Areg 5

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 5

10/17/22, 7:57 PM OneNote

Onderwerp 3.1 
Monday, September 19, 2022  9:30 PM 

Leereenheid 3: Prosedurele Administratiefreg 


Onderwerp 3.1: Locus standi en prosedure vir geregtelike hersiening 
 
1. Locus standi  
• Hoe en wanneer kan ʼn persoon die hof nader en beweer dat ʼn bepaalde
administratiewe handeling neerkom op een van die hersieningsgronde? 
• Verskyningsbevoegdheid- moet aantoon dat daar genoegsame belang is dat
die persoon geregtig is om die hof te nader 
• Wat is die beweegrede vir locus standi?  
1) Beperkte hulpbronne en oorlaaide howe  
2) Verseker dat howe nie hipotetiese of abstrakte gevalle aanhoor nie 
3) Persoon wat in beste posisie is om dit aan te veg verskyn voor die hof 
4) Beskerm onafhanklikheid en vermy konflik met ander sfere 
• Locus standi: 
A) Ingevolge gemenereg: 
-Beperkend: Genoegsame, direkte en persoonlike belang gehad het 
B) Kragtens A 38 v d GW: 
-Ruim en uitgebrei, openbare belang ingesluit 
C) Kragtens PAJA:  
-Nie uitdruklike bepaling nie 
-A 6(1): enige persoon/ wydste opsie 
-Hof het ingevolge regspraak beslis dat beginsel ingevolge A 38 verkose is 
• Giant Conceert CC-saak: howe fokus spesifiek op locus standi en nie meriete
v saak nie 
• Gijima Holdings (Pty) Ltd-saak (neem net kennis): Kan 'n staatsorgaan sy eie
besluit hersien? 
-Wanneer staat hof nader om eie besluit te hersien: nie i.t.v A 38/ maar i.t.v
beginsel v legaliteit 
-A 33 n.v.t op privaat persone/ nie staat self nie 
 
   1.1 Locus standi - prakties 
• A 38: Afdwinging van regte  
-Iemand in hierdie artikel genoem, het die reg om 'n bevoegde hof te nader
en aan te voer dat daar op 'n reg in die Handves van Regte inbreuk gemaak is
of dat so 'n inbreukmaking dreig, en die hof kan gepaste regshulp verleen,
met inbegrip van 'n verklaring van regte. Die persone wat 'n hof kan nader,
is-  
(a) iemand wat in eie belang optree;  
-Reflekteer gemenereg (direk, wesenlik, persoonlike belang), maar gaan
weier 
-Slegs aantoon dat die applikant direk geaffekteer word deur die handeling 
-Voorbeeld v d Kanadese saak v Morgentaler – dokter het aborsie wetgewing
aangeveg 
-Meeste hersieningsaansoeke dui die applikant aan dat hulle in eie belang
optree 
(b) iemand wat optree namens iemand anders wat nie in eie naam kan
optree nie;  
-Nqxuzu-saak: dispuut oor toelae 
-Bevind dat hulle locus standi namens die ander houers v d toelae het at nie
persoonlik 'n saak aanhangig kan maak nie nie 
-Hulle tree op namens diegene wat nie in hulle eie naam kan optree nie 
(c) iemand wat as 'n lid van, of in die belang van, 'n groep of klas persone
optree;  
-Klas aksie/ class action 
-Voor 1997 nie deel v d reg nie 
-Word gereeld gebruik by deliktuele eise 
-Nog nie 'n aksie kragtens PAJA gebring op hierdie gronde nie 
(d) iemand wat in die openbare belang optree; en  
-Section27 and Others v Minister of Education and Another 
-Die regering se versuim om handboeke af te lewer in Limpopo in 2012 is
aangeveg 
-Faktore wat in ag geneem kan word: 

https://onedrive.live.com/redir?resid=71115CDFC150512B%21295&page=Edit&wd=target%28Leereenheid 3.one%7C1c00dfaf-bc71-4d6d-87d1-… 1/5


10/17/22, 7:57 PM OneNote

1) Ander redelike/ effektiewe manier is wat die aansoek aangebring kan


word 
2) Aard v d regshulp versoek 
3) Die persone/ groepe wat direk geaffekteer word deur enige hofbevel en
die geleentheid vir daardie persone om getuienis aan te bied 
4) Die graad v d weerloosheid v d persone geaffekteer 
5) Die aard v d regte wat op inbreuk gemaak is 
6) Die gevolge v d inbreukmaking v d regte 
-Afriforum v University of the Free State 
        (e)'n vereniging wat in die belang van sy lede optree 
-Voorvereistes: 
1) Regspersoonlikheid om te kan dagvaar 
2) Genoegsame belang om te dagvaar 
 
2. Prosedure vir geregtelike hersiening 
• Prosedure: 
A) Plig om interne remedies uit te put 
B) Tyd om aansoek te loods 
-A 7(1), sonder billike vertraging binne 180 dae 
-Begin eers after na interne remedies uitgeput 
-andersins vanaf dag wat persoon bewus/ redelik verwag bewus te geword
het v aksie/ redes 
C) Reëls 
 
   2.1 Die verhouding tussen interne remedies en geregtelike hersiening 
• Artikel 7(2) van PAJA – Howe het jurisdiksie om admin handeling te hersen
mits internie remedies uitgeput is 
• A 7(2)(c) aansoek, moet hof oortuig dat: buitgewone omstandighede/ in
belang v geregtigheid om te hersien sonder dat interne remedies uitgeput is  
Belangrik vir eksamen 
 
   2.2 Verpligting om interne remedies uit te put 
• Interne remedies dikwels in die vorm van ʼn appèl na ʼn ander
administratiewe liggaam, of ʼn spesiale statutêre hersiening  
• Gemeenregtelike posisie: 
• Verplig om die beskikbare interne remedies uit te put voor die hof nader 
• Vermy om die hof se tyd te mors 
• Om litigante toe te laat om direk die hof te nader sal die outonomie van die
administratiewe proses ondermyn  
• Plig toegepas slegs in gevalle waar daar duidelike statutêre of kontraktuele
bedoeling is 
• Kondonasie deur howe- remedie is denkbeeldig of onvoldoende  
• Artikel 7(2)- verpligting om interne remedies uit te put strenger 
• Artikel 7(2)(a)  
-Geen hof ‘administratiewe optrede sal hersien tensy enige interne remedie
eers uitgeput is nie  
• Artikel 7(2)(b)  
-verplig ʼn hof, indien nie tevrede dat enige interne remedie uitgeput is nie,
om die betrokke persoon te gebied om eers die interne remedie uit te put
voor loodsing van geregtelike hersiening. 
• Artikel 7(2)(c)  
-  Onder ‘uitsonderlike omstandighede en op aansoek van die betrokke
persoon’ mag ʼn hof ʼn persoon kwytskeld van die verpligting om interne
remedies uit te put, indien dit in die belang van geregtigheid is 
• Koyabe-saak was dit beslis:  
• Die blote verstryking van die tydsperiode sal nie voldoen aan die vereistes
van artikel 7(2) nie 
• Ondermyn die beweegrede vir die verpligting  
• Moet redelike stappe neem  
• Uitsonderlike omstandighede- insluit wat onmiddellike tussen bydetreding
van die howe, eerder as toevlug tot die interne remedie vereis  
• Ook die beskikbaarheid, doeltreffendheid en toereikendheid van bestaande
interne remedies 
• Voorbeelde:  
• Ter kwader trou, bedrieglik of onwettig geneem is, of in effek glad nie
geneem is nie;  
• Besluit vooraf deur die administrateur beoordeel is  
• Ooreenkoms;  

https://onedrive.live.com/redir?resid=71115CDFC150512B%21295&page=Edit&wd=target%28Leereenheid 3.one%7C1c00dfaf-bc71-4d6d-87d1-… 2/5


10/17/22, 7:57 PM OneNote

• waar die administratiewe liggaam geen gesag het om die betrokke handeling
reg te stel nie 
• onaanvaarbare besluit geneem het as gevolg van ʼn regsdwaling 
 
   2.3 Tyd om aansoek te loods 
• Gemeenregtelike posisie 
• Hersieningsaansoek van administratiewe optrede moet binne ’n redelike tyd
geloods word 
• Afhangend van omstandighede  
• Anders: bekragting van ʼn handeling wat andersins as ongeldig beskou kon
word 
• Help om finaliteit te verseker 
• Oude-Kraal Estates-saak vertraging van meer as 50 jaar  
• Legaliteit troef finaliteit  
• Kragtens PAJA: 
• Artikel 7(1) van PAJA moet ʼn applikant ʼn hersieningsaansoek loods ‘sonder
onredelike vertraging’ en nie later nie as 180 dae nadat interne remedies
uitgeput is 
• Vertraging van aansoek: 
• Hof moet die feite evalueer en kyk na die betrokke omstandighede; 
• Sien oorwegings van gemenereg - met inagneming v: 
-strekwydte v nadeel aan respondent/ 3de partye 
-verduideliking vir vertraging 
-aard v besluit m.b.t nadeel wat sal volg na tersydestelling v besluit na
vertraging 
-kompleksiteit v wettige/ feitlike oorwegings 
• Meriete van die saak is ʼn belangrike faktor – hoe belangrik is hierdie saak en
wat is die kans op sukses? 
-South African National Roads Agency v Cape Town City 2017 (1) SA 468
(SCA) 
• Verlenging van 180-dae periode: 
• Artikel 9(1) van die PAJA bepaal dat die 180 periode uitgebrei mag word vir ʼn
vasgestelde periode 
• Ooreenkoms tussen die partye of aansoek by die hof  
• Ingevolge artikel 9(2) van die PAJA kan ʼn hof ʼn aansoek vir uitbreiding van die
180 dae periode toestaan waar die belange van geregtigheid dit vereis 
• Sien weer faktore bo:  
-strekwydte v nadeel aan respondent/ 3de partye 
-verduideliking vir vertraging 
-aard v besluit m.b.t nadeel wat sal volg na tersydestelling v besluit na
vertraging 
-kompleksiteit v wettige/ feitlike oorwegings 
• Sien kritiek op Buffalo City-saak se standpunt op bl. 285 
-Hof het beslis: hof moet onregmatige besluit ongeldig verklaar ongeag
vertraging 
 
 
3. Howe met jurisdiksie  
• Voorheen slegs Hoë howe; 
• Sedert 2019:  het distrik en streeks-landdroshowe ook jurisdiksie; 
• Applikant kan keuse uitvoer – dit word nie voorgeskryf nie 
• Faktore: 
1) HH of LH waar die administratiewe handeling plaasgevind het; 
2) HH of LH waar hoofplek van administrasie geleë is; 
3) Woonplek van die persoon wie se regte geaffekteer is; 
4) HH of LH waar die nadelige invloed van die besluit ervaar word 
 
   3.1 Relevante reëls  
• Aansoek- eerder as aksieprosedure 
-Volg Reël 53 van die Hofreëls (High Court Rules / Uniform Rules of Court) 
-Gemenereg hersiening en geregtelike hersiening 
1) Vervat die prosedures gebruik vir gewone aansoeke kragtens Reël 6  
A) Beteken kennisgewing v mosie met funderende eedsverklaring
(uiteensetting v situasie) 
B) Beantwoordende verklaring 
C) Lewering v repliserende verklaring – reageer op beantwoordende
verklaring 
        2) Vervat prosedures gebruik vir gewone aansoeke kragtens Reël 53 

https://onedrive.live.com/redir?resid=71115CDFC150512B%21295&page=Edit&wd=target%28Leereenheid 3.one%7C1c00dfaf-bc71-4d6d-87d1-… 3/5


10/17/22, 7:57 PM OneNote

A) Kennisgewing v mosie met funderende eedsverklaring 


B) Versoek om rekord v verrigtinge 
C) Rekord word gelewer 
D Kan kennisgewing v mosie wysig/ met verdere verklaring 
E) Beantwoordende verklaring v respondente 
D) Repliserende verklaring 
Addisionele prosedurele stappe: 
• Reël 53(1)(b) 
• Administratiewe besluitnemer word vereis om die rekord van die verrigtinge
te liasseer  
• Applikant oorweeg die rekord en enige redes geliasseer  
• Reël 53(4) – wysig, byvoeg of verander die bepalings van sy of haar
kennisgewing van mosie en ʼn aanvullende eedsverklaring te liasseer  
Belang van die rekord: 
• Verhoed vertraging en die onkoste van die wysiging van ʼn aansoek  
• Verskaf toegang tot die rekord 
• Word daar voldoen aan PAJA se vereistes? 
• Private partye (respondente) word bevoordeel en kan gevolglik die
administratiewe handeling verdedig 
Inhoud van die rekord? 
• Johannesburg City Council v The Administrator, Transvaal and Another
1970 
-rofweg beskrywing v dokumente/ bewyse/ argumente en ander inligting wat
verband hou met tersaaklike besluit 
-Sluit nie rekord v oorwegings v tersaaklike liggaam in nie 
• Helen Suzman Foundation (belangrikste) 
-Geen rede hoekom oorwegings as 'n klas v inligting v d reël 53 rekord
uitgesluit moet word nie 
-Maak meer saak of oorwegings relevant is/ is daar regtelike gronde om dit
uit te sluit? 
  
 

 
 
 
 

https://onedrive.live.com/redir?resid=71115CDFC150512B%21295&page=Edit&wd=target%28Leereenheid 3.one%7C1c00dfaf-bc71-4d6d-87d1-… 4/5


10/17/22, 7:57 PM OneNote

https://onedrive.live.com/redir?resid=71115CDFC150512B%21295&page=Edit&wd=target%28Leereenheid 3.one%7C1c00dfaf-bc71-4d6d-87d1-… 5/5

You might also like