’n kredietkaart het, kan jy die
selfoon bestel.
4. Gee die Afrikaanse vertaling vir:
a) Weekend wonder
b) Silverstreak.
5. Vier van die sinne is korrek. Watter een is nie korrek nie?
a) Jou oproepe oor die naweek is gratis.
b) Die S400 en V118 het dieselfde kenmerke.
c) ’n Mens kan met ’n kredietkaart vir die selfoon betaal.
d) In die week kan jy nie gratis oproepe maak nie.
e) Die selfone sluit elkeen ’n kamera in.

Skryf: Jou eie selfoonadvertensie


Verbeel jou jy werk by ’n advertensie-agentskap (advertising agency).
Ontwerp ’n advertensie waarin jy die jongste selfoon of slimfoon adverteer. Gee
jou foon ’n treffende (effective) naam. Sê wat die spesiale kenmerke (features)
van die foon is. Onthou, jou advertensie moet mense se aandag trek. Maak dit
kort, kragtig en eenvoudig en gebruik ’n treffende ontwerp sodat dit ook visueel
interessant is.

Kan nie
my, Lus vir vanaand
Bel kom nie
asb
. koffie? .

9. Snuffel vir inligting 137


Praat: Voer ’n debat

Onthou ’n Debat word tussen twee groepe gevoer. Hulle bespreek ’n


onderwerp waaroor hulle nie saamstem nie.
Die gesprek tussen die groepe is formeel en saaklik. Omdat
die sprekers met selfvertroue redes moet gee en argumente
moet voer, moet hulle logies en krities dink en redeneer. Die
sprekers moet ook hulle gedagtes organiseer en formuleer.
Debatvoering is ’n goeie lewensvaardigheid (life skill) vir die
latere lewe.

Julle gaan ’n debat oor die onderwerp voer:


Daar behoort geen advertensies op TV te wees nie.
Groep 1 dink daar moet advertensies op TV wees en praat oor die voordele
(advantages) van advertensies. Dink aan argumente soos:


• Advertensies is interessant.
• Advertensies gee inligting.
• Advertensies bring inkomste in.
Groep 2 dink daar moenie advertensies op TV wees nie en praat oor die
nadele van advertensies. Dink aan argumente soos:


• Advertensies is ’n mors van tyd.
• Advertensies is irriterend wanneer jy na ’n program wil kyk.
• Advertensies laat mense dinge wil hê wat hulle nie nodig het nie.
Dink aan nog voordele en nadele van advertensies op TV.

Ek dink daar moet


advertensies op TV Na my mening moet daar
wees, want dit gee nie advertensies op TV wees
inligting oor al die nie omdat dit mense net
verskillende produkte. dinge wat hulle nie nodig
het nie, laat begeer.

138 Kwartaal 2
Taal in konteks: Tye
Kyk na die posisie en vorm van die werkwoord in die volgende drie sinne.

Teenwoordige tyd Verlede tyd Toekomende tyd


(Dit gebeur nou.) (Dit het klaar gebeur.) (Dit sal nog gebeur.)
Die tiener lees die Die tiener het die Die tiener sal die
advertensie. advertensie gelees. advertensie lees.
1. Skryf die volgende sinne eers in die verlede tyd en dan in die toekomende
tyd. Gebruik gister in die verlede tyd en môre in die toekomende tyd.
a) Sy skryf ’n advertensie. Gister ... Môre ...
b) Ek soek die advertensie op die internet.
c) Hulle kan die fiets op die internet adverteer.
d) Daar is baie advertensies in die koerant.
e) Ek het ’n koerant by die huis.
f) Hy doen aansoek om die werk.
g) Sy sit en lees die advertensies op die internet.
h) Hulle koop die koerant en lees die advertensies.
i) Ons glimlag oor die snaakse advertensie.
j) Sy wens my geluk.
2. Skryf die volgende paragraaf in die verlede tyd.
Julia Marumo is 17 jaar oud en sy is in graad 11. Sy woon in Sunnyside in
Pretoria. Sy wil graag in die vakansie deeltydse werk doen. Sy stel belang in
werk wat in die koerant gepubliseer word.
3. Skryf die sinne eers in die verlede tyd en dan in die toekomende tyd.

Onthou Onthou, werkwoorde wat met ge-, be-, er-, her-, ont- en ver-
begin, soos gebeur, begin, erken, herken, onthou en vergeet,
kry nie ’n ge- in die verlede tyd nie.

a) Hulle gebruik die internet om te adverteer.


b) Sy vertel vir my van die advertensie.
c) Die advertensie begin met ’n beskrywing van die item.
d) Ek onthou altyd ’n goeie advertensie.
e) ’n Mens vergeet ’n swak advertensie gou.
f) Sy herhaal die telefoonnommer in die advertensie.
g) Sy erken sy onthou niks meer nie.
h) Ons ontdek ’n goeie plek om te adverteer.
i) Ek herken haar telefoonnommer in die advertensie.
j) Ons gesels oor hoeveel die produkte kos.

9. Snuffel vir inligting 139


Lees: Soeklees vir inligting
Kyk na die advertensies hieronder. Lees die vrae en
soek die antwoorde so gou moontlik.

Verdeel in groepies van drie. Leerder 1 lees die vraag. Leerder 2 soek die
antwoord en Leerder 3 skryf dit neer. Kyk watter groep eerste die korrekte
antwoorde het. Dié groep wen.

1. Wat is die naam van die stoof wat geadverteer word?


2. Wat is Cynthia Adams se geboortedatum?
3. Wie kan jy bel vir ’n gemeubileerde kamer? Gee ook die telefoonnommer.
4. Watter jaar se model is die BMW?
5. Vir watter tydperk is die woonstel in Durban beskikbaar?
6. Vir watter diens kan jy per kredietkaart betaal?
7. Haal een woord aan wat vir ons sê dat die modelwerk nie ’n voltydse werk
is nie?
8. Watter twee woorde sê vir ons dat die DVD-speler goed werk en nie
stukkend is nie?
9. By wie kan jy teen ’n redelike prys leer motor bestuur?
10. Haal een woord aan wat sê dat meneer Mondy haastig is om ’n
koskarretjie te kry.

DURBAN Woonstel te huur. Ten volle


gemeubileer, 300 m van see af. ROOI BMW Min
Motorafdak + braaigeriewe. kilometers 2011-model.
4
Beskikbaar 21–30 Des. 031 788-9481 Bel Gerald 082 667881

-
AL-DVD DEFY 424-stoof
NATION Baie goeie
Puik
SPELER
n d . Skakel toestand. 021 Ontvang opleidin
g
toesta 721-1819 vir deeltydse
oo
mev. Naid 5 modelwerk. Brian
55
011 886-1 076 3495331
Gemeubileerde Beste, vinnigste
kamer te huur in TV-diens. Werk
ADAMS He goeie woonbuur t. gewaarborg.
inrich
en Sylvia A Baie netjies. Kom Kredietkaar te
dams
se dogter C kyk self. Skakel welkom. Skakel
ynthia
is op 29/05 Judith 041 021 545-9745
/2012
gebore. 999-2182

OEK!
ND GES
BESTUURSKOOL/DRIVING DRINGE . Klein met
tjie
SCHOOL Bestuurslesse teen Koskarre Mnr. Mondy
a ie r.
redelike pryse 079 2228179 gasbra
7 3 -1 198
Francois 012 7

140 Kwartaal 2
Skryf: ’n Verhalende opstel
Gebruik die kleinadvertensies hieronder as idees om ’n verhalende opstel te
skryf. Lees die paar advertensies deur en dink jou eie opstel daaroor uit. Besluit
of jy net een advertensie of ’n paar van hulle of dalk almal wil gebruik. Besluit
self op jou titel.
Pre-skryf
• Onthou die hele tyd dat jou opstel ’n storie moet vertel.
• Gebruik ’n kopkaart om jou opstel te beplan.
Skryf jou opstel
• Maak seker dat jou opstel uit ’n begin, middel en einde bestaan.
• Skryf in die verlede tyd.
• Konsentreer daarop om die regte woordorde te gebruik.
• Skryf ’n goeie inleiding en slot.
Hersien, redigeer, proeflees en aanbied
• Lees jou opstel goed deur en bring verbeteringe aan.
• Skryf die finale weergawe netjies en leesbaar oor.

DISKO’S EN
PERSOONLIK Eensaam? ORKESTE
Ontmoet u lewensmaat. Bel Frans Heelnag, verseker
van MatchMakers 079 3423960 ’n lekker partytjie
.
Tshepo
083 4142984

e-toer.
Seychell JUWE
TOERE a n 19 LIERS
WARE
oop v Ringe,
2 plekke W a a rd e vir d
Die be iamante.
pt.
tot 26 Se  3 39- ste pry
nthia 011 in die se
geld! Cy 021 22
land.
8181 4-7831

Kyk weer na
Taal in konteks: Tye die voorbeelde
op bl. 139.
Skryf die volgende sinne in die teenwoordige tyd
en in die toekomende tyd.

1. Wie het die toer na die Seychelle beplan?


2. Het jy enige sukses gehad?
3. Die toer het in September plaasgevind.
4. ’n Lekker partytjie is in die advertensie belowe.
5. Toe sy hier was, het sy gehoop om haar lewensmaat te ontmoet.

9. Snuffel vir inligting 141


Hersiening
1. Gee die korrekte vorm van die woorde tussen hakies (byvoeglike
naamwoorde).

Daar was ’n advertensie oor (a. pragtig), (b. opreg) Siamese katjies.
As jy (c. goed) geld wil verdien, kan jy Kersgeskenke verkoop. In een
van die advertensies kon ’n mens (d. gebruik) en (e. nuut) fietse
koop. Iemand het ook (f. tweedehands) gordyne en linne geadverteer.
Daar was ’n vrou, Brenda, wat gesê het sy sal die (g. goed) aanbod vir
haar (h. geadverteer) rolskaatse en laerskoolbaadjie aanvaar. (8)

2. Gee die regte vorm van die woorde tussen hakies (meervoude).

In die afdeling Familiekennisgewings kan jy verskillende (a. aan-


kondiging) doen oor (b. verjaardag), (c. huwelik) of (d. begrafnis).
In die afdeling Te koop wil baie mense hulle (e. stokperdjie),
(f. rekenaar) of (g. boot) verkoop. In die afdeling Algemene
dienste wil hulle hul (h. diens) adverteer. (8)

3. Verbeter die spelfoute in die volgende sinne.


a) Waneer jy die koerant lees, sien jy dikwels die selfde advertensies.
b) Die relings vir die wedstryd verskyn Saturdag op die internet.
c) Daar is plek vir viertien pasasiers in die bussie.
d) Dis nie moelik om advertensies gedeurende die week te plaas nie.
e) Dit is die beeste advertensie in die wêreld. (9)
4. Skryf die sinne in die verlede tyd.
a) Ek het R50 om vir die advertensie te betaal.
b) Wat word hier geadverteer?
c) Hulle staan en praat oor die advertensies.
d) Jy hoef nie op die internet te kyk nie.
e) Jy behoort hierdie advertensie te lees. (5)
5. Beantwoord die vrae in die ontkennende vorm.
a) Is die advertensie in die koerant?
b) Het hulle al die advertensie gesien?
c) Word die fiets nog geadverteer?
d) Het jy al ooit ’n advertensie geplaas?
e) Het jy die advertensie êrens gesien? (10)
Totaal: 40

142 Kwartaal 2
10 Keuses
In hierdie lesreeks gaan jy:

Luister en praat • illustrasies bespreek


• na ’n onderhoud luister en vrae daaroor beantwoord
• na ’n liedjie luister en taalvrae daaroor beantwoord
Lees en kyk: Begrip • ’n teks lees en ’n opsomming maak
• ’n onderhoud in rolle lees
Letterkunde • ’n gedig lees en begripsvrae daaroor beantwoord
Skryf en aanbied • ’n reeks argumente neerskryf
• ’n tabel oor argumente voltooi
• ’n koerantberig skryf
Taalstrukture en • die volgende taalaspekte in konteks oefen:
-konvensies spelreëls en spelpatrone, homonieme, homofone en
paronieme, woordvorming, woordorde in sinne,
enkelvoudige en saamgestelde sinne, tydsvorme
• jou woordeskat uitbrei

10. Keuses 143


Hoe eenvoudig
Praat: Bespreek die sou die lewe sonder
keuses wees?
illustrasies
Jy moet elke dag van jou lewe keuses
maak en die gevolge daarvan dra. Kyk na
die volgende illustrasies. Wat gaan jy kies?
Wat gaan die gevolge van jou keuse wees?
Voltooi daarna die tabel.

Gaan jy nou
opstaan ...?
1. a 1. b

2. a 2. b

144 Kwartaal 3
Vul ’n tabel in
Nr. Gevolge van keuse a) Gevolge van keuse b) Beste keuse
1.
2.
3.
4.

3. a 3. b

4. a 4. b

10. Keuses 145


Luister: ’n Tydskrifartikel
Luister na ’n tydskrifartikel. ’n Joernalis het ’n onderhoud met die stigter van
Tribal Echo gevoer en daarna die artikel geskryf.
Pre-luister
• Dink aan wat of wie Tribal Echo kan wees.
• Wat het die joernalis met die stigter van Tribal Echo gevoer?
• Lees die vrae noukeurig deur en maak seker dat jy verstaan wat gevra word.
Tydens luister
• Wanneer jy die artikel die eerste keer hoor, luister mooi en maak
aantekeninge.
• Lees weer die vrae sodat jy weet na watter feite jy moet luister.
• Luister ’n tweede keer na die artikel en maak aantekeninge wat as antwoorde
by die vrae sal pas.
Post-luister
Beantwoord die vrae.
1. Wat doen die groep
Tribal Echo?
2. In watter provinsie
is Kleinmond? Let
op julle spelling.
3. Hoeveel lede is daar
in die groep, Tribal
Echo?
4. Wat is die titel van
hulle nuwe album?
5. Watter keuse het die
groep gemaak?
Tussen _____ en
_____.
6. Wat is die titel van
hulle eerste album?
7. In watter program
vir jeugtronke en
jeugsentrums word
dié album met
sukses gebruik?

Die lede van Tribal Echo

146 Kwartaal 3
Lees: Maak ’n opsomming
Lees die beredeneerde teks en skryf ’n opsomming met sewe argumente
daaroor.
Instruksies
• Skryf jou opsomming puntsgewys van 1 tot 7.
• Gebruik 60 tot 70 woorde.
• Skryf jou eie volsinne.
• Skryf net een feit vir elke sin.
• Doen beplanning en rofwerk en skryf daarna jou finale opsomming.
• Laat ’n reël oop na elke sin.
• Gee die getal woorde wat jy geskryf het tussen hakies aan die einde.

?
Waarom ons verkeerde keuses maak
Daar is soveel dinge om elke dag van te kies dat dit moeilik is om die regte
keuses te maak. Ons weet nie wie ons is en wat ons in die lewe nodig het nie.
Baie van ons het nie ’n toekomsvisie nie en weet nie wat ons bestemming is
en dus waarheen ons op pad is nie.
Kitskeuses is soos kitskos, dit help vir nou, maar gee later probleme. Jy
het nie altyd al die inligting oor ’n situasie waaroor jy ’n keuse moet maak
nie en neem dan die verkeerde besluit net om later agter te kom dit was ’n
verkeerde keuse. Of jy het die inligting, maar jy kies verkeerd en vat ’n kans.
As dinge dan verkeerd loop, wil jy weghardloop.
Ons maak almal een of ander tyd verkeerde keuses omdat ons dink dit
sal dinge makliker maak, dit lyk na die maklikste keuse.
Partykeer is jy hardkoppig. Mense waarsku jou teen jou keuse, maar jy wil
nie hoor nie! Jy dink jy weet beter as almal om jou. Jy raak selfs ongeskik
omdat ander mense jou nie wil uitlos nie, of omdat hulle dit nie vir jou gun
nie. Eintlik gun hulle net die beste vir jou, maar jy wil dit nie raaksien nie.
Die ander sy is ook waar. Jy meng met negatiewe mense wat bepaal hoe
jy dink en jy luister nie na jouself nie en onthou nie jou eie waardes nie.
Moenie weghardloop nie, daar is altyd ’n kans om oor te begin.

10. Keuses 147


Taal in konteks: Homonieme, homofone, paronieme
Luister na die woorde van die liedjie of lees die woorde hardop en beantwoord
daarna die vrae.
Keuses
1. Dis lig of dis donker 17. Oorweldig en verward
Dis met of dis sonder deur al my keuses
Dis goed of dis sleg 18. Dis toe of dis oop oë
Dis verkeerd of dis reg Dis onder of heelbo
5. Dis nooit of dis altyd Dis ek of dis sy
Dis nou of dis wawyd Dis hy of dis jy
Dis later of nou, stadig of gou 22. Dis passie of denke
Dis krom of dis reguit G’n raad of net wenke
Koor Dis swart of dis wit
Dis minder of meer
9. Dis deel van die lewe
26. Dis winter of lente
Een twee drie dis tyd om te kies
Maak toe my oë vertrou en bly Koor (herhaal)
glo 27. Ek moet kies ek wil nie
Vergeet van dit wat voorlê Dit wag vir my
13. Gooi weg my vrese Ek moet kies ek wil nie
Dit of dat Dit gaan my nog kry
Mag ek my tyd vat, wil dit vermy Koor (herhaal)
Dit knou aan my

Onthou Homonieme is woorde wat eenders klink EN eenders gespel


word, maar heeltemal verskillende betekenisse het, bv. lig in
reël 1: a) Dit is lig buite, want die son skyn. b) Die veertjie is
lig, nie swaar nie.

1. Kies enige vyf van die vetgedrukte woorde in die liedjie. Maak twee sinne
met elkeen sodat die verskil in betekenis duidelik na vore kom.

Onthou Homofone is woorde wat dieselfde klink, maar anders gespel


word en ook ’n ander betekenis het, bv. raad in reël 23:
a) raad beteken advies b) raat beteken ’n middel teen siekte.

2. Gee ’n homofoon vir a) my in reël 11 en vir b) moet in reël 27. Maak


sinne met die homofone sodat die verskil in spelling en betekenis duidelik
na vore kom.

148 Kwartaal 3
3. Kies die korrekte homofone tussen hakies.
a) (Vlei/Vly) jou maats deur g) My hare (reis/rys) as ek
hulle te vra om jou te help kies. keuses moet maak.
b) Baie keer (ly/lei) mens onder h) ’n Mens moet genoeg aandag
verkeerde keuses. aan jou keuses (wy/wei).
c) (Haal/Hael) pret uit jou i) Verkeerde keuses kan so
keuses. swaar soos (lood/loot) wees
d) Moenie altyd ’n keuse maak wat jy moet saamdra.
volgens jou (hard/hart) nie, j) Die (grootte/grote) van jou
maar met jou verstand. sukses hang af van die keuses
e) Keuses kan maklik, (maar/ wat jy maak.
maer) ook moeilik wees. k) Aan die (end/ent) van die
f) In die liedjie word daar nie tot liedjie word die koor herhaal.
(vier/fier) getel nie. l) Keuses kan (swaer/swaar)
op jou skouers rus.

4. Maak nou ’n duidelike verstaanbare sin met vyf van die homofone wat jy
nie gekies het nie.

Onthou Paronieme is woorde wat dieselfde stam het. Kyk na sonder


in reël 2. Met die stam sonder kan ons ander woorde vorm
deur o.a. voorvoegsels te gebruik, bv. besonder en uitsonder.
Ek hou besonder baie van jou opstel. (vreeslik baie)
Ek gaan jou uitsonder, want jy het ’n goeie opstel geskryf.
(’n Voorbeeld van jou maak.)

5. Gebruik die voorvoegsels in die blokkies om paronieme van die volgende


woorde te vorm: sleg, deel, lewe, maak, kry.
be- ver- ge-

Onthou Paronieme kan ook met agtervoegsels gevorm word, bv.


donker in reël 1: donkerte en meer in reël 25: meerderheid.
Voor- en agtervoegsels kan ook saam gebruik word om
paronieme te vorm, bv. lewe in reël 9: belewenis en kies in reël
10: verkiesing.

6. Gebruik die agtervoegsels in die blokkies om ander woorde van die


volgende woorde te vorm: hart, waar, vriend, warm.
-te -lik -elik -heid

10. Keuses 149


Lees: ’n Gedig: As jy hardloop …
Wou jy al weghardloop as jy ’n keuse moes maak? Lees die gedig aandagtig
deur om aan die einde agter te kom wat vir jou wag as jy weghardloop. Moeilike
woorde word in die woordeskatblokkie verduidelik.

As jy hardloop ...
1 Vasgevang in jou eie verwarde denke
Worsteling met jou donkerkant
Vasklou aan ou gewoontes?
Begeerte om los te woel ...

5 Hardloop weg van jou vrese


Hardloop weg van jou besluite
Hardloop weg van jou keuses

8 Maar as jy hardloop ...


Hardloop jy jou vas in jou probleme
Loop jy vas in jou vrese
Vas in jou keuses
Vas in jou besluite

13 Vas in jouself ...

(Uit: www.woes.co.za)

W denke: thoughts; dit waaraan jy dink


los te woel: get away from; los te kom
vasgevang: caught up in; vasgekeer
verwarde: confused; deurmekaar, onseker
worsteling: struggle or grapple; wroeging met jouself

Hoe goed verstaan jy die gedig?


1. Beskryf die spreker se denke.
2. Waarmee worstel die spreker?
3. Kies die korrekte antwoord:
Die spreker wil (vasklou aan/loskom van) sy ou gewoontes.
4. Wat begeer die spreker? (Wat wil die spreker doen?)

150 Kwartaal 3
5. Noem drie dinge waarvan die spreker wil weghardloop.
6. Haal een woord aan wat op ’n waarskuwing dui (die wending in die gedig).
7. Is die stelling waar of onwaar? Gee ’n rede vir jou antwoord.
As jy weghardloop, tel jy probleme op.
8. Hoeveel keer word die woord weg herhaal?
9. Hoeveel keer word die woord vas herhaal? Wat is die effek van dié
herhaling?
10. Kies die frase wat nie korrek is nie:
Volgens die spreker is weghardloop nie ’n opsie nie, want jy gaan jou
vashardloop in:
a) dit wat jy kies
b) jouself
c) jou skuld
d) dit waarvoor jy bang is.
11. Wat, dink jy, wil die spreker vir ons sê met die titel van die gedig?
12. Watter positiewe boodskap kry jy uit die gedig?

Skryf: ’n Reeks argumente

A ’n Tabel
Skep ’n tabel met twee kolomme. In kolom A skryf jy drie argumente of
voorstelle vir wegvlug van jou probleme. In kolom B skryf jy die gevolge
van wat sal gebeur as jy van jou probleme wegvlug.
B ’n Illustrasie (Visuele teks)
Wat dink jy hiervan? Kyk na die illustrasie en skryf vier argumente onder
mekaar neer teen die optrede of keuse wat hierdie persoon gemaak het.

10. Keuses 151


Hardoplees: ’n Onderhoud: Van bendelid
tot rugbylegende
Verdeel in pare. Julle gaan ’n onderhoud
hardop in rolle lees (rollees). Leerder 1 is Ann
Kessel, joernalis van die koerant, The Observer.
Sy voer die onderhoud en vra die vrae. Leerder
2 is Ashwin Willemse met wie die onderhoud
gevoer word. Lees duidelik en leef julle in die
rolle in.

Kessel: Waar het jy grootgeword?


Willemse: Op die Kaapse Vlakte saam met my
ouma, oupa en ma in ’n huisie
sonder elektrisiteit of warm water.
Kessel: Waar het jou liefde vir rugby begin?
Willemse: Reeds in die laerskool. As klein
seuntjie het ek elke oomblik wat ek
kon, rugby gespeel.
Ashwin Willemse
Kessel: Waarin het jy nog belanggestel?
Willemse: Ek het ’n dubbele lewe gely op hoërskool. Bedags was ek op skool
en het ek rugby gespeel, maar snags was ek deurmekaar met
bendes.
Kessel: Aan watter bende het jy behoort?
Willemse: Die Americans, hulle was die ergste kriminele bende in Suid-Afrika.
Kessel: Vertel meer van jou bendelewe.
Willemse: Ek het dwelms gebruik en verkoop. Ek het gesteel, mense geskiet en
is self ook geskiet. Op 16 het ek selfs probeer selfmoord pleeg.
Kessel: Waarom selfmoord?
Willemse: Ek wou wegkom van my omstandighede.
Kessel: Het jy?
Willemse: Rugby het daarvoor gesorg. Ek het Craven Week-rugby gespeel en
SA onder 21. In 2003 het ek die groen-en-goud vir die eerste keer
oor my kop getrek. Ek was die speler van die jaar.
Kessel: En jou bendelewe?
Willemse: Die mag wat die bende oor my gehad het, het die keuse moeilik
gemaak.
Kessel: Hoe het die bende oor jou keuse gevoel?
Willemse: Hulle was so bly oor my sukses en glad nie jaloers nie. Ek weet nou
niemand word as ’n moordenaar, dwelmhandelaar of verslaafde
gebore nie. Jou omstandighede laat jou toe om dit te kies.
Kessel: Wat is jou boodskap vir vandag se jeug?
Willemse: Elke mens kán vir homself kies.
(Verwerk uit: The Observer, 1 Julie 2007)

152 Kwartaal 3
Taal in konteks: Woordorde en tye
1. Verander die woordorde van die sinne deur met die woorde in vet druk te
begin.
a) Ashwin het as klein seuntjie op die Kaapse Vlakte by sy ma, ouma en
oupa gewoon. As klein seuntjie ...
b) Ashwin se liefde vir rugby het reeds in die laerskool begin. Reeds in
die laerskool ...
c) Hy het op hoërskool begin om ’n dubbele lewe te lei. Op hoërskool
...
d) Hy was bedags op skool en het rugby gespeel, maar snags was hy ’n
bendelid. Bedags ...
e) Ashwin het probeer selfmoord pleeg omdat hy wou wegkom van sy
omstandighede. Omdat ...
f) Hy het sy lewe positief verander nadat hy groot sukses in rugby behaal
het. Nadat ...
2. Skryf die sinne in die verlede tyd oor.
a) Ashwin Willemse word in ’n huisie sonder elektrisiteit of warm water
groot.
b) Ashwin stel al van vroeg af in rugby belang en begin dit op laerskool
speel.
c) Die bendelewe kry later ’n houvas op hom.
d) Hy gebruik en verkoop dwelms en skiet selfs mense.
3. Skryf die sinne in die toekomende tyd.
a) Ashwin gebruik nie meer dwelms nie en behoort ook nie meer aan ’n
bende nie.
b) Hy is vir almal ’n held en is trots daarop dat hy die regte keuse in die
lewe gemaak het.

Taal in konteks: Enkelvoudige en


saamgestelde sinne

Onthou ’n Enkelvoudige sin het net een werkwoord; ’n saamgestelde


sin het meer as een werkwoord.

1. Lees die volgende sinne en besluit of elke sin enkelvoudig of saamgesteld is.
a) My grootste oomblik in rugby was toe ek op laerskool onderkaptein was
en ’n drie gedruk het.
b) Ek het later met die bendelewe deurmekaar geraak.

10. Keuses 153


c) Ek het dwelms gebruik en verkoop, daarna het ek probeer selfmoord
pleeg.
d) Rugby het my gehelp om van my omstandighede te ontsnap.
e) Ek het ’n Springbok-rugbyspeler geword.
f) My vorige bendemaats was bly oor my sukses, maar gelukkig was hulle
nie jaloers daarop nie.
2. Voltooi nou die tabel oor die sinne hierbo. Skryf die sin; daarna die werk-
woord of werkwoorde en sê of dit ’n enkelvoudige of saamgestelde sin is.
Sin Werkwoord(e) Soort sin
a) My grootste oomblik in was, was, gedruk het Saamgestelde sin
rugby was toe ek op
laerskool onderkaptein was
en ’n drie gedruk het.

Taal in konteks: Spelreëls en spelpatrone


Kies die korrekte woorde tussen hakies (redigering).
1. ’n Positiewe houding oor die lewe sal jou keuses makliker en minder
(stresvol/stressvol) maak.
2. Raak (onmidellik/onmiddellik) ontslae van jou (breinblokasies/
breinblokkasies).
3. Hou op dink dat daar net een regte (oplossing/opplosing) vir jou
probleem is.
4. Moenie altyd bang wees om ’n (vout/fout) te maak nie.
5. (Ontwikel/Ontwikkel) jou (intuiesie/intuïsie) en (logika/logieka), maar
luister na wat jou hart sê.
6. Hou by jou (doelwite/doelwitte) en waardes as jy kies.
7. Probeer (kalem/kalm) en (rassioneel/rasioneel) dink.
8. Wees (bereid/bereit) om ’n paar kanse te vat. Die (antwoort/antwoord)
is om jouself toe te laat om (risiko’s/risikos) te neem.

154 Kwartaal 3
Skryf: ’n Koerantberig

Onthou ’n Koerantberig gee inligting aan die leser. Hoe lyk ’n


koerantberig?
1. Die titel of kop vat die onderwerp saam. Die kop moet
treffend wees sodat dit die leser prikkel om te lees, bv. Vier
in hof oor dwelms, Diewe brand huis af.
2. Die eerste paragraaf is kort en bondig en gee die essensiële
inligting: wie, wat, waar, wanneer, waarom en hoe.
3. In die volgende paragrawe brei jy daarop uit.
4. In die slot kom jy tot ’n gevolgtrekking.

Lees die koerantberig oor die entrepreneurskompetisie. Skryf jou eie koerant-
berig oor ’n soortgelyke positiewe storie. Gebruik tussen 120 en 150 woorde.

Jong entrepreneurs wen silwermedalje


Kaapstad: Dis goed om iets vir die gemeenskap te
doen. Dit is die les wat vyf leerders van Hoërskool
Bernardo Heights geleer het tydens die Sage-
Internasionale Wêreldkompetisie vir entrepreneurs
waar hulle ’n silwermedalje gewen het. Die
kompetisie is verlede week by ’n hotel in Milnerton
aangebied.
Die spannetjie gebruik herwinde (recycled)
Leerders van Hoërskool Bernardo Heights
plastiekstroke vir handsakke en juweliersware
met hul produkte
asook geverfde teëls wat werklose mense maak;
dan verkoop hulle dit. Hulle het R7 000 wins gemaak. Singapoer se span was die
wenner, met hulle kinderkuns wat hulle in ’n boek publiseer en verkoop.

Pre-skryf Doen jou


• Doen deeglike navorsing oor die onderwerp. navorsing deeglik!
• Doen nou beplanning soos hierbo aangedui.
• Onthou, die belangrikste nuus kom eerste.
Skryf jou koerantberig
• Gee die inligting saaklik en bondig.
• Skryf in ’n formele styl. Gebruik die derde persoon
en die lydende vorm.
• Gee feitelike inligting.
Hersien, redigeer, proeflees en aanbied
• Vra ’n maat om jou koerantberig te lees en foute aan te dui.
• Maak jou foute reg.
• Skryf jou berig netjies en foutloos oor nadat die onderwyser
dit nagesien het.
10. Keuses 155
Hersiening

Die belangrikheid van keuses


Besef jy met watter groot verantwoordelikheid jy daagliks gekonfronteer
word? Die keuses wat jy nou, in jou tienerjare, maak beïnvloed die res van
jou lewe. Die groot keuses, byvoorbeeld watter beroep jy wil volg of watter
vakke jy moet kies tot die moet-ek-vanaand-na-die-partytjie-toe-gaan-
keuses is almal belangrik.
As jy net een keer daardie dwelm uittoets, is jy dalk vir ewig ’n
dwelmgebruiker. Wie weet wanneer jy dalk weer die geleentheid gaan kry
om aan sport of kultuur deel te neem wat jy by die skool kan doen.
Dis tyd dat ons bietjie moet dink oor watter dinge in die lewe vir ons
belangrik is en ons keuses daarvolgens maak. Kies vandag wat in jou lewe
prioriteit is – of wat moet wees.

1. Skryf die stamme van die volgende woorde neer:


a) keuses c) beïnvloed
b) tienerjare d) dwelmgebruiker (6)
2. Gebruik homonieme van die volgende woorde uit die teks in
duidelike sinne.
a) nou c) keer
b) weer d) sport (4)
3. Vorm twee ander woorde van elke woord, byvoorbeeld:
teken: geteken, beteken.
a) groot c) maak
b) keer d) lewe (8)
4. Gee ’n homofoon vir moet en gebruik dit in ’n sin. (2)
5. Herskryf die sin, maar begin met die vetgedrukte woord.
Jy word daagliks met ’n groot verantwoordelikheid gekonfronteer. (1)
6. Skryf die volgende sin in die verlede tyd.
Ek dink oor watter dinge vir my belangrik is en maak my keuses dan
daarvolgens. (2)
7. Skryf die volgende sin in die toekomende tyd.
As jy net een keer daardie dwelm uittoets, is jy dalk vir ewig ’n
dwelmgebruiker. (2)
8. Skryf die heel laaste sin neer en onderstreep die werkwoorde. (4)
9. Gee een voorbeeld van ’n saamgestelde sin uit die teks. (1)
Totaal: 30

156 Kwartaal 3
11 Toptieners
In hierdie lesreeks gaan jy:

Luister en praat • foto’s en byskrifte bespreek


• ’n visbakbespreking voer
Lees en kyk: Begrip • ’n koerantartikel lees en vrae daaroor beantwoord
Letterkunde • ’n gedig lees, bespreek en vrae daaroor
beantwoord
• uittreksels uit ’n roman lees en vrae daaroor
beantwoord
Skryf en aanbied • ’n gedig skryf
• ’n beskrywende opstel skryf
Taalstrukture en • taal-in-konteks-oefeninge doen oor: voegwoorde,
-konvensies woordorde, tye, homonieme, homofone, spelling,
verwarrende woorde, woordvorming
• jou woordeskat uitbrei

Toptieners aan die werk

11. Toptieners 157


Lees en praat: Gesels oor merkwaardige tieners
Lees die woorde van oudpresident Nelson Mandela en die byskrifte by die
foto’s. Bespreek dan die vrae met ’n maat.

“Aan vandag se jeug wil ek graag sê: Wees die


draaiboekskrywers van julle eie toekoms en sien
julself in die hoofrolle wat die weg na ’n rooskleurige
toekoms wys.”
(Uit: Nelson Mandela by Himself, 2008)

• Watter kenmerke (characteristics) het die


jongmense wat hulle suksesvol gemaak het?
• Is jy besig om, soos oudpresident Mandela sê,
die draaiboek (script) van jou lewe te skryf?
• Waaroor voel jy passievol? Waarom?

Malebu Phala se gedig, “Die land van my ouers”,


het as ’n matriekskooltaak begin, maar het die
wengedig in ’n belangrike skryfkompetisie vir jong
skrywers geword.
Malebu, ’n Pedi, se aangrypende (moving) gedig
oor die natuur en haar ouers se geskiedenis was die
wenner uit meer as 350 inskrywings. Dit is in 2011
in Poort gepubliseer.
Malebu Phala

Denzwil Maans is ’n Suid-Afrikaanse


paralimpiese atleet van die Pionierskool vir
Blindes op Worcester.
“Voordat ek na die Pionierskool gekom het,
het ek nie eens geweet ek is ’n atleet nie. Maar
toe sien hulle my en try my en kýk waar is ek
nou.”
Denzwil (17) wil Suid-Afrika in 2016 op
die Paralimpiese Spele gaan verteenwoordig
(represent).
Denzwil Maans “Dit is my grootste doelwit (aim) en
droom,” sê hy.
(Uit: www.jip.co.za, 22 Augustus 2011)

158 Kwartaal 3
Andile Baloyi van Soweto en Lungile
Zondo is lede van die wêreldberoemde
Buskaid Soweto-strykensemble.
Hierdie twee energieke ensemble-lede
praat oor koel klassieke musiek wat hulle
maak en oor groot geleenthede wat hulle
toelaat om oor die hele wêreld op te tree.
“Ons hoor heeltyd by ander tieners hoe
vervelig klassieke musiek is, maar dit is
nie! Ons geniet dit om hard vir ons doel te
werk. Dis lekker om Afrika-liedjies te kan
speel en te sien hoe positief mense reageer. Andile Baloyi en Lungile Zondo
(Uit: Jip, 28 Augustus 2011)

Rikenette Steenkamp het baie uithouvermoë (perseverance). Al het sy as


hekkiesatleet goed in die wêreldkampioenskap gevaar, is sy van plan om
nog harder te werk en droom sy groot
om aan die 2012 Olimpiese Spele te
kan deelneem. Dit lyk asof hierdie
hekkiesheld sommer maklik oor een
uitdaging na die ander gaan spring om
haar atletiekdrome te verwesenlik
(realise).
(Jip, 12 April 2010)
Rikenette Steenkamp (tweede van regs)

Chante Jantjies is in 2010 net voor die


matriekeksamen as mej. Tiener Heelal gekroon.
Omdat sy goed is met onderhoude (interviews) en op
haar voete kan dink, het Chante uitgeblink. Een van
die boodskappe wat sy wou versprei, is dat niemand
jou opvoeding van jou kan wegneem nie terwyl
materiële dinge en skoonheid vervaag. “Ek was maar
’n gewone tiener wat hou van uitstel (procrastinate),
maar op die ou einde gaan dit alles oor balans. Verder
sê sy: “Stel duidelike doelwitte vir jouself sodat jy vir
iets kan werk en onthou om alles wat jy doen te
geniet.” Chante Jantjies
(Uit: Jip, 17 Januarie 2011)

11. Toptieners 159


Taal in konteks: Voegwoorde, woordorde, tye
1. Verbind die sinne met die voegwoord tussen hakies.
Voorbeeld: Malebu se gedig is uitstekend. Sy het gewen. (daarom)
Antwoord: Malebu se gedig is uitstekend; daarom het sy gewen.
a) Malebu se gedig het gewen. Sy het dit
vir ’n skooltaak geskryf. (nadat)
b) Malebu se wengedig is gepubliseer. Sy
kan baie trots wees. (dus)
c) Denzwil is ’n paralimpiese atleet. Hy is
blind. (omdat)
d) Hy droom. Hy gaan aan die Paralimpiese Spele
deelneem. (dat)
e) Party mense dink klassieke musiek is vervelig.
Andile en Lungile stem nie saam nie. (maar)
f) Mense reageer positief op hulle musiek. Hulle
geniet klassieke musiek. (mits)
g) Rikenette het baie uithouvermoë. Sy gee nie
maklik op nie. (aangesien)
h) Sy oefen baie hard. Sy wil aan die Olimpiese Spele deelneem. (want)
i) Chante stel doelwitte vir haarself. Sy kan vir iets werk. (sodat)
j) Jy sal nie geniet wat jy doen nie. Jy het ’n doel voor oë. (tensy)
2. Verbeter die woordorde in die volgende sinne.
Voorbeeld: Die atleet hardloop om die baan vinnig.
Antwoord: Die atleet hardloop vinnig om die baan.
a) Denzwil neem aan die Paralimpiese Spele volgende jaar deel.
b) Rikenette vlieg oor die hekkies soos ’n voël.
c) Andile en Lungile op die verhoog staan en speel.
3. Skryf die sinne in die verlede tyd.
Voorbeeld: Die orkes speel oorsee.
Antwoord: Die orkes het oorsee gespeel.
a) Die gedig begin as ’n skooltaak.
b) Hulle kondig die wenner aan.
c) Ek weet nou ek is ’n atleet.
d) Hulle neem aan die kompetisie deel.
e) Die orkes tree oral in die wêreld op.
f) Die hekkiesatleet wil Suid-Afrika verteenwoordig.
g) Chante beantwoord vrae in ’n onderhoud.
h) Sy het ’n doel wat sy kan bereik.

160 Kwartaal 3
Lees: ’n Koerantartikel
Lees die koerantartikel en beantwoord die vrae op bladsy 162.

Droom groot
Die swemmer Lewis Pugh is nie bang
om yswater te trotseer om sy drome
waar te maak nie. Hy het in 2010 die
eerste mens geword wat in water van
2 ºC in die Pumori-meer onder die
kruin van Everest geswem het.
Sy drome om te swem waar niemand
anders nog ooit geswem het nie, het al
op skool begin.
“Ek was in die Hoërskool Kampsbaai in
Kaapstad. Ons het LO-klasse op die strand
gehad en ná die tyd in die see afgekoel. Dit is
waar ek geleer het om te swem,” sê hy. “In die
klas sou ek dikwels uitkyk oor die see na die
horison en droom. Antarktika het 5 000 km suid
gelê. Ek sou droom daarvan om die ysberge te
sien. En 18 jaar later hét ek uiteindelik die
geleentheid gekry om Antarktika toe te gaan –
om die mees suidelike langafstandswem ter
wêreld te onderneem. Dit was selfs nog mooier
as in my drome! Dis belangrik om te droom,
want jou drome is ’n goeie maatstaf van wat jou
gelukkig sal maak. As jy doen waaroor jy
passievol voel, sal jy ’n suksesvolle lewe lei,” sê
hy.
Volgens Pugh is die sleutel om jou drome te
bereik om doelwitte te stel. “Anders gaan jy dryf
– ’n week sal ’n maand word, en ’n maand ’n jaar Lewis Pugh nadat hy in die Pumori-meer
geswem het
waarin jy min uitgerig het.”
Brand jy byvoorbeeld om iets aan te pak, maar weet jy nie waar om te begin nie?
Dan stel Pugh voor jy volg dié raad van Jack Canfield, die skrywer van die Chicken
Soup for the Soul-reeks: Stel jou doelwit en stel jou dit as ’n boom voor. As jy vyf keer
met ’n byl kap, sal die boom val. Skryf dan elke oggend vyf goed neer wat jy daardie
dag kan doen om jou doelwit te bereik. Dit kan klein goedjies ook wees. Dalk is dit om
’n gim-kontrak te kry. Doen alles op jou lysie voordat jy daardie aand gaan slaap.
Voordat jy weer sien, sal selfs jou grootste doelwitte bereik wees. En dan is jy reg vir die
volgende uitdaging.
(Verwerk uit: Jip, Beeld, 3 Oktober 2011)

11. Toptieners 161


Hoe goed verstaan jy die artikel?
1. Watter prestasie (achievement) het Pugh in 2010 behaal?
2. Is die volgende stelling waar of onwaar? Gee ’n rede vir jou keuse.
Pugh het ver van die see skoolgegaan.
3. Van watter plek het Pugh in die klas gedroom?
4. Op watter manier het Antarktika Pugh se drome oortref (surpass)?
5. Waarom moet ’n mens droom, volgens Pugh?
6. Wanneer sal jy ’n suksesvolle lewe kan lei?
7. Wat is die sleutel om jou ideale te bereik?
8. Waarmee vergelyk Canfield ’n boom wat jy wil afkap?
9. Verduidelik in jou eie woorde wat ’n “uitdaging” (laaste sin) is.
10. Watter twee goed moet jy doen om jou doel te bereik? (Gee jou eie
mening.)

Taal in konteks: Homonieme, homofone, spelling

Onthou Homonieme is woorde wat dieselfde spelling en klank het,


maar verskillende betekenisse het, byvoorbeeld:
Ek leer (study) my werk.
Die leer (ladder) staan teen die muur.
Homofone klink dieselfde, maar
die spelling en betekenis verskil,
byvoorbeeld:
Ek reis deur ons land. Homofone klink
Ek hou van rys en vleis.
net dieselfde.

1. Maak twee sinne met elkeen van die volgende woorde (homonieme) om
te wys dat dit twee betekenisse kan hê.
a) goed d) by
b) weer e) van
c) as f) keer

2. Kies die korrekte woord (homofoon) tussen hakies:


a) Jy kan die (lyer/leier) van jou groep wees.
b) Sy ma (brei/bry) vir hom ’n trui om in Antarktika te dra.
c) Everest is ’n baie (steil/styl) kruin.
d) Studeer hard om jou (graad/graat) te behaal.
e) Volg Pugh se (raat/raad) en jy sal sukses behaal.
f) Pugh en sy vriende (vier/fier) sy sukses.

162 Kwartaal 3
Lees: ’n Gedig: Die land van my ouers
Lees Malebo Phala se wengedig en kyk na die aantekeninge daarby. Bespreek
die gedig met ’n maat.

Die land van my ouers


As ek die tuiste onthou
Herhaling die tuiste van my ma, die tuiste van my pa
onthou ek die miljarde sterre
Vergelyking sterre soos die krale van die tradisionele rok
sterre wat ek nie met my vingers kan tel nie

Ek loop op die rooi grond Sy sien.


die reuk van modder wakker gevoelens in my aan Sy ruik.
dit herinner my waar hulle eens geloop het
dit herinner my waar hulle eens begin het

Die berge is oorvloed


dit is die land van diere
dit het klippe ingesluk, Personifikasie
en die bossies van die land

Wanneer die son sak


skink die hemel kleure Alliterasie
dit trek ons toe Assonansie
met die lap van die tradisionele rok

Die land van my ouers


is die begin van hulle Herhaling
is die begin van my
(Uit: Poort, 2011)

Metafoor: As die son sak, is dit soos ’n kleurvolle lap wat almal toemaak.

W krale: beads; versierings


lap: cloth; materiaal
oorvloed: abundance; meer as wat jy nodig het
tuiste: home; huis

11. Toptieners 163


Hoe goed verstaan jy die gedig?

Onthou ’n Versreël is een reël in ’n gedig en ’n strofe is versreëls wat


saamgegroepeer word. Herhaling (repetition) beklemtoon
inligting in ’n gedig en skep ritme (rhythm). Personifikasie
kom voor as menslike eienskappe aan lewelose dinge gegee word.

1. Gebruik woorde uit die gedig om die opsomming te voltooi.


Die spreker vertel met liefde van die (a. ____ ) waar sy en haar ouers hoort.
Sy vergelyk die miljarde sterre met die (b. ____ ) wat aan die tradisionele
rokke vasgewerk word. As sy op die grond loop, maak dit (c. ____ ) in haar
wakker as sy die rooi (d. ____ ) sien en voel wanneer sy daarop loop en die
(e. ____ ) ruik. Dit laat haar haar ouers se geskiedenis onthou en die plek
waar hulle grootgeword het. Dis ’n bergagtige gebied vol (f. ____ ) ,
(g. ____ ) en (h. ____ ). Die sonsondergang word gelykgestel aan ’n
kleurvolle (i. ____ ) wat hulle toemaak en beskerm.
2. Uit hoeveel strofes bestaan die gedig?
3. Kyk na die vergelyking in strofe 1.
a) Wat word vergelyk?
b) Dink jy die vergelyking is doeltreffend? Verduidelik.
4. Watter woord in strofe 3 bewys dat die berge vol klippe en bossies is?
5. a) Verduidelik die metafoor in strofe 3.
b) Hoe pas dit by die vergelyking in strofe 1?
6. a) Skryf strofe 3 neer en onderstreep die alliterasie.
b) Wat is die funksie van die alliterasie?
7. Pas elke vorm van beeldspraak in kolom B by ’n aanhaling in kolom A.
Kolom A Kolom B
a) “sterre soos die krale van die tradisionele rok” personifikasie
b) “Wanneer die son sak / skink die hemel kleure” metafoor
c) “dit trek ons toe / met die lap van die tradisionele rok” vergelyking

8. Kies die korrekte woord tussen hakies.


Die herhaling van sekere woorde beklemtoon hoe (onbelangrik/
belangrik) die land van haar ouers vir haar is.
9. a) Waar is dié land van die spreker se ouers, dink jy? Waarom sê jy so?
b) Hoe voel die spreker oor dié land van haar ouers?
10. Hoe het die gedig jou laat voel? Verduidelik waarom.
11. Skryf jou eie kort gedig oor enige aspek van ons land wat jou intens raak.
Gebruik minstens een vergelyking of metafoor en een voorbeeld van
personifikasie. Gebruik ook assonansie en/of alliterasie.

164 Kwartaal 3
Praat: ’n Visbakbespreking oor ’n tema
Volg die volgende stappe in ’n visbakbespreking:
• ’n Groep van vier tot ses leerders werk saam
en doen navorsing oor ’n tema.
• Elkeen in die groep berei een aspek van die
tema voor.
• Terwyl die groep in ’n kring sit, lewer elke
groeplid ’n praatjie van een minuut oor haar
of sy aspek van die tema.
Die tema wat julle gaan bespreek, is: Doen
dinge nou dadelik as jy iets wil bereik!
Beplanning, navorsing en organisering
van idees
• Gebruik die leesstukke in hierdie lesreeks
en enige ander materiaal en doen navorsing
oor die onderwerp. Dink onder andere aan
die volgende vrae:
• Waarom kry party mense dit reg om te presteer?
• Wat moet ’n mens doen of nie doen nie om suksesvol te wees?
• Wanneer is mense nie suksesvol nie?
• Wat is sukses?
• Hoe hanteer suksesvolle mense foute?
• Elkeen in die groep berei ’n praatjie oor haar of sy aspek voor.
• Dink aan voorbeelde en verduidelikings om jou idees te motiveer.
Voorbereiding en aanbieding
• Die groep (die visse) sit in ’n kring en elkeen lewer haar of sy praatjie.
• Die res van die klas sit (in ’n groter kring) om hulle, luister en maak
aantekeninge.
• Die res van die klas vra vrae aan julle, lewer kommentaar en gee hulle
standpunte oor die tema. Julle reageer dan daarop.

Taal in konteks: Woorde wat kan verwar


1. Kies die korrekte woord.
a) Jy moet doelwitte hê, (ander/anders) sal jy nie slaag nie.
b) Soms moet ’n mens ’n probleem op jou (eie/eier) uitsorteer.
c) Hulle neem (kortliks/binnekort) aan die kompetisie deel.
d) Die span het (verlede/gelede) week ’n wedstryd gewen.
e) Iemand wat ’n doel in die lewe het, is nooit (vervelig/verveeld) nie.
2. Maak sinne met die woorde wat jy nie hierbo gekies het nie.

11. Toptieners 165


Lees: Uittreksels uit ’n roman: Die kind

Onthou Die elemente of kenmerke van ’n roman


Daar kan konflik tussen karakters, binne-in karakters of tussen
karakters en ’n groter mag (force) wees.
Die spanning ontwikkel tot ’n klimaks (hoogtepunt), waarna
dit tot die slot afloop.
Lees weer die inligting oor die verteller, tema, ruimte, tyd en
karakters op bladsy 11.

Voordat jy die uittreksels lees


Die ruimte waar die verhaal afspeel, is Tugela Ferry in Msinga in KwaZulu-
Natal.

Agtergrond: Die kind vertel die


verhaal van mense in
KwaZulu-Natal wie se
tradisionele leefwyse besig is
om te verdwyn of in konflik
met die moderne wêreld kom.

Jy gaan die volgende karakters leer ken:


• Amazolo is die hoofkarakter wat baie tradisievas is en wat geboorte skenk
aan haar verloofde se kind. Amazolo wil egter nie die kind hê nie en ook nie
vir hom ’n naam gee nie.
• Mlenzana gaan in die myn werk voor hy weet Amazolo verwag sy kind.
• Die kind is naamloos en niemand weet wie sy ma is nie. In hierdie deel is hy
omtrent ses jaar oud.
• Mvula is ’n ryk man wat volgens tradisie ’n seun moet hê.
• Thandi, die ryk vrou van Mvula het slegs een kind, Zolile, gehad, maar hy is
deur die stoetbul doodgetrap. Sy het Amazolo se kind geborsvoed en hom
van een dag oud tot hy ’n jaar was, opgepas.
• Zuziswe is die isangoma wat haar oor Amazolo ontferm, maar voorspel het
dat Amazolo se lewe verskriklik gaan wees.

166 Kwartaal 3
Die kind
deur Jan van Tonder
Amazolo het ’n week tyd gewen by Thandi. Haar kop het toegegaan daar in die
sitkamer. Daar het sy al geweet dat die waarheid waarvan Thandi praat, nie die
waarheid kan wees nie. Watter vrou sal haar eie kind
weggee net omdat sy iemand anders jammer kry? Maar
sy wou nie toe praat nie. Nou sal sy ’n plan moet maak,
want Thandi se woorde weeg swaar by almal, tot ver
buite Msinga.
En daar is die groot ding, dat sy nie kan baklei teen
dit wat gesê is nie – die mense sal vra hoe sy weet of
Thandi die regte kind teruggebring het, want almal het
gehoor dat sy nooit daardie eerste dag na hom gekyk
het nie. Maar in haar is daar iets wat hom herken en vir
haar sê dat die kind hare is.

*****
In die valleie tussen die koppies en heuwels word daar baie gepraat oor die kind wat
nie ’n naam het nie, maar twee moeders. Die vroue wat Amazolo nog nie vergewe het
nie, praat openlik oor wat hulle dink.
“Ek’t julle gesê sy gaan gestraf word.”
“Sy is seker bly om van hom ontslae te raak?”
“Nee, sy is erg oor die kind.”

*****
Amazolo sit Zolile self in die kis. As dit haar seun
was, die een wat sy tot nou toe grootgemaak het, dan
sou sy hom in ’n beesvel wou toedraai. En die gat
sou rond gewees het, soos die binnenste van ’n vrou,
want elke mens kom deur ’n vrou na die wêreld toe,
en almal moet langs dieselfde pad na die amathonga
(voorvaders) toe gaan. Sy sien nie vir Thandi eenkant
staan nie, maar die ander mense, hulle kyk. Hulle sê
vir mekaar dat hulle ore nie die ryk vrou hoor huil nie,
maar hulle sien die baie trane wat oor haar gesig loop.
Donkeraand kom sy by haar hut aan en gaan sit by die vuur wat die kind gemaak
het.
“Is Zolile onder die grond?”
Sy knik. “Sy skaduwee is weg van hom af.”
“Kan ek môre saam met die beeswagters gaan?”
“Nee,” sê Amazolo.

*****
Amazolo vlug met die kind. Mlenzana hoor van al haar probleme, gaan soek haar.

11. Toptieners 167


Mlenzana sit nog hout op die vuur en kyk na Amazolo. Hy het baie gedink oor haar en
die kind; oor alles wat die mense hom in Tugela Ferry vertel het. Elke keer kom hy by
dieselfde antwoord uit. “Amazolo,” sê hy.
“Ek hoor jou.”
“Dit is nie goed dat jy aanhou hardloop met die kind nie. Jy moet teruggaan Tugela
Ferry toe, anders sal jy nooit rus kry nie, en die kind ook nie.”
“Wat van Thandi?”
Daaroor het Mlenzana ook baie gedink. “Sy kan nie jou kind net vat nie.”
Sy byt haar lip. “Ek kan nie sê hy is myne nie.”
“Thandi sal moet hof toe gaan om hom te kry, en die landdros mag nie maak soos hy
wil nie.”
“En as die wet teen my praat?”
Hy weet nie hoe om te antwoord nie. “Jy kan nie aanhou hardloop nie.”
“Nee, ek kan nie aanhou hardloop nie, want die amathonga is kwaad vir my.
Hulle sal my nie los nie. Dit is soos Zuziwe gesê het.”

*****
Amazolo sak op haar hurke langs die kind neer. “Ons
moet praat,” sê sy. “Ons gaan terug Tugela
Ferry toe.”
“Hoekom?”
“Want daardie kant toe is die pad oop
vir jou, kind. Ons ander pad is
toegemaak, dit het donker geword daar.
Jy moet na die lig toe. As jy by my bly,
sal jy niks wees nie, soos ek. Jy sal
met jou hande moet werk. By Thandi
sal jy iemand kan word.”
Die kind skuif tot teen haar.
Amazolo wens daar was iets
anders vir haar oor as om hom
van haar weg te stoot. “Thandi is jou ma,” sê sy. “Ek moes jou nooit weggevat het nie.
Jy sal by jou eie ma en pa wees in die groot huis. Ek gaan weg.”
Mlenzana sien hoe die kind se gesig vertrek en hy loop weg na die umuzi toe waar
almal opkyk toe die kind se huil by hulle ore aankom.

*****
Amazolo se opoffering was nie tevergeefs nie, want die kind het as dokter gekwalifiseer.

168 Kwartaal 3
Hoe goed verstaan jy die uittreksels?
1. Glo Amazolo vir Thandi toe sy sê dat sy die kind aan Amazolo weggegee
het omdat Thandi jammer vir haar was? Gee twee redes vir jou antwoord.
2. Watter plan beraam Amazolo?
3. Lees die volgende stelling: Die kind het twee ma’s en ’n naam.
a) Is die stelling waar of onwaar? Bewys jou antwoord.
b) Hoe pas die stelling by die tema van die verhaal?
4. Hoe voel Amazolo oor die tradisies van haar mense?
5. Waarom sê Amazolo sy sal nie kan aanhou vlug nie? Gee twee redes.
6. Wie sal moet besluit wie die kind gaan kry?
7. Amazolo probeer om aan die kind redes te gee waarom hy en sy moet
ophou vlug en hy liewer na Thandi moet gaan. Kies die argument in kolom
B wat by die teenargument in kolom A pas.
Kolom A Kolom B
Die kind moet liewer na Thandi Saam met Amazolo sal die kind ...
gaan, want ...
a) daar sal lig wees – hoop vir die • ’n werker met niks wees, soos sy.
toekoms en ’n beter lewe. • se pad vorentoe toegemaak wees
b) daardie pad sal oop met baie en sonder enige vooruitsigte.
geleenthede wees. • se lewe donker wees.
c) hy sal by haar ’n ryk lewe met • in die moderne wêreld arm soos
voorregte hê. sy bly.
d) sy impliseer hy sal iemand
(belangriks) word.

8. Amazolo sê: “Ons ander pad is toegemaak, dit het donker geword daar.”
Kies die korrekte woord: Amazolo bedoel dat as die kind saam met die ryk
Mvula en Thandi woon, dit baie (voordele/nadele) vir hom sal inhou.
9. Hoekom sal Amazolo nie kan bewys die kind is haar kind nie?
10. Stem jy saam met Amazolo se besluit om die kind na Thandi te laat gaan?
Motiveer jou mening.
11. Watter uiterlike konflik is duidelik in die uittreksels?
12. Watter innerlike konflik in Amazolo maak haar baie hartseer?

Taal in konteks: Woorde wat kan verwar


Kies die korrekte woord.
1. Die kind (waardeer/waardeur) alles wat Amazolo vir hom gedoen het.
2. Zolile was Mvula en Thandi se (enige/enigste) kind.
3. Amazolo is deur (som/sommige) mense gekritiseer.
4. Amazolo wou die kind terug na Thandi (steur/stuur).
5. Die kind was nooit (kwaad/kwaai) vir Amazolo nie.

11. Toptieners 169


Skryf: ’n Beskrywende opstel
In hierdie afdeling gaan jy ’n beskrywende (descriptive) opstel oor ’n Suid-
Afrikaanse tiener skryf. Dit kan iemand wees wat jy ken of iemand van wie jy al
gelees of gehoor het. Jou opstel moet 200 tot 250 woorde lank wees.

Onthou In ’n beskrywende opstel:


• skep ’n mens ’n prent in woorde
• gebruik jy bywoorde en byvoeglike naamwoorde doeltreffend
• kan jy beeldspraak soos vergelykings, metafore, personifikasie en
stylmiddele soos alliterasie, klanknabootsing en kontras inspan
• gebruik ’n mens die verlede of teenwoordige tyd.

Pre-skryf
• Lees die voorbeeld van ’n beskrywende opstel op die volgende bladsy
en die aantekeninge daarby om jou met jou eie opstel te help. Let op
hoe die verteller haar sintuie (senses) gebruik om haar pa te beskryf
sodat die leser haar pa sien, hoor en ruik. Jenni het die opstel
geskryf toe sy in Graad 12 was.
• Besluit oor wie jy gaan skryf en waarom daardie persoon spesiaal is.
• Gebruik ’n kopkaart om jou opstel te beplan.
• Besluit wat jou hoof- en ondersteunende gedagtes in elke paragraaf
gaan wees.
• Besluit hoe jy jou opstel op ’n interessante manier kan begin en eindig.
Skryf jou opstel
• Gebruik jou beplanning om jou opstel te skryf.
• Maak seker dat jou opstel uit ’n begin, middel
en einde bestaan.
• Gebruik beskrywende woorde
doeltreffend.
• Konsentreer daarop om veral woordorde
en leestekens korrek te gebruik.
• Laat die sinne in jou paragrawe logies
met mekaar skakel.
Hersien, redigeer, proeflees en aanbied
• Redigeer jou opstel deur alles
waarmee jy nie heeltemal tevrede
is nie, oor te skryf.
• Verbeter enige taal-, spel- en leestekenfoute.
• Skryf jou opstel netjies oor.
• Proeflees jou finale weergawe deeglik.
• Tel die woorde en skryf
dit neer.

170 Kwartaal 3
Ek en my pa
Die reuk van twak en gebreide leer vul die vertrek Interessante en
en meng met die aroma van seep en naskeermiddel beskrywende
wat saam met die asem aan die vensters van die inleiding.
badkamer klou. Seep en skeermes lê nog langs die
wasbak en die donserige blou handdoek is in ’n Fyn besonderhede
bondel op die teëlvloer. Die tandepasta-buisie lê word beskryf.
sonder doppie langs die druppende kraan.
Die kamerdeur bars oop en ’n warrelwind van Beskrywende
arms, aktetas, gestreepte das, Brut, baadjie woer werkwoorde word
verby met ’n piksoen, en “sien jou later”. Dis my pa! doeltreffend gebruik.

Die motorhuis se deur slaan soos ’n donderslag Die leser hóór die
teen die muur vas. ’n Motordeur klap met ’n slag geluide.
en die motorenjin hik, en vat dan al proesende. Byvoeglike
Die motor trek met ’n hellevaart verby die huis, naamwoorde en
’n geel streep en draai met skreeuende bande en bywoorde help om
lawaaierige getoeter om die hoek. Dit was my pa! die prentjie te skep.

’n Motor draai ewe bedaard om die hoek en ry Die pa se terugkeer


stilweg die motorhuis binne. ’n Deur gaan saggies vorm ’n kontras met
toe en Italiaanse skoene kom stadig aangestap. sy vertrek.

Die voordeur word oopgemaak en ’n gestreepte


das, aktetas plof op die rusbank neer. Hier is my
pa!
Die herhaling van “my
’n Sonskynmiddag, helderblou water, ’n briesie
pa” beklemtoon hoe
wat spelerig deur die blare dans. ’n Papiervlieër,
belangrik die verteller
rooi en geel, dans in die lug. ’n Wit seil bol in die
se pa vir haar is.
wind, bruin romp gly geluidloos oor gladde water.
Die lang dun mas buig met ’n sierlike boog oor die Kleurwoorde maak
water. Lyn span styf. ’n Vet vis spartel op die dek. die beskrywing
Deurmekaar hare, weerbarstige lag. visueel.

Liefde. Die verteller en haar


pa ontspan saam.
Ek en my pa!
Die verteller se liefde
Jenni Lauwrens
vir haar pa is duidelik.

11. Toptieners 171


Hersiening
Voer die opdragte uit wat op die genommerde gedeeltes gebaseer is.
Jeugdag rede vir fees
Môre,16 Junie, is Jeugdag. (1. Ons herdenk 1. Skryf in die verlede tyd.
die Soweto-opstande), die tieners wat destyds
opgestaan het vir hul regte.
Ons herdenk die tieners wat hul
(2. lewe) in ’n struggle vir vryheid verloor 2. Gee die meervoud.
het. Dit is ’n herdenking, (3. maar/maer) 3. Kies die korrekte woord.
(4. môre is vir my eerder ’n feesviering). 4. Herskryf die sin, maar begin
Omdat ons, volgens my (5. persoon) opinie, met “Vir my”.
iets het om oor fees te (6. fier/vier) – ongeag 5. Gee die korrekte vorm.
die deurmekaar (7. wereld) waarin ons moet 6. Kies die korrekte woord.
(8. grootword/groot word) en die oumense 7. Verbeter die spelling.
(9. wie/wat) ons radikale doen en late 8. Kies die korrekte spelling.
partykeer al fronsend (10. kritiek). Dit is 9. Kies die korrekte woord.
die (11. beste/beeste) tyd van jou (12. lewe/ 10. Gee die korrekte vorm.
liewe). 11. Kies die korrekte spelling.
(13. Ons is vry.) 12. Kies die korrekte woord.
Anders as Hector Peterson en sy dapper 13. Skryf in die toekomende tyd.
(14. kameraad), stap ons 14. Gee die meervoud.
(15. miskien) nie onder die gevaar van 15. Gee ’n sinoniem.
(16. rubberkoeëls/rubberkoels) 16. Kies die korrekte spelling.
polisiekantoor toe nie. Anders as die meeste
(17. grootmense), is ons is miskien nie altyd 17. Gee ’n sinoniem.
besig met iets “sinvol” of verpligtend nie.
(18. Maar steeds is ons besig) om onder 18. Skryf in die verlede tyd.
die chaos van tienerwees te floreer. Ons volg
ons (19. eie/eier/uie) koppe. Ons maak hulle 19. Kies die korrekte woord.
bang en verbouereerd, (20. want/omdat) 20. Kies die korrekte woord.
ons is onmoontlik om in ’n konserwatiewe
boks te pas. Ons is (21. ander/anders), 21. Kies die korrekte woord.
ons is sponse van inligting en ons is
(22. individu). 22. Gee die meervoud.
Elkeen met uitgesproke opinies.
(23. Tussen swart-en-wit reëls en regulasies 23. Herskryf die sin, maar begin
soek ons moontlikhede.) met “Ons”.
(24. Ons is uniek. Ons is ook almal verenig) 24. Verbind die sinne met “maar”.
in die oeroue stryd om antwoorde te vind.
Ons is die jeug van vandag. (25. Hou) ons 25. Maak ’n sin met “hou” waarin
dop en kyk wat ons gaan bereik. dit ’n ander betekenis het.
Totaal: 25
(Uit: Jip, Die Burger, 14 Junie 2009)

172 Kwartaal 3
12 Die tale van kleure en geure
In hierdie lesreeks gaan jy:

Luister en praat • advertensies bespreek


• ’n luisterbegripoefening doen
• ’n formele toespraak lewer
Lees en kyk: Begrip • navorsing doen oor ’n onderwerp
• ’n teks lees en vrae daaroor beantwoord
Skryf en aanbied • inligting uit bronne kies, rangskik en neerskryf
• ’n kennisgewing opstel
• ’n formele brief skryf
Taalstrukture en • jou woordeskat uitbrei
-konvensies • taal-in-konteks-oefeninge doen oor: die direkte en
indirekte rede, woordsoorte, spelling, meervoude,
verkleining, geslag, doeblette, afkortings
• woordeboekgebruik oefen

12. Die tale van kleure en geure 173


Kyk en praat: Bespreek advertensies
Navorsing het bewys dat kleure (colours) en geure (flavours/smells) ons
liggame, ons emosies en ons gedrag beïnvloed. Kleure en geure speel ook
’n belangrike rol in kommunikasie en word in bemarking gebruik om
mense te oorreed om positief op ’n advertensie te reageer. ’n Mooi foto
doen baie om ’n produk of diens te verkoop, maar deur reuke of smake by
te voeg, word ’n boodskap (message) sterker oorgedra en die teikengroep
(target group) onthou die handelsnaam (brand name) beter.

Advertensie A

174 Kwartaal 3
Advertensie B

Advertensie C

Bekyk die drie advertensies saam met ’n maat en bespreek die volgende vrae.
1. Wat is die handelsnaam van die produk wat in elke advertensie geadverteer
word?
2. Wie is die teikengroep van elke advertensie?
3. Wat is die boodskap van elke advertensie?
4. Word informele of formele taal in die advertensies gebruik? Hoekom?
5. Van watter advertensie hou jy die meeste? Waarom?
6. Van watter advertensie hou jy die minste? Waarom?

12. Die tale van kleure en geure 175


Hoe goed verstaan jy die advertensies?
1. Watter sintuie gebruik ’n mens om kleure en geure waar te neem?
2. Watter sintuig speel nie ’n rol in gedrukte advertensies soos die drie op
bladsy 174 en 175 nie?
3. Watter geure en/of kleure word in elke advertensie gebruik?
4. Pas die geure en/of kleure wat in elke advertensie gebruik word by die
boodskap en handelsnaam daarvan? Verduidelik hoekom jy so sê.
5. Wek die geure en/of kleure jou belangstelling? Motiveer.
6. Is die gebruik van kleure en geure oorspronklik of is dit vervelig?
Verduidelik.
7. Watter wense of drome van mense word in advertensie A uitgebuit?
8. Skryf advertensie B in jou eie woorde. Wenk: Gebruik informele taal.
9. Advertensie C gebruik kleure om die boodskap sterker oor te dra.
a) Hoe word dit gedoen?
b) Watter ander tegnieke word gebruik om mense se aandag op die
boodskap te fokus?
c) Die lig van die son gee ons die kleure van die reënboog. Watter kleure in
die advertensie, dink jy, kan as warm kleure beskou word en wat word
as koel kleure geklassifiseer?

Lees: Doen navorsing


• Doen navorsing in ’n biblioteek of op die internet oor ’n onderwerp wat
te doen het met kleure en/of geure, byvoorbeeld “Die beste kleure vir
advertensies” of “Die gebruik van aromatiese olies vir gesondheid”.
• Maak aantekeninge terwyl jy navorsing doen.
• Gebruik jou aantekeninge en skryf ’n teks van sowat 250 woorde oor jou
onderwerp. (In die volgende aktiwiteit gaan jy hierdie teks gebruik.)
• Al die sinne in jou teks moet logies bymekaar aansluit.
• Sorg dat jou teks foutloos is. (Dit hoef nie in jou eie woorde te wees nie.)

176 Kwartaal 3
Skryf: Stel vrae op vir ’n luisterbegrip
Jy gaan die teks wat jy hierbo geskryf het, vir ’n luisterbegrip gebruik. Gaan
soos volg te werk:
• Maak ’n afskrif (copy) van jou teks en laat tien verskillende woorde (nie
opeenvolgende woorde nie) uit.
• Nommer die tien oop ruimtes waar jy die woorde weggelaat het van 1 tot
10.
• Let Wel: Jy het nou twee afskrifte van jou teks – ’n volledige een en een
waaruit tien woorde uitgelaat is.
• Onderstreep die woorde wat jy uitgelaat het in jou volledige teks.

Luister: Toets mekaar se luisterbegrip


• Werk saam met ’n maat om mekaar se luisterbegrip te toets.
• Elkeen kry ’n beurt om sy of haar teks voor te lees terwyl die ander persoon
aandagtig luister en die ontbrekende woorde invul.
• Wanneer dit jou beurt is, lees jy die teks twee keer voor teen ’n normale
spoed, maar duidelik.
• Die persoon wat luister, vul die ontbrekende woorde in.
• Daarna sien julle mekaar se antwoorde na.
• Elkeen kry ’n punt uit tien.

12. Die tale van kleure en geure 177


Skryf: ’n Kennisgewing
Elke maand hou ’n deskundige (expert) op ’n spesifieke gebied ’n praatjie
by die skool. Dit was dié maand jou beurt om iemand te nooi en jy het ’n
kleurkoördineerder gevra om te kom praat. Die persoon help mense om die
regte kleure te kies vir die binneversiering (interior decoration) van ’n huis of
hul klerekas (wardrobe). Skryf die kennisgewing (notice) wat jy op die
kennisgewingbord gaan plaas. Gebruik 80 tot 100 woorde.

Onthou ’n Kennisgewing is soos ’n advertensie wat aandag trek.

Pre-skryf
• Maak ’n lysie van al die inligting wat jy moet noem:
• Wie is die spreker? • Waaroor gaan die persoon praat?
• Waarom gaan dit die moeite werd • Wanneer (tyd en dag) en waar
wees om dit by te woon? vind die praatjie plaas?
• Besluit op ’n opskrif wat mense se aandag sal trek.
• Dink aan hoe jy die kennisgewing visueel interessant kan maak.
Skryf jou kennisgewing
• Gebruik jou beplanning om die kennisgewing te skryf.
• Trek mense se aandag met ’n interessante opskrif.
• Sluit ’n foto of illustrasie in.
• Gee aandag aan korrekte taalgebruik en spelling.
Hersien, redigeer, proeflees en aanbied
• Maak seker dat al die noodsaaklike inligting ingesluit is.
• Proeflees die kennisgewing deeglik en sorg dat dit vlot en maklik lees.

Woordeskat: Doen ’n blokkiesraaisel


Vul die blokkiesraaisel in om jou kennis van reënboogkleure te toets.
1 Leidrade
2 Dwars
3 4 5
3. so ___ soos bloed
6. die kleur van pampoen
6
7. so ___ soos gras

7
Af
1. die kleur van die lug sonder wolke
2. ’n ander woord vir pers
4. ’n ander woord vir donkerblou
5. die kleur van ’n kanarie

178 Kwartaal 3
Taal in konteks: Direkte en indirekte rede
Toe daar ’n paar jaar gelede
’n groot droogte in die
omgewing van Beaufort-Wes
in die Karoo was, is
waterbeperkings (water
restrictions) ingestel. Hierdie
spotprent kyk op ’n
humoristiese manier na dié
ernstige probleem.
1. Skryf die stellings, vrae en
bevele wat in die direkte
rede geskryf is oor in die
indirekte rede. Die sinne
is op die spotprent
(Uit: Die Burger, 25 November 2010)
gebaseer.
a) Die skaap sê vir die
muishond: “Sies! Vanoggend ruik jy darem besonder sleg!”
b) “Dis nie ek wat so sleg ruik nie,” antwoord die muishond.
c) Die muishond sê verontwaardig: “Moenie my
vals beskuldig nie.”
d) Die skaap wonder: “Waar kan die reuk dan
vandaan kom?”
e) Die boer sug: “Ai tog! Dit het verlede jaar laas
hier by ons gereën.”
f) “Miskien sal dit môre reën, want daar het
gisteraand ’n paar buie op Beaufort-Wes geval,”
dink die boer.
g) Die vrou het gekla: “Ek kan nie net een keer in twee weke bad nie.”
h) Die kinders het gevra: “Kan ons nou net een keer ’n maand stort?”
i) Hul ma het beveel: “Gaan was julle voete nou dadelik!”
j) Die muis sê: “Dit is die vars aroma van ’n ongewaste wese.”
2. Skryf die volgende sinne met die nodige hoofletters en leestekens oor.
Die sinne is in die direkte rede.
a) die dorpenaars sê ons probeer alles in ons vermoë om water te bespaar
b) moet asseblief nie dikwels stort en bad nie het die burgemeester van
beaufort-wes gepleit
c) die boer wonder bekommerd waar gaan ek kos vir my diere kry as dit
vanjaar so droog bly
3. Skryf bostaande drie sinne wat jy verbeter het, oor in die indirekte rede.

12. Die tale van kleure en geure 179


Lees: Aandagtig lees vir begrip
Lees die volgende inligting aandagtig. Raadpleeg die woordeskatlys of ’n
woordeboek as jy woorde nie verstaan nie.

Snuif-snuif deur die lewe


In die neusholtes van alle soogdiere (dus ook mense) is organe wat hulle in staat stel
om te ruik. ’n Mens kan dus sê ons leef met ’n snuf in die neus. Die meeste van die lug
wat ons inasem, beweeg deur die neusgange na die longe. ’n Gedeelte van die lug gaan
ook na die slymvlies in die neus waar daar reukselle is. Aan die selle is reukhaartjies vas.
Geure word waargeneem deurdat dit in die brein ingevoer word, amper net soos die
proses waardeur inligting in ’n rekenaar ingevoer word. Wanneer die brein vir die
neusvleuels sê dit neem ’n reuk as ’n stank waar, word die neus opgetrek en as die brein
die reuk as aangenaam waarneem, stuur dit ’n boodskap aan die neusvleuels dat hulle
wyer moet ooprek.
Omdat mense se reuksin nie so goed is soos dié van diere nie, is ons dikwels
heeltemal onbewus van dinge wat vlak voor ons gebeur. Diere se fyn neuse sê egter vir
hulle daarvan. Daar is bewys dat honde meer as ’n miljoen keer skerper kan ruik as
mense. Ander diere en baie insekte het ook die wonderlike vermoë om ’n spoor se reuk
te volg of ’n geur in die lug op ’n ver afstand waar te neem.
Diere skei chemiese stowwe af wat feromone genoem word. Gedurende paartyd trek
dit teenoorgestelde geslagte na mekaar aan. Feromone beïnvloed soms ook die
ontwikkeling van diere en insekte. Sommige visse skei feromone af om hul spesie teen
gevaar te waarsku en daar is voëls wat hul kuikens teen ander voëls beskerm deur
feromone af te skei.
Hul reuksin is vir sommige soorte diere belangrik vir oorlewing, want hulle gebruik
dit om vir hul kos te jag. Die groot duikkewer jag in poele onder die oppervlakte van
die water. Hy soek nie slegs na ruspes, insekte
en paddavisse met sy oë nie, maar moet hulle
ook ruik – selfs onder die water. In water kan
reuke oor groot afstande waargeneem word.
Krimpvarkies is nagdiere wat nie goed kan
sien nie. Hulle maak op hul uiters goeie
reuksin staat wanneer hulle in die donker met
hul spits neuse na prooi onder die grond of
onder takke en blare soek. Dié merkwaardige
diere kan ’n mens 10 kilometer van hulle af
ruik en ’n insek 1 meter van waar hulle is.
Roofvisse soos haaie gebruik hul
reukorgane wat op die punt van die snoet
geleë is, om hul prooi te jag. Haaie kan só fyn
ruik dat hulle bloed in die water ’n kilometer
van hulle af kan waarneem.

180 Kwartaal 3
’n Rooibok of springbok se sierlike, hoë spronge
word nie uitgevoer om te pronk nie; hulle doen dit
wanneer hulle ’n roofdier naby gewaar. Terwyl hulle
spring, skop hulle hoog met hul agterbene. Chemiese
stowwe uit kliere aan die agterpote word dan
afgeskei en dit versprei deur die lug na die ander
bokke in die trop. Die spoggerige spronge word dus
nie om dowe neute uitgevoer nie; dis ’n metode
waarop die bokke mekaar teen naderende gevaar
waarsku.
Diere se reukorgane word op verskillende
maniere teen ongunstige toestande beskerm. Die
opvallendste kenmerk van ’n soort aap wat in
Borneo aangetref word, is die reuseneus van die mannetjies – vandaar die naam. Die
neus word groter namate die neusaap groter word (kleintjies het wipneuse) en hang
ondertoe. Die verstommende ding is dat die neus reguit word wanneer die aap sy maats
moet laat weet dat daar gevaar dreig en hy sy harde, aanhoudende alarmroep gee.
Kamele kan hul neusgate sluit om woestynsand uit te hou en krokodille se neusgate
steek bokant die water uit wanneer die res van die liggaam onder water is sodat hulle
kan asemhaal. Hulle kan egter lank heeltemal onder die water bly en hou dan hul
neusgate toe sodat hulle nie verdrink nie.
Diere, net soos mense, wil soms vir ander van hul spesie wys dat hulle die baas van
die plaas in ’n spesifieke gebied is. Party diere gebruik soms reukmerke om dit te doen.
’n Indringer weet dan dat hy nie welkom is nie en kan dan óf spore maak óf besluit om
te baklei. As ’n hond kort-kort sy been lig teen ’n boomstam of paal, wys hy maar net hy
is baas; hy het nie só dikwels ’n nood nie.

W feromone: feromones; biochemiese stowwe wat diere afskei


gewaar: notice; opmerk; raaksien
haai: shark; roofsugtige seevis wat soms gevaarlik is en swemmers aanval
kewer: beetle; insek met harde voorvlerke soos ’n skild (shield)
neusvleuels: sides of nose; sykante van die neus
opvallend: noticeable; wat maklik gesien word
paartyd: mating season; teeltyd van diere
paddavis: tadpole; larwe van padda totdat die kiewe en stert afval
pronk: to show off; om te spog en te wys hoe goed jy is
sierlik: graceful; mooi en elegant
soogdiere: mammals; diere wat hul kleintjies met melk uit melkkliere voed
uitsonderlike vermoë: exceptional ability; om iets buitengewoon goed te
kan doen
verstommend: amazing; wat ’n mens soveel verbaas dat jy byna nie kan
praat nie
waarneem: observe; met die sintuie opmerk

12. Die tale van kleure en geure 181


Hoe goed verstaan jy die inligtingsteks?
1. Motiveer in ’n sin waarom die opskrif van hierdie leesstuk op die teks van
toepassing is.
2. Antwoord slegs waar of onwaar op die volgende stelling:
a) Mense se reukorgane is in die brein.
b) Motiveer jou antwoord deure aan te haal uit die teks.
3. Diere kan “’n spoor volg”. Wat stel hulle in staat om dit te doen?
4. Vul die ontbrekende woorde in.
Sommige visse gebruik feromone om mekaar teen ______ te waarsku.
5. Verduidelik die volgende, elk in een kort sin:
a) Waarom is die duikkewer se naam beskrywend?
b) Waarom word ’n haai “ ’n roofvis” genoem?
6. Waarom is dit nuttig dat ’n krimpvarkie ’n spits neus het?
7. Watter verkeerde gevolgtrekking maak sommige mense as hulle
springbokke so pragtig sien spring?
8. Watter verandering ondergaan die neusaap se neus wanneer hy sy
alarmroep skree?
9. Wat beteken dit om “spore te maak”?
10. Om watter rede lig honde waarskynlik hul been teen goed?
11. Wie is die “baas van die plaas” in die slotparagraaf?

Lees en skryf: Woordeboekgebruik


Vir hierdie oefening het jy ’n verklarende woordeboek soos die HAT nodig.
1. Soek twee idiome in die leesstuk op bladsy 180 en 181 waarin die woord
“neus” gebruik word en skryf dit neer. Slaan die betekenis van hierdie
idioom in ’n verklarende woordeboek of ’n tesourus na.
2. Soek nog drie idiomatiese uitdrukkings waarin die woord “neus” voorkom
in ’n woordeboek. (Kyk onder “neus” in die woordeboek.)
3. Skryf die volgende woorde en uitdrukkings alfabeties (soos in ’n
woordeboek) ondermekaar neer.

soogdiere stank woestynsand naderende


roofdier indringer krimpvarkie

4. Slaan die betekenis van die sewe woorde


of uitdrukkings hierbo in ’n woordeboek
na en skryf dit langs die woorde in jou
alfabetiese lys.
5. Maak jou eie sin met elke woord of
uitdrukking.

182 Kwartaal 3
Taal in konteks: Woordsoorte
Kies ’n woordsoort uit die regterkolom vir elke vetgedrukte woord.

Woord Woordsoort
1. In Suid-Afrika is baie seekoeie. voegwoord
2. Paddavissies haal onder water asem. byvoeglike naamwoord
3. Die visse het feromone afgeskei. telwoord
4. Hulle het die duikkewer daar gesien. selfstandige naamwoord (soortnaam)
5. ’n Hond se reuksin is baie goed. voorsetsel
6. My hond het sy been gelig. bywoord van plek
7. Die haai jag sy prooi. bywoord van tyd
8. Krimpvarkies jag snags. selfstandige werkwoord
9. Krokodille het opgehewe neusgate. determineerder: onbepaalde
lidwoord
10. Dis ’n bok wat baie hoog spring. hulpwerkwoord
11. Honde sien miljoen keer beter as besitlike voornaamwoord
mense.
12. Die neusaap waarsku sy trop. betreklike voornaamwoord
13. Terwyl die impala spring, versprei die determineerder: bepaalde lidwoord
reuk.
14. Daar is naderende roofdiere. selfstandige naamwoord (maatnaam)
15. Die dier ruik ’n mens 10 meter ver. selfstandige naamwoord (eienaam)

Praat: ’n Formele toespraak


Doen navorsing oor een van die volgende onderwerpe en
berei ’n toespraak van twee tot drie minute voor om voor
die klas te lewer. As jy wil, kan jy die inligting gebruik wat
jy vir die luisterbegripsoefening ingesamel het.
• Die invloed van geure en kleure op die liggaam, emosies
en menslike gedrag (dink byvoorbeeld aan die rol wat
kleure en geure in jou lewe speel, die belangrikheid van
kleure en geure in bemarking, in dekor, die beste kleure
vir advertensies)
• Kleurblindheid (dink byvoorbeeld wat dit is, wat dit
veroorsaak, wat die gevolge daarvan is)
• Sonder kleure (en/of geure) sou die wêreld ’n baie minder opwindende plek
gewees het.
Raadpleeg die riglyne vir die voorbereiding en aanbieding van ’n
voorbereide toespraak op bladsy 109.

12. Die tale van kleure en geure 183


Taal in konteks: Spelling: meervoude,
verkleining en geslag
1. Gee die enkelvoud van die vetgedrukte woorde.
Voorbeeld: My een (hemde) is blou.
Antwoord: My een hemp is blou.
’n (a. Radio’s) is in Japan bekendgestel wat
die (b. reuksintuie), sowel as sig en gehoor
in een (c. toestelle) kombineer. Hierdie
(d. USB-apparate) kan meer as een
(e. aromas) vrylaat terwyl jy na ’n
(f. musiekprogramme) luister. Dit
het die vorm van ’n (g. sfere) met ’n
(h. skerms) wat in kleure gloei. Die
(i. Japannese) wat dit uitgevind het, sê dis lekker
as ’n mens jou radio kan ruik. Jy kan dit vir ’n
spesifieke (j. doeleindes) gebruik. Dis ook ’n
prettige (k. speelgoed).
2. Gee die meervoud van die vetgedrukte woorde.
Voorbeeld: Die kinders het pragtige bruin (oog).
Antwoord: Die kinders het pragtige bruin oë.
Die parfuum wat (a. ’n vrou) of (b. man)
dra, is (c. ’n uitdrukking) van hulle
(d. persoonlikheid). Dit lei tot bekende
(e. ’n gevoel) of (f. ’n stemming) en kan
selfs (g. ’n gesprek) laat vloei. (h. ’n Film-
ster) of beroemde (i. sportpersoon) word
dikwels aangewys as (j. “gesig”) van ’n
parfuumhandelsmerk om die (k. produk)
te adverteer. Daar was só ’n advertensie met
Charlize Theron daarop in al die (l. kafee)
op verskillende (m. plek) in Suid-Afrika.
Wetenskaplikes van (n. ’n stad) in Italië het
vir die (o. ma) met die vet (p. baba) vertel
dat (q. ’n vlieg) aangetrek word deur pers
en blou. Sy (r. neef), (s. ’n historikus), het
gesê die mense van die ou (t. tyd) het nie
seep gebruik nie.

184 Kwartaal 3
Die (u. Fransman) het die (v. tante) in die pienk (w. bikini) gevra wat die
kleure van die (x. landsvlag) op die (y. brug) oor die (z. stroom)
simboliseer.
3. Gee die verkleiningsvorme van die vetgedrukte woorde:
Voorbeeld: Die blomme ruik lekker.
Antwoord: Die blommetjies ruik lekker.
a) Die oom het groen appels en oranje
lemoene in sy mandjie. Hy sit langs
die pad wat na die dorp lei. Daar is ’n
geel wurm op een van die blare van
die bos. Sy blou denimbaadjie ruik
na piesang.
b) Ek het die kinders gehelp om ’n nuwe
spel te ontwerp. Hulle gebruik ’n silwerketting, kleurpotlode en ’n
stuk karton met ’n gat daarin.
c) Die blou blom ruik lekkerder as die rooi rose wat ek gister in my tuin
gepluk het. Die bye en voëls word deur die geur gelok.
4. Gee die teenoorgestelde geslag van die vetgedrukte woorde:
Voorbeeld: Die hings staan by sy vulletjie.
Antwoord: Die merrie staan by haar vulletjie.
(a. Teefhonde) lig hul been op om hul gebied af te merk, maar
(b. springbokramme) kan die trop waarsku deur te spring. Dit kan
’n (c. olifantbul) en (d. volstruiswyfie) beslis nie doen nie.
Ons kon die (e. bruidegom) se parfuum ruik. (f. Hy) en (g. sy
skoonsuster) het staan en gesels terwyl haar (h. neef) die foto’s geneem
het. Sy ken die (i. lektor) wat die blomme in die saal gerangskik het.

Taal in konteks: Doeblette

Doeblette kan verwarrende woorde wees omdat hulle spelling baie min
verskil, maar die betekenis heeltemal verskil.

1. Kies die korrekte woord tussen hakies.


a) Jagters moet probeer om nie ’n bok te (kwes/kwets) nie.
b) Die kind kleur die prent in met rooi en groen (kryt/kruit).
c) Ek het nie baie geld nie; (darem/daarom) koop ek nie duur parfuum
nie.
d) Die (tabak/twak) wat in sigarette gebruik word, het ’n skerp reuk.
e) Daar is die (teiken/teken) wat wys waar die parfuumtoonbank is.
2. Maak sinne met die woorde wat jy nie hierbo gekies het nie.

12. Die tale van kleure en geure 185


Skryf: ’n Formele brief
Jy woon in ’n kusdorp (coastal town) en jul skool is naby die hawe waar daar ’n
vismeelfabriek (fishmeal factory) is. Die stank wat van die fabriek af kom, is só
erg dat dit almal by die skool se lewe onaangenaam maak. Sommige leerders is al
met depressie gediagnoseer. Al die leerders het ’n vergadering gehou en besluit
om die fabrieksbestuur (factory management) te vra om iets aan die saak te doen.
Jy gaan namens die leerders aan die bestuurder (manager) van die vismeelfabriek
skryf en julle saak stel. Die inhoud van die brief moet 120 tot 150 woorde wees.
Pre-skryf
Kyk na die voorbeeld hieronder en beplan jou brief. Let goed op na die formele
vorm, taal, toon en styl.
Skryf jou brief
Gee aandag aan die korrekte briefvorm en formele taal en styl. Maak seker dat
jy jou argumente duidelik stel en goed motiveer.
Hersien, redigeer, proeflees en aanbied
Redigeer jou brief, skryf dit netjies oor en proeflees dit deeglik.

Duinestraat 12 Adres en die


Grootbaai datum regs bo
6600 sonder
15 Maart 2013 leestekens

Adres van Die Bestuurder


die Grootbaai Visfabriek
ontvanger Haweweg 12
Grootbaai
6600 Reël oop tussen
adres en
Aanhef Geagte Meneer/Mevrou aanhef

Klagte oor reuk van vismeelfabriek Opskrif onderstreep

Verduidelik in Ek skryf aan u om te kla oor ... Taalgebruik, styl


paragraaf 1 en toon formeel
waarom jy Paragraaf 2 en 3: Gee redes vir klagte en
skryf stel oplossings voor.
Reëls oop tussen
Slotparagraaf Ek hoop dat u spoedig stappe sal doen paragrawe
is gewoonlik om die situasie reg te stel.
net een sin
Die uwe
Geen leestekens
M. Julies
in die slot nie
Marvin Julies

186 Kwartaal 3
Hersiening
1. Voer die opdragte uit wat op die genommerde gedeeltes in die
volgende teks gebaseer is.
Ruik jouself gesond
In die Middeleeue het mense geglo dat parfumeurs nie
tydens (a. ’n plaag) siek (b. ___) nie,
(c. want/omdat) hulle werk so baie met
(d. aroma) olies. In die 16de (e. tydperk van
’n honderd jaar) is kamille-olie in (f. China)
as kalmeermiddel gebruik en in (g. Europa) hospitale
is die (h. kruid) laventel en roosmaryn gebruik om die
(i. lig/lug) te suiwer. Nou wys navorsing sekere (j. ruike)
beïnvloed wel jou (k. senuwees + stelsel). Dit
veroorsaak positiewe (l. veranderings) in jou
(m. breingolf), en vel se (n. tempratuur). ’n Japanse
maatskappy gebruik sitrusgeure (o. ___ ) die begin van
’n dag. In die (p. VSA) word blomgeure gebruik om
(q. konsentreer) te verskerp. Peperment (r. maak/laat)
’n mens gewig verloor. In ’n studie (s. word/is/was)
bevind dat mense wat (t. gereeld/gereëld) aan hierdie
smaak blootgestel is, sowat (u. 11 200) minder (v. kJ)
per week ingeneem het.
a) Gee die meervoud.
b) Skryf die ontbrekende woord neer.
c) Kies die korrekte woord.
d) Gee die korrekte vorm van die woord.
e) Gee een woord vir die omskrywing.
f) Wat noem ’n mens die inwoners van hierdie land?
g) Gee die korrekte vorm van die woord.
h) Gee die meervoud.
i) Kies die korrekte woord.
j) Verbeter die spelling.
k) Vorm een woord.
l) Gee die verkleinwoord.
m) Gee die meervoud.
n) Verbeter die spelling.
o) Vul die ontbrekende woord in.

12. Die tale van kleure en geure 187


p) Skryf die afkorting uit.
q) Gee die korrekte vorm van die woord.
r) Kies die korrekte woord.
s) Kies die korrekte woord.
t) Kies die korrekte woord.
u) Skryf die getal in woorde uit.
v) Skryf die afkorting uit. (22)
2. Skryf die volgende sinne in die indirekte rede.
a) “Dokter, sal ek gewig verloor as ek
pepermentsjokolade eet?” vra die ouma. (2)
b) Die dokter het gesê: “Ons het vanjaar bevind dat pasiënte in
hierdie kliniek baie minder angstig was nadat hulle aan vanielje
geruik het.” (3)
c) “Sal die geur van groen appels my hoofpyn verlig?” het die vrou
gevra. (2)
d) “Anna, ek glo die reuk van die see kan jou gesigspiere met 25%
laat ontspan,” sê Thabo. (3)
3. Skryf in die direkte rede.
a) Die ouma het vir die dokter gevra waar sy ’n pepermentplantjie
kan koop. (2)
b) Navorsers het beweer dat hulle die vorige jaar daar in Suid-Afrika
bevind het dat blomreuke konsentrasie in die oggend laat verskerp. (3)
c) Die onderwyser het die klas beveel om dadelik die vensters toe te
maak sodat die aaklige visreuk nie binnetoe versprei nie. (2)
4. Verbeter die spelfoute in die volgende sinne.
a) Die einaar van die kwekery besluit om onmiddelik ’n klomp
peperment plantjies te bestel. (3)
b) Die botanis verdydelik dat dit nie moelik is om kruie te kweek nie. (2)
c) Die selfde blomgeure word gebruik om verskilende kwale
te behandel. (2)
d) Laventel en roos maryn word in hospitaale gebruik om die lug
te suiwer. (2)
e) Waneer die kinders buite speël, ruik hulle die heerlike blomgeure. (2)
Totaal: 50

188 Kwartaal 3
13 Jy en ander mense
In hierdie lesreeks gaan jy:

Luister en praat • na ’n gesprek luister en woorde invul


• vrae bespreek
• ’n dramateks hardop lees
• na ’n liedjie luister en woorde invul
Lees en kyk: Begrip • uittreksels uit twee gedigte lees
Letterkunde • vrae oor ’n dramateks beantwoord
• vrae oor ’n liedjie beantwoord
Skryf en aanbied • ’n paragraaf skryf
• ’n dagboekinskrywing skryf
Taalstrukture en • taal-in-konteks-oefeninge doen oor: voegwoorde,
-konvensies voornaamwoorde, getal, verkleining, geslag,
verwarrende woorde, direkte en indirekte rede,
leestekens, idiome
• jou woordeskat uitbrei

13. Jy en ander mense 189


Luister: ’n Gesprek oor menseverhoudings
Luister na die stellings wat vyf tieners oor hulleself en hulle verhoudings
(relationships) met ander mense maak. In elkeen se woorde is een woord
weggelaat. Kyk hoe vinnig jy die vyf ontbrekende woorde uit die woordeskatlys
op die regte plekke kan invul.

Ek het ’n wonderlike vriendin wat My ma kla oor my


baie 1. _____ is aan my. Sy vriende, oor my kamer,
is ’n getroue vriendin wat nooit by oor my skoolwerk. Ek
ander mense oor my sal skinder wens sy wil my net
nie. In Sesotho is die woord 2. ___ soos ek is.
tshepehang en in Setswana is
dit tshepehang.

Ek is mal oor my pa.


Ek 3. ____ alles
wat hy vir my doen.
Soms maak hy vir my
koffie as ek saans
laat leer.

190 Kwartaal 3
Ek wens ek was meer 4. ____
met ander mense. Ek kan so gou
ongeduldig en geïrriteerd raak as my
sussie so hard op die klavier speel of
as my ouma so oor en oor dieselfde
ding sê.

Alle mense is spesiaal. Ek dink ’n


mens moet 5. ____ hê vir jou
vriende en ook vir mense wat ouer
as jy is. In isiZulu is die woord
inhlonipho.

W aanvaar: accept; tevrede wees met, nie altyd kritiseer of kla nie
lojaal: loyal; getrou, as jy selfs in moeilike tye by ’n mens staan en nie oor
die persoon skinder nie
respek: respect; om iemand menswaardig te behandel, om iemand te eer;
om op te sien na iemand, om iemand te respekteer vir wat hy of sy is en
nie te verneder en af te breek nie
verdraagsaam: tolerant; om geduldig teenoor ander mense te wees en
hulle foute te aanvaar, om nie iets leliks te sê of te wys as hulle jou
irriteer nie
waardeer: appreciate; dankbaar wees vir; as jy iemand se waarde besef en
dit vir hom of haar wys en dankie sê vir wat hy of sy vir jou beteken

13. Jy en ander mense 191


Luister en praat: Bespreek vrae
• Het jy al ooit na ’n nuwe skool gegaan en alleen gevoel?
• Hoe het jy nuwe vriende gemaak?
• Wat, dink jy, is die belangrikste eienskap van vriendskap?

Taal in konteks: Voegwoorde in ’n gedig


Hier volg ’n kort uittreksel uit ’n gedig van Antjie Krog, Omdat. Hierdie gedig
gaan oor menseverhoudings. In die gedig Omdat voel die meisie dankbaar
teenoor haar seunsvriend omdat hy uit sy pad gegaan het om met haar maats
te maak. Sy was vreemd in die nuwe skool en het nog nie vriende gehad nie.

Die verskil tussen omdat en want (voegwoorde)


Lees die uittreksel uit die gedig Omdat. Vervang omdat met want en bring die
nodige veranderinge aan (voegwoorde). Watter gedig klink vir jou die mooiste?
Sê hoekom jy so dink.

Onthou, as jy omdat gebruik,


kom die werkwoord aan die
einde van die sin. As jy die
gedig met want oorskryf, moet
jy die werkwoord vroeër skryf.

Omdat Want
My maer hande steek vir jou ’n kers aan My maer hande steek vir jou ’n kers aan,
omdat jy my maat geword het want ...
toe ek na ’n kwartaal toe ek na ’n kwartaal
nog somber alleen tussen die ander sit, nog somber alleen tussen die ander sit,
omdat jy my pouses uit die want ...
biblioteek kom haal
om saam liedjies te sing in die saal, om saam liedjies te sing in die saal,
omdat jy my maat bly (...) want ... (...)
Antjie Krog
(Uit: Dogter van Jefta, 1970)

W maer: thin, bony; skraal, nie vet nie


omdat: because; want
somber: sombre; swaarmoedig, stil

192 Kwartaal 3
Praat: Gee jou mening
• Wat sal jy alles wil doen om ’n vriend of vriendin gelukkig te maak?
• Watter geskenk kan ’n mens vir iemand gee wat hy of sy vir ewig sal kan hou?
• Hoe sal jy jou ouers wil gelukkig maak?

Taal in konteks: Voornaamwoorde in ’n gedig


Hier volg nog ’n kort uittreksel uit ’n gedig van Antjie Krog, Ek wil. Hierdie
gedig gaan ook oor menseverhoudings. In die gedig Ek wil wil die ek-spreker
iemand anders gelukkig maak. Sy wil vir hom of haar gedigte skryf, liedjies sing
en iets gee sodat die persoon hulle vriendskap sal onthou as hy of sy oud is.

Die verskil tussen ek, sy en hy (voornaamwoorde)


Lees die uittreksel uit die gedig Ek wil. Verander die gedig op twee maniere:
1. Hoe sal dit klink as die spreker in die gedig ’n meisie is wat vir haar vriend
skryf? Begin so: Sy wil hom ...
2. Hoe sal dit klink as die spreker in die gedig ’n seun is wat vir sy vriendin
skryf? Begin so: Hy wil haar ...

Ek wil ____ wil


Ek wil jou so graag gelukkig maak ____ wil ____ so graag gelukkig maak
ek wil vir jou verse skryf ____ wil vir ____ verse skryf
sober en soepel soos jy self sober en soepel soos ____ self
ek wil vir jou sing ____ wil vir ____ sing
snags terwyl jy slaap ... snags terwyl ____ slaap ...
Ek wil jou so graag iets gee ____ wil ____ so graag iets gee
wat jy kan saamdra wat ____ kan saamdra
wat by jou sal bly soos ’n klein wat by ____ sal bly soos ’n klein
warm akkedissie warm akkedissie
eendag as jy oud en allenig eendag as ____ oud en allenig
in die son sit. in die son sit.
Antjie Krog

(Uit: Dogter van Jefta, 1970)

W akkedissie: a tiny lizard; ’n klein reptiel met ’n lang stertjie


allenig: alone; alleen
sober: sober; nugter, helder
soepel: supple; nie styf nie, buigbaar
verse: poems; gedigte

13. Jy en ander mense 193


Hardoplees: ’n Drama: Vriende van Eggo
Het jy ook al ’n maat verloor? Is hy of sy dood? Het hy
of sy na ’n ander plek toe getrek? Hoe het jy toe gevoel?
Vertel wat gebeur het.
Julle gaan die slot van die jeugverhaal Vriende van
Eggo van Rena Schüler op die volgende bladsy in rolle
lees. In dié verhaal maak Marthinus Pienaar, ’n
hoërskoolseun, kennis met die dood wanneer sy beste
vriend, Marloe, in ’n ongeluk sterf (dies in an accident).
Maar ’n nuwe vriendskap met Thomas Makweti bring
weer hoop. In dié uittreksel is Marthinus en Thomas
saam by die rivier in die kloof waar Marthinus en
Marloe vroeër altyd gespeel het.
Verdeel in groepies van drie. Leerder 1 lees die
verteller (narrator) se woorde. Leerder 2 lees
Marthinus se woorde. Leerder 3 lees Thomas se woorde.

W kloof: ravine; ’n groot skeur tussen rotse


tjokkertjies: little boys; klein seuntjies
vlot: raft; iets wat op die water dryf waarop ’n mens kan ry
wêreldreisigers: world travellers; mense wat om die wêreld reis
kamtig: so-called; speel-speel, nie regtig nie
verongeluk: die in an accident; doodgaan in ’n ongeluk
onverskillig ry: drive recklessly; nie versigtig bestuur nie, roekeloos bestuur
eggo: echo; klank wat jy weer en weer hoor as jy hard in ’n kloof in die
berge skree

Hoe goed verstaan jy die drama?


1. Beskryf in ’n paragraaf van hoogstens 100 woorde wat in hierdie uittreksel
gebeur.
2. Wat kom ’n mens agter omtrent die verhouding (relationship) wat daar
tussen Marthinus en Marloe was?
3. Hoe is Marloe dood?
4. Hoe weet ’n mens dat Marthinus lojaal teenoor Marloe is?
5. Waarom is die verteller belangrik in die uittreksel?
6. Verduidelik wat ’n eggo is.
7. Watter simboliese betekenis het die eggo in die drama?
8. Hoe ontwikkel (develops) die verhouding tussen Thomas en Marthinus in
die uittreksel?

194 Kwartaal 3
verteller: Thomas wys iets vir Marthinus.
thomas: Kyk wat het ek hier onder langs die rivier opgetel.
verteller: Thomas het die ou kamera waarmee Marloe en Marthinus gespeel
het in sy hand.
marthinus: Dit was Marloe s’n.
thomas: Wie’s Marloe?
marthinus: ’n Vriend van my.
verteller: Marthinus dink aan die dag toe die
rivier sterk afgekom het. Die kis met
die kamera het seker saam met die
water afgespoel.
marthinus: Toe ons tjokkertjies was, het ons
’n vlot gebou en daarmee op die
water gery. Ons het gespeel ons
is wêreldreisigers wat om Afrika
vaar. Kamtig foto’s ook geneem.
thomas: Waar is jou vriend nou? Woon hy op
die dorp?
marthinus: Hy’s dood. Op die M21 met sy fiets
verongeluk. Teen ’n motor gebots.
thomas: Party bestuurders ry baie onverskillig.
marthinus: Die bestuurder van die motor was nie onverskillig nie. (Pouse)
Thomas, kom ons stap in die kloof op.
verteller: Marthinus loop voor en hulle stap tot by die groot rotse.
marthinus: Staan nou stil en luister.
verteller: Hy maak sy hande voor sy mond bak en roep lank en uitgerek.
marthinus: Thomas!
verteller: ... mas ... mas ... mas ... kom die eggo. Nog ’n keer maak
Marthinus sy hande bak en roep.
marthinus: Marthinus!
verteller: ... is ... is ... is ... antwoord die eggo.
marthinus: Kom ons roep saam ons name.
verteller: Toe roep hulle saam, en ... mas ... mas ... is ... is ... kom die eggo.
marthinus: Ek en Marloe het geglo dat mense vriende word as hulle saam
hulle name roep.
thomas: Glo jy dit nog?
marthinus: Nog altyd.
thomas: En ons, ons het netnou ons name saam geroep. Is ons ook nou
vriende?
marthinus: Ja, ons is.
verteller: Marthinus lig sy hand op en Thomas syne. Toe klap hulle hulle
hande teen mekaar.
(Verwerk uit: Vriende van Eggo, Rena Schüler, Human & Rousseau)

13. Jy en ander mense 195


Luister: ’n Liedjie: Lisa se klavier
Luister na die liedjie van Koos Kombuis en vul die woorde in. Die liedjie sal
twee keer aan jou voorgelees of gespeel word.

Lisa se klavier
Ek het ’n 1. ____,
ver by die blou see,
teen die 2. ____ van Tafelberg,
as die son sak,
speel sy die mooiste 3. ____.
Haar vingers ken die 4. ____
opgesluit in wit en swart,
die 5. ____ se grootste vreugde,
hartseer en verlange
verstaan die 6. ____ se diepste smart.
KOOR
Ja, die hele 7. ____ word stil
en luister in die donker uur
na die 8. ____
van Lisa se klavier.
Lisa kan nie ophou
as sy eers 9. ____ het nie
sy laat my nooit huis toe loop
of 10. ____ neem
voor my laaste koppie tee nie.
Ek staan op haar 11. ____
en drink haar appelkoostee
en kyk na 12. ____ in die nag,
die 13. ____ en die swart, swart see.
KOOR
Ja, die hele wêreld word 14. ____
en luister in die donker 15. ____
na die naggeluide
van Lisa se klavier.
(Uit: Koos se songs, Human & Rousseau, 2001) Totaal: 15

196 Kwartaal 3
Hoe goed verstaan jy die liedjie?
1. Beantwoord hierdie vrae sonder om weer na die woorde van die liedjie
te kyk.
a) Watter instrument speel Koos Kombuis se vriendin Lisa?
b) In watter stad woon Lisa?
c) Watter tyd van die dag speel sy vir hom klavier?
d) Waar staan hy as hy haar appelkoostee drink?
2. Lees die liedjie en beantwoord die volgende vrae.
a) Haal drie losstaande woorde in strofe 1
aan wat na die natuur verwys.
b) Haal een woord in strofe 1 aan wat dieselfde
beteken as wysies.
c) Noem twee liggaamsdele in strofe 1.
d) Kies die regte antwoord. Waarop dui wit
en swart in strofe 1?
• op swart letters op wit papier
• op swart en wit musieknote op ’n klavier
• op swart musieknote op wit papier
• op die wit liggies en die swart see
e) Na watter een van die volgende emosies
word daar nie in strofe 1 verwys nie?
• verlange
• vreugde
• woede
• smart
f) Haal een versreël in strofe 1 aan wat na die skemer verwys.
g) Hoe weet jy dat Lisa baie lief is vir klavier speel?
Haal twee versreëls aan.
h) Haal twee woorde in strofe 2 aan wat dieselfde as
tot siens sê beteken.
i) Hoekom, dink jy, is die see swart?
j) Watter geluide, dink jy, sal ’n mens in die nag in die stad hoor?
k) Watter geluide sal ’n mens in die nag op ’n plaas hoor? Dink kreatief!
l) Soek woorde wat die teenoorgestelde beteken as:
• lelikste
• eerste.

13. Jy en ander mense 197


Taal in konteks: Getal, verkleining, geslag,
verwarrende woorde
1. Luister na die volgende sinne en gee die regte vorm van die woorde tussen
hakies (meervoude).
’n Goeie vriend is iemand ...
• wat al sy of haar (a. geheim) met jou deel;
• wat nie sal omgee om vir jou baie (b. guns) te bewys nie;
• wat nie vir jou (c. leuen) sal vertel nie;
• wat jou met mooi (d. woord) sal troos as jy hartseer is;
• wat vir jou (e. blom) bring as jy siek is;
• wat baie (f. dag) en (g. nag) na jou sal luister as jy van jou
(h. probleem) wil bespreek.
2. Vul die tabel in.
Enkelvoud Meervoud Verkleinwoord
a) melodie
b) pad
c) wêreld
d) uur
e) balkon
f) nag
g) koppie

3. Maak jou eie sinne met die teenoorgestelde geslag


van die volgende woorde.
Voorbeeld: tannie
Antwoord: My oom is my ma se broer.
a) vriend g) koning
b) skoonsuster h) prinses
c) neef i) gasvrou
d) ouma j) bruid
e) buurvrou k) kleinseun
f) sekretaris l) slaaf
4. Kies die regte woord (verwarrende woorde).
Wanneer Lisa klavier (a. spel/speel), klink dit of sy die
(b. hart/hard) se smart en vreugde verstaan. Haar vingers
(c. ken/weet) presies waar die note is wat sy wil speel. Sy wil
nie hê haar vriend moet (d. huis toe/by die huis) gaan nie,
(e. want/omdat) sy hou daarvan (f. as/toe) hy na (g. haar/
hare) musiek luister.

198 Kwartaal 3
Skryf: ’n Paragraaf oor ’n foto
Kyk na die foto’s en spraakborrels hieronder en skryf ’n paragraaf van 80 tot
100 woorde wat deur een van hulle geïnspireer is.

Onthou ’n Goeie paragraaf bestaan uit een kernsin en ’n paar


ondersteunende sinne wat die kernsin uitbrei.

Ek wens Ek hoop Mark bel


ek het ook ’n my vanaand ...
vriendin wat
vir my klavier
kan speel.

As sy net vir
my wil glimlag ...

Skryf: ’n Dagboekinskrywing Formele assessering

Kies een van die volgende onderwerpe en skryf ’n dagboekinskrywing van


80 tot 100 woorde.
1. Verbeel jou jy is een van die tieners in die foto’s hierbo en jou wens het
waar geword. Na die tyd skryf jy in jou dagboek wat gebeur het en hoe jy
daaroor voel.
2. Jy het ’n argument met een van jou goeie maats gehad en jy voel baie sleg
daaroor. Daardie aand skryf jy ’n dagboekinskrywing oor wat gebeur het en
hoe jy daaroor voel.
Pre-skryf
• Maak seker jy verstaan die onderwerp wat jy gekies het.
• Gebruik ’n kopkaart om jou dagboekinskrywing te beplan.
Skryf jou dagboekinskrywing
• Skryf die datum van die dagboekinskrywing bo-aan.
• Skryf in die eerste persoon oor jou gevoelens en ervarings.
• Skryf in die verlede tyd oor dinge wat klaar gebeur het en in die
teenwoordige tyd oor gevoelens wat jy nou ervaar.
• Gebruik ’n informele toon.
Hersien, redigeer, proeflees en aanbied
• Lees jou dagboekinskrywing goed deur en verbeter jou inhoud en
taalgebruik.
• Proeflees jou dagboekinskrywing voordat jy dit inlewer.

13. Jy en ander mense 199


Taal in konteks: Direkte en indirekte rede en
idiomatiese taal

Onthou Dit gebeur elke dag dat ons vir iemand iets vertel wat iemand
anders gesê het. As ons dit doen, gebruik ons die indirekte rede.

Voorbeeld: Simon het gesê: “Ek is nie nou lus om saam met jou winkel toe te
gaan nie.” (direkte rede)
Verbeel jou jy vertel aan iemand anders wat Simon vir jou
gesê het.
Antwoord: Simon het gesê dat hy nie toe lus was om saam met my winkel toe
te gaan nie. (indirekte rede)
Vyf dinge verander:
• Daar is geen aanhalingstekens nie. My troeteldier
• Die voornaamwoorde verander: ek word hy; sê dat hy gister
jou word my. honger was.
• Die bywoord van tyd verander: nou word toe.
• Die werkwoord kom in die verlede tyd: is
word was.
• As jy die woord dat gebruik, verander die
woordorde van die res van die sin.
1. Verbeel jou jy is ’n meisie wat vir jou beste maat
vertel dat jou vriend Simon nie meer in julle vriendskap
belang stel nie. Voltooi die sinne in kolom B.
A B
a) Ek het gevra: “Simon, hoekom is a) Ek het vir Simon gevra hoekom ____
jy nou so stil?” ____ so stil ____.
b) Simon het gesê: “Ek is vandag b) Simon het gesê dat ____ ____ ____
te moeg om te gesels.” te moeg ____ om te gesels.
c) Ek het gevra: “Wil jy vanaand by c) Ek het gevra ____ ____ ____ ____ by
ons kom eet?” ons ____ kom eet.
d) Simon het gesê: “Ek kan d) Simon het gesê dat ____ ongelukkig
ongelukkig nie vanaand by julle nie ____ _____ by hulle ____ kom
kom eet nie.” eet nie.
e) Ek het gevra: “Sal jy môre saam e) Ek het gevra of ____ die ____ _____
met ons plaas toe gaan?” saam met ons plaas toe ____ gaan.

Onthou vandag word daardie dag wil word wou


môre word die volgende dag kan word kon
vanaand word daardie aand sal word sou
is word was nou word toe

200 Kwartaal 3
2. Lees die strokiesprent en voltooi die sinne soos aangedui (indirekte rede).

Ma, ek en Mark gaan Het julle al daaraan


trou wanneer ons groot is. gedink hoe oud julle 18
dan sal wees? 40!

a) Anne sê: “Ma, ek en Mark gaan trou wanneer ons groot is.”
Anne sê vir haar ma dat …
b) Ma vra: “Het julle al daaraan gedink hoe oud julle dan sal wees?”
Ma vra of ...
c) Anne sê: “Ons sal 18 jaar oud wees.”
Anne sê dat ...
d) Mark sê: “Ek wil op die ouderdom van 40 trou.”
Mark sê dat ...
3. Skryf in die direkte rede.
a) Anne vra vir Mark of hy regtig eers wil trou as hy 40 is.
b) Mark sê vir Anne hy het mos die vorige aand so gesê.
c) Anne roep teleurgesteld uit dat sy darem nie so lank wil wag nie.
4. Skryf die sinne met die nodige leestekens oor.
a) Ma sê Anne ek dink nie Mark wil gou trou nie
b) Hoe weet jy dit vra Anne
c) Jou ma is reg Anne sê Mark
5. Pas elke betekenis regs by ’n idioom links.
a) In nood leer ’n mens As jy goeie vriende het, sal die mense dink jy
jou vriende ken. is ook goed, maar as jy slegte vriende het, sal
die mense dink jy is ook sleg.
b) Meng jou met die As jy in die moeilikheid is, sal jou ware
semels dan vreet die vriende jou bystaan en jou help.
varke jou.
c) Iemand aan sy vriende As jy slegte of verkeerde vriende het, sal jy
ken. ook versleg.

13. Jy en ander mense 201


Hersiening
Voer die opdragte uit wat op die tekste in hierdie lesreeks gebaseer is.
1. Herskryf die sinne soos aangedui.
a) Ek is lief vir my pa, want hy doen so baie dinge vir my.
Ek is lief vir my pa omdat ... (1)
b) ’n Mens moet respek vir jou ma en pa hê omdat hulle ouer as jy is.
’n Mens moet respek vir jou ma en pa hê, want ... (1)
c) Gladys sê: “Ek wil graag aan my vriende lojaal wees.”’
Gladys sê dat ... (2)
d) Vincent sê: “Ek wil vandag begin leer om myself te aanvaar
soos ek is.”
Vincent sê dat ... (3)
e) Marthinus sê: “Marloe is verlede jaar in ’n ongeluk dood.”
Marthinus sê dat ... (2)
f) Lisa speel klavier as die son sak.
Lisa sal ... (1)
g) Hy moet nou afskeid neem, maar drink nog eers ’n laaste
koppie tee.
Hy behoort ... (1)
h) Hy kyk in die nag na Kaapstad se liggies en die swart see.
In die nag ... (1)
2. Vertel die storie asof dit lank gelede gebeur het (verlede tyd).
a) Marthinus en Marloe is beste maats. (1)
b) Hulle twee bou ’n vlot waarmee hulle op die rivier ry. (2)
c) Marloe sterf ongelukkig in ’n motorongeluk. (1)
d) Marthinus kry gelukkig ’n nuwe maat. Sy naam is Thomas. (2)
3. Herskryf die woorde tussen hakies sodat hulle reg in die sin pas.
As mense vriende is, is daar ’n (a. vriendskap + band) tussen hulle.
Vriende hou daarvan om (b. by mekaar is) en hou ook daarvan om
(c. saam pret het). Tussen vriende is daar ’n (d. aanvaar) van
mekaar se foute. Dis (e. goed) om iemand se vriend te wees as
om iemand se vyand te wees. (5)
4. Kies die korrekte woord tussen hakies.
a) Sê my wie jou (friende/vriende) is en ek sê jou wie jy is.
b) Meng jou met die semels dan (vreet/vriet) die varke jou. (2)
Totaal: 25

202 Kwartaal 3
14 Mik en druk op jou selfoon
In hierdie lesreeks gaan jy:

Luister en praat • ’n klasgesprek oor selfoonfoto’s hou


• byskrifte by foto’s pas
• na ’n inligtingsteks luister en vrae daaroor
beantwoord
Lees en kyk: Begrip • ’n spotprent lees en vrae daaroor beantwoord
• briewe aan die pers hardop lees en vrae daaroor
beantwoord
• ’n koerantberig hardop lees en vrae daaroor
beantwoord
• ’n inligtingsteks (per e-posbrief) lees en vrae
daaroor beantwoord
Letterkunde • ’n strokie interpreteer
• gedigte lees en met mekaar vergelyk deur vrae
daaroor te beantwoord
Skryf en aanbied • ’n brief aan die pers skryf
Taalstrukture en • Die volgende taalaspekte in konteks oefen:
-konvensies meervoude, vertalings, indirekte rede, sinonieme,
voegwoorde
• letterlike en figuurlike betekenis herken
• geïmpliseerde betekenis aflei
• jou woordeskat uitbrei

14. Mik en druk op jou selfoon 203


Praat: ’n Klasgesprek oor selfoonfoto’s
Kyk na die foto’s en sê wat julle daarop sien. Lees dan die byskrifte en pas hulle
by die regte foto’s. Bespreek daarna die vrae met ’n maat.

Mik en druk beteken:


Mik met die selfoon op
die voorwerp wat jy wil
afneem. Druk die knoppie
en jy neem ’n foto.

2
1

a) Almal vrolik op die partytjie


b) So l
yk sy
3
Matrie vir haar
kafskei
d!

’ n B i e l ie van
c)
t
’n olifan

204 Kwartaal 3
4 5

d) Is my hondjie
nie oulik nie?
e) Ver
liefdes 6
by die
see

o i , r ooi
Mo ng
f) ’n onderga
sons

Praat: Bespreek vrae


1. Van watter foto hou jy die meeste? Gee redes.
2. Neem jy foto’s met jou selfoon of met ’n digitale kamera, of albei? Vertel
daarvan.
3. Wat doen jy met die foto’s wat jy met jou selfoon geneem het?
4. Het jy al ’n foto op jou selfoon gekry en dit onmiddellik ’n skermskut
(screensaver) gemaak? Beskryf die foto.

14. Mik en druk op jou selfoon 205


Lees: ’n Visuele teks: ’n Spotprent
Kan jy onthou?
In Oktober 2011 het twee miljoen
Blackberry-gebruikers in Suid-
Afrika vir drie dae lank geen
Blackberry-selfoondiens gehad nie.
Daar was wêreldwyd probleme met
hulle internetdienste.
Lees nou die spotprent oor die
kommunikasiekrisis en sê hoekom
dit so snaaks is.

(Uit: Die Burger, 13 Oktober 2011)

Kies die regte woord tussen hakies.


Omdat die 1. (moderne/outydse) tegnologie van
Blackberry-selfone probleme gegee het, spot die
spotprent en sê dat die mense teruggaan na die
2. (moderne/outydse) manier van boodskappe
stuur deur 3. (vliegtuie/posduiwe) te gebruik.

Wat is ’n Blackberry?

206 Kwartaal 3
Lees: Vergelyk gedigte
Lees en vergelyk die gedigte. Jy sal sien dat albei oor selfone en selfoonkameras
gaan.
Foto’s op my selfoon ’n Foto vir Facebook
Ek neem baie foto’s met my Met my hand uitgestrek
selfoon draai ek die selfoonkamera se
van my en my maats, van oog op my.
kop tot toon.
Gooi ’n paar poses:
Dis maklik – net mik en druk,
dan het ek ’n wenfoto, met ’n
bietjie geluk.

Met my Nokia, iPhone of


Blackberry
neem ek foto’s van Gerrie
en Jerry –
ook van Lindy en Suzanne
en stuur dit dan aan! Maar as jy my leer ken,
soos in genuinely kén,
sal jy vind dat ek meer
as net ’n Facebook-foto is.
(Uit: Toulopers, LAPA Uitgewers, 2011) Fanie Viljoen

Hoe goed verstaan jy die gedigte?


1. Van watter gedig hou jy die meeste? Gee redes.
2. Watter gedig het rymwoorde? Skryf die rymwoorde neer.
3. Watter gedig is deels ’n vormgedig, waar die tweede strofe soos die ooglens
van ’n kamera lyk?
4. In watter gedig is daar Engelse woorde wat tienersleng weerspieël?
5. Kies die Afrikaanse verklarings in kolom B vir die woorde in kolom A.
A B
a) poses ’n verloorder
b) glam (glamorous) houdings of posisies voor die kamera
c) weirdo ’n losbol, ’n speler
d) player ’n dwelmverslaafde
e) druggie opgedollie, glansend, verleidelik
f) loser regtig, in die ware lewe
g) sweetie pie ’n eksentrieke, vreemde persoon
h) genuinely ’n liefie

14. Mik en druk op jou selfoon 207


Hardoplees: Briewe aan die pers
Kies een van dié briewe aan die pers. Berei goed voor en kom lees dit hardop
met gevoel in die klas voor. Lees vloeiend, nie woord vir woord nie. Spreek die
woorde korrek uit.

Redakteursbrief

Vooruitgang
Ek is nog van die ou skool: Ek het my fotografie
in ’n regte donkerkamer geleer, self swart-wit
films ontwikkel en afdrukke gemaak in bakke vol
chemikalieë.
En toe gebeur die hele digitale ding, byna oornag.
Alles wat jou ure geneem het in die donkerkamer, lê
skielik binne die bereik van almal.
Boonop hou vooruitgang nooit op nie. Baie kameras
het nou “kortpadfunksies” wat fotografie al hoe
makliker maak.
Al verlang ek soms na die “goeie ou dae”, moet ek erken vooruitgang is ’n goeie
ding. Digitale fotografie het die neem van foto’s makliker gemaak, en moderne
kameras (ook die een in jou selfoon) maak dit so plesierig as wat dit behoort te
wees!
Toast Coetzer
Kaapstad (Uit: Weg, November 2011)

’n Lesersbrief

Net jakkalsspore ...


Op pad Namibië toe het ons na die
monding van die Oranjerivier by
Alexanderbaai toe gery en toe sien ons
dit: ’n seereddingshut (searescue hut)
wat besig is om in die sand weg te sak;
Alexanderbaai is beslis ’n vergete dorpie.
Dit was ’n warm dag in Julie, en buiten ’n
eensame visserman en jakkalsspore, was
die strand verlate.
Pam Konings
Somerset-Wes (Uit: Weg, November 2011)

208 Kwartaal 3
Wenbrief

Het iemand dalk ’n Strepsil?


Ek het dié volstruis in die Kgalagadi-park afgeneem. In die paar minute wat ek
hom dopgehou het, het hy maklik tien gemsbok-komkommers verorber.
Hy tel een op, gooi dit agter in sy bek (asof hy dit meet) en as hy reg is, word die
komkommer heel ingesluk.
Beslis ’n kandidaat vir ’n Strepsil-advertensie – daai gemsbok-komkommers lyk
maar ’n bietjie skurf!
Bertus Nel
Upington

(Uit: Weg, November 2011)

Sê dié sin so vinnig


soos jy kan! Moet jou
nie bekommer oor die
gemsbok-komkommer nie.

Hoe goed verstaan jy die briewe?


1. Wat is die kerngedagte van elke brief? Som dit kortliks op.
2. Wat is die naam van die man op die foto by die eerste brief? Wat is die
Afrikaanse woord vir sy bynaam? Daar is twee moontlikhede.
3. Waar is die foto van die seereddingshut geneem? Wat het daar gebeur?
4. Waar is die foto van die volstruis geneem?
5. Hoekom is daar ’n sirkel by die volstruis se nek op die derde foto?
6. Wat is ’n Strepsil? Hoekom sal ’n Strepsil hierdie volstruis dalk help?

14. Mik en druk op jou selfoon 209


Skryf: ’n Brief aan die pers
Lees die inligting wat jou gaan help om ’n brief aan die pers te skryf.
’n Mens skryf ’n brief aan die pers (letter to the press) as jy sterk oor ’n saak
voel, lesers van ’n koerant of tydskrif wil beïnvloed of iets met mense wil deel.
Die vorm van ’n brief aan die pers is amper net soos dié van ’n gewone
formele brief, maar jou adres en die datum verskyn onder links teen die
kantlyn. Jy kan ook ’n skuilnaam (pen name) gebruik, maar moet nog steeds
jou eie naam verskaf en sê waar jy woon.

Daar is ’n mooi
foto van my geneem,
met blare op my
kop. Ek gaan ook ’n
brief aan ’n tydskrif
stuur, met dié foto.

Rig die brief aan die redakteur Die Redakteur


Beeld
Geen punktuasie in die Posbus 14
adresse, aanhef of slot nie. Johannesburg
2000

Gebruik ’n formele styl. Geagte Meneer/Mevrou/Me


Onderstreep die titel. Titel van brief

Paragraaf 1 moet die leser se aandag Paragraaf 1


trek en jou standpunt kortliks stel.
Paragraaf 2 en 3 brei logies Paragraaf 2
uit op paragraaf 1.
Paragraaf 3

Standaard-slotparagraaf By voorbaat dank vir plasing.

As jy ’n skuilnaam gebruik, staan dit Die uwe


hier i.p.v. “Die uwe”. Laat dan ’n reël
oop en skryf jou naam direk Posbus 166
voor jou adres. Polokwane
0700
Die datum kom direk ná 10 November 2012
jou adres.

210 Kwartaal 3
Skryf: Jou eie brief aan die pers
Skryf jou eie brief aan ’n tydskrif of koerant. Verbeel jou jy het ’n foto geneem
wat ongewoon en interessant is. Stuur dit na ’n koerant of ’n tydskrif. Skryf die
brief volgens die raam hieronder. Jou brief moet 120 tot 150 woorde wees.

Sê jou sê Gesels met ons Briew


e
Die Redakteur
Weg
Posbus 1802
Kaapstad
8000

Aanhef Geagte Meneer, Mevrou, Me

Voorbeeld van titel Asemrowende uitsig


(onderstreep)
Paragraaf 1 Vertel hoe dit gebeur het dat jy die
foto geneem het.

Paragraaf 2 Sê presies waar jy die foto geneem het


en hoe dit daar lyk.

Paragraaf 3 Sê hoe jy oor die foto voel en hoekom


jy dit met almal wil deel.

Slotsin ’n Laaste oulike idee – iets kreatiefs.

Slot By voorbaat dank vir plasing.


Die uwe
Jou naam
Jou adres
Poskode
Datum

Praat saam
Lesersbriewe

Onthou: Beplan jou brief deeglik. Skryf


die eerste weergawe. Redigeer en proeflees
jou brief nadat jou onderwyser dit nagesien
het. Herskryf die brief netjies en pos dit.

14. Mik en druk op jou selfoon 211


Hardoplees: ’n Artikel Formele assessering

Jy is ’n omroeper by Radio Tiener en moet die


onderstaande humoristiese teks oor die neem van
foto’s voorlees. Terwyl jy lees moet jy:
• Vlot lees, moenie woord vir woord lees nie.
• Die woorde korrek uitspreek.
• Met gevoel lees deur die regte toon en tempo te
gebruik.
• 2 – 3 minute lank lees.

Kyk vir die selfoonkamera


en sê: “Lekker by die SEE!”
As jy mik en reg druk, kan ’n selfoonfoto ’n baie
mooi herinnering wees. Daar is baie planne wat
’n mens kan maak om beter op ’n selfoonfoto
te lyk.
Onthou net! Die vere maak die voël. Jy weet
nie altyd wanneer jy gekiek gaan word nie, maar
as jy saam met kamera-gek-vriende kuier of by
’n partytjie is, is die kanse goed dat jy op ’n foto
lyf sal moet wys. Sit dus jou beste voetjie voor
deur mooi te lyk in jou killer-uitrusting. Doen
ook ekstra moeite met jou hare, dit sal jou baie
selfvertroue gee.
Een van die grootste foute wat mense maak
wanneer hulle afgeneem word, is om hulle
skouers in te trek en hulle rug krom te maak. Moenie jou skouers na jou ken toe trek
nie, want dan lyk jy soos ’n skaam skilpad. Druk jou skouers terug en staan regop.
Die regte houding sal help. Mense wat mooi regop staan, lyk maerder en het meer
selfvertroue as dié met ’n jammer-ek-leef-houding. Wees gelukkig.
Navorsing het bewys dat mense wat glimlag, al wil hulle nie, sommer dadelik in ’n
beter bui is. As jy nie aan een ding kan dink wat jou laat lag nie, gee voor! Fake it till you
make it! Glimlag van oor tot oor!
Goed, dit is partykeer makliker gesê as gedaan, maar probeer tog!
Hoewel dit nie moeilik is om ’n stel mooi tande op ’n foto te wys nie, is die ware
geheim om mooi op ’n foto te lyk om met jou oë ook te glimlag. Volgende keer as
iemand ’n foto van jou wil neem, poseer ’n slag. Sit jou hande in jou sakke of op jou
heupe of blaas ’n soentjie. Moenie skaam wees om ure lank voor die spieël te oefen nie.
Oefen tot jy die perfekte houding het.
Hoe meer jy oefen, hoe meer selfvertroue sal jy hê en dit is die enkele grootste
geheim as dit kom by asemrowend lyk op ’n foto.
(Uit: Volksblad, 19 April 2010)

212 Kwartaal 3
Hoe goed verstaan jy die artikel?
1. Haal een woord in die titel aan wat jou sal laat lyk of jy glimlag.
2. Wat beteken mik en druk?
3. Noem vier planne wat ’n mens kan maak om mooier op ’n foto te lyk.
4. Watter woord in die teks wat drie maal herhaal word, beteken om nie
skaam te wees nie en goed oor jou self te voel?
5. Haal twee liggaamsdele in paragraaf 6 aan waarmee ’n mens moet
glimlag.
6. Noem drie dinge wat ’n mens kan doen om vir ’n foto te poseer.
7. Waar kan jy oefen om te sien hoe jy voor ’n kamera sal lyk?

Taal in konteks: Idiome en geïmpliseerde betekenis


1. In die teks op bladsy 212 gebruik die skrywer idiome wat vol humor is. Pas
die regte betekenis in kolom B by die idioom in kolom A.

A B
a) Makliker gesê as gedaan. • As jy mense beoordeel volgens hulle
b) Glimlag van oor tot oor. uiterlike.
c) Die vere maak die voël. • As jy jou mooi tande wys.
d) Sit jou beste voetjie voor. • Om mense te probeer beïndruk.
• Dit is makliker om te beplan as om
te doen.

2. Kies woorde uit die blokkie om die sinne te voltooi. Hierdie woorde sê
meer as wat daar regtig staan. Ons sê dat hulle geïmpliseerde betekenis
het.

a) Die meisie wat so baie foto’s neem, is


________________________________________ .
b) As jy op ’n partytjie gereeld afgeneem wil word,
sal jy ___________________________________ .
c) Om mooi op ’n foto te lyk, moet jy ’n
_________________________________ aantrek.
d) Iemand wat nie regop staan nie en sy skouers
krom intrek, het ’n _______________________ .

14. Mik en druk op jou selfoon 213


Luisterbegrip: ’n Inligtingsteks
Toast Coetzer is ’n bekende fotograaf en joernalis
by die tydskrif Weg. Luister hoekom hy graag foto’s
neem en wat sy wenke vir die neem van goeie
selfoonfoto’s is.
Pre-luister
Lees deur die vrae. Skryf die vraagnommers onder
mekaar in jou werkboek neer.
Tydens luister
Luister aandagtig. Maak aantekeninge.
Post-luister
Beantwoord die volgende vrae volledig. Foto deur Toast Coetzer
1. Hoekom is fotografie ’n lekker
stokperdjie?
2. Hoekom kan almal deesdae
fotograwe wees? Onthou foto het ’n ’s
3. Wat onthou Toast Coetzer deur sy in die meervoud en
foto’s? Noem twee dinge. kamera nié.
4. Noem vyf dinge wat deur foto’s
gedokumenteer kan word.
5. Noem drie dinge wat jy moet
onthou as jy selfoonfoto’s neem.
6. Dink jy Toast Coetzer is positief of
negatief oor die neem van foto’s?
Gee redes.

Taal in konteks: Meervoude en woordeskat


1. Gee die regte vorm van die woorde tussen hakies (meervoude).
Deesdae wil almal (a. fotograaf) wees, want almal het (b. selfoon) met
(c. kamera) wat (d. foto) kan neem. Met jou (e. foto) kan jy jou
(f. vriend), mooi (g. natuurtoneel), lekker (h. vakansie) en enige ander
(i. herinnering) en (j. ondervinding) vasvang.
2. Gee een woord vir die frases tussen hakies (woordeskat).
Dit kan lekker wees om fotografie as (a. dit wat jy graag as tydverdryf
in jou eie tyd doen) te hê, want dit laat jou dinge vaslê sodat jy dit kan
(b. nie vergeet nie) en goeie (c. dinge wat jou laat terugdink) van die
goeie ou dae kan hê. Selfoonfotografie is eintlik (d. nie ingewikkeld nie).

214 Kwartaal 3
Taal in konteks: Geïmpliseerde betekenis
Lees Jaco Jacobs se kommentaar en beantwoord die vrae.

Waarom ek van fotografie as stokperdjie hou


Ek dink die meeste mense neem foto’s om herinneringe vas te
vang. Dit is ook die belangrikste rede waarom ek begin foto’s
neem het.
Fotografie is ook ’n manier van kyk. As jy foto’s neem, begin
jy ander dinge raaksien.
As ek deur ’n kameralens na die wêreld kyk, is dit met
openlike, stomme verwondering.

1. “Die meeste mense neem foto’s om herinneringe vas te vang” beteken ...
a) dat mense gebeure gou wil vergeet.
b) dat mense gebeure graag wil onthou.
2. “Fotografie is ook ’n manier van kyk,” impliseer dat Jaco deur sy foto’s ...
a) nie goed na dinge in die lewe kyk nie.
b) met ander oë die mooi dinge in die lewe raaksien.
3. “Met openlike, stomme verwondering kyk” impliseer dat iemand ...
a) nie kan praat nie en nie kan sien nie.
b) nie kan glo wat hy sien nie en vir ’n oomblik nie eers kan praat nie.

Hersiening
Party woorde het ’n letterlike en figuurlike betekenis. Letterlike betekenis
(detonasie) verwys na die werklike betekenis van ’n woord, bv. Jaco neem ’n
foto van ’n vark. Figuurlike betekenis (konnotasie) verwys na die bybetekenis
of die assosiasie van sekere woorde, bv. Die man eet soos ’n vark (as hy slordig
en morsig eet).

1. Sê of die vetgedrukte woorde letterlik of figuurlik gebruik is.


a) Die blomme in Namakwaland blom in die lente.
b) Die verliefde meisie blom omdat haar kêrel vir haar ’n kompliment gee.
c) Baie mense in die ouetehuis het grys hare.
d) Die oumense se foto’s van hulle kinderdae is in die gryse verlede
geneem.
e) Hierdie kuiken is een van sewe wat die hen vanoggend uitgebroei het.
f) Die jong seun is sommer nog ’n kuiken in die wêreld van fotograwe.
(3)

14. Mik en druk op jou selfoon 215


Lees die strokie en beantwoord die vrae.

Van lotjie getik is ’n idioom wat beteken


om mal of laf te wees (crazy). Gaan blaas
doppies beteken gaan net weg.

Ricks, ek en dié meisie vry al Noudat ek haar Nou sê sy ek is van lotjie


weke lank op my sel, Twitter, uiteindelik uitvra getik en ek moet gaan
Facebook ... vir ’n fliek en ’n doppies blaas.
melkskommel ...

2. Die strokie impliseer dat ...


a) die meisie graag met die seun wil uitgaan.
b) die meisie net oor Twitter en Facebook met die seun wil kuier en hom
nie werklik wil ontmoet nie.
c) die meisie nie van ’n melkskommel of van fliek hou nie. (1)
3. Skryf in die indirekte rede.
a) Ricks sê: “Ek vry al lank op my selfoon en op Facebook na ’n meisie.”
b) Hy vertel verder: “Ek het haar genooi vir ’n melkskommel en ’n fliek.”
c) Ricks sê: “Sy sê ek is mal en moet gaan doppies blaas.” (6)
4. Sê of die stelling waar of onwaar is. Motiveer jou antwoord.
Die strokie impliseer dat hulle mekaar net op Facebook ontmoet. (1)
5. Gee die sinoniem vir die vetgedrukte woorde.
Die seun vra die meisie uit vir ’n a) fliek en ’n b) melkskommel. (2)
6. Rangskik die sinsdele tussen hakies in die regte volgorde.
Ricks kommunikeer (met die meisie/op Facebook/elke dag). (1)
7. Verbind die sinne met voegwoorde. Begin met die voegwoord.
a) Ricks het die meisie op Facebook ontmoet. Hy wil haar graag van
aangesig tot aangesig ontmoet. (Nadat) (2)
b) Hy nooi haar uit. Sy wil niks van hom weet nie. (Sodra) (2)
c) Die meisie wil nie met Ricks uitgaan nie. Hy is verbaas. (Omdat) (2)
Totaal: 20

216 Kwartaal 3
15 Fiks = gesond
In hierdie lesreeks gaan jy:

Luister en praat • foto’s bespreek


• na ’n teks luister en vrae daaroor beantwoord
• ’n debat voer
Lees en kyk: Begrip • ’n artikel lees en vrae daaroor beantwoord
Letterkunde • vrae oor ’n gedig beantwoord
Skryf en aanbied • ’n beredeneerde opstel skryf
Taalstrukture en • jou woordeskat uitbrei
-konvensies • die volgende taalaspekte in konteks oefen:
sinonieme en antonieme, deelwoorde,
ontkenning, lydende en bedrywende vorm,
letterlike en figuurlike betekenis, denotasie en
konnotasie
• ’n woordeboek gebruik

15. Fiks = gesond 217


Praat: ’n Klasgesprek
Kyk na die foto’s van tieners wat allerhande aktiwiteite beoefen.

1 2

3 4

5 6

218 Kwartaal 4
7 8

9 10

Bespreek die volgende vrae.


• Watter verskillende aktiwiteite word uitgebeeld?
• Dink jy ’n mens is net fiks as jy sport doen? Is daar ’n ander manier waarop
’n mens ook fiks kan wees?
• Gebruik die foto’s om die verskil tussen breinfiks (mentally fit) en
liggaamlik fiks (physically fit) te verduidelik.
• Watter van hierdie aktiwiteite sal jy graag wil doen? Waarom?
• Wat doen jy om fiks te bly?
• Noem nog ’n paar aktiwiteite wat mense doen om liggaamlik fiks te bly.
• Op watter ander maniere kan ’n mens breinfiks word?
• Is dit belangriker om breinfiks te wees of om liggaamlik fiks te wees?

15. Fiks = gesond 219


Luister: ’n Artikel
Jy gaan nou na ’n teks oor vooroordeel (prejudice) luister en vrae daaroor
beantwoord.

Pre-luister
1. Wat beteken dit om bevooroordeeld (prejudiced) te wees?
2. Kies die regte verklaring:
As ’n mens ’n broertjie dood het aan iets, beteken dit:
a) Jou klein boetie is dood.
b) Jy hou glad nie van iets nie.
3. Gebruik ’n woordeboek en vind uit
wat ’n bleeksiel is.
4. Maak seker dat jy die woorde in die
W emosies: emotions; hoe jy
voel
etiketteer: label; iemand
woordeskatlys regs leer.
in ’n sekere groep plaas
5. Wat dink jy daarvan as mense ander
mense etiketteer? euwel: outrage; iets wat
6. Lees deur die vrae hieronder sodat jy sleg of verkeerd is
weet na watter inligting om te luister. identiteitsplakker:
identity sticker; etiket
Tydens luister taboe: taboo; iets waaroor
7. Maak aantekeninge van belangrike ’n mens nie mag praat
feite en skryf sleutelwoorde neer. nie
Post-luister
8. Beantwoord die volgende vrae volledig.
a) Waarvan hou die skrywer niks nie?
b) Gee ’n rede hoekom Sannie swart klere sou kon dra.
c) Wat doen mense as hulle die eerste keer iemand anders ontmoet?
d) Hoe weet jy dit pla mense nie as hulle iemand etiketteer nie?
e) Op watter manier is mense bevooroordeeld teenoor die drama-maniak?
f) Hoe etiketteer mense rugbyspelers?
g) Hoekom kan mense nie sê dat Lady Gaga “gagga” is nie?
h) Wat is die skrywer se mening oor bleeksiele?
i) Hoekom kan vooroordeel teenoor die emo-meisie in die toekoms sleg
vir jou wees?

220 Kwartaal 4
Praat: Voer ’n debat
Tydens ’n debat debatteer twee spanne formeel oor ’n mosie (motion).
• Elke span bestaan uit ’n spreker wat die gesprek inlei en drie sprekers wat die
inleier ondersteun.
• Een span argumenteer ten gunste van (in favour of) die mosie en die ander
span argumenteer daarteen.
• Dit is belangrik om argumente met bewyse en voorbeelde te staaf (support).
• Na afloop van die debat stem (vote) die gehoor (audience) – die klas – vir die
span wat hulle saak die beste gestel het.

Kies een van die volgende onderwerpe en voer ’n debat daaroor.


• Sport moet verpligtend by skole wees.
• Breinfiksheid is belangriker as liggaamlike fiksheid.
• Om te wen is al wat belangrik is.
Beplanning, navorsing en organisering van idees
• Die span besluit saam op die belangrikste argumente en besluit watter
spreker elke betrokke argument gaan hanteer.
• Elke lid doen navorsing oor sy of haar argument.
• Gebruik die PIV-formule om jou inligting te organiseer, jou hoofgedagtes
uiteen te sit en jou ondersteunende gedagtes en voorbeelde reg te kies:

• P (punt): Watter punt maak ek?


• I (illustrasie): Hoe kan ek dit illustreer?
• V (verduideliking): Hoe kan ek my illustrasie of voorbeeld
verduidelik?

• Oefen jou aanbieding.


Aanbieding
• Die hoofsprekers stel eers hulle standpunte.
• Daarna kry die ondersteunende sprekers elk ’n beurt om te praat.
• Sluit af met ’n kort samevatting.
• Praat duidelik en hoorbaar en maak oogkontak met die gehoor.
• Stel jou standpunt kalm en oortuigend.
• Gebruik stemtoon en lyftaal om die gehoor van jou standpunt te oortuig.
• Wissel jou praattempo en gebruik pouses om oortuigend en dramaties
te praat.
• Die klas stem vir die span wat hulle argument die beste gestel het.

15. Fiks = gesond 221


Lees: ’n Artikel
1. Lees eers net die opskrif van die artikel. Waaroor gaan die artikel as jy na
die opskrif kyk?
2. Lees nou die hele artikel, lees die vrae op bladsy 223 en lees die artikel ’n
tweede keer terwyl jy die vrae in gedagte hou.

Aanhouer wen met slee vir


negentienjarige
1 Aanhouer wen! Dis die lewensles wat ’n 19-jarige matrikulant van
Pietermaritzburg volgende jaar met hom na Antarktika sal neem
wanneer hy sal probeer om die jongste swart Suid-Afrikaner te word
wat die Suidpool bereik.
2 Tydens die ekspedisie sal Nzuzo Mnikathi en nog ses mans sowat
twee weke, elk ’n slee wat 40 kg weeg by ’n temperatuur van –30 °C
tot –60 °C moet sleep.
3 Van stap en deurdruk het dié jong man baie ervaring. Vandat Nzuzo
en sy jonger boetie ná die dood van sy ma wees is, stap hy elke dag
van sy ouma se huis in Oribi, Pietermaritzburg 10 km ver na sy
skool in die middestad.
4 Sy skoolhoof het hom geleer dat ’n mens nie altyd in die lewe lag of
huil nie. “Een tree na mislukking is ook een tree na sukses,” sê
Nzuzo. Terwyl hy nog besig is om vir sy eindeksamen te leer, oefen
hy elke tweede week in die gimnasium en hardloop daagliks ’n
koppie naby sy huis 15 keer uit. Dis nou benewens die oefening wat
hy doen om fiks te bly vir sokker.
5 Na die eindeksamen is hy van plan om nog harder te oefen – deur
motorbande te sleep om aan die gewig van ’n slee gewoond te raak
en in ’n kommersiële koelhouer te gaan sit om aan die koue
gewoond te raak. Nzuzo pak die tog saam met onder andere mnr.
Ian Buchan, stigter van The Unlimited Child, aan.
6 Dis ’n projek wat minderbevoorregte kinders help om voor sesjarige
ouderdom die regte opvoedkundige stimulasie te kry. Daar is sowat
6 miljoen kinders in Suid-Afrika wat daarsonder grootword en weens
die gebrekkige ontwikkeling ’n agterstand het wat byna nooit uitgewis
kan word nie. Hulle het nooit fiks geword op akademiese, fisieke en
kulturele gebiede nie.
7 Nzuzo en die res van die groep sal per vliegtuig van ’n kamp aan die
Antarktiese kus na die 89ste breedtegraad geneem word. Die 111 km
na die Suidpool en terug na die oppikpunt is weens die hoogte bo
seespieël uitmergelend en lewensgevaarlik.

222 Kwartaal 4
W aanhouer wen: if you persevere you will succeed; as jy aanhou probeer, sal jy
jou doel bereik
deurdruk: persevere; aanhou tot die einde toe
ervaring: experience; praktiese kennis of ondervinding
lewensgevaarlik: extremely dangerous; vreeslik gevaarlik
minderbevoorregte: underpriveledged; wat nie alles het wat jy nodig het nie
mislukking: failure; nie ’n sukses nie
oppikpunt: pick-up point; plek waar die skip jou oplaai
slee: sledge; voertuig sonder wiele om oor sneeu mee te beweeg
uitmergelend: exhausting; uitputtend
wees: an orphan; ’n kind sonder ouers

Hoe goed verstaan jy die artikel?


1. Wat is die naam van die seun van wie jy gelees het?
2. Watter ongewone avontuur gaan die seun aanpak?
3. Waarom wil hy hierdie avontuur aanpak?
4. Hoekom moet die seun baie fiks wees vir sy
avontuur?
5. Wat weet ons van Nzuzo se kinderdae?
6. Vul die ontbrekende woorde in.
Die les wat Nzuzo geleer het, was om ____ op
te hou nie, want hy moet ’n slee by
temperature onder ____ sleep.
7. Watter rol het Nzuzo se skoolhoof in sy lewe
gespeel?
8. Is die volgende stellings waar of onwaar? Motiveer jou antwoord.
a) Nzuzo het geen ondervinding van stap nie.
b) Nzuzo neem aan geen ander sportsoorte deel nie.
c) Die tog met die slee is baie moeilik.
9. Voltooi die sin: Elke keer wat Nzuzo ’n mislukking beleef, kry dit hom nie
onder nie, want ... .
10. Hoekom sleep Nzuzo motorbande in sy oefenprogram?
11. Watter organisasie het Nzuzo gehelp?
12. Haal twee afsonderlike woorde uit die laaste paragraaf aan wat die avontuur
beskryf.
13. Hoe sou jy jou wou voorberei op so ’n groot avontuur soos Nzuzo s’n?
14. Watter boodskap dra die artikel aan tieners oor?

15. Fiks = gesond 223


Woordeskatspeletjie
Speel ’n woordspeletjie wat baie soos Krabbel (Scrabble) is.
• Verdeel in groepe van twee (A en B).
• Werk op ’n los vel papier.
• Persoon A kies ’n woord met minstens vier letters uit die artikel.
• Persoon A skryf die woord in die middel van die bladsy.
• Persoon A maak sy of haar eie sin met die woord. As persoon B dink dat dit
’n goeie sin is, kry persoon A ’n punt vir elke letter in die woord.
• Persoon B herhaal die vorige drie stappe.
• Elke persoon kry minstens drie beurte.
• Werk die puntetelling uit en kyk wie wen.

Taal in konteks: Sinonieme en antonieme


1. Soek sinonieme vir die vetgedrukte woorde op bladsy 225 op die gewigte
waarmee die seekoei oefen.

nou
dalk

slim

aanw
esig
bevree
s
w erk beslote ramp dellik
vas onmid

Onthou Sinonieme is woorde met min of meer dieselfde betekenis.

224 Kwartaal 4
a) Al die fikse kinders is teenwoordig by die oefening.
b) Dis nie net intelligente kinders wat goed kan onthou nie.
c) Dis ’n katastrofe dat kinders nie hulle breine oefen nie.
d) Jy moet dadelik oefen om jou geheue fiks te maak.
e) Afrigters is bang dat jongmense nie meer so fiks as 20 jaar gelede is nie.
f) Die een wat die werk die beste onthou, kan miskien ’n prys kry.
g) Daar word tans navorsing oor fiksheid gedoen.
h) Party bleeksiele is vasberade om ’n sukses van hulle loopbane te maak.
i) In daardie beroep is daar baie fikse mense.
2. Slaan die betekenis van die volgende woorde in ’n woordeboek na.
a) fluks
b) maklik
c) onthou
d) permanent
e) stilbly
f) te danke aan
g) verbeter

Onthou Antonieme is woorde met die teenoorgestelde betekenis.

3. Kies antonieme vir die woorde tussen hakies uit die woorde in vraag 2
hierbo.
a) Soms is (praat) ook ’n antwoord.
b) Dit is (te wyte aan) hulle harde werk dat hulle so goed kan onthou.
c) Dis (moeilik) om so baie syfers te (vergeet).
d) As ’n mens (lui) is, gaan jy nog ver in die lewe kom.
e) Die beseerde atleet se toestand (verswak) omdat hy (tydelik) kan
oefen.
4. Gee antonieme vir die woorde tussen hakies.
Nzuzo is baie (a. bang) om in die (b. vuurwarm) Suidpool ’n staptog aan
te pak. Dit sal (c. slim) wees om die hele tog alleen aan te pak. Hy kan ook
niks (d. wen) deur die staptog aan te pak nie, want al sy (e. inkomstes)
word betaal. Dis (f. regverdig) en (g. reg) om bevooroordeeld teenoor
bleeksiele te wees, want hulle kan eendag (h. verloorders) wees wat
(i. minder) geld as jy verdien. Hy is ook goedgemanierd omdat hy hoflik
met die joernaliste oor sy avonture gesels.
5. Gee sinonieme vir die volgende woorde in die paragraaf hierbo.
a) hoflik
b) joernaliste
c) gesels

15. Fiks = gesond 225


Lees: ’n Gedig: Die fees van fiks wees
Lees die gedig oor wat sport vir die spreker beteken.
Die fees van fiks wees
1 Om superfiks te wees en spiere te moor
kan met mense se diepste gevoelens toor,
want sonder sport en sweet en swoeg,
is die lewe mos regtig goor.
2 Die harde klap van ’n krieketkolf
wat ’n bal glorieryk grens toe moker vir lopies,
maak mos meer sin as niks doen en inkopies.
3 Daar is ook hokkie en natuurlik tennis.
Die adrenalien is goed vir akademiese kennis,
want wie kan nou leer sonder ’n hartklop
wat ’n stokkie daarvoor sal steek dat jy dalk dop.
4 Ons wêreld is ’n goue ster,
want die mens moet kan pronk soos ’n pou:
die akademie van die bleeksiel
die kreatiwiteit van die kultuursiel
en die sweet van die sportsiel.
5 Daar is nog so baie: rugby, netbal en
atletiek ...
Fiksheid maak my deel van die
positiewe kliek.
Vasbyt, uithou en aanhou die leuse,
maar dit alles bly net jou keuse.
Bakkies Grobbelaar (Ongepubliseer)

W goor: awful; aaklig


krieketkolf: cricket bat;
houtspaan waarmee ’n mens
Onthou beeldspraak so: ’n krieketbal slaan
Piet - Personifikasie leuse: motto; motto in ’n kort sin
My - Metafoor moker: strike; hard slaan
Vrou - Vergelyking uithou: endure; volhou met iets

226 Kwartaal 4
Hoe goed verstaan jy die gedig?
1. Wat beteken dit as jy jou spiere “moor” (strofe 1)?
2. Wanneer is die lewe nie lekker nie (strofe 1)?
3. Skryf ’n versreël met alliterasie uit strofe 1 neer en onderstreep die klanke
wat allitereer.
4. a) Skryf ’n voorbeeld van klanknabootsing (onomatopeia) uit strofe 2
neer.
b) Watter klank word nageboots?
5. Skryf ’n versreël met alliterasie uit strofe 2 neer en onderstreep die klanke
wat allitereer.
6. Kies die korrekte woord: In strofe 3 word (kruisrym/paarrym/vrye vers)
gebruik.
7. Wat is die betekenis van die woord “dop” (strofe 3)?
8. Watter vorm van beeldspraak kom voor in “Ons wêreld is ’n goue ster”
(strofe 4)?
9. a) Skryf ’n voorbeeld van ’n vergelyking uit strofe 4 neer.
b) Wat word vergelyk?
10. Verduidelik wat bedoel word met “positiewe kliek” (strofe 5).
11. Wat impliseer die woorde: “maar dit bly alles net jou keuse”?
12. Wat is die gedig se boodskap, dink jy? gebroke hart

Taal in konteks: Deelwoorde


Deelwoorde is woorde wat van werkwoorde
gevorm word.

Teenwoordige deelwoorde word soos


volg gevorm: werkwoord + -end of -ende,
byvoorbeeld:

spelende span skreeuende ondersteuners


lekkende kraan opwindende wedstryd
blywende waardes verblydende nuus
gebreekte glas
maar:
staande toeskouers ondergaande son siende blind

Swak verlede deelwoorde word soos volg gevorm: ge- + werkwoord +


-de of -te, byvoorbeeld:
geskopte bal geslaande hou
gedrukte drie gegooide bal
maar:
verbaasde mense beloofde oorwinning herhaalde foute

15. Fiks = gesond 227


Sterk verlede deelwoorde eindig op -e, -te of -de, maar die vokaalklank
het verander en dit het gewoonlik ’n figuurlike betekenis, byvoorbeeld:

aantrek – aangetrokke mense oortrek – oortrokke rekening


bederf – bedorwe kinders oorweeg – oorwoë mening
betrek – betrokke saak opwen – opgewonde spelers
breek – gebroke verhouding ry – berede polisie
buig – geboë hoof sluit – geslote deure
doen – gedane sake sweer – geswore vyande
kies – gekose beginsels verbied – verbode middels
onverskrik – onverskrokke held voorskryf – voorgeskrewe boek

1. Gee die korrekte vorm van die woorde tussen hakies.


a) Die (sing) toeskouers moedig die (speel) span aan.
b) Die (kom) naweek word ’n (opwen) wedstryd gespeel.
c) Sommige mense is (sien) blind en (hoor) doof.
d) Die atleet het ’n (sprankel) persoonlikheid, maar ’n (kalmeer) stem.
e) Dit is (verbly) nuus dat die (vertrek) span so fiks is.
f) Die geluid van ons (klap) hande moedig die (verdedig) kampioen aan.
2. Vervang die woorde tussen hakies met deelwoorde.
a) Die (wat gebraai is) hoender is goed vir die rugbyspelers.
b) Die (wat gekaap is ) motor het weens ’n pap band gaan staan.
c) Pieter se (wat gestryk is) atletiekbroek lyk netjies.
d) Ons kyk met (wat ingehou word) asem na die wedstryd.
e) Die (wat getroud is) paartjie is albei in die span.
f) Die (wat verbaas is) skeidsregter ken die doel toe.
3. Kies die korrekte deelwoord tussen hakies.
a) Ons netbalspan se hoofdoel het ’n (gebreekte/gebroke) been.
b) Die (geslypte/geslepe) speler was oneerlik.
c) Die speler se (geswelde/geswolle) voet is seer.
4. Maak sinne met die drie woorde wat jy nie hierbo gekies het nie.
5. Gee die korrekte vorm van die woorde tussen hakies.
a) Atlete mag nie (verbied) middels gebruik nie.
b) Ons is almal (opwen) oor die groot wedstryd wat plaasvind.
c) Die (sweer) vyande sal mekaar nie eens groet nie.
d) Dit is my (oorweeg) mening dat sy die beste kaptein is.
e) Die finale beslissing vind agter (sluit) deure plaas.
f) Die (bederf) kinders oefen nie genoeg nie.
g) (Doen) sake het geen keer nie.

228 Kwartaal 4
Skryf: ’n Beredeneerde opstel
Jy gaan ’n beredeneerde opstel van 200 tot 250 woorde oor ’n onderwerp skryf.

In ’n beredeneerde opstel:
• redeneer jy oor ’n stelling (statement)
• moet jy albei kante van ’n saak stel en bespreek
• skryf jy objektief
• motiveer jy jou idees met voorbeelde of verduidelikings
• is ’n logiese ontwikkeling noodsaaklik
• mag jy aan die einde wel tot ’n gevolgtrekking kom en jou eie mening gee.
Pre-skryf
• Kies een van die volgende onderwerpe:

1. Kinders word te veel gedruk om te presteer.

2. Liggaamsoefeninge tydens skoolure moet


verpligtend wees.

3. Atlete behoort toegelaat te word om


opkikkers (steroids) te gebruik.

• Beplan jou opstel deur idees oor die onderwerp neer te skryf.
• Gebruik ’n kopkaart met die titel in die middel en die idees rondom
gerangskik. Elke idee is die hoofgedagte van ’n paragraaf.
• Dink aan jou opstel as ’n seekoei. Die eerste paragraaf, jou inleiding waarin
jy jou onderwerp op ’n interessante manier bekendstel, is die bek van die
seekoei. Dan volg die seekoei se lyf – die ander paragrawe, die liggaam, wat
uit volsinne bestaan. As jy alles klaar gesê het, sluit jy jou opstel af met ’n
slotparagraaf – jou seekoei se stert.
Skryf jou opstel
• Skryf die eerste weergawe van jou opstel.
• Sê reeds in jou inleiding dat jy albei
standpunte gaan ondersoek.
• Maak seker dat jou paragrawe logies op
mekaar volg.
• Eindig met ’n goeie slot waarin jy wys wat jou standpunt is.
• Ken die taalreëls baie goed sodat jy ’n goeie opstel skryf.
Hersien, redigeer, proeflees en aanbied
• Redigeer jou opstel voordat jy dit netjies oorskryf en proeflees.
• Jou finale opstel moet ’n goeie indruk op die leser maak.

15. Fiks = gesond 229


Taal in konteks: Ontkenning, lydende en
bedrywende vorm, letterlike en figuurlike
betekenis, denotasie en konnotasie
Lees die teks en voer dan die opdragte uit.

Hou jou geheue fiks


Daar was onlangs ’n kompetisie om die beste geheue-kampioen in die wêreld te kry.
Die deelnemers moes onder andere ’n getal met 1 400 syfers onthou en ’n pak kaarte
in minder as twee minute memoriseer. Dit klink of jy dit nooit sal regkry nie, maar met
oefening kan dit gedoen word. Jou brein het ’n onbeperkte leervermoë. Die brein se
geheue is so groot dat dit drie miljoen jaar sal neem om dit uit te put. Daar is ook min
wetenskaplike bewyse dat breinselle sterf.
Hoekom vergeet ons so maklik nommers en name? Dis omdat ons nie ons brein
genoeg oefen nie. Duisende jare gelede was dit nie vir ons voorouers nodig om so goed
te onthou nie. Al wat belangrik was, was die posisie van die kos, water en die vyand.
Hulle het beelde onthou soos ’n tier wat hulle aanval of waar die watergat was. Vandag
moet ons baie meer kan onthou, maar die beginsel bly dieselfde. As ’n mens jou sintuie
gebruik om lyste, nommers en name as helder beelde te onthou, gaan jy binnekort ’n
Einstein wees.
Bisto: 072 846 9320
Platanna: 084 754 3620
Krokkie: 083 213 4296

1. Skryf die volgende sinne in die ontkennende vorm.


Voorbeeld: Iets moet vergeet word.
Antwoord: Niks moet vergeet word nie.
a) Iemand sal sy breinselle verloor.
b) Jy moet bekommerd wees dat jou breinselle gaan sterf!
c) Het jy al ooit jou brein geoefen?
d) Wees asseblief versigtig om te veel te oefen! (Gebruik moet … nie)
e) Óf nommers óf name is maklik om te onthou.
f) Kan jy nog die nommers onthou?
g) Die inligting word êrens in jou brein gebêre.
h) Onthou tog hierdie nommer! (Gebruik moet … nie)
i) Almal vergeet soms belangrike feite.
j) Ons onthou meer, want daar is meer om te onthou.

230 Kwartaal 4
2. Skryf die sinne oor in die lydende vorm.
Voorbeeld: Ons voorouers het beelde onthou.
Antwoord: Beelde is deur ons voorouers onthou.
a) Die deelnemers het ’n getal van 1 400 syfers onthou.
b) Die mens oefen nie sy brein nie.
c) Geoefende breine onthou selfoonnommers beter.
d) Kinders moet wiskunde sonder ’n optelmasjien doen.
e) Hulle het ’n kompetisie gehou.
f) Wie sal die lys nommers kan onthou?
g) Waarom doen hulle dit so?
h) Selfs die seekoei sal die nommers onthou.
3. Skryf die sinne oor in die bedrywende vorm.
Voorbeeld: Die kompetisie is deur ’n tiener gewen.
Antwoord: ’n Tiener het die kompetisie gewen.
a) Roofdiere is deur ons voorvaders doodgemaak.
b) Baie selfoonnommers kan deur tieners onthou word.
c) Baie getalle word deur die geheue-kampioen onthou.
d) Deur wie is die geheue-kompetisie gewen?
e) Daar word gesê dat langer nommers onthou kan word.
f) Deur wie sal die wenner aangekondig word?
g) Daar is onthou waar belangrike goed was.
h) Die noodnommer sal deur almal onthou word.
4. In watter sin het die woord “kop” ’n letterlike (literal) betekenis en in
watter sin het dit ’n figuurlike (figurative) betekenis? Gee ’n rede vir jou
antwoord.
a) Die mense praat jou ’n gat in die kop met die bewering dat breinselle
sterf.
b) Die seun het ’n gat in sy kop nadat hy geval het.
5. Maak twee sinne met elkeen van die volgende woorde – eers moet dit ’n
denotatiewe betekenis hê en dan ’n konnotatiewe betekenis.
Voorbeelde: My kop is seer, want ek het te veel koffie gedrink. (denotatief)
Ek het my kop verloor en swak gespeel. (konnotatief)
a) buffel b) bitter c) flou

15. Fiks = gesond 231


As jy sokkerfiks
Hersiening wil wees, moet jy die
sokkerreëls ken en hard
oefen. Net so moet jy
die taalreëls ken voordat
jy die vrae beantwoord.

Die taalvrae wat volg, is op die werk in die lesreeks gebaseer.


1. Skryf die sinne oor in die ontkennende vorm.
a) Daar is iemand in die klas wat fiks is. (1)
b) Dit help altyd as jou brein lui is as jy leer. (1)
2. Gee die antoniem vir die vetgedrukte woorde.
Die (a. fikse) tieners werk (b. meer) as die tieners wat oefen. (2)
3. Skryf die sin oor in die lydende vorm.
Die ouers laai elke dag die kinders by die skool op. (1)
4. Gee die korrekte deelwoord van die woorde tussen hakies.
Dis maklik vir (a. wat geoefen is) atlete en (b. wat hard werk)
leerders om goeie punte te behaal. (2)
5. Gee sinonieme vir die vetgedrukte woorde.
Die (a. skraal) meisie met die (b. moderne) tekkies hardloop elke
dag (c. vrolik) in die park voor sy skool toe gaan. (3)
6. Kies die korrekte spelling van die woorde tussen hakies.
Atlete behoort ’n sonbril te dra, want die (lig/lug) is baie skerp. (1)
7. Skryf die sin oor in die bedrywende vorm.
Fiksheid kan deur tieners gebruik word om prestasie te verbeter. (1)
8. Gee sinonieme vir die woorde tussen hakies.
Nzuzo se (a. verhaal) is so ’n inspirasie dat my oupa (b. dadelik)
motorbande begin sleep het. Dit laat hom (c. dalk) vrolik voel. (3)
9. Gebruik die vetgedrukte woord in ’n sin sodat dit ’n konnotatiewe
betekenis het.
Dit word saans vroeg donker. (1)
10. Wat beteken die vetgedrukte sinsdeel? Wenk: Dit het ’n figuurlike
betekenis.
Die stories oor die verband tussen fiksheid en akademiese resultate word
nie uit die duim gesuig nie. (1)
11. Gee die korrekte vorm van die woorde tussen hakies.
Die (verdedig) kampioen moet hard oefen sonder om te kla, anders
lyk hy soos ’n (bederf) brokkie. (2)
12. Kies die korrekte woord om die idioom te voltooi.
Die rugbyspeler weet dat honger die beste (kos/kok/kop) is. (1)
Totaal: 20

232 Kwartaal 4
16 Skrywers is koel ...
In hierdie lesreeks gaan jy:

Luister en praat • vrae oor lees en boeke bespreek


• na ’n teks luister en vrae daaroor beantwoord
Lees en kyk: Begrip • vrae oor ’n artikel beantwoord
Letterkunde • ’n kortverhaal lees en vrae daaroor beantwoord
Skryf en aanbied • instruksies skryf
• ’n resensie skryf
Taalstrukture en • taal-in-konteks-oefeninge doen oor: woorde wat tyd
-konvensies en volgorde aandui, woordvorming (byvoeglike
naamwoorde, selfstandige naamwoorde), idiome,
sinonieme, spelling, skryftekens, sinsoorte,
woordorde, voorsetsels
• jou woordeskat uitbrei en idiome leer

16. Skrywers is koel … 233


Praat: ’n Klasbespreking oor lees en boeke

1. Gesels oor die volgende vrae.


a) Kan jy onthou of jou ouers vir jou stories vertel of gelees het toe jy klein
was? Indien wel:
Wanneer het dit gebeur?
Watter soort stories was dit?
Het jy dit geniet? Verduidelik.
b) Wat was die eerste boek wat jy ooit self gelees het? Wanneer was dit?
c) Hou jy van lees? Gee ’n rede vir jou antwoord.
d) Party mense verkies dit om stories te lees en ander mense verkies dit om
na stories te kyk. Noem een voordeel (advantage) van boeke en een
voordeel van flieks (movies).
e) Sal jy dit geniet om boeke op ’n e-leser (elektroniese leser) soos Kindle
te lees? Waarom sê jy so?

234 Kwartaal 4
2. Kyk na die stofomslae (covers) van die boeke op hierdie dubbelblad.
a) Is al die boeke storieboeke? Verduidelik.
b) Watter boek sal jy graag wil lees? Waarom?
c) Kyk na die omslag van die boek Suurlemoen. Waaroor handel die boek,
dink jy?
d) Wie is die skrywer van Toko?
e) Watter verhaal is deur Fanie Viljoen geskryf?
f) Waaroor, dink jy, gaan die verhaal Die verdrinking van Josua van Eden?
g) Wat is die naam van die hoofkarakter in die verhaal wat Anzil Kulsen
geskryf het?
h) Hoekom kan ’n mens sê dat die titel van die verhaal Verbrande paradys
teenstellend (contrasting) is?

Woordeskat: Toets jou kennis


Pas elke beskrywing in kolom B by ’n woord in kolom A.

Kolom A Kolom B
1. riller a) Mense in ’n storie
2. lesers b) ’n Plek waar die publiek boeke kan uitleen
3. fantasieverhale c) Boeke in elektroniese formaat
4. nie-fiksie d)’n Verhaal wat ’n mens van spanning of vrees laat ril
5. e-boeke e) Verhale wat in ’n ander werklikheid afspeel
6. skrywers f) Mense wat boeke lees
7. karakters g) Maatskappye wat boeke uitgee
8. biblioteek h) Feitelike (factual) boeke
9. liefdesverhale i) Stories oor mense wat verlief raak
10. uitgewers j) Mense wat boeke skryf

16. Skrywers is koel … 235


Luister: ’n Luisterbegrip oor Carina Diedericks-Hugo
Carina Diedericks-Hugo is een van die gewildste
skrywers van Afrikaanse jeuglektuur (youth
literature). Sy het al baie pryse vir haar boeke gewen.

Jy gaan nou na ’n teks oor Carina Diedericks-Hugo


luister en vrae daaroor beantwoord.
Pre-luister
• Lees deur die vrae sodat jy weet waarvoor jy moet
luister.
Tydens luister
• Luister veral na woorde wat tyd en volgorde Carina Diedericks-Hugo
aandui.
• Maak aantekeninge van belangrike inligting.
Post-luister
• Beantwoord die volgende vrae.
1. Noem een plek waar Carina grootgeword het.
2. Hoe weet jy dat sy van skooltyd af al goed geskryf het?
3. Waar het Carina studeer?
4. Waar kuier Carina graag saam met vriende?
5. Noem een elektroniese sosiale webwerf waaraan Carina verslaaf is.
6. Noem twee boekpryse waarvoor sy benoem is.
7. Wat beteken die woorde “Carina was ’n naaswenner”?
8. Wat gaan die storie van die vier tieners in Permanente ink interessant maak?
9. Hoe weet ons dat Carina haar vinger op die pols van haar lesers het?

Taal in konteks: Woorde wat tyd aandui


Kies woorde uit die lys om die leesstuk te voltooi.
daarna vier jaar begin maand jare 11 Maart 1977 was begin

Carina is op (1. ____ ) in Johannesburg gebore as die jongste van drie kinders.
Sy het by die Laerskool Horison in Roodepoort (2. ____ ) skoolgaan. Die gesin
is (3. ____ ) na Pretoria waar hulle vir (4. ____ ) gebly het. Dit (5. ____ ) vir
haar die wonderlikste jare ooit! Sy onthou Pretoria veral as die plek waar sy
begin lees het. Elke (6. ____ ) het die gesin biblioteek toe gegaan. Al die
(7. ____ ) het sy eintlik baie boeke gehad om te lees. Aan die (8. ____ ) van
graad ses het hulle Kaapstad toe getrek waar sy eers nie baie gelukkig was nie.
(Verwerk uit: www.litnet.co.za)

236 Kwartaal 4
Skryf: Instruksies
1. Oefen om instruksies te gee en skryf die sinne oor deur elke keer met die
vetgedrukte woord te begin. (Jou instruksies sal korter as hierdie sinne
wees.)
a) Jy moet die instruksies eers beplan.
b) Jy moet dink wat gedoen moet word.
c) Jy moet die stappe punt vir punt skryf.
d) Jy moet seker maak dat jou woordorde reg is.
e) Jy moet tien instruksies gee.
2. Kyk na die instruksies vir die gebruik van www.yoza.mobi.

a) Met watter soort woord begin elke instruksie?


b) Hoeveel werkwoorde is daar in elke instruksie?
c) Is die instruksies lank of kort? Waarom?
d) Dink jy die instruksies volg logies op mekaar? Verduidelik.
3. Kies een van die volgende onderwerpe en skryf jou eie instruksies daarvoor.
a) Jy wil vir ’n maat wat nuut by die skool is, instruksies gee vir hoe om by
die biblioteek aan te sluit en boeke uit te neem.
b) Jy wil vir jou ma of pa instruksies gee vir hoe om boeke aanlyn te koop.
c) ’n Familielid wil weet hoe om op ’n tydskrif in te teken en jy gee
instruksies.
d) ’n Maat wat nie gewoonlik die internet gebruik nie, wil weet hoe om
inligting oor skrywers en hul boeke te kry. Jy gee die instruksies.

Onthou • Instruksies begin met ’n werkwoord,


• is ’n volsin, en
• is logies en duidelik.

16. Skrywers is koel … 237


Lees en kyk: ’n Artikel oor e-boeke

Van papier en e-boeke na jou foon


Byna die helfte van Suid-Afrika se huishoudings besit nie ’n boek vir ontspanning nie,
maar 90% van alle Suid-Afrikaners het ’n selfoon. As jy hierdie inligting bymekaar
bring, dan kry jy ’n nuwe verskynsel: die mobi-boek of selfoon- of m-boek.
Die Shuttleworth-stigting het hierdie inligting gebruik en die boek-op-selfoon-
konsep begin met die doel om lees en geletterdheid te bevorder. Vanaf September 2009
kon lesers verhale vanaf die selfoonwebtuiste en van MXit aflaai. Hierdie aanlyn-
biblioteek van selfoonstories word Yoza genoem.
In Suid-Afrika gebeur dit al hoe meer dat boeke wat eers in gedrukte vorm verskyn
het, nou digitaal en op selfone beskikbaar is. Al die stories wat op Yoza verskyn, kan
ook aanlyn deur die lesers bespreek word, en so word ’n lesergemeenskap geskep.
Yoza is ’n geborgde projek en al die m-boeke daarop
is gratis. Dit kos die leser net die datakoste vir selfoon-
internetgebruik. ’n Storie kan dus net ’n paar sent kos.
Op die webtuiste www.yoza.mobi is daar alreeds
twee verhale van Suid-Afrikaanse skrywers. Daar
is Pynstiller, ’n kortverhaal van Fanie Viljoen,
en Vakansieromanse, ’n kort roman van Jaco Jacobs.
Dit is baie goeie verhale met kommentaar van
die lesers daarby.
Een van die dae gaan ons almal nie
net sit en MXit of BBM met ons selfone
nie, maar ons gaan gelukkig ook kan
lees – ’n baie beter tydverdryf.
(Verwerk uit: Rapport, 17 Oktober 2010)

W bevorder: promote; help dat iets gebeur


geletterdheid: literacy; die vermoë om te kan lees
huishoudings: households; mense wat saam in ’n huis bly
lesergemeenskap: reading community; mense wat almal lees
ontspanning: recreation; iets anders doen as werk/leer
verskynsel: phenomenon; iets wat gebeur

238 Kwartaal 4
Hoe goed verstaan jy die artikel?
1. Is die volgende stelling waar of onwaar? Gee ’n rede vir jou antwoord.
50% van alle Suid-Afrikaners besit ’n boek vir ontspanning.
2. Watter persentasie mense in Suid-Afrika het selfone?
3. Watter nuwe verskynsel het in 2009 ontstaan?
4. Wat was die Shuttleworth-stigting se doel met die selfoonboekkonsep?
5. Hoekom word die webtuiste Yoza ’n aanlyn-biblioteek genoem?
6. Is die volgende stelling waar of onwaar? Motiveer jou antwoord.
Op Yoza kan skrywers uitvind wat lesers van hulle verhale dink.
7. Waar kom die term “m-boek” vandaan?
8. Haal ’n woord uit paragraaf 4 aan wat “verniet” beteken.
9. Watter twee Suid-Afrikaanse skrywers se verhale is reeds op www.yoza.mobi?
10. Watter soort stories is Pynstiller en Vakansieromanse?
11. Wat is die skrywer van hierdie artikel se houding teenoor:
a) MXit
b) lees?

Taal in konteks: Woordvorming


1. Gee die korrekte vorm van die byvoeglike naamwoorde tussen hakies.
Voorbeeld: Lees jy graag (elektronies) boeke?
Antwoord: Lees jy graag elektroniese boeke?
a) Is die mobi-boek ’n (digitaal) boek?
b) Die selfoonboek is ’n (nuut) verskynsel.
c) Daar is (goed) stories beskikbaar.
d) Volgens die skrywer is mense wat lees, (gelukkig) mense.
e) Die webwerf www.yoza.mobi is ’n (uitstekend) plan.
2. Vorm selfstandige naamwoorde van die vetgedrukte
werkwoorde.
Voorbeeld: Baie mense koop aanlyn; hulle is ____.
Antwoord: Baie mense koop aanlyn; hulle is kopers.
a) Die meeste mense besit ’n selfoon; hulle is ____ van selfone.
b) Mense wat boeke skryf, word ____ genoem.
c) Mense wat lees, is ____.
d) Mense wat boeke druk, word ____ genoem.
e) Mense wat www.yoza.mobi gebruik, word ____ genoem.

16. Skrywers is koel … 239


Lees: ’n Kortverhaal (deel 1)
1. Lees eers net die titel van die kortverhaal.
a) Wat beteken dit?
b) Wat sê dit oor waaroor die kortverhaal dalk handel?
2. Lees net die eerste paragraaf van die kortverhaal. Voorspel (predict) wat jy
dink in die kortverhaal gaan gebeur.

All is fair in love and war


Toe hy Helena die eerste keer gesien het, het Edwill besluit
hy gaan alles in sy vermoë doen om haar hart te wen. En toe
hy agtergekom het wie haar ou is, het hy geweet hy het nie ’n
kans nie.
“Dit voel asof ek voor die afskop al verloor het,” het
Edwill moedeloos by sy suster gekla.
Lita het simpatiek na hom gekyk. “Wie is die meisie?”
“Helena.”
“Helena Greeff? Hel, boetie, dis Waldemar se girl daai! Jy’t
nie ’n kat se kans nie!”
Edwill was verlief en dit wou nie oorwaai nie. Elke keer as Jan van Tonder
hy Helena by die skool gesien het, was dit vir hom asof sy IK
met ’n punt of twee gedaal het. Elke breinsel in sy kop het net Helena se naam geken.
In die klas het die Afrikaansonderwyser hulle eendag van die skone Helena van
Troje vertel. En daar het Edwill ’n plan gekry: Hy sou met Waldemar vriende maak.

Opsomming
Nadat Edwill en Waldemar maats gemaak het, neem Waldemar
sy maat tot binne-in Helena se huis, waar Edwill inligting kan
insamel om aan sy suster verslag te doen. Hy vertel Lita dat
hulle net soos ander huisgesinne is. Helena se ma is wonderlik.
En sy het twee boeties. Hy vertel ook dat Waldemar en Helena
nie eintlik vry nie. Lita besluit dat hulle die Achilleshiel in die
verhouding het. Waldemar is so onromanties soos ’n rugbybal.
Lita en Edwill besluit dat hy liefdesgedigte moet lees om so
Helena se hart te wen.

Edwill sit in die kombuis met Helena se ma en gesels toe Helena ingestorm kom.
“Ek kan dit nie vat nie, Mams, daardie twee ...” Sy soek woorde.
“Boeties van jou?”
“Ek en Waldemar kan nóóit ’n bietjie alleen wees nie.”
Edwill tree tussenbeide. “Stuur hulle buitentoe, ek sal hulle besig hou.”

240 Kwartaal 4
Helena neem sy hand. “Sal jy rêrig?”
“Jip,” antwoord Edwill.
Haar aanraking laat hom voel of hy rillend van vreugde tot sterwe of lewe kom.
Hy kyk in haar oë en praat soos een wat ’n resitasie opsê: “Dit alles doen ek vir jou,
omdat ek vreeslik baie van jou hou.” Maar hy voeg nie by dat dit die slotwoorde van ’n
gedig van Theunis Engelbrecht is nie.
Helena draai haar kop skeef, asof in verwondering. Skielik gee sy hom ’n piksoen op
die mond. Edwill voel verbaas oor sy lippe.

Hoe goed verstaan jy die kortverhaal (deel 1)?


1. Skryf die name van die vier tienerkarakters neer.
2. Wat is die verhouding tussen:
a) Edwill en Lita
b) Edwill en Helena
c) Helena en Waldemar?
3. Wat weet Edwill alles van Helena en haar gesin?
4. Watter kritiek het Lita op Waldemar?
5. Beskryf Edwill se strategie om Helena se hart te wen.
6. Noem twee dinge wat Edwill doen om vir Waldemar en Helena te help om
alleen te wees.
7. Watter digter se gedig haal Edwill aan?
8. Hoe reageer Helena toe Edwill die woorde aanhaal?
9. Wat, dink jy, gaan in die res van die verhaal gebeur?

Taal in konteks: Idiomatiese uitdrukkings


Verduidelik wat die volgende idiomatiese uitdrukkings uit die verhaal
beteken.
1. “om haar hart te wen”
2. “Dit voel asof ek voor die afskop al verloor het”
3. “Jy’t nie ’n kat se kans nie”
4. “en dit wou nie oorwaai nie”
5. “die Achilleshiel in die verhouding”

16. Skrywers is koel … 241


Lees: ’n Kortverhaal (deel 2)
So gaan dit aan. Edwill hou by gedigte waarmee hy haar hart sal kan steel: “my pols
sing ’n minnelied / ek sleep vlerk by die sterre / wat in jou oë verskiet”.
Dit gebeur al hoe meer dat Helena Edwill op die mond soen. Sy hou dit ook nie teen
hom toe hy die volgende gedig van Wilhelm Jordaan onder sy eie naam in haar oor
fluister nie: “kom ons stig ’n maatskappy / (ek en jy) een / sonder winsmotief / besit ons
niks, hê mekaar / net lief.”
Edwill weet hy wen, want Helena is,
sonder dat iemand daarvan weet,
Waldemar en Edwill se meisie. In die
openbaar is sy Waldemar s’n, maar in die
gang syne.
“Dis tyd vir die coup de grâce,” sê Lita
toe Edwill weer verslag doen.
“Vir wat?”
“Die coup de grâce. Mens spreek dit
uit: ‘koe de ghraas’. Die doodskoot. Jy
moet ’n gedig skryf, soos ’n pyl van
Kupido gemik op Helena se hart.”
En al voel Edwill sleg omdat hy
Waldemar se vriendskap misbruik, troos
hy hom aan die Engelse spreekwoord
wat Lita hom gee: All is fair in love and
war.
Dae lank werk hy aan sy gedig.
Uiteindelik wys hy dit vir Lita.
“Uiteindelik net ek en jy,” lees sy die
titel.
Lita se oë is op die papier in haar
hand. Sy frons en dan glimlag sy.
“Jy gaan haar voete
onder haar uitslaan,
Boetie.”

242 Kwartaal 4
Edwill en Waldemar is al naby aan Helena-hulle se huis, maar dit voel vir Edwill te ver,
want die gedig in sy hempsak brand sy bors. “Kom ons vat kortpad,” stel hy voor.
Edwill vlieg weg en kry ’n voorsprong voordat Waldemar volg. Toe sy voet vashaak,
slaan hy neer, maar hy spring vinnig op en hol verder. Honde blaf. ’n Sproeier spuit hom
nat. Hy kom voor Waldemar by Helena aan.
“Kyk hoe lyk jy,” sê sy besorg.
“Dis oukei, ek en Waldemar het resies gehol.” Nou is dit tyd vir die, die koe de
ghraas. Maar Waldemar daag op en sy soen hom liggies. Sy hare en klere is ook nat.
Die twee boeties vra vir Edwill of hulle kan speel waar hy en Waldemar was.
Edwill sê ja en kyk Helena en Waldemar agterna toe hulle sitkamer toe stap. Edwill
speel met die seuns, praat met Helena se ma en hou die sitkamer dop.
Uiteindelik kom Helena te voorskyn. Sy stap met ’n wiegende lyf in die gang af. Haar
oë blink. Edwill wag haar in.
Hy vat-vat na sy hempsak. “Ek het vir jou ’n ...”
Helena kom staan voor hom, plaas haar hande op sy skouers, staan op haar tone,
soen hom liggies op die voorkop en sê: “Waldemar het vir my ’n wonderlike gedig
geskryf. Die mooiste woorde wat ek ooit gehoor het.”
Sy dans in die gang af. “Uiteindelik net ek en jy ...” hoor Edwill haar sê voor sy ’n
deur tussen hulle toemaak.
“Waldemar, jou bliksem,” sis hy die aftog saggies deur sy tande.
(Verwerk uit: Skreeu, LAPA Uitgewers, 2011)

Hoe goed verstaan jy die kortverhaal (deel 2)?


1. Watter teken is daar dat Helena al hoe meer van Edwill begin hou?
2. Verduidelik die volgende woorde: “In die openbaar is sy Waldemar s’n,
maar in die gang syne.”
3. Wat beteken die uitdrukking coup de grâce?
4. Wat gaan Edwill as sy coup de grâce gebruik?
5. Op watter manier, voel Edwill, misbruik hy Waldemar se vriendskap?
6. Wat is die titel van Edwill se gedig en wat dink Lita van die gedig?
7. Wat doen Edwill om eerste by Helena uit te kom?
8. Wanneer Edwill val terwyl hy hardloop, klink dit onbelangrik, maar later is
dit tog belangrik. Verduidelik.
9. Wat doen Waldemar om as die wenner uit die stryd te tree?
10. Skryf ’n sin oor elke karakter waarin jy hom of haar opsom.
11. Wat skep spanning (suspense) in die verhaal?
12. Op watter manier pas die verhaal se titel by wat:
a) Edwill doen
b) Waldemar doen?
13. Met watter karakter het jy die meeste simpatie? En die minste simpatie?
Verduidelik.

16. Skrywers is koel … 243


Taal in konteks: Sinonieme, los en vas skryf en
skryftekens
1. Skryf sinonieme vir die vetgedrukte woorde neer.
a) Eckard is ’n kenner met ’n rekenaar.
b) As jy eers die storie begin lees, kan jy dit nie neersit nie.
c) Greg is ontsteld oor die manipulasie van sy maat, Eckard.
d) Eckard leer vir Greg om ’n goeie kuberkraker te word.
e) Die lees van Onderwêreld is voedsel vir ’n tiener wat van rekenaars hou.
2. Kies die korrekte vorm tussen hakies.
a) Onderwêreld (speel af/afspeel) teen die agtergrond van die
rekenaarwêreld.
b) Jy sal op die verskillende webwerwe kan (inskakel/skakel in).
c) (Groot mense/Grootmense) sal ook die boek geniet.
d) Onderwêreld is ’n (eersteklas-/eerste klas-) boek.
e) Die boek sal in die (Nuwejaar/nuwe jaar) verskyn.
3. Kies die regte woord tussen hakies.
a) Die skool het die leerders se klagtes (geignoreer/geïgnoreer).
b) Eckard was nie (verlee/verleë) oor Greg se vriendskap nie.
c) Greg het (sewe uur/sewe-uur) vir Eckard ’n e-pos gestuur.
d) Hy het die deur met ’n (sker/skêr) oopgemaak.
e) Greg het (gou gou/gou-gou) geweet hoe om die kuberruimte te kraak.
f) “(Pa-hulle/Pa hulle) verstaan my nooit nie.”

Taal in konteks: Sinne, woordorde, voorsetsels


Beantwoord die vrae wat op die volgende teks gebaseer is.

Jaco Jacobs is een van die bekendste skrywers


van kinder- en tienerverhale. Carina
Diedericks-Hugo het hom gevra hoe hy dit
regkry om in tieners se koppe te klim.
Hy het geantwoord dat hy nie dink dat
tieners vreemde mense is nie. Tieners hou van
dieselfde dinge in ’n boek as grootmense – ’n
goeie storie, maar hulle lees nie ’n vervelige
storie nie. Hy stel ook in musiek, flieks,
tegnologie en rekenaarspeletjies belang en dit
is dieselfde dinge waarvan tieners hou. Hy
onthou ook nog goed watter dinge sy lewe as
kind beïnvloed het. Jaco Jacobs

(Verwerk uit: Rapport, 6 Februarie 2011)

244 Kwartaal 4
1. Rangskik die sinsdele tussen hakies sodat dit ’n sin vorm.
a) (Jaco Jacobs) (die skrywer) (van die boek Suurlemoen) (is).
b) (klim) (Hy) ( in tieners se koppe) (maklik).
c) (Jaco) (vir tieners) (skryf) (boeke) (graag).
d) (wen) (vir sy boeke) (baie pryse) (Hy).
e) (Tieners) (hou) (met ’n goeie storie) (van boeke).
2. Rangskik die sinsdele tussen hakies in die regte volgorde.
a) Jaco skryf (in sy studeerkamer; op die rekenaar; elke oggend vroeg).
b) Carina voer ’n onderhoud (oor sy werk; om nege-uur; met Jaco).
c) Tieners lees (in die bed; saans; graag).
d) Jaco werk (op sy rekenaar; in die aand; in sy sitkamer).
e) Hy fliek (saam met sy vrou; by die teater; elke Dinsdagaand).
3. Herskryf die volgende sinne as vrae deur met die vetgedrukte woorde
te begin.
a) Tieners lees graag eerlike stories waarmee hulle kan identifiseer.
b) Jy moet jou voorgeskrewe letterkundeboek lees.
c) Die boekklub reël elke maand ’n boekbespreking.
d) Die skrywer moedig almal aan om die interessante boek te lees.
e) Die tieners woon die bespreking by.

Taal in konteks: Voorsetsels


Die stories lê tussen die
Die skrywer skryf
blaaie van die boek.
in die boek.

Die skrywer se pen


lê op die boek.

Die glas staan


langs die boek.

Die woordeboek lê
onder die boek.
Kies voorsetsels uit die lys om die sinne te voltooi.
onder bo-op langs in tussen op

a) Die wonderlikste stories lê ____ die blaaie van die boek.


b) Die glas staan ____ die boek.
c) Die skrywer se pen lê ____ die boek.
d) Die woordeboek lê ____ die boek.
e) Die skrywer skryf ____ die boek.

16. Skrywers is koel … 245


Hersiening
Voer die opdragte uit wat op die teks gebaseer is.

Twee van die gewildste skrywers in Afrikaans is Deon Meyer en Irma


Joubert. Jong lesers sal hulle boeke ook baie geniet.
Deon Meyer skryf die wonderlikste speurverhale wat al in baie tale vertaal
is. Van sy gewildste boeke is 13 uur en Onsigbaar. Deon het in Klerksdorp
groot-
geword en van kleintyd af het hy vir sy klasmaats stories vertel.
Irma Joubert het boeke soos Tussen stasies, Pérsomi, kind van die brakrant
en Anderkant Pontenilo geskryf. Sy was ’n Afrikaansonderwyser wat na haar
aftrede begin skryf het. Sy skryf graag lekker outydse liefdesverhale wat
dikwels in die geskiedenis gewortel is.
Dié twee skrywers skryf lekkerleesboeke wat ’n leser in ’n japtrap klaar
lees.
1. Skryf die sinne in die verlede tyd.
a) Baie mense geniet Deon Meyer en Irma Joubert se boeke.
b) Deon word in Klerksdorp groot. (2)
2. Gee ’n sinoniem vir die vetgedrukte woord.
Deon Meyer en Irma Joubert is twee van die gewildste skrywers. (1)
3. Skryf die sin in die teenwoordige tyd.
Jong lesers sal hulle boeke ook baie geniet. (1)
4. Gee die regte vorm van die vetgedrukte woord.
Deon Meyer skryf die heel (goed) speurverhale. (1)
5. Herskryf die sin as ’n vraag. Begin met die vetgedrukte woord.
Deon skryf die wonderlikste speurverhale. (1)
6. Skryf die sin oor as ’n vraag. Begin jou antwoord met Wat.
Van sy gewildste boeke is 13 uur en Onsigbaar. (1)
7. Skryf die volgende sin oor as ’n stelsin. Begin met die vetgedrukte
woord.
Vertel hy van kleintyd vir sy maats stories? (1)
8. Skryf die sinsdele tussen hakies in die regte volgorde.
Die boeke verkoop (blitsvinnig; in die boekwinkels; elke Kersfees). (1)
9. Skryf die ontbrekende voorsetsels neer.
Sy skryf (a. ____ ) verhale wat oral (b. ____ ) wêreld plaasvind. (2)
10. Skryf in die lydende vorm.
Sy skryf outydse liefdesverhale. (1)
11. Verbeter die spelfout in die volgende sin.
Lesers lees die skrywers se boeke sommer gou gou klaar. (1)
12. Rangskik die sinsdele in die regte volgorde.
altyd; is; ’n baie goeie geskenk.; ’n Boek (1)
13. Verbeter die woordorde in die volgende sin.
Deon het by die skool vertel stories reeds as kind gedurig. (1)
Totaal: 15
246 Kwartaal 4
17 ’n Brokkie son
In hierdie lesreeks gaan jy:

Luister en praat • prente bespreek en vergelyk


• na sinne luister en dit kategoriseer
• aan ’n debat deelneem
• ’n koerantberig hardoplees en daarna luister
Lees en kyk: Begrip • ’n liedjie soeklees
en letterkunde • die inhoud van ’n liedjie ontleed
• ’n opsomming lees
• vrae oor ’n liedjie beantwoord
Skryf en aanbied • ’n verslag oor ’n klasprojek skryf
• ’n bedankingsbrief skryf
Taalstrukture en • jou woordeskat uitbrei
-konvensies • die volgende taalaspekte in konteks oefen: spelling,
woordsoorte, woordorde, deelwoorde, lydende en
bedrywende vorm, leestekens, hoofletters, tye,
antonieme, woordvorming

17. ’n Brokkie son 247


Praat: Vergelyk prente van stede
Kyk na die prente van die twee
stede: stad A en stad B. Hulle
lyk nie dieselfde nie. Noem ten In watter stad sal jy liewer
minste vyf verskille wil woon, in stad A of
(differences) wat jy raaksien. stad B? Sê hoekom.

Stad A

248 Kwartaal 4
Luister: Sinne oor die prente
Luister na die sinne oor die twee prente. Sê watter sinne by stad A en watter
sinne by stad B pas.

Stad Stad
1. Die rivier het vuil water en is vol rommel. A B
2. Daar is oral bome in die stad. A B
3. Die fabriek pomp sy vuil water in die rivier. A B
4. Daar is geen voëls in die stad nie. A B
5. Daar is ’n pragtige park met groen gras en bome. A B
6. Die lug is skoon, dit is nie vuil nie. A B
7. Daar lê oral rommel rond. A B
8. Daar is houers waarin ’n mens jou rommel kan gooi. A B
9. Die motors en fabrieke besoedel die lug. A B

’n Klasprojek: Maak jou omgewing skoon


Verdeel in groepe van vier. Bring swart sakke, besems, skoppies, emmers,
seepwater en lappe saam skool toe. Elke groep kry ’n plek of gebied om skoon
te maak, bv. klaskamers, die skoolterrein, strate rondom die skool of ’n park.
Julle onderwyser kan ná die tyd die skoonmaakpogings assesseer en kyk wie
se gebied die skoonste is.

Stad B

17. ’n Brokkie son 249


Skryf: ’n Verslag
Skryf ’n verslag van 120 tot 150 woorde oor die klasprojek. Gebruik die
volgende opskrifte:
• Die rede vir die klasprojek
• Wat dit behels (entail) het
• Wat julle bereik (achieved) het
• Aanbevelings (recommendations) vir toekomstige skoonmaakprojekte.
Onthou:
• Beplan jou verslag met behulp van ’n kopkaart.
• Lees goed deur jou eerste poging en verbeter jou inhoud en taalgebruik.
• Skryf jou verslag netjies oor en proeflees dit voor jy dit inlewer.

Praat: ’n Debat

Onthou In ’n debat bespreek twee groepe ’n onderwerp waaroor hulle


nie saamstem nie.
Die gesprek tussen die groepe is formeel.
Die groepe moet hulle argumente duidelik en logies stel.
Die sprekers moet redes vir elke argument gee.

Julle gaan ’n debat voer oor die onderwerp:


Dit is beter om in die stad te woon as op die platteland (countryside).
Groep 1 dink dat dit beter is om in die stad te woon en praat oor die voordele
(advantages) van die stadslewe. Dink aan argumente soos:
• Daar is meer geleenthede om werk te kry, om te studeer, om uit te gaan, om
ander interessante mense te ontmoet. (Noem spesifieke voorbeelde.)
• Daar is meer skole, dokters, hospitale, winkels. (Noem voorbeelde.)
• Dink aan nog voordele van die stad en nadele van die platteland.

Groep 2 dink dat dit beter is om op ’n plaas of op ’n


klein dorpie te woon en praat oor die voordele van
die platteland. Dink aan argumente soos:
• Die lewe is rustiger en ’n mens leef nader aan die
natuur.
• Daar is nie geraas, verkeer, baie mense, besoedeling
of soveel misdaad nie.
• Daar is net sulke goeie dokters, onderwysers en
ander interessante mense op die platteland. (Noem
voorbeelde.)
• Dink aan nog voordele van die platteland en nadele
van die stad.

250 Kwartaal 4
Soeklees: ’n Liedjie: Sprokie vir ’n stadskind
Lees die liedjie van Koos du Plessis oor die lewe in ’n stad. Beantwoord
dan die vrae so vinnig moontlik.

Sprokie vir ’n stadskind


As die reën van stof en roet verby is
en die rook verdwyn,
sal daar in die sterrelose hemel
’n neonboog verskyn.

En kyk maar goed, want as jy hom vind,


vertel ek vir jou ’n sprokie, my kind,
van ’n skatkis, met ou kettings gebind,
aan die neonboog se punt.

Volg hom elke nag oor swart riviere,


oor kranse van beton;
as jy aanhou stap, tienduisend ure,
sal jy dalk daar kom.

Maar hier moet jy jou nimmer laat bind,


want, so lui die ou-ou sprokie, my kind:
As jy geluk en vreugde wil vind,
soek die neonboog se punt.

Volg hom elke nag oor swart riviere;


kyk nie één maal om.
Dalk vind jy die land van blou saffiere ...
en dalk ’n brokkie son.
Koos du Plessis
(Uit: Koos du Plessis, Skadu’s teen die muur, 1991)

1. Watter twee woorde in die eerste strofe rym?


2. Wat is ’n ander woord vir fantasieverhaal in strofe 2?
3. Watter kleur word in strofe 3 genoem?
4. Watter telwoord word in strofe 3 genoem? Skryf die
woord en die getal neer.
5. Watter woord in strofe 4 beteken dieselfde as blydskap?
6. Watter woord in strofe 5 beteken dieselfde as miskien?
Koos du Plessis
(Dié woord kom twee keer in die strofe voor.)

17. ’n Brokkie son 251


Lees hardop: Brei jou woordeskat uit
1. Lees die woorde en hulle betekenisse hardop.

bind: bind, tie; vasmaak sprokie: fairytale; ’n tradisionele


brokkie son: bit of sun; ’n stukkie fantasieverhaal wat oor en oor
son vertel word en waarin wonderlike
ketting: chain; ’n string metaalringe dinge kan gebeur; dis gewoonlik
wat inmekaar skakel ’n eenvoudige, kinderlike storie
kranse van beton: concrete cliffs; stadskind: city-bred child; ’n kind
hoë, grys geboue wat in die stad woon (nie op ’n
lui: says; sê dorp of op ’n plaas nie)
neonboog: bow of neonlight; neon- sterrelose hemel: starless sky; ’n
ligte wat soos ’n reënboog lyk; ’n hemel waarin ’n mens geen
neonboog klink amper soos ’n sterre kan sien nie, gewoonlik as
reënboog; volgens ’n sprokie is dit bewolk is of as daar
daar ’n groot skat (iets soos ’n pot besoedeling (pollution) in die
vol goud) aan die punt van die lug is
reënboog te vind; hierdie skat stof: dust; fyn, droë grond
simboliseer groot geluk swart riviere: black rivers; dit
nimmer: never; ’n ouer woord vir verwys na die swart teerpaaie in
nooit die stad wat soos riviere lyk
roet: soot; fyn swart stukkies afval tienduisend: ten thousand; 10 000
wat in die skoorsteen (chimney) verdwyn: disappear; wegraak
van geboue oorbly nadat iets verskyn: appear; word sigbaar,
gebrand het kan gesien word
rook: smoke; grys wolke deur vuur
veroorsaak wat die lug vuilmaak
saffiere: sapphires; hemelsblou
halfedelgesteentes wat in
juweliersware gebruik word
skatkis: treasure chest; ’n kis waarin
baie skatte soos juwele en geld is

2. Hoe pas die illustrasies op hierdie bladsy by die woorde?

252 Kwartaal 4
Hoe goed verstaan jy die woordeskat?
Kyk of jy die woorde in die blokkies op die prent kan voltooi.

Taal in konteks: Spelling en woordsoorte


1. In elke sin is daar woorde wat met ’n kappie, deelteken of koppelteken
gespel moet word. Skryf die woorde korrek oor.
a) Daar is kort kort ’n TV program oor mense wat geinteresseerd is om die
besoedeling te probeer verminder.
b) In baie stede in die wereld het mense vroeer meer dikwels sterre of ’n
reenboog gesien.
c) Hulle se die hoe geboue en bree strate is soos kranse en riviere.
d) Ons oumas het gese stadskinders ken nie voels soos die piet my vrou nie.
2. Pas elke vetgedrukte woord in die linkerkolom by ’n woordsoort in die
regterkolom.
Maar hier moet jy jou nimmer laat bind, a) voegwoord
want, so lui die ou-ou sprokie, my kind: b) werkwoord
As jy geluk en vreugde wil vind, c) bywoord
soek die neonboog se punt. d) voornaamwoord

17. ’n Brokkie son 253


Lees: Ontleed die inhoud van die liedjie
1. Ontdek die sprokie- en stadselemente in die gedig.
Lees Sprokie vir ’n stadskind hardop of sing die liedjie as julle dit ken. Soos
julle uit die titel kan aflei, is daar sprake van twee elemente: ’n sprokie (die
fantasiewêreld) en die stad (die werklikheid). Terwyl julle die liedjie lees,
sal julle sien die sprokieselemente is omkring en die stadselemente is
in blokkies . (Party woorde pas by albei.)

Sprokieselemente Sprokie vir ’n stadskind Stadselemente

As die reën van stof en roet verby is lugbesoedeling


in die stad
en die rook verdwyn,
ou sprokie:
• reënboog sal daar in die sterrelose hemel neonligte
’n neonboog verskyn. lyk soos
stadsreënboog
En kyk maar goed, want as jy hom vind,
vertel ek vir jou ’n sprokie , my kind,
• skatkis met van ’n skatkis , met ou kettings gebind,
kettings om
aan die neonboog se punt.

Volg hom elke nag oor swart riviere , strate


reënboog oor kranse van beton ;
as jy aanhou stap, geboue
tienduisend ure,
sal jy dalk daar kom.

ou-ou Maar hier moet jy jou nimmer laat bind,


sprokie want, so lui die ou-ou sprokie , my kind:
As jy geluk en vreugde wil vind, neonligte van
reënboog die stad
soek die neonboog se punt .

Volg hom elke nag oor swart riviere ;- strate


belofte van
’n gelukkige kyk nie één maal om.
einde Dalk vind jy die land van blou saffiere ...
en dalk ’n brokkie son .

Koos du Plessis

254 Kwartaal 4
Lees: ’n Opsomming van die liedjie
Koos du Plessis se liedjie is, soos die titel aandui, ’n sprokie wat hy vir ’n kind
wat in die stad woon, geskryf het. ’n Sprokie is ’n fantasieverhaal. Dit skep ’n
wêreld waarin wonderwerke (miracles) kan gebeur. Aan die einde van alle
sprokies oorwin die goed die kwaad en almal woon vir ewig gelukkig saam. Die
karakters moet eers swaarkry voordat hulle geluk kan vind.
Strofe 1
As al die besoedeling in die stad (die stof, roet en rook) weggeneem
kan word, sal daar in die lug bokant die stad (waar ’n mens as gevolg
van die lugbesoedeling nie eens die sterre in die hemel kan sien nie)
’n helder boog van sterre (wat so helder soos ’n neonlig skyn) wees.
Strofe 2
Dié strofe is ’n opdrag (instruction) aan die stadskind om die
neonboog te gaan soek. As hy dit kry, sal die spreker vir die kind ’n
sprokie vertel van ’n skatkis wat met kettings aan die neonboog se
punt vasgebind is. Die neonboog simboliseer hoop en die skatkis
simboliseer geluk, met ander woorde, daar is hoop vir die stadskind
wat bereid is om na geluk te soek.
Strofe 3
In strofe 3 gaan die spreker verder met sy opdrag. Hy sê: “Volg hom
...” Die spreker moedig die stadskind aan om elke nag daarna (na
die neonboog se punt, dus na geluk) te soek oor swart riviere (die
teerstrate van die stad) en oor kranse van beton (hoë geboue wat so
gevaarlik soos die kranse van berge is). Hy moet nooit moed opgee
nie. As hy net aanhou stap – baie, baie lank (“tienduisend ure”) – is
die belofte dat hy miskien daar sal uitkom en geluk sal vind.
Strofe 4
Met die woord “Maar” in strofe 4 waarsku die spreker die
stadskind dat hy hom nooit aan die stad moet laat bind nie (hy moet
hom nooit oorgee of deel word van die stadslewe en alles van die
stad net aanvaar nie). Met die woord “want” gee hy ’n rede vir sy
waarskuwing: soos in sprokies moet jy die neonboog se punt (geluk
en vreugde) gaan soek (die hoop lê daarin dat die stadskind wel
geluk kan vind as hy net aanhou soek).
Strofe 5
Strofe 5 is ’n herhaling van die opdrag (“Volg hom”) in strofe 3,
maar die spreker beveel die kind om nie een keer om te kyk nie,
want dit is die moeite werd om aan te hou soek. Die stadskind se
drome kan soos in ’n sprokie waar word. Die kind kan dalk die land
van “blou saffiere” (’n denkbeeldige land waar daar vrede, geluk en
vreugde is) en ’n bietjie son (wat warmte en geluk simboliseer) vind.

17. ’n Brokkie son 255


Hoe goed verstaan jy die liedjie?
1. Met wie praat die spreker in die liedjie?
2. Watter drie afsonderlike woorde in strofe 1 verwys na die lugbesoedeling
in die stad?
3. Verwys die woord “reën” in versreël 1 van die liedjie na regte reën? Hoekom
sê jy so?
4. In die titel van die liedjie is daar sprake van ’n sprokie en van ’n stad. Pas
die woorde of frases in die regte kolom: kranse van beton; skatkis; ou
kettings; swart riviere.

Sprokieselemente Stadselemente
a) ______________ c) ______________
b) ______________ d) ______________

5. Wat moet met die lugbesoedeling gebeur voordat ’n mens die “neonboog”
sal sien? Haal een woord uit strofe 1 aan.
6. Wat word aan die punt van die neonboog gevind?
7. Watter een woord sê dat daar nie sterre in die hemel is nie?
8. Hoekom word daar van ’n “sterrelose hemel” in die stad gepraat?
Twee van die volgende antwoorde is korrek. Watter een is verkeerd?
a) Omdat daar lugbesoedeling is, kan ’n mens nie die sterre raaksien nie.
b) Omdat daar glad nie sterre in die hemel is nie.
c) Omdat daar te veel ligte en veral neonligte in ’n stad brand, kan ’n
mens nie die sterre sien nie.
9. Wat is die “hom” wat die stadskind in die eerste versreël van strofe 2 moet
vind?
10. Waaroor, dink jy, gaan die sprokie wat die spreker vir die kind in strofe 2 sal
vertel?
11. Wat, dink jy, is in die skatkis?
12. Met watter opeenvolgende woorde in strofe 3 verwys die digter na:
a) teerstrate in die stad?
b) ’n klomp hoë geboue in die stad?
13. Watter woord in strofe 3 sê dat die kind se soektog nie noodwendig
suksesvol sal wees nie?
14. Hoe lank moet die kind stap om by die neonboog se punt te kom? Skryf jou
antwoord in woorde en in syfers.
15. Pas die woorde of frases in kolom B by die regte woorde in kolom A op die
volgende bladsy. Soek die antwoorde in die liedjie as jy nie weet nie.

256 Kwartaal 4
Kolom A Kolom B
a) sprokie i) die neonboog se punt
b) hou aan stap ii) riviere
c) vind iii) vir ’n stadskind
d) soek iv) die land van blou saffiere
e) swart v) van beton
f) kranse vi) vir tienduisend uur

16. Watter plekke, dink jy, word bedoel met:


a) “daar” in strofe 3?
b) “hier” in strofe 4?
17. Hoekom, dink jy, moet die kind hom nooit aan die stad laat bind nie?
18. Van watter woord in strofe 4 kan ons aflei dat dit nie ’n nuwe of moderne
sprokie is waarna verwys word nie?
19. Wat mag die kind nie doen op sy soektog na die neonboog se punt nie?
Haal een versreël uit strofe 5 aan.
20. Watter belofte van “geluk en vreugde” sal die kind miskien volgens
strofe 5 aan die punt van die neonboog vind? Haal twee versreëls uit
die gedig aan.
21. Wat, dink jy, is die “brokkie son” wat die stadskind dalk sal vind?
22. Kan ’n mens groot “geluk en vreugde” in ’n stad vind? Gee jou mening.
23. Soek woorde in die gedig wat min of meer dieselfde betekenis as die
volgende woorde het (sinonieme):
a) wanneer d) kry g) nooit
b) wegraak e) loop h) blydskap
c) omdat f) miskien i) keer
24. Soek woorde in die gedig wat die teenoorgestelde van die woorde in vet
druk beteken (antonieme).
a) sterrelose aarde f) jy moet jou altyd laat bind
b) met nuwe kettings g) as jy geluk en hartseer wil vind
c) elke dag
d) as jy ophou stap
e) sal jy beslis daar kom

17. ’n Brokkie son 257


Lees hardop en luister: ’n Koerantberig
1. Werk saam met ’n maat en maak beurte om die paragrawe in die volgende
berig hardop vir mekaar te lees.
2. Luister mooi na hoe jou maat die woorde uitspreek en help hom of haar,
waar nodig.
3. Slaan die woorde wat julle nie verstaan nie in ’n woordeboek na.

George se kinders help dorp opruim


GEORGE. – ’n Veldtog teen vrymoedigheid neem om vir mense
rommelstrooi is Saterdag deur die te sê om die omgewing skoon te hou.
dorp se munisipaliteit en plaaslike “’n Skoon omgewing is tog ’n
skole in die Conville-gemeenskapsaal gesonde omgewing,” het Von Brandis
van stapel gestuur. gesê.
Ongeveer 180 leerders van 10 “Kinders moet ambassadeurs wees
verskillende skole in die omgewing wat die boodskap van die omgewing
het deelgeneem. Mnr. Eugene von uitdra,” het mnr. Wilbur Pedro,
Brandis, ’n raadslid, het gesê die raad adjunkhoof van Hibernia Primêr, gesê.
het besef hy sal nie alleen die dorp Na afloop van die verrigtinge in die
kan skoonhou nie en daarom het hy saal is die leerders per bus na die
hom na skole gewend om kragte met stasie geneem, waar hulle op die trein
hulle saam te snoer. geklim het om langs die spoorlyn te
Hy het leerders aangemoedig om gaan skoonmaak.
die dorp skoon te hou. Hulle moet die (Uit: Die Burger, 24 Mei 2005)

Skryf: ’n Bedankingsbrief
Verbeel jou jy is ’n inwoner van George en jy het gesien hoe hard die leerders
gewerk het om die rommel langs die spoorlyn op te tel. Gebruik die inligting in
die koerantberig en jou eie idees en skryf ’n bedankingsbrief van 120 tot 150
woorde oor een van die volgende onderwerpe:
1. Skryf aan mnr. Eugene von Brandis, die raadslid van die George-
munisipaliteit, en bedank hom vir sy plan om die skole te help om die
omgewing op te ruim.
2. Skryf aan die skoolhoof van een van die skole wat gehelp het en vra hom of
haar om die leerders namens jou vir hul harde werk te bedank.

258 Kwartaal 4
Onthou Gebruik dieselfde vorm as vir die formele brief op bladsy 186.
Beplan jou brief met behulp van ’n kopkaart.
Gebruik ’n formele toon.
Redigeer die eerste weergawe van jou brief en bring die nodige
veranderinge aan.
Proeflees die finale weergawe van jou brief voor jy dit inlewer.

Uitdrukkings wat jy in ’n bedankingsbrief kan gebruik


• Ek wil u graag bedank vir ...
• Baie dankie dat u ...
• Ek waardeer dit dat u ...
• Bedank asseblief u leerders ...
• Ek kan nie glo watter wonderwerk ...

Taal in konteks: Woordorde, deelwoorde, lydende


en bedrywende vorm, leestekens, hoofletters
1. Rangskik die woordgroepe in die korrekte volgorde.
a) Leerders van 10 skole (in George) (het) (bymekaargekom) (Saterdag).
b) Hulle (het) (opgetel) (gou) (die middag) (langs die treinspoor) (al die
rommel).
2. Gee die korrekte vorm van die woorde tussen hakies.
a) Die (lag) kinders doen die (uitput) werk.
b) Die (verbaas) mense kyk hoe die leerders in die (giet) reën werk.
c) Die (opwen) mense het die raadslid (staan) toegejuig.
d) Hulle het stukke (breek) glas en (opfrommel) papier opgetel.
e) Dit is (ontstel) dat die munisipaliteit die skole moet vra om die
(besoedel) omgewing op te ruim.
3. Skryf in die lydende vorm. Begin jou antwoord soos aangedui.
a) Die leerders tel die rommel op. (Die rommel ...)
b) Die raadslid het ’n toespraak gelewer. (’n Toespraak ...)
c) Wie het al die rommel opgetel? (Deur ...)
d) Hulle sal die omgewing nou netjies hou. (Die omgewing ...)
e) Die raadslid bedank die leerders. (Die leerders ...)
4. Skryf die sinne met die nodige hoofletters, leestekens en skryftekens oor.
a) as jy ’n sjokoladepapier laat val moet jy dit optel se die leerder
b) die leerder se ons was by die vergadering voor ons na die stasie is
c) my oom tienie en mevrou susan van zyl het saam met die leerders van
die hoerskool platinum rommel opgetel

17. ’n Brokkie son 259


Hersiening
Beantwoord die vrae wat op die lys liedjies op Koos du Plessis se CD Skadu’s
teen die muur gebaseer is.

1 Skadu’s teen die muur 2:50


2 Die somer is verby 2:05
3 Kinders van die wind 2:25
4 Op pad na Nooitgedacht 3:50
5 Herman 2:00
6 Pretoria 2:40
7 As jy my kon volg 1:55
8 Jantjie van die berge 3:07
9 Sprokie vir ’n stadskind 3:05
10 Skielik is jy vry 1:50
11 Najaarsdroom 4:18

(Koos du Plessis, Skadu’s teen die muur, Inhuis Inh CD 005, 1991)

1. In die regterkolom sien ’n mens hoe lank elke liedjie is.


a) Watter liedjie is die langste?
b) Watter liedjie is die kortste?
c) Hoeveel langer is die langste liedjie as die kortste liedjie? Skryf jou
antwoord in woorde.
d) Hoe lank is “Sprokie vir ’n stadskind”? Skryf jou antwoord in
woorde. (4)
2. Skryf die titel “Skielik is jy vry” eers in die verlede tyd en dan in die
toekomende tyd. (2)
3. Gee antonieme vir die vetgedrukte woorde:
a) “Die somer is verby”
b) “Najaarsdroom” is die eerste liedjie op die splinternuwe CD. (4)
4. Watter seisoen kom:
a) voor die somer?
b) na die somer? (2)
5. Gee die regte vorm van die woorde tussen hakies.
a) “Kinders van die wind” is die (drie) liedjie op die CD.
b) Daar is twee (pad) wat na Nooitgedacht gaan.
c) Daar is skadu’s teen al die (muur). (3)

Totaal: 15

260 Kwartaal 4
18 Dink groen
In hierdie lesreeks gaan jy:
Luister en praat • vrae in groepe bespreek
Lees en kyk: Begrip • begripsvrae oor ’n spotprent en ’n koerantberig
beantwoord
Letterkunde • ’n gedig lees en vrae daaroor beantwoord
Skryf en aanbied • ’n opstel skryf
Taalstrukture en • taal-in-konteks-oefeninge oor verskillende
-konvensies taalaspekte doen

Praat: Bespreek vrae


Kyk na die omslag van die boek Bewaar ons planeet. Bespreek die vrae wat volg
in groepe:

(Uit: Bewaar ons planeet, LAPA Uitgewers, 2010)

• Op wie is hierdie boek gerig, dink julle?


• Noem vyf dinge waaroor daar heel moontlik in die boek geskryf word.
• Is boeke oor die bewaring van die aarde belangrik? Verduidelik.

18. Dink groen 261


Lees en kyk: ’n Spotprent
Kyk goed na hierdie spotprent wat in die koerant verskyn het toe die aarde
se bevolking in 2011 sewe biljoen/miljard bereik het.

(Uit: Die Burger, 2 November 2011)

1. Vul die ontbrekende woord in: In die spotprent word die aarde as
’n ____ mens uitgebeeld. (1)
2. Watter woord beskryf die aarde se gesigsuitdrukking die beste?
a) bekommerd
b) opgewonde
c) uitgeput (1)
3. Hoe pas die aarde se oë by sy toestand? (2)
4. a) Noem twee dinge wat jy op die aarde se oppervlak sien. (2)
b) Hoe dra hierdie dinge tot die aarde se slegte toestand by? (2)
5. Kies die korrekte woord tussen hakies: Die banier wat die vliegtuigie
links bo trek, gee vir ons die spotprent se (konteks/situasie/gevolg). (1)
6. Kyk na die woorde in die praatborrel.
a) Met wie praat die aarde? (1)
b) Verduidelik die betekenis van die woorde. (2)
7. Watter inligting verskyn in die boonste linkerhoek van die spotprent?
Noem drie dinge. (3)
(15)

262 Kwartaal 4
Lees: ’n Koerantberig
Lees die koerantberig en beantwoord dan die vrae wat daarop volg.

Pionierskool se leerders maak Blombos se


strand skoon
1 Die Pionierskool van Worcester is die eerste skool buite die streek wat Blombos se
strand gaan opruim het, het mnr. Peter Bestbier, bestuurder van die Blombos-
bewarea, gesê.
2 Elf lede van die Pionierskool-avontuurklub, vergesel van twee opvoeders, het ’n
naweek op Blombos deurgebring. Saterdagoggend, nadat me. Lisa Parkin,
sekretaresse van die Blombos-bewarea, ’n kort lesing oor die see gelewer het, is
operasie strandskoonmaak aangepak.
3 Die leerders, tussen 9 en 18 jaar oud, het self besluit om die strand skoon te maak,
het Bestbier gesê. “Dit is goed dat kinders kom leer van die see en ook ’n bydrae wil
lewer.”
4 Tientalle sakke vullis is versamel. Die grootste taak was die uitgrawe van ’n reuse-
visnet, wat baie jare onder die sand begrawe was en amper ’n bakkie vol gelê het.
“Ek het my hoed afgehaal vir die leerders, dit het vasbyt gekos, maar hulle wou nie
ophou voordat die net heel uitgegrawe is nie,” het Bestbier gesê.
5 Die bewarea-bestuur ontvang dikwels skool- en ander groepe wat meer wil leer oor
die see- en natuurlewe, en veral die skaars swarttobies wat aan dié kus hier broei.
(Uit: Die Burger, 1 Junie 2006)

1. Haal drie opeenvolgende woorde uit paragraaf 1 aan wat aandui


dat die Pionierskool nie baie naby aan Blombos is nie. (1)
2. Watter woord in paragraaf 1 beteken dieselfde as “skoonmaak”? (1)
3. Kies die korrekte antwoord:
Blombos is ’n “bewarea” (paragraaf 1), dit beteken:
a) dit is ’n area wat bewaar word.
b) die area is baie vuil en besoedel.
c) dis ’n area wat naby die see is.
d) dis ’n area waarheen toeriste gaan. (1)
4. Is die volgende stelling waar of onwaar? Gee ’n rede vir jou antwoord.
Die leerders van die Pionierskool het heeldag net rommel opgetel
toe hulle in Blombos was. (2)
5. Wat bedoel mnr. Bestbier as hy sê hy het sy “hoed afgehaal”
(paragraaf 4) vir die leerders? (1)
6. a) Wat het die leerders uit die sand uitgegrawe? (1)
b) Haal vier opeenvolgende woorde uit paragraaf 4 aan wat aandui
dat dit ’n moeilike werk was. (1)
7. Verduidelik wat die doel van hierdie koerantberig is. (2)
(10)

18. Dink groen 263


Taal in konteks: Algemeen
1. Voer die opdragte uit wat op die genommerde gedeeltes in die volgende
teks gebaseer is.

Wat op aarde gaan aan?


Jy het seker al die woorde “(a. klimaat + verandering)” en “aardverwarming”
gehoor. (b. Deesdae praat amper almal daaroor.)
Die afgelope paar (c. jaar/jare) is van die (d. warm) gemiddelde temperature ooit
op aarde (e. aanteken). Hoekom gebeur dit? Die (f. baie) wetenskaplikes glo dit
is hoofsaaklik ons mense se (g. fout). Moderne dinge soos motors, (h. voertuie
met vlerke waarmee ’n mens kan vlieg), fabrieke en kragsentrales stel reuse-
hoeveelhede koolstofdioksied (CO2) vry. Hierdie gas beland in die (i. luglaag
rondom die aarde) en keer dat (j. warmte) ontsnap. Dis amper soos ’n kombers wat
die hitte (k. buitehou).
Bome help om CO2 uit die atmosfeer te haal – maar ongelukkig (l. is/word) al hoe
meer woude vernietig vir hout of om plek te maak vir plase, (m. pad) of (n. stad).
(Uit: Hoezit!, Januarie 2011)

a) Vorm een woord.


b) Skryf die sin op twee verskillende maniere in die ontkennende vorm.
c) Kies die korrekte woord.
d) Gee die korrekte vorm.
e) Gee die korrekte vorm.
f) Gee die korrekte vorm.
g) Vervang met ’n beter woord.
h) Gee een woord vir die omskrywing.
i) Gee een woord vir die omskrywing.
j) Gee ’n sinoniem.
k) Gee ’n antoniem.
l) Kies die korrekte woord.
m) Gee die meervoud.
n) Gee die meervoud. (15)
2. Lees die seekoei se woorde en verbind dan die Die aarde verkeer
sinne met die woorde tussen hakies. in ’n krisis! Maar
a) Die aarde verkeer in ’n krisis. Ons kan help jy kan help om dit
om dit te red. (maar) te red ...
b) Die aarde verkeer in ’n krisis. Ons moet
help om dit te red. (daarom)
c) Ons moet iets doen. Die aarde verkeer in ’n krisis.
(omdat)
d) Die krisis sal verbeter. Ons almal bring ons kant. (mits)
e) Ons bring almal ons kant. Die krisis sal verbeter. (as) (5)
(20)
264 Kwartaal 4
Lees: ’n Gedig
Lees die gedig deur Hester Heese en beantwoord dan die vrae daaroor.

Sommerso
Hy kom kuier by my:
die kwikstertjie.
Hy drentel by my oop deur in,
sommerso, sommerso.
5 En sy grys klein lyf wieg
sommerso, sommerso.
Hy is tuis
in my huis.
Hy ontdek hier baie nuwe dinge.
10 Sommerso, sommerso.
En dan trippel hy weer uit,
sonder dankiesê:
sommerso, sommer net so.
(Uit: Groen, Haum-Literêr, 1990)

1. Kies die korrekte woord.


a) As ’n mens iets “sommerso” doen, doen jy dit op ’n (gespanne/
ontspanne) manier.
b) ’n Kwikstertjie is ’n soort (voëltjie/insek/troeteldier). (2)
2. Watter werkwoord in die eerste drie versreëls pas goed by die gedig
se titel? Gee ’n rede vir jou antwoord. (2)
3. a) Skryf versreël 1 en 2 neer en onderstreep die klanke wat allitereer. (1)
b) Wat is die funksie van hierdie alliterasie? (1)
4. Haal twee woorde aan wat beskryf hoe die kwikstertjie lyk. (2)
5. Wat beteken dit om êrens “tuis” te wees (soos in versreël 7)? (1)
6. Skryf ’n voorbeeld van paarrym uit die gedig neer. (1)
7. Noem een ooreenkoms tussen versreël 7 en 8. (1)
8. Wat sê die volgende woorde oor hoe die kwikstertjie beweeg?
a) “wieg” (versreël 5)
b) “trippel” (versreël 11) (2)
9. Waarom, dink jy, word die woord “sommerso” so baie keer herhaal
in die gedig? (1)
10. Dink jy die spreker hou daarvan dat die kwikstertjie in haar huis
kom kuier? Gee ’n rede vir jou antwoord. (1)
(15)

18. Dink groen 265


Taal in konteks: Algemeen
Beantwoord die vrae wat op die spotprent gebaseer is.

(Uit: Die Burger, 23 Julie 2011)

1. Vul die ontbrekende woorde in.


a) ’n Traan loop ____ die bokkie se wang.
b) As iets jou dwars in die krop steek (kyk na die muis se woorde),
beteken dit jy hou niks ____ nie en dit maak jou baie ____. (3)
2. Kies die korrekte woord: Baie diere (ly/lei) as gevolg van die mens. (1)
3. Skryf die sinne in die verlede tyd.
a) Die bokkie het baie hartseer oë.
b) Mense maak renosters vir hul horings dood. (2)
4. Skryf die sin met die nodige leestekens oor.
Die bokkie vra Wat het julle gedoen (2)
5. Skryf die sinne oor sonder om die betekenis te verander. Begin met die
woorde tussen hakies.
a) Die stropers jag die renoster. (Die renoster ...)
b) Wie het die renoster doodgemaak? (Deur ...) (2)
(10)

Skryf: ’n Opstel
Kies een van die spotprente of ander illustrasies in hierdie lesreeks en skryf ’n
opstel van 200 tot 250 woorde daaroor of geïnspireer daardeur. Jy kan enige
soort opstel skryf – ’n verhalende, beskrywende, bespiegelende,
argumenterende of beredeneerde opstel. Kies self ’n titel vir jou opstel.
(50)

266 Kwartaal 4
Vraestel 1: Taal in konteks
Afdeling A: Begrip
Beantwoord die vrae wat op die tekste gebaseer is.
Vraag 1: Berig

Stryd om die slurp


Aangrypende foto’s van ’n voorval in die Krugerwildtuin
waarin ’n trop olifante ’n kalfie red wat deur ’n krokodil
aan die slurp gevang is, is die jongste Suid-Afrikaanse
natuurdrama waarna almal wêreldwyd kyk.
Die video van ’n vorige drama in dieselfde wildtuin
waarin ’n trop buffels ’n kalfie uit die kloue van twee
krokodille en ’n trop leeus red, is reeds byna 57 miljoen
keer op YouTube gekyk.
Mnr. Johan Opperman van Pretoria het die dramatiese slurpie-toutrek-toneel by
’n watergat in die wildtuin afgeneem. Dit het op Sky News verskyn.
Die olifantjie het saam met die res van die trop by die watergat gaan water drink.
Skielik het die krokodil uit die waterplante gevlieg en die suipende kalfie aan die punt
van die slurpie beetgekry.
Die kleintjie het volgens Opperman ’n vreeslike lawaai opgeskop. Die res van die
trop het getrompetter voordat hulle op die krokodil afgestorm het. Die meeste van die
olifante wat die kalfie so vinnig gaan help het, was koeie.
Toe die koeie hom storm, het die krokodil die slurpie gelos. Volgens Opperman het
die trop om die kalfie rondgemaal om seker te maak die diertjie het niks oorgekom nie.
Daarna het die trop deur die vlak water geloop en in die bosse verdwyn.
(Verwerk uit: Beeld, 29 Oktober 2010)

1.1 Wie is die fotograaf van die foto by die artikel? (1)
1.2 Waar het hierdie reddingspoging en die vorige een plaasgevind? (1)
1.3 Was dit albei kere volwasse diere wat gered is? Verduidelik. (1)
1.4 Slegs Suid-Afrikaners weet van die twee reddingspogings.
1.4.1 Is die stelling waar of onwaar? (1)
1.4.2 Bewys jou antwoord met behulp van ’n aanhaling uit die teks. (1)
1.5 Hoe weet ons die video van die kalfie en die buffels is baie populêr? (1)
1.6 Waarmee was die olifantkalfie besig toe hy aangeval is? (1)
1.7 Waaraan het die krokodil die olifantkalfie getrek? (1)
1.8 Hoe is die kalfie gered? (2)
1.9 Op watter lesers is hierdie soort berig gerig? (1)
[11]

Vraestel 1: Taal in konteks 267


Vraag 2: Inligtingsteks

(Uit: Beeld, 14 Januarie 2011)

2.1 Watter woord sê dat die Augrabies-waterval nie altyd so baie kubieke
meter water het nie? (1)
2.2 Pas die waterval in kolom B by die land in kolom A. Gee slegs die
nommer en die antwoord.
Kolom A Kolom B
2.2.1 Argentinië A Niagara
2.2.2 Zimbabwe B Iguazu
2.2.3 Verenigde State van Amerika C Victoria
(3)
2.3 Watter waterval is die laagste van die drie? (1)
2.4 Naby watter groot stede is die Niagara-waterval geleë? (1)
2.5 Verduidelik wat die opskrif beteken. (1)
[7]

268 Kwartaal 4
Vraag 3: Artikel

Gode se moordwapen
Weerlig is een van Suid-Afrika se dodelikste weerverskynsels.
Die mens het van die vroegste tye af al oor weerlig gewonder. Hoe dit presies
ontstaan, is steeds nie duidelik nie.
Voordat weerlig vir die eerste maal wetenskaplik ondersoek is, het antieke
kulture gesê hul gode het dit veroorsaak. Het jy geweet Donderdag het sy naam van
die Skandinawiese god Thor gekry? Thor het weerligstrale na sy vyande gegooi.
Voor die Skandinawiërs het die antieke Grieke ook geglo weerlig is hul hoofgod
Zeus se wapen.
In Zoeloe- en Xhosa-kulture is die weerlig die voël iMpundulu. Wanneer hy uit
die wolke aarde toe duik, blits weerlig van sy vere af.
“Weerlig is ’n yslike vonk statiese elektrisiteit op ’n enorme skaal,” sê die
Amerikaanse weerdiens. ’n Weerligstraal beweeg teen ’n spoed van 435 000 km/h, en
verhit die lug daarrondom tot 28 000 °C. (Dis omtrent vyf keer warmer as die
oppervlak van die son!)
Een van Nasa se satelliete met ’n spesiale weerligopnemer het waargeneem
45 weerligstrale tref die aarde per sekonde. Enige tyd van die dag woed daar
1 800 donderstorms êrens op die aardbol.
Donderwolke vorm meestal in die somermaande, verduidelik die Suid-
Afrikaanse Nasionale Weerdiens. Wanneer dit baie reën is daar baie donderstorms,
en dus baie weerlig, sê die weerdiens.
Mense op die platteland is dan veral uitgelewer omdat daar nie baie geboue en
ander strukture is om die weerlig af te lei nie.
“Jou kans om in Suid-Afrika getref te word, is groter as om die Lotto te wen,” sê
dr. Ryan Blumenthal. “Weerlig tref die grond in Suid-Afrika omtrent 18 miljoen
keer per jaar.”
Die grootboet van statiese elektrisiteit is beslis nie ’n mens se speelmaat nie.
(Verwerk uit: Beeld, 17 Januarie 2011)

3.1 Watter woord in paragraaf 1 dui aan dat weerlig baie gevaarlik is? (1)
3.2 Pas die gode in kolom B by die kultuur in kolom A. Gee slegs die
nommer en die antwoord.
Kolom A Kolom B
3.2.1 Xhosa-kultuur A Thor
3.2.2 Griekse kultuur B iMpundulu
3.2.3 Skandinawiese kultuur C Zeus
(3)
3.3 Hoe het Thor sy vyande gestraf? (1)
3.4 Haal die definisie aan wat weerlig beskryf. (1)

Vraestel 1: Taal in konteks 269


3.5 Kies die regte woord tussen hakies.
3.5.1 Die lug rondom ’n weerligstraal is (warmer/kouer) as die
oppervlakte van die son. (1)
3.5.2 Die inligting wat van Nasa ontvang is, is (menings/feite). (1)
3.6 In watter seisoen kom donderstorms veral in Suid-Afrika voor? (1)
3.7 Waarom word mense op die platteland makliker deur die weerlig getref? (1)
3.8 Hoe vergelyk ’n mens se kans om deur weerlig getref te word en om
die Lotto te wen? (1)
3.9 Kies die korrekte antwoord: Die titel “Gode se moordwapen” is
’n voorbeeld van (manipulasie/figuurlike taal/denotasie/
partydige taal). (1)
(12)
Totaal vir Afdeling A: 30
Afdeling B: Opsomming
Vraag 4
Som die teks se hoofgedagtes in sewe sinne van altesaam 60 tot 70 woorde op.
Skryf die hoofgedagtes puntsgewys onder mekaar neer.
Wenke om veilig te bly as jy MXit gebruik
1 Jy moet onthou dat baie mense met wie jy so lekker op MXit gesels nie
altyd eerlik is nie. Hulle wil jou gebruik vir hulle plesier en nie omdat hulle
so baie van jou hou nie.
2 Dis werklik gevaarlik om jou persoonlike inligting of dié van jou vriende aan
mense wat jy nie ken nie, te gee. Moet dus glad nie jou naam, skool, adres en
selfoonnommer aan vreemdes gee nie, al probeer hulle jou daarvan oortuig.
3 Moenie mense wat jy aanlyn ontmoet het, in die werklikheid alleen ontmoet
nie. Jy kan dalk nuuskierig wees oor die persoon met die mooi stem en
interessante lewe, maar bly liewers wonder en bly tuis.
4 As jy ongemaklik voel oor vrae wat iemand jou vra of inligting wat aan jou
gegee word, moet jy dadelik ophou praat, die gebruiker blokkeer of die
kletskamer verlaat.
5 Jy moet jou MXit-PIN beskerm en onthou dis net vir jou oë bedoel. Jou
maats hoef glad nie te weet wat dit is nie. Jy moet ook nie toelaat dat
iemand anders jou selfoon gebruik nie.
6 Moenie die sosiale netwerk so baie gebruik en dan so skaam en terug-
getrokke raak dat dit vir jou ’n manier word om van die gewone lewe te
ontsnap nie. Jy gaan dan sukkel om normaal met ander mense te kan
kommunikeer.
7 Jy moet nooit oor MXit gemanipuleer word om gewaagde foto’s van jouself
te neem en dit te versprei nie. Voor jy jou oë uitvee, het duisende mense
daarvan gehoor en dit gesien.
(Verwerk uit: Jip, 19 September 2011)
Totaal vir Afdeling B: 10

270 Kwartaal 4
Afdeling C: Taal
Voer die opdragte uit wat op die tekste gebaseer is.

(Verwerk uit: Sake 24, 12 Julie 2011)

Vraag 5: Advertensie
5.1 Skryf in die toekomende tyd.
Hoe kan 100 bome ’n kind help? (1)
5.2 Gee die meervoud van die woord tussen hakies.
Baie kinders ervaar (struikelblok) in die lewe. (1)
5.3 Skryf die afkorting in die sin voluit.
Baie kinders in SA bestee ure om skool toe te loop. (1)
5.4 Gee die verkleinwoord van die vetgedrukte woord.
Die meeste paaie waarop hulle loop, is stowwerig. (1)
5.5 Gee die regte vorm van die woorde tussen hakies.
Hoe (5.5.1 baie) hulle sukkel, hoe (5.5.2 min) kom hulle skool toe. (2)
5.6 Gee die intensiewe vorm van die vetgedrukte woord.
Hulle kom moeg by die skool aan. (1)

Vraestel 1: Taal in konteks 271


5.7 Skryf die sin oor en begin soos aangedui.
Hulle moet betyds by die skool kom.
Hulle behoort ... (1)
5.8 Verbind die twee sinne met die voegwoord as.
Dis te sê. Hulle kom ooit by die skool.
Begin so: Dit is te sê as ... (1)
5.9 Gee ’n sinoniem van die vetgedrukte woord.
Hulle verskaf fietse aan kinders. (1)
5.10 Verbind die sinne met die voegwoord tussen hakies.
Die kind kry ’n fiets. Sy het 100 bome geplant. (want) (1)
5.11 Rangskik die sinsdele in die korrekte orde.
Kinders kan (wees) (by die skool) (met die fietse) (betyds). (2)
5.12 Verbind die twee sinne met die voegwoord tussen hakies.
Kinders kan skool bywoon. Hulle kan hul volle potensiaal ontwikkel.
(dus) (1)
5.13 Kies die regte woord tussen hakies.
Help ’n kind (dat/wat/wie) sukkel. (1)
5.14 Gee die korrekte vorm van die woord tussen hakies.
Die (moeg) kinders kan nie konsentreer nie. (1)
5.15 Gee een woord vir die woorde tussen hakies.
Dis nie (kind + speletjies) om so ver te stap nie. (1)
5.16 Verbeter die spelfout in die volgende sin.
Is dit moelik om so baie bome te plant? (1)
5.17 Skryf die sin oor en verbeter die taalfout.
Die kinders het bome geplant, dan het hulle fietse gekry. (1)
5.18 Gee ’n antoniem vir die vetgedrukte woord.
Gedurende die week sal die kinders later by die skool wees. (1)
[20]
Ja man, Peter, jy
het te min geleer
en te veel gejol!

272 Kwartaal 4
Vraag 6: Spotprent
6.1 Gee een woord vir die beskrywing tussen hakies.
Die uitslae verskyn in die (daaglikse blad met nuusberigte). (1)
6.2 Kies die korrekte woord tussen hakies.
Die pa en ma (ly/lei) aan eksamenstres. (1)
6.3 Skryf die sin oor in die direkte rede.
Die seun sê vir sy pa dat hy nie so bekommerd moet wees nie,
want hy sal slaag. (2)
6.4 Skryf die woorde “ma worry, nie ek” in goeie Afrikaans en sonder
foute oor. (2)
6.5 Vul die ontbrekende voorsetsel in.
Die meisie is kwaad ____ haar broer. (1)
6.6 Skryf die sin oor in die indirekte rede.
Die seun het vir sy vriendin gevra: “Kom jy môre saam met my fliek?” (2)
6.7 Skryf oor in die ontkennende vorm.
6.7.1 Die ouers is rustig. (1)
6.7.2 Het die uitslae al verskyn? (2)
6.8 Skryf die sin oor in die lydende vorm.
Die seun maak ’n oproep. (1)
6.9 Skryf die sin oor in die bedrywende vorm.
Deur wie is die oproep gemaak? (1)
6.10 Skryf die sin oor met ’n infinitief.
Hulle moenie bekommerd wees nie.
Begin so: Hulle hoef nie ... (1)
6.11 Kies die woord wat die suster se gevoel die beste oordra.
Die suster (beskuldig/bewonder) haar broer. (1)
6.12 Gee die korrekte vorm van die deelwoord tussen hakies.
As die uitslae in die koerante verskyn, is dit (opwen). (1)
6.13 Wat beteken die idioom in die volgende sin?
’n Mens kan nie sê die seun het geen lui haar op sy kop nie. (1)
6.14 Skryf die sin oor in die verlede tyd.
Die seun gesels met sy vriendin. (1)
6.15 Vra ’n vraag waarop die onderstreepte deel die antwoord sal wees.
As die seun die eksamen slaag, sal almal baie verbaas wees. (1)
(20)
Totaal van Afdeling C: 40
Groottotaal: 80

Vraestel 1: Taal in konteks 273


Taal
Spelling en skryfwyse
Hier volg riglyne en spelreëls wat jy moet toepas om korrek te spel en te skryf.
Vokale (klinkers)
Daar is vyf vokaalletters: a, e, i, o, u.
• Vokale word kort of lank uitgespreek, bv.: bed (kort) en been (lank); pot
(kort) en poot (lank); mus (kort) en muur (lank).
• Lang vokaalklanke word soms met een vokaalletter geskryf, bv. pote, bene
en mure. Die reël hiervoor is: ’n Vokaalklank aan die einde van ’n oop
lettergreep (lettergreep wat op ’n vokaal eindig) word lank uitgespreek en
met een vokaalletter geskryf.
• Lang vokaalklanke word ook soms met twee vokaalletters geskryf, bv.
slaap en speel. Die reël hiervoor is: ’n Lang vokaalklank in ’n geslote
lettergreep (lettergreep wat op ’n konsonant eindig) word met twee
vokaalletters geskryf.
Konsonante (medeklinkers)
Daar is twintig konsonante (medeklinkers) in die alfabet: b, c, d, f, g, h, j, k, l,
m, n, p, q, r, s, t, v, w, x, z.
• Na kort, beklemtoonde vokale word konsonante in woorde soos die
volgende verdubbel: katte, blomme, blommetjie, skooltasse, skooltassie, kolle,
kolletjie, damme, dammetjie, kokipenne, kokipennetjie.
• Die konsonant c word in Afrikaans min gebruik – net in leenwoorde uit
ander tale soos casino en saam met die h in woorde soos chaos en Christen
(uitgespreek soos g in goed).
• Die konsonant q word byna nooit in Afrikaans gebruik nie en z ook baie min,
maar tog in KwaZulu-Natal en vuvuzela.
Diftonge (tweeklanke) bestaan uit twee of meer vokale wat in een lettergreep
voorkom en amper soos een klank uitgespreek word, bv.: ai, blaai, klei, leeu, roei,
rooi, blou, uil, pyl.
Skryftekens
Hierdie tekens is merke wat op vokaalletters in sommige woorde geplaas word
om korrekte uitspraak aan te dui.

Wenk Dit is ’n spelfout om ’n skryfteken weg laat.

Deelteken
’n Deelteken wys waar ’n nuwe lettergreep begin as twee lettergrepe as een
uitgespreek kan word, bv. oë, hoë, droë, vroeër, breë, moeë, beïnvloed,
geïnteresseerd, oorloë, Namibië, reënboë, hiëna, reël, geëet, spieël.

274 Taal
Let Wel:
• Daar is nie ’n deelteken op hierdie woorde nie: dae, lae, vrae, speel.
• ’n Mens skryf finansiële, maar finansieel; dieet, maar diëte.
Kappie
’n Kappie wys ’n vokaal word lank uitgespreek, bv. skêr, wêreld, môre, lê, sê, hê
(to have), bêre, brûe, rûens, pêrel, blêr.
Let Wel:
• Daar is nie ’n kappie op hierdie woorde nie: kombers, pers, tert, stert, perd,
vlermuis.
• ’n Mens kan ver of vêr skryf.
Aksenttekens
Die akuutteken
• word op ’n vokaalletter geplaas om te wys dat dit beklemtoon word:
Die bruid lyk só mooi. Gee my dié een; daardie een is te klein.
• word op vokale in sommige eiename geplaas, bv. René, André, Marié, Naudé
• kom soms in leenwoorde uit ander tale voor: cliché, olé, rosé.

Die gravisteken
• word in die volgende vier Afrikaanse woorde gebruik: dè, nè, hè, appèl
• word op sommige eiename gebruik: Adèle, Eugène
• word op sommige leenwoorde gebruik: première, crèche.
Koppelteken
Die koppelteken word gebruik:
• wanneer vokale in woorde langs mekaar staan, soos na-aap (to imitate) en
bo-op (on top)
• in woorde met syfers, simbole en letters vooraan, soos x-strale; graad 10-klas,
B-span en 5 kg-sak
• in woorde met afkortings, soos SMS-boodskap, VSA-soldate, e-pos.
• in breuke (fractions), soos twee-derdes, sewe-agstes
• in die plek van “teen” in: Australië-Indië-wedstryd
• in woorde waarvan dele herhaal word, soos lag-lag, sit-sit, huil-huil
• in samestellings met “hulle”, soos my ma-hulle, oom Solly-hulle,
Lindiwe-hulle
• in geografiese name, soos KwaZulu-Natal, Riebeek-Kasteel, Groot-Karoo
• in plekname waarin windrigtings (directions) voorkom, bv. Suid-Afrika,
Somerset-Oos, Noord-Kaap, Suidoos-Asië
• in titels en range van persone, soos goewerneur-generaal, sersant-majoor
• in woorde waarvan ’n deel weggelaat word in die plek van die weggelate deel,
soos krieket- en sokkerveld (in plaas van krieketveld en sokkerveld)
• in woorde wat uit ’n paar afsonderlike woorde gevorm is, soos mik-en-druk-
kamera, tref-en-trap-ongeluk.

Taal 275
Afkappingsteken
Afkappingstekens word gebruik:
• in die meervouds- en verkleiningsvorm van woorde wat eindig op die letters
i, o, u en ’n lang, beklemtoonde a, bv. ma’s, ma’tjie, bikini’s, bikini’tjie, foto’s,
foto’tjie, Zulu’s, Zulu’tjie

Wenk Daar is nie ’n afkappingsteken in die volgende woorde nie,


want die a word nie beklemtoon nie: oumas, oumatjie, oupas,
oupatjie, babas, babatjie, kameras, kameratjie.

• in die meervoud en verkleinwoord van letters en syfers, soos a’s, a’tjie, m’e,
m’etjie, 3’s (of 3’e)
• in woorde waar letters weggelaat word, bv. Ek’s (ek is) jammer dat ek laat is.

Wenk Die woord “’n” word nooit met ’n hoofletter geskryf nie.

Aktiwiteit 1
Skryf die volgende sinne oor en verbeter al die spelfoute. Onderstreep elke
woord wat jy verbeter.
1. Ons het gehoor dat CDs en DVDs oor fyf jaar nie meer gebruik sal word
nie. Net soos die langspeelplate en vidiokasete wat ons ouma’s en oupa’s
so goed geken het, sal hierdie bekende voorverpe ook van die toeneel
verdwein.
2. Indiers het soms baie lang name wat mooilik is om uit te spreek. Diè name
word dan dikwels verkort – ook plêkname.
3. Die skool se A span speël Saturdag ’n krieket-wedstryd in Kaap Stad.
4. In Australieë is baie kangaroe’s, maar daar is nie meer so baie koala’s nie.
5. Namibie se naam was vroeer Suid-Wes-Afrika.
6 Twee brue het weggespoel tydens die oorstroomings en ’n hele paar pêrde
van ’n boor wat ’n plaas lanks die rivier het, het verdrink.
7. Ek hou nie van die pers komberse wat oor die bedens is nie. Sulke klere in
’n slaapkaamer lat ’n mêns onrustig voel. Dit pas ook nie by die pink en
orange gordyne nie.
8. Die partytjie in Somerset Wes was baie genotvoll. Ons het leker gedaans en
het eers die volgende dag teruggegaan Oos London toe.

Die los en vas skryf van woorde


Woorde word soms aan mekaar verbind (vas geskryf) om ’n nuwe woord
(samestelling) te vorm. Die volgende woorde is samestellings:

Wenke Dis ’n spelfout om samestellings los van mekaar te skryf.

276 Taal
• soortname (selfstandige naamwoorde) wat met ’n ander soortnaam verbind
word om ’n nuwe woord te vorm, bv. huistaal, kunsskool, hawestad
• alle intensiewe vorme, bv. kliphard, yskoud, splinternuut, doodmoeg
• werkwoorde met -ge- tussenin in die verlede tyd, bv. uitgehardloop,
weggegooi, opgetel, aangegaan, binnegekom
• name van plante en diere soos: groenboontjies, rooibok, swartrenoster
• ’n tydstip, soos eenuur (one o’clock) en drie-uur (three o’clock)
• woorde soos agtertoe, ondertoe, buite(n)toe.
Die volgende word los geskryf:
• ’n tydsduur, soos vyf uur (five hours), ses dae
• kleure saam met ’n selfstandige naamwoord, soos geel hoed, swart motor
• woorde met toe, soos huis toe, skool toe: Ons gaan vandag vroeg huis toe
en môre hoef ons nie skool toe te kom nie.
Die volgende kan óf los óf vas geskryf word:
• telwoorde: een-en-twintig, een en twintig; vier-en-veertig, vier en veertig,
tweehonderd drie-en-dertig, twee honderd drie en dertig
• eiename soos: Victoriahospitaal, Victoria-hospitaal, Victoria Hospitaal,
Victoria-Hospitaal, Derde Laan, Derdelaan.
Hoofletters
Spesiale name van mense, diere, plekke, berge, riviere, dae van die week,
maande van die jaar, vakansie- en feesdae, boeke en ander publikasies, skole en
organisasies word met hoofletters geskryf.
Let Wel:
• Titels word nie in die middel van sinne met ’n hoofletter geskryf nie,
behalwe as dit as aanspreekvorm gebruik word in die plek van die persoon se
naam: Goeiemôre, Dominee. Waar is oom Jacob? Is hy saam met Mevrou
dokter toe?
• Ek ken prof. Paula du Toit, maar nie haar dogter, mev. Juanita le Roux nie.
Prof. Du Toit is ’n professor aan die Universiteit van Pretoria.

Aktiwiteit 2
In die volgende sinne moet party woorde as een woord of los geskryf word.
Daar is ook ander spelfoute. Herskryf die sinne.
1. My Ma het die vleis-skottel uit die mikro golf oond gehaal en daarna het sy
pepper en sout oor die sous gespringkel. Ons was honger, want ons het nie
middag ete gehad nie.
2. Ek is dood gelukkig in my nuwe skool en is bly ons het uit Polokwane weg
gegaan en hier na toe gekom.
3. Jy moet van aand voor agt uur huistoegaan, anders is jy weer te laat vir
daardie TVprogram.
4. My splinter nuwe selfoon wat ek in See Punt gekoop het, is gister gesteel,
net sowat drie uur nadat ek dit gekoop het.

Taal 277
Woordsoorte: Inleiding
As jy hierdie twee sinne lees ...
As jy ’n huis wil bou, gebruik jy bougereedskap.
As jy ’n taal wil praat, gebruik jy taalgereedskap.
... sal jy sien dat taalgereedskap uit die volgende kan bestaan:
In elke sin is daar woorde. Elke woord het sy eie uitspraak. Elke woord het sy
eie spelling. Elke sin begin met ’n hoofletter. In elke sin is daar twee
leestekens: ’n komma en ’n punt. Die komma staan elke keer tussen twee
werkwoorde. Albei sinne is saamgestelde sinne. Hulle was dus oorspronklik
twee sinne.
– Jy wil ’n huis bou. Jy gebruik bougereedskap.
– Jy wil ’n taal praat. Jy gebruik taalgereedskap.
In elk van die sinne word die twee oorspronklike sinne saamgevoeg deur
die voegwoord “as’’.
Elkeen van die sinne bestaan uit woordsoorte:

persoonlike
voegwoord: as lidwoord: ’n
voornaamwoord: jy

selfstandige hulpwerkwoord: werkwoord:


naamwoord: taal wil praat

selfstandige
werkwoord: persoonlike
naamwoord:
gebruik voornaamwoord: jy
taalgereedskap

Voornaamwoorde
’n Voornaamwoord staan in die plek van ’n selfstandige naamwoord.
Persoonlike en besitlike voornaamwoorde
Aktiwiteit 3: Voornaamwoorde
• Lees eers die paragraaf hieronder. Hoe klink dit vir jou?
Douglas sê Douglas se boek is al weer weg. Douglas sê vir
Douglas se ma: “Douglas het gister Douglas se boek op Douglas
se bank vergeet.” Nou is Douglas se ma en Douglas se pa kwaad
vir Douglas. Hulle sê vir hom: “Douglas behoort Douglas te
skaam omdat Douglas se goed altyd weg is!” Nou moet Douglas
Douglas se suster se boek gebruik om te leer. Douglas se suster
moet self vir Douglas se suster se toets leer. Douglas én Douglas
se suster weet dat Douglas en Douglas se suster se ouers nie geld
het om aanhoudend vir Douglas en Douglas se suster nuwe boeke
te koop nie.

278 Taal
• Skryf nou dié paragraaf oor en gebruik Ag nee! Dis onmoontlik
die naam Douglas net één keer: om so te praat. Dankie
as eerste woord. Daarna gebruik tog vir voornaamwoorde!
jy die persoonlike en besitlike
voornaamwoorde in die plek
van sy naam.
Kies die woorde in die boeke
langs die aktiwiteit.
Begin so: Douglas sê sy boek ...
Betreklike voornaamwoorde
Betreklike voornaamwoorde soos wat, met wie, waarmee, waarvan, ens. word
dikwels as voegwoorde gebruik om sinne te verbind. Kyk na die voorbeelde.
Voorbeeld 1: Die meisie het gesing. Sy is my suster. (wat)
Die meisie wat gesing het, is my suster.
Voorbeeld 2: Hy is verlief op die meisie. Sy woon in die Oos-Kaap. (op wie)
Die meisie op wie hy verlief is, woon in die Oos-Kaap.
Voorbeeld 3: Die motor is rooi. Haar pa neem haar met die motor skool toe.
(waarmee)
Die motor waarmee haar pa haar skool toe neem, is rooi.
Het jy agtergekom?
WAT word gebruik vir mense, diere en dinge as daar nie ’n voorsetsel is nie,
bv. die meisie wat, die hond wat, die pen wat.
WIE word net vir mense gebruik ná voorsetsels, bv. aan wie, met wie, op
wie, vir wie.
Woorde soos WAARMEE, WAARIN, WAAROP, WAARDEUR word vir
diere en dinge gebruik, want die laaste deel van die woorde (met, in, op, deur)
is voorsetsels – en hierdie voorsetsels verander elke keer die wat in WAAR.

Aktiwiteit 4: Betreklike voornaamwoorde


Kies in die volgende sinne die regte vorm van die betreklike voornaamwoord
tussen hakies en probeer sê waarom jy die spesifieke woord gekies het.
Voorbeeld 1: Die onderwyser (wat, wie) voor die klas staan, gee Afrikaans.
Antwoord: wat (Daar is nie ’n voorsetsel in die sin nie.)
Voorbeeld 2: Die onderwyser (waarmee, met wie) jy gesels, verstaan baie
tale.
Antwoord: met wie (Die onderwyser is ’n mens en daar is ’n voorsetsel
met.)
Taal 279
1. Die hond (wat, wie, vir wie) so blaf, behoort aan my vriend.
2. Die man (wat, op wie, wie) so op sy fluitjie blaas, is die skeidsregter.
3. Die mense (by wie, wat, waarby) ek loseer, is baie gaaf.
4. Die boom (agter wat, wat, waaragter) hy staan, is nie dik genoeg nie.
5. Die stoel (waarop, wat, op wat) sy gesit het, het gebreek.
6. My pa is die man (waarop, op wat, op wie) ek vertrou.
7. My leesboek is die een boek (sonder wat, sonder wie, waarsonder) ek
nie kan klaarkom nie.
8. (Uit wat, Wat, Waaruit) het julle die koffie gedrink?
9. Al die kinders (wat, van wie, wie) van die vleis geëet het, het siek geword.
10. Die ongeluk (waarvan, wat, van wie) ek jou vertel het, het gister gebeur.

Aktiwiteit 5: Betreklike voornaamwoorde


Kyk na die prentjies en sê wat jy daarop sien. Voltooi dan die sinne oor die
prentjies. Dink jou eie sinne uit. Onthou om betreklike voornaamwoorde soos
wat, waarmee, waarin en waarop te gebruik.

Voorbeeld: ’n Huis is iets ...


Antwoord: ’n Huis is iets waarin ’n mens woon.
of
’n Huis is iets wat jy met bakstene bou.
1. ’n Pen is iets ...
2. ’n Wortel is iets ...
3. ’n Motor is iets ...
4. ’n Deur is iets ...
5. ’n Perd is iets ...
6. ’n Kruiwa is iets ...
7. ’n Stoel is iets ...

280 Taal
Aktiwiteit 6: Betreklike voornaamwoorde
Doen twee dinge: verbind eers elke sin in kolom A met die sin in kolom B wat
die beste daarby pas. Maak dan die twee sinne een sin deur van ’n betreklike
voornaamwoord gebruik te maak.

Kolom A Kolom B
1. Die hotel is in Wesstraat. a) Ons gesels met die ontvangsdame.
2. Die hoteleienaar is Sue se neef. b) Ek praat van die restaurant.
3. Die ontvangsdame is vriendelik. c) Ek skryf met die pen in die
gasteboek.
4. Die pen is blou. d) Ons het in die hotel gebly.
5. Die kelnerin het ons bedien. e) Die kelnerin is goed opgelei.
6. Die restaurant is in Bloemfontein. f) Ek het jou aan die hoteleienaar
voorgestel.

Voorbeeld: 1. Die hotel is in Wesstraat. d) Ons het in die hotel gebly.


Antwoord: Die hotel waarin ons gebly het, is in Wesstraat.
Vraende voornaamwoorde

Die vraagwoorde Wie? Wie se? Wie s’n? en Aan wie? word gebruik as die
antwoord op ’n vraag ’n mens is, bv. Wie het dit gedoen? Antwoord: Piet.
Die vraagwoorde Wat? Watter? en Waarmee? word gebruik as die
antwoorde op ’n vraag ’n dier, ’n land of ’n ding is, bv. Wat is in die beursie?
Antwoord: Geld.

Aktiwiteit 7: Vraende voornaamwoorde


Kies die regte vraende voornaamwoord tussen hakies.
Voorbeeld 1: (Waarvan, Van wie) praat jy? Die seuns of die meisies?
Antwoord: Van wie (die antwoord is mense) praat jy?
Voorbeeld 2: (Waarvan, Van wie) praat jy? Die boek of die film?
Antwoord: Waarvan (die antwoord is nie ’n mens nie, maar ’n ding)
praat jy?
1. (Wie, Wat) woon in hierdie huis?
2. (Met wat, Waarmee, Met wie) het jy die brood gesny?
3. (Wie s’n, Wat) is dit? Myne of joune?
4. (Wie se, Watter) boek is dit? Syne of hare?

Taal 281
’n Paar ander gebruike van voornaamwoorde

Onthou Saam met sekere werkwoorde soos skaam, gedra, verbeel,


verslaap en verspreek, moet jy twee voornaamwoorde
gebruik: een vóór die werkwoord en een ná die werkwoord.
Jy sal agterkom die voornaamwoorde verwys na dieselfde
persoon, bv. Hy verslaap hom gereeld.

Aktiwiteit 8: Voornaamwoorde

By sulke gevalle
gebruik ’n mens my,
jou, hom, haar, ons,
julle en hulle ná die
werkwoord.

A B C
1. Ek skaam my. 1. Ek gedra my. 1. Ek verbeel my.
2. Jy skaam _____. 2. Jy gedra _____. 2. Jy verbeel _____.
3. Hy skaam _____. 3. Hy gedra _____. 3. Hy verbeel _____.
4. Sy skaam _____. 4. Sy gedra _____. 4. Sy verbeel _____.
5. Ons skaam _____. 5. Ons gedra _____. 5. Ons verbeel _____ .
6. Julle skaam _____. 6. Julle gedra _____. 6. Julle verbeel _____.
7. Hulle skaam _____. 7. Hulle gedra _____. 7. Hulle verbeel _____.

Aktiwiteit 9: Voornaamwoorde
Vul die ontbrekende voornaamwoorde in.

jy hy jou u dit

Goeiemôre, Meneer, kan 1. _____ vir my sê waar ’n mens 2. _____ motor moet
parkeer as 3. _____ nie wil hê 4. _____ moet gesteel word nie.

282 Taal
Voorsetsels
Voorsetsels (prepositions) is kort woordjies soos aan, op, van, om, uit, teen,
agter, by, met, na, in, onder, oor, voor, deur, tot ... wat in byna elke sin
wat jy praat of skryf, voorkom. Dis onmoontlik om almal te leer, maar ’n mens
kan probeer!
Kyk hoe dié voorsetsels gebruik word.
op van af tussen

Sy klim op Sy klim van Sy sit tussen


die perd se rug. die perd af. die twee perde.

op per op

Hy ry op ’n fiets. Hy ry per motor. Hy ry op ’n motorfiets.

in van oor om

Hy draf in die middel Hy stap oor die straat. Die hondjies stap om
van die straat. die hoek.

om oorkant langs op

Hulle hardloop om Hulle sit oorkant mekaar Hulle sit langs mekaar
die boom. en eet piekniekkos. op ’n mat.

Taal 283
Aktiwiteit 10: Voorsetsels
Kyk na die straattoneel. Lees die beskrywing en vul die ontbrekende voorsetsels
in.

oorkant, op, by ... in, langs, by, tussen, by ... ... af, oor, langs, by

Daar is ’n bakkery 1. _____ die bank en die


skoenwinkel. Die poskantoor is 2. _____ die bank.
Die supermark is 3. _____ die skoenwinkel. Die ou
man met die kierie stap 4. _____ die bank 5. _____.
’n Vrou stap 6. _____ die trappies van die bank
7. _____. Daar hardloop drie kinders 8. _____ die
sypaadjie. Daar wag ’n motor 9. _____ die rooi Maak seker dat jy
dié voorsetsels reg kan
robot. ’n Ma en twee kinders stap 10. _____ die gebruik!
straat. Die bus stop 11. _____ die sypaadjie
12. _____ die bushalte sodat die mense kan afklim.

Tot my spyt moet ek jou meedeel Ek verlang baie na my ou vriende.


... Hy wil aansoek om die betrekking
Tot my skande moet ek erken ... doen.
Die man staan onder verdenking ... Reis jy per trein of te voet?
Hy hyg na asem, want hy is moeg. Sy is verloof aan Sam.
Dit is aan hom te wyte dat ons Die man is verlief op die vrou.
verloor het. Ek doen dit teen my sin.
Dit is aan haar te danke dat ons Na aanleiding van die advertensie
gewen het. ...
Die mense kom van heinde en Met verwysing na u brief ...
verre. As gevolg van die reën ...
Teen middernag was daar ’n geluid.

284 Taal
Trappe van vergelyking Vind uit wat die trappe van
vergelyking van die volgende
Leer die volgende trappe van vergelyking woorde is: hoog, laag,
van beskrywende woorde. vroeg, laat, lig, donker, dun,
dik, grof en glad.
Trap 1 Trap 2 (-er) Trap 3 (-ste)
pragtig pragtiger as die pragtigste
oud ouer as die oudste
jonk jonger as die jongste
breed breër as die breedste
nuut nuwer as die nuutste
fiks fikser as die fiksste

Aktiwiteit 11: Trappe van vergelyking


Lees die gedig “Die motorbegraafplaas” en voltooi die trappe van vergelyking
van die woorde in vet druk.

Die motorbegraafplaas
Trap 1 Trap 2 Trap 3
Daar’s ’n lekker begraafplaas net buite die (-er) (-ste)
dorp waar spoke geen mens ooit sal pla.
1. lekker _____ as die _____
Al wat daar dwaal, is die geeste van motors
2. vinnig _____ as die _____
wat bietjies te vinnig wou ja. _____ _____
3. skeel as die
4. lelik _____ as die _____
Kyk na die tjor met sy neus ingeduik 5. vreeslik _____ _____
as die
en oë wat skeel na mekaar toe kyk: 6. groot _____ as die _____
mens kan die ongeluk nog aan hom ruik, 7. hoog _____ as die _____
lelik, mishandel – ’n Volkswagenlyk.

Ou Pieterman, hier lê die vreeslike wrak


van Kotie se oupa se groot BMW.
Kom ons trek weg voor die hoë son sak
Klim in, sodat ons hom vet kan gee.

(Aangepas en verkort)

Aktiwiteit 12: Trappe van vergelyking


Gee die regte vorm van die woorde tussen hakies.
Hoe 1. (goed) jou houding, hoe 2. (groot) die kans dat jy suksesvol in jou werk
sal wees. Hoe 3. (positief) jy oor jou werk voel, hoe 4. (baie) geleenthede sal
daar in die toekoms vir jou oopgaan.

Taal 285
Werkwoorde
Lydende vorm/passief en bedrywende vorm/aktief
’n Mens kan sekere sinne op twee verskillende maniere sê sonder om die
betekenis te verander. Kyk na die voorbeelde in die tabel.
Bedrywende vorm Lydende vorm
Hy lees die boek. Die boek word deur hom gelees (teenwoordige tyd).
Hy het die boek gelees. Die boek is deur hom gelees (verlede tyd).
Hy sal die boek lees. Die boek sal deur hom gelees word (toekomende
tyd).

Aktiwiteit 13: Lydende en bedrywende vorm (passief en aktief)


In die volgende koerantberig is daar woorde
uitgelaat. Vul is en word in en gee die regte Gebruik word vir die
vorm van die werkwoord tussen hakies. teenwoordige tyd en is
vir die verlede tyd.
Voorbeeld: Daar 1. _____ vandag nog dikwels
2. (kla) _____ dat taalonderrig
oninteressant is omdat daar te veel
deur een persoon 3. (praat) _____
_____ en te min deur die leerders
in die klas 4. (deelneem) _____
_____.
Antwoord: Daar 1. word vandag nog
dikwels 2. gekla dat taalonderrig
oninteressant is omdat daar te veel Onthou, al die sinne is
deur een persoon 3. gepraat word in die passiewe vorm.
en te min deur die leerders in die
klas 4. deelgeneem word.

Meer as ’n jaar gelede 1. _____ skole daar in baie klaskamers net gramma-
in kennis 2. (stel) _____ van nuwe tika 7. (doen) _____. Dit beteken dat
leerplanne. Nogtans 3. _____ leerders daar te veel deur die onderwyser en
aan verskeie skole vandag nog steeds te min deur die leerders 8. (praat)
volgens ou leerplanne (leer) 4. _____ _____. ’n Finale dokument
_____. In die tale moet daar byvoor- 9. _____ verlede week 10. (uitstuur)
beeld baie meer deur die leerders self _____ om die saak te verduidelik.
5. (bydra) _____ _____. Tog 6. _____

Joernaliste gebruik dikwels die lydende vorm,


bv. Daar is besluit dat die petrolprys gaan
styg. (Ons weet nie wie dit besluit het nie.)

286 Taal
Teenwoordige en verlede deelwoorde
Deelwoorde is nuwe woorde wat uit werkwoorde gevorm word. Kyk bv. na die
werkwoord kook en kyk na die deelwoorde wat daaruit gevorm word.

kokende water: teenwoordige deelwoord – die water is nou besig om te kook


gekookte water: verlede deelwoord – die water het klaar gekook

• Teenwoordige deelwoorde eindig gewoonlik op -ende, bv. lopende water


en oplettende kinders, huilende babas, teleurstellende nuus, flikkerende
ligte en uitputtende werk.
• Verlede deelwoorde kan in twee groepe verdeel word: swak verlede
deelwoorde en sterk verlede deelwoorde:
• Swak verlede deelwoorde word gewoonlik gevorm deur ge- vooraan die
werkwoord te skryf en -de of -te aan die einde van die werkwoord te plaas;
bv. gewaste hande, beproefde resepte, gekapte hout.

Leer ook:
verbaasde mense
geploegde lande
verloofde meisie

• By sterk verlede deelwoorde verander die klank van die woord, bv.
gebroke, geboë. Kyk bv. na die werkwoord breek. Die swak verlede
deelwoord van breek is gebreekte: ’n gebreekte koppie.

Die koppie is regtig (letterlik) stukkend: ’n Mens kan dit sien.


Die sterk verlede deelwoord van breek is gebroke: ’n gebroke hart.
’n Mens kan dit nie sien nie.
Dit is die figuurlike betekenis: As jy ’n gebroke hart het, is jy baie hartseer.

Onthou dié reël: werkwoorde wat op -k of -p


eindig, kry ’n -te agteraan, bv. verlepte blomme,
’n gestrykte hemp.
- Werkwoorde wat op -f, -g, -s eindig, kry -te
of -de agteraan, bv. gesifte meel of gesifde
meel. Werkwoorde wat op enige ander letter
eindig, kry -de, bv. bewoonde gebied.

Taal 287
As iemand ’n geswolle
hoof het, dink hy te veel
van homself.

Leer die volgende deelwoorde en doen die aktiwiteit wat daarop volg.
Werkwoord Swak verlede deelwoord Sterk verlede deelwoord
(letterlik) (figuurlik)
breek gebreekte glas gebroke hart
buig gebuigde ysterpaal geboë hoof
bederf bederfde vrugte bedorwe kinders
opwen opgewende horlosie opgewonde kinders
oortrek oorgetrekte boek oortrokke bankrekening
slyp geslypte glas geslepe dief
swel geswelde vinger geswolle hoof

Aktiwiteit 14: Deelwoorde

Gee die regte vorm van die deelwoord tussen hakies.


Voorbeeld: Almal was 1. (breek) oor die hartseer nuus.
Antwoord: Almal was 1. gebroke oor die hartseer nuus.
Willem het die inhoud van die plastieksak op die toonbank uitgegooi:
twee skoon 1. (ongestryk) hemde, ’n 2. (skeur) sportbroekie, ’n paar
3. (uitgetrap) seunskoene, 4. (gestop) sokkies, maar tog 5. (skoongewas)
sokkies, ’n voos 6. (geskop) sokkerbal, ’n 7. (bars) ballon. Die polisievrou het
met 8. (buig) hoof na die hopie goed gekyk. Hy het gepraat: “Dis Stephan se
goedjies. Sal u dit asseblief vir sy ma gee?”

288 Taal
Die infinitief
Die infinitief is die vorm van die werkwoord soos jy dit in die woordeboek sal
kry en soos jy dit saam met om te of te gebruik.
Die infinitief in Afrikaans verskil van dié in Engels. In Engels staan die “to”
direk voor die werkwoord (“to do, to bring”). In Afrikaans staan die voorwerp
tussen die om en die res van die infinitief, bv. Ek het hom gevra om vir my die
boek te bring.

Aktiwiteit 15: Infinitief


Besluit of die werkwoorde tussen hakies met te of om te gebruik word.
Soms sal jy die werkwoord ’n bietjie moet verander.
Voorbeeld 1: Hierdie werk is te veel in een
dag (doen).
Ná behoort gebruik ons
Antwoord: Hierdie werk is te veel om in nooit om te nie, net te:
een dag te doen. Hy behoort sy werk
Voorbeeld 2: Ek was nie so iets (wag) nie. te doen. 3
Antwoord: Ek was nie so iets te wagte Dis verkeerd:
nie. Hy behoort om sy werk
Voorbeeld 3: Hulle het besluit (weggaan) te doen. 7
nie meer nie.
Antwoord: Hulle het besluit om nie meer
weg te gaan nie.
1. My fiets is beslis nie (koop) nie.
2. Ek het hom gevra (help) my met die
werk.
3. Dit was my werk (aanmaak) al die
sement.
4. Daardie saak het niks met my (maak)
nie.
5. Hoe het jy van die ongeluk (hoor)
gekom?
6. Jy behoort meer water vir jou gesondheid
(drink). Onthou, dis verkeerd
7. My ma hou daarvan (werk) in die tuin. om te sê:
8. Sy het vir ons gesê wat (doen). Al wat jy hoef te doen … 7
9. Ek spaar geld (gaan) oorsee. ’n Mens sê liewer: Al wat jy
10. Die leerders behoort hard (werk) aan al moet doen … 3
die take.

• Na hoef gebruik ons altyd nie ...


te ... nie.

Jy hoef nie vandag dokter toe te gaan nie.

Taal 289
Aktiwiteit 16: Infinitief
Beantwoord die vrae soos aangedui.
Voorbeeld: Moet ek die swembad skoonmaak? Jy hoef ...
Antwoord: Jy hoef nie die swembad skoon te maak nie.
1. Moet ek die hond wegjaag? Jy hoef ...
2. Moet ek al die boeke oortrek? Jy hoef ...
3. Moet ek die hele waatlemoen opsny? Jy hoef ...
4. Moet ek die sakkies uitpak? Jy hoef ...
5. Moet ek nou al my sokkerklere aantrek?
Jy hoef ...
Hulpwerkwoorde
Hulpwerkwoorde is klein woordjies soos kan en wil wat saam met ’n ander
werkwoord in ’n sin gebruik word, bv. Ek kan jou help. of Ek wil jou help.

Aktiwiteit 17: Hulpwerkwoorde


Kyk na die prent en sê hoeveel hulpwerkwoorde “help” om die beseerde
sokkerspeler van die veld af te dra. Sê hulle hardop. Skryf nou die vier sinne
volledig neer.
Begin so:
1. Ek kan help.
2. _____
3. _____
4. _____

• ’n Mens kan hulpwerkwoorde ook in die verlede tyd gebruik.

Aktiwiteit 18: Hulpwerkwoorde


Lees eers die sinne in kolom B en voltooi dan die sinne in kolom A.
A Teenwoordige tyd B Verlede tyd
1. Ek _____ vinnig hardloop. 1. Ek kon vinnig hardloop.
2. Ek _____ oorsee gaan. 2. Ek wou oorsee gaan.
3. Ek _____ dit doen. 3. Ek sou dit doen.
4. Ek _____ die boeke koop. 4. Ek moes die boeke koop.

290 Taal
Aktiwiteit 19: Hulpwerkwoorde
Lees eers die volgende lewenswysheid:
“Vier woordjies bestuur my lewe elke dag:

Ek kan

Ek wil
voluit lewe!”
Ek moet

Ek sal

• Skryf nou die vier sinne volledig neer.


• Skryf ook die verlede tyd van dié sinne.

Begin so:
1. Ek kan voluit lewe! 1. Ek kon voluit lewe!
2. Ek wil ...

• Onthou ’n hulpwerkwoord word altyd saam met ’n ander werkwoord in ’n


sin gebruik.

Aktiwiteit 20: Hulpwerkwoorde


Lees wat die sterre in die koerant voorspel het. Jy sal sien al die
hulpwerkwoorde is omkring.

Bul 21 April tot 20 Mei


Jy moet seker maak dat jy jou lewe in orde kry. As jy nou iets belangriks wil aanpak, sal
jy beter resultate behaal as jy samewerking van jou kollegas kan kry. Dit kan ook ’n goeie
tyd wees vir romanse, maar jy moet jou oë oophou, dan sal die geluk aan jou kant wees.
Jy moet harder werk as jy geld wil maak.

• Kry enige koerantberig en soek al die hulpwerkwoorde daarin. Omkring


hulle.

Bywoorde
Bywoorde vertel jou meer van die werkwoord. Dit sê vir jou wanneer, hoe en
waar iets gebeur het. Dan praat ’n mens gewoonlik van tyd, wyse en plek.

Ken jy die volgende bywoorde? Gebruik hulle gerus as jy praat of skryf.

Taal 291
Bywoorde van tyd (Hulle sê wanneer iets gedoen word.)
vandag – nou – tans – deesdae – so pas – gister – destyds
– vroeër – vantevore – onmiddellik – dadelik

Bywoorde van wyse Kan jy sinne met


(Hulle sê hoe iets gedoen word.) die bywoorde maak?
moeilik, sukkelend, maklik,
eenvoudig, vinnig, haastig,
taamlik, redelik, heeltemal, geheel en al,
saggies, stilletjies

Bywoorde van plek


(Hulle sê waar iets gedoen word.)
tuis, by die huis, nêrens, êrens – iewers – oral(s),
buite, binne, ver, naby, vorentoe, agtertoe

Die volgorde van die bywoorde in sinne


Die volgorde waarin bywoorde gewoonlik in
’n sin geplaas word, is TYD, WYSE, PLEK,
bv. Die mense gaan ná skool vinnig huis toe.

TYD WYSE PLEK


(wanneer) (hoe) (waar/waarheen)

Aktiwiteit 21: Woordorde


Skryf die woorde in die sinne in die regte volgorde.

7
1. Hy het stad toe gister te vinnig gejaag.
2. Ek wil nie saam met Pat wiskundeklas
toe vanmiddag gaan nie.

292 Taal
Voegwoorde
Ons gebruik voegwoorde om sinne te verbind.

Die drie groepe voegwoorde


Groep 1 Groep 2 Groep 3
(Geen verandering in (Werkwoord direk ná die (Werkwoord skuif na die
woordorde nie) voegwoord in die middel van einde van die sin)
’n sin)
en (and) dus (therefore) dat (that)
maar (but) daarom (therefore) omdat (because)
want (because) derhalwe (therefore) voordat (before)
of (or) al (even if) nadat (after)
dan (then – in the future) sodat (in order that)
tog (yet) of (if, whether)
anders (otherwise) terwyl (while)
gevolglik (consequently) as (if)
nogtans (nevertheless) indien (if)
intussen (meanwhile) mits (provided that)
buitendien (besides) tensy (unless)
daarna (thereafter) sodra (as soon as)
toe (then – in the past) alhoewel (although)
sedert (since)
aangesien (seeing that)
asof (as if)
wanneer (when)
toe (when, in the past)

• Onthou: Vóór die voegwoorde (van groep 1) maar en want kom daar altyd
’n komma, bv. Ek leer hard , want ek wil slaag.
• As ’n mens twee sinne met ’n voegwoord van groep 3 verbind en met die
voegwoord begin, kom die twee werkwoorde in die middel by mekaar – met
’n komma tussenin, bv. Omdat sy moeg is, slaap sy dadelik.
Verwarrende voegwoorde
Daar is ’n paar voegwoorde wat mense dikwels verkeerd gebruik. Kyk na die
verduidelikings en doen die oefeninge.

Taal 293
AL – ALHOEWEL
Die voegwoord al (even if) behoort tot groep 2 en alhoewel (although) tot
groep 3.

Aktiwiteit 22: Voegwoorde


Lees of sing die volgende volksliedjie en doen dan die oefening:

Al lê die berge nog so blou,


al lê die berge nog so blou,
al lê die berge nog so blou,
haar woorde sal ek steeds onthou.

Skryf nou die liedjie in een enkele sin en begin met alhoewel:
Alhoewel die berge nog so blou 1. ____ , 2. ____ ek haar woorde steeds 3. ____.

AS – MITS – TENSY
• Mits (provided that) beteken net as jy of op voorwaarde dat, bv.
Jy kan my video leen mits jy dit teruggee.
• Tensy (unless) beteken as ... nie.
Onthou, daar kom nie ’n nie in dié deel van die sin wat met tensy begin nie.

Kyk na hierdie sin:


Ons sal vanmiddag ’n tenniswedstryd speel tensy dit reën.
Dit beteken eintlik:
Ons sal vanmiddag ’n tenniswedstryd speel as dit nie reën nie.

294 Taal
Aktiwiteit 23: Voegwoorde
Twee van die volgende sinne is verkeerd. Watter twee sinne is dit en waarom is
hulle verkeerd?
1. Mits jy leer, sal jy slaag.
2. Mits jy leer, sal jy nie druip nie. Ek sê die laaste twee
3. Tensy jy leer, sal jy nie slaag nie. sinne is verkeerd!
4. Tensy jy leer, sal jy slaag. Wat sê jy?
5. Tensy jy nie leer nie, sal jy nie slaag nie.

• Waarom is die laaste twee sinne verkeerd?


Sin 4: Dit beteken dieselfde as: As jy nie leer nie,
sal jy slaag. (Dan moet jy vreeslik slim wees!)
Sin 5: Tensy aan die begin van die sin sê reeds
as jy nie ..., daarom kan jy nie nog ’n nie gebruik nie.

WANNEER – TOE – DAN


Belangrike inligting
• Die voegwoord wanneer (when) verwys na iets wat in die teenwoordige tyd
gebeur of in die toekomende tyd sal gebeur. Ons gebruik nooit wanneer in
die verlede tyd nie.
• Die voegwoord toe (when) verwys na iets wat in die verlede tyd gebeur het.

• Die voegwoord dan (then) verwys na iets wat nog moet gebeur of wat
gewoonlik elke dag gebeur. Ons gebruik nooit dan in die verlede tyd nie.

Nog wenke
• Alhoewel die voegwoord toe na die verlede tyd verwys, is die werkwoord wat
ná toe volg, dikwels in die teenwoordige tyd.
a) Toe ons by die huis kom, was my ouers reeds weg. (My ouers was reeds
weg toe ons by die huis kom.)
b) Ons was skaars by die huis, toe kom my ouers daar aan.

• Uit bogenoemde sinne blyk verder dat toe soms tot groep 3 (sin a) en soms
tot groep 2 (sin b) behoort.
• Die voegwoord dan behoort altyd tot groep 2 waar die werkwoord direk op
die voegwoord volg.
• Die voegwoord wanneer behoort altyd tot groep 3 waar die werkwoord aan
die einde van die sin kom.

Taal 295
Aktiwiteit 24: Voegwoorde
Vul wanneer, toe of dan op die regte plekke in.
1. Ons moet eers klaar eksamen skryf; _____ kan
ons partytjie hou.
2. _____ die eksamen verby was, het ons
partytjie gehou.
3. Die eksamen was skaars verby, _____
hou ons partytjie.
4. _____ ’n mens partytjie hou, vergeet
jy van die eksamen.
5. Wag tot almal by die partytjie is, _____
kan ons eet.
6. _____ ek by die partytjie kom, was ek bly
om al die mense te sien.
7. Al die mense was bly _____ die
musiek begin speel.
8. _____ dit elfuur is, moet die Die meeste voegwoorde uit groep 3, soos toe,
musiek en geraas ophou. wanneer en omdat, kan aan die begin van
die sin of in die middel van die sin staan.
DAARNA – NADAT
• Die voegwoord daarna (thereafter)
behoort tot die tweede groep voegwoorde
waar die werkwoord direk na dié voegwoord
staan, bv. Ons het eers braaivleis gehou,
Nadat word altyd in
daarna het ons gaan swem. Die voegwoord die verlede tyd gebruik.
daarna staan nooit aan die begin van ’n sin nie!
• Die voegwoord nadat (after) behoort tot die
derde groep voegwoorde waar die werkwoord
aan die einde staan van dié deel van die sin wat
met nadat begin, bv. Ons het gaan swem nadat
ons braaivleis gehou het. Nadat ons braaivleis
gehou het, het ons gaan swem.

Aktiwiteit 25: Voegwoorde


Vul daarna of nadat op die regte plekke in.
1. Die laaste dag het ons net tot elfuur skool toe gegaan, _____ was ons vry.
2. Ons kon eers huis toe gaan _____ ons die klaskamer skoongemaak het.
3. As jy ’n motor wil koop, kyk eers na jou finansies, _____ besluit jy of jy dit
kan bekostig.
4. Die kinders moes eers in die tuin werk, _____ kon hulle sokker toe gaan.
5. Ons het die middag sokker toe gegaan _____ ons die hele oggend in die tuin
gewerk het.
6. _____ ons geëet het, gaan ons slaap.

296 Taal
Ontkenning
As jy iets ontken, sê jy dit is nie so nie of dit het nie gebeur nie.
Voorbeeld: FRANS: Het jy vir die toets geleer, Jackie?
Antwoord: JACKIE: Nee, ek het nie vir die toets geleer nie.

Twee nie’s (nie ... nie)


In Afrikaans gebruik ons gewoonlik twee nie’s in die ontkenning, bv.
Die man is besig. Die man is nie besig nie.

Net een nie


In kort sinne gebruik ons net een nie, bv.
Sy werk. Sy werk nie.

Bevele in die ontkenning


Ry vinnig! Moenie vinnig ry nie!
Ry asseblief vinnig! Moet asseblief nie vinnig ry nie!

Ontkenningswoorde en nie
Daar is ’n paar woorde wat in die ontkenning heeltemal verander:

iemand niemand ... nie al ooit nog nooit ... nie


êrens nêrens ... nie iets niks ... nie
al(reeds) nog nie ... nie altyd nooit ... nie
nog nie meer ... nie

Voorbeeld: Is daar iemand by die deur? Nee, daar is niemand by die deur nie.

Aktiwiteit 26: Ontkenning


Kyk na die prent. Beantwoord die vrae in die ontkenning.
1. Skyn die son? Nee, ...
2. Dra die meisie ’n langbroek? Nee, ...
3. Is daar êrens ’n boom op die prentjie? Nee, ...
4. Is daar iemand by die meisie? Nee, ...
5. Is daar iets waarop sy kan sit? Nee, ...
6. Skyn die son nog? Nee, ...
7. Het jy al ooit dié meisie ontmoet? Nee, ...
8. Het dit al opgehou reën? Nee, ...
9. Sal dit ooit ophou reën? Nee, ...

Taal 297
Direkte en indirekte rede
• Daar is drie soorte sinne wat ’n mens in jou eie
woorde (direkte rede) kan sê en wat dan oorvertel
kan word aan iemand anders (indirekte rede), bv.
Hy sê: “Ek skryf ’n brief.” (stelsin)
Hy vra: “Skryf jy ’n brief?” (vraagsin)
Hy sê: “Skryf die brief!” (bevelsin)
As hierdie sinne oorvertel word, gebeur die
volgende:
By die stelsin kan jy self besluit of jy die voegwoord
dat wil gebruik of nie:

Hy sê dat hy ’n
(Die woordorde van die tweede sin verander ná die
brief skryf.
voegwoord dat. Die werkwoord skryf gaan na die einde van
die sin.)
of
Hy sê hy skryf ’n
brief. (Geen verandering in die woordorde nie.)

- By die vraagsin wat met ’n werkwoord begin, gebruik ’n mens die


voegwoord of:

Hy vra of ek (hy,
(Die woordorde verander ná die voegwoord of. Die
sy) ’n brief skryf.
werkwoord skryf gaan na die einde van die sin.)

- By die bevelsin kan jy die hulpwerkwoord moet gebruik, of jy gebruik die


werkwoord beveel plus infinitief (om te ...):
Hy sê ek (jy, hy, sy) moet ’n brief skryf.
Hy beveel my (jou, hom, haar) om ’n brief te skryf.

- Jy het reeds geleer dat voornaamwoorde in die indirekte rede verander


sodat almal die betekenis kan verstaan, bv. ek of jy word hy of sy.

- Uitroepe in die direkte rede moet in die indirekte rede omskryf word, bv.
“Eina!” word met ’n uitroep van pyn
“Hoera!” word opgewonde, ens.

298 Taal
– Jy het ook geleer dat bywoorde van tyd en plek in die indirekte rede kan
verander wanneer dit in die verlede tyd gebruik word, bv.

Direkte rede Indirekte rede


nou word toe
vandag word daardie dag
gister word die vorige dag
môre word die volgende dag
eergister word twee dae tevore
oormôre word oor twee dae
hier word daar
hierheen word daarheen/daarnatoe
hierdie word daardie

– In die direkte rede gebruik ’n mens in Afrikaans gewoonlik ’n dubbelpunt (:)


vóór die aanhalingstekens en die leesteken aan die einde van die sin kom
vóór die laaste aanhalingstekens, bv.

Die kaptein sê: “Vanjaar gaan ons span die beker wen!”

• Hieronder en op bladsy 300 en 301, volg drie strokiesprente. Die mense in


die strokiesprente praat met mekaar, daarom gebruik hulle die direkte rede.
Julle gaan die kans kry om dit in die indirekte rede oor te vertel.
Voorbeeld: Op die strokiesprent hieronder en op bladsy 300 praat twee
vriendinne met mekaar. Beth vra vir Claire om dinge saam met
haar te doen.
Verdeel in groepies van twee. Lees eers die woorde wat die twee meisies vir
mekaar sê. Besluit dan hoe julle dit in die indirekte rede gaan oorvertel. Kyk
daarna hoe naby julle aan reg was!

Sal ons vanaand iets saam Wil jy die naweek saam met my
doen, Claire? gaan fliek?

Uhm ... ek Ek is nie seker nie,


gaan na Sally Beth, ek sal eers vir
toe. Sally vra.

Taal 299
Ek weet nie hoekom jy deesdae met Sally Eintlik wil ek graag haar
maats is nie. ouer broer ontmoet!

Ek hou van
haar.

1. Beth _____ vir Claire _____ hulle _____ _____ iets saam sal doen.
Antwoord: Beth vra vir Claire of hulle daardie aand iets saam sal doen.

Claire _____ huiwerig dat _____ na Sally toe _____.


Antwoord: Claire antwoord huiwerig dat sy na Sally toe gaan.

2. Beth _____ of _____ die naweek saam met _____ wil gaan fliek.
Antwoord: Beth vra of sy (Claire) die naweek saam met haar wil gaan fliek.

Claire _____ dat _____ nie seker is nie. Sy _____ dat sy eers vir Sally _____
_____.
Antwoord: Claire antwoord dat sy nie seker is nie. Sy sê dat sy eers vir Sally
sal vra.

3. Beth _____ ____ weet nie hoekom _____ deesdae met Sally maats_____ nie.
Antwoord: Beth sê sy weet nie hoekom sy (Claire) deesdae met Sally maats
is nie.

Claire _____ dat _____ van Sally _____.


Antwoord: Claire sê dat sy van Sally hou.

4. Claire _____ dat _____ eintlik graag Sally se ouer broer _____ ontmoet.
Antwoord: Claire sê dat sy eintlik graag Sally se ouer broer wil ontmoet.

300 Taal
Aktiwiteit 27: Indirekte rede
Verdeel in groepies van twee. Lees eers die direkte woorde wat die mense in die
strokiesprent sê. Leerder 1 lees die verpleegster se woorde en leerder 2 lees Petra
Verstrooid se woorde. Lees dan die sinne in die indirekte rede onder die
strokiesprent en vul die ontbrekende woorde in terwyl julle lees.

Voltooi hierdie vorms vir Ek is nie oud Jy sal wees teen die
genoeg vir ’n tyd dat jy uitgevind
die mediesehulpfonds. mediesehulpfonds
nie. het hoe om daardie
vorms te voltooi.

Leerder 1: Die verpleegster oorhandig ’n klomp mediesehulpfondsvorms aan


Petra Verstrooid en beveel haar _____ dit te _____.
Leerder 2: Petra Verstrooid antwoord dat _____ nie _____ _____ _____ vir ’n
mediesehulpfonds nie.
Leerder 1: Daarop antwoord die verpleegster dat sy wel oud genoeg sal _____
teen die tyd dat _____ uitgevind het hoe om daardie vorms te
voltooi.

Aktiwiteit 28: Direkte en indirekte rede


Verdeel weer in groepies van twee en lees die dialoog (die mense se direkte
woorde) in die strokiesprent. Lees daarna die sinne in die indirekte rede ook in
rolle. Onthou om die ontbrekende woorde in te vul.

Naam? Piet Waaroor wil u die Pyn laag


Verstrooid. dokter spreek? in die
rug.

Leerder 1: Die verpleegster _____ vir Piet Verstrooid wat _____ _____ _____.
Leerder 2: Hy antwoord dat _____ _____ Piet Verstrooid _____.
Leerder 1: Die verpleegster _____ waaroor _____ die _____ _____ _____.
Leerder 2: Piet Verstrooid _____ dat hy ’n pyn laag in die rug _____.

Taal 301
Woordorde in sinne
Voordat julle die opstel in Aktiwiteit 29 kan nasien en foute kan raaksien, sal dit
nuttig wees as julle die woordorde in sinne hersien.

Tyd, wyse, plek


As daar meer as een bywoord of bywoordelike bepaling in ’n sin is, is die
volgorde van die bywoorde:

tyd + wyse + plek

Ek gaan vanmiddag per motor Vryburg toe.

tyd + wyse + plek

Die volgende sin is verkeerd: Ek gaan Vryburg toe vanmiddag per motor. 

Die werkwoord in die tweede posisie


As jy die bywoorde of bywoordelike bepalings in ’n sin wil beklemtoon, kan jy
die sin daarmee begin. Onthou net, as jy ’n sin met ’n ander woord of woorde
(bywoord of bywoordelike bepaling) begin, verander die volgorde van die sinne,
maar die werkwoord bly op dieselfde plek, in die tweede posisie, direk na die
bywoord of bywoordelike bepaling.

Ek gaan môre dokter toe.  Môre gaan ek dokter toe. 

Die volgende sin is verkeerd: Môre ek gaan dokter toe. 

Woordorde ná voegwoorde
• Die woordorde van die tweede sin verander nie na die gebruik van voeg-
woorde soos en, maar en want nie. (Dit is voegwoorde van groep 1.)

• Die woordorde van die tweede sin verander na voegwoorde van groep 2 soos
dus en daarom, bv.
Ek is moeg, dus kan ek nie werk nie. 
Ek is moeg, dus ek kan nie werk nie. 

• Die woordorde van die tweede sin verander ná voegwoorde van groep 3, soos
dat, omdat, nadat, bv.
Hy sê dat hy honger is. 
Hy sê dat hy is honger. 
Dit is nat omdat dit gereën het. 
Dit is nat omdat dit het gereën. 

302 Taal
Foute in skryfwerk Speel onderwyser
en maak die
foute reg!
Foute in ’n opstel
Die volgende opstel is tydens ’n matriekeksamen
geskryf. Dit was eintlik ’n goeie opstel, maar
ongelukkig was daar soveel foute in die woordorde
dat die eksaminator nie eens besef het hoe goed
die inhoud van die opstel was nie. Maak die foute
reg en ontdek die goeie opstel.

Aktiwiteit 29: Redigering


Skryf die opstel oor en kyk of jy die
woordorde en ander foute kan verbeter.
Onthou, die werkwoord moet
My nuwe fi ets in die tweede posisie van die
sin wees. Kyk na die eerste
twee sinne se verbeteringe en
Vanoggend my hart was baie bly. let op waar die werkwoord
Vir baie jare ek wou graag behoort te wees.
gehad het ’n fi ets. In die môre ek moes ver
stap skool toe en somtyds dit was baie koud.
Elke vakansie ek het verkoop roomys vir Dairy
Maid om te verdien ’n bietjie sakgeld, maar die
geld altyd was te min.
Ek nooit het gepraat oor my begeerte nie, maar my boetie het vertel my ouers daarvan.
Ek dink dit het gebreek hulle harte dat daar was nie genoeg geld om te koop vir my ’n fi ets
nie. Ek het geweet hulle het nie gehad genoeg geld nie, want my ma altyd het gedra net
pantoffels.
Hierdie jaar ek het gesien dat my ma was altyd besig om te bak klein koekies. Sy het geneem
dit na ’n winkel in die hoofstraat. Later sy het gekoop ’n rooi blik verf. Miskien sy wou die
kombuisrak verf.
Vandag dit is my verjaardag. Toe ek word wakker vanoggend my ma en pa het gestaan by my
bed.
“Kyk uit by die venster,’’ hulle het gesê. Ek het opgespring en gehardloop na toe die venster.
Daar my fi ets het gestaan, ’n rooi fi ets, nie ’n nuwe fi ets nie, maar die groenteman se fi ets wat
geverf was rooi. Ek kon nie glo my oë nie: dit was my fi ets!
Ek het gegryp my ma om die lyf. Toe ek sien dat sy het nog altyd gedra haar ou pantoffels.

Taal 303
Foute in sinne en paragrawe
Hier volg ’n paar sinne en/of paragrawe waarin daar allerhande soorte foute is.
Verbeel jou jy is die Afrikaansonderwyser en jy wil die skrywer van elke stuk
help om die foute raak te sien en reg te maak. Wat sal jy vir die persoon sê?

Aktiwiteit 30: Redigering


Verdeel in groepies van twee en maak beurte om die
rol van die onderwyser te speel. Doen veral drie dinge: ?!X!O, dié sinne
klink nie reg nie.
1. Probeer vasstel wat verkeerd is. Dit maak my
2. Maak reg wat verkeerd is. kop seer.
3. Sê vir mekaar hoekom dit verkeerd is. Help, asseblief!

Voorbeeld: Hy was gebore in Pretoria in 1978 in


moeilike omstandighede.

1. Wat is verkeerd?
a) Jy sê nie “was gebore” in Afrikaans nie, maar “is gebore”.
b) Die tweede deel van die werkwoord (“gebore”) moet aan die einde van
die sin kom.
c) Die volgorde moet wees: tyd (in 1978), wyse (in moeilike
omstandighede), plek (in Pretoria).

2. Die regte sin: Hy is in 1978 in moeilike omstandighede in Pretoria gebore.

Doen nou dieselfde met die volgende:

a) Die onderwyser hy het gesê ons moes bring die boeke. As ons met die boeke by die
klaskamer kom, die deur was gesluit. Daarom ons het teruggegaan huis toe.
b) Lank verlede my pa het gevertel vir ons ’n mooi storie. Dit was van ’n ou man wat gewoon
het op ’n dorpie in Swede. By die dorp baie mense het gebly. Anders was ryk, anders was
arm . Die ou man het geplant groente in sy tuin en uitgedeel die groente elke dag onder
die arm mense.
c) Die jong man is baie verlief met die meisie. Hy wil graag saam met haar trou, maar hy het
nie ’n huis. Hy ken nie hoe om ’n huis te bou. Hy loop by die advieskantoor en vra help.
Hulle stuur hom by die bouskool. Agter dat hy ken hoe om ’n huis te bou.
d) My suster het ’n mooi stem. Sy hou van om te sing. Ek hou meer van om televisie te kyk.
My ma sy hou nie van televisie nie. Sy hou om kos te kook. My pa hy hou nie van kos kook
nie. Hy hou van om bome te plant.
e) “Waar gaan jy?” “Ek loop by die dorp. Wil jy met my gaan?” “Ja, my pa het my ’n
toestemming gegee om te loop by die dorp vandag.”

304 Taal
Hoe om letterkunde aan te pak
A. Kenmerke van ’n kortverhaal/roman
Let op na die volgende kenmerke terwyl jy ’n verhaal lees:

Titel
Dit titel of naam van ’n verhaal sluit dikwels aan by die een of ander
belangrike aspek daarvan.

Die verteller
• ’n Verteller wat ’n persoonlike verhaal vertel soos wat hy of sy dit ervaar,
is ’n ek-verteller of eerstepersoonsverteller.
• As ’n verteller iemand anders se verhaal vertel, is dit ’n
derdepersoonsverteller. Só ’n verteller is dikwels ’n
alomteenwoordige verteller en vertel wat elke karakter sê, dink, voel en
doen en wat op alle plekke in die verlede, hede en toekoms gebeur.

Karakters
• Die hoofkarakter is die sentrale persoon om wie die gebeure draai.
Ons leer hierdie karakter die beste in die verhaal ken. Hy of sy
ondergaan dikwels karakterontwikkeling.
• Newekarakters is die ander persone wat ’n rol in die verhaal speel.
• Ons leer die karakters ken deur die volgende karakteriserings-
tegnieke:
• Wat ’n karakter doen en sê vertel meer van sy of haar karakter.
• Die verteller of ’n ander karakter beskryf wat ’n karakter dink en
voel, of gee inligting oor ’n karakter.
• ’n Karakter se naam kan hom of haar karakteriseer.

Agtergrond
Dit is die situasie waarin die verhaal afspeel. Die ruimte (waar ’n verhaal
afspeel) en tyd (wanneer ’n verhaal afspeel) vorm deel hiervan.

Bou
’n Verhaal bestaan uit ’n inleiding waarin die leser meer oor die karakters
en agtergrond leer, middel en slot. ’n Verhaal bou dikwels op tot ’n
klimaks of hoogtepunt met ’n ontknoping aan die einde.

Intrige
Die intrige of verhaalplan is die volgorde of struktuur waarin die gebeure
in ’n verhaal georganiseer is.

Hoe om letterkunde aan te pak 305


Tema
Die tema is die sentrale gedagte in ’n verhaal.

Maak ’n kopkaart van die kenmerke terwyl jy ’n verhaal deurlees en


bestudeer.

B. Hoe om ’n gedig te verstaan


• Lees eers deeglik deur die gedig om agter te kom waaroor dit handel.
• Slaan enige woorde na wat jy nie verstaan nie.
• Lees weer deur die gedig en beantwoord dan die vrae op die werkkaart:
Werkkaart: Ontleding van ’n gedig
1. Wat is die titel van die gedig? _________________________________
2. Wie is die digter? ___________________________________________
3. Sê in een sin waaroor die gedig handel. _________________________
_______________________________________________________________
4. Wie is die spreker in die gedig? _______________________________
5. Wat is die gedig se boodskap? ________________________________
_______________________________________________________________
6. Wat is die tema van die gedig? ________________________________
_______________________________________________________________
7. Bestaan die gedig uit strofes (bv. koeplette, tersines, kwatryne)?
_______________________________________________________________
8. Is daar rym in die gedig? Indien wel, watter soort (bv. paarrym,
kruisrym, vrye vers)? _________________________________________
9. Skryf voorbeelde van alliterasie en assonansie neer. Wat is die
funksie daarvan (bv. dit beklemtoon woorde, dit is klanknabootsend,
dit skep ritme)? _____________________________________________
10. Is daar voorbeelde van enjambement in die gedig? Indien wel, skryf
dit neer en beskryf die funksie daarvan (bv. dit maak die gedig
vloeiend). __________________________________________________
11. Kyk na die vorm/bou van die gedig. Watter soort gedig is dit (bv. ’n
sonnet, kwatryn)? Waarom sê jy so? ____________________________
_______________________________________________________________
12. Watter herhaling kom in die gedig voor? Wat is die funksie daarvan
(bv. dit skep ritme, dit beklemtoon sekere woorde/begrippe, dit is ’n
bindmiddel)? _______________________________________________
13. Hoe pas die titel by die gedig se inhoud? _______________________
_______________________________________________________________

306 Hoe om letterkunde aan te pak


Indeks
A D
advertensies 43, 130–132, 136–137, 174–176 dagboekinskrywings 199
afkappingstekens 276 debatvoering 138, 221, 250
afkortings 42, 63, 135 deeltekens 134, 274–275
agendas 123 deelwoorde 227–228, 259, 287–288
akronieme 42 denotasie 230–231
aksenttekens 134, 275 dialoë 92, 133
akuuttekens 134, 275 Diedericks-Hugo, Carina 236
alfabetiese volgorde 29, 86 diftonge (tweeklanke) 274
antonieme 27, 29, 224–225 direkte rede 59, 90–91, 102, 179, 200–201,
argumente 151 298–301
artikels 40–41, 118–120, 212–213, 220, 222, doeblette 185
238–239 dramas 75–78, 194–195
Du Plessis, Koos 251
B
bedankingsbriewe 258–259 E
bedrywende vorm 125, 230–231, 259, 286 e-boeke 238–239
begripslees 180–182 eiename 9
beredeneerde opstelle 229 enkelvoudige sinne 104–105, 154
besitlike voornaamwoorde 278–279 entrepreneurs 155
beskrywende opstelle 170–171
besprekings 66–67, 82–83, 261 F
klasbesprekings 2–3, 34–35, 218–219, figuurlike betekenis 69, 93, 230–231
234–235 formele briewe 186
visbakbesprekings 165 formele toesprake 183
betreklike voornaamwoorde 279–281 foto’s 20–21, 50–51, 66, 69, 199, 204–205,
bevelsinne 8 218–219
blokkiesraaisels 178 foute in skryfwerk 303–304
Blue, Elvis 6
briewe G
aan die pers 208–211 gedigte
bedankingsbriewe 258–259 Die fees van fiks wees 226–227
formele briewe 186 ’n Foto vir Facebook 207
vriendskaplike briewe 47 Foto’s op my selfoon 207
buitelugaktiwiteite 34–35 As jy hardloop ... 150–151
byname 7 Kinders van Afrika 106–108
byskrifte 20–21 Die land van my ouers 163–164
byvoeglike naamwoorde 17, 45 Roos van Soweto 62–63
bywoorde 291–292 Sommerso 265
Sterrekyker 127
C vergelyk van 207
Calitzdorp 84–85 verstaan van 306
Coetzer, Toast 214 voegwoorde in 192

Indeks 307
voornaamwoorde in 193 koerantartikels 161–162
Wroeging van ’n tiener 28 koerantberigte 155, 258, 263
geheue 230–231 konnotasie 230–231
geïmpliseerde betekenis 213, 215 konsonante (medeklinkers) 274
geslag 184–185, 198 koppeltekens 134, 275
gevoelstaal 25 kortverhale
gravistekens 134, 275 All is fair in love and war 240–243
kenmerke van 305–306
H Klara Majola 11–15
hardoplees 24–25, 55–58, 152, 194–195,
208–209, 212–213, 252 L
hip-hop 75 leenwoorde 72, 87
homofone 148–149, 162 lees hardop 24–25, 55–58, 152, 194–195,
homonieme 148–149, 162 208–209, 212–213, 252
hoofletters 259 lees vir begrip 180–182
hulpwerkwoorde 290–291 leesprojekte 126
leestekens 46, 71, 90–91, 126, 259
I lettergrepe 6, 23
idiome 69, 93, 200–201, 213, 241 letterlike betekenis 93, 230–231
illustrasies 144–145 letterverse 61
indirekte rede 59, 90–91, 102, 179, 200–201, lewensverhale 96
298–301 lidwoorde 17, 23
infinitiewe 289–290 liedjies
informatiewe paragrawe 8–9 “Boerejol” 68
inligtingstukke “Lisa se klavier” 196–197
Calitzdorp 84–86 “My ou tante Koba” 74–75, 78
fotografie 214 “Sprokie vir ’n stadskind” 251, 254–257
padgly 39 “Ta’ Mossie se sakkie-sakkie-boeredans”
verkeersreëls 30–31 67
instruksies 237 literêre kenmerke 16
los en vas skryf van woorde 244, 276–277
J luisterbegrip 114, 177, 214
Jacobs, Jaco 215, 244 lydende vorm 125, 230–231, 259, 286
Joubert, Irma 246 lyste 26

K M
kaarte 82–83 Mandela, Nelson 52, 158
kappies 134, 275 Marshall, JD 36
kennisgewings 178 medeklinkers sien konsonante (medeklinkers)
klankgrepe 6, 23 meervoude 184–185, 198, 214
klasbesprekings 2–3, 34–35, 218–219, 234–235 menings 193
sien ook besprekings menseverhoudings 190–192
klasprojekte 249 Meyer, Deon 246
klassifiseer 51 Mnikathi, Nzuzo 222–223
klinkers sien vokale (klinkers) Msibi, Ernest 24

308 Indeks
N skryftekens 46, 116–117, 244, 274–275
skryfwyse 274–276
naamverse 61
Snyman, Dana 11
nagevorsde toesprake 108–109
soeklees 4–5, 140, 251
name 2–3
spelling 6, 38, 52, 61, 68, 86, 116–117, 154,
natuurwonders 114
162, 184–185, 253, 274–276
navorsing 107, 176
spotprente 206, 262, 266
Ngaka, Tseleng 61
stelsinne 8, 54
notules 124
strokiesverhale 97
nuutskeppinge 93
strooibiljette 73

O
T
onderhoude 36–37, 152
tabelle 22, 51, 69, 145
ontkennende vorm 53, 60, 230–231, 297
telefoongesprekke 133
opsommings 16, 44, 147
Thobela, Dingaan 62
opstelle
tieners 158–159
beredeneerde opstelle 229
toesprake
beskrywende opstelle 170–171
formele toesprake 183
verhalende opstelle 60, 110–111, 141
nagevorsde toesprake 108–109
trappe van vergelyking 27, 285
P
tweeklanke sien diftonge (tweeklanke)
padgly 39 tydskrifartikels 146
paragrawe 8–9, 26–27, 103, 199 tydwoorde 236
paronieme 148–149 tye 139, 141, 153, 160
persoonlike voornaamwoorde 278–279
Pugh, Lewis 161 U
uitroepsinne 8
R
raaispeletjie 135 V
redigering 304
verfbal 38
reisplanne 88–89
vergaderings 121–124
rekspring 40–41
vergelyk
rigtingaanwysings 90
van gedigte 207
romans 166–169, 305–306
van prente 248–249
Ross, John 64
verhale
rotsklim 36–37
kortverhale 11–15, 240–243, 305–306
lewensverhale 96
S
strokiesverhale 97
saamgestelde sinne 154 volksverhale 98–103
samestellings 276–277 ware verhale 55–56
see, artikel oor die 118–119 verhalende opstelle 60, 110–111, 141
selfoonfoto’s 204–205, 212 verhoudings 190–192
selfstandige naamwoorde 9–10 verkeersreëls 30
sinne 244–245 verklarings 16
sinonieme 23, 224–225, 244 verkleining 184–185, 198
sinsoorte 8, 45 verslae 250

Indeks 309
verwarrende woorde 165, 169, 198 W
visbakbesprekings 165 sien ook besprekings
ware verhale 55–56
voegwoorde 79, 120, 135, 160, 192, 293–296
webwerwe 130–131
vokale (klinkers) 274
werkwoorde 286–291
volksverhale 98–103
Willemse, Ashwin 152–153
voorblaaie 115
woordeboekgebruik 26, 52, 182
voornaamwoorde 70–71, 84, 102, 104–105,
woordeskat 22, 29, 52, 101, 109, 214, 235,
193, 278–282
252–253
vooroordeel 220
woordeskatspeletjie 224
voorsetsels 244–245, 283–284
woordorde 104–105, 153, 160, 244–245, 259,
voorspel stories 97
292, 302
vraagsinne 8, 54
woordsoorte 183, 253
vraende voornaamwoorde 281
woordvorming 22, 90–91, 239
vraestelle 267–273
vriendskaplike briewe 47

310 Indeks

You might also like