Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 40

JONG VOLWASSENE

KEUSE VAN KLERE


Verbruikerstudies Studiemateriaal. Saamgestel deur: Me. A. Jonker. Kopiereg voorbehou. ©
Kontak ons by: aplusstudies1@gmail.com
01.
Redes waarom KlerE gedra word:
eStetika
• Mense dra klere wat mooi is, sodat hul goed
kan voel.
mode ?
• Mense dra klere wat in die mode is, om te voel dat
hul inpas.
• Dit is vir tieneres baie belangrik om volgens die
mode aan te trek en om deur hul portuurgroep
aanvaar te word.
• Klere met bekende handelsname is vir tieners
belangrik.
Status
• Klere kan ‘n aanduiding wees van ‘n persoon
se sosiale stand of status in die samelewing.
• Klere kan ook ‘n rang of spesifieke beroep
aandui, soos die van:
• Polisiemanne en verpleegters se status op hul
epaulette.
• Lid van die weermag / dokters in hul uniform.
beSkerming
• …teen weersomstandighede: Warm klere in koue
gebiede & koel klere in warm gebiede.
• … teen skadelike UV-strale: Sonhoed / sonbril.
• … tydens werk: brandweermanne & ruimtereisigers.
• … tydens sportaktiwiteite: fietsry, krieket, boks, rugby.
FatSoenlikheid
• Klere word gedra om aanvaar te word in die
gemeenskap.
• Mense van verskillende gelowe & kulture se
siening oor die dra van klere, asook die
ontbloting van die liggaam verskil.
identifikaSie
• Uniforms wat ‘n spesifieke beroep aandui:
• Polisieman / dokter / soldaat / brandweerman

• Skooluniforms:
• Verteenwoordig die skool waarin ‘n leerder
ingeskryf is.

• Werksuniform:
• Om te weet watter maatskappy jy
verteenwoordig.
02.
Die dra van KlerE vir spesiale
geleenthede
Skoolklere?
• Vereiste by meeste skole. Leerders kan maklik
identifiseer word en dit dra by tot eenvormigheid.

• Indien leerders hul eie klere (informele / gewone


klere) mag skooltoe aantrek, is daar gewoonlik
streng reëls daaraan verbonde.
Sportklere?
• Die tendens oor gesonder leefstylgewoontes het ‘n
mark laat ontstaan vir ontwerpers om verskillende
tipes sportdrag te ontwerp.
• Dit moet gemaklik, sterk en elasties wees.
• In sportspanne: verskillende posisies kan met
verskillende ontwerpe / kleure identifiseer word.
• Help met sigbaarheid: Vir drawwers of fietsryers wat
die pad met motoriste deel, kan reflekterende /
helderkleurige sportdrag dra.
ontSpanningSklere?
• Gewoonlik meer informeel.
• Dit word bepaal deur die individu se leefstyl asook
die seisoen.
• Dit moet gemaklik wees.
• Dit moet maklik versorg kan word.
• Voorbeelde: jeans, t-hemde, sweetpakke.
Klere Vir SpeSiale?
geleenthede?
• Vir formele geleenthede moet jou klere meer
elegant / formeel wees.
• Hierdie tipe klere word gewoonlik van luukse,
duurder tekstielstowwe gemaak.
• Kies eerder veelsydige / klassieke style sodat jy dit
na meer as een geleentheid kan aantrek en sodat jy
kledingstukke kan meng en pas.
03.
Die impak van
SoSioopekonomieSe Status
jong volwassenes se klerekeuses.
sosio-ekonomiese omstandighede
• Dit bepaal watter tipe klere gekoop en gedra kan word.

inkomStegroep
Lae-inkomste gesinne:
ü Koop eerder klere wat gemeng-en-pas kan word.
ü Koop eerder eenvoudige style.
Gesinne waar beide ouers ‘n goeie inkomste verdien:
ü Meer geld kan aan klere spandeer word.
ü Tieners uit welgestelde families, kan by boetieks en
eksklusiewe klerewinkels inkopies doen, en op mode-
items geld spandeer.
Hoë sosio-ekonomiese klas:
ü Dra gewoonlik klere van beter kwaliteit.
sosio-ekonomiese omstandighede

kredietkaartfaSiliteite
Dit gee die gerief, dat meer geld / aankope van luukse items
gedoen kan word, omdat jy nie beperk is tot die geld in jou
beskikking nie.
ü Maak seker dat jy nie onnodige aankope doen nie –
hierdie geld moet op ‘n latere stadium met rente
terugbetaal word.
sosio-ekonomiese omstandighede

maSSaprodukSie
ü Massaproduksie maak dit moonltik om mode-items teen
laer pryse te bekom.
ü Dit maak dit moeilik, om slegs op grond van klere,
onderskeid te tref tussen verskillende mense se
sosio-ekonomiese omstandighede.
Die impak van kultuur op jong
volwassenes se klerekeuses.
In sommige lande het die kultuur ‘n groot invloed op die
inwoners se klerekeuses.

Kleremarkte word oorstroom met


chinees-vervaardigde klere. Dit is nie
goed vir ons land se ekonomie nie.
kultuur

Kulturele invloede
Reënboognasie a.g.v SA se
verskillende kultuurgroepe.
Suid-Afrika : Elke kultuurgroep se
tradisionele Moet hul liggame
kleredragsverskille is
Moslem bedek. Sommige Moslem Dra kofias as hul ‘n
vrouens dra burkas.
duidelik opmerkbaar. vrouens: mans: moskee besoek.

Vrouens dra Bekend vir


Indiërs: rokke wat
Afrika:
kralewerk op klere.
Maak juwele van
sari’s genoem
word. krale.
Die impak van
portuurgroepvoorkeurre
op jong volwassenes se klerekeuses.
Tieners wil graag konformeer en soos hul vriende lyk. Dit dra
by tot hul selfvertroue en laat hul voel asof hul inpas.
portuurgroepvoorkeure

handelSname
Groot behoefte onder tieners om gewilde handelsmerk- /
handelsnaamklere te dra. Dit is gewoonlik baie duur en kan
nie deur almal bekostig word nie.
portuurgroepvoorkeure

uniekheid
Sommige tieners is meer gesteld op hul eie unieke
persoonlikheid. Hul sal ook eerder verkies om klere te dra
wat by hul persoonlikheid pas.

Dit is nie so belangrik vir hulle om by hul portuurgroep in te


pas nie.
04.
Die KeuSe van klere-items volgens jou
PerSoonlikheid
en jou leefStyl.
PerSoonlikheid
Koop klere wat by jou persoonlikheid pas:
ü Ekstrovert: Hou van helderkleurige klere met groot en
interessante ontwerpe.
ü Introvert: Sal ongemaklik voel in helder klere met groot
ontwerpe wat hul laat uitstaan. Hul sal eerder meer
eenvoudige style en subtiele kleure wil dra.
PerSoonlikheid
Koop klere wat by jou persoonlikheid pas:
ü Sportiewe persoon: Hou van gemaklike sportdrag.
ü Romantiese persooon: Dra dikwels klere met sagte
lyne en sagte kleure.
ü Klassieke style: Hierdie persone vermy uiterste
modeneigings en giere.
ü Persoon met hoë selfvertroue: Dra graag unieke
ontwerpe om uit te staan.
;leefStyl
Jou kleredrag moet by jou leefstyl pas.

Word beïnvloed deur jou inkomste, sosiale


status, tradisies, aktiwiteite, waardes en die
klimaat.
ü Hoë inkomste: Kan ‘n uitgebreide klerekas
bekostig.
ü Lae inkomste: Koop eerder klassieke
kledingstukke sodat jy kan meng-en-pas.
05.
Inligting op kledingetikette
en die verSorgingSetikette
Inligting op Kledingetikette
Grootte van die artikel volgens:

• Beskrywing: klein (S) ; medium (M) ; groot (L) ; ekstragroot (XL)


• Liggaamsmaat: bors-, middel- of heupmaat en beenlengte.
• Ouderdom (baba- en kinderklere): 0 – 3 maande ; 2 – 3 jaar.
• Standaardgroottes: 10 ; 12 ; 14
• Piktogram: Nuwe en praktiese manier om kleregroottes aan te
dui. Die gebruik van prentjies om inligting aan te dui.
Inligting op Kledingetikette
Handelsmerk / Naam van vervaardiger:

• Ontwerpersklere: handelsmerk word aan die buitekant op


die kledingstuk geplaas, sodat dit raakgesien kan word.
Inligting op Kledingetikette
Land waarin dit vervaardig is.

Veselinhoud.
• Word gewoonlik as ‘n persentasie
aangedui. Bv: 60% poliëster en 40%
katoen.
Inligting op Kledingetikette
Simbole wat gehalte aandui:
100% Ierse Linne ; Suiwer nuutwol ; Wolmengsel ; Sybokhaar ; Egte leer
Inligting op Kledingetikette
Afwerkingsproses:

• Dui aan watter spesiale prosesse die


tekstielstof ondergaan het, sodat dit oor ‘n
spesifieke eienskap beskik:
• Kreukeltraag / drupdroog / kleurvas /
vlekwerend / vlamtraag / motwerend
Inligting op Kledingetikette
Versorgingsaanwysings
• Aanwysings: Hoe om die kledingstuk te was, stryk,
bleik, tuimeldroog en droogskoonmaak.
• Waarskuwings: Middels wat die kledingstuk kan
beskadig.
Ken jou simbole..
Masjienwas Handwas Moenie was

Indien jy kolletjies in die simbool sien, dui dit die temperatuur aan:
Hoe meer kolletjies, hoe hoër die temperatuur.

Koud Warm Baie warm


was
Ken jou simbole..
Tuimeldroog Moenie Tuimeldroog

tuimeldroog
Indien jy kolletjies in die simbool sien, dui dit die temperatuur aan:
Hoe meer kolletjies, hoe hoër die temperatuur.

Koud Warm Baie warm


Ken jou simbole..
Stryk Moenie stoom Moenie stryk

Indien jy kolletjies in die simbool sien, dui dit die temperatuur aan:
Hoe meer kolletjies, hoe hoër die temperatuur.

Koud Warm Baie warm


Stryk
Ken jou simbole..

droogSkoonmaak
Droogskoonmaak
Moenie
droogskoonmaak
Ken jou simbole..
Droog Laat hang Plat droog

Drupdroog Droog in skadu Moenie wring

droog
Ken jou simbole..

Bleik Nie-chloried bleik Moenie bleik

bleik
SucceSS Is not final
failure IS not final

. .It is the courage to continue that counts!

You might also like