Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 16

Nr.

1 2023

34567
Verstandelike
gesondheid
Hoe die Bybel
kan help
34567
Regoor die wêreld sukkel miljoene mense met
verstandelike gesondheidsprobleme. Jonk en oud
uit alle ekonomiese en opvoedkundige agtergronde, Vol. 144, No. 5 2023 AFRIKAANS
Aantal per nommer: 24 400 000
verskillende etniese groepe en godsdienstige agter- Beskikbaar in 413 TALE
gronde verduur verskriklike simptome. Wat is ver-
HIERDIE TYDSKRIF, Die Wagtoring, vereer
standelike gesondheidsprobleme, en hoe affekteer Jehovah God, die Heerser van die heelal.
dit mense? Hierdie tydskrif sal bespreek hoe belang- Dit vertroos mense met die goeie nuus
dat God se hemelse Koninkryk binnekort
rik dit is om die regte mediese behandeling ’n einde aan alle goddeloosheid sal maak
te kry, sowel as hoe die Bybel mense wat hieraan en die aarde in ’n paradys sal omskep. Dit
bevorder geloof in Jesus Christus. Hy het
ly op verskillende praktiese maniere kan help. gesterf sodat ons die ewige lewe kan kry
en regeer nou as Koning van God se Ko-
ninkryk. Hierdie tydskrif word vanaf 1879
uitgegee en is niepolities. Dit erken die
Bybel as die hoogste gesag.

______________________________________________________________________________________________________________________
I N H O U D S O P GAW E

The Watchtower (ISSN 0043-1087)


’n Wêreldwye verstandelike gesondheidskrisis 3 May/June 2023 is published by
__________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ Watchtower Bible and Tract Society of
New York, Inc.; Harold L. Corkern, President;
God gee vir jou om 5 Mark L. Questell, Secretary-Treasurer;
__________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ 1000 Red Mills Road, Wallkill, NY
12589-3299, and printed by Watch Tower
1 Gebed – “Gee al julle bekommernisse oor aan God” 6 Bible and Tract Society of South Africa NPC,
__________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ 1 Robert Broom Drive East, Rangeview,
Krugersdorp, 1739.
2 “Vertroosting uit die Skrif” 8 ˘ 2023 Watch Tower Bible and Tract
__________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ Society of Pennsylvania.
Printed in South Africa.
3 Hoe Bybelvoorbeelde jou kan help 10 Vir SUID-AFRIKA:
__________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________
Jehovah se Getuies
Privaatsak X2067
4 Die Bybel gee praktiese raad 12 Krugersdorp
__________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________
1740
Hoe om dié te help wat gesondheidsprobleme het 14 Vir ’n volledige lys van adresse regoor
ˆ
__________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ die wereld, sien www.jw.org/af/kontak.

God belowe volmaakte verstandelike gesondheid 16


__________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

s Wil jy hê dat iemand jou moet


besoek of wil jy Bybellesse hê?

Hierdie publikasie word nie verkoop nie. Dit word gebruik om mense regoor die wêreld oor die Bybel te leer. Hierdie werk word
Gaan na www.jw.org/af,
of stuur jou versoek na die
adres hierbo.

deur vrywillige donasies ondersteun. Gaan asseblief na donate.jw.org as jy ’n donasie wil maak. Tensy anders aangedui, kom
Bybelaanhalings uit die Nuwe Wêreld-vertaling van die Bybel.
’n Wêreldwye
verstandelike
gesondheidskrisis
“Ek voel altyd ’n bietjie angstig, selfs al
sit ek net alleen in ’n kamer.”

“Wanneer ek baie goed voel, raak ek bekommerd. Maar ons verstandelike gesondheid hang nie van
Ek weet uit ondervinding dat wanneer ek baie ge- statistieke af nie. Dit gaan oor hoe jy en jou gelief-
lukkig voel, ek kort daarna baie hartseer sal voel.” des voel en hoe julle julle lewens lei.
“Ek probeer om een dag op ’n slag te vat, maar Wat is verstandelike gesondheid?
soms val ’n hele paar dae my op een slag aan.”
Wanneer jy goeie verstandelike gesondheid het,
Voel jy dalk soos hierdie mense wat sukkel voel jy gewoonlik goed en kan jy goed funksioneer.
met hulle verstandelike gesondheid? Gaan jy – of Jy kan daaglikse stres hanteer, produktief werk en
iemand vir wie jy omgee – deur ’n soortgelyke pro- tevrede voel met die lewe.
bleem?
’n Verstandelike siekte . . .
Wees verseker: Jy is nie alleen nie. Verstan-
delike gesondheidsprobleme affekteer baie mense ˙ IS NIE die resultaat van persoonlike swakhede
vandag, of dit nou hulle eie is of dié van hulle ge- nie.
liefdes.
˙ IS ’n mediese toestand wat baie angstigheid ver-
Ons lewe beslis in “swaar tye . . . wat moeilik is oorsaak en ’n negatiewe uitwerking het op ’n per-
om deur te kom”, en dit veroorsaak baie vorme soon se denke, die manier waarop hy sy emosies
van angstigheid (2 Timoteus 3:1). Volgens een stu- beheer en sy gedrag.
die sukkel omtrent een uit agt mense wêreldwyd
˙ Kan dit dikwels vir ’n persoon moeilik maak om
met ’n verstandelike gesondheidsiekte. In 2020
verhoudings met ander te hê en om die daaglik-
het die COVID-19-pandemie veroorsaak dat om-
se uitdagings van die lewe te hanteer.
trent 26 persent meer mense aan angstigheid ly as
in 2019 en dat omtrent 28 persent meer mense aan ˙ Kan ’n uitwerking hê op mense, maak nie saak
ernstige depressie ly as in 2019. wat hulle ouderdom, kultuur, ras, stam, gods-
diens of opvoedkundige agtergrond is nie of hoe-
veel geld hulle verdien nie.

DIE WAGTORING Nr. 1 2023 3


Hulp vir verstandelike
gesondheidsprobleme
Partykeer is daar skielik ’n groot ver-
andering in ’n persoon se persoonlik-
heid, sy slaap of eetgewoontes veran-
der of hy is oor ’n lang tydperk angstig
of hartseer. As dit gebeur, het hy dalk
professionele hulp nodig om die oor-
saak van die probleem te help identifi-
seer en te behandel. Maar waar kan so
iemand hulp kry?
Die wysste persoon wat nog ooit ge-
lewe het, Jesus Christus, het gesê: “Ge-
sonde mense het nie ’n dokter nodig
nie, maar mense wat siek is, het wel”
(Matteus 9:12). Dié wat sukkel met ge-
sondheidsprobleme en wat die regte
mediese behandeling en medikasie ont-
vang, kan baie doen om hulle simpto-
me te verminder en kan gehelp word
om ’n produktiewe en betekenisvolle
lewe te hê. Dit sal wys wees as sulke
persone dit nie uitstel om behandeling
te kry as die simptome ernstig is of oor
’n lang tydperk aanhou nie.1
Al is die Bybel nie ’n mediese hand-
boek nie, kan dit ons help met ons ver-
standelike gesondheid. Ons nooi jou
om na die volgende artikels te kyk
wat bespreek hoe die Bybel ons kan
help om verstandelike gesondheidspro-
bleme te hanteer.
1 Die Wagtoring beveel nie enige spesifieke behandeling
aan nie. Elke persoon moet die opsies mooi oorweeg
voordat hy of sy ’n persoonlike besluit maak.

4 DIE WAGTORING Nr. 1 2023


God gee vir jou om
DIE Bybel bevat die heel beste raad vir ons omdat “Ek, Jehovah jou God, gryp jou regter-
dit van God af kom. Dit is nie ’n gesondheidsorg- hand vas. Ek is die Een wat vir jou sê:
handboek nie, maar dit kan ons op praktiese ma-
niere help om moeilike omstandighede, onstabie- ‘Moenie bang wees nie. Ek sal jou help.’ ”
le denkpatrone, pynlike emosies en ontstellende – JESAJA 41:13.
fisiese en verstandelike gesondheidsprobleme te
hanteer. Maar hoe help Jehovah ons om verstandelike ge-
sondheidsprobleme te hanteer? Soos jy in die vol-
Nog belangriker, die Bybel verseker ons dat ons gende artikels sal sien, wys Jehovah op baie prak-
Skepper, Jehovah God,1 ons gedagtes en gevoe- tiese maniere dat hy regtig vir ons omgee.
lens beter as enige iemand anders verstaan. Hy
wil ons graag help met enige probleme wat ons
het. Kyk byvoorbeeld na twee vertroostende By-
beltekste:

“Jehovah is naby dié wie se hart gebreek


is. Hy red dié wat mismoedig is.”
– PSALM 34:18.
1 Jehovah is God se persoonlike naam. – Psalm 83:18.

5
1
Gebed
“Gee al julle
bekommernisse
oor aan God”
D I E BY B E L S Ê :

“Gee al julle bekommernisse oor


aan God, want hy gee om vir
julle.”– 1 PETRUS 5:7.

Wat dit beteken oor enige iets waaroor ons bekommerd is. – 2 Kro-
nieke 6:29, 30.
Jehovah God nooi ons om met hom te praat oor
enige bekommernis (Psalm 55:22). Geen pro- Om met Jehovah in gebed te praat, versterk ons
bleem is te groot of te klein om oor te bid nie. As vertroue dat hy vir ons omgee. Ons kan voel net
dit vir ons saak maak, maak dit vir Jehovah saak. soos die psalmskrywer wat gebid het: “U het ge-
Om tot hom te bid, is ’n belangrike stap om inner- sien hoe ek swaarkry. U is bewus van my groot
like vrede te kry. – Filippense 4:6, 7. angs” (Psalm 31:7). Net om te weet dat Jehovah
sien waardeur ons gaan, kan ons baie help om
Hoe dit kan help moeilike tye te verduur. Maar hy sien nie net die
angstige tye waardeur ons gaan nie. Hy verstaan
Wanneer ons sukkel met ons verstandelike gesond-
beter as enige iemand anders waardeur ons gaan,
heid, voel ons dalk heeltemal alleen. Ander mense
en hy help ons om vertroosting en aanmoediging
verstaan nie altyd presies waardeur ons gaan nie
in die Bybel te vind.
(Spreuke 14:10). Maar wanneer ons uit ons hart in
gebed vir God sê hoe ons voel, sal hy altyd liefde-
vol na ons luister en ons verstaan. Jehovah sien
ons, hy weet watter probleme en watter pyn ons
ondervind, en hy wil hê dat ons tot hom moet bid

6 DIE WAGTORING Nr. 1 2023


Hoe die Bybel help
JULIAN
Hoe angstigheid my affekteer
“Ek sukkel met angstigheid en obsessief-kompul-
siewe steurnis (OCD). Angstigheid affekteer my
op onverwagse tye. Een oomblik voel ek oukei, en
die volgende oomblik voel ek sonder enige rede
baie angstig. Ek word veral angstig wanneer ek tus-
sen ander mense is. Ek is verskriklik bekommerd
oor wat hulle van my dink.
“My vriende wat weet van my angstigheid, doen
hulle bes om my te help. Ek moet erken dat die
dinge wat hulle sê partykeer nie is wat ek wil hoor
nie. Maar ek is dankbaar dat hulle my probeer
help.
“Partykeer maak my angstigheid en OCD dit vir
my moeilik om te bid. Ek moet baie hard probeer
om te konsentreer en met Jehovah in gebed te
praat. Ek kan nie baie lank aan een ding dink nie
– die meeste van die tyd beweeg my gedagtes so help my asseblief.’ Selfs op daardie tye voel ek dat
vinnig dat ek nie kan bybly nie. Wanneer ek nie my Jehovah my verstaan en my gee wat ek op daardie
gedagtes kan beheer nie, is dit moeilik om vir Je- oomblik nodig het. Buiten gebed het ek mediese
hovah te verduidelik wat ek dink en hoe ek voel.” behandeling gekry. Ek is bly om te sê dat hier-
die dinge my gehelp het en dat my toestand nou
Hoe die Bybel my help baie beter is. Dit is beslis die moeite werd om my
hemelse Vader vir hulp te vra en sy liefdevolle on-
“Ek het uit my studie van die Bybel geleer dat ge-
dersteuning te ondervind.”
bede nie lank of vol mooi woorde hoef te wees om
vir God aanvaarbaar te wees nie. Soms wanneer ek
nie kan sê hoe ek voel nie, bid ek net: ‘Jehovah,

Hulp vir jongmense


Jy kan op die webwerf jw.org leer hoekom
jy oortuig kan wees dat Jehovah jou gebede
hoor en beantwoord.
Kyk na die video Word Jehovah se vriend
– Bid enige tyd.

7
2
“Vertroosting
uit die Skrif”

D I E BY B E L S Ê :

“Alles wat vroeër geskryf is, is geskryf


sodat ons daaruit kan leer, sodat ons deur
ons volharding en deur die vertroosting uit
die Skrif hoop kan hê.” – ROMEINE 15:4.

Wat dit beteken ˙ Die Bybel kan ons help om op te hou dink dat ons
waardeloos is. – Lukas 12:6, 7.
Die Bybel versterk ons met vertroostende gedag-
tes wat ons kan help wanneer ons op ’n negatiewe ˙ Daar is baie Bybeltekste wat ons verseker dat ons
manier dink. Die Bybel se boodskap gee ons ook nie alleen is nie en dat God, ons Skepper, heelte-
hoop dat emosionele pyn binnekort iets van die mal verstaan hoe ons voel. – Psalm 34:18; 1 Jo-
verlede sal wees. hannes 3:19, 20.
˙ Die Bybel belowe dat God ’n einde sal maak aan
Hoe dit kan help
pynlike herinneringe (Jesaja 65:17; Openbaring
Ons almal voel soms angstig, maar dié wat aan de- 21:4). Wanneer ons sukkel met pynlike gedagtes
pressie of angstigheid ly, sukkel dalk die hele tyd en emosies, kan hierdie belofte ons die krag gee
met pynlike emosies. Hoe kan die Bybel help? om aan te gaan.
˙ Die Bybel gee baie positiewe gedagtes wat nega-
tiewe gedagtes kan vervang (Filippense 4:8). Dit
kan ons verstand regtig vul met vertroostende
en kalmerende gedagtes wat ons sal help om ons
emosies te beheer. – Psalm 94:18, 19.

8 DIE WAGTORING Nr. 1 2023


Bybel wys dat God ’n liefdevolle Vader is wat mee-
Hoe die Bybel help gevoel het en wat vir elkeen van ons omgee. Met
JESSICA verloop van tyd het ek my gedagtes begin beheer,
eerder as om toe te laat dat my gedagtes my be-
heer. Ek het geleer om myself te beskou soos God
Hoe depressie my affekteer
my beskou. Dit was ’n belangrike stap wat my ge-
“Toe ek 25 jaar oud was, het ek ’n senuwee-ineen- help het om die negatiewe beskouing wat ek van
storting gehad en was ek met erge depressie ge- myself gehad het, te verander.
diagnoseer. Ek het gesukkel met skielike en onbe-
“Ek sien uit na die tyd wanneer alle pynlike her-
heerbare herinneringe van pynlike dinge wat in die
inneringe en negatiewe denkpatrone sal verdwyn.
verlede gebeur het. Dokters het my gehelp ver-
Om te weet dat verstandelike siektes iets van die
staan dat my depressie veroorsaak was deur die ne-
verlede sal wees, gee my die krag om my beper-
gatiewe manier waarop ek gedink het as gevolg van
kings nou te hanteer. En dit gee my ’n wonderlike
die traumatiese dinge wat in my lewe gebeur het.
hoop vir die toekoms wanneer my stryd teen de-
Buiten die regte medikasie het ek behandeling no-
pressie uiteindelik verby sal wees.”
dig gehad om my te help om negatiewe denkpatro-
ne te identifiseer en reg te stel.”

Hoe die Bybel my help


“In die donkerste oomblikke van my depressie het
ek angsaanvalle, verskriklike angstigheid en slape-
loosheid ondervind. Ek het dikwels in die aand
oorweldig gevoel deur angstige gedagtes wat ek
nie kon beheer nie. Soos Psalm 94:19 verduidelik,
kan God ons vertroos en kalmeer wanneer ons
oorweldig is deur bekommernisse. So ek het my
Bybel en ’n notaboek met aanmoedigende tekste
langs my bed gehou. Wanneer ek nie kon slaap nie,
het ek ’n paar Bybelverse gelees, en so toegelaat
dat God se gedagtes my vertroos.
“Die Bybel moedig ons aan om ontslae te raak
van gedagtes wat nie ooreenstem met dit wat ons
omtrent God weet nie. In die verlede was ek oor-
tuig dat ek waardeloos is en dat niemand my lief-
het nie. Maar ek het geleer dat sulke gedagtes eint-
lik nie met die Bybel ooreenstem nie, want die

Vir meer Lees die artikel “Hulp van ‘die God van vertroosting’ ” in
die Ontwaak! van Julie 2009 op jw.org.
hulp:
Luister na die Engelse oudio-opname van die boek Psalms op jw.org.

9
3
Hoe Bybelvoorbeelde
jou kan help

D I E BY B E L B E S KR Y F . . .

Getroue mans en vrouens wat


“gevoelens soos ons s’n” ondervind
het. – JAKOBUS 5:17.

Wat dit beteken so gevoel, sowel as Elia en Dawid. – Nume-


ri 11:14; 1 Konings 19:4; Psalm 55:4.
Die Bybel se bladsye is vol ware verhale van mans
en vrouens wat baie verskillende emosies onder- ˙ Die Bybel praat van ’n vrou met die naam
vind het. Wanneer ons hulle ondervindinge lees, Hanna wat “bitter hartseer” was omdat sy
vind ons dalk ’n Bybelkarakter wie se gevoelens nie kinders kon hê nie en omdat haar man
ons kan verstaan. se ander vrou haar erg uitgetart het. – 1 Sa-
muel 1:6, 10.
Hoe dit kan help
˙ Die Bybel praat van ’n man met die naam
Ons almal wil voel dat ander ons verstaan. Maar Job wie se gevoelens ons kan verstaan. Al
dit is veral die geval wanneer ons met ons verstan- was hy ’n man van geloof, het hy verskrik-
delike gesondheid sukkel. Wanneer ons die Bybel like emosionele pyn ondervind, en hy het
lees, leer ons van ander wat dieselfde gedagtes en eenkeer gesê: “Ek haat my lewe; ek wil nie
gevoelens as ons gehad het. Dan besef ons dat ons meer lewe nie.” – Job 7:16.
nie alleen is wanneer ons deur moeilike tye gaan Wanneer ons leer hoe hierdie Bybelkarakters
nie, en ons voel minder alleen wanneer ons angstig hulle negatiewe denkpatrone suksesvol han-
is en pynlike emosies ondervind. teer het, kan ons ook die krag vind wat ons
˙ Daar is baie voorbeelde in die Bybel van dié wat nodig het om ons angstige emosies te han-
hulpeloos en desperaat gevoel het. Het jy al ooit teer.
gevoel: ‘Ek kan dit nie meer vat nie’? Moses het

10 DIE WAGTORING Nr. 1 2023


woorde om God te smeek om my te help om myself
Hoe die Bybel help anders te beskou. Laastens, vers 17 vertroos my.
KEVIN Dit sê: ‘God . . . sal nie ’n gebroke en verpletterde
hart verwerp nie.’ Hierdie vers verseker my dat
God my liefhet.
Hoe bipolêre versteuring my affekteer
“Deur te fokus op Bybelvoorbeelde en op wat
“Ek was in my laat veertigs toe ek met bipolêre ver-
God my nou gegee het, versterk ek my hoop vir die
steuring gediagnoseer is. Soms voel ek dat ek eni-
toekoms. Die Bybel se beloftes word ’n werklikheid
ge iets kan hanteer wat op my pad kom. Maar an-
vir my, en dit help my om aan die gang te bly.”
der kere voel ek dat dit nie die moeite werd is om
te lewe nie.”

Hoe die Bybel my help


“Een Bybelkarakter wie se gevoelens ek kan ver-
staan, is die apostel Petrus s’n. Hy het foute ge-
maak wat veroorsaak het dat hy waardeloos voel.
Maar eerder as om so te bly dink, het Petrus hom-
self omring met vriende wat vir hom omgegee het.
Wanneer ek ’n slegte dag het as gevolg van my bi-
polêre versteuring, kan my eie onvolmaakthede
my oorweldig en my waardeloos laat voel. Soos Pe-
trus het ek geleer om na aan my vriende te probeer
bly wat my wil help om nie op te gee nie.
“Nog ’n Bybelkarakter wat my baie vertroos, is
koning Dawid. Hy het baie keer depressief gevoel
oor sy situasie en spyt gevoel oor sy vorige foute.
Ek kan sy gevoelens verstaan omdat ek soms dinge
doen of sê waaroor ek spyt is. Dawid se woorde in
Psalm 51 vertroos my. In vers 3 sê Dawid: ‘Ek is
deeglik bewus van my oortredings, en ek dink heel-
tyd aan my sonde.’ Dit beskryf regtig hoe ek in my
donkerste oomblikke voel omdat dit moeilik kan
wees om ’n positiewe beskouing van myself te hê.
Maar ek verstaan ook Dawid se woorde in vers 10:
‘Skep ’n suiwer hart in my, o God, en plaas ’n nuwe,
standvastige gees in my.’ Ek gebruik soortgelyke

Vir meer Lees die artikel “Die lewe met ’n gemoedsversteuring” in


die Ontwaak! van 8 Januarie 2004 op jw.org.
hulp:

11
4
Die Bybel gee
praktiese raad

D I E BY B E L S Ê :

“Die hele Skrif is . . . nuttig.”


– 2 TIMOTEUS 3:16.

Wat dit beteken “Oefening is goed vir jou liggaam.”


Al is die Bybel nie ’n mediese handboek nie, gee dit – 1 TIMOTEUS 4:8, CONTEMPORARY ENGLISH
praktiese en goeie raad. Hierdie raad kan ’n per- VERSION.
soon help wat met verstandelike gesondheidspro-
bleme sukkel. Kyk na ’n paar voorbeelde. Wanneer jy dinge doen om jou fisiese gesondheid
te verbeter, kan dit jou help om jou verstandelike
Hoe dit kan help gesondheid te verbeter. Dit sluit ’n gereelde oefen-
program, gesonde dieet en genoeg slaap in.
“Gesonde mense het nie ’n dokter nodig
nie, maar mense wat siek is, het wel.” “’n Vreugdevolle hart is soos goeie me-
– MATTEUS 9:12. disyne, maar ’n gebroke gees beroof jou
van jou krag.” – SPREUKE 17:22.
Die Bybel erken dat ons dalk mediese behandeling
nodig sal hê. Baie mense wat ’n verstandelike siek- Wanneer jy aanmoedigende Bybeltekste lees en re-
te het, is al gehelp toe hulle akkurate inligting oor delike en bereikbare doelwitte stel, kan dit jou
hulle probleem en professionele hulp gekry het. help om gelukkig te wees. ’n Positiewe gesindheid
kan jou help om emosioneel gebalanseerd te bly

12 DIE WAGTORING Nr. 1 2023


terwyl jy jou verstandelike gesondheidsprobleme
hanteer.

“Wysheid is by dié wat beskeie is.”


– SPREUKE 11:2.

Dit is dalk nie vir jou moontlik om alles wat jy wil


doen op jou eie te doen nie. So wees bereid om an-
der se hulp te aanvaar. Vriende en familie wil jou
heel moontlik help, maar hulle weet dalk nie wat
om te doen nie. Sê vir hulle wat jou veral sal help.
Wees redelik in wat jy verwag, en wees altyd dank-
baar vir hulle hulp.

Hoe die Bybel se praktiese raad dié help wat


aan verstandelike gesondheidsprobleme ly
“Ek het gevoel dat daar iets verkeerd is met my, en
daarom het ek dokter toe gegaan. Sy kon my siek-
te diagnoseer. Dit het my gehelp om my situasie te
aanvaar en om te leer oor mediese opsies wat be-
skikbaar is sodat ek beter vir my gesondheid kon
sorg.” – Nicole,1 wat aan bipolêre versteuring ly. liefdevol probeer verstaan hoe ek voel. Sy het my
regtig gehelp om beter te voel en om te voel dat ek
“Omdat ek die Bybel gereeld met my vrou lees, nie alleen is nie.” – Dji-joo, wat aan ’n eetversteu-
help dit my om elke dag met positiewe opbouende ring ly.
gedagtes te begin. En baie dae wanneer ek sukkel
om kop bo water te hou, sal ’n spesifieke vers my “Die Bybel het my gehelp om gebalanseerd en
hart raak.” – Peter, wat aan depressie ly. redelik te wees wanneer dit by werk en rus kom.
Die wysheid daarin het my gehelp om die emo-
“Dit was moeilik om vir ander van my siekte te sionele probleme waarmee ek heeltyd sukkel te
vertel omdat ek baie skaam gevoel het daaroor. hanteer.” – Timothy, wat aan obsessief-kompulsiewe
Maar ’n goeie vriend het mooi na my geluister en steurnis ly.
1 Party name is verander.

Vir meer hulp:


Kyk na die witbord-tekenprent Verander jou hartseer
in geluk op jw.org.
13
Hoe om dié te help
wat gesondheids-
probleme het

D I E BY B E L S Ê :

“ ’n Ware vriend betoon altyd liefde en


is ’n broer gedurende moeilike tye.”
– SPREUKE 17:17.

Wat dit beteken “Praat vertroostend.”


Ons kan maklik oorweldig voel wanneer ’n vriend – 1 TESSALONISENSE 5:14.
aan ’n verstandelike siekte ly. Maar ons kan wys
hoe baie ons omgee deur ons vriend te help om ’n Jou vriend is dalk angstig of hy sukkel dalk met ge-
verskriklike verstandelike gesondheidsprobleem voelens van waardeloosheid. As jy hom verseker
te hanteer. Hoe? dat jy omgee, kan jy hom vertroos en aanmoedig,
al weet jy nie presies wat om te sê nie.
Hoe dit kan help “’n Ware vriend betoon altyd liefde.”
“Wees [gou] om te hoor.” – JAKOBUS 1:19. – SPREUKE 17:17.

Een van die beste maniere om jou vriend te help, is Bied praktiese hulp aan. Moenie aanneem dat jy
om te luister wanneer hy wil praat. Moenie voel weet hoe om te help nie, vra eerder wat jy kan
dat jy op alles moet reageer wat hy sê nie. Wys vir doen. As dit vir jou vriend moeilik is om te verdui-
hom dat jy luister en dat jy vir hom omgee. Pro- delik wat hy nodig het, probeer iets prakties voor-
beer verstaan hoe hy voel, en moenie gou tot ge- stel wat julle saam kan doen, soos om te gaan stap.
volgtrekkings kom of hom oordeel nie. Onthou dat Of jy kan aanbied om te help met inkopies, skoon-
hy dalk dinge sal sê wat hy nie bedoel nie en waar- maakwerk of iets anders. – Galasiërs 6:2.
oor hy later spyt is. – Job 6:2, 3.

14 DIE WAGTORING Nr. 1 2023


“Wees geduldig.” – 1 TESSALONISENSE 5:14. “My vrou ondersteun en vertroos my verskriklik
baie. Wanneer my angstigheid my oorweldig laat
Jou vriend sal dalk nie altyd lus wees om te praat voel, dwing sy my nooit om enige iets te doen
nie. Verseker jou vriend dat jy graag sal luister waarvoor ek nie lus is nie. Soms beteken dit dat sy
wanneer hy ook al wil praat. As gevolg van sy siek- ook nie iets kan doen wat sy graag sou wou doen
te sal jou vriend dalk dinge sê of doen wat jou seer- nie. Haar selfopofferende gesindheid en vrygewig-
maak. Hy sal dalk planne met jou kanselleer of heid is baie spesiaal vir my.” – Enrico, wat aan ang-
in ’n slegte bui wees. Wees geduldig en probeer stigheid ly.
hom verstaan terwyl jy hom ondersteun. – Spreu-
ke 18:24.

Jou ondersteuning kan ’n verskil maak


“Ek maak seker dat ek ’n vriend is waarop sy kan
staatmaak. Al kan ek nie haar probleme oplos nie,
maak ek ’n punt daarvan om te luister na wat sy sê.
Soms het sy net ’n luisterende oor nodig om haar
te laat beter voel.” – Farrah,1 wie se vriend aan ’n eet-
versteuring, angstigheid en kliniese depressie ly.
“Een van my vriende is so liefdevol en positief.
Sy het my na haar huis toe genooi vir ’n lekker ete.
In daardie liefdevolle atmosfeer kon ek oor my ge-
voelens praat. Dit het my regtig aangemoedig!”
– Ha-eoen, wat aan kliniese depressie ly.
“Geduld is baie belangrik. Wanneer my vrou iets
doen wat my ontstel, herinner ek myself daaraan
dat dit haar siekte is wat veroorsaak dat sy so op-
tree. Dit help my om nie kwaad te word nie en om
liefdevoller teenoor haar te wees.” – Jacob, wie se
vrou aan kliniese depressie ly.

1 Party name is verander.

Vir meer Lees die artikel “Wanneer ’n geliefde siek is” in


die Ontwaak! van Oktober 2015 op jw.org.
hulp:

15
God belowe
volmaakte
verstandelike
gesondheid

Deur middel van die Bybel gee God raad ringe nooit weer “aan . . . gedink word nie, en dit
en vertroosting wat dié kan help wat aan sal ook nie in die hart opkom nie”. – Jesaja 65:17.
verstandelike siektes ly. Jehovah se Getuies sal jou graag help om uit te
vind wanneer en hoe God hierdie vertroostende
Maar God het selfs meer gedoen. Hy het belowe
belofte sal nakom.
om al die oorsake van verstandelike siektes perma-
nent te verwyder.
Wanneer God daardie belofte nakom, sal pyn-
like gevoelens, angstigheid en hartseer herinne-

STUUR ASSEBLIEF VIR MY ’N KOPIE VAN TAAL _________________________________________________________________________________________________


Geniet die lewe vir ewig! NAAM _______________________________________________________________________________________________
ADRES ______________________________________________________________________________________________
Om meer te leer oor die volmaakte gesond-
heid wat God belowe, is daar Bybellesse ___________________________________________________________________________________________________________
GENIET DIE LEWE
wat jy kan studeer in hierdie brosjure, uit- Vir posadres sien bladsy 2. Deur hierdie vorm in te vul en te stuur,
VIR EWIG! gegee deur Jehovah se Getuies en aanlyn gee ek toestemming dat Jehovah se Getuies my privaat inligting
’N I N L E I D I N G T O T ’N B Y B E L S T U D I E

beskikbaar by www.jw.org/af kan gebruik om my versoek uit te voer in ooreenstemming met die
Privaatheidsbeleid op jw.org.

s n p
Laai hierdie en Bybel aanlyn Gaan na die
wp23.1-AF

vorige tydskrifte beskikbaar in webwerf jw.org of


o
230302

gratis af honderde tale gebruik hierdie


kode

You might also like