Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 9

LOFFIENUUS 06/2021 30 JUNIE 2021

LOFFIENUUS
Nuusbrief 06/2021

Waarde vir die kwartaal: UITNEMENDHEID (GEE ALTYD JOU BESTE)

Geagte Loffie-ouers

Baie welkom aan alle nuwe en ook bestaande Loffie-ouers. Ons glo dat u hierdie inligting baie
behulpsaam sal vind. Die nuusbrief bestaan uit vier afdelings. “Nuwe-nuus”, nuwe inligting wat net vir
een of twee keer op die nuusbrief sal verskyn. “Ou-nuus”, vir nuus en inligting wat herhaal.
“Gelukwensings”, vir verjaarsdae en prestasies en laastens “Advertensies”, vir besighede of persone
wat iets wil adverteer. Vorige nuusbriewe is beskikbaar op ons webblad, D6-Communicator en was ook
per e-pos aan ouers gestuur.

1
LOFFIENUUS 06/2021 30 JUNIE 2021

Nuwe-nuus
1. BELANGRIKE DATUMS VIR 2021

DATUMS KAN OP KORT KENNISGEWING VERANDER.

30 JUNIE - SKOOL SLUIT VIR DIE KWARTAAL


- GR.4-12 TOETSREEKS UITGESTEL TOT DIE DERDE KWARTAAL

19 JUNIE - SKOLE OPEN VIR DIE DERDE KWARTAAL


26 JUNIE - TOETSREEKS VERVOLG (Slegs as skole 19 Julie oopmaak)

Gelofte se kalender vir kwartaal 3 is nog nie gefinaliseer nie. Dit sal eers
beskikbaar wees na die President se afkondiging op 11 Julie.
(Alle datums en skoolaktiwiteite is onderhewig aan COVID-19 regulasies.
Aktiwiteite mag moontlik as gevolg hiervan uitgestel of afgestel word.)

2. SKOOL SLUIT, DIE TOETSREEKS EN LEERDERS SE UITKOMTYE WOENSDAG


Sien die Loffieflits wat op 28 Junie aan ouers gestuur is.
Daar sal ook ʼn Loffieflits op 1 Julie aan ouers gestuur word met meer inligting.

3. OPENING VAN SKOLE VIR DIE DERDE KWARTAAL – 19 JULIE 2021


Daar is op 29 Junie 2021 in die Staatskoerant (no.44779) gepubliseer dat skole op 19 Julie sal
open vir die derde kwartaal. Daar word versoek dat alle ouers, leerders en personeel by hierdie
datum sal hou en reëlings daarvolgens begin aanpas.

Alhoewel dit in die Staatskoerant gepubliseer is, mag die afkondiging deur die President op 11
Julie hierdie datum beïnvloed. Ons sal ouers op hoogte hou van enige verandering wat sal
plaasvind.

4. RAPPORTE
Rapporte sal eers in die derde kwartaal aan ouers gestuur word. Graad 1-3 leerders sal
gedurende die eerste week rapporte ontvang, maar die graad 4-12 rapporte sal eers na afloop
van die toetsreeks en eers na die punte verwerk is aan ouers gestuur word.

5. BELANGRIKE DATUMS HET GESKUIF OF IS UITGESTEL TOT LATERE


KENNISGEWING
As gevolg van die groeiende positiewe COVID-getalle, het die bestuur dit goed gedink om baie
van die aktiwiteite wat vroeg in die derde kwartaal sou plaasvind, uit te stel of na latere datums
te skuif.
Die aktiwiteite sluit in:
• Mnr. Sjarmant en Mej. Gelofte
• Die Matriekafskeid
• Loffies het talent
• Entrepreneursdae is gekanselleer. Slegs assesserings sal nog plaasvind. Die vakonderwysers
sal inligting aan leerders gee.
2
LOFFIENUUS 06/2021 30 JUNIE 2021

6. KASKAR 2021. (SAL SOVER VOORTGAAN SOOS BEPLAN.)


Die kaskarborgvorm is op 20 Mei aan die leerders gegee. Aangeheg was ʼn Loffieflits wat alle
reëlings verduidelik.
Ons sal kinders nie laat deelneem aan die wedren as ouers nie gemaklik daarmee voel nie, maar
die wedren is net 'n gedeelte van die projek. Die wedren is die pretkant van die kaskar. Die
borgvorm en die fondsinsameling is die ander belangrike deel van die kaskar.
Elke jaar maak ons staat op ouers en leerders om hierdie fondse in te samel. Sonder ouers en
leerders se hulp kan die kaskar nie 'n sukses wees nie. Al gaan 'n kind nie deelneem nie, versoek
ons tog dat elke ouer die skool help om ʼn bydrae op hierdie manier te maak.

7. OEFENING AS DIE KWARTAAL BEGIN.


Daar sal geen sport- of kultuuroefening gedurende die eerste vier weke van die derde kwartaal
wees nie. Die beheerliggaam sal ʼn besluit neem wanneer wetgewing en riglyne vanaf die
Onderwysdepartement ontvang is.

8. DIE WET OP BESKERMING VAN PERSOONLIKE INLIGTING 4 VAN 2013 (POPIA )


Sien die Loffieflits wat op 24 Junie asook 28 Junie se Loffieflits wat aan ouers gestuur is.
Gelofte Skool se POPIA-beleid en alle aangehegde dokumente is beskikbaar op ons skool se
webwerf en D6 Communicator.

Ou-nuus
1. SAKE VIR DIE HOOF SE AANDAG
Ons wys u graag daarop dat u enige sake (positief of negatief) onder die hoof se aandag kan
bring. Die hoof se direkte e-pos is skoolhoof@gelofte.co.za. Ons ondervinding is
dat ouers dikwels ‘n ander perspektief van ‘n saak kry as hulle al die toepaslike inligting tot hul
beskikking het. Vra dus gerus as u ongelukkig of onseker is oor ‘n saak.

2. AANMELDING EN RAPPORTERING VAN PROBLEME


By Gelofte Skool glo ons dat hoe vroeër ʼn probleem aangemeld word, hoe vroeër ons ʼn
probleem kan oplos. Ongelukkig gaan ons vir ouers vra om by die volgende
aanmeldingstruktuur te hou om sodoende te verseker dat u saak die regte persoon sal bereik om
aandag daaraan te gee.

1. Aanmeldings begin by die graadvoog of vakhoof vir probleme in die klas of in ʼn graad.
2. Die departementshoof wat betrokke is by die fase is daar vir meer ernstige probleme.
3. Die adjunkhoof sal ondersoek instel wanneer die departementshoof en graadvoog die saak
ondersoek het
4. Ernstige voorvalle moet aangemeld word by die hoof. Voorvalle en insidente se inligting sal
eers na die onderskeie departementshoofde gestuur word sodat die hoof ʼn geheelbeeld kan
kry van die ondersoek wat reeds gedoen is.
5. Terugvoer na ouers sal per afspraak, telefonies, per e-pos of per brief geskied. Terugvoer sal
eers kan gebeur as alle nodige partye betrokke ondervra is of verslae voltooi is.
3
LOFFIENUUS 06/2021 30 JUNIE 2021

Graadvoogde kan by die volgende e-pos adres gekontak word.


Gr.1: Juf. Du Plessis sanlouis.dp@gmail.com
Gr.2: Juf. Els cindymichelle.smith@gmail.com
Gr.3: Juf. Van Staden maureenvstaden@gmail.com

Gr.4: Juf. Venter zacomia@gmail.com


Gr.5: Juf. Bäcker nadia.backer14@gmail.com
Gr.6: Juf. Theron ctheron@gelofte.co.za
Gr.7: Juf. Daneel ellendaneel@yahoo.com

Gr.8: Juf. Murray mmurray0409@gmail.com


Gr.9: Mnr. Gordon schalkgordon@gmail.com
Gr.10: Juf. Topper rtopper@gelofte.co.za
Gr.11: Juf. Harris ckoen3110@gmail.com
Gr.12: Juf. Hefer charmain.hefer@gmail.com

Gr.1-3 Juf. Havemann gsjp@gelofte.co.za


Gr.4-7 Juf. Fullard molliefullard@gmail.com
Gr.8-12 Mnr. Van Rensburg gsadjunk2@gelofte.co.za

3. OUERINLIGTING EN KONTAK BESONDERHEDE


Dit is die verantwoordelikheid van elke ouer om die skool op hoogte te hou van enige inligting
wat verander. Inligting soos adres, kontaknommers en e-pos-adresse is baie belangrik en word
deur die skool gebruik om ouers te kontak en inligting deur te stuur. Stuur asb. ʼn e-pos aan
gsadmin1@gelofte.co.za of gsadmin2@gelofte.co.za met al die nodige inligting wat verander
het. Alle finansiële vrae of inligting kan na gsfinance2@gelofte.co.za gestuur word.

4. E-POS
Ons het reeds ‘n baie groot aantal ouers wat die Loffienuus elektronies ontvang. Hierdie is
uiteraard ‘n baie meer betroubare manier om seker te maak dat u die nuusbrief ontvang,
aangesien die kinders soms vergeet van die nuusbrief wat in hul tasse lê. Indien u nog nie ‘n
elektroniese weergawe van die Loffienuus ontvang nie, is u welkom om ‘n e-pos te stuur na
skoolhoof@gelofte.co.za. Ons sal u dan op ons adreslys plaas. Die Loffienuus is ook op die
webblad (www.gelofte.co.za) en op D6 Communicator beskikbaar.

5. OORPLASING VAN LEERDERS


Departementele riglyne vereis dat daar skriftelik kennis gegee moet word indien leerders hul
huidige skool verlaat. Ons versoek dus dat u, indien u weet dat u gaan verhuis of u kind elders
gaan skoolgaan, die kantoor skriftelik daarvan in kennis sal stel. Die administratiewe personeel
kan ongelukkig nie ‘n oorplasingskaart uitreik indien hul nie kennis daarvan dra dat u kind die
skool gaan verlaat nie. Die oorplasingskaart kan ook nie gegee word indien enige skooleiendom
(handboeke/mediaboeke) nie ingehandig is nie.

Kontak vir me. Edith van Dyk (ontvangskantoor) by 031 702 7201 of by
gsadmin1@gelofte.co.za indien daar enige navrae is.

6. ADVERTENSIEBORDE
ADVERTENSIEBORDE
OP DIE SKOOLTERREIN!!!
Kontak advertise@gelofte.co.za vir meer
inligting.
4
LOFFIENUUS 06/2021 30 JUNIE 2021

7. BEHEERLIGGAAM
NAAM EN VAN E-POS PORTFOLIO
Renier van der Merwe renier@ecowiseplumbing.co.za Voorsitter

Johan van Deventer Ondervoorsitter


johanvd@labournet.com
Dissiplinêre Voorsitter
Willem Booysen whbooysen@gmail.com Finansiële Voorsitter
Marianet Breytenbach marianet.breytenbach@aon.co.za Bemarking en Projekte
Theresa van Tonder tvantonder@beekman.co.za Bemarking en Projekte
Frikkie Nel frikkie.nel21@gmail.com Tegnologie
Bruce Scheffermann bigbruce@mweb.co.za Buitemuurs en Dissiplinêr
Nico Erasmus nico@abacus-automation.co.za Dissiplinêr
Antoon Roodt antoon@statioprop.co.za Terrein en Veiligheid
Misha Martin skoolhoof@gelofte.co.za Skoolhoof
Charmain Hefer charmain.hefer@gmail.com Opvoeder
Hendrik Janse van
hvanrensburg@gelofte.co.za Opvoeder
Rensburg
Julian Ferreira julianferreira0701@gmail.com Opvoeder
Nie-opvoeder personeel
Daleen Coetzee coetzee.daleen1@gmail.com
BL-Sekretaresse

8. SKOOLGELD 2021

GRAAD 1 - 12: Skoolgeld beloop R28 100 per leerder per jaar.
Betaling van skoolgeld kan op twee maniere plaasvind.

A. Eenmalig - voor 31 Maart 2021 (ontvang R1761.50 korting per leerder)


OF
B. Maandelikse paaiemente (betaalbaar voor die 7de van elke maand)

Eerste paaiement - Januarie : (voor 31/01/2021) R1 900


Vir die res van die jaar - 10 paaiemente : Februarie - November R2 620
(Altesaam is daar 11 betalings wat gemaak moet word)

9. KONTANTVRYE SONE
Ons beklemtoon graag weer die volgende: Ons streef daarna om die skool ‘n kontantvrye sone
te maak en sodoende die versoeking by kriminele elemente te verwyder om die skool as ‘n sagte
teiken te beskou. Dit sal dus waardeer word indien u van elektroniese betaalmetodes gebruik sal
maak. E-pos asseblief ʼn bewys van betaling aan gsfinance2@gelofte.co.za

Die skool se bankbesonderhede is soos volg:


Bank: ABSA

5
LOFFIENUUS 06/2021 30 JUNIE 2021

Rekeningnaam: Gelofte Skool


Takkode: 632005
Rekeningnommer: 1137530569
Neem asseblief kennis: Gelofte Skool beskik nou oor kaart fasiliteite. Ons moedig ouers nog
steeds aan om eerder gebruik te maak van elektroniese betalings (EFT). EFT-betalings kan
makliker vanaf u huis gedoen word.

Gelukwensings
1. PRESTASIES EN GELUKWENSINGS
Volg ons gerus op Facebook by “Gelofte Skool Amptelike Blad” en op Instagram by
“gelofteskoolamptelik”. Deur foto’s en prestasies op Facebook en Instagram te plaas, bereik ons
baie meer ouers as deur die plaaslike koerant.

2. VERJAARDAE - PERSONEEL
Baie geluk aan die Loffies-personeel wat in Julie verjaar.
Ons vertrou dat hulle ʼn wonderlike dag sal hê en ons bid hulle baie seën toe vir die nuwe
lewensjaar.
09 Jul Lana Cronje 23 Jul Susan Du Plessis
11 Jul Misha Martin 27 Jul Daleen Coetzee
13 Jul Edith Van Dyk
22 Jul Talita Van der Walt

3. VERJAARDAE - LEERDERS
Veels geluk aan die Loffies wat in Junie gaan verjaar. Ons vertrou dat julle heerlik bederf sal word
en bid julle baie seën toe vir die nuwe lewensjaar.

M.S. Martin
SKOOLHOOF
6
LOFFIENUUS 06/2021 30 JUNIE 2021

ADVERTENSIES
ADVERTENSIES IN LOFFIENUUS
Indien u advertensies in die Loffienuus wil plaas kan u me. Renate van den Heever kontak by
gsadmin2@gelofte.co.za of by 031 702 7201. Koste beloop R100 per plasing.

1. ADVERTENSIES IN LOFFIENUUS
Indien u advertensies in die Loffienuus wil plaas, kan u me. Renate van den Heever kontak by
gsadmin2@gelofte.co.za of by 031 702 7201. Koste beloop R100 per plasing.

2. HAY-HOE BP-MOTORHAWE
Hay-Hoe BP-motorhawe doen moeite om die skool te ondersteun. Ons versoek dus dat u hulle ook
ondersteun wanneer u brandstof ingooi. U kan ‘n ondersteunerskaartjie by die skool se
ontvangskantoor afhaal. U voltooi dan bloot die boek by die motorhawe wanneer u brandstof ingooi.
‘n Gedeelte van die bedrag word dan aan die skool geskenk. Daar word maandeliks ‘n trekking
gehou waarin u die kans staan om ‘n gelukspakkie of ‘n karwas te wen.
• TIAGO'S" wegneemetes nou oop by HAY-HOE (BP-MOTORHAWE!)
• Ontvang ʼn roomys. (Sekere voorwaardes sal geld. Meer inligting beskikbaar by die vulstasie.)
• Ontvang ʼn KARWASKAARTJIE! (Sekere voorwaardes sal geld. Meer inligting beskikbaar by
die vulstasie.)
• Winskope op alle motor herstelwerk!

Name van wenners van die gelukkige trekking by BP-Hay Hoe:


Hamper wenner : R van den Heever
Koopbewys 1 : Ilze Kriel
Koopbewys 2 : Susan Bezuidenhout

3.

7
LOFFIENUUS 06/2021 30 JUNIE 2021

4.

Tina Cowley Leessentrum


Ingrid Scholtz : Franchisee
The Heritage House Sel: 082 338 3460
Old Main Road 20 ingrids@mweb.co.za
Gillitts (Hillcrest) www.tinacowley.co.za
3610

‘n Leerprobleem IS ‘n Leesprobleem.
Sommige geleerdes skryf swak skoolprestasie aan een of ander leerprobleem toe, waar die Tina
Cowley-tegnologie dit as ʼn leesprobleem sien. Ons sien lees as die “gereedskap” waarmee daar in
die skool gewerk word. Sou hierdie “gereedskap” onvoldoende wees, lei dit tot swak prestasie.

Ons navorsing het bewys dat dit ʼn leesagterstand is wat in die verlede so baie studente as “agter”
gestigmatiseer het.

By ons leessentrums spog ons met verbeteringsresultate vanaf 8% tot so hoog as 40% in studente se
gemiddelde prestasie nadat hulle ʼn leesterapie kursus ondergaan het. Ons doen ‘n wetenskaplike
evaluasie van die komponente van lees met elke student enna gelang van die resultate word leesterapie
individueel gestruktureer.

Profiel van ‘n kind met ‘n leesprobleem:


• Probleme om voorgrond van agtergrond te onderskei
• Probleme met lateraliteit
• Regterbrein-dominant
• Baie goeie wiskundige vaardigheid
• Draai woorde om in spreektaal
• Swak handskrif
• Bogemiddelde intelligensie
• Swak selfbeeld

Ons werk eers aan ʼn tweede taal wanneer die eerste taal op standaard toets.
Studiekursusse wat op die student se breindominansie gebaseer is word ook by ons sentrums
aangebied. Doen gerus navraag hieroor.

Wetenskaplike leesevaluerings word by Hillcrest gedoen. Die koste vir so ʼn evaluering


beloop R400.00. Na die toets sal die toetsresultate met u bespreek word, waarna u u kind vir
leesterapie kan inskryf, sou dit nodig wees. Lesse is een en ‘n half uur lank , R115, een keer
per week. Leesevaluerings word in Afrikaans en Engels gedoen.

Kontak Ingrid op 082 338 3460 vir ‘n leesevaluasie.


Groete

Ingrid Scholtz
www.tinacowleyhillcrest.co.za

8
LOFFIENUUS 06/2021 30 JUNIE 2021

5.

You might also like