Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 16

Nr.

3 2020

34567

EWIGE
SEËNINGE VAN ’N
LIEFDEVOLLE GOD
INHOUDSOPGAWE
_____________________________________________________________________________________________________________________ 34567
3 Jy kan ewige seëninge van ’n liefdevolle God geniet Vol. 141, No. 11 2020 AFRIKAANS
________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________
Aantal per uitgawe: 93 281 000
4 Ons liefdevolle Skepper gee vir ons om Beskikbaar in 379 TALE

________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________
HIERDIE TYDSKRIF, Die Wagtoring, vereer
6 Hoe die Skepper sy liefdevolle beloftes Jehovah God, die Heerser van die heelal.
bekend maak Dit vertroos mense met die goeie nuus
________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________
dat God se hemelse Koninkryk binnekort
’n einde aan alle goddeloosheid sal maak
7 Het God se geskrewe Woord verander? en die aarde in ’n paradys sal omskep.
________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ Dit bevorder geloof in Jesus Christus. Hy
het gesterf sodat ons die ewige lewe kan
8 Ons leer oor God deur sy profete kry en regeer nou as Koning van God se
________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ Koninkryk. Hierdie tydskrif word vanaf
1879 uitgegee en is niepolities. Dit erken
10 Hou aan bid vir God se guns die Bybel as die hoogste gesag.
________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

11 Seëninge vir mense wat gehoorsaam is aan God


________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ The Watchtower (ISSN 0043-1087)
September/October 2020 is published by
12 Hoe om liefde aan ons medemens te wys Watchtower Bible and Tract Society of
________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ New York, Inc.; Harold L. Corkern, President;
Mark L. Questell, Secretary-Treasurer;
13 Seëninge vir mense wat ander help 1000 Red Mills Road, Wallkill, NY
12589-3299, and printed by Watch Tower
________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________
Bible and Tract Society of South Africa NPC,
14 Jy kan vir ewig seëninge van ons Skepper geniet 1 Robert Broom Drive East,
Rangeview, Krugersdorp, 1739.
________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________
˘ 2020 Watch Tower Bible and Tract Society
16 Het jy al ooit gewonder? of Pennsylvania. Printed in South Africa.

Vir SUID-AFRIKA:
Jehovah se Getuies
Privaatsak X2067
Krugersdorp
1740

Watter seëninge het God aan die mens belowe? Kan jy sy Vir ’n volledige lys van adresse regoor
ˆ
die wereld, sien www.jw.org/af/kontak.
geskrewe Woord vertrou? Die volgende artikels sal kyk na
’n paar beloftes wat God gemaak het, sal verduidelik hoekom
ons dit kan glo en sal wys hoe ons hierdie seëninge wat belowe
word, kan kry.

s Wil jy hê dat iemand jou moet


besoek of wil jy Bybellesse hê?

Hierdie publikasie word nie verkoop nie. Dit word gebruik om mense regoor die wêreld oor die Bybel te leer. Hierdie werk word
Gaan na www.jw.org/af,
of stuur jou versoek na een
van die adresse hierbo.

deur vrywillige donasies ondersteun. Gaan asseblief na donate.jw.org as jy ’n donasie wil maak. Tensy anders aangedui, kom
Bybelaanhalings uit die Nuwe Wêreld-vertaling van die Bybel.
Jy kan Wil jy in ’n wêreld lewe
sonder oorlog, geweld
Wil jy graag vry wees
van bekommernisse

ewige seëninge en verdeeldheid? en angstigheid?

Wens jy dat siekte, Wil jy in ’n plek bly


van ’n liefdevolle swaarkry en die dood waar daar nie natuur-
nie meer daar sal rampe is nie?
God geniet wees nie?

Ons liefdevolle God, die Skepper Hoe ons Skepper oor ons voel
van ons pragtige planeet, het Wat God se boodskap
belowe om die mens ’n lewe te aan ons is
gee waar daar vir ewig vrede en Wat God se profete gesê
het oor die seëninge wat hy
gelukkige toestande sal wees. belowe het
Dit is nie te goed om waar te
Hoe God ons sal help om
wees nie. nou en in die toekoms
In die volgende artikels sal ons gelukkig te wees

kyk na: Kom ons begin deur te kyk na al die dinge


wat ons Skepper vir ons gegee het wat wys
dat hy vir ons lief is.

DIE WAGTORING Nr. 3 2020 3


Ons liefdevolle Skepper
gee vir ons om

1
ONS SKEPPER LAAT
DIE SON OPKOM

Kan jy jou indink hoe lewe op die aarde sal


wees sonder sonlig? Die son gee energie
aan bome sodat dit blare, blomme, vrugte,
neute en sade kan kry. Die son help ook
dat bome water uit die grond deur hulle
wortels opneem. Die water beweeg dan
na die blare en verdamp in die lug.

2
ONS SKEPPER
LAAT DIT REËN

Reën is ’n kosbare geskenk van


God wat dit vir die aarde moontlik
maak om kos vir ons te voorsien.
God gee ons reën uit die hemel,
vrugbare seisoene, oorgenoeg kos
en ’n hart vol blydskap.

4
3
ONS SKEPPER VOORSIEN
KOS EN KLERE

Baie pa’s is onder druk omdat hulle genoeg


kos en klere vir hulle gesinne wil voorsien.
Let op wat die Skrif sê: “Hou die voëls van
die hemel goed dop. Hulle saai nie saad nie
en hulle oes nie en hulle maak nie in voor-
raadskure bymekaar nie, maar tog sorg julle
hemelse Vader dat hulle kos het. Is julle nie
meer werd as hulle nie?” – Matteus 6:25, 26.
“Leer ’n les by die lelies van die veld, hoe
hulle groei . . . , maar ek sê vir julle dat nie
eers [koning] Salomo met al sy prag en ryk-
dom soos een van hulle geklee was nie. As
God dan die plantegroei van die veld so
klee, . . . sal hy julle nie veel eerder klee
nie?” – Matteus 6:28-30.
Omdat God kos en klere aan ons kan
voorsien, kan hy ons ook help om ander
basiese behoeftes in die lewe te kry. As ons Wanneer ons na die son, reën, voëltjies
hard werk om God se wil te doen, kan hy en blomme kyk, het ons goeie rede om God
ons pogings seën om kos te groei. Hy kan lief te hê. Die volgende artikel sal wys hoe
ons ook help om werk te kry sodat ons kan ons Skepper met die mens gekommunikeer
koop wat ons nodig het. – Matteus 6:32, 33. het.

Ons Skepper “laat sy son Ons Skepper is baie lief vir ons en hy gee vir
opkom . . . en . . . laat dit reën”. ons om. Soos ’n liefdevolle pa, kyk hy mooi
– MATTEUS 5:45 na sy familie. Die Heilige Skrif beskryf God as
iemand wat vrygewig is en wat “weet wat julle
nodig het selfs nog voordat julle hom vra”.
– Matteus 6:8.

5
Hoe die Skepper sy
liefdevolle beloftes
bekend maak

Vandat die mens geskep is, het ons Skepper met GOD SE WOORD IS ORAL BESKIKBAAR
die mens gekommunikeer deur middel van engele
God se boodskap is so belangrik dat hy wil hê dat
en profete. Hy het ook gekies om sy boodskap
alle mense dit moet lees en verstaan. Vandag is sy
en beloftes te laat neerskryf. Hierdie beloftes van
“ewige goeie nuus” oral beskikbaar aan “elke nasie
God raak jou toekoms. So waar kan jy God se be-
en stam en taal” (Openbaring 14:6). Met God se
loftes vandag kry?
seën is die Heilige Geskrifte in sy geheel of gedeel-
God se boodskap aan ons is in die Heilige Skrif telik in meer as 3 000 tale beskikbaar. Dit is baie
(2 Timoteus 3:16). Hoe het God profete gebruik meer as enige ander boek op die aarde.
om sy boodskap neer te skryf? (2 Petrus 1:21).
God het sy gedagtes in die verstande van die skry-
wers gesit, en hulle het dit dan neergeskryf. Net so
vandag gebruik ’n besigheidsman ’n sekretaris om
sy boodskap neer te skryf. Ons weet dat dit die be-
sigheidsman se boodskap is. So al het God mans
gebruik om sy boodskap neer te skryf, is hy die
eintlike Skrywer van die Heilige Geskrifte.

Net soos ’n besigheidsman ’n sekretaris


gebruik om vir hom te skryf, het God
’n paar getroue mense gebruik om
die Heilige Skrif neer te skryf
’n Foto van ’n deel van
die boek Jesaja uit die
Dooie See-rolle, en onder
dit is ’n moderne verta-
ling van Jesaja in Ara-
bies. Die boodskap in
God se Woord het nie
verander nie

Het God se geskrewe Woord


verander?

Baie mense wonder of God se Woord verander het. Bedoeïene (Arabiere wat deur die woestyn trek) in
Die profeet Jesaja het gesê dat God se woord ‘vir grotte in 1947 naby die Dooie See ontdek. Hierdie
ewig sal bly’ (Jesaja 40:8). Hoe kan ons seker wees ou geskrifte bevat dele van die Heilige Skrif wat
dat God se beloftes in sy Woord nog steeds akku- meer as twee duisend jaar oud is. Kenners het hier-
raat is? die ou manuskripte met die Heilige Skrif wat ons
vandag het, vergelyk. Wat het hulle gevind?
God het die mag om sy Woord te bewaar en om
te keer dat dit verander word. In die ou tyd is ko- Geleerdes het gevind dat wat vandag in God se
pieë daarvan met die hand oorgeskryf. Die mense Woord staan, dieselfde is as die oorspronklike ge-
wat dit oorgeskryf het, het elke letter van die heili- skrifte.1 As ’n mens ouer manuskripte deeglik on-
ge teks getel om seker te maak dat niks bygevoeg, dersoek, bevestig dit dat wat ons in die Heilige
verander of weggelaat is nie. Maar mense is on- Skrif lees, God se oorspronklike boodskap bevat.
volmaak, en daarom het daar klein foutjies deur- Ons kan seker wees dat God doodseker gemaak het
geglip. dat sy Heilige Geskrifte wat ons vandag het, akku-
HOE KAN ONS SEKER WEES DAT DIE HEILIGE raat is.
SKRIF VAN VANDAG GOD SE OORSPRONKLIKE Daarom kan ons God se Woord lees en heelte-
BOODSKAP BEVAT? mal vertrou dat dit akkuraat is. Met dit in gedagte,
Daar is duisende kopieë van ou manuskripte van kom ons kyk volgende na wat ons oor God en sy
die Heilige Skrif. As een kopie net ’n bietjie anders profete kan leer.
is, kan dit met ander kopieë vergelyk word om uit 1 The Complete Dead Sea Scrolls in English, deur Geza Vermes, bladsy 16.
te vind of daar ’n fout is. – Om meer uit te vind,
lees die artikel “Is die Bybel verander?” op jw.org.
Kyk byvoorbeeld na die ou dokumente wat
die Dooie See-rolle genoem word. Dit is deur

DIE WAGTORING Nr. 3 2020 7


Ons leer oor God
deur sy profete

In die verlede het God sy profete belangrike boodskappe gegee wat hulle
aan die mens moes oordra. Kan hierdie boodskappe vir ons wys hoe om
seëninge van God te kry? Ja, dit kan. Kom ons kyk wat ons kan leer by
hierdie drie getroue profete.

ABRAHAM MOSES

God is onpartydig en wil God is genadig en seën mense wat


alle mense seën. moeite doen om hom te leer ken.
God het die profeet Abraham belowe dat ‘al Die Almagtige het die profeet Moses die krag
die families van die aarde deur middel van gegee om groot wonderwerke te doen. Tog
hom geseën sal word’. – Genesis 12:3. het Moses gebid: “Maak . . . u weë aan my be-
kend, sodat ek u kan ken en kan aanhou om
Wat leer dit ons? God is baie lief vir ons en
u goedkeuring te geniet” (Eksodus 33:13).
wil alle families – mans, vroue en kinders –
Moses se versoek het God gelukkig gemaak,
seën wat gehoorsaam is aan hom.
en God het hom geseën met meer kennis en
begrip van Sy weë en eienskappe. Byvoor-
beeld, Moses het geleer dat die Skepper “’n
God [is] wat genadig is en medelye betoon”.
– Eksodus 34:6, 7.
Wat leer dit ons? God wil ons almal – mans,
vroue en kinders – seën as ons hard werk om
hom beter te leer ken. Hy wys vir ons in die
Heilige Skrif hoe om hom te aanbid en dat hy
graag vir ons sy guns en seën wil gee.

8 DIE WAGTORING Nr. 3 2020


JESUS

Ons kan vir ewig God se seëninge


geniet as ons leer oor wat Jesus
gedoen het en wat hy ander geleer het.
God se Woord bevat baie inligting oor Je-
sus se lewe en wat hy ander geleer het. God
het Jesus die vermoë gegee om baie krag-
tige wonderwerke te doen, soos om die blin-
des, die dowes en die kreupeles gesond te
maak. Hy het selfs die dooies weer laat lewe.
Jesus is deur medelye
Op hierdie manier het Jesus gewys hoe God beweeg om alle soorte
alle mense in die toekoms sal seën. God sal siektes gesond te maak
volmaakte gesondheid aan almal gee en die
dooies weer laat lewe in die paradys op die Wat leer dit ons? Jesus was baie lief vir men-
aarde. Jesus het verduidelik hoe elkeen van se, en hy het ’n uitstekende voorbeeld gestel
ons hierdie seëninge kan geniet: “Om die van hoe ons mekaar moet behandel.
ewige lewe te ontvang, moet hulle u leer ken,
die enigste ware God, en ook die een wat JESUS IS NIE GOD NIE
u gestuur het, Jesus Christus.” – Johannes Die Heilige Skrif leer dat “daar in werklikheid
17:3. vir ons net een God” is, wat die Skepper van
Jesus het medelye gehad, en hy was sagge- die heelal is, en dat Jesus Christus God se ne-
aard en liefdevol. Mans en vroue, jonk en derige boodskapper is (1 Korintiërs 8:6). Je-
oud, het na hom toe gestroom as gevolg van sus het duidelik gesê dat God groter is as hy
sy liefdevolle uitnodiging: “Leer by my, want en dat God hom na die aarde toe gestuur het.
ek is saggeaard en nederig van hart, en julle – Johannes 11:41, 42; 14:28.1
sal nuwe krag kry” (Matteus 11:29). Anders 1 Om meer uit te vind oor Jesus Christus, sien deel 8 en 9 van die
as party in Jesus se tyd wat vroue mishandel brosjure Real Faith—Your Key to a Happy Life beskikbaar aanlyn
by www.jw.org.
het, was hy liefdevol teenoor vroue en het hy
hulle met waardigheid en respek behandel.

DIE WAGTORING Nr. 3 2020 9


Hou aan bid
vir God se
guns

God het die mens ’n unieke geskenk gegee – die BID IN JOU EIE TAAL
vermoë om met hom te praat en hulle gevoelens
God verstaan ons gedagtes en gevoelens, maak nie
met hom te deel deur middel van gebed. Die pro-
saak watter taal ons praat nie. Sy Woord verseker
feet Dawid het gebid: “O Hoorder van gebed, alle
ons dat “God nie partydig is nie. In elke nasie is die
soorte mense sal na u toe kom” (Psalm 65:2).
mens wat hom vrees en doen wat reg is, vir hom
Maar hoe kan ons bid sodat ons deur God gehoor
aanvaarbaar.” – Handelinge 10:34, 35.
en geseën kan word?
Maar om deur God geseën te word, moet ons
BID UIT DIE HART EN MET NEDERIGHEID
meer doen as om net te bid. In die volgende arti-
Jou persoonlike gebede laat jou toe om jou hart kels gaan ons kyk na wat ons moet doen.
voor God uit te stort – om jou ware gevoelens met
hom te deel (Psalm 62:8). Die Almagtige waardeer
opregte gebede uit die hart.
GEBRUIK GOD SE PERSOONLIKE NAAM
Hoewel God baie titels het, het hy net een per-
soonlike naam. “Ek is Jehovah. Dit is my naam”
(Jesaja 42:8). Die naam Jehovah verskyn omtrent
7 000 keer in die Heilige Skrif. Baie profete het
God op sy persoonlike naam genoem. Abraham
het gesê: “Jehovah, . . . asseblief . . . , laat my ver-
der [met u] praat” (Genesis 18:30). Ons moet ook
God se naam, Jehovah, gebruik wanneer ons bid.

God, die “Hoorder van gebed”,


luister graag na ons.
– PSALM 65:2
Ons kan ware geluk ge-
niet deur gehoorsaam te
wees aan God se gebooie

Seëninge vir mense


wat gehoorsaam is aan God

Die profeet Moses het gesê dat ons God se seë- 2. GEHOORSAAMHEID AAN GOD
ninge sal kry as ons gehoorsaam is aan Sy gebooie SAL ONS GELUKKIG MAAK
(Deuteronomium 10:13; 11:27). Ons is nie gehoor-
saam aan God omdat ons bang is dat hy ons gaan “Gelukkig is dié wat die woord van God
straf nie. God se pragtige eienskappe beweeg ons hoor en dit gehoorsaam!” – LUKAS 11:28.
om gehoorsaam te wees aan hom omdat ons lief is Vandag geniet miljoene mense ware geluk omdat
vir hom en enigiets wil vermy wat hom sal seer- hulle gehoorsaam is aan God se Woord. Kyk na die
maak. “Die liefde vir God beteken dat ons sy ge- voorbeeld van ’n man in Spanje. Hy het ’n slegte
booie gehoorsaam.” – 1 Johannes 5:3. humeur gehad en het ander sleg behandel – inslui-
Maar hoe kan ons God se seën ontvang as ons tende sy vrou. Eendag het hy gelees oor wat die
gehoorsaam is aan hom? Kyk na twee maniere. profeet Moses gesê het oor hoe sagmoedig Josef,
die seun van Jakob, was. Josef was as ’n slaaf ver-
1. GEHOORSAAMHEID AAN GOD koop en onregverdig in die tronk gesit. Tog het hy
SAL ONS WYS MAAK sagmoedig en vreedsaam gebly en was hy bereid
“Ek, Jehovah, is jou God, die Een wat om ander te vergewe (Genesis, hoofstuk 37-45).
Die man in Spanje erken: “Toe ek oor Josef se
jou leer om jouself te bevoordeel, . . .
voorbeeld nagedink het, het dit my beweeg om
wat jou lei op die weg wat jy moet volg.”
sagmoedig en liefdevol te wees en selfbeheersing
– JESAJA 48:17.
te hê. As gevolg hiervan geniet ek nou ’n gelukki-
Jehovah God, ons Skepper, ken ons en gee vir ons ge lewe.”
die raad wat ons nodig het. As ons wil hê dat sy le- Die Heilige Skrif gee vir ons nog raad oor hoe
ringe ons moet help om wyse besluite te maak, ons ander moet behandel. Kom ons bespreek dit
moet ons uit die Heilige Skrif leer wat God wil hê verder in die volgende artikel.
ons moet doen en dit toepas.

DIE WAGTORING Nr. 3 2020 11


Hoe om liefde
aan ons medemens
te wys

Omdat ons die nakomelinge van die eerste man, Dink hieraan: God is bereid om mense wat ge-
Adam, is, is ons almal een familie. Al sou mens sondig het en berou getoon het, te vergewe. “Hy
verwag dat lede van ’n familie mekaar moet liefhê sal nie vir altyd foutvind of vir ewig ’n wrok koes-
en respekteer, is dit vandag moeilik om hierdie lief- ter nie” (Psalm 103:9). Ons waardeer dit wanneer
de te vind. Dit is nie wat ons liefdevolle God wil hê iemand ons vergewe as ons hulle gevoelens seer-
nie. gemaak het. So ons moet bereid wees om ander te
vergewe wanneer hulle ons gevoelens seermaak.
WAT DIE HEILIGE SKRIF OOR LIEFDE S Ê
– Psalm 86:5.
“Jy moet jou medemens liefhê soos
Liefde “is nie bly oor
jouself.” – LEVITIKUS 19:18.
onregverdigheid nie”.
“Hou aan om julle vyande lief te hê.”
Dink hieraan: Wanneer iets slegs met ons gebeur,
– MATTEUS 5:44.
hou ons nie daarvan as iemand anders lekker kry
WAT DIT BETEKEN OM omdat ons swaarkry nie. So ons moenie lekker kry
JOU MEDEMENS LIEF TE H Ê wanneer iemand anders swaarkry nie, al het hulle
ons sleg behandel.
Let op hoe God liefde in sy Woord beskryf in 1 Ko-
rintiërs 13:4-7: Om God se seëninge te geniet moet ons ander
op hierdie maniere liefhê, maak nie saak wie hulle
“Liefde is geduldig en goedhartig.” is nie. Een praktiese manier om liefde te wys, is om
Dink hieraan: Hoe voel jy wanneer ander geduldig ander te help.
en liefdevol is met jou en nie kwaad raak wanneer
jy ’n fout maak nie?
“Liefde is nie jaloers nie.”
Liefde beweeg ons om ander se
Dink hieraan: Hoe voel jy wanneer ander jou die belange voor ons eie te stel
heeltyd van iets verdink en jaloers is op jou?
Liefde “soek nie sy eie belang nie”.
Dink hieraan: Hoe voel jy wanneer ander bereid is
om jou opinie te respekteer en nie altyd aandring
op hulle eie opinie nie?
Liefde “hou nie boek van slegte dinge
wat aan hom gedoen is nie”.

12
Kan jy ander help,
maak nie saak wat
hulle ouderdom,
nasionaliteit of
godsdiens is nie?

Seëninge vir mense


wat ander help

Baie mense regoor die wêreld het nie kos of ’n dak nekort ’n einde sal maak aan armoede en swaarkry.
oor hulle kop nie. Ander soek na ’n hoop vir die Maar ons wonder dalk hoe en wanneer God dit sal
toekoms. Hoe kan dit vir ons God se goedkeuring doen? Die volgende artikel sal die seëninge be-
en seën bring as ons ons bes doen om hierdie men- spreek wat jou liefdevolle Skepper vir jou toekoms
se te help? belowe.
WAT DIE HEILIGE SKRIF S Ê

“Die een wat goed is vir die armes, leen


aan Jehovah, en Hy sal hom terugbetaal
vir wat hy doen.” – SPREUKE 19:17.
WAT DIT BETEKEN OM IEMAND TE HELP
“GOD HET MY NOOIT
Jesus het ’n storie vertel van ’n man wat deur ro-
wers aangeval is en halfdood agtergelaat is (Lukas
VERLAAT NIE”!
10:29-37). ’n Behulpsame vreemdeling het gestop Soos vertel deur ’n immigrant
en die man wat erg beseer is, gehelp. Hy het dit ge- van Gambië
doen al was hy van ’n ander ras.
“Toe ek in Europa aangekom het, het ek
Hierdie goeie man het die beseerde man se won- niks gehad nie – nie ’n werk nie, nie
de versorg en in sy fisiese behoeftes voorsien. Hy geld nie en nie ’n huis nie. Wat ek in die
het hom ook vertroos en hom deur sy moeilike si- Heilige Skrif geleer het, het my gehelp
tuasie gehelp. om met ’n plan te werk, hard te werk en
Wat leer hierdie storie ons? Jesus het gewys dat om ander te help eerder as om net vir
ons alles moet doen wat ons kan om ander te help hulp te vra. God het my nooit verlaat
(Spreuke 14:31). Die Heilige Skrif wys dat God bin- nie. Hy het my geseën!”

DIE WAGTORING Nr. 3 2020


Jy kan vir ewig seëninge
van ons Skepper geniet

God het vir die profeet Abraham belowe dat een van sy
nakomelinge seëninge vir “al die nasies van die aarde” sal
bring (Genesis 22:18). Wie sou daardie persoon wees?
Omtrent 2 000 jaar gelede het God vir Jesus, wat uit
die nageslag van Abraham gekom het, die vermoë gegee
om kragtige wonderwerke te doen. Daardie wonderwerke
het gewys dat die belofte wat aan Abraham gemaak is,
deur middel van Jesus vir die nasies moontlik gemaak
sou word. – Galasiërs 3:14.
Die wonderwerke wat Jesus gedoen het, het mense ge-
help om te sien dat hy die een is wat deur God gekies is
om die mens te seën. Dit het ook gewys hoe God hom sal
gebruik om die mens vir ewig te seën. Kyk hoe Jesus se
wonderwerke party van sy lieflike eienskappe beklem-
toon.
Saggeaardheid – Jesus het die siekes
gesond gemaak.
Eenkeer het ’n melaatse man Jesus gesmeek om hom ge-
sond te maak. Jesus het aan hom geraak en gesê: “Ek
wil!” Die melaatsheid het dadelik verdwyn. – Markus 1:
40-42.
Vrygewigheid – Jesus het vir honger mense
kos gegee.
Jesus wou nie hê dat mense moes honger ly nie. Hy het
meer as een keer wonderdadig duisende mense kos gegee
deur ’n paar brode en ’n paar klein vissies te vermeerder
(Matteus 14:17-21; 15:32-38). Nadat almal geëet het, was
hulle versadig en was daar nog baie kos oor.
Medelye – Jesus het die dooies weer laat lewe.
Die enigste seun van ’n weduwee het gesterf, en daar was
niemand anders wat vir haar kon sorg nie. Jesus het “baie
jammer vir haar gevoel” en het haar seun weer laat lewe.
– Lukas 7:12-15.

14 DIE WAGTORING Nr. 3 2020


“Die aarde sal sy opbrengs lewer.
God, ons God, sal ons seën.”
– PSALM 67:6

EWIGE SEËNINGE OP AARDE


Jesus het alreeds bewys dat God die krag oorvloed van vrede” (Psalm 37:11). “Die dood
het om die mens te seën. Jesus sal binne- sal nie meer daar wees nie. Daar sal geen ge-
kort weer kom, soos hy belowe het. Die treur, geen gehuil en geen pyn meer wees nie.”
Almagtige sal hom dan gebruik om selfs – Openbaring 21:4.
groter wonderwerke wêreldwyd te doen!
Wat ’n seën sal dit tog wees wanneer mense in
Hoe sal die lewe op aarde wees wanneer vrede vir ewig op die aarde sal lewe! Ons nooi
God die belofte wat hy aan Abraham ge- jou om meer te leer oor die seëninge wat God
maak het, laat waar word? Almal wat lief is se regering binnekort sal bring deur te gaan na
vir God en hom respekteer, “sal die aarde www.jw.org.
besit, en hulle sal groot vreugde vind in die
HET JY AL
OOIT GEWONDER?
˘ Hoekom is daar soveel probleme
in die wêreld?
˘ Hoe kan jy die wysheid kry om probleme
in die lewe te hanteer?

˘ Gee God vir jou as individu om?


– 1 Petrus 5:6, 7.

˘ Hoe kan jy meer oor God en sy wil uitvind?

Miljoene mense het antwoorde op hierdie


vrae gekry deur die Heilige Skrif te studeer.
Jy kan ook.
As jy meer inligting wil hê, vra asseblief vir die
brosjure Real Faith—Your Key to a Happy Life by
die uitgewers van hierdie tydskrif. Dit is sonder
koste of jy kan dit aanlyn lees by www.jw.org.

STUUR ASSEBLIEF VIR MY ’N KOPIE VAN TAAL _________________________________________________________________________________________________


Wat kan die Wat kan die Bybel ons leer? NAAM _______________________________________________________________________________________________
Bybel ons leer?
ADRES ______________________________________________________________________________________________
Vir meer inligting oor hoe om nader aan
___________________________________________________________________________________________________________
God te kom, sien hoofstuk 1 van hierdie
boek, uitgegee deur Jehovah se Getuies en Vir posadres sien bladsy 2. Deur hierdie vorm in te vul en te stuur,
gee ek toestemming dat Jehovah se Getuies my privaat inligting
aanlyn beskikbaar by www.jw.org/af
kan gebruik om my versoek uit te voer in ooreenstemming met die
Privaatheidsbeleid op jw.org.

s n p
Laai hierdie Bybel aanlyn Gaan na die
wp20.3-AF

tydskrif en vorige beskikbaar in webwerf jw.org˙


o
200512

uitgawes gratis af honderde tale of gebruik


hierdie kode

You might also like