Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 33

BESIGHEIDS

OMGEWINGS
MAKRO OMGEWING: IMPAK VAN
ONLANGSE
WETGEWING OP BESIGHEDE

WETGEWING

VRAESTEL 1:
AFDELING A
AFDELING B VRAAG 2
AFDELING C VRAAG 5

(KWARTAAL 1)

1
INLEIDING

Die regering het verskeie wette ingestel in reaksie op eise vir regstelling en billikheid, op klein en groot
ondernemings. Hierdie hoofstuk handel oor die volgende wette:

• Wet op Vaardigheidsontwikkeling, 1998 (Wet 97 van 1998)


• Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet 66 van 1995)
• Wet op Gelyke Indiensneming, 1998 (Wet 55 van 1998)
• Wet op Basiese Diensvoorwaardes, (Wet 75 van 1997)
• Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes, 1997 (Wet 61 van 1997)
• Wet op Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging, Wet 2003, (Wet 53 van 2003), (gewysig in 2013)
• Nasionale Kredietwet, 2005 (Wet 34 van 2005) (NKW)
• Verbruikersbeskermingswet, 2008 (Wet 68 van 28 April 2008) (VBW)

Bogenoemde Wette reguleer en beskerm die regte van verbruikers en besighede. Die effektiewe
implementering van bogenoemde wette sal 'n regverdige en ordelike arbeid en faktor mark verseker.

ONDERWERP INHOUD
Leerders moet die volgende kan doen:
Impak van • Beskryf kortliks/Beskryf/Verduidelik/Bespreek die doelvan al AGT wette.
onlangse • Bespreek/Verduidelik/Evalueer die impak (positiewe/voordele en/of negatiewe/nadele)
wetgewing op van die wette op besighede.
besighede • Beskryf kortliks/Verduidelik/Bespreek optredes wat as nienakoming aan die verskillende
Wette beskou word.
• Beskryf kortliks/Verduidelik/Bespreek strafmaatreëls/gevolge vir nienakoming aan die
verskillende Wette.
• Stel voor/Beveel maniere aan waarop besighede wettekan nakom.
• Beskryf kortliks/Verduidelik/Bespreek die rol/ funksies van SOOO's ('SETAs') in
ondersteuning van die Wet opVaardigheidsontwikkeling (WVO) 1998 (Wet 97 van
1998).
• Verduidelik hoe SOOO's ('SETAs') befonds word.
• Definieer/Brei uit oor die betekenis van leerlingskappe
• Verduidelik die Nasionale Vaardigheids-ontwikkeling- strategie en die Menslikehulpbron-
ontwikkelingstrategie(d.i. Sektorale Onderwys-en-Opleidingsowerhede)
Fokus OOK op die volgende ten opsigte van die Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese
Bemagtiging, 2003 (Wet 53van 2003) (BBSEB):
• Onderskei tussen Swart Ekonomiese Bemagtiging endie Wet op BBSEB
• Bespreek/Verduidelik die implikasies van die volgende hersiende VYF pilare van BBSEB
op besighede.
o Bestuursbeheer
o Eienaarskap
o Ondernemings- en verskaffersontwikkeling
o Vaardigheidsontwikkeling
o Sosio-ekonomiese ontwikkeling/Sosialeverantwoordelikheid
Noem/Identifiseer BBSEB-pilare van scenario's/gevallestudies.
• Stel voor/Beveel aan maniere hoe besighede die hersiende VYF pilare van die BBSEB in
die werksplek kan toepas.
LET WEL:
Menseregte-/Inklusiwiteits-/Diversiteitskwessies word in Besigheidsrolle gedek. Dit moet
NIE geassesseer word asdeel van Besigheidsomgewings nie.
Fokus OOK op die volgende t.o.v. WBDV,WAV, NKW &WVB:
• Beskryf kortliks/Verduidelik/Beskryf/Bespreek diebepalings van die WBDV.
• Beskryf kortliks/Verduidelik/Beskryf/Bespreek die regte van werkgewers en werknemers
ten opsigte van die WAV.
• Beskryf kortliks/Verduidelik/Beskryf/Bespreek die regte van verbruikers ten opsigte van
die NKW & WVB..

2
1.1 Sleutelbegrippe/Konsepte
Hierdie definisies sal u help om die betekenis van belangrike wetgewingskonsepte wat in hierdie leergedeelte
gebruik word, te verstaan.

KONSEP DEFINISIE
Die Wet op Die hoofdoel van hierdie Wet is om die vaardighede van mense wat
Vaardigheidsontwikkeling / reeds in die besigheid werksaam is, te verbeter.
SDA
Dit is ingestel om te verseker dat besighede bydra tot die ontwikkeling
Vaardigheidsontwikkelingsheffing
van vaardighede.
VBI Voorheen benadeelde individue of aangewese groep.
SETA's is gestig om die implementering van die Wet op
SETA’ s
Vaardigheidsontwikkeling te implementeer en te monitor.
Wet op Arbeidsverhoudinge / Hierdie Wet is ingestel om eenvoudige prosedures vir die oplossing
WAV van arbeidsgeskille in die werkplek te bevorder.
Onderhandelinge tussen werkgewersvereniging en vakbonde oor sake
Kollektiewe bedinging
soos lone / diensvoorwaardes.
Kollektiewe ooreenkoms Ooreenkoms tussen werkgewersorganisasies en vakbonde.
Dispute 'n Verskil tussen die werkgewer en die werknemer
Dit word gevorm deur geregistreerde vakbonde en
Bedingingsrade
werkgewersorganisasies om arbeidsgeskille te voorkom / op te los.
Die hoofdoel van hierdie Wet is om te verseker dat gelyke
Wet op Gelyke Indiensneming /
werksgeleenthede aan alle mense gegee word, ongeag ras / kultuur /
WGI
taal / ouderdom / godsdiens / gestremdheid, ens.
Dit is ontwerp om te verseker dat geskikte en gekwalifiseerde
voorheen benadeelde individue gelyke werksgeleenthede kry.
Regstellende aksie Regstellende aksie maak deel uit van die Wet op Gelyke
Indiensneming.
Wet op Basiese Hierdie Wet stel die minimum standaard vir indiensneming in om
Diensvoorwaardes / WBDV eerlike arbeidspraktyk te bevorder.
Wet op Vergoeding vir Die Wet gee werknemers wat beseer word of siektes aanstoot terwyl
beroepsbeserings en -siektes hulle aan diens is, die reg om vergoeding te eis.
/ COIDA/ WVBBS
Breëbasis Swart Ekonomiese Die Wet is ingestel ten einde volle ekonomiese deelname van
Bemagtiging / BBSEB voorheen benadeelde individue te verseker.
Hierdie Wet is ingestel om verbruikers te beskerm teen onbillike en
Nasionale Kredietwet/ NKW
roekelose kredietverlening deur besighede.
Kredietverskaffers Alle besighede wat goedere en dienste op krediet aanbied
Die NKR is verantwoordelik vir die regulering van die Suid-Afrikaanse
Nasionale Kredietreguleerder /
kredietbedryf. Dit beteken dat alle besighede wat goed en dienste op
NKR
krediet aanbied, by die NKR geregistreer moet word.
Dit is 'n skuldoplossing wat gerig is op Suid-Afrikaanse verbruikers wat
Skuldoorsig / Skuldberading
oorverskuldig is en sukkel om hul finansies te bestuur.
Die hoofdoel van hierdie Wet is om die ekonomiese belange van
Wet op
verbruikers te bevorder / te beskerm deur hulle inligting te verskaf
Verbruikersbeskerming/ WVB
sodat hulle ingeligte keuses maak.
Nakoming Nakoming volgens 'n stel reëls
Strawwe Straf om iets te doen wat teen 'n wet is.
Om ‘n persoon anders te behandel as ander mense - veral op 'n slegte
Diskriminerende handelinge
manier.

3
WET OP VAARDIGHEIDSONTWIKKELING (WVO)

DOEL
• Ontwikkel die vaardighede van mense in Suid-Afrika om produktiwiteit te verbeter.
• Belê in opleiding van werkers.
• Verbeter die kanse om werk te kry vir voorheen benadeelde persone
• Moedig werknemers aan om aan leerprogramme deel te neem.
• Moedig besighede aan om die vaardighede van hul werkers te verbeter

IMPAK
Voordele:
• Lei werknemers op om produktiwiteit in die werkplek te verbeter.
• Besigheid kan wêreldwyd mededingend word.
• Verhoog vaardighede wat skaars is.
• Verbeter werksgeleenthede van voorheen benadeelde persone.
• Werkplek word gebruik as 'n aktiewe leeromgewing waar werknemers praktiese werkservaring kan
opdoen
Nadele:
• Implementering kan moeilik wees om te monitor en beheer.
• Vaardigheidsheffings kan ‘n ekstra las wees vir besighede wat reeds sukkel.
• Verhoog koste as gevolg van ‘n groot aantal papierwerk.
• Vaardigheidsprogramme sal nie altyd die opleidingsbehoeftes van werknemers aanspreek nie.
• Baie diensverskaffers wat opleidingstake aanbied, is nie SAQA/SAKO geakkrediteer nie.

DISKRIMINERENDE AKSIES
• Keer dat werknemers deelneem aan leerlingskappe as gevolg van ouderdom of posisie.
• Onregverdige bevordering en opleiding aan sekere werknemers.
• Verskaf valse inligting in dokumente

STRAWWE VIR NIE-NAKOMING


• Besigheid kan beveel word om op te hou werk.
• Swaar boetes kan opgelê word.

MANIERE WAAROP BESIGHEDE AAN DIE WET KAN VOLDOEN


• Besighede moet vaardigheidsheffing betaal.
• Besighede moet ‘n vaardigheidsontwikkelingsplan indien en bewys lewer dat dit geimplementeer is.
• Moedig werknemers aan om aan leerlingskappe deel te neem.
• Besighede moet by die betrokke SETA’s registreer.

ROL / FUNKSIES VAN SETA’S


• Bevorder en stig leerlingskappe
• Versamel heffings en betaal toelaes soos nodig.
• Monitor die werklike opleiding deur diensverskaffers
• Stel vaardigheidsontwikkelingsplanne op vir spesifieke ekonomiese sektore.
• Voorsien opleidingsmateriaal / programme vir vaardigheidsontwikkelingsfasiliteerders.

4
Onderskei tussen die Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie en die Menslike
Hulpbronontwikkelingstrategie

NASIONALE VAARDIGHEIDSONTWIKKELINGSTRATEGIE
• Moedig opleiding van goeie gehalte in die werksplek aan.
• Verbeter sosiale ontwikkeling deur ekonomiese ontwikkeling.
• Verhoog toegang tot opleidingsprogramme
• Bou opleidiengsentrums vir spesifieke beroepe/ loopbane.

MENSLIKE HULPBRONONTWIKKELINGSTRATEGIE
• Tekorte van vaardighede in Suid-Afrika word aangespreek.
• Bevorder maatskaplike ontwikkeling en verminder armoede.
• Verbeter die aanbod van vaardighede.
• Verhoog werknemers se deelname aan lewenslange leer.

(Dis dieselfde as bo, maar in tabelvorm en bietjie meer punte)


Onderskei tussen die Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie en die Menslike
Hulpbronontwikkelingstrategie

Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie Menslike Hulpbronontwikkelingstrategie


(NVOS) (MHOS)
- Moedig opleiding van goeie gehalte in die - Spreek vaardigheidstekorte in die Suid-Afrikaanse
werkplek aan om voortgesette ontwikkeling van arbeidsmag aan.
vaardighede te verseker.
- Voorsien vir die deelname van die regering, - Doelwit om vinniger ekonomiese groei / hoër
georganiseerde besigheid en arbeid. indiensnemingsvlakke en verminderde vlakke van
armoede te bereik.
- Verbeter sosiale ontwikkeling deur ekonomiese - Bevorder maatskaplike ontwikkeling / sosiale
ontwikkeling. geregtigheid en help om armoede te verlig
- Dui aan hoe Sektorale Onderwys- en - Ontwikkel kort- en langtermyn werksmagvaardighede.
Opleidingsowerhede (SETA's) die geld wat uit die
Vaardigheidsontwikkelingsheffing toegewys word,
moet gebruik.
- Verhoog / verbeter toegang tot - Verbeter die aanbod van vaardighede.
opleidingsprogramme.
- Bou / Verskaf loopbaan / - Verhoog werknemers se deelname aan lewenslange
beroepleiding/opleidingsentrums leer.

Befondsing van SETA’s


• Vaardigheidsontwikkelingsheffings betaal deur werkgewers bv. 80% word aan die verskillende SETA
versprei en 20% word in die Nasionale Vaardigheidsfonds betaal.
• Skenkings en toelaes van die publiek
• Surplusfondse van regeringsinstellings
• Fondse ontvang van die lewering van hul dienste.

5
WET OP ARBEIDSVERHOUDINGE (WAV)
STAAT

WAV

WG WN
DOEL
• Verskaf 'n struktuur vir arbeidsverhoudinge tussen werkgewers en werknemers.
• Bevorder kollektiewe bedinging by die werkplek.
• Bevorder eenvoudige prosedures vir die registrasie van vakbonde en werkgewersorganisasies.
• Bevorder werkplekforums om werknemers in besluitneming te akkommodeer.
• Bevorder regverdige arbeidspraktyk tussen die werkgewers en werknemers

IMPAK
Voordele:
• Beskerm die regte van besighede in arbeidskwessies.
• Arbeidskwessies word vinniger opgelos en kos minder geld.
• Bevorder ‘n gesonde verhouding tussen die werkgewer en werknemer.
• Voorsien riglyne vir regverdige dissiplinêre prosedures en ontslagprosedures.
• Voorkom onbillike diskriminasie in die werkplek aangesien dit gelyke geleenthede vir alle werknemers
bevorder.

Nadele:
• Produktiwiteit neem af wanneer werknemers tydens werksure aan vakbond aktiwiteite deelneem.
• Stakings lei tot ‘n verlies van produksie waarvoor die besigheid nie kan eis nie.
• Koste van arbeid styg as gevolg van wettige stakings.
• Werkgewer mag nie ‘n hofinterdik kry om ‘n staking te stop nie.
• Werkgewers mag nie werknemers soos hul wil ontslaan nie, aangesien prosedures gevolg moet word.

DISKRIMINERENDE AKSIES
• Werknemers wat onbillik afgedank word.
• Werkgewers wat weier dat werksplekforums gevestig word.
• Werkgewers wat verhoed dat werknemers by vakbonde aansluit.
• Nie toelaat dat werknemers aan wettige stakings deelneem nie.

STRAWWE VIR NIE-NAKOMING


• Swaar boetes kan opgelê word indien besighede nie voldoen aan arbeidsooreenkomstes nie.
• Besighede kan verlies lei as gevolg van kostes soos regskostes en boetes.

MANIERE WAAROP BESIGHEDE AAN DIE WET KAN VOLDOEN


• Laat werknemers toe om aan vakbonde te behoort.
• Ondersteun die vestiging van werksplekforums.
• Werknemers moet nie onbillik afgedank word nie.
• Werkgewers moenie kollektiewe ooreenkomstes oortree nie.

6
Die regte van werkgewers en werknemers volgens WAV
Regte van werkgewers
• Werkgewers het die reg om werknemers uit te sluit wat onbeskermde / onwettige staking / arbeid aksie
aangaan.
• Vorm werkgewersorganisasies.
• Vorm 'n bedingingsraad vir kollektiewe bedingingsdoeleindes.
• Ontslaan werknemers wat betrokke is by 'n onbeskermde staking / wangedrag soos intimidasie / geweld
tydens 'n staking.
• Reg om nie 'n werknemer te betaal wat aan 'n beskermde staking deelgeneem het vir dienste / werk wat
hulle nie tydens die staking gedoen het nie.

Regte van werknemers


• Werknemers mag by 'n vakbond van hul keuse aansluit.
• Versoek vakbondverteenwoordigers om werknemers by te staan in die grief / dissiplinêre verhoor.
• Vakbondverteenwoordigers kan redelike tyd af met werk betaal, om vakbondpligte by te woon.
• Begin wettige stakings as 'n oplossing vir griewe.
• Verwys onopgeloste werkplek geskille na die KVBA.
• Verwys onopgeloste KVBA geskille na die Arbeidshof op appèl.

7
WET OP GELYKE INDIENSNEMING (WGI)
GEEN
DISKRIMINASIE
DOEL

• Werknemers wat dieselfde werk doen, moet dieselfde betaal word (gelyke werk, gelyke betaling)
• Geen diskriminasie op grond van geslag in die werksplek nie.
• Bevorder gelyke geleenthede en regverdige behandeling in die werksplek.
• Voorsien dat werknemers onopgeloste geskille na die KVBA kan verwys.

IMPAK

Voordele:
• Bevorder die implementering van regstellende aksie om die wanbalanse van die verlede reg te stel.
• Alle werknemers het gelyke geleenthede in ‘n posisie bevorder te word.
• Moedig diversiteit in die werksplek aan deur mense van verskillende rasse aan te stel.
• Moedig konsultasie tussen werkgewer en werknemer aan.
• Motiveer werknemers omdat die werksmag meer divers / verteenwoordigend / inklusief is
Nadele:
• Dit is duur om iemand op te lei wat min van die wet weet.
• Verhoogde administratiewe las aangesien indiensnemingsverslag elke twee jaar ingedien moet word.
• Boetes kan duur wees wanneer besighede nie aan die wet voldoen nie.
• Besighede moet ‘n sertifikaat indien wat wys dat hul aan die wet voldoen, voor hul sake kan doen met
staats besighede.
• Ondernemings word soms onder druk gestel om 'n ongeskikte GI persoon aan te stel om GI-vereistes
te voldoen

DISKRIMINERENDE AKSIES

• Nie in diens neem van 'n jong vrou omdat sy in die toekoms kinders wil hê nie.
• Weier om 'n persoon in diens te neem omdat hy / sy 'n gestremdheid het
• MIV-toetsing doen, tensy dit deur die Arbeidshof geregverdig word.
• Om mense toegang tot die werksplek te weier op grond van geslag, ras of kultuur

STRAWWE VIR NIE-NAKOMING

• Besighede kan na die Arbeidshof geneem word vir vervolging.


• Boetes kan gegee word as besighede nie verslag doen soos vereis word nie.
• Besighede wat nie aan die wet voldoen nie kan geblokkeer word om met die regering sake te doen.

MANIERE WAAROP BESIGHEDE AAN DIE WET KAN VOLDOEN


• Besighede moet waak teen diskriminerende aanstellings
• Bevorder gelyke geleenthede en regverdige behandeling.
• Besighede moenie diskriminerend wees wanneer hulle aanstellings doen nie.
• Alle rassegroepe moet op elke vlak van indiensneming verteenwoordig word.
• Stel ‘n indiensnemingsplan op en implementeer dit.

8
WET OP BASIESE DIENSVOORWAARDES (WBDV)

DIENSKONTRAK

DOEL

• Verskaf duidelike diensvoorwaardes vir werkgewers en werknemers.


• Stel minimum vereistes vir die dienskontrak
• Reguleer die reg op billike arbeidspraktyke soos uiteengesit in die
Grondwet.
• Reguleer die variasies van basiese diensvoorwaardes.

IMPAK

Voordele:
• Skep 'n raamwerk van aanvaarbare indiensnemingspraktyke, bv. Werksure, verlof, ens.
• Bevorder regverdige behandeling van werknemers in besigheid.
• Omskryf minimum vereistes wat die basis vorm van dienskontrakte.
• Werksure word gespesifiseer sodat die werkgewer nie werknemers kan misbruik nie.
• Die reëls en regulasies is baie spesifiek, wat die werkgewer duidelik rig hoe om
werkskeppingsvraagstukke te hanteer.

Nadele:
• Die opstel van ‘n formele dienskontrak kan tydrowend en duur wees.
• Geen werkgewer kan ‘n werknemer dwing om meer as 45 ure per week te werk nie, dit kan
prouktiwiteit negatief beinvloed.
• Goedkoop arbeid is nie moontlik nie, sodat werknemers nie uitgebuit kan word nie.
• Die wet dwing besighede om aan vereistes te voldoen, so arbeidskoste word verhoog.
• Besighede wat nie aan die Wet voldoen nie, kan van hoë boetes aangekla word, wat hul kontantvloei
negatief kan beïnvloed.

DISKRIMINERENDE AKSIES

• Werkers mag nie verbied word om salarisse met mede-werkers te bespreek nie.
• Werknemers mag nie werk sonder dienskontrakte nie.
• Besighede mag nie weier om mediese sertifikate van ‘n siek werker te aanvaar nie.
• Besighede mag nie weier om vir ‘n werker verlof te gee vir gesinsverantwoordelikheid nie.

STRAWWE VIR NIE-NAKOMING

• Besighede kan na die Arbeidshof geneem word.


• Besighede wat skuldig bevind word, kan swaar boetes opgelê word.
• Besighede kan beveel word om skadevergoeding aan werknemers te betaal.
• Arbeidsinspekteurs kan ‘n nakomingsbevel dien deur aan die Departement van Arbeid te skryf.

MANIERE WAAROP BESIGHEDE AAN DIE WET KAN VOLDOEN

• Werkers mag nie gedwing word om meer ure te werk as wat die wet stipuleer nie.
• Werkers moet ‘n breek van 60minute kry na elke 5 ure wat gewerk is.
• Werkers kry tot 6 weke betaalde siekverlof per siklus van 36 maande.
• Besighede mag nie kinders onder die ouderdom van 16 jaar in diens neem nie.
• JY KAN ENIGE VAN DIE BEPALINGS VAN DIE WET NOEM
9
BEPALINGS VAN DIE WET OP BASIESE DIENSVOORWAARDES

BEPALING BESKRYWING

• Werkers mag nie meer as 45 ure per week werk nie.


• Werkers werk 9 ure per dag (5dae per week) OF 8 ure per dag (meer as 5 dae
WERKSURE per week)
• Nagwerk (tussen 18h00 en 06h00) moet vergoed word deur vermindering van
werksure of ekstra betaling.
• Werkers moet instem om oortyd te werk.
• Werkers mag nie meer as 3 ure per dag OF 10 ure per week oortyd werk nie.
OORTYD • Vergoeding by oortyd gewerk:
- word betaal teen 1 ½ keer die gewone vergoeding op weeksdae en Saterdae
- Sondae en openbare vakansiedae word dubbel betaal
Jaarlikse verlof:
• 21 opeenvolgende dae verlof per jaar OF
• Een dag verlof vir elke 17 dae gewerk OF
• Een uur vir elke 17 ure gewerk

Siekverlof:
• Ses weke betaalde siekverlof vir elke 36 maande siklus OF
• 1 dag betaalde siekverlof vir elke 26 dae wat gewerk is (binne eerste 6 maande)
• ‘n Mediese sertifikaat kan vereis word indien ‘n werker meer as twee
opeenvolgende dae afwesig is.

Kraamverlof
• Vier agtereenvolgende maande verlof
VERLOF • Swanger werknemer mag nie werk verrig wat gevaarlik is vir ongebore kind nie.
• Verlof begin enige tyd vanaf 4 weke voor die geboorte OF op advies van ‘n
dokter.

Gesinsverantwoordelikheid
• 3 tot 5 dae betaalde verlof per jaar in die geval van dood of siekte van werknemer
se:
- eggenoot of lewensmaat
- ouer of aannemende ouer of grootouer
- kind of aannemende kind of kleinkind
- broer of suster
• Werkgewer mag bewyse eis (soos doodsertifikaat of mediese sertifikaat)
• Manslike werknemers is geregtig op 10 dae se vaderskapverlof wanneer sy kind
gebore is.
MAALTYE EN • Maaltydpouse van 60 minute na elke 5 ure se werk.
RUSPERIODES • Kan verminder word na 30 minute indien die werker minder as 6 ure per dag werk.
• Werknemers moet betaal word vir enige vakansiedae wat op ‘n werksdag val.
PUBLIEKE
• Werk op vakansiedae word betaal teen ‘n dubbelde koers van die normale
VAKANSIEDAE
betaling.

10
• Kontrak mag slegs beëindig word na een week se kennisgewing indien die werker
ses maande of minder in diens is.
• Twee weke kennis as werker 6 – 12 maande werk.
BEËINDIGING • Vier weke se kennis moet gegee word indien die werker vir ‘n jaar of langer in
VAN
diens is.
INDIENSNEMING
• Skriftelike kennis moet gegee word.
• Indien ‘n werknemer afgedank word a.g.v herstrukturering (of ge”retrench” word)
is hy geregtig op skeidingsvergoeding van een week vir elke jaar se diens.
• Kinders jonger as 15 jaar mag nie in diens geneem word nie.
KINDERARBEID • Niemand mag gedwing word om te werk nie.
EN
DWANGARBEID • Besighede kan kinders oor die ouderdom van 15 in diens neem indien die werk nie
skadelik of gevaarlik is nie.

11
WET OP VERGOEDING VIR BEROEPSBESERINGS EN -SIEKTES (WVBS)

DOEL
• Voorsien beskerming aan werknemers wat beseer is tydens die verrigting van hul pligte.
• Is van toepassing op alle werkers wat beseer word, gestremd word, of sterf weens ‘n
werksplekongeluk.
• Werknemers wat hulself opsetlik wangedra word uitgesluit.

IMPAK
Voordele:
• Bevorder veiligheid in die werksplek.
• Skep 'n raamwerk vir aanvaarbare indiensnemingspraktyke en veiligheidsregulasies.
• Bespaar tyd en koste wat aan lang hofverrigtinge spandeer sou word.
• Maak besighede meer sosiaal verantwoordelik, omdat hulle werkers in veilige werksomgewings werk.
• Werkgewers word beskerm teen finansiële las indien 'n ongeluk in die werkplek voorkom, mits die
werkgewer nie nalatig is nie

Nadele:
• Prosedures kan duur wees as gevolg van papierwerk wat ‘n ekstra las op besighede plaas.
• Implementeringsprosedures wat deur die wet vereis word kan duur wees.
• Werkers wat in die buiteland werk, word nie gedek nie.
• Binnelandse/ Militêre werkers word nie gedek nie.
• Werkgewers moet al hul werkers registreer / jaarlikse bydraes lewer aan WVBS, wat kan lei tot
kontantvloeiprobleme.

DISKRIMINERENDE AKSIES
• Werkgewerks wat voorkom dat werkers die besering rapporteer.
• Verskaf vals inligting oor ongelukke of beserings.
• Werkgewers wat nie bydra tot die Vergoedingsfonds nie.
• Werkgewers wat opsetlik te lank neem om eise te verwerk
• Werkgewers wat nie eise vir beserings toelaat nie, diskrimineer teen beseerde werknemers.
STRAWWE VIR NIE-NAKOMING
• Besighede kan beboet word vir die weiering om die eis in te dien
• Besighede kan gedwing word om groot betalings te maak indien hulle nie die nodige
voorsorgmaatreëls geneem het nie.
• Hulle mag gedwing word om enige herstelkoste wat deur die Vergoedingsfonds vereis word, te betaal.
• Werknemers mag besigheid na die hof neem omdat hulle hom / haar nie by die Kommissaris van die
Vergoedingsfonds geregistreer het nie.

MANIERE WAAROP BESIGHEDE AAN DIE WET KAN VOLDOEN


• Besighede moet 'n gesonde / veilige werksomgewing bied.
• Registreer by die Vergoedingskommissaris en verskaf die besonderhede van die besigheid.
• Rapporteer alle voorvalle wat die dood / besering / siekte van werknemers veroorsaak.
• Verseker dat die perseel / toerusting / masjinerie in goeie werkende toestand is.
• Dien opbrengste van verdienste voor nie later nie as 1 Maart jaarliks in.

12
BREE BASIS SWART EKONOMIESE BEMAGTIGINGSWET (BBSEB)

DOEL
• Stel rykdom oor alle bevolkingsgroepe beskikbaar.
• Bied vir die regering ‘n platform om billike verspreiding van welvaart te bring.
• Laat die ontwikkeling van Goeie Praktykskodes toe.
• Dit beoog om ongelykheid in die Suid-Afrikaanse ekonomie aan te spreek

IMPAK
Voordele:
• n Goeie SEB-gradering verbeter die beeld van die onderneming.
• Besighede wat voldoen aan BBSEB kan ander BBSEB-sakevennote of -verskaffers lok.
• Ontwikkel swart entrepreneurskap en bevorder ondernemingsontwikkeling
• Besighede sal 'n goeie oorsig hê oor hoe dit presteer in vergelyking met ander besighede in die res van
die land.
• Ondernemings wat klein, mikro-, medium ondernemings (KMMO's) ondersteun, mag hul eie BBSEB-
graderings verhoog

Nadele:
• Besighede wat met die regering sake wil doen, moet hul SEB-status jaarliks beoordeel.
• Prosesse kan lei tot korrupsie indien dit nie behoorlik gemonitor word nie.
• Voorsien voorkeurverkryging, sodat sekere ondernemings uitgesluit kan word van die verskaffing van
goedere / dienste.
• Besighede moet deur die proses gemeet word deur 'n onafhanklike SEB verifikasie agentskap.
• Baie besighede is benadeel weens BBSEB-grade aangesien hulle nie al die punte kan bereik nie.

DISKRIMINERENDE AKSIES
• Versuim om regstellende aksie te implementeer om BBSEB-verantwoordelikhede na te kom.
• Bevordering van onbevoegde mense in 'n bestuursposte ten koste van gekwalifiseerde voorheen
benadeeldes.
• Weier om tenders aan swart verskaffers toe te ken wat voldoen aan die SEB.

13
STRAWWE VIR NIE-NAKOMING
• Besigheidsinskrywings kan gevangenisstraf in die gesig staar vir nie-nakoming
• Die boete kan 'n boete van tot 10% van die maatskappy se jaarlikse omset wees.
• 'n Besigheid kan verbied word vir deelname aan regering kontrakte vir 'n tydperk van 10 jaar.
• Besigheidslisensies mag nie herhaal word nie en magtigings mag nie uitgereik word nie.

MANIERE WAAROP BESIGHEDE AAN DIE WET KAN VOLDOEN


• Besighede moet swart mense in bestuursposisies aanstel.
• Besighede moet aandele aan swart werknemers/mense verkoop.
• Stuur swart mense vir vaardigheidsontwikkeling opleiding.
• Verbeter die lewenstandaard van gemeenskappe waarin besighede funksioneer.

BBSEB – PILARE (INVLOED OP BESIGHEDE)

PILAAR IMPLIKASIES OP BESIGHEDE

• Stel swart mense in senior uitvoerende poste aan.


• Betrek swart mense in die besluitnemingsprosesse
Bestuurbeheer • Verseker dat swart vroue in die bestuur verteenwoordig word.
• Besighede word direk gepenaliseer indien hul nie hierdie pilaar
implementeer nie.
• Besighede moet swart mense insluit in aandeelhouding/vennootskappe
• Meer geleenthede word geskep vir swart mense om entrepreneurs te
Eienaarskap word.
• Besighede vind dit soms moeilik om geskikte swart sakevennote te kry.
• Baie swart mense kan nie aandele in maatskappye bekostig nie.
• Identifiseer verskaffers in swart besit om goedere en dienste te lewer.
• Ontwikkel sakevaardighede van verskaffers van klein en swart
Verskafferontwikkeling besighede.
• BBSEB verskaffers kan moontlik sonder goeie vakmanskap wees.
• Kleiner besighede wat nie aan BBSEB voldoen nie, verloor besigheid.
• Besighede moet swart werknemers betrek by
vaardigheidsontwikkeling.
• Voorsien leerderskappe aan swart werknemers.
Vaardigheidsontwikkeling • Produktiwiteit word in gevaar gestel aangesien mentors die tyd moet vat
om deel te neem aan opleiding.
• Besighede moet die ekstra myl loop om opleiding te verskaf waar daar nie
leerderskappe aangebied word nie.
• Besighede moet fokus op die ontwikkeling van kritieke areas bv.
Sosiale onderwys, behuising, armoede en werkloosheid.
verantwoordelikheid • Besighede moet skaars KMI hulpbronne versprei aan geselekteerde
begunstigdes in die gemeenskap.

14
IMPLIKASIES VAN BBSEB-PILARE OP BESIGHEDE

1. Bestuur / Bestuursbeheer
• Besigheid moet verseker dat transformasie op alle vlakke geïmplementeer word.
• Stel swart mense in senior uitvoerende poste aan.
• Betrek swartmense in die besluitnemingsprosesse.
• Verseker dat swart vroue in die bestuur verteenwoordig word.
• Besighede verdien punte in beide bestuur en eienaarskap as hulle meer as 25% van hul aandele aan
swart beleggers verkoop, sodat sommige van hulle direkteure kan word.
• Weens 'n tekort aan vaardige swart bestuurders / direkteure, vind sommige besighede moeilik om
afsprake te maak.
• Besighede word direk gepenaliseer√ vir die nie - implementering van hierdie pilaar.

2. Eienaarskap
• Besigheid moet swart mense in aandeelhouding / vennootskappe / franchises insluit.
• Vrygestelde Mikro-ondernemings (OBE's) met 'n eienaarskap van 50% of meer swart mense word
bevorder tot vlak 3 van die SEB-telkaart.
• Meer geleenthede word geskep vir swart mense om eienaars / entrepreneurs te word.
• Moedig klein swart beleggers aan om in groot maatskappye te belê en eienaarskap te deel.
• Groot ondernemings moet gesamentlike ondernemings vorm met klein besighede in swart besit en
besigheidsrisiko's deel.
• Besighede vind dit soms moeilik om geskikte swart sakevennote / aandeelhouers op te spoor.
• Baie swart mense kan nie aandele in maatskappye / bydraes tot vennootskappe bekostig nie.

3. Ondernemings- en verskaffersontwikkeling/Voorkeurverkryging
• Besigheid moet werk skep, aangesien verskaffer ontwikkeling plaaslike vervaardiging bevorder.
• Ondernemings word aangemoedig om KMMO's van swart besit te belê / te ondersteun.
• Bydrae kan monetêr wees, bv. lenings / beleggings / donasies.
• Bydrae kan nie-monetêr wees, bv. konsultasiedienste / advies / ondernemingsprogramme, ens.
• Uitkontrakteer dienste aan verskaffers wat voldoen aan BBSEB.
• Identifiseer verskaffers in swart besit wat goedere en dienste kan lewer.
• Ontwikkel die sakevaardighede van verskaffers van klein / swart besit, bv. verkoopstegnieke,
regsadvies, ens.
• Ondersteun die kontantvloei van klein verskaffers deur hulle voorkeurvoorwaardes te bied.
• Besighede behoort in swart besit KMMO's te belê.
• KMMO's sal aangemoedig word om hul eie besigheidsinisiatiewe te gebruik om hulle te maak
volhoubare.
• Swart besit-KMMO's kan te afhanklik wees van ondersteuning van ander besighede / nie in staat om
hul eie inisiatiewe te neem nie.
• BBSEB verskaffers kan sonder goeie vakmanskap wees.
• Kleiner besighede wat nie BBSEB voldoen nie, verloor besigheid.
• Besighede word gedwing om van 'n kleiner poel verskaffers te kies.

4. Vaardigheidsontwikkeling.
• Besigheid moet swart werknemers betrek by vaardigheidsontwikkelingsinisiatiewe.
• Voorsien leerderskappe en leerprogramme aan swart werknemers.
• Besigheid moet 1% van hul betaalstaat bydra om die vaardigheidsontwikkeling te befonds
• Besigheidsvoordele uit die verhoogde grootte van geskoolde / opgeleide werkers.
• Besigheid moet die ekstra myl gaan om personeel op te lei waar leerlingskappe nie aangebied word nie.
• Produktiwiteit word in gevaar gestel aangesien mentors / afrigters die tyd moet neem om deel te neem
in leerlingskappe / opleiding.

5. Sosiale verantwoordelikheid / Sosio-ekonomiese ontwikkeling


• Besighede moet KMI fokus op kritieke areas wat groei en ontwikkeling in die land kan beïnvloed, bv.
omgewingsbewustheid / onderwys / behuising, armoede / werkloosheid ens.
• Hulle moet skaars KMI hulpbronne versprei aan geselekteerde begunstigdes in die gemeenskap.

15
NASIONALE KREDIETWET (NKW)

DOEL
• Bevorder die sosiale en finansiële belang van verbruikers.
• Bevorder ‘n billike en mededingende kredietmark.
• Verseker dat verbruikers weet wat ingesluit is in hul krediet kontrakte.
• Voorkom diskriminasie en verseker dat krediet beskikbaar is vir alle verbruikers.

IMPAK
Voordele:
• Besighede en kliënte ken hul verantwoordelikhede
• Gemagtigde kredietverskaffers lok meer kliënte
• Laer slegte skuld wat lei tot beter kontantvloei.
• Beskerm besighede teen nie-betalende verbruikers.

Nadele:
• Besighede kan nie meer kredietbemarking uitvoer nie.
• Lei tot verlies aan verkope, aangesien baie verbruikers nie meer kwalifiseer om op krediet te koop nie.
• Verhoog die administratiewe las op kredietverskaffers.
• Die papierwerk wat deur die wet vereis word is duur en tydrowend.

DISKRIMINERENDE AKSIES
• Weier krediet aan kliënte gebaseer op geslag / ras.
• Verskaf verskillende rentekoerse aan kliënte gebaseer op geslag/ ras.
• Swartlys kliënte sonder om te poog om die skuld te verhaal.

STRAWWE VIR NIE-NAKOMING


• Die Nasionale Kredietreguleerder kan 'n boete op die besigheid oplê vir nie-nakoming.
• Die hof kan die toekenning van krediet deur die besigheid roekeloos verklaar en kan verbruikers beveel
om nie die krediet of deel daarvan aan die besigheid te betaal nie.

MANIERE WAAROP BESIGHEDE AAN DIE WET KAN VOLDOEN


• Kredietverskaffers moet by die Nasionale Kredietreguleerder geregistreer wees.
• Besighede moet 'n jaarlikse voldoeningsverslag aan die Nasionale Kredietreguleerder voorlê.
• Doen bekostigbaarheidsassessering om te verseker dat die verbruiker die vermoë het om sy / haar
verpligting na te kom.
• Verifieer die identiteit van kliënte en rapporteer verdagte transaksies

VERBRUIKERSREGTE IN TERME VAN DIE NKW

Verbruikers het die reg om:


• Aansoek te doen om krediet vry van diskriminasie
• Verkry redes vir die weiering van krediet
• Ontvang voorooreenkoms dokumentasie voor enige krediettransaksie aangegaan word.
• Billike en verantwoordelike bemarking deur kredietverskaffers
• Ontvang inligting in 'n eenvoudige en verstaanbare taal.

16
WET OP VERBRUIKERSBESKERMING (WVB)

DOEL
• Bevorder en beskerm die ekonomiese belange van verbruikers deur toegang tot inligting te verskaf.
• Bevorder toeganklike en volhoubare plekke vir mense om hul produkte te verkoop
• Vestig nasionale standaarde om verbruikers te beskerm
• Bevorder verantwoordelike verbruikersgedrag

IMPAK
Voordele:
• Besighede kan 'n goeie beeld bou as hulle verseker dat hulle nie verbruikersregte oortree nie.
• Mag verbruikerslojaliteit verkry as hulle aan WVB voldoen.
• Besighede kan beskerm word teen oneerlike mededingers.
• Verhoed dat groter ondernemings kleiner ondernemings ondermyn.

Nadele:
• Vertroulike besigheidsinligting kan beskikbaar wees vir mededingers
• Regskenners moet geraadpleeg word, wat die koste kan verhoog
• Strawwe vir nie-nakoming kan baie hoog wees
• Besighede kan onnodig deur regsprosesse belemmer word

DISKRIMINERENDE AKSIES
• Verskaf nie behoorlike inligting aan kliënte oor die produk/ diens nie.
• Verskillende kwaliteit van goedere wanneer dit in verskillende gebiede verkoop word.
• Behandeling van kliënte anders gebaseer op geslag / ouderdom / ras.
• Laai onbillike pryse vir dieselfde goedere en dienste.

STRAWWE VIR NIE-NAKOMING


• 'n Boete of direkte gevangenisstraf kan opgelê word.
• Staatsagentskappe kan oudits uitvoer, of selfs u besigheid geheel en al ontbind.
• Besighede sal gedwing word om verbruikers te vergoed in ooreenstemming met die mate waarin hul
regte oortree is.

MANIERE WAAROP BESIGHEDE AAN DIE WET KAN VOLDOEN


• Bekendmaking van alle pryse van produkte wat op uitverkoping is.
• Verseker dat goedere / dienste van dieselfde gehalte is.
• Wys die naam van die besigheid op alle besigheidsdokumente, bv. fakture / kontrakte.
• Voorsien voldoende opleiding aan personeel oor die WVB.

17
VERBRUIKERSREGTE VAN DIE WVB
Regte Beskrywing

Verbruikersregte • Kies verskaffers en goedere


• Koop vir die beste pryse
• Versoek skriftelike kwotasies en kosteberekeninge
Reg op privaatheid en • Ongewenste bemarking kan stopgesit word.
vertroulikheid • Kan beswaar maak teen ongewenste promosie e-posse/ telefoonverkope
• Kan kla indien persoonlike besonderhede uitgedeel word.
Reg op regverdige en • Verskaffers mag nie misleidende inligting gee nie.
eerlike handelinge • Besighede mag nie piramideskemas bevorder nie.
• Besighede mag nie goedere of dienste verkoop en dan nie die
ooreenkoms nakom nie.
Reg op inligting oor • Kontrakte moet in eenvoudige taal wees
produkte en ooreenkomste • Besighede moet pryse toon wat alle kostes openbaar.
• Indien twee pryse getoon word vir dieselfde produk, moet die goedkoper
prys betaal word.
Reg op billike bemarking • Mag nie verbruikers mislei oor pryse of voordele van produkte nie.
• Aankope uit direkte bemarking mag binne 5 dae gekanselleer word.
• Alle inligting soos land van oorspring, vervaldatums en bestandele moet
duidelik gemerk word.
Rek op aanspreeklikheid • Verbruikers word beskerm in bêre-koop transaksies
van verskaffers • Besighede moet krediet bewyse en voorafbetaalde dienste aanvaar
Reg op billike terme en • Skriftelike kennisgewings van klousules wat sekere verbruikersregte
voorwaardes uitsluit moet aan verbruikers verskaf word
Reg op gelykheid in die • Besighede mag nie toegang tot goedere en dienste beperk nie.
verbruikersmark • Kwaliteit van goedere wat aan verskillende verbruikers verskaf word, mag
nie verskil nie.
• Mag nie verskillende pryse vir dieselfde goedere/dienste vra nie.
Reg om goedere terug te • Goedere wat foutief is, moet deur die verskaffer vervang word.
gee/ te vervang/ • Foutiewe items kan ook teruggestuur word vir volle terugbetaling.
terugbetaling te eis
Reg om te kla • Verbruikers mag verskillende metodes gebruik om te kla oor ‘n produk of
diens van swak gehalte.
Reg op goeie gehalte en • Verbruikers mag kwaliteit goedere of dienste eis.
veiligheid • Mag ‘n skriftelike waarborg ontvang.
• Verbruikers moet ingelig wees oor gevaarlike produkte.
• Produkte wat foutief is kan binne ses maande van aankoop teruggestuur
word.

18
BESIGHEIDS
OMGEWINGS
STRATEGIEË

VRAESTEL 1:
AFDELING A
AFDELING B VRAAG 2
AFDELING C VRAAG 5

(KWARTAAL 1)

19
ONDERWERP INHOUD VIR LEER- EN ASSESSERINGSDOELEINDES

Leerders moet die volgende kan doen:


Besigheidstrategieë • Beskryf kortliks/Beskryf/Verduidelik/Bespreek dieproses van strategiese
in die makro- bestuur.
omgewing • Pas die proses van strategiese bestuur toe om sakeverwante
probleme op te los.
NYWERHEIDSANALISE-INSTRUMENTE
• Stel 'n SSGB (SWOT)-analise op van 'n spesifieke besigheid vanuit 'n
gegewe scenario.
• Noem en identifiseer Porter se Vyf Kragte-model vanuit gegewe
stellings/scenario's.
• Verduidelik/Gee besighede raad oor hoe hulle Porter se Vyf Kragte-model kan
toepas om hul posisie in die mark te bepaal.
• Noem en pas PESTWO('PESTLE')-analisefaktore toe vanuit gegewe
stellings/scenario's.
• Verduidelik hoe PESTWO('PESTLE')-faktore 'n uitdaging vir besighede
inhou.
• Beveel maniere aan waarop besighede uitdagings wat PESTWO ('PESTLE')
faktore inhou, kan hanteer.
• Verduidelik/Beskryf/Bespreek die volgende soorte besigheidstrategieë:
o Integrasiestrategieë
o Intensiewe strategieë
o Diversifikasiestrategieë
o Defensiewe strategieë
• Beskryf kortliks/Verduidelik/Bespreek die voordele van intensiewe en
diversifikasiestrategieë
• Beskryf kortliks/Verduidelik/Beveel aan/Adviseer besighede oor die
stappe vir strategie-evaluering:
o Ondersoek die onderliggende basis van 'n besigheidstrategie.
o Kyk vorentoe en terug na die implementeringsproses.
o Vergelyk die verwagte resultate om die redes vir afwykings te bepaal en
ontleed hierdie redes.
o Neem regstellende aksie sodat afwykings reggestel kan word.
o Stel spesifieke datums vir beheer en opvolg.
• Besluit op die verlangde uitkoms.

BEGRIP DEFINISIE
Formulering van strategieë Om 'n strategie op te stel / te ontwikkel.

Implementering van Dit vind plaas na die formulering van die strategie en behels al die aktiwiteite
strategieë wat nodig is om die strategie in werking te stel.
Evaluering van strategieë Dit vind plaas na die implementering van die strategie en bepaal of die
geïmplementeerde strategie die uitdaging opgelos het.
Bedryfsanalise gereedskap SWOT/SSGB, Porter se vyf magte(kragte) en PESTLE/PESTWO analise
modelle word gebruik om die uitdagings van besigheidsomgewings te
analiseer
Verskaffers Sluit fabrieke / verskaffers van goedere / dienste in wat ondernemings sal
verkry / koop om hul besigheid te bedryf.

Kopers Die finale gebruikers van die produk / dienste.

20
Mededingers Alle ander besighede wat dieselfde / soortgelyke produkte / dienste verkoop
Substituut/plaasvervangende Verskillende produkte / dienste wat aan dieselfde behoeftes van verbruikers
produk of diens voldoen en kan gebruik word om mekaar te vervang.
Nuwe Nuwe besighede wat dieselfde / soortgelyke produkte vir die eerste keer in
Toetreders/Deelnemers die mark verkoop.

ONTWIKKELING VAN STRATEGIEË

STRATEGIEë

DEFINISIE
• ‘n Strategie is ‘n langtermynplan van aksie om ‘n doel te bereik.
• ‘n Onderneming het ‘n strategie nodig om sy visie en missie te bereik.

STAPPE IN DIE ONTWIKKELING VAN ‘N STRATEGIE

• Toepassing van SWOT-Analise, PESTLE en Porter se vyf magte.


• Ontwikkel strategieë om doelwitte te bereik.
• Implementeer strategieë deur aksieplanne op te stel.
• Evalueer die strategieë en bepaal of die strategieë suksesvol was.
• Analiseer die redes vir afkwyking van doelwitte en ontwikkel nuwe strategieë om die
uitdagings aan te spreek.

STRATEGIESE BESTUURSPROSES

• 'n Duidelike visie, 'n missieverklaring en meetbare / realistiese doelstellings in plek hê.
• Identifiseer geleenthede / swakpunte / sterkpunte / bedreigings deur omgewingsverkenning /
situasionele analise te doen.
• Hulpbronne/Middele beskikbaar vir omgewingsverkenning kan 'n SWOT analise / Porter se vyf
magte(kragte) model / PESTLE analise / industriële analise gereedskap insluit.
• Formuleer alternatiewe strategieë om op die uitdagings te reageer. (Dit behels verskillende
tipes besigheidstrategieë)
• Ontwikkel (‘n) aksieplan (ne), insluitende die take wat gedoen moet word / sperdatums wat
nagekom moet word / hulpbronne wat verkry moet word, ens.
• Implementeer geselekteerde strategieë deur /dit aan alle belanghebbendes te kommunikeer /
die besigheid se hulpbronne te organiseer/ personeel te motiveer.
• Evalueer / monitor / meet strategieë deurgaans ten einde regstellende aksie te neem. (Dit
behels stappe in die evaluering van 'n strategie)

INDUSTRIëLE ANALISE GEREEDSKAPSINSTRUMENTE

LET WEL: Die industriële analise gereedskap (SWOT, PESTLE/PESTWO EN PORTERS SE VYF) en
besigheidstrategieë maak deel uit van die strategiese bestuursproses.

21
1. SWOT ANALISE

Strengths Weaknesses TOEPASSING!!!!!


(Sterkpunte) (Swakpunte) Jy gaan spesifiek ‘n
besigheid se sterkpunte,
Opportunities Threats
swakpunte, geleenthede
(Geleenthede) (Bedreigings) en bedreigings
identifiseer.

Verduideliking van 'n SWOT ANALISE


STRENGTHS/STERKPUNTE WEAKNESSES/SWAKPUNTE
• Watter voordele het jou organisasie en wat doen • Hoë infrastruktuur koste
jy beter as enigiemand anders? • Hoë werknemersomset
• Watter unieke of laekoste hulpbronne kan jy • Swak handelsmerk portefeulje
benut wat ander nie kan nie? • Hoë skuldvlak
• Het jy geskoolde werknemers en 'n sterk • Wat sal mense in jou mark waarskynlik as
kliëntebasis? swakhede sien?
• Gee u 'n hoë kwaliteit produk? • Watter faktore veroorsaak verlies van verkope
• Het jy genoeg hulpbronne? • Is jou mededingers beter as jy?
• Wat is jou kernbevoegdheid?
OPPORTUNITIES/GELEENTHEDE THREATS/BEDREIGINGS
• Markaandeelgroei vir die besigheidsproduk. • Korporatiewe belasting kan toeneem
• Nuwe tegnologie wat kwaliteit dienste en • Stygende betaal/salaris/ vergoedingsvlakke.
produkte sal verbeter • Intense mededinging.
• Veranderende klante gewoontes. • Verhoging van brandstofprys.
• Winsgewende inkomstevlak sal toeneem. • Veroudering van bevolking.
• Regering se aansporings vir 'n spesifieke bedryf • Strenger wette wat omgewingsbesoedeling
• Toenemende aantal mense wat aanlyn koop reguleer
(elektroniese bemarking) • Wisselkoers skommelings.
• Watter goeie geleenthede kan jy sien?
• Veranderende tegnologie

LET WEL: Die SWOT-ontleding kan word gewoonlik geassesseer word in die vorm van 'n scenario
soos hieronder aangedui:

22
2. PORTER SE VYF KRAGTE/MAGTE MODEL

• Die besighed moet die krag van sy verskaffers bepaal om kwaliteit van
Krag/Mag van produkte, betroubaarheid, ens. te verseker.
VERSKAFFERS • Hoe kragtiger die verskaffer, hoe minder beheer het die besigheid oor hul.
• Hoe kleiner die aantal verskaffers, hoe sterker mag hul krag wees omdat daar
nie ‘n groot keuse van verskaffers is nie.
• Die besigheid moet bepaal hoe maklik dit vir kopers is om pryse van produkte
te verlaag.
• Dit hang af van die aantal kopers en die belangrikheid van elke koper vir die
Krag/Mag van
besigheid.
KOPERS • Kopers wat in grootmaat koop, kan onderhandel vir pryse.
• Kragtige kopers kan hul voorwaardes afdwing op die besigheid.
• As kopers nie die besigheid se produkte nodig het nie, dan het hul meer mag om
pryse en voorwaardes te bepaal.
Krag/Mag van • Verwys na die aantal mededingers en hul mag om die mark te beheer.
MEDEDINGERS • As mededingers ‘n unieke produk/ diens het, sal hul groter mag hê.
• Hoe meer mededingers in dieselfde mark, hoe minder mag het die besigheid.
• Vervangingsprodukte is dienste en produkte wat aan dieselfde behoefte van
Bedreiging van verbruikers voldoen en ‘n ander produk of diens kan vervang.
PLAASVERVANG • As die besigheid se produk maklik vervang kan word, verswak dit die krag van
ERS/ die besigheid in die mark.
SUBSTITUTE • Vervangingsprodukte kan veroorsaak dat ‘n besigheid sy markaandeel
heeltemal verloor.
• Unieke produkte word nie bedreig deur plaasvervangers nie.
• Besighede wat vir die eerste keer dieselfde of soortgelyke produkte in die
mark verkoop.
Bedreiging/Hindern
• Krag hang af van hoe maklik dit is vir nuwe besighede om die mark te betree.
isse van NUWE
• Indien die besighed baie winsgewend is, trek dit nuwe mededingers omdat hulle
TOETREDERS ook sulke hoë winste wil maak.
• As die struikelblokke om die mark te betree laag is, maak dit dit makliker vir
nuwe toetreders.

TOEPASSING!!!
Jy kan moontlik gevra word om elke krag te identifiseer en toe te pas uit die inligting wat hul vir jou sal
gee uit ‘n scenario. Maak seker jy weet waarna om te kyk by elke krag/mag.

LET WEL: Die hoofdoel van Porter se Vyf magte(kragte)-model is om die sakeposisie in die mark te
analiseer. Dit is meer van 'n navorsingsstudie wat deur ondernemings gedoen word.
Moenie op aanbevelings konsentreer nie, aangesien dit nie in hierdie stadium nodig is
nie.

23
3. PESTWO/ PESTLE ANALISE

LET WEL: Jy moet die PESTLE faktor noem, uitdagings van elke faktor identifiseer en aanbevelings
doen sodat besighede geïdentifiseerde uitdagings kan hanteer soos uiteengesit in die tabel hieronder:

FAKTOR UITDAGING AANBEVELING


• Sommige regeringsbeleide kan • Ondersoek onlangse regeringsbeleid
besighede beïnvloed • Netwerk en lobby met die NRO's en alle
• Verbruikersreg organisasies kan verhoed verbruikersregte organisasies.
Polities dat besighede produkte verkoop as hulle • Dryf handel slegs met lande wat gunstige
nie aan sekere vereistes voldoen nie. handelsooreenkomste met die regering
• Handelsooreenkomste kan verhoed dat het.
besighede enige medisyne/produkte
invoer
• Inflasie / Rentekoerse kan 'n negatiewe • Oorweeg dalende winsgrense eerder as
uitwerking op besigheid hê. om produkpryse te verhoog.
• Lenings kan duur wees as gevolg van hoë • Leen geld by finansiële instellings wanneer
Ekonomiese rentekoerse. rentekoerse gunstig is.
• Skommelinge in buitelandse valuta kan • Oorweeg wisselkoerse wanneer
invoer beperk. handeldryf met ander lande
• Kliënte kan dalk nie produkte bekostig nie • Verkoop plaasvervanger / generiese
as gevolg van lae inkomstevlakke. produkte teen laer pryse.
Sosiale
• Besighede kan nie vertroud wees met die • Leer plaaslike tale / Huur werknemers wat
plaaslike taal van hul kliënte nie. goed vertroud is met die plaaslike taal.
• Mag dalk nie tred hou met / bewus wees • Deurlopende navorsing oor die
van die nuutste tegnologie nie. nuutste beskikbare tegnologie /
• Werknemers mag dalk nie vaardig wees toerusting in die mark.
om nuwe tegnologie / toerusting te • Lei bestaande / stel nuwe werknemers op
bedryf / in stand te hou nie. om nuwe toerusting te onderhou / te
Tegnologiese
• Besighede kan dalk nie nuwe tegnologie gebruik.
bekostig nie. • Vergelyk pryse / Kies geskikte verskaffers
• Mag dalk nie aanlyn transaksies / e- vir nuwe toerusting teen billike pryse.
handel bekostig nie / bekostig nie. • Besighede moet toegerus wees vir
aanlynhandel / e-handel
• Oorweeg sekere wette wat 'n direkte impak • Voldoen aan alle toepaslike wetgewing
op 'n besigheid kan hê, bv. die WVB / WBD. wat 'n impak op besighede kan hê.
• Regsvereistes vir die bedryf van sekere • Voldoen aan die wetlike vereistes vir
soorte besighede is tydrowend. bedryfsbesighede, bv. lisensie /
Wetlike • Hoë regskoste verbonde aan die verkryging handelsmerkregistrasie / patente.
van 'n lisensie / handelsmerk / patent kan • Begroting vir hoë regskoste.
sommige instellings se ontstaan voorkom. • Besighede moet die wetsvereistes van
• Wetsvereistes van besigheidskontrakte kan besigheidskontrakte ken sodat hulle aan al
besigheidsbedrywighede beperk die vereistes voldoen.
• Chemikalieë / Bestanddele in besigheids • Chemikalieë / Bestanddele moet duidelik
produkte kan skadelik wees vir kliënte. op etikette / verpakking aangedui word om
• Maatreëls om besigheidsafval te verkoop, kliënte in te lig oor moontlike newe-effekte
kan duur wees. / korrekte gebruik van produkte.
Omgewing
• Verpakking van sekere produkte mag nie • Implementeer koste-effektiewe
omgewingsvriendelik wees nie. Dit kan nie maatreëls om ontslae te raak van
herwin word nie. mediese afval.

24
UITDAGINGS IN DIE MAKRO-OMGEWINGS
Onthou van graad 10 en 11 se werk toe ons die omgewings in die Makro Omgewing gedoen
het – Politieke omgewing, Ekonomiese omgewing, Sosiale en maatskaplike omgewing,
ensovoorts.
Jy gaan daardie faktore gebruik vir die PESTWO analise,
hoe bied dit uitdagings aan besighede. Gebruik wel net die 6 omgewings wat hier genoem
word

Jy moet die spesifieke komponent van PESTWO kan identifiseer uit ‘n scenario.
Dan moet jy die spesifieke uitdaging kan beskryf en jy kan ook moontlik gevra word om
aanbevelings te gee om die uitdaging aan te spreek.

DOEN BAIE VOORBEELDE!!!

SOORTE BESIGHEIDSTRATEGIEë

1. INTEGRASIE STRATEGIE

(INTEGREER - om verskillende dinge te kombineer, in die geval word besighede gekombineer)

VOORWAARTSE VERTIKALE TERUGWAARTSE VERTIKALE HORISONTALE INTEGRASIE


INTEGRASIE INTEGRASIE

• Die besigheid kombineer met • Die besigheid kombineer met • ‘n Besigheid kombineer of
of neem een van sy of neem een van sy neem een van die
verspreiders / verskaffers oor. besighede wat in dieselfde
tussengangers oor. • Verminder die besigheid se bedryf as hy werk, oor -
• Uitbrei van afhanklikheid van die mededingers (dieselfde
besigheidsaktiwiteite om verskaffer. produkte/dienste)
beheer oor die direkte • Verminder die bedreiging
verspreiding van produkte te van mededingers of
verkry. plaasvervangers.

VOORDELE VAN INTEGRASIE STRATEGIEË


• Verseker voorrade en onderneming meer beheer het oor die finale pryse van produkte
• Verminder/ elimineer mededingers. gebruik -Verseker die winsgewindheid deur nie gebruik te maak van ʼn
verskaffer/verspreider nie.

25
2. INTENSIEWE STRATEGIE
(Fokus op markte en produkte in daardie markte, hetsy dit reeds bestaan of nuwe markte of produkte is)

MARKPENETRASIE MARKONTWIKKELING PRODUK ONTWIKKELING

• Nuwe produkte in bestaande • Bestaande produkte word op • Nuwe produkte word in


markte word teen ‘n laer nuwe markte verkoop. bestaande markte
prys verkoop tot dit bekend • Behels die vind van nuwe bekendgestel.
is, en dan verhoog die pryse. markte en nuwe maniere om • Besighede ontwikkel nuwe
• Fokus op die verkoop van produkte te versprei. produkte of idees.
bestaande produkte in
bestaande markte.
• Verkry ‘n groter deel van die
mark deur pryse te verlaag
om verkope te verhoog.

VOORDELE VAN INTENSIEWE STRATEGIE


• Verkoop meer produkte, kry groter inkomste, maak meer wins.
• Verbeterde dienslewering kan besigheidsbeeld verbeter.
• Besighede kan meer beheer oor die pryse van produkte / dienste hê.
• Afname in pryse kan kliënte beïnvloed om meer produkte te koop.

3. DIVERSIFIKASIE STRATEGIE
(DIVERS - verskillend, besighede wil hul produkte/ dienste uitbrei sodat daar ‘n groter verskeidenheid is.)

KONSENTRIESE HORISONTALE KONGLOMERAAT


DIVERSIFIKASIE DIVERSIFIKASIE DIVERSIFIKASIE

• Die besigheid ‘n nuwe • Besigheid voeg nuwe • Die besigheid voeg nuwe
produk of diens by wat produkte/ dienste wat nie produkte of dienste by wat
verband hou met bestaande verband hou met bestaande nie verband hou met
produkte en wat ‘n beroep produkte of dienste nie, maar bestaande produkte nie, wat
sal doen op nuwe kliënte. wat ‘n beroep sal doen op ‘n beroep kan doen op
• Kom voor wanneer ‘n bestaande kliënte. nuwe groepe kliënte.
besigheid sy produkreeks en • Kom voor wanneer ‘n • Besigheid groei in nuwe
markte wil verhoog/uitbrei. besigheid ‘n ander besigheid produkte, dienste en markte.
verkry/ saamsmelt met ‘n • Kom voor wanneer ‘n
besigheid wat in dieselfde besigheid sy produkreeks
produksiestadium is, maar en markte wil verhoog.
mag ‘n ander produk bied.

VOORDELE VAN DIVERSIFIKASIE STRATEGIE


• Verhoog verkope en besigheidsgroei.
• Besighede kry meer tegnologiese vermoëns deur produkverandering.
• Verbeter die besigheidsnaam en beeld.
• Verminder die risiko om slegs op een produk te vertrou.

26
4. VERDEDIGENDE STRATEGIE
(VERDEDIGEND, dit is uiterste strategieë en word gebruik as daar amper geen ander uitweg is nie en jy wil
jou besigheid/jouself beskerm)
ONTBONDELING/ AFLEGGING LIKWIDASIE
DISINVESTERING (“RETRENCHMENTS”)

• Besigheid verkoop sommige • Beëindig dienskontrakte van • Alle bates word verkoop
bates of afdelings wat nie werknemers vir bedryfsredes. om skuld te betaal weens ‘n
meer winsgewend is nie. • Deur sekere afdelings te sluit, gebrek aan kontantvloei.
• Besighede verkoop afdelings kan sommige werknemers • Maatskappye in finansiële
wat stadig groei. oortollig wees. moeilikheid kan aansoek
• Besigheid verkoop doen vir besigheidsredding
eienaarskap deur die aantal om likwidasie te vermy.
aandeelhouers te verminder. • Krediteure kan aansoek
• Onproduktiewe bates word doen om gedwonge
verkoop om skuld af te likwidasie om hul skuld in te
betaal. vorder.

5. ANDER STRATEGIEë
(In die Mikro omgewing en die komponente en gewoonlik te doen ook met die 8 besigheidsfunksies)

Ander strategieë:
• Groeistrategieë en defensiewe strategieë word dikwels gebruik in reaksie op uitdagings of om
bedreigings in die sake-omgewing die hoof te bied.
• Soms benodig ‘n besigheid egter ‘n doelgemaakte oplossing. Voorbeelde van dié oplossings en
strategieë sluit in:

a) Vervanging van individue (werknemers)


• Ondernemings moet mense in diens neem wat die onderneming sal help om sy doelwitte te bereik.
• ‘n Onderneming kan soms gedwing word om individue te vervang:
• wat ontslaan is
• wat bedank of aftree
• wat bevorder word
Die vervanging van individue is dikwels ‘n duur proses weens hoë werwingskoste.

b) Aanpassing van ‘n onderneming se missie


• ‘n Duidelik gedefinieerde missie is die eerste stap in die ontwikkeling van ‘n goed deurdagte
strategiese plan.
• ‘n Missie beskryf die hoofrede vir ‘n onderneming se bestaan.
• Soos ‘n onderneming groei, kan dit nodig word om die bewoording van die missiestelling aan te pas
by die veranderende sake-omgewing.
Hoewel die aanpassing van ‘n missiestelling werknemers ‘n nuwe doelwit kan gee om na te werk, kan dit
nie voldoende wees om ‘n sukkelende besigheid te red nie.

c) Daarstelling of wysiging van doelwitte


• Die stel van doelwitte omskep die visie in spesifieke prestasieteikens.
• Doelwitte gee rigting aan ‘n onderneming en voorsien bestuurders van ‘n aksieplan wat uitspel hoe
om uitdagings uit die sake-omgewing die hoof te bied.
• Doelwitte moet ‘n spertyd vir afhandeling insluit.
• Bestuurders is verantwoordelik vir die bereiking van opgelegde take binne ‘n bepaalde tydsraamwerk.

d) Die formulering van nuwe beleid


• Beleid voorsien bestuurders van reels wat uiteensit hoe ‘n onderneming sy werksaamhede wil
bestuur.
Hoewel beleid soms beperkings oplê wat die besluitnemingsproses kan beperk, gee dit rigting vir die
bereiking van ‘n onderneming se doelwitte.
27
e) Die uitreiking van aandele om kapitaal te bekom
• Openbare maatskappye bekom kapitaal deur aandele uit te reik.
• Beleggers word op twee maniere gelok tot aandele:
• Sommige maatskappye betaal groot dividende
• Ander maatskappye lok beleggers deur winsgewendheid te verbeter en dan in die proses die waarde
van di emaatskappy se aandele te verhoog.
• Hoewel maatskappye deur die aandeelhouers besit word, het aandeelhouers dikwels geen invloed op
die beleidsrigting wat sakebedrywighede beïnvloed nie.
• ‘n Maatskappy reik gewoonlik aandele uit om kapitaal in te samel om die maatskappy se
bedrywighede uit te brei.

f) Byvoeging van meer verkoopspersoneel


• ‘n Onderneming kan meer verkoopspersoneel aanstel ten einde verkope te vermeerder.
• Dit sal egter die onderneming se salarisuitgawe verhoog.
Indien hierdie strategie misluk, sal die onderneming die addisionele verkoopspersoneel moet betaal,
sonder om werklik enige finansiële voordeel daaruit te trek

g) Hertoewys / aanwending van hulpbronne


• Die toewysing van hulpbronne behels die gebruik van addisionele hulpbronne (finansiële hulpbronne,
menslike hulpbronne, ondernemingshulpbronne en natuurlike hulpbronne) op die mees doeltreffende
manier om die onderneming se doelwitte te bereik.
• ‘n Onderneming kan sy hulpbronne hertoewys ten einde op die uitdagings van die sake-omgewings te
reageer.
• Dit beteken dat ‘n onderneming sy hulpbronne kan fokus op sy belangrikste en mees winsgewende
werksaamhede.
Dit kan daartoe lei dat ander werksaamhede van die onderneming afgeskeep word.

h) Die ontwikkeling van nuwe prestasie-aansporings


• Prestasie-aansporings is belonings wat aan werknemers gebied word indien hulle bepaalde teikens
bereik.
Die ontwikkeling van nuwe prestasie-aansporings kan aan werknemers ‘n nuwe doelwit gee om na te
streef.

STAPPE OM ‘N STRATEGIE TE EVALUEER

• Ondersoek die onderliggende basis van 'n besigheidstrategie.


• Kyk vorentoe en terug na die implementeringsproses.
• Vergelyk die verwagte resultate om die redes vir afwykings te bepaal en ontleed hierdie redes.
• Neem regstellende aksie sodat afwykings reggestel kan word.
• Stel spesifieke datums vir beheer en opvolg.
• Stel 'n tabel op van die voor- en nadele van 'n strategie.
• Oorweeg die impak van die strategiese implementering in die interne en eksterne omgewings van
die onderneming.

28
29
BESIGHEIDS
OMGEWINGS
BESIGHEIDSEKTORE

VRAESTEL 1:
AFDELING A
AFDELING B VRAAG 2
AFDELING C VRAAG 5

(KWARTAAL 2)

30
Leerders moet die volgende kan doen:
BESIGHEID- • Noem DRIE tipes besigheidsektore: primêre, sekondêreen tersiêre.
SEKTORE • Identifiseer/Benoem 'n besigheidsektor uit gegewescenario's en gevallestudies
(SAKE- • Identifiseer besigheidsuitdagings uit gegewe scenario's en gevallestudies en klassifiseer hul
SEKTORE) volgens die DRIE besigheidsomgewings
EN HUL • Noem die mate waartoe 'n besigheid (wat in enige vandie drie sektore bedryf word) die drie
OMGEWINGS sake-omgewingsuit gegewe scenario's en gevallestudies kan beheer.

Sleutelkonsepte

KONSEP DEFINISIE
Sakesektore 'n Sakesektor is 'n subafdeling/onderafdeling van die ekonomiese aktiwiteite,
bv. primêre, sekondêre en tersiêre.
Primêre sektor Hierdie sektor handel oor die onttrekking van grondstowwe en natuurlike
hulpbronne.
Sekondêre sektor Hierdie sektor verwerk grondstowwe tot finale produkte.
Tersiêre sektor Hierdie sektor lewer dienste aan ander besighede / verkoop goedere aan
verbruikers.
Sake-omgewings Al die interne en eksterne faktore wat die funksionering van 'n onderneming
beïnvloed, bv. mikro-, mark- en makro-omgewings.
Mikro-omgewing Hierdie omgewing is die besigheid self; dit bestaan uit al die elemente binne
die besigheid.
Mark-omgewing Hierdie omgewing bestaan onmiddellik buite die besigheid.
Makro-omgewing Hierdie omgewing bestaan buite die mikro- en die markomgewings.
Mate van beheer Die hoeveelheid invloed wat 'n besigheid het op die besigheidsomgewings.

BESIGHEIDSEKTORE (TOEPASSING!!!!)

BESIGHEIDSEKTORE

SEKTOR BESKRYWING VOORBEELDE

Primêre Sektor Ontginning van natuurlike hulpbronne Mynbou, bosbou, visserye,


boerdery

Sekondêre Sektor Verandering van natuurlike hulpbronne/ Fabrieke, konstruksie,


grondstowwe in bruikbare produkte klerevervaardiging,
(vervaardiging van produkte) voedselverwerking

Tersiêre Sektor Lewer dienste aan die publiek en besighede/ Vervoer, kleinhandel, banke,
verkoop klaargemaakte produkte. toerisme bedryf, regsdienste

31
BEHEER OOR BESIGHEIDSOMGEWINGS

SAKE- MATE VAN BEHEER


VERDUIDELIKING
OMGEWING OOR ELEMENTE
Besighede het volle beheer oor al die
eienskappe/elemente/komponente van die mikro-omgewing.
Mikro Volle beheer 'n Besigheid bepaal bv. sy eie missie, organisasiestruktuur
en hulpbronne.
Besighede het geen/min/beperkte beheer oor al die
eienskappe/elemente/ komponente van die markomgewing,
Mark Geen beheer maar kan invloed hê. 'n Besigheid kan bv. nie sy verskaffers
dwing om die pryse van hul goedere te verlaag nie, maar dit
kan goedere in grootmaat koop en kortings eis.
Besighede het geen beheer oor al die
eienskappe/elemente/komponente van die makro-
omgewing nie. 'n Besigheid kan bv. nie die styging in die
Makro Geen beheer petrolprys wat deur die Sentrale Energiefonds aangekondig
word, beheer nie, maar kan die vervoerfunksie
uitkontrakteer om koste te verminder.

WOLKSKOOL
HOE WORD DIE ONDERWERP GEASSESSEER.

32
33

You might also like