WP AF 202101

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 16

Nr.

1 2021

34567

HOEKOM
MOET EK
BID?
Het jy al ooit gevoel dat God nie luister
wanneer jy bid nie? As jy so voel, is jy nie 34567
alleen nie. Baie het al tot God gebid vir Vol. 142, No. 1 2021 AFRIKAANS
Aantal per uitgawe: 74 210 000
hulp, maar hulle probleme gaan nie weg nie. Beskikbaar in 380 TALE
Hierdie reeks artikels bespreek hoekom ons
HIERDIE TYDSKRIF, Die Wagtoring, vereer
seker kan wees dat God regtig ons gebede Jehovah God, die Heerser van die heelal.
Dit vertroos mense met die goeie nuus
hoor, hoekom party gebede nie beantwoord dat God se hemelse Koninkryk binnekort
word nie en hoe jy kan bid sodat jou gebede ’n einde aan alle goddeloosheid sal maak
en die aarde in ’n paradys sal omskep.
gehoor word. Dit bevorder geloof in Jesus Christus. Hy
het gesterf sodat ons die ewige lewe kan
kry en regeer nou as Koning van God se
Koninkryk. Hierdie tydskrif word vanaf
1879 uitgegee en is niepolities. Dit erken
die Bybel as die hoogste gesag.

The Watchtower (ISSN 0043-1087)


January/February 2021 is published by
INHOUDSOPGAWE
_____________________________________________________________________________________________________________________
Watchtower Bible and Tract Society of
New York, Inc.; Harold L. Corkern, President;
Mark L. Questell, Secretary-Treasurer;
1000 Red Mills Road, Wallkill, NY
3 Wat mense oor gebed sê 12589-3299, and printed by Watch Tower
________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ Bible and Tract Society of South Africa NPC,
1 Robert Broom Drive East, Rangeview,
5 Hoor God ons gebede? Krugersdorp, 1739.
________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ ˘ 2020 Watch Tower Bible and Tract
Society of Pennsylvania.
8 Hoekom beantwoord God nie alle gebede nie? Printed in South Africa.
________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________
Vir SUID-AFRIKA:
10 Hoe kan jy bid sodat jou gebede gehoor word? Jehovah se Getuies
________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ Privaatsak X2067
Krugersdorp
14 Hoe gebed jou kan help 1740
________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ Vir ’n volledige lys van adresse regoor
ˆ
die wereld, sien www.jw.org/af/kontak.
16 Hoor God jou gebede?
________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

s Wil jy hê dat iemand jou moet


besoek of wil jy Bybellesse hê?

Hierdie publikasie word nie verkoop nie. Dit word gebruik om mense regoor die wêreld oor die Bybel te leer. Hierdie werk word
Gaan na www.jw.org/af
of stuur jou versoek na
die adres hierbo.

deur vrywillige donasies ondersteun. Gaan asseblief na donate.jw.org as jy ’n donasie wil maak. Tensy anders aangedui, kom
Bybelaanhalings uit die Nuwe Wêreld-vertaling van die Bybel.
Wat mense
oor gebed sê Vir María, Raúl, Arne en baie ander
is gebed ’n spesiale geskenk. Hul-
le voel dat hulle deur middel van
gebed met God kan praat, vir hom
“Wanneer ek bid, voel ek asof God
dankie kan sê en vir sy hulp kan vra.
by my is, my hand vashou en my lei Hulle glo met hulle hele hart die
wanneer ek verlore voel.” – MARÍA. Bybel se versekering oor gebed tot
God: “Ons het die vertroue dat hy
“My vrou het gesterf nadat sy 13 jaar lank ons hoor, ongeag wat ons volgens sy
teen kanker geveg het. Ek onthou hoe ek wil vra.” – 1 Johannes 5:14.
elke dag tot God gebid het en gevoel het Maar daar is ook mense wat dit
dat hy regtig na my luister terwyl ek deur moeilik vind om te aanvaar wat die
hierdie moeilike tyd gaan. Ek het innerlike Bybel oor gebed sê. Steve vertel hoe
hy oor gebed gevoel het: “Toe ek 17
vrede gehad.” – RAÚL.
geword het, is drie van my vrien-
de in twee verskillende ongelukke
“Gebed is ’n pragtige geskenk van God dood. Die een het in ’n karonge-
aan die mens.” – ARNE. luk gesterf, en die ander twee het
in die see verdrink.” Wat het Steve
gedoen? “Ek het gebid tot God vir

DIE WAGTORING Nr. 1 2021 3


antwoorde oor hoekom dit alles gebeur het. Hoe voel jy oor gebed? As jy al ooit soort-
Maar ek het geen antwoord gekry nie. Toe gelyke bekommernisse of twyfelgedagtes oor
wonder ek: ‘Hoekom moet ek bid?’ ” Wan- gebed gehad het, kan die feit dat die Bybel
neer dit lyk asof mense se gebede nie beant- bevredigende antwoorde gee, jou vertroos.
woord word nie, wonder hulle hoekom hulle Ons kan vertrou wat die Bybel oor gebed sê.1
moet aanhou bid. Dit kan jou help om antwoorde te kry op vrae
soos:
Mense bevraagteken ook die waarde van
gebed vir ander redes. Party sê dat God alles ˘ Hoor God regtig ons gebede?
weet, en daarom is hy alreeds bewus van wat
ons nodig het en wat ons probleme is. So nou ˘ Hoekom word party gebede nie
wonder hulle wat die punt is om hom hiervan beantwoord nie?
te vertel.
˘ Hoe kan jy bid sodat jou gebede
Ander glo dat God weier om na hulle gebe-
de te luister omdat hulle foute in die verlede gehoor word?
gemaak het. Jenny sê: “My grootste pro-
˘ Hoe kan gebed jou help?
bleem is dat ek so waardeloos voel. Ek het
dinge gedoen waaroor ek spyt is, so ek oor- 1 Die Bybel bevat die gebede van baie van God se knegte, inslui-
tuig myself dat ek nie verdien om deur God tende Jesus Christus s’n. Die Hebreeuse Geskrifte, wat oor die
algemeen bekend staan as die Ou Testament, bevat meer as 150
gehoor te word nie.” gebede.

4 DIE WAGTORING Nr. 1 2021


Hoor God
ons gebede?

Het jy al ooit gewonder of God jou hoor wanneer jy bid? As jy so voel, is jy


nie alleen nie. Baie het al tot God gebid oor sekere probleme, maar die
probleme gaan nie weg nie. Beteken dit dat God ons gebede ignoreer?
Nee! Die Bybel verseker ons dat God na ons luister wanneer ons tot hom
bid op die regte manier. Kom ons kyk na wat die Bybel sê.

GOD LUISTER WEL.


“O Hoorder van gebed, alle soorte mense
sal na u toe kom.” – Psalm 65:2.
Party mense bid omdat hulle sê dat dit hulle
beter laat voel, selfs al glo hulle nie regtig dat
iemand na hulle luister nie. Maar gebed is nie
iets wat ons doen net om beter te voel sodat
ons ons probleme kan hanteer nie. Die Bybel
verseker ons: “Jehovah1 is naby almal wat
hom aanroep, almal wat hom in opregtheid
aanroep. . . . Hy hoor hulle geroep om hulp.”
– Psalm 145:18, 19.
Daarom kan ons seker wees dat Jehovah
God die gebede van sy aanbidders hoor. Hy
sê liefdevol: “Julle sal my aanroep en tot my
kom bid, en ek sal na julle luister.” – Jeremia
29:12.
1 Jehovah is God se persoonlike naam. – Psalm 83:18.

“Kom nader aan God, en hy sal nader aan


julle kom.” – Jakobus 4:8

DIE WAGTORING Nr. 1 2021 5


GOD WIL HÊ DAT JY TOT HOM MOET BID.
“Hou vol met gebed.” – Romeine 12:12.
In die Bybel word ons aangemoedig om ‘aan-
houdend te bid’ en “om by elke geleentheid
. . . te bid”. Dit is duidelik dat Jehovah God
wil hê dat ons tot hom moet bid. – Matteus
26:41; Efesiërs 6:18.
Hoekom wil God hê dat ons tot hom moet
bid? Dink hieraan: ’n Pa is bly wanneer sy
jong kind hom vra om hom te help. Die pa
weet natuurlik alreeds wat sy kind nodig het
of hoe hy voel, maar wanneer hy hoor dat sy
kind hom vir hulp vra, wys dit vir hom dat sy
kind hom vertrou en na aan hom is. Net so
wanneer ons tot Jehovah God bid, wys ons
vir hom dat ons hom vertrou en dat ons na
aan hom wil wees. – Spreuke 15:8; Jakobus
4:8.

GOD GEE REGTIG VIR JOU OM.


“Gee al julle bekommernisse oor aan God,
want hy gee om vir julle.” – 1 Petrus 5:7.
God wil hê dat ons tot hom moet bid omdat
hy lief is vir ons en vir ons omgee. Hy is heel-
temal bewus van ons probleme en bekom-
mernisse, en hy wil ons help.
Koning Dawid het sy hele lewe lank tot Je-
hovah God gebid vir hulp en Hom van sy ge-
dagtes en gevoelens vertel (Psalm 23:1-6).
Hoe het God oor Dawid gevoel? God was lief
vir Dawid en het na sy gebede geluister (Han-
delinge 13:22). Net so luister God na ons ge-
bede omdat hy vir ons omgee.
“EK IS LIEF VIR JEHOVAH, ning gebid. Wat het gebeur? Pedro sê: “Jeho-
WANT HY HOOR MY STEM” vah het my gebede beantwoord deur die ver-
troosting en ondersteuning wat ek en my
Dit is die woorde van een van die skrywers
vrou by mede-Christene gekry het.”
van die psalms in die Bybel. Hy het geweet
dat God na sy gebede luister, en dit het hom Hoewel gebed nie Pedro se seun weer le-
baie gehelp. Hy het nader aan God gevoel en wend gemaak het nie, het dit hom en sy fami-
het die krag gekry om die bekommernisse en lie baie gehelp. Sy vrou, María Carmen, sê:
hartseer in die lewe te hanteer. – Psalm 116: “Gebed het my gehelp om my hartseer te ver-
1-9. duur. Ek het geweet dat Jehovah God my
verstaan omdat ek innerlike vrede en kalmte
Wanneer ons seker is dat God ons gebede
gekry het wanneer ek tot hom gebid het.”
hoor, sal ons aanhou om tot hom te bid. Kyk
na die voorbeeld van Pedro, wat in die noor- Die Bybel en persoonlike ondervindinge
de van Spanje woon. Hy het sy 19-jarige seun wys duidelik dat God ons gebede hoor. Maar
in ’n ongeluk verloor. Pedro was baie hart- dit is ook duidelik dat God nie alle gebede
seer, en hy het sy hart voor God uitgestort en beantwoord nie. Hoekom beantwoord God
het oor en oor vir vertroosting en ondersteu- party gebede en nie ander nie?

Ons gebede word baie keer beantwoord deur


die vertroosting en ondersteuning van vriende
wat lief is vir ons

DIE WAGTORING Nr. 1 2021 7


Hoekom beantwoord God
nie alle gebede nie?

Ons hemelse Vader, Jehovah God, wil graag na ons opregte gebede luister.
Maar daar is dinge wat hom sal keer om ons gebede te beantwoord. Wat is
hierdie dinge, en wat moet ons in gedagte hou wanneer ons bid? Kyk na
wat die Bybel hieroor sê.

“Wanneer julle bid, moet julle nie dieselfde dinge


oor en oor sê . . . nie.” – Matteus 6:7.
Jehovah wil nie hê dat ons gebede moet herhaal
wat ons gememoriseer het of dat ons ’n gebede-
boek moet gebruik nie. Hy wil eerder hê dat ons
uit die hart moet praat. Dink net hoe frustrerend
dit sou wees om ’n vriend te hê wat elke dag vir jou
dieselfde woorde oor en oor sê. Goeie vriende
praat openlik en opreg met mekaar. Wanneer ons
in ons eie woorde tot ons hemelse Vader bid, wys
dit dat ons hom as ’n vriend beskou.
“Wanneer julle wel vra, ontvang julle nie,
want julle vra met verkeerde motiewe.”
– Jakobus 4:3.
Ons sal beslis nie verwag dat God ons gebede be-
antwoord as ons vir dinge vra wat hy nie wil hê ons
moet doen of hê nie. Byvoorbeeld, as iemand dob-
bel en tot Jehovah bid om hom te help om geld te
wen, sou God sy gebed beantwoord? God het dui-
delik vir ons gesê om nie gierig te wees en nie ’n
bygelowige vertroue in geluk te hê nie (Jesaja 65:
11; Lukas 12:15). Dit sou beslis nie sin maak om te
verwag dat Jehovah sulke gebede beantwoord nie!
As ons wil hê dat God ons gebede moet beant-
woord, moet ons seker maak dat wat ons vra, oor-
eenstem met wat hy vir ons in die Bybel sê.

8 DIE WAGTORING Nr. 1 2021


“As iemand weier om die wet te gehoorsaam, is
selfs sy gebed iets afskuweliks.” – Spreuke 28:9.

In Bybeltye het God nie die gebede beantwoord


van diegene wat sy regverdige wette verwerp het
nie (Jesaja 1:15, 16). God het nie verander nie (Ma-
leagi 3:6). As ons wil hê dat God ons gebede moet
beantwoord, moet ons doen wat ons kan om vol-
gens sy wette te lewe. Maar wat as ons verkeerde
dinge in die verlede gedoen het? Beteken dit dat
Jehovah nooit na ons sal luister nie? Natuurlik nie!
God sal ons liefdevol vergewe as ons wys dat ons
jammer is vir wat ons verkeerd gedoen het en ons
bes doen om hom gelukkig te maak. – Handelinge
3:19.

“As iemand God wil nader, moet hy glo dat hy bestaan en


dat hy die beloner word van dié wat hom ernstig soek.”
– Hebreërs 11:6.
Ons bid nie net om beter te voel wanneer ons onder druk is nie.
Dit is ’n bewys van ons geloof en deel van ons aanbidding van
God. Die dissipel Jakobus sê dat as ons nie “aanhou om in geloof
te vra” nie, moet ons nie “verwag dat [ons] enigiets van Jehovah
sal ontvang nie” (Jakobus 1:6, 7). Om geloof in God op te bou,
moet ons die tyd maak en moeite doen om hom te leer ken deur
die Bybel te studeer. Deur dit te doen, sal dit ons help om sy wil
te ken en met oortuiging te bid.

MOENIE OPGEE NIE!


Hoewel God nie alle gebede beantwoord nie, hoor en beantwoord
hy opregte gebede van miljoene mense. Die Bybel gee stappe wat
jy kan neem sodat jou gebede vir God aanvaarbaar sal wees.
Die volgende artikel sal dit verduidelik.

DIE WAGTORING Nr. 1 2021 9


Hoe kan jy bid sodat jou
gebede gehoor word?

Jehovah God is die “Hoorder van gebed” (Psalm 65:2). Ons kan enige plek en op enige
tyd met hom praat, hardop of in ons gedagtes. Jehovah wil hê dat ons hom “Vader”
moet noem, en hy is regtig die beste Vader wat ons kan hê (Matteus 6:9). Jehovah
leer ons op ’n liefdevolle manier hoe om te bid sodat ons deur hom gehoor kan word.

BID TOT JEHOVAH GOD IN “As julle die Vader enigiets vra, sal hy dit vir julle in my naam
DIE NAAM VAN JESUS gee.” – Johannes 16:23.
Jesus se woorde wys duidelik dat Jehovah wil hê dat ons tot
Hom moet bid in die naam van Jesus Christus, nie deur mid-
del van beelde, heiliges, engele of voorouers wat gesterf het
nie. Wanneer ons tot God in Jesus se naam bid, wys ons dat
ons Jesus se belangrike rol erken. Jesus het gesê: “Niemand
kom na die Vader behalwe deur my nie.” – Johannes 14:6.

PRAAT UIT DIE HART “Stort julle hart voor hom uit.” – Psalm 62:8.
Wanneer ons tot Jehovah bid, moet ons praat soos ons met
’n liefdevolle vader sou praat. Ons moenie uit ’n boek lees
of iets herhaal wat ons gememoriseer het nie. Ons moet eer-
der respekvol en uit die hart met hom praat.

BID IN OOREENSTEMMING “Hy [hoor ons], ongeag wat ons volgens sy wil vra.”
MET GOD SE WIL – 1 Johannes 5:14.
In die Bybel sê Jehovah God vir ons wat hy vir ons wil
doen en wat hy wil hê ons vir hom moet doen. As ons wil hê
dat ons gebede vir God aanvaarbaar moet wees, moet ons
“volgens sy wil” bid. Om dit te doen, moet ons die Bybel stu-
deer sodat ons hom goed kan leer ken. Dan sal ons gebede
hom gelukkig maak.

10 DIE WAGTORING Nr. 1 2021


WAARVOOR KAN ONS BID?
Bid vir wat jy nodig het. Ons kan tot
God bid vir die dinge wat ons elke dag
nodig het – kos, klere en ’n plek om te
bly. Ons kan dalk ook vir wysheid bid
om die regte besluite te maak en vir
krag om ons probleme te hanteer. Ons
kan vir geloof, vir vergifnis en vir God
se hulp bid. – Lukas 11:3, 4, 13; Jakobus
1:5, 17.

Bid vir ander. Ouers wat lief is vir hul-


le kinders, is bly wanneer hulle kin-
ders lief is vir mekaar. Jehovah wil ook
graag hê dat sy kinders op aarde vir me-
kaar moet omgee. Dit is gepas om vir
ons huweliksmaat, ons kinders, ons fa-
milie en ons vriende te bid. Die dissipel
Jakobus het geskryf: “Bid vir mekaar.”
– Jakobus 5:16.

Sê dankie. Die Bybel sê oor ons Skep-


per: “[Hy het] goeie dinge [gedoen].
Hy het vir julle reën uit die hemel en
vrugbare seisoene gegee, en hy het vir
julle oorgenoeg voedsel en ’n hart vol
blydskap gegee” (Handelinge 14:17).
Wanneer ons dink aan alles wat God vir
ons gedoen het, sal dit ons beweeg om
vir hom dankie te sê. Ons moet natuur-
lik ook wys dat ons dankbaar teenoor
God is deur gehoorsaam te wees aan
hom. – Kolossense 3:15.

DIE WAGTORING Nr. 1 2021 11


WEES GEDULDIG EN HOU AAN BID daar vir my sal wees en my sal help solank as
wat ek probeer om te doen wat hy wil hê.”
Partykeer kan ons mismoedig voel omdat
ons nie onmiddellik antwoorde op ons gebe- Kyk ook na die ondervinding van Isabel.
de kry nie. Beteken dit dat God nie vir ons Toe sy swanger geword het, het haar dokters
omgee nie? Glad nie! Kyk na die volgende on- vir haar gesê dat haar kind erg gestremd sou
dervindinge wat wys dat ons net moet aan- wees. Sy was verpletter. Party het haar selfs
hou bid. aangeraai om ’n aborsie te kry. “Ek het ge-
voel asof ek gaan sterf van al die hartseer.”
Steve, wat in die eerste artikel genoem
Wat het sy gedoen? Sy sê: “Ek het oor en oor
word, erken: “As ek nie aangehou het om te
tot God gebid vir ondersteuning.” Sy het toe
bid nie, dan sou ek alle hoop verloor het om
geboorte gegee aan ’n seun, Gerard, en hy
ooit weer gelukkig te wees.” Wat het veran-
was gestremd. Voel Isabel dat God haar gebe-
der? Hy het die Bybel begin studeer en geleer
de beantwoord het? Ja! Op watter manier?
hoekom dit belangrik is om te bid en om aan
Isabel sê: “As ek sien hoe my seun, wat nou
te hou daarmee. Steve sê: “Ek bid tot God
14 jaar oud is, die lewe geniet ten spyte van
om vir hom dankie te sê vir al die liefdevolle
sy gestremdheid, dan besef ek dat hy die bes-
ondersteuning wat ek by al my goeie vriende
te antwoord op my gebede is, die grootste
gekry het. Ek is nou gelukkiger as ooit te
seëning wat Jehovah my ooit kon gegee het.”
vore.”
Sulke opregte woorde laat ons dink aan
Jenny het gevoel dat sy nie goed genoeg is
wat die psalmis gesê het: “U sal die versoek
om deur God gehoor te word nie. Sy sê: “Op
van die nederiges hoor, o Jehovah. U sal hul-
die laagste punt in my lewe het ek God ge-
le hart versterk en noukeurig aan hulle aan-
smeek om my te help verstaan hoekom ek so
dag skenk” (Psalm 10:17). Watter wonderlike
waardeloos voel.” Hoe het dit haar gehelp?
redes om aan te hou bid!
“Om met God te praat, het my gehelp om die
regte perspektief van dinge te hê en om te In die Bybel vind ons baie van Jesus se ge-
sien dat selfs al veroordeel my hart my, doen bede. Die bekendste gebed is beslis die gebed
hy dit nie. Dit het my ook gehelp om nie op wat hy sy dissipels geleer het. Wat kan dit ons
te gee nie.” Wat was die gevolg? “Gebed het leer?
my gehelp om Jehovah as ’n regte en liefde-
volle God, Vader en Vriend te sien wat altyd

‘Ek besef dat hy die beste antwoord


op my gebede is’, sê Isabel wanneer
sy na haar seun, Gerard, kyk en sien
hoe hy die lewe geniet ten spyte van
sy gestremdheid
Die Onse Vader-gebed – ’n Voorbeeld vir jou
In die Bergpredikasie het Jesus vir sy dissipels want vroeër in die Bergpredikasie het Jesus vir
’n modelgebed gegee, wat dikwels die Onse Va- sy dissipels gesê om nie oor en oor dieselfde
der-gebed genoem word (Matteus 6:9-13; sien gebede te herhaal nie (Matteus 6:7). Jesus het
ook Lukas 11:2-4). Van daardie tyd af het hier- eerder sy volgelinge geleer hoe om te bid en
die gebed so gewild geword dat baie mense dit waaroor om te bid. Kom ons vind uit wat ons
gememoriseer en woord vir woord herhaal het. uit die modelgebed kan leer.
Is dit wat Jesus wou hê ons moet doen? Nee,

“Ons Vader
in die hemel”
Ons moet net tot God bid.

“Laat u naam
geheilig word”
God se naam, Jehovah, moet geëer word
en as heilig beskou word.

“Laat u Koninkryk kom”


God se Koninkryk is ’n hemelse
regering met Jesus as Koning,
en dit sal binnekort oor die
“Gee ons vandag ons
hele aarde regeer. brood vir hierdie dag”
Jehovah gee vir ons die dinge wat ons
“Laat u wil plaasvind nodig het om te lewe.
op die aarde, net soos
in die hemel” “Vergewe ons ons sondes”
God se wil is dat mense vir ewig op aarde Ons almal maak baie foute en
in vrede en veiligheid moet lewe. het vergifnis nodig.

As jy hierdie punte in gedagte hou, kan dit jou help


om betekenisvolle en persoonlike gebede te doen.

DIE WAGTORING Nr. 1 2021 13


Hoe gebed
jou kan help

Pamela was baie siek en het professionele mediese hulp gekry,


maar sy het ook tot God gebid vir krag om deur hierdie moeilike
situasie te kom. Het gebed haar gehelp?

Pamela het verduidelik: “Gedurende my kan- Die Bybel sê: “Gee jou las vir Jehovah, en
kerbehandeling het ek baie keer bang gevoel, hy sal jou ondersteun. Hy sal die regverdige
maar wanneer ek tot Jehovah God gebid nooit laat val nie” (Psalm 55:22). Dit is so
het, het ek kalm gevoel en helder gedink. Ek vertroostend. So hoe kan gebed jou help?
sukkel nog steeds met chroniese pyn, maar Wanneer ons tot God op die regte manier
gebed help my om positief te bly. Wanneer bid, sal hy vir ons gee wat ons nodig het om
mense vir my vra hoe ek voel, sê ek: ‘Ek voel ons probleme te hanteer. – Sien die venster
nie lekker nie, maar ek is gelukkig!’ ” “Wat gebed jou kan gee”.
Ons hoef natuurlik nie te wag totdat ons
deur ’n lewensgevaarlike krisis gaan voordat
ons bid nie. Ons almal het probleme, groot
en klein, en ons voel baie keer dat ons hulp
nodig het om dit te hanteer. Kan gebed help?

WIL JY H Ê DAT GEBED JOU MOET HELP?


Jehovah dwing jou natuurlik nie om tot hom Jehovah God is die liefdevolste Vader wat daar
te bid nie. Hy nooi jou eerder liefdevol om dit is, en hy wil jou ook help. As jy die dinge wat
te doen (Jeremia 29:11, 12). Maar wat as jy in ons bespreek het, deeglik ondersoek en doen
die verlede gevoel het dat jou gebede nie be- wat jy kan om dit toe te pas, sal God jou gebe-
antwoord word nie? Moenie hoop opgee nie. de op die beste manier moontlik beantwoord!
Liefdevolle ouers help dalk nie hulle kinders – Psalm 34:15; Matteus 7:7-11.
op die presiese manier of oomblik wat die
kinders verwag nie. Miskien het die ouers
’n beter oplossing. Maar een ding is seker:
Liefdevolle ouers help hulle kinders.

14 DIE WAGTORING Nr. 1 2021


Wat gebed jou kan gee

Innerlike vrede
“Vra God . . . om julle te help . . . Dan sal die vrede van
God, wat alle denke oortref, julle harte en julle verstande
beskerm deur middel van Christus Jesus” (Filippense 4:
6, 7). Wanneer jy vir God van jou probleme vertel, sal hy
jou help om kalm te bly en om wyse besluite te neem
wanneer jy onder druk is.

Krag en vertroosting
“Vir alles is ek sterk genoeg deur hom
wat my krag gee” (Filippense 4:13).
Omdat Jehovah die almagtige God is,
kan hy jou die krag gee wat jy nodig
het om uitdagings te oorkom en om
probleme te hanteer (Jesaja 40:29).
Die Bybel noem Jehovah ook “die God
van alle vertroosting”. Hy kan ons ver-
troos “wanneer ons deur moeilike tye
gaan”. – 2 Korintiërs 1:3, 4.
Wysheid van God
“As een van julle . . . wysheid nodig het,
moet hy aanhou om God te vra, want
hy gee oorvloedig aan almal sonder om
te verwyt, en hy sal wysheid ontvang”
(Jakobus 1:5). Wanneer ons onder druk
is, maak ons soms slegte besluite. As jy
vir wysheid bid, kan God jou herinner
aan die beginsels in sy geskrewe Woord,
die Bybel, wat jou kan help.

DIE WAGTORING Nr. 1 2021 15


HOOR GOD
JOU GEBEDE?

Dink jy dat God jou regtig hoor


wanneer jy bid?

WAT SÊ DIE BYBEL?

˘ God luister wel. Die Bybel verseker ons:


“Jehovah is naby almal wat hom aanroep,
almal wat hom in opregtheid aanroep. . . .
Hy hoor hulle geroep om hulp.”
– Psalm 145:18, 19.

˘ God wil hê dat jy tot hom moet bid. Die Bybel


nooi ons: “Vra God in elke situasie om julle te
help deur tot hom te bid, hom te smeek en
hom te dank.” – Filippense 4:6.

˘ God gee regtig vir jou om. God is heeltemal


bewus van ons probleme en bekommernisse,
en hy wil ons help. Die Bybel sê: “Gee al julle
bekommernisse oor aan God, want hy gee
om vir julle.” – 1 Petrus 5:7.

STUUR ASSEBLIEF VIR MY ’N KOPIE VAN TAAL _________________________________________________________________________________________________


Wat kan die Wat kan die Bybel ons leer? NAAM _______________________________________________________________________________________________
Bybel ons leer?
ADRES ______________________________________________________________________________________________
Vir meer inligting oor hoe om nader aan
___________________________________________________________________________________________________________
God te kom, sien hoofstuk 17 van hierdie
boek, uitgegee deur Jehovah se Getuies Vir posadres sien bladsy 2. Deur hierdie vorm in te vul en te stuur,
gee ek toestemming dat Jehovah se Getuies my privaat inligting
en aanlyn beskikbaar by www.jw.org/af
kan gebruik om my versoek uit te voer in ooreenstemming met die
Privaatheidsbeleid op jw.org.

s n p
Laai hierdie Bybel aanlyn Gaan na die
wp21.1-AF

tydskrif en vorige beskikbaar in webwerf jw.org˙


o
211026

uitgawes gratis af honderde tale of gebruik


hierdie kode

You might also like