Loffieflits 26 Mei 2021 - Krikinele Elemente

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 1

LOFFIEFLITS

26 Mei 2021
Geagte Loffieouer

KRIMINELE ELEMENTE OP DIE SKOOLTERREIN

Die afgelope 6 maande het ons twee insidente gehad waar persone by die skoolterrein
ingekom en ouers in hulle voertuie van selfone, geld en elektroniese toestelle beroof het.
Die voorvalle het naby die sporthek/uitgangshek plaasgevind. Alhoewel ons ʼn wag het,
kan die wag nie al twee hekke tussen 12:00 en 15:00 beman nie.

Gelofte is op ʼn besige roete geleë met baie mense wat verby die skool stap. Hierdie
kriminele element hou die skool van buite af dop en sien ouers wat alleen, afgesonder en
naby die hek sit, as sagte teikens. Digte plantegroei bemoeilik dit ook om enige iemand
raak te sien wat moontlik die skool dophou. Sodra die wag weg beweeg om sy rondtes te
doen, gebruik hulle die kans om in die skool in te kom en ouers wat naby die hek wag te
beroof.

Ons het vir Ashley-buurtwag en vir Blue Sekuriteit gevra om tussen 12:00 en 15:00 meer
sigbaar te wees en dat hulle in en naby die skool sal rondbeweeg.

Ons vra dat ouers asseblief bewus sal wees van dit wat om hulle aangaan. Ons probeer
sover moontlik die terrein so veilig as moontlik maak, maar ongelukkig kan die hele terrein
nie dop gehou word nie.

Hier is ʼn wenke wat u kan gebruik om u self te beveilig:


• Moenie alleen en afgesonder op die terrein in u motor wag nie. Stop by die
parkeerarea naby die afdakke. (Bly weg van die bosse naby die M13 se kant.)
• Wees bewus van dit wat om u aangaan. Laat weet dadelik die kantoor sodra u iets
vermoed of as iets/iemand verdag lyk.
• Moenie dat u kind laat buite die terrein of naby die hekke wag nie. Kinders is veiliger
binne die skoolterrein, by die afdakke.

Vriendelike groete

_______________
M S MARTIN
SKOOLHOOF

You might also like